saterdag 19 september 2009 dieburger| bl.17 forum · om met oneerbiedige haas op die erfenis en...

1
SATERDAG 19 SEPTEMBER 2009 Die Burger | BL. 17 Raad ignoreer wil van gemeenskap Die Kaapse stadsraad ploeter met ’n onbegryplike en onverstaan- bare haas voort met die beoogde ontwikkeling by Prinsesvlei. In ’n mediaverklaring van 16 September word ons verwys na se- kere verslae in verband met die ontwikkeling wat voor die raad ge- dien het. Die lees daarvan open- baar skokkende feite, soos dat net drie mense of instansies ten gun- ste van die ontwikkeling is, terwyl honderde kapsie maak. Nogtans ignoreer die raad die wil van die mense. Ek het altyd ge- dink die raadslede is daar om die standpunte van die gemeenskap te stel en te verdedig. Die verslag voor die raad dui ook aan dat die ontwikkeling kul- turele en erfenisbronne gaan be- nadeel. Tog is die raad vasberade om met oneerbiedige haas op die erfenis en kultuur van die Khoi- san te trap. Die vlei kry juis sy naam van die Khoisan-prinses wat om en by in 1510 daar ontvoer is. Waarom voortgaan met so ’n ontwikkeling as die gemeenskap dit nie wil hê nie? Miskien moet die raad vir ons sê watter belange Gee regstelpogings in SA tog ’n kans B.F. Smit se brief (DB, 16.09) vra ’n verduideliking van die koste van pres. Jacob Zuma se klagtelyn. Twee goed val op: Die vorige dag is berig dit neem lank om deur te kom op die lyn, wat sekerlik impli- seer daar is nie genoeg mense om dit te beman nie. Dit is te verwagte – dit is die eerste dag wat die klag- telyn aktief is, en almal spring om daarvan gebruik te maak. (Dus be- hoort die tyd om deur te kom nie as kritiek gebruik te word nie.) Die tweede opmerking is dat al- mal luidkeels kla oor verskeie as- pekte van Suid-Afrika. Nou word ’n geleentheid geskep om meer di- rek met ons land se topbestuur te skakel. Maar dit is ook nie goed ge- noeg nie. Nou kla ons daaroor ook. Ja, daar is baie goed wat ver- keerd is in die land, maar probeer tog net om ván die pogings om reg- stellings te maak, ’n kans te gee! LEN STEENKAMP Stellenbosch Los skeptisisme oor Zuma se lyn Ek deel nie B.F. Smit of enigie- mand anders se skeptisisme oor pres. Jacob Zuma se klagtelyn nie. Die beginsel waarna gestreef moet word, is doelmatigheid. Met ander woorde, vir elke sent wat die regering bestee, moet hy ten min- ste probeer om ’n sent terug te ver- dien. Ek sê verdien – nie steel nie. As die regering daarom R4 mil- joen (onthou dit is minder as vier nuwe motors se geld) aan die lyn bestee en R4 miljoen of meer se ge- steelde, gemorste of wanbestede geld terugvind wat weer doelma- tig aangewend kan word, het ons klaar gelyk gebreek. Ek is baie entoesiasties oor die Onbeskoftheid op Nuweland ontstel Oor die algemeen word rugbyska- res wêreldwyd die boewery ge- spaar wat byvoorbeeld sommige sokkerwedstryde kenmerk. Ek het in 1964 as negejarige my eerste rugbywedstryd op Nuwe- land bygewoon die WP teen Transvaal met legendes soos Jan- nie Engelbrecht, John Gainsford, Doug Hopwood, asook Abie en Avril Malan. Dit was op die hoogs beskaafde onderste galery van die hoofpawiljoen. Daarna het ’n fase Lof vir diens van Kaapstadse polisie Op 16.09 verskyn ’n artikel wat die Kaapstadse polisie loof n.a.v. ’n diefstal by ’n gastehuis waar die Idols-aanbieder Liezel van der Westhuizen besteel is. Ek sal graag die volgende wil byvoeg: 1) Die teenwoordigheid van SAPD- patrollievoertuie is opvallend in die woonbuurte van Kaapstad. 2) ’n Paar weke gelede is ’n verdag- te voertuig in ’n straat opgemerk. Die antwoord op die noodnommer was vinnig en professioneel, in teenstelling met my laaste soort- gelyke kontak met die blitspatrol- lie omtrent tien jaar gelede, wat toe traag en onprofessioneel was. Hopelik steun hy nou weer Bokke Ongeveer vier jaar gelede het die volgende woorde van Albert Beu- kes van Kersbosstrand in Die Bur- ger verskyn: “Ek gee nie meer om of die Springbokke se naam na die Proteas verander word nie. Ek gee nie meer om of transformasie 100% plaasvind nie. Ek gee nie meer om of skeidsregters kroek nie. Ek gee niks meer om vir niks nie . . . Anders gestel: Ek begrawe Springbokrugby en begin met nu- we belangstellings in die lewe – waarvan daar baie is.” Mnr. Beukes, vier jaar gelede het ons saam met jou gevoel – ek hoop jy voel nou soos ons wat jubel saam met een van die suksesvolste Springbokspanne van alle tye. HEIN VISAGIE Kaapstad hier gedien word? Die destydse Skiereiland-muni- sipaliteit het al in 1997 ’n verslag ontvang waarin sterk aanbeveel is dat die ontwikkeling (deur dieself- de ontwikkelaar) nié ondersteun word nie, en dat die raad nie die grond verkoop nie. Dit laat ’n mens wonder wat nou verander het? Kapenaars moet wakker slaap. Hierdie malligheid is netnou voor jou deur. PHILIP M. BAM Grassy Park lyn en glo as die haakplek van die implementering van die aange- melde bekommernisse oorkom kan word, ons ’n wen-wen situasie sal hê. Ek kan getuig die lyn werk. My bekommernis is geregistreer en op skrif bevestig, anders as die an- der lyne waarna Smit verwys, waar jy bloot ’n verwysingsnom- mer kry. Ek glo dit verdien ’n bil- like kans. Zuma het in elk geval al meer in ’n paar maande gedoen as sy voorganger in vyf jaar. JACQUES D. VAN ZYL Roggebaai op die skolierebankies gevolg. Min Saterdae is misgeloop. Later was dit meestal die staanplek voor die hoofpawiljoen. ’n Mens het altyd opgesien na die onderste galery waar oud-Bok- ke en WP-spelers met das en baad- jie gesit het. Ek het die kans gehad om ’n droom te verwesenlik toe die onderste galery in 1992 uitgebrei is en ek ’n seisoenkaartjie kon kry. Stelselmatig kon ek opmerk hoe die gedrag en kultuur van die ou Nuweland verander. Die skoliere- bankies is verwyder, staanplekke is vervang met sitplekke. Die skare is toenemend ingesuig in die hype van dawerende aan- kondigings, musiek, danspoppies en kostuums. Alkohol het gevloei. Die onderste galery het ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan, onder meer deurdat veral diegene in die voorste rye opspring as ’n belowende beweging na die hoek op ’n drie kan uitloop. Dit beteken dat agterste toeskouers ook moet opstaan om te kan sien. Tydens die onlangse toets teen die Wallabies het ek die vernede- ring ondergaan dat ’n bullebak, wat aan almal verkondig dat hy in 1964 sy eerste toets teen John Thornett se Wallabies vanaf sit- plek B122 gekyk het, my van agter af geruk en uitgeskel het toe ek moes opstaan om te kan sien. La- ter in die wedstryd het dieselfde lot twee oorsese besoekers langs my te beurt geval en ’n dame is afge- ruk en gekonfronteer. Die onsmaaklikheid, aggressie, skeltaal en onbeskoftheid het al- mal om ons ontstel en geskok. RUGBYLIEFHEBBER Nuweland 3) In Februarie was die polisie be- trokke by die Laerskool Jan van Riebeeck se skolesportoptog deur middel van ’n groep perderuiters en ’n vangwa. Dit was uiters posi- tiewe bemarking. JACQUES PIENAAR Duiwelspiek FORUM V oorverlede jaar het die VN se interregeringspaneel oor kli- maatsverandering (IPCC) sy vierde oorsig oor die stand van kli- maatsverandering uitgereik. Daarin het die IPCC, wat voorste navorsers betrek, onomwonde gesê klimaatsverandering is met ons en bring groot samelewingsrisiko’s mee, en daar is ’n nege-uit-tien-kans dat die mensdom self vir die koers hiervan verantwoordelik is. Dié oor- sig van honderde bladsye is aan in- tensiewe portuurbeoordeling onder- werp. Dit, tesame met die veelbe- sproke Stern-verslag, het klimaatsake hoog op die agenda van die G8 en VN-instellings help kry. Die IPCC het gesê kweekhuisgas- vrystellings moet teen 2015 hul hoog- ste vlakke bereik, waarna dit teen 2050 met minstens die helfte besnoei moet word (van 1990-vlakke) en daar- na nóg meer. Dit sal verhoed dat tem- perature gemiddeld meer as 2 °C tot 2,4 °C styg vanaf voornywerheids- vlakke (volgens konserwatiewe be- rekenings). Nuwe navorsing toon egter dat po- gings om vrystellings se effek tot ’n 2 °C-styging te beperk rééds onaan- vaarbaar hoë risiko’s vir mens en ekosisteme meebring. In Suider- Afrika en Suid-Oos-Asië kan sodani- ge styging byvoorbeeld graanpro- duksie met tot ’n vyfde laat krimp. NUWE KENNIS Vroeër vanjaar het ’n netwerk universiteite ’n oorsig saamgestel van wat hulle beskou as die belangrikste navor- sing wat die lig gesien het sedert die jongste IPCC-oorsigte uitgereik is. Dit is gedoen omdat die IPCC so vier of vyf jaar agter is met wat we- tenskaplikes reeds weet en in vakjoernale gepu- bliseer word. Prof. Katherine Ri- chardson, ’n professor in biologiese oseanogra- fie aan die Universiteit van Kopenhagen, sê die erns van dié situasie noodsaak dat wetenskapli- kes nie meer die “boodskap” oor kli- maatsverandering aan die massa- media kan oorlaat nie. Richardson is voorsitter van die wetenskaplike ko- mitee van dié universiteite. Die alliansie sê die jongste voor- uitsigte strook met die IPCC se mees pessimistiese scenario’s of is selfs meer beroerd as wat die IPCC aange- dui het. Navorsers sê daar word on- derhandel oor ’n nuwe klimaatspakt op grond van kennis wat reeds ver- ouderd is. “Die prentjie is so donker soos of selfs erger as wat gereken is,” meen Richardson. Vanjaar se VN-onderhandelings hieroor is kritiek belangrik om be- tyds met oplossings vir dié globale uitdaging – en die maatskaplike, ekologiese en ekonomiese risiko’s daarvan – vorendag te kom. In Ko- penhagen moet reëls vir kweekhuisgas-inkor- tings vir die tydperk ná 2012 neergelê word. Die meeste gerekende wetenskaplikes stem saam oor hoe ernstig die klimaatsuitdaging is – die debat is nie meer oor of dit gebeur nie, maar oor hoe die mensdom, te midde van ’n rits onse- kerhede, gaan reageer. NUWE WÊRELD Verskeie klimaatsindi- katore is reeds buite die patrone van normale veranderlikheid waar- by die moderne samelewing en eko- nomie aangepas het, blyk uit oorsig- te hieroor. Dit sluit in die globale ge- middelde oppervlak-temperatuur, seevlakstygings, oseaantemperatu- re en die voorkoms van meer ekstre- me weerstoestande. Die mees sigbare tekens hiervan is seker die koers waarteen die Noord- pool se see-ys die afgelope ruk weg- smelt (rekordsyfers is die laaste jare aangeteken). Die klimaat word gereguleer deur ingewikkelde prosesse waarin ener- gie in die oseane, oor land, in die at- mosfeer, ensomeer, uitgeruil word. Sonder die oseane, wat as ’n belang- rike koolstofbêreplek dien (dié ver- moë is aan die afneem) en boonop baie hitte absorbeer, sou ons kli- maatsuitdaging nog groter wees. Tans absorbeer die oseane en plan- tegroei op land bykans 60% van die mensgemaakte vrystellings wat in die atmosfeer beland. Veranderings in seetemperature en -toestande is volgens Richardson ’n belangrike aanduider van veranderings in die globale klimaat. Die seevlakstygings versnel. Boonop styg vrystellings vinniger as wat voorsien is (wat verhitting mee- bring). Oseaantemperature styg vol- gens dié alliansie 50% vinniger as wat in IPCC-ontledings voorsien is, terwyl ysmassa afneem weens die koers van wegsmelting (van onder meer die Groenland-ys en Antarkti- ka se plaatys). Daar is ook kommer oor die koers van oseaanversuring. Dit vind plaas wanneer CO 2 in die oseane oplos en in die proses chemiese veranderings meebring. Dit hou grootskaalse ge- volge vir kossekerheid, biodiversi- teit en die koraalriwwe in Die IPCC het gesê seevlakke sal dié eeu met tot 59 cm styg. Nou blyk dit dat ’n meter of meer se styging moontlik reeds onafwendbaar is, wat tesame met erge storms groot- skaalse verwoesting in laagliggende kusgebiede kan meebring. Klein ei- landstate soos Tuvalo kan soos At- lantis van ouds deur die oseaan inge- sluk word. In die digbewoonde deltas van die Ganges-, die Mekong- en die Nylri- vier kan ’n seevlakstyging van ’n me- ter 23,5 miljoen mense raak en die be- werkte landbougrond met minstens 1,5 miljoen ha laat krimp. Oor die Noordpool: Dramatiese wegsmelting van see-ys word die laaste paar jaar gedokumenteer. Na- vorsers hou dié situasie met sorg dop, omdat die Noordpool as ’n soort “lugverkoelingstelsel” dien. En uit bewyse wat diep in die Antarktiese yskern versamel is, weet navorsers die atmosferiese vlakke van kweek- huisgasse soos CO 2 is tans die hoog- ste tot nog toe in 650 000 jaar (moont- lik die afgelope 20 miljoen jaar). Wetenskaplikes maan dat kritieke “drempelpunte” oorgesteek kan word weens die effek van “terug- voermeganismes”, tensy ingrypings volg. Só verduidelik dr. Guy Midg- ley, klimaatskenner van die Suid- Afrikaanse Nasionale Biodiversi- teit-instituut. Navorsers voorsien onder meer die wegsmelt van die Noordpool se somer-see-ys binne on- geveer ’n dekade en grootskaalse me- taangasvrystellings weens toendra (ysgrond) wat smelt, berig die New Scientist. Daar is ook die risiko dat die moeson-seisoen kan verander en al die Himalaja se ys smelt (waarvan miljoene mense afhanklik is). BESNOEI NOU, OF BETAAL LATER Die boodskap is duidelik: Kweek- huisgasvrystellings moet vinnig en diep besnoei word. Hoe swakker (of vaer) lande se mikpunte van 2012 tot 2020 hieroor – die tydperk waaroor nou onderhandel word – hoe groter die risiko en hoe meer sal later be- snoei moet word (party ontledings sê dalk een hele Kioto-protokol per jaar). As onderhandelaars inderdaad ernstig is daaroor om met ’n toepasli- ke diplomatieke oplossing vorendag te kom – eietydse klimaatsverande- ring word beskou as die grootste om- gewingsuitdaging van ons tyd – sal wetenskaplike getuienis ernstig be- jeën moet word. Omdat CO 2 so ’n lang lewensduur in die atmosfeer het (gemiddeld 50 jaar of meer) en omdat mitigasie (pogings om kweekhuisgasvrystellings te beperk) nie vir die volgende tien tot dertig jaar juis doeltreffend gaan wees nie, is aan- passings vir die veranderings wat kom, nodig. Onafwendbare gevolge van klimaatsverandering kan met groot maatskaplike ontwrigting ge- paard gaan, voorsien mnr. Poul Erik Lauridsen, van Care International. Projeksies lyk somber: Teen 2020 kan landbouproduksie in Afrika wat di- rek van reënval afhanklik is byvoor- beeld plek-plek gehalveer word. PASOP, PAS AAN Volgens ramings kan klimaatsaan- passings moontlik twee tot drie keer meer kos as wat die VN tot dusver ge- reken het. Hoe regerings nou op klimaatsuit- dagings reageer, is daarom ’n soort “Russiese roulette” met die vooruit- sigte van toekomstige generasies, meen Richardson. Ons is reeds ver- bind tot ’n 1,4 °C-styging hierdie eeu wat met aanpassings gepaard sal moet gaan. Die mensdom, glo Midg- ley, is besig met ’n “onherhaalbare eksperiment”: grootskaalse atmosfe- riese verhitting van die enigste pla- neet in ons sonnestelsel wat lewe soos ons dit ken, onderhou. Daar word voorsien dat temperatu- re dié eeu wêreldwyd gemiddeld met 2 tot 5 °C gaan styg, met ’n 50%-kans dat gemiddelde temperature met meer as 5 °C kan styg as kweekhuis- gasvrystellings verdriedubbel. Wat die impak van klimaatsveran- derings betref, sê dr. Bob Scholes, WNNR-sisteem-ekoloog, mense in Suider-Afrika sal byvoorbeeld moet aanpas by ’n toekoms wat aansienlik droër en warmer sal wees as nou (die prentjie landwyd verskil). Dit sal on- der meer verdamping beïnvloed, wat aanpassings in die landbousektor sal noodsaak. Wat benodig word, is ’n aanpassing- strategie wat ’n veiligheidsnet aan veral armes bied en ’n ambisieuse oor- eenkoms wat wetenskaplike data ver- reken. Gebrekkige optrede is onver- skoonbaar, want toekomstige genera- sies sal nie byt aan die verskoning dat ons nie vooraf-kennis tot ons beskik- king had om ’n ontvouende klimaats- krisis af te weer nie. Bronne: Climate Change: Global Risks, Challenges & Decisions; The 2C Target: Background on Impacts, Emission Pathways, Mitigation Op- tions and Costs; In Search of Shelter: Mapping the Effects of Climate Change on Human Migration and Displace- ment; IPCC.ch; IOP Conference Se- ries: Earth and Environmental Sci- ence; State of the World 2009; IIED.org. Klimaat se toekoms reeds hier? Selfs sober we- tenskaplikes is besorg oor die jongste navor- singsresultate oor klimaatsverande- ring. Terwyl politici voete sleep om toepaslike oplos- sings vir hierdie enorme uitdaging te vind, stapel die getuienis hieroor op, berig JORISNA BONTHUYS. ’’ Die IPCC het gesê seevlakke sal dié eeu met tot 59 cm styg. Nou blyk dit dat ’n meter of meer se styging moontlik reeds onafwendbaar is. Loop die verdwaaldes in sirkels? J y dink altyd teenoor jouself: As ék verdwaal, sal ek nié in sirkels loop nie. Ek is seker ek sal hard probeer om min of meer in ’n reguit lyn van punt A na punt B te stap deur Hansie en Grietjie se vreemde bos as daar geen aanwysing is nie. Tog probeer verdwaaldes herhaaldelik en kry hulle dit nie reg sonder duidelike verwysingspun- te soos die son, die maan of ’n toring nie. Dit was egter nog altyd net ’n storie dat mense op ’n onbekende terrein in sirkels loop, want navorsers het dit nog nooit op die proef gestel nie. Maar wetenskaplikes van die Max Planck-insti- tuut in Duitsland het dit onlangs wel getoets – in ’n woud in Duitsland en in die Saharawoestyn in Tunisië, volgens die vakjoernaal Current Biology. Om te sien presies hoe loop die 15 deelnemers aan die studie, is elkeen aan ’n GPS-toestel gekoppel. Hulle is gevra om so reguit soos hulle kan in ’n bepaalde rigting te loop. Ses mense het ure aaneen in die reuse-woud met ’n plat oppervlak geloop – vier op ’n dag toe dit bewolk was en die son nie sigbaar was nie. Al vier hierdie mense het in sirkels geloop, en drie het hul eie paaie herhaaldelik gekruis sonder om dit agter te kom. Die dag waarop die son sigbaar was, het die ander twee ’n byna reguit lyn gevolg, behalwe in die 15 minute toe die son verskuil was; toe het hulle ook in sirkels geloop. Drie ander mense het ure lank in die Sahara geloop. Twee van hulle het die pad byster geraak wat hulle moes volg, maar hulle het nie in sirkels geloop nie, want dit was in die middel van die dag. Die derde persoon het in die nag geloop; maar toe die maan agter wolke verskuil was, het hy verskeie skerp draaie geneem en teruggestap in die rigting van waar hy gekom het. Daar is ook toetse gedoen met mense wat geblinddoek op ’n sportveld geloop het. Voorheen is gegis dat mense in sirkels sal loop na hul dominante kant. Dit was egter nie die geval nie – hulle het na albei kante in sirkels geloop, waarvan sommige net 20 m groot was. Die sirkelpaaie is ook nie sistematies nie – dan loop dieselfde persoon na links, dan na regs. Daar is nie ’n voorkeur om in een spesifieke rigting te loop nie, en dus is hierdie nie een van die redes vir die gedrag nie – ons neig nie na een kant nie. Selfs toe die navorsers mense skoene gegee het wat aan die een kant hoër was as aan die ander, het dit nie ’n invloed gehad nie. Die navorsers meen die mense se onvermoë om op ’n reguit pad te bly, is die gevolg van sensorie- se “geraas” in die sensoriese motoriese sisteem. Sonder eksterne rigtingverwysings om die subjek- tiewe sensasie van “reguit vorentoe” te herkali- breer, veroorsaak die “geraas” dat mense in sirkels loop. Dit is die liggaam se mees gesofistikeerde orgaan wat hierby betrokke is, naamlik die brein. As iemand geblinddoek is, moet die brein ’n pad reguit vorentoe bepaal met baie beperkte inlig- ting, waaronder dit wat hy kry van die vestibulêre sisteem oor balans en beweging van die spiere en gewrigte. Al hierdie seine wat gestuur word, bevat klein foute wat tot die geloop in ’n sirkel kan lei. ’n Mens kry nou selfs meer respek vir diegene met siggestremdhede wat enorme brein- en sensoriese aanpassings moet maak om oor die weg te kom. ) Bronne: Current Biology; Science ) Elsabé Brits is Die Burger se wetenskap-joernalis. Grafika: MORNÉ SCHAAP

Upload: others

Post on 17-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: SATERDAG 19 SEPTEMBER 2009 DieBurger| BL.17 FORUM · om met oneerbiedige haas op die erfenis en kultuur van die Khoi-san te trap. Die vlei kry juis sy ... – dit is die eerste dag

SATERDAG 19 SEPTEMBER 2009 Die Burger | BL. 17

Raad ignoreer wilvan gemeenskapDie Kaapse stadsraad ploeter met’n onbegryplike en onverstaan-bare haas voort met die beoogdeontwikkeling by Prinsesvlei.

In ’n mediaverklaring van 16Septemberwordonsverwysnase-kere verslae in verband met dieontwikkelingwatvoordieraadge-dien het. Die lees daarvan open-baar skokkende feite, soos dat netdrie mense of instansies ten gun-stevandieontwikkeling is, terwylhonderde kapsie maak.

Nogtans ignoreer die raad diewil van die mense. Ek het altyd ge-dink die raadslede is daar om diestandpuntevandiegemeenskaptestel en te verdedig.

Die verslag voor die raad duiook aan dat die ontwikkeling kul-turele en erfenisbronne gaan be-nadeel. Tog is die raad vasberadeom met oneerbiedige haas op dieerfenis en kultuur van die Khoi-san te trap. Die vlei kry juis synaamvandieKhoisan-prinseswatom en by in 1510 daar ontvoer is.

Waarom voortgaan met so ’nontwikkeling as die gemeenskapdit nie wil hê nie? Miskien moetdie raad vir ons sê watter belange

Gee regstelpogingsin SA tog ’n kansB.F. Smit se brief (DB, 16.09) vra ’nverduideliking van die koste vanpres. Jacob Zuma se klagtelyn.

Tweegoedvalop:Dievorigedagis berig dit neem lank om deur tekomopdie lyn,wat sekerlik impli-seer daar is nie genoeg mense omdit tebemannie.Dit is teverwagte– dit is die eerste dag wat die klag-telyn aktief is, en almal spring omdaarvangebruik temaak. (Dusbe-hoortdie tydomdeurtekomnieaskritiek gebruik te word nie.)

Die tweede opmerking is dat al-mal luidkeels kla oor verskeie as-

pekte van Suid-Afrika. Nou word’n geleentheid geskep om meer di-rek met ons land se topbestuur teskakel.Maardit isookniegoedge-noegnie.Nouklaonsdaaroorook.

Ja, daar is baie goed wat ver-keerd is in die land, maar probeertog net om ván die pogings om reg-stellings te maak, ’n kans te gee!

LEN STEENKAMPStellenbosch

Los skeptisismeoor Zuma se lynEk deel nie B.F. Smit of enigie-mand anders se skeptisisme oorpres. JacobZumaseklagtelynnie.

Die beginsel waarna gestreefmoet word, is doelmatigheid. Metanderwoorde,virelkesentwatdieregering bestee, moet hy ten min-steprobeerom’n sent terug tever-dien. Ek sê verdien – nie steel nie.

As die regering daarom R4 mil-joen (onthou dit is minder as viernuwe motors se geld) aan die lynbestee en R4 miljoen of meer se ge-steelde, gemorste of wanbestedegeld terugvind wat weer doelma-tig aangewend kan word, het onsklaar gelyk gebreek.

Ek is baie entoesiasties oor die

Onbeskoftheid opNuweland ontstelOor die algemeen word rugbyska-res wêreldwyd die boewery ge-spaar wat byvoorbeeld sommigesokkerwedstryde kenmerk.

Ek het in 1964 as negejarige myeerste rugbywedstryd op Nuwe-land bygewoon – die WP teenTransvaal met legendes soos Jan-nie Engelbrecht, John Gainsford,Doug Hopwood, asook Abie enAvril Malan. Dit was op die hoogsbeskaafde onderste galery van diehoofpawiljoen. Daarna het ’n fase

Lof vir diens vanKaapstadse polisieOp 16.09 verskyn ’n artikel wat dieKaapstadse polisie loof n.a.v. ’ndiefstal by ’n gastehuis waar dieIdols-aanbieder Liezel van derWesthuizen besteel is. Ek salgraag die volgende wil byvoeg:1)DieteenwoordigheidvanSAPD-patrollievoertuie is opvallend indie woonbuurte van Kaapstad.2) ’nPaarwekegelede is ’nverdag-te voertuig in ’n straat opgemerk.Die antwoord op die noodnommerwas vinnig en professioneel, inteenstelling met my laaste soort-gelyke kontak met die blitspatrol-lie omtrent tien jaar gelede, wattoe traag en onprofessioneel was.

Hopelik steun hynou weer BokkeOngeveer vier jaar gelede het dievolgende woorde van Albert Beu-kes van Kersbosstrand in Die Bur-ger verskyn: “Ek gee nie meer omof die Springbokke se naam na dieProteasveranderwordnie.Ekgeenie meer om of transformasie100% plaasvind nie. Ek gee niemeer om of skeidsregters kroeknie. Ek gee niks meer om vir niksnie . . . Anders gestel: Ek begraweSpringbokrugby en begin met nu-we belangstellings in die lewe –waarvan daar baie is.”

Mnr. Beukes, vier jaar geledehet ons saam met jou gevoel – ekhoop jyvoelnousoosonswat jubelsaammeteenvandiesuksesvolsteSpringbokspanne van alle tye.

HEIN VISAGIEKaapstad

hier gedien word?Die destydse Skiereiland-muni-

sipaliteit het al in 1997 ’n verslagontvangwaarinsterkaanbeveel isdatdieontwikkeling (deurdieself-de ontwikkelaar) nié ondersteunword nie, en dat die raad nie diegrond verkoop nie.

Dit laat ’nmenswonderwatnouverander het? Kapenaars moetwakker slaap. Hierdie malligheidis netnou voor jou deur.

PHILIP M. BAMGrassy Park

lyn en glo as die haakplek van dieimplementering van die aange-melde bekommernisse oorkomkanword, ons ’nwen-wen situasiesal hê.

Ek kan getuig die lyn werk. Mybekommernis is geregistreer enop skrif bevestig, anders as die an-der lyne waarna Smit verwys,waar jy bloot ’n verwysingsnom-mer kry. Ek glo dit verdien ’n bil-like kans. Zuma het in elk geval almeer in ’n paar maande gedoen assy voorganger in vyf jaar.

JACQUES D. VAN ZYLRoggebaai

op die skolierebankies gevolg.Min Saterdae is misgeloop. Laterwasditmeestal die staanplekvoordie hoofpawiljoen.

’n Mens het altyd opgesien nadie onderste galery waar oud-Bok-ke en WP-spelers met das en baad-jie gesit het. Ek het die kans gehadom’ndroomteverwesenliktoedieonderstegaleryin1992uitgebreiisen ek ’n seisoenkaartjie kon kry.

Stelselmatig kon ek opmerk hoedie gedrag en kultuur van die ouNuweland verander. Die skoliere-bankies is verwyder, staanplekkeis vervang met sitplekke.

Dieskareistoenemendingesuigin die hype van dawerende aan-kondigings, musiek, danspoppiesen kostuums. Alkohol het gevloei.

Die onderste galery het ook ’ngedaanteverwisseling ondergaan,onder meer deurdat veral diegenein die voorste rye opspring as ’nbelowende beweging na die hoekop ’n drie kan uitloop. Dit betekendat agterste toeskouers ook moetopstaan om te kan sien.

Tydens die onlangse toets teendie Wallabies het ek die vernede-ring ondergaan dat ’n bullebak,wataanalmal verkondigdathy in1964 sy eerste toets teen JohnThornett se Wallabies vanaf sit-

plek B122 gekyk het, my van agteraf geruk en uitgeskel het toe ekmoes opstaan om te kan sien. La-terindiewedstrydhetdieselfdelottwee oorsese besoekers langs myte beurt geval en ’n dame is afge-ruk en gekonfronteer.

Die onsmaaklikheid, aggressie,skeltaal en onbeskoftheid het al-mal om ons ontstel en geskok.

RUGBYLIEFHEBBERNuweland

3) In Februarie was die polisie be-trokke by die Laerskool Jan vanRiebeeck se skolesportoptog deurmiddel van ’n groep perderuitersen ’n vangwa. Dit was uiters posi-tiewe bemarking.

JACQUES PIENAARDuiwelspiek

FORUM

Voorverlede jaar het die VN seinterregeringspaneeloorkli-maatsverandering (IPCC) sy

vierde oorsig oor die stand van kli-maatsverandering uitgereik.

Daarin het die IPCC, wat voorstenavorsers betrek, onomwonde gesêklimaatsverandering is met ons enbring groot samelewingsrisiko’smee, en daar is ’n nege-uit-tien-kansdat die mensdom self vir die koershiervanverantwoordelik is.Diéoor-sig van honderde bladsye is aan in-tensieweportuurbeoordelingonder-werp. Dit, tesame met die veelbe-sproke Stern-verslag, hetklimaatsake hoog op die agenda vandie G8 en VN-instellings help kry.

Die IPCC het gesê kweekhuisgas-vrystellingsmoet teen2015hulhoog-ste vlakke bereik, waarna dit teen2050 met minstens die helfte besnoeimoetword(van1990-vlakke)endaar-nanógmeer.Dit salverhoeddat tem-perature gemiddeld meer as 2 °C tot2,4 °C styg vanaf voornywerheids-vlakke (volgens konserwatiewe be-rekenings).

Nuwe navorsing toon egter dat po-gings om vrystellings se effek tot ’n2 °C-styging te beperk rééds onaan-vaarbaar hoë risiko’s vir mens enekosisteme meebring. In Suider-Afrika en Suid-Oos-Asië kan sodani-ge styging byvoorbeeld graanpro-duksie met tot ’n vyfde laat krimp.

NUWE KENNISVroeër vanjaar het ’nnetwerk universiteite’n oorsig saamgestelvan wat hulle beskou asdie belangrikste navor-sing wat die lig gesienhet sedert die jongsteIPCC-oorsigte uitgereikis. Dit is gedoen omdatdie IPCC so vier of vyfjaar agter ismetwatwe-tenskaplikes reeds weeten in vakjoernale gepu-bliseer word.

Prof. Katherine Ri-chardson, ’n professorinbiologieseoseanogra-fie aan die Universiteitvan Kopenhagen, sê die erns van diésituasie noodsaak dat wetenskapli-kes nie meer die “boodskap” oor kli-maatsverandering aan die massa-mediakanoorlaatnie.Richardsonisvoorsittervandiewetenskaplikeko-mitee van dié universiteite.

Die alliansie sê die jongste voor-uitsigte strook met die IPCC se meespessimistiese scenario’s of is selfsmeer beroerd as wat die IPCC aange-dui het. Navorsers sê daar word on-derhandel oor ’n nuwe klimaatspakt

op grond van kennis wat reeds ver-ouderd is. “Die prentjie is so donkersoosof selfs ergeraswat gereken is,”meen Richardson.

Vanjaar se VN-onderhandelingshieroor is kritiek belangrik om be-tyds met oplossings vir dié globaleuitdaging – en die maatskaplike,ekologiese en ekonomiese risiko’sdaarvan – vorendag te kom. In Ko-

penhagenmoet reëlsvirkweekhuisgas-inkor-tings vir die tydperk ná2012 neergelê word.

Die meeste gerekendewetenskaplikes stemsaamoorhoeernstigdieklimaatsuitdaging is –diedebat isniemeeroorof dit gebeur nie, maaroorhoediemensdom, temidde van ’n rits onse-kerhede, gaan reageer.

NUWE WÊRELDVerskeie klimaatsindi-katore is reeds buite diepatrone van normaleveranderlikheid waar-

by die moderne samelewing en eko-nomie aangepas het, blyk uit oorsig-te hieroor. Dit sluit in die globale ge-middelde oppervlak-temperatuur,seevlakstygings, oseaantemperatu-re en die voorkoms van meer ekstre-me weerstoestande.

Diemeessigbaretekenshiervanisseker die koers waarteen die Noord-pool se see-ys die afgelope ruk weg-smelt (rekordsyfers is die laaste jareaangeteken).

Die klimaat word gereguleer deur

ingewikkelde prosesse waarin ener-gie in die oseane, oor land, in die at-mosfeer, ensomeer, uitgeruil word.Sonder die oseane, wat as ’n belang-rike koolstofbêreplek dien (dié ver-moë is aan die afneem) en boonopbaie hitte absorbeer, sou ons kli-maatsuitdaging nog groter wees.

Tansabsorbeerdieoseaneenplan-tegroei op land bykans 60% van diemensgemaakte vrystellings wat indie atmosfeer beland. Veranderingsin seetemperature en -toestande isvolgens Richardson ’n belangrikeaanduider van veranderings in dieglobale klimaat.

Die seevlakstygings versnel.Boonopstygvrystellingsvinnigeraswat voorsien is (wat verhitting mee-bring). Oseaantemperature styg vol-gens dié alliansie 50% vinniger aswat in IPCC-ontledings voorsien is,terwyl ysmassa afneem weens diekoers van wegsmelting (van ondermeer die Groenland-ys en Antarkti-ka se plaatys).

Daar is ook kommer oor die koersvan oseaanversuring. Dit vind plaaswanneer CO2 in die oseane oplos enindieproseschemieseveranderingsmeebring. Dit hou grootskaalse ge-volge vir kossekerheid, biodiversi-teit en die koraalriwwe in

DieIPCChetgesêseevlakkesaldiéeeu met tot 59 cm styg. Nou blyk ditdat ’n meter of meer se stygingmoontlik reeds onafwendbaar is,wat tesame met erge storms groot-skaalse verwoesting in laagliggendekusgebiede kan meebring. Klein ei-landstate soos Tuvalo kan soos At-lantisvanoudsdeurdieoseaan inge-

sluk word.In die digbewoonde deltas van die

Ganges-, die Mekong- en die Nylri-vierkan’nseevlakstygingvan’nme-ter23,5miljoenmenseraakendiebe-werkte landbougrond met minstens1,5 miljoen ha laat krimp.

Oor die Noordpool: Dramatiesewegsmelting van see-ys word dielaaste paar jaar gedokumenteer. Na-vorsers hou dié situasie met sorgdop, omdat die Noordpool as ’n soort“lugverkoelingstelsel” dien. En uitbewyse wat diep in die Antarktieseyskern versamel is, weet navorsersdie atmosferiese vlakke van kweek-huisgasse soos CO2 is tans die hoog-ste tot nog toe in 650 000 jaar (moont-lik die afgelope 20 miljoen jaar).

Wetenskaplikesmaandatkritieke“drempelpunte” oorgesteek kanword weens die effek van “terug-voermeganismes”, tensy ingrypingsvolg. Só verduidelik dr. Guy Midg-ley, klimaatskenner van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversi-teit-instituut. Navorsers voorsienonder meer die wegsmelt van dieNoordpool se somer-see-ys binne on-geveer ’ndekadeengrootskaalseme-taangasvrystellings weens toendra(ysgrond) wat smelt, berig die NewScientist. Daar is ook die risiko datdie moeson-seisoen kan verander enal dieHimalaja se ys smelt (waarvanmiljoene mense afhanklik is).

BESNOEI NOU, OF BETAAL LATERDie boodskap is duidelik: Kweek-huisgasvrystellings moet vinnig endiep besnoei word. Hoe swakker (ofvaer) lande se mikpunte van 2012 tot

2020 hieroor – die tydperk waaroornou onderhandel word – hoe groterdie risiko en hoe meer sal later be-snoei moet word (party ontledings sêdalkeenheleKioto-protokolper jaar).

As onderhandelaars inderdaadernstig is daaroor om met ’n toepasli-ke diplomatieke oplossing vorendagte kom – eietydse klimaatsverande-ring word beskou as die grootste om-gewingsuitdaging van ons tyd – salwetenskaplike getuienis ernstig be-jeën moet word.

OmdatCO2so ’n langlewensduurindieatmosfeerhet(gemiddeld50jaarofmeer)enomdatmitigasie(pogingsomkweekhuisgasvrystellings te beperk)nievirdievolgendetientotdertig jaarjuisdoeltreffendgaanweesnie, isaan-passings vir die veranderings watkom, nodig. Onafwendbare gevolgevan klimaatsverandering kan metgroot maatskaplike ontwrigting ge-paard gaan, voorsien mnr. Poul ErikLauridsen, van Care International.Projeksies lyk somber: Teen 2020 kanlandbouproduksie in Afrika wat di-rek van reënval afhanklik is byvoor-beeld plek-plek gehalveer word.

PASOP, PAS AANVolgens ramings kan klimaatsaan-passings moontlik twee tot drie keermeer kos as wat die VN tot dusver ge-reken het.

Hoe regerings nou op klimaatsuit-dagings reageer, is daarom ’n soort“Russiese roulette” met die vooruit-sigte van toekomstige generasies,meen Richardson. Ons is reeds ver-bind tot ’n 1,4 °C-styging hierdie eeuwat met aanpassings gepaard salmoet gaan. Die mensdom, glo Midg-ley, is besig met ’n “onherhaalbareeksperiment”: grootskaalse atmosfe-riese verhitting van die enigste pla-neet in ons sonnestelsel wat lewe soosons dit ken, onderhou.

Daar word voorsien dat temperatu-re dié eeu wêreldwyd gemiddeld met2 tot 5 °C gaan styg, met ’n 50%-kansdat gemiddelde temperature metmeer as 5 °C kan styg as kweekhuis-gasvrystellings verdriedubbel.

Wat die impak van klimaatsveran-derings betref, sê dr. Bob Scholes,WNNR-sisteem-ekoloog, mense inSuider-Afrika sal byvoorbeeld moetaanpas by ’n toekoms wat aansienlikdroër en warmer sal wees as nou (dieprentjie landwyd verskil). Dit sal on-der meer verdamping beïnvloed, wataanpassings in die landbousektor salnoodsaak.

Watbenodigword, is ’naanpassing-strategie wat ’n veiligheidsnet aanveralarmesbieden’nambisieuseoor-eenkoms wat wetenskaplike data ver-reken. Gebrekkige optrede is onver-skoonbaar, want toekomstige genera-sies sal nie byt aandieverskoningdatons nie vooraf-kennis tot ons beskik-king had om ’n ontvouende klimaats-krisis af te weer nie.

Bronne: Climate Change: GlobalRisks, Challenges & Decisions; The 2CTarget: Background on Impacts,Emission Pathways, Mitigation Op-tions and Costs; In Search of Shelter:MappingtheEffectsofClimateChangeon Human Migration and Displace-ment; IPCC.ch; IOP Conference Se-ries: Earth and Environmental Sci-ence; State of the World 2009;IIED.org.

Klimaat se toekoms reeds hier?Selfs sober we­tenskaplikes isbesorg oor diejongste navor­singsresultate oorklimaatsverande­

ring. Terwyl politici voetesleep om toepaslike oplos­sings vir hierdie enormeuitdaging te vind, stapel diegetuienis hieroor op, berigJORISNA BONTHUYS.

’’Die IPCC hetgesê seevlakkesal dié eeu mettot 59 cm styg.Nou blyk dit dat’n meter of meerse stygingmoontlik reedsonafwendbaaris.

Loop dieverdwaaldesin sirkels?

Jy dink altyd teenoor jouself: As ék verdwaal,sal ek nié in sirkels loop nie. Ek is seker eksal hard probeer om min of meer in ’n reguit

lyn van punt A na punt B te stap deur Hansie enGrietjie se vreemde bos as daar geen aanwysing isnie.

Tog probeer verdwaaldes herhaaldelik en kryhulle dit nie reg sonder duidelike verwysingspun-te soos die son, die maan of ’n toring nie.

Dit was egter nog altyd net ’n storie dat menseop ’n onbekende terrein in sirkels loop, wantnavorsers het dit nog nooit op die proef gestel nie.Maar wetenskaplikes van die Max Planck-insti-tuut in Duitsland het dit onlangs wel getoets – in’n woud in Duitsland en in die Saharawoestyn inTunisië, volgens die vakjoernaal Current Biology.

Om te sien presies hoe loop die 15 deelnemersaan die studie, is elkeen aan ’n GPS-toestelgekoppel. Hulle is gevra om so reguit soos hullekan in ’n bepaalde rigting te loop.

Ses mense het ure aaneen in die reuse-woud met’n plat oppervlak geloop – vier op ’n dag toe ditbewolk was en die son nie sigbaar was nie. Al vierhierdie mense het in sirkels geloop, en drie hethul eie paaie herhaaldelik gekruis sonder om ditagter te kom.

Die dag waarop die sonsigbaar was, het die andertwee ’n byna reguit lyngevolg, behalwe in die15 minute toe die sonverskuil was; toe hethulle ook in sirkelsgeloop.

Drie ander mense heture lank in die Saharageloop. Twee van hullehet die pad byster geraakwat hulle moes volg, maar hulle het nie in sirkelsgeloop nie, want dit was in die middel van die dag.

Die derde persoon het in die nag geloop; maartoe die maan agter wolke verskuil was, het hyverskeie skerp draaie geneem en teruggestap indie rigting van waar hy gekom het.

Daar is ook toetse gedoen met mense watgeblinddoek op ’n sportveld geloop het. Voorheenis gegis dat mense in sirkels sal loop na huldominante kant.

Dit was egter nie die geval nie – hulle het naalbei kante in sirkels geloop, waarvan sommigenet 20 m groot was.

Die sirkelpaaie is ook nie sistematies nie – danloop dieselfde persoon na links, dan na regs. Daaris nie ’n voorkeur om in een spesifieke rigting teloop nie, en dus is hierdie nie een van die redesvir die gedrag nie – ons neig nie na een kant nie.

Selfs toe die navorsers mense skoene gegee hetwat aan die een kant hoër was as aan die ander,het dit nie ’n invloed gehad nie.

Die navorsers meen die mense se onvermoë omop ’n reguit pad te bly, is die gevolg van sensorie-se “geraas” in die sensoriese motoriese sisteem.Sonder eksterne rigtingverwysings om die subjek-tiewe sensasie van “reguit vorentoe” te herkali-breer, veroorsaak die “geraas” dat mense insirkels loop.

Dit is die liggaam se mees gesofistikeerdeorgaan wat hierby betrokke is, naamlik die brein.As iemand geblinddoek is, moet die brein ’n padreguit vorentoe bepaal met baie beperkte inlig-ting, waaronder dit wat hy kry van die vestibulêresisteem oor balans en beweging van die spiere engewrigte.

Al hierdie seine wat gestuur word, bevat kleinfoute wat tot die geloop in ’n sirkel kan lei. ’nMens kry nou selfs meer respek vir diegene metsiggestremdhede wat enorme brein- en sensorieseaanpassings moet maak om oor die weg te kom.) Bronne: Current Biology; Science) Elsabé Brits is Die Burger se wetenskap­joernalis.

Grafika: MORNÉ SCHAAP