nuusbrief april 2016 nuusbrief 2 /2016 · nuusbrief 2 /2016 liewe vriende, met die reén wat laat...

18
NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste van Mozambiek. Die landskap is pragtig alhoewel die swak oeste bietjie van ‘n demper plaas op baie mense se gemoed. Nadat ek ‘n kort besoekie aan die moederland gebring het in laaste deel van Maart, , was ek verbaas om met my terugkeer te beleef dat die nagtemperatuur begin afneem het en ek moes selfs gisternag na n ligte kombersie gaan soek. Na n week van deurdringende reén, skyn die son weer. Mens besef maar heeltyd watter groot voorreg dit is om in hierdie deel van die skepping te kan werk en leef. Ten spyte van al die geestelike, emosionele – en hulpbronuitdagings , bly mens deurentyd bewus van God se teenwoordigheid en die groot taak wat ook hier in ons gedeelte van Afrika wag. Ek voltooi hierdie brief volledig vir die eerste keer uit Milange. Die uitsig op Mt Mulange en Tumbineberg is asemrowend mooi. Dit is hier waar ek sedert 1 Februarie woon en waar ek myself bevind in die middel van die 2 ander kampusse nl. Vila Ulongue (290km - noordwes) en Mocuba (200km- oos), wat ek periodiek besoek. Milange .

Upload: others

Post on 21-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

NUUSBRIEF APRIL 2016

Nuusbrief 2 /2016

Liewe Vriende,

Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die

noordooste van Mozambiek. Die landskap is pragtig alhoewel die swak oeste bietjie van ‘n demper

plaas op baie mense se gemoed. Nadat ek ‘n kort besoekie aan die moederland gebring het in

laaste deel van Maart, , was ek verbaas om met my terugkeer te beleef dat die nagtemperatuur

begin afneem het en ek moes selfs gisternag na n ligte kombersie gaan soek. Na n week van

deurdringende reén, skyn die son weer. Mens besef maar heeltyd watter groot voorreg dit is om

in hierdie deel van die skepping te kan werk en leef. Ten spyte van al die geestelike, emosionele –

en hulpbronuitdagings , bly mens deurentyd bewus van God se teenwoordigheid en die groot taak

wat ook hier in ons gedeelte van Afrika wag. Ek voltooi hierdie brief volledig vir die eerste keer uit

Milange. Die uitsig op Mt Mulange en Tumbineberg is asemrowend mooi. Dit is hier waar ek sedert

1 Februarie woon en waar ek myself bevind in die middel van die 2 ander kampusse nl. Vila

Ulongue (290km - noordwes) en Mocuba (200km- oos), wat ek periodiek besoek.

Milange .

Page 2: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Lees in hierdie uitgawe : Vila na Milange * Verdediging van Monografiee * Voorskou – Gradeplegtigheid

Besoekers * Studente prakties * Projekte * Dosente - Milange * Finansies * Nuusbrokkies *

Jan(nie) en die Spietkop

VERHUISING VAN VILA ULONGUE NA MILANGE

Die Raad van Hefsiba het reeds in Oktober verlede jaar besluit dat voltydse personeel van

die moederkampus in Tete na Zambezia- provinsie verplaas sal word in 2016. Die vorige

Finansiele Bestuurder in Vila , Joao Hazuelo , het reeds in Desember hierheen verhuis en sy

familie het hom in Januarie gevolg. Hy funksioneer as Koórdineerder [ Milange] en is

verantwoordelik vir administrasie en finansies.

Op die oggend van 30 Januarie 2016, het ek in reénweer die Hefsiba kampus verlaat met die

bekwame hulp van Jannie Smit van Chandame. Fernando Alfredo , Teologiestudent en

vriend ,het ons vergesel. As deel van ‘n hartseer afskeid deur n groep studente, het ek ‘n

lewendige hoender ontvang as geskenk. Dit sou erg onsensitief wees om so ‘n gebaar van

die hand te wys , al moes ons ‘n halfuur later deur ‘n grenspos gaan . So langs die pad het

ons die “geskenk” darem in n kartondoos gesit , en met ons swaargelaaide 2 voertuie en

sleepwa [insluitend 2 honde en n hans- papegaai] , Vila verlaat. Die eerste stop sou Dedza

grenspos wees , waar al die meubels, boeke , bagasie en selfs die kruiwa , verklaar moes

word. Al die dokumentasie vir die uitvoer , transito & invoer van die diere , was vooraf

gefinaliseer.

Die lekker reénbui het ons goed gepas . Al was ons sopnat , het geen doeane beampte kans

gesien om ons voertuie te deursoek in die reén nie. Ek moes egter die diere verklaar. Die

veeartsenykundige beampte het ‘n sambreel uitgepluk en wou die honde en papegaai sien

en inspekteer. Hy het nog nooit ‘n papegaai gesien nie en het eers ‘n reeks fotos vir sy

kinders geneem. Daarna het hy gevra vir ‘n transito permit vir elke dier. Dit het ek nie

gehad nie. Dit word slegs in Lilongwe uitgereik en neem 7 dae. Volgens die Mosambiekse

owerhede is dit nie nodig nie , maar dit het nie die Malawiér tevrede gestel nie. Die

welsprekende Malawiér staan vas. Ons sou nie kon Lilongwe toe nie. Dit was ook Saterdag.

So met die wegstapslag , merk die man die kartondoos voor in die kar op.” What is in the

box ? “ , wou hy weet. Op goeie Engels verduidelik Fernando dat dit ons vergete geskenk is

wat ons met ons vertrek ontvang het. Aangesien ons dit nie verklaar het nie, het dit

natuurlik verdag voorgekom. “It is illegal . So, what was your plan with the chicken ?”, brom

hy. “ It is a gift to you “, kom dit uit een mond.

Binne 2 minute het ons vertrek. Alle dokumentasie gestempel en goeie wense vir die reis

toegewens. [ Omgekoop .....? ]

Page 3: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Die totale afstand wat ons sou moet reis , is 290 km . Dit neem egter sowat 6 ure a.g.v. 2

grensposte en die gereelde padblokkades . Daarby sluit die grenspos by Muloza, waar ons

weer uit Malawi uitgaan , om 18h00. Ons moes wikkel. Digby Blantyre word al die verkeer

van die pad getrek . Rede : Die President van Malawi was op pad. Na 45min se wag het ‘n

konvooi van 5 motors met flitsende ligte en loeiende sirenes verbygevlieg teen n gevaarlike

spoed. Toe kon ons verder. Baie voorspoedig . Toe ons met ‘n sug by Muloza in donkerte en

stortreen stop, was dit 18h20. Grenspos gesluit . Geen elektrisiteit. Vind slaapplek .

Met groot seén het ons oornagplek gevind, n lekker maaltyd genuttig, die diere versorg en

‘n goeie nagrus gehad. Dansy Jannie.

Om 10 uur die sondagoggend het ons by my nuwe blyplek gestop en die Here gedank vir n

stukkie Afrika- reiservaring met oponthoud, frustrasie , stres maar volop humor en

voorspoed.

[Lees Jan(nie) & die Spietkop, verder aan.]

MILANGE

Milange is ‘n groterige dorp in Zambezia- provinsie teenaan die Malawi grens , omring deur

‘n uitgestrekte berg-en heuwelagtige landskap waar klein “villages” rondom die dorp in die

bosse verspreid geleé is. Alhoewel jy ‘n verskeidenheid goedere en dienste hier op die

plaaslike mark kan koop, sal jou soektog na spesiale items soos kaas, melk, verf, draad ,

motoronderdele en rekenaarbenodigdhede , in Blantyre of selfs Quelimane eindig. Dit verg

nogal aanpassing . Die interessante hoofstraat eindig ‘n ent teen die Tumbineberg op by die

woning van die Administrator van die Streek . Soos die Portugese dit nog ontwerp het.

Quelimane is die hoofstad van hierdie provinsie en sowat 320 km van hier. Alle reélings

rondom dokumentasie en amptelike permitte is dus so 6 ure of 2 dae vêr.

Soos ‘n tipiese Afrika- dorp , worstel ons ook met die gebruiklike. Elektrisiteit is n erge

kopkrapper. Maandae is normaalweg ‘n elektrisiteitsvrye dag. Dan, verder die week dalk

nog so ‘n keer of wat. Ek poog om so gou moontlik ‘n groot diepsiklus battery te bekom uit

RSA. Hier is ‘n noodstelsel, maar dit werk nie. As iemand kan help met vervoer in hierdie

rigting , kontak my asseblief. Om weer netwerke hier op te bou is n groot uitdaging en

neem heelwat tyd in beslag.

Ek woon op die kant van die dorp in ‘n kampong, of afgebaken-en omheinde kampus, saam

met 5 ander sendeling-gesinne (3 Hollands + 1 SA + I VSA). Dus, 5 alleenstaande, omheinde

huise , elk met sy eie krag en watertoevoer. Die internasionale verskeidenheid is

aangenaam , asook die verskeidenheid areas waarbinne almal werk. Geletterdheid ,

primêre gesondheidsorg ,voeding, mediese sorg, kinderevangelisasie , sielkunde en

finansiéle –en projekbestuur . Voorwaar n ‘n goeie mengsel. Elke huis het n gaste-eenheid .

Hier is deurlopend gaste . So, kom kuier !

Page 4: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Die hoofstraat van Milange.

DIE VEILIGHEIDSITUASIE IN MOSAMBIEK

Na aanleiding van talle navrae wat ons hier ontvang, meld ek graag die volgende.

Ons beleef geen gevaar hier in Milange nie en hier is geen verhoogde militêre

bedrywighede nie. So ook in Vila Ulongue. Periodieke skermutselinge in die sentrale

gebiede word gerapporteer . Om vanuit die suide op te ry met n voertuig is

tydrowend aangesien daar etlike konvooitrajekte in plek is. Die populêre roete deur

Zimbabwe oor Harare met deurgang by die Nyama-Panda Grenspos, is steeds ook

die roete wat passasiersbusse volg. Ons hou die situasie dop. Ons pleidooi is saam

met miljoene Mosambiekers : Bid asb vir die situasie, dat daar n versoening tussen

Frelimo & Renamo sal plaasvind.

AKADEMIESE NUUS

Op 11 Maart vanjaar het ons feesgevier. Op hierdie dag in 2005 , het Hefsiba ISC amptelik

die status van ‘n “ Instituto Superior” verwerf. Hierdie totstandkoming as ‘n universiteit is

dus vanjaar vir die 11 de keer herdenk met groot dank aan God wat deurlopend voorsien

het , en ten spyte van groot uitdagings telkens gebede verhoor en uitkomste gegee het.

Page 5: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Ons eerste toetsreeks is pas afgehandel op al drie kampusse. Ons is tot dusvêr

tevrede , maar hou ook hier ons 1stejaars se prestasie fyn dop. Die gemiddelde

ouderdomme van ons studente in die Ekonomie- en Sielkunde Fakulteite , is

merkbaar hoêr as nuwe Teologiestudente. Hulle is meestal werkende mense wat n

tyd lank nie gestudeer het nie , en dikwels n tydjie neem om hulle voete te vind. Hul

toewyding is merkwaardig.

Om die vlak en kwaliteit van Hefsiba ISC se opleiding voordurend te beskerm en te

verhoog, verg n massiewe poging. Die skrapse hulpbronne en dikwelse afwesigheid

van basiese dienste, maak dit n reuse uitdaging. Daarvoor pleit ek dat julle vir ons

bid en , indien moontlik, op n manier betrokke sal raak. Hefsiba ISC is n privaat

christelike universiteit . Naas die Teologie Fakulteit , wat onder streng toesig van die

Sinode van die IRM funksioneer, is dit ‘n volgehoue en kundige taak om ons

programme en kurrikula ook in ander Fakulteite so te ontwerp dat ons steeds getrou

bly aan ons visie en christelike waardes.

Aanbied en Verdediging van Monografieé

Studente in die finale jaar van die Licenciatura –graad [4 jarige Hons graad] in

Teologie, Sielkunde & Ekonomie , moet individueel aan die einde van hulle

studies , ‘n jaarlange navorsingsprojek voltooi, aanbied en suksesvol verdedig

voor ‘n paneel van beoordeelaars. Dit is ‘n formele geleentheid . Elke student

nooi gaste, kollegas en belangstellendes uit die gemeenskap en moet bontstaan

om die inhoudelike en gevolgtrekkings van sy/haar studie te verdedig. Die

evaluering word gedoen deur ‘n jurie wat gelei word deur ‘n president en

bestaan uit die promotor , en 1 of 2 opponente . Dit is die rol van die opponente

om enige onduidelikheid of tekortkominge uit te wys , waarna die gehoor ook

kan deelneem. Daarna beraadslaag die jurie terwyl die gehoor in spanning wag.

Dan kondig die president die uitslag aan tot opgewondenheid of teleurstelling

van die student en die gehoor. Hierdie is ‘n baie interessante seremonie wat my

beindruk!

Sedert Oktober verlede jaar het 29 Sielkunde- , 20 Ekonomie- en 7 Teologie

studente hierdie proses voltooi. Dit is natuurlik tydrowend en ook die

vernaamste rede hoekom ons gradeplegtigheid nie teen Desember kon plaasvind

nie.

Paar Interessante Sielkundige temas:

- Die voorkoms van Post Traumatiese Stres by oorlewendes van

voertuigongelukke

- Ontleding van die posisie van vroue in die Arbeidsmark in Angonia, Tete.

- Die morele krisis en gedrag in Moatize na die ontdekking van steenkool

- Die impak van HIV/Vigs op leergedrag

Page 6: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Die nasionale Departement van Onderwys hier plaaslik, voer deurentyd

inspeksies uit by tersiêre instansies om gehalteversekering te bevorder en

sommer n hele paar ander faktore ook te monitor. Dit is veral privaatinstansies

wat fyn bekyk word. Hefsiba het op 17 Maart so n besoek ontvang op Milange en

daarna op 24 Maart in Mocuba. Alhoewel daar in die algemeen tevredenheid

uitgespreek is m b t werksaamhede binne die Sielkunde & Ekonomie Fakulteite ,

het ons, soos verwag, kritiek gekry oor die hoeveelheid boeke en ander literatuur

in ons biblioteke. Daarbenewens moet ons dadelik aandag skenk aan n model

hoe ons n groter getal van ons deeltydse dosente op n voltydse basis kan aanstel,

asook hulle kwalifikasies kan verhoog. Navorsing sal ook ‘n hoér profiel moet kry.

Al hierdie sake het groot finansiéle implikasies. Bid asb hiervoor. Kopkrap ......

Dosente by Milange kampus

Studente Praktika

Teologiestudente word in hulle 2 de studiejaar toegedeel aan ‘n bepaalde wyk of

‘prayerhouse’ , wat sy verantwoordelikheid bly vir die duur van sy studies.

Hierdie wyke is as’t ware ‘n klein gemeente , omdat kerke hier wyd uitgestrekte

gebiede bedien. Hierdie praktiese opleiding geskied onder toesig . Studente word

gekonfronteer met die werklikheid . Saam met hulle eggenotes moet hulle reeds

sondae vroeg wegspring om tot sovêr as 15 km te loop of met n fiets te ry om sy

“gemeente” te gaan bedien. Dit was my voorreg om n aantal studente te kon

vervoer en bystaan om hulle werk te kon doen.

Page 7: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Josafat [student], Patricia & hul gesin arriveer vir n oggenddiens in die bos terwyl die

gemeente al vrolik sing.

Omdat dit meestal problematies is om die evangelie aan ongeletterdes te bring en

ook goeie opvolgleer te versterk, het van die studente begin eksperimenteer met n

metodiek wat meestal van kleurprente in plakkate en kleiner boekies gebruikmaak.

Hierdie wyse van aanbieding is niks nuut nie, maar vind tans groot byval by kategete

en leerders. Waardering aan Derick Stevens wat n nuwe besending gestuur het.

Page 8: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Kategese : Die hart van die Mens

BESOEKERS

Milange is geografies so gelee dat ‘n deurgang is vir baie reisigers wat vanweé grensposure

gereeld slaapplek soek. Verder is die Tumbine Sinode van die Igreja Reformada bedrywig

met ‘n verskeidenheid projekte wat deur kerke en sendingorganisassies vanoor die hele

wêreld ondersteun word. Dit bring mee dat hier altyd besoekers is wat projekevaluasie kom

doen en blyplek soek. Hier op die sendingstasie of “kampong “ is daar altyd min of meer 5

nasionaliteite verteenwoordig. Sedert 1 Februarie het ek die volgende gaste gehuisves.

Wayne , Karin & Maurice (11) Holm [4—8 /2/16] Suid Afrikaners van Benoni wat op ‘n 6

maandelange reis deur suidelike Afrika is om sendelinge te besoek , bemoedig en te bemagtig . Hulle

het n aangename en geseénde paar dae hier deurgebring en n boodskap van blydskap , vasbyt en

hartlikheid gebring. Het almal hier geraak met hulle avontuurlustige en gefokusde benadering. Een

aand is daar ingevoerde “rumpsteak” gebraai ! Van hier is hulle na Nampula , Pemba en sou teen

Meimaand by Nairobi terugdraai huis toe. Het n maand laas met hulle kontak gehad. Bid hulle seen

en voorspoed toe.

Page 9: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Die Holm- gesin met hulle moderne safari voertuig en karavaan.

Mary Acebal , Coordenadora Dignidade & haar Spaanse kollegas. [ Reeds 2 besoeke

gebring]

Raquel , Ricardo , Mary , Lydia & Andrês . Ricardo is n Bedryfsielkundige van Spanje wat moontlik later

Page 10: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

vanjaar sal kom hand bysit met lesings. Hulle besoek Mosambiek so 2 maal per jaar. Andrês is n sjef in

Spanje. Mens proe dit aan sy geregte !

Danie Murray , Projek Handevat . [17/3 – 10/4/16] Danie het in Milange begin werk toe

hier net mielielande was waar my huis nou staan. Na langer as 12 jaar voltyds in Milange met sy gesin,

besoek hy verskeie opleidings –en bemagtigingsprojekte 2 tot 3 maal per jaar. Wat n voorreg om

hierdie rustige, nederige en gededikeerde sendeling te ontmoet en te put uit sy ryke ervaring en

kennis .

Thomas & Marcus is 2 Amerikaanse Peacecore Volunteers wat hier in Milange met

Vigs –en Malaria programme & Rekenaaropleiding werk.

Page 11: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Hierdie jongmense doen goeie werk . Hulle verlang ook maar huis toe en is gereelde gesigte hier op die

‘compound’. Hulle pas graag huise op en versorg honde as iemand nie hier is nie. Daag graag op vir ete en

bring soms vriende saam.

AKADEMIESE BESOEK AAN RSA

As deel van my taak om n nuwe kurrikulum vir die Hons graad in Sielkunde saam te

stel, is die kontekstualisering van kursusinhoud uiters belangrik. Om bloot ons

bekende psigologiese denkraamwerk met ‘n reeks westerse navorsing en

paradigmas , nét so in ‘n Afrika- konteks oor te plant, is ‘n dwaling. Om hierdie rede

het ek vanaf 22 tot 31 Maart besoek afgelê by 3 universiteite in SA. Prof Roelf van

Niekerk [NMMU], Prof David Maree [TUKS] en Dr Emily Mojapelo-Batka [UNISA] was

uiters behulpsaam en ondersteunend m.b.t. Hefsiba se poging om hierdie terrein te

betree. Daar is ook met aldrie instansies ooreengekom om te begin met die

aanvoorwerk wat kan lei tot formele samewerkingsooreenkomste in die toekoms.

Daar is veral ook gefokus op 3 terreine van samewerking : Kurrikulumontwikkeling,

navorsing en ook die instelling van n Meestersprogram. Nog n uitvloeisel hiervan is

dat ek eersdaags sal poog om n Navorsingsvoorstel vir ‘n D Phil in te handig.

Gesprek met Prof Roelf van Niekerk [NMMU]

So tussendeur kon ek ook by Attie &Anel van der Walt op Centurion ‘n draai maak.

Hulle redigeer en versend my nuusbrief en is ook lank reeds betrokke by Hefsiba

saam met die Sendingkommissie van die Gereformeerde Kerk Centurion.

In Germiston kon ek uiteindelik dokumenthouers opspoor en ook ‘n paar ander

noodsaaklikhede aankoop vir ons gradeplegtigheid .

Dit is altyd lekker om by jou tuisgemeente te aanbid. Ek kon ook 2 paasdienste

bywoon by Albanie op Grahamstad en sing saam met n orrel.

Hier het ek ook ‘n besending van 30 veelkleurige, gehekelde poppies ontvang wat

deel sal uitmaak van ‘n kinder sondagskoolprogram. Baie dankie aan die vaardige

senior burgers wat 30 kinderhartjies baie bly gaan maak.

Page 12: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Ek is baie dank verskuldig aan die Kommissie vir Getuienisaksie wat hierdie

produktiewe besoek moontlik gemaak het. Hylie Enslin & Mickey Bouwer vir

reisreélings . Asook almal wat my gehuisves het, vervoer verskaf en ondersteun het.

[ Bertie, Diana , Thildé, Alex & Clive, Strauss & Augusta.]

NUUSBROKKIES

Konstruksie aan die Milange – Mocuba teerpad vorder fluks . Van die 200km , is daar aan die

Mocuba-kant reeds sowat 110km klaar. Hierdie kant is vordering stadiger. Slegs sowat 25 km

voltooi. Dit bly egter n uitdaging om die sowat 65km tussen-in te voltooi. Veral in reéntyd.

Kerstyd is die doelwit.

Page 13: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Sedert Februarie 2015 tot Februarie vanjaar het die Metical met bykans 43% gedevalueer

teenoor die USD. Lewenskoste in Mosambiek het reeds skerp gebokspring. Groot kommer

bestaan. Verlede week 10MZN betaal vir 1 geelwortel !! [R3-30] Retoervlug tussen Tete en JHB

was 12mde gelede R5,750. Tans is die prys ongeveer R7,450 ! ‘n 50kg sak mielies kos tans

400MZN. Teen Desember sal die prys na verwagting verby 1,000MZN styg. Diesel kos hier tans

43MZN/L & Petrol 56MZN/L.[ Sowat R 14-30 & R18-66]

Op 2 Mei word Internasionale Werkersdag ook hier op Milange gevier. Elke organisasie,

werkverskaffer en besighede neem tradisioneel deel aan die groot parade of optog waarin

elkeen sy taak, diens of wersaktiwiteit op n vlot uitbeeld. Dit beloof om n groot fees te wees.

Sedert middel April is Mozambiek geklassifiseer as “Red Alert” , hoogste ramp kennisgewing

vanweé droogte en voedingstekorte. Veral in die Suide en Sentrale-gebiede is daar reeds begin

om aan sowat 600,00 mense droogtehulp en voeding te verskaf. Die teikengroep is 1,5miljoen.

Verlede jaar was daar vloede en het meeste hulle oeste verloor.

Past Tomé Capece , Studentekapelaan , sal vanaf 1 Julie 2016 skuif na Mocuba as

Koórdineerder . Die groei in Hefsiba se werksaamhede in die Zambezia –provinsie noodsaak

hierdie skuif.

Hylie Enslin, van die K v G kantoor in Kaapstad, is iemand wat groot lof verdien . Sy is al lank

daarvoor verantwoordelik dat talle sendelinge seepgladde , vriendelike en effektiewe diens kry

as dit kom by finansies en administratiewe ondersteuning . Dankie, Hylie !

Ek sal vanaf 25April vir bloklesings in Vila Ulongue wees tot na die gradeplegtigheid . Ek sal op 2

Mei DV terug wees in Milange.

Vanaf 18 -25 Junie vind die bekende en verwagte OOGUITREIK op Milange plaas. Die span van

ongeveer 13 lede onder leiding van Drs Johan Eloff & Chris Blignaut sal hier by ons tuisgaan. Na

n vol week van oogkundige evaluasies en operasies, sal talle plaaslike inwoners weer kan sien .

Bid hiervoor, asb.

“ Malaria Sucks” , die muskietnetprojek is amptelik op 31 Januarie gestaak. Baie dankie aan

Alexandra en almal wat bygedrae het om n aansienlike getal nuwe –en gebruikte nette aan

families in Vila Ulongue te oorhandig. Gedurende die laaste helfte van 2015, het die

Page 14: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Mosambiekse Departement van Gesondheid ook 2 veldtogte daar aangebied waar n groot

hoeveelheid nette versprei is. Dit is sekerlik nog steeds nie genoeg nie, maar die projek het sy

doelwit bereik.

GRADEPLEGTIGHEID 2016

Op Saterdag 30 April vind hierdie jaarlikse hoogtepunt plaas op die kampus in Vila

Ulongue . Soos reeds genoem, is die datum verskuif vanaf Desember om ruimte te

laat vir die voltooiing en evaluering van monografieë . Hierdie is mos die hoogtepunt

van elke student se studieloopbaan , en hier is dit beslis n gebeurtenis. Op hierdie

dag sal altesaam 60 grade en enkele diplomas toegeken word aan studente van al

drie Fakulteite. Alle hoogwaardigheidsbekleers in hierdie omgewing word uitgenooi

en na afloop is daar n ruimhartige ete en feesvieringe.

Ek geniet seremonies. Hiervan is ‘n akademiese prosessie en seremonie sekerlik na-

aan top van die lys. Hieroor sal ek volgende keer volledige nuus plaas asook genoeg

fotos.

HULPBRONNE

‘n Nuusbrief van hierdie aard , sal nie volledig wees sonder dat hierdie belangrike saak ook

aangespreek word nie. Dit is ongelukkig so. Ek is bewus dat baie van julle reeds op een of

ander wyse by Hefsiba betrokke is of was. Die afgelope jare het daar ‘n hele paar belangrike

veranderinge en ontwikkelinge by Hefsiba plaasgevind. Hierdie noodsaaklike groei en

aanpassing was moontlik gemaak deur die Genade van God wat voorsien het deur

ondersteuners en donateurs , vriende en bidders. Daarvoor is ons innig dankbaar.

Ek is deeglik bewus van die moeilike finansiéle omstandighede wêreldwyd en ook spesifiek

in RSA . Steeds wil ek u nooi : Raak betrokke ! Ja, ons benodig studiebeurse , boeke,

rekenaars en boufondse. Maar, wat ons staande hou, is betrokkenheid, belangstelling en

voorbidding. Hoe raak ek betrokke ?

- Stuur ‘n e-pos . Stel n Skype gesprek op. Stel jouself bekend . Vra vir inligting .

- Kom besoek ons . Nooi ons na u Gemeente of besigheid of groepering toe.

- Reageer op enige berig of brokkie in hierdie brief.

Hieruit sal dit wel duidelik word hoe ons by mekaar betrokke kan raak.

Ons het tans steeds n groot behoefte aan :

Beursondersteuning vir 5 Teologiese studente. Enige deel van die R29,500 per jaar is

welkom. Maandelikse bydraes, eenmalige donasies of bietjie-bietjie. Elke rand help.

Page 15: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

As jy dalk enige Engelse Ekonomie en Sielkunde boeke het wat in onbruik is, kontak

my asb .

Rekenaars-en toerusting is baie duur en moeilik bekombaar in Mosambiek. Ons kan

gebruikte rekenaars goed gebruik. My kontakdetails verskyn hierionder.

JAN(NIE) EN DIE SPIETKOP

Diegene wat al ooit deur Malawi per pad gereis het , sal kan getuig dat padblokkades inderdaad ‘n

toets van jou geduld, nederigheid, selfbeheersing en toneelspel is. Met al jou papiere , permitte ,

paspoort en toerusting vir noodgevalle op aanvraag , is jy oorgelewer aan die Offisier van die

Malawi Police wat jou gereeld sal stop, vriendelik groet op Engels, jou lisensie vra, jou TIP [Tydelike

Invoerpermit] besigtig, 3de partyversekering nagaan, Brandblusser en noodtoerusting inspekteer ,

allerlei dinge op jou voertuig ondersoek en dan begin om jou bagasie te bevraagteken en heel

dikwels laat uitpak. So tussendeur kom die die versoek vir ‘n “fanta” . As enige iets foutief is , is jy in

vir ‘n 10,000 Kwacha boete op- die –plek. Een so n toegewyde offisier is Jameson(skuilnaam),

bekend(berug) onder alle sendelinge wat tussen Milange en Blantyre reis. Dit is bekend dat hy

spesifiek buitelandse toeriste en motors met nie- Malawiese registrasienommers stop, ondersoek

en sonder versuim teister en frustreer totdat jy later wel toegee en n “fanta” [omkoopgeldjie]

betaal.

Jannie en ons vrag.

Page 16: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

Op die oggend van Sondag, 31 Januarie 2016, was Jameson op diens by die gebruiklike blokkade

kort voor die Muloza grenspos . Dit was die oggend toe ons met ‘n klein konvooi van n swaar

gelaaide motor gevolg deur ‘n bakkie met n kappie waarin baggasie , 2 honde en ‘n papegaai gelaai

is en ‘n sleepwa vol meubels , deur ‘n polisieman in uniform gemaan is om te stop. Ons het.

Die inspeksie het op die gewone wyse begin waarvoor Jameson al bekendheid (berugtheid) verwerf

het. Al ons papiere, permitte,vragbriewe en versekering was reg. Nadat hy my bestuurderslisensie

bestudeer het , draai hy om en gaan ondersoek ‘n motor wat van die ander rigting gekom het. Ek

wag. Na so 5 min kom hy terug en begin die noodtoerusting kontroleer. Die motor se domkrag was

onder die bagasie by die noodwiel. Ten spyte van die kartondose , tasse en boeke wat daarop gepak

is , dring hy aan dat ek afpak. Loop eers weer om aankomende verkeer te ondersoek. Later keer hy

terug en wil sommer my remligte inspekteer. Ons staan nou al so 15 min en Jannie sit geduldig

agter my motor en wag in die bakkie terwyl die verkeer agtertoe begin opdam. Jameson is min gepla

en onderrig my so tussendeur op sarkastiese wyse oor die bepalings van die Malawiese Konstitusie

en die verpligtinge wat geplaas is op besoekers aan sy land.

Toe trek Jannie en sy vrag agter my sy aandag en hy laat my net daar met my foutiewe remlig en

“afwesige “ domkrag. Hy zoom in op sy teiken.

Als loop vlot met papiere, permitte, lisensies , ens . Met die brandblusser begin dinge verander. Op

‘n afstand sien ek hoe daar effe van n wasem aan die binnekant van die bakkie se voorruit begin

wys. Dit is duidelik dat Jannie vinniger begin asemhaal toe Jameson iets fout vind met die

vervaldatum van die brandblusser . Toe hy iets beduie na die bakkie se wiele , kon ek Jannie nie

meer mooi deur die voorruit sien nie. Ek vermoed die suurstof in die kajuit het begin opraak , want

die volgende moment het Jan Smit langs die bakkie gestaan. Met sy hele 2m en 140kg

teenwoordigheid , het Jameson soos n dwerg langs hom voorgekom. Ek het nader gestaan om die

gesprek te hoor . “Go back to your vehicle “ , is ek toegesnou. Ek tree terug. Maar, ék was die

geringste van sy probleme.

Ek hoor hoe Jameson aan Jannie iets laat blyk dat hy by magte is om n voertuig te “neem” indien

daar nie aan regulasies voldoen word nie. Teen die tyd is die verkeer agter ons reeds opgedam en

Bula & kie agter in die bakkie begin ook reeds die ruite laat wasem.

“Officer, if you want the vehicle , here are the keys. Take it, it is your’s” , hoor ek duidelik terwyl

Jannie die sleutels in die polisieman se hand stop en met ‘n spoed verby my drafstap in die rigting

van die grenspos. Jameson staan verslae. “What’s happening ? , skreeu hy in my rigting . Jannie is

al sowat 60m in die pad af toe ek met Jameson kan praat. Hy gil kort-kort iets in Chichewa aan sy

kollegas wat ook verslae rondstaan. “What is that man doing ?” , wil hy by my weet. “ Well, he is a

generous man, and you made it clear to him that you have authority over him . So, he gave the

vehicle to you. Don’t you want it ?” , was my diplomatiese toneelspel. Daar was sweet op sy

voorkop en bolip , al was dit maar 8h30 in die oggend. Sy oé was half verskrik. Toe probeer hy die

sleutel vir my gee , terwyl ander motoriste begin toeter oor die oponthoud.

Ewe skielik staan Jannie langs hom en vra : “ Can I just get my passport from your vehicle, officer ?”

Paniekerig staan hy opsy terwyl Jan in die kajuit inleun en sy dokumente neem en weer , sonder ‘n

Page 17: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

woord , die pad vat. Jameson wil praat, maar hy kry nie n woord uit nie. “ How will I get my animals

and luggage from your vehicle and delivered to Milange ?” , vra ek. Hy stotter en sy

gesigsuitdrukking aktiveer my jammerkryhormone sonder om my te laat uitbars van die lag. “ Who

is that man ? “ , kry hy darem uit. Nadat ek hom vertel het dat hy deur Jannie “ gebless” is met n

motor en dat Jan Smit n ruimhartige man is wat graag ander help, het hy my beleefd gevra of ek

asseblief die sleutels vir Jannie sal teruggee en die voertuig ook. Jannie was teen dié tyd al byna

uit sig af in die pad.

Nadat ek my motor uit die pad getrek het, kon ek met die bakkie deur die blokkade beweeg en vir

Jannie ¾ km verder inhaal. Ek kon terugloop , my motor gaan haal en ons is sonder voorval deur die

grenspos effe verder.

Toe ek verlede Sondag vanaf Blantyre op pad huis toe by dieselfde padversperring gestop word,

het Jameson my met die hand kom groet en gevra: “ How is your big friend doing ?”

------------------------------

# Lees volgende keer : Mei –dagvieringe in Milange // Gradeplegtigheid 30 April //

Ooguitreik 2016 // Espanor : Vennoot van Hefsiba

Iets vrolik vir die winter :

Page 18: NUUSBRIEF APRIL 2016 Nuusbrief 2 /2016 · Nuusbrief 2 /2016 Liewe Vriende, Met die reén wat laat begin val het , is alles steeds mooi groen in verskillende skakerings in die noordooste

CRISTO ACIMA DE TUDO ! CHRISTUS BO ALLES !

Ivan Stevens

[email protected]

+ 258 876230191

BANKBESONDERHEDE