kommunikaatjie 9/3/2014

6
12 KONTAK BESONDERHEDE Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected] Ds Maarten van Helden: 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected] ALGEMENE INLIGTING KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie (sien berig op bl 8) DIENSBEURTE: Ouderling: Rudi Basson Diaken: Marthinus Krynauw NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld. KOMMUNIKAATJIE en BYBELSKOOL ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE: Vandag: Les 06, Ps 91:1 Volgende week: Les 07, Ps 91:1 Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409 Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589 Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417 EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00 Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30 K OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Jaargang 39 Nr 08 9 Maart 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za K SONDAGAAND 18:00 Skriflesing: Mat 26:57-67 Hand 7:54-60 Teksvers: Mat 26:63,64 Hand 7:55,56 HK: Sondag 19 Sing: Ps 48-1:1 Ps 99-1:1,2,3 Ps 48-1:4,5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger Liturgiese Riglyne SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing: Deut 9:1-6 Teksverse : Deut 9:6 Sing: Lied 190:1,2,3 Ps 86:3,6 Ps 115:1,2,8 Lied 169:1,2,3 Lied 203:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Leendert Wattel Prediker: Maarten van Helden G r o e i n a C h r i s t u s Oor wie gaan dit nou eintlik? Vir baie mense gaan die evangelie van Christus net oor een ding: mý veilige plekkie in die hemel! Dit word dan mettertyd ook herlei na hier- die alledaagse lewe in die wyse waarop ons ons godsdiens beoefen. Alles gaan dan oor my saligheid, my geluk, my... my... myne! Dan is die kerk gou in die moeilikeheid as ek nie mý sin kry nie. Die probleem lê dan gewoonlik by die ander persoon en by die kerk en sy strukture en besluite, en nie by myself nie. Dit kan natuurlik maklik opgelos word. Dan is dit egter nodig om te dink en te vra en te besef waaroor die godsdiens werklik gaan. Die feit dat God enigsins met mense (hardkoppige sondaarmense) te doen wil hê, behoort ons verstand te bowe te gaan. Dit is beslis nie gegrond in enigiets wat ons gedoen het nie! Waaroor gaan dit dan nou eintlik? Christus is ons Koning wat regeer, versorg en oordeel Sondag 19 van die kategismus is ons belydenis van Jesus Christus se finale verhoging na sy vernedering. Jesus Christus sit nou aan die regterhand van God, ‘n ereposisie. Hy sit aan die regterhand omdat Hy namens die Vader nou die kerk regeer en versorg. Dikwels dink ons dat die wêreldse magte is besig om oor te neem. Ons hoor die vraag: Waar is God in hierdie tyd van korrupsie en verval? Maar duidelik het Jesus Christus gesê dat alle mag aan Hom gegee is in die hemel en op aarde. (Mat 28:19) Christus gaan ook weer kom om te oordeel met die wederkoms. Vanuit die hemel regeer, beskerm en bewaar Christus ons.

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 17-Mar-2016

271 views

Category:

Documents


15 download

DESCRIPTION

Nuusbrief GK Centurion

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 9/3/2014

12

KONTAK BESONDERHEDE

Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]

Ds Maarten van Helden: 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595

Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected]

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES

Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Sustentasie (sien berig op bl 8)

DIENSBEURTE: Ouderling: Rudi Basson

Diaken: Marthinus Krynauw

NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE en BYBELSKOOL ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516

KATKISASIE: Vandag: Les 06, Ps 91:1

Volgende week: Les 07, Ps 91:1

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

EREDIENSTYE

Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

K

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 39 Nr 08 9 Maart 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

K

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Mat 26:57-67 Hand 7:54-60 Teksvers: Mat 26:63,64 Hand 7:55,56 HK: Sondag 19 Sing: Ps 48-1:1 Ps 99-1:1,2,3 Ps 48-1:4,5 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger

Liturgiese Riglyne

SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Deut 9:1-6 Teksverse : Deut 9:6 Sing: Lied 190:1,2,3 Ps 86:3,6 Ps 115:1,2,8 Lied 169:1,2,3 Lied 203:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Leendert Wattel Prediker: Maarten van Helden

G r o e i n a C h r i s t u s

Oor wie gaan dit nou eintlik?

Vir baie mense gaan die evangelie van Christus net oor een ding: mý veilige plekkie in die hemel! Dit word dan mettertyd ook herlei na hier-

die alledaagse lewe in die wyse waarop ons ons godsdiens beoefen.

Alles gaan dan oor my saligheid, my geluk, my... my... myne! Dan is die kerk gou in die moeilikeheid as ek nie mý sin kry nie. Die probleem lê dan gewoonlik by die ander persoon en by die kerk en sy strukture

en besluite, en nie by myself nie.

Dit kan natuurlik maklik opgelos word. Dan is dit egter nodig om te dink en te vra en te besef waaroor die godsdiens werklik gaan. Die feit dat God enigsins met mense (hardkoppige sondaarmense) te doen wil hê, behoort ons verstand te bowe te gaan. Dit is beslis nie gegrond in enigiets wat ons gedoen het nie!

Waaroor gaan dit dan nou eintlik?

Christus is ons Koning wat regeer, versorg en oordeel

Sondag 19 van die kategismus is ons belydenis van Jesus Christus se finale verhoging na sy vernedering. Jesus Christus sit nou aan die regterhand van God, ‘n ereposisie. Hy sit aan die regterhand omdat Hy namens die Vader nou die kerk regeer en versorg. Dikwels dink ons dat die wêreldse magte is besig om oor te neem. Ons hoor die vraag: Waar is God in hierdie tyd van korrupsie en verval? Maar duidelik het Jesus Christus gesê dat alle mag aan Hom gegee is in die hemel en op aarde. (Mat 28:19) Christus

gaan ook weer kom om te oordeel met die wederkoms.

Vanuit die hemel regeer, beskerm en bewaar Christus ons.

Page 2: Kommunikaatjie 9/3/2014

2

Ons gee om vir Mekaar

“... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15

Willie Smith is in Unitas Hospitaal opgeneem (C1—664 4184). Louise van Rensburg het ʼn operasie ondergaan (C8—074 889 0921).

Bogenoemde siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra

en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter

Meelewing Ons dink aan die volgende lidmate wat gedurende die afgelope week naasbestaandes aan die dood afgestaan het:

Wilhelm Kruger en familie met die dood van sy vrou Rita;

Ds Paul en Annette van den Berg met die dood van ds Paul se broer, Francois.

Mag die Here u vertroos en bystaan

Geluk Baie geluk aan Dean Aucamp wat op 15 Mrt 2014 met Tanya vd Linde in die huwelik tree.

(A2—072 433 7051)

Aktiwiteite gedurende die komende week Vergaderings

9 Mrt—Diakonietoerusting 19:00

13 Mrt—Kerkraad 19:00

Ander Aktiwiteite 14 Mrt—Blok B Skaapbraai word vervang met potjiekos op 11 Mei.

15 Mrt—Juventus-Kabelkarretjies – 8:00 vanaf die kerk.

16 Mrt—Nagmaal word komende Sondag tydens albei dienste bedien.

16 Mrt—Gemeente-ete olv Blok C (direk na afloop van die oggenddiens).

KLEINGROEPLEIER SESSIE direk na afloop van die oggenderediens Alle groepleiers word herinner aan die Kleingroepleier sessie wat vanoggend plaasvind direk na afloop van die erediens.

LIDMATE SE

KONTAKBESONDERHEDE

Indien u adres of kontakbesonderhede

verander word u versoek om die nuwe

inligting asseblief aan die kerkkantoor

deur te gee.

11

VERJAARSDAE

“U woord is die lamp wat my die weg wys ...” Ps 119:105

BELYDENDE LIDMATE

VERKOPE BY DIE KERKKANTOOR

Bybels—R60 (hardeband)

R35 (sagteband—Eng, Zulu)

Aanvullende Ps boekie—R20

Almanak—R60 (nog net 20 beskikbaar)

Boek “Worstelinge oor die waaroms in die lewe” - R70

DOOPLIDMATE

Ek sal dit verwelkom indien enige lidmaat versoeke aan my rig tov Psalms/liedere vir voorafsang. Julle kan my skakel by

0122544737 / 0834784480 of selfs net sms.

Ek hoor graag van julle. Corlea (orrelis).

OPEDAG CENTURION CHRISTELIKE LAERSKOOL

Vrydag 14 Maart 2014 van 08:00 tot 15:00 Vrydag 11 April 2014 van 08:00 tot 15:00

Centurion Christelike Laerskool is ‘n Afrikaans Christe-like privaatskool wat fokus op hoë gehalte Bybel ge-

fundeerde onderrig.

Die ARSO kurrikulum word gevolg wat ons jong kin-ders ‘n Christelike opvoedingsbasis verseker. Die skool het in 2002 ontstaan met ‘n dryf uit die susterskerke in Centurion. Met konstante groei oor die laaste paar jaar is 5 nuwe klaskamers aangebou in 2013. Met beperkte plek nog beskikbaar vir 2015, wil ons graag Christen ouers aanmoedig om die skool te

oorweeg vir hul kinders se opleiding en toerusting.

Grade 0 tot graad 7 word aangebied in klasse van maksimum 20 leerlinge, wat individuele aandag verse-ker. Voorsiening word gemaak vir kleuters in ‘n aparte

kleuterklas.

Centurion Christelike Laerskool is geleë op die hoek van Edinburghlaan en Cornellweg, Clubview Oos,

Centurion.

Kontak ons gerus by [email protected] Tel: (012) 654-7577 of (sel) 083 633 7208 na ure of:

http://www.LSCenturion.co.za

9 Mrt George Cronjé C05 082 784 8556

10 Mrt

Louis Aucamp B15 082 90 4282

Rina Fourie A07 664 0926

Fanus Grobler A04 347-2854

Hennie Jv Rensburg B01 082 370 9553

Antone Lubbe B22 071 6852610

Tinus Nel B19 083 384 2886

Antony Wagner B05 660 2456

11 Mrt Rob Bond B04 653 7270

Misha Wille B20 076 218 1822

12 Mrt

Meryke Deetlefs A05 084 524 1404

Frans-Hendrik Gouws B06 653 6536

Renate van Wyk A12 083 380 9279

13 Mrt

Jaap Hogendoorn B20 664 6385

Jan Roos A13 664-3614

Elda van Niekerk B20 078 804 4541

14 Mrt Jan Heystek A05 082 373 7428

Francia Wait A06 083 458 1779

15 Mrt

Gerrit Beumer A09 662-1414

Loura Bye C05 079 886 3325

Esther du Plessis B09 654 5713

Karen Kirsten C14 663 5031

Riaan Niezen B14 072 386 8737

9 Mrt Leanka Snyman B10 073 210 1177

12 Mrt Hugo v Nieuwenhuizen C08 082 322 4864

Page 3: Kommunikaatjie 9/3/2014

10

ADVERTENSIES

BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.simplyflowers.co.za/ (663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel voor in die Susterskas

by die hoofingang plaas.

OPPI STOEP - Basdenlaan 190, Lyttelton Manor. Konferensiefasiliteite, B/b gastehuis, Funksieareas,

Ooievaarstee, Troues, Werkswinkels, Kombuistee, verjaarsdagpartytjie. Skakel Johan: 082 498 6314

NUTSMAN- Huisverbeterings/Teëls/loodgieterswerk/ deure/hekke/plafonne. Kwotasies. Hein 0726579274

PANNEKOEKE—Bestel smul-lekker pannekoeke @ R3 (ongevul) en R3.50 (kaneelsuiker). Minimum

12 pannekoeke. Magda Jv Vuuren [email protected].

BETROUBARE BEDIENDE beskikbaar op Maandae. Is geletterd en Afrikaans magtig. Margaret

073 866 4526.

BERNINA 807 NAAIMASJIEN TE KOOP. R1000 onka. Andrew Marx 083 337 0784

Juventus “Uithang”HARTIES KABELKARRETJIE UITSTAPPIE

VIR NA-SKOOLSE JONGMENSE

15 MAART 2014

R160/pp

VERTREK VANAF GK CENTURION

@ 8:00

BESPREEK JOU PLEK

VOOR 12 MAART

HENDRI 0832929002

ETIENNE 0721029845

3

DIE STATEBYBEL KOM NA DIE KAAP

Om die ontstaan van die Afrikaanse Bybelvertaling te beskryf, is dit nodig om iets van sy voorgan-ger, die Nederlandse Statebybel, mee te deel omdat daar so ‘n noue verband tussen dié twee

vertalings bestaan het.

In Nederland het die Sinode van Dordrecht (1618-1619) besluit dat daar van die kerk ‘n amptelike vertaling sou uitgaan om al die ander bestaande vertalings te vervang. Daarvoor is ‘n aantal ver-talers aangestel wat afgesonder sou word om die werk te onderneem. In 1637 het die Nederland-se Bybel verskyn op las van die State-Generaal van die Verenigde Nederlande, wat die koste van die hele onderneming gedra het — vandaar die benaming Statevertaling, soos dit algemeen

bekend is. Dit is hierdie Bybel wat Jan van Riebeeck in 1652 na die Kaap gebring het.

Dat die Statevertaling ‘n belangrike plek in die ry van Bybelvertalings verower het, blyk uit die feit dat dit meer as driehonderd jaar lank as amptelike vertaling by die Nederlandse kerke in gebruik

was voordat dit in 1951 deur ‘n nuwe vertaling vervang is.

Ook in Suid-Afrika het die Statevertaling die Bybel van die Afrikaanssprekendes geword en groot invloed op die godsdienstige lewe uitgeoefen. In sy omswerwinge en in sy afgesonderdheid het die Afrikaner dikwels weinig ander lektuur as die Bybel besit, sodat hy met die inhoud en dus ook met die taal en styl van die Statevertaling goed bekend was. Dit is die agtergrond waarteen die Afrikaanse vertaling van die Bybel ontstaan het. Vir ‘n juiste waardering van dié vertaling moet daardie agtergrond steeds in gedagte gehou word; dit sal ‘n verklaring gee van meer as een eien-skap wat anders ongunstige kritiek kon uitlok. So is byvoorbeeld meermale daarteen beswaar gemaak dat die Afrikaanse vertaling van 1933 nie gebruik gemaak het van die jongste resultate op tekskritiese gebied om ‘n suiwerder teks vas te stel nie, maar eenvoudig — soos die Statever-taling — die teks van die sogenaamde Textus Receptus gevolg het. Daardeur word die verta-

lings, van minder betekenis en waarde.

Die verklaring hiervoor is dat die algemene bekendheid van die ou Statebybel, in die begin veral, dit onwenslik gemaak het om van sy aangenome teks af te wyk, aangesien ‘n vertaling in Afrikaans reeds sou meebring dat daar gepraat word van ‘n nuwe Bybel; met ‘n nuwe teks kon dit gebeur het dat die lesers weier om dit te aanvaar. ‘n Bietjie later sal dit duidelik word hoe daar gedurig rekening gehou moes word met die konserwatiewe houding van die Bybellesende gemeente. Dit ly immers geen twyfel nie dat die kerkman deurgaans met sy Statebybel, wat taal sowel as inhoud betref, vertroud was, en dat enige afwyking van die teks spoedig bespeur sou word. Selfs met die bestaande teks is elke nuwe weergawe van woorde of uitdrukkings dikwels in

die Afrikaanse vertaling as ‘n afwyking van die ou Statebybel opgemerk.

“In die begin was die Woord—G.S. Wegener”

Volgende week: “Hy ly my in paje fan geretighyd”

Page 4: Kommunikaatjie 9/3/2014

4

TEESKINKBEURTE

Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opgeplak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 9 Maart B1 Rita vd Vyver / Renette Adamson B2 & 3 Riana van Jaarsveld B4 Helene Kruger / Nelia vd Merwe 16 Maart A13 Mossie Buys B5 Hester van der Merwe

B6 Doreen Reynecke / Liseje Kuperus

23 Maart B8 Comine Venter B9 Rika Pretorius

B10 Tersia Anderson

KOSBEDIENING

Maartmaand is ons eerste insamelingstyd-perk vir die kosbediening by aftree-oorde. Die volgende word benodig: leë 500g-Margarienbakkies, rys en macaroni, bevrore gemengde groente en geldelike bydrae vir die aankoop van vleis. Die bakkies en droë bestanddele kan elke Sondag in Maartmaand op die tafels by die Sustershoek neergesit word. Daar sal 'n houer wees waarin die finansiële skenkings geplaas kan word. Die bevrore groente kan in die vrieskas, wat in die stoorkamer langs die kombuis is, geplaas word.

Baie dankie vir al u hulp!

In die gees van Gee, Gee ons graag vir julle 'n bietjie meer inligting oor die omGee beweging waarvan jy deel kan wees tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hier is 'n geleentheid om tasbaar en opreg, sonder enige voorwaardes, om te Gee vir mense. Tydens KKNK 2013 gaan ons vanaf 29 Maart -6 April 2014 die geleentheid aangryp om die liefde van ons Here Jesus Christus te doen. Daar is geen fondsinsameling, uitdeel van traktaatjies en uitgerekte opleiding nie. Hier gaan geGee word: liefde, iets te drinke, iets te ete, jouself! Die Bybel leer mos dat dit beter is om te Gee as om te kry: ons gaan kyk of dit waar is.

G-Kafee Wie: Jongmense en Studente: Kom GEE saam tydens KKNK Volwassenes: Kom GEE saam of maak die GEE moontlik deur skenkings. Wanneer: 29 Maart -6 April 2014 Waar: Langenhoven Gimnasium, Jan Van Riebeeck Straat, Oudshoorn, 6620 Kostes: R300 p/p Hoe: Registreer op projekte.kruispad.net G-kafee-registrasie

G-kafee by KKNK 2014 Volledige artikel op die kennisgewingbord!

Ons doen veral ’n beroep op lidmaate: Help jongmense om te kan kom (vervoer, borge); stuur 'n dona-sie; stuur groot asseblief kitskoffie (Ricoffy) en/of pakke beskuit en plaas in kartondoos agter in saal.

Ondersteun die jongmense wanneer hulle die beweging in julle omgewing wil voortsit.

9

Bring jou baba

foto – ek wed

niemand sal kan

raai dis jy nie!

Liewe OUERS!

GEMEENTE BRING-EN-BRAAI

NA AFLOOP VAN NAGMAAL OP

16 Maart 2014

Die diakonie van Blok C nooi alle lidmate na ‘n ete eerskomende Sondag na af-loop van die Nagmaal hier by die kerk. Ons verskaf: vuur, brood en roomys. U bring: Vleis om te braai, drinkgoed, een slaai per gesin om op gemeenskap-like slaai tafel te sit, eetgerei, kampstoe-le en enige ander gerief.

Sondagaand 16 Maart

Gedink jy is te oud??!Bring jou gunsteling chippies, koeldrank of

lekkergoed en kom deel dit!

BLOK B SKAAPBRAAI 14 Maart 2014

Word vervang met

Potjiekos

Sondag, 11 Mei 2014

Meer inligting volg later

Page 5: Kommunikaatjie 9/3/2014

8

SUSTENTASIEFONDS

Wat is die Sustentasiefonds?

Twee Latynse woorde sus + tenteo

Beteken “om regop te hou” / “ondersteun”

Waarvoor gaan die fondse van die Sustentasiefonds?

Woordbediening, sien Handelinge 2012:78, 3.1-3.4.

Waar kom die Sustentasiefonds vandaan? Sinode 1930 : Besluit op `n Sendingfonds (Duvenagefonds). Sinode 1942 : Besluit op die Eeufeesbediengsfonds. Sinode 1994 : Besluit bg word een fonds “GKSA Sustentasiefonds”.

TER WILLE VAN WOORDBEDIENING

Wie beheer die Sustentasiefonds?

Deputate deur die Algemene Sinode aangewys.

Wie administreer die Sustentasiefonds?

Die Admin Buro.

Hoe word die fondse aangewend?

Volgens die reglement en soos deur die Streeksinodes aangevra.

Watter uitgawes word deur die fondse van die Sustentasiefonds gedek?

Sustentasie is ALLEEN vir WOORDBEDIENING.

Is daar voldoende fondse in die Sustentasiefonds?

Nee, die beraming wat ons nodig het vir 2014 is R5 454 556.00 [goedgekeur]. Hiervan kan slegs R1 750 000.00 [48% van goedgekeurde aansoeke] toegeken word.

Hoe kan ek hiervoor bydra?

5 Kollektes, spesiale eenmalige skenkingsbedrag, testamentêre bemakings.

Die nood is so hoog dat alle vrywillige bydraes waardeer sal word. Bankbesonderhede: ABSA 670 140 040 Verwysing: Sustentasiefonds (Naam van donateur/kerk)

Hartlike dank vir getroue oorbetaling van kollektes

Namens Sustentasiefonds

5

MUKHANYO AFSTANDSONDERRIG: NUWE LEERSIKLUS

Ons bring graag die nuwe leersiklus van die Mukhanyo afstandsonderrig onder u aandag. Mukhanyo is ‘n geakkrediteerde teologiese Kollege te KwaMhlanga wat ook hulle onderrig van die Bybel uitbrei deur af-standsonderrig in klein-groep formaat. Daar is reeds 32 sodanige groepe in Suid-Afrika, waarvan die Centu-rion groep een van die aktiefste is. Die eerste groep studente voltooi in Junie die eerste gedeelte van die Diploma in Teologie. Daar is reeds ’n behoefte om ’n tweede groep op die been te bring en ‘n nuwe leersiklus aan die gang te sit. Die eerste module is Geestelike Vorming, wat deur Dr Jack Whytock, aangebied word. Die eerste klas begin op 10 Mei 2014 by die Centurion Gereformeerde kerk en elke module duur ongeveer drie maande. Getroue klasbywoning (9 uur tot 12 uur elke Saterdag) en deelname aan die besprekings van die leermate-riaal onder leiding van ’n finale jaar teologie student, is noodsaaklik. Die koste per module is R200-00 wat die klasse en ’n studiegids insluit. Ope dag: 29 Maart om 10:00 – 12:00 (kom ontmoet die huidige studente asook die tutor) te

Centurion Gereformeerde Kerk, Basdenlaan, Centurion. Begindatum van die nuwe groep: 10 Mei 2014 Teikengroep: Enige persoon met ‘n matriekkwalifikasie, wat ‘n passie het om meer te wete te kom

van die Woord, is welkom. Hierdie studie kan lei tot ’n volwaardige diploma in Teolo-gie, maar enige persone wat hulleself wil verryk is ook welkom om die modules vir nie-diploma doeleindes te doen. Die huidige groep bestaan uit IT spesialiste, ’n tuinwer-ker/drywer en ’n polisiebeampte. Enige-iemand is welkom! Moedig vriende, kollegas en werkers aan om te kom deel in die vreugde van groei na Christus.

Kurrikulum: die eerste gedeelte van die kursus behels die volgende vakke:

Geestelike vorming Sistematiese Teologie I en II Ou Testament I en II Nuwe Testament I en II Afrika spiritualiteit en die Bybelse wêreldbeskouing Die Studie van die Kerk Keusevakke sluit in: „Farming God’s Way“; die onderrig van kinders, evangelisasie en nog vele meer.

Besoek Mukhanyo se webbladsy by: www.mukhanyo.org.za

of kontak die Mukhanyo afstandsonderrig koordineerder

Eddy Niezen 083 455 2760

of die Centurion koordineerder

Rika Pretorius 082 559 7705

Page 6: Kommunikaatjie 9/3/2014

6

BEROEPENUUS

BEROEPE ONTVANG

Ds JL Lee van Bothaville na Worcester.

Lees ... in hierdie uitgawe van

Die Kerkblad

Hierdie uitgawe fokus op die nasionale verkiesing wat in Mei vanjaar plaasvind.

Vir ons as gelowiges is ’n sleutelvraag in hierdie tyd: Wat eis God van die owerheid? En wat kan

ons daar-om ook van die owerheid eis? Prof. Callie Coetzee skryf hieroor in “Redaksioneel”.

Ds. Cassie Aucamp skryf oor die roeping om aan die politiek deel te neem.

Regeringslui in Suid-Afrika vandag is nogal lief daar-voor om ’n direkte verband tussen politiek en

gods-diens/kerk te lê. Prof. Amie van Wyk skryf oor die misbruik van godsdiens vir politieke gewin.

“Kan so ’n eenvoudige ding soos ’n lat die katalisator wees wat die Suid-Afrikaanse Christendom tot

gesamentlike sosiale aksie bring – daardie apatiese groep wat skynbaar tevrede is (meestal) om Sondae kerk toe te gaan en (blykbaar) in die week hulle Bybelstudies te hou en te bid?” So begin ds. Chris Coetsee sy artikel “Om te tug of nie te tug nie ... dis die vraag!”

EN NOG BAIE MEER

Teken in op Die Kerkblad! Skakel Angie Mokobi by (018) 297 3986 vir meer besonderhede;

e-pos [email protected]

BIBLOS Die Biblos Bybelverspreidingsprojek het ten doel om sover moontlik te sorg dat die mense met wie ons daagliks in kontak kom ‘n Bybel het. Daar is ‘n besondere behoefte in hierdie verband. Deur hierdie projek is ongeveer 1 200 Bybels in 13 tale in 2013 deur ons gemeente versprei. Indien u belangstel om aan die Biblosprojek deel te neem, kontak Esmé (083 381 6428) of Marlou van den Berg (082 412 4313) of die kerkkantoor vir meer inligting.

Soli Deo Gloria!

Inbetalings vir Bybelverspreiding en Biblos: Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: Bybelverspreiding: “Bybels” of “Bybelverspreiding”

Biblos: “Biblos”

7

HEFSIBA UITREIK `n Uitreik na Hefsiba word beplan tydens die Junie/Julie vakansie. Die doel van die uitreik is om gemeentebande met die instituut te versterk, te help met instandhoudingswerk van die geboue, terrein en biblioteek,

asook uitreike mee te maak saam met studente na die omliggende gemeenskappe. Totale tydperk: ± 2 weke. Geskatte onkoste: R10 000 per voertuig.

Belangstellendes kan vir Attie & Anél van der Walt kontak: 082 567 3643/012 653 4607 [email protected]