weet u … geliefdes … wanneer ons ons bybels oopmaak 12,1-21.pdf · aanbidding van-ie here is...

15
2Kon 12:1-21 In Koning Joas wys die HERE ons, aan die een kant, iets van Jesus, ons volmaakte Verlosser-Koning, en aan die anderkant, waarom ons Jesus so nodig het. November 2017 Ps 122: 1, 2 – vooraf Ps 84: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 25: 2, 5 – na wet Ps 51: 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 63: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 48: 1, 4, 5 – slotpsalm Lees: 2Kon 12:1-21 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 12 wys-ie HERE in Koning Joas twee goed. Die HERE wys ons iets van Jesus ons volmaakte Verlosser-Koning. Maar ook hoe nodig ons Jesus het. En dis ook ons tema van oggend. In Koning Joas wys die HERE ons iets van Jesus maar ook waarom ons Jesus so nodig het. 1. Kom ons sê net vooraf iets oor-ie Konteks van 2Kon 12. Waar pas 2Kon 12 in? Nou vers 1 wys ons: “In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem ...” Verduidelik 1 En dadelik vat hierdie woorde ons terug na 2Kon 11 waar-it mos gaan oor hoe Joas koning geword het in Juda op 7. En-it gebeur nadat sy tannie Joseba hom as baba uit die wrede kloue van sy ouma Atalia gered het en hom saam met haar man priester Jojada groot gemaak het. Opmerking Nou die groot les wat die HERE ons in 2Kon 11 geleer het Was-at maak-ie saak watter aanslag Satan mee kom nie die HERE sal sy verlosende Koningsheerskappy laat kom deur sy Koning uit die geslag van Dawid. En dis Jesus. En die HERE het dit vir ons gewys met Joas uit die geslag van Dawid wat op 7 koning geword het. En as ons nou by 2Kon 12 kom dan vertel -ie HERE verder van Joas se regering. 2 En dan wys die HERE in Joas se regering twee goed. 1 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 148; Van Gelderen se 2Kon komm bl 226; K&D se 2Kon kom bl 365; Konkel se 2Kon komm bl 512 2 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 148; Van Gelderen se 2Kon komm bl 226; K&D se 2Kon kom bl 365; Konkel se 2Kon komm bl 512

Upload: others

Post on 11-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

2Kon 12:1-21

In Koning Joas wys die HERE ons, aan die een kant, iets van Jesus, ons volmaakte Verlosser-Koning, en aan die anderkant, waarom ons Jesus so nodig het.

November 2017 Ps 122: 1, 2 – vooraf Ps 84: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 25: 2, 5 – na wet Ps 51: 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 63: 1, 3, 4 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 48: 1, 4, 5 – slotpsalm

Lees: 2Kon 12:1-21 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in 2Kon 12 wys-ie HERE in Koning Joas twee goed. Die HERE wys ons iets van Jesus ons volmaakte Verlosser-Koning. Maar ook hoe nodig ons Jesus het. En dis ook ons tema van oggend.

In Koning Joas wys die HERE ons iets van Jesus maar ook waarom ons Jesus so nodig het.

1. Kom ons sê net vooraf iets oor-ie Konteks van 2Kon 12.

Waar pas 2Kon 12 in? Nou vers 1 wys ons: “In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem ...”

Verduidelik1 En dadelik vat hierdie woorde ons terug na 2Kon 11 waar-it mos gaan oor hoe Joas koning geword het in Juda op 7. En-it gebeur nadat sy tannie Joseba hom as baba uit die wrede kloue van sy ouma Atalia gered het en hom saam met haar man priester Jojada groot gemaak het.

Opmerking Nou die groot les wat die HERE ons in 2Kon 11 geleer het Was-at maak-ie saak watter aanslag Satan mee kom nie die HERE sal sy verlosende Koningsheerskappy laat kom deur sy Koning uit die geslag van Dawid. En dis Jesus. En die HERE het dit vir ons gewys met Joas uit die geslag van Dawid wat op 7 koning geword het.

En as ons nou by 2Kon 12 kom dan vertel -ie HERE verder van Joas se regering.2 En dan wys die HERE in Joas se regering twee goed.

1 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 148; Van Gelderen se 2Kon komm bl 226; K&D se 2Kon kom bl 365; Konkel se 2Kon komm

bl 512 2 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 148; Van Gelderen se 2Kon komm bl 226; K&D se 2Kon kom bl 365; Konkel se 2Kon komm

bl 512

Page 2: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

1

I Die HERE wys ons in Joas iets van Jesus ons vomaakte Verlosser-Koning. II Maar dan wys die HERE ons ook in Joas hoe nodig ons Jesus as Verlosser-Koning het.

2. So kom ons kyk eerste hoe-ie HERE ons in Joas iets oor Jesus wys.

Opmerking En ons gaan eers vir Joas moet leer ken. En die manier hoe ons Joas gaan leer ken is om eers deur vers 2-16 te werk. En dan gaan ons uit vers 2-16 se prentjie van Joas sien hoe-ie HERE ons in Joas iets van Jesus wys.

A. So kom ons beweeg na vers 2 toe: “En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE ...”

Verduidelik3 So dis hoe Joas leef. Dis hoe Joas regeer. Hy “doen wat reg (is) in die oë van die HERE.” En 1Kon 11:38 sê dat jy “doen wat reg (is) in die oë van die HERE ...” “deur (die HERE se) insettinge en (sy) gebooie te hou ...” So dis ‘n lewe en regering in lyn met die HERE se Woord.

En as ons nou aan lees na vers 4-16 dan gee-ie HERE daar vir ons ‘n greep uit Joas se lewe waarin ons sien hoe Joas “gedoen het wat reg was in die oë van die HERE ...” 4

* * * * * B. Kom ons begin by vers 4-5: “En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, (ook die) gangbare geld

Of die offergeld van elkeen wat op 20 jarige ouderdoem oorgaan na die geteldes in Israel5

(ook) elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is Of geld vir gelofts wat aan-ie HERE gemaak is6

en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring, mag (of moet7) die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende

Of sy agent wat help met die insameling8 3 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 566; Reformation study Bible bl 468 4 Vgl Waltke, An Old Testament theology, bl 741; Lange se 2Kon komm bl 134 5 4b – Ek neem, in navolging van Hobbs se 2Kon komm bl 152, איׁש as deel van die frase כסף עובר en nie as deel van die

frase ערכו נפׁשות כסף nie. Vgl ook Eks 30:13-14 en Mackey se Eks komm bl 506. 6 4b – die Hebreeus lees: כסף נפׁשות ערכו. Vir my verstaan van hierdie frase sien Holladay bl 283; Hobbs bl 152; Wiseman se

2Kon komm bl 251 en Lev 27. 7 5a – Ek verstaan יקחו hier as ‘n jussief (BHNG bl 115). 8 5a – Die Hebreeus lees מכרו. My verstaan van hierdie word word gelei deur NIDOTTE vol 2 bl 938.

Page 3: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

2

en húlle moet die bouvallige plekke van die huis (of-ie Tempel) herstel waar ‘n bouvallige plek ook al gevind word.”

Verduidelik9 Nou-ie die eerste keer toe ek deur vers 4-5 lees het ek nogal gesukkel om agter te kom wat al hierdie soorte gawes-en-geld alles beteken. Maar ek dink tog vers 4-5 se boodskap is duidelik. Koning Joas gee aan-ie priesters opdrag om van-ie fondse wat die volk na hulle toe bring

en wat bedoel was vir-ie priesters se versorging maar ook vir Tempel-onderhoud

nou te gebruik om-ie Tempel te herstel.

Die Tempel het regtig aandag gekort. Daar was bouvallige plekke. Dit moes reg gemaak word. En-is vir Joas belangrik. En dan’s hy die inisiatief-nemer.

* * * * * Nou dat die Tempel hestel-werk nodig gehad het is-ie snaaks nie.

Verduidelik Die Tempel was op-aai stadium oor-ie 100 jaar oud.10 En in die bose tyd van Atalia en haar seuns was-aar ‘n doelbewuste ‘niks-omgee’ vir-ie Tempel nie eerder ‘n aanslag daarteen. 2Kron 24:7 vertel daarvan.

Maar nou kom Joas aan bewind. En hy’s net totaal anders as bose Atalia en haar seuns.11 Hy doen wat reg is in-ie oë van-ie HERE. Die HERE se ware Godsdiens en-ie die Baäl-afgodsdiens nie is vir hom belangrik. Daarom gee Joas om vir-ie Tempel. Daarom neem Joas inisiatief. Daarom gee hy in vers 4-5 hierdie opdrag aan-ie priesters dat hulle geld moet vat uit die geld wat die volk na hulle bring en-ie Tempel moet herstel.

* * * * * C. So wat gebeur toe? Kyk vers 6: “Maar in die drie en twintigste jaar van koning Joas het die priesters die bouvallige plekke van die huis (nog) nie herstel het nie.” Sien julle wat gebeur? Niks nie. Die priesters het-ie hulle deel gedoen-ie.

9 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 228; Olley se 2Kon komm bl 275; Hobbs se 2Kon komm bl 152; Konkel se 2Kon

komm bl 512 10 Vgl Reformation study Bible bl 473 11 Vgl Reformation study Bible bl 532; Hose se 2Kon komm bl 302; K&D se 2Kon komm bl 367

Page 4: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

3

Verduidelik12 Ons is nou in-ie 23ste regeringsjaar van Joas. ‘n Hele klomp jare het verby gegaan vandat hy bevel gegee het dat die prietsres met die Tempel-fondse die Tempel moet herstel. Maar niks het gebeur-ie.

So wat doen Joas toe? Gee hy moed op? Kyk vers 7: “koning Joas het Jójada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie

Of van julle agente wat help met die insameling maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.”

Verduidelik13 Sien julle wat doen Joas? Hy gryp nou self in. Van nou af gaan dinge anders werk:14 “Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.” Dit moes seker-ie maklik gewees het om hierdie vir-ie priesters te sê nie. Want wat Joas hier vir-ie priesters sê ‘demote’ hulle op ‘n manier. Hulle het nou geen sê meer oor-ie geld wat inkom Tempel toe nie. Ek kan my net indink dat dit nogal ‘n warm vergadering was. Maar Joas byt op sy tande en doen-it. Hoekom? Wel-ie HERE en sy ware Godsdiens is vir Joas belangrik. Ook-ie Tempel en Tempel-herstel. En as-ie priesters dan-ie sy opdrag om-ie Tempel te herstel na kom-ie dan los Joas-it nie. Nee sy ywer dryf hom. En dan gryp hy in.

* * * * * D. En toe? Wel vers 8 sê die priesters het toe ingestem met Joas se nuwe bevel.

12 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 149; vgl ook 2Kron 25:5-6 13 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 230-231; K&D se 2Kon komm bl 368; Olley se 2Kon komm bl 275; The Expositor’s

Bible commentary vol 3 bl 867; Konkel se 2Kon komm bl 512. 14 8d – met ועתה word die huidige situasie gestel teenoor dit wat vooraf die geval was (BHNG bl 252).

Page 5: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

4

Verduidelik15 Die Hebreeuse woord vir instem sê dit was beslis-ie vir-ie priesters die idiaal nie. Maar hulle het tog ingestem.

Vers 9 vertel hoe priester Jojada Joas se opdrag prakties in werking stel.

Verduidelik Hy’t ‘n kis gevat “en ‘n opening in sy deksel geboor en dit gesit langs die altaar ... en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.”

En toe? Wel vers 10-12 sê: “En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel ...” “En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk ... en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het, en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die HERE te herstel ...”

Verduidelik So daar gebeur-it toe! Die Tempel word nou herstel.

Opmerking16 Vers 13-16 gee vir ons nog agtergrond-inligting oor hoe en hoe nie die geld wat ingekom het vir-ie Tempel-herstel gespandeer is. Daar word ook vertel hoe mooi getrou met die geld gewerk is.

En hoe-ie priesters steeds geldelik goed versorg is.

* * * * * En wie sit agter-it alles? Wel Joas met sy ywer vir-ie Tempel. Joas met sy ywer vir-ie huis van-ie HERE.

Toepassing So wat sê-it vir ons?

15 9a – Die Hebreeuse word is ויאתו (NIDOTTE vol 3 bl 121). 16 Die werkwoorde in vers 13-16 wyk af van die normale wayiqtol narratief vorm. Daar word oorgegaan tot hoofsaaklik die X-

yiqtol vorm. Wanneer dit in narratief gebeur het ons gewoonlik met agtergrond inligting te doen (OTES 611 bl 87; Hobbs se 2Kon komm bl 149).

Page 6: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

5

I17 Wel Joas is ernstig oor-ie HERE. Die HERE en sy Godsdiens is vir Joas belangrik. Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die Tempel wees wat in-ie pad staan van ware Godsdiens en aanbidding van-ie HERE nie. So hier’s by Joas hierdie ywer vir-ie Tmpel vir-ie huis van-ie HERE vir-ie HERE self. II18 En dan moet ons daarby onthou. In-ie OT is-ie Tempel ‘n simbool van-ie HERE se teenwoordigheid. Die Tempel wys op-ie verbondsbelofte van ‘die HERE se by ons wees’ in ’n verhouding met ons wees. So as Joas met sy Tempel-herstel ywer vir-ie Tempel

en aanbidding by die Tempel dan gaan-it vir hom ook daaroor dat die HERE se volk ‘n werklike ontmoeting met die HERE moet kan hê by die Tempel. So Joas se ywer gaan-ie maar net oor ‘n gebou nie. Nee Joas se ywer gaan daaroor dat daar by-ie Tempel

as simbool van-ie teenwoordigheid van-ie HERE ‘n ware ontmoeting met die HERE moet kan wees ware versoening met die HERE moet kan wees ware oorgawe en aanbidding moet kan wees. En vir Joas moet daar niks in-ie pad hiervan staan-ie. Beslis-ie ‘n stukkende Tempel nie.

* * * * * E. Nou net hier in hierdie ywer van Joas vir-ie huis van-ie HERE moet ons iets van Jesus raaksien. Want Jesus het ook so ‘n ywer vir-ie huis van-ie HERE. Jesus sin is net volmaak. Ons lees daarvan in Joh 2:13-25.

Verduidelik19 Ons ontmoet daar vir Jesus ook by-ie Tempel waar dinge baie verkeerd gegaan het. Die Tempel was-ie bouvallig soos in-ie tyd van Joas nie. Maar steeds dit het-ie goed gegegaan-ie. In plaas daarvan dat die HERE en sy Godsdiens en sy aanbidding en ‘n verhouding met die HERE eerste getstaan het

17 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 152; Konkel se 2Kon komm bl 512; House se 2Kon komm bl 302 18 Vgl Waltke, An Old Testament Theology, bl 741, 742; Vos, Biblical Theology, bl 154-155 19 Vgl Carson se Joh komm bl 180; Beale&Carson, Commentary on the New Testament use of the Old Testament, bl 431,

433.

Page 7: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

6

word by die Tempel handel gedryf. Om geld in te samel het eerste gestaan in plaas van-ie HERE. En dan? Wel Joh 2:15-16 sê: “En Hy het ‘n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uitgedrywe, ook die skape en die beeste, en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer. En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader ‘n handelshuis maak nie.”

En dan staan daar in vers 17: “En sy dissipels het onthou dat daar geskrywe is:

in Ps 69:10 waar-it oor Dawid gaan Die ywer vir u huis het my verteer.”

Toepassing20 En Jesus vervul hierdie Skrif in sy volste volheid. Dawid en Joas het geywer vir-ie huis van-ie HERE. By Jesus uit die geslag van Dawid en Joas is-it volmaak. Jesus se ywer vir-ie HERE en sy ware Godsdiens en aanbidding en ‘n verhouding met die HERE is volmaak. Jesus wil hê dat daar by ons ‘n ware ontmoeting met die HERE moet wees ‘n ware verhouding met die HERE moet wees. Jesus wil hê dat daar by ons ware aanbidding van-ie HERE moet wees. Niks moet in-ie pad daarvan staan-ie.

F. Dis hoekom Jesus ook in Joh 4:23 vir ‘n Samaritaanse vrou sê:21 “daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.” En in ywer wat Hom verteer bring Jesus sy gelowige-volk hierby uit. By aanbidding van die Vader in gees en waarheid.

Verduidelik En hierdie ywer het Jesus werklik verteer. Dit het Hom tot aan die kruis gevat.22 En ons het dit so nodig! So ontsettend nodig

20 Vgl Carson se Joh komm bl 180; Beale&Carson, Commentary on the New Testament use of the Old Testament, bl 431,

433. 21 Vgl Beale&Carson, Commentary on the New Testament use of the Old Testament, bl 434. 22 Vgl Carson se Joh komm bl 180

Page 8: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

7

want van nature kan en wil ons nie in gees en waarheid aanbid nie.23

Bewys Want in Joh 3:6 sê Jesus: “Wat uit die vlees gebore is, is vlees ...” En dis hoe ek en jy is. Ons is vlees. En dan sê Paulus in Rom 8:7 “wat die vlees bedink, is vyandskap teen God; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.” En daarby staan ons nie in die waarheid nie.

Dis ons krisis. My en jou grootste krisis is-ie ’n stukkende Tempel

soos in-ie tyd van Joas nie of ‘n Tempel vol winkels nie

soos in-ie tyd van Jesus nie. Nee ons grootste krisis is my en jou vleeslik-verdorwe-geestelik-dooie hart wat net nooit die HERE in gees en waarheid wil en kan aanbid nie. Dit terwyl Jesus in Joh 4:23 sê dat “die Vader ... mense wat Hom só aanbid soek.” Niks en niemand anders nie!

Oorgang Maar nou kom die HERE en in sy genade onbeskryflik groot wys Hy dit vir ons. Die HERE wys hierdie krisis vir ons in Joas.

Verduidelik In Joas se ywer vir-ie Tempel moet ons uiteindelik Jesus raaksien. Maar in Joas se sonde wys-ie HERE ons hoe nodig ons Jesus se verlossing het sodat ons ware aanbidders in gees en waarheid kan wees.

3. So kom ons fokus daarop.

Op Joas in wie die HERE ons wys hoe nodig ons Jesus het.

Toepassing Nou in Joas wys-ie HERE my en jou wat in-ie kerk groot geword het

soos Joas wat daar by-ie Tempel groot geword het. In Joas wys-ie HERE my en jou wat doen wat reg is in-ie oë van-ie HERE

soos 2Kon 12:2 ons van Joas vertel.

23 Vgl Mathis, Worship in Spirit and Truth by https://www.desiringgod.org/articles/worship-in-spirit-and-truth

Page 9: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

8

Maar dan tog nie in ‘n regtige verhouding met die HERE staan-ie. En steeds sit met ‘n geestelik dooie hart wat die HERE nie in gees en waarheid aanbid nie al doen jy soos Joas wat reg is in-ie oë van-ie HERE. En dan wys-ie HERE dit met Joas se lewe in vers 2 en vers 3 en vers 17-18 en vers 19-21.

A. So kom ons kyk eers na vers 2: “En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.” Sien julle wat hier aangaan?

Verduidelik24 Ons het net-nou in-ie eerste deel van vers 2 gesien dat Joas ‘n lewe leef volgens-ie wil van-ie HERE. Dis ook hoe Joas regeer het. Ons sien iets daarvan as hy die Tempel herstel. Maar nou sien ons in-ie tweede helfte van vers 2 dat Joas besig was met hierdie soort lewe net in-ie tyd toe priester Jojada hom onderrig het. En daarna? Wel toe hou hy op-aarmee.

Bewys Hoor hoe vertel 2Kron 24:15-18 daarvan: “En Jójada het oud geword ... en het gesterwe ... Maar ná die dood van Jójada kom die owerstes van Juda en buig hulle voor (Joas) neer.” “Toe het (Joas) na hulle geluister, en hulle het die huis van die HERE ... verlaat en het ... afgode gedien ...”

Toepassing Sien julle wat gebeur? Joas se gedrag is baie mooi reg vir solank Jojada hom onderrig en van buite af beïnvloed. Maar dis al. Uit Joas se hart het hierdie reg-doen nie gekom-ie. Sy gedrag was van buite af mooi in lyn met die HERE se Woord. Maar sy hart was al-ie tyd vleeslik geestelik-dood-en-verdorwe. Daarom was die reg-doen van Joas maar net omdat Jojada daar was. En toe Jojada nie meer daar is-ie. Wel toe hou-it op.

24 2b – die אׁשר-sin dui vir ons die tyd aan waarin Joas gedoen het wat reg is in die oë van die HERE (BHNG bl 210;

NIDOTTE vol 4 bl 779-780; Van Gelderin se 2Kon komm bl 226-227; K&D se 2Kon komm bl 365; Lange se 2Kon komm bl 131).

Page 10: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

9

En ek en jy? Hoekom het ons goeie gedrag? Hoekom doen ons die regte goed? Kom-it uit ons harte of is-it maar net omdat ons van buite af beïnvloed word soos Joas?

Voorbeelde I Dalk deur streng ouers. II Of my maats is dalk-aai leerlingraad-hoofseun-soort. En hulle doen altyd hierdie goeie goed. So nou doen ek-it ook maar. III Of ek is in hierdie behoudende kerk En-aai invloed maak dat ek hierdie ou is wat wil hê alle moet altyd reg loop. Ek doen al-ie regte liturgie. Vrou in-ie amp is vir jou verkeerd. En gay-huwelikke ook. En baie goed so!!

Maar hei wat gaan in jou hart aan? En in myne? Is daar regtige liefde vir-ie HERE? Is daar regtige aanbidding in gees en waarheid? Of is alles maar net uitwendige skynheilige gedrag? ‘n Klomp uitwendige-doen-dinge wat van buite af heeltemal in lyn met die Woord van die HERE lyk maar nooit uit ‘n hart kom wat regtig die HERE lief het en in ‘n regtige verhouding met die HERE staan-ie.

Dis-ie krisis met Joas. Dis wat die HERE in vers 2 se tweede helfte oor Joas wys. Jy kan in-ie kerk of in ‘n christelike gesin besig wees met al hierdie goeie gedrag omdat jy onder goeie invloed leef. Maar jou hart kan teeds vleeslik geestelik-dood-en-verdorwe wees. Sonder werklike verhouding met die HERE.

* * * * * B. Kom ons gaan bietjie aan na vers 3 toe. In vers 2 lees ons dat Joas besig was met goeie goed vir solank Jojada daar was. Vers 3 sê: “Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.”

Verduidelik25 Nou op hierdie hoogtes het die volk gewoonlik afgodsoffers gebring.

25 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 670; Van Gelderen se 2Kon komm bl 227

Page 11: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

10

Ons sien-it bv in Jer 2:20 en 3:6 en Ps 78:5.

En nou sit Joas hierdie sonde nie stop nie.26

Verduidelik Hoekom nie? Wel ons sien weereens Joas se vleeslik geestelik-dooie-hart-krisis.

Bewys Hy is nie soos byvoorbeeld koning Hiskia nie. Hoor bietjie hoe praat 2Kon 18:1-5 oor koning Hiskia: “hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het. Hy het die hoogtes afgeskaf ... Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.”

Sien julle dit? By Joas is nie hierdie totale oorgawe aan-ie HERE nie.

Toepassing Sien julle wat wys-ie HERE ons in Joas? Joas is in-ie kerk. Hy doen ‘n klomp goeie regte goed. Maar daar is-ie totale oorgawe aan-ie HERE nie. En ek en jy?

* * * * * C. Kom ons beweeg aan na vers 17-18. In vers 17-18 is ons nou in-ie tyd na die herstel van-ie Tempel waaroor-it geggaan het in vers 4-16.27 En dan staan daar in vers 17: “Destyds (ons kan ook sê: Daarna28) het Hásael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem;

Gat is op die grens van Juda. So 30 km suid-wes van Jerusalem

“daarna het Hásael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.” So wat maak Joas toe? Wel kyk vers 18: “Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis,

26 Om nie die hoogtes aft e skaf nie is ‘n kritiek punt teen die konings van Juda – vgl 1Kon 15:14; 22:43-44; 2Kon 14:4;

15:3-4, 35 (NIDOTTE vol 2 bl 566, vol 4 bl 779, 850; Van Gelderen se 2Kon komm bl 227). 27 17a – אז het die betekenis van ‘daarna’/ ‘toe’ (BHNG bl 251). אז wys ons du sons is nou in ‘n tyd na die Tempel herstel van

vers 4-16. Vgl ook 2Kron 24:14-26 (Lange se 2Kon komm bl 133; Van Gelderin se 2Kon komm bl 237-238). 28 17a – אז het die betekenis van ‘daarna’/ ‘toe’ (BHNG bl 251).

Page 12: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

11

en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.” So sien julle wat doen Joas nou?

Verduidelik29 Waar hy in vers 4-16 geywer het vir die huis van-ie HERE is hier nou in vers 17-18 as Hasael met sy Aramese weermag aanval niks meer daarvan-ie. Nee nou ywer Joas vir homself. Sy eie veiligheid sy eie lewe is vir hom belangriker as-ie HERE. Joas se eie belang sy eie veiligeheid dryf hom en nie die HERE nie. Sy eie belang en sy eie veiligheid het sy god geword. Dis-ie meer-ie HERE nie.

Toepassing Sien julle wat wys-ie HERE ons in Joas? Die HERE wys ons hoe iemand is wat in-ie kerk is maar sonder regtige bekering sonder regtige oorgawe aan-ie HERE. Wat gebeur met so ‘n ou? Wel as dinge swaar en moeilik begin gaan dan staan sy eie belang sy eie veiligheid sy eie voorspoed sy eie gemak sy eie lewe eerste. Nie die HERE nie. Dis wat die HERE ons hier in Joas wys. Dis hoe iemand maak wat in-ie kerk is en tog verlore is.

Voorbeelde30 I Dis ek en jy wat sal lieg in plaas daarvan om vir-ie HERE die waarheid te praat om ons self te beskerm. II Dis ek en jy wat sal stil bly in plaas daarvan om vir Jesus te getuig om ons self en ons werk en ons lewe te beskerm. III Dis ek en jy wat heeltyd kla en murmureer en moedeloos word en depresief omdat goed nie loop soos ek dit wil laat loop nie. In plaas daarvan dat ek in hierdie swaar situasie die HERE erste plaas en sy Woord wat vir my sê dat Hy alles ten goede laat mee werk.31

29 Vgl Lange se 2Kon komm bl 134; House se 2Kon komm bl 304; Hobbs se 2Kon komm bl 159 30 Vgl Welch, When People are big and God is small, bl 52, 54, 57; Bunyan, Pelgrims Progress, bl 123-124; Gen 12; Num

13-14; 2Tim 4:10; Jak 4:4; Mat 13:22; 24:38. 31 Vgl Rom 8:28;

Page 13: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

12

IV Dis ek en jy wat as dit finansieel swaar gaan eerste begin sny aan my 10de. In plaas daarvan om eerder ‘n goedkoper kar met ‘n laer paiement te kry omdat my gemaklike lewe vir my belangriker is as-ie HERE.

* * * * * Dis hoe Joas was. Hy-s in-ie kerk besig met baie goeie goed. Maar tog is hy verlore. Dis wat die HERE ons hier wys. I In vers 2 se tweede helfte. Joas het hierdie goeie gedrag in lyn met die HERE se wil. Maar dit kom nie uit sy hart nie. Dis net omdat Jojada daar is. II In vers 3 wys-ie HERE dit vir ons met Joas wat nie die hoogtes afskaf nie. Daar is nie by hom totale oorgawe aan-ie HERE nie. Hy’s in die Kerk maar nie in ‘n waaragtige verhouding met die HERE nie. III Die HERE wys-it ook vir ons in vers 17-18. Joas se eie veiligheid, sy eie lewe is vir hom belangriker as-ie HERE. Hy gebruik geld wat vir-ie HERE bedoel was en koop sy eie veiligheid daarmee. Hy’s in-ie Kerk maar nie in ‘n waaragtige verhouding met die HERE nie. Hy self is vir hom belangriker as-ie HERE.

* * * * * D. Kyk wat wys-ie HERE in vers 19-21. In vers 19-21 kry ons-ie gewone afsluiting wat ons baie maal in die koningsboeke aan-ie einde van ‘n koning se lewe kry. Dis daai “En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?” van vers 19. Maar dan gee die HERE ons in vers 20-21 ook-ie detail van hoe Joas toe dood is. Kyk-aar staan: “En sy dienaars het opgestaan en ‘n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe— Jósabad, die seun van Símeat, en Jósabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan ...”

Page 14: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

13

Verduidelik Is-it nie tragies nie. En verskriklik. Want hier in Joas se dood sien ons-ie werklikheid van Jesus se woord in Mark 8:35-37 “Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor ... Want wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” En dis presies wat met Joas gebeur het hê? Hy het homself probeer red met die Tempel-geld wat vir-ie HERE bedoel was. En toe verloor hy sy lewe. En die ergste van alles is is-at daai Tempel-geld nooit genoeg is om jou siel uit die hel los te koop nie.

Toepassing En dis-ie einde van ‘n ou wat in die kerk groot geword het en baie baie goeie dinge gedoen het. Dinge wat presies in lyn is met die HERE se Woord. Maar nooit was daar regtige bekering nie. Nooit was daar regtige verhouding met die HERE nie. Nooit was daar regtige aanbidding in gees en waarheid nie.

* * * * * Slot Geliefdes dis wat die HERE ons wys in-ie lewe van Joas in vers 2 in vers 3 in vers 17-18 en in vers 19-21. I Daar’s hierdie goeie uitwendige gedrag. Maar net omdat Joas van buite deur Jojada beïnvoed word. Daai goeie gedrag het nooit uit Joas se hart gekom nie. II Daar was nooit totale oorgawe aan-ie HERE nie. III Joas se eie lewe en veiligheid het vir hom eerste gestaan en nie die HERE nie. IV En dan is Joas se einde so skrikwekkend tragies.

Toepassing So waar staan ek en jy? Wat sê die HERE met Joas se lewe oor my en jou lewe? Ons word in-ie kerk groot soos Joas. En is ons nie maar ook soos Joas nie?

Christus-prediking Weet julle geliefdes dis hoekom ons Jesus nodig het. Jesus van wie ons iets raaksien in Joas se ywer vir die Tempel van die HERE

Page 15: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 12,1-21.pdf · Aanbidding van-ie HERE is vir Joas belangrik. Daarom is-ie Tempel vir Joas belangrik. Daar moenie iets by die

14

daar in vers 4-16. Jesus het dit volmaak gedoen. Joh 2:17 sê: “Die ywer vir (die HERE se) huis het (Hom) verteer.”

Verduidelik Ja die HERE en ‘n ware verhouding met die HERE en ware Godsdiens en aanbidding in gees en waarheid Dit het Jesus gedryf tot aan die kruis deur die graf tot in sy opstanding. En dan? Wel dan kan Petrus in 1Pet 1:3 skryf dat “God ... ons die wedergeboorte skenk ... deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode.” En Johannes kan in Joh 1:33 sê dat die opgestane Jesus ons “in die Heilige Gees doop.” Sodat ons nie meer in ons totaal verdorwe geestelik-dooie vlees is nie maar in die gees en die HERE dan in gees en waarheid kan aanbid en nie meer soos Joas alleen maar besig is met uiwendige goeie gedrag met ‘n hart wat binne in hom boos verdorwe skynheilig is nie.

* * * * * So wat moet ons doen as ons hierdie hoor? Wel ons as kerk-mense moet ons sonde besef. Die HERE het dit vir ons gewys in Joas. En ons moet besef hoe nodig ons Jesus het. En ons moet met Ps 51:12 bid: “Skep vir my ‘n rein hart, o God ...” En God doen dit deur Jesus wat in Joh 6:37 beloof het: “Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” Amen.