eldo-info nuusbrief 13 november 2020...eldo-info 2017 eldo-info nuusbrief – 13 november 2020 •...

16
ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY DIE HERE SKUIL PSALM 91:1,-2 “HY WAT BY DIE ALLERHOOGSTE SKUILING VIND EN DIE BESKERMING VAN DIE ALMAGTIGE GENIET, HY SÊ VIR DIE HERE: U IS MY TOEVLUG EN MY VEILIGE VESTING, MY GOD OP WIE EK VERTROU.” Ons leef in ‘n wêreld vol spanning. Jy wonder soms of jy die nuus moet aanskakel om daarna te luister. Ons het só negatief geraak dat dit maklik is om iemand te hoor sê: “Ek weet hulle gaan my “highjack” maar ek weet net nie op watter hoek nie.” Net in die week het iemand vir ons gesê dat sy ‘n tyd wil weggaan omdat daar só baie mense gesterf het in hul gemeente dat sy voel dit het te veel geword vir haar. Ek gee nie voor dat ek al die antwoorde het nie, want baie dinge gebeur wat ons eintlik nie ‘n antwoord voor het nie. Om jou te bemoedig het ek ook Die Boodskap se vertaling van Ps. 91 gelees, omdat dit met praktiese woorde ‘n boodskap aan ons wil oordra. Ek vind hierdie waarhede wat ek met jou deel: “Dis die Here wat jou uit die moeilikheid kom haal as iemand jou om die bos wil lei. Hy sal jou verlos van enige gevaar wat jou lewe bedreig. Hy sal jou veilig oppas. Jy hoef nie bang te wees dat enige mag jou bedags of snags sal oorrompel nie. Nie eens ‘n gevaarlike siekte wat jou van agter af bekruip, sal jou kwaad aandoen nie. Sy engele sal jou omring en jou veilig vashou dat jy nie sal seerkry nie.” Ons hou van die beloftes in die Bybel. Maar onthou elke belofte het ook ‘n voorwaarde. Dit is alleenlik wanneer jy by die Here skuil, dat jy sal kan sê dat Hy jou toevlug is. AKADEMIE ELEKTRONIKA Ons graad 11's het op 9 November hul Elektronika-praktiese eksamen afgelê. Dit is wonderlik om te sien hoe hulle met passie en toewyding werk. Hier is ons elektroniese ingenieurs van die toekoms! https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/1857770557704461

Upload: others

Post on 12-Dec-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

AS JY BY DIE HERE SKUIL

PSALM 91:1,-2

“HY WAT BY DIE ALLERHOOGSTE SKUILING VIND EN DIE BESKERMING VAN DIE

ALMAGTIGE GENIET, HY SÊ VIR DIE HERE: U IS MY TOEVLUG EN MY VEILIGE

VESTING, MY GOD OP WIE EK VERTROU.”

Ons leef in ‘n wêreld vol spanning. Jy wonder soms of jy die nuus moet aanskakel om daarna te luister. Ons het só

negatief geraak dat dit maklik is om iemand te hoor sê: “Ek weet hulle gaan my “highjack” maar ek weet net nie op

watter hoek nie.” Net in die week het iemand vir ons gesê dat sy ‘n tyd wil weggaan omdat daar só baie mense

gesterf het in hul gemeente dat sy voel dit het te veel geword vir haar.

Ek gee nie voor dat ek al die antwoorde het nie, want baie dinge gebeur wat ons eintlik nie ‘n antwoord voor het nie.

Om jou te bemoedig het ek ook Die Boodskap se vertaling van Ps. 91 gelees, omdat dit met praktiese woorde ‘n

boodskap aan ons wil oordra. Ek vind hierdie waarhede wat ek met jou deel: “Dis die Here wat jou uit die

moeilikheid kom haal as iemand jou om die bos wil lei. Hy sal jou verlos van enige gevaar wat jou lewe bedreig. Hy

sal jou veilig oppas. Jy hoef nie bang te wees dat enige mag jou bedags of snags sal oorrompel nie. Nie eens ‘n

gevaarlike siekte wat jou van agter af bekruip, sal jou kwaad aandoen nie. Sy engele sal jou omring en jou veilig

vashou dat jy nie sal seerkry nie.”

Ons hou van die beloftes in die Bybel. Maar onthou elke belofte het ook ‘n voorwaarde.

Dit is alleenlik wanneer jy by die Here skuil, dat jy sal kan sê dat Hy jou toevlug is.

AKADEMIE

ELEKTRONIKA

Ons graad 11's het op 9 November hul Elektronika-praktiese eksamen afgelê. Dit is wonderlik om te sien hoe hulle

met passie en toewyding werk. Hier is ons elektroniese ingenieurs van die toekoms!

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/1857770557704461

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

2

FISIESE WETENSKAPPE

FISIESE WETENSKAPPE IS ORAL

Fisiese Wetenskappe kan gebruik word om feitlik elke verskynsel om ons te verklaar. Hierdie inligting het u bereik deur

die voortplanting van elektromagnetiese golwe deur mediums soos lug of optiese vesels. Indien u hierdie inligting op

papier uitgedruk het, is die swart letters op papier gemaak deur die elektrostatiese aantrekkingskrag tussen ink en

papier. Waar u nou sit of staan, werk die gravitasiekrag van die aarde op u liggaam in. U liggaam is opgebou uit

kombinasies van nagenoeg 100 verskillende soorte atome. Eksotermiese chemiese reaksies wat tans in u liggaamselle

plaasvind, stel u instaat om die inligting te lees en oor te vertel!

Die toepassingsmoontlikhede van hierdie interessante, dog kognitief uitdagende vak, is legio.

WAT BEHELS DIE VAK?

Die vak Fisiese Wetenskappe behels die studie van die nie-lewende wêreld en word opgedeel in twee areas, nl. Fisika en

Chemie. Hierdie areas verskil eintlik hemelsbreed van mekaar en vereis en ontwikkel verskillende kognitiewe

vaardighede.

Fisika sluit die studievelde van Elektrisiteit en Magnetisme, Golwe, Meganika en Fisiese eienskappe van Materie in.

Chemie is die studie van die samestelling, struktuur en eienskappe van materie en die chemiese reaksies tussen stowwe.

WAAROM FISIESE WETENSKAPPE NEEM?

Fisiese Wetenskappe as vak is ‘n voorvereiste vir baie studierigtings wat ingenieurswese, mediese wetenskappe,

argitektuur, landbou en natuurwetenskappe asook veeartsenykunde insluit. Die rede hiervoor is dat Fisiese

Wetenskappe kinders leer dink! Die vak ontwikkel leerders se analitiese denke en probleemoplossingsvaardighede.

Kinders kan dalk die inhoudelike vergeet, maar kreatiewe denkvaardighede bly vir altyd!

By Hoërskool Eldoraigne word die praktiese komponent van die vak ook baie belangrik geag. Ons leerders doen gereeld

praktiese werk, wat hulle help om konsepte beter te verstaan. Ons beskik oor ‘n opgeleide laboratriumassistent wat

behulpsaam is met die opstelling en uitvoering van eksperimente. Ons laboratoriums is toegerus met alles wat nodig is

om ons leerders die nodige blootstelling te gee aan apparate en wetenskaplike tegnieke.

Hoërskool Eldorainge beskik oor ‘n span vaardige en goed opgeleide Fisiese Wetenskappe onderwysers. U kind is in

goeie hande! Dit is ons departement se droom om u kind te ontwikkel tot die beste wetenskaplike wat hy / sy kan wees.

AFRIKAANSE OLIMPIADE

Ons Graad 10 tot 12-leerlinge het weer eens uitstaande in die Olimpiade presteer. Ten spyte van die uitdagings van

Covid-19, het 68 leerlinge uiteindelik geskryf.

Hoërskool Eldoraigne kan al weer spog met besonderse uitslae. Vyf van ons leerders is onder die Top 20 wenners in

Gauteng. Baie geluk met hierdie prestasie, ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

3

Annika Scheepers Carla Kotzé Elisna Wessels Marné Zeelie Leon van der Merwe

Gr. 12, 83.33% Gr. 10, 82% Gr. 11, 79% Gr. 11, 79% Gr. 10, 78%

Dit is ‘n skitterende prestasie, aangesien ons die meeste leerders van al die skole onder die Top 20 wenners het. Ons wil

ook in besonder vir Annika Scheepers, Graad 12, gelukwens met haar uitsonderlike prestasie. Sy is tweede in Gauteng

en vierde onder die Top 100 Wenners Nasionaal.

Carla Kotzé het as Graad 10-leerder ook pragtig presteer - sy is derde in die provinsie en sesde nasionaal.

Verder kan ons ook spog met nege leerlinge onder die Top 100 Wenners Nasionaal.

Ons is spyt oor die junior leerlinge wat weens die grendeltyd nie vir die Olimpiade kon inskryf nie.

Ons moedig alle leerders aan om volgende jaar weer in groot getalle in te skryf, want dit is goeie ervaring en die leerders

geniet dit baie. Dit is ook ‘n pluspunt om Meriete, Kleure of Erekleure volgens jou prestasie te ontvang. Die Afrikaanse

onderwysers sien daarna uit dat julle in 2021 deelneem en weer goeie prestasies behaal.

SASAMS

Ons wil u graag in kennis stel dat weens die uitreik en implementering van SASAMS-weergawe 20.1.3 sal die

administrasiestelsel tydelik offline wees. Die nuwe weergawe veroorsaak ‘n totale hersien van die puntestelsel, soos per

memorandum van die kantoor van die Direkteur: Education, Infomation and Management System (EMIS) ontvang op 11

November 2020.

Die verandering sluit onder andere die volgende in:

die implementering van die hersiende SBA-gewigte vir assesseringskriteria vir alle vakke,

die implementering van die 80%:20% vir SBA:Eksamen vir graad 8 en 9 (GET-fase),

die implementering van die 60%:40% vir SBA:Eksamen vir graad 10 en 11 (FET-fase)

Dankie dat ons op u geduld, ondersteuning en samewerking in hierdie verband kan staatmaak.

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

4

DIREKTIEF ONTVANG

OEFENTYE EN REëLINGS

Na aanleiding van die direktief wat ons ontvang het vanaf die Departement van Onderwys rakende buite-kurrikulêre

aktiwiteite, kan die leerders uiteindelik weer begin oefen. Ons hoop hulle is net so opgewonde soos die afrigters oor

hierdie nuus!

Hiermee die volgende dae en tye van die onderstaande aktwiteite waarop ouers en leerders moet let:

DANS

Die dans gaan vir die res van die jaar voort by Carol Etsebeth se privaat ateljee, siende dat die danslokaal gebruik word

vir die Matriekleerders om hul eindeksamen af te lê. Die oefeninge vind elke Maandag plaas, soos gereël by Panorama

weg nr. 251. Vir navrae, kontak gerus vir juf. Amor le Roux by: [email protected]

TENNIS

Met ‘n moontlike vroeër begin van die tennisliga in 2021 gaan die daagwedstryde vanaf Maandag, 9 November

tot Vrydag 11 Desember, reeds oop wees.

Elke speler ontvang 1 vrydaagwedstryd (jy kan enige posisie op die leer daag) wat op 11 Desember 2020

afgehandel moet wees.

Alle daagwedstryde moet eerstens by juf. Marette Kotzé geregistreer word.

Die daagreëls en Covid-19 prosedures sal per WhatsApp op die onderskeie groepe geplaas word.

Alle graad 7-tennisspelers (2020) wat volgende jaar graad 8 is en tennis wil beoefen, word uitgenooi om reeds kontak te

maak met juf. Marette, sodat ons kan verseker julle skakel vining en effektief by hierdie dinamiese sportsoort in. E-pos

adres: [email protected]

KRIEKET

Wedstryd datums sal aan alle spelers deurgegee word sodra dit beskikbaar gestel is.

Alle krieketspelers moet kennis neem van die volgende ritme wat gevolg gaan word

sodra datums bevestig word:

Maandag Geen wedstryde

Dinsdag 0/15-liga 30 overs

Woensdag 1ste en 2de liga 30 overs

Donderdag 0/14-liga 30 overs

Vrydag 0/16-, 0/17-, 0/18-aandreeks (senior) IXU 20 overs

Saterdag 1ste span en 0/15 50 overs

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

5

NETBAL

RUGBY

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

6

HOKKIE

KULTUUR

KERKSKONSERT

Die uitsending van Hoërskool Eldoraigne se Kersprogram het plaasgevind op Vrydag 6 November, waartydens kykers via

die sosiale mediabladsye van die skool kon inskakel na die program met die titel, Onveranderlik, op YouTube.

Die program het hoofsaaklik gefokus op die boodskap van hoop aan die wêreld in ‘n jaar wat buitengewone uitdagings

aan elkeen gestel het.

Die rolle is dan ook vertolk uit die oogpunt van die gemiddelde persoon wat innerlike konflik ervaar in ‘n Covid 19-jaar

waar min dinge sin gemaak het en die mensdom verlore en moedeloos gevoel het as gevolg van die onbekende pad wat

uitgerol is.

Baie dankie aan elkeen wat van hierdie videoprogram ‘n sukses gemaak het.

Op Eldo-bodem spog ons met besonderse talente. Volg gerus die onderstaande skakel om na die Kersprogram te kyk:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/361132361775001

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

7

ELDO-MUSIQ

ʼn Spesiale gelukwense aan die Eldo-Ensemble wat aangewys is as die Kategoriewenner: Multi-Instrument Ensemble by

die AArts-Musiekfees 2020.

Carmie Arpin in Graad 12 wen ook ʼn spesiale toekenning vir die kategorie Senior Klavier. Alle Eldo-Musiq leerders, sowel

as die Ensemble, het gekwalifiseer om deel te neem aan die Arnold Classic International Kompetisie in 2021. Baie geluk

aan die leerlinge met hul puik prestasie!

Leerders wat graag in 2021 sal wil deel word van die Eldo-Ensemble of Musiekstudio kan vir me. Polyda van Niekerk

kontak by: [email protected]

Hiermee die skakel na die video van die AArts-Musiekfees Kategoriewenners:

https://drive.google.com/file/d/14M33VJd5XxiKrjIZSVGvJ96zTq3_bJ4K/view?usp=sharing

SPORT

WINTERSPORT OUERVERGADERING

Neem assebief kennis dat die inligtingsvergadering van 17 November 2020, verskuif na 2 Februarie 2021. Die doel van

die vergadering is om ouers in te lig rakende die komende seisoen ten opsigte van:

Toere

Vriendskaplike wedstryde

Liga en ander bepalings

Forumverkiesing

Volg die onderstaande skakel om die volledige omsendbrief te lees:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5fad20b39dcd3499828794.pdf?1605181

624

Page 8: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

8

PERSONEEL

LIEF EN LEED

Baie geluk aan juf. Madeleen Ungerger en me. Lizelle Hugo met hul seuns se verkiesing tot Laerskool

Wierdapark se leierraad vir 2021. Ons glo dat Duan en Etienne elke oomblik sal aangryp en die die meeste van

die wonderlike geleentheid sal maak!

Baie geluk aan juf. Estelle Greyling se oudste dogter, Carla, wat haar mediese graad voltooi het. Ons glo Dokter

Greyling staan aan die begin van ‘n baie suksesvolle loopbaan!

Ons wens ook vir juf. Anya Henzen en mnr. Fano Blignaut geluk met die bevestiging van hul huwelik op 13

November. Ons wens julle ‘n leeftyd van geluk en liefde toe en kan nie wag om julle terug te verwelkom as Mnr.

& Mev. Blignaut nie!

Mnr. Chadwin Petersen, ons hokkie-afrigter en –organiseerder, is aangewys as die video analiseerder van die

0/21 mans se span tydens die Northens Galaxy League. Baie geluk mnr. Chad – ons is trots op jou!

Ons verwelkom ook vir juf. Solani van Onselen terug na haar kraamverlof. Die personeel is net so opgewonde

soos die leerders om Juffrou se sprakelende persoonlikheid en glimlag weer te sien!

PERSONEEL VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat vandag en in die komende week hul verjaarsdae vier. Ons wens julle ‘n

besonderse lewensjaar toe vol vreugde en voorspoed!

Juf. Mericke Schrama Me. Terina Brink

(16 Nov. 2020) (16 Nov. 2020)

ELDO’S IN DIE MEDIA

AWSUM NEWS

Quentin Hollenbach: https://l.facebook.com/l.php?u=https%3A%2F%2Fwww.awsumnews.co.za%2Fregions%2Fgauteng-

pretoria%2Fcenturion%2Fklas-van-2020-in-die-kollig-quentin-hollenbach-van-hoerskool-

eldoraigne%2F%3Ffbclid%3DIwAR3YSp2HhNF9JyNn3XMgF-

Page 9: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

9

vDcVMcrUjA222vcesNKHyUDp2BJKYYoGC65Xs&h=AT3lLO6en6LTp7CWlOpOuv2i9I8AAAfHypNSQ8VEQRM2zbAjU3LoYwha8GaecOLc

2ROsazQPI-b3FpllCHrzEEYbzpCA1sKYPUrbuXCvdbPG0dtScTeGusnZ3Q1qru0pge1J&__tn__=H-

R&c[0]=AT0mFJ67kbaOGuNw3VPjEkmzv0OLhMY2scZCqhDogU1Nhpk3UgnbMLUus6PRWqKLRkbaMgGf5e4aqhSodkDIhYw-

NmNxjLZhXoikO-uezB-Ln3GiCTz-

vsKQJSQzeIZCf878teoD5GJ_X7_YrK77RdiVzf3b7fOxN8ZZAz9ZPPy8eeczOrhr5ENhRZU23PQLoJBT54gst8o6Un5EDObtK72ikg

INFRASTRUKTUUR

OPKNAPPINGS

Hoërskool Eldoraigne se ontvangsarea trek ‘n nuwe baadjie aan! Ons is baie opgewonde om die finale produk met ons

leerders, ouers en gemeenskap te deel. Hou hierdie spasie dop vir die bekendmaking!

ELDO-OMNIA

BESKIKBARE TYE

Neem asseblief kennis dat die Drakie Den sal oop wees wanneer daar leerlinge op die terrein is.

Maaltye kan ook vir aandete bestel word wat na skool afgehaal kan word. Navrae kan gerig word en kos kan per

WhatsApp bestel word op die volgende nommer:

066 219 8385

SPYSKAART

Besigtig die snoepie se heerlike spyskaart deur die volgende skakel te volg:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5f1a98f3804b4893151832.pdf?15956076

61

KLERE UITVERKOPING

Page 10: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

10

OUD-ELDO’S PRESTEER

ESTIAN DU PLOOY

Ons wens graag ons oud-Eldo en pionier van Eldo-Berfietsry, Estiaan du Plooy, baie geluk met sy verkiesing tot die

Uitvoerende Raad (UK) van die TUKS-Fietsryspan. Al die ure op jou fiets het werklik ‘n impak gemaak. Sterkte met jou

dienstermyn en veilige myle!

Estian du Plooy

AMORI MATTHYSEN

Amori Matthysen was in 2018 in Matriek, ‘n akademiese uitblinker en ook deel van die Leierraad. Na skool het sy

aangehou om uit te blink en is pas verkies as die HK-finansies van Amelia Dameskoshuis by die Universiteit van die

Vrystaat. Baie geluk met hierdie prestasie, Amori. Ons wens jou ‘n baie suksesvolle termyn toe!

Amori Matthysen

Page 11: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

11

GHOLFPAKETTE

ZWARTKOP GHOLFKLUB

Met die somer in die lug en beperkte aantal pakette oor, het u nou ‘n gulde geleentheid om van ons verskeie

gholpakkette by Zwartkop Country Club gebruik te maak. Daar is jaarpakette sowel as leerlingpakette beskikbaar. Volg

gerus die onderstaande skakels tot die registrasievorm:

Jaarpakette:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5f8050ca11bdc453746658.pdf?16022448

66

Leerlingpakette:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5f80509636b40310218283.pdf?1602244

866

Moet nie hierdie spesiale aanbiedinge misloop nie, en onthou daar is beperkte aantal pakkette beskikbaar. U kan ook ‘n

4-bal per dag bespreek teen ‘n bedrag van R800, wat twee gholfkarretjies insluit. Kontak gerus vir me. JC Guess by:

[email protected] rakende enige besprekings of navrae.

Page 12: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

12

Page 13: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

13

MYSCHOOL

Page 14: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

14

SCHOOLDAYS

Schooldays is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Eldoraigne kan ondersteun deur inkopies by Dischem of deur

brandstof ingooi by Shell Fuel.

Volg gerus die skakel na hul webblad vir ‘n volledige verduideliking van die program: www.schooldays.co.za

Klik op die JOIN TODAY-knoppie

'n Registrasievorm verskyn wat ouers / opvoeders / administratiewe personeel invul om te verseker dat

Hoërskool Eldoraigne as begunstigde gekies is!

OF laai die School-Days-app af vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is. Registreer direk op

die app. Kies Hoërskool Eldoraigne as jou begunstigde.

Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan Schooldays gekoppel wanneer jy registreer met jou details. Vir elke

aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.

Schooldays is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het 'n digitale Shell-brandstofkaart wat in die app ingebou is. Ouers

verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat jy moet doen, is om jou digitale Shell T-kaart aan

die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom / haar uit te lees en sodoende ekstra geld in te samel.

So ondersteun jy Hoërskool Eldoraigne met jou aankope. Julle konstante ondersteuning word opreg waardeer!

Page 15: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

15

ELDO-ADVERTEERDERS

Page 16: Eldo-Info Nuusbrief 13 November 2020...ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief – 13 November 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK AS JY BY

16

GENIET DIE NAWEEK EN LEER HARD VIR DIE EKSAMEN!

SIEN JULLE VOLENDE WEEK!