kommuniek mei 2012

60
Mei 2012 `n handelsmerk van Hou uit en hou aan, sê garsprodusent van die jaar Grondboon-kultivars – `n opwindende tyd lê voor Noord-Kapenaars skitter WEN met Landbouweekblad en

Upload: carien-grobler

Post on 06-Mar-2016

280 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

Agricultural, corporate magazine

TRANSCRIPT

Page 1: Kommuniek Mei 2012

Mei 2012

`n handelsmerk van

Hou uit en hou aan, sê garsprodusent van die jaar

Grondboon-kultivars – `n opwindende tyd lê voor

Noord-Kapenaars skitter

WEN met Landbouweekblad

en

Page 2: Kommuniek Mei 2012
Page 3: Kommuniek Mei 2012

Inhoud

2RedakteursbriefOns provinsie word al hoe beter . . .

3Geestelike akker Die genade-reënboë in jou lewe.

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelHou uit en hou aan, sê top garsprodusent.

14Ons besigheidGWK se divisie vir Spesialisprodukte. 20Navorsing en OntwikkelingGrondboon-kultivars – opwindende tye wag.

24 Navorsing en OntwikkelingGrondbone: `n Oplossing vir beter koring-opbrengste.

28SpesialisproduktePekans: `n Gesonde bedryf?

32Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling Belowende ekonomiese groei in 2012 verwag. 38 VersekeringVervoer van masjinerie: Is jy gedek?

39 GraanFundamentele markkragte speel `n rol. 44 Eiendomme Huispryse groei – koop nou!

46ToekenningsNoord-Kapenaars skitter.

47 GWK NUUSAlgemeenLanties spring in by GWK op Modderrivier. GWK groet `n groot gees ná 30 jaar.

48FOTOKOMPETISIEKunsfoto’s.

50DIE SKOPSKOEN Griekwas begin op spoed.

51Vir die jongspanPret op die plaas.

52VROUELeefstylDroom in volkleur . . . en wees meer kreatief. 54Oulap se rooi Skud jou vere reg vir `n snoesige winter.

55Gesondheid en resepGryp `n hand vol pekanneute.

56AgterbladBarry van Dronkwordspruit . . .

20 Grondbone

49 Wenfoto

52 Droom in volkleur

10 Top garsprodusent

Page 4: Kommuniek Mei 2012

S owat `n jaar gelede ry ek een oggend uit na die woonbuurt vir `n storie oor `n kleuter-

skool wat daar opgerig word. Terwyl die bouwerk aan die gang is, speel die kleuters in `n hoek van die perseel. Kaalvoet in die rooi grond. Glimlaggend, elk met `n hoelahoep om die lyfie. Kom vinnig nader toe die kospotte begin kook, bakkies op die kop en lepels in die hand. Onwillekeurig dink ek aan my eie kabouter se kosbakkie met `n brood-jie en ietsie lekkers wat sy tannie “Jena” soggens vir hom inpak. As sy tassie regstaan, maak sy rooi-bostee. Lekker sterk met `n lepeltjie suiker in sy groen blikbekertjie. Roer vir hom `n eiertjie in die pan en paai vir “Joshie” met vliegtuig- en karsto-ries om die kos in sy lyfie te kry. Dan

waai sy by die deur terwyl ons wegry kleuterskool toe. Haar arm hoog bo haar kop, totdat sy ons nie meer kan sien nie. Hoe gelukkig is hy nie. Hy het twee mammas – ek en sy bruin mama, Lena. Mev. Zelda Johnson van Douglas, wat as Noord-Kapenaar van die jaar benoem is, is `n ma en nog baie meer vir die kleuters by die nuwe skooltjie. Sy en elkeen van vanjaar se benoem-des maak op hul unieke manier ons provinsie `n beter plek. Lees op bl. 46 meer oor hierdie toekennings waarby GWK trots betrokke is. In hierdie uitgawe kuier ons by mnr. Schalk Human, wat onlangs as SAB Maltings se garsboer van die jaar aangewys is, en sy vrou, Nicolene, op die plaas. In ons reis deur ons besigheid doen

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029

Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

Ons provinsie word al hoe beter . . .ons hierdie maand by die divisie vir Spesialisprodukte aan – die byme-kaarkomplek vir al die besighede binne GWK wat nismarkte bedien. Ons maak ook `n draai in Australië, waar GWK oor grondboonverbouing gaan kers opsteek het. Oudergewoonte vermaak Oom Gemsbok ons met sy rugbypraatjies en kan die jongspan nader staan vir heerlike pret op die plaas. Dan bak en brou die dames met pe-kanneute, leer om kreatief te droom en skud hul vere reg vir die winter voordat ons vir Barry van Dronkword-spruit ontmoet!

Lekker lees!Tot volgende keer

Carien

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

VOORBLADFOTOSneeu in die Karoo! `n Katoenland buite Douglas is oesgereed. Foto: Ian van Straaten.

2

Page 5: Kommuniek Mei 2012

Milanie Vosloo Geestelike akker

Here, ek weet waar die veiligste en beste plek op aarde is. Ek weet dat, wanneer ek digby U leef, ek deur u liefde gevul word en in vrede kan leef. Tog doen ek dit nie, Here! Ek is dikwels so op my eie missie, so behep met my eie, menslike dinge, vol van my eie belang en onaangeraak deur u waarheid, dat ek sommer net koersaf is. Ja, Vader, om ongehoorsaam aan U te wees is baie maklik. Vergewe my daarvoor! Help my om hierdie maand met nuwe oorgawe na U te luister, opnuut u wysheid te hoor en U weer met passie te volg. Maak u waarheid op `n verrassende manier aan my bekend en plaas binne-in my die wil om dit uit te voer. Ja, wys weer vir my hoe ek kan liefhê, waar ek kan vergewe en in wie se lewe ek `n verskil kan maak. Aan U wil ek behoort, U wil ek dank en u wil, wil ek doen! Want U is mý Here en mý God!

Die Here is jou beskermer aan jou regterkant. Die son sal jou bedags nie aantas nie, nog minder die maan in die nag … Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd. Psalm 121:5-6, 8

Murray Bank vertel die legende van die skatryk koning wat aan ernstige depressie gely het. Iemand vertel hom toe dat hy genees sal word wanneer hy `n waarlik gelukkige man se jas aantrek. Dadelik het hy sy amptenare gestuur om `n sielsgelukkige man te gaan soek. Na `n lang soektog, kry hulle toe `n man wat glo dat hy die heel gelukkigste man in die wêreld is. Al probleem toe was . . . dat hy te arm was om `n jas te besit. Ons liewe Vader sit elke dag `n duisend reënboë in ons lewens. Ons leefwêrelde is propvol kleurryke stuk-kies seën. Dink maar aan die wonder van `n verkwikkende nagrus en die feit dat jou liggaam – selfs terwyl jy geslaap het – 100% bly funksioneer

het. Of die feit dat jy gesond is, kan werk, kos het om te eet . . . mense het om lief te hê . . . en dié God ken wat tot die dood aan jou getrou is. Kom ons belééf weer vandag elk-een die volryk genadekleure in ons lewens: Ja, kom ons sien, hoor, ruik, proe en voel met nuwe verwonde-ring hoe ruimskoots God se druppels genadereën elke dag oor ons val. Kom ons erváár die reëboë-van-trou wat Hy goedgunstiglik oor ons vou.

Ek loof U vir elke reënboog-vreugde in my lewe!

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

Gebed vir Mei . . . Die genade-reënboë in jou lewe

3

Page 6: Kommuniek Mei 2012

Agri-kalender Mei 2012

Veilingspryse vir lewendehawe

Bees Kimberley

Slagosse R13.80

Slagkoeie R10.30

Maer beeste R10.15

Ligte kalwers(180-200kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (250kg +)

R14.30

Skape Kimberley

Slaglammers R19.80

Stoorlammers R19.00

Kruislammers R19.00

Slagooie R19.00

Maer ooie R13.80

Klein bokkies R12.00

Jong bokke R20.00

Bokooie R20.00

26/03 - 30/03/2012

2 Mei 2012 5 Mei 2012 8 Mei 2012 9 Mei 201212 Mei 201215 Mei 201216 Mei 2012

Kimberley groot- en kleinveeveilingBoshof WildveilingKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveilingGWK Kalkdam / Wildveiling DouglasKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveiling

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie 0

Maer beeste R7.20

Ligte kalwers(180-200kg)

R16.80

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.80

Swaar kalwers (250kg +)

R13.50

Skape Kimberley

Slaglammers R20.50

Stoorlammers R21.00

Kruislammers R20.00

Slagooie R14.00

Maer ooie R12.00

Klein bokkies R22.00

Jong bokke R22.00

Bokooie R19.00

02/04 - 05/04/2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R10.00

Maer beeste R7.00

Ligte kalwers(180-200kg)

R16.50

Swaar kalwers (201-250kg)

R15.50

Swaar kalwers (250kg +)

R13.20

Skape Kimberley

Slaglammers R20.50

Stoorlammers R20.80

Kruislammers R19.80

Slagooie R13.80

Maer ooie R12.00

Klein bokkies R19.00

Jong bokke R19.00

Bokooie R19.00

10/04 - 15/04/2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R9.50

Maer beeste R7.80

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape Kimberley

Slaglammers R20.80

Stoorlammers R21.00

Kruislammers R20.80

Slagooie R12.80

Maer ooie R11.00

Klein bokkies R18.00

Jong bokke R18.00

Bokooie R18.00

16/04 - 20/04/2012

17 Mei 201219 Mei 201222 Mei 201223 Mei 201224 Mei 201229 Mei 201230 Mei 2012

Hertzogville veilingLoxton WildveilingKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveilingGriekwastad veilingKimberley grootvee- / speenkalfveilingKimberley kleinveeveiling

4

Page 7: Kommuniek Mei 2012

Bees Kimberley

Slagosse 0

Slagkoeie R9.50

Maer beeste R7.80

Ligte kalwers(180-200kg)

R17.00

Swaar kalwers (201-250kg)

R16.00

Swaar kalwers (250kg +)

R14.50

Skape Kimberley

Slaglammers R20.80

Stoorlammers R21.00

Kruislammers R20.80

Slagooie R12.80

Maer ooie R11.00

Klein bokkies R18.00

Jong bokke R18.00

Bokooie R18.00

Oranjerivier Vaalrivier

Hartsrivier Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdamBoegoebergdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam Spitskopdam

Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

919585

108 79 61 64 90 77

60

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0 10 20 30 40 50 60 70 80

Dougla

s

Priesk

a

Hopeto

wn

Bark

ly-W

es

Rie

triv

ier

Vaalh

arts

Reënval 25 Mrt - 24 Apr 2012

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

0 5

10 15 20 25 30 35

Douglas Skaal

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Douglas Lunenburg

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Prieska Green Valley Nuts

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Barkley Wes Ulco

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Rietrivier

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Hopetown Lilydale

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 5

10 15 20 25 30 35

Vaalharts Jan Kempdorp

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Mrt - 24 Apr 2012

0 20 40 60 80

100 120 140

Maandelikse voorspelling: April 2012

5

Page 8: Kommuniek Mei 2012

Landbouwenke

� Lusernaanplantings kan nog tot einde Mei gedoen word.

� Maak seker die saadbed is fyn en ferm vir goeie saad-grondkontak.

� Plantdiepte: `n Maksimum van 10mm.

� Dien ligte besproeiings gereeld toe om `n goeie stand te verseker

Lusern en weidingtotdat die plante goed opgekom het.

� Die ideale stand van nuut geves-tigde lusern is ±215 plante/m².

� Weidings soos stoelrog, voerhawer en meerjarige swenkgrasmengsels kan nog tot begin Junie geplant word.

Uie en saaduie � Ui-aanplantings is in die ontkieming- tot jong saailingstadium. Gee gereelde ligte besproeiings totdat die plantjies goed gevestig is.

� Wees versigtig om onkruiddoders te vroeg ná opkoms te spuit. Erge brandskade kan voorkom of plante kan afsterf. Wag totdat die plante minstens in sterk twee tot drie wareblaar-stadium is.

� Vermy groot hoeveelhede stikstof

(veral op saaduie) in `n vroeë stadium. Uie groei stadig die eerste 90 dae en het nie groot hoeveelhede stikstof nodig nie.

� Kaliumtoedienings kan twee tot drie keer deur die loop van die seisoen gedoen word, afhan- gend van die grondontledings.

� Bolle van saaduie behoort nou al redelike hergroei te toon. Inspekteer gereeld vir blaaspootjies en spuit wanneer insekdruk hoog raak.

� Grondvoorbereiding kan nou begin. In geval van minimum bewerking bestaan die gevaar van `n stikstof-negatiewe periode vanweë groot hoeveelhede strooi op die oppervlakte. Hoër toedienings mag nodig wees om te verseker dat die jong plantjies nie aan `n stikstofgebrek lei nie.

� Verbeterde bandplasing en verdeling van stikstof kan die effektiwiteit daarvan verhoog.

� Saailingkragtigheid kan onder minimum bewerking afneem weens laer temperature met die deklaag

Koring/Garswat kieming terughou. `n Effense hoër plantdigtheid kan hiervoor kompenseer.

� Plant lande met die beste potensiaal om maksimum opbrengste te behaal.

� Gebiede met kouer mikro-klimate moet verkieslik later geplant word om moontlike koueskade tydens blomtyd te vermy.

� Met minimum bewerking moet verseker word dat daar nie te veel reste bo die grond is nie, aangesien dit die voorkoms van Fusarium bevorder.

6

Page 9: Kommuniek Mei 2012

� Die oesproses is byna verby en plante kan drie tot vier dae in windrye lê, afhangend van weersomstandighede.

� Maak seker plukkers is reg ingestel om pitverliese te beperk.

� Indien plante te droog gepluk word, is peulverliese groot. Pluk grondbone eerder sog- gens vroeg en laatmiddag tot aand wanneer vogtoestande hoër is.

� Besproeiing kan drasties verminder word, maar moenie heeltemal uitdroog nie.

� Begin om die boordvloer skoon te maak van onkruid en blare om die oesproses te vergemaklik.

� Neem vroegtydig grondmonsters waar nuwe aanplantings beplan word.

� Bestel vroegtydig nuwe bome om seker te wees van goeie kwaliteit bome.

� Koop bome verkieslik by geregistreerde kwekerye en/of welbekende kwekers om seker te wees van die kwaliteit.

Pekanneute

Mielies

Grondbone

� Strooptyd is in volle gang. Maak seker opbrengsmonitors is korrek, veral wanneer opbrengskaarte gebruik word in hoëtegnologie boerderypakette.

� Maak ook seker stropers is skoon wanneer Simba- en Waxymie-lies gestroop word. Simbamielies word teen `n maksimum van 14,5% vog ontvang.

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

WEN met Landbouweekblad

en

Page 10: Kommuniek Mei 2012

DireksieVoorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Sekretariaat en RegsdiensteFreek Meyer083 644 0022 Navorsing en OntwikkelingDup Haarhoff083 646 1111

KleinhandelRocky le Roux082 317 7656

FloTankChris Groenewald082 807 7264

Finansies en StelselsJohann Klopper083 633 2105

RisikobestuurWillie Goussard082 806 9991

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en EiendommeBrits van den Berg082 803 5190

FinansieringKobie Greyvensteyn082 808 4178 KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniChris Piek083 629 8569

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisOrffer Müller

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: IndustrieelPieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings en VleisbedryweWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade, Pekanneute en GWK VerspreidersAndreas Snyman082 801 1849

Veevoere en Aanverwante ProdukteChristo Beukman082 906 2382

Westra en SA Feed PhosphatesKenne Louw082 804 7545

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

8

Page 11: Kommuniek Mei 2012

Missie en Visie

Bestaansrede:As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se be-sighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelne-mende aandeelhouers.

GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhou-baar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie:Om`n volhoubare agri-be-sigheid van uitnemendheid te wees.

Missie:Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, gekenmerk deur:

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,

energieke uitvoering, en� gerugsteun deur eienaar-

skap en spesialisasie.

Waardesisteem:� Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid,� sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeen- skappe,� in vennootskap met ons personeel, en� met holistiese volhoubaar- heid as oogmerk.

Page 12: Kommuniek Mei 2012

10

Page 13: Kommuniek Mei 2012

Hou uit en hou aan, sê garsprodusent van die jaarMnr. Schalk Human, `n GWK-aandeelhouer van Douglas, is onlangs as SAB Maltings se garsprodusent van die jaar aangewys. Kommuniek het by Human en sy vrou, Nicolene, op die plaas gaan kuier om oor sy sukses te gesels.

Carien Grobler Aktueel

H uman se prestasie is voor-waar merkwaardig wanneer `n mens in ag neem dat

hy uit sowat 300 boere as wenner aangewys is. Die toekennings word in sewe kategorieë gedoen, waarvan twee in die GWK-gebied val. Die kwaliteit van die gars wat die pro-dusent lewer, sowel as sy opbrengs word in berekening gebring, met `n gewig van 70% vir kwaliteit en 30% vir opbrengs. Human het ook die toekenning vir die garsprodusent van die jaar vir groot kontrakte in die GWK-gebied inge-palm en is as die gebiedswenner in hierdie streek aangewys waarna hy as algehele wenner aangewys is. Hy skryf sy sukses aan sy uithouver-moë toe. “Daar is nie `n geheime resep nie. `n Mens moet uithou en aanhou en elke seisoen uit jou foute

leer en daarop verbeter. Dit is nou die vierde jaar wat ek gars plant. Elke jaar leer ek iets nuuts wat ek die volgende seisoen kan aanwend om meer suksesvol in my boerdery te wees.Human plant gars as alternatief vir koring. “Ek plant egter steeds koring, aangesien die hoeveelheid gars wat ek plant afhang van die kontrakte wat ek vir `n seisoen kry.” Hy meen dat garsverbouing minder risiko in-hou, vergeleke met koringverbouing.“Koring gebruik ook meer water. Ek gee minder water as by koring wan-neer ek gars plant.” Human, wat aanvanklik saam met sy pa en broer, mnr. Wynand Human (`n direkteur van GWK) geboer het, boer nou op sy eie. “My pa het nou afgetree en ek en my broer boer nou elkeen afsonderlik.” Buiten gars en koring, verbou Hu-man ook mielies en lusern onder be-sproeiing. “Elke dag is `n uitdaging,” sê hy. “Maar dit is heerlik, want ek is elke dag in die natuur. Ek sal nooit in die stad kan bly nie. Die boerdery is in my bloed.” Human vertel dat hy daarin glo om self te boer. “`n Mens moet weet wat in jou boerdery aan die gang is. Dit help nie om die werk op `n klomp voormanne af te skuif nie. Die sukses van `n boerdery hang ook in `n groot mate van die bestuur af. As `n mens `n bietjie ekstra moeite doen, soos om self kunsmis te meng, kan jy baie bespaar en jou opbrengs

verhoog. Die prys speel egter ook `n groot rol!” Wat die bemarking van sy graan betref, glo Human in die benadering om sy bemarking in drie segmente te verdeel. “Ek prys die eerste segment aan die begin van die seisoen. Teen die middel van die seisoen prys ek die tweede segment en met die laaste segment dobbel ek! Dit werk vir my.”Hy meen dit is ook belangrik om na goeie advies te luister. “`n Sukses-volle produsent verbreed voortdurend sy kennis deur sy oor op die grond te hou oor nuwe ontwikkeling, inligtings-dae by te woon en op die voorpunt van die tegnologie te bly.” Human vertel dat sy gesin ook `n onmisbare rol in sy sukses speel. “Wanneer `n mens hard geboer het of `n moeilike dag agter die rug het, is dit belangrik om mense by die huis te hê wat jou ondersteun.” Hy vertel dat hy positief is oor Suid-Afrikaanse landbou en spesifiek oor graanverbouing. “Ons moet eet. Dit hang egter van `n produsent se opbrengs af of dit vir hom volhoubaar is om graan te verbou. Hier is goeie bestuur van kardinale belang. “Die landbou gaan deur siklusse wanneer dit minder positief lyk, soos wanneer pryse verswak, maar `n mens moenie moed verloor nie.“ Ondanks die wipwaentjierit waarin `n mens jouself soms bevind, sal ek niks anders wil doen as om te boer nie.”

Mnr. Schalk Human, SAB Mal-tings se garsprodusent van die jaar, sy vrou, Nicolene en Schalk junior.

11

Page 14: Kommuniek Mei 2012

D ie 2011-garsseisoen was sonder twyfel een vir die rekordboeke.

Die seisoen is gekenmerk deur erge koue in die wintermaande en `n matige somer, met maksimumtem-perature wat rondom 2°C kouer was as in 2010. Bykans geen reën en storms het voorgekom nie, wat die voorkoms van siektes en omval help verminder het. Blaarsiektes, sowel as Fusarium aarskroei het nie op grootskaal voorgekom nie. Selfs waar daar innokulasie van Fusarium op `n proefperseel gedoen is, het die siekte nie posgevat nie.” Figuur 1 en 2Die seisoen is deur buitengewone hoë opbrengste gekenmerk. Die gemid-delde opbrengs was 7,8t/ha met die driejaar-gemiddeld vir die gebied wat voor 2011 6,22t/ha was. Die hoogste geverifieerde opbrengs vir `n enkele spilpunt was 10,4ton/ha op 30 ha met die kultivar Cocktail. Figuur 2 dui die

gebiede se gemiddelde opbrengste aan.

Figuur 3 Die prentjie lyk ook goed as `n mens na die kwaliteit van die oes kyk. Die korrelstikstof (%TN) het in `n baie nou band met `n variasie van 0.01% voorgekom. Die gemiddelde %TN van die besproeiingsgebied is 0,1% hoer as in 2010. Die teorie dat opbrengs en korrelstifstof negatief met mekaar gekorreleer is, is ook tydens die 2011-seisoen verkeerd bewys. Die effek van die klimaat van `n jaar op korrelstikstof is groter as wat aanvanklik besef is en ongeluk-kig kan hierdie effek eers ná die oes waargeneem word.

Figuur 4 Die seisoen is ook gekenmerk deur uiters hoë vetkorrel-persentasies met die gemiddeld vir die GWK-gebied hoer as 96%. Die hoogste vetkorrelpersentasie van 99.8 % is vir `n vrag gars is in die

Douglas-gebied behaal. Die Modder-rivier-gebied spog met die hoogste gemiddelde vetkorrelpersentasie. Barkly-Wes het die laagste vetkor-relpersentasie behaal. Die voorkoms van kouer temperature sowel as die feit dat slegs Cocktail met sy genetiese laer vetkorrelpersentasie hier geplant is, is die rede vir hierdie verskynsel.

Figuur 5 Die belangrikheid van sifsels het in die 2011-seisoen meer aandag geniet omdat die nuwe glyskaal pro-dusente ruim vergoed as hulle skoon stroop, verduidelik hy. Vanweë die hoë vetkorrel-persentasie was die sifsels ook laag, soos Figuur 5 aandui. Die Douglas-gebied het die laagste persentasie sifsels gelewer en die Modderrivier-gebied die hoogste. Die 2011-garsseisoen sal nog lank onthou word. Die koeler korrelvul-periode, lae siektedruk en gunstige klimaat het verseker dat ons produsente se harde werk beloon is.

12

Seisoen was een vir die boeke

Frikkie LubbeLandboukundige: SAB Gars

Page 15: Kommuniek Mei 2012

5 5.5

6 6.5

7 7.5

8 8.5

9 9.5 10

t/ha

Produsente

Opbrengs (Gemiddeld 7.8)

6.50

7.00

7.50

8.00

8.50

Barkly - Wes Douglas Modderivier GWK

Gemidelde opbrengs

1.78

1.79

1.79

1.80

1.80

Barkly - Wes Douglas Modderivier GWK

Gemidelde %TN

94.5

95.0

95.5

96.0

96.5

97.0

97.5

Barkly - Wes Douglas Modderivier GWK

Gemidelde % vetkorrel

0.00

0.50

1.00

1.50

2.00

2.50

3.00

Barkly - Wes Douglas Modderivier GWK

Gemiddelde sifsels

Figuur 1: Opbrengs (Gemiddeld 7.8)

Figuur 2: Gemiddelde opbrengs

Figuur 3: Gemiddelde %TN

Figuur 4: Gemiddelde % vetkorrel

Figuur 5: Gemiddelde sifsels

Modderrivier

Modderrivier

Modderrivier

Modderrivier

Page 16: Kommuniek Mei 2012

Carien GroblerOns besigheid

GWK se divisie vir Spesialisprodukte

G WK se divisie vir Spesial-isprodukte

is die byme-kaarkomplek binne GWK vir al die diverse produkte wat nismarkte bedien. Só se mnr. Llewellyn Brooks, GWK se Hoofbestu-urder vir Spesi-alisprodukte. “Ons oogmerk is om wisselbou te bevorder en dit vir produsente win-sgewend te maak om wisselbouge-wasse te produseer deur hulle te laat deel in die wins wat verder in die waardeketting ontsluit word. “Die divisie dien ook as skakel tussen van die ander afdelings binne GWK, wat sodoende samewerking stimuleer.” Die personeel by Spesia-lisprodukte is passievol oor hul werk, sê hy. “Hulle is kenners op hul onder-skeie gebiede en `n opgewonde gees heers in die divisie omdat ons deel is van iets spesiaal en ons deel dit graag met ons klante.

“Niks is vir ons lekkerder as wan-neer dit goed gaan met ons pro-dusente nie!”

Brooks vertel dat die divisie op die beginsel van deur-sigtige, etiese besigheid

gegrond is. Hiermee saam word

vriendelike en doeltreffende klante-diens aangebied ter-wyl moeite gedoen

word om deurlopend en effektief met alle

belanghebbendes te kommunikeer.

Die divisie fokus daarop om kwaliteit dienste en produkte tydig en teen kompeterende pryse te verskaf. “Ons streef daarna om innoverende oplossings

vir die unieke probleme in ons bedryf te vind en markleiers in

elkeen van ons besighede te wees. “Ons benut elke geleentheid ten volle en dra ons “kan dit doen”-houding daartoe by om van ons divisie `n voorkeur werksomgewing te maak.”

Grondboontjies GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grond-boontjies. Ons grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om die risiko’s verbonde aan die ver-

bouing van grondboontjies te vermin-der, die smaak te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer. Grondbone met `n hoë vog-persentasie word ook losmaat hier ingeneem en gedroog. Die droër se kapasiteit is 420t per dag. Die massastoor kan 7 500t ongedopte boontjies in massa berg met die nodige temperatuurbestuur sowel as deurlugting. Kiemingstoetse het kiemings van so hoog as 90% gelewer op die produk wat deur die droër gedroog is. GWK se grondbone word met `n la-sersorteerder uitgesoek om sodoende die beste kwaliteit aan ons kopers te bied. Die proses voldoen ook aan die “Hazard Analysis and Critical Con-trol Points” (HACCP)-standaarde om voedselveiligheid te verseker. GWK Grondbone is `n voorkeur-verskaffer vir Japannese lekkergoed-fabrieke en sal hierdie jaar 2 000t grondbone na Japan uitvoer. Ons ondersoek voortdurend nuwe geleent-hede om selfs meer waarde in die waardeketting van die grondboon-bedryf te ontsluit. Dit is ook vir ons belangrik dat ons produsente toegang het tot die beste plantgenetika. Om hierdie rede ondersoek ons gereeld verbeterde kultivars in die buiteland. GWK is daarom opgewonde om bekend te maak dat ons onlangs `n ooreenkoms met die Peanut Com-pany of Australia (PCA) gesluit het om nuwe kultivars te teel. Die eerste

14

Page 17: Kommuniek Mei 2012

proewe word reeds die komende seisoen aangeplant om 20 nuwe kultivars te toets. GWK se personeel wat vir hierdie navorsing verantwoordelik is, word voortdurend geëvalueer en verder opgelei sodat hulle optimaal toege-rus is om hierdie belangrike diens aan ons produsente te lewer.

Pekanneute Die GWK-besproeiingsgebied in die Noord-Kaap is die beste plek in die land om `n pekanneutboord te vestig. Die Noord-Kaap se warm somers en lae reënval is ideaal vir die verbou-ing van pekanneute en van die beste kwaliteit neute ter wêreld word hier geproduseer. Pekanneute beslaan op die oomblik 5% van die wêreld se neutproduksie. Die verbruik van pekanneute sal egter na verwagting toeneem namate mense toenemend gesondheidsbewus word. Pekanneute het die laagste hoeveel-heid versadigde vetsure van alle neutsoorte en het ook die hoogste voedingswaarde. Dit skep groeiende geleenthede vir GWK se produsente om pekanneute te verbou. Verskeie faktore speel egter `n rol in die sukses van pekanneutverbouing. GWK se personeel kan u hiermee adviseer.

Katoen GWK Katoen bied `n volledige pak-ket aan ons katoenprodusente. Dit sluit onder meer in:

� Landboukundige dienste – aan-bevelings oor planttyd, hulp met saadkeuses, gif en bemesting en die optimalisering van oespoten-siaal.

� Pluk van die katoen – Vier in-gevoerde John Deere 7760 katoenplukkers met opgeleide masjienoperateurs wat GWK-produsente se katoen pluk.

� Logistiek – hulp met die hantering en vervoer van katoen.

� Verwerking van katoen – die

katoenpluismeule verwerk rou saadkatoen in katoenvesel (lint) en saad (veevoer).

� Verkope van katoenlint en -saad – GWK behartig die plaaslike en buitelandse bemarking van

katoenprodukte. � `n Kwaliteit pluisproses verseker

`n hoër as gemiddelde pluis-persentasie (hoeveelheid lint wat gerealiseer word).

� Algemene navorsing op katoen.

GWK het in 2011 infrastruk-tuur gevestig om produsente die geleentheid te gee om betrokke te raak by die verbouing van ka-toen. Die pluismeule op Modder-rivier het verlede seisoen sowat 10 000t katoen verwerk. Sowat 120t pluksel is per dag verwerk om 44t lint en 63t saad te realiseer. Die groeiende neiging by produsente om katoen as wisselbougewas te plant, sal waarskynlik in die toekoms tot `n hoër syfer lei.

By die pluismeule word die vesel (katoenlint) van die saad geskei. Die lint word aan internasionale wewer verkoop terwyl die pitte hoofsaaklik aan melkprodusente verkoop word. Die jongste tegnologie word by die pluismeule aangewend om katoen skoon te maak en die pluisproses te vergemaklik en soveel as moontlik lint van die saad te skei. Die standaard in die bedryf vir lint is 36%, terwyl GWK se pluismeule 37% handhaaf.

Katoenpluismeule

Katoenplukkers GWK se katoenplukkers is `n eer-ste in Afrika. GWK het vier van dié plukkers van Amerika ingevoer, waar slegs 178 vanjaar vervaardig is. Die John Deer 7760 kos nuut sowat R7 miljoen. Hierdie plukkers doen weg met die mandjietoerusting en arbeid wat `n mens saam met die konvensionele

mandjieplukkers moes gebruik. Die plukproses word aansienlik verge-maklik aangesien die plukker ook die katoen baal en dan die baal met plastiek oortrek. Die plukker pluk ses rye op `n slag teenoor die vier rye wat met `n mandjieplukker gepluk word en in opti-male omstandighede word tot 25ha per dag met dié plukkers gepluk.

15

Page 18: Kommuniek Mei 2012

Aartappels GWK Aartappels het uitgebreide fasiliteite wat grootmaat aartappelver-bouing ondersteun en ook die alleen-reg om spesifieke aartappel-kultivars te bemark en te verkoop.Reuse aartappel-koelkamers en aartappelstore op Douglas is deel van die besigheid se fasiliteite wat die massa-verbouing van aartappels moontlik maak. Die koelkamers kan sowat 290 000 sakke moere stoor. `n Rakstelsel word op die oomblik in die koelkamers geïnstal-leer waarvolgens alle aartappels op palette hanteer sal word. Die hantering van moere sal op hierdie manier beperk word, terwyl dit ook die op- en aflaai van aartappels met die hand sal uitskakel. GWK besit en bedryf op twee na die grootste aartappelkweekhuis van sy soort in Suid-Afrika, waar 1,5 miljoen gesertifiseerde miniknolle per jaar aan moer-kwekers gelewer kan word. Miniknolle word ook op aanvraag vir buite-produsente en instansies geproduseer. Hierdie kweekhuis is 3560m² groot en is toegerus met die beste teg-nologie. Die kweekhuis is insekdig, beskik oor beheerde toegang deur `n dubbeldeur-stelsel, voetbaddens, asook beheerde terreintoegang. Twee keer per jaar word plantjies geplant wat ongeveer 1 500 000 miniknolle per jaar lewer. Hierdie gesertifiseerde miniknolle voorsien in al GWK se behoefte vir G0-aanplan-tings. Laboratoriumgeriewe is ook op Douglas beskikbaar waar aartappel-moere getoets word. GWK se aartappelprodusente be-hoort aan `n aartappelpoel en plant jaarliks tussen 1000 en 1500ha. Die kwekers produseer moere wat in die poel gelewer word en dan deur GWK namens die poel verkoop word. Alle aanplantings word by die Nasionale Aartappelsertifiserings-diens (ASD) geregistreer en deur

hierdie liggaam geïnspekteer en gesertifiseer. Kultivarontwikkeling word deur GWK gedoen en nuwe kultivars word voort-durend ingevoer en getoets met sowat 15 kultivars wat jaarliks geplant word. Die kultivars Eos en Lanorma is in GWK se naam geregistreer en vertoon baie belowend.

Saad GWK Saadproduksie, Verwerking en Bemarking fokus op kultivarontwikke-ling van saad (hoofsaaklik vir koring, mielies, katoen en grondbone) om opbrengste te verhoog met saad wat in die GWK-gebied aard. Die skoonmaak van herwinde saad vir verdere aanplantings en bemark-ing van GWK se eie en ander saad-handelsmerke is deel van die besig-heid se kliëntgefokusde diens om produsente te help om die maksimum opbrengste uit saaiboerdery te verkry. Navorsing is belangrik in terme van kultivarprestasie vir `n spesifieke gebied of grondsoort. As `n land-boubesigheid van uitnemendheid

is dit vir GWK `n prioriteit om by navorsing hieroor betrokke te wees en word kultivarproewe oor die hele GWK gebied aangeplant. Die behoefte na onafhanklike proewe het sodanig uitgebrei dat GWK `n weegwa aangekoop het en saad-maatskappye se toerusting nie meer hiervoor aangewend word nie. By mielies en koring word deelne-mende saadmaatskappye se saad aan die GWK-proewe se genetika getoets. Die prestasie van koringkul-tivars en mieliebasters word met die aanplant van strookproewe gemeet. Proewe word aangeplant by pro-dusente wat verteenwoordigend is van die streek wat ligging betref. Die produsente besef die belang van die proewe en doen baie moeite om GWK by te staan sodat die kultivars regverdig met mekaar vergelyk kan word. GWK se landboukundiges is vir die plantproses verantwoordelik en samel ook die data in om dit te verwerk. Data word gepubliseer wanneer goedkeuring van die saadmaatskap-pye verkry is. Die saadmaatskap-pye is voortdurend by die oesproses betrokke wat dit moontlik maak om vergelykings te tref voordat goedkeu-ring gegee word. Die saadmaatskappye baat met die aanplant van onafhanklike proewe deurdat die resultate dien as kontrole vir hulle eie proewe. Variëteite wat goed presteer in al die proewe word aanbeveel en sodanige maatskappy

16

Page 19: Kommuniek Mei 2012

se markaandeel sal groei. Dit is ook meer koste-effektief vir die saadmaatskappye om gesamentlik goeie proewe te doen en dien verder as `n belangrike aanknopingspunt om verhoudings met die tegniese en landboukundige afdeling van GWK te bou. Die voordeel van die proewe vir pro-dusente is dat GWK, `n onafhank-like instansie, die evaluasie doen en vergelykings met die proefdata van saadmaatskappye gevolglik getref kan word. Produsente kan uit meer-jarige resultate aflei hoe stabiel `n variëteit is. Verder dien die proewe as die eerste toonvenster vir nuwe variëteite en kan die produsent dus die prestasie meet alvorens dit op groot skaal aange-plant word. Die prestasie van kon-vensionele basters kan ook vergelyk word met dié van geneties gema-nipuleerde basters (GMO) alvorens besluit word om `n premie vir GMO te betaal.

Wyn GWK Wyn besit die Landzicht-han-delsmerk en produseer tans `n reeks van 12 wyne onder die Landzicht-vaandel met druiwe uit die Douglas, Prieska, Barkly-Wes en Modderrivier-omgewing. Druiwe word by die Landzicht-kelder gepars tot sap wat gefermenteer word om die verskillende variëteite Landzicht-wyne te maak. Van die sap word aan ander kelders verkoop wat dit dan gebruik om hul eie wyn te produseer. GWK bied ook advies en kundige ondersteuning aan produsente wat druiwe verbou. Landzicht se eg Noord-Kaapse wyn is beskikbaar by Landzicht se kelders op Douglas en Jacobsdal, asook by Fruit & Veg in Kimberley.Keldertoere en wynproe- en braai vir 40 of meer persone kan ook per afspraak gereël word. Kleiner groepe kan die kelder sonder afspraak besoek en van ons wyn uit die Oran-

jerivier-gebied kom proe. `n Dag sonder wyn is `n dag sonder sonskyn!

LusernGWK Lusern en Veevoere se diens sluit in kundige advies vir die wins-gewende verbouing van lusern aan produsente, die onderhandeling van koopkontrakte, logistieke ondersteu-ning en bergingsfasiliteite.Lusern word namens produsente in GWK se fasiliteite gestoor of GWK koop die lusern by produsente en stoor dit self voordat verdere verhan-deling plaasvind. Die logistieke diens sluit ook plaas-laaie in. Die logistieke diens word geoptimaliseer met `n lusernpers waarmee bale met hoë digtheid gepers word. GWK fasiliteer ook die uitvoer van lusern na buitelandse markte. Ondanks oorstromings en versuip van lusernlande die vorige seisoen, het GWK se lusern- en veevoer-

Foto: Anjo Joseph

17

Page 20: Kommuniek Mei 2012

afdeling sy markaandeel vergroot. Dit is gedoen deur die ondersteuning van GWK se lojale lusernprodusente en die harde werk van lusernbemarkers en werwers in die veld. Die aanvraag en verkope van ons lusern bewys dat ons `n hoëkwaliteit-produk produseer. Met die gebruik van die NIR-instrument waarmee lusern ontleed word, asook die NKLI (Nuwe Lusern Kwaliteitsindeks)-grade-ring- en sertifiseringstelsel het GWK sy plek in die mark gevestig en word voortdurend daarna gestreef om dit uit te brei. GWK Lusern dink kreatief om lusern effektief te bemark, waarde toe te voeg en `n beter prys vir die produsent te realiseer en het ons tot nog toe on-geveer 8 000t lusern uitgevoer.Drogingsproewe van nat lusern is onlangs begin. Hierdie proses kan in die toekoms van groot waarde wees vir GWK se produsente indien reën `n rol speel om kwaliteit lusern te verbou. GWK wil ook `n mark vir graad twee lusern ontwikkel en onderhandelings hieroor is in `n gevorderde stadium. Die veevoer-gedeelte van die afdeling brei ook op die oomblik uit met die melkprodusente wat self voer op die plaas vermeng as teikenmark.

Bullhill Development Bullhill Development is `n maatskap-py in die Hartswater-omgewing wat inweeg- en stoor-geriewe vir landbou-produkte bied. GWK en spesifieke produsente het aandeelhouding in dié maatskappy en berg ons hoofsaaklik lusern in die geriewe.Produsente wat bergingsfasiliteite benodig, kan aansoeke by die aandeelhouers indien welke aansoek op grond van beskikbare spasie oor-weeg sal word.

Navorsing en Ontwikkeling GWK Navorsing en Ontwikkeling bied `n groot verskeidenheid dienste aan produsente om deurlopend nuwe kundigheid, die navolging van beste praktyke en vooruitgang in landbou

te verseker.Dit sluit in toegepaste navorsing met die oog op die verbetering van verbou-ing van die belangrikste gewasse in die GWK-gebied. Die bevindings word gereeld as deel van die diens aan GWK-aandeel-houers gekommunikeer. GWK was die eerste landbou-besig-heid wat besproeiingskedulering as `n kommersiële bedryf gevestig het. `n Verskeidenheid presisieboerdery-pakkette word ook aangebied, terwyl GWK se Buro finansiële boerderydata genereer wat gebruik word om die beste praktyke te identifiseer. `n Span ekonome bied hulp met onder meer wisselboubeplanning, gewasproduksiekoste en mega-nisasiekoste.Kundigheid en neutraliteit met `n netwerk van landbouwetenskaplikes oor die land heen, maak dié GWK-besigheid uniek in die industrie.Die besigheid het ook `n afdeling vir opkomende boere wat fokus op die opleiding en vestiging van nuweling-boere met die oog op kommersiële volhoubaarheid. Hierdie afdeling speel ook `n kardinale fasiliteringsrol tussen rolspelers in die opkomende boerderysektor. Vaardigheidsleemtes word geïden-tifiseer waarvolgens die afdeling opleidingsvoorstelle vir eksterne befondsing voorhou indien dit nie uit eie fondse betaal kan word nie.

Toegepaste navorsingGWK se direksie het in 2010 besluit om `n meer formele navorsingsaksie te loods. Die toegepaste navorsing wat deur GWK beplan word, word in samewerking met die uitvoerende

bestuurders van die gewasafdelings en produsente soos bv. die Winter-graan Navorsingskomitee gedoen. Navorsing word beplan op die meeste van die belangrikste gewasse wat binne GWK verbou word. Die gewasse sluit in mielies, koring, gars, aartappels, grondbone, katoen, lusern en pekanneute. Die navorsingsprojekte word geba-seer op inligting vanuit die GWK-produksiegebied en die produsente kan verseker wees dat hulle geveri-fieerde inligting aan die voorpunt van produksiepraktyke sal kry.

Nuwe produkontwikkeling Nuwe produkontwikkeling vorm ook deel van GWK se divisie vir Spesi-alisprodukte. Hierdie afdeling werk onder meer aan die daarstel van `n besproeiingstelsel wat deur die son aangedryf word, asook `n anaëro-biese verteerder vir die opwek van elektrisiteit. `n Evaluasie is ook in samewerking met Eskom gedoen oor waterske-dulering, asook foute met die instal-lasie van spilpunte waar energiever-bruik verbeter kan word. Navorsing word ook saam met Ton-gaat Hullets starch, Epol, Rainbow, Distell en die Universiteit van Stel-lenbosch oor die chemiese samestel-ling van verskillende mieliekultivars gedoen. Verskillende kultivars se che-miese samestelling maak dit geskik vir `n spesifieke mark. Hierdie navorsing is daarop gemik om die nismarkte van mielies te vergroot.

Ons waardeer die geleentheid om die leser op `n kort toer deur ons divisie te neem en verwelkom enige navrae wat u mag hê.

18

Page 21: Kommuniek Mei 2012

GEEN-EIENSKAPPE

ONKRUIDDODERVERDRAAGSAAMHEID

Gewasveiligheid wat jy nodig het in ‘n stelsel wat uitstekende onkruidbeheer gee.

INSEKBESKERMING

Vir die beskerming teen bogrondse insekte.

IKOONSTELSEL

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350

www.monsanto.co.za

die sambreel-identifikasie vir tegnologie eienskappe in gewasse.

Genuity®

Genuity® is Monsanto se nuwe eienskapinnovasie-handelsmerk wat die mees gevorderde eienskappe vir mielies en katoen onder een, maklik-uitkenbare naam saamvoeg. Omdat jy nou in een oogopslag kan sien watter geen jou gewas bevat, is dit maklik en vinnig om die beste besluite te neem wanneer dit kom by onkruidbeheer, beskerming teen bogrondse insekte en verhoogde produktiwiteit vir hoër opbrengspotensiaal. Ons produkte sluit die volgende in:

uppe

mar

keti

ng A

0456

1/G

WK

Vir mielies:

Vir katoen:

Ons glo in beter.

Roundup Ready Corn 2

Page 22: Kommuniek Mei 2012

20

Page 23: Kommuniek Mei 2012

Pierre Ferreira en Leon BantingGWK Saad

Navorsing en Ontwikkeling

Grondboon-kultivars: `n opwindende tyd lê voor!

A s `n volhoubare land-boubesigheid van uitne-mendheid is dit vir GWK `n

prioriteit dat ons produsente tot die beste kultivars toegang moet hê. Om hierdie rede spandeer ons baie energie en tyd aan gehalte navor-sing en word ook in die buiteland na verbeterde kultivars gesoek. Grondboonproduksie in Suid-Afrika het die afgelope tyd afgeneem, hoof-saaklik weens opbrengste wat gestag-neer het in vergelyking met `n gewas soos mielies waar groot opbrengsver-hogings met nuwe basters verkry is. Daarom is GWK trots om bekend te maak dat ons onlangs `n ooreen-koms met The Peanut Company of Australia (PCA) gesluit het wat ons produsente tot die mees gevorderde genetika toegang sal gee.

The Peanut Company of Australia (PCA) The Peanut Company of Australia (PCA) verwerk en bemark hoë-kwaliteit grondbone met `n hoë oliëninhoud, asook grondboonprodukte. `n Kon-trak word met produsente gesluit om hul oes aan die maatskappy te lewer, waar verdere waarde tot die grond-bone toegevoeg word. Die maatskap-py bemark ongeveer 35 000t ver-

werkte grondbone per jaar, waarvan 10 000t van Argentinië aangekoop word. Die PCA spesialiseer net in grond-bone en het daarom belê in die ontwikkeling van wêreldgehalte navorsingsfasiliteite wat hulle in staat stel om nuwe grondboonvariëteite binne slegs ses jaar van teling en evaluering bekend te stel. Die PCA het ook in 2011 die Aus-tralian Business Award for Innovation ontvang vir die teling en bekendstel-ling van die ultra-vinnige grondboon-variëteit Tingoora. Met hierdie toekenning is die PCA as een van Australië se mees vooruit-strewende ondernemings erken.Die belangrikste agronomiese eien-skappe waarvoor die PCA teel is as volg:

� Alle nuwe variëteite is hoog in oliën (`n gesonde, natuurlike olie wat in sekere grondbone voorkom en ook `n langer rak-leeftyd aan die grondboon gee).

� Lae doppersentasie (mik vir <22%).

� Opbrengs, smaak en pitgrootte. � Weerstand teen blaar- en

grondgedraagde siektes. � Verskille in groeilengte – vol sei-

soen: 140-150 dae; ultra-vinnig: 105-110 dae.

� Verdraagsaamheid teenoor on-kruiddoders.

� Grondbone wat hoë anti-oksi-dante bevat.

� Hoë blansjering (>90%). Blan-

GWK besoek die PCA Mnr. Pierre Ferreira en Leon Ban- ting van GWK op Douglas is on-langs deur die PCA uitgenooi om hul onderneming in Australië te besoek. Die hoofkantoor is gesetel in die dorpie Kingaroy (Queensland) en staan ook as die grondboonvallei van Australië bekend. Die trotse personeel van die PCA het GWK baie hartlik ontvang. Tydens `n aanbieding is die Austra-liërs oor GWK se diverse besigheids-benadering ingelig, wat hulle baie beïndruk het. Hierna het die groep besoek afgelê by al die afdelings van die verskillen-de fabrieke – van grondbooninname tot waar die finale produk (gebak) gereed is vir versending. Olie word gepers uit die grondbone wat nie vir die tafelmark geskik is nie. Die groep het ook `n grondboon-produsent besoek om na sy aanplan-tings te kyk. Hoewel die kultivars as “runners” geklassifiseer word, is die groeiwyse egter meer regop. Die kultivars word ook so geselekteer dat die drag rondom die hoofwortel is. Volgens voorspelling sal 76cm rywydtes teen `n stand van 200 000 plante/ha onder besproeiing goed werk vir die GWK-gebied. GWK sal egter navorsing hieroor doen. Die ultra-vinnige variëteit Tingoora lyk

GWK se produsente sal eersdaags toegang hê tot die mees gevorderde genetika m.b.t grondbone. Inlas: By die Peanut Van in Kingaroy (Queensland) kan heerlike grond-bone gekoop word.

sjering dui op die gemak waar-mee die doppie van die grond-boon afgehaal word.

21

Page 24: Kommuniek Mei 2012

baie belowend. Ná slegs sewe weke vanaf plant het die plante wat getrek is al goed ontwikkelde peule gehad. Hoewel die gebied rondom Kingaroy `n jaarlikse gemiddelde rëenval van 700mm kry, is die afgelope aan-tal seisoene gekenmerk deur droë siklusse wat tydens Januarie en Febru-arie voorkom. Die meeste grondbone in Australië word onder droëland-toestande aangeplant. Mnr. Graeme Wright (grondboon-teler) het bevestig dat Tingoora oorspronklik geteel is om al in die afdrogingsfase te wees wanneer die droë siklus aanbreek. Die aflotoksien-risiko word ook beter met hierdie ultra-vinnige variëteit bestuur en met besproeiing word tot 30% minder water en swamdoders gebruik.

Beplande proeweDie PCA beplan om 20 grondboon-variëteite in die eerste seisoen aan GWK te stuur en die proses is reeds

Mnre. Leon Banting (GWK Saad), Pierre Ferreira (GWK Saad), Lionel Wieck (PCA), Julian Cross (grondboon-pro-dusent) by `n grondboon-aanplanting in Australië.

Wat GWK baie opgewonde maak, is dat kruisings met een van die ouers van Tingoora (een jaar data) `n op-brengsverhoging van 25% gewys het, met uitstekende weerstand teen siek-tes. Dit is ook ultra-vinnige variëteite. Die groot geleentheid met `n ultra- vinnige variëteit in die GWK-gebied is dat produsente ná koring nog grond-bone sal kan plant. Dit sal `n uitstekende geleent-heid vir `n gewasrotasiestelsel met grondbone bied, wat belangrik is vir grondgesondheid, inaggenome die verhoging in opbrengs met die gewas ná grondbone soos reeds gesien word. Die PCA beskik ook oor langer groeiseisoen kultivars wat uitstekende opbrengste lewer as dit vroeg geplant word. Opbrengste so hoog as 7-8t peulgewig/ha onder besproeiing vir

`n lang groeiseisoen kultivar word behaal in die kusgebied naby Bunda-berg (Queensland) waar grondbone ná suikerriet aangeplant word. Plantdatums vir die lang groeiers is van vroeg Oktober tot laat Desember. Die hoogste opbrengs vir `n ultra-vinnige variëteit onder besproeiing is 5,5t peulgewig/ha in die Bundaberg-gebied. Plantdatums vir `n ultra-vinnige variëteit is van vroeg November tot middel Januarie. Die gemiddelde opbrengs van `n ultra-vinnige variëteit met `n droëland aanplanting wissel van 2,5t peulgewig/ha tot die hoogste opbrengs van 4t peulgewig/ha wat behaal word.

22

Page 25: Kommuniek Mei 2012

`n Opwindende tyd lê voor vir grondboon-verbouing`n Opwindende tyd lê vir grondboon-verbouing voor en die verwagting is dat GWK se ooreenkoms met die PCA `n positiewe verskil sal maak in die grondboonproduksie in Suid-Afrika as geheel.

Mnre. Leon Banting (GWK Saad), Graeme Wright (Grondboonteler: PCA), me. Toni Cohen (Bemarkingsbesuurder: PCA) en mnre. Pierre Ferreira (GWK saad) en Geoff Sawyer (Direkteur: Bemarking en Verkope van die PCA).

Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfix-toetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar

Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery.

Wêreldwyd vertrou Beskikbaar by Obaro-winkels. Beskikbaar by GWK-kleinhandel

aan die gang om die saad in te voer. Nuwe kultivars sal jaarliks beskik-baar gestel word. Soveel as moontlik proewe sal by verskillende lokaliteite en grondsoorte gedoen word. Die PCA het onderneem om te begin met saadvermeerderings nadat die eerste jaar se proewe gedoen is. Dit beteken dat GWK die saad gouer aan produsente kan beskikbaar stel. Wright beplan ook om jaarliks na Suid-Afrika te reis om die proewe te besoek. Droëland-proewe sal in samewerking met mnr. Anthony Evans van RE Groundnuts by Viljoenskroon gedoen word. Dit is belangrik dat alle produsen-te toegang moet hê tot verbeterde kultivars wat tot voordeel van die hele bedryf sal wees. Die PCA se kultivars sal egter streng bewaak word en alle planttelersregte sal beskerm word.

GWK het `n uitstekende vennoot in die PCA. Die besoek was belangrik om die verhouding tussen GWK en die PCA te versterk. Só is vertroue gevestig tussen die personeel van GWK en die PCA wat by die proewe en saadvermeerderings betrokke gaan wees.

Page 26: Kommuniek Mei 2012

Albrecht GerritsGWK Landbou-ekonoom en Bertus Jacobs GWK Landboukundige

Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling

Grondbone: `n oplossing vir beter koring-opbrengsteTydens die 2011-winterseisoen is die effek van grondbone (as `n voorafgaande gewas) op koringoeste geëvalueer.

G ewasrotasie (wisselbou) kan gedefinieer word as `n stelsel waarvolgens

verskillende gewasse (nie net grasge-wasse nie) in suksessie verbou word in `n definitiewe, beplande volgorde op dieselfde land (Alleman, 2006). `n Gewasrotasiestelsel kan as goed of swak geklassifiseer word afhang-end van die invloed daarvan op die grondproduktiwiteit of die ekono-miese winsgewendheid daarvan. Volgens Arnon (1992) en Alleman (2006) het `n gewasrotasiestelsel die volgende doelwitte:

� Behoud en verbetering van grondvrugbaarheid.

� Verhinder die opbou van peste, onkruide en grondgedraagte siektes.

� Beheer van gronderosie. � Versekering van `n gebalanseerde

werksprogram deur die jaar. � Versekering van eweredige ge-

bruik van besproeiingswater. � Verbetering van die biomassa van

Die koolstof- en stikstofinhoud van die grond`n Goed georganiseerde rotasiestelsel wat `n peulgewas insluit, kan die ver-lies van koolstof en stikstof tydens be-werking verminder (De Koker, 1993).

Stabiele grondaggregateVolgens De Koker (1993) is gevind dat die aanhoudende verbouing van mielies `n afname in grondag-gregate tot gevolg het, teenoor die verbetering daarvan, sowel as `n ver-betering in infiltrasie met `n gewas-rotasiestelsel.

OpbrengsDit word algemeen aanvaar dat `n goeie gewasrotasiestelsel opbrengste

Grondbone as deel van `n gewasrotasiestelsel hou die volgende voordele in:

grondorganismes.

verhoog, veral wanneer `n peulgewas deel van `n rotasiestelsel uitmaak. Volgens De Koker (1993) het Stulin al in 1987 gevind dat mielies `n beter opbrengs lewer in `n rotasiestelsel as in `n monokultuurstelsel.

PlaagbeheerDie invloed van insekte, plantpa-togene, nematodes en onkruide word in `n gewasrotasiestelsel verminder (Frances & Clegg, 1990). Dit gebeur omdat die reproduktiewe siklusse van hierdie spesies gebreek word, want verskillende spesies word op verskillende gewasse gevind. Die ander voordeel van`n rotasie-stelsel is dat weerstandigheid minder opgebou word aangesien verskillende gewasse verskillende peste huisves. Laasgenoemde word weer met ver-skillende chemiese stowwe beheer, wat voordelig is.

Agronomiese vereistes

Dagtemperature 20 tot 35˚C Grondtemperatuur vir ontkieming 18˚C Grondtekstuur Sand tot sandleem Klei-inhoud Minder as 20% Worteldiepte 900 tot 1 200mm Plantdatum Einde Okt. tot vroeg Des. Besproeiing (totaal) 550 tot 700mm Opbrengsmikpunt (t/ha) 3.5 tot 5 Tabel 1: `n Kort opsomming van die agronomiese vereistes vir grondboon-

verbouing.

� Buigsaamheid om aan te pas by

verande-rende mark-omstandig-

hede.

24

Page 27: Kommuniek Mei 2012

GrondvoorbereidingBy grondvoorbereiding moet in ge-dagte gehou word dat grondbone `n penwortelstelsel het wat `n diepte van 900-1200mm kan bereik (Van Biljon, 1993). Enige verdigtingslae moet dus vooraf opgehef word. Oesreste moet verwyder word (om Schlerotiumvrot te voorkom) deur reste òf diep in te ploeg òf te brand.

Die verskil in opbrengs GWK het op twee spilpunte in die Douglas-gebied `n wesenlike verskil in koringopbrengste gevind wanneer koring ná grondbone geplant is. Hoewel baie goeie koringopbrengste in die 2011-seisoen gerealiseer is, was daar nietemin wesenlike verskille (sien Figuur 1). Hierdie data is op dieselfde spil-punte verkry en produksiepraktyke het nie gevarieer nie. Die eerste spilpunt wat geëvalueer is, is `n 60ha-spilpunt waarop grond-bone en mielies in die 2010/11-somerseisoen geplant was. Mielies is geplant in die helfte ge-merk A en grondbone in B, waarna dit vol koring geplant is in die 2011-winterseisoen (die opbrengs-kaart in Figuur 1 is dié van die koring 2011). Dit is duidelik dat B aansienlik beter gevaar het (donkerblou en pienk dui `n hoër opbrengs aan as geel, ligblou of groen). In hierdie geval was daar `n ver-skil van 1,13t/ha tussen die twee helftes. Die implikasie is dus, met `n koring Safex-prys (werk met Safex-prys, want aftrekkings verskil van streek tot streek) van R 2 850 het die produsent R 3 220,50 meer inkomste per hektaar op helfte B gegenereer. As `n mens nog verder sou gaan en die som op 30ha doen (wat die werklike oppervlakte van een helfte was), het die produsent R 96 615,00 meer verdien op die helfte waar daar vroeër grondbone geplant was.

Figuur 1: Opbrengskaart van koring 2011. Op die helfte gemerk A was die vorige seisoen mielies geplant en grondbone op helfte B.

Figuur 2: Opbrengskaart van koring 2011. Op die gedeelte gemerk A was die vorige seisoen grondbone geplant en mielies op die gedeelte gemerk B.

Figuur 2 lig die voordeel van grond-bone as wisselbougewas selfs beter uit. In hierdie geval was dit `n 14ha-spilpunt waarop die produsent grond-bone en mielies geplant het. By die driekwartsirkel gemerk A was tydens die 2010/11-somerseisoen grond-bone geplant met mielies in die kwart gemerk B. Koring is hierna tydens die 2011-winterseisoen op die hele sirkel

geplant. Deel A het `n verbetering van 1,423t/ha in opbrengs getoon teen-oor deel B. Met `n R2 850 Safex-prys beteken dit `n verskil van R 4 055,55 per hektaar. Hierdie is `n 14ha-spilpunt waar deel A R 42 583,28 beter gevaar het as deel B (op `n 60ha-spilpunt sou die produsent `n verskil van R 182 499,75 gerealiseer het).

25

Page 28: Kommuniek Mei 2012

Winsgewendheid

BronneALLEMAN, J., 2006. Crop rotation. Powerpoint presentation for mvl 761 theme 1. Dept. of Agronomy, UFS, Bloem-fontein.ARNON, I., 1992. Agriculture in dry lands: Principles and practices. Elsevier Sciences publishers B. V., Amsterdam. 747-785.DE KOKER, E., 1993. The properties and importance of crop rotation. Honours seminar. Dept. of Agronomy, UOFS, Bloemfontein.FRANCES, C. A. & CLEGG, M. D., 1990. Crop rotations in sustainable production systems, In: C. A. Edwards, R. R. Lal, P. Madden, R. H. Miller & G. House (eds). Sustainable agriculture systems. Soil and Water Conservation Society, Iowa.107-122VAN BILJON, J. J., 1993. Crop productionn(AGR 458). Dept. of Agronomy, UOFS, Bloemfontein.

Sensitiwiteitsanalise – grondbone Gemiddelde prys per ton Opbrengs/ha R 8 700 R 8 900 R 9 000 R 9 200 R 9 400 R 9 700 2.5 3 784 4 284 4 534 5 034 5 534 6 284 3 8 134 8 734 9 034 9 634 10 234 11 134 3.5 12 484 13 184 13 534 14 234 14 923 15 984 4 16 834 17 634 18 034 18 834 19 634 20 834 4.5 21 534 22 084 22 534 23 434 24 334 25 684 5 25 534 26 534 27 034 28 034 29 034 30 534 5.5 29 884 30 984 31 534 32 634 33 734 35 384 Totale produksiekoste R 17 966 Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise vir grondbone.

Teen die huidige pryse van grond-bone is hierdie gewas uiters wins-gewend.

Dit is dus nou die tyd om grondbone as deel van u wisselboustelsel te oorweeg.

Dit is dus duidelik dat grondbone baie agronomiese voordele vir die produsent inhou. Die vraag is nou of dit ook ekono-miese voordele inhou? Tabel 2 hier onder dui die netto-marges aan vir grondboonproduksie volgens GWK se begrotingsnorme vir 2012 met `n koste van R 17 966 per hektaar. Die gemiddelde prys wat gebruik word oor al die grade is R 9 200 per ton. Met `n 4t-oes kan `n produsent dus R18 834,00 per hektaar wins maak. Die sensitiwiteitsanalise neem nie die verkope van hooi in ag nie. Dit kan `n groot inkomste word in jare met laer as gemiddelde reënval.

26

Page 29: Kommuniek Mei 2012

GWK Grondbone . . .‘n voorbeeld van innovasie

GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grondboontjies. GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om risiko’s verbonde aan die verbouing van grondboontjies te verminder, die smaak van grondboontjies te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer.

Kontak:Cloete Nortje 053 298 8458 082 803 0687

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

innovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Page 30: Kommuniek Mei 2012

Johan FourieBedryfshoof: GWK Pekanneut- en Wingerdproduksie

Navorsing en Ontwikkeling

Pekans: `n Gesonde bedryf?

D ie gesondheid van `n bedryf word deur verskeie aspekte bepaal. Die kweker, vestiging

en instandhouding, produsentepryse, verwerking en bemarking, Suid-Afrika se markaandeel en pekan-uitvoere speel alles `n rol. Kwekers “Haasbek-boorde” is `n verskynsel wat oor die land heen gesien word. Daar word ook na die “boepenslam-mers” van `n boord verwys. Die grondslag vir die gesondheid

van die bedryf hang af van hoe kwekers gereguleer word, watter standaarde aan hulle gestel word, asook die korrektheid van hul kweek-praktyke. `n Produsent het egter geen waarborg dat die boom wat hy van die kweker kry, die kultivar is waar-voor hy betaal het nie. Verkeerde kultivars word ook vir produsente aanbeveel. Foute soos hierdie word nie binne `n jaar of twee reggestel nie. Bome word lank gepamperlang net om dit ná vyf of ses jaar te moet vervang. Pekanbome word hoofsaaklik ver-

meerder deur Ukalinga-saad te plant. Dit vorm die onderstam van die boom, terwyl die verlangde kultivar op die onderstam geënt word. `n Mens moet in ag neem dat die saad deur `n kruisbestuiwingsproses gaan en enige ander kultivar dus die saad kan bestuif. Die probleem ontstaan egter nie noodwendig by die bostam nie, maar eerder by die onderstam. Daar is nie homogeniteit in die onderstamme nie en alle saad wat geplant word, het nie dieselfde groei-krag nie. Wat kardinaal is, is dat kwekers

28

Page 31: Kommuniek Mei 2012

veronderstel is om die sterkste onder-stamme te identifiseer en hulle te ent. Met die hoë vraag na bome ent kwekers egter baie onderstamme wat in werklikheid nie aan die keurings-vereistes voldoen nie. Hierdie swakker bome beland dan in die produsent se boord en haal nooit die ander bome in nie (sogenaamde boepenslammers). Dit kan toegeskryf word aan die genetika wat swakker is en dus probleme veroorsaak. Vestiging en boord- instandhouding Aandag word toenemend op beter instandhouding van pekanboorde gevestig. Aanvanklik is `n paar bome op die uitvalhoeke geplant wat op hul eie moes grootword. Met groter aanplantings en die huidige pekanprys het hierdie prentjie egter verander. Hierdie foute van die verlede het die Suid-Afrikaanse pekanproduksie beslis negatief beïnvloed . Dit het verder tot gevolg gehad dat die groei nie so vinnig ingetree het soos voorspel is nie en het sodoende die bedryf se mededingendheid op die wêreldmark beïnvloed. Of dit in die verlede `n positiewe of negatiewe invloed gehad het, is debatteerbaar. Die beperkte hoeveelheid neute kon die vraag verhoog en pryse opjaag soos in die 2011-seisoen gesien is. Die moonlikheid vir hoër pryse word deur groter oesvolumes versterk. Dit sal dus positief wees as ons met `n meer mededingende hoeveelheid neute die mark kan betree. Produsentepryse In 2009 was R23/kg `n aanvaarbare prys vir `n uitkraak van 50%. In 2010 het die prys vir `n 50% kerninhoud gestyg na R27/kg en in 2011 het dit gespring na R38/kg vir 50% kern (sien Figuur 1, die 65% styging van 2009 tot en met 2011.) As `n mens na die Amerikaanse pe-kanprys (Figuur 2) kyk, word dieselfde neiging waargeneem.

R15.00

R20.00

R25.00

R30.00

R35.00

R40.00

2009 2010 2011

Prys

per

kg

Jaar

SA Pekan prys vir 50% uitkraak

R-

R10.00

R20.00

R30.00

R40.00

2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Prys

Jaar

Amerikaanse neutpryse 2000 tot 2011 (50% uitkraak)

`n Mens moet egter na die verlede kyk om die geweldige styging waar te neem. Dit is duidelik waarneembaar dat die prys `n neiging toon om aan te hou styg. Dus is die veronderstelling dat die prys weer in 2012 sal styg. Hier-

die neiging kan egter nie gewaarborg word nie. Die Amerikaanse pekanprys vir 2011/2012 het die teendeel bewys. Dit blyk dat die Chinese `n weer-stands vlak bereik op hoë pekan-pryse.

Figuur 1

Figuur 2

29

Page 32: Kommuniek Mei 2012

Verwerking en bemarking In 2011 was daar 22 amptelike verwerkers in die Suid-Afrikaanse pekanbedryf. Tot op hede was daar geen kontrole in die bedryf nie en dus geen standaard vir die kwaliteit van die produk wat oor die land se grense moes gaan nie. Dit het `n groot bedreiging vir die Suid-Afrikaanse bedryf ingehou. Die statutêre heffing op pekanneute is egter goedgekeur en is op 9 Maart 2012 in die Staatskoerant gepubliseer. Volgens die publikasie is die heffing vir die volgende ten doel gestel: “. . . vir die befondsing van navorsing, tegniese inligting en tegnologiese oordrag; gehalte versekering en sertifisering; inligting en statistiek; kommunikasie, verbrui-kersopvoeding en markontwikkeling; en transformasie en opleiding vir die pekanneutbedryf”. Die heffing is vasgestel op R0,15 per kg wat deur die verwerker, invoerder of produsent betaalbaar is. Dit kan as `n stap in die regte rigting beskou word om die Suid-Afrikaanse pekanbedryf te struktureer en orde te skep, maar ook om die in- en uitvoere te reguleer en sodoende die bedryf te beskerm. Baie werk kan nog in terme van pekanbemarking gedoen word. Suid-Afrika se produksietyd gee ons `n voordeel bo ander produserende lande. Ons neute is net voor die Chi-nese feesvieringe beskikbaar. Ons neute is dus vars teenoor neute van Amerika wat dan al meer as agt maande in koue opberging is. Ons moet hierdie voordeel benut! Die Suid-Afrikaanse Pekan-produsen-tevereniging (SAPPA) kan deur gene-riese bemarking, veral in China, hiermee help.

SA markaandeel Aangesien die Suid-Afrikaanse pe-kanaanplanting en -produksie tot op hede nie gemonitor is nie, is die syfers wat tot ons beskiking is, nie 100% akkuraat nie. Die totale hektare wat tot en met 2011 aangeplant is, is ongeveer 18 000ha. As die aanname

gemaak kan word dat al die aan-plantings ná agt jaar teen 2t/ha in vol drag gaan wees, sal dit ongeveer 36 000t pekanneute oplewer. Die gemiddelde Amerikaanse produksie is tans ongeveer 120 000t. Dus sal ons produksie oor agt jaar as wesenlik in die wêreldmark beskou word. Wat die impak van 36 000t pekan-neute op die wêreldmark gaan wees, is baie onseker. Die bemarking van Suid-Afrikaanse pekanneute gaan hier `n groot rol speel. `n Mens kan die volgende vra: Gaan die bemarking van die Suid-Afrikaanse produk die prys bepaal of gaan die buitelandse kopers die verwerkers in Suid-Afrika manipuleer om die prys laag te hou? Verder gaan die kwaliteit van Suid-Afrikaanse neute `n deurslaggewende rol hierin speel.

Pekan uitvoerePekanneutverbouing is `n relatief jong bedryf in Suid-Afrika en uitvoere na China nog jonger. China het egter die prentjie van pekanneute drasties verander. Die Chinese vraag het die pryse die afgelope vier jaar geweldig opgestoot. Chinese invoere het geweldig toege-neem en die beraamde syfer vir 2011 is in die omgewing van 50 000t. Die vraag kan nog nie presies be-paal word nie en is baie pryssensitief. Sodra die pryse te hoog raak, hou die Chinese op om pekanneute te koop en koop hulle eerder ander soorte neute teen goedkoper pryse. Suid-Afrika is baie afhanklik van die pekan-uitvoermark en hierdie mark bied nog baie uitdagings en ruimte vir verbetering.

Hoe gesond is die bedryf werklik?Die volgende fabel som die pekan-bedryf goed op: Daar was eendag `n arm boer wat `n goue eier in sy werfeend se nes gevind het. Aanvanklik het die boer gedink

iemand trek sy been. Hy het eers die eier eenkant gesit, maar ná `n ruk het hy dit gevat om te laat waardeer. Dit was suiwer goud! Die boer kon sy geluk nie glo. Sy verbasing was nog groter toe hy die volgende dag by die eend kom en daar nog `n goue eier lê. Dag ná dag het die boer hom na die nes gehaas om sy goue eier te gaan haal. Die boer het baie ryk geword. Met die rykdom het ongeduld en gierig-heid gevolg. Op `n dag besluit die boer dat hy die eend gaan slag om sodoende al die eiers op een slag te kry. Toe hy die eend oopsny, was die teleurstelling baie groot toe hy sien die eend is leeg en dat hy nou sy bron van inkomste vernietig het. Pekanneute is op die oomblik die goue eend van die boerdery. Dit is een van die mees winsgewende boerdery-eenhede mits boorde in stand gehou word. Die behoud van die bedryf gaan wees om volhoubare hoëkwaliteit neute teen `n volhoubare prys aan die mark te lewer. Te hoë pryse kan `n weerstand teen pekanneute veroorsaak waarteenoor te lae pryse dit nie volhoubaar vir die produsent gaan maak nie. Die uitvoermark moet verder ontgin en beter verstaan word sodat langter-myn-verhoudings en ooreenkomste met die buiteland gesluit kan word.

GWK PekanneuteGWK voer reeds die afgelope drie jaar pekanneute uit. Ons het ten doel om die bedryf uit te brei en saam met die bedryf te groei. GWK fokus daarop om die beste pryse aan die produsente te verskaf. Ons wil graag ook `n langtermyn-verbintenis met die pekanprodusent vestig. Kontak Johan Fourie by 082 805 0036 oor GWK se unieke pekanneut-bemarkingsplan.

30

Page 33: Kommuniek Mei 2012
Page 34: Kommuniek Mei 2012

I nsetkoste vir die somergewasse mielies, katoen en grondbone het

die afgelope tien jaar skerp gestyg en het `n wesenlike invloed op `n produsent se kosteknyptang. Vir `n ontleding hiervan is inligting oor insetkoste verkry uit die Kostegids soos jaarliks deur GWK gepubliseer. Tabel 1 wys die insetkoste, prys van die produk, opbrengs, inkomste, marge bo koste en gelykbreekpunte van die genoemde gewasse.Tabel 1 en Figuur 1 hiernaas wys die skerp styging in kommoditeitspryse vir al drie gewasse in 2007 en 2008, sowel as die verhoging in insetkose. Die rede vir hierdie styging is dat die wêreldekonomie in hierdie tydperk baie sterk groei getoon het wat deur die onwikkellende lande van die wêreld gedryf is, met China en Indië aan die voorpunt. Hierdie hoë groei het die vraag na landboukommo-diteite sterk gestimuleer. Pryse van landboukommoditeite en daarmee saam, pryse van insette, het begin toeneem wat `n regstreekse in-vloed op insette in Suid-Afrika gehad het. Die skerp styging in die olieprys in hierdie tydperk het ook die prys van brandstof en kunsmis die hoogte in laat skiet. Figuur 2 (blaai om) dui die kunsmis-pryse vir die tydperk 2004 tot 2011 aan. Kunsmispryse het aan die einde van 2007 en ook vir die grootste gedeelte van 2008 skerp gestyg.

In sommige gevalle het pryse tot 300% jaar op jaar gestyg. Dit het, plaaslik en internasionaal, tot `n

koor van protes gelei en beskul-digings het die rondte gedoen dat pryse kunsmatig opgejaag is sodat

Albrecht GerritsGWK Landbou-ekonoom

Burodienste, Navorsing en Ontwikkeling

Belowende ekonomiese groei in 2012 verwag

2002 6 037.56 1 085.55 11.00 11 941.01 5 903.45 5.56

2003 6 266.03 947.12 11.22 10 626.74 4 360.71 6.62

2004 6 435.52 877.43 11.44 10 041.64 3 606.12 7.33

2005 7 171.68 517.52 11.67 6 041.16 -1 130.52 13.86

2006 8 166.28 768.96 11.91 9 155.82 989.54 10.62

2007 8 733.05 1 275.95 12.14 15 496.28 6 763.23 6.84

2008 15 573.78 1 511.74 12.39 18 727.10 3 153.32 10.30

2009 12 135.16 1 412.86 12.64 17 852.21 5 717.05 8.59

2010 11 673.95 1 078.32 12.89 13 897.66 2 223.71 10.83

2011 12 765.81 1 385.72 13.15 18 216.70 5 450.89 9.21

2002 8 524.15 3 900.00 3.50 13 650.00 5 125.85 2.19

2003 10 598.20 3 800.00 3.68 13 965.00 3 366.80 2.79

2004 8 789.83 2 700.00 3.86 10 418.63 1 628.80 3.26

2005 11 761.63 2 400.00 4.05 9 724.05 -2 037.58 4.90

2006 10 720.11 3 450.00 4.25 14 677.24 3 957.13 3.11

2007 12 800.53 3 450.00 4.47 15 411.10 2 610.57 3.71

2008 20 240.69 5 500.00 4.69 25 796.84 5 556.15 3.68

2009 17 311.64 4 700.00 4.92 23 146.80 5 835.16 3.68

2010 16 925.72 4 500.00 5.17 23 269.92 6 344.20 3.76

2011 19 475.29 6 200.00 5.43 33 663.82 14 188.53 3.14

2002 6 068.66 3 913.40 3.50 13 696.90 7 628.24 1.55

2003 6 543.35 4 908.00 3.50 17 178.00 10 634.65 1.33

2004 6 187.53 3 148.00 3.50 11 018.00 4 830.47 1.97

2005 8 056.61 2 546.00 3.50 8 911.00 854.39 3.16

2006 7 981.37 3 424.00 3.50 11 984.00 4 002.63 2.33

2007 8 850.69 6 200.00 3.50 21 700.00 12 849.31 1.43

2008 15 190.57 7 000.00 3.50 24 500.00 9 309.43 2.17

2009 13 822.46 7 300.00 3.50 25 550.00 11 727.54 1.89

2010 15 726.30 5 500.00 3.50 19 250.00 3 523.70 2.86

2011 17 202.69 6 750.00 3.50 23 625.00 6 422.31 2.55

Gelykbreek ton/ha

Jaar Insetkoste R/ha Prys R/ton Opbrengs ton/ha Inkomste R/ha Marge R/ha Gelykbreek ton/ha

Mielies

Katoen

Grondbone

Jaar Insetkoste R/ha Prys R/ton Opbrengs ton/ha Inkomste R/ha Marge R/ha Gelykbreek ton/ha

Jaar Insetkoste R/ha Prys R/ton Opbrengs ton/ha Inkomste R/ha Marge R/ha

Tabel 1: Insetkoste, prys van die produk, opbrengs, inkomste, marge bo koste en gelykbreekpunte.

� Insetkoste – Soos aangedui in Kostegids vir besproeiingsboere. � Pryse – Gemiddelde Juliemaand-kontrakprys vir die betrokke jaar

is by mielies gebruik. Gemiddelde pryse vir die betrokke jaar is by katoen en grondbone gebruik.

� Opbrengs – Vir mielies en katoen is onderskeidelik 2% en 5% ver hogings in opbrengs jaarliks ingebring om verbeterde produksieprak tyke en nuwe kultivar ontwikkeling te weerspieël. Vir grondbone is konstant met 3.5ton gewerk.

32

Page 35: Kommuniek Mei 2012

- 200.00 400.00 600.00 800.00 1 000.00 1 200.00 1 400.00 1 600.00

-

5 000.00

10 000.00

15 000.00

20 000.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Prys

R/t

Inse

tkos

te R

/ha

Jaar

Mielies (2002-2011)

Insetkoste R/Ha Prys R/Ton Insetkoste R/ha Prys R/t

-

1 000.00

2 000.00

3 000.00

4 000.00

5 000.00

6 000.00

7 000.00

-

5 000.00

10 000.00

15 000.00

20 000.00

25 000.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Prys

R/t

Inse

tkos

te R

/ha

Jaar

Katoen (2002-2011)

Insetkoste R/Ha Prys R/Ton Insetkoste R/ha Prys R/t

- 1 000.00 2 000.00 3 000.00 4 000.00 5 000.00 6 000.00 7 000.00 8 000.00

-

5 000.00

10 000.00

15 000.00

20 000.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Pr

ys R

/t

Inse

tkos

te R

/ha

Jaar

Grondbone (2002-2011)

Insetkoste R/Ha Prys R/Ton Prys R/t Insetkoste R/ha

Figuur 1: Insetkoste per hektaar en prys per ton van mielies, katoen en grond-bone oor die laaste tien jaar.

vervaardigers van veral grondstowwe in die voorspoed van hoër graan- en oliesaadpryse kan deel. Dit is `n bekende feit dat die wissel- en rentekoers, sowel as die olieprys `n wesenlike impak op pryse het, maar net so het die groot internasio-nale rolspelers, soos China, se han-delsbeperkings en aankooppatroon `n groter invloed op pryse en beskik-baarheid van grondstowwe. Daarteenoor beweer veral interna-sionale verskaffers dat die wêreld-vraag na kunsmis in die tydperk ontplof het, grondstowwe beperk was en dat aanlegte tot hul maksimum vermoë ingespan was. Hoewel kommoditeitspryse ook gestyg het, het dit nie tot dieselfde mate as kunsmispryse toegeneem nie. Vir die plaaslike saai- en veeboer beteken dit `n verhoging in produk-sierisiko’s en bring dit hul finansiële volhoubaarheid in die gedrang. Die hoë kunsmispryse van 2008 en 2009 het `n wesentlike impak op die pro-dusent se winsgewendheid. Kunsmis is die onbestendigste uitgawe van al die boer se produk-siemiddele. Dit is selfs meer onbe-stendig as brandstof en skep meer onsekerheid as produkpryse of opbrengs. Gevolglik kan die produsent verwag dat kunsmiskoste met meer as 50% jaar op jaar kan afwyk, terwyl produk-pryse met minder as 30% behoort te variëer. Kunsmispryse korreleer nie positief met produkpryse nie, wat beteken dat kunsmiskoste skerp kan toeneem terwyl produkpryse `n afname toon. Die gevolg is dat die produsent nie in staat is om stygings in kunsmiskoste verder af in die waardeketting deur te gee nie.Figuur 3 (blaai om) toon die verdeling van die insette van mielies, katoen en grondbone as `n persentasie van totale insetkoste. Kunsmis is in die geval van mielies die enkel grootste direkte uitgawe en verteenwoordig 37.76% van `n produsent se totale insette. Dit is meer as `n derde van

die totale insette en beklemtoon die belangrikheid daarvan om kunsmis reg aan te koop. Groot klem moet egter ook gelê word op die korrekte aanwending van kunsmis en nie net op die prys van die produk nie. Foutiewe aankope of toediening van kunsmus kan `n groot invloed hê op

`n gewas soos mielies se marge bo koste. By katoen en grondbone maak kuns-mis `n kleiner deel van totale insette uit, maar dit bly steeds die grootste insetbydraer. By katoen beloop kuns-mis sowat 18,66% en by grondbone 19,52% van die totale insetkoste.

33

Page 36: Kommuniek Mei 2012

0

50

100

150

200

250

300

350

2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Rela

tiew

e pr

yse

(100

= g

emid

deld

e pr

ys o

or 8

jaar

)

Jaar

Langtermyn Kunsmispryse

MAP Ureum KCl

Figuur 2: Langtermyn Kunsmispryse

Dit is ongeveer `n vyfde van totale insetkoste en verg dus baie aandag. As `n mens na van die ander insette kyk, staan die oeskoste van grond-bone en katoen duidelik uit as `n koste waarmee rekening gehou moet word. Hoewel laasgenoemde insetkoste oor die afgelope tien jaar verhoog het, is die effektiwiteit (bv. tyd van oes) baie verbeter. Gevolglik word minder hande-arbeid gebruik en meer masji-nerie wat kostes verhoog.

ElektrisiteitEskom se tariewe het die afgelope tyd amper verdriedubbel. Figuur 4 (op blad hiernaas) toon die verhogings oor die afgelope tien jaar persentasiegewys, insluitend die verhoging van 1 April 2012. As `n mens kyk na die neiging, flik-ker rooi ligte vir besproeiingsproduse-nte. Daar was sprake van `n 25% verhoging in 2013 en 2014 onder-skeidelik (kleiner verhogings mag dalk plaasvind vanweë Eskom se huidige finansiële posisie).

Kosteknyptang Die term “kosteknyptang” word gebruik wanneer die prys van insette vinniger as die prys van uitsette styg. As die medium- tot langtermyn ekonomiese welvaart van produse-nte geëvalueer word, is een van die beduidendste faktore die gelykbreek-opbrengste van gewasse. Om die gelykbreekopbrengs te bereken, word die insetkoste deur die prys van die produk gedeel. Uit Figuur 5 (op die blad hiernaas) is dit duidelik dat die gelykbreekop-brengs `n opwaartse neiging toon. Die grafiek toon dat die insetkoste per hektaar vinniger as die prys van produkte gestyg het. Oor die langtermyn toon dit gevaartekens, waarvoor oplossings gevind móét word.

Brandstof, 3.67%

Kunsmis (NPK), 37.76%

Saad, 18.02%

Oeskoste, 5.09%

Eskom, 12.65%

Water, 5.29% Mielies insette 2011

Brandstof Kunsmis (NPK) Mikro-elemente Saad Onkruidbeheer Plaagbeheer Versekering

Oeskoste Vervoer Eskom Water Skedulering Meganisasie Spilpuntkoste

Brandstof, 5.07%

Kunsmis (NPK), 18.66%

Saad, 4.88%

Onkruidbeheer, 8.55%

Plaagbeheer, 6.60%

Versekering, 10.89%

Oeskoste, 16.91%

Eskom, 10.05%

Water, 4.20% Katoen insette 2011

Brandstof Kunsmis (NPK) Mikro-elemente Saad Onkruidbeheer Plaagbeheer Versekering

Oeskoste Vervoer Eskom Water Skedulering Meganisasie Spilpuntkoste

Kunsmis (NPK), 19.52%

Saad, 9.30%

Plaagbeheer, 8.42%

Oeskoste, 16.34%

Droging, 18.67%

Eskom, 7.10%

Water, 2.97% Grondbone insette 2011

Brandstof Kunsmis (NPK) Mikro-elemente Saad Onkruidbeheer

Plaagbeheer Versekering Oeskoste Vervoer Droging

Eskom Water Skedulering Meganisasie Spilpuntkoste

Figuur 3. Verdeling van die insette van mielies, katoen en grondbone as `n persentasie van totale insetkoste.

34

Page 37: Kommuniek Mei 2012

`n Moontlike oplossing Wanneer `n mens na enige gewas se sensitiwiteitsanalise kyk, kom die twee belangrikste drywers dadelik te voorskyn. Dit is nie `n nuwe konsep nie, maar die belang daarvan moenie onderskat word nie. Die twee belang-rikste drywers is hoër opbrengs en beter bemarking van produkte. Volhoubare produksie en oorlewing verg deurlopende en groter produk-sievolumes per eenheid om laer winsmarges teen te werk (produseer meer met dieselfde hoeveelheid in-sette). Daar is egter ruim geleentheid om ons produkte meer effektief te bemark en beter pryse te realiseer en sodoende ons winsgrens te verhoog om volhoubaar te kan produseer. Dit is dus belangrik dat die produsent vooraf weet wat die prys moet wees waarteen hy kan verkoop om `n spesifieke marge te realiseer. Die ontwikkeling van beter kultivars, effektiewe aanwending van insette en bestuurspraktyke (bv. hoëtegnologie boerdery) kan tot hoër opbrengste lei. Die verhoging in opbrengs en beter bemarking van produkte kan die gevaar van die kosteknyptang teenwerk.Tabel 2 (blaai om) is `n sensitiwiteits-analise vir mielies in die produksie-jaar 2011 wat bewys dat `n verho-ging in opbrengs en beter bemarking van produkte `n wesenlike verskil kan maak op `n produsent se marge bo koste.

Ekonomiese vooruitsig vir die mediumtermyn Suid-Afrikaanse produsente kan in 2012 belowende ekonomiese groei in die landbousektor verwag – trouens só goed dat meer mense na die bedryf teruggelok kan word. Die landbousektor gaan na ver-wagting boonop die afgelope drie jaar se prestasie klop, het mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa se AgriBusi-ness, in sy landbouvooruitsig gesê. `n “Duidelike neiging” van groter winsgewendheid in die Suid-Afri-kaanse landbousektor is `n hoofrede

0.00% 5.00%

10.00% 15.00% 20.00% 25.00% 30.00% 35.00%

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012

% V

erho

ging

Jaar

Eskom Standaard prysverhogings

Standard Prys Verhogings Linear (Standard Prys Verhogings) Standaard prysverhogings Neiging standaard prysverhogings

-

5.00

10.00

15.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Gel

ykbr

eek

t/ha

Jaar

Mielies gelykbreekopbrengs

Gelykbreek Ton/Ha Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Gelykbreek t/ha Neiging (gelykbreek t/ha)

-

2.00

4.00

6.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Gel

ykbr

eek

t/ha

Jaar

Katoen gelykbreekopbrengs

Gelykbreek Ton/Ha Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Gelykbreek t/ha Neiging (gelykbreek t/ha)

- 1.00 2.00 3.00 4.00

2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 Gel

ykbr

eek

t/ha

Jaar

Grondbone gelykbreekopbrengs

Gelykbreek Ton/Ha Linear (Gelykbreek Ton/Ha) Gelykbreek t/ha Neiging (gelykbreek t/ha)

Figuur 4: Eskom standaard prysverhogings vanaf 2002 tot 2012

Figuur 5: Gelykbreekopbrengs van mielies, katoen en grondbone.

35

Page 38: Kommuniek Mei 2012

vir die goeie vooruitsigte, meen hy. Die afgelope drie tot vyf jaar het produsente onder `n kosteknyptang gebuk gegaan weens aansienlike stygings in insetkostes. Dit het wins-gewendheid onder druk gepaas. Sou die verwagte voordele vir Suid-Afrikaanse produksie in 2012 reali-

800.00 1 000.00 1 200.00 1 400.00 1 600.00 1 800.00 2 000.00

9 -5 566 -3 766 -1 966 -166 1 634 3 434 5 234

10 -4 766 -2 766 -766 1 234 3 234 5 234 7 234

11 -3 966 -1 766 434 2 634 4 834 7 034 9 234

12 -3 166 -766 1 634 4 034 6 434 8 834 11 234

13 -2 366 234 2 834 5 434 8 034 10 634 13 234

14 -1 566 1 234 4 034 6 834 9 634 12 434 15 234

15 -766 2 234 5 234 8 234 11 234 14 234 17 234

Direk toedeelbare koste per hektaar 12 766

Opbrengs t/ha

Prys (R/t)

Sensitiwiteitsanalise mielies 2011

seer, sal dit winsvlakke vir belangheb-bendes in die bedryf veilig hou. Janovsky meen beduidende voordele spruit ook uit die wydverspreide gebruik van nuwe tegnologie wat die benade-ring tot landbou-roduksie verander. Die vinnige en diepliggende veran-deringe sal volgens hom verseker dat

die sikliese voordele van hoër pryse en groter produksie verleng word. Hy meen egter ook dat een uit elke drie produsente moontlik in die volgende 20 jaar uit die Suid-Afri-kaanse landbou kan tree, aangesien kleiner boere dit toenemend moeilik vind om te oorleef.

Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise mielies 2011.

Page 39: Kommuniek Mei 2012
Page 40: Kommuniek Mei 2012

Brits van den BergUitvoerende Bestuurder: Versekering en Eiendomme van GWK

Versekering

Vervoer van masjinerie: Is jy gedek?

M et die skryf van hierdie artikel wil GWK graag ons kliënte se aandag vestig

op `n tegniese punt ten opsigte van wetgewing en regulasies wat verband hou met die vervoer en verskuiwing van groot masjinerie op openbare en private paaie. Groot masjinerie sluit die volgende in stropers, katoenplukkers en sekere toerusting wat nie voldoen aan die vereistes van die padwetgewing nie. Die tabel hier onder gee `n uiteen-setting van die wettige perk soos per Regulasie 240 van die Nasionale Wet op Padverkeer (93/1996). (Maksi-mum drakrag van die pad.) Voertuie wat vrygestel is van regi-strasie in terme van die bepalings van die Nasionale Padverkeerswet en regulasies en wat dus nie wettig op `n openbare pad mag beweeg nie, word hier aangedui.

Wat val binne die wetgewing? Die wetgewing stipuleer dat, indien bogenoemde masjinerie deur stroop-kontrakteurs of enige ander persoon verskuif sou moes word en `n open-bare pad gekruis moet word, dit nie vir `n afstand verder as 1km gedoen mag word nie en dan moet dit verge-

Motorvoertuie Wetlike beperking (Reg 240)

Steering/Drive

Min. gewig Front Axle

(single tyres)

Min gewig Rear Axel

(single tyres)

Max. Estimated Weight Axle Front

(Single tyres)

Max. Estimated Weight Rear Axel

(Single tyres)

S550 7700kg /8000kg 8114Kg 6347Kg 9470Kg 6861Kg S660 7700kg /8000kg 8299Kg 8510Kg 9760Kg 6861Kg S670 7700kg /8000kg 8444Kg 8779Kg 10644Kg 10435Kg S680 7700kg /8000kg 9172kg 9976kg 11057Kg 11304Kg S690 7700kg /8000kg 9172kg 9976kg 11057Kg 11304Kg

AANHANGSEL A

NASIONALE PADVERKEERSWET, 1996: NASIONALE PADVERKEERSREGULASIES, 1999

HOOFSTUK III: REGISTRASIE EN LISENSIËRING VAN MOTORVOERTUIE, EN REGISTRASIE VAN VERVAARDIGERS, BOUERS EN INVOERDERS EN VERVAARDIGERS VAN NOMMERPLATE

DEEL I: REGISTRASIE EN LISENSIËRING VAN MOTORVOERTUIE

5. MOTORVOERTUIG VRYGESTEL VAN REGISTRASIE 1) `n Motorvoertuig

d) wat deur die rede van sy dimensies of die massa daarvan of die massa van `n deel daarvan, mag beweeg op 'n openbare pad in terme van die Wet, en wat nie so bedryf word nie;

sal van registrasie vrygestel word en sal nie geregistreer word in ooreenstemming met die bepalings van hierdie deel van die Wet nie: Met dien verstande dat indien die eienaarskap van 'n motorvoertuig oorgedra word van die Departement van Verdediging aan 'n ander persoon, sal so `n Departement registreer sodanige oordrag.

20. MOTORVOERTUIG VAN VRYGESTEL VAN LISENSIËRING `n Motorvoertuig wat vrygestel is van registrasie in terme van regulasie 5, en `n motorvierwiel, sal nie vereis word om te lisensieer in terme van hierdie Deel nie.

HOOFSTUK VI: VOERTUIE

DEEL IV: VRAGTE OP VOERTUIE

240. DRAKRAG VAN MASSAVRAG VAN PAD 1) Geen persoon mag op `n openbare pad beweeg met `n motorvoertuig of `n kombinasie van motorvoertuie, waarvan die wiele toegerus is met lugbande, indien –

a) die massavrag van die wiele - i) wat aan 'n stuuras vasgeheg is, meer as 3 850kg, of ii) wat aan aste vasgeheg is anders as 'n stuuras en meer as 4 000kg oorskrei nie;

sel word deur `n voertuig wat aandui dat `n abnormale vrag op pad is, met die nodige ligte en rooi vlae. Versekeraars is dit eens dat omvat-tende dekking op hierdie masjinerie slegs van krag sal wees indien die

versekerde binne die wetgewing optree. Met `n oortreding van die wet stel die versekerde homself dus aan derdeparty eise bloot. (Sien ook Aanhangsel A.)

38

Page 41: Kommuniek Mei 2012

Handré van HeerdenGWK Graanhandelaar Graan

Fundamentele markkragte speel `n rol in prysbepaling

`n moeilik bepaalbare korrelasie bestaan tus-sen fundamentele- en

tegniese markfaktore wat graan-pryse bepaal. Albei speel `n deurs-laggewende rol in prysbepaling, die een geld soms meer as die ander en `n interessante dinamika is tussen die twee ter sprake. Die suiwer tegniese analis sal rede-neer dat alle faktore in die huidige prys gereflekteer word. Indien dit so eenvoudig was, sou elke markdeelne-mer tegniese besluite gemaak het. Die eerlike, tegniese handelaar sal ook vir `n mens vertel dat sy posisies al só gebrand het dat die brandweer nodig was om te red. Die fundamentele handelaar is weer oortuig dat pryse alleenlik deur vraag en aanbod gedryf word. Fundamen-tele faktore op sigself , kan egter nie die regstellings en volatiliteit in die mark verduidelik nie. So byvoorbeeld

was die geelmielieprys vir Mei 2012 op 30 Januarie 2012 op R2 391 en sewe verhandelingsdae later op R2 057. Fundamenteel het myns insiens bitter min in hierdie tydperk verander om hierdie daling te reg-verdig. Breë konsensus bestaan dat verskeie prysbepalings metodologieë geld, maar onsekerheid heers oor wanneer die een swaarder as die an-der weeg en hoe hul interafhanklik-heid werk. Hoe verreken ons byvoor-beeld reuse beleggingsfondse wat in kommoditeitsmarkte belê en onttrek? Ons moet egter iewers begin. Funda-mentele nuus rakende in- en uitvoere, produksietoestande, voorraadvlakke, graantenders ens., word bykans al om die minuut op vele nuuskanale soos Reuters en velerlei webwerwe bekend gemaak. Mielies en koring word nie in isolasie van ander kommoditeite verhandel nie. Hierdie artikel laat egter nie ruimte om die fundamentele dina-

mika van sojabone, rys, katoen, oliesade, suiwelprodukte, veevoer-grane, veeproduksiesyfers, ethanol, die olieprys en vele ander invloede op die mielie- en koringprys te bespreek nie. Vandaar dus die grootste kritiek teenoor `n suiwer fundamentele ont-leding. Selfs al sou dit moontlik wees om al die beskikbare markinligting te ontleed wat `n moontlike invloed op die bepaling van die mielie- en ko-ringprys kon hê, sou dit baie moeilik wees om die intydse, presiese invloed te kon bepaal. Vir die doel van hierdie artikel gaan oorhoofse fundamentele nuus oor die mediumtermyn aangebied word. Die Wêreld Landbouvoorrade en Ver-bruik Skatting (WASDE) van 09 Maart 2012, asook die 24 April 2012 Oesskatingskomitee-verslag sal hoof-saaklik gebruik word. Die WASDE-verslag word deur die Amerikaanse departement van landbou opgestel. Die uitdaging hierin is nie bloot om

Page 42: Kommuniek Mei 2012

net syfers af te rammel en `n voor die hand liggende opsomming te maak nie. Vir die doel van hierdie artikel stem ons dus met die fundamentele ontleder saam dat vraag en aanbod die kern van prysbepaling behels. Die spreekwoord lui: “Fundamentals will prevail”.

Koring Die internasionale koringseisoen strek van April tot die daaropvol-gende Maart. Wêreldvoorrade word hoofsaaklik bepaal deur die produksietoestande in die vernaamste uitvoerlande te weeg teenoor verbruik in die vernaamste invoerlande. Die vernaamste uitvoerders is Amerika, Argentinië, Australië, Kanada, die Europese Unie, Rusland, Kazakstan en die Oekraïne. Die vernaamste invoerlande is Amerika, Brasilië, China, tien Midde Oosterse state, vyf Noord-Afrika-state en vyf Suid-Oos Asiese State. Die 2010/2011-seisoen wat einde Maart 2012 ten einde loop, was die wêreld beginvoorraad op 202.33mt gereken en eindvoorraad op 199.49mt geprojekteer. Daarenteen word die 2011/2012-beginvoorraad op 200,7mt geraam met die gepro-jekteerde eindvoorraad teen Maart 2012 op 213,1mt. Dus `n aansien-like styging. Internasionale koringvoorraad vir die 2011/2012-seisoen word bykans onveranderd gelaat. Invoere word met 0,3mt vergroot vir Algerië, Suid-Korea en Uzbekistan. Matig groter invoere word vir Azer-beidjan, Chile, Georgië en Angola gedoen. Invoere word 0,2mt afwaarts aangepas vir Sirië. Laer beginvoorrade in China, 1 mt, en Bangladesh, word geneutraliseer deur `n 1,2mt hoër Australiese kor-ingoes. Wêreldhandel in koring word vergroot deur geprojekteerde hoër in-voere deur verskeie state. Die groot-ste aanpassing is Iran, waar invoere met 0,8mt verhoog is. Die grootste styging in koringuitvoere

word vir Amerika voorspel. Verder word `n 0,5mt verhoging in uitvoere vir Australië, Brasilië en Kazakstan voorspel. Matige verhogings in uitvoere word vir Turkye en Serwië voorspel. Indiese koringproduksie word op 87mt geraam. Duitse koringproduksie word op 24,2mt teenoor 22,7mt afgesluit. Op die oomblik word die oes in die Oekraïne van 22mt na 14mt aange-pas. Teen `n geprojekteerde globale uitvoermark van 142,9mt, is dit slegs 0,6mt kleiner as die 2008/2009- rekord.Globale koringverbruik word met 3,5mt verhoog deur meestal hoër Chinese verbruik en hoër verbruik van voerkoring in Australië, Iran en Suid-Korea. Globale eindvoorraad vir die 2011/2012-koringoes word 3,5mt laer geskat. Onrusbarend vir Suid-Afrika is die voorneme om slegs 547 200ha koring te plant. Hierdie oppervlak is die kleinste sedert die 1930`s en dui op uitdagings wat koringproduksie aanbetref. Desember 2012- koringpryse is op die oomblik nie op noemenswaardige winsgewendheidsvlakke nie.Produksietoestande, sneeubedekking, politieke onrus, planttoestande, wis-selkoerse, olieprys, globale finansiële welstand, beskikbaarheid van skepe en die hanteervermoë by hawens is maar enkele faktore wat vraag en aanbod bepaal. Koueskade op die huidige oes behoort pryse te stut. Dit bleik egter in hierdie stadium dat daar voldoende voorraad vir die verbruik sal wees en dat eindvoorrade

behoort te styg.

Mielies Internasionale eindvoorraad met betrekking tot mielies vir 2010/2011 word op 129,07mt gereken. Die beginvoorraad was op 144,18 mt. Wêreld in- en uitvoere balanseer selde vanweë verskillende bemarking-sjare, graan in transit en diskrepan-sie wat opbrengste en voorraad aanbetref. Die WASDE-verslag word egter steeds as die mees geloofwaardige bron geag.Wêreldproduksie word in 2010/11 op 829.24mt gereken. Amerika maak 316,17mt hiervan uit en vandaar al die oë wat meestal op hul produksie en uitvoere gerig is. Wat 2011/12-projeksies betref, word beginvoorraad op 128,83mt en eindvoorraad op 125,35mt gereken. Produksie verhoog na 864,11mt, maar veevoerverbruik en uitvoere ver-hoog en ethanolverbruik is gesond. Ethanol gebruik 40% van Amerika mielieoes, maar vanweë belasting-voordele wat teen einde 2011 verval het, blyk dit dat ethanol sy korttermyn optimale vlak van mielieverbruik bereik het. Die laaste Oesskattingskomitee-verslag van 24 April 2012 skat die 2011/12 Suid-Afrikaanse mie-lieoes op 11,12mt. Hierdie totaal was 12,7mt tydens die Februarie 2012-skatting. Genoeg is al gesê oor die huidige bodemskraap mie-lievoorraad. Huidige uitvoere van 2,395mt blyk in die kol te wees en kan selfs 2,5mt oorskry. Vir die 2012/2013-seisoen word uit-

40

Page 43: Kommuniek Mei 2012

voere op 1,408mt geprojek-teer. Gegewe die buitelandse bywoning van die laaste Graan SA-vergadering op Bothaville op 7 Maart 2012, glo ek dat die uitvoerbesig-heid sterk sal bly. Ons sal maar moet sien of hierdie 1mt laer geprojek-teerde uitvoere `n onderskat-ting blyk te wees. Tans dryf die Amerikaanse en Chinese mielieaanplantings die internasionale mielieprys. Aanplantings vind teen `n rekordtempo plaas. Met die skryf van hierdie ar-tikel is 28% van hul oes reeds aangeplant. Die tradisionele hektaarkom-petisie tussen mielies en soja-bone vind plaas en sojapryse is op `n vierjaar-hoogtepunt. Die Chinese vraag en Suid-Amerikaanse droogtes stut sojapryse. Dit blyk dat die stroop van die Amerikaanse mielieoes vanweë hierdie vroeëre aan-plantings tot drie weke vroeër kan plaasvind. Sodra die oes in die grond is, moet die Julie 2012-tem-perature met betrekking tot bestuiwing dopgehou word. Uitvoere, veevoerverbruik en mielies vir ethanol, in kort die vraag na mielies, sal pryse vir geruime tyd stut. Fundamentele markkragte speel sonder twyfel `n be-duidende rol in prysbepal-ing. Koue, `n oormaat reën, droogte en velerlei vraag-en-aanbod-scenario’s het `n baie groot invloed op prysbe-paling. Uit hierdie aanname is dit dus duidelik dat verhoogde mielieverbruik pryse steun. Die 2012-aanplantings in Amerika moet fyn dopgehou moet word. Chinese aankope en an-der uitvoerbesigheid sal die

mielieprys op Chicago onder-steun. Daar kan nie baie fout gaan met hul oes nie en selfs met hierdie aanplanting sal eindvoorrade teen Augustus 2013 op 16 jaar-laagtepunte wees. Suid-Afrika se knap mie-lievoorrade behoort pryse vir die komende seisoen op gesonde winsgewendheids-vlakke te hou. Uitvoerbesigheid is gesond en die huidige oes gaan al hoe kleiner word. Produsen-te moet hierdie geleentheid benut om goeie opbrengs op kapitaal te realiseer. Moenie redeneer dat pryse net sal aanhou styg nie! Oesdruk sal pryse laat sta-biliseer, maar ná die seisoen behoort pryse te styg soos voorraadvlakke daal. Neem `n winsgewendheidsbesluit, bemark in `n opgaande mark en verdeel bemarking in seg-mente. Moenie met een groot besluit die boerpot probeer slaan nie. Koring se vooruitsigte is minder rooskleurig. Voldoende wêreldvoorraad en verskeie state wat as moont-like invoerders na Suid-Afrika kan kwoteer, kan die Safex-prys onder druk hou. Beleggingsfondse sien huidige Amerikaanse mielies, asook nuweseisoen-sojabone as baie aantreklike beleg-gingsgeleenthede. Nuweseisoen-mielies is minder aantreklik weens die groot beplande aanplanting. Fondse sal egter in `n oog-wink toetree as teëspoed met die oes ervaar word.Kontak GWK gerus om u by te staan met verskeie strate-gieë en planne om u bemar-king- en verskansingsopsies te optimaliseer.

Page 44: Kommuniek Mei 2012
Page 45: Kommuniek Mei 2012
Page 46: Kommuniek Mei 2012

Colleen Collen Eiendomme

E erste Nasionale Bank (FNB) het in sy jongste verslag sy voorspelling vir huisprysgroei

vir 2012 van 2% na 4,2% aangepas. Groei is steeds stadig, sê dié bank, maar sal tog effens vinniger wees as die 3,2% van 2011. Die FNB-Huisprysindeksverslag vir Februarie toon dat huispryse gegroei het van 6,1% in Januarie tot 6,6% jaar op jaar (j/j) in Februarie. Dit is die hoogste j/j-groei sedert Julie 2010. Die skrywer van die verslag en FNB eiendomstrateeg mnr. John Loos meen dat die verbetering in huisprysgroei grootliks te danke is aan `n laat 2011 opswaai in reële ekonomiese groei. Suid-Afrika se bruto binnelandse produksyfer vir die vierde kwartaal van 2011 het `n jaarlikse koers van 3,2%, hoër as die vorige kwartaalsyfer van 1,7%, getoon. Loos verduidelik dat ons vroeg in 2012 moontlik hoër vlakke van bankhuislening-wedywe-ring kan sien, aangesien die kernfokus op markaandeel gaan wees.Uitleners sowel as lenende huishou-dings is in die algemeen “pro-siklies” in hul optrede. Soos die onlangse geskiedenis verbeter en slegte ge-beurtenisse soos die 2008/9-resessie, asook die 2008-rentekoerspiek in hul geheue vervaag, verbeter hul persep-sies oor risiko. Loos dui egter aan dat die huisprys-groei en die betreklike hoë Februarie-koers van 6,6% j/j heel moontlik nie langer as `n paar maande sal duur nie. Met die algemene verwagting vir stadiger ekonomiese groei in 2012 (in vergelyking met 2011 as `n geheel) en ten spyte van die laat 2011 op-

swaai, neig die voorspelling na stadige enkelsyfer huisprysgroei. Intussen rapporteer ABSA lae verband voorskotgroei tot dusver in 2012. In Januarie het die waarde van terugbe-taalbare kredietsaldo’s met 6,1% j/j na `n vlak van R1 186,2 biljoen gegroei. Die ABSA Verband Voorskotverslag toon ook dat huishoudelike krediet op `n maandelikse basis gestyg het tot R8,7 biljoen of 0,7% van Desember na Januarie. Die waarde van terugbetaal-bare privaatsektor verbandsaldo’s by finansieële instellings, wat insluit kommersiële en residensiële verbandle-nings, het met 2,4% in Januarie gestyg. ABSA eiendomsanalis mnr. Jacques du Toit meen die waarde van terug-betaalbare verbandsaldo’s in die huishoudelike sektor het in Janu-arie met 1,6% j/j tot R773,5 biljoen gestyg. Maand-op-maand groei van R1,1 biljoen of 0,1% is in Januarie aangeteken in terugbetaalbare ver-bandsaldo’s vergeleke met Desember. Du Toit meen dat reële ekonomiese groei van 2,8% (3,1% in 2011) ver-

wag word in 2012, verbruikersprys-inflasie bo 6% sal bly, die rentekoers standvastig sal bly tot later vanjaar en reële huishoudelike besteebare inkomste teen `n stadiger pas as in 2011 sal groei. Die huishoudelike skuld-tot-inkom-ste- verhouding word verwag om rondom 75% te bly en baie ver-bruikers sukkel steeds met geskende kredietrekords. ABSA voorspel dat die residensiële eiendomsmark sal voortgaan om sta-dige, matige groei te toon in 2012. Du Toit meen ook dat verband voor-skotgroei beperk sal wees tot enkelsy-fers tot die einde van die jaar. Ondanks teleurstellende syfers van die banke en eiendomsanaliste, meen eiendomsagente dat reg-geprysde eiendomme betreklik vinnig kopers lok en dat eerste kopers in sekere gebiede baie goeie transaksies sluit.

Bronnewww.property24.com

Huispryse groei, koop nou!

44

Page 47: Kommuniek Mei 2012
Page 48: Kommuniek Mei 2012

N oord-Kapenaars het be-hoorlik geskitter op die glansgeleentheid waarop

mev. Anne Maclean as Kumba Iron Ore en Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar, en FARR (Foundation for Alcohol Related Research) op De Aar as die Instansie van die Jaar aange-wys is. Die kompetisie is in samewer-king met GWK en twee ander instan-sies aangebied. “GWK is trots om deel te wees van Volksblad se Noord-Kapenaar van die Jaar-toekennings,” sê mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK). “Ons gee graag saam met Volks-blad en sy ander vennote erkenning aan die mense wat só hard werk om ons provinsie `n beter plek te maak. Geluk aan elkeen wat genomineer is. Elkeen is `n wenner in eie reg.” Kumba het by die geleentheid die

Noord-Kapenaars skitter

Carien GroblerUit ons streek

goeie nuus gedeel dat hulle FARR, die stigting vir alkoholverwante navorsing op De Aar, geldelik gaan bystaan. FARR doen baanbrekerswerk met die bekamping van fetale alkoholsin-droom (FAS). Hulle het in 1997 begin en het sedertdien al die navorsing oor die voorkoms van FAS in Suid-Afrika gedoen.Mnr. Christo van Staden, assistent-redakteur van Volksblad, het gesê die kompetisie laat inwoners besef hoe-veel ongelooflike mense en instansies daar in die Noord-Kaap is. “Hulle doen geweldig baie om die provinsie `n beter plek vir die mense en omgewing te maak. Die oogmerk van die kompetisie is juis om die on-besonge helde van die Noord-Kaap uit te lig, om dit wat hulle ongesiens en stilletjies doen, aan die groot klok te hang en om die kollig op hulle te laat val.

“Hoewel net een of twee uitgelig en bekroon is, moet julle elkeen weet dat jy en jou instansie `n wenner in eie reg is. Mense het raakgesien wat julle doen en julle benoem. Die geraamde sertifikate is `n manier om te sê jul harde werk en opoffering gaan nie ongesiens verby nie.” De Klerk het gesê die benoemdes en ander mense wat onbaatsugtige diens doen, is nie bang om binne armoede te werk en opheffingswerk te doen nie. “Dit is vir GWK se direksie en hoof-bestuur ononderhandelbaar dat ons terugploeg in die gemeenskappe waar ons werk. Ons is deel van die Noord-Kaapse gemeenskap en belê in mense van die provinsie,” het De Klerk gesê.

Mev. Tanya Aucamp (Kommunikasiehoof, Kumba Iron Ore), mnr. Johan van Dyk (Besturende Direkteur: GWK), mev. Benita Valkenborg (Bestuurder van die Diamond Pavilion Shopping Mall) en mnr. Christo van Staden (Assistent-redakteur: Volksblad) met FARR op De Aar se toekenning as Noord-Kaapse instansie van die jaar.

BronneVolksblad

46

Page 49: Kommuniek Mei 2012

GWK GROET `N GROOT GEES NÁ 30 JAAR

GWK Nuus

Dit is sowaar die einde van `n era! Na `n dienstydperk van 30 jaar

(waarvan 25 by GWK se kredietafde-ling), het mnr. Kosie Stals onlangs uit GWK se diens getree. Stals is bekend vir die liefde en respek wat sy kollegas en kliënte teenoor hom koester. Kommuniek het met `n paar van sy kollegas gesels. Hulle beskryf hom as `n hulpvaardige, bereidwillige, nederige en vriendelike mens wat ekstra moeite vir `n kollega en kliënt sou doen en altyd tyd gemaak het vir ander. Mnr. Coenie Wilkenson, Stals se direkte hoof toe hy in 1982 by GWK begin het, vertel dat hy onwillekeurig terugdink aan Stals wat altyd teen dieselfde spoed met sy “pienk Ford-jie” gery het. “Want die kar het net een rat gehad – vorentoe! En hy het altyd geblink soos `n bottel.” Só was Stals ook in sy werk: altyd deeglik, presies en eerlik. Hy het nooit sy humeur verloor nie en altyd net sy beste gelewer. Voorwaar `n werknemer om op trots te wees, sê Wilkenson. Volgens Mev. Alta Bezuidenhout (Rekenmeester: GWK) wat ook saam

Mnr. Kosie Stals, wat ná 30 jaar uit GWK se diens getree het.

met Stals op skool was, sal hom altyd onthou as iemand vir wie `n mens enigiets oor sy werk kon vra en hy het altyd geweet. Me. Wilma Claasen, Stals se regter-hand van die afgelope vyf jaar, som hom as volg op: “Kosie is soos `n ou huis wat goed versorg is (voorkoms) oor die jare. Daar is die mooiste meubels en goedjies in (goeie mens) Die huis het hier en daar krake (hartseer, pyn, ouderdom) wat altyd mooigemaak is met `n nuwe laag verf (altyd netjies). Die huis het `n reuse stoep met pilare wat die huis

regop hou (hy was altyd `n steun-pilaar) en daar is potplante op die stoep met die mooiste blomme (sy geluk en liefde vir sy werk en fami-lie). `n Prominente dak troon bo-oor die die huis (hoogtes en prestasies bereik) en daar is `n voetpaadjie met die mooiste randstene wat voor die huis uitstrek (al die dinge waarna hy nog uitsien en wil doen). `n Huis wat almal aantrek en waarheen jy altyd wil terugkeer vir nog `n kuier.” GWK en sy kliënte gaan beslis hierdie groot gees mis. Kosie, ons salueer jou!

LANTIES SPRING IN BY GWK OP MODDERRIVIER

`n Groep leerlinge van die Hoërskool Landboudal help met laaiwerk by GWK.

Die manne van die Hoërskool Land-boudal op Jacobsdal se hande

staan vir niks verkeerd nie. Dít het hulle bewys toe `n groep leer-linge van dié skool tydens `n onlangse arbeidsaksie by GWK op Modderrivier ingespring het om met laaiwerk te help. Die leerlinge het vinnig korte mette van die werk gemaak. GWK bedank graag die Lanties vir hul bereidwilligheid en goeie gees.

47

Page 50: Kommuniek Mei 2012

Wenner: Karen Swanepoel van Douglas Tema: Seester

Mei kunsfoto’sJunie eenvoudJulie herfs

Temas vir 2012Maandelikse pryse

1ste R600 GWK kleinhandel-

koopbewys, geborg deur GWK

Landmark.

2de R300 GWK koopbewys

3de R100 GWK koopbewys

REËLSDie inskrywing moet verband hou met die tema vir die maand en moet ook `n onderwerp hê. Slegs twee inskrywing en foto’s wat geneem is deur die persoon wat dit inskryf, sal aanvaar word. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500kb wees nie. U naam en van, adres en kontaknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Fotokompetisie

Stuur foto’s na

[email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

48

Page 51: Kommuniek Mei 2012

Derde: Martin Müller van Jan Kempdorp Tema: Sonsteek

Tweede: Alison Duncan van Hopetown Tema: Perde in die woestyn

Tony Cahi van Prieska Tema: So baie om te vervoer.

Wenner: Karen Swanepoel van Douglas Tema: Seester

Bertie Theron van Prieska Tema: Skilder met reën

49

Page 52: Kommuniek Mei 2012

Griekwas stoom voort . . .

Die SkopskoenOom Gemsbok

D agsê! As Oom Gemsbok se GWK Griekwas so op die pun-

teleer voortstoom gaan min spanne hierdie jaar die Vodacombeker van GWK Park kan weghou. Hulle het nie net moeilike weg-wedstryde gewen nie, maar maak ook seker dat hulle hul tuiswedstryde wen. Mooi manne! As ons “huurspelers” weer tuis is, gaan Griekwas `n mooi Curriebeker-span in die veld kan stoot. Oom Gemsbok droom al van `n tuis half- eindstryd op GWK Park, maar kom ons hardloop nou nie met die sak vol Paaseiers weg nie. Nadat Heyneke die helfte van die Bulls se afrigtingspan gaan staan en leeg koop het, veroorsaak al die beserings nou `n kapteinskrisis vir die Bokbreier. Wie gaan hy as kaptein van die Bokke kies? wil almal weet.

En glo my, daar is nie veel oor om van te kies nie. Met Schalkie, Juan en Jean beseer, bly net Spies, Adriaan, Josh, Biscmark en Chilli-boy oor, wat nie een juis in hierdie stadium na Bokkaptein-materiaal lyk nie. John is amper op pensioen en Mattie is vasgeteken by Supersport wat ons los met Fourie du Preez wat moontlik kan kom uithelp. Maar wie is ons Bokkaptein vir die toekoms? Dit waarmee Heyneke goed is en wat Oom Gemsbok hoop hy hom tans mee besig hou, is die kies van `n vars, bloedjong Bokspan om vir 2015 te bou, maar met die kies van `n nuwe, jong Bokkaptein, kry ek die arme man baie jammer. Met die Stormers se Rooi Willie, Kolisi, Etzebeth en Aplon – die Bulls se Stander, Greyling, Kruger, Hougaart en Potgieter – die Chee-tah’s se Coenie, Goosen en Strauss

en die Sharks se Umvovu en Coet-zee, kan Heyneke rondom die ervare manne `n paar jong ysters deurbring en mooi vir die toekoms grootmaak. Vir die Ingilse was Oom Gemsbok nog nooit juis bang nie. Hul moeilikheid begin sommer met `n weekdag-wedstryd op GWK Park. Met die talent wat ons tans het, behoort die Engelse ons geen sla-pelose nagte te besorg nie en indien wel moet ons liewer begin waterpolo speel. Sterkte aan die Stormers-, Bulls-, Cheetah- en Sharks-ondersteuners vir die laaste deel van die S15 waar die druk net groter, die verskonings al meer en vure net hoër gaan raak. Lekker braai manne!

Tot volgende keer.Groetnis Oom Gemsbok

50

Page 53: Kommuniek Mei 2012

Pret op die plaasVir die jongspan

166 168 170 172 194 196 198

164 178 176 174 192 190 200

162 180 182 184 186 188

160 158 144 142 140 126 124 122 108 106

154 156 146 136 138 128 118 120 110 104

152 150 148 134 132 130 116 114 112 102

10 12 14 20 22 24 90 92 94 100

8 6 16 18 28 26 88 86 96 98

2 4 32 30 48 50 84 82 80

34 44 46 52 66 68 78

36 42 56 54 64 70 76

38 40 58 60 62 72 74

Help die bokkies om by mekaar uit te kom. Volg die ingang en maak `n pad deur in twee te tel.

51

Page 54: Kommuniek Mei 2012

Droom in volkleur . . . en wees meer kreatief

Carien GroblerLeefstyl

D ie meeste mense slaap sowat `n derde van hul lewens. Teen die ouderdom van 80

het `n mens dus al 27 jaar geslaap en sowat vier jaar in droomland deurgebring. Nietemin word drome dikwels as on-belangrik beskou en doen min mense moeite om hul drome te verstaan. Prof. Stephen LaBerge, `n weten- skaplike wat drome bestudeer, meen dat drome ongekende kreatiewe

WANNEER `n mens droom is jou brein baie aktief en in staat om anders te dink as wanneer jy wakker is.

potensiaal het. “Die brein is gewel-dig aktief tydens REM-slaap (rapid eye movement of vinnige oogbe-weging) en word ook nie sensories gestimuleer nie. Dít dra by tot nuwe kombinasies van gebeurtenisse en voorwerpe wat ons as eienaardige drome ervaar. Die toestand van slaap laat `n mens toe om anders te dink as wanneer ons wakker is. Verskeie studies het al bewys dat `n mens meer kreatief is wanneer jy droom, sê LaBerge. “In `n studie waartydens die verskillende ervarings tydens dagdrome, herinneringe aan werklike gebeure en drome vergelyk is, is bevind dat drome meer kreatief is as dagdrome sowel as herinneringe.”

Volgens LaBerge gebruik mense wat helder drome (lucid dreams) het, hul drome as inspirasie vir kuns en om probleme op te los. Hy verduidelik dat helder drome voorkom wanneer `n mens weet dat jy droom. Die term verwys na hel-derheid van verstand. “Helderheid begin gewoonlik in die middel van `n droom wanneer die dromer besef dat die ervaring nie `n fisieke werklikheid is nie. Dié besef kom dikwels wan-neer die dromer iets onmoontlik of onwaarskynlik waarneem.” LaBerge verduidelik dat die mate van helderheid egter kan verskil. Wan-neer `n hoë mate van helderheid voorkom, is die dromer bewus dat

52

Page 55: Kommuniek Mei 2012

alles wat in die droom gebeur slegs in sy brein afspeel, dat daar geen gevaar is nie en dat hy kort voor lank sal wakker word. “Wanneer `n kleiner mate van helderheid ervaar word, is die dromer in `n sekere mate daarvan bewus dat hy droom, maar nie dermate dat hy besef dat die droom geen gevaar vir hom inhou of dat hy in werklikheid in sy bed lê nie.”

Kenners by die Lucidity Institute (`n navorsingsinstituut wat op helder drome fokus), meen dat helder drome `n vaardigheid is wat enige mens kan aanleer. LaBerge het dit reggekry om ná drie jaar die voorkoms van sy eie helder drome van een per maand tot sowat vier per nag te laat toeneem. Die Lucidity Institute beveel die volgende stappe aan om meer gereeld helder te droom:

Onthou . . .

Leer ken die tekens . . . “Droomtekens” verwys na die elemente in `n mens se drome wat aandui dat jy droom, soos `n ont-moeting met `n oorledene. Deur gereeld jou droomjoernaal na te gaan, sal die tekens in jou drome vir jou bekend word en kan jy jouself daarop instel om dit in toekomstige drome te herken.

Toets die werklikheid . . .

Vlieg met jou verbeelding . . . As jy wakker is, verbeel jouself hoe dit sou wees as jy nou sou droom – dat dit wat jy sien, hoor, ruik en voel alles `n droom is. Verbeel jouself ook onwaarskynlikhede in jou omgewing, soos ruimtes wat skielik verander of jy wat bo die grond dryf. Besluit ook op iets wat jy in jou vol-

gende helder droom wil ervaar, soos

om te vlieg, met `n spesi-fieke karakter

Bederf jouself met `n slapie . . . LaBerge het waargeneem dat helder drome neig om meer gereeld tydens middagslapies voor te kom en die afleiding gemaak dat wakkerheid tussen slaapperiodes die waarskynlik-heid van helder drome verhoog.

� Die skrywer Robert Louis Ste-venson het eers oor sy klassieke roman The Strange Case of Dr Jeckyll and Mr. Hyde gedroom voordat hy dit binne tien weke geskryf en laat druk het.

� Die wysie vir die Beatles se liedjie Yesterday het volgens Paul McCartny in `n droom na hom toe gekom. “Ek het een oggend wakker geword en`n pragtige wysie in my kop gehoor.”

� Madame C.J. Walker is luidens die Guinness Book of Records die eerste vroulike Amerikaner wat self haar eerste miljoen gemaak het. Sy was die stigter van `n baie suksesvolle kosmetiese huis.

Walker het aan `n infeksie op haar kopvel gely wat veroor-saak het dat sy die meeste van haar hare verloor het. Sy het met verskillende produkte begin eksperimenteer en het een aand gedroom oor die bestanddele wat sy moes meng om die infeksie op te klaar. Haar infeksie het binne `n paar weke opgeklaar, waarna sy haar mengsel begin verkoop het.

� Die Amerikaanse uitvinder Elias Howe het in 1945 die naaimasjien ontwerp. Sy eerste aantal probeer-slae het almal misluk, maar een nag het hy gedroom dat hy deur `n groep inboorlinge gevange geneem is. Hy het opgelet dat hul spiese gaatjies naby die punte gehad het. Op grond hiervan het hy die oog van die naald naby die punt geplaas, wat van sy ontwerp ’n sukses gemaak het.

Talle uitvindsels, soos `n naai-masjien wat kettingsteek kan werk, is `n produk van iets wat die uitvinders in hul drome gesien het. Hier is nog `n paar:

Hou `n droomjoernaal langs jou bed en skryf jou drome neer sodra jy wakker word, maar nie slegs dié wat volledig is of wat jy interessant vind nie. Skryf dit ook neer as jy slegs `n paar dinge uit `n droom onthou. Onthou ook om jouself voor slaap-tyd daaraan te herinner dat jy graag jou drome wil onthou wanneer jy wakker word. Dit werk op `n soortgelyke manier as wanneer `n mens jouself instel om op `n sekere tyd in die oggend wakker te word.

Dit sal jou leer om te bepaal wan-neer jy wakker is en wanneer jy `n helder droom ervaar. Doen dit `n paar keer per dag deur iets te lees of na `n horlosie te kyk, weg te kyk en terug te kyk om te sien of die teks of syfers verander het. As dit dieselfde bly en sin maak, is jy waarskynlik wakker. As dit wel verander of nie sin maak nie, droom jy waarskynlik.

te praat of na `n spesifieke plek

te gaan. Hou aan om jouself te verbeel dat jy droom en verbeel jouself ook nou dat jy die aktiwiteit doen waarop jy besluit

het.

Page 56: Kommuniek Mei 2012

Rose-Marie van Vuuren Oulap se rooi

Maak mooi met min

Skud jou vere reg vir `n snoesige winter

D ie winter het ons hierdie jaar heel onkant betrap en van `n behoorlike herfs was daar

nie eens sprake nie. Hierdie maand kyk ons na `n paar wenke om `n warm gevoel in jou huis te skep.

Die TV-kamerDie TV-kamer is die deel van die huis waar `n mens gewoonlik die meeste van jou tyd deurbring. Dit is nou die tyd om al jou mooi lappe en kombersies uit te haal. Gooi jou banke daarmee toe om `n snoesige gevoel te skep. Ekstra kussings sal ook warmte aan die vertrek gee. Fluweel, suède, kunspels en “polar fleece” met donker kleure en patrone is gewilde opsies. `n Mooi houer met kniekombersies sal verder bydra om dit `n heerlike ontspan- en kuiervertrek te maak. `n Kaggel sal beslis van jou TV-ka-mer die gewildste vertrek in die huis maak. As jy nie een het nie, besoek jou naaste hardewarewinkel. `n Kaggel is deesdae bekostigbaar en in verskeie groottes en vorms beskik-baar.

Die slaapkamerDowwe beligting skep dadelik `n warm en romantiese voorkoms vir `n slaapkamer waar `n mens kan droom, rustig word en ontspan. Herfskleure werk baie goed vir `n warm, winter-gevoel, maar `n

neutrale kleur soos grys kan ook baie effektief wees om `n gesofistikeerde voorkoms te skep. Voeg kussings van denim saam met houtmeubels om warmte aan die vertrek te verleen en gooi `n bypas-sende los mat om die prentjie af te rond.

Los matteIn ons klimaat is geteelde vloere `n moet in die somer, maar in die winter kan dit `n kliniese gevoel skep. Gooi `n paar los matte in jou huis om dit

snoesig te laat lyk. MeubelsMeubels van donker hout

`n Paar strooikussings in warm kleure, `n los mat en sagte beligting sal jou huis hierdie winter `n warm tuiste vir jou gesin maak.

skep `n warmer gevoel in die koue maande. Jy hoef egter nie jou meubels te vervang nie. Skuur `n meubelstuk van dennehout netjies af en verwyder al die skaafsels met `n skoon kwas. Tint (“stain”) dit dan met `n tint waardeur die grein van die hout steeds sigbaar sal wees. Verf die meubelstuk dan met `n waslaag om die hout te beskerm en te keer dat vloeistowwe kolle daarop maak. Die tint en was is by enige hardewarewin-kel beskikbaar.

54

Page 57: Kommuniek Mei 2012

Saamgestel deur Susan DrinkrowGesondheid en resep

Brandewynpoeding

5ml koeksoda250g dadels, ontpit en fyngekap250ml kookwater125g botter 1K suiker2 eiers, geklits500ml koekmeelblom5ml bakpoeier2ml sout250ml fyngekapte pekanneute

■ Voorverhit oond tot 180ºC.■ Voeg koeksoda by 125g dadels en

giet kookwater oor. Meng goed en laat afkoel.

■ Room 125 g botter en suiker en klits eiers in. Meng goed, sif meel-blom, bakpoeier en sout oor geroomde mengsel en vou in.

■ Voeg neute by en meng goed. Roer

Resepkoeksoda-en-dadelmengsel in.

■ Meng baie goed, skep deeg uit in groot bakskottel en bak sowat 40 minute tot gaar.

SousMaak intussen die sous. 15 ml botter of margarine1K suiker150 ml water125 ml brandewyn5 ml vanielje-essens1 ml sout

■ Verhit 15 ml botter, 1 koppie suiker en water 5 minute lank. ■ Haal van stoof af en roer brande- wyn, vanielje-essens en sout in. ■ Giet sous oor poeding sodra dit gaar is. ■ Sit warm of koud voor saam met geklitste room of roomys.

Gryp `n hand vol pekans vir `n huppel in jou stap!

Pekanneute is propvol energie en net die regte versnapering om `n

mens in bibberweer aan die gang te hou. Een pekanneutporsie van 28g (on-geveer 20 halwes) verskaf 10% van die vesel wat jou liggaam daagliks nodig het. Pekanneute bevat ook meer anti-ok-sidante as enige ander neutsoort, wat die risiko van hartsiektes en choleste-rolvlakke verlaag. Pekans is `n gesonde peuselhappie en kan ook met gewigsverlies help, aangesien dit die metabolisme ver-snel wanneer dit met `n laevet-dieet gekombineer word. Een porsie pe-kanneute bevat 820 kilojoules, 20,4g onversadigde vet en 2,7g vesel. Hierdie neutsoort is ook gelaai met altesaam 19 vitamiene wat insluit vitamien A, E en B, asook minerale soos foliensuur, kalsium, magnesium, fosfor, kalium en sink. Dit is `n goeie bron van proteïene en boonop natriumvry. Studies wys dat `n hand vol pekan-neute per dag `n mens se senuwee-stelsel kan beskerm en kan help om Alzheimer en Parkinson se siektes en kanker te voorkom.

Page 58: Kommuniek Mei 2012

Barry van Dronkwordspruit . . .

Uit Piet se pen . . . Agterblad

D ít is Barry se naam vir Bronkhorstspruit. Barry kom daarvandaan. Hy en sy oom

doen die installasie van `n nuwe MTN-toring op die plaas. Barry is `n fris, twintigjarige seun met `n rooi kop. Hy het pas die teoretiese gedeelte van sy elektrisiënkursus deur Solidariteit voltooi. Sy droom is om in swaarstroom te spesialiseer. “Dit kos baie geld vir die kursus, Oom,” vertel hy. ‘’Ek sal my bedra-ding-lisensie ook moet kry, anders stel niemand in my belang nie. Sjoe, en jy móét volpunte kry. Ja Oom, dit sal nie maklik wees nie.’’ Rugby is in Barry se bloed. Hy speel al van graad tien af vir sy skool se eerste span. Hoërskool Erasmus om presies te wees. Hy weet nie waar die naam vandaan kom nie, maar wat maak dit nou saak? Solank hy net kan rugby jol, pla name hom nie. “Oom, ek weeg 103kg al van skool-dae af. Oom, as ek `n man in die hande kry, bêre ek hom. Agsteman is my posisie en klaar. Ek is nie eintlik `n ou vir vuil speel nie, maar as `n man met my sukkel, blaai (klap) ek hom sommer nou.’’ Hy speel op die oomblik vir Bronk-horstspruit se eerstes. Eintlik is hy die enigste agsteman op die dorp. Miskien sal hulle maar `n ou van die tweede span moet opskuif vir die ses weke wat hy sy oom moet help. Hul afrigter gaan hom mis. Voorverlede week het so `n kaalkop poeliesman van Benoni vir hom wat Barry is lelik gebêre. “Jis Oom, dit was nie lekker nie. My bors het dub-bel gevou om sy skouer. Ek het soos `n baber na asem gesnak, maar ek het hom belowe ek gaan hom kry.

Verlede week toe speel ons weer teen hulle en toe is dit my beurt. Jis Oom, toe hy weer wegbreek met die bal en hy dink hy is deur, toe slat ek hom in die kortrib. Drie ribbes af. Ek het hom mos belowe Oom. Het oom geweet `n mens kan `n ou buite die lyne `n ‘spear tackle’ gee en dan kan hulle jou niks maak nie?’’ Nee, Oom het nie geweet nie. Barry se familie is almal Bloubulle. Hulle gaan kyk gereeld rugby op Loftus. “My ma is `n groot Bloubul. Oom, jy sukkel nie met haar nie.” Hy hou nogal van die nuwe pienk truie van die bulle. “Sjoe! Weet Oom, daai truie kos R650.” Hy het vir sy meisie een van die ou Bloubul-truie gekoop. Sy wil eintlik een van die nuwe pienk truie hê, maar sy sal eers moet wag tot die “fakes” beginne inkom. “Oom daai Loftus kan wild raak as die Bulle gewen het. Hulle het een aand `n gat dwarsdeur een van my pêlle se oor geskiet.” Barry wys met sy vinger waar die koeël deur die man se oor is. “Ek sê Oom, die poelieste moes daai mannetjie “point” voor hy die rollie neergegooi het. Nee Oom, voor `n rollie kan jy nie hardloop nie. Eastwood Tavern bars uit sy nate ná `n game. Ons soek nie WP-manne wat daar rondhang nie. Nee Oom, vir hulle bêre ons gou.’’ Barry sê hy dra altyd sy bloubultrui en sy hoed na wedstryde. Dit is net die ‘’tappets’’ wat daar rondhang met hul horings. Eintlik is hy op sy geluk-kigste as hy `n bak KFC kan pakslae gee (opeet). Barry is baie verlief. Gedurig aan die BBM. ‘’Jis oom, hierdie Blackberry’s is kwaai fone.’’ Sy meisie moet maar tuis bly terwyl hy weg is. ‘’Daar moet net nie `n ou gaan traai terwyl ek nie

daar is nie. Sy moet haar maar besig hou by haar ma se salon met nael-goete. Ons stry amper nooit nie.” Sy moet net nie `n g-string dra nie, want dan word hy baie kwaad. Ag nee Oom, daai goed laat hulle boude hang.’’ Ek sal nie weet nie. ‘’Daai swaer van haar gaan ek nog blaai. Hy reken mos hy kan my tune. Nee wat, hy is nou wel groot, maar hy is te maer. Hy het op twintig al ge-trou. Oom John, haar pa, is nou nog kwaad vir hom. Oom sal seker weet hoekom. Ek sit sommer vir ou Boela (sy boerboel) op hom. Jis Oom, daai hond het eendag ons tuinman met die grassnyer en al by die tuinhekkie uitgesleep. Daai hondjie van my is `n raakvatter.’’ ‘’Oom John het my klaar gesê hy soek nie `n man sonder `n huis of motorkar wat met sy dogter wil trou nie.’’ Nee wat, hy wat Barry is sal maar eers wag voordat hy daardie gedagtes kry. Al wat hy nou soek is net `n lekker baaik om vinnig by haar uit te kom. “Daai goed is duur my oom, jy kry nie sommer een wat goedkoop is nie. Ek soek een van daai wat, as jy sy oor draai, is hy daar. Hy moet kan arriveer. Oom weet mos?’’ Barry maak ook deeltyds musiek. Hy het 55 000 liedjies op sy rekenaar waarvan mense kan kies. Hy wil nie graag adverteer nie, want hy kan dalk te besig raak. Dit gaan inmeng met sy rugby. ‘’Rugby is my lewe oom. Jis oom, as ek daai manne kan bêre op die veld, is ek op my gelukkigste. Daai poeliesmanne van Benoni is my kos.’’Barry eet elke oggend `n groot bak mieliepap. Die bak maak behoorlik `n skaduwee op die tafel. Ek dink Barry weeg nou al 104kg.

56

Page 59: Kommuniek Mei 2012
Page 60: Kommuniek Mei 2012