navorsingsverslag: die maatskaplike impak ......•die navorsingsdoel van hierdie studie is om die...

35
© Hugenote Kollege 2014 Presented by: Aangebied deur: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK VAN KERKLIKE PROGRAMME OP ARMOEDE EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID Nadia Von Wielligh

Upload: others

Post on 22-Nov-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

© Hugenote Kollege 2014

Presented by: Aangebied deur:

NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK VAN KERKLIKE

PROGRAMME OP ARMOEDE EN MAATSKAPLIKE ONGEREGTIGHEID

Nadia Von Wielligh

Page 2: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Navorsing vir die Algemene Sinode deur die Hugenote Kollege (2013) dui daarop dat die NG Kerk ‘n beduidende rol speel in terme van die verskaffingvan dienste/aktiwiteite/programme wat gemik word op armoedeverligting, asook in die aanspreek van maatskaplike ongeregtigheid.

Leemte wat deur huidige studie aangespreek word:

• Die spesifieke maatskaplike impak van hierdie diensverskaffing, soos gesien deur beide die NG Kerk as diensverskaffer en die ontvangers van dienste, is nie bekend nie.

Vorige navorsing:

Page 3: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid te ondersoek en te beskryf, ten einde die kerk as rolspeler se bydrae te beskryf en aanbevelings te kan maak rakende verdere ontwikkeling van dienste/aktiwiteite/programme

NAVORSINGSDOEL

Page 4: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Gemengde navorsingsmetodologiese benadering: Primêre benutting van kwalitatiewe data wat aangevul is met kwantitatiewe data.

• Triangulasie gemengde metode navorsingsontwerp:

• Die kwalitatiewe en kwantitatiewe data is gelyktydig ingesamel en die twee stelle data is met mekaar vergelyk en as ‘n eenheid aangebied.

• Die twee stelle data is afsonderlik ge-analiseer op grond van die eienskappe van data analise vir die onderskeie benaderings (i.e. kwalitatiewe en kwantitatiewe benaderings).

NAVORSINGSMETEDOLOGIE

Page 5: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Populasie

• Alle gemeentes verbonde aan die Algemene Sinode van die NG Kerk.

• Alle ontvangers van dienste deur NG Kerk gemeentes.

Steekproef: (nie-waarskynlikheidsteekproefnemingmetode & doelbewuste steekproeftegniek)

• Die ontvangers van dienste onderskei nie tussen lidmate en nie-lidmate nie, aangesien hierdie studie fokus op die maatskaplike impak van die deelnemende gemeentes binne hul gemeenskappe.

• Die verskaffer van die diens is verteenwoordig deur leraars & lidmate wat nou betrokke is by die lewering van die dienste.

POPULASIE & STEEKPROEF

Page 6: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Binne elk van die 10 sinodale areas is een stedelike en een plattelandse gemeente genader om deel te neem.

• Die mikpunt was dus om 20 gemeentes by die studie betrek.

• Twee sinodale areas, naamlik Vrystaat en Oos-Kaap, het nie aan die studie deelgeneem nie en data is ingesamel by 13 gemeentes.

• Twee deelnemers by elke gemeente (i.e. verskaffer en ontvanger) het deel uitgemaak van die steekproefgrootte wat dus 26 deelnemers was.

Data versadiging was waargeneem na 11 onderhoude (uit 13) met ontvangers van dienste en na 9 onderhoude (uit 13) met verskaffers.

Steekproefgrootte

Page 7: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Kwalitatiewe data:

• Semi-gestruktureerde onderhoude• Koderingmodel om temas en sub-temas te identifiseer

Kwantitatiewe data:

• Vraelys: Nominale en ordinale vlakke van meting• Statistiese beskrywing & sentrale geneighede

Metodes van data insameling en analise

Page 8: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Die doel en die aard van gemeentes se dienste

• Maatskaplike impak op armoede

• Maatskaplike impak op maatskaplike geregtigheid

• Die mate waartoe dienste volhoubaar is

• Sterkpunte & uitdagings van dienslewering deur NGK gemeentes

DIE NAVORSINGSBEVINDINGE

Page 9: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Die deelnemende gemeentes se diensprogramme het nie eksklusief op armoede, werkloosheid of maatskaplike ongeregtigheid gefokus nie. Programme se fokus was op ‘n kombinasie van hierdie aspekte.

• Armoede word deur 61.5% van die deelnemers beskryf as ‘n fokus van die diens,

• terwyl 34.6% aangedui het dat werkloosheid, as ‘n komponent van armoede, ook aangespreek word.

• Die helfte (50%) van die deelnemers het aangedui dat maatskaplike geregtigheid die fokus van dienste is.

Die doel en aard van die gemeente se dienste

Page 10: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Die deelnemende gemeentes se diensprogramme is op ‘n kombinasie van armoede en maatskaplike ongeregtigheid gerig.

“Ons probeer in behoeftige persone se behoeftes te voorsien, maar veral om vir hulle liefde en hoop te gee.”

Aanbeveling:

Programme wat daarop gemik is om armoede te verlig en te verminder moet ter selfder tyd die komponente van maatskaplike geregtigheid insluit.

Gevolgtrekking 1:

Page 11: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Programme word soms minder gestruktureerd aangebied, terwyl ander deelnemers aandui dat die programme deur ‘n gemeentekomittee bestuur word. Spesifieke beleid bestaan rondom hoe fondse bekom en benut word en evalueringsprosesse is in plek. Die komitees dien dan as skakel tussen die gemeentelede en die ontvangers van dienste.• “Ons Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid ontvang geen geld van die kerkraad. Dit is

ons verantwoordelikheid om fondse te genereer. Daar is mense wat debietorders teken. Daar is ook twee deurkollektes per jaar.”

Aanbeveling:• Alhoewel individue en groepe wat spontaan uitreik na mense in nood ondersteun en

aangemoedig moet word, is die ontwikkeling van ‘n gekoördineerde poging ook waardevol.

• ‘n Komitee wat programme koördineer en bestuur moet volgens goedgekeurde beleidfunksioneer en kommunikasie met die gemeente, sowel as die ontvangers (i.e. deelname en erkenning) moet aandag geniet.

Gevolgtrekking 2:

Page 12: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Programme is daarop gemik om binne die gemeente, asook in die gemeenskap mense in nood by te staan. Dienslewering deur die gemeente binne die gemeenskap dien ook as ‘n geleentheid om brûe te bou en verhoudings na buite te ontwikkel. Hierdie aspek word verder uitgebou wanneer gemeentes na mekaar uitreik en gesamentlik dienstelewer. Verhoudings met kerklike maatskaplike diensorganisasies help die gemeente se uitreiking na die gemeenskappe, omdat die organisasies die hele gemeenskap en nie slegs die gemeente bedien nie.“Die uitreikgroep bring hulpmiddels vir die kerk en die sondagskool.” Aanbeveling:Die kerk kan as brugbouer in Suid-Afrikaanse gemeenskappe optree deur:• dienste van ander instellings aan te vul en/of te ondersteun• verhoudings tussen verskillende kerke (bv. NG en VG Kerk gemeentes) aan te

moedig en dat gemeentelede saam aan projekte werk

Gevolgtrekking 3:

Page 13: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Dienste sluit ook die geestelike versorging van mense in nood in wanneer daar na hul fisiese behoeftes omgesien word.

Praktiese hulp fokus op kos, klere, beddegoed, finansiële steun vir mediese sorg, behuising en vervoer na hulpbronne.

Ander instansies se dienste word op die langtermyn ondersteun. Sodoende bereik die gemeentes ‘n verskeidenheid behoeftige persone wat insluit bejaardes, vroue, kinders en jeug, haweloses, gestremdes en siek persone.

Verskeie deelnemers is betrokke VKO programme.

Bemagtiging vind plaas deur die ontwikkeling van vaardighede (insluitend finansiële vaardighede).Die bemagtingsfokus is daarop gemik om potensiaal te ontwikkel en sodoende hoop te verskaf.

Gevolgtrekking 4:

Page 14: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Aanbeveling:

Die fokus van kerklike programme moet wees op:

• Fisiese behoeftes

• Skakeling met hulpbronne (tussenganger, vervoer)

• Bemagtiging

• Opleiding van leiers

• Vaardighede sodat mense ‘n inkomste kan verdien

• Potensiaalontwikkeling

• Om mense te bemagtig - noodsaaklik om hul konteks te leer ken en te verstaan

• Deur ondersteuning van bestaande dienste kan kwesbare persone holisties ondersteun word – dit sluit fisiese, praktiese en geestelike sorg in

Page 15: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Die ontvangers dui aan dat hulle bewus geword het van die gemeentes se dienste en programme deur advertensies, afkondigings in die gemeente, lidmate wat inligting deurgee en uitreikaksies deur die deelnemende gemeentes.

• “Daar was ‘n advertensie in die koerant en ander vrouens het my ook vertel van die diens.”

• “By my kerk was daar afgekondig dat die ander gemeente ons wil help”

Aanbeveling:

‘n Bemarkingsplan wat fokus op die bewusmaking van die mense in nood (i.e. uitreiking), asook op die motivering van gemeenskapslede om betrokke te raak is van waarde.

Gevolgtrekking 5:

Page 16: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Die ontvangers se behoefte is die aanspreek van hul fisiese nood, dat dit volhoubaar sal wees (dus oor ‘n lang termyn beskikbaar) en dat dit tot bemagtiging, verandering en onafhanklikheid sal lei. Hulle dui ook aan dat hulle graag ander in soortgelyke omstandighede in die toekoms sou wou bystaan.

“Ek wil gehelp word om op die ou einde nie meer al hierdie probleme te kan hê nie. En dan kan ek miskien ook betrokke raak en ander mense help.”

Aanbeveling:

Alhoewel deelname deur die ontvangers soms moeilik realiseer, word aanbeveel dat gemeentes tyd spandeer om die ontvangers te leer ken, asook en hul redes nie deelname verstaan en poog om insig by hulle te ontwikkel vir die potensiële waarde van deelname. Tyd, geduld en toewyding is hiervoor nodig.

Gevolgtrekking 6:

Page 17: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Onderskeidng tussen tipes armoede:

• Absolute armoede: Ontbreking van noodsaaklike middels

• Relatiewe armoede: Maatskaplike ongeregtigheid deur ‘n gebrek aan toegang tot dienste en geleenthede

Die maatskaplike impak op armoede

Page 18: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Die aanspreek van fisiese behoeftes fokus primêr op die verskaffing van voedsel, klerasies en komberse. Dit sluit ook apparaat en toerusting vir kinderhuise, kleuterskole en ouetehuise in.

• “Kospakkies en ‘n weeklikse gekookte ete.”

• “Kospakkies, klere en geldelike hulp.”

• “Ons armes kry donasies.”

• “Ons kry goed wat ons nodig het. Kos en klere.”

Aanbeveling:Die aanspreek van onmiddelike fisiese behoeftes dra by tot ontvangers se gevoel van menswaardigheid en dien as ‘n platform wat benut kan word om persoonlike ontwikkeling aan te spreek wat hulle in staat stel om onafhanklike te funksioneer.

Gevolgtrekking 1:

Page 19: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Sommige gemeentes ondersteun projekte, bv VKO programme. So verseker hulle dat kinders in ‘n gemeenskap versorg en gestimuleer word, asook dat die toesighouer as persoon ontwikkel en ‘n inkomste kan bekom.

“Die Kinderklub byeenkomste met ongeveer 30 kinders een keer per week waar die kinders ‘n kospakkie en klere op ‘n gereelde basis ontvang. Hulle het ook al komberse gerky.”

“Die gemeente is ook betrokke by ‘n psigiatriese saal in Weskoppies Hospitaal.”

Aanbeveling:

Die waarde van gemeentes se ondersteuning aan ander instansies en projekte moet nie onderskat word nie.

Gevolgtrekking 2:

Page 20: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Behuising en vervoer word in ‘n mindere mate verskaf. Sommige deelnemers dui wel aan hoe ontvangers met huishuur ondersteun word en ander dui aan hoe hulle ontvangers help met vervoer om by hulpbronne uit te kom.

• “...die betaal van huishuur en voedsel aan individue of gesinne in nood.”

• “Ons help met vervoer na hospitale toe.”

Aanbeveling:

Dit is belangrik om uit te klaar watter hulpbronne, fondse en netwerke tot die gemeente se beskikking is en dan dienste hiervolgens te beplan en te bemark.

Gevolgtrekking 3:

Page 21: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Deelnemers beklemtoon dat, wanneer ontvangers sukselvol aangemoedig word om ook deel te neem aan die implementering van die diens of om ‘n teenprestasie te lewer, hul gevoel van menswaardigheid positief ontwikkel.

“Ek wil gehelp word om op die ou einde nie meer al hierdie probleme te kan hê nie. En dan kan ek miskien ook betrokke raak en ander mense help.”

Aanbeveling:

Sluit doelgerigte aktiwiteite by dienste en programme in om ontvangers te bemagtig totdeelname.

Gevolgtrekking 4:

Page 22: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Werkloosheid, as ‘n deel van armoede, word aangespreek deur middel van beroepsvaardigheidsontwikkeling (die fokus is spesifiek op leierskapsvaardighede). Die helfte (50%) van die deelnemende gemeentes fokus op handvaardigheid, terwyl ‘n minderheid fokus op inkomstegenererende projekte, begrotingsvaardighede en beroepsbeplanning.

“Die vroueklub leer van kosmaak, naaldwerk, en ontvang opleiding in klein besigheidjies.”

Aanbeveling:

‘n Analise van talente en vaardighede van gemeentelede kan moontlik benut word om programme wat op begrotingsvaardighede en entrepreneurskap fokus te ontwikkel. Sodoende kan ontvangers leiding ontvang om hul eie vaardighede te ontwikkel en toe te pas om onafhanklik te kan funksioneer.

Gevolgtrekking 5

Page 23: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Persoonlike ontwikkeling word deur die bevindinge uitgewys as ‘n aspek wat onderbeklemtoon word.

Aanbeveling:

Aspekte wat aandag kan geniet:

• leierskapsvaardighede,

• jeugprogramme gemik op ‘n toekomsvisie,

• stimulering van gemeenskapsaktiwiteite om houdings, persepsies en gedrag te verander

• streshantering en

• die ontwikkeling van ‘n selfbeeld, selfdissipline en selfvertroue.

Gevolgtrekking 6:

Page 24: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Fokusareas• Erkenning• Veiligheid• Bestaansreg• Beskerming• Toegang tot gelyke geleenthede om dienste te ontvang en om aan aktiwiteite deel te

neem • Werk (werkskeppingsprojekte)• Hulpbronne (netwerke re opvoeding, medies)• Bemeestering van lewensvaardighede (byvoorbeeld ouerskapsvaardighede)• Reg om ‘n opinie te gee• Reg om keuse uit te oefen

Die maatskaplike impak op maatskaplike geregtigheid

Page 25: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Gemeentelede en ontvangers fokus meestal op geleenthede om naastediens te lewer. ‘n Minderheid van deelnemers dui aan dat gemeentelede en ontvangers bewus gemaak word van hul siviele verantwoordelikheid binne die gemeenskap en gesin. Gesprekke en bewusmaking rakende die regte van kinders, vroue en persone met gestremdhede geniet ook ‘n mindere mate aandag.

Aanbeveling:

• Ten einde gemeentelede en ontvangers te bemagtig behoort ‘n sterker klem geplaas te word op die verstaan van menseregte en hoe dit met naastediens verbind word.

• Daar moet sterker klem gelê word op die insluiting en ondersteuning van persone met gestremdhede

Gevolgtrekking 1:

Page 26: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Deelname, as ‘n praktiese toepassing van maatskaplike geregtigheid, word enersyds as problematies beskryf en andersyds word voorbeelde van goeie deelname wel beskryf. Wanneer deelname plaasvind dui dit op bemagtiging en ‘n gevoel van menswaardigheid. Wanneer dit nie plaasvind nie lei dit tot ‘n gevoel van minderwaardigheid.“Ek wil graag met respek behandel word, al is ek arm.” Aanbeveling:Die stimulering van ontvangers se deelname moet oor die langtermyn hanteer word. Dit sou behels dat verhoudings gebou moet word, wedersydse insig ontwikkel moet word en dat ‘n gesamentlike plan vir hoe deelname kan realiseer ontwikkel word. Daar moet daarteen gewaak word dat geen deelname beskou word as geen behoefte aan deelname. “Ons het al uitgereik en gevra of ons kan help om ‘n groentetuin te begin, maar hulle stel nie belang nie.”

Gevolgtrekking 2:

Page 27: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Deelname lei ook tot ‘n gevoel van behoort wat maatskaplike geregtigheid en inklusiewe burgerskap bevorder. Aspekte wat ‘n gevoel van behoort aanmoedig is belangstelling, die toon van respek, gereelde gesprekke en uitreikaksies.

“Ek was werkloos. Maar toe kom die gemeente en leer my hoe om my eie kleuterskool te begin en te bestuur. Ek is so lief vir my werk.”

Aanbeveling:

‘n Gevoel van behoort hang nou saam met deelname en gedeelde verantwoordelikheid. So ‘n verhouding waarbinne ‘n gevoel van behoort ontstaan moet oor ‘n tydperk ontwikkel en verg opregte belangstelling en omgee.

Gevolgtrekking 3:

Page 28: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Die ervaring dat ontvangers se menswaardigheid erken word, word deur die meerderheid deelnemers bevestig. Kommunikasie word as ‘n manier om erkenning te kan verleen en om ontvangers van dienste waardig te laat voel aangedui.

• “Ons voel waardevol en dat ons aanvaar word. Hulle respekteer ook ons talente en gevoelens.”

Aanbeveling:

Hierdie data dui op ‘n verdere behoefte om ontvangers in te sluit by taakgroepe en om spesifieke verantwoordelikhede aan hulle toe te vertrou. Dit sou behels dat leierskapsvaardighede en bemagtiging om verantwoodelikhede uit te voer deur byvoorbeeld ‘n mentorprogram aandag moet geniet.

Gevolgtrekking 4:

Page 29: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Gevolgtrekking 1

Ontvangers word tot ‘n mindere mate by beplanning van dienste beperk. Twee aspekte wat wel aandag geniet wanneer programme as volhoubaar beskryf word is dat die ontvanger deel uitmaak van die identifisering van probleme en behoeftes en dat verantwoordelikhede duidelik verdeel word. Konsensus word ook tot ‘n redelike mate bereik rakende hoe behoeftes en probleme aangespreek moet word.

“Ek dink nie ek ‘count’ nie. Daar is grootkoppe wat die besluite maak.”

Aanbeveling:

Dit is die uitdaging om ontvangers deel van die hulpverleningsproses te maak. Daar moet ook klem geplaas word op die bereiking van konsensus rakende die doelstellings van programme. Dit moet weer lei tot realistiese verwagtinge van die diens. Deelname aan beplanning kan lei tot insigontwikkeling deurdat die ontvangers insae het tot die mannekrag, hulpbronne en fondse wat benodig word en wat beskikbaar is.

Die mate waartoe dienste volhoubaar is

Page 30: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Programme wat as volhoubaar beskou word fokus hoofsaaklik op die insig rakende werklike behoeftes van ontvangers, rolle en verantwoordelikhede wat uitgeklaar en toegepas word, die bemagtiging van persone (kennis en vaardighede) en die die ontwikkeling van duidelike doelstellings.

Aanbeveling:

Doelstellings moet meetbaar en haalbaar wees. Beskikbaarheid van bronne moet in ag geneem word.

Gevolgtrekking 2

Page 31: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Gevolgtrekking 1

Die sterkpunte van kerklike programme verbind die aanspreek van armoede met ‘n aktiewe en praktiese uitlewing van die Woord en die aanspreek van maatskaplike ongeregtigheid.

Die toepassing van beginsels van respek, omgee en toewyding dra ook by tot maatskaplike geregtigheid.

Die waarde van geestelike sorg as deel van dienslewering word ook beklemtoon. Deelname, asook die ontwikkeling van vaardighede en bemagtiging van gemeentelede sowel as ontvangers word verbind met volhoubaarheid.

Gereelde evaluering van dienste word as ‘n belangrike komponent van sukses uitgelig.

Sukses word ook verbind met netwerke binne en buite die gemeente.

Sterkpunte en uitdagings van dienslewering deur NG Kerk gemeentes

Page 32: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Gevolgtrekking 2

Die uitdagings: Die besikbaarheid van fondse, mannekrag en vrywilligers asook die betrokkenheid van gemeentelede by naastediens bly ‘n uitdaging.

Kommunikasie en verhoudingbou met ontvangers, professionele diensverskaffers en ander sleutelorganisasie word dikwels deur onrealistiese verwagtinge en kulturele verskille beperk.

Page 33: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

Aanbevelings:

• Die geestelike onderbou van kerklike programme ondersteun maatskaplike geregtigheid en moet deel uitmaak van diensprogramme.

• Gemeentes moet bemagtig word vir die praktiese uitlewing van naasteliefde.

• Deelname en bemagtiging van ontvangers dra by tot sukses. Alhoewel dit ‘n uitdaging is sal hierdie aspek spesifieke aandag moet geniet.

• Netwerke en verhoudings binne die gemeente en met ander gemeentes en organisasies moet aandag geniet, aangesien dit met sukses verbind word.

• Kommunikasie geleenthede moet ontwikkel en geskep word om as brugbouer te dien.

Page 34: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Die bevindinge van hierdie studie bevestig dat die kerklike programme van die NG Kerk wel ‘n maatskaplike impak het

• Die bevindinge in hierdie studie dui daarop dat verskaffers die werklike behoeftes van ontvangers ondersoek, dat rolle en verantwoordelikhede duidelik omskryf is en dat die betrokkenes bemagtig word om hierdie rolle en verantwoordelikhede te kan uitvoer

• Aspekte wat verder aandag kan geniet is die duidelike omskrywing van doelstellings en die evaluering van programme.

• Programme fokus op beide die aanspreek van armoede en van maatskaplike ongeregtigheid

• Die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld en selfwaarde kan verder uitgebrei word binne kerklike programme.

• Die bevindinge illustreer hoe gemeentes poog om potensiaal te ontwikkel en ook om mense van hoop en menswaardigheid te voorsien.

• Programme maak gebruik van vrywilligers waar die praktiese uitlewing van naastediens waargeneem word en die visie en doel van kerklike programme word beskryf as die praktiese uitlewing van geloof.

SLOTSOM

Page 35: NAVORSINGSVERSLAG: DIE MAATSKAPLIKE IMPAK ......•Die navorsingsdoel van hierdie studie is om die maatskaplike impak van kerklike programme op armoede en maatskaplike ongeregtigheid

• Gesins- en jeugprogramme kan steeds meer aandag geniet.

• Die belangrikheid van vennootskappe tussen die verskillende rolspelers word erken maar ter selfder tyd aangedien as ‘n uitdaging. Toekomstige beplanning van programme kan dus ook insluit dat netwerkontwikkeling as ‘n projek op sy eie beskou word (Nasionale Ontwikkelingsplan 2030, 2011:14).

• Maatskaplike ongeregtigheid word aangespreek binne die raamwerk van dienste wat armoede aanspreek. Dit manifesteer in menswaardige en respekvolle behandeling van ontvangers, toegang tot dienste (insluiting van nie-lidmate) en die geleenthede vir ontwikkeling wat binne programme geskep word.

• Genoemde ontwikkelingsgerigte dienste fokus op leierskap en individuele en kollektiewe verantwoordelikheid, terwyl deelname en samewerking steeds uitdagings bied.