eenheid 2 leergids 1 antieke egipte en die nylriviere2+g1.pdf · rondom 3100 vc (5100 jaar gelede)...

5
Sosiale Wetenskap Graad 5 Bladsy 1 Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese aktiwiteite In pare 1. Ons lees saam oor tyd. Tyd Vanaf die Antieke tye het die mens verskillende maniere gebruik om tyd te bepaal. Tyd word gewoonlik in sekondes, minute, ure, dae, weke en jare bereken. Om tyd uit te werk beteken om tyd ordelik te plaas. Die woord “kronologie” is afkomstig vanaf twee Griekse woorde “chrono” wat tyd beteken en “logos” wat redenering beteken. Die woord “kronologie” beteken daarom om tyd uit te redeneer. Maar hoe kan ons tyd uitredeneer? VOORBEELD Ons gebruik elke dag tyd. Ons gebruik elke dag woorde watt yd aandui. Ons gebruik die volgende woorde baie: Gister, vandag, volgende jaar, verlede Maandag, drie jaar terug, more, volgende Maandag, verlede maand, verlede jaar, ‘n eeu gelede of ‘n duisend jaar terug. Ons is dan besig om tyd ordelik te plaas. Ons plaas tyd in kronologiese volgorde. Ons sê wanneer iets gebeur het. 2. Ons rangskik die verskillende tyd in kronologiese volgorde. Ons plaas tyd in die regte volgorde. Ons plaas dit van lank terug tot in die toekoms. Gister, vandag,volgende jaar, verlede Maandag, drie jaar terug, môre, volgende Maandag, verlede maand, verlede jaar, ‘n eeu gelede of ‘n duisend jaar terug

Upload: buitruc

Post on 27-Mar-2018

440 views

Category:

Documents


121 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die NylrivierE2+G1.pdf · Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte

Sosiale Wetenskap Graad 5

Bladsy 1

Eenheid 2 Leergids 1

Antieke Egipte en die Nylrivier

Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was.

Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het.

Leer van tyd, kronologie en tydlyne.

A. Basiese aktiwiteite

In pare

1. Ons lees saam oor tyd.

Tyd

Vanaf die Antieke tye het die mens verskillende maniere gebruik om tyd te bepaal. Tyd

word gewoonlik in sekondes, minute, ure, dae, weke en jare bereken. Om tyd uit te

werk beteken om tyd ordelik te plaas. Die woord “kronologie” is afkomstig vanaf twee

Griekse woorde “chrono” wat tyd beteken en “logos” wat redenering beteken. Die

woord “kronologie” beteken daarom om tyd uit te redeneer. Maar hoe kan ons tyd

uitredeneer?

VOORBEELD

Ons gebruik elke dag tyd. Ons gebruik elke dag woorde watt yd aandui. Ons gebruik

die volgende woorde baie: Gister, vandag, volgende jaar, verlede Maandag, drie jaar

terug, more, volgende Maandag, verlede maand, verlede jaar, ‘n eeu gelede of ‘n

duisend jaar terug. Ons is dan besig om tyd ordelik te plaas. Ons plaas tyd in

kronologiese volgorde. Ons sê wanneer iets gebeur het.

2. Ons rangskik die verskillende tyd in kronologiese volgorde. Ons plaas tyd in die regte

volgorde. Ons plaas dit van lank terug tot in die toekoms.

Gister, vandag,volgende jaar, verlede Maandag, drie jaar terug, môre, volgende

Maandag, verlede maand, verlede jaar, ‘n eeu gelede of ‘n duisend jaar terug

Page 2: Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die NylrivierE2+G1.pdf · Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte

Sosiale Wetenskap Graad 5

Bladsy 2

a. Watter tyd is die langste terug?

b. Watter tyd is in die toekoms?

c. Hoeveel jare is in ‘n eeu?

d. Rangskik van die langste tyd terug tot in toekoms. Plaas die tyd in die regte

volgorde.

Saam met jou onderwyser

3. Ons vra een of twee leerders in die klas om die volgende teks hardop te lees.

Egipte is een van die vrugbaarste dele van Afrika, en een van die mees vrugbare

van die lande rondom die Middellandse See. Mense het in Egipte gewoon vroeër

as in die meeste plekke, omtrent 40 000 jaar gelede. In die begin was daar was

nie baie mense nie, maar geleidelik het Egipte gegroei. ‘n Verenigde koninkryk

was later nodig.

Vir 'n rukkie was daar twee koninkryke, wat ons noem Bo-Egipte (in die suide)

en Neder-Egipte (in die noorde). Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao

Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte het

toe een koninkryk geword. Farao Menes het toe die stad Memphis gebou. Mense

genoem die leier of koning van hierdie nuwe koninkryk ‘n Farao.

4. Ons gesels saam oor wat die volgende woorde beteken.

a. vC

b. vrugbaar

c. koninkryk

d. Farao

In pare

5. Ons teken ‘n tydlyn. Julle benodig papier, go mom papiere aan mekaar vas te plak en ‘n

potlood.

a. Trek ‘n streep wat 70 cm lank is op ‘n groot stuk papier.

b. Deel die 70 cm in 7 dele. Elke deel is 10 cm lank. Daar is nou 7 blokke. Daar is altesaam 8

strepe.

c. Hoeveel tyd verteenwoordig 10 cm?

d. Hoeveel tyd verteenwoordig 50 cm?

e. Skryf aan die regterkant: 2 000.

f. Skryf aan die linkerkant: 5 000 vC.

10 cm

Page 3: Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die NylrivierE2+G1.pdf · Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte

Sosiale Wetenskap Graad 5

Bladsy 3

g. Wat het in die jaar 3 100 vC gebeur?

h. Waar pas die jaar 0 in? Skryf dit in.

6. Ons kyk saam op die kaart waar Egipte is.

7. Ons gesels saam oor waar Egipte is.

a. In watter vasteland was Antieke Egipte?

b. In watter vasteland is Egipte vandag?

c. Watter vasteland is net noord van Egipte?

d. Is Egipte noord, oos, suid of wes van Suid-Afrika?

Gee ‘n rede vir jou antwoord.

8. Ons gesels saam oor die belangrikheid van ‘n groot rivier.

a. Hoekom het mense ‘n rivier nodig?

b. Wat kan mense alles met ‘n rivier doen?

c. Hoekom het plante en diere ‘n rivier nodig?

9. Ons lees en gesels saam oor die belangrikheid van die Nylrivier.

Die Nylrivier was die hoofrede waarom Antieke Egipte so vrugbaar was. Die

Nylrivier is die langste rivier in Afrika. Die Nylrivier vloei deur Egipte se dorre

Woenstyn.

Landbou

Die Antieke Egiptenare het die Nylrivier nodig gehad vir drinkwater en landbou.

Elke jaar het die Nylrivier oorstroom en ryk waardevolle slik agtergelaat. Hier het

boere koring gegroei vir brood en bier mee te maak. Hulle het ook vrugte, groente

en katoen vir klere gemaak. Hulle het ook beeste, skape en bokke gehad.

Page 4: Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die NylrivierE2+G1.pdf · Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte

Sosiale Wetenskap Graad 5

Bladsy 4

‘n Boer se jaar is in drie dele gedeel:

1. Oorstromingseisoen (Julie tot November). In hierdie tyd was geen werk op die

plaas moontlik nie. Die boere is dan na ander dele van die land gestuur om te help

met bouwerk.

2. Die groei seisoen (Desember tot Maart)

3. Oestyd (Maart tot Julie)

Ons wys ons werk vir die onderwyser.

B. Inoefen aktiwiteite

In pare

1. Ons plaas die volgende gebeure op die regte plek en in die regte volgorde op die tydlyn.

a. 4 000 vC Bote word vir die eerste keer gebruik om die Nylrivier.

b. 3 200 vC Vroeë hierogliewe word in egipte gebruik.

c. 1 350 vC Koning Akhenaten regeer oor Egipte.

d. 1 250 vC Koning Rameses II regeer oor Egipte.

Op jou eie

2. Ek kyk na die kaart en noem die volgende

plekke op die kaart wat ek sien.

a. Twee dorpe langs die Middellandse see.

b. Drie dorpe langs die Nylrivier.

c. Die land wes van Egipte.

d. Die land suid van Egipte.

e. Die see oor van Egipte.

f. Die hoofstad van Egipte.

g. ‘n Meer aan die oostekant van Egipte.

h. Watter see is net noord van Egipte?

3. Ek lees meer oor die gebruik van bote in

Antieke Egipte.

Bote

Die eerste bote is omtrent teen 4000 vC op die Nylrivier gebruik. Bote was later die

hoof vervoermiddel in Egipte. Dit was gebruik vir visvang, jag en om goedere en

mense te vervoer. Dit is ook vir ontspanning gebruik. Groot vragskepe is gebruik om

groot klipblokkie te vervoer wat gebruik is vir die bou van paleise en piramides. As

‘n Farao gesterf het, is sy liggaam na sy graf geneem op een van hierdie groot

vragskepe.

Page 5: Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die NylrivierE2+G1.pdf · Rondom 3100 vC (5100 jaar gelede) het Farao Menes van Bo-Egipte die Farao die koning van Laer Egipte verower. Egipte

Sosiale Wetenskap Graad 5

Bladsy 5

4. Ek maak ‘n lys van dinge waarvoor bote in Antieke egipte gebruik is.

5. Ons kyk na die video van Antieke Egipte en die Nylrivier.

Ons vra die onderwyser om ons kennis en vaardighede te toets.

C. Toepassing aktiwiteite

Saam met jou familie

1. Ons gesels saam oor tyd.

a. Hoe oud is jou familielede?

b. In watter jaar is elkeen gebore?

c. Wat het in 10 jaar verander?

d. Wat het in 10 jaar dieselfde gebly?

2. Teken saam met jou familie ‘n tydlyn van jou lewe. Skryf die volgende op jou tydlyn.

a. Vandag se datum.

b. Jou geboorte.

c. Wanneer jy skool toe is.

d. Enige ander tyd wanneer daar iets groot of belangrik gebeur het.

Ek wys my werk vir die onderwyser en die onderwyser dui op die verslagkaart

aan hoe ek vorder.