kantoorure: woensdag sondae: hannes du plessis frans...

12
Die Kandelaar – 28 Julie 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 / Frans Oosthuizen 082 859 2092 ROOIKERK-EREDIENSTE 09:00 Hannes & Anika (Nagmaal en Doop) Teks Spreuke 16:18-19 Tema: Hoogmoed 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe 18:00 Hannes Teks: Mattheus 13:24-30 Tema: Onkruid tussen die koring Deurkollekte: Gemeente Ondersteuning Volgende Sondag (Afskop van 40-Dae) Sondagoggend (Hannes) Sondagaand (Hannes) Die Gideons kom besoek die Rooikerk gedurende die diens van 11 Augustus.

Upload: others

Post on 25-Feb-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar –

28

Ju

lie 2

01

9

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /

Frans Oosthuizen 082 859 2092

ROOIKERK-EREDIENSTE

09:00 Hannes & Anika (Nagmaal en Doop)

Teks Spreuke 16:18-19

Tema: Hoogmoed

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

18:00 Hannes

Teks: Mattheus 13:24-30

Tema: Onkruid tussen die koring

Deurkollekte: Gemeente Ondersteuning

Volgende Sondag (Afskop van 40-Dae)

Sondagoggend (Hannes) Sondagaand (Hannes)

Die Gideons kom besoek die Rooikerk gedurende die diens van 11 Augustus.

Page 2: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE

Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week

verjaar.

28 Julie Andre Claassen Hennie Venter 29 Julie Danné Coetzee Gert Victor 31 Julie Henta Pieterse 1 Aug Mark Atkins Aiden Blignaut Lené J van Rensburg Divan Rautenbach Reinette Roelofse Ansoné vd Venter 2 Aug Erasmus Bergh Anel Prinsloo Martinette vd Merwe Ancois Venter 3 Aug Cianke Claassens Marlé Hellmuth Mikayla Olivier Cara Stevens Karien vd Lingen

LIEF EN LEED

Charlotte Steyn sterk steeds aan.

Marina Fourie kry tans kankerbehandeling.

Doreen van der Berg, Hannes du Plessis se suster, is met borskanker gediagnoseer.

Mariaan, Lelanie Jansen van Rensburg se moeder, sterk tuis aan in Kroonstad.

****

Ons dink ook aan hulle gesinslede wat die versorging/bystand doen.

Hospitaalbediening:

Kontak asb in die toekoms vir Gerda in

die Kerkkantoor indien u weet van iemand wat

in die hospitaal is.

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate, kom ontmoet die Nuwelidmatespan ná die

erediens by die Inligtingstoonbank.

Baie geluk aan Hein en Christa Vermaak met die

doop van hul seuntjie Ivan vanoggend.

Page 3: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Begrafnisdiensgroep

Die diensgroep benodig hulp met die maak van toebroodjies vir begrafnisse en indien moontlik hulp met die skink van tee/koffie. Kontak asb vir Gerda by die kerkkantoor of vir Cindy

26-27 Julie Die Leiersretraite wat sou plaasvind op 26 en 27 Julie, word uitgestel tot verdere kennisgewing. Ons gee die nuwe datum so gou moontlik deur.

Nuwe Bankbesonderhede:

Rekeningnaam: NG KERK UNIVERSITAS WES Bank: NEDBANK Rekeningnr: 1187847283 Takkode: 198765

Met die verandering van bank en met die opstel van personeel-kontrakte, het ons die hulp van ‘n kenner rondom die Kerkorde vanaf die Sinodale kantoor ingeroep. Daar word tans gewerk aan ‘n nuwe bedeling, waarbinne gemeentes makliker kan funksioneer met ‘n Kerkbestuur, eerder as ‘n Kerkraad. Hierdie proses sal egter eers moontlik later vanjaar voltooi wees. Intussen sal die terme ouderlinge en diakens, weer administratief gebruik word. Ons beklemtoon dat die Kerkraad steeds in diè gemeente as die Leiersraad sal funksioneer, met net die verskil dat die leiers in

Page 4: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

die toekoms weer as ouderlinge en diakens bevestig sal word. Die ampte sal egter geensins ‘n verandering te weeg bring binne die funksionering van die Leiersraad nie, maw geen wyke, kollekteerpunte, ens sal heringestel word in die Rooikerk nie. Ook geen verandering tree by Striata in nie. Die besluit dien dus slegs ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan, word die Kerkbestuur bevestig op 18 Augustus om 18:00 en terselfdetyd ook weer bekendgestel aan die gemeente.

Ouderlinge: Diakens:

Danie Strauss Alta Coetzee Phillipp Coetzee Danie De Jongh Diek Conradie Tiana Geringer Rolyn du Plessis Hendrina Jacobs Leon Grovè Jan Joubert Hilda Human Ernie Langer Jan Jacobs Kobus Le Roux Madeleen Janse van Rensburg Gerda Liebenberg Jaco Jansen van Rensburg Karin Louw Sunè Kotze Frikkie Potgieter Helene Krantz Willie Steyn Francois le Roux Eben Rautenbach Lisma Liebenberg Roelf Reynecke Sanet Naude Astrid Schmidt Mauritz Roodt Piet Schoeman Maretha Steyn Trunette Sevenster Naas Bezuidenhout Marilize van Niekerk Gerty van Aswegen Emil van Zyl Steyn van Aswegen Danie Taljaard Cobus van der Walt Esmè Sinden Sophie Potgieter Conrad de Reuck Trynie de la Ray

Enige besware teen voorgestelde name, kan by die kerkkantoor

voor of op 28 Julie 2018, ingedien word.

Page 5: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Indien jy kan, onthou om ʼn botteltjie toebroodjiesmeer vir die seuns in die houer by die Inligtingstoonbank te sit.

Kontak Alta 0836870543 vir enige verdere navrae..

Ons wil net baie dankie sê vir almal wat hul harte oopgemaak het vir die pragtige twee seuntjies by wie se versorging Hendrina betrokke is. Enige skenkings is steeds welkom, veral weggooi doeke is mos maar ‘n deurlopende uitgawe. Groottes vir klere of doeke: 12-18 maande & 3-4jaar. Nogmaals, baie dankie.

Kontak Hendrina 079 506 5014 of die Kerkkantoor

Op 4 Augustus skop die 2019 40-DAEVELDTOG, af

Tema: LUISTER, GEROEP en GESTUUR vir die HELE gemeente.

Kontak:Steyn (082 5665 938) of die kerkkantoor vir meer inligting.

4 Augustus 2019 – 15 September 2019

Page 6: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 30 JUNIE 2019 (Striata ingesluit)

Begroot vir die jaar

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -

2,894,028.73 -895,281.38 -1,998,747.35

Min: UITGAWES 2,894,028.73 797,599.23 2,096,429.50

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 223,727.07 696,875.63

* Gemeentevisie / Sending- en Uitreikaksies 425,630.00 87,433.56 338,196.44

* Salarisse en Lone 1,547,796.03 486,438.60 1,061,357.43

(-Tekort) / Surplus 0.00 97,682.15

Julie se spesiale koevertinsameling gaan vir Ondersteuningsdiensgroep.

Diensgroep vir Finansies

Gebedsbediening

“…. daar is slegs motivering, slegs een rede wat ons die moed gee om te bid – in vreugde of rou, hoogtes of dieptes, voorspoed of teëspoed, goeie of slegte tye – God se getrouheid.”

Die gebed van Salomo – Annes Nel

Page 7: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die Kommunistiese Party oefen meer beheer uit in China en die regering het die dophou van burgers verskerp. In ʼn toenemende getal voorvalle is Bybels gekonfiskeer, klopjagte op kerke uitgevoer en pastore beboet en gearresteer. Sommige sendelinge is selfs uit die land gesit. Die groeiende invloed van materialisme en ʼn verbruikersgesindheid is ook as ʼn gevaar vir die Kerk in China geïdentifiseer.

Bid: Dat godsdiensbeperkinge nie veroorsaak dat die Kerk terugkrimp nie – eerder dat dit sal groei in getalle en waagmoed.

Engo-Klokkieprojek

Onthou om die koevertjies terug te bring

Vervang al jou gloeilampe met energiebesparende gloeilampe.

#27 China

Page 8: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Twee geleenthede word vir die gemeente geskep om GLS 2019 by te woon

17-20 Oktober 2019 – Port Elizabeth

Daar is nog 7 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in Port Elizabeth by te woon. Die koste verbonde is R1400 pp wat dan insluit inskrywingsfooi, reis, verblyf en etes vir die 3 dae. Kontak Esme by die kerkkantoor vir ‘n inskrywingsvorm en om die betaling te maak.

25-26 Oktober 2019 - BLOEMFONTEIN

Daar is 5 plekke beskikbaar vir persone om die GLS in BLOEMFONTEIN by te woon. Koste beloop R100, vir die eerste 15 persone wat inskryf, vir die BLOEMFONTEIN GLS. Die inskrywing sluit in die bywoning van die GLS in BLOEMFONTEIN. Kontak Esme by die kerkkantoor vir ‘n inskrywingsvorm om die bespreking te maak en betaling te doen.

NB! BEURSE EN LENINGS - NG KERK VRYSTAAT

Die Sinodale Kerkkantoor ken jaarliks beurse en lenings toe aan voltydse

teologiese sowel as nie-teologiese studente. Aansoekvorms vir beurse en lenings ten opsigte van die 2020 studiejaar is reeds by hierdie kantoor

beskikbaar. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2019 om 16:00. Vir verdere navrae in dié verband, kontak gerus vir

Danielle van Heerden by 051 406 6700, of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

LET WEL, hierdie beurse en lenings word slegs aan studente (nie-teologies) toegestaan wat aan ’n Vrystaatse instansie studeer en wie se

ouers in die Vrystaat woonagtig is, asook teologiese studente wat aan die Universiteit van die Vrystaat studeer. Voorwaardes geld.

Page 9: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die Rooikerk gaan stap. Naweek van 25 - 27 Oktober Roete: Cannibal Trail op St Fort by Clarens

Koste vir die stap beloop R400 per persoon. (Hierdie is slegs vir die stap en verblyf).

MOET VOOR 16 AUG 2019 INBETAAL WORD, AANGESIEN ONS MOET BETAAL OM ONS PLEK TE BESPREEK. ALLE GELD KAN BY DIE KERKKANTOOR OF IN DIE KERK SE REKENING INBETAAL WORD. Gebruik "ROOISTAP+VOORLETTER+VAN" as verwysing.

Vervoer, kos en stapbenodigdhede is vir elkeen se eie sak, maar daar sal saamrygeleenthede wees. Meer besondere en fynere detail sal later deur gegee word.

Kom kry jou inskrywingsvorm in die kerkkantoor of nà die diens in die koffiekroeg by Maatjé.

Daar is net 30 plekke beskikbaar. Die roete is nie geskik vir jong/klein kinders nie (aangesien dit 'n oornagroete is en elkeen sy/haar eie toerusting, kos ens moet dra). Kinders jonger as 16 moet deur volwassene vergesel word. Mense buite die gemeente is ook welkom. Ons werk op "first come, first serve basis".

Stuur jou bewys van betaling en inskrywingsvorm aan [email protected] of bring dit Sondag vir my by die kerk.

Lees gerus die onderstaande stukkie oor die roete.

“The route is a circular one of approximately nine km the first day and seven km the second day. The route takes you through differing landscapes, from stunning mountain views, to river walks, forest ambles to boulder hopping in and along gorges. This beautiful farm is situated in the Rooi and Witte Berg Mountains of the Eastern Free State. This is a hikers hike, well marked and provides all the amenities that a hiker demands, with numerous picnic spots, a swimming hole, interesting scenery and a level of hiking that fits the serious hikers but not too strenuous for the beginner hiker.

On the first day the trail passes overhang caves with rock ‘kraals’, one of which has bushman paintings. The second day offers breathtaking views of the Malutis including Horeb, Woodhouse, Generaalskop, Visierskerf and George’s Pimple. You will walk through a valley along a mountain stream. You can then leave your backpack at the crossing to climb up to the Mushroom Rock.”

Maatjé 073 666 8396

Page 10: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

`

“As dit nie vir die Here was nie!“

Vandag: 28 Julie 2019

Vanoggend se erediens word gelei deur Nico Oosthuizen

Teks: Psalm 89

Tema: Wat om te doen as daar niks te doen is nie?

PROGRAM VIR DIE WEEK

Dinsdag: Gesamentlike Bybelstudie om 10:00. Ons gaan verder met die Johannes-evangelie, hoofstuk 2:1-11. Die formaat is informeel. Na gebed word die gedeelte gelees waarna ds. Frans teks vir teks deurgaan om interessante inligting weer te gee. Daarna is daar geleentheid om vrae te vra of opmerkings te maak. Voorwaar elke keer ʼn voortreflike samekoms van gelowiges . Kom saam, dan sal julle sien (Joh. 1:39). Almal is welkom!

Wyksbyeenkoms: Wyk 10, Woensdag 31 Julie om 14:30 By Pieter en Anilda Kotzè.

GELUK MET JOU VERJAARSDAG

30 Julie Martie Loubser 31 Julie Sarie Götz

Mag jou hart elke dag die dou van die klein vreugdetjies van die lewe opvang en verfris word. Kahlil Gibran

Page 11: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Voorbidding & Gebed

ʼn Mens moenie so hard werk dat jy geen krag oor het om te bid nie. Om te kan sterk wees, moet jy bid. En om te kan bid, moet jy sterk wees. Hudson Taylor.

Wat ʼn onbeskryflike voorreg is dit om te mag bid! Martin Luther

Daar is heelwat mense wat siek is maar verkies om dit privaat te hou. God weet wie hulle is en daarom kan ons steeds anoniem vir hulle bid.

Gebedsversoeke kan aan leiersraad, ds. Frans asook Hilda Human deurgegee word. Jy bepaal self of dit op die Kandelaar, gemeentelikegebedebediening of in die kleine

gesirkuleer word vir gebed.

Gebedsbediening

Jy is so welkom om saam met medegelowiges voorbidding te doen. In die proses word jyself geseën.

Laat kry my jou naam en selfoonnommer en ek gee vir jou gebedsversoeke deur en jy bid op jou eie tyd en plek waar dit vir jou gerieflik is. Dankie by voorbaat.

Hilda Human 083 732 1025

Page 12: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans …rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/07/Kandelaar-28... · 2019. 7. 26. · ‘n administratiewe doel. In die lig hiervan,

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

LOS GEDAGTES WAT AANPAS BY DIE BOODSKAP

Die enigste twee probleme wat verdwyn as jy dit lank genoeg ignoreer, is sneeu en jou kinders se tienerjare. Earl Wilson

Laat die sonlig van God se beloftes oor jou probleme skyn. Corrie ten Boom (1892-1983).

Ons sal verbaas wees om te sien hoe baie mense hulle lewe van grootsheid en betekenis te danke het aan die feit dat hulle moes leer om geweldige probleme te bowe te kom. Charles Spurgeon (1834-1892)

Om oud te word, is erg; maar die alternatief is erger. Honorè de Balzac

***********

BOODSKAP VAN SEËN - Annelize Wiid

Jy is geseën om te seën, Jy’t gekry om te gee Jy leef om jouself vir ander te gee Jy is geroep om te kom en gestuur om te gaan Jy is geseën om te seën Vol van ontferming, vol liefde, vol troos buk die Heer van die heelal oor jou En sy geur bly hang, sprekend, soos wierookwolk om jou Jy is geseën om te seën, jy’t gekry om te gee Jy leef om jouself as ‘n offer te gee Jy is geroep om te kom en gestuur om te gaan Jy is geseën om te seën So broos en so breekbaar, so alledaags, so dra jy kennis van God soos ‘n skat in jou erdekruik-lewe van elke dag-klei leef die Gees van ‘n Multi-magnaat Wat jou seën om te seën, jou laat kry om te gee Jy leef om, soos Jesus, jou lewe te gee Mag Hy oor jou skyn, mag jy werk in Sy lig, Om te seën en te seën en te seën!