kommunikaatjie 27/7/2014

4
8 EREDIENSTYE Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00 Engelse Diens: 11:00 Sothodiens: 12:30 ALGEMENE INLIGTING KOLLEKTES Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Emeritaatsversorging DIENSBEURTE: Ouderling: Willem van Tonder Diaken: Hannes Holtzhauzen NUWE INTREKKERS Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld. KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion/http://www.gkcenturion.co.za. EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516 KATKISASIE: Vandag: Les 15, Ps 147:1 Volgende week: Les 16, Ps 147:1 Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409 Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589 Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417 KONTAKBESONDERHEDE Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00 Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected] Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055 Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/ [email protected] Lidmate se kontakbesonderhede: Die kerkkantoor sukkel dikwels om lidmate te kontak omdat hul adresse en kontaknommers verander en die kantoor nie in kennis gestel word nie. Stuur asb ‘n e-pos aan die kerkkantoor as u inligting verander sodat ons inligting op datum kan bly. E-pos adres vir nuwe kontakbesonderhede: [email protected] K OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion Jaargang 39 Nr 25 27 Julie 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za K Liturgiese Riglyne G r o e i n a C h r i s t u s SONDAGAAND 18:00 Skriflesing: Johannes 6 Teksvers : Joh 6: 53 - 56 HK: Sondag 28 Sing: Ps 89:1,6 Sb 1-3:1,2,3 Sb 5-3:1,2,4,5 Sb 13-3 Orrelis: Christine van Helden Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Charl vd Bergh Prediker: Ds Paul vd Berg SONDAGOGGEND 9:00 Skriflesing: Maleagie 1:1-5 Teksvers : Maleagie 1:1 en 5 Sing: Ps 121-1:1 Lied 203:1,2 Ps 131-1:1,2,3 Lied 203:3 Ps 131-1:1-3 Ps 11-2:1,2,3,4 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Magriet Erasmus Klank: André Beumer Prediker: Ds Gerrit Kruger G r o e i n a C h r i s t u s My verbondenheid aan Christus word versterk deur my deelname aan die nagmaal Jesus Christus dui in Hoofstuk 6 aan dat Hy die Brood van die lewe is. Elkeen wat in Hom glo, het deel aan die kruis van Christus en aan al sy weldade. In hierdie Skrifgedeelte verklaar Jesus wat dit beteken om deel te hê aan sy liggaamlike dood (die betekenis van die brood) en sy bloed (die betekenis van die ware drank). Aan die hand van die Heidelbergse Kategismus Sondag 28 word daar stilge- staan by die volgende vrae: Hoe word ons in die nagmaal daarop gewys en verseker dat ons aan die offerhande van Christus aan die kruis en aan al sy weldade deel het? Wat beteken dit as die Woord van die Here sê dat ons die gekruisigde liggaam van Christus eet en sy bloed wat vergiet is drink? Waar het Christus beloof dat die gelowiges so seker met die liggaam en bloed van Christus gevoed en verkwik sal word as wat die gelowiges van die brood eet en van die wyn drink? Moet nooit twyfel en ophou getuig oor God se grootheid en liefde nie! Elke swaarkry in die lewe ... is ’n geleentheid ... om aan ander mense, aan die wêreld te wys, te demonstreer, ... wat die Here kan doen en doen vir die wat op Hom vertrou! Wat doen ons met swaarkry? Wat doen ek en jy met swaarkry? Kla ons? Verwyt ons ander mense? Verwyt ons dalk vir God? Die profeet Maleagi was geroep om ’n baie moeilike taak te verrrig. Hy moes die Israeliete wys op hulle sondige en verkeerde lewe, en hy moes die boodskap bring oor talle sake in Israel se lewe waar hulle God nie meer vereer en gedien en geprys het met wat hulle sê en doen nie. Ons gaan na drie sake kyk: 1 Israel hoor God het hulle lief. 2 Israel twyfel oor God se liefde. 3 Israel getuig oor God se liefde en grootheid.

Upload: geref-kerk-centurion

Post on 01-Apr-2016

244 views

Category:

Documents


4 download

DESCRIPTION

Nuusbrief GK Centurion

TRANSCRIPT

Page 1: Kommunikaatjie 27/7/2014

8

EREDIENSTYE

Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00

Engelse Diens: 11:00

Sothodiens: 12:30

ALGEMENE INLIGTING

KOLLEKTES

Tydens erediens: Barmhartigheid

By die deure: Emeritaatsversorging

DIENSBEURTE: Ouderling: Willem van Tonder

Diaken: Hannes Holtzhauzen

NUWE INTREKKERS

Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.

KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion/http://www.gkcenturion.co.za.

EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516

KATKISASIE: Vandag: Les 15, Ps 147:1 Volgende week: Les 16, Ps 147:1

Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409

Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589

Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417

KONTAKBESONDERHEDE

Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00

Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]

Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055

Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/

[email protected]

Lidmate se kontakbesonderhede: Die kerkkantoor sukkel dikwels om lidmate te kontak omdat hul adresse en kontaknommers verander en die kantoor nie in kennis gestel word nie. Stuur asb ‘n e-pos aan die kerkkantoor as u inligting verander sodat ons inligting op datum kan bly.

E-pos adres vir nuwe kontakbesonderhede: [email protected]

Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013

K

OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion

Jaargang 39 Nr 25 27 Julie 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za

K

Liturgiese Riglyne

G r o e i n a C h r i s t u s

SONDAGAAND 18:00

Skriflesing: Johannes 6 Teksvers : Joh 6: 53 - 56 HK: Sondag 28 Sing: Ps 89:1,6 Sb 1-3:1,2,3 Sb 5-3:1,2,4,5 Sb 13-3 Orrelis: Christine van Helden Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Charl vd Bergh Prediker: Ds Paul vd Berg

SONDAGOGGEND 9:00

Skriflesing: Maleagie 1:1-5 Teksvers : Maleagie 1:1 en 5

Sing: Ps 121-1:1 Lied 203:1,2 Ps 131-1:1,2,3 Lied 203:3 Ps 131-1:1-3 Ps 11-2:1,2,3,4 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Magriet Erasmus Klank: André Beumer Prediker: Ds Gerrit Kruger

G r o e i n a C h r i s t u s

My verbondenheid aan Christus word versterk deur my deelname aan die nagmaal

Jesus Christus dui in Hoofstuk 6 aan dat Hy die Brood van die lewe is. Elkeen wat in Hom glo, het deel aan die kruis van Christus en aan al sy weldade. In hierdie Skrifgedeelte verklaar Jesus wat dit beteken om deel te hê aan sy liggaamlike dood (die betekenis van die brood) en sy bloed (die betekenis van die ware drank). Aan die hand van die Heidelbergse Kategismus Sondag 28 word daar stilge-staan by die volgende vrae:

Hoe word ons in die nagmaal daarop gewys en verseker dat ons aan die

offerhande van Christus aan die kruis en aan al sy weldade deel het?

Wat beteken dit as die Woord van die Here sê dat ons die gekruisigde

liggaam van Christus eet en sy bloed wat vergiet is drink?

Waar het Christus beloof dat die gelowiges so seker met die liggaam en

bloed van Christus gevoed en verkwik sal word as wat die gelowiges van die brood eet en van die wyn drink?

Moet nooit twyfel en ophou getuig oor God se grootheid en liefde nie!

Elke swaarkry in die lewe ... is ’n geleentheid ... om aan ander mense, aan die wêreld te wys, te demonstreer, ... wat die Here kan doen en doen vir die wat op Hom vertrou! Wat doen ons met swaarkry? Wat doen ek en jy met swaarkry? Kla ons? Verwyt ons ander mense? Verwyt ons dalk vir God? Die profeet Maleagi was geroep om ’n baie moeilike taak te verrrig. Hy moes die Israeliete wys op hulle sondige en verkeerde lewe, en hy moes die boodskap bring oor talle sake in Israel se lewe waar hulle God nie meer vereer en gedien en geprys het met wat hulle sê en doen nie.

Ons gaan na drie sake kyk: 1 Israel hoor God het hulle lief. 2 Israel twyfel oor God se liefde. 3 Israel getuig oor God se liefde en grootheid.

Page 2: Kommunikaatjie 27/7/2014

2

Ons gee om vir Mekaar “... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15

Die siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle gesondheid vinnig sal verbeter:

Martie Kruger is oorgeplaas na ʼn versorings-eenheid in Hennopspark. (B9—654 8210). Marietjie Smit sterk aan in Unitas Hospitaal (C1—664 4854). Mattie Reyneke sterk tuis aan na ʼn besoek aan die hospitaal (A6—664 6935).

Marie Snyman sterk tuis aan na ʼn operasie (C1—664 1892).

Elsa Briel sterk aan na ʼn rugoperasie in Unitas Hospitaal (B7—644 1546).

Meelewing Madeleine van den Berg en familie, Madeleine se Ma en Oom is die afgelope vakansie oorlede

(B17—084 500 6867).

Frikkie en Corlea van Biljon en familie met die afsterwe van 'n susters-kind (C14—072 995 4488).

Ons bid almal die vertroosting van God ons hemelse Vader toe.

Geluk Pierre en Leandré Struwig het 'n babaseun ryker geword op Donderdag 15 Julie 2014.

Danie en Ané van der Walt het 'n baba-dogtertjie, Christi, ryker geword.

Jeugkommissie se verantwoordelikhede Die Jeugkommissie se verantwoordelikheid is om die jeug te bedien met die liefde van God en om vir hulle ’n geleentheid te gee om saam Bybelstudie te hou, te kan speel en ontspan as jong broeders en susters van een

groot geestelike familie.

Daar is ongeveer 309 kinders vanaf peuters tot en met matrieks. Verder is daar ongeveer 280 studente en jong werkendes in die gemeente. Bedieningsgewys deel ons die jeug in drie groepe, eerstens die Gerefor-meerde Kinderaksie (GKA) wat bestaan uit die kleintjies tot en met graad 6. Die Gereformeerde Tieneraksie

(GTA) is graad 7 tot graad 12 kinders. Daarna is dit die Studente en jong werkende lidmate.

Die GKA reël ongeveer vier tot ses geleenthede vir die kinders per jaar, een aksie per kwartaal. Hulle het Tentjie-aande by die kerk, Speletjiesaande, Oorslaapaande by die Museum, Oorslaapaande by die dieretuin,

“Ten-pin-bowling” aande ens.

Die GTA kom elke Sondagaand bymekaar vir Bybelstudie of bespreking van etiese vraagstukke en om te ontspan en met mekaar te kuier. Daar is ook baie aksies wat hulle deur die jaar hou soos, die jaarlikse afskop by Glyklip, Fliekaande, DVD aande, Braai en kuier-aande. Daar is jaarliks die staptoer wat ’n hoogtepunt is, daar is ’n seilnaweek by Boskopdam buite Potchefstroom. Verder is daar die jaarlikse “Willem-se-kamp”, Pa-

Seun-Jagnaweek en Pa-dogter-Bakoggend en nog talle ander aksies.

By die naskoolse jeug het ons ten minste vier kleingroepe wat uit die jeug bestaan wat weekliks bymekaar-

kom. Verder het hulle ook verskeie ontspannings-aksies, soos kampe, daguitstappies ens.

Jeugbediening is ’n baie belangrike bedieningsveld van enige gemeente omdat ons die opdrag uit Deut 4:6-7

het om die jeug te bedien met God se Woord.

Deut 6:4-7

“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as

jy opstaan.”

7

REFORMASIE-KONFERENSIE

HEIDELBERGSE KATEGISMUS – 450 JAAR Soos wat u waarskynlik weet, was daar verlede jaar ’n spesiale gesprek oor die Heidelbergse Kategismus wat plaasgevind het in Pretoria en by ’n later geleentheid in Kaapstad. Deelnemers vanaf sover as die Noord-kaap, Vrystaat en die Noordelike Provinsie het met groot belangstelling daaraan deelgeneem – in totaal so-wat 500 persone. Ons is baie dankbaar teenoor ons hemelse Vader vir sy seën wat deur heelwat terugvoe-

ring bevestig is.

Vanjaar beplan ons ’n opvolggesprek, wat DV op 31 Julie in Pretoria (GK Die Kandelaar) aangebied word.

Die program daarvoor is kortliks die volgende:

Tema: Die Belydenis en die Onderwys (Gespreksleier: Dr. GJ Meijer)

Historiese inleiding (Inleier: dr. VE d’Assonville)

HK Sondag 38 en die onderwys (Inleier: Ds. HH van Alten)

Die derde vraag van die Doopsformulier, KO artikel 21 en die onderwys (Inleier: Dr. JH Howell;

Respondent: ds. RA Bain)

Die onderwyser as belydende gelowige (Inleier: Ds. JG Noëth)

Broedergroete

Dr VE d’Assonville

ELJADA HUIS MSW

MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK

NOODROEP VANUIT DIE ELJADA HUIS!!!!

Swaarkry is nie mooi om te sien nie en honger erger. Die nood is baie groot – veral onder die blankes – en raak al erger. Eljada Huis se bydrae in die omgewing maak beslis ʼn verskil in verskeie mense se lewens en dit is vir ons ʼn voorreg om hier te kan wees. Sonder elkeen van julle is dit egter nie moontlik nie. Aldus ons versoek aan meer komberse, warm klere, skoene, handdoeke en lakens – veral vir kinders van alle ouderdomme. Hiermee saam ook ʼn lysie van dringende kombuisbehoeftes soos suiker, soja, makaroni, koffie, tee (gewoon en rooibos), boksmelk, blikkiesvleis en vis, kitsmieliemeel (veral vir diegene wat nie krag het nie), sout, rys, hawermoutpap, margarien, grondboontjiebotter, stroop, Bovril, soppoeier, koekmeel, anchor gis, kookolie, eiers, vleis/groente-ekstrak blokkies, kerriepoeier en geurmiddels. Baie dankie by voor-baat. Ons badkamer behoeftes is ook groot nl: badseep, waspoeier, tandepasta, sjampoe, lyfpoeier, lyfroom, bietjie luukshede soos aanrol en spuitgoed. Ons mense sukkel ook veral nou met die krag wat so hoog is en ongebruikte gasbottels en plate sal welkom wees. Elektriese panne, mikrogolfoonde, 2 plaat stofies, potte en panne sal vir die swaarkry help. Maak gerus die garage en kaste skoon en bring alles wat jul nie meer wil of kan gebruik nie. Ons sal uitsoek en heelmaak waar ons kan. Van my mense het ook nie yskaste nie. Ou TV’s en veral radios is ook welkom. Ons kontantvloei raak ook weer kritiek.

Bankbesonderhede

Eljada Huis, Standard Bank, Montana, Marketlink spaar, 044396058,

Bankkode 051001

Page 3: Kommunikaatjie 27/7/2014

6

BIBLOS Neem deel aan die Biblosprojek en help om mense te identifiseer wat nie ʼn Bybel besit nie, maar graag een sou wil hê! U kan die projek ook finansieel ondersteun om ons in staat te stel om Bybels aan te koop. Vir verdere navrae kan u enige van die volgende persone kontak:

Marlou van den Berg: 082 412 4313 Esmé van den Berg: 083 381 6428

Elsie Swanepoel: 083 787 8902 Annesta Wannenburg: 083 751 2602 Finansiële Ondersteuning vir die

Bybelgenootskap en Biblosprojekte: Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: “Bybelgenootskap” of “Biblos” na gelang van die projek wat u wil ondersteun

Bybels te koop Bybels in al die amptelike landstale is by die

kerkkantoor te koop teen kosprys.

Gereformeerde Kinder Aksie

Oorslaap in die Dieretuin Vrydagaand, 22 Augustus 2014

Nasionale Dieretuin, Pretoria Boomstraat 232, Pretoria

Ons ontmoet mekaar om 17:00 in die parkeerterrein van die Dieretuin waarna ons na die kampterrein geneem word. Die nagtoer begin om 18:30 en eindig om 20:30 waarna ons lekker saam braai. Brood-jies en wors word voorsien. Die uitstappie eindig om 7 uur die Saterdagoggend wanneer alle tente opgeslaan moet wees, almal het egter nog toegang tot die dieretuin vir die hele dag. Kostes: R150 per ouer en R50 per kind Wat jy moet bring - jou eie tent en slaapgoed, stoele, eetgerei, versnaperinge asook ontbyt vir die Saterdagoggend.

Betaal die gelde direk in die kerk se bankrekening en stuur die bewys vir Madelein van Zyl 0832724884/ [email protected] Verwysing: Dieretuin en jou naam

Vriendin, jy word uitgenooi om DV Saterdag 9 Augustus 9:30 – 12:00 in die saal te kuier: Kom reis saam met…

‘n stemkunstenaar

ons eie joernalis-skrywer

jou eie medegelowige vriendin

Kom beleef hoe ‘woorde’ ons lewe inkleur wanneer dit…

Jou werk word

Jou naby jou naaste bring

Jou in God se teenwoordigheid stel

En kom ervaar hoe…

Woorde Wat Woeker Wonders Werk!

Kom besoek ons by die sustershoek om te

kom deel in die reis.

3

Die Blye Boodskap van 1975 Uit

“In die begin was die Woord—G.S. Wegener”

Oor die jare was daar, soos mens kon verwag by so ‘n groot projek, ‘n mate van wisseling van personeel. Prof E.S. Mulder het te sterwe gekom en is opgevolg deur prof. J.P. Oberholzer. Teen 1974 het prof. S. du Toit uitgetree, en sy plek is ingeneem deur prof. J.L. Helberg. Verder is die medewerking vir die Nuwe Testament verkry van proff. F.J. Botha, G.M.M. Pelser en dr. J. Postma, en vir die Ou Testament prof. W.C.

van Wyk.

Op voorstel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is vier taaladviseurs benoem, naam-lik proff. W. Kempen, W.E.G. Louw, G.S. Nienaber en Hertzog Venter. Weldra het dit nodig geword om uit die Vertalingskommissie ‘n kleiner eindredaksie te benoem, naamlik prof. E.P. Groenewald (voorsitter), prof.

P.J. Oberholzer, T.J. van der Walt, W. Kempen en A.H. van Zyl (sekretaris).

Wat die vertaalmetode betref, is besluit om die dinamies-ekwivalente metode met diskresie toe te pas. Veral moes gewaak word teen hierdie metode se neiging om oor te slaan tot parafrase. Hoofsaak was om die Woord in duidelike, verstaanbare en waardige Afrikaans aan te bied. Origens is aan die vertalers

Vryheid gelaat om na die beste van hul vermoë die gestelde oogmerk na te streef.

Wat die werkmetode betref, is besluit om in twee groepe te verdeel, een vir die Ou Testament en een vir die Nuwe Testament, en om by elke groep twee taaladviseurs te voeg. Dit was ‘n verstandige besluit om die taaladviseurs reeds van die vroegste stadium af by die werk te betrek, want lastige taalprobleme kon vroeg-tydig uitgeskakel word, en bowendien was die taalkundiges se bydraes tot die bespreking ‘n leerskool vir

die vertalers.

Werkstukke is uitgedeel. Aan elke vertaler, en ook aan ‘n aantal vakkundiges buite die kommissie, is ‘n Bybelboek toegewys vir die voorbereiding van ‘n konsepvertaling. Hierdie konsep is in behandeling geneem, met die opsteller daarvan teenwoordig. ‘n Nuwe kopie is voorberei en rondgestuur vir kommen-taar wat dan deur die betrokke groep vertalers bygewerk is. Daarna is ‘n verdure kopie gereed gemaak en weer eens rondgestuur. Dié proses is dan nogeens herhaal, telkens op ‘n ander kleur afrolpapier: groen, pienk, geel, blou, en – uiteindelik – die finale kopie op wit. In een van dié stadiums is die kopie uitgestuur aan ongeveer vyftig kerklike en ander instansies vir hulle kritiek of kommentaar. In die reël was daar weinig

terugvoering, maar hierdie lang en tydrowende proses is volgehou ter wille van die deeglikheid.

Vroeg in die proses moes besluite geneem word oor sekere basiese vraagstukke waarvan ons net ‘n paar noem: die weergawe van mate en gewigte, die skryfwyse van persoons- en plekname, ook die verbonds-

naam van God, die aanspreekwyse vir Jesus, die dagindeling.

Moes die Hebreeuse en Griekse terme vir mate en gewigte behou word, hoewel die leser geen begrip sou hê van wat hulle beteken nie? Ná oorweging van verskillende moontlikhede is besluit om dié terme volgens die metrieke stelsel weer te gee, selfs al sou dit vreemd voorkom. Die vertalers het besef dat daarmee iets van die koloriet van die Bybelteks verlore gaan, maar dat die leser begrip moet hê van wat hy lees, is van groter belang geag. Geldwaardes is egter nie omgereken in rand en sent nie, weens die wisselvallige waar-de van ons hedendaagse geld. Daarom is liefs gereken in terme van daglone of gepraat van muntstukke

(vgl. Joh. 6:7 en 12:5).

Volgende keer : Die Blye Boodskap van 1975 (vervolg)

Page 4: Kommunikaatjie 27/7/2014

4

Advertensies BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. http://www.simplyflowers.co.za/ (663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel voor in

die Susterskas by die hoofingang plaas.

Reesink Houtwerke vervaardig nuwe kombuise en kaste van melamien, acryl, veneer en soliede hout. Ook verbeterings, herstelwerk en opgradering en ander

kabinet/houtwerk. Jan 0794554580.

“Moeg vir jou ou kombuis? en GAS INSTALLASIES” Ons is gekwalifiseerde binnehuisontwerpers sowel GAS installeerders; spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise sowel as restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner van der Walt: 0823086238/[email protected]/Meryke Deetlefs: 0844445443

[email protected]

Rusoord—beddens in die verswakte- en altzheimer

afdeling beskikbaar, matrone Colkett 012664 5835.

Gesoek—persoon om 1 oggend 'n week te help met kantoor pligte: liassering, 'n paar oproepe en rekenaar werk. Goeie kommunikasie vermoë 'n vereiste Moet bereid wees om 'n nuwe rekenaarprogram aan te leer. Later sal dit nodig wees om 2 oggende 'n week in te kom. Stuur navrae na [email protected] of

Petra 0829277324.

Centurion Cantus nooi u vir ‘n aand van Sop en Sjerrie saam met musiek wat die hart warm maak. 2 Aug 2014 om18:30 te Gereformeerde Kerk Lyttelton R50 p.p. h/v

Stasie en Monument laan Kontak Herma 072 248 2730

BEROEPENUUS

BEROEPE ONTVANG

· Ds C de Beer van Boksburg-Suid na Pretoria-

Brooklyn as medeleraar.

· Ds JJ de Bruyn van Harrismith na Phalaborwa.

· Ds PC van Rooy van Elandskraal na Dendron/

Magalakwin-kombinasie.

· Dr VE d’Assonville van Marble Hall na Dendron/Magalakwin-kombinasie.

· Ds MJ Nkili van Ikageng na Khutsong.

BEROEPE AANVAAR

· Ds CJ Nagel (jr) van Nylstroom na Louis Trichardt. · Ds MJ Nkili van Ikageng na Khutsong.

BEROEPE BEDANK

· Ds PC van Rooy van Elandskraal na Dendon/

Magalakwin-kombinasie.

Pa en Dogter Bakoggend

Indien jy ingeskryf het vir die bakoggend op Saterdag, 2 Augustus 2014 onthou asb. die volgende: Hoe laat? 8:30 vir 9:00 tot 12:00 Plek: Centurion Akademie Banklaan 1023, Centurion 1ste vloer – Kombuis (agter Mc Donalds)

Onthou jou voorskoot!

Senior Aksie Na die koue winter kom ons weer

Maandag, 4 Augustus 2014

om 10:00

in die saal bymekaar om bingo te speel. (Moontlik

ander verassings ook.)

Soos gewoonlik is daar weer geleentheid om by te dra vir Eljadahuis. Hierdie bydrae van ons voorsien die maandelikse kos aan ’n bejaarde egpaar, wat

Ansie gereëld aankoop en neem.

Natuurlik gaan ons verder heerlik kuier oor

verversings

16 en 17 Augustus 2014 – GK Warmbad Die Gereformeerde Kerk Warmbad vier hierdie jaar sy 60ste bestaansjaar. Christo 014 736 3119 22-24 Aug2014 – GK Swartruggens 100 jaar oud. 014 544 0003.

23 en 24 Augustus 2014 - KOEDOESRAND 75 JAAR . Ds Lourens Aucamp, 082 770 0387

5

TEESKINKBEURTE Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opge-plak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 27 Julie B15 Marieke Zeevaart B16 Ida vd Walt B17 Carina Koch

B18 Adèle Erasmus

3 Augustus B19 Annesta Wannenburg B20 Hannelie Grobler B21 Sonta van der Dussen B22 Ronel Swanepoel 10 Augustus C1 Gerrie Vorster / Louisa vd Walt C2 Anna Smith / Christa Trichardt

C3 Anel vd Walt / Elmarie vd Walt

VERJAARSDAE

“ Dien die Here met blydskap ...” Ps 100:2

BELYDENDE LIDMATE

DOOPLIDMATE

27-Jul Thys Reynecke C12 664 7758

28-Jul Frances Dreyer B09 654-5568

Bennie Herholdt C14 665 0630

Willie Kruger A13 079 521 4861

Gerrie Smit C03 082 316 5968

29-Jul Luit Bakker B18 653 8012

Dina vd Berg B01 083 305 1305

Chantel Visser C05 664 8004

30-Jul Deon Deetlefs A05 084 524 1404

David Dijkstra C11 651 3903

Neels Engelbrecht B08 083 761 3757

Mariaan Prinsloo B04 653 0251

Ina Wiegand A11 664 2426

01-Aug Jana de Jager B13 081 209 2126

Chris du Plooy A09 662-2004

George Erasmus C06 084 440 1299

Andries Roos B09 654-1928

Oranje van Rooyen C11 651 3878

02-Aug Marisca Muller B04 078 392 8282

Paul vd Berg A04 347 0494

07/27 Quintes Myburgh B01 082 324 7265

07/27 Morne Sevenster C04 073 571 5513

07/29 Lianka Hoffmann A02 082 875 5253

07/31 Leandri Styger C14 079 886 8344

08/02 Mauricio Coelho B22 071 642 7391

08/02 Luan du Plessis A04 082 335 8032

Ratelgroep: vir pa-ma-en-

baba-jonger-as-2-jaar.

Dagsê!

Dis weer amper tyd vir 'n Ratelgroep

byeenkoms.

Hou asb 2 Aug vanaf 10:30-12:00

oop vir 'n baie interessante praatjie oor

spraak en taalontwikkeling deur Chanel

Naudé (spraakterapeut).

Daar sal na die tyd 'n oulike aktiwiteit ook

wees.

Zinette Cronje (0763079223)