nuusbrief maart 2011

4
Liewe Gebedsondersteuners O ns vier in September vanjaar FCE se 21ste herdenkingsjaar. Daar is soveel tweespalt in my as ek aan daardie beginjare dink. Aan die een kant onthou ek die opwinding van ‘n nuwe begin, aan die anderkant wil ek nooit weer teruggaan op die spore van soveel onseker tye nie. Ek onthou nog ons ouers se ongeloof dat ons uit ons veilige poste bedank het; die ge- meenskap se skerp reaksie op soveel onverantwoordelikheid en die stories wat die rondte gedoen het. Op geen vrae kon ek positiewe ant- woorde gee nie. Waarheen gaan jy? Wat gaan jy doen? Waarvan gaan julle leef? Wat van jou vrou en kinders? Hierdie was nie net vrae wat ek moes beantwoord nie, dit is ook vrae wat ek in die donker ure van die nag met die Here deurgewor- stel het. Die oppak uit ons veilige vest- ing in Clanwilliam, die uitpak in ‘n huis op Stellenbosch wat studente bewoon het, en waar my vrou nie eers moed gehad het om ons meubels neer te sit nie. Dit is 21 jaar later. Uit die niks van toe het die Here ‘n gevestigde internasionale sendingorganisasie tot stand gebring. Ek onthou die sagte fluistering in die stilte van baie nagte: “moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie” (Sag.4:10). Ek hou vas aan die Woord van die Here wat in daardie tyd helder tot my gekom het om my roeping te bevestig: “Moenie bang wees nie, skep moed. Begin met die werk, want Ek is by jou. My Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” (Haggai 2:4,5). Daar was tye wat ek baie bang was en daar was tye wat ek geen moed gehad het nie. Ek onthou die dag, drie jaar nadat ons begin het, wat net ek, Anita en Jannie Com- pion van amal wat saam met ons begin het, oorgebly het. Daardie dag het ek in geloof al my planne, my idees, my drome, my vrou, my kinders en myself op die altaar gelê. Die visie wat die Here vir my gegee het, moes eers sterf. “As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in ” (Joh. 12:24). In hierdie herdenkingsjaar wil ek onthou van GELOOF wat my geanker het, HOOP wat my gedryf het en LIEFDE wat my gedwing het, sodat Hy deur FCE ‘n ‘groot oes’ kan inbring. Ek wil getuig van personeel wat hul hand aan die ploeg geslaan het en sonder om terug te kyk, steeds saam met my God se Koninkryk bou. Ek wil vertel van studente wie se denke vernuwe is, sodat hulle God se wil kan ken. Ek wil juig oor sendelinge wat opgelei is om dié wat in duisternis leef, die lig te laat sien. Ek wil saam met die engele juig oor siele wat in God se koninkryk kom. Ek wil huil van dankbaarheid oor kinders wat doelloos rondgedwaal het en vandag die Bybel kan lees. Ek wil saamlag met Pa’s wat sorg vir kos op die tafels en Ma’s wat bemagtig is om hul kinders te klee en te versorg. Ek wil dankie sê aan FCE se gebedsondersteuers wat deur al die jare ons regterhande was en deel het aan die oes. En ek wil Hom eer wat my geroep het, my toegerus het en Sy visie aan my toe- vertrou het. Jesus Christ, making disciples through us worldwide, by building a Highway of Ho- liness, through Educa- tion and Training. Neels “Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.” en route... Tel/Fax: +27 (0)23 2310 208 [email protected]

Upload: foundation-for-cross-cultural-education

Post on 10-Mar-2016

250 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

fce_publication

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief Maart 2011

FCE NUUS

Liewe Gebedsondersteuners

Ons vier in September vanjaar FCE se 21ste herdenkingsjaar. Daar is soveel tweespalt in my

as ek aan daardie beginjare dink. Aan die een kant onthou ek die opwinding van ‘n nuwe begin, aan die anderkant wil ek nooit weer teruggaan op die spore van soveel onseker tye nie. Ek onthou nog ons ouers se ongeloof dat ons uit ons veilige poste bedank het; die ge-meenskap se skerp reaksie op soveel onverantwoordelikheid en die stories wat die rondte gedoen het. Op geen vrae kon ek positiewe ant-woorde gee nie. Waarheen gaan jy? Wat gaan jy doen? Waarvan gaan julle leef? Wat van jou vrou en kinders? Hierdie was nie net vrae wat ek moes beantwoord nie, dit is ook vrae wat ek in die donker ure van die nag met die Here deurgewor-stel het. Die oppak uit ons veilige vest-ing in Clanwilliam, die uitpak in ‘n huis op Stellenbosch wat studente bewoon het, en waar my vrou nie eers moed gehad het om ons meubels neer te sit nie.

Dit is 21 jaar later. Uit die niks van toe het die Here ‘n gevestigde internasionale sendingorganisasie tot stand gebring. Ek onthou die sagte fluistering in die stilte van baie nagte: “moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie” (Sag.4:10). Ek hou vas aan die Woord van die Here wat in daardie tyd helder tot my gekom het om my roeping te bevestig: “Moenie

bang wees nie, skep moed. Begin met die werk, want Ek is by jou. My Gees sal altyd by julle bly. Moenie bang wees nie!” (Haggai 2:4,5). Daar was tye wat ek baie bang was en daar was tye wat ek geen moed gehad het nie. Ek onthou die dag, drie jaar nadat ons begin het, wat net ek, Anita en Jannie Com-pion van amal wat saam met ons begin het, oorgebly het. Daardie dag het ek in geloof al my planne, my idees, my

drome, my vrou, my kinders en myself op die altaar gelê. Die visie wat die Here vir my gegee het, moes eers sterf. “As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in ” (Joh. 12:24).

In hierdie herdenkingsjaar wil ek onthou van GELOOF wat my geanker het, HOOP wat my gedryf het en LIEFDE wat my gedwing het, sodat Hy deur FCE ‘n ‘groot oes’ kan inbring. Ek wil getuig van personeel wat hul hand aan die ploeg geslaan het en sonder om terug te kyk, steeds saam met my God se Koninkryk bou. Ek wil vertel van studente wie se denke vernuwe is, sodat hulle God se wil kan ken. Ek wil juig oor sendelinge wat opgelei is om dié wat in duisternis leef, die lig te laat sien. Ek wil saam met die engele juig oor siele wat in God se koninkryk kom. Ek wil huil van dankbaarheid

oor kinders wat doelloos rondgedwaal het en vandag die Bybel kan lees. Ek wil saamlag met Pa’s wat sorg vir kos op die tafels en Ma’s wat bemagtig is om hul kinders te klee en te versorg. Ek wil dankie sê aan FCE se gebedsondersteuers wat deur al die jare ons regterhande was en deel het aan die oes. En ek wil Hom eer wat my geroep het, my toegerus het en Sy visie aan my toe- vertrou het.

Jesus Christ, making disciples through us worldwide, by building a Highway of Ho-liness, through Educa-tion and Training.

Neels

“Moenie die dag van klein dingetjies gering ag nie.”

en route...

Tel/Fax: +27 (0)23 2310 208 [email protected]

Page 2: Nuusbrief Maart 2011

FCE MONDIGWORDING 21 Jaar op pad met God (En route with God)

FCE se roeping en visie is gebaseer op die opdrag wat die Here vir Serubbabel gegee het om Sy tempel te her-bou. Hy moes op die “vier-en-twintigste van die negende maand” met die werk begin (Haggai 2:10). Daarom vertrek Neels en Anita de Jager en nog drie belangstel-lendes op 24 September 1990 vir 6 weke na die VSA en Kanada op ‘n feitesending oor privaat Christenonderwys en Christenskole kurrikula. Hierdie datum word herdenk as die ontstaan van FCE. Dit was die eerste tree op die geloofspad waarop die Here FCE die afgelope 21 jaar tree vir tree geneem het.

aFRIKa

“Op hierdie plek sal ek vrede gee!” (Hag. 2:9) Wees ge-groet vanuit Stellenbosch waar ons in ‘n pratige, ou Viktori-aanse huis, wat die Here vir ons gegee het, Sy vrede ervaar. So lui die inleidingswoorde uit die eerste nuusbrief wat in Januarie 1991 na ons gebedsondersteuners uitgestuur is. In-tussen het daar baie water in die see geloop en het ons in Stel-lenbosch van huis-tot-huis getrek. Vandaar is ons na Welling-ton totdat ons in Wolseley FCE se hoofkantoor gevestig het en verskeie opleidingsentrums in Afrika opgerig het. Steeds ervaar ons die Here se vrede waar ons woon en werk.

Die eksodus vanuit Masaiti na Koti ni Eden (Zambië) in November 2010 het besonder glad verloop. Hierdie oortrek na ons eie geboue en eie grond is vir ons ‘n geestelike belewenis. Die Here het duidelik met ons gepraat. Ons besef ons moet wakker wees, ons moet nie vasgevang bly in negatiewe lewenspatrone nie, dit is ‘n NUWE BEGIN.

Koti ni Eden met sy rooibaksteengeboue, houtpilare en gras-dakke skep die illusie van ‘n luukse lodge. Die voëls kondig soggens die dagbreek aan en saans sak die son rooi agter die bome. Daar word tydens etenstye gekuier, terwyl die kinders op die grasperke en in die bome baljaar. Op die aandlug hoor jy die stemme van die mense en die kinders in die ‘villages’en jy WEET dit is die plek waarheen die Here jou geroep het, sodat jy ‘n lig vir die nasies kan wees.Ons loof die Here vir wat Hy op Koti ni Eden tot stand gebring het en ons is dankbaar teenoor gebedsondersteuners vanuit al die wêrelddele wat finansies voorsien het en fisies kom hand bysit het om die volgende tot stand te bring:• Kombuis en eetsaal vir 250 mense• Ablusieblok vir 250 mense• 4 Slaaplokale vir 100 studente• ‘n Oopplan kantoorblok met twee kantore• 10 Klaskamers en ‘n konferensiekamer• 1 Biblioteek• 3 Woonhuise vir FCE personeel• 1 Plaasskuur• 4 Hektaar vrugteboorde en kwekerye• 8 klaskamers vir die Gemeenskapskool• 1 skoolsaal in die vorm van ‘n lapa

Van Stellenbosch tot 1991

Page 3: Nuusbrief Maart 2011

Die Here is besig om iets NUUTS te doen. Hy het dit vir ons bevestig uit Eseg. 37:14 “Ek sal my Gees in julle laat kom so-dat julle kan lewe en Ek sal julle in julle land laat woon. DAN sal julle besef dat Ek die Here is.” Dit is soos die Here vir ons belowe het. Ons ervaar daagliks Sy teenwoordigheid en woon en werk daarom rustig voort.Koti ni Eden is nie klaar gebou nie en daarom vertrou ons die Here vir die volgende:• 9 Enkelkwartiere vir wooneenhede vir personeel• 4 Tweeslaapkamer woonhuise vir personeel • 3 Drieslaapkamer woonhuise vir personeel• Sement- en gronddam om water op te vang• Toevoerpad na die hoofpadBid asseblief saam met ons hiervoor, want die personeel woon tans in die studente se slaaplokale en meer as een familie woon saam in die enkel woonhuise.

Die aanlê van die elektrisiteit was verseker ‘n twintigste eeuse wonderwerk waaroor ons nie kan ophou getuig nie. Met die begin van die bouprojek op Koti ni Eden tien jaar gelede het ons by die regering begin aansoek doen vir elektrisiteit. Maar ons versoek het op dowe ore geval. Dit sou FCE R900 000 gekos het om elektrisiteit tot by Koti ni Eden aan te lê. Ons het die elektrisiteitsprojek wyd en syd bekend gemaak by ons gebedsondersteuners, maar ook sonder enige sukses. ‘n Jaar of wat gelede kondig die regering aan dat hulle elektrisiteit na Koti ni Eden oor ‘n afstand van 29km gaan aanlê as deel van die ‘rural electrification project.’ Ons verantwoordelikheid was om die kollege en huise te bedraad. Op 11 Februarie, word die elektrisiteit op Koti ni Eden aangeskakel sonder dat dit ons ‘n sent kos! Ons aanbid ‘n Groot God!

VAN BYBELSTUDIESMense vra dikwels waar en van wie het ons die kursusinhoude gekry. Ons het net een antwoord: Ons het dit van die Here af gebid. Die eerste tien maande van die eerste jaar op Stellenbosch het ons aan die voete van ons Leermeester gesit. Vir maande kon ons nie langer as een week vooruit beplan nie, omdat ons regtig nie geweet het wat die Here vir ons in gedagte het nie. Hier volg ‘n uittreksel uit ons tweede nuusbrief van 1991: “Ons is tans besig met geestelike opleiding. Ons maak gebruik van verskeie sprekers en video-materiaal. Ons woon seminare by en help met kampe. Die opleidingsprogram sluit die volgende onderwerpe in: Die Onse Vader as Modelgebed: Lofprysing en Aanbidding; Die Koninkryk van God; Geestelike Oorlogvoering en Gebed in

Aksie.” Dit is ‘n voorreg om hierdie opleidings-program te kan beleef. Die Here is besig om ons gedagtes te vernuwe volgens Romeine 12:1,2. Die kursusinhoud is deur die Here aan ons toevertrou en die vernuwing van denke is steeds die kern van ons opleiding. Prof. Thinus Dreeckmeier het

jare gelede by ons aangesluit en met toewyding sorg hy dat ons kurrikulum Bybelgeïntegreerd en Christus-

gesentreerd is.

Ons is op die oomblik op Wolseley en Kalungu besig met die 3 maande Dissipelskap Sendingopleiding. Ons studente kom van VSA, Kanada, Europa, Australië, New Zealand, Afrika en Suid-Afrika. Meer as die helfte van die studente gaan aan die einde van die kursus, in April vir hul Sendingopleiding na Zambië. Die ander keer terug na hul werk- en blyplekke om as dissipels van Jesus Christus te gaan dien

OPLEIDINGSKURRIKULA

tot

4 Julie – 18 September (3 maande) Dissipelskap Sendingopleiding Wolseley/Kalungu10 Oktober – 20 November (6 Weke) Dissipelskap Sendingopleiding Wolseley

Kursusdatums

2011Koti ni Eden

Kontak die FCE kantoor vir meer inligting oor die kursusse. • Jou denke sal vernuwe word. • Jou verhouding met die Here sal verdiep.• Jou passie vir verloregaande mense sal ontluik.• Jou lewe sal doelgerig en sinvol verander.

Page 4: Nuusbrief Maart 2011

VAN PRIVAAT CHRISTENSKOOLIemand het eendag gesê: “As jou visie nie groot genoeg is om jou bang te maak nie, is dit nie van God nie.” Die Here se genade is so groot dat Hy ons nooit die volledige prentjie gee nie en daarom kon ons destyds net kyk tot by die stigting van ‘n privaat Christen-skool. In ‘n nuusbrief van 1991 skryf ons: “Ons visie is om privaat christenskole te stig wat op die Woord van God gebou is en wat Christus-gesentreerd is.”Die stigting van ‘n privaat Christenskool in Suid-Afrika het nooit realiseer nie. Die Here het ons uitgelei van dié wat het na die wat nie het nie. Daarom staan daar vandag ‘n Opleidingskollege op Koti ni Eden, waarin onderwysers en gemeenskapswerkers opgelei word. Die studente wat deur hierdie kollege se opleiding gaan, word toegerus om te gaan dien in areas waar daar ‘n behoefte en nood is. Henrik Jansen, wat een van ons eerste studente was, is vandag ‘n lektor by die opleidingskollege. Een van die oud-stu-dente, Luke Sichone, is die skoolhoof by die skool wat in 2002 vir die omgewing se kinders opgerig is en feitlik al die onderwysers by hierdie skool is deur FCE se opleidingskollege. Die skool het 160 kinders vanuit die omgewing en is vanjaar aangewys as een van die beste skole in die Koperbeltstreek van Zambië met goeie akademiese uitslae. Toe ons destyds eksklusiewe privaat christenskole in Suid-Afrika gesien het, het God kinders en gesinne in Afrika gesien wat Hom juigend aanbid en dien, omdat dit Sy plan en visie vir FCE is.

OPLEIDINGSKOLLEGEtot

FCE BESIGHEDE‘n Gebedsondersteuner uit die Noorde het vir ons ‘n biltongwinkel gegee wat bedryf word om FCE-projekte te finansier. Gert en ‘n FCE-span het die binnenshuisversiering gedoen.

Somerset Wes, Suid Afrika

Okahandja, Namibië

Masaiti,Zambië

Kalungu,Zambië

www.kingshighway.co.za

King’s Highway Gaste Huis

BOSVELD BILTONG AND BRAAI(Kusweg in die STRAND – regoor die gety-poel)• Bees en wildsbiltonge Droëwors Chilly en Chutney bites• Gevriesde wildsvleis: Kudu biefstuk Blouwildebees vir potjiekos Kameelperdnek vir bredies• Peuselgoed vir die kinders• Snuisterye vir die ma’s

Besoek ook ons Biltong for Africa-winkel in Somerset-Wes by Lions Square inkoopsentrum

Bestel nou u kopie

R120 met DVD en posgeld ingesluit

Yes Lord YesBrian and Barbara se nuwe CD