kommunikaatjie 16/3/2014

6
12 KONTAK BESONDERHEDE Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected] Ds Maarten van Helden: 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected] ALGEMENE INLIGTING KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Emeritaatsversorging DIENSBEURTE: Ouderling: Dawie Smith Diaken: Thysie Erasmus NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld. KOMMUNIKAATJIE en BYBELSKOOL ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE: Vandag: Les 07, Ps 91:1 Volgende week: Geen Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409 Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589 Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417 EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00 Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30 K OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Jaargang 39 Nr 09 16 Maart 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za K SONDAGAAND 18:00 Skriflesing: II Kor 1:15-22, Ef 1:1-14 Teksverse: Ef 1:14 en II Kor 1:22 Sing: Sb 1-1:1:1,7 Sb 12-2:1,4 Sb 17-3:1,2 Ps 116:7,10 Sb 8-1:1,2 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Charl van den Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden Liturgiese Riglyne—NAGMAAL SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing: Mark 15:16-32; Deut 21:22-23 Teksverse : Mark 15:21; Mat 10:38; Mat 11:28-30; Gal 3:13; Gal 6:14 Sing: Lied 184:1,2,3,4 Sb 12-3:1 Sb 9-3:1 Sb 9-3:2 Sb 5-5:1,2 Sb 17-3:1,2 Ps 145-1:1,2 ... Ps 68-1:9 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Andre Beumer Prediker: Gerrit Kruger G r o e i n a C h r i s t u s Geloofsekerheid Die woordjie waarborg of pand is in die Grieks: araboon’. Ons sekuriteit vind ons dus in die Heilige Gees wat in ons woon en wat ons deur die geloof aan Christus verbind, deur Wie ons ware kinders van God geword het. Die Heilige Gees is aan ons gegee om by ons te bly (HK So 20) en ons te troos deur ons heeltyd aan die heerlike werk van Christus te herinner. Die vraag bly dus: Hoe kan ek weet dat ek die Heilige Gees ontvang het? Dan sal ons geloofsekerheid mos bly groei en toeneem. Christus het die kruis van ons sondes, op pad na Golgota gedra! Het jy geweet dat Jesus Christus jou kruis gedra het? Het jy geweet dat Simon van Sirene jou kruis gedra het? Ja, jou kruis, ons kruis, want ek en jy sondig, ek en jy moes gekruisig word. Ek en jy was vervloek vanweë ons sondes. Ons moes op Golgota aan die kruis gehang het, want ons het gesondig en sondig nog elke dag. Christus het egter in ons plek die kruis gedra en is gekruisig sodat ons die ewige lewe kan hê. Daarom is Nagmaalsviering ‘n herinnering van Jesus Christus se soen- verdienste. Die Nagmaal is daarom vir elke ware gelowige ‘n baie ernstige saak. Nagmaal mag nie maar net ligtelik opge- neem word as net nog ‘n godsdienstige handeling nie, maar moet met groot erns en verootmoediging gebruik word.

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 24-Mar-2016

292 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Nuusbrief GK Centurion

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 16/3/2014

12

KONTAK BESONDERHEDE

Kantoorure: Ma.-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]

Ds Maarten van Helden: 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger: 012 664 1847/ 082 964 5595

Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected]

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES

Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Emeritaatsversorging

DIENSBEURTE: Ouderling: Dawie Smith

Diaken: Thysie Erasmus

NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE en BYBELSKOOL ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516

KATKISASIE: Vandag: Les 07, Ps 91:1

Volgende week: Geen

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

EREDIENSTYE

Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

K

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 39 Nr 09 16 Maart 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

K

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: II Kor 1:15-22, Ef 1:1-14 Teksverse: Ef 1:14 en II Kor 1:22 Sing: Sb 1-1:1:1,7 Sb 12-2:1,4 Sb 17-3:1,2 Ps 116:7,10 Sb 8-1:1,2 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Johan Hoogenboezem Klank: Charl van den Bergh Prediker: Ds Maarten van Helden

Liturgiese Riglyne—NAGMAAL

SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Mark 15:16-32; Deut 21:22-23 Teksverse : Mark 15:21; Mat 10:38; Mat 11:28-30; Gal 3:13; Gal 6:14 Sing: Lied 184:1,2,3,4 Sb 12-3:1 Sb 9-3:1 Sb 9-3:2 Sb 5-5:1,2 Sb 17-3:1,2 Ps 145-1:1,2 ... Ps 68-1:9 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Susan Hoogenboezem Klank: Andre Beumer Prediker: Gerrit Kruger

G r o e i n a C h r i s t u s

Geloofsekerheid

Die woordjie waarborg of pand is in die Grieks: ‘araboon’. Ons sekuriteit vind ons dus in die Heilige Gees wat in ons woon en wat ons deur die geloof aan Christus verbind, deur Wie ons ware kinders van God

geword het.

Die Heilige Gees is aan ons gegee om by ons te bly (HK So 20) en ons te troos deur ons heeltyd aan die

heerlike werk van Christus te herinner.

Die vraag bly dus: Hoe kan ek weet dat ek die Heilige Gees ontvang het? Dan sal ons geloofsekerheid mos

bly groei en toeneem.

Christus het die kruis van ons sondes, op pad na Golgota gedra!

Het jy geweet dat Jesus Christus jou kruis gedra het? Het jy geweet dat Simon van Sirene jou kruis gedra het? Ja, jou kruis, ons kruis, want ek en jy sondig, ek en jy moes gekruisig word. Ek en jy was vervloek vanweë ons sondes. Ons moes op Golgota aan die kruis gehang het, want ons het gesondig en sondig nog elke dag. Christus het egter in ons plek die kruis gedra en is gekruisig sodat ons die ewige lewe kan hê. Daarom is Nagmaalsviering ‘n herinnering van Jesus Christus se soen-verdienste. Die Nagmaal is daarom vir elke ware gelowige ‘n baie ernstige saak. Nagmaal mag nie maar net ligtelik opge-neem word as net nog ‘n godsdienstige handeling nie, maar moet met groot erns en verootmoediging gebruik word.

Page 2: Kommunikaatjie 16/3/2014

2

Ons gee om vir Mekaar

“... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15

Annetjie Cilliers sterk aan na ʼn operasie te Unitas (B11—660-0952). Marie van der Walt is weer opgeneem in SA Hosp (C3—664 8284).

Bogenoemde siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra

en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter

Geluk Baie geluk aan:

Nico en Arina van der Westhuizen met die geboorte van Gisela op 3 Mrt.

Marthinus en Sylvia Krynauw met die geboorte van Leandri op 12 Mrt.

LIDMATE SE

KONTAKBESONDERHEDE

Indien u adres of kontakbesonderhede

verander het vanaf die vorige gemeente-

gids in 2012, word u versoek om die nuwe

inligting asseblief aan die kerkkantoor

deur te gee.

BEROEPENUUS

BEROEPE ONTVANG Ds JC van Dyk van Ventersdorp na Louis Trichardt.

BEROEPE AANVAAR

Ds CB Robinson van Rustenburg na Walvisbaai/Swakopmund/Hentiesbaai.

BEROEPE BEDANK Ds TJ van Vuuren van Heilbron na Rietvallei as medeleraar.

JAN DIE KOPERKAN

Ons koperkan loop leeg, bring asb al u kopergeld en gooi dit in die koperkan wat voor in die kerk staan. Die geld word gebruik om ‘n teologiese student tydens sy studies te ondersteun.

11

VERJAARSDAE

“U woord is die lamp wat my die weg wys ...” Ps 119:105

BELYDENDE LIDMATE

DOOPLIDMATE

Ek sal dit verwelkom indien enige lidmaat versoeke aan my rig tov Psalms/liedere vir voorafsang. Julle kan my skakel by 0122544737 / 0834784480 of selfs net sms. Ek hoor graag van julle.

Corlea (orrelis)

16 Mrt Karen du Toit C10 072 298 0852

Charne Prinsloo B04 653 0251

17 Mrt Zirk Pretorius C14 663 1751

Petro Rabe C09 082 497 9342

18 Mrt

Willie Lombaard B06 083 267 6314

Inge Pelser B05 654 7487

Carel Schutte C10 082 417 7579

19 Mrt

Casper Cassidy B13 082 413 0372

Magriet Erasmus B21 654 9108

Sumei van Antwerpen A08 662 2519

20 Mrt Martie Kruger B09 654 8210

Ida Reinecke B04 654 6523

21 Mrt Jaco Kloppers C15 083 376 9960

Loutjie Malherbe B05 072 822 9223

22 Mrt Marietjie Kniep B07 664-5246

16 Mrt Liza Pieters C07 663-4222

20 Mrt Zoe du Preez B06 083 577 6205

Stephan Venter C13 082 653 8353

Ondersteuning vir le Roux gesin in Botswana en Covenant College in Zambië

Gedurende April gaan Eddy & Amanda Niezen en Pieter & Corrie Zwemstra besoek bring aan die le Roux gesin in Botswana en aan Covenant College in Zambië. Dit is ons behoefte om vir beide besoekpunte ‘n paar items saam te neem wat vir hulle baie kan beteken. Ons doen ‘n beroep op die gemeente vir die volgen-de bydraes en donasies:

Breimasjiene vir Zambië: enige ou breimasjie-

ne bv. Empisal dubbel bed wat nog in goeie werkende toestand is.

Kleuterskoolbenodighede: speelgoed (binne

en buite speelgoed), legkaarte, plakkate, enige skryfbehoeftes (bv skêrtjies, gom, kryte, verf, inkleurboeke ens).

Donasies vir audio spelers vir die verspreiding

van Bybeltekste en stories in Khwedam (Boesmantaal)

Donasies vir Bybels wat aan hulle uitgedeel

gaan word. Hierdie besoek gaan vanuit TESSA trust waarvan Eddy en Pieter trustees is. TESSA is gestig as ‘n Christelike (gereformeerde), liefdadigheids- en welsyn Trust (nie-winsgewende organisasie) met die doel om die gemeenskap in Suider-Afrika te bedien, veral deur effektiewe en redelik maklik beskikbare ondersteuning aan persone wat gemoeid is met die opleiding van pastore, onderwy-sers en gesondheidswerkers. Daar word onder-steuning verleen aan Godfrey Mwale (voorheen van Mukhanyo) en Charles Zulu van Covenant College in Zambië. Verder is materiaal aangekoop vir Mukhanyo afstandsonderrig groepe in Suid-Afrika en Botswana. Items kan ingehandig word by die kerkkantoor voor 28 Maart 2014. Inbetalings vir bogenoemde kan in die kerk se bankrekening inbetaal word met verwy-sing ‘TESSA”.

Kontak: Eddy Niezen 083 455 2760 of

koördineerder van Botswana ondersteuningsgroep Jan van Wyk 083 380 9279

Page 3: Kommunikaatjie 16/3/2014

10

ADVERTENSIES BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.simplyflowers.co.za/ (663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel

voor in die Susterskas by die hoofingang plaas.

OPPI STOEP - Basdenlaan 190, Lyttelton Manor. Konferensiefasiliteite, B/b gastehuis, Funksieareas, Ooievaarstee, Troues, Werkswinkels, Kombuistee,

verjaarsdagpartytjie. Skakel Johan: 082 498 6314

NUTSMAN - Huisverbeter ings/Teëls / lood -gieterswerk/ deure/hekke/plafonne. Kwotasies. Hein

0726579274

PANNEKOEKE—Bestel smul-lekker pannekoeke @ R3 (ongevul) en R3.50 (kaneelsuiker). Mini-mum 12 pannekoeke. Magda Jv Vuuren

[email protected].

BETROUBARE BEDIENDE beskikbaar op Maandae. Is geletterd en Afrikaans magtig.

Margaret 073 866 4526.

JAGPAKKETTE BESKIKBAAR Herman

Prinsloo 083 408 6892

KRIMPVARKIES Jong Madagaskar Tenrec krimpvarkies te koop. 1 x mannetjie, 2 x wyfies. R1700 stuk. Ingerigte hokke beskikbaar @

R1000 Skakel Nicola 0824672854

TE KOOP Wii met Wii fit en “stepper” plus Skylanders (± 16 figure) en 16 ander speletjies, alles in werkende toestand. Koste R1500.

Louis 082 349 4353.

Nog net drie plekke op Israeltoer 2014 Indien u belangstel kan u so gou moontlik met Ds Maarten skakel vir besonderhede. Daar is nog plek vir een paartjie en ’n enkel manspersoon. Die toer vertrek 3 Julie 2014 vir

15 dae na Egipte, Israel en Jordanië.

BIBLOS Die Biblos Bybelverspreidingsprojek het ten doel om sover moontlik te sorg dat die mense met wie ons daagliks in kontak kom ‘n Bybel het. Daar is ‘n be-sondere behoefte in hierdie verband. Deur hierdie projek is ongeveer 1 200 Bybels in 13 tale in 2013 deur ons gemeente versprei. Indien u belangstel om aan die Biblosprojek deel te neem, kontak Esmé (083 381 6428) of Marlou van den Berg (082 412 4313) of die kerkkantoor vir meer inligting.

Soli Deo Gloria! Inbetalings vir Bybelverspreiding en Biblos:

Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: Bybelverspreiding: “Bybels” of “Bybelverspreiding”

Biblos: “Biblos”

HEFSIBA UITREIK `n Uitreik na Hefsiba word beplan tydens die Junie/Julie vakansie. Die doel van die uitreik is om gemeentebande met die instituut te versterk, te help met instandhoudingswerk van die geboue, terrein en biblioteek, asook uitreike mee te maak saam met studente na die omliggende gemeen-skappe.

Totale tydperk: ± 2 weke. Geskatte onkoste: R10 000 per voertuig.

Belangstellendes kan vir Attie & Anél van der Walt kontak: 082 567 3643/012 653 4607

[email protected]

Sondagaand 16 Maart

Gedink jy is te oud??!Bring jou gunsteling chippies, koeldrank of

lekkergoed en kom deel dit!

3

“HY LY MY IN PAJE FAN GERETIGHYD”

Uit

“In die begin was die Woord—G.S. Wegener”

Die jaar 1872 staan bekend in die geskiedenis as die begin van die Eerste Afrikaanse Taalbe-weging. ʼn Brief uit die pen van dr. Arnoldus Pannevis aan die pers bepleit die oorsetting van die Bybel in Afrikaans, die spreektaal van die volk van Suid-Afrikaans, die spreektaal van die volk van Suid-Afrika. As motief word voorgehou die behoefte om die Bybel vir die volk verstaanbaar-der en vir die leser makliker te maak deur te skryf soos jy praat. In teenstelling met die Tweede Afrikaanse Taalbeweging het die eerste dus by die vertaling van die Bybel begin en later ʼn breër veld gedek. In 1875 word dan die Genootskap van Regte Afrikaners gestig om die stryd vir Afrikaans op elke gebied van die lewe aan te knoop, sodat die volk sy eie taal kan leer respekteer. Verskeie publikasies, waarvan die vernaamste Di Patriot was, sien die lig. Voorlopig bly die Bybelvertaling nog op die agtergrond omdat die tyd daarvoor nog nie ry geag word nie. Maar in 1884 word dit aan ds. S.J. Du Toit, nadat hy as Superintendent van Onderwys in Transvaal bedank het, opgedra om ernstig met die Bybelvertaling te begin. Verskeie Bybelboeke word ge-publiseer, o.m. Genesis, Matteus, Psalms en Handelinge. Die ontvangs was met een woord sleg. Daar is gekla dat die “afskuwelike taal” van Di Patriot nou in die Bybel gebruik word, en die sinode van die Vrystaatse Ned. Geref. Kerk het selfs geweier om ʼn beskrywingspunt oor die Bybel in Afrikaans te behandel. Die vraag is al dikwels gestel waarom die ontvangs so ongunstig was. Gewoonlik word daarop geantwoord: omdat die vertaling te plat was. In vergelyking met die uiteindelike vertaling van 1933 was dit egter glad nie plat nie, en sommige opsigte selfs nader aan die Statevertaling. ʼn Eenvoudige verklaring is die radikale verandering van spelling in ooreenstemming met die leuse; skryf soos jy praat. Met ander woorde, ʼn fonetiese spelling is gebruik, wat vir die lesers so vreemd was dat hulle daarteen in opstand gekom het. ʼn Enkele voorbeeld sal genoeg wees om te illustreer hoe maklik die oog aanstoot neem. Die vertaling van Psalm 23 deur ds. S.J. Du Toit lui gedeeltelik soos volg: “Johowa is myn Herder; my ontbreek niks ni. Hy laat my lê in ʼn wy fan jeugdige gras; Hy ly my sutjies langs waters om rus; Hy fersterk my siil; Hy ly my in paje fan geregtighyd om Syns naams wil.” Daar is niks in hierdie vertaling wat as plat beskou kan word nie. In die uitdrukking “om Syns naams wil” is dit selfs meer behoudend as die 1933-vertaling. ʼn Meer konserwatiewe spelling sou stellig nie soveel teenstand uitgelok het nie. Trouens, die vertaling van ds. Du Toit het in sommi-ge opsigte woorde en uitdrukkings behou wat in die latere vertaling verwerp is, soos “Hem” in plaas van “Hom”, “Soon van God” en “Soon des mensen”. Dit lyk dus billik om die gevolgtrekking te maak dat die vertaling uit die Eerste Afrikaanse Taalbeweging nie soseer teenstand ondervind het weens platheid van taal as vreemdheid van skryfwyse nie. Daarby kom nog die feit dat die vertaling in die begin van die taalbeweging geskied het en nie later nie—die Bybel is juis die ter-rein waarop die sterkste reaksie teen enige nuwe ontwikkeling verwag kan word. En dit is ook die rede waarom die Bybelvertaling uit die Tweede Afrikaanse Taalbeweging aan die begin van die twintigste eeu minder teenstand gekry het—dit was die laaste stap in ʼn ontwik-kelingsgang wat aan Afrikaans sy regmatige plek op elke terrein van die lewe gegee het. Volgende week: Die eerste Afrikaanse Kinderbybel

Page 4: Kommunikaatjie 16/3/2014

4

TEESKINKBEURTE

Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opgeplak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 16 Maart A13 Mossie Buys B5 Hester van der Merwe

B6 Doreen Reynecke / Liseje Kuperus

23 Maart B8 Comine Venter B9 Rika Pretorius

B10 Tersia Anderson

30 Maart B11 Qwendy Gourly B12 Jeanette vd Bijl / Susan van Dyk B13 Bets Roos

B14 Cora Badenhorst

KOSBEDIENING

Maartmaand is ons eerste insamelingstyd-perk vir die kosbediening by aftree-oorde. Die volgende word benodig: leë 500g-Margarienbakkies, rys en macaroni, bevrore gemengde groente en geldelike bydrae vir die aankoop van vleis. Die bakkies en droë bestanddele kan elke Sondag in Maartmaand op die tafels by die Sustershoek neergesit word. Daar sal 'n houer wees waarin die finansiële skenkings geplaas kan word. Die bevrore groente kan in die vrieskas, wat in die stoorkamer langs die kombuis is, geplaas word.

Baie dankie vir al u hulp!

In die gees van Gee, Gee ons graag vir julle 'n bietjie meer inligting oor die omGee beweging waarvan jy deel kan wees tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Hier is 'n geleentheid om tasbaar en opreg, sonder enige voorwaardes, om te Gee vir mense. Tydens KKNK 2013 gaan ons vanaf 29 Maart -6 April 2014 die geleentheid aangryp om die liefde van ons Here Jesus Christus te doen. Daar is geen fondsinsameling, uitdeel van traktaatjies en uitgerekte opleiding nie. Hier gaan geGee word: liefde, iets te drinke, iets te ete, jouself! Die Bybel leer mos dat dit beter is om te Gee as om te kry: ons gaan kyk of dit waar is.

G-Kafee Wie: Jongmense en Studente: Kom GEE saam tydens KKNK Volwassenes: Kom GEE saam of maak die GEE moontlik deur skenkings. Wanneer: 29 Maart -6 April 2014 Waar: Langenhoven Gimnasium, Jan Van Riebeeck Straat, Oudshoorn, 6620 Kostes: R300 p/p Hoe: Registreer op projekte.kruispad.net G-kafee-registrasie

G-kafee by KKNK 2014 Volledige artikel op die kennisgewingbord!

Ons doen veral ’n beroep op lidmate: Help jongmense om te kan kom (vervoer, borge); stuur 'n dona-sie; stuur groot asseblief kitskoffie (Ricoffy) en/of pakke beskuit en plaas in kartondoos agter in saal.

Ondersteun die jongmense wanneer hulle die beweging in julle omgewing wil voortsit.

9

Die proefuitgawe van die Afrikaanse Bybel: “”n Direkte Vertaling Op 12 Maart 2014 word die eerste proefuitgawe van die jongste Afrikaanse Bybelvertaling wat die kerke in samewerking met die Bybelgenootskap van Suid-Afrika doen, bekendgestel. Dit staan bekend as die Nuwe Testament en Psalms: ’n Direkte Vertaling. Hierdie proefvertaling is die gevolg van ’n besluit wat die Afri-kaanse kerke op 22 en 23 April 2004 in ’n gesamentlike adviesvergadering by Bybelhuis in Kemptonpark geneem het dat so ’n vertaling aangepak behoort te word. Sedertdien is vertaalspanne en redaksionele kommissies aangewys wat nou, na 10 jaar se volgehoue inspanning, met dankbaarheid hierdie eerste produk op die tafel plaas. Die opdrag wat die vertalers ontvang het, verduidelik tot die groot mate hoe die Direkte Vertaling gelees moet word. Die opdrag is deur die kerke se advieskomitee soos volg geformuleer:

Skep ’n goed verstaanbare brontaalgerigte vertaling wat bedoel is vir voorlesing en gebruik in die erediens, vir kategese, Bybelstudie en privaatgebruik.

Hieruit is dit duidelik dat die beplande vertaling primêr op kerklike gebruik gerig is. Hierdie gerigtheid hou die volgende in:

Die vertaling is bedoel om vir voorlesing in die erediens bruikbaar te wees. Daarom word dit

aangebied as ’n vertaling wat goed op die oor van die hoorders val. Die taal is in moderne Afrikaans, maar terselfdertyd Afrikaans met ’n “waardige” aanslag (taal-kundiges praat van ’n “hoër register” van die taal). Dit beteken nie ’n hoogdrawende taal wat niemand praat nie. Ons moet egter onderskei tussen ’n blote gesels-Afrikaans en ’n Afrikaans wat mense in ’n meer “formele” situasie (soos die erediens) gebruik.

Die vertaling is bedoel om bruikbaar te wees vir Bybelstudie. Getrou aan die inligtings-era wil

Bybellesers deesdae self insae kry in hoe die teks in die oorspronklike taal gelyk het en wil self kan sien watter moontlikhede van betekenis die teks vir die leser gee. Waar die vertaling nie self hierby kan bykom nie, word ruim van voetnote en woordelyste gebruik gemaak.

Met die oog op kategese en privaatgebruik probeer die vertaling soveel as moontlik bewaar van die ou

Bybelse atmosfeer en manier van praat en doen. Mate en gewigte, militêre range en regeringstitels van daardie tyd is byvoorbeeld behou, met verduide­liking in voetnote waar nodig. Ook is probeer om die digterlike aanslag van die psalms en ander poëtiese dele sover as moontlik in die vertaling weer te gee. Met ander woorde: die vertaling is brontaalgerig.

Samevattend kan ’n mens vra: In watter opsig is die Direkte Vertaling anders as die vorige amptelike Afrikaanse vertalings? Ook die antwoord hierop is by die vergadering uitgespel: Dit is minder ontvanger­taalgerig as die 1983-vertaling, en meer brontaalgerig (soos die 1933/53-vertaling). Dit maak gebruik van nuwe kennis en insig in die ou tale wat intussen (sedert die vorige vertalings)

bygekom het. Dit probeer die letterkundige waarde van die Bybelteks beter as veral die 1983-vertaling weergee. Dit verskaf by die teks meer bykomende tersaaklike inligting as enige van die vorige vertalings. Die proefuitgawe wat nou verskyn, is natuurlik nie die finale produk nie. Daar is nog ’n groot deel van die Ou Testament waarvan die vertaling voltooi moet word. Verder is die doel van hierdie proefuitgawe dat die breër kerklike publiek geleentheid kry om kommentaar en aanbevelings wat tot verbetering van die vertaling mag bydra, aan die Bybelgenootskap deur te stuur. Sulke kommentaar kan gestuur word aan Marno Retief by die e-posadres [email protected].

Page 5: Kommunikaatjie 16/3/2014

8

Die Bybel: ‘n Direkte Vertaling (BDV) Geagte broers en susters Soos u seker bewus is, het die Bybelgenootskap van Suid Afrika (BSA) ‘n aantal jare gelede begin werk aan ‘n nuwe uitgawe van die Bybel in Afrikaans. Die GKSA het kort na die verskyning van die 1983-vertaling reeds versoeke gerig dat daar ‘n meer direkte vertaling van die Bybel gedoen word. Mettertyd het die versoeke hiervoor meer geword en het die BSA besluit om so ‘n vertaling in samewerking met kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik aan te pak. Die vertaalopdrag (“brief”) lui: “Skep ’n goed verstaanbare, bron-teksgeoriënteerde Afrikaanse vertaling van die Bybel wat geskik is vir voorlesing en gebruik in eredienste, asook vir kategese, Bybelstudie en persoonlike gebruik.” Daar word gevolglik gepoog om ‘n vertaling daar te stel wat getrou is aan die bronteks, en metafore, beeldspraak, poëtiese segswyse en die algemene Bybelse leefwêreld weergee en terselfdertyd reg doen aan Afrikaans as letterkundige taal. Die vertaling maak onder andere baie gebruik van voetnote om te verseker dat die vertaling goed verstaanbaar is. Daar word ook ‘n woordelys ingesluit in die uitgawe. Meer oor die vertalingstrategie kan op die webblad www.bybeldirektevertaling.co.za gelees word. Kerklike lesers het reeds kommentaar gegee op sekere gedeel-tes en dit kan kan besigtig word op die genoemde webtuiste. Gedeeltes van hierdie vertaling is nou tot by fase 2 afgehandel en word uitgegee in boekvorm (Nuwe Testa-ment en Psalms). Kerkrade het reeds onlangs ‘n inligtingskrywe in hierdie verband ontvang. Spesiale genommerde weergawes kan onder andere gekoop word. Die deputate bring graag die volgende sake onder die aandag van kerke:

Vertalings vir amptelike gebruik in die GKSA word deur die Sinode gekeur. Die BDV is ‘n proefvertaling en

is as sodanig nog nie deur die Sinode beoordeel nie, en geen aanbeveling is daaroor gemaak nie.

Omdat die GKSA ‘n aandeel het in die inisiëring van hierdie vertaling, wil ons graag deelneem aan die

evaluering en moontlike ingebruikstelling van die finale, volledige Bybel.

Daarom moedig die deputate lidmate van kerke in die verband van die GKSA aan om die proefuitgawe aan

te koop of voltooide boeke af te laai van die webtuiste af en aktief deel te neem aan die evaluering daar-van. Evaluering kan gedoen word deur individue asook groepe (bv Bybelstudiegroepe, groepe wat spontaan ontstaan om die vertaling te evalueeer, ens.).

Hoewel die vertaling nie amptelik gebruik kan word nie, kan Kerkrade wel moontlik ‘n wyse skep waarop

predikante dit kan gebruik deur daaruit aan te haal of na te verwys in Skriflesing (bv, ‘n teksvers vir ‘n spesifieke preek). Ons beklemtoon dat hierdie evaluering onder die toesig van die kerkraad van elke gemeente sorteer. Die kerkverband sal te gelegener tyd gesamentlik in sinode ‘n besluit neem oor die vertaling in geheel.

Kommentaar oor die vertalingsbeginsels en globale beoordeling van die vertaling (dit bedoel: sake waaraan

die Sinode moet aandag gee by die eventuele beoordeling van die BDV) moet aan die GKSA se verteen-woordiger by die Kerklike Advieskomitee vir die Bybel in Afrikaans (KABA) gestuur word: Prof GJC Jordaan,Teologiese Skool van die GKSA, Skool vir Bybelwetenskappe, Fakulteit Teologie, NWU

Tel: (018) 2991609 Faks: 086 248-0412 Sel: 082 739-1107 [email protected]

Voorstelle vir die verbetering of verandering van spesifieke tekste kan direk aan die vertalers gestuur word.

Daar is ‘n kontakvorm wat ingevul kan word op die genoemde webwerf. Die telefoonnomer is 021 – 9108777, of so na kan daar e-pos (in *.rtf format) gestuur word aan Marno Retief [email protected]

Dit het onder die aandag van die deputate gekom dat die vertaling (BDV) onder bepaalde kritiek deurloop

rondom gebruikte tekse, affiliasie van die BSA, vertaalmetode en ander sake. Die deputate is daarvan oortuig dat hierdie kritiek ongeregverdig is en daar word breedvoerig geantwoord daarop op bogenoemde webtuiste. Kerke en lidmate word vriendelik gevra om eers die antwoorde wat op die webtuiste gegee word na te gaan voordat daardie spesifieke kritiek gerig word aan die Bybelgenootskap of KABA.

Deputate Bybel

Dr Braam Krüger (Hanteer KABA sake op Deputate Bybel) Ds Daan Bakker (Voorsitter)

5

MUKHANYO AFSTANDSONDERRIG: NUWE LEERSIKLUS

Ons bring graag die nuwe leersiklus van die Mukhanyo afstandsonderrig onder u aandag. Mukhanyo is ‘n geakkrediteerde teologiese Kollege te KwaMhlanga wat ook hulle onderrig van die Bybel uitbrei deur af-standsonderrig in klein-groep formaat. Daar is reeds 32 sodanige groepe in Suid-Afrika, waarvan die Centu-rion groep een van die aktiefste is. Die eerste groep studente voltooi in Junie die eerste gedeelte van die Diploma in Teologie. Daar is reeds ’n behoefte om ’n tweede groep op die been te bring en ‘n nuwe leersiklus aan die gang te sit. Die eerste module is Geestelike Vorming, wat deur Dr Jack Whytock, aangebied word. Die eerste klas begin op 10 Mei 2014 by die Centurion Gereformeerde kerk en elke module duur ongeveer drie maande. Getroue klasbywoning (9 uur tot 12 uur elke Saterdag) en deelname aan die besprekings van die leermate-riaal onder leiding van ’n finale jaar teologie student, is noodsaaklik. Die koste per module is R200-00 wat die klasse en ’n studiegids insluit. Ope dag: 29 Maart om 10:00 – 12:00 (kom ontmoet die huidige studente asook die tutor) te

Centurion Gereformeerde Kerk, Basdenlaan, Centurion. Begindatum van die nuwe groep: 10 Mei 2014 Teikengroep: Enige persoon met ‘n matriekkwalifikasie, wat ‘n passie het om meer te wete te kom

van die Woord, is welkom. Hierdie studie kan lei tot ’n volwaardige diploma in Teolo-gie, maar enige persone wat hulleself wil verryk is ook welkom om die modules vir nie-diploma doeleindes te doen. Die huidige groep bestaan uit IT spesialiste, ’n tuinwer-ker/drywer en ’n polisiebeampte. Enige-iemand is welkom! Moedig vriende, kollegas en werkers aan om te kom deel in die vreugde van groei na Christus.

Kurrikulum: die eerste gedeelte van die kursus behels die volgende vakke:

Geestelike vorming Sistematiese Teologie I en II Ou Testament I en II Nuwe Testament I en II Afrika spiritualiteit en die Bybelse wêreldbeskouing Die Studie van die Kerk Keusevakke sluit in: „Farming God’s Way“; die onderrig van kinders, evangelisasie en nog vele meer.

Besoek Mukhanyo se webbladsy by: www.mukhanyo.org.za

of kontak die Mukhanyo afstandsonderrig koordineerder

Eddy Niezen 083 455 2760

of die Centurion koordineerder

Rika Pretorius 082 559 7705

Page 6: Kommunikaatjie 16/3/2014

6

ATTESSAKE SOOS 13 MAART

MET ATTESTAAT AANGEKOM Sarel & Vanessa van der Walt en 2 dooplidmate vanaf Rustenburg-Wes (C13) Tessa Meyer vanaf Randburg (B18) Annemarie van der Walt en 3 dooplidmate vanaf Nylstroom (B15) Hannes Jansen van Vuren vanaf Pta. Brooklyn (B8) Quintus en Dilien Keyter vanaf Wesrand Rita Kruger vanaf Laeveld (C10) Heleen Breed vanaf Strand (C5) Miemie Campbell vanaf Primrose (C4) Lourens Jansen van Vuuren vanaf Primrose (C4) MET ATTESTAAT VERTREK Lucas Visagie na Bellville Marten Schalekamp na Magalieskruin GEMEENSKAP VERBREEK Lotie en Annieka van Dyk Leander Prinsloo OPGENEEM: Daneel van Dyk

VAN DIE KERKRAADSTAFEL Ter Approbasie Diakens: Liana Erwee, Magriet Erasmus, Francois van Niekerk, Emile Fourie, Klaas Pretorius Onthef van die Roeping as: Diakens: Hannes van Staden, Hannelie Kriek, Hercules du Plessis, Johan Loock, Jaco van den Berg Eervolle ontslag is toegestaan aan: Ouderlinge: Albie Venter Diakens: Gawie Erasmus

Pa-en-seun-Jagnaweek 1-4 Mei 2014

Gee u naam op by Ds Gerrit Kruger

082 964 5595

7

16DE KONVENT VAN DIE KERKE VAN DIE REFORMASIE IN SUIDELIKE-AFRIKA

VERKLARING OOR DIE KOMENDE VERKIESING 6 Maart 2014 Athlone, Kaapstad Metropool Ons doen 'n beroep op alle inwoners van Suid-Afrika – en veral die lidmate van ons kerke – om aan die demokratiese proses in ons land deel te neem en die komende verkiesing ernstig op te neem. Elke Christen wat kan stem, moet stem. Ons doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle te weerhou van enige vorm van geweld; om hierdie geleentheid om te stem, te benut én om ander dieselfde geleentheid te gun ten einde hulle stemme te laat hoor. Dit is onvanpas vir 'n kerk om sy lede te versoek om vir 'n bepaalde politieke party te stem. In plaas daarvan moet die kerk die waardes van geregtigheid, deernis en integriteit verkondig en 'n beroep op sy lede doen om te stem volgens hierdie waardes. Ons versoek ons lidmate om die rol van 'n politieke party te sien vir wat dit behoort te wees: nie 'n organ-isasie om die hele burgerlike samelewing in 'n land te dikteer nie, maar 'n doeltreffende instrument vir effek-tiewe regering tot die voordeel van al die burgers van 'n land. Elke kieser moet stem, nie volgens ons natuurlike neigings ten gunste van ras of klas nie, maar vir die welsyn en geregtigheid van almal. Ons doen ‘n beroep op die verteenwoordigers van alle politieke partye om hulle te alle tye te weerhou van enige retoriek wat haat of vooroordeel tussen die burgers van die land kan aanblaas en om hulle by die waar-heid te hou. Hierdie waarheid sluit in dat hulle hulself sal weerhou van die maak van onrealistiese beloftes wat net sal lei tot frustrasie en aggressie tussen mense. Ons doen ook 'n beroep op die leiers van politieke partye om hulle te weerhou van enige aanspraak om die enigste Godgegewe instelling in Suid-Afrika te wees wat sal regeer tot die wederkoms. Ons roep alle owerhede en die betrokke partye op om toe te sien dat die verkiesing vry en regverdig en deursigtig sal wees. Ons bid dat die Almagtige God hierdie verkiesing sal gebruik om die vrede en die welsyn van al die burgers van Suid-Afrika te bevorder.

Ds Stephen Snyman (Calvyn Protestantse Kerk in Suid-Afrika) - Voorsitter Ds Etienne Fourie (Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika) - Algemene Sekretaris

Lede van die Conventus teenwoordig: Calvyn Protestantse Kerk van Suid-Afrika Die Rynse Kerk Evangelies Lutherse Kerk in Suider-Afrika Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika Nederduitse Gereformeerde Kerk Nederduitse Gereformeerde Kerk in Afrika Uniting Presbyterian Church in Southern Africa

Hierdie kerke verteenwoordig 1,5 miljoen lidmate in Suid-Afrika