kommunikaatjie 2/2/2014

6
12 KONTAK BESONDERHEDE Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected] Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected] ALGEMENE INLIGTING KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie DIENSBEURTE : Ouderling: Hein Kaiser Diaken: Gustav Hoffman NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion EREDIENSTE OP INTERNET : http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE : Vandag: Les 02, Ps 25:2 Volgende week: Les 03, Ps 25:2 Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409 Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589 Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417 A an bid dien getuig EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00 Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30 Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013 K K K OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Gereformeerde Kerk Centurion Jaargang 39 Nr 03 2 Februarie 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za K K K SONDAGAAND 18:00 Skriflesing : Matteus 27; Johannes 11:25,26; Ps 16:8-11 en Ps 6:6 Teksverse : Matteus 27:45-61 HK :. 16 Sing : Ps 89:3,17 Ps 6:1,4 Ps 16:4,5 Sb 18-7:1,11,12 Sb 13-3 Orrelis: Christine van Helden Projektor: Magriet Erasmus Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Maarten van Helden Liturgiese Riglyne Liturgiese Riglyne Liturgiese Riglyne Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing : 1 Petr 1:13-16 Teksverse : 1 Petr 1:16; 2 Petr 1:19; Ps 119:105 Sing : Lied 190:1,2,3 Sb 12-3:1-4 Lied 241:1 Ps 119-1:39 Ps 69-1:9 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Nicolene Wattel Klank: Leendert Wattel Prediker: Ds Gerrit Kruger G r o e i n a C h r i s t u s G r o e i n a C h r i s t u s G r o e i n a C h r i s t u s G r o e i n a C h r i s t u s SY DOOD WAT DEURE OPEN! By die dood kom alles tot stilstand. Verhoudinge word beëindig, dienswerk word gestaak en die lof aan God verstil! Die dood bring die einde! Die mens kan nie meer wees of doen waarvoor hul geskape is nie. Behalwe vir dié wat in Christus glo... hulle hoor dat die dood ‘n deur is wat oopgaan. Hulle leer dat hulle werke hulle volg (Op 14 :13). Hulle vrees die hel nie meer waar niks tot sy reg kom nie. Hulle het die verwagting, dat daar deur die dood heen, heerlike nuwe en volmaakte geleenthede oopgaan om voluit vir God te lewe! KEN JY DIE WOORD VAN GOD OF KEN JY DIE GOD VAN DIE WOORD? Hierdie opskrif klink dalk na woordspeling! Dit kan klink na slim woordpraatjies, maar daar lê ’n baie diep waarheid in die verstaan van die kerngedagte. As ons as Christene hoor: “Dit is geskry- we!” dan verstaan ons dadelik dat dit iets is wat in die Bybel staan en daarom van waarheid en betekenis is. Verder vra ons dikwels: “Wat sê die Bybel oor dié of dié saak?” Om nou God te leer ken, beteken om in diepte te lees, te oordink en te luister na hoe God Homself in die Woord openbaar en hoe ons daarvolgens moet lewe. Om daarom die Woord van God te ken, is nie genoeg nie, maar om God van die Woord te ken, dit is waaroor dit gaan.

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 25-Mar-2016

260 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Nuusbrief GK Centurion

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 2/2/2014

12

KONTAK BESONDERHEDE

Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]

Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected]

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie

DIENSBEURTE: Ouderling: Hein Kaiser Diaken: Gustav Hoffman

NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE: Vandag: Les 02, Ps 25:2 Volgende week: Les 03, Ps 25:2

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

Aanbid dien getuig

EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

KKKK OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE OMMUNIKAATJIE

Gereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk CenturionGereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 39 Nr 03 2 Februarie 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

KKKK

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Matteus 27; Johannes 11:25,26; Ps 16:8-11 en Ps 6:6 Teksverse : Matteus 27:45-61 HK:. 16 Sing:

Ps 89:3,17

Ps 6:1,4

Ps 16:4,5

Sb 18-7:1,11,12 Sb 13-3 Orrelis: Christine van Helden Projektor: Magriet Erasmus Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Maarten van Helden

Liturgiese RiglyneLiturgiese RiglyneLiturgiese RiglyneLiturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: 1 Petr 1:13-16 Teksverse : 1 Petr 1:16; 2 Petr 1:19; Ps 119:105 Sing: Lied 190:1,2,3 Sb 12-3:1-4 Lied 241:1 Ps 119-1:39 Ps 69-1:9 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Nicolene Wattel Klank: Leendert Wattel Prediker: Ds Gerrit Kruger

G r o e i n a C h r i s t u sG r o e i n a C h r i s t u sG r o e i n a C h r i s t u sG r o e i n a C h r i s t u s

SY DOOD WAT DEURE OPEN!

By die dood kom alles tot stilstand. Verhoudinge word beëindig,

dienswerk word gestaak en die lof aan God verstil! Die dood

bring die einde! Die mens kan nie meer wees of doen waarvoor

hul geskape is nie.

Behalwe vir dié wat in Christus glo... hulle hoor dat die dood ‘n

deur is wat oopgaan. Hulle leer dat hulle werke hulle volg

(Op 14 :13). Hulle vrees die hel nie meer waar niks tot sy reg

kom nie. Hulle het die verwagting, dat daar deur die dood heen,

heerlike nuwe en volmaakte geleenthede oopgaan om voluit vir

God te lewe!

KEN JY DIE WOORD VAN GOD OF KEN JY DIE GOD VAN DIE WOORD?

Hierdie opskrif klink dalk na woordspeling! Dit kan klink na slim woordpraatjies, maar daar lê ’n baie diep waarheid in die verstaan van die kerngedagte. As ons as Christene hoor: “Dit is geskry-we!” dan verstaan ons dadelik dat dit iets is wat in die Bybel staan en daarom van waarheid en betekenis is. Verder vra ons dikwels: “Wat sê die Bybel oor dié of dié saak?” Om nou God te leer ken, beteken om in diepte te lees, te oordink en te luister na hoe God Homself in die Woord openbaar en hoe ons daarvolgens moet lewe. Om daarom die Woord van God te ken, is nie genoeg nie, maar om God van die Woord te ken, dit is waaroor dit gaan.

Page 2: Kommunikaatjie 2/2/2014

2

O ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaarO ns gee om vir M ekaar

“... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15

Die siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter:

∗ Rita Kruger is ernstig siek met pankreaskanker—(C13—0834115222)

∗ Mieke van den Hever het ‘n oogoperasie ondergaan— (C12—663 3693)

∗ Amanda Niezen herstel van harsingskudding—( C13—661 1761)

∗ Gertie Swanepoel herstel na ‘n beroerte—(A14)

∗ Hartjie de Beer sterk tuis aan na haar hospitalisasie—(A13—664 2402)

∗ Louie Venter is in Femina kliniek vir ’n operasie—(B12—660 1503)

M eelew ingM eelew ingM eelew ingM eelew ing Ons dra Jan en Hettie van der Walt en familie in ons gebede op, Hettie se ma is op 16 Jan 2014 oorlede. Mag die Here julle vertroos.

A ktiw iteite gedurende die kom ende w eekA ktiw iteite gedurende die kom ende w eekA ktiw iteite gedurende die kom ende w eekA ktiw iteite gedurende die kom ende w eek

V ergaderingsV ergaderingsV ergaderingsV ergaderings:

6 Feb—Kerkraad om 19:00

A nder A ktiw iteiteA nder A ktiw iteiteA nder A ktiw iteiteA nder A ktiw iteite:

3 Feb—Senior Aksie 10:00 7 Feb—GTA-braai

B YB E L ST U D IEB YB E L ST U D IEB YB E L ST U D IEB YB E L ST U D IE W oensdagoggendW oensdagoggendW oensdagoggendW oensdagoggend

6:00 Bybelstudie in saal 9:00 Ds Maarten in die saal

9:00 Ds Gerrit se groep in konsistorie

A lm al w elkom !A lm al w elkom !A lm al w elkom !A lm al w elkom !

V O L W A SSE B E L Y D E N ISK L A SSEV O L W A SSE B E L Y D E N ISK L A SSEV O L W A SSE B E L Y D E N ISK L A SSEV O L W A SSE B E L Y D E N ISK L A SSE Enige persoon wat by die gemeente wil aansluit en,of lidmate wat belangstel vir ’n bietjie opfrissing van jou kennis, kan hul naam by die kerkkantoor opgee vir die bywoon van die volwasse belydenis-klasse wat weer op 11 Februarie om 19:00 in die konsistorie in aanvang neem.

11

VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE VERJAARSDAE “U woord is die lamp wat my die weg wys ...” Ps 119:105

BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE BELYDENDE LIDMATELIDMATELIDMATELIDMATE 2 Feb Antoinette Loots B14 082 441 3585 Brenda Venter A05 664 4715 3 Feb Danie Erasmus B05 653 2726 Gerrit van Zyl C12 663 3882 Ben Vorster C01 664 0860 4 Feb Paul Hugo B15 082 462 1902 Deon Pohl A10 664 6590 Kobie van Rooy B12 082 333 4246 Heleen van Schalkwyk B09 072 436 4763 Marcel Wilson C12 643 0441 5 Feb Mandie Cloete A09 082 562 5296 6 Feb Gert de Beer C07 663 5016 Jaco van den Bergh C07 663 3649 7 Feb Laetitia Cassidy B13 653 5095 8 Feb Frans Geertsema A13 662 2717

BEROEPENUUS

BEROEPE ONTVANG Ds CJ Nagel [jr] van Nylstroom na Louis Trichardt.

DOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATEDOOPLIDMATE 2 Feb Paul Kotze B12 083 743 1858 Deodat le Roux B21 073 181 3046 3 Feb Miane de Jager C05 082 582 2600 4 Feb Ernest Bornman C11 658 5880 5 Feb Isabella van den Berg B17 084 500 6867 8 Feb Francois Admiraal B06 082 451 7884 Cara Erasmus B09 072 233 5205 Martin van Rooyen C15 082 577 3349

BIBLOS

Die Biblos Bybelverspreidingsprojek het ten doel om sover moontlik aan diegene met wie ons daagliks kontak het (bv. sekuriteitswagte, huis- en tuinhulpe, versorgers en ander volgens behoefte) ‘n Bybel in sy/haar moedertaal/taal van voorkeur te voorsien. Daar is ‘n besondere behoefte in hierdie verband. Deur hierdie projek is bykans 1 200 Bybels in 2013 deur ons gemeente versprei.

Indien u belangstel om aan die Biblos Bybelverspreidingsprojek deel te neem, kontak die kerkkantoor of vir Esmé van den Berg (083 381 6428) vir meer inligting. Fondse vir hierdie doel kan in die kerk se bankrekening inbetaal word onder verwysing “Biblos”. Soli Deo Gloria!

Page 3: Kommunikaatjie 2/2/2014

10

GTAGTAGTAGTA

Centurion Cantus gemeenskapskoor

Waar elke stem saak maak

Oudisies vir 2014 -kontak asseblief Pieter Bezuidenhout 071 324 1796

of Christine van Helden 072 658 5664

Het jy al ‘n plek om te “Groei na Christus”?

Wat van ‘n kleingroep? Daar is iets vir almal!

Kontak

Anna-Barbara du Plessis 083 655 2009

Tiene

rs

Tiene

rs

Tiene

rs

Tiene

rs

SENIOR AKSIE

Die seniors vergader Maandag 3 Februarie 2014 om 10:00 in die saal.

Ons skop die jaar af met Bybel vasvrae. Lekker ontspanne en informeel. Ons sal dit op groepsbasis doen. Grootte en aantal groepe sal afhang van hoeveel lede teenwoordig is.

A.g.v. vakansies gaan ons slegs 7 keer die jaar vergader. Alhoewel die datums in die kerk almanak is, gee ons dit hier. Begintyd altyd 10:00 tensy anders genoem

3 Februarie 3 Maart 5 Mei 2 Junie (12:00)

4 Augustus 1 September 3 November

Teken dit asb aan

Ons beplan ook ’n besoek aan Eljadahuis. Dit sal op ’n ander datum wees as van ons vergader datums.

Ledegeld bly R 50 per persoon. Elkeen moet asb probeer om ’n gas(te) saam te bring, wie dalk as lede kan aansluit. Onthou ook asb jul bydrae vir Eljadahuis.

Senior groete

Albie

Sondagaand 2 Februarie

Kom toets hoe skerp jou

Bybelkennis is…

*The weakest link*

VrydagaandVrydagaandVrydagaandVrydagaand 7 7 7 7 FebruarieFebruarieFebruarieFebruarie

18:00 – 22:00Ons bring en braai dat die sop spat! Kom loer vanaand in by die tieners vir meer inligting…

Tuishuis vleisie

3

ALETHEIA MINISTRY— EVERY SUNDAY AT 11:00

Scripture: Isaiah 28

Text: Isaiah 28:16 Preacher: Rev Maarten van Helden

Jesus our anchor and cornerstone!

WAT ONS OOR DIE BYBEL GLO

Die gesag van die Bybel word in die laaste tyd baie aangeval. Mense en selfs Christene glo nie meer die Bybel onvoorwaardelik nie. Daar is selfs predikante (nie van die Gereformeerde kerke nie) wat sekere dele van die Bybel bevraagteken, bv. die eerste elf hoofstukke van Genesis. Dit is baie belangrik vir elke Christen om seker te maak wat hy/sy van die Bybel dink en hoe jy die Bybel gebruik of nie gebruik nie. Ons bely in die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) Artikel 2b: “God maak Hom deur sy heilige en Goddelike Woord nog duideliker (as in die natuur – eie in-voegsel) en meer volkome aan ons bekend, en wel so veel as wat vir ons in hierdie lewe nodig is tot Sy eer en tot die saligheid van hulle wat aan Hom behoort.” Ons bely as Gereformeerdes in die NGB in Artikels 2-7 wat ons van die Bybel dink en bely en glo. O.a. bely ons dat die Bybel die wil van God volkome bevat en dat alles wat ons vir ons saligheid moet glo, daarin voldoende geleer word. Maar die vraag is watter plek neem die Bybel in jou lewe persoonlik in? Lê die Bybel voor jou bed en jy sorg selfs dat daar geen boek bo-op lê nie? Is die Bybel vir jou, jou kosbaarste besitting? Maar die Bybel op sigself help nie baie as jy dit nie lees, oor-dink, bepeins en deur die Bybel by God uitkom nie. Dit gaan nie om die kennis om op te roem nie, maar om die persoonlike verhouding met God, die God van die Bybel. Ons moet God uit die Bybel leer ken en Hom alleen dien en eer. Dit gaan oor die Lewende, Drie-enige, Verbondsgod wat ons geskape het en nog elke dag ons onder-hou. Daarom mòèt ons die Bybel lees om God al beter en beter te leer ken en wat sy wil met ons is. Ons moet biddend, Bybellesend, voor die Almagtige God buig en Hom dien en aanbid. Om die Bybel te ken is om in ’n persoonlike verhouding met God te kan wees en sodoende God te dien volgens Sy wil.

Ps 119:105 “U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.”

ds. Gerrit Kruger

Page 4: Kommunikaatjie 2/2/2014

4

28 Feb tot 2 Mrt Olifants River Lodge

Kom kamp saam by Olifants River Lodge (’n uur en ’n half se ry vanaf Pretoria naby Middelburg). Hierdie is die ideale geleentheid om die gemeentelede beter te leer ken. Vul die besprekingsvorm in en oorhan-dig aan u Diaken. Kostes per persoon vir die HELE NAWEEK: R440 per volwassene wat kamp R310 per kind 10 jaar en jonger wat kamp R640 per volwassene in ‘n Chalet R330 per kind 10 jaar en jonger in ’n Chalet

Gelde word in die Diakonie se rekening inbetaal: ABSA Lyttleton

600280589 Verwysing: Naam + Kamp

NAVRAE: Esmé Kruger [email protected]/0828724878

Stuur asseblief die betalingsbewys na Esmé Kruger. Indien u finansiële ondersteuning nodig het, kontak gerus vir Anton ( 082 856 3704). Wat bring jy saam: Vleis vir Vrydagaand se braai, Diakonie voorsien bykos • Versnapperinge vir Saterdag, 2 etes word voorsien • Swemhanddoek • Stapskoene, sonhoed, sonbrandroom • Gemaklike stoel • Bybel, Psalmboek • Eetgerei, stoele, tafels en linne word voorsien.

9

Liewe Susters, Ek gee graag die volgende deur: Die projek om sop aan bejaardes te voorsien, het verlede jaar in Augustus vanuit Solidariteit – Helpende Hand begin. Dit het onder die gemeenskap se aandag gekom dat ‘n aantal aftree-oorde nie kos vanuit hul eie kombuis op die perseel voor-sien nie. Die situasie is dus dat die bejaardes self kos koop en voorberei, of by die Dienssen-trum (Potgieterstraat) teen R38 per ete per dag kos bestel wat dan afgelewer word. Die wat lid is van die Dienssentrum, kry die etes egter vir R28 per ete per dag. Alhoewel ‘n dak oor die kop en veiligheid nie die probleem is nie, is die maandelikse bedrag om van te lewe, skraps. Die bejaardes wat in hierdie aftree-oorde bly, se ouderdomme verskil ook baie en daarom is die behoefte om kos nie vir almal dieselfde nie. Die organiseerders het tydens hul ondersoek besef dat baie bejaardes die minimum moeite doen om elke dag voedsame kos te kry. Na verdere ondersoek het hulle op die bediening van sop op sekere dae by sekere aftree-oorde besluit. Intussen is die diens uitgebrei deur ‘n voedsame ete (teen R5 per porsie) te bedien en om sop weer in die winter te voorsien. Helpende Hand is afhanklik van vrywilligers wat help met die bediening van hierdie kos en dis waar ons Susters ter sprake kom. Die kos word op ‘n sentrale punt voorberei (Johan Wiegand van die gastehuis Oppistoep in Basdenlaan), Anton Smit behartig die skenkings/aankope van die kos (die Bestuur sal binnekort skakel om te hoor of ons hier ‘n bydrae kan maak). Die kos wat dan voorberei is, word deur Forika Messenhei-mer afgehaal en na die betrokke aftree-oord vervoer. Op hierdie stadium word ons Susters se betrokkenheid belangrik. Die voorbereide kos word dan vir ‘n halfuur bedien aan die wat daar-van gebruik wil maak. Die funksies wat tydens die halfuur verrig moet word, is soos volg:

∗ Wees 5-10 min voor bedientyd by die betrokke aftree-oord en help Forika om die kos uit die motor na die bedieningspunt toe te dra.

∗ Behartig die ontvangs van die R5’e. Indien iemand dalk nie geld daar het nie, word die kos steeds verskaf. Dit bly ‘n diens.

∗ Help met die opskep van die porsies. Dit word in groot vlekvryestaalbakke voorberei en direk daaruit bedien.

∗ Indien wel van die kos oorbly, word dit in ekstra bakkies uitgeskep om te vries vir die uitdeel op ‘n later stadium. Dit word deur Welma, ook ‘n Helpende Hand-organiseerder, behartig. Forika oorhandig dit aan Welma by Solidariteit.

∗ Sorg dat die bedieningsarea skoon en netjies agtergelaat word.

∗ Dan is ‘n halfuur verby en jy kan vertrek. Die aftree-oorde waar ons gemeente vanaf 3 Februarie af gaan help bedien, is Lofdal (2 dae per week) , Gem-village (2 dae per week) en Bethanie (langs die Voortrekkersaal in Glover-laan). Welma is in die proses om Oude Kaap en La Vie ook deel van die projek te maak. Wan-neer ons die groen lig kry, sal die betrokke dames wat hulself hiervoor bereid verklaar het, gevra word om by die program (wat dán opgestel sal word) in te val. Dit het ook so uitgewerk dat elke vrywilligers nie elke week bedien nie – dis moontlik gemaak deur die groot groep vrywilligers met hulself kom aanmelkd het! Die koördineerder van hierdie projek is Susan du Plessis (072 124 1076; [email protected]). Kontak haar gerus indien enige onseker-heid na vore kom.

Bedieningsgroete, Phia (namens die Susters)

Page 5: Kommunikaatjie 2/2/2014

8

ADVERTENSIES

BLOM ‘N BLAAR skenk elke Sondag die ruikers in die kerk. Ondersteun hulle en bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.simplyflowers.co.za/(663 5955)

OPPI STOEP - Basdenlaan 190, Lyttelton Manor. Konferensiefasiliteite, B/b gastehuis, Funksieareas, Ooievaarstee, Troues, Werkswinkels, Kombuistee, verjaarsdagpartytjie. Skakel Johan: 082 498 6314

PROFESSIONELE REKENMEESTER (SA) vir op-skryf van alle boeke tot en met die proefbalans in Pastel, oudit werkspapiere (B/S en I/S) in Excel en Caseware, BTW, debiteure, krediteure, kleinkas en salaris rekonsiliasies en indiening van enige tipe belas-tingvorms, sowel as dispute met SARS - Mariza Mosca [email protected] (082 405 8565).

NUTSMAN- Huisverbeterings/Teëls/loodgieterswerk/ deure/hekke/plafonne. Kwotasies. Hein 0726579274

FAMILIE FIETSE CENTURION – Verkope van fietse, onderdele, parte en toebehore. Werkswinkel diens-te/herstelwerk ook beskikbaar. Centurion Crescent Shopping Centre, h/v Lenchen Noord/Suid & John Vorster. Ons ruil ook 2de handse fietse in. Tel: 012 663 3839/ 079 859 7907

PLAASHOENDERS geen soutwater bygevoeg, heel, braaipakke, flatties, ens. Pryse goedkoper as in die kettingwinkels. Heel hoenders verkoop teen R36.00 p/kg. Ek lewer af in Centurion. Kontak Jaco vir bestelling of pryse by 082 854 1430 of [email protected]."

HUISHULP in die Centurion omgewing opsoek na werk (1-4 dae/per week) Skakel gerus Eva Netshiombo 084 690 7314

VERKOPE BY DIE KERKKANTOOR

Bybels—R60 (hardeband)

R35 (sagteband—Eng, Zulu)

Aanvullende Ps boekie—R20

Almanak—R60

Boek “Worstelinge oor die waaroms in die lewe” - R70

BYBELSKOOL

11 Februarie tot 25 Maart 2014

Die Bybelskool van Centurion bied u die

volgende groeigeleentheid:

Die boek Job

‘n Christelike siening van lyding, pyn en nood

Kom leer iets meer van die boek Job as net sy

storie...

Kom filosofeer saam op ʼn Christelike manier oor

lyding, pyn en swaarkry.

Kom ontdek saam hoe om die Jobstroosters van

ons tyd vanuit die Skrif op hulle herrie te gee!

Kom ervaar saam met Job hoe getrou en hoe groot

jou God is!

Plek Gereformeerde Kerksaal,

Centurion

Tyd Dinsdagaande 19:00 - 20:30

Koste R100 pp of R150 per paar

Aanbieder Ds Maarten van Helden

Kontak Kerkkantoor 012 664 2614

Bespreek vooraf of kom sommer net

HOSPITAALBESOEKE

Belangstellendes wat wil help om siekes te onder-

steun te Unitas Hospitaal

kontak

Annesta Wannenburg 083 751 2602 (na ure)

5

NW DROOGTEFONDS Die Noord-Wes provinsie se boere het erge skade en verliese gely met die gepaardgaande droogte wat tans heers in die gebied. Noordwes is onlangs as ‘n Droogte-rampgebied verklaar en boere moes aansoek doen vir staatshulp. Ons diakonie is genader om waar moontlik te help met finansiële hulp vir hierdie boere en die volgende feite is aan ons deurgegee:

Daar is 23 360 boere wat aansoek gedoen het by die regering vir droogtehulp. Uit hierdie aan-soeke is bepaal dat daar ongeveer 900 000 grootvee eenhede is wat tans voer nodig het. Om hierdie diere vir een dag voer te gee, het ons 630 000 bale per dag nodig. Een ton voer kos so R 1 200 – vervoerkoste uitgesluit.. As ons die som andersom doen – met R150 000 het ons genoeg vir 80 000kg voer afgelaai op sentrale punte of voer vir 4571 beeste vir een dag. Met R100 hou ons 4 beeste vir een dag aan die gang.

Die bedrag van R43 miljoen is deur die staat beskikbaar gestel vir die gebied waarvan R8,5 m moes gaan vir watervoorsiening in afgeleë gebiede. Dit het maar ‘n klein bedraggie gelaat vir die groter beesboere.”

Die bestuur van SDDS het reeds aan die einde van verlede jaar ‘n bedrag van R150 000 aan AgriNW geskenk vir aanwending as droogtehulp. Uit die landbou- geledere was daar oorweldi-gende dankbaarheid vir hierdie hulp.

Bydraes deur lidmate vir hierdie doel kan in die rekening van die diakonie betaal word met ver-wysing: “NW Droogtehulp”. ABSA: 600280589, takkode 632005.

Die totale kollektes wat ons gaan ontvang van die gemeente op 23 Februarie 2014 gaan aan die SDDS oorbetaal word wat hierdie droogte noodfonds bestuur.

2014 KAMPPROGRAM

Vrydag Aankoms vanaf 12:00. Kamp opslaan 20:00 Kenmekaar 21:00 Aandgodsdiens Saterdag 7:30 Koffie en beskuit 8:00 Temabespreking 9:00 Kom ons speel! 11:00 Brunch 14:00 Ontspan langs die swembad 18:00 Aandete 19:30 Kom ons lag 21:00 Aandgodsdiens Sondag 8:00 Koffie en beskuit 9:00 Kom ons loof en prys! - Erediens 10:30 Brunch 11:30 Kamp afslaan en kuier saam om swembad. Huisies moet 12 uur ontruim wees. Ons hoef eers 3 uur die terrein te verlaat.

Page 6: Kommunikaatjie 2/2/2014

6

Liewe Susters

Baie dankie vir die goeie afskop wat ons Sondag gehad het! Dis was 'n heerlike lekkerte om al die Susters so voor my te sien en later te sien hoe julle om die Susterstafel zoem! Dankie vir die goeie reaksie! Ons wil graag die volgende bykomende inligting deurgee en ook vra dat jy per e-pos reageer oor die sake wat daarom vra.

- Ons verwelkom vir Ronelle Hoogenboezem wat as stil-bestuurslid sal dien om die dames wat die blomme gaan doen, te koördineer. (Vir die wat die afskop gemis het, 'n stil-bestuurslid doen net 'n sekere takie vanuit haar huis en woon nie vergadering by nie. Sy kry egter die notule na afloop van 'n vergadering. 'n Vergadering kan 'n kontakvergadering wees wanneer ons fisies byeenkom en vergadering hou, maar dit kan ook deur middel van e-pos gedoen word). Ons soek nog na 'n vrywilliger of twee om op die Bestuur te dien. Kontak asb vir Phia ([email protected]) indien jy deel van die span wil wees.

- Ons wag ook nog op vrywilligers om as wyksusters te dien. Tans behels dit net die reël van tee Sondae, maar soos die projekte na ons toe kom, kan daar dalk take bygevoeg word. Kontak asb vir Magda van der Schyff ([email protected]) indien jy deel van hierdie span wil wees.

- Baie dankie vir die baie van julle wat gereageer het om betrokke te wees by die blomme, seniorbesoeke en begrafnisse! - Baie dankie vir die baie name wat ingekom het om betrokke te raak by sopbediening by Lofdal, Gem-village en Bethanie. Volgens Helpende Hand word dit eersdaags uitgebrei na Oude Kaap en La Vie. Sodra hierdie reëlings gevestig is, sal die betrok-ke Susters 'n e-pos daaroor ontvang. Vir enige navrae, kontak Phia.

- Dit is nodig om te weet dat hierdie gemeente op voorstelle wag waar nood bestaan en ons as Susters 'n verskil kan maak. Sodra daar van watter kant af 'n saak met meriete na ons toe kom, sal dit met julle gekommunikeer word om te hoor wat julle gedagtes daaroor is en dan daarvol-gens optree.

- 'n Voorstel oor betrokkenheid by die Kinderhuise (Pretoria en Reddersburg) het intussen ge-kom. Dit is opgevolg met die Diakonie en die volgende is genoem: persone en instansies (soos die Susters) kom deesdae baie moeilik in by kinderhuise. Polisieklarings en 'n lys van moets en moenies bemoeilik direkte toegang tot die kinderhuise. Skynbaar is daar genoeg speelgoed en klere. Ons kerk se diakonie is ook op deurlopende basis betrokke by die kinderhuise en van ons kollektes word spesifiek daarvoor geoormerk. Wat tog altyd benodig word, is 1) geldelike bydraes om uitgawes buiten kos en klere, te dra, en 2) ouers/persone wat bereid is om die pad te loop en kinders naweke in hul huise in te neem. Hierdie twee sake word aan julle gestel: reageer asb deur jou mening hieroor te gee (e-pos asb nie na die kerkkantoor nie, maar wel na [email protected]).

- 'n Voorstel om kos op gereelde basis aan te koop en aan die sopkombuis te voorsien, het ook ingekom. Die saak sal hierdie week ondersoek word en aan julle deurgegee word. Hou asb die Kommunikaatjie dop vir terugvoer. Dis vir eers al. Lekker werk hierdie week en groetnis vir eers!

Phia (namens die Bestuur)

Bruin koevertjies vir vrywillige bydraes deur Susters moet asb in die Susterskassie teen die lang pilaar by die

diakensbanke geplaas word

7

WYKSUSTERS

Sal die wyksusters asseblief so gou moontlik hulle wykslyste en teeskinkbeurtlys kom afhaal by die Susterstafel agter in die saal?

TEESKINKBEURTE Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opgeplak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 2 Februarie B8 Comine Venter B12 Jeanette vd Bijl / Susan van Dyk C8 Elsie Kruger / Liza Pretorius 9 Februarie C12 Christi Venter C9 Elsie Swanepoel B15 Marieke Zeevaart

16 Februarie A1 Susan du Plessis / Elize vd Berg A2 Corlien Steenkamp / Sandra Trentham A3 Marietjie Venter A4 Laurette Snyman

Omkring die datum

2014 Susterssaamtrek

Wees Daar!Datum: 8 Maart 2014

Spreker: Hettie Brittz

Koste: R100

Lokaal: NG Kerk Raslouw, Eldoraigne

Kontak: Helene Kruger by 082 448 3406 of by die

susterstafel na kerk

Besoek: www.gklyttelton.org.za vir meer inligting….

E-POS VIR SUSTERS

Susters wat beskik oor ’n e-pos-adres en nie gedu-rende die week ’n e-pos van die susters ontvang het nie moet asb vir die kerkkantoor ‘n epos stuur by

[email protected]

sodat ons u kontakbesonderhede op die databasis kan regstel

Kommunikaatjie dop vir terugvoer. Dis vir eers al. Lekker werk hierdie week en groetnis vir eers!

BREIPROJEK VAN SUSTERS

WRIST WARMERS (both alike)

4 ply wool, using 4mm needles and cast on 37 sts 1st Row. S1, *yrn, p1, p3tog, p1, yon,k1, rep from * to end. 2nd Row S1, purl to last st, k1 3rd Row S1, knit to end 4th Row S1, purl to last st, k1 From 1st to 4th row sets patt Working in patt (throughout) continue until wrist war-mer measures 25 cm ending with a wrong side row Change to 3 1/4 mm needles and proceed as follows: 1st Row Knit This row will now be referred to as g-st (garter stitch) Work 3 rows more in g-st Cast off in knit ways To make up Join seams leaving a 3cm opening for thumb, from cast on edge.

Skakel Elna de Bruin by 083 664 2050 indien u iets nie verstaan nie