nuusbrief 03-2015
TRANSCRIPT
1
HOËVELD VETERAAN TREKKER EN ENJIN KLUB HIGHVELD VINTAGE TRACTOR AND ENGINE CLUB
www.savtec.co.za
Nuusbrief 03-2015
Komiteelede 2016
Voorsitter Mark Hohls
Ondervoorsitter Torsten Löwe
Sekretaris Sarel Botha
Tesourier Ballot Marx
Gekoöpteerde komitee
Veiligheidsbeampte Louis Bester/ (Hulp beamptes- Frans Pretorius/Hennie
Swanepoel/Gustav van der Westhuizen)
Bibliotekaris John Fee
Partestoorbeampte Nic Stroh
Beoordelingsbeampte Frans Pretorius (Trekkers en Enjins)
Klein erfgoed Stalletjie Jan Prinsloo/
Plaasfees reëlingskomitee Petrus Nel/ (Torsten Löwe/ Hans Prinsloo/ Louis Bester)
Trekker speletjies Theo Vermaak/ Jan Ferreira/ Lourens Meyer/ Paul Otto/ Karsten
Hohls/Dick Kerslake
Start- up ko-ordineerder Louis Boshoff/ Brian Ilsley/ Dick Venter/ Fritz van der
Merwe/Pieter Oberholzer/Koos Louw/Koos Smit
Ploegland Breyten Cloete /Sagrys Celliers
Wa-ritte WPLM
Baal Brian Ilsley /Koos Smit / Hentie Slabbert/ Karsten Hohls/Johan
Janssen/Tobie Meyer
Dors Koos Jooste/ Pieter Hansen/ Henk Bührmann/ Johan Richter/Chris
Kool/Nico Prinsloo
Inligting tent Sarel Botha/Ballot Marx/Louis Bester
Afkondigings Hans Prinsloo/ Frans Pretorius/ Petrus Nel/Pieter
Oberholzer/Human Jordaan/Kobus Slabbert
Program bestuurder Mark Hohls/ Jan Prinsloo
Terrein voorbereidings Torsten Löwe/ Jan Prinsloo/Koos Jooste/ Peter Ponsteen/ Deon
Louw/ Pieter Botha/ Herman Alberts/ Hanu Small/ Karsten Hohls
Streeksverteenwoordigers
Pretoria Streek Jan Prinsloo
Suid wes streek Fritz van der Merwe
Suid Streek Hein van Niewenhuizen
Suid Oos Streek Kobus Slabbert
Oos Streek Koos Naude
Noord Streek Paul Otto
2
Woord van die voorsitter
Ons sit nou in ʼn tyd waar ons bitterlik reën nodig het! Begin September het ons ʼn verassing
tydens die Plaasfees gekry. Yes, Plaasfees 2015 will certainly be remembered as the one that
was rained out! I have included some photos to show the excitement of the day for those
members that missed out!
Ek wil vir ons uittredende Ondervoorsitter, Jan Prinsloo hartlik bedank vir al sy moeite wat
hy in sy Termyn gemaak het! Terselfde tyd wil ek vir Torsten Löwe baie geluk wens as nuwe
Ondervoorsitter en sterkte toewens!
The National show took place over the long weekend in September. Well done to the
members that took along equipment and congratulations to the prize winners! More about
it later in the news letter
Ons het hierdie jaar ‘n nuwe trofee vir die Jonglid Enjin van die jaar. Baie dankie aan Louis
Bester vir die skenking! Ons moedig die lede aan (tot 30 jaar oud) om hulle toerusting in te
skry tydens die groot byeenkomste om vir hierdie wissel trofee mee te ding. Ons sal
volgende jaar die klas verder uitbrei
Veteraan groete,
Mark
3
Plaasfees 2015 sal altyd onthou word!!!
Johan Krause moes maar begin het om die
“damme” leeg te pomp
Ek moet die trekker manne net sê dat as julle
trekker resies doen........dan moet jy op die
trekker bly sit en ry! Waar is julle?
Albert Kunitz kon ten minste aflaai terwyl dit
droog was
Saterdag aand was weer droog...vir ‘n rukkie! SHREK! Is dit jy?
4
Klub Sake Ons heet volgende lede baie welkom en hoop hulle vind ʼn tuiste onder die ou yster manne!
Hannes Visagie
Eddie Engelbrecht
Dutchie Nel
Nuwe lede 2015:
Herman Alberts, Junior lid van Pretoria Piet Botha van Lephalale (of soos baie van
ons dit ken- Ellisras!)
Karsten Hohls van Mooi Rivier in KZN maar tans
by TUT
Albert Kunitz van Derdepoort, Pretoria
5
Koos Louw van Kempton Park Deon Louw van Kempton Park
Jan Myburgh van die Onderstpoort area Charles Meiring van Rietfontein, Pretoria
6
Dewalt Nel, Junior lid van Rayton Nico Prinsloo van Donkerhoek
Pieter Oberholzer van Boksburg Hanu Small ook van Kempton Park
Hannes Visagie van Centurion
Fotos van Eddie Engelbrecht, Tobie Meyer, Dutchie Nel en Johan Janssen het ons teen
redaksie sluiting nog nie gehad nie maar sal hulle hopelik in die volgende Nuusbrief insluit
Te Koop/ Gesoek Laat asseblief vir die Sekretaris/ Voorsitter weet of jy ʼn item hier wil adverteer!
Te Koop:
Allis Chalmers B:-kontak Mark Hohls 083 709 8922
Gesoek:
John Deere 40 Enjin parte- Mark Hohls (083 709 8922)
Farmall Cub (of te ruil vir Farmall super BM) - Henk Bührmann (082 338 5750)
Farmall B—enige toestand- Brian Ilsley (072 630 9063)
15” en 16” Rims maak nie saak hoevel gate – Mark Hohls
Magnetos (Lucas/ Wico/ Wipac) enige toestand- Peter Ponsteen 072 404 1848
John Deere 2130 Neus en Ligte Fritz van der Merwe 082 416 7701
Ligte vir Farmall Super BMD of McCormick B450 Frans Pretorius 082 892 3352
1 Ton sleepwa (=/- 3 tot 4,5m lank) Allan Dagutat 083 272 5140
7
Betaalde ledegeld 2015 (soos op 01. 10. 2015):
Betaal asseblief julle ledegelde- hierdie bydra is nodig dat die Klub kan funksioneer
Julle kan dit in die volgende Bank rekening in betaal
ABSA Tjekrekening
Tak kode 632005
Rekening Nommer 4051 695 230
Verwysing: lid se Naam en Van
Bedrag- R150 per jaar
Vir enige navrae kontak gerus die Tesourier.
8
Nasionale Skou 2015 te Baynesfield
12 lede het die Nasionale skou in warm Natal weer oor die lang naweek in September
bygewoon.
Die HVTEK erfenis stalletjie, wat hoofsaaklik deur Koos Smit voorberei is, het Mampoer as
Tema gehad. Ons kan trots wees op die 3de Plek wat verower is!
Ons lede het ook baie goed gedoen met hulle inskrywings en ons het 5 Kategorie wenners
gehad:
Koos Naude met sy Ransomes MG6 in die Kruiptrekker/ Trekker en Implement klas
Sarel Botha met sy Wolseley WD8 in die Toe krukas gerestoureer klas
Sarel Botha met sy Wolseley 5PK in die Toe krukas ongerestoureer klas
Johan Krause met sy Lister en pomp kombinasie in die Enjin Kombinasie gerestoureer klas
Die “Awesome Fordson Span” wat deur Karsten Hohls gelei is, het ʼn 4de plek behaal in die
Delo Trekker restourasie Kompetisie met Mark Hohls se Fordson Dexta.
Hennie Swanepoel het 2de prys met sy IHC Mogul enjin behaal in die Toe krukas
gerestoureer klas
11
THE OTHER LANZ TRACTOR Submitted by: John Fee
All tractor enthusiasts are familiar with the Lanz Bulldog manufactured by Heinrich Lanz AG
of Mannheim, with the famous ‘hot-bulb’ engine. (Heinrich Lanz 1859 – 1905). But not many
know of the other Lanz tractor with the internal combustion engine.
Hermann Lanz Snr’s workshop was located in Aulendorf in Baden-Wurttenberg, southern
Germany and the
factory was initially
named after the town
in which it was located.
In 1914, Hermann Lanz
Jnr, born in 1890, took
over the company.
From 1915, he set out
to build various farm
implements designed
by himself, these were
mainly implements to
work the soil, such as
ploughs, harrows,
cultivators and
scarifiers. New workshops were built in Aulendorf in 1922.
In 1927, the company extended its range to include the production of motorised machines,
mowers and other self-propelled rudimentary macnines on a chassis.
The first small tractor, the Samson Mahschlepper (mower tractor) with a petrol engine was
launched in 1929, to be replaced by the Samson II with a diesel engine in 1931.
Hermann then began to specialise in
tractors, gradually ceasing production of
the other cultivation machines.
On the eve of World War II, the company
was renamed Ackerschlepperfabrik (Farm
Tractor Factory) on the orders of the Nazi
government. In 1940, the 1,000th Lanz
tractor rolled of the production line.
After the war Hermann carried out
repairs and renovations for the occupying
forces. Germany gradually regained it’s industrial momentum, and in 1947, the
production of farm tractors was resumed
in Aulendorf. Monthly production soon reached 120 tractors.
In 1951, in order to avoid confusion with the other Lanz (Heinrich Lanz of Mannheim)
Hermann decided to change the company name to ‘Hela’, an abbreviation of Hermann Lanz Aulendorf.
In 1955, Hela started to manufacture it’s own one, two and three-cylinder water-cooled
engines.
By 1960 the company was well established, employing some 600 employees and the
workshops covered 20.000 sq m. The prohibitively high costs involved in the production of
12
Hela engines had to cease and the decision was taken to fit all of its tractors ith MWM
(Motoren Werke Mannheim) engines. For many years Hela produced its own gearboxes,
mainly six forward and two reverse, and continued to do so.
Hela’s most successful models delivered mid-range power outputs, which ideally suited the
farmer’s requirements at the time. One such tractor was the D420 which replaced the D218
in 1963. The D420 was powered by a two-cylinder, four-stroke, water-cooled, MWM D208-2
engine of 1488cc
(95mm bore and 105cc
stroke) producing 20hp
at 2200 rpm. It
weighed 1230 kg. This
modern machine had a
hydraulic lift and a
power take-off as
standard. In 1978, Hela
was taken over by a
German construction
group IBH-Holding AG,
and in 1979, after 50
years and over 30,000
units built, production
of Hela tractors at
Aulendorf ceased, and in 1983 the company unfortunately went into bankruptcy.
This Hela D420 was still working full-time when these photographs were taken in the 1990’s
13
SAVTEK Beoordeligs klasse
T TRACTORS
TA Crawler
TB Steel Wheel
TC Rubber up to 1948
TD Rubber 1949 - 1960
TE Rubber 1961- 1985
TF UNrestored
TG Tractor & Implement Combination
TH Group of three - same make
TI Group of three - different make
TJ Pair - same make, same series, different models
T** Best on Show
E ENGINES
EAU Open-crank - UNrestored
EAR Open-crank - REstored
EBU Closed-crank - UNrestored
EBR Closed-crank - REstored
ECU Combination - UNrestored
ECR Combination - REstored
EDU Best three engines of one make -UNrestored
EDR Best three engines of one make -REstored
EEU Best three engines of different make - UNrestored
EER Best three engines of different make - REstored
E** Best on Show
J JUNIOR
JTO Best UNrestored tractor
JTR Best REstored tractor
JEO Best UNrestored engine
JER Best REstored engine
I IMPLEMENTS Ia Horticultural - animal or machine driven
Ib Market garden equipment
Ic** Best REstored implement
V LORRY’S & BAKKIES VAO Pre-war to 1948 UNrestored
VAR Pre-war to 1948 -REstored
VBO Post-war - 1949 to 1985, UNrestored
VBR Post-war - 1949 to 1985, REstored
V** Best REstored bakkie
SAV SAVTEC Inter Club competition
14
Olie: Swartgoud. Ingestuur deur Louis Bester
Wanneer is olie vuil ? ʼn Oom van my vertel my lank terug die volgende storie:
ʼn Buurman van hom kla dat sy Chev-kar vreeslik moeilik vat in die oggende en dat hy eers sy
span osse voor die kar moet inspan en dan met ʼn gesukkel die kar moet sleep voordat dit vat. My oom gaan kyk toe na die kar en vra die buurman wanneer laas hy die olie vervang
het. Met verbasing wys die buurman toe dat hy nie geweet het dat olie van die Chev-kar
vervang word nie!
My oom wys toe vir hom waar die aftapprop op die Chev-kar se enjin sit. Ook dat hy dorp
toe moet ry en ʼn kan nuwe olie en ʼn kan paraffien moet koop. Verder moet hy die ou olie aftap as die enjin warm is , die enjin dan met paraffien vul en so ʼn ruk met die slinger draai om al die vuilgoed en gemors uit te was. Dit moet nou alles ook afgetap word en dan eers
kan hy die nuwe skoon olie ingooi.
By ʼn volgende besoek was die omie baie dankbaar vir die goeie raad , want die gesukkel met
die ”opstart” was nou iets van die verlede en die Chev-kar vat nou baie makliker !
In 1934 sou ʼn mens seker weggekom het met hierdie nalatigheid en mishandeling van ʼn motorenjin. Vandag se moderne en hoogs gesofistikeerde enjins sou seker lankal ʼn ernstige probleem gegee het… en ʼn span osse sou seker moeilik bekombaar wees !
Oliesuiwerheid. Om oliesuiwerheid te verstaan , is deesdae ook ʼn wetenskap op sy eie.
In ʼn vorige artikel het ons verwys na die samestelling van olie as ʼn smeermiddel en ook die verskillende tipes olies wat verkrygbaar is vir verskillende aanwendings.
Een van olie se eienskappe , is die skoonmaakvermoë-bymiddel wat in moderne olies is.
Die internasionale standaard vir oliesuiwerheid (ISO 4406:1999) het ʼn vaste toelaatbare kontaminasievlak vir alle olies en word as ʼn standaard gestel.
In 1ml olie byvoorbeeld word daar gekyk na drie vlakke of skale van partikelkontaminasie,
nl. alle partikels groter as 4 mikron (>4μm) , alle partikels groter as 6 mikron (>6μm) en alle partikels groter as 14 mikron (>14μm).
Hoe groot is ʼn mikron (μm)? Een mikron (1μm) = .001mm (=.000039 duim). Nog eenvoudiger gestel , tafelsout is 100 μm , ʼn menshaar is ongeveer 75 μm , stuifmeel is 60 μm , die blote oog kan tot 40 μm nog waarneem , witbloedselle is ongeveer 22μm en talkpoeier is 10 μm.
Kom ons kyk nou weer na die ISO 4406:1999 kode. Die kode bepaal die oliesuiwerheid op die drie getalleskaal nl. 4/6/14 soos genoem.
15
Dit beteken dat elke getal, ʼn getal partikels in mikrongrootte (μm) nl. >4μm ,>6μm en >14μm bepaal in 1 ml monster-olie.
Verder het die ISO-kode ʼn skaal ontwikkel waarvolgens die aantal partikels per miljoen, ʼn getal het wat dit verteenwoordig.
Noudat ons die ISO 4406:1999 kode verstaan, kan dit nou as ʼn verwysing gebruik word om die suiwerheid van olies te bepaal.
Sekere standaarde is nou deur vervaardigers opgestel om hul masjiene te beskerm teen
besoedelde olies.
So word pompe , kleppe . laers ens. se ISO-teikenvlakke daardeur bepaal.
ʼn Laer wat ʼn kruk-as dra se ISO-teikenvlak is bepaal op 22/18/13. As ons dit dan sou
ontleed aan die hand van die ISO-teikenvlak sal dit die volgende vir ons uitwys:
In ʼn oliemonster van 1 ml moet die kontaminasie nie meer wees as 20,000 – 40,000 dele per
miljoen(d.p.m.) , wat groter is as 4 mikron ( > 4μm) en sy ISO-nommer is dus 22.
Dit moet ook nie meer as 1,300- 2,500 dele per miljoen (d.p.m.) wees wat groter is as 6
mikron (>6μm) nie en sy ISO-nommer is 18.
Dit moet ook nie meer as 40-80 dele per miljoen(d.p.m.) wees, wat groter is as 14 mikron
(>14μm) nie-en sy ISO nommer is 13.
Nou word die ISO-nommers bymekaar gesit met ʼn skuinsstreep tussen-in en kry ons
22/18/13. Dit is nou die ISO-kode vir olie se suiwerheid vir die gebruik by laers in enjins.
16
Uit die tabel lees ons dit as volg:
Ons kan nou ʼn baie fyn analise van die tipes olies as smeermiddels laat doen en so bepaal hoe skoon (of vuil) die olie is.
Die oom met sy Chev-kar het egter nie die kennis of die fasiliteit gehad om sy motor se olie
te laat analiseer nie. Ons gewone gebruikers het dit ook nie en ons gaan maar op ʼn gevoel af waar kilometers afgelê , ure gewerk of kondisies waaronder gewerk , ons lei wanneer ons
olie vervang.
Ter volledigheid van die artikel wil ons graag meer detail gee oor suiwerheid en die analise
van olie deur laboratoriums.
Daar is nou verwys na kontaminasie in die vorm van dele per miljoen(d.p.m.).
Wat is die dele? Dit is kontaminasie in ʼn olie deur elemente wat ongewens is in olie. Die volgende elemente word as ongewens beskou: Yster (Fe) , Chroom (Cr), Aluminium (Al) , Lood (Pb) , Koper (Cu) ,
Tin (Sn) , Nikkel (Ni) , Silwer (Ag) , Silikoon (Si) , Boron (B) , Natrium (Na) , Magnesium (Mg) ,
Kalsium (Ca) , Fosfor (P) , Sink (Zn) , Molibidium (Mo) , Barium (Ba) . Titanium (Ti) en
Vanadium (V).
Ook water (H₂O) en oksidasie-indekse in ʼn olie word as kontaminasie beskou.
Hoekom al hierdie elemente as skadelik beskou word, is baie interessant. Nie net is die
slytasie a.g.v. die elemente se teenwoordigheid ʼn faktor nie , maar ook die feit dat chemiese verbindings en – reaksies met die olie plaasvind. Dit beïnvloed en verlaag die olie se
smeervermoë.
Ook die feit dat ʼn element soos bv. Koper (Cu) se hoë mikrontelling in olie, kan aandui dat ʼn verkoeler besig is om in te gee. Of Chroom (Cr) en Nikkel (Ni) se hoë μm-telling dat ʼn laer of twee uitgewerk is. Silikoon (Si) en Natrium (Na) se hoë μm-telling kan wys op hoë vlakke
17
van eksterne kontaminasie, soos in myne. Hoë water (H₂O)- vlakke wys ondermeer op ʼn watermantel of waterpomp wat lek binne die enjin se werking.
In ʼn laboratorium word ʼn olie toetsmonster deur ʼn elektroniese spektrometer geanaliseer en word daar ʼn rekenaar-analise uitgedruk, wat die betrokke oliemonster se status
bekendstel.
Deur gereeld oliemonsters te neem van groot masjiene en enjins, kan vroegtydig gesien
word waar probleem mag ontstaan. Dit help met die onderhoud en versorging van
masjiene wat miljoene rande werd is en se werking en verrigting baie belangrik is.
Ter afsluiting. Sou die oom met sy Chev-kar die luukse gehad het om ʼn olie-analise deur ʼn laboratorium met ʼn spektrometervermoë te kry , sou hy die volgende analise gekry het – ʼn hoë μm-
partikeltelling van ondermeer Silika , Yster , Lood , Koper , Silwer , Natrium , Sink en ook
water en suurvlakke. Dit alles a.g.v. besoedeling van interne en eksterne elemente
waarbinne die Chev-kar se enjin moes werk. Miskien sou ʼn mens ʼn paar van die osse se hare
en sweet ook kon waarneem in die oliemonster!
Ons kon dus sien dat gereelde olie-vervanging ʼn enjin se lewe kan verleng en vergemaklik. Daarmee saam die vervanging van lug- en oliefilters, waaroor ons ʼn volgende keer kan gesels.
Bibliografie: 1. Anon . 2012 . Hydac Overview.
2. Anon . 2012 . Decoding the ISO Cleanliness Code. http:/www polarislab.com (afgetrek
op 11 Februarie 2012)
3. Oil Watch . 2011 . Olieanalise voorbeeld.
4. Lesings soos opgestel deur L.J. Bester vir opleidingsdoeleindes. 2012.