dorslandtrek- nuusbrief verenigingdorsland.org/dorslandtrekvereniging nuusbrief 2017 no 6.pdf · ...

12
http://dorsland.org November 2017 1 DORSLANDTREK- VERENIGING Swartbooisdrift Nuusbrief Jaargang 3, no. 2 November 2017 Webadres: http://dorsland.org • E-posadres: [email protected] INHOUD 2018 klop aan die deur en so ook ons 90-jarige gedenkfees! – p. 1 Swartbooisdrift 1928 tot 1929 – p. 2 • Belangrike inligting rondom die komende gedenkfees – p. 7 Op die spoor van die Dorslandtrekkers: die Angola-been van ons toer – p. 8 Angola-boere het nie plase verniet ontvang nie – p. 9 Nuusbrokkies – p. 12 2018 KLOP AAN DIE DEUR EN SO OOK ONS 90-JARIGE GEDENKFEES! Klipstapeling te Swartbooisdriſt 2013 (© Alta van der Merwe) D aar is , n opgewonde gedruis wat stadig maar seker besig is om almal se aandag te trek: die 2018-Swartbooisdriſt Gedenkfees! Dit is hierdie keer reeds die 90-jarige herdenking van , n trek wat gebeur het om aan ons as die nageslag, , n beter toekoms te bied! Hierdie fees sal reeds die tiende gedenkfees hier in Namibië wees. By ons kampplek langs die Kunenerivier het die manne hul opnames en opmetings klaar gedoen. Lang lyste van take kry nou een na die ander aandag om dit vir die feesgangers so gerieflik moontlik te maak. Die feesregistrasies begin ook teen , n al sterker wordende stroom in te vloei. Vir diegene wat op die internet kan kom, daar is , n registrasievorm op ons webblad by dorsland.org. Die landingsblad sal jou direk na die regte plek lei. Of nog makliker, kliek bloot op die naam van ons webblad hierbo terwyl jy op die internet is. Andersins kan ons sekretaresse gekontak word by [email protected] om , n registrasievorm direk aan te stuur.

Upload: vuongkhuong

Post on 31-Jan-2018

299 views

Category:

Documents


49 download

TRANSCRIPT

Page 1: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 1

DORSLANDTREK-VERENIGING

SwartbooisdriftNuusbrief Jaargang 3, no. 2 November 2017

Webadres: http://dorsland.org • E-posadres: [email protected]

INHOUD

• 2018 klop aan die deur en so ook ons 90-jarige gedenkfees! – p. 1

• Swartbooisdrift 1928 tot 1929 – p. 2

• Belangrike inligting rondom die komende gedenkfees – p. 7

• Op die spoor van die Dorslandtrekkers: die Angola-been van ons toer – p. 8

• Angola-boere het nie plase verniet ontvang nie – p. 9

• Nuusbrokkies – p. 12

2018 KLOP AAN DIE DEUR EN SO OOK ONS 90-JARIGE GEDENKFEES!

Klipstapeling te Swartbooisdrift 2013 (© Alta van der Merwe)

D aar is ,n opgewonde gedruis wat stadig

maar seker besig is om almal se aandag te trek: die 2018-Swartbooisdrift Gedenkfees! Dit is hierdie keer reeds die 90-jarige herdenking van ,n trek wat gebeur het om aan ons as die nageslag, ,n beter toekoms te bied! Hierdie

fees sal reeds die tiende gedenkfees hier in Namibië wees. By ons kampplek langs die Kunenerivier het die manne hul opnames en opmetings klaar gedoen. Lang lyste van take kry nou een na die ander aandag om dit vir die feesgangers so gerieflik moontlik te maak.

Die feesregistrasies begin ook teen ,n al sterker wordende stroom in te vloei. Vir diegene wat op die internet kan kom, daar is ,n registrasievorm op ons webblad by dorsland.org. Die landingsblad sal jou direk na die regte plek lei. Of nog makliker, kliek bloot op die naam van ons webblad hierbo terwyl jy op die internet is. Andersins kan ons sekretaresse gekontak word by [email protected] om ,n registrasievorm direk aan te stuur.

Page 2: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 2

Intussen het ons gewonder, hoeveel weet ons fees-

gangers van wat werklik gedurende 1928 tot 1929 daar langs die Kunenerivier gebeur het? As daardie rivier kon praat, wie sou graag die stories wou hoor? Meer nog, hoe het dit gekom dat daar ,n monument gebou is? Kom ons plaas julle op die volgende paar bladsye midde-in daardie tyd deur middel van enkele aanhalings uit die bondels koerantberigte wat toe verskyn het.

Die aanhalings kom uit koerant- berigte wat oom ET Meyer jare gelede met baie moeite in ,n boekie versamel het, en wat tydens die 1969-gedenkfees aan die feesgangers beskikbaar gestel is.Vandag kan die boekie dalk lyk of dit wil afsteek teen al die ander glansboeke wat beskikbaar is, maar die boekie bevat so ,n lewende blik op daardie eerste dae, dat ons nie anders kan as om ons lesers weer terug te vat na daardie dae nie – net so ter voorbereiding vir die fees.

Oom ET was een van die groot manne onder ons en sê dit baie dat hy dit belangrik geag het om net in eerlike eenvoud die skrywes van daardie tyd aan te haal en geen eie interpretasies daaraan toe te voeg nie. Die titel daarvan is: “Die Koms van die Angolaboere na Suidwes-Afrika in 1928–1929”. In die voorwoord skryf hy dat die berigte uit die koerante van daardie tyd oorgeneem is, sonder om die spelling of taalgebruik te verander; en dit is hoe ons slegs ,n druppel uit die emmer van oorvloed ook hier gaan plaas.

VOOR DIE WAENS IN BEWEGING GEKOM HET

Gedurende Junie 1928 reis die destydse administrateur van Suidwes-Afrika, mnr. Werth, spesiaal na Tshimaka (vandag Swartbooisdrift) om self seker te maak alles is in orde en gereed om die Angola-boere te ontvang. Na sy terugkoms voer “Die Suidwes-Afrikaner” ,n onderhoud met hom en plaas die volgende berig:

Die Administrateur het die tog na die Koenene as uiters interessant bestempel. Die reis het deur die wilde Kaokoveld gegaan, waar ,n pad vir die motors deur die ruige mopaniebosse gekap moes word. Wild – olifante, girafs, leeus ens. – was hier volop ... (maar die) ontdekking van die ware aard van die Kaokoveld maak die probleem van die Angola-Boere groter as verwag is ... Die suksesvolle uitvoering van die trek gaan die kragte van die Administrasie tot die uiterste inspan. Mnr. Werth het dit “een van die grootste trekke in die geskiedenis” genoem, daar 1800 mense deur ,n wilde, onbewoonde streek ongeveer 900 myle altesaam vervoer moet word.

Gevra wat sy indrukke van die Angola-boere was, het Adm. Werth ons geantwoord ... hulle is ,n klas

boer wat goed met enige boere uit die Unie sal vergelyk ... Om na Suidwes te kom is hulle gereed om alles in Angola te laat lê, ofskoon baie van hulle mooi ontwikkelde plase besit.

Wat hier belangrik is om te weet, is dat daar aanvanklik baie gedebatteer was oor die wenslikheid of die Angola-boere toegelaat moet word om na Suidwes-Afrika te immigreer, maar na lang en soms warm debatte, kom die groen lig aan die hand van vaste riglyne. Geen enkele dier mag byvoorbeeld uit Angola die land ingebring word nie uit vrees vir veesiektes wat oor die grens mag kom. Donkies, wat in Suidwes-Afrika aangekoop sou word, moes gebruik word om die mense met hul waens verder te neem. Dit blyk egter spoedig onuitvoerbaar te wees. Daar word toe teruggeval op daardie jare se “meer moderne” vervoermiddels, naamlik groot lorries. Vyf konvooie van ses lorries elk moes vyf families elke veertien dae van Tshimaka (Swartbooisdrift) na Gobabis vervoer. Uit elke konvooi van ses lorries word twee lorries vir die vervoer van die mense gebruik, twee vir die vervoer van hulle huisraad en ander besittings, en twee vir die vervoer van die waens.

Mense in die Unie van Suid-Afrika, en ook Suidwes-Afrika, volg die

SWARTBOOISDRIFT 1928 TOT 1929(Uit: “Die Koms van die Angola-Boere na Suidwes-Afrika in 1928–1929”,

saamgestel deur ET Meyer vir die 1969-gedenkfees)

So is die waens op die vragmotors gelaai (uit ons 2008-gedenkblad)

Page 3: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 3

verwikkelinge met intense belang-stelling. Na die Kunene-konferensie van 11 tot 13 Junie 1928, wat Administrateur Werth en Minister Piet Grobler bygewoon het, berig “Die Burger” onder andere as volg:

Saterdagaand het ons kamp opge- slaan aan die hang van die Kaoko- veld se hoogste berg, onder pragtige mijandi- en wilde vyebome, waar- tussen deur ,n helder stroompie water murmel ...

Dit was ,n aangename en interes- sante ontmoeting met vyftien manne wat ,n aanwins vir enige land sou wees ... Ewemin as toe (1836) is dit somar ,n gril, ,n bandelose lus om maar net te trek. Net soos toe bestaan daar baie gegronde redes voor ... en net soos toe, ontsien die mense geen geldelike verliese nie ...

Vyftig jaar lank het die Angola-Boere in die wildernis verkeer in ,n Rooms-Katolieke staat met slegs Portugees as amptelike taal. Maar daardie mense het ruggraat: die 19e eeuse Afrikaanse karaktertrek van selfstandigheid is nog sterk by hulle. Die gevolg is dat hulle getrou gebly het aan hul Kerk (die meeste is Gereformeerd, die ander Hervormd); dat daar onder hulle, met bitter weinig onderwysgeriewe, glo op een na geeneen is wat nie sy moedertaal kan lees en skryf nie; en dat hulle, te oordeel na diegene wat ons ontmoet het, ,n Afrikaans praat so suiwer dat hulle talle van Afrikaanssprekendes in die Unie in die skande steek.

DIE EERSTE IMMIGRANTE ARRIVEER

Om net tot by die rivier te kom, was vir die boere al ,n tog op sy eie. Oom Peet van der Merwe, self lid van die Trekkommissie en betrokke by die organisasie van die trekkers by die Kunenerivier, vertel oor oom Michiel in sy boek “Ons Halfeeu in Angola” soos volg:

Michiel van der Merwe, een van ons trekleiers, het Humpata met sy geselskap op 5 Julie 1928 om 5-uur nm. verlaat en op 21 Augustus het

hulle by Tshimaka (Swartbooisdrif) aangekom.

Op 22 Augustus 1928 trek die eerste groep Angola-boere Suidwes-Afrika by Swartbooisdrif binne. Hartroerende tonele het hulle op die oewers afgespeel. Oom Michiel van der Merwe, wat onder andere een van die welvarendste boere in Humapata was, vat as leier die drif eerste. Op sy hakke volg Flip Opperman met sy familie, so ook Jan de Jager, Niklaas Swarts, Cris de Jager en Hennie Venter.

SWARTBOOISDRIFT SE MONUMENT KRY GESTALTE

Om hierdie gedenkwaardige gebeurtenis te herdenk, word daar op 24 Augustus in diepe ootmoed ,n monumentjie met los klippe opgerig:

(Van ons Angola-korrespondent) Swartbooisdrif, 24 Augustus.

Dit was ,n plegtige oomblik, die vroeë môre van die 24ste Augustus, vir ons broeders en landgenote in die Noorde. Die eerste klompie trekkers het juis die vorige dag die duskantse wal van die Koenene-rivier betree en dus hulle voet na amper 50 jaar op ons gasvrye bodem gedruk. En nou het die broeders tereg gedink dat die gebeurtenis van genoeg betekenis was, om in die herinnering

van al die trekkers en hulle kinders te bly voortlewe en ter gedagtenis aan die heuglike gebeurtenis ,n klipmonument op te rig, om vir die komende geslagte getuigenis daarvan af te lê. In teenwoordigheid van die grootste deel van die trekkommissie ... het daar ,n klein klompie trekmense van 52 siele op die wal bymekaar gekom, om hierdie oomblik die Here van hemel en aarde toe te wy en die seën van Bo vir land en volk, Regering en Trekboere, af te smeek.

‘n Stille, ligtende môre vol sonnenskyn en blye verwagting. Onder ,n groot anaboom, juis op die oewer van die beroemd geworde rivier, staan ,n groepie trekmense, geharde manne met ontblote hoofde, wakkere Afrikaner-vroue en lewenslustige kindertjies. ,n Sagte stille windjie ruis deur die bome en gly langs die silwere waterskeiding. Plegtig klink die indrukwekkende gesang in die vroeë môrestond en aandoenlik ruis die woorde:

“Jerusalem, dat ik bemin, Wy trede Uwe poorten in, Daar staan, o Godsstad, onze voeten”

Toe die laaste woorde langsaam wegsterf in die verte, begin daar beweging te kom in die kleine groep. In statige optog gaan dit nou na die

Michiel van der Merwe (© Dorslandtrekvereniging Swartbooisdrift argief – geskenk deur SJ Vermaak)

Page 4: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 4

kliphoogtetjie, langsaam klimmend, maar so hoog dat vanuit die uitnemend gekose plekkie ,n heerlike uitsig verkry word oor die beide oewers van die rivier ...

En daar op die hoogte wat ons vandag monumentkoppie noem, speel die verrigtinge hulle verder soos volg af (ons haal slegs gedeeltes aan uit die toesprake):

Eers word die Unievlag in diepe stilte gehys. Dan lees die sekretaris van die Trekkerkommissie, Herman Smit, die oorkonde voor wat hy namens die boere opgestel het (‘n geskrif wat die trek vir die geskiedenis dokumenteer en wat al die trekkers onderteken). Na hom gaan nog ,n lid van die Trekkommissie en ouderling van die Gereformeerde Kerk, Lourens du Plessis, die verrigtinge voor met ,n dankgebed, so eie aan die aard van ons mense, want God kom eerste.

Hierna spreek Andries de Wet as

verteenwoordiger van Suidwes, die trekkers toe en sê onder andere:

... my aard sou meer wees om iemand in sy gesig sy foute te sê, as om hom te prys, maar ... hoe nader ek met julle bekend geword het, hoe meer (moet ek) julle bewonder om julle fiere onafhanklikheidsgees, om julle standvastigheid onder soveel teenstand en verdrukking, om die standvastigheid van julle karakter, waaruit blyk dat julle uit die edel Afrikanerbloed gespruit het ...

Vervolgens heet mnr. Hildebrand, sersant van die Suidwes-Polisie, as amptenaar van die Suidwes-regering die trekkers welkom op Suidwes-grondgebied en verklaar hom oortuig, dat sy Regering geen fout gemaak het met hierdie klas mense om hulle as setlaars in te neem nie.

Uit die Angola-Boere se geledere lewer Herman Smit ,n amptelike boodskap van die boere se kant en verwys na die stenehoop as ons Mizpa want die Here neem opsig tussen U en my na aanleiding van die verhaal van Jakop en Esau wat langs die Jakoprivier ,n hoop klippe opgerig het. Mnr. Lourens du Plessis stap toe vorentoe en terwyl hy met sy vinger na die skemerende verte wys, sê hy:

Kyk, ... daardie berge het ons voorouers die Kransberge genoem; aan die voet van daardie berge slinger die worstelpad, waarlangs hulle getrek het met stryd en lye. Ontbering, siekte en dood het onder hulle geheers, maar hulle koers was: Noord! Toe die ontmoeding met die eerste Portugese, rondgaande handelaartjies. Die taaI van die ,blou-nasie’ onbegryplik, ... Maar ,n skoon land: Angola, ,n ryk, vrugbare land, ,n land vir die toekoms van die moeë trekkers. Toe heerlike toekomsdrome, skone beloftes, salige hoop. En in die hoop is die vaders ontslape, ... die kinders het groot geword, met die hoop in hulle harte. Toe het die hoop altyd minder geword en op laas is die hoop heeltemal tot niet ... En daarom staan ons hier. Nou gaan ons maar terug en rig ter gedagtenis van hierdie aftog ,n gedenkteken op. Vertel julle kindertjies en kleinkindertjies daarvan tot in verre geslagte. Lê almal stene op en laat julle kinders ook stene oplê. Laat hierdie monument tot die nageslagte spreek van ydele hoop en onvervulde beloftes. En laat ons ,n nuwe toekoms tegemoet gaan, maar nou in die boesem van ons eie volk. En laat ons in die toekoms bly wat ons hier gebly het: ,n kristenvolkie met klein krag, maar hoë aspirasies, ,n karaktervas, ongebasterde, eerlike, kristelike Afrikaner!

Nog eenmaal kom mnr. Andries de Wet na vore, en ... wy hy ,n woord van nagedagtenis aan wyle vader Andries Alberts. ... hierdie voorman het die beloofde land van verre gesien, maar dis hom nie gegee om die land self binne te tree nie. ... Ek wil julle vra, om tot gedagtenis van ons oorlede Vader hier ook ieder ,n klip by te dra, in dankbare herinnering aan wat hy vir julle en julle trek gewees is.

... Ten laaste kom mnr. ouderling Michiel van der Merwe na vore, om die plegtigheid te sluit ... met te laat sing Psalm 122:3, en gaan voor in ,n innig smeekgebed, waarin hy die seën van die Allerhoogste afsmeek oor land en Volk, oor Regering en onderdaan en beveel die trekkende famielies in die hoede van die Almagtige aan.

DIE TREK KOM IN VOLLE BEWEGING

Intussen gaan die trek voort en, soos met alles, is daar ,n verskeidenheid probleme wat sake bemoeilik. So skryf die redakteur van “Die Suidwes-Afrikaner”:

... die Angola-Boere het dus instruksies gekry om maar groepsgewyse op te trek na Umbulo en nie almal gelyk aan te kom nie. In plaas daarvan egter stroom die mense nou van alle dele van Angola na die Koenene ... Die Portugese amptenaar in die Sandveld het aan die Administrasie van Suidwes laat weet dat hy geen kans sien om vir so ,n groot hoeveelheid mense in die middel van die wildernis die nodige gesondheidsmaatreëls te tref nie, en hy vrees dat ernstige siektes daar kan ontstaan as die mense nie verwyder kan word nie ... Ook die Trekkommissie het dieselfde versoek aan mnr. Smit gerig, en hy het gevolglik toegestaan dat hulle na die rivier mag kom en in klein kampe op die oewers bly.

Die korrespondent self berig:

Swartbooisdrif, 20 Sept. 1928. Die trek vorder maar baie stadig, veel te stadig vir die omstandighede

Herman Smit (uit ons 2008-gedenkblad)

Page 5: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 5

... Reeds veertig families staan hier met pak en sak aan die drif ... die paaie (is) vol trekkers en reeds meer as 80 waens (sal) binne korte tyd ook hulle verskyning maak. Gisteraand het die eerste reëntjie hier geval; dit wil met ronde woorde sê dat die koorstyd aangebreek het, en vreeslike ellende in die verskiet, as daar nie planne gemaak en uitgevoer word nie ... Die Trekkers, met vrouens en kindertjies kan onmoontlik in die koorstye aan die rivier opgehou word, sonder siekte, ramp en dood tengevolge te hê nie. Daar is ondersoek na die oorsaak van die opstopping, waarteen so dringend gewaarsku was, en duidelik het die velerlei oorsake aan die dag gekom ... Die agent, wat die Administrasie gestuur het om die beeste van die mense op te koop ... het die opsietermyn tot op die helfte van Julie bepaal, dan moes die vee aan die drif afgelewer word; daardeur het die mense hulle plase ens. verkoop, tenminste die enkele gelukkiges onder hulle, en moes die huise op bepaalde datum afgee, waardeur die Trekkers in die pad gesteek is. Die gedurige onluste, oproere en rewolusie onder die nasie het die mense bevrees gemaak vir ,n herhaling van wat vroeër telkens gebeur is, dat die waens, osse, ens. van die mense gekonfiskeer is, sonder ooit uitbetaal te word en wat vandag die trek onmoontlik sou gemaak het,

so dat langer versuim op die plase ens. uitgesluit was. Voeg daarby die offisiële ordenings dat die trekkers langs bepaalde paaie moes trek, en sonder noodsaak nie langer as twee nagte op een uitstaanplek mag versuim om plaas te maak vir die volgende waens, en die briewe deur die outoriteite aan die Trekkers om geen opstopping te veroorsaak uit vrees vir siektes ens., en ,n mens sal begryp dat die saamstroming aan die drif ,n natuurlik en noodlottig gevolg was, wat nie kan uitbly nie.

Teen Januarie 1929 is 1,976 trekkers se name reeds in die trekkantoor te Swartbooisdrif geregistreer. Van hulle is 1,075 reeds in Suidwes. Die eerste sterfgevalle word berig:

‘n Paar ligte koorsgevalle het hulle voorgedoen gedurende die laaste dae. Die masels is verby, geen enkel geval is in die laaste week voorgekom, en wat siek was is al lank gesond. Naby die monument is ,n tweede graf nodig geword. Die eerste behoort aan die jonge vrou van Paul Robberts, wat 17 jaar oud na smartlik lyd die ewigheid ingegaan is op 24 Oktober laaslede. ,n Dokter, tweehonderd myle ver van Ondongue gehaal, het helaas te laat gekom. Die tweede graf is van ,n 3-jarige kindjie van mnr. Lou du Plessis, van Mombolo, wat na ons dink, aan inflamasie in die longe oorlede is.

Korrespondent Danie de Jager word ook Swartbooisdrift toe gestuur:

Die eerste ding wat ek gedoen het nadat die Redakteur van die “Suidwes Afrikaner” vir my, met ,n hele boel informasie en instruksies in my kop gedruk, alleen en verlate in Outjo agtergelaat het om op die aanvang van die lange tog na die Koenene te wag, was om genoeg van die bietjie Duits wat ek op skool geleer het, bymekaar te krap om ,n kamer by die hotel te bestel. Die tweede was om my manmoedig na die voorkant van die Hotel te begewe, waar ,n klomp frisgeboude mans, met breërandhoede, kakiehemde en ry-broeke met kamaste, wat my die indruk gegee het van ,n klomp “Cowboys” uit die Wilde Weste, hulle rusteloos beweeg ... Die omgewing ... het nog meer die indruk van die Wilde Weste versterk, nl. die aantal tafeltjies onder die skaduwees van groot bome, waarom die persone hulle dan sit en verlustig aan die groot glase geurige Duitse bier, en by wyle hoor jy kragtige manstemme “Prosit” uitroep.

... eindelik kom ons toe in die Koakoveld aan ... waar ,n mens elke 200 tree op groot troppe gemsbokke, springbokke, sebras, koedoes ens. afkom. Olifante loop daar in groot troppe rond, en jy sien oral 1angs die pad groot bome, wat deur hulle ontwortel is ... Die pad is egter gedeeltelik so sanderig en stamperig, dat ,n mens partymaal maar uitsien na die end, nieteenstaande die mooi natuurtonele om jou heen.

... Na drie dae se reis kom ons die aand voor Kersfees by Tshimaka aan ... Daar tref ons die kamp in feesvreugde aan. Dit is mos die aand voor Kersfees. Die jong mense vermaak hulle met speletjles in die maanlig, en ,n mens hoor hulle tiepiese Afrikaanse liedjies sing,

“Laat die voetjies trap, trap, trap, Laat die handjies kJap, klap, klap, Pas op vir jou, pas op vir jou, Jy kom onder die taaibostou.”

Die ou mense sit op ,n distanste op stoele en kyk, en vertel vir mekaar

‘n Boere-osssewa (© Dorslandtrekvereniging Swartbooisdrift argief – geskenk deur SJ Vermaak)

Page 6: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 6

van hulle jong dae. Tien uur het die ou mense gesê, hulle is vaak, en die jong mense was ook maar verplig om bed-toe te gaan, hoewel die genietinge van die aand nou haar toppunt bereik het. Die ander dag môre, Kersfeesdag, het ,n ouderling, mnr. Vorster, ,n diens gehou, en almal wat die vorige aand plesierig saamgespeel het, was op hulle plekke onder die geklank van Gods Woord. Aan die anderkant van die rivier het mnr. Smit, die Sekretaris van die Trekkommissie, ook ,n diens gehou. Die mense moet aan die anderkant van die rivier bly totdat hulle toelaatbriewe korrek bevind is. Daar was toe Kersfees aan elke kant van die rivier deur omtrent 30 famielies gevier.

Kersfees middag het ek die rivier oorgegaan om die mense daar te besoek, en tref mnr. Smit, net besig om vir die kinders katkisasie te hou.

Die dag na Kersfees het hulle aan albei kante van die rivier ,n Kersboom vir die kindertjies gehad. Soos ek verstaan het die publiek van Windhoek die benodigdhede daarvoor gestuur. Die Kersboom, Ou Vader Krismis, en die lekkers, tesame met die Sport, het die hartjies van 240 kindertjies baie verbly.

Die Koenene·rivier met sy seekoeie en krokodille maak ,n grootse indruk op ,n mens. Maar wat veral my aandag getrek het, is die hopie klippe. Na ek navraag gedoen het na wat dit beteken, vind ek toe uit dat elkeen van die Trekkers, klein en groot, by die deurkom van die rivier daar ,n klip neerlê. Toe ek die geheimsinnige hoop klippe benader, sien ek ,n lap daarop uitgespan, met die volgende woorde:

“Tot aandinking van die Trek-geskiedenis suidwaarts word almal versoek hier een klip neer te lê, groot en klein.”

Uiteindelik, in Maart 1929, is al die Angolaboere, op ,n paar na, oor die Kunene. Op hierdie tydstip werp Herman Smit as sekretaris van die trekkommissie, ,n terugblik:

Die Angola-Trek is afgeloop, dis te sê: die trekkers is algar die Koenene-rivier deur en op Suidwesgebied aangekom, op ,n paar families na ... Ek het te Tshimhaka nog 61 waens agtergelaat en omtrent 64 of 65 famielies. As die reëns nou net die trek nie te veel hinder nie, kan ons so omtrent teen die end van April te Tshimhaka skoonveld wees. In Angola het volgens informasies by my kantoor ingekom nog agtergebly 40 famielies of alleenstaande persone, met ,n sieletal van 163. Die meeste daarvan sal nog in die loop van 1929 gereed wees om te kom per eie geleentheid en na vertroubare informasie het slegs 18 trekkers besluit om nie meer te kom nie. Dus sal daar in heel Angola maar 76 siele agterbly, wat die aangebode verlossing nie aanneem nie. Die sieletal van die Trekkers wat nou in Suidwesgebied is, bedra 1822, waarvan 840 persone bo die 16 jaar en 982 onder dié leeftyd. Ter gerusstelling van enkele Duitse vriende, en miskien ook andere, wat daaromtrent in gedurige vrees verkeer, asook in antwoord op verskillende vrae my daaromtrent gedoen, wil ek hier in die publiek verklaar dat al die Trekkers bonafide Angola-boere is; slegs twee persone die gebroeders Milho, waarvan een te Gobabis en die ander te Gamkarab is, het ,n Portugese vader gehad; hulle is ewewel as Afrikaners grootgeword, van moederskant Afrikaners en met Boerevroue getroud. Hulle is lede van die Hervormde Kerk. Verder is daar met die trek geen enkele druppel Portugees bloed in Suidwes gekom nie, onder al die 1,822 siele. Nie minder as 24 aanvrae van Portugese het by my mondeling of skriftelik ingekom om in Suidwes as trekkers toegelaat te word, en op my herhaalde verklarings, dat dit onmoontlik kan toegelaat word, het ek ten laaste dit gewaag om by wys van proef ,n 3-tal applikasies te laat maak van Portugese wat met 3 Afrikaanse susters getroud is, en dank sy die beslistheid van Sy

Hoog Edele die Administrateur van Suidwes, is al drie aanvrae kortweg en formeel geweier. Daarmee was die knoop deurgehak en het ek van verder aansoek geen las meer gehad nie. Ek mag dus die Suidwesters in die algemeen geluk wens met ,n aanwins van bevolking, wat veral in hierdie drie opsigte uitmunt: ten 1ste, die eenvoudige maar diepe godsdienssin van die nuwe intrekkers; verder die suiwerheid van hulle Afrikaanse taal, waarvan die paar Suidwes-boere, met wie ek reeds hier kennis gemaak het, wel ,n bietjie kan oorneem, en ten derde: die ras- egtheid van die mense, wat trots is op hulle afkoms en gedurende die 50 jaar met nougesetheid is bewaar.

... Deur die voortreflike maatreëls van die Administrasie en die nougesetheid van die Trekoffisiere is geen haar van bees of bok afkomstig ingevoer nie; selfs velle van afgeslagte beeste is nie toegelaat nie. Die Angola-Boere kan dus nimmer enig verwyt in daardie opsig tref nie.

Ek moes vir omtrent drie weke terug ... na Lubango en Humpata, diep in Angola ... die verlate plase, agtergelate graftes, treurigheid en eensaamheid aan alle kante ... teleurstelling is orals waar te neem. Ek het die oortuiging opgedoen dat die trek van die Boere-element uit Angola duidelik voelbaar is en verskeie lewensbenodigdhede, wat anders vir geringe pryse van die Boere verkrybaar was, is nou of nie te kry nie of teen baie hoë pryse.

... ons twyfel nie daaraan nie dat die Trek vir Suidwes ,n sukses en seën sal wees ...

Herman Smit. Outjo, 3. Maart 1929

Page 7: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 7

B E L A N G R I K E I N L I G T I N G rondom ons

2018-GEDENKFEES TE SWARTBOOISDRIFT

‘n BAIE BELANGRIKE punt wat almal asseblief op moet let is dat die ontvangs van alle feesregistrasievorms, lidmaatskap-aansoekvorms en ook toerinskrywings, per e-pos deur ons sekretaresse erken sal word. Indien iemand dus ‘n vorm ingestuur het en geen ontvangserkenning van haar ontvang het nie, beteken dit sy het nie die vorm ontvang nie. Heg die betrokke vorm dan as aanhegsel by ‘n nuwe skrywe en stuur dit weer per e-pos aan haar by [email protected]. Vorms kan ook gefaks word na (+264) 61 247781.

Die vereniging se bestuur het besluit dat alle seniors bo 75-jaar die fees gratis mag bywoon.

Almal wat ons reëlings onder- skryf, is welkom om vir die fees te registreer en dit by te woon. Toegang tot die fees is dus nie net beperk tot Dorslandtrekkernasate en

Ons fees strek vanaf die namiddag van 24 Augustus 2018 tot die oggend van 27 Augustus 2018. Feesgangers mag egter al van 23 Augustus begin kamp opslaan en kan,

indien hulle wil, ook nog die aand van die 27ste op die kampterrein oorslaap.

Let asseblief daarop dat die ou registrasie- vorms nie meer van toepassing is nie. Almal moet asseblief op die nuwe vorms, en teen die lede van ons

vereniging nie. Belang- stellendes is meer as welkom.

nuwe tariewe, registreer. Hierdie vorms is reeds sedert 2 Mei 2017 op ons webblad beskikbaar. Die enkele registrasies wat ons egter tot nou toe nog op die ou vorms ontvang het en wat, BELANGRIK, betaal is, sal die voordeel behou om op daardie ou tariewe die fees by te woon.

ALMAL WELKOM

FEESDATUMS

Dit is om vir hulle dankie te sê vir die moeite wat hulle doen, want ons almal weet dat dit van hulle ekstra opoffering verg om daar te wees.

SENIORS BO 75 GRATIS

REGISTRASIEFOOIE

Page 8: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 8

“OP DIE SPOOR VAN DIE DORSLANDTREKKERS”:DIE ANGOLA-BEEN VAN ONS TOER

Dis nou al amper ,n standaard gebeurtenis

om direk na ons gedenkfees ,n toer na Angola aan te bied. En hierdie keer is geen uitsondering nie, alhoewel ons dadelik moet byvoeg dat die kanse om so ,n toer mee te maak, nie meer so volop gaan wees nie.

Faan van der Merwe sal weer die toer lei. Dis ,n man wat baie jare se kennis van Angola het en ook vir dieselfde hoeveelheid jare al besig is met navorsing oor alles wat die Dorslandtrekkers geraak het hier in Namibië en ook Angola.

Die volledige program vir die toer moet nog gefinaliseer word, want daar is deesdae heelwat nuwe reëlings wat getref moet word om so ,n toergroep oor die grens in Angola in te neem. Alle Suid-Afrikaners moet byvoorbeeld visas kry en is dit deesdae ,n moeilike en ellelange proses wat slegs op uitnodiging kan geskied. Toerlede wat Namibiese paspoorte het, het nie visas nodig nie en is dit dus vir hulle bietjie makliker.

Verder moet Faan nog eers vroeg in volgende jaar Angola toe om die nuutste inligting te kry en ook te sien watter paaie intussen verlê is, en of almal nog rybaar is. Kampplekke moet ook voor die tyd gesoek word, want dit het ook verander.

Ons besef egter dat diegene wat daaraan dink om die toer mee te maak, vrae het. Die volgende inligting is dus belangrik:

• Die toer sal weer (net soos met die eerste been van die toer wat reeds in Julie-maand deur Namibië gegaan het) onder die vaandel van die Dorslandtrekvereniging Swartbooisdrift plaasvind.

• Die toer sal op 27 Augustus 2018 vanaf die Okapupa-kampterrein vertrek. Met ander woorde direk na die Dorslandtrekgedenkfees wat ook op daardie terrein gaan plaasvind.

• Die toer sal ongeveer tot 10 September 2018 duur.

• ‘n Fooi van ongeveer N$4 000.00 sal per voertuig gehef word afhangende van die hoeveelheid motors – dit sal egter nie hierdie bedrag oorskry nie. Die aantal mense per voertuig maak dus nie saak nie. Mense kan saammaak en ,n voertuig deel om kostes te bespaar.

• ‘n Deposito van N$2 000.00 sal hierdie keer per voertuig gehef word wanneer plek op die toer bespreek word. Hierdie deposito sal nie terugbetaalbaar wees met kansellasie nie. Ons ervaring met die eerste been van die toer was dat mense lank voor die tyd bespreek het en toe op die laaste nippertjie kop uitgetrek het, wat beteken ,n plek wat iemand anders kon vul, is weggegooi.

• Slegs 4x4-voertuie kan die roete meemaak, en slegs die groot tipe “off road trailers” met bakkie wiele en ,n ashoogte van ten minste dieselfde as dié van die 4x4-voertuig, kan saamgetrek word. Diegene wat hierdie soort kampwaens wil saam- sleep moet ook seker wees dat die voertuig wel die vermoë het om dit deur diep sand en slegte paaie te kan trek.

• Elke persoon moet deur die hele roete selfvoorsienend wees wat slaapgeriewe en kos aanbetref.

• Tweerigting motorradio’s help baie om deurgaans, terwyl daar gery word, met mekaar in verbinding te bly. Die huurgeld per radio beloop ongeveer N$25.00 per dag en kan diegene wat belangstel, dit net betyds vir Faan aandui.

Die BELANGRIKE is egter om te onthou dat Faan net ,n beperkte getal motors kan hanteer en daardie maksimum is 15. Ons sal ,n inskrywingsvorm op ons webblad plaas (sien dorsland.org). Toerlede sal streng op die finale toerlys geplaas word soos hulle deposito’s in die vereniging se rekening ontvang word. Diegene wat graag wil hê dat ons vir hulle aansoekvorms moet stuur, is welkom om ons sekretaresse te kontak by [email protected]. Alle verdere besonderhede soos waarheen inbetalings gemaak moet word en na wie die vorms gestuur of gefaks moet word, is op die vorms verkrygbaar.

LET OOK OP dat finale toerreëlings, roetes, benodigdhede en die verkryging van visas mettertyd direk per e-pos aan ingeskrewe toerlede verskaf sal word. Almal sal deurentyd op hoogte gehou word en hoef niemand bekommerd te wees dat hy of sy êrens iets sal mis nie. Elkeen moet net sorg dat die e-pos adres en selfoonnommer wat op die inskrywingsvorms verskyn, werklik te alle tye aktief is.

Die Serra da Leba-pas in Angola (© Faan van der Merwe)

Page 9: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 9

ANGOLA-BOERE HET NIE PLASE VERNIET ONTVANG NIE

Iets wat maar gedurigdeur as ,n soort verwyt

gehoor word, is dat die Dorslandtrekkernasate wat tussen 1928 en 1929 uit Angola na Suidwes-Afrika (nou Namibië) geïmmigreer het, hul plase verniet ontvang het. Dalk is dit tyd dat ons diegene wat met hierdie vraag worstel vir eens en vir altyd die ware feite gee, sodat daar met gesag daaroor gepraat kan word.

Daar is heelwat bronne wat die ware feite gee, onder andere PJ van der Merwe in sy boek “Ons Halfeeu in Angola”, en so ook die ongepubliseerde D. Phil.-verhandeling van dr NA Burger, genaamd “Die Dorslandtrek; ,n Histories Geografiese studie 1870–1954”. Hierdie verhandeling is op die internet beskikbaar om te lees (volg die skakel vanaf ons webblad se bronnelys) en beskik oor baie waardevolle inligting aangesien hierdie man in sy tyd nog met baie van die oorspronklike mense kon onderhoude voer. Oom ET se boekie met koerantberigte bevat ook die inligting soos dit daardie tyd in die koerante uitgebasuin is.

Te midde van die groot blydskap van ons mense se kant om terug in ,n land te wees waar hulle onder hulle eie mense kan woon, was daar ook die ander kant van die munt. ,n Groot faksie in veral Suidwes-Afrika het sterk standpunt teen hierdie grootskaalse immigrasie ingeneem, soos blyk uit die volgende aanhaling uit ,n bespreking wat op 2 Mei 1928 oor die immigrasie van die

Angola-boere in die Wetgewende Vergadering van Suidwes-Afrika plaasgevind het. Mnr. Blank, LWV van Swakopmund is aan die woord (ons haal aan uit oom ET se boekie):

Die Administrateur praat altyd van die “Angola-Boere”. Ek wil graag weet waar Sy Edele daaraan kom dat hulle boere is?

Ek het ook van Portugese beamptes in Angola inligting oor die Boere gekry, maar ek wil dit nie aan die Huis meedeel nie, daar hulle opmerkinge beledigend sal klink.

Suidwes kry soveel aanvrae vir setlaarsplase dat ons ons eie setlaars kan uitsoek. Is dit dan nodig om wildskieters en jagters in te voer? Die Parlement sal dit nooit toestem nie, en as die Administrateur nogtans sy wilde eksperiment deurvoer moet hy dit op eie verantwoordelikheid doen. Ek sou bly wees as die Administrateur aan al ons grense – ook aan die see se kant – groot waarskuwingsborde sou oprig met die opskrif: “Hier mag geen vullis afgelaai word!”

Nadat mnr, Blank gepraat het, neem kol. Hamman aan die debat deel:

Mnr. Blank het self gesê dat hulle uit die kern van die Afrikaanse volk stam, waarin ook Duitse bloed vloei ... Die volgende vraag is: Watter soort mense is hulle? Dit is mense wat van geen werk in die wêreld teruggedeins het om hulle reg van bestaan te bewys en hulself te ontwikkel. Elke lid van hierdie Huis moet erken dat hulle na iets hoërs gestrewe het, dat hulle ruggegraad getoon het en dat hulle regte pioniers en mense van staal is.

In Suid·Afrika is daar arme blankes waarvan baie nie wil werk nie, maar nie in Angola nie, want Angola is geen plek vir leeglopers nie. Daardie mense moet werk om te kan lewe, hulle is van die soort wat self werk om hulself te voed.

Ook mnr. Jooste, breek ,n lansie vir die Angolaboere:

Mnr Blank ... moes egter ook aangehaal het ... dat die Angola-Boere gedwing was om te jag om hulle selfrespek te behou – wat mens nie van almal in hierdie land kan sê nie.

Die agbare lid sê ook dat die mense nie boere is nie. Was dan al die

Eerstens moes daar vir water geboor word (uit ons 2008-gedenkblad)

Page 10: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 10

teenswoordige Duitse boere in Suidwes ook boere van beroep in Europa?

Op 11 Mei 1928 skryf “Die Suidwes-Afrikaner”:

Warme en partykeer luidrugtige tonele is in die Wetgewende Vergadering op Dinsdag en Woensdag, 8 en 9 Mei, belewe toe die geld wat op die begroting vir die nedersetting van die Angola-Boere in Suidwes onder bespreking gekom het.

Op 11 Junie 1928 ontmoet die Administrateur die afgevaardigdes van die Angola-boere by Swartboois- drift om ,n finale ooreenkoms te tref. Die koerant berig:

Uit statistieke deur die afgevaardiging oorhandig, blyk dat die Angolaboere uit 312 families bestaan. Daarvan is 314 volwassene mans, 322 volwassene vroue en 1206 kinders; tesame 1842 siele, wat in besit is van 340 waens en rond 15,000 beeste ... Hierby moet onthou word dat slegs een boer transport van sy grond het en een ander verwag om dit deser dae na veertienjarige gesukkel te kry. Die enigste reg wat die mense op hul grond het is ,n okkupasiereg. Dit staan hulle vry om die opstalle op hul plase te verkoop. Nou word gesê dat die regering van Angola hierdie regte van die mense teen ,n lae waardasie gaan opkoop. Terselfdertyd is so ewe, na beweer word, die okkupasieregte

op 21 plase, wat reeds 20 tot 40 jaar deur Boere bewoon word, vernietig verklaar. Die rede wat die regering aangee is dat aan ,n sekere artiekel van een of ander wet nie voldoen is nie. Eintlik bestaan die besitting van die Boere dus net uit hul beeste en die sal teen ,n lae prys in Angola van die hand gesit moet word.

VOORWAARDES

Die volgende regulasies word neergelê waarteen die Angola-boere in Suidwes gevestig sal word:

PLASE

• Die Administrasie van Suidwes onderneem om aan elke Trekker (huisgesin) ,n plaas van tussen 7 000 tot 8 000 hektaar toe te ken onder die landnedersettingswette van die gebied.

• Dit beteken dat die plase uitgegee word vir ,n huurtyd- perk van vyf jaar teen ,n billike bedrag, met die opsie om die plaas daarna te koop.

• Opsiehouers, wat die plaas tot die Regering se tevredenheid opbou en vooruitstrewend boer, kan die plaas daarna teen twee sjielings per hektaar aankoop wat in halfjaarlikse paaiemente en teen 4% rente oor dertig jaar betaal moet word. In sulke gevalle sal die huurgeld die boer kwytgeskeld word.

• Verbeter en boer die Trekker egter nie vooruit en tot die Administrasie se verwagtinge nie, word sy kontrak gekanselleer en die plaas hom ontneem. Superintendente, met taamlik uitgebreide bevoegd- hede, sal oor die vordering op plase toesig hou.

• Trekkers wat meer as £1 000 kapitaal besit, mag ,n plaas uitsoek en kry voorkeur.

• Die ander kry geen keuse nie en sal die Landraad plase voor aanwys. Dit mag ook gebeur dat hierdie families tydelik plase moet deel totdat alles uitgesorteer is.

(Hierdie plase lê veral in drie blokke. ,n Kleine in Grootfontein en twee grotes in Gobabis en Gibeon. Enkele plase was elders.)

VOORSKOTTE

• Vir elke Trekker stel die Administrasie £400 beskikbaar vir die koop van aanteelvee. Die £400 moet na verloop van vyf jaar terugbetaal word sonder rente. Natuurlik kan dit ook voor die termyn van vyf jaar verby is, betaal word.

• Verder gee die Regering vir elke plaasboer ,n voorskot van £150 om ,n huis op te rig en nog £250 om damme, ensovoorts mee te maak. Hierdie twee voorskotte word later by die plaas se prys bygetel en moet ook in die dertig jaar terugbetaal word.

• Mnr. Andries de Wet, as agent van die Administrasie, sal opsies neem op die osse en aanteelvee van die Trekboere teen £2.10 per kop. Word hierdie beeste deur die Administrasie met ,n wins verkoop, sal die wins, na aftrek van noodsaaklike onkoste in verhouding aan die Trekkers uitbetaal word. Word die beeste egter teen ,n verlies van die hand gesit, sal die Administrasie die verlies dra. As ,n Trekboer vir hierdie beeste van hom £400 of meer krediet het by ‘n Familie besig om pype te trek (uit ons 2008-gedenkblad)

Page 11: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 11

die Administrasie, sal hy geen beesvoorskot meer ontvang nie. Ook sal elke ander beeskrediet, minder as £400 van die beloofde voorskot van £400 afgetrek word.

INVOERVERBOD

Weens die gevaar van longsiekte en ander gevaarlike veesiektes soos beesbrandsiekte, word geen enkele lewende dier toegelaat om in te kom nie.

TREKREËLINGS

Die strengste dissipline en orde moet gehandhaaf word. Trekkers moet hulle in alles aan die besluite en voorskrifte van die Trekkommissie onderwerp.

NATURALISASIE EN STEMREG

• Om as Unieburgers genatura- liseer te word en die voorreg van stemreg te kry, sal die Trekkers vyf jaar in Suidwes moet woon. Hulle moet ook deklarasies by die Portugese regering indien waarin hulle hulle Portugese onderdaanskap bedank.

• Trou- en ander registrasies kan met aparte vergunning in Suidwes gereël word deur middel van kerkregistrasies. Persone wat egter voor Portugese outoriteite getroud is, moet hulle sertifikate inhandig.

So moes ons voorouers dus weer van heel onder af begin met net dit wat hulle op hulle ossewaens kon pak om ,n nuwe lewe op te bou. Hulle het ook

geen inkomste gehad terwyl hulle aan die trek was nie en vir baie het dit baie maande geduur voor hulle op ,n plaas tot stilstand kon kom. Soos PJ van der Merwe skryf: “Dit was selfs vir Michiel van der Merwe en manne van sy klas ,n geweldige opoffering om op ,n gevorderde ouderdom hulle goedbewerkte hoewes en posisie van oorvloed en welstand op materiële gebied, prys te gee om na ,n onbekende land te trek, nie wetende hoe hulle daar sou vaar nie.” As mens nou verder in ag neem dat baie van die plase erg deur gallamsiekte geteister is en van die swakste plase was wat niemand anders voor kans gesien het nie, en dat die groot droogte en groot depressie teen 1930 ,n hoogtepunt bereik het, is dit soveel te meer ,n pluimpie vir ons voorouers dat hulle eventueel wel weer bo uitgekom het. Die skuldlas te midde van al die ander probleme

moes geweldig gewees het. ,n Groot hoeveelheid het dit reggekry om hul plase te behou en verder te boer. ,n Baie klein groepie moes egter noodwendig opgee en ander maniere vind om te oorleef, en enkeles het eventueel gekies om maar weer terug te keer Angola toe. Om die sukses van ons mense te bevestig, is daar lang lyste wat aantoon hoe hulle hierna van die hoogste sporte op alle terreine van die lewe bereik het – en steeds bereik. Hoogs intelligente en begaafde mense wat eens uitgekryt was as “Angoolse” en ons vandag nog dikwels smalend van hoor, “ingeteël” was. Uit so ,n klein kultuurgroep is die teenstand wat hulle oorkom het en die hoogtes wat hulle bereik het, net absoluut bewonderingswaardig en hoop ons dit gee elke nasaat daardie ekstra inspuiting van “ek kan”, want dit is in ons gene!

Die beginjare was bitter swaar jare (uit ons 2008-gedenkblad)

“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of

Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth. Take these formidable people and train them

for seven generations in constant warfare ... in circumstances in which no weakling could survive ... Combine all these qualities and all these impulses in one individual and

you have the modern Boer” – Sir Arthur Conan Doyle

Page 12: DORSLANDTREK- Nuusbrief VERENIGINGdorsland.org/Dorslandtrekvereniging Nuusbrief 2017 no 6.pdf ·  November 2017

http://dorsland.org November 2017 12

KONTAKBESONDERHEDE(Ons publiseer graag nuus/geskiedenis oor ons mense – u is dus welkom

om publiseerbare inligting in te stuur)

Nuusbriefredaksie: [email protected]

Webadres: http://dorsland.org

Facebook: https://www.facebook.com/dorslandtrekkers?fref=ts%20

Dorslandtrekvereniging Swartbooisdrift voorsitter: [email protected]

Dorslandtrekvereniging Swartbooisdrift sekretaresse: [email protected]

LIDMAATSKAP

Ons wil ,n besondere woord van dank rig

aan die baie mense wat nou al ingeskryf het as lid van ons vereniging. Julle N$100 per jaar maak dit vir ons moontlik om soveel meer te doen, soos hierdie nuusbrief, ons pragtige webblad en vele meer. Opreg dankie vir julle lojaliteit en ondersteuning, want dit gaan daaroor dat julle ons hande sterk om nou soveel meer vir die saak te doen.

Ons herinner almal daaraan dat lidmaatskap jaarliks voor 30 Maart betaalbaar is om ,n vol ingeskrewe lid vir die daaropvolgende jaar te wees. Lidmaatskap strek dus van 1 April tot 30 Maart van die daarop volgende jaar. Die bestuur het dit egter nou goedgedink om diegene wat tot voor en met 30 Maart 2018 om lidmaatskap aansoek doen, en betaal het, die VERGUNNING te gee dat hulle lidmaatskap eenmalig verleng gaan word om ook vir 2018 te geld omdat hierdie ,n werwingsjaar is (nie ‘n volle jaar nie). Hulle lidmaatskap sal dus geld tot 30 Maart 2019 waarteen die jaarfooie vir 1 April 2019 tot 30 Maart 2020 weer betaalbaar sal wees.

ONS BESTUURSLEDE PRESTEER

Dit is met trots dat ons twee van ons bestuurslede kan gelukwens met besondere toekennings. Jurie Viljoen het

op 30 Junie 2017 by die ATKV se toekenningsgeleentheid, ,n Veertjie ontvang vir sy gedig: Die Lied van Swartbooisdrift, wat vir die eerste keer in ons vorige nuusbrief gepubliseer is. Polla het op dieselfde geleentheid ,n Afrikoon ontvang vir sy lewensbydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur. Baie geluk, manne, ons is bevoorreg om julle op ons bestuur te hê!

Ons wens almal ’n besonder Geseënde Kersfees en Voorspoedige 2018 toe. Mag die krag en liefde van

ons Heer elkeen se hart omvou.