nuusbrief afrikaans feb 2012

4
Is ‘n nuwe Jaar met ‘n nuwe begin. Liewe Gebedsondersteuners Februarie 2012 O ns kom byeen om te beplan met ‘n verwagng in ons hart dat God iets nuuts en vars deur FCE wil doen. Die Woord van die Here spreek tot ons: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie” (Luk 14:26,27). Ons word gekonfronteer met ‘n onvoorwaardelike oorgawe – ‘n oorgawe ter wille van Hom en van die Evangelie (Markus 10:29). Ons skuif ons agendas, ons programme en ons goeie voornemens opsy. Ons soek die aangesig van die Here in gebed, ons bestudeer Sy Woord, en ons ondersoek ons harte. Is ons nog oortuig dat die Here ons geroep het? Is ons bereid om hierdie roeping te gehoorsaam, maak nie saak hoe hoog die prys nie? Opnuut besef ons dat ons deur die Genade van God geroep is, en nie oor wie ons is of wat ons kan doen nie. “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou” (Joh. 15:16). En ons weet: Hy het ons gekies, nie ons vir Hom nie. En voordat ons nie met oortuig- ing kan bely dat ons bereid is om ons eie kruis te dra en agter Hom aan te kom, nie, kan ons nie Sy dissipels wees nie en kan ons nie uitgaan om dissipels te maak nie. Dit raak ‘n oomblik van waarheid vir elkeen van ons en soos wat ons ons onvoor- waardelik oorgee, ontvang ons Sy vrede: “Vrede vir julle! sê Hy vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: Ontvang die Heilige Gees!” (Joh. 20:21, 22). Ons beleef dat God iets nuuts en vars deur FCE in hierdie jaar wil doen. Ek nooi julle, ons gebedsondersteuners, uit om betrokke te raak - ons het die infrastruktuur en verskillende projekte in plek. Bid gereeld en spesifiek vir ons; raak akef by een of meer van ons projekte betrokke en neem eienaarskap daarvan; besoek ons oplei- dingsentrums en nooi ons uit om by julle gemeentes, skole, Bybelstudiegroepe en selgroepe ons werk bekend te stel. Kom ons vat hande en werk saam in 2012 om die Evangelie van Verlossing te versprei. Neels FCE NUUS Foundaon for Cross-cultural Educaon - Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oak Straat, Huis Weich, 6830 www.fce.org.za [email protected]

Upload: foundation-for-cross-cultural-education

Post on 20-Mar-2016

244 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

Neels Liewe Gebedsondersteuners Foundation for Cross-cultural Education - Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oak Straat, Huis Weich, 6830 www.fce.org.za [email protected] Ons skuif ons agendas, ons programme en ons goeie voornemens opsy. Ons soek die aangesig van die Here in gebed, ons bestudeer Sy Woord, en ons ondersoek ons harte. Is ons nog oortuig dat die Here ons geroep het? Is ons bereid om hierdie roeping te gehoorsaam, maak nie saak hoe hoog die prys nie?

TRANSCRIPT

Page 1: Nuusbrief Afrikaans Feb 2012

Is ‘n nuwe Jaar met ‘n nuwe begin.

Liewe Gebedsondersteuners

Feb

rua

rie

2012Ons kom byeen om te

beplan met ‘n verwagting in ons hart dat God iets nuuts en vars deur FCE

wil doen. Die Woord van die Here spreek tot ons: “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie, tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders

en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie”

(Luk 14:26,27). Ons word gekonfronteer met ‘n onvoorwaardelike oorgawe – ‘n oorgawe ter wille van Hom en van die Evangelie (Markus

10:29).

Ons skuif ons agendas, ons programme en ons goeie voornemens opsy. Ons soek die aangesig van die Here in gebed, ons bestudeer Sy Woord, en ons

ondersoek ons harte. Is ons nog oortuig dat die Here ons geroep het? Is ons bereid om hierdie roeping te gehoorsaam, maak nie saak hoe hoog die prys nie?

Opnuut besef ons dat ons deur die Genade van God geroep is, en nie oor wie ons is of wat ons kan doen nie. “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou” (Joh. 15:16). En ons weet: Hy het ons gekies, nie ons vir Hom nie. En voordat ons nie met oortuig-ing kan bely dat ons bereid is om ons eie kruis te dra en agter Hom aan te kom, nie, kan ons nie Sy dissipels wees nie en kan ons nie uitgaan om dissipels te maak nie.

Dit raak ‘n oomblik van waarheid vir elkeen van ons en soos wat ons ons onvoor-waardelik oorgee, ontvang ons Sy vrede: “Vrede vir julle! sê Hy vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: Ontvang die Heilige Gees!” (Joh. 20:21, 22).

Ons beleef dat God iets nuuts en vars deur FCE in hierdie jaar wil doen. Ek nooi julle, ons gebedsondersteuners, uit om betrokke te raak - ons het die infrastruktuur en verskillende projekte in plek. Bid gereeld en spesifiek vir ons; raak aktief by een of meer van ons projekte betrokke en neem eienaarskap daarvan; besoek ons oplei-dingsentrums en nooi ons uit om by julle gemeentes, skole, Bybelstudiegroepe en selgroepe ons werk bekend te stel. Kom ons vat hande en werk saam in 2012

om die Evangelie van Verlossing te versprei.

Neels

FCENUUS

Foundation for Cross-cultural Education - Posbus 126, Wolseley, Suid Afrika, Oak Straat, Huis Weich, 6830

www.fce.org.za

[email protected]

Page 2: Nuusbrief Afrikaans Feb 2012

Event Package (BB & DINNER)

R375.00 per person per night (sharing) R475.00 per person (single room)

ONLY

KING’S HIGHWAY GASTEHUISE tot u diens

King’s Highway Gastehuis SOMERSET-WES bied pakkette vir spesiale okkasies aan:

- Cape Argus Pick ‘n Pay Fietstoer in Maart- ABSA Cape Epic Bergfiets in Maart- Old Mutual 2 Oseane Marathon in April

Kontak Riette Cilliers: +27 (0) 21 851 5318 [email protected]

GASVRYHEIDS- EN TOERISME- OPLEIDINGNeels, Gert en Riëtte is besig om ons vier entoesiastiese stu-

dente op Wolseley op te lei. Dit is ‘n tweejaar indiensopleiding en vind in die verskillende gastehuise en ruskampe plaas. Brett Viljoen kom van New Zealand en is op FCE se personeel, so ook Senti Akum van Nagaland en Roy Crawford wat van Kanada kom. Tinotenda Makwabarara is van Zimbabwe en die enigste meisie in die klas. Soos alle opleiding in FCE is dit professioneel en van ‘n hoë standaard. Besoek ons webtuiste vir meer inligting: www.fce.org.za

KURSUSDATUMSWolseley en Kalungu (Zambië)DMT Foundation (3 maande) : 25 Junie – 7 SeptemberWolseley: DMT Condensed (6 weke) : 8 Oktober – 18 NovemberAansoekvorms te kry vanaf die webtuiste: www.fce.org.za

Stel asseblief ons kursusse bekend aan persone wat by ’n kruispadin hul lewens gekom het, aan jonk en oud wat in sending, onderwys,landbou, toerisme of gemeenskapsontwikkeling opgelei wil word. Die DMT is ’n voorvereiste vir alle verder opleiding by FCE sowel as enige iemand wat belangstel om by die organisasie aan te sluit.

Wolseley:

Op 9 Januarie het 12 studente by Wolseley koshuis opgedaag vir die drie-maande ‘Discipleship-Mission Training’. Dirk Grobbe-

laar, Dalene Treptow en Maret Streicher is die kursuskoördineerders. Die groep is jonk en lewenslustig. Hulle spandeer bedags in die klaskamer rondom die Woord van God, bou aan hul persoonlike verhouding met die Here en soek na God se leiding vir hul toekomsplanne. Hulle help Elma Britz by die plaaslike skole, die ouetehuis en in die gemeenskap. Oral waar hulle beweeg, trek hulle aandag met hul entoesiasme en hul ywer vir die Here.

Kalungu:

Op Kalungu in Zambië het 7 studente vir die kursus opgedaag en Sulene van Schalkwyk, Eunice Marumahoko en Abraham

le Roux neem die leiding. Hierdie studente het ‘n groot invloed in die gemeenskappe rondom hulle. Ricardo Kasupi het die opleiding voltooi en getuig: “I always recall those days back in FCE. We had good days and shared a lot in the Word and enjoyed different moments. To this day FCE is en will remain the great vital role player in my life…. I give thanks to the Lord for FCE mentors and all who contributed in bringing about changes in my life.”

King’s Highsway Gastehuis MASAITI, Zambië, het na tien jaar sy deure toegemaak. Dit is ‘n era wat afgesluit het. Gert en

Janine Basson het diep spore daar getrap. Baie uitreikgroepe het deur die jare daar oorgebly en gaste vanuit verskillende wêrelddele het daar oornag. Dit het werk verskaf en baie stu-dente is daar opgelei. Nou sien ons met verwagting uit na die nuwe King’s Highway Gastehuis wat vir Koti ni Eden beplan word. Die grond is reeds uitgemeet en die planne word opge-trek. Ons vertrou die Here vir die finanies vir hierdie groot projek.

OPLEIDING IN DISSIPELSKAP (Discipleship-Mission Training Foundation)

Roy Brett

TinoSenti

Page 3: Nuusbrief Afrikaans Feb 2012

ONS OUDSTUDENTE HOU SKOOL IN DIE SOEDANVallerie en Vernessa Khamati, ‘n tweeling van Kenia, het

hul onderwysopleiding in FCE in 2009 voltooi en daar-na in die Soedan gaan skoolhou. Dit is nou twee jaar later en hulle het die Murle-taal onder die knie gekry. Vernessa is die graad 2 onderwyseres en Vallerie graad 3. Met hul aankoms kon die kinders nie Engels praat nie, nie lees, skryf of reken nie en as hul speel het dit gou-gou in ‘n bakleiery ontaard.

Die twee het geweet hier lê ‘n avontuur voor, maar dat dit nie mak-lik gaan wees nie. Hulle het begin om ‘n atmosfeer in hul klasse te skep waar kinders kon leer, kon dink, kon memoriseer en groei. Daar was ‘n spesiale hoekie ingerig vir gebed: ‘n plek om op die Here te wag, behoeftes bekend te maak, gebedsversoeke te bring, die antwoord op gebed te ervaar, en lof en dank aan die Here te bring.

In die begin het die kinders nie skool toe gekom nie, hulle was gewoond daaraan dat daar nie eintlik iets by die skool aangaan nie. Maar gou-gou het hulle agtergekom, hulle juffrouens is al van vroegoggend op hulle pos, van Maandag tot Vrydag. Deur die jaar het die klasbywoning gegroei en die kinders het by die skool liefde, beskerming en aanvaarding ervaar. Die afgelope tyd het stamgevegte en onrus in die gemeenskappe toegeneem. Kinders

het dikwels uit die klas gevlug en huis toe gehardloop om seker te maak hulle families is nog veilig, of soos hulle sê: “As my bro-ers en susters of ouers doodgemaak word, wil ek saam met hulle sterf.” Terwyl hulle hardloop het hulle gebid soos hulle in die klas geleer het. Dikwels het hul teruggekom en gesê: “Ons was nie bang nie, want as ons doodgaan, gaan ons na Jesus toe.”

Hulle het ook die harsteer beleef van ‘n kollega wat doodg-esteek is. Voor hulle hom geken het, het hy gedrink, sy vrou geslaan en sy kinders verniel. Deur hul verhouding met hom het hy die Here leer ken en sy saak met Hom reggemaak. Sy vriende en sy vrou het ook gekom om te hoor wat gebeur het dat sy lewe so radikaal verander het, en hulle kon maar net ge-tuig van Jesus wat gekom het om mense vry en heel te maak.

Vallerie het ook bekend gestaan as die ‘diktor’ – die dokter, omdat sy die kinders se wonde versorg het, vir hulle medisyne gegee het, vir hulle gebid het as hulle siek was. Toe die onderwyser gesteek is, het hulle haar in die middel van die nag kom opklop, maar dit was te laat.

Hulle het ook begin om die ander onderwysers in die skool indi-ens op te lei, sodat hulle beter onderrig in die klasse kon gee. Een van die hoogtepunte was toe die kinders vir hul eie Bybels kom vra het en in staat was om dit te lees. Hierdie is ‘n getuienis van twee jong meisies wat geroep is, wat toegerus is en wat beskik-baar is om betrokke te wees. The Salvation belongs to the Lord!

FCE ONDERWYSOPLEIDINGS-KOLLEGE : KOTI NI EDENOp 16 Januarie hervat FCE ons onderwysopleiding met die

amptelike opening van die kollege in Zambië by ons nuwe opleidingsentrum op Koti ni Eden. Al was ons die afgelope 15 jaar met die opleiding van onderwysers betrokke, was dit vir ons ‘n vars en nuwe begin. Drie van die vyf studente kom uit Suid-Afrika, een uit Kanada en een uit Zambië. Al is die groepie klein, weet ons dat God elkeen van hulle kragtig in die uitbreiding van Sy koninkryk gaan gebruik wanneer hulle klaar gestudeer het.

Tydens die opening van die kollege het ons ‘n gevoel van ‘déja-vu’ ervaar en het dit herinneringe van die opening van ons eerste kol-lege in 1997 in Wellington opgeroep. Destyds toe ons met vier studente en twee dosente en bittermin enige iets anders begin het, het ‘n sterk profetiese woord deurgekom: ‘Moenie die dag van klein dingetjies minag nie.’ Alhoewel ons nuut begin, en weer soos in 1997 klein begin, het ons soveel meer om op te bou as toe. Ons het ge - kwalifiseerde onderwysopleiers met ervaring, ons het ‘n beproefde kurrikulum en ‘n geakkrediteerde progam, ons het ‘n pragtige kam-pus en toegeruste klaskamers, ‘n biblioteek, rekenaars en internet- toegang. Ons grootste bate nou is ons gevestigde laerskool op ons perseel wat vir die praktiese deel van die opleiding gebruik kan word. Al die onderwysers in die skool is deur FCE opgelei en dien dus as rolmodelle in ‘n Christusgesentreerde benadering tot opvoeding.

Ons is opgewonde oor hierdie geleentheid van die Here om voor te begin, nie baie is so bevoorreg nie. In hierdie nuwe sei-soen is dit belangrik dat ons verseker dat die lesse wat ons in die verlede geleer het en die padwysers wat Hy vir ons op die reis die afgelope 15 jaar opgerig het, in die harte en gedagtes van die volgende generasie wat deur ons hande gaan, vasgelê word.

Southland en Morling Kollege Australië: Ons dank die Here vir die ooreenkoms wat tussen FCE en ‘South-land and Morling College’ in New South Wales, Australië gesluit is. Hulle gee volledige erkenning aan ons drie jaar diploma wat dien as toegang tot hul vierde jaar B.Ed-graad. Dit is ‘n deurbraak wat die deur vir FCE se oud- en toekomstige studente oopmaak om ‘n internasionaal-geakkrediteerde onderwyskwalifikasie te behaal, en dit bied die geleentheid om tot op Meestersvlak te vorder.

FCE PROJEK Borgskappe vir Onderwysstudente

FCE stuur nie onderwysers uit vir wie die onderwysprofessie bloot net ‘n beroep is nie, maar vir wie dit ‘n roeping is. Ons is

so hartseer, omdat een van die studente wat ons gekeur het nie opgedaag het nie, weens ‘n gebrek aan finansies, of iemand wat vir haar kon instaan. Vra die Here of jy dalk moet deelraak by die opleiding van belowende onderwysers wat die hart het om die ‘geringstes in God se Koninkryk’ te versorg. Kontak ons kantoor vir meer inligting oor die opleiding en die sub-sidiëring van onderwysstudente.

“Terwyl hulle hardloop het hulle gebid soos hulle in die klas geleer het.”

Wolseley, 2007

Page 4: Nuusbrief Afrikaans Feb 2012

Aan die een kant maak dit ons dood, aan die anderkant laat dit ons lewe. Om hier te oorleef, moet jy dikwels doodgaan aan jouself, jou eie tyd, jou eie ruimte, jou eie goed en jou eie ek. Ons leer geduld, ons leer om ons deure oop te maak vir ander, om regtig om te gee, om beskikbaar en diensbaar te wees en bowenal leer ons om die verlorenes lief te hê.

Ons is lief vir God, en Sy evangelie is ‘n leefwyse, en omdat ons Hom verheerlik en gehoorsaam, glo ons dat die boodskap sigbaar is. Ons preek nie, maar leef in die liefde, die genade en die heerskappy van Christus. Ons hou by die beginsels van die Woord in wat ons dink, doen en sê. Maandag- en Dinsdagmiddae het ons stimulasieprogramme met die kinders van die village. Sommige aande stel ons ‘n groot skerm buite op en wys DVD’s soos Planet Earth – dit gee vir ons wonderlike geleenthede om met die mense oor God en Sy Skepping te gesels

Ons voel welkom. Hulle noem ons nie meer Mzungus (witmense) nie, ons het al selfs ‘n Namwanga van gekry. Alles wat ons doen, word bevraagteken. Ons kruietuin, ons manier van boer (farming God’s way) die manier wat ons as gesin saamwerk. Ek is al ‘n ‘bachelor’ genoem omdat ek help met vuurmaak, skottelgoed was, water uit die put trek, ens. Dit is volgens die tradisie die vrou se werk.

Ondervinding op die sendingveld het ons geleer, dat om effektief mense te bereik en ‘n verskil in hulle lewens te maak, dit nodig is om tussen hulle te bly. Om dissipels te maak, is nie ‘n kitsresep nie dit is nodig om dag-tot-dag beskikbaar en betrokke te wees.

5. Hoe beinvloed jullE die village?

2. Aanvaar die mense in die village julle?

KALUNGUGeorg en Karin Paul het met hul twee kinders, Karla en Kaleb, in ‘n huisie in een van die ‘villages’ in Kalungu ingetrek.

Ons gesels met hulle:

KOTI NI EDENOns woon en werk rustig voort op Koti ni Eden. Onlangs vra iemand my: Wat het julle nou nog op die kampus nodig? Is julle klaar gebou? Het julle alles wat julle nodig het? Hoe graag sou ons “ja” wou antwoord op al hier-die vrae. Een van ons grootste behoeftes is huisvesting vir ons personeel.

Koti ni Eden personeelbehuisingprojek:Tans woon die personeel, dosente en studente saam in die kamers wat vir die studente gebou is. Ons behoefte is:1. Sewe eenslaapkamerwoonstelle vir enkellopende personeel of getroude pare met een kind. Die projek is van die grond af en drie van die woon-stelle het al dakke op. Kostes: R200 000 per eenheid2. Vyf drieslaapkamerhuise vir personeel met twee kinders en meer. Vier van die huise is klaargebou. Jannie en Elise, Brian en Barbara, Corrie en Jaco en Zhak en Yvette het al hul huise betrek. Kostes: R300 000 per een-heid.3. Vier tweeslaapkamerhuise teen R280 00 per eenheid.

Ons kyk dankbaar terug en onthou hoe die Here deur al die jare in al ons behoeftes voorsien. Maak asseblief hierdie projek bekend aan mense wat graag betrokke wil raak – nie net finansieel, maar om te kom bou, vloere en deure in te sit, te messel en te verf, en nog vele meer.

MALAWIFCE is besig met die ontwikkeling van die kampterrein langs die Malawi meer. Die gras is aangeplant, die ablusieblok het skoon toilette en warm water, daar is braaigeriewe met wasbakke en elektriese kontakpunte.

Ons het hulp nodig met die praktiese werk. As julle dalk ‘n uitreik vir die Junie-vakansie beplan, is julle meer as welkom om te kom hand bysit. Moses en Regina gaan voort met die opleiding van die egpare in die gemeenskap en Malinda is baie betrokke by die kinders in die omgewing. Jesaja moet oral bontstaan met vervoer en die praktiese werk op die terrein.

1. Hoekom het julle besluit om met julle kinders in die village te gaan woon?

4. Hoe gee dit vir julle geleentheid om die evangelie te verkondig en vir Jesus te leef?

3. Wat is vir julle lekker? Dit is vir ons lekker om as ‘n gesin dinge saam te doen. Dinge gebeur nie vanself nie, water moet uit die put getrek word, badwater word gebruik om die groentetuin nat te lei, komposemmertjies moet uigegooi word, die brazier moet aangesteek word. Ons werk saam en dit bind ons as ‘n gesin saam en help ons om die waarde van sekere dinge te besef en nie alles as vanself-prekend te aanvaar nie.

Deur ons voorbeeld. Deur harde werk, ons berei ons grond betyds voor. Ons tuin is ‘n bewys dat dit moontlik is om in die village jou eie groente, mielies en kruie te kweek. Ons is selfversorgend en gebruik dit wat beskikbaar is, en maak iets daarmee. Ons gesin se interne verhouding spreek vanself en die manier hoe ons mekaar liefhet, mekaar geniet en waardeer, spreek tot almal wat gebroke verhoudings het.

6. Hoe beinvloed die village julle?

National Christian Teachers’ Convention

29 September to 1 Oktober 2012

Oranje MeisieskoolBloemfontein

[email protected]