agribulletin 151030

12
October 2015 Mangoes

Upload: laeveld-bulletin

Post on 24-Jul-2016

253 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Monthly Agricultural Publication

TRANSCRIPT

Page 1: Agribulletin 151030

October 2015

Mangoes

Page 2: Agribulletin 151030

October 20152

Your agriadvertising solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Thompson

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

agri©10161wk150227dm

Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

Vir `n volledige reeks:• Mikro-element blaarvoeding• Na-oesbederfmiddels• Plaagdoders• Swamdoders• Citrosol Wakse

Wenkem S.A.(EDMS) BPK. (PTY) LTDReg № 1988/003854/07

[email protected]@wenkem.co.za

Wenkem S.A.

agri©10161wk150227dm

agri©10161wk150227dm

071 819 3269

agri©10161wk150227dm

‘n Wêreld-deurbraak teen ‘n ver-nietigende siekte by mango’s het sy oorsprong in Tzaneen en kan ‘n omwenteling in die bedryf ontketen.

Dit is die eerste chemiese spu-itmiddel teen bloeiselmisvorm-ing wat dié plaag tot honderd persent kan vernietig. Doku-mente is reeds aan die regering vir noodregistrasie voorgelê so-dat dit betyds beskikbaar kan wees voor vanjaar se mango-oes.

Die spuitmiddel is bekend as Lima en is deur jare se intensiewe navorsing en proewe buite Tza-neen ontwikkel.

Die deurbraak is gemaak deur mnr Theuns Botha, bekende mangoprodusent en eienaar van die plaas Lapland, waar oorspronklike formules tot die ontwikkeling van die middel ontdek is. Botha het vier jaar aan die projek gewerk, nadat bloei-selmisvorming jaarliks tot 70% van sy mango-oes vernietig het.

Hy het pas uit Australië te-ruggekeer, waar hy die middel aan die wêreld mango-kongres

voorgestel het.Lima is ‘n fosforige suur wat

deur kalium hidroksied gebu� er word om brandskade aan plante te voorkom. Dit sal deur die maat-skappy Villa SA van Kemptonpark ontwikkel en versprei word.

Die groot geheim, sê Botha, is om die mangoboom se jong lower te beskerm etlike maande voor vrugvorming. Toediening van die spuitmiddel begin reeds met die eerste jong blare in Sep-tember en word maandeliks tot Desember herhaal. Na oestyd word dit weer in Maart, April en Mei gespuit. Dit is een van etlike spuitprogramme wat die beste resultate gelewer het.

Botha se navorsing en proewe het op Lapland begin en later na ander plase in die omgewing en Hoedspruit uitgebrei. Inligting oor proewe wat reeds 28 jaar ge-lede deur Dr Joe Darvas gedoen is, maar doodgeloop het, is ingespan om die nuwe mid-del te ontwikkel. Lima is vernoem na die L-behande-ling wat suksesvol was in die eerste proefblok.

Die resultate was so suksesvol dat hy sy skade van 70% op die plaas tot net 10% afgebring het. Op Mohlatse, een van die ander plase, het hy bloei-selmisvorming in proewe heeltemal uitgewis.

“Vyftien jaar ge-

lede was hier nie sprake van die siekte nie, totdat swak plantma-teriaal uit kwekerye en verkeerde snoeimetodes dit laat ontplof het.”

Hoewel daar reeds vir noodre-gistrasie aansoek gedoen is, gaan proewe vanjaar voort om die maksimum residuvlakke (MRL) van die spuitstof verder te bepaal. Die produk is relatief goedkoop en kos sowat R250 per toediening per hektaar. Sewe toedienings is gelyk aan die waarde van twintig kratte mango’s in ruil vir boorde vol vrugte.

Botha voer nie uit nie en bemark sy mango’s self aan supermarkte. Hy sê met die nuwe middel sal baie groter oeste met kleiner, be-

markbare vrugte moontlik wees.Hy vertrek volgende week na

Egipte vir twee weke, waar hy produsente sal bystaan met die toepassing van die nuwe spuit-stof. Egipte het sowat 21 000 ha onder mango’s, omtrent drie keer meer as in Suid-Afrika.

Mangoboer wys wêreld hoe

die maksimum residuvlakke (MRL) van die spuitstof verder te bepaal. Die produk is relatief goedkoop en kos sowat R250 per toediening per hektaar. Sewe toedienings is gelyk aan die waarde van twintig kratte mango’s in ruil vir boorde vol

Botha voer nie uit nie en bemark sy mango’s self aan supermarkte. Hy sê met die nuwe middel sal baie groter

Nagenoeg 80% bloeiselmisvorming is hier te sien.

Die resultate op vyf plase in die distrik.

Botha

Page 3: Agribulletin 151030

October 2015 3

Page 4: Agribulletin 151030

October 20154

Representative: Werner Smith 072 668 4378Technical Advisor: Alan Faul 082 881 0301

Water Soluble FertilizersLiquid Blends

Foliar FertilizersSoil enhancement products

Formulated MixesCoir/Growing Medium

Fertilizer Recommendations

Specialize in...Specialize in... FERTILIZERS.

Specialise in….

•WaterSolubleFertilizers•FoliarFertilizers•FormulatedMixes•FertilizerRecommendations

•LiquidBlends•SoilEnhancementProducts•Coir/GrowingMedium

Suid-Afrika loop die gevaar om sy status as bek-en-klouseer vr ye gebied te verloor weens onwettige smokkel van wild uit buurlande, wat die gevreesde dieresiek-te na die land kan terug bring.

Dit kan katastro-fiese gevolge vir SA se rooiv-leisbedryf en die land-bou as geheel hê.

Die hernieude be-langstelling in swart-witpense na aanleiding

van buitengewone rekordpryse wat onlangs op die Sa-ble Park-veiling van mnr Piet Warren in Gravelotte behaal is, dien vermoede-lik as aansporing om dié boksoort onwettig te bekom.

Twee voorvalle is die afgelope maand aangemeld van pogings om swartwitpense van Zambië af deur

Zimbabwe hierheen te smokkel. In albei gevalle is die smokkelaars in hegtenis geneem.

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in SA is erg bekommerd oor dié verskynsel, omdat net die twee voor-valle bekend is. Daar kan ook gevalle wees wat ongemerk die land binnege-kom het.

SA word sedert Februarie 2014 as ‘n bek-en-klouseervrye sone erken. Voor die tyd het die rooivleisbedryf skade van R4 miljard gely, weens die verbod wat toe op rooivleis, genetiese materi-aal, suiwelprodukte, wildsvleis- en ve-selprodukte geplaas is.

Mnr Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die nasionale RPO, sê in Zam-bië is bek-en-klouseer endemies. Daar is geen sprake van wettige invoere van swartwitpense uit die gebied nie.

Wat die RPO se kommer versterk, is dat verskeie rolspelers waarskynlik saam-werk om die diere uitgesmokkel te kry. Die SA kopers in Zambië weet dit is on-wettig en kanale word geskep om die transaksies glad te laat verloop.

Volgens Schutte is die RPO in gesprek met die georganiseerde wildbedryf, die nasionale dieregesondheidsforum en staatsdepartemente om teen hierdie gevaar wal te gooi.

Gesogte boksoort raak smokkelbron

‘n Ervare leier in die verpakkings-bedryf, mnr KP de Jager van Marble Hall, is nou in beheer van KaapAgri se Pakmark in Tzaneen en Hoedspruit.

Benewens pakmateriaal vir vrugte en groente bied De Jager en sy span ‘n wye reeks � nansier-ingsprodukte om te voldoen aan die uiteen-lopende behoeftes van hul kliënte.

Die primakoers van KaapAgri se bankiers word as basis gebruik by die bepaling van rente-koerse op rentedraende rekenings. Daar word deurgaans van gedi� e-rensieerde rentekoerse gebruik gemaak. Elke kliënt se sakepro� el word in ag geneem by die bepaling van ‘n koers.

Pakmark � nansier op die pakkette saad, kunsmis, bespuitings, diesel en vele meer. Vir die komende lietsjie- en mango-oeste is rentevrye rekenings van dertig dae nou na sestig dae ver-leng, wat eintlik beteken dat die re-

kenings eers oor negentig dae betaal-baar is.

De Jager het ‘n � nansiële bestuurder in Marble Hall, mnr Sarel van Rooyen, wat die rekenings op die boer se plaas prosesseer en die transaksie binne

dae � naliseer. Nog ‘n lid van die span is mnr Her-man Franken, ‘n sleutel-rekeningspesialis. Hy is op aanvraag beskikbaar om spesiale pakkette vir groot kommersiële boerderye saam te stel vir spesi� eke behoeftes van elke kliënt.

Met ‘n omset van meer as R4,8 miljard per jaar is KaapAgri (gestig in 1912) een van die grootste landboudien-stegroepe in SA.

Vir meer besonderhede oor die � -nansieringsplan kan De Jager by 015 307 6836 of 082 567 1084 geskakel word. Hy word bygestaan deur twee ervare dames in die verpakkings-bedryf. Hulle is mee Sarah van Tonder en Marina David.

Pakmark het puik geldplan vir boere

Verpakkingsmateriaal word in die voorportaal van Pakmark in Tzaneen uitgestal.

Subtrop, die sambreelorganisasie vir die kwekers van avokado’s, mango’s, lietsjies en maka-damianeute, het verskuif na ‘n groter sentrum in Tzaneen. Die nuwe tuiste is in die Letaba Trust-gebou in Peacestraat, reg langs die Bloedbank. Die kantoorkompleks is veel ruimer as die vorige vesting laer af in dieselfde straat. Die gebou is die eiendom van Subtrop en sal

werkverrigting vorentoe aansienlik vergemaklik.

De Jager

Page 5: Agribulletin 151030

October 2015 5

Page 6: Agribulletin 151030

October 20156

[email protected]

Weskaap: 021 851 0722/21 | Gauteng: 011 397 1211/1283

Die avobedryf in Suid-Afrika bly groei teen ‘n stewige tempo van nagenoeg ses persent per jaar, met gereelde aanplantings in verskeie gebiede wat die opbrengs vorentoe sal vergroot.

Volgens die voorsitter van die produk se kwe-kersvereniging (SAAGA), mnr Derek Donkin, was vanjaar se uitvoergetalle sowat 18% minder as

verlede jaar, omdat dit as ‘n “af jaar” gehanteer is. Dit moet egter onthou word dat 2014 ‘n besondere jaar was, met uitvoere van meer as vyftien miljoen kar-tonne.

Nuwe aanplantings oor die afgelope drie jaar be-hoort ‘n bestendige groei in produksie te verseker. Minstens 500 ha word jaarliks by die bestaande 15 500 ha gevoeg, wat stelselmatig in produksie sal kom.

Donkin sê kwekerye van avo-saailinge het uitgebrei en nuwes het bygekom, wat dui op besliste opti-misme in die bedryf.

Nagenoeg 95% van SA se uitvoer-avo’s word na Eu-ropa uitgevoer, met die res wat in Afrika-lande, die Midde-Ooste en Hong Kong beland. Die vooruitsigte van stewige markte lê egter in Amerika, Japan en Chi-na. Donkin voorsien dat afsette na Amerika en Japan binne twee jaar groot inkomste sal verseker, terwyl dit effens later in China bereik sal word.

Plaaslike kwekers van saailinge sê die aanvraag bly groot. Die meeste kwekerye het oorgeskakel na klo-ning van presterende materiaal. Een van hulle is Al-lesbeste net buite Tzaneen, waar die Ernst-familie die afgelope paar jaar met die nuwe en eg SA produk, Maluma, sukses behaal het. Maluma het reeds op in-

treevlak presteer en is besig om ‘n groter segment van die mark te bereik. Dis ‘n Hass-tipe avo met gunstige eienskappe vir die produsent.

Nagenoeg 60% tot 65% van avo’s wat uitgevoer word, is Hass, terwyl die res aangevul word deur variëteite soos die groenskilsoorte Fuerte, Pinkerton en Ryan.

Af jaar pla avo-bedryf gering

The SA Litchi Growers Association (SALGA) invited three professors from the South China Agricultural Univer-sity, who dedicate their work solely to litchi research and development, to share their knowledge on tree ma-nipulation, soil science, fertilization, breeding and propagation with the participants.

The workshop was held in Nelspruit and was aimed at all growers and industry members that wanted to deepen their knowledge and under-standing about litchi tree growth, tree manipulation, orchard manage-ment practices, pre-and post-harvest fruit handling and cultivar related issues. Participants were invited to contribute to the workshop by shar-

ing their on-farm experience and ask-ing questions related to the following topics:

• Fertilization and irrigation: ap-plication times and rates, speci� c cultivar requirements, soil type in� uences

• Tree manipulation: understand-ing litchi tree phenology, ma-nipulation techniques (girdling, pruning, � ush control)

• Propagation techniques: timing for propagation, cultivar related propagation techniques

• Pre-and post-harvest handling of fruit

The one day workshop provided a unique opportunity to learn from world leaders in litchi production.

Chinese experts lead litchi workshop

Page 7: Agribulletin 151030

October 2015 7

Page 8: Agribulletin 151030

October 20158

Viskonsentrate Beskikbaar

Ocean-Fert: Viskonsentraat

Sea-Potas: Viskonsentraat + Kalsium

Sea-Boost: Viskonsentraat + Kelp

Sea-Phos: Viskonsentraat + Fosfaat

Okita pH Plus: Vloeibare Kalsium

Okita Gypflo: Vloeibare Gips

Ander bemesting beskikbaar op aanvraag

Adriaan Badenhorst 082 850 2166Kantoor 083 715 6160

[email protected]

Agrib

ullet

in©10

395e

f150

731t

b

Sitrusboere se pakseisoen is iets van die verlede, behalwe vir ‘n klompie laat bydraes in die suidelike streke.. Hulle is tevrede met die oesopbrengs wat ‘n verbetering op verlede jaar se syfers is.

Die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersverenig-ing (CGA), mnr Justin Chadwick, sê nuwe tegnieke het meegebring dat vooruitskattings van oeste al meer akkuraat gedoen word. Die vooruitskattings word elke jaar in Maart deur lede van die Variety Focus

Group gedoen en die mikpunt was tot dusver om dit so binne tien persent van die werklike syfers te bepaal. Vanjaar was alle skattings binne dié mikpunt, met drie wat selfs net vyf persent uit die kol was.

Valencias was vyf persent meer, navels drie persent minder, pomelo’s ses persent meer en suurlemoene tien persent meer as die aanvanklike skattings, vir die totale opbrengs wat net vier persent hoër was as die skattings in Maart. Chadwick voorsien dat die nuwe

mikpunt vir oesskattings voortaan op vyf persent sal staan.

Uitvoervolumes na Noord-Europa het vanjaar toe-geneem, terwyl die swakker SA rand gesorg het vir ‘n stewiger inkomste.

Intussen is sitrusboere in die Letsitele-gebied reeds hard aan die spook om volgende jaar se vrugte “groot te maak”. Verskeie spuitprogramme is reeds aan die gang en van ruskans is daar nog nie sprake nie.

Gebruikers van vars sitrus in SA hou daarvan om ‘n ses kilogram-sakkie le-moene teen ‘n billike prys aan te skaf, maak nie saak of daar ‘n merk of skrapie aan die skil is nie. Die lemoene moet groot en soet wees.

Dié inligting kom van mnr John Ed-monds in sy gereelde wêreldoorsig oor die sitrusbedryf. Hy is verbonde aan die Sitruskwekersvereniging (CGA) in Dur-ban.

Edmonds het kers opgesteek by mnr Hannes de Waal, die besturende direk-teur van die Sondagsrivier Sitrusmaat-skappy, die grootste verpakker van sitrus in SA. Hulle het vanjaar sowat nege mil-joen kartonne sitrus uitgevoer.

Volgens De Waal is die kosmetiese voorkoms van sitrus vir Suid-Afrikaners

minder belangrik as die grootte en smaak, terwyl verbruikers in Europa en ander lande daarop gesteld is dat dit mooi moet vertoon, soos van uitvoerge-halte verwag word.

Die meeste groot kettingwinkels ervaar dat lemoene en ander sitrus nie keurgraad hoef te wees nie. Net enkele markte spesialiseer in die “perfekte” produk, maar dit verteenwoordig net ‘n klein deel van die binnelandse afset. “Mense weet die skil het niks met die smaak te doen nie.”

De Waal, sê die bedryf steun hoof-saaklik op uitvoere. Plaaslike verbruik se pryse is nie vergelykbaar met dié in die buiteland nie, maar ‘n oplewing is waarneembaar in Suid-Afrika en ander Afrika-lande.

Edmonds meld ook in sy oorsig dat Spanje vroeg volgende jaar ‘n groot tekort aan suurlemoene te wagte kan wees. Die land het ‘n warm somer beleef, gepaard met droogte en sonbrand. Dis veral bloeisels aan die buiterande van

boorde wat verskroei het. Kleiner en minder vrugte word verwag.

Die skil raak nie die smaak nie

Mahindra’s popular XUV500 sports util-ity vehicle series is back with a pleasant facelift, after it was launched in 2011 for the � rst time.

The seven-seater boasts several up-dates to its original entry into the highly competitive SUV market, o� ering several new features for more comfort.

The grille, headlights, bonnet and fog lamps are redesigned at the front-end, accompanied with new alloy wheels and more elegant door handles.

The cabin is also improved with all-black leather upholstery and a full-col-our touch-screen display, which provides convenient access to the vehicle’s info-tainment features.

The XUV500 W8 is the � agship model, with auto-sensing headlights and wind-

screen wipers, fully automatic climate control air-conditioning, remote control locking, cruise control and a multifunc-tioning steering wheel.

It also has electrically operated win-dows and exterior mirrors, a refrigerated centre console and charging points in all three seating rows.

The W8 is � tted with dual front, side and curtain airbags and seat belts for all seating positions, side bars and crash protection crumple zones. Other safety features in-clude ABS anti-lock control, electronic brake force distribution and a electronic stability programme with roll-over mitigation.

The four models in the brand new XUV range are the W4, W6, W8 and the W8 AWD. The recommended retail prices are between R262 995 and R359 995.

Boere sluit goeie sitrusjaar af

Mahindra shows its new XUV500

Page 9: Agribulletin 151030

October 2015 9

WORKSHOP PROGRAMME PROGRAMME

Day 3 5 Nov 2015

Department of Labour- Public Employment Services- Enforcement and Inspection- Registration ServicesAgri Business Linking Farmers to marketsLand bankLinking Agricultural Colleges with Community Development programsDepartment of Water Affairs- Water Resource Management

Animal Production and Health ManagementLandbankDepartment of Labour- Public Employment Services- Enforcement and Inspec-tion- Registration Services

- Lesetja Maake- Matome Shai- Audrey Mboweni/ Thalitha Monageng

Prof. PK Chauke (University of Venda)Dr. JJ Hlongwane / Mr LJ Ledwaba (University of Limpopo)Tshepo XasheMr. Tshwana MP (Tompi Seleka School of Agriculture)

TBC

Dr. KV LetsoaloMr/ CN Mamashela

Thomas Mamabolo- Lesetja Maake- Matome Shai- Audrey Mboweni- Thalitha Monageng

10:00 – 11:00

11:00 – 12:0012:00 – 13:0013:00 – 14:0014:00 – 15:00

15:00 – 16:00

10:00 – 11:00

11:00 – 12:0012:00 – 13:00

01 NOVEMBER 2015Setting up the Operation Center 09:00Build up and Décor Hall A and B 10:00Arrival and set up for outdoor exhibitions 10:00Arrival of livestock 10:00Registration Outdoor and Livestock Exhibitors 10:00

02 NOVEMBER 2015Arrival and Registration (Indoor Exhibitions) 09:00Set up Hall A and B 09:00Set up continues (Outdoor and Livestock Exhibitions) 09:00Benching of poultry 16:00

03 NOVEMBER 2015Exhibition halls open 08:00Registrations 08:30Show Gates open 09:00Workshops 10:00Poultry judging 10:00 GTM Stall Launch 11:00Mayoral walk about 12:00Exhibitions (Indoor and outdoor) 09:00 all day

04 NOVEMBER 2015 Exhibition halls open 08:00 Registrations 08:30Show gates open 09:00Agri youth Imbizo: Country Lodge 09:00 (Invites only)Workshops 10:00Cattle parade 11:00 TBCPoultry prize giving 16:00 Gala Dinner: Hotel@Tzaneen 18:00 (Invites only)Exhibitions 09:00 all day

05 NOVEMBER 2015Mayors Breakfast and Stakeholder Networking Session: Hotel@Tzaneen 07:30 (Invites only)Exhibition halls open 08:00 Registrations 08:30Show gates open 09:00Exhibitions 09:00 Workshops 10:00 Break down begins 13:00

******************* Show closes at 13:00 ******************

Day 2 4 Nov 2015

Departmental Programme and ServicesAgriculture and Climate ChangeCoaching and Support to Farmers Soil analysis as a requirement for productive agricultural productionThe Role of Forestry in Agricul-ture Department of Water AffairsWater Resource Management

Mr. MC Malomane / N Zwane (Department of Agriculture)

Dr MR Ramudzuli/ Mr TR Maisha (University of Limpopo)ZZ2: Willem De Beer

Mokgolo MJ (Tompi Seleka School of Agriculture)Rabothata MF

Mr Steven Mwihomeke (University of Venda)

TBC

10:00 – 11:00

11:00 – 12:00 12:00 – 13:00

13:00 – 14:00

14:00 – 15:00

15:00 – 16:00

Day 1 3 Nov 2015Topic

Topic

Topic

Time

Time

Time

Facilitatior

Facilitatior

Facilitatior

Page 10: Agribulletin 151030

October 201510

Your agri advertising solution provider

Jacques Smuts 071 268 2543 [email protected]

Die boer het nie beheer oor prysbepalings nie, maar kan dit in toom hou met bestuurstegnieke en wêreld-wye tegnologie wat deesdae met die druk van ‘n knop-pie beskikbaar is, sê dr Ernst Janovski, landbou-eko-noom van Absa Bank.

Hy was verlede week een van die gassprekers by ‘n boe-redag buite Tzaneen wat deur Absa Landboudienste en John Deere Financial aangebied is.

In sy aanbieding oor beleggingsgeleenthede in die landbou het hy wenke gegee oor hoe produktiwiteit in die boerdery opgestoot kan word. Onder hulle is die versterking van verbruikersvertroue deur sinvolle be-marking, die regte verpakking, smaakverbetering van produkte en verskeidenheid.

Die tegnologie maak dit moontlik om op verskeie vlak-

ke die verbruiker ter wille te wees, soos ‘n langer rak-lewe van produkte, beter bergingsgeriewe, die gebruik van doeltre� ende vervoerstelsels, presisieboerdery

deur inligtingstegnologie, biologiese boerdery-metodes en genetika. Kennis hieroor is alles elektronies bereikbaar.

Wat hom na aan die hart lê, is die ekonomie van skaal. Hoe groter jy produseer, hoe lonender is die besigheid in vele opsigte.

Hy sê dis nie nodig vir ‘n boer om noodwendig op eie houtjie nog plase aan te skaf om die skaal van produk-sie te verhoog nie, maar gaan eerder in vennootskap met ander boere en doen die ding saam.

“Ek weet van vier suiwelboere wat saamgespan het om ‘n groter eenheid te vorm. Hulle het verwag om na ‘n jaar se opbrengs gelyk te breek. Dié mikpunt is by verre oorskry en hul opbrengs is vandag na ‘n paar jaar sestien keer groter as voorheen.”

Belê in landbou, sê ekonoom

Dr Ernst Janovski gesels met mnr Burgert van Rooyen van Letsitele.

‘n Gesant van die Europese Unie in Pretoria wat die SA sitrusbedryf goedgesind was, mnr Roeland van de Geer, is einde verlede maand na Tanzanië verplaas, waar hy as am-bassadeur vir die EU sal optree.

Die uitvoerende hoof van die CGA, mnr Justin Chadwick, het vroeër die maand gesê Van de Geer het ‘n

kernrol gespeel in die hantering van swartvlek by sitrus (CBS). Hy het die belangrikheid van plantgesondheid en handeldryf in sitrus goed ge-balanseer, wat ‘n positiewe uitwer-king op die EU-markte verseker het.

Dit is ook bevestig deur mnr Ben Vorster van Laeveld Sitrus in Let-sitele, wat bygevoeg het dat CBS-

ingrypings vanjaar tot net enkeles verminder is teenoor verlede jaar se meer as dertig, danksy goeie samewerking van produsente en die werk van Van de Geer.

Dit is nie bekend wie sy opvolger is nie, maar volgens Chadwick sal die goeie vordering teen CBS voort-gesit word.

CBS-kenner van EU groet SA

Suid-Korea was vanjaar een van die staatmakers op die uitvoerprogram vir sitrus uit Suid-Afrika.

Volgens syfers van die SA Sitruskwekersvereniging (CGA) is net 163 380 kartonne sitrus in 2011 vir uit-voer na Suid-Korea goedgekeur. Dit was hoofsaaklik valencias. In 2013 is pomelo’s toegang verleen en die besendings het ‘n totaal van meer as 260 000 kartonne bereik, waarvan 67 790 kartonne pomelo’s was.

In 2014 het die getal pomelo-kartonne gestyg tot 392 015 om die totaal tot 695 665 op te stoot. Teen die ein-de van Week 38 vanjaar was die syfer na aan ‘n miljoen kartonne, waarvan 594 835 kartonne pomelo’s was.

Op die EU-mark het pomelo’s ook goed gevaar en uit-stekende pryse behaal. Omdat SA uitvoerders ook ander markte ontgin het, was die afset deurentyd bestendig voor die verskyning van pomelo’s uit die Amerikaanse sektor.

Suid-Korea gee SA pomelo’s ‘n hupstoot

Several recognized speakers will share the podium at the annual Subtrop marketing symposium, repre-senting avo, mango, litchi and macadamia farming and associated trade and industries in the country.

The symposium is the highlight of Subtrop’s annual programme and the conference has recorded maxi-mum attendance � gures in the past.

It will be held in White River next week (4 Novem-ber), with the keynote speaker being Dr Henning Gericke, former Springbok rugby sports psycholo-gist. He will focus on how principles of sports psy-chology can be applied to business.

Other presentations will include the US African Growth and Opportunity Act (AGOA) and trade ne-gotiations by Mr John Purchase of the Agricultural Business Chamber, as well as the three year fruit promotion plan in the Far East by the Fresh Produce Exporters’ Forum (FPEF).

There will also be an assessment of present and fu-ture economic predictions by Mr Ettienne le Roux of Rand Merchant Bank, while Mr Derek Donkin, CEO of Subtrop, will look at access to new markets for litchi, mango and avo growers. He attended the world avo congress in Peru recently, where he had discussions with international market leaders in the � eld.

Subtrop focus on marketing

Page 11: Agribulletin 151030

October 2015 11

Vat Valskodlingmm vas, natuurlik

Nou ook verkrygbaar by:

www.vitalbugs.co.za | 087 751 0279 | [email protected]

Rtri-mX• Trichogramma eier parasiete, ‘n natuurlike vyand van VKM• ‘n Noodsaaklike deel van ‘n geintegreerde (IPM) benadering• Verminder oesverlies met tot 60%

Kool is oorspronklik ‘n wintergewas wat geplant word gedurende die herfs, deur die winter groei en in die lente ge-oes word. Met die verloop van tyd is nuwe variëteite gekweek wat geskik is vir ver-bouing regdeur die jaar — selfs deur die somer.

Die verskeidenheid van koolsoorte wat vandag beskikbaar is, kan die verbruiker laat kies tussen koolkoppe van verskeie groottes, vanaf babakool tot koppe van 4 kg en selfs groter. Die vorms van die verskeie koppe kan ook wissel tussen spits, plat, semi-rond en rond. Daar is selfs ook ‘n keuse tussen groen kool en rooi kool.

Vandag se baster variëteite beskik verder oor goeie siekteweerstand wat nodig is vir die produsent om ‘n goeie oes te verkry en om chemiese bespui-ting te verminder. Suid-Afrika en Afrika is uniek in die sin dat ons hou van groot kopkool van 4 kg en selfs groter. Sakata se nuwe variëteit, Optima, bied presies wat die produsent verlang — goeie ge-halte groot koppe met uitstekende siek-tebestandheid:

Optima beskik oor weerstand teen swartvrot en is dus hoofsaaklik geskik vir gebiede waar die swartvrot-druk baie hoog is — veral met die huidige wissel-vallige klimaatsomstandighede, bied dit die produsent versekering van goeie ge-halte koppe. Die sterk groeier neem on-geveer 80 tot 100 dae om bekwaamheid te bereik, nadat dit verplant is. Die groot

raam beskerm die koppe baie goed teen sonbrand en windskade. Koppe is semi-rond tot rond met ‘n kopgrootte tussen 3 en 5 kg.

Oor die jare het Conquistador homself bewys as een van die leier-koolvariëteite in Suid-Afrika. Conquistador is wyd aan-pasbaar met groot, groeikragtige plante en blare wat die koppe goed besk-erm. Conquistador weerstaan sowel hitte in somer as koue deur die winter baie goed. Die koppe beskik oor ‘n uit-stekende houvermoë nadat bekwaam-heid bereik is en bars nie maklik nie. Die groot koppe is ‘n blou-groen kleur met ‘n soet smaak en ‘n uitstekende raklewe, wat dit baie aantreklik maak vir smouse.

SaailingeDit is belangrik dat goeie gehalte, sterk

saailinge geplant word. Swak saailinge lewer swak en klein koppe wat op stuk van sake ‘n lae opbrengs teweeg bring. Die produsent moet ook seker maak dat die saailing se groeipunt nie beskadig is nie, aangesien dit daartoe kan lei dat die plant geen kop kan vorm nie, of meer as een kop vorm wat nie bemarkbaar is nie. Die saailinge moet ook nie te lank raak in die saailaai voordat dit uitgeplant word nie, aangesien lang saailinge na uitplanting kan verwelk en beskadig kan word deur die son.

Indien moontlik moet saailinge op beddings of op walle geplant word. Dit lei tot beter dreinering van water wat minder grondsiektes beteken, asook die

beskikbaarheid van meer suurstof in die grond. Die produsent moet verseker dat die saailinge se stam of wortel nie beskadig word tydens uitplanting nie, aangesien dit kan lei tot die belemmer-ing van groei en die vorming van klein koppe. Die wortelhuisie moet verder ook nie uitdroog tydens uitplanting nie, omdat die saailing se wortels sal vrek en die saai-ling nie sal groei nie.

BemestingDit is belangrik vir die produsent om

‘n grondmonster te neem en dit te laat ontleed, sodat ‘n sorgvuldige bemes-tingsaanbeveling dan gedoen kan word. Die korrekte bemestingsprogram kan lei

tot ‘n gesonde oes met ‘n hoë opbrengs gehalte koolkoppe.

Vir meer inligting oor Sakata se koolva-riëteite bel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se nuwe webwerf by www.sakata.co.za.

AFWYSENDE KLOUSULE: Hierdie inligting is op ons waarnemings en/of inligting vanaf ander bronne gebaseer. Aangesien gewasprestasie van die interaksie tussen die genetiese potensiaal van die saad, die � siologiese eienskappe daarvan en die omgewing, bestuurspraktyke ingesluit, afhang, gee ons geen waarborg uitdruklik of deur implikasie, vir die prestasie van gewasse relatief tot die inligting gegee, nog aanvaar ons enige aanspreeklikheid vir enige verlies, direk of as gevolg daarvan, wat tewyte aan enige oorsaak ookal mag ontstaan. Lees eers asseblief Sakata Seed Southern Africa (Pty) Ltd se verkoopsvoorwaardes voordat saad bestel word.

Kool gepas vir somerproduksie

Hier is ‘n deel van nagenoeg veertig Suid-Afrikaners wat die internasionale avo-kongres van 13 – 18 September in Lima, Peru, bygewoon het. ‘n Groot deel was lede van Saaga en Sub-trop, maar verskeie produsente het ook die kongres in hul private hoedanigheid besoek. Heel regs staan mnr Derek Donkin, die uitvoerende hoof van Subtrop.

Page 12: Agribulletin 151030

October 201512