kerke, leer om bybels te speel - integral mission · 2016-09-20 · navorsing toon dat merkwaardige...

1
6 Volksblad Dinsdag 13 September 2016 Kommentaar I n die talle jare dat ek die skoene van ’n musiekjuffrou moes vol staan, het ek terdeë gesien hoe mededingend die musiekwêreld is. Koorfees. Eisteddfod. Musiekeksamen. Revue. Skoolkonsert. Operette. Oor en oor het ek beleef hoe word kinders se senuwees tot by die dunste rafel getoets. Alhoewel daar geen resultate kan wees as die kind nie oor talent beskik en oefen en saamwerk nie, bly die juffrou verantwoordelik vir die daarstel van die bes moontlike opleiding. Sy is die lewensdraad aan wie die kind hang as die senu-ineenstorting op pad is. En die een wat die kind moet troos en leer aanvaar dat almal nie die wentrofee kan huis toe neem nie. Dus het ek met angstige belangstelling 2016 se Idols-kompetisie gevolg so ver ek kon. Ondanks die feit dat die pynigende moderne geskree my geensins aanstaan nie, was ek in my hart by elke deelnemer wat met wringende hande, wippende knieë en gesperde oë in die hokkie wag vir die zoemer om sy oudisiebeurt aan te kondig. ’n Goeie aantal van die deelnemers beskik oor geen sangtalent hoegenaamd nie. Klink soos ’n kat op wie se stert getrap word. Ander raak verlore met die lirieke en slaan in sweetpêrels uit. Soms lyk dit asof ’n deelnemer op die rand van ’n asma-aanval huiwer. Die danspassies en handgebare het my soms naby aan ’n histeriese lagbui gehad. Maar tog was ek keer op keer naby aan tjank as die beoordelaars ’n deelnemer in sy gesig uitlag. Of sarkastiese en pleinweg ongeskikte en afbrekende aanmerkings rondsmyt. Laat ons nooit vergeet nie, selfs die swakste deelnemer het ’n droom gekoester. Moeite gedoen om oefeninge by te woon, of op sy eie onder ’n boom geoefen. Geskikte klere gekry vir sy performance. Dié wat van ver kom, moes iewers oorslaap en ’n vraggie geld uitbel op ’n selfoon. En iewers op die agtergrond was ’n familie wat op hom gereken het vir sterstatus. Gereeld kon ek sien hoe ’n deelnemer wat in der waarheid ’n patetiese vertoning gegee het, ineenkrimp; verslaentheid op die gesig. Kromskouer wegloop en in sy oomblik van nederlaag nog in die rondte tol op soek na die regte uitgang. Maar wanneer hy beteuterd en verleë uitstap, was daar die “deurwag”, die nimlike hip-hop- kunstenaar Proverb (Tebogo) Thekisho, wat hom met oop arms inwag en hom vaderlik omarm. Hom in ’n warm stem troos met ’n paaitjie op die rug. Hom balsem met ’n waardige “maybe next time”. Of ’n “you gave your best, my friend”. En hom met ’n high five wegstuur op sy pad van versplinterde drome. Eerlik, in my ganse lewe het ek nog nooit iemand ontmoet met soveel konstante erbarming en meesterlike menseverhoudinge nie. As dit van mý afgehang het, sou ek hom skouerhoogte optel en in die presidentstoel gaan neersit. Dis ’n kuns om ’n verloorder te vertroos ‘‘ Laat ons nooit vergeet nie, selfs die swakste deelnemer het ’n droom gekoester. Ander mening D ie twee meisietjies het in daardie troue se kerkdiens binne-in my hart in gedans. Danksy die kontraste in die diens. Die bruidegom beleef sy geloof positief, vrolik en speels. Sy bruid glo ook opreg en kom uit ’n streng kerk waar die sondes en vrees vir God se straf sterk benadruk word. Toe kom hierdie twee lyne saam in die diens. Dit kan, want soos Paulus sê, “vir die Jood ’n Jood en die Griek ’n Griek, solank ons Jesus Christus kan verkondig”. By die vroliker ritmiese liedere het haar familie se lippe stewig op mekaar gebly en die gesigte streng. Die bruid was steeds bang vir haar ouers se veroordeling. Toe begin die orrel in daardie pragtige monumentale kerkgebou uit 1600-en-iets die aansteeklike lied “Dank, dank nou almal God met hart en mond en hande” speel. Vanaf die preekstoel was die kontraste ’n foto-oomblik. Die galmende musiek, die gelukkige bruidspaar en agter hulle ’n klompie kwaai gesigte met gevoude arms. Skielik dans en sing twee pragtige meisietjies met vrolike rokkies, stralende gesiggies en swaaiende armpies spontaan voor al hierdie mense. Hulle het binne in talle harte in gedans. So asof God wou sê: Ja, dis ’n fees van genade! Twee gelowiges vra God se seën oor hul huwelik. Speel en dans. Marius van Dokkum het so ’n beeld onvergeetlik op doek vasgelê en die skildery “dansje in de kerk” genoem. Soek die prentjie gerus op die internet op. Die streng ou dominee op sy hoë preekstoel, omgekrapte lidmate in die kerkbanke en die orrelis wat ontevrede agter sy orrel uit loer. Hulle kyk na ’n meisietjie met ’n vrolike rooi truitjie wat voor in die kerk in die sonlig dans. Die prentjie spreek boekdele. Dr. Cors Visser, ’n christelike sosioloog, het die prentjie gebruik vir sy nuwe boek met die sprekende titel: Die spelende kerk – hoe geloof- gemeenskappe die wêreld verander. Heerlik stimulerend om te lees. Die titel sê alles. Kerke moet leer speel. Bybels speel. Nie platvloers nie. Hy bedoel die volgende. Sosiologiese navorsing toon dat merkwaardige groepe mense orals op Sondae en gedurende die week God dien en die samelewing, direk en indirek, beïnvloed. Deur stroomop hulleself te probeer wees en deur saam te werk met organisasies en mense in hul omgewing. Hier lê die probleem, meen Visser. In lande soos Brasilië en Kenia gebeur dit meer as in lande soos Nederland. Sedert ds. Abraham Kuyper president van Nederland geword het begin 1900’s het die kerke van hul take aan die regering en christelike organisasies oorgegee. So het die idee ontstaan dat Nederland ’n versorgingstaat is. Die owerheid sorg vir jou. Met as gevolg dat die kerke hul betekenis in die samelewing verloor het. Allerlei bedieningsmodelle, fase-planne en kerklike mode-foefies los die probleem nie op nie. Gelukkig is daar ’n aangename oplossing, sê Visser: speel. Speel vanuit drie beginsels: identiteit, aktiwiteit en laat die Gees waai. Rig op jou identiteit vanuit genade en jou anders wees as Christen in die samelewing. Wees aktief deur iets vir jou gemeenskap te beteken. Laat die Gees waai waar Hy wil. Wind waai buitekant. Hoe sou dit byvoorbeeld wees om vir ’n maand lank geen aktiwiteite vir die gemeentelede te organiseer nie, maar alleen vir mense buite die kerk, wonder Visser? Wanneer ons so in mekaar se harte in dans en speel, bloei ons en ons samelewings op. As die kerk en die omgewing saamspeel, gebeur iets besonders. Kerke, leer om Bybels te speel Woord en Perspektief André Jansen Goeiemôre Annelie Botes Volksblad V Uit die Bybel Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk mens mos nie vye nie, en van ’n doringbos oes jy ook nie druiwe nie. – Lukas 6:44 V Gedagte vir die dag Ek is die staat. Hier verteenwoordig ek net die mense. Selfs al het ek ’n fout ge- maak, moes julle my nie in die openbaar beskuldig het nie. Mense was hul vuil was- goed tuis. Frankryk het my nodiger as wat ek Frankryk het. – Napoleon Bonaparte Verposing Vrystaat se bieliespan van ’76 klop All Blacks Kalie Joubert, Bloemfontein Die Vrystaatspan van 1976 het deur harde oefening, soms drie keer per dag, hul skrumwerk ge- slyp teen ’n trekker wat Bill Troskie geskenk het. Betalings? Hulle het R5 per wedstryd gekry en kon darem ’n hamburger by Johnny’s koop. En ons het een T-hemp van Sustagen ontvang. Draai die horlosie 40 jaar te- rug. Op 11 September 1976 om 15:30 het ’n onervare, begeester- de vyftiental met die Wit Truie teen die magtige All Blacks uit- gedraf. Sewe van die spelers was net 22. Hulle is bygestaan deur seniors wat die anker was. Die ondersteuners het ’n on- vergeetlike dag beleef. Ek hoor nog Joggie Jansen se woorde: “Boys, ek’s eerder die under- dog. Ons het niks om te verloor nie, maar baie om te wen.” Hier is die span van ’76 (S = Spring- bok): 1. Rampie Stander (S), 2. Wouter Hugo (kaptein, SA Ge- zelle), 3. Martiens le Roux (S), 4. Klippies Kritzinger (S), 5. Ross van Reenen, 6. Eben Jansen (S), 7. Kalie Joubert, 8. Tiny du Ples- sis, 9. Barry Wolmarans (S), 10. De Wet Ras (S), 11. Joggie Jan- sen (S), 12. Dirk Froneman (S), 13. Gerrie Germishuis (S), 14. Edrich Kranz (S). 15. Gysie Pie- naar (S). Reserwes: Jan Schle- busch (S), Hermanus Potgieter (S), Gerrie Sonnekus (S), Noel van Rensburg (S-reserwe), Piet Strydom en Hennie van Zyl. Die afrigters was Nelie Smith (S) en Sakkie van Zyl (S). Wat ’n span! 14 in die groep was Springbokke. Met krag van Bo, geloof en afrigting van sulke afrigters en ’n span wat erger oor mekaar as broers was, is die onmoontlike bereik. Die telbord het gelui: Vrystaat 15, All Blacks 10. Die span het ook die Curriebeker in 1976 gewen. Troef skeidsregters en slim kiepies met drieë Dries Boshoff, Pretoria Dit is tragies en kommerwek- kend dat sommige sodanige rug- byliefhebbers altyd daarop uit is om spelers uit die span te skryf. Die besture en spelers van die Cheetahs, Blou Bulle en Spring- bokke dink Adriaan Strauss is die beste leier, maar nee die kie- pies weet beter. Is dit dalk om voorbedagte rade of omdat hulle nie regtig rugby ken nie. Só is Willie le Roux, wat deur kenners beskryf is as die mees kreatiewe speler, vervang met net ’n skakel wat vang, hardloop en balle wegskop. Dit is jammer dat Eben Etzebeth ’n geel kaart gekry het, maar die beste speler moes geneutraliseer word om die Springbokke te ontwrig. Waarom is die Ozzie-speler wat ons man geskouer het toe ons ’n drie kon druk, gelukgewens en nie ’n geel kaart gegee nie? Die skeidsregter bepaal ’n wedstryd deur strafskoppe. Kyk na die laaste wedstryd teen die Pumas. Ons probleem is balle word doelloos weggeskop en bal- besit word afgestaan. Suid-Afri- ka kort twee senters en ’n heel- agter. Ons kan skeidsregters net troef deur drieë te druk. Jou mening Posbus 267, Bloemfontein, 9300 [email protected] Faks: 051-447-9198 Christo Wiese was ’n billike en oulike baas Anna Husselman, Langenhoven- park Die berig “Christo Wiese: SA se rykste billike ou” (10.9) verwys. In die vroeë sewentigs het ek en my man, Henta Husselman, by Pep in Windhoek gewerk. Daar het ek my billike en oulike baas (Wiese) ontmoet. Met ’n besoek het hy my gevra om saam met hom te gaan om vir sy vrou of meisie (kan nie onthou of hy al getroud was) ’n geskenk te soek wat uit Namibië kom. Groot was my verbasing dat hy nie belang gestel het in wat ek wys nie. Ek het hom na ’n Duitse pels-en- leerboetiek geneem waar hy vir haar ’n pragtige pelsjas gekoop het. Sy vraag aan my: “Dink jy sy sal daarvan hou?” “Ja, meneer,” het ek geant- woord – groen van jaloesie. Dit was my hele maand se salaris. UV moes lektor nooit aanstel Etta van der Merwe, Bloemfon- tein Die berig “Gewese dosent van UV na KVBA oor ‘onregverdi- ge’ aanstelling” (9.9) verwys. Die stappe wat gevolg is met adv. L. Makapela se aanstel- ling was van die begin af on- reëlmatig (my mening). ) Makapela se pos is deur prof. Jonathan Jansen, rek- tor, geskep en aan haar belo- we. Die pos was nie intern of ekstern geadverteer nie. ) Die normale aanstelling- prosedures is nie gevolg nie – enige ander kandidaat moet aansoek doen, op ’n kortlys verskyn en dan hoor het/of het hy nie die pos gekry/nie – dit het nie gebeur nie. ) Makapela het op 1 Mei 2013 as junior lektor begin werk waar kort daarna studieverlof vir ’n jaar aan haar toege- staan is – gefinansier deur Jansen se kantoor met vol be- taalde salaris. Dis baie bui- tengewone praktyk. ) Met haar aanstelling het Makapela min onderwyserva- ring en nie die vereiste ge- loofsbriewe gehad nie, was in haar dienstermyn vir ’n jaar lank ’n student en het ook geen geakkrediteerde geoudi- teerde navorsingsuitsette ge- had nie. Die aanstelling moes dus nooit plaasgevind het nie. ) In Januarie 2015 word Ma- kapela se aanstelling as do- sent bekragtig, gepaardgaan- de met ’n aansienlike aange- paste salarispakket – in 3 jaar se tyd van student tot dosent! Merkwaardige vordering. Die akademiese leer is in die geval spring-spring ge- klim as gevolg van prosedu- res en reëls wat nie gevolg en toegepas is nie. Makapela kan nie kla nie. Om die waarheid te sê, moes sy nie eens as ju- nior lektor aangestel gewees het nie. As iemand ’n klagte by die KVBA moes indien, is dit die bestaande junior lekto- re wat elke stap noukeurig moes volg om in die posisie te kon kom waarin hulle is. My vraag: Wat was Maka- pela se uitsette vir die UV vandat daar in haar “belê” is? My pleidooi, prof. Jansen, kom asseblief die reëls en re- gulasies wat vir almal geld, na. Ek is verbaas dat Maka- pela nie die UV vervolg om- dat sy nie ’n medeprofesso- raatskap aangebied is nie. D ie verhaal van twee metro’s ná die munisipale verkiesing in 2016 verskil opsigtelik. In Mangaung is die ANC, soos strykdeur ná 1994, weer aan die bewind. In Tshwane het die ANC die eerste keer die bewind aan die DA se opposisiespan – met EFF-hulp – afgestaan. In Mangaung is Thabo Manyoni, wat as burgemeester sy bes gedoen het, deur Olly Mlamleli, ’n oud-ANC-LUR uit premier Ace Magashule se kamp, vervang. Niks in Mangaung staaf vordering nie. Kontrakteurs kla dat die metro se wanbetaling tot hul bankrotskap en die afdanking van werknemers lei. Van hulle het ’n prokureursbrief gerig en oorweeg ’n regsgeding. Mangaung ontken dat hy die kontrakteurs (van rioolprojekte) enigiets skuld, en sê hulle moes nie verder gewerk het terwyl daar nie projekgeld is nie. Die kontrakteurs hou vol Mangaung het hulle versoek om teen “ ’n stadiger pas” te werk. Mangaung se enigste minibus en ’n bakkie is opgeveil om skuld te verhaal. Voertuie staan in onbruik omdat instandhouding gestaak is. Die kettingreaksie van kontrakteurs wat weer nie subkontrakteurs en verskaffers kan betaal nie, lei tot die sluiting van ondernemings. ’n Winkel- sentrum (in Roselaan) sukkel omdat die sloerwerk die verkeerstoegang daar versper. “Die metro se dienslewering is swak weens geldprobleme en die munisipaliteit is half bankrot.” In Tshwane het die DA-burgemeester, Solly Msimanga, strafregtelike klagte weens korrupsie teen gewese lede van die metro se ANC- administrasie, asook drie munisipale entiteite ingedien. Die metro se blink voertuie is geskenk aan die blitspatrollie, “wat dit nodiger het”. Blouligbrigades vir die burgemeester is gestaak. Msimanga is sonder ’n goue ketting ingelyf en ry in sy ANC-voorganger se tweedehandse motor. Msimanga sê: “Dienslewering is nou vir my die belangrikste. Die boodskap moet wees dat belastingbetalersgeld net vir die inwoners en dienste aangewend sal word.” Nuwe besems vee skoon. Sover spreek die optrede van Tshwane se nuwe metrobestuur boekdele. Die ontvouende verhaal in Suid-Afrika se metrostede is die moeite werd om dop te hou. Mangaung vs. Tshwane: Verhaal van twee metro’s Diefstal in staatsdiens beroof armes Ben Groenewald, Fichardtpark As die berig in Volksblad korrek is, is daar in die staatsdiens in slegs een jaar R30 miljard deur middel van korrupsie ge- steel. Die vraag is nou eenvoudig: Hoeveel huise kon daarmee ge- bou word in stede van die luuk- se voertuie waarmee sommige op ons paaie voortsnel, die luuk- se wonings wat hulle bewoon, die uitspattige oorsese reise wat hulle onderneem, luukse vyf- ster-verblyf, om maar net ’n paar van die ryk, lekker dinge van die lewe te noem. Dit alles ten koste van duisen- de wat in plakkerskampe kre- peer, maar dit is mos oukei, want as daar gestem word, word daar nogtans ANC gestem. Oor hoeveel breinselle kan enige mens beskik om nog vir die ANC te stem, maar om dan alles te wil vernietig en af te brand as dinge nie na hul wense verloop nie? Kan hulle nie lees nie, wil hulle nie lees nie of geniet hulle dit eenvoudig om permanent om die bos gelei te word deur hul eie gekose politieke leiers wat meestal aan verbale diarree ly en nie ’n dag se werk wil doen nie? Dr. Jack & Curtis

Upload: others

Post on 12-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kerke, leer om Bybels te speel - Integral Mission · 2016-09-20 · navorsing toon dat merkwaardige groepe mense orals op Sondae en gedurende die week God dien en die samelewing,

6VolksbladDinsdag13  September  2016 Kommentaar

In die talle jare dat ek die skoene van ’n musiekjuffrou moes vol staan, het ek terdeëgesien hoe mededingend die musiekwêreld is.

Koorfees. Eisteddfod. Musiekeksamen. Revue. Skoolkonsert. Operette. Oor en oor het ek beleef hoe word kinders se senuwees tot by die dunste rafel getoets.

Alhoewel daar geen resultate kan wees as diekind nie oor talent beskik en oefen en saamwerk nie, bly die juffrou verantwoordelik vir die daarstel van die bes moontlike opleiding. Sy is die lewensdraad aan wie die kind hang as die senu-ineenstorting op pad is. En die een wat die kind moet troos en leer aanvaar dat almal nie die wentrofee kan huis toe neem nie. Dus het ek met angstige belangstelling 2016 se Idols-kompetisie gevolg so ver ek kon. Ondanks die feit dat die pynigende moderne geskree my geensins aanstaan nie, was ek in my hart by elke deelnemer wat met wringende hande, wippende knieë en gesperde oë in die hokkie wag vir die zoemer om sy oudisiebeurt aan te kondig.

’n Goeie aantal van die deelnemers beskik oor geen sangtalent hoegenaamd nie. Klink soos ’n kat op wie se stert getrap word. Ander raak verlore met die lirieke en slaan in sweetpêrels uit. Soms lyk dit asof ’n deelnemer op die rand van ’n asma-aanval huiwer. Die danspassies en handgebare het my soms naby aan ’n histeriese lagbui gehad. Maar tog was ek keer op keer naby aan tjank as die beoordelaars ’n deelnemer in sy gesig uitlag. Of sarkastiese en pleinweg ongeskikte en afbrekende aanmerkings rondsmyt.

Laat ons nooit vergeet nie, selfs die swakste deelnemer het ’n droom gekoester. Moeite gedoen om oefeninge by te woon, of op sy eie onder ’n boom geoefen. Geskikte klere gekry vir sy performance. Dié wat van ver kom, moes iewers oorslaap en ’n vraggie geld uitbel op ’n selfoon. En iewers op die agtergrond was ’n familie wat op hom gereken het vir sterstatus. Gereeld kon ek sien hoe ’n deelnemer wat in der waarheid ’n patetiese vertoning gegee het, ineenkrimp; verslaentheid op die gesig. Kromskouer wegloop en in sy oomblik van nederlaag nog in die rondte tol op soek na die regte uitgang.

Maar wanneer hy beteuterd en verleë uitstap,was daar die “deurwag”, die nimlike hip-hop-kunstenaar Proverb (Tebogo) Thekisho, wat hom met oop arms inwag en hom vaderlik omarm. Hom in ’n warm stem troos met ’n paaitjie op die rug. Hom balsem met ’n waardige “maybe next time”. Of ’n “you gave your best, my friend”. En hom met ’n high five wegstuur op sy pad van versplinterde drome.

Eerlik, in my ganse lewe het ek nog nooit iemand ontmoet met soveel konstante erbarming en meesterlike menseverhoudinge nie. As dit van mý afgehang het, sou ek hom skouerhoogte optel en in die presidentstoel gaan neersit.

Dis ’n kuns om ’n verloorder te vertroos

‘‘Laat  ons  nooit vergeet  nie, selfs  die swakste deelnemer  het ’n  droom gekoester.

Ander mening

Die twee meisietjies het in daardietroue se kerkdiens binne-in myhart in gedans. Danksy die

kontraste in die diens. Die bruidegom beleef sy geloof positief, vrolik en speels. Sy bruid glo ook opreg en kom uit ’n streng kerk waar die sondes en vrees vir God se straf sterk benadruk word. Toe kom hierdie twee lyne saam in die diens. Dit kan, want soos Paulus sê, “vir die Jood ’n Jood en die Griek ’n Griek, solank ons Jesus Christus kan verkondig”.

By die vroliker ritmiese liedere het haar familie se lippe stewig op mekaar gebly en die gesigte streng. Die bruid was steeds bang vir haar ouers se veroordeling. Toe begin die orrel in daardie pragtige monumentale kerkgebou uit 1600-en-iets die aansteeklike lied “Dank, dank nou almal God met hart en mond en hande” speel. Vanaf die preekstoel was die kontraste ’n foto-oomblik. Die galmende musiek, die gelukkige bruidspaar en agter hulle ’n klompie kwaai gesigte met gevoude arms. Skielik dans en sing twee pragtige meisietjies met vrolike rokkies,

stralende gesiggies en swaaiende armpies spontaan voor al hierdie mense. Hulle het binne in talle harte in gedans.

So asof God wou sê: Ja, dis ’n fees van genade! Twee gelowiges vra God se seën oor hul huwelik. Speel en dans.

Marius van Dokkum het so ’n beeldonvergeetlik op doek vasgelê en die skildery “dansje in de kerk” genoem. Soek die prentjie gerus op die internet op. Die streng ou dominee op sy hoë preekstoel, omgekrapte lidmate in die kerkbanke en die orrelis wat ontevrede agter sy orrel uit loer. Hulle kyk na ’n meisietjie met ’n vrolike rooi truitjie wat voor in die kerk in die sonlig dans.

Die prentjie spreek boekdele. Dr. Cors Visser, ’n christelike

sosioloog, het die prentjie gebruik vir sy nuwe boek met die sprekende titel: Die spelende kerk – hoe geloof- gemeenskappe die wêreld verander. Heerlik stimulerend om te lees. Die titel sê alles. Kerke moet leer speel. Bybels speel. Nie platvloers nie.

Hy bedoel die volgende. Sosiologiesenavorsing toon dat merkwaardige groepe mense orals op Sondae en gedurende die week God dien en die samelewing, direk en indirek, beïnvloed. Deur stroomop hulleself te probeer wees en deur saam te werk met organisasies en mense in hul omgewing.

Hier lê die probleem, meen Visser. In lande soos Brasilië en Kenia gebeur dit meer as in lande soos Nederland. Sedert ds. Abraham Kuyper president van Nederland geword het begin 1900’s het die kerke van hul take aan die regering en christelike organisasies oorgegee. So het die idee ontstaan dat Nederland ’n versorgingstaat is. Die owerheid sorg vir jou. Met as gevolg dat die kerke hul betekenis in die samelewing verloor het. Allerlei bedieningsmodelle, fase-planne en kerklike mode-foefies los die probleem nie op nie.

Gelukkig is daar ’n aangename oplossing, sê Visser: speel. Speel vanuit drie beginsels: identiteit, aktiwiteit en laat die Gees waai. Rig op jou identiteit vanuit genade en jou anders wees as Christen in die samelewing. Wees aktief deur iets vir jou gemeenskap te beteken.

Laat die Gees waai waar Hy wil. Wind waai buitekant. Hoe sou dit byvoorbeeld wees om vir ’n maand lank geen aktiwiteite vir die gemeentelede te organiseer nie, maar alleen vir mense buite die kerk, wonder Visser?

Wanneer ons so in mekaar se hartein dans en speel, bloei ons en ons samelewings op.

As die kerk en die omgewing saamspeel, gebeur iets besonders.

Kerke, leer om Bybels te speel

Woord  en  PerspektiefAndré  Jansen

GoeiemôreAnnelie  Botes

Volksblad

V Uit  die  BybelElke  boom  word  aan  sy  eie  vrugte  geken.  Van  doringstruike  pluk  mens  mos  nie  vye nie,  en  van  ’n  doringbos  oes  jy  ook  nie  druiwe  nie.  –  Lukas  6:44V Gedagte  vir  die  dagEk  is  die  staat.  Hier  verteenwoordig  ek  net  die  mense.  Selfs  al  het  ek  ’n  fout  ge­maak,  moes  julle  my  nie  in  die  openbaar  beskuldig  het  nie.  Mense  was  hul  vuil  was­goed  tuis.  Frankryk  het  my  nodiger  as  wat  ek  Frankryk  het.  –  Napoleon  Bonaparte

Verposing

Vrystaat se bieliespan van ’76 klop All BlacksKalie  Joubert,  BloemfonteinDie Vrystaatspan van 1976 het deur harde oefening, soms drie keer per dag, hul skrumwerk ge-slyp teen ’n trekker wat Bill Troskie geskenk het. Betalings? Hulle het R5 per wedstryd gekry en kon darem ’n hamburger by Johnny’s koop. En ons het een T-hemp van Sustagen ontvang.

Draai die horlosie 40 jaar te-rug. Op 11 September 1976 om 15:30 het ’n onervare, begeester-de vyftiental met die Wit Truie teen die magtige All Blacks uit-gedraf. Sewe van die spelers was net 22. Hulle is bygestaan deur seniors wat die anker was.

Die ondersteuners het ’n on-vergeetlike dag beleef. Ek hoor nog Joggie Jansen se woorde: “Boys, ek’s eerder die under- dog. Ons het niks om te verloor nie, maar baie om te wen.” Hier is die span van ’76 (S = Spring-bok): 1. Rampie Stander (S), 2.

Wouter Hugo (kaptein, SA Ge-zelle), 3. Martiens le Roux (S), 4. Klippies Kritzinger (S), 5. Ross van Reenen, 6. Eben Jansen (S), 7. Kalie Joubert, 8. Tiny du Ples-sis, 9. Barry Wolmarans (S), 10. De Wet Ras (S), 11. Joggie Jan-sen (S), 12. Dirk Froneman (S), 13. Gerrie Germishuis (S), 14. Edrich Kranz (S). 15. Gysie Pie-naar (S). Reserwes: Jan Schle-busch (S), Hermanus Potgieter (S), Gerrie Sonnekus (S), Noel van Rensburg (S-reserwe), Piet Strydom en Hennie van Zyl. Die afrigters was Nelie Smith (S) en Sakkie van Zyl (S).

Wat ’n span! 14 in die groep was Springbokke. Met krag van Bo, geloof en afrigting van sulke afrigters en ’n span wat erger oor mekaar as broers was, is die onmoontlike bereik. Die telbord het gelui: Vrystaat 15, All Blacks 10. Die span het ook die Curriebeker in 1976 gewen.

Troef  skeidsregters  en  slim  kiepies  met  drieëDries  Boshoff,  PretoriaDit is tragies en kommerwek-kend dat sommige sodanige rug-byliefhebbers altyd daarop uit is om spelers uit die span te skryf. Die besture en spelers van die Cheetahs, Blou Bulle en Spring-bokke dink Adriaan Strauss is die beste leier, maar nee die kie-pies weet beter. Is dit dalk om voorbedagte rade of omdat hulle nie regtig rugby ken nie.

Só is Willie le Roux, wat deurkenners beskryf is as die mees kreatiewe speler, vervang met net ’n skakel wat vang, hardloop en balle wegskop. Dit is jammer

dat Eben Etzebeth ’n geel kaart gekry het, maar die beste speler moes geneutraliseer word om die Springbokke te ontwrig. Waarom is die Ozzie-speler wat ons man geskouer het toe ons ’n drie kon druk, gelukgewens en nie ’n geel kaart gegee nie?

Die skeidsregter bepaal ’n wedstryd deur strafskoppe. Kyk na die laaste wedstryd teen die Pumas. Ons probleem is balle word doelloos weggeskop en bal-besit word afgestaan. Suid-Afri-ka kort twee senters en ’n heel-agter. Ons kan skeidsregters net troef deur drieë te druk.

Jou  meningPosbus  267,  Bloemfontein,  [email protected] Faks:  051­447­9198

Christo  Wiese  was  ’n  billike  en  oulike  baasAnna  Husselman,  Langenhoven­parkDie berig “Christo Wiese: SA se rykste billike ou” (10.9) verwys. In die vroeë sewentigs het ek en my man, Henta Husselman, by Pep in Windhoek gewerk. Daar het ek my billike en oulike baas (Wiese) ontmoet. Met ’n besoek het hy my gevra om saam met hom te gaan om vir sy vrou of meisie (kan nie onthou of hy al

getroud was) ’n geskenk te soek wat uit Namibië kom. Groot wasmy verbasing dat hy nie belang gestel het in wat ek wys nie. Ek het hom na ’n Duitse pels-en- leerboetiek geneem waar hy vir haar ’n pragtige pelsjas gekoop het. Sy vraag aan my: “Dink jy sy sal daarvan hou?”

“Ja, meneer,” het ek geant-woord – groen van jaloesie. Dit was my hele maand se salaris.

UV  moes  lektor  nooit  aanstelEtta  van  der  Merwe,  Bloemfon­teinDie berig “Gewese dosent van UV na KVBA oor ‘onregverdi-ge’ aanstelling” (9.9) verwys. Die stappe wat gevolg is met adv. L. Makapela se aanstel-ling was van die begin af on-reëlmatig (my mening). ) Makapela se pos is deur prof. Jonathan Jansen, rek-tor, geskep en aan haar belo-we. Die pos was nie intern of ekstern geadverteer nie.) Die normale aanstelling-prosedures is nie gevolg nie – enige ander kandidaat moet aansoek doen, op ’n kortlys verskyn en dan hoor het/of het hy nie die pos gekry/nie – dit het nie gebeur nie.) Makapela het op 1 Mei 2013 as junior lektor begin werk waar kort daarna studieverlof vir ’n jaar aan haar toege-staan is – gefinansier deur Jansen se kantoor met vol be-taalde salaris. Dis baie bui-tengewone praktyk.) Met haar aanstelling het Makapela min onderwyserva-ring en nie die vereiste ge-loofsbriewe gehad nie, was in haar dienstermyn vir ’n jaar lank ’n student en het ook

geen geakkrediteerde geoudi-teerde navorsingsuitsette ge-had nie. Die aanstelling moes dus nooit plaasgevind het nie.) In Januarie 2015 word Ma-kapela se aanstelling as do-sent bekragtig, gepaardgaan-de met ’n aansienlike aange-paste salarispakket – in 3 jaar se tyd van student tot dosent! Merkwaardige vordering.

Die akademiese leer is in die geval spring-spring ge-klim as gevolg van prosedu-res en reëls wat nie gevolg en toegepas is nie. Makapela kan nie kla nie. Om die waarheid te sê, moes sy nie eens as ju-nior lektor aangestel gewees het nie. As iemand ’n klagte by die KVBA moes indien, is dit die bestaande junior lekto-re wat elke stap noukeurig moes volg om in die posisie te kon kom waarin hulle is.

My vraag: Wat was Maka-pela se uitsette vir die UV vandat daar in haar “belê” is? My pleidooi, prof. Jansen, kom asseblief die reëls en re-gulasies wat vir almal geld, na. Ek is verbaas dat Maka-pela nie die UV vervolg om-dat sy nie ’n medeprofesso-raatskap aangebied is nie.

Die verhaal van twee metro’s ná die munisipale verkiesing in 2016 verskil opsigtelik. In Mangaung is die ANC, soos

strykdeur ná 1994, weer aan die bewind. In Tshwane het die ANC die eerste keer die bewind aan die DA se opposisiespan – met EFF-hulp – afgestaan.

In Mangaung is Thabo Manyoni, wat as burgemeester sy bes gedoen het, deur Olly Mlamleli, ’n oud-ANC-LUR uit premier Ace Magashule se kamp, vervang. Niks in Mangaung staaf vordering nie. Kontrakteurs kla dat die metro se wanbetaling tot hul bankrotskap en die afdanking van werknemers lei. Van hulle het ’n prokureursbrief gerig en oorweeg ’n regsgeding.

Mangaung ontken dat hy die kontrakteurs (vanrioolprojekte) enigiets skuld, en sê hulle moes nie verder gewerk het terwyl daar nie projekgeld is nie. Die kontrakteurs hou vol Mangaung het hulle versoek om teen “ ’n stadiger pas” te werk.

Mangaung se enigste minibus en ’n bakkie is opgeveil om skuld te verhaal. Voertuie staan in onbruik omdat instandhouding gestaak is. Die kettingreaksie van kontrakteurs wat weer nie subkontrakteurs en verskaffers kan betaal nie, lei tot die sluiting van ondernemings. ’n Winkel-sentrum (in Roselaan) sukkel omdat die sloerwerk die verkeerstoegang daar versper.

“Die metro se dienslewering is swak weens geldprobleme en die munisipaliteit is half bankrot.”

In Tshwane het die DA-burgemeester, Solly Msimanga, strafregtelike klagte weens korrupsie teen gewese lede van die metro se ANC-administrasie, asook drie munisipale entiteite ingedien. Die metro se blink voertuie is geskenk aan die blitspatrollie, “wat dit nodiger het”. Blouligbrigades vir die burgemeester is gestaak. Msimanga is sonder ’n goue ketting ingelyf en ry in sy ANC-voorganger se tweedehandse motor.

Msimanga sê: “Dienslewering is nou vir my diebelangrikste. Die boodskap moet wees dat belastingbetalersgeld net vir die inwoners en dienste aangewend sal word.”

Nuwe besems vee skoon. Sover spreek die optrede van Tshwane se nuwe metrobestuur boekdele. Die ontvouende verhaal in Suid-Afrika se metrostede is die moeite werd om dop te hou.

Mangaung vs. Tshwane: Verhaal van twee metro’s

Diefstal in staatsdiens beroof armesBen  Groenewald,  FichardtparkAs die berig in Volksblad korrek is, is daar in die staatsdiens in slegs een jaar R30 miljard deur middel van korrupsie ge-steel.

Die vraag is nou eenvoudig: Hoeveel huise kon daarmee ge-bou word in stede van die luuk-se voertuie waarmee sommige op ons paaie voortsnel, die luuk-se wonings wat hulle bewoon, die uitspattige oorsese reise wat hulle onderneem, luukse vyf-ster-verblyf, om maar net ’n paar van die ryk, lekker dinge van die lewe te noem.

Dit alles ten koste van duisen-de wat in plakkerskampe kre-peer, maar dit is mos oukei, want as daar gestem word, word daar nogtans ANC gestem.

Oor hoeveel breinselle kan enige mens beskik om nog vir die ANC te stem, maar om dan alles te wil vernietig en af te brand as dinge nie na hul wense verloop nie?

Kan hulle nie lees nie, wil hulle nie lees nie of geniet hulle dit eenvoudig om permanent om die bos gelei te word deur hul eie gekose politieke leiers wat meestal aan verbale diarree ly en nie ’n dag se werk wil doen nie?

Dr.  Jack  &  Curtis