nuusbrief junie 2017 - rsa brokers · in ons desember 2016 nuusbrief was die vooruitskatting dat...

12
Bladsy1 NUUSBRIEF JUNIE 2017 Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET INHOUDSOPGAWE Bladsy 1) MARKTE IN OËNSKOU EN RSA MAKELAARS SE BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS 2-3 1.1 Opsomming van gebeure sedert 2015 1.2 Wat het dus ʼn groot invloed op beleggings opbrengste gehad? 1.3 Sygnia skets twee scenario’s 1.4 RSA Makelaars voorstelle vir implementering 2) GRAFIEKE EN TERUGVOER 4 3) PROJEKTE 7 3.1 Belegging van diskresionêre kapitaal in rentedraende instrumente 3.2 Verskuiwing van 3-Jaar inkomste in Lewende Annuïteite na Geldmarkfonds (VORMS AANGEHEG) 3.3 Uittree Annuïteite 4) INKOMSTEBELASTING 7 Boedelbelasting 5) NUWE SYGNIA FORLIFE LEWENDE ANNUÏTEIT PRODUK 7 6) ALGEMEEN 8 6.1 Rotasie van kliënte tussen albei Beplanners 6.2 Belastingvryebeleggings 6.3 Wysigings aan Trust Bepalings - Artikel 7 7) MAANDELIKSE REISPROGRAM 8 7.1 Reisroete 7.2 Adresse van kantoor lokale 8) RSA MAKELAARS – PERSONEEL NUUS 9 9) BYLAES 10-11 A) Sygnia: LifeTime Annuïteit B) FedGroup: FedBond Secured Investment 10) PERSONEEL KONTAKBESONDERHEDE 12

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy1

NUUSBRIEF JUNIE 2017

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

INHOUDSOPGAWE Bladsy

1) MARKTE IN OËNSKOU EN RSA MAKELAARS SE BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS

2-3

1.1 Opsomming van gebeure sedert 2015

1.2 Wat het dus ʼn groot invloed op beleggings opbrengste gehad?

1.3 Sygnia skets twee scenario’s

1.4 RSA Makelaars voorstelle vir implementering

2) GRAFIEKE EN TERUGVOER 4

3) PROJEKTE 7

3.1 Belegging van diskresionêre kapitaal in rentedraende instrumente

3.2 Verskuiwing van 3-Jaar inkomste in Lewende Annuïteite na Geldmarkfonds (VORMS AANGEHEG)

3.3 Uittree Annuïteite

4) INKOMSTEBELASTING 7

Boedelbelasting

5) NUWE SYGNIA FORLIFE LEWENDE ANNUÏTEIT PRODUK 7

6) ALGEMEEN 8

6.1 Rotasie van kliënte tussen albei Beplanners

6.2 Belastingvryebeleggings

6.3 Wysigings aan Trust Bepalings - Artikel 7

7) MAANDELIKSE REISPROGRAM 8

7.1 Reisroete

7.2 Adresse van kantoor lokale

8) RSA MAKELAARS – PERSONEEL NUUS 9

9) BYLAES 10-11

A) Sygnia: LifeTime Annuïteit

B) FedGroup: FedBond Secured Investment

10) PERSONEEL KONTAKBESONDERHEDE 12

Page 2: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy2

1.1. Opsomming van gebeure sedert 2015

Behalwe beleggingsbesprekings van verskeie ander Maatskap-pye wat ons vanjaar al bygewoon het, het ons so pas ʼn intense 2-daagse konferensie met Sygnia gehad. Sygnia het twee eko-nomiese scenario’s geskets. Ons gee eers ʼn bondige opsom-ming van die belangrike gebeure wat sedert 2015 groot ekono-miese gevolge gehad het en bespreek dan Sygnia se twee scenario’s, gevolg deur ons beleggingsvoorstelle. a) Desember 2015 Nene debakel: Portefeuljebestuurders en

ekonome is met hierdie verskuiwing van die Minister van Finansies heeltemal onverhoeds betrap. Nadelige gevolge was die verswakking van die Rand en ʼn ernstige daling in die Johannesburgse effektebeurs. Biljoene Rande se kapitaal is vernietig, waarvan die ge-skatte waarde sowat R53-biljoen beloop.

b) Brexit in ±Junie 2016: Min mense het gedink dat die Britte werklik dié besluit sou deurvoer en dit het ʼn geweldige nega-tiewe invloed op ons plaaslike, asook buitelandse markte gehad. Die nadelige gevolge was dat die Rand verder ver-swak het en die Johannesburgse effektebeurs verdere in-sinking getoon het. Kapitaalverlies is op ±R34-biljoen ge-skat.

c) In ongeveer November 2016 vind daar ʼn hofsaak teen die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, plaas en weereens verswak beide die Rand en die beurs en ongeveer R40-biljoen word uitgewis.

d) Die verkiesing van Donald Trump in die VSA word weereens deur veronderstelde goeie politieke ontleders verkeerd voor-spel en dit het ʼn dramatiese effek op markte. Die VSA se beurs herstel tot nuwe hoogtepunte. Hul verminder die waarde van die Dollar, met die gepaardgaande versterking van die Rand, wat vir Suid-Afrika baie positief was.

e) 2017: Die kabinet word geskommel. Pravin Gordhan word onder andere die deur gewys en die verskuiwing veroorsaak weer chaos in die Markte. Die Rand verswak weereens te-same met die beurs. Nog ʼn R30-biljoen is verwoes.

f) Ons word deur 2 krediet agentskappe na rommelstatus af-gradeer. ʼn Derde krediet agentskap, Moody, besluit op die 10de Junie 2017 om ons ook af te gradeer na een basis punt bo rommelstatus. Genadiglik het markte hierdie verskuiw-ings reeds in die prys van die onderliggende aandele ver-diskonteer en as gevolg van die verbetering van die stand van sake in die VSA bereik ons teen middel Mei 2017 weer die beurs gemiddelde indeks hoogtepunt van 54 punte, wat die posisie in Desember 2015 was.

1.2. Wat het dus ʼn groot invloed op beleggings opbrengste

gehad?

1) Die versterking van die VSA ekonomie lei tot ʼn historiese hoogtepunt in hul beurs;

2) Die VSA konsentreer op uitvoer en in die proses verminder hul die waarde van die Dollar;

3) Die Rand versterk en as ʼn bonus verswak die olieprys in ʼn groot mate;

4) Inflasie is besig om in die VSA te styg en dit is redelik om te verwag dat hulle mettertyd rentekoerse sal verhoog. Dit het in Junie met ʼn ¼-persent verhoog;

5) Die Suid-Afrikaanse Reserwebank behoort hulle te volg en verdere rentekoers verhogings sal nie onverwags wees nie. In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal;

6) Die plaaslike politiek is in chaos en insidente van betogings en brandstigting weens swak dienslewering, duik oral op;

7) Reuse kapitaalbedrae word by SAUK, ESKOM, Petro-SA en ander Staats-instansies waar Staats-kontrakte ter sprake is, verkwis;

8) Die Gupta’s speel ʼn baie groot rol in die uitwissing van kapitaal en beleggings;

1.3. Sygnia skets twee scenario’s: SCENARIO 1:

Die een scenario is dat ons binnekort finaal tot rommelstatus af-gradeer word, wat onmiddellik tot gevolg sal hê dat: 1. alle internasionale lande wat ʼn spesifieke pensioenfonds-

ooreenkoms met betrekking tot die verkryging van gewaar-borgde belegging in staatseffekte aangegaan het, onmid-dellik teen Suid-Afrika sal besluit en sowat $10-Biljoen (R130-Biljoen) sal onmiddellik uit Suid-Afrika onttrek moet word.

2. Dit sal noodwendig ʼn geweldige verswakking in die Rand veroorsaak en ʼn uiters negatiewe effek op die Beurs hê.

3. Inkomstebelasting sal na alle waarskynlikheid op verskeie terreine van persoonlike belasting, kapitaalwinsbelasting en boedelbelasting verhoog word.

4. Daar sal minder geld vir onderwys, sosiale aktiwiteite, be-huising en dies meer beskikbaar wees.

5. Rentekoerse sal styg en werkskepping raak moeiliker, wat noodwendig tot meer betogings en geweld sal lei.

6. Die ANC verkiesing in 2018 en die algemene verkiesing van die Regering in 2019 word dus krities.

SCENARIO 2:

Die tweede scenario is dat dit positief kan wees as ʼn meer geskikte leier die leisels in die ANC oorneem. Hopelik sal hy weer kwaliteit mense, soos Pravin Gordhan, aanstel.

→ Sodoende kan die ANC weer sterk word en heel waarskynlik sy posisie in die 2019 verkiesing behou.

→ ʼn Goeie regering sal ook hierdie hardnekkige dreigemente rondom grondbesetting weerlê.

→ Dit sal tot gevolg hê dat buitelanders meer vertroue in RSA sal hê en meer kapitaal sal in ons Staats-effekte en beurs belê word, met die gepaardgaande positiewe impak op die ekonomie.

→ Werkskepping sal kan plaasvind.

→ Onrus sal verminder

1) MARKTE IN OËNSKOU EN RSA MAKELAARS SE BELEGGINGSBELEID AANPASSINGS

Page 3: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy3

1.4. RSA Makelaars beveel die volgende veran-derings aan:

a) Eerstens: dat soveel as moontlik diskresionêre (eie) kapitaal

direk in die buiteland belê word, ten einde teen die Regering

en die dalende Rand te beskerm.

Die kapitaal kan deur bate ruil transaksies onbeperk in die buiteland belê word, maar onthou dat hierdie kapitaal nie in die buiteland onttrek kan word nie. Dit kan alleen binne Suid-Afrika onttrek word. Die kapitaal kan ook direk in die buiteland belê word, waarvan die eerste miljoen Rand per jaar, per belastingplig-tige sonder toestemming van die Reserwebank in die buite-land belê kan word. Alle groter bedrae tot ʼn maksimum van R10-miljoen per jaar, per belastingpligtige, moet met die toestemming van die Reserwebank uitgeneem word. Let daarop dat buitelandse beleggings nie kapitaal kan ver-teenwoordig waaruit kliënte inkomste benodig nie. Die op-brengs in die buiteland is uiters swak en administratief is dit koste oneffektief om die geld op ʼn maandelikse of kwartaal-likse basis weer deur die Reserwebank terug te bring. Dit moet dus kapitaal wees wat uitsluitlik in die buiteland vir groei belê kan word. Min van ons kliënte beskik egter oor sodanige kapitaal.

b) Tweedens: dat, waar moontlik en waar inkomstebelasting

en KWB nie daardeur veroorsaak word nie, diskresionêre kapitaal plaaslik rentedraend belê moet word. Ons is reeds besig om kliënte, per individuele afspraak, hieroor te advi-seer, maar volledige belasting- en kontantvloei ontledings is daarvoor nodig.

c) Derdens: in lewende annuïteite stel ons voor dat 3 jaar se bruto inkomste bereken word en dit in ʼn geldmarkfonds in die lewende annuïteit belê word. Inkomste sal slegs hieruit onttrek word. Geen inkomste sal meer uit portefeuljes ver-haal word nie. Indien die ekonomie in 2018 en 2019 positief verander, kan hierdie kapitaal altyd weer in die bestaande portefeuljes terug geskuif word. Let daarop dat daar geen verskuiwingskoste of KWB implikasie aan hierdie transaksie gekoppel word nie.

Gevolglik heg ons die nodige verskuiwingsvorm hierby aan vir u goedkeuring, ondertekening en terugsending aan ons voor die 20e Augustus 2017, sodat hierdie verskuiwings so gou moontlik kan plaasvind. Kort opsomming van bogenoemde:

A. Lewende Annuïteite: 1) Ons stel voor dat ten minste 3-jaar se bruto inkomste in geldmarkfondse belê word en, 2) dat groter blootstelling aan buitelandse strategieë gegee word vir verdere Rand verskansing in die toekoms.

B. Uittree Annuïteite het, in terme van Art. 28 van die betrokke wet, reeds ʼn maksimum blootstelling van 25% aan buite-landse aandele en ons gaan voort met huidige beleid tot dié effek.

C. Waar diskresionêre kapitaal nie in RSA vir inkomste benodig word nie, moet oorweeg word om soveel as moontlik in die buiteland te belê. In die buiteland stel ons geld in hoofsaak in ʼn sg. Versekerings-“polisbaadjie” voor, omdat ekseku-teursvergoeding deur middel van begunstiging voorkom kan word en dit ook uiters inkomste- en kapitaalwinsbelasting vriendelik is.

Soos in punt 1 reeds bespreek, met alles wat in RSA asook die wêreld aan die gebeur is, is daar sekere veranderings wat ons aan die samestelling van ons kliënte se portefeuljes tans voorstel. Ons gaan in meer besonderhede na verskillende aanbiedings en grafieke van onder andere Sygnia en Investec kyk om daardeur van die meer gereelde vrae wat ons vanaf kliënte ontvang, te beantwoord.

2) GRAFIEKE EN TERUGVOER

KOMMENTAAR: Hierdie grafiek wys die geskiedenis van hoe Suid-Afrika gegradeer is. Interessant om te weet dat SA eers vanaf 1994 deur S&P gegradeer word. Vóór 1994 was ons glad nie eens as gradeerbaar beskou nie. Let op hoe RSA se gradering goed gegroei het tot 2012, waarna dit onder ons huidige President Zuma geval het tot waar ons onsself vandag bevind.

S&P LONG-TERM ISSUER RATINGS

Page 4: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy4

RAND WAS ON A GOOD RIDE

KOMMENTAAR: Begin van 2017 het vanaf ʼn RSA beleggingsoogpunt baie goed gelyk.

→ Die Noorde het goeie reëns gehad wat tot gevolg gehad het dat mielie oeste 80% meer was as 2016.

→ Dit het tot gevolg gehad dat voedsel inflasie verlaag het, wat weer inflasie afgebring het.

→ Dit het dan weer die vooruitsig gebring dat rentekoerse sou daal.

→ Verlaagde rentekoers sou weer potensieël tot gevolg gehad het dat mense meer geld kon leen en meer geld kon bestee deur goedere te koop wat dan weer ons ekonomie sou stimuleer en help groei het.

Dit sou alles ‘n positiewe impak op markte gehad het. Ongelukkig het Pres Zuma vir Minister Gordhan afgedank, wat alles negatief laat draai het. Ons was dadelik deur die graderingsmaatskappye afgegradeer en dit het die Rand on-middellik verswak. Rentekoerse het onveranderd gebly en dit het alles tot gevolg gehad dat ons ekonomie begin krimp het, wat ons weer tegnies in ‘n resessie geplaas het. Dit het alles baie negatiewe korttermyn vooruitsigte op markte geplaas.

KOMMENTAAR: Kliënte vra ons gereeld wat die impak op ons as Suid-Afrikaners sou wees ná die afgradering. Soos gesien kan word, het die afgradering ‘n direkte negatiewe impak op ons markte. As ons egter na die Rand se waarde kyk, het die Rand al versterk en is redelik stabiel. Die vraag wat ontstaan is, waarom het die Rand met die afgradering nog nie, soos baie voorspel het, verswak nie?

JUNK STATUS – IMPLICATIONS FOR SOUTH AFRICANS

Page 5: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy5

A funny question, why is the Rand not at R16/$?

KOMMENTAAR: Hierdie grafiek verduidelik baie mooi waarom die Rand dan nog nie soos meeste voorspel het, ge-val het nie. Buitelandse beleggers soek tans ontwikkelende lande om geld te belê op grond van die onstabiele eerste wêreld markte, wat dus veroorsaak dat die Rand op hierdie stadium nog baie sterk lyk. Die probleem hiermee is dat dit sogenaamde “warm geld” is en baie vinnig weer die land kan verlaat, wat dan die ware stand van die Rand sal uitwys. As ons meer spesifiek na die grafiek kyk: Die horisontale lyn wys na die plaaslike omstandighede wat ons goed of sleg laat lyk vir buitelandse beleggers en die vertikale lyn wys hoe ontwikkelende lande op hierdie stadium vir buitelandse beleggers lyk. Die ideale scenario sal wees dat ons in die regter onderste kwadrant lê, wat sal beteken dat ons plaaslik goed daaraan toe is, dit wil sê dat ons polities, ens. en ook ekonomies baie goed is, wat ons mark aanloklik laat lyk as ‘n ontwikkelende land vir buitelandse beleggers. Soos gesien kan word, is dit presies waar ons gedurende Maart was, maar ons het na daardie linker, onderste kwadrant verskuif nadat Zuma vir Gordhan afgedank het. Hierdie wys dus dat ons tans, op grond van buitelandse omstandighede, nog vir buitelandse beleggers wel aantreklik lyk, maar dat dit baie vinnig grootliks kan verander, wat sal veroorsaak dat die Rand weer verswak. Volgens beide Sygnia asook Investec is die Rand dus nog op ‘n absolute mespunt ten opsigte van stabiliteit, wat dit vir Fondsbestuurders ten opsigte van die bestuur van fondse baie moeilik maak.

KOMMENTAAR: Hierdie opsomming wys vir ons wat Sygnia se huidige vooruitsigte is, hul op hierdie stadium die fondse aanpas om kapitaal te beveilig in baie onseker omstandighede en ook om die beste opbrengste te verseker.

Page 6: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy6

How are golden retrievers like the equity market?

KOMMENTAAR: Kliënte vra ons gereeld of hulle nie nou eerder hulle geld 100% in geldmark rekeninge moet skuif nie. Ons antwoord aan ons kliënte word baie mooi deur Investec bevestig in die grafiek en verduideliking hierbo. Hul het vergelykings gedoen met ware geskied-kundige syfers, waar hul verskillende scenario’s vergelyk om te kyk wat sou gebeur het indien ‘n kliënt (a) ná ʼn groot mark val binne die mark gebly het of (b) uit die mark verkoop het en ʼn jaar later terug in die mark gekoop het en (c) op die laagte punt verkoop het en in geldmark belê het. Bogenoemde is bevestiging waarom ons tans aan kliënte voorstel om nie bloot 100% in geldmarkte te gaan nie.

Page 7: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy7

Afsluiting / opsomming: Soos hierbo gesien kan word, is die vooruitsigte baie deur-mekaar en ons as Finansiële Adviseurs moet in hierdie onseker tye in die korttermyn probeer stabiliteit bewerkstellig, asook om oor tyd groei in die mark te kry. Ons is daagliks besig om na potensiële veranderinge te kyk wat ons in kliënte se portefeuljes kan aanbring om dan vir hul op die mees belasting effektiewe manier die mees stabiele portefeulje te bewerkstellig wat ook oor tyd die beste groei sal lewer. RSA se korttermyn portefeulje samestelling: Ons verstaan dat alle kliënte nie dieselfde is nie en dat hierdie filosofie nie vir almal gaan geld nie, daarom kyk ons individueel na elke kliënt. Ons stel egter tans voor dat al ons kliënte met beleggings in lewende annuïteite, 3 maal hul jaarlikse inkomste na ʼn geldmarkfonds by die produkhuis waarin hulle Lewende Annuïteit belê is, verskuif.

Die redes is eerstens, soos bó genoem, dat markte baie on-stabiel is. Die tweede rede is dat geldmarkkoerse op hierdie stadium hoog is, wat tot gevolg het dat die geldmarkfondse tans goed doen en sodoende wil ons die druk van die portefeuljes wat wél in die mark belê is, afhaal. Derdens, trek ons dus kliënte se inkomste uit hierdie 3-jaar geldmarkfonds sodat, wanneer die mark weer herstel, kliënte steeds die groter gedeelte van hulle geld in die mark het. Wat diskresionêre beleggings betref kyk ons op hierdie stadium op ʼn kliënt-tot-kliënt basis om moontlik gedeeltes van hulle dis-kresionêre geld na die FedBond Secured Investment oor te skuif wat ook aan rentekoerse verbind is. Sien punt 3.1 vir verdere inligting.

3.1 Rentedraende Instrumente: Moontlike herbelegging van diskresionêre kapitaal in rentedra-ende instrumente waar van toepassing. Ons beveel reeds vir geruime tyd aan dat kliënte wat uit ʼn inkomstebelasting oogpunt kan bekostig om in meer rentedraende kapitaal te belê, dit wel by FedGroup vir 5 jaar in die FedBond Secured Investment met ʼn vaste rentekoers van 8.93% per jaar, doen. Hierdie rente-opbrengs kan gedeeltelik of ten volle, as ʼn maandelikse inkom-ste onttrek word. Op die gedeelte van die rente wat nie benodig word nie, is samegestelde rente tot aan die einde van die beleg-gingsperiode van toepassing. Let daarop dat die inkomste enige tyd gedurende die tydperk van die belegging verander kan word, hetsy om dit te stop, te ver-minder of te vermeerder. Indien die kliënt nie die rente as inkomste benodig nie, sal die effektiewe samegestelde rente-opbrengs aan die einde van die belegging termyn 11.2% wees. (Inkomstebelasting natuurlik uit-gesonder). Die rede hoekom ons hierdie belegging aanbeveel en nie dat bv. vaste deposito’s in ʼn bank gebruik word nie, is juis omdat bankbeleggings (vaste deposito’s) nie buigbaar is in die sin dat ʼn kliënt in die begin die inkomste behoefte vir die volle termyn moet bepaal al dan nie. Die inkomste kan nie by die Bank in die beleggingsperiode gewysig word nie.

Die effek van samegestelde rente op die gedeelte wat nie deur die kliënt benodig word nie, is dus nie by die bank van toepassing nie. Ons sluit vir u ʼn bondige beskrywing van die FedBond Secured Investment vir u kennisname hierby in. BYLAE B – Bl. 11. 3.2 Geldmarkfondse: Ons is besig met die verskuiwing van 3-jaar inkomste kapitaal in Lewende Annuïteit na geldmarkfondse, soos reeds bespreek. 3.3 Uittree annuïteite: Soos in ons Desember 2016 Nuusbrief bevestig, kan kliënte vir die 2018 belastingjaar 27,5% van bruto inkomste in ʼn uittree annuïteit belê, wat groot inkomstebelasting besparing tot gevolg het.

Ons stuur in Augustus ons standaard waarskuwingsbrief in hier-die verband aan kliënte om, afhangend van omstandighede en waar moontlik, bestaande annuïteite te herbelê (om te rol) of uit eie fondse verdere bydraes tot annuïteite te maak.

Intussen, waar ons tydens afsprake aan kliënte terugvoer gee, finaliseer ons hierdie uittree annuïteit voorstelle onmiddellik.

Boedelbelasting: In ons Desember 2016 Nuusbrief het ons bevestig dat ʼn verwag-ting geskep is dat boedelbelasting in die 2017 belasting begrot-ing sal verander. Die boedelbelasting korting het egter staties

gebly, nl. R3,500,000 korting per individu en waar bates aan ʼn gade vererf, is daar R7,000,000 boedelbelastingkorting by die langslewende persoon se afsterwe.

Sygnia het onlangs ʼn baanbrekende nuwe beleggingsopsie vir aftreekapitaal beskikbaar gestel, naamlik die Sygnia ForLife Lewende Annuïteit. Hierdie produk kombineer die aan-pasbaarheid van ʼn lewende Annuïteit met die sekuriteit van ʼn Lyfrente. Hierdie beleggingsopsie is, wat ons betref, op kliënte van toe-passing wat 6% per jaar of meer van fondswaarde as inkomste

benodig. Met ons jaarlikse terugvoer aan kliënte sal ons hierdie beleggings individueel voorstel waar van toepassing. Indien u in die interim meer inligting daaroor benodig is u meer as welkom om met ons in verbinding te tree en die nodige af-sprake sal gereël word. Sien BYLAE A – BL. 10 vir ʼn kort opsomming van die produk.

3) PROJEKTE

4) INKOMSTEBELASTING

5) NUWE SYGNIA FORLIFE LEWENDE ANNUÏTEIT PRODUK

Page 8: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy8

6.1 Rotasie van kliënte: Rotasie van kliënte tydens besoeke tussen PJ en Japie: 1) Aan die begin van 2017 het ons ʼn volledige opgawe gemaak

van al ons kliënte, letterlik per dorp en streek wat insluit: Kaapstad, George, Port Elizabeth en Oos-London, Potchef-stroom, Johannesburg en Pretoria. Daarbenewens Bloem-fontein, Douglas en omgewing.

2) Ons het dan ook al die ter sake kliënte gelyk tussen kliënte wat PJ en Japie individueel moet besoek verdeel en dit is baie belangrik om daarop te let dat ons volgende jaar hierdie kliënte verdeling presies weer sal herverdeel, met ander woorde kliënte wat Japie vanjaar besoek en aan terugvoer gee sal PJ volgende jaar besoek en aan terugvoer gee.

3) Sommige kliënte het verkeerdelik afgelei dat ons die kliënte herverdeel sodat Japie alleen sekere kliënte sal sien en PJ dienooreenkomstig. Dit is beslis nie die situasie nie.

4) Dit is egter vir kontinuïteit geweldig belangrik dat Japie ook aan al ons kliënte blootgestel moet word.

6.2 Belastingvrye beleggings: Soos reeds in vorige Nuusbriewe bespreek, het die Tesourie in 2017 wysigings aangekondig dat die R30,000 per jaar beleg-gings wat belastingvry is, aangepas word na R33,000 per jaar. Dit is steeds ons mening dat hierdie beleggings nie by reeds af-getrede persone aanklank vind nie, juis omdat die bedrae te klein is. Waar hierdie beleggings egter wél met groot sukses van toe-passing is, is bv. waar ouers of grootouers kapitaal vir minder-jarige kinders vir studie voorsiening, ens. wegsit. In ons Desember 2015 Nuusbrief het ons hierdie beleggings-opsie volledige uiteengesit.

6.3 Wysigings aan Trust Bepalings - Artikel 7(c): Vanaf 1 Maart 2017 beskou die Ontvanger van Inkomste alle lenings, voorskotte of krediete wat ʼn natuurlike persoon of maat-skappy aan ʼn Trust doen, aan wie die persoon of maatskappy verbind is, as ʼn donasie en/of onderhewig aan die minimum van 8% belasbare rente, wat aan die end van elke finansiële jaar ge-hef sal word. Die jaarlikse belastingvrye skenkingsbedrag van R100,000 mag wel in hierdie verband gebruik word. Geen af-trekkings, verliese of toelatings sal deur die natuurlike persoon of maatskappy eisbaar wees wanneer sodanige lening afgelos word nie. Lenings deur maatskappye wat deur meer as een per-soon gedoen word, sal pro-rata tot aandeelhouding in die maat-skappy geag word ʼn donasie te wees. Daar is ʼn aantal uitsonderings op die reël, naamlik: a) Afdeling 30(c) Trust: Dit is ʼn Trust wat geskep word met die

uitsluitlike doel om ʼn klein sake besigheid te vestig. b) Spesiale Trusts: Dit is waar die opbrengs of voordeel as

gevolg van redes van ongeskiktheid of ʼn onvermoë om ʼn in-komste te verdien, aan een of meer persone toegevoeg word. Persone wat nie hulle eie finansies kan hanteer nie, word hierby ingesluit.

c) Primêre residensiële Trust. Dit is waar ʼn lening aan ʼn Trust toegestaan word, waar die lener die eiendom wat daarmee gekoop word dit self as primêre eiendom bewoon.

Let daarop dat skenkings belasting en boedelbelasting albei teen 20% bereken word. Kliënte wat dus beoog om ʼn trust te skep word vermaan om baie goeie finansiële advies te bekom alvorens tot hierdie stap oor-gegaan word.

7.1 Reisroete

Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. OOS-KAAP - word gedurende die 2de week van elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en vlieg via Oos-Londen terug na Kaapstad. JOHANNESBURG / POTCHEFSTROOM / PRETORIA - word gedurende die laaste week van die maand besoek. KAAPSTAD EN OMGEWING - kliënte word na gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien. Indien u buite ons normale geskeduleerde besoeke spesifieke finansiële sake wil bespreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh of Colleen Knoetze te reël. Let egter daarop dat, indien u finansiële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei. Indien u moontlik ʼn probleem ondervind om ons by die kantoor-lokaal te sien, bevestig dit asseblief aan Maria of Colleen sodat ons die nodige reëlings kan tref om u aan huis te besoek.

7.2 Adresse van kantoor lokale JOHANNESBURG: Regus Grond Vloer, Twickenham Gebou The Campus H/v Main & Sloanestraat Bryanston POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom PRETORIA: Regus Pegasusgebou 1 Amarandlaan 210 Menlyn Maine Pretoria GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres OOS LONDEN: Regus Grondvloer, 14 Stewart Rylaan Berea Oos London

6) ALGEMEEN

7) MAANDELIKSE REISPROGRAM

Page 9: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy9

.

8) RSA MAKELAARS - PERSONEEL NUUS

Andrea Fourie se dogter, Anja, tree op 15 Julie 2017 in die huwelik met Jacques van Emmenes.

Ons is baie hartseer oor ons getroue tee dame, Sarah Pieterse, wat na ’n kort siekbed oorlede is. Ons mis haar liefde en getroue gebede vir die RSA Personeel.

Dit is ook met groot hartseer en leedwese dat ons ontvangsdame, Thea Horak, haar seun Etienne, in die fleur van sy lewe aan die dood moes afstaan. Ons bid haar die krag en vertroosting toe, wat net van die Hemelse Vader kom.

Ingrid Singels se seun, Francois, tree op 22 Julie 2017 in die huwelik met Esterbeth le Roux.

En dan wens ons graag vir Magda Matthee geluk met die geboorte van haar eerste kleinkind, Katryn, dogtertjie van Anzette. Mag sy vir julle baie vreugde bring.

Sterkte met al die voorbereidings vir die groot dag en seënwense vir die twee voornemende egpare. Ons vertrou dit gaan besonder mooi geleenthede wees.

Daar is twee huwelike wat binnekort onder die RSA Makelaars personeel se kinders gaan plaasvind.

Page 10: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy10

BYLAE A : SYGNIA FORLIFE LEWENDE ANNUÏTEIT Hoe werk dit? In ʼn neutedop werk die belegging soos volg (meer inligting sal op aanvraag verskaf word): Die ForLife Lewende Annuïteit bestaan uit twee dele waarin u kapitaal aangewend word:

a) Die Lewende annuïteit gedeelte bestaan uit ʼn Markverwante Portefeulje van enige effektetrust of fondse op die Sygnia platform beskikbaar;

b) Die Lyfrente gedeelte (LifeTime Inkomste Portefeulje) sal u van ʼn lewenslange lyfrente inkomste voorsien Die proses om kapitaal tussen u geselekteerde Markverwante Portefeulje (Lewende Annuïteit) en die Inkomste Portefeulje (Lyfrente) aan te wend, word u “gly-paadjie” genoem.

- In die eerste jaar van aftrede word 100% van u aftree kapitaal in ʼn reeks tradisionele mark verwante beleggings belê, bv. Staats-effekte, eiendom, kontant, ens. - die keuse is joune.

- In die tweede en daaropvolgende jare word ʼn persentasie van jou bruto kapitaal aangewend vanuit die markverwante portefeulje na die Sygnia LifeTime Inkomste Portefeulje, waar die inkomste deur ʼn onderliggende versekeringspolis onderskryf word en u maandelikse inkomste betaal, ongeag hoe lank u lewe.

ʼn Voorbeeld van ʼn vaste gly-paadjie is soos volg: Oud. Persentasie in Markverwante portefeulje belê

(Lewende Annuïteit) Persentasie in Lifetime Inkomste Portefeulje belê

(Lyfrente)

65 100% + 0%

66 90% + 10%

67 80% + 20%

68 70% + 30%

69 60% + 40%

70 50% + 50%

71 40% + 60%

72 30% + 70%

73 20% + 80%

74 10% + 90%

75 0% + 100%

Aangesien RSA Makelaars u finansiële adviseurs is, kan u gly-paadjie tussen die Markverwante Portefeulje (lewende annuïteit) en die Inkomste Portefeulje (lyfrente) VERPERSOONLIK word om aan u individuele behoefte te voldoen. U mag op enige stadium en in enige verhouding addisionele oordragte vanaf u Markverwante Portefeulje na die Inkomste Portefeulje maak. U mag egter nie vanuit die Lyfrente na die Mark-verwante Portefeulje (Lewende annuïteit) terugskakel nie.

Bydrae Beperkings: (a) Die minimum bruto aanvanklike belegging is R200,000. (b) Die minimum oordrag na die Inkomste Portefeulje (Lyfrente) is R50,000, per oordrag.

Inkomste keuses: (a) Dieselfde beperkings wat vir alle lewende annuïteite geld, geld ook vir die ForLife Lewende annuïteit, nl.: minimum 2.5%pj en maksimum

17,5%pj van portefeulje waarde. Die portefeulje waarde sluit beide die Lewende Annuïteit en die Lyfrente dele in. (b) Die inkomste onttrekking mag jaarliks op “verjaardag” van die belegging aangepas word; (c) Die Inkomste Portefeulje (Lyfrente) het die volgende opsies:

- Minimum waarborg periode van 0, 5 of 10 jaar; - Keuse om gadepensioen te verminder na 75% of na 50% van Lyfrente, of om 100% te behou; - Jaarlikse inkomste verhogings is aan die prestasie van die Sygnia Skeleton Balanced 70 Fonds gekoppel;

Belasting implikasies: Alle groei is belastingvry. Alle annuïteit inkomstes is per die heersende belasting wetgewing aan inkomstebelasting (LBS) onderhewig.

Implikasies by dood: Markverwante Portefeulje (Lewende Annuïteit): Die opbrengs word aan u begunstigdes of aan u boedel uitbetaal en die normale opsies wat op alle Lewende Annuïteite met betrekking tot voortsetting of onttrekking van kapitaal van toepassing is by dood, geld ook by hierdie produk. (Meer besonderhede is op aanvraag beskikbaar) Inkomste Portefeulje (Lyfrente):

Geen waarborg termyn of gadepen-sioen van toepassing nie:

Die LifeTime inkomste paaiemente sal by dood staak en daar is geen kapitaal betaalbaar nie.

Minimum waarborg termyn geselek-teer en geen gadepensioen van toe-passing nie:

Indien u voor die einde van die geselekteerde waarborg termyn van 5 of 10 jaar te sterwe kom, sal die oorblywende kapitaal waarde aan u begunstigdes uitbetaal word.

Gadepensioen geselekteer met geen waarborg termyn nie.

Die Sygnia LifeTime inkomste portefeulje sal na u genomineerde gade oorgedra word. U gade sal die LifeTime inkomste vir lewensduur ontvang waarna inkomste staak met geen kapitale uitbetaling nie.

Minimum waarborg termyn met ge-selekteerde gadepensioen:

Die Sygnia LifeTime inkomste portefeulje sal na u genomineerde gade oorgedra word. U gade sal die volle LifeTime Inkomste ontvang tot die einde van die waarborg termyn, waarna die geselekteerde gadepensioen aan die gade tot dood betaal sal word. Geen kapitale uitbetaling by lg. se dood nie.

9) BYLAES

Page 11: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy11

BYLAE B

Page 12: NUUSBRIEF JUNIE 2017 - RSA Brokers · In ons Desember 2016 Nuusbrief was die vooruitskatting dat rentekoerse juis teen die derde kwartaal van 2017 sou begin daal; 6) Die plaaslike

Bladsy12

VOOR : Van links na regs

Japie Louw; Derick Payne; Pieter Smitsdorff; Maria de Jongh AGTER: Van links na regs

Ingrid Singels; Thea Horak; Colleen Knoetze; ; Andrea Fourie; Denise van Zyl; Eileen van der Westhuizen; Linda Marais; Bernice van Zyl; Magda Matthee;

Pam Coetzee Belastingkonsultant

10) PERSONEEL KONTAK BESONDERHEDE

PERSONEEL E-POS: Tel. Uitbr. Nr.: Fax-2-email Peter-John Smitsdorff [email protected] Derick Payne [email protected] Japie Louw [email protected] Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) [email protected] 101 0866 151808 Colleen Knoetze (Persoonlike Assistent) [email protected] 118 0866 102734 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) [email protected] 108 0866 151618 Thea Horak (Ontvangs/dikteerwerk) [email protected] 100 0866 102734

Administratiewe Assistente / Kliëntediens:

Magda Matthee (A-B ) [email protected] 111 0866 151811 Denise van Zyl (C-D-E-F) [email protected] 115 0865 950180 Bernice van Zyl (G-H-I-J + N-O) [email protected] 119 0867 692119 Andrea Fourie (K-L-M) [email protected] 109 0865 152843 Heidi Fontini (P-Q-R-S) [email protected] 107 0865 576843 Linda Marais (T-U-V-W-X-Y-Z) [email protected] 110 0866 151810 Eileen van der Westhuizen (Portefeulje D Payne) [email protected] 113 0865 208156

Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530

GPS: S 33º52.707’ E018º38.171’

Tel: 021- 9196916 Faks: 021- 9199718 E-pos: [email protected]

Webtuiste: www.rsabrokers.co.za

www.finsolnet.co.za

FSB KODE:

11108

Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536