weet u … geliefdes … wanneer ons ons bybels oopmaak 3,1-27.pdf · 2017. 3. 27. · 4...

19
2Kon 3:1-27 In 2Kon 3 wys die HERE: in die woorde en dade van Joram en Mesa ons bose harte in ‘n Goddelose wêreld. Maar ook: Die Evangelie van verlossing en hoop in Sy eie woorde en dade deur Elisa. Maart 2017 Ps 145: 1, 2 – vooraf Ps 145: 10, 11, 12 – lofpsalm Ps 130: 1, 2 – na wet Ps 25: 3, 4 – as antwoord op die Woord Ps 112: 5, 6, 7, 8 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 119: 23, 25, 26 – slotpsalm Lees: 2Kon 3:1-27 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 3 ontmoet ons hierdie konings. Daar’s Joram van Israel Josafat van Juda Mesa van Moab. Die koning van Edom. Opmerking In-ie Basuin is-aar ‘n kaart wat wys waar hierdie Konings regeer het. Behalwe vir-ie konings is hier in 2Kon 3 ook ‘n militêre-operasie van Joram Josafat en Edom teen Moab. Maar dan-saar ‘n krisis. Die hele operasie is op-ie randjie van mislukking. Die koalisie-weermag van Joram, Josafat en Edom staar uitwissing in-ie gesig. Hulle sit sonder water in-ie woestyn. Maar dan’s Elisa daar. Deur hom werk-ie HERE met wonderwerke. Die HERE gee water. Die HERE gee oorwinning. Heel aan-ie einde offer koning Mesa van Moab sy oudste seun sy troon-opvolger. Is-it nie verskriklik walglik nie! En dan? Vers 27 sê: “Toe het ‘n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.” Toepassing 1 So wat-sie HERE se boodskap? Hoe gee die HERE vir ons lering in 2Kon 3? Wel-ie HERE gee-it met Joram en Josafat en Mesa se woorde en dade in vers 1-14 en ook in vers 26-27. Die HERE wys ons in hulle woorde en dade 1 Vgl OTES 611 bl 89-90

Upload: others

Post on 22-Jan-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 2Kon 3:1-27 In 2Kon 3 wys die HERE: in die woorde en dade van Joram en Mesa ons bose harte

    in ‘n Goddelose wêreld. Maar ook: Die Evangelie van verlossing en hoop in Sy eie woorde en dade deur Elisa.

    Maart 2017 Ps 145: 1, 2 – vooraf Ps 145: 10, 11, 12 – lofpsalm Ps 130: 1, 2 – na wet Ps 25: 3, 4 – as antwoord op die Woord Ps 112: 5, 6, 7, 8 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 119: 23, 25, 26 – slotpsalm

    Lees: 2Kon 3:1-27 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 3 ontmoet ons hierdie konings. Daar’s Joram van Israel Josafat van Juda Mesa van Moab. Die koning van Edom.

    Opmerking In-ie Basuin is-aar ‘n kaart wat wys waar hierdie Konings regeer het.

    Behalwe vir-ie konings is hier in 2Kon 3 ook ‘n militêre-operasie van Joram Josafat en Edom teen Moab. Maar dan-saar ‘n krisis. Die hele operasie is op-ie randjie van mislukking. Die koalisie-weermag van Joram, Josafat en Edom staar uitwissing in-ie gesig. Hulle sit sonder water in-ie woestyn. Maar dan’s Elisa daar. Deur hom werk-ie HERE met wonderwerke. Die HERE gee water. Die HERE gee oorwinning. Heel aan-ie einde offer koning Mesa van Moab sy oudste seun sy troon-opvolger. Is-it nie verskriklik walglik nie! En dan? Vers 27 sê: “Toe het ‘n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.”

    Toepassing1 So wat-sie HERE se boodskap? Hoe gee die HERE vir ons lering in 2Kon 3?

    Wel-ie HERE gee-it met Joram en Josafat en Mesa se woorde en dade in vers 1-14 en ook in vers 26-27. Die HERE wys ons in hulle woorde en dade

    1 Vgl OTES 611 bl 89-90

  • 1

    ons bose verdorwe harte in ‘n Goddelose wêreld.

    Maar binne in-it alles is-aar Elisa. En deur Elisa werk-ie HERE met wonderwerke in vers 14-25 waarmee die HERE die Evangelie die goeie-nuus van Jesus Christus wys.

    * * * * * Voor ons nou hierop ingaan moet ek net eers iets sê. En dis-at dit alles regtig baie is. Dis ryk diep. So as ons op alles ingaan gaan-it lank wees. So ek het gedink ons moet fokus net op Joram en Mesa en op Elisa en hoe-ie HERE deur hom werk.

    Opmerking Oor Josafat kan julle in-ie Basuin lees. En lees-it. Dis net so belangrik.

    So ek dink ons maak ons tema is die volgende:

    In 2Kon 3 wys die HERE: in die woorde en dade van Joram en Mesa ons bose harte in ‘n Goddelose wêreld Maar ook: Die Evangelie van verlossing en hoop in Sy eie woorde en dade deur Elisa.

    Dis ons tema. En soos ons dan deur 2Kon 3 gaan werk • gaan ons eers stil staan by-ie Konteks in vers 1. • En dan gaan ons fokus op Joram in vers 2-14. • En op Elisa en-ie HERE in vers 14-25. • Heel laaste op koning Mesa wat sy seun offer vers 26-27. 1. So kom ons begin by-ie Konteks.

    A. Vers 1 gee-it: “En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die agttiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en hy het twaalf jaar geregeer.” Nou-sit as vers 1 sê dat Joram die seun van Agab koning geword het dat ons pens-en-pootjies binne in ons Goddelose wêreld is. Dis 2Kon 3 se Konteks.

    Verduidelik2 Joram begin regeer in 852 vC.3 Voor hom het sy pa Agab regeer van 874 vC af.4 Agab was regtig boos. Hy en sy bose vrou Isebel het mos-ie Baäl-afgodsdiens ingevoer.

    Opmerking Daaroor kon ons al heelwat leer.

    Dit was ‘n skrikwekkende tyd. ‘n Tyd van totale rugdraai op-ie HERE.

    2 Vgl 1Kon 16,29-17,1.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3 Vgl Reformation study Bible bl 473 4 Vgl Reformation study Bible bl 473

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • 2

    ‘n Tyd van vervolging ‘n Tyd waarin-ie HERE se profete sistematies uitgemoor is. ‘n Tyd van onreg korupsie magsisbruik.

    En nou na Agab word sy seun Joram koning.

    Opmerking5 Ahasia ook ‘n seun van Agab was voor Joram koning. Maa-nie lank-ie. Net ‘n jaar. Toe’s hy dood. 2Kon 1 vertel daarvan.

    Toe’t Joram koning geword. En dan gaan-it onder sy regering nie veel beter-ie. Want vers 2 sê: “En (Joram) het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE ...”

    Verduidelik6 So Joram se lewe en regering was boos Goddeloos vol opstand teen-ie HERE.

    Dis 2Kon 3 se konteks. Ons is in ‘n Goddelose tyd.

    * * * * * B. Maar alles is-ie net donker en moedeloos nie. Die wêreld is vol Goddeloosheid maar beslis-ie sonder hoop en sonder God nie. Hoekom nie? Wel kyk weer vers 1: “En Joram, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría ...”

    Verduidelik7 Samaria is-ie hoofstad van-ie noordelike-10-stamme-ryk Israel. Daar’t Agab regeer. En nou ook Joram. Maar maar dis ook waar Elisa nou is.

    Bewys Dis hoe 2Kon 2 stop. Kyk-aar in 2Kon 2:25 “En hy (Elisa) het daarvandaan (van Bet-el af) na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samaría teruggekom.”

    Voor verlede week in 2Kon 2:19-25 waar-it gaan oor-ie wonderwerke wat die HERE deur Elisa in Jerigo en Bet-el gedoen het voor Elisa Samaria toe is kon ons leer dat: In ons wêreld vol Goddeloosheid gaan Elia weg

    2Kon 2:1-12 vertel daarvan

    5 Vgl 2Kon 1,1-18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 387; TWOT vol 2 bl 855-856 7 1a – בׁשמרון sluit vir my aan by 2:25b se ומׁשם ׁשב ׁשמרון. Wat sê dit vir ons? Wel, die patroon van 2Kon 2:13 af was dat die

    HERE Elisa uitgewys het as sy profeet deur wie Hy nou in ‘n Goddelose tyd vaol afval aan die werk is. Met Elisa in Samaria en 2Kon 3:1 wat on sook in Samaria plaas lyk dit asof hierdie patroon nou verder gaan … Die HERE gaan nou verder wys dat Elisa sy profeet is en dat Hy in ‘n tyd vol Goddeloosheid en afval deur Elisa aan die werk is (vgl House se 2Kon komm bl 262; The Expositor’s Bible comm vol 3 bl 815). Dus: die tema van 2Kon 2 van Die HERE is nie weg nie maar aan die werk deur Elisa … gaan dus voort.

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • 3

    maar nie die HERE nie. Nee die HERE is hier en aan-ie werk deur Elisa. En ook dit is deel van 2Kon 3 se konteks.

    Oorgang En binne in hierdie konteks gaan ons nou fokus op Joram. 2. En hoe-ie HERE in Joram se woorde en dade vir ons

    ons bose harte uitwys. A. Die eerste ding wat die HERE wys in-ie woorde en dade van Joram oor ons bose harte is-at ons harte vol is van selfgesentreerde eiewillige Godsdiens. Ons sien-it in vers 2-3. a1. Vers 2 sê: “En (Joram) het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.”

    Verduidelik8 So Joram se lewe en regering was boos liefdeloos in opstand teen-ie HERE. Maar dan-saar tog ook iets anders. Vers 2 sê hy was-ie so erg soos sy pa en ma nie. Sy pa en ma leef met hierdie totale rug-draai op-ie HERE. Hierdie totale oorgawe aan Baäl. Nie Joram nie. By hom was-aar ‘n wegbeweeg van Baäl af. Vers 2 sê: “hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.”

    * * * * * a2. Maar kyk nou vers 3: “Maar (Joram) het die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aangekleef sonder om daarvan af te wyk.” En hier’s Joram se krisis. Hy kleef-ie sondes van Jerobiam aan.9

    Verduidelik10 En as Joram-ie sondes van Jerobiam aankleef beteken-it hy klou daaraan. Hy wil-it nie los nie. Aankleef beteken Joram hou met oorgawe en passie en liefde en lojaliteit vas aan hierdie sondes van Jerobiam.

    So wie’s Jerobiam? En wat was sy sondes?

    8 2b – רק lei ‘n sin in waarmee daar ‘n beperking gestel word op Joram se liefdelose ongehoorsame lewe en regering (vgl

    BHNG bl 259-260; NIDOTTE vol 4 bl 577, 746; House se 2Kon komm bl 262; Reformation study Bible bl 517; Davis se 2Kon komm bl 44-45).

    9 3a – רק lei weereens ‘n sin in waarmee daar ‘n beperking gestel word. Hierdie keer gaan die beperking oor die mate waarin Joram bekeer en reformeer (vgl BHNG bl 259-260). Hy het wel tot ‘n mate die Baäl-diens uit die openbare oog gehaal (2b-c), maar hy het steeds volhard in die die sondes waarmee Jerobiam Israel laat sondig het – vgl 3a-c.

    10 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 911, vol 3 bl 238

  • 4

    Verduidelik11 Wel Jerobiam was-ie eerste koning van-ie noordelike-10-stamme-ryk nadat die koinkryk van Israel

    na koning Salomo se regering en sy sonde geskeur het. Dit was-ie HERE se straf op Salomo.

    Opmerking Ek gaan-ie nou dieper daarop ingaan-ie. Julle kan gaan lees daaroor in 1Kon 11-12.

    So dis wie Jerobiam is. So wat was Jerobiam sonde waaraan Joram so klou? Wel dit was-ie sonde van selfgesentreerde eiewillige Godsdiens.

    Opmerking Ons lees en leer daarvan in 1Kon 12:26-33. En ons het nou nie tyd om daarop in te gaan-ie. So ek gaan-it kort probeer saamvat.

    Verduidelik12 I Die eerste ding van Jerobiam se Selfgesentreerde eiewillige Godsdiens is-at dit uit jou verdorwe sondige hart kom en nie van die HERE af nie. Dit sien ons in 1Kon 12:26. II Die tweede ding kry ons in 1Kon 12:26-27. En dit is-at jou vrese jou begeertes dit waarvan jy hou dit wat vir jou gaan werk eerste staan en nie die HERE nie.

    III Die derde ding kry ons in 1Kon 12:28. Dis-at Jerobiam nie met sy selfgesentreerde eiewillige Godsdiens ‘n ander God in Israel ingevoer het nie soos Agab gedoen het met Baäl nie. Nee Jerobiam het nog steeds die HERE gehad. Maar Jerobiam het van die HERE ‘n God gemaak wat jy gebruik as jy Hom nodig het. Jy gebruik die HERE jy dien en aanbid Hom nie.

    (Gee ‘n paar voorbeelde) IV Die virede ding is-at jy selfgesentreerde eiewillige Godsdiens self uit dink. Jy kry-it nie by die HERE in sy Woord nie. Jy dien-ie HERE maar soos jy wil soos jy voel soos-it vir jou die beste werk en nie soos-ie HERE beveel nie. 1Kon 12:28-32 vertel daarvan.

    * * * * * En nou-sit aan heirdie selfgesentreerde eiewillige Godsdiens dat Joram met passie met liefde met lojaliteit vasklou. Dis wat 2Kon 3:3 sê.

    11 Vgl 2Kon 11-12 12 Vgl Davis se 2Kon komm bl 139-145; Olley se 1Kon komm bl 135-137; Van Gelderen se 1Kon komm bl 32; Davies se

    1Kon komm bl 250; NIDOTTE vol 1 bl 1082, vol 4 bl 733, 770.

  • 5

    Die HERE is vir Joram ‘n God wat hy gebruik vir sy voordeel hy dien en aanbid Hom nie. Joram is-ie belangrikste en nie die HERE nie. Joram wil die HERE dien soos hy wil en nie soos die HERE beveel nie. Dis Joram se selfgesentreerde eiewillige Godsdiens waaraan hy klou.

    Toepassing13 So waaraan klou ons? Wie-sie HERE vir ons? Dien en aanbid ons Hom of gebruik ons Hom vir ons voordeel? Wie staan vir ons eerste? Die HERE? Of my begeertes en wat ek wil en wat vir my werk? Hoe dien ons-ie HERE? Soos Hy beveel? Of soos ek wil?

    Oorgang Weet jy mens kry nogal-ie antwoord op al hierdie vrae as-aar krisise in jou lewe kom. Die HERE wys-it in-ie lewe van Joram. Daai krisis in sy lewe het gewys hoe selfgesentreerde eiewillige Godsdiens aaklig aan-ie werk was in sy hart. Die HERE wys-it vir ons in vers 4-11. So kom ons beweeg aan van vers 2-3 af na vers 4-11.

    B. En hoe die HERE ons in-ie lewe van Joram wys hoe ‘n krisis daai aaklige selfgesentreerde Godsdiens in jou hart uitwys.

    Toepassing En hoe selfgesentreerde eiewillige Godsdiens jou binne in daai krisis hoop-loos maak en sonder God maak en vol sondige woede en opstand teen God maak.

    b1. Nou waar vers 1 konteks gee en vers 2-3 Joram se hart vol selfgesentreerde eiewillige Godsdiens wys ontmoet ons in vers 4 vir koning Mesa van Moab.

    Mesa het “aan die koning van Israel honderd duisend lammers en honderd duisend ramme se wol gelewer.” Sê vers 4.

    Verduidelik14 Dit was sy jaarlikse belasting aan Israel. Want Moab was op daardie stadium onder beheer van Israel.

    b2. En toe? Wel Mesa het moeg geword hiervoor. En na Agab se dood15 het hy opgehou belasting betaal.

    13 Vgl Davis se 1Kon komm bl 145; Olley se 1Kon komm bl 136-137 14 Vgl K&D se 2Kon komm bl 284; Reformation study Bible bl 518; NIDOTTE vol 3 bl 818, vol 4 bl 734, 1026-1027; Hobbs se

    2Kon komm bl 34; House se 2Kon komm bl 263 15 5a – כמות אחאב het die betekenis van ‘op die oomblik toe Agab dood is’/ ‘net nadat Agab dood is’ (BHNG bl 118). Die Lxx

  • 6

    Verduidelik16 Hy’t in opstand gekom sê vers 5.

    b3. En Joram? Wel hy-dit nie daar gelos-ie. Ons sien-it in vers 6-7.

    Verduidelik17 Sonder Moab se belasting geld het Israel ‘n groot finansiële knou gekry.

    So Joram het dadelik18 ‘n grootskaalse militêre-operasie begin organiseer. Die hele Israel is opgeroep. Joram het ook vir Josafat van Juda so ver gekry om saam te veg. b4. Vers 8 vertel van Joram en Josafat se invalsroete.

    Verduidelik19 Hulle sou Moab uit die suide uit die gebied van Edom binneval. Blykbaar het Mesa eerder ‘n aanval uit die noorde verwag. So ‘n aanval uit die suide sou hom onverhoeds vang.20 En so aanval uit die suide uit Edom was moontlik want Edom was daardie stadium onder Juda se beheer.21 Daarom ook dat ons in vers 9 lees dat Edom deel was van-ie Israel-Juda-koalisie-weermag.

    Opmerking Die kaart in-ie Basuin gee mens ‘n goeie idee hoe Joram-hulle se invalsroete geloop het.

    b5. Maar toe kom-aar ‘n krisis. Kyk vers 9: “So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle ‘n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.”

    Verduidelik22 Dis ‘n krisis hê? Sonder water gaan-ie Israe-Juda-koalisie-weermag ver verloor.

    b6. En toe? Wel Joram reageer in hierdie krisis.

    verstaan dit op lg manier: ἐγένετο μετὰ τὸ ἀποθανεῖν Αχααβ (vg look Hobbs se 2Kon komm bl 35). 5a gee vir ons die tyd waarin 5b (die opstand van Moab) gebeur (BHNG bl 272).

    16 5b – ויפׁשע = Qal wayiqtol 3de ml ev van פׁשע, met die betekenis van ‘en hy het gerebeleer/ in opstand gekom’ (NIDOTTE vol 3 bl 707). Hierdie opstand van Mesa was polities. Dit het ingehou dat hy nie meer onderhorig en belastingpligtig aan sou wees nie (vgl K&D se 2Kon komm bl 301; House se 2Kon komm bl 263; NIDOTTE vol 3 bl 707, 708).

    17 Vgl House se 2Kon komm bl 263; Davis se 2Kon komm bl 43; Olley se 2Kon komm bl 225-226 18 6a – Ons sien hierdie dadelike reaksie in die vorsetsel-frase ביום ההוא, wat hier terug verwys na die tyd net na Agab se

    dood en die opstand van Moab (vgl Lange se 2Kon komm bl 31; K&D se 2Kon komm bl 302). 19 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 35 20 Vgl Lange se 2Kon komm bl 31; K&D se 2Kon komm bl 302 21 Vgl Lange se 2Kon komm bl 31; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 818; NIDOTTE vol 4 bl 748 22 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 929; Hobbs se 2Kon komm bl 35

  • 7

    Ons kry sy reaksie in vers 10.

    Opmerking En nou-sit met Joram se reaksie op hierdie krisis in vers 10 dat die HERE ons wys hoe selfgesentreerde eiewillige Godsdiens aaklig aan-ie werk was in sy hart.

    So kom ons gaan dieper in op vers 10. Joram reageer nou hier op-ie krisis in-ie woestyn van Edom: “Toe sê die koning van Israel: Ag, die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!”

    Verduidelik23 Ons verstaan hierdie reaksie van Joram beter as ons-it vergelyk met Josafat se reaksie in vers 11.24

    Josafat25 Nou Josafat het ‘n klomp goed verkeerd gedoen. Julle kan in-ie Basuin daaroor lees. Maar Josafat was tog anders as Joram. 1Kon 22:43 sê dat Josafat gedoen het wat reg is in-ie oë van-ie HERE.

    So Josafat het geleef in vertroue op-ie HERE. Josafat het ‘n lewe geleef waarin hy wou hê die HERE moet eerste wees in sy lewe. Josafat was Godgsentreerd en nie selfgesenreerd nie. By Josafat was daar ‘n lewe van bekering.

    En kyk hoe reageer Josafat in-ie krisis waarin die Israel-Juda-koalisie weermag sit. Joram sê in vers 10: “Ag, die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!” Josafat sê in vers 11: “Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie?”

    * * * * * Sien julle-ie verskil?26 Josafat soek in-ie krisis ‘n profeet. So Josafat soek in-ie krisis die Woord en-ie Wil van-ie HERE. Want dis wat ‘n profeet vir jou gee. Nie Joram nie. Joram soek-ie die HERE nie. Hy soek-ie die Woord en Wil van-ie HERE nie.

    23 Vgl Lange se 2Kon komm bl 31; Van Gelderen se 2Kon komm bl 379; Davis se 2Kon komm bl 44 24 Vgl Davis se 2Kon komm bl 44 25 2Kron 17:3-9; 19:3-4; vgl ook Reformation study Bible bl 518 26 Vgl Davis se 2Kon komm. bl. 44

  • 8

    Nee Joram kla. Joram murmreer. As Joram in vers 10 sê: “Ag, die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!” dan-sit die reaksie van:

    ‘Dis die almagtig-soewereine God wat alles almagtig-soewerein regeer-en-beheer

    se skuld. Dis Hy wat nou maak dat my wil en my planne vir-ie inval in Moab nie werk nie’.

    So Joram is kwaad vir-ie HERE.

    Hoekom reageer Joram so?

    Verduidelik27 Ons het dit by vers 2-3 gesien. Joram se hart is vol selfgesentreerde Godsdiens. Joram staan eerste en nie die HERE nie. Joram gebruik die HERE. Jorma dien nie die HERE nie. Vir Joram is die HERE daar om jou planne te laat werk. En as-ie HERE dit nie laat werk-ie? Wel dan word jy met jou selfgsentreerde hart

    waar jy alles wil wees eintlik God wil wees dik-mond mor-pot depresief. Jy word kwaad vir-ie HERE omdat Hy nie jou planne laat uitwerk-ie. Eintlik word jy kwaad vir-ie HERE omdat Hy God is en nie jy nie.

    Toepassing Sien julle hoe laat hierdie krisis in-ie woestyn Joram se selfgesentreerde eiewillige Godsdiens aaklig uit sy hart borrel? Dis ook hoe my en jou selfgesentreerde eiewillige Gidsdiens lyk as ons in ‘n krisis kom. Jy word dik-mond morpot depresief morbied sonder-hoop kwaad vir God in opstand teen Hom. En dis so radikaal verkeerd! Dis so anders as wanneer-ie HERE ons verlos en ons harte verander sodat Hy al-meer eerste staan.

    Voorbeelde I Dan kan ons met Ps 119:75 sing: “Ek weet, HERE ... dat U my uit getrouheid verdruk het.” II Dan kan ons saam met Paulus in Rom 5:1-3 sê: “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is,

    27 Vgl Wiseman se 2Kon komm bl 213; Olley se 2Kon komm bl 379

  • 9

    het ons vrede by God ... en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God. En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge ...” III Dan kan ons vol kragtige sekerheid met Rom 8:28 sê: “ons weet dat vir hulle wat (vir) God liefhet, alles ten goede meewerk ...” IV Dan kan ons in ons krisise bly wees want Jak 1:2-3 sê: “Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.”

    Selfondersoek So geliefdes wat wys-ie HERE in-aai krisis oor wat in my-en-jou harte aan-ie gang is? Leef ek in-aai krisis met selfgesentreerde eiewillige Godsdiens

    dikmond sommer vinnig kwaad vir my kinders

    en my vrou en almal om my kwaad vir die HERE omdat Hy my planne nie laat werk nie? Of leef ons Godgesentreerd met Ps 119 en Rom 5 en Rom 8 en Jak 1 wat in my kop draai en my dink-en-doen binne in my krisis rigting gee. Terwyl ek-ie HERE dank dat ek nie God is nie maar Hy en dat Hy regeer en dat Hy besig is om met alles wat gebeur in my te werk en dat dit vir my goed is al verstaan ek-ie altyd nie. So waar staan ek en jy?

    Oorgang Joram was besig om in sy krisis sy selfgesentreerde eiewillige Godsdiens voluit uit te leef. En dis so gevaarlik. Want as jy hiermee aanhou kom-ie oordeel van-ie HERE oor jou. En-ie HERE wys-it in-ie lewe van Joram in vers 11-14. So kom ons fokus nou daarop.

    C. Op vers 11-14 en-ie skrikwekkendheid dat selfgesentrerede eiewillige Godsdiens jou onder-ie oordel van-ie HERE bring. c1. In vers 11 vra Josafat vir ‘n profeet. Een van Joram se dienaars sê toe dat Elisa daar is.

  • 10

    En toe? Wel vers 12 vertel dat Joram, Josafat en-ie Koning van Edom toe na Elisa toe is. En dan kom-it soos ‘n donderslag in vers 13. Elisa praat eerste met Joram: “Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder!”

    Verduidelik So Elisa groet-ie eers-ie. Nee! Dis sommer dadelik: “Wat het ek met jou te doen?

    Niks nie!28 Gaan na die profete van jou vader en die profete van jou moeder!”

    Want by my is-aar-ie ‘n Woord van-ie HERE vir jou nie.29

    Toepassing30 Sien julle wat gebeur? Joram klou met liefde aan selfgesentreerde eiewillige Godsdiens. Hy leef met volharding ‘n lewe waarin-ie HERE vir hom ‘n God is wat jy gebruik wanneer jy Hom nodig het en wat jou planne vir jou moet leet werk. En dan? Wel in sy krisis praat die HERE nie deur Elisa met hom-ie.

    * * * * * c2. Ons sien-it ook as ons aan lees vers 14 toe. Na Elisa vir Joram gesê het hy wil niks met hom te doen hê nie praat Joram met Elisa. Kyk vers 13: “Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.”

    Verduidelik31 So wat bedoel Joram? Hoekom sê hy nou die selfde woorde van vers 10 vir Elisa ook? Is-it dalk dat Joram nou-ie HERE se soewereine almag in sy lewe begin aanvaar? Wel wat dit ook-al is. Dis-ie bekering nie.

    Want as Elisa in vers 14 met Joram praat dan-sit steeds in oordeel: “En Elísa sê:

    28 13b – Met die frase מה־לי ולך sê Elisa baie strek aan Joram ‘wat het ek te doen met jou’ (Holladay bl 184). Elisa maak dus

    baie sterk onderskeid tussen hom en Joram … Hy distansieer hom. Daar is nie ooreenkoms tussen hom en Joram nie. Joram leef immers nie meer in oorgawe aan die HERE nie. Joram het hom met liefde en lojaliteit oorgegee aan die eiewillige-kalwer-kultus van Jerobiam (vers 3) – ‘n valse godsdiens waarin die ware Godsdiens verdraai word om die selfgesentreerde ek te pas. So, wat het Joram te doen met Elisa, as profeet van die HERE (vgl Lange se 2Kon komm bl 31; Hobbs se 2Kon komm bl 36; House se 2Kon komm bl 263; Van Gelderen se 2Kon komm bl 282; Reformation Heritage KJV study Bible bl 517).

    29 Vgl Lange se 2Kon komm bl 31; Van Gelderen se 2Kon komm bl 382; Davis se 2Kon komm bl 45 30 Vgl Davis se 2Kon komm bl 45 31 Vgl House se 2Kon komm bl 263; Olley se 2Kon komm bl 224

  • 11

    So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan So wat nou kom is ernstig. Want met hierdie woorde sweer Elisa.32 En wat nou kom kom van die HERE af. Want Elisa staan-ie net voor Joram nie. Hy staan ook op-ie oomblik voor-ie HERE.33

    “as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.”

    Verduidelik34 So hier-sit weer. Elisa wil-ie met Joram praat nie. As Josafat nie daa-was-ie sou Elisa glad-ie eers aandag aan Joram gegee het nie. So wat sê Elisa vir Joram? Wel ‘in jou krisis Joram praat die HERE nie meer deur my met jou nie. In jou krisis Joram is-ie HERE nie meer daar vir jou nie. In jou krisis Joram staan jy sonder-ie HERE onder-ie oordeel van-ie HERE.’

    Toepassing35 En nou moet hierdie baie ernstig met ons praat. Want hierdie wys waar jy eindig as jy soos Joram aanhou met ‘n lewe van selfgesentreerde eiewillige Godsdiens. Dit wys waar jy eindig as jy aanhou leef asof-ie HERE ‘n God is wat jy kan gebruik waneer jy Hom nodig het. Dit wys waar jy eindig as jy aanhou leef met die idee dat die HERE daar is vir jou om alleen maar jou begeertes en jou wil en jou planne te laat werk. Hou aan daarmee en daar gaan ‘n dag kom wanneer die HERE nie meer met jou gaan praat nie en jy sonder-ie HERE onder sy oordeel gaan wees.

    Oorgang Weet julle: Nou-sit wanneer-ie HERE ons met die lewe van Joram konfronter

    met ons eie bose harte en sy oordeel daaroor

    32 Vgl Hebreeuse spraakkuns bl 246; BHNG bl 242; Joüon&Muraoka, A grammar of Biblical Hebrew bl 583; Davies JA se

    1Kon komm bl 317; NIDOTTE vol 4 bl 33; Van Gelderen se 2Kon komm bl 382; Davis se 2Kon komm bl 44 33 14c – Met אׁשר עמדתי לפניו sê Elisa dat hy voor die HERE staan. Dit beteken dat hy in diens van die HERE staan (vgl Deut

    10:8) en deur die HERE gestuur word as boodskapper/ profeet (1Kon 18:36; 2Kron 21:12; Mal 4:5) (NIDOTTE vol 3 bl 432).

    34 Vgl K&D se 2Kon komm bl 304; Van Gelderen se 2Kon komm bl 382; Davis se 2Kon komm bl 45 35 Vgl Davis se 2Kon komm bl 45. Ons sien hierdie werklikheid nie net hie-nie. Ons sien-it ook in 1Sam 28:6 en Eseg

    7:26 en Eseg 20:3 en Amos 8:11-12.

  • 12

    en ons laat sidder daarvoor dat die HERE in sy groot genade en liefde goeie-nuus van verlossing en hoop vir ons bring ook hier in 2Kon 3. Ons sien-it in vers 14-25 . So kom ons fokus nou op hierdie verse. 3. Op-ie Evangelie van verlossing en hoop in-ie Woorde en dade

    van-ie HERE deur Elisa.

    A. Nou in vers 14 sê Elsa vir Joram: “So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir ... Jósafat ... nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.”

    Opmerking En ons weet nou dat hierdie Woord van-ie HERE deur Elisa vir Joram wys: Hy’s met sy lewe van selfgesentreerde en eiewillige Godsdiens onder-ie oordeel van-ie HERE.

    Maar tog in hierdie einste Woord wys-ie HERE ook sy genade.

    Verduidelik36 Want in vers 14 sê Elisa: “So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir ... Jósafat ... nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.” Maar nou is Josafat daar en Elisa het agting vir hom. So wat sê-it? Wel-at Elisa tog nou met Joram gaan praat. Alles is nog nie verlore vir Joram nie. Hoekom? Wel Josafat is daar. Josafat maak-ie verskil. Dis wat Elisa in vers 14 sê.

    Opmerking Ons gaan net-nou hiernatoe terug kom. Hierdie is ontsettend belangrik en wonderlik.

    B. En dan begin-it gebeur in vers 15. Elisa praat steeds en dan sê hy: “Maar bring nou vir my ‘n siterspeler.”

    Of iemand wat op ‘n snaar instrument speel.37 Kyk wat gebeur toe: “En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die HERE op hom gekom.”

    36 Vgl House se 2Kon komm bl 263; K&D se 2Kon komm bl 304 37 15a – מנגן = Pi-el part ml ev van נגן, met die betekenis van ‘’n speler van ‘n snaar-instrument’ (Holladay bl 227; Lange se

    2Kon komm bl 32).

  • 13

    Verduidelik38 Of ons kan ook sê: Elisa het onder-ie almagtige invloed van-ie HERE gekom. In Elisa het die HERE kragtig deur sy Gees begin werk sodat wat Elisa nou gaan sê direkte Woord van-ie HERE gaan wees.

    Opmerking39 Lyk my in-ie tyd van Elisa het die HERE se Woord baie maal gekom wanneer daar op een of ander snaar-instrument gespeel is. Ons sien-it ook in 1Sam 10:5-6. Ek weet regtig nie hoekom-it so gewerk het nie.

    Wat ons wel weet is-at die HERE se Woord

    wat nou deur Elisa kom net absoluut wonderlik is. Dis ‘n Woord waarmee-ie HERE in hierdie krisis-situasie hierdie situasie van oordeel en dood sonder water in-ie woestyn seën en lewe bring.40

    Verduidelik Want in vers 16-17 beloof die HERE: “Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.” Belofte van seën en lewe. In vers 18-19 beloof-ie HERE oorwinning oor Moab. Groot oorwinning: “julle sal elke versterkte stad en elke uitgesoekte stad oorweldig en elke goeie boom omkap en al die waterfonteine toestop, en elke goeie stuk grond sal julle met klippe bederwe.”

    * * * * * C. En toe gebeur-it. Dis waaroor vers 20-25 gaan. Deur Elisa kom-ie Woord van-ie HERE in Joram-hulle se krisis-situasie van oordeel en dood in. En deur sy Woord werk-ie HERE. Hy bring seën en lewe.

    38 15c – ותהי עליו יד־יהוה gaan daaroor dat Elisa onder die krag/ invloed van die HERE gekom het (vgl 1Kon 18:46) … Die

    Gees van die HERE het kragtig in Elisa begin werk … Wat Elisa nou gaan sê, terwyl die snaar-instrument bespeel word, is dus onder inspirasie van die HERE/ die Gees – vgl 1Sam 10:5-6; Eseg 1:3; 3:14, 22; 8:1; 37:1; 40:1 (NIDOTTE vol 2 bl 403, 404; Hobbs se 2Kon komm bl 36).

    39 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 1072; Reformation Heratige KJV study Bible bl 517; Reformation study Bible bl 518; Hobbs se 2Kon komm bl 36; House se 2Kon komm bl 263

    40 16a-19d – Die Profetiese Woord van die HERE bestaan uit twee beloftes (Davis se 2Kon komm bl 45; Lange se 2Kon komm bl 32). vers 16-17: Die HERE los, deur ‘n wonderwerk, die water-krisis op – vgl vers 9-10. Die rivierbedding gaan vol waterdamme staan … sonder dat die koalisie-weermag wind en reën gesien het – vgl 17b-c (vgl Davis se 2Kon komm bl 45). Die HERE beloof dus dat Hy seën en lewe (water) in ‘n vloek en dood (sonder-water – vers 9-10) situasie sal gee … uit genade alleen … Joram-hulle verdien dit nie (vers 2-3, 6-8, 10, 13-14) – vgl 2:19-22 waar ons hierdie waarheid ook gesien het (NIDOTTE vol 2 bl 929; Davis se 2Kon komm bl 47-48). Vers 18-19: Die gawe van water is vir die HERE ietsie kleins … Hy sal ook volkome oorwinning oor Moab gee. Dus weerens: In ‘n dood en vloek situasie – vers 9-10; Deut 28:25 – gee die HERE die seen van oorwinning … uit genade alleen … Joram-hulle verdien dit nie (NIDOTTE vol 1 bl 762; Hobbs se 2Kon komm bl 36; House se 2Kon komm bl 264; Davis se 2Kon komm bl 47-48).

  • 14

    Bewys I41 Vers 20 vertel van-ie oorvloed water wat die volgende more daar was. Seën en lewe! II42 Vers 21-25 vertel van-ie oorwnning wat die HERE gee. In plaas van oordeel en dood gee-ie HERE die seën van lewe en-ie seën van oorwinning.

    D. Hoekom? Omdat Joram-hulle dit verdien? Wel nee! Joram verdien met selfgesentreerde eewillige Godsdiens oordeel. Wat gee die HERE hom? Seën-lewe-en-oorwinning. Hoekom?

    Verduidelik43 Ons het dit net-nou in vers 14 gesien. Elisa het daar vir Joram gesê: “as ek nie agting gehad het vir ... Jósafat ... nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.” So hier-sie antwoord op ons ‘Hoekom’. As Josafat nie daar was-ie sou-aar nie water en orwinning gewees het nie sou-aar nie seën en lewe gewees het nie. Sonder Josafat sou-aar net oordeel en dood gewees het. Maar nou’s Josafat daar. So wie’s Josafat? Wel hy-sie seun van Asa die seun van Abia die seun van Rihabiam die seun van Salomo die seun van Dawid!44

    Christus-verkondiging En nou moet Joram en ek en jy tog hierdie Woord van-ie HERE hierdie Evangelie van-ie HERE deur Elisa hoor. In ons krisis-situasie van oordeel en dood kry ons seën-lewe-en-oorwinning nie omdat ons-it vedien nie. Nee! Ons kry-it omdat Josafat daar is. Ons kry-it omdat die Seun van Dawid daar is!

    41 Vgl Davis se 2Kon komm bl 46 42 22b – Met die waw-X-qatal frase word die fokus baie skerp geplaas op die son wat opkom oor die water wat die HERE

    gestuur het (vgl OTES 611 bl 87). In vers 22 is ons dus nou weer op die dag van die vervulling van die HERE se belofte-woord deur Elisa … Wat gaan nou gebeur? Hier’s afwagting! 22c-24a vertel hoe die Moabiete mislei word deur die glans van die son op die water. Hulle dink dis bloed. Hulle dink die koalisie mag het met mekaar begin veg en mekaar dood gemaak … Dit maak hulle oormoedig … hulle storm in. Die HERE se seën en lewe vir die Koalisie mag … bring ook vir hulle die seën van militêre oorwinning (vgl Davis se 2Kon komm bl 46). 24b-25f vertel van die koalisie mag se oorwinning. Net soos die HERE beloof het deur Elisa (vgl House se 2Kon komm bl 264; The Expositor’s Bible comm vol 3 bl 818). 25a-e se waw-X-yiqtol frases plaas baie sterk die klem op die presiese vervulling net soos die HERE beloof het (OTES 611 bl 87) – vgl 19a-d met 25a-e.

    43 Vgl Davis se 2Kon komm bl 48; Reformation Heritage KJV study Bible, bl 517 44 Vgl Reformation study Bible bl 473

  • 15

    Weet julle: Hierdie waarheid moet ons na Jesus toe vat. Hy’s die Seun van Dawid45 wat in ons krisis-situasie van oordeel en dood in kom sodat die HERE omdat Jesus hier is vir ons seën-lewe-en-oorwinning kan gee. Ja sonder Jesus die Seun van Dawid is-aar net oordeel en dood. I Maar Jesus is-ie Een by Wie ons-ie seën van ewige lewe kry sê Joh 3:16.

    II Jesus is-ie een by Wie ons meer as oorwinnaars word sê Rom 8:35-37. III Deur Jesus kan ons dag vir dag breek met ons lewe van selfgesentreerde en eiewillige Godsdiens om so al hoe meer Godgesentreerd te leef Want “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Sê Fil 4:13.

    Oorgang So wat moet ons doen? Wel sien in Joram

    met sy selfgesentreerde eiewillige Godsdiens en sy manier van krisise hanteer

    ons eie bose harte. Sien in Joram onder-ie oordeel van-ie HERE ons ons eie krisis van oordeel en dood. Maar sien ook-ie Evangelie in-ie HERE se Woord en werk deur Elisa. Die HERE gee in ons oordeel-en-dood-krisis uit genade alleen seën-lewe-en-oorwinning omdat Josafat die Seun van Dawid daar is. In sy volste volheid gee-ie HERE seën-lewe-en-oorwinning omdat Jesus die volmaakte seun van Dawid wat ook-ie Seun van God is daar is. So kom ons bekeer na Hom toe! 4. En-is so belangrik! Ons sien-it in vers 26-27

    waar-it gaan oor koning Mesa van Moab wat sy seun offer. Kom ons sluit daarmee af. A. Vers 26 vertel-at Mesa saam met 700 van sy soldate uit Kir-Haserot wou uitbreek. Die Israel-Juda-koalisie weermag het die stad heeltemal omsingel. Maar toe werk-it nie. En toe? Wel vers 27 sê: “Daarop neem hy sy eersgebore seun,

    45 Mat 1:1

  • 16

    wat in sy plek koning sou word, en offer hom as brandoffer op die muur.” Dis verskriklik! En toe? Kyk-ie laaste deel van vers 27: “Toe het ‘n groot toorn oor Israel gekom, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggegaan het.”

    Verduidelik46 So hierdie ding wat Mesa gedoen het was vir Israel erg walglik. Dit het hulle woedend gemaak.

    Toe pak hulle op en gaan huis toe. B. Was-it reg? Moes hulle nie Kir-Haserot ingeneem het nie? Ek weet nie? Mens kan seker hieroor gesels. Maar ek dink nie dis-ie belangrikste vraag nie. Die belangrike vraag is:47 Wat wil-ie HERE wys vir Joram en Israel sy volk sy kerk vir ons vanoggend in vers 27 met Mesa wat sy seun offer?

    46 27d – Ek meen nie dat ויהי hier ‘n nuwe episode inlei nie. Die tyd-aanduidende frase wat gewoonlik daarmee saamgaan

    indien ויהי ‘n nuwe paragraaf inlei, ontbreek hier (bgl BHNG bl 273). Ek meen dat die wayiqtol ויהי vir ons sê wat na en voortvloeiend uit Mesa se offer van sy seun gebeur het (BHNG bl 125; House se 2Kon komm bl 264; NIDOTTE vol 3 bl 118; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 818). Die subjek van ויהי is קצף־גדול, met die betekenis van ‘’n groot toorn’/ ‘’n groot woede’ (A Reader’s Hebrew Bible bl 612; NIDOTTE vol 3 bl 962). קצף־גדול kom behalwe vir hier op nog 5 plekke in die OT voor – Deut 29:27-28; Jer 21:5; 32:37; Sag 1:15; 7:12. In 4 van daardie 5 plekke gaan dit om die groot toorn van die HERE teen Israel as gevolg van Israel se sonde en liefdelose rugdraai op die HERE (NIDOTTE vol 3 bl 963; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 819; Davis se 2Kon komm bl 48). Die voorsetsel-frase על־יׂשראל kan die betekenis hê van ‘oor Isarel’, ‘teen Israel’, ‘as gevolg van Israel’ (BHNG bl 238-239). In kombinasie met על־יׂשראל het dit gewoonlik die betekenis van as gevolg van Israel se sonde (NIDOTTE vol 3 bl 963; Davis se 2Kon komm bl 48). Vraag is nou: Hoe moet ons קצף־גדול על־יׂשראל hier in 2Kon 3:27 verstaan? Gaan dit hier oor die toorn van die HERE oor Israel oor Israel se sonde – soos in Deut 29:27-28; Jer 21:5; 32:37; Sag 1:15; 7:12? Al hoewel Israel werklik die toorn van die HERE verdien is dit vreemd in hierdie konteks en gesien in die lig van die gebeure in vanaf vers 16-25. So ver het die belofte-woord van die HERE vir Israel uitgekom … Die HERE gee tot dus ver, soos Hy beloof het deur Elisa, uit genade alleen seën en lewe en die seën van militêre oorwinning, waarom sal daar op hierdie punt ewe skielik oordeel kom? (vgl Lange se 2Kon komm bl 33; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 819; Davis se 2Kon komm bl 48). Lange se 2Kon komm bl 33 gee vir my ‘n goeie verklaring. Hy sê dat ons nie על־יׂשראל hoef te verstaan as ‘as gevolg van Israel’ se sonde nie. Hy verwys bv na עליו in 15c. ויהי קצף־גדול על־יׂשראל gaan dan oor die groot toorn wat oor Israel gekom het en in hulle gewerk het. Hoekom? Ps 106:37-39 wys daarop dat ‘n land deur hierdie kinder-offers onrein word. Daarom dan dat daar in Israel ‘n groot toorn gewerk het en hulle toe ontrek het (vg look Davis se 2Kon komm bl 49). Gevolgtrek: Ek kies op hierdie stadium vir Lange se verklaring. Dit pas vir my die beste in die konteks. Dit pas ook in in die belofte-woord van die HERE. Die HERE het oorwinning beloof … en Israel/ die koalisie het dit gekry … Dat Kir-Haserot nie in sy totaliteit geval het nie, maak nie die belofte-woord van die HERE ongeldig nie (vg look Davis se 2Kon komm bl 50)

    47 Vgl Davis se 2Kon komm bl 50

  • 17

    Verduidelik48 Wel dis ‘n oproep om te bekeer. Dis oproep wat sê:

    Breek met selfgesentreerde eiewillige Godsdiens waarin jy van die HERE ‘n God maak wat jy kan gebruik soos jy wil. Breek met selfgesentreerde eiewillige Godsdiens waarin jy die belangrikste is en nie die HERE nie. Breek met selfgesentreerde eiewillige Godsdiens waarin jou wil en jou geluk en jou planne die belangrikste is en die HERE die Een is wat dit vir jou moet laat werk.

    Ja breek daarmee want dit laat jou op-eindig by Mesa se Sataniese-ritueel op Kir-Haserot se muur. Want Mesa was net soos Joram ook besig met selfgesenreerde eiewillige Godsdiens. Al verskil is Mesa se God se naam was Kamos.49 Kamos moes Mesa se wil en begeertes laat uit werk En dan? Wel dan word Mesa bereid om sy eie seun te offer net om Kamos so ver te kry om sy wil en sy begeertes werklikheid te maak. Dis hoe vieslik-sondig-siek jou breins raak as jy besig is met selfgesentreerde eiewillige Godsdiens.

    Slot Geliefdes die HERE wys in 2Kon 3 in Joram en Mesa: Selfgeseneerde eiewillige Godsdiens is walglik boos. Dit borrel vieslik uit jou hart uit daar in-aai krisis-situasie waar jy kwaad raak vir-ie HERE in optand teen-ie HERE. Uiteindelik bring-it jou sonder hoop en sonder God onder sy oordeel. Maar in 2Kon 3 wys-ie HERE meer. In sy Woord en daad deur Elisa wys-ie HERE ook: Hy gee uit genade alleen sonder-at ons-it verdien binne in ons situasie van oordeel en dood seën-lewe-en-oorwinning. Hy gee-it omdat Jesus die Seun van Dawid daar is.

    * * * * * So in hierdie week as-aai krisis kom en ons selfgesentreerde eiewillige Godsdiens borrel vieslik daaruit. Sie-it raak. En weet: Die HERE praat met jou.

    48 27a-c vertel dat Mesa sy seun, die troonopvolger, as brandofer offer, na sy mislukte poging om uit die beleerde stad uit te

    breek. Vraag: Hoekom doen hy dit? Dit lyk na ‘n desperate poging om sy god, Kamos (1Kon 11:7), se guns te wen – Deut 12:31 sê dat die heidene hulle kinders verbrand vir hulle gode – sodat sy god hom in hierdie benarde situasie kan uit red – vgl Miga 6:7 (NIDOTTE vol 1 bl 659, 685, vol 3 bl 39, 118, vol 4 bl 945; Reformation study Bible bl 519; Lange se 2Kon komm bl 33; K&D se 2Kon komm bl 307; Wiseman se 2Kon komm bl 214; House se 2Kon komm bl 264). Vanuit Rigt 11:30-31 leer ons dat dit ‘n soort manupilasie en oortuiging/ beïnvloeding van God is om dit wat jy wil vn Hom af te kry … om dit te doen offer jy dan jou kind (NIDOTTE vol 4 bl 751-752; Davis se 2Kon komm bl 50).

    49 1Kon 11:7

  • 18

    En kom ons bekeer. Kom ons gaan na-ie HERE toe. Hy gee seën-lewe-en-oorwining uit genade omdat Jesus daar is. Hy gee ons ‘n nuwe lewe waarin ons al meer Godgesentreerd kan word. Amen.