kommuniek augustus 2012

72
Augustus 2012 `n handelsmerk van Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf Só prys GWK se produsente

Upload: carien-grobler

Post on 10-Mar-2016

359 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

GWK Corporative magazine

TRANSCRIPT

Augustus 2012

`n handelsmerk van

Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg

Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf

Só prys GWK se produsente

GWK Graan . . .innoverende bemarking

GWK Graan vestig gerusstelling en vertroue by ons produsente deur die gehalte graanbemarking en graanhanteringsdienste wat ons lewer. GWK se graanhanteringsfasiliteite is toonaangewend m.b.t. kwaliteit van infrastruktuur, asook die diens wat gelewer word. By GWK Graan is dit die produsentwat saakmaak!

Kontak die graan-

verkryger in u gebied om u met bemarkingsopsies by te staan.

BARKLY-WES Kobus Beetge 082 805 0885

DOUGLAS Hendrikus Keulder 082 888 6295

Ig Pretorius 082 906 1672

HOPETOWN Steven Storey 082 906 1676

LUCKHOFF Willie Pretorius 082 881 1120

MODDERRIVIER Dewald Burger 082 900 8736

PRIESKA Wimpie Grobler 082 882 2609 OOS-VRYSTAAT Esperansza van der Walt 082 805 9911

i nnoveer landbou

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas,

8730 Tel: 053 298 8200

Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

GWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met `n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur `n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik `n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Inhoud2RedaksioneelOm die lewe van `n natnuwe seisoen te ruik . . .

3Geestelike akker

Leef met kinderlike passie . . .

4Agrikalender

5Damme en reënval

6Landbouwenke

8GWK: Direksie en Bestuur

10LANDBOUSAKEAktueelDroogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg.

14 Ons besigheidSidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf.

16GraanSó prys GWK se produsente.

20 GraanPariteite help om relatiewe waarde van graan te bepaal.

22Navorsing en Ontwikkeling

Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie.

24Navorsing en Ontwikkeling

Presisietegnologie kan stroperdata optimaliseer.

28Navorsing en OntwikkelingSatellietbeelde `n moet vir suksesvolle produsente.

32Spesialisprodukte

Verhoog wingerdopbrengs met korrekte snoeitegnieke.

36Lewendehawe

Kies die regte veldram só.

38Meganisasie Promosie

Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar.

42 GWK NUUSGWK-streekspanne presteer goed. GWK Grondbone ontvang besoek uit Japan.

GWK Eiendomme gee hul 67 minute vir liefdadigheid.

46Ons menseProdusente en GWK-personeel wys hul passie.

54KOMMUNIEK KIEKIES

Jou kind met die GWK-handelsmerk. 56 RUGBYPRAATJIESGriekwas gesels

Die NK is lekker, sê Stefan.

57 DIE SKOPSKOEN Pienk osse se opmars eindig . . .

58Vir die jongspanPret op die plaas.

60Vir die jongspanKinderkuns.

62VROUELeefstylLeef gebalanseerd en speel eerste viool in jou eie lewe.

64Oulap se rooiKies die regte klip vir `n lushof in die Karoo.

66GesondheidKies `n gesonde leefstyl vir beter spysvertering.

67ResepMieliesoep met skop om die koue te verdryf.

68Agterblad

Die toring word `n werklikheid.

14 Sidi Parani

54 Wenkiekie

62 Jy is belangrik!

10 Kommoditeitspryse styg.

A s kind was ons straat in die Oos-Vrystaatse dorpie waar ek grootgeword het, vir my

die heel mooiste op die dorp. `n Mens kon die lente in die lug ruik wanneer die pers pruimbome almal ligpienk gebot het. Net `n week lank het hierdie skouspel hom elke jaar voor ons huis afgespeel, maar daar-die week was elke keer van voor af `n belewenis. Nie net omdat die straat my aan `n sagte, pienk malvalekker herinner het nie, maar omdat ek die lewe van `n natnuwe seisoen kon ruik. Die groen koring wat op die lande staan, is een van die eerste tekens dat die seisoen aan die draai is en dat

ons eersdaags weer die vars geur van die lente sal kan inasem. In ons hoofartikel hierdie maand gee ons aan produsente `n kykie op die wye invloed van die erge droogte waaronder Amerika op die oomblik gebuk gaan. Dan kuier ons by Sidi Parani, wat homself oor die jare heen landswyd as `n leier in die kunsmisbedryf gevestig het. Ons kyk ook na hoe GWK se pro-dusente hul graan prys, vind uit hoe presisietegnologie tot ons produsente se voordeel strek en bestudeer snoei- tegnieke wat `n wingerd se opbrengs kan verhoog. Ons gesels met mnr. Louis van Rens-burg van die Noord-Kaap Veldram

Uitgewer namens GWK Bpk. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking)

Redakteur en uitlegkunstenaar Carien Grobler 072 215 1029

Advertensies Miranda van der Walt 083 709 0688

Om die lewe van `n natnuwe seisoen te ruik . . .

Projek oor die keuse van die regte veldram en kyk na die verskeidenheid implemente wat GWK Meganisasie aan die produsent bied. Dan is dit die dames se beurt om belangrik te voel, `n gesonde leef-styl aan te kweek en `n heerlike mieliesoep te maak wat die koue sal verdryf. Oudergewoonte wag Piet op die agterblad met `n lekkerlag storie oor die toring wat uiteindelik `n werklik-heid geword het! Lekker lees! Tot volgende keer

Carien

Carien GroblerRedakteur Redaksioneel

Hoofkantoor GWK Bpk. De VilliersstraatPosbus 47Douglas8730

Telefoon 053 298 8200 / 087 820 5630

Webwerfwww.gwk.co.za

VOORBLADFOTOGroen koringlande hou die belofte van `n nuwe begin en nuwe lewe in. Foto: Verskaf

Kommuniek verwelkom enige terugvoer van ons lesers. E-pos: Carien Grobler, [email protected] Pos: Kommuniek, Posbus 47, Douglas, 8730.

2

Milanie Vosloo Geestelike akker

Omdat God so baie vir ons om-gee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg. Ons bestaan slegs omdat Hy so wil . . . Ons is deur God gemaak. Ons behoort aan Hom. Handelinge 17:28a en 29a. Jou Skepper het meer in jou gesit as wat jy ooit kan droom of ooit in jou leeftyd kan uitleef. Miskien het jy al `n groot deel van jou menskwaliteite uitgebou en kan jy met oortuiging sê dat jy jou god-delike potensiaal met passie leef. Hopelik het jy ook in die afgelope paar dae opnuut motivering gevind in jouself, jou talente en vermoëns. Dalk het jy ook weer besef dat,

Leef met kinderlike passie . . .soos John C Maxwell gesê het, God se koninkryk ongetwyfeld bevorder word deur mense met `n bietjie talent wat klein dingetjies vir `n groot God doen. Ons kan almal sinvol en bete-kenisvol leef wanneer ons die Gees van God toelaat om deur ons te werk en wanneer ons Hom vra om God se wil deur ons te laat werk. Kom ons bid daarom elke dag die volgende gebed: Dierbare Skep-per, dankie dat U in my eindelose moontlikhede geplaas het en dat U boonop aan my die toerusting gee om dit uit te leef. Vergewe my vir al die kere wan-neer ek bang of lui terugdeins vir die uitdagings van die lewe.

Maak u wil aan my bekend en help my om dit elke dag met die entoesiasme van `n kind aan te pak en uit te voer. Ja, Here, help my om dit wat reeds in my is, ten volle te ontwik-kel.

Uit: Laat Sy liefde jou lei deur Milanie Vosloo. Uitgegee deur CUM.

3

Veilingskalender en Veilingspryse

11 Augustus14 Augustus15 Augustus16 Augustus16 Augustus21 Augustus22 Augustus

Diamant Boranveilig te Schweizer RenekeKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveilingBoshof-skouveilingNasionale Sussex-veiling te KimberleyKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveiling

22 Augustus23 Augustus23 Augustus24 Augustus25 Augustus28 Augustus29 Augustus

Noord-Kaap Dorperklub te KimberleyGriekwastad-veilingBoshof slaglam-/slagos-kompetisieBoshof uithourit-perdeveilingBoshof wildveilingKimberley grootveeveilingKimberley kleinveeveiling

Veilingspryse vir lewendehawe - Junie tot Julie 201218/06 - 22/06

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R11.00

R11.00

R10.00

R17.00

R16.00

R14.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R21.50

R22.00

R21.50

R16.50

R16.00

R21.00

R20.00

R16.00

25/06 - 29/06

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R0

R11.00

R10.00

R16.80

R15.90

R14.60

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R21.50

R22.00

R21.50

R16.50

R16.00

R21.00

R20.00

R16.00

03/07 - 06/07

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R0

R11.00

R9.50

R16.20

R15.50

R14.00

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R21.20

R22.00

R21.50

R17.00

R16.00

R25.00

R25.00

R18.00

09/07 - 13/07

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R0

R10.00

R9.00

R15.40

R15.00

R13.20

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R22.00

R22.00

R22.00

R17.00

R16.00

R25.00

R23.00

R17.00

16/07 - 20/07

Slagosse

Slagkoeie Maer beeste Ligte kalwers (180-200kg) Swaar kalwers (201-250kg) Swaar kalwers (250kg +)

Bees

Skape

R11.00

R11.00

R9.50

R16.00

R15.50

R14.80

Kby

Slaglammers

Stoorlammers Kruislammers Slagooie Maer ooie Klein bokkies

Jong bokke Bokooie

Kby

R25.00

R25.00

R25.00

R17.50

R16.00

R23.00

R22.00

R16.00

4

Oranjerivier Vaalrivier

Rietrivier

Modderrivier

Welbedachtdam GariepdamVanderkloofdam VaaldamAllemanskraaldamErfenisdam

Kalkfonteindam

Krugersdriftdam

939894

70 53 59 78

58

Riviersisteem Dam % Vol

Huidige stand van damme Werklike vs. langtermyn reënval

0

2

4

6

8

10

12

14

Dou

glas

Prie

ska

Hop

etow

n

Bark

ly-W

es

Riet

rivie

r

Vaal

harts

Reënval 25 Junie - 24 Julie 2012

Werklik Langtermyn

Werklike min. en maks. temperature vs. langtermyn temperatuur

Inligting verkry van GFCSA

Damme en reënval

-10-505

1015202530

Douglas Skaal

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

-10-505

1015202530

Douglas Lunenburg

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

-10-505

1015202530

Prieska Green Valley Nuts

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

-505

1015202530

Barkly-Wes Ulco

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

-5

0

5

10

15

20

25

30

Rietrivier

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

-10-505

1015202530

Hopetown Lilydale

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

25 Junie - 24 Julie 2012

5

Maandelikse voorspelling Augustus 2012

-10

0

10

20

30

40

50

Max Max Langtermyn Min Min Langtermyn

Vaalharts/Jan Kempdorp 25 Junie - 24 Julie

� Tesame met bemesting is onkruidbeheer die belangrikste praktyk. Koring en gars is albei gevoelig vir onkruiddruk, veral in `n jong stadium.

� Spuit slegs geregistreerde middels en hou streng by die aanbevole dosisse.

� Onkruiddoders moet verkieslik in gunstige weerstoestande gespuit word om optimale resultate te verkry.

� Vermy bespuiting met water wat `n hoë soutinhoud het. Dit beïnvloed die werking negatief.

� Indien die onkruiddoder sensitief is vir pH, moet `n buffer of

Koring en garsversuurder bygevoeg word tot op die optimale pH-vlakke.

� Buffers of versuurders word voor die ander komponente in die spuittenk bygevoeg.

� Blaarmyner kom toenemend voor op veral gars en voorkomende bespuitings kan al tydens onkruiddoder-bespuitingstyd gedoen word.

� Effektiewe stikstofbestuur deur die groeiseisoen stel die produsent in staat om hoë graanopbrengste met aanvaarbare proteïeninhoud te produseer. Op gars kan 20-40 N toegedien word op ses weke ná opkoms by Puma sowel as Cocktail.

6

Landbouwenke

� Lusern, veral laedormansie-kultivars, begin vinniger groei en besproeiing moet stelselmatig aangepas word.

� Kaliumbemesting kan in die vorm van KCl @ 200kg/ha toegedien word. Kalium speel `n belangrike rol in die translokasie van suikers en vervaardiging van stysel. Dit verhoog ook die plant

Lusernse weerstand teen siektes en verminder waterverbruik.

� Vestiging van lusern in die lente word nie aanbeveel nie weens onkruiddruk en windskade.

� Indien lusern wel in die lente gevestig word, is dit raadsaam om dit saam met koring te plant om windskade te beperk. Die koring kan dan later doodgespuit word.

� Nuwe aanplantings kan tot in Augustus gedoen word. Sterk bome met lang, reguit penwortels moet gekies word vir plant. Plantgate moet meer as een meter diep wees of minstens 200mm dieper as die lengte van die penwortel.

� Stikstof- en fosfaatbemesting moet

Pekanneutein Augustus toegedien word en `n tweede stikstoftoediening moet in Oktober volg.

� Die volgende aksies moet ook in Augustus verrig word:

– Snoei van gevestigde bome. – Plant van saad in beddings. – Verplant van saailinge. – Sny enthout en berg by 4°C. – Ent saailinge (tot September).

Saamgestel deur GWK Navorsing en Ontwikkeling.

� Beperk stikstoftoediening tot die minimum om te welige loofgroei en swak bolgehalte te voorkom.

� `n Oormaat stikstof veroorsaak dik nekke en oormatige groei wat die bolle makliker laat verrot nadat dit geoes is.

Uie en saaduie � Blaaspootjies begin aktief raak en moet beheer word. Dié plaag kan heelwat skade aanrig.

� Spuit voorkomend vir poeieragtige meeldou, veral in die vroeë lente as toestande vogtiger word.

� Neem vroegtydig grondmonsters om bemestingbehoeftes te bepaal vir vroeë somergewasse nl. katoen, grondbone en vroeë mielies.

� Grondbone: Indien baie reste op die oppervlak voorkom, moet dit ingewerk word om siektes soos swart peulvrot te voorkom. Maak seker die reste is dieper as die peulsone. Toediening van gips voor planttyd is baie belangrik deurdat baie goeie pitgehalte en hoër opbrengs verkry word. Gips moet

Algemeenegter nie te vroeg toegedien word nie weens moontlike loging. Die ideaal is een tot twee weke voor plant.

� Katoen: Katoen kan optimaal verbou word in grond met `n pH tussen 5.5 en 7.5 (KCl). Maak seker daar is geen verdigtingslae nie, aangesien dit wortelindringing belemmer. Plantreste kan op die oppervlak gelaat word aangesien dit jong saailinge teen windskade beskerm.

DireksieVoorsitter Frank LawrenceOndervoorsitter Frans Lubbe

Uitvoerende bestuurspan

Oos-VrystaatHennie van der Walt079 511 4547

Navorsing en OntwikkelingDup Haarhoff083 646 1111

KleinhandelRocky le Roux082 317 7656

Finansies en StelselsJohann Klopper083 633 2105

RisikobestuurWillie Goussard082 806 9991

Meganisasie en IngenieurswerkeJohan Kruger082 809 4778

Versekering en EiendommeBrits van den Berg082 803 5190

FinansieringKobie Greyvensteyn082 808 4178 KwaZulu-NatalTerence van Dyk082 885 4163

Sidi ParaniChris Piek083 629 8569

Menslike HulpbronneChopper Theart082 806 9995

DirekteureHennie CoetzeeWynand Human Johan Jacobs Tertius MaraisOrffer Müller

Willem MülkeEric RamongaloPiet RouxRonnie StadhouerKoos van der RystFrans Wiid

HoofbestuurBesturende DirekteurJohan van DykFinansiële Direkteur Rehann Nolte

Hoofbestuurder: SpesialisprodukteLlewellyn Brooks Hoofbestuurder: IndustrieelPieter Bekker

Hoofbestuurder: GraanprodukteTom MeintjesHoofbestuurder: Veilings, Vleis en SupermarkteWim van Rooyen

Direksie en Bestuur

Oliesade, Pekanneute en GWK VerspreidersAndreas Snyman082 801 1849

Veevoere en Aanverwante ProdukteChristo Beukman082 906 2382

Westra en SA Feed PhosphatesKenne Louw082 804 7545

Korporatiewe BemarkingNeil de Klerk 082 881 7531

GraanfasiliteiteCarl du Toit 082 906 2121

GewasproduksieCas Prinsloo 079 510 2710

Sekretariaat en RegsdiensteFreek Meyer083 644 0022

8

Missie en Visie

Bestaansrede:As besigheid in produsente se besit, tree ons as verlengstuk van ons produsente se be-sighede op, om volhoubare welvaart te skep vir deelne-mende aandeelhouers.

GWK wil graag geken wees daaraan dat ons ons beywer om generasies van volhou-baar-suksesvolle boere op landbougrond te hou.

Visie:Om`n volhoubare agri-be-sigheid van uitnemendheid te wees.

Missie:Ons ontsluit potensiaal, skep welvaart en voeg waarde toe vir ons vennote-in-missie op `n entrepreneuriese wyse, ge- kenmerk deur:

� innoverende denke, � kreatiewe oplossings, � voortreflike besluitneming,

energieke uitvoering, en� gerugsteun deur eienaar-

skap en spesialisasie.

Waardesisteem:� Met eerlikheid, integriteit en deursigtigheid,� sosiaal verantwoordbaar teenoor ons gemeen- skappe,� in vennootskap met ons personeel, en� met holistiese volhoubaar- heid as oogmerk.

Droogte in Amerika laat kommoditeitspryse styg

Carien Grobler Aktueel

10

Mielieplante naby Louisville, Tennessee in Amerika is deur die son beskadig. Die ergste droogte in dekades het veroorsaak dat verskeie produsente die handdoek moet ingooi vir 2012 se mielie-oes. Foto: Robert Ray/AP

A merikaanse graanprodusente gaan op die oomblik gebuk onder die grootste droogte

in dekades. Só sê mnr. Tom Vilsack, Amerika se minister van landbou. Vol-gens Vilsack word sowat 60% van die land se landbougrond deur middel-matige tot erge droogte geraak. Dit sluit sowat 78% van die mielieoes in. Weens produsente se skade en verliese is gebiede in agt state as

natuurlike rampgebiede verklaar. Mielie- en sojaboonoeste is op plekke heeltemal deur die droogte verwoes en veeboere kry ook swaar. Dít nadat produsente slegs `n paar maande gelede nog rekordoeste verwag het. Volgens die jongste inligting van die Amerikaanse department van land-bou, is die persentasie van mielies wat in `n goed tot uitstekende toe-stand verkeer, slegs effens meer as 30%, terwyl hierdie syfer slegs weke

gelede nog op 80% gestaan het. Die Nasionale Oseaniese en Atmos-feriese Administrasie (NOAA) voor-spel dat die droogte tot in Oktober kan voortduur. Volgens die NOAA was die halfjaar van Januarie tot Ju-nie die warmste wat Amerikaners nog ervaar het. Die administrasie voorspel dat `n El Niño-patroon na die einde van die jaar toe kan ontwikkel, wat droogte-toestande sal verleng.

11

`n Amerikaanse mielieprodusent van Eldorado, Illinois, wys hoe die droogte sy mielie-oes raak. Foto: Jim Lo Scalzo/AP

Kommoditeitspryse styg Amerika is die grootste produsent van mielies, koring en oliesade in die wêreld en die huidige droogte kan voedsel- en kommoditeitspryse wêreldwyd beïnvloed. Volgens mnr. Tom Meintjes (Hoof-bestuurder: Graan van GWK) ver- oorsaak die oormatige reën in Eu-ropa en die droogte in die Swartsee-lande `n styging in die koringprys wat ook opwaartse druk op die mielieprys kan hê. “Die mark het die afgelope paar weke skerp gestyg, maar die afgelope twee dae effens herstel,” sê Meintjes. Met die ter perse gaan van hierdie artikel het mieliepryse in Amerika se-dert Junie met soveel as 36% gestyg, terwyl `n styging van 25% plaaslik gesien is. September-witmielies verhandel tans teen R2 795 en Desember-witmielies teen R2 850. Internasionaal verhan-del mielies vir September teen $7,92 en mielies vir Desember teen $7,75 (CBOT 25/07/2012). Die prysstyging sal egter nie veroor- saak dat plaaslike premies wegval nie, aangesien die krisis in Ameri-ka waarskynlik sal veroorsaak dat Meksiko witmielies van Suid-Afrika invoer, meen Meintjes. Dít kan egter `n tekort aan witmielies in Suid- Afrika veroorsaak. Die Chinese, wat gewoonlik geelmielies van Amerika aankoop, sal weens die krisis waar-skynlik genoodsaak wees om geel- mielies van Suid-Afrika af in te voer. Die plaaslike mielieoes staan op die oomblik op sowat 700 000t meer as wat verlede jaar geoes is. Die oorskot wat vir uitvoer beskikbaar is, kan in die nuwe bemarkingsjaar aan die 1 miljoen ton-merk raak. Verlede jaar is sowat 2.45 miljoen ton mielies uitgevoer, terwyl Suid-Afrika in die huidige bemarkingsjaar reeds 400 579t mielies uitgevoer het. Mnr. Mike Schüssler, bekende ekonoom van economists.co.za, het aan BusinessReport gesê dat die krisis in Amerika `n negatiewe invloed op Suid-Afrika se ekonomiese groei-

`n Mielie-oes verwelk in versengende hitte in Wichita, Kansas, in Amerika. Foto: Mike Hutmacher/AP

koers kan hê. “Die huidige hoë pryse is nietemin goeie nuus vir pro-dusente,” het hy bygevoeg.

Graanvoorrade bly laag Die wêreldvoorraad sal in die komende jaar laag bly weens `n toenemende vraag na graan vir voedsel en brandstof, meen mnr. Dan Brasse, President van AgResource, `n onafhanklike maatskappy in Chicago,

Amerika, wat vooruitskattings oor die landbou doen. “Die wêreld-mielievoorraad sal volgende jaar na 116 miljoen ton val,” sê Brasse. Luidens `n verslag deur die Amerikaanse departement van landbou, sal dit die laagste vlak sedert 2006-2007wees. “Dit is nou die derde jaar in `n ry dat die wêreld se graanproduksie nie aan die vraag kan voldoen nie. Die

12

Amerikaanse mielieproduksieKleiner mielieproduksie Grootste mielieproduksie Droogtegeteisterde gebied

Die droogte in Amerika per gebiedAbnormale droogteGemiddelde droogte Erge droogteUiterste droogte Buitengewone droogte

Bronnewww.bloomberg.comwww.commodityonline.com http://english.cntv.cn www.abc.net.au www.iol.co.zahttp://business.financialpost.com

vraag is steeds aan die styg, wat min ruimte vir slegte weersomstandighede toelaat.”

Voedselkrisis“Die groot opwaartse beweging in mieliepryse sal noodwendig `n hoë voedselinflasie op witmielieprodukte veroorsaak,” sê Meintjes. “Dit sal meebring dat Suid-Afrika- ners na plaasvervangers soos brood, rys en aartappels beweeg.” Volgens die Financial Times het kom-moditeitspryse reeds die pieke van die 2007-’08-voedselkrisis verbygesteek waartydens onluste in meer as 30 lande uitgebreek het. Hoewel koring- pryse nog nie rekordvlakke bereik het nie, het pryse ook skerp gestyg en reeds die pryse verbygesteek wat tydens Rusland se uitvoerverbod in 2010 behaal is. “Ek is reeds meer as 30 jaar in die bedryf en dit is verreweg die ernstig-ste weersomstandighede, sowel as vraag- en aanbod-krisis wat ek nog gesien het. Dit is nie eers vergelyk-baar met die 2007-’08-krisis nie,” het `n senior graanverhandelaar by `n Amerikaanse handelsfirma aan die Financial Times gesê.

Koringaanplantings hoër as verwag“Die krisis in Amerika, sowel as in Europa en die Swartseelande en Australië, waar die gevolge van El Niño ondervind word, het `n styging in die koringprys veroorsaak. Van-weë hierdie styging sal meer koring aangeplant word as wat aanvanklik verwag is, sê Meintjes. Produsente in die Oos-Vrystaat waar

Gallagher voorsien die volkome pakket vir hoë kwaliteit veebestuurstelsels en -produkte. Hierby ingesluit is ‘n wye reeks SmartPower-kragbronne, isoleerders en Smartfix-toetsapparate (‘n voltmeter, stroommeter en foutvinder alles in een).

Die volkome oplossing tot effektiewe veebestuur

Die betroubare oplossing vir die afgelope 70 jaar

Permanente en tydelike elektriese omheiningstelsels vir veilige, koste-effektiewe weidingsbestuur en veebeheer – vir ‘n meer winsgewende boerdery.

Wêreldwyd vertrou Beskikbaar by Obaro-winkels. Beskikbaar by GWK-kleinhandel

Prysgeskiedenis van Amerikaanse mielies

Junie 1996: Mieliepryse skiet die hoogte in weens `n droogte in die midde-weste van Amerika, wat die internasionale vraag na graan verhoog. Speku-lasie op kommoditeitsmarkte dra tot die styging by.

Augustus 2008: Mieliepryse verhoog 119% van die vorige jaar weens oesskade ná ongewone hoë reënval in die lente en vloede later in die seisoen.

20 Julie 2012: Die mielieprys behaal `n rekord van $8,24 ná vyf weke van uiterste droogte.

aanvanklik feitlik geen koring geplant sou word nie, het ook vanweë die prysstyging besluit om wel te plant. Meintjes noem egter dat verskeie pro-

dusente in GWK se bedieningsgebied eers laat koring geplant het omdat die mielie-oes weens nat weerstoe-stande laat was. Dit kan `n invloed

op koringopbrengste hê. *Pryse is soos met die ter perse gaan van hierdie artikel.

Bron: Nasionale Landboukundige Statistieke diens, Amerikaanse departement van landbou.

Carien GroblerOns besigheid

Sidi Parani . . . landwyd `n leier in die kunsmisbedryf

S idi Parani (Edms) Bpk is `n gevestigde naam en reeds 24 jaar lank `n leier in die

kunsmisbedryf van die Noord-Kaap, Namibië, Wes-Vrystaat en Noordwes. Sidi Parani se werksaamhede het egter landwyd uitgebrei as `n kunsmisver-skaffer wat oplossings bied vir al die produsent se plantvoedingsbehoeftes. Die maatskappy het sy ontstaan in die Douglas-omgewing gehad met die uitsluitlike doel om vloeibare kuns-mis vir die besproeiingsgebiede te produseer. Die bemestingspakket het egter vinnig uitgebrei en vandag word `n volledige reeks produkte landwyd versprei. Sidi Parani is `n voorkeur kunsmisver-skaffer wat die mees wetenskaplike, koste-effektiewe en omvattende oplossings vir plantvoedingsbehoeftes bied. Vandaar ook die maatskappy se leuse: Opbrengs gefokus! Sidi Parani bedien sy kliënte deur 34 opgeleide agente in die Noord- en Oos-Kaap, Vrystaat, Natal, Gauteng, Mpumalanga en Noordwes. Agente word só geposisioneer dat hulle deel vorm van die produsent se waarde-ketting. Om hierdie rede word agente ook voortdurend omvattend opgelei. Om die doelwit te bereik is die maat-skappy voortdurend besig met oplei-ding wat wyd strek van landboukundi-ge insette tot besigheidskonsepte. Die meeste van die agente is ook reeds deur die Bemestingsadviseurs-, Serti-fisering- en Opleidingskema (BASOS)

gesertifiseer. Sidi Parani (Edms.) Bpk. Is ook `n lid van die Misstofvereniging van Suid-Afrika (MVSA). Navorsing Sidi Parani is toegewyd tot navorsing en bemark slegs produkte en kon-

Produkte Sidi Parani bied `n wye reeks gene-riese plantvoedingsprodukte aan die produsent. Dit word egter aanbeveel dat alle produkte slegs met die kundige raad van `n Sidi Parani-agent of land-boukundige toegedien word.

Korrelkunsmis � Enkel-element produkte: Stikstof

(N), Fosfor (P), Kalium (K), Kalsi-um (Ca), Magnesium (Mg).

� Ammoniumnitraatgebaseerde mengsels.

� Ureumgebaseerde mengsels. � Spesialiteitsprodukte – kunsmis-

kombinasies wat vir spesifieke gewasse geformuleer is.

Helder vloeibare kunsmis � Enkel-element produkte. � Vloeibare kunsmis geskik vir

spilpunte. � Vloeibare kunsmis NIE geskik vir

spilpunte. Mikro-elemente

� Produkreekse met Sink (Zn), Ko-per (Cu), Mangaan (Mn), Yster (Fe), Boor (B) en Molibdeen (Mo)

� Geformuleerde produkte. � Sulfate. � Chelate.

Groeireguleerders � Groeiversterkers. � Biologies ondersteunende pro-

dukte plaagbeheer.

14

septe wat nasionaal sowel as interna-sionaal getoets is, gewoonlik binne `n bemestingsprogram. Die maatskappy bedryf `n navor- singsprogram om alle nuwe bemes-tingstegnieke en kunsmisprodukte, asook ander produkte soos groei-

stimulante, stresinhibeerders en biologiese middels in die mark te evalueer. Kliënte kan dus verseker wees dat Sidi Parani se produkte deur bewese na-vorsing ondersteun word. Vir dieselfde doel het die maatskappy ook `n span land-boukundiges wat spesialiste is in onder meer grondstikstof, -fosfaat en -kalium. Sidi Parani se landboukundiges het ook jare lange ondervin-ding in besproeiingsbemesting, `n gespesialiseerde veld wat waterskedulering en die verde-ling van kunsmis oor die plant se leeftyd insluit. Die tegniese span is ook goed onderlê in onder meer presisieboerdery, grondbewerking en die bemes-ting van permanente gewasse soos wingerd en weiding. Sidi Parani se ontstaan Sidi Parani is in 1992 in die Douglas-omgewing gestig om vloeibare kunsmis vir die besproeiingsgebiede te produ-seer. Die besproeiingsgebiede het egter vinnig uitgebrei en kort voor lank is `n ooreen-koms met Kynoch gesluit vir die verspreiding van vloeibare sowel as korrelkunsmis in die Noord-Kaap. Toe AECI in die jare negentig uit die kunsmisbedryf onttrek, het `n Noorweegse maat-skappy, Yara, Kynoch Kunsmis (Edms.) Bpk. oorgeneem. Dit

het die die oorname van die kunsmisfabriek in Potchef-stroom ingesluit. Yara het in 2001 `n gesa-mentlike onderneming met Sidi Parani gestig om kunsmis-pro-dukte in die Noord-Kaap te versprei. Die Potchefstroom-fabriek se leeftyd was egter verby en die koste van produksie het buite verhouding gestyg in vergely-king met internasionale norme. In 2006 het Yara die fabriek gesluit en is begin met `n grootskaalse herstrukturering van Yara SA/Kynoch Kunsmis in Suid-Afrika. Met die herstrukturering van Yara se besigheid in Suid-Afri-ka het Sidi Parani se verkoops-gebied na die Vrystaat, Oos-Kaap en Noordwes uitgebrei. In 2008 het Curions besluit om hulle aandeel van 25% in Sidi Parani aan GWK te verkoop. Die transaksie het die GWK-aandeelhouding in Sidi Parani na 50% verhoog. Yara het in 2010 besluit om uit die kleinhandelmark in Suid-Afrika te onttrek en het die oorbly-wende 50% aandeelhouding aan GWK verkoop. Hierdie stap het ook daartoe gelei dat die grense van Sidi Parani se bedieningsgebied opgehef is en is dit die doelwit dat Sidi Parani landswyd `n rol in die bemarking van kunsmis sal speel.

Herman GroblerBestuurder: Graanaankope van GWK

Graan

G WK Graan ontvang dikwels navrae van produsente wat hul prysing met die res van

GWK se produsente wil vergelyk. Gevolglik sal ons voortaan in elke uitgawe van Kommuniek `n oorsig gee van waar ons produsente staan met betrekking tot die gesamentlike graan-prysings en die sukses daarvan ontleed. Die mielieoes is feitlik voltooi en as ons terugkyk, lyk die “goeie” pryse wat deur die loop van die produksie-seisoen beskikbaar was nie meer so “goed” nie. Die droogte in Amerika en ander dele van die wêreld het beslis die mark onkant betrap. Sien die die nabymaand CBOT (Chica-go Board of Trade) Corn-grafiek (Figuur 1) ter illustrasie hiervan. Dit is

eie aan `n sogenaamde bulmark-bewe-ging wat ons hier sien. Die prys het met `n allemintige 32% gestyg van `n ses maande geweeg-de gemmiddelde prys van $6,28 na die huidige hoogtepunt van $8,28 (20/07/2012). Hierdie kontrak het met `n reuse 50,2% gestyg vanaf sy laagtepunt van $5,51 wat op 5 Junie 2012 behaal is. As ons na die SAFEX-nabymaand-grafiek (Figuur 2) kyk, sien ons bykans dieselfde, behalwe dat die SAFEX-prys met slegs 18% gestyg het van die ses maande geweegde gemmiddelde prys van R2 322 na die hoogtepunt van R2 730 (20/07/2012). Dis styging verteenwoordig `n ver-hoging van 40,7% in prys vanaf die laagtepunt van R1 940 op 18 Junie 2012. Dit is vanselfsprekend dat wis-

selkoersskommelings onder meer die verband tussen prysstygings van SAFEX en die CBOT beiinvloed het, maar ons let na die neiging op.

Hoe vaar GWK se produsente? Met die GWK-mielieoes waarvan sowat 97% van die verwagte oes geprys is, het ons produsente tot dusver oor al die SAFEX-kontrakmaande `n gemmid-delde SAFEX-prys van R 2 066/t gere-aliseer. In ag geneem dat 35% van die oes vanaf 18 Junie 2012 geprys is. Hierdie was die datum waar SAFEX na die vorige laagtepunt van R 1 940 gedaal het. Figuur 3 toon teen watter SAFEX-pryse GWK se produsente geprys het (pry-sings sluit GWK se bemarkingsplan uit). Let op die tonne geprys teenoor die spesifieke SAFEX-prys.

Só prys GWK se produsente

16

Figuur 1.

Figuur 3. Die grootste hoeveelheid mielies (74.3%) is tussen R1 850 en R2 080 geprys, terwyl slegs 22,7% bo R2 080 geprys is. (Altesaam 3% van die verwagte oes is nog ongeprys).

Figuur 2.

0

5000

10000

15000

20000

1854

1901

1914

1925

1941

1950

1969

1982

1991

2000

2012

2018

2027

2036

2046

2059

2070

2077

2095

2110

2130

2151

2168

2182

2206

2220

2261

2300

2358

2393

2631

Volume mielies geprys teenoor SAFEX-vlak

Tonne

17

Figuur 4.

Figuur 5.

0

5000

10000

15000

2880

2944

2959

2972

2986

2999

3012

3031

3044

3052

3061

3076

3095

3103

3125

3145

3159

3168

3187

3196

3220

3249

3261

3276

3360

3440

3453

Volume koring geprys teenoor SAFEX-vlak

Tonne

Figuur 6. Altesaam 71.9% van die geprysde koring is tussen R2 880 en R3013 gekontrakteer, terwyl slegs 28,1% van die gekontrakteerde tonne bo R3 014 geprys is. Sowat 37.6% van die verwagte oes is nog ongeprys.

18

Die komende koringseisoen Die afgelope jaar se laagtepunt was op 14 Mei 2012 toe die prys na $6.29 gedaal het (Figuur 4). Soos met die mielies is die huidige prys van $9.51 (20/7/2012) tot dusver die hoogste prys wat hierdie seisoen behaal is. Dit verteenworodig `n masiewe styging van 51,1%, terwyl die ses maande geweegde gemmiddelde prys $6.96 is. Die styging na die huidige hoogtepunt is tans 36.6%. Kyk ons na die Desember 2012 SAFEX-koringkontrak (Figuur 5) is dit dieselfde geval. Verhandeling op hier-die kontrak het eers werklik in Maart vanjaar begin. Met die verwagte GWK-koringoes waarvan sowat 63% van die verwagte oes geprys is, het GWK se produsente tot dusver `n gemmiddelde SAFEX-prys van R 3 084/t gerealiseer. Figuur 6 toon teen watter SAFEX-pryse GWK se produsente geprys het

(prysings sluit GWK se bemarkings- plan uit). Let op die tonne geprys teenoor die spesifieke SAFEX-prys. Dit is ons doelwit om ons produsente volledig in hul bemarkingsbesluite by te staan. Kontak gerus u graanverkry-

ger of GWK se verhandelingskamer in hierdie verband. Hou Kommuniek dop vir soortgelyke inligting wat aan produsente `n idee sal gee van waar hul prysing in vergelyking met ander GWK-produsente staan.

GraanHandré van HeerdenGWK Graanhandelaar

20

Pariteite help om relatiewe waarde van graan te bepaal

V olgens oorlewering is die Franse filosoof Voltaire (23/11/1694 - 30/05/1778)

op sy sterfbed deur `n priester versoek om die duiwel af te sweer. Sy antwoord was dat dit in dié spesi-fieke omstandighede baie ongeleë sou wees om vyande te maak. In die konteks van die Suid-Afrikaanse graanprodusent en -koper is invoer-pariteite onteenseglik `n vriend om in ag te neem en nie af te sweer nie. Met die skryf van hierdie artikel word die Suid-Afrikaanse mielie-oes steeds op 11,05 miljoen ton gereken. Ongeag enige veranderinge deur die oesskattingskomitee aan die Suid- Afrikaanse mielie-oes, het die Julie 2012 geelmielieprys in 16 verhande-lingsdae (van 29 Junie 2012 tot 23 Julie 2012) met R800 gestyg. Hierdie styging het boonop te midde van tradisionele oesdruk in Julie plaas-gevind. `n Mens kan redeneer dat ons oes- skatting te optimisties is, maar dit verklaar nie die prysstyging nie. Myns insiens is die styging afkomstig van `n verhoging op invoerparieteite, wat verband hou met fundamentele vraag- en aanbod-krisisse wat graan oor die wêreld heen getref het.`n Breë reël is wanneer `n staat oorproduseer, pryse nader aan uitvoer-pariteit sal beweeg en teenoorgesteld met onderproduksie om watter rede ookal.

Wat beteken pariteite?Pariteit beteken die gelyke of ekwi- valente van. Pariteitsprysing is die

waardebepaling van `n produk teen-oor `n soortgelyke internasionale pro-duk. Hierdie meganisme bepaal dus wat die prys van `n Suid-Afrikaanse mielie byvoorbeeld teenoor `n soort-gelyke Amerikaanse mielie, Argentynse of Russiese mielie sou wees. `n Ander manier om pariteite te benut, is om verskille in prysvlakke van dieselfde produk in twee verskillende gebiede te verklaar. Deur faktore soos skeepsvrag, wisselkoersverskille, kostes, premies, om slegs enkeles te noem, word gepoog om prysverskille te ver- klaar. Oordadige kommissies deur die middelman kan ook hierdeur uitgewys word. Dit bring ons by wat met die Ame- rikaanse mielie-oes in bogenoemde tydperk gebeur het. Van `n beoogde opbrengs van 10,4t/ha in Mei 2012 om `n mielie-oes van 375 miljoen ton te produseer, het die opbrengs tot onder 8t/ha in Julie 2012 gedaal wat die totale oes 87 miljoen ton kleiner maak. Nodeloos om te sê, het dit `n reeds benarde voorraad tot verbruik situasie tot `n hoogs kritieke wêreld-wye vraag- en aanbod-situasie gelei. Die Amerikaase mielieprys het van 16 Junie 2012 tot 23 Julie 2012 van $5.15 tot $8 gestyg. In Randterme is dit R919. Dit verteenwoordig dus `n 87% verduideliking van die pryssty-ging van Suid-Afrikaanse mielies oor dieselfde tydperk. Suid-Afrikaanse graankopers beplan om al so vroeg as September 2012 mielies in te voer. Die Suid-Afrikaanse mielieprys behoort dus in teorie aan te hou beweeg in same-hang met internasionale pryse. Word die vraag- en aanbodbalans van mie-

lies versteur, deur byvoorbeeld minder mielieverbruik vir ethanol, sal hierdie dinamika pariteitspryse beïnvloed en dit sal op sigself weer Safex-pryse beïn-vloed. Dieselfde sal met winsnemings en teg-niese regstellings gebeur. Al het daar fundamenteel niks verander nie, sal dalings steeds plaasvind. Die koper gaan egter die goedkoop-ste mielie in die wêreld koop wat aan sy gehaltebehoeftes voldoen. Indien pariteite nie in ag geneem sou word nie, sou die Suid-Afrikaanse produk die goedkoopste in die wêreld kon word en die hele oes opgekoop kon word, met gepaardgaande voedselsekuriteit by die agterdeur uit.

Hoe is pariteitsprysontleding relevant tot voedselsekuriteit? Pariteitsprysbepaling bereken die insentiewe vir `n graanprodusent om `n bepaalde kommoditeit te plant al dan nie. Is dit die moeite werd om die risiko’s te loop vir `n beoogde winspo-tensiaal? Met die vrye mark ter sprake, kompe- teer die Suid-Afrikaanse produsent met enige ander produsent in die wêreld waar beskerming, premies en/of subsi-dies in plek kan wees om dié betrokke produsente te beskerm. Pariteitsprysbepaling bepaal verder die insentiewe om kommoditeite van een gebied na `n ander te vervoer. Dit hou verband met aspekte soos beskikbaarheid van skeepsvrag, reservering van hawe-laaigebiede, moontlike stakings deur dokwerkers (soos die onlangse Argentynse staking), seerowery aan die Somaliese kus en

vele ander risiko’s. Pariteitsprysbepaling kan verder ook gebruik word om oor tyd die dinamika verbonde aan voedselsekuriteit in `n bepaalde gebied te bepaal. Hierdie aspek stel toekomstige scenario’s met betrekking tot in- en uitvoere en gepaardgaande voedselsekuriteit in perspektief.

Bepaling van pariteite Kortom word die Chicago Mercantile Exchange (CME) as primêre prysbepa- ler aanvaar. Die primus inter pares, die eerste onder gelykes, as jy wil. Weliswaar kan koring en mielies van oor die wêreld heen na Suid-Afrika in- en uitgevoer word, maar die CME word as dié toonaangewende prysbe- paler beskou.As vertrekpunt word die Chicago-prys bepaal. Premies, skeepsvrag, spoor-vrag, hanteringskostes, versekering, doeane en aksyns, wisselkoers om-skakelings na verskillende hawens en gebiede word in ag geneem met die

bepaling van pariteite. Verskillende state van oorsprong, asook verskillende maande, is ook ter sprake. Die kern van pariteite is om die waarde van `n kommoditeit in een ge-bied met `n soortgelyke produk enige plek in die wêreld te bepaal. Dit is noodsaaklik vir die produsent om te bepaal of die risiko’s die moont-like winsgewendheid regverdig en vir die koper om te bepaal waar hy die goedkoopste produk kan bekom.

Soos gesien in Junie/Julie 2012 het pariteite die Suid-Afrikaanse graan-pryse ondersteun om te voorkom dat ons graan die goedkoopste in die wêreld sou kon word en dus teoreties uitverkoop kon word. Geen staat kan dié risiko dra nie. In analogie met Voltaire is dit dus raadsaam vir die Suid-Afrikaanse graanprodusent om ten alle tye be-wus te wees van pariteite ten einde die relatiewe waarde van sy graan en moontlike prysrisiko’s te bepaal.

Navorsingsverslag André Prins Bestuurder: Navorsing en Tegniese Dienste van GWK

Navorsing en Ontwikkeling

Groeireguleerders toon positiewe opbrengsreaksie

22

Proefnommer: KOR/PRS/FK/10/035, KOR/JCD/FK/10/036, KOR/DGS/FK/10/037, KOR/

PRS/FK/11/041, KOR/JCD/FK/11/043

Tabel 1 aangedui.Die opbrengsverskil tussen kultivars is ontleed volgens die voordeel ver-kry deur addisionele bemesting. Die effek van die addisionele kunsmis het `n opbrengs verhoging van 6,8% tot gevolg gehad. Kultivars soos Krokodil, Olifants, SST 835, SST 843 en Steenbras het die beste toename in opbrengs getoon terwyl Kariega en SST 826 `n laer opbrengs gerealiseer het. Die laer opbrengs kan hoofsaaklik aan omval toegeskryf word. Figuur 2 dui die gemiddelde reaksie van koring op bespuiting van groei- reguleerders aan. By die standaard bemesting het drie bespuitings die opbrengs met 14% verhoog terwyl een en twee bespuitings `n verhoging van 6% getoon het. By die addisionele bemesting is `n

Doel van die proef Die kosteknyptang in die klein-graanbedryf verplig produsente om vir die maksimum opbrengs te mik. Een van die metodes om opbrengs te probeer verhoog, is om meer voe- dingstowwe toe te dien. Die verho- ging in voedingstowwe kan egter aanleiding gee tot geiler plante met swakker stamme. Die swakker stamme en swaarder oes (groter are) veroor-saak dat omval onder sekere toestande voorkom. Dié probleem word aangespreek deur teling van spesifieke kultivars (korter en sterker stamme) of produsente kan groeireguleerders gebruik om stamver-lenging te beperk. `n Reeks proewe is uitgelê om die effek van die groeireguleerders wat op die oomblik in die mark beskikbaar is, te toets.

Materiaal en Metodes Tydens 2010 en 2011 is proewe uitgelê op drie lokaliteite met rooi leemsand te Marydale, Plooysburg en die Rietrivierskema. Verskillende besproeiingskultivars is geëvalueer. Bemesting op die addisionele bemes- tingspersele is op drie weke ná opkoms met onderskeidelik 58kg N/ha, 6kg P/ha en 29kg K/ha ver-hoog. Groeireguleerder-bespuitings is met chloormekwatchloried (CeCeCe 750) en etafon (Ethaphon) gedoen. Skedulering van bespuitings word in

groter reaksie van 20% by drie bespui- tings teenoor 10% en 6% by twee en een bespuitings onderskeidelik waar-geneem. Die invloed van drie bespuitings by die addisionele bemesting, is op die verskillende kultivars ontleed (Figuur 3). Die grafiek toon dat die meeste kultivars positief gereageer het. Karie-ga en Olifants het die beste reaksie op bespuiting getoon met `n verhoging van 32% en 31% onderskeidelik. Ekonomiese evaluering van die data is gedoen met `n opbrengsmikpunt van 8t/ha, insetkoste van R13 050/ha en `n koringprys van R 3 322/t. Die addisionele koste van die bespui- tings, asook die addisionele kunsmis is in berekening gebring. Figuur 4 toon dat drie bespuitings voordelig was. Die koste-implikasie van die ander bespuitings was met die

Behandelings Kombinasie tussen bespuiting en bemesting Bespuitings Kontrole Geen bespuiting met groeireguleerders Behandeling 1 Gst 5 - 600 mℓ CeCeCe / ha

Gst 10 - 600 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 900 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha

Behandeling 2 Gst 10 - 1100 mℓ CeCeCe / ha Vlagblaar (Gst 15) - 1000 mℓ CeCeCe + 780 mℓ Ethapon/ha

Behandeling 3 Vlagblaar (Gst 15) – 2100 mml CeCeCe Bemesting Standaard bemesting 240N, 40P, 26K kg/ha Standaard + addisionele bemesting

Standaard + (58 N, 6P, 29 K) kg/ha

Tabel 1.

genoemde insetkostes in die algemeen negatief. Aanbeveling Indien produsente daarna mik om die maksimum te produseer, kan opbrengs verhoog word deur die bemestingpro-gram te optimaliseer. Daar bestaan egter `n gevaar dat die koring kan omval, wat weer die voordeel van die hoër bemesting kan

neutraliseer. Indien hoër bemestings- peile toegedien word, kan die pro-dusent verseker dat die plante regop bly deur groeireguleerders te gebruik. By die meeste kultivars is die grootste voordeel in die gebruik van reguleer- ders gevind waar drie bespuitings deur die seisoen gedoen is. Belangrik is dat Ethapon nie vroeg gespuit kan word nie en om residue te voorkom mag CeCeCe nie later as sewe weke voor

oes gespuit word nie. Dit is van groot belang dat die gebruik van groei- reguleerders met u landboukundige bespreek word.

GWK Bpk. se direkteure en werknemers, agen-te, vrywilligers en assistente sal nie aanspreek-lik wees vir enige eis van welke aard ook al teenoor enige produsent, gebruiker of leser van hierdie data vir skade veroorsaak deur die gebruik daarvan nie. Die data is hoofsaaklik vir gebruik deur opgeleide landboukundiges van GWK en Sidi Parani.

50%60%70%80%90%

100%110%

Pers

enta

sie

van

proe

fgem

idde

ldes

Invloed van addisionele bemesting op koring

STD Bemes Plus bemesting

50%

60%

70%

80%

90%

100%

110%

120%

STD Bemes Plus Bemes

Pers

enta

sie

van

proe

fgem

idde

ldes

Invloed van groeireguleerders op koring

Kontrole Gst 5/10/15 Gst 10/15 Gst 15

50%60%70%80%90%

100%110%120%130%

Pers

enta

sie

van

proe

fgem

idde

ldes

Invloed van groeireguleerders op koring

Kontrole Gst 5/10/15

0

2000

4000

6000

8000

10000

12000

STD Bemes Plus Bemes

Win

s (R

and

per

hekt

aar)

Ekonomie van groeireguleerders op koring

Kontrole Gst 5/10/15 Gst 10/15 Gst 15

Figuur 1. Figuur 2.

Figuur 3. Figuur 4.

Hannes Hatting en Ian Botma GWK Presisieboerdery

Navorsing en Ontwikkeling

G WK Navorsing en Ontwik-keling se kerndoel is om ons produsente volhou-

baar en suksevol te laat groei en GWK se besighede met inligting vir optimale besluitneming toe te rus. GWK se landboukundige span, `n afdeling binne Navorsing en Ontwik-keling, staan graag die produsent by om ondanks moeilike omstandighede in die landbou bo die gemiddelde uit te styg en `n sukses van sy of haar besigheid te maak. Die landboukundige span gee aan produsente toegang tot `n volledige reeks profesionele dienste. Ons het `n uitstekende netwerk van samewerking in Suid-Afrika en is trots op ons positiewe verhoudings met kundiges in die landbou. Om hierdie rede word sommige van die dienste wat GWK lewer uitgekontrakteer om sodoende aan produsente toegang te gee tot die jongste tegnologie. Met die huidige sowel as toekom- stige ekonomiese toestande in gedag- te, sal die optimalisering van insette een van die belangrikste eienskappe binne enige boerderyvertakking wees. In moeilike ekonomiese tye is dit ui-ters noodsaaklik om opbrengste te verhoog deur die effektiwiteit van die insette te verbeter. Verskeie kliënte besit opbrengsdata, maar dit bly slegs `n mooi prentjie wat nie optimaal tot voordeel van die boerdery aangewend word nie. Deur die regte presisiebenadering te volg, kan die opbrengsdata egter van groot waarde wees vir enige produ-

Figuur 1. `n Hidroliese boor wat grondkerne trek

Figuur 2. `n Grondkundige klas die kerne.

Presisietegnologie kan stroperdata optimaliseer

sent en ook `n vars insig oor die bestuur van gronde tot gevolg hê. Baie van die gronde in GWK se bedieningsgebied is reeds chemies gekarteer op `n 100m x 100m-basis, maar tot onlangs was dit baie moei-lik om verbande te tref tussen die chemie en opbrengs van `n spilpunt. GWK het in samewerking met Nviro

Crop `n aantal spilpunte gekarteer deur die fisiese eienskappe te iden-tifiseer en die grondklassifikasie te doen. Indien gronde in `n spilpunt geklas-sifiseer word, word op elke hektaar op `n ruitbasis van die spilpunt buise uit die grond getrek met `n hidroliese boor (Figuur 1). Die buis word in die grond ingeslaan tot waar ’n keerlaag voorkom. Die buise (Figuur 2) word dan geklas deur grondkundiges wat die nodige grond fisiese afleidings maak. `n Aantal grondfisiese kaarte word gemaak deur die data te gebruik, naamlik grondvorm, effektiewe diepte, grondpotensiaal, besproei-ingsfrekwensie, topografie, inspeksie-punte ens. `n Grondvormkaart (Figuur 3) word gebruik vir die opstelling van die Unique ID- kaart (Figuur 4). By die Unique ID-kaart word `n nommer aan elke grondvorm toegeken.

24

Hierdie nommer sal nooit verander nie. Verskeie verhoudings tussen die grondfisiese en grondchemiese eienskappe van `n spilpunt, asook die opbrengsdata van die spesifike spilpunt, word deur multilaag-analise vasgestel. Dit is nou die eerste keer moontlik om verbande tussen die grondche-miese eienskappe, fisiese eienskappe en opbrengs vas te stel. Die voordeel van die multilaag-ana-lise is dat die wet van Justus von Liebig aangespreek word wat lui dat die maksimum opbrengs van `n spesifieke area bepaal word deur die element waaraan `n tekort bestaan. Die multilaag-analise word op `n spilpunt toegepas en die data word deurgegee in tabelvorm (Tabel 1) waar elke sone se opbrengs ge-lys word teen die betrokke sone se grondchemie bo- en ondergrond, asook die grondfisiese eienskappe. Dit is dus nou vir elke produsent moontlik om te bepaal wat sy plaas se optimale voedingstatus (chemies) is. Dit is belangrik om te onthou dat daar variasie (hetsy chemies of fisies) binne `n plaas en distrik voorkom en dit wat op een plaas werk nie noodwendig op `n ander plaas van toepassing sal wees nie. Die data word verder verwerk in die volgende grafieke (Figuur 4 en 5) wat bewys hoe die gronde reageer op die chemie en fisika van `n plaas. Dus word `n unieke stel norme vir elke plaas ontwikkel.

Tabel 1. Resultate van stroper-, grondfisiese en -chemiese data nadat die multilaag-analise toegepas is.

Figuur 3. Die grondvorm kaart word omgeskakel na Unique ID (Figuur 4) vir multilaag-analise.

13.3 13.8 14.4

%Ca 65.9 71 72.6

62

64

66

68

70

72

74

%C

a

M2011 teenoor %Ca

Figuur 4. Die opbrengs teen die fosfaatstatus van die gronde. Die norm is 25-30.

Figuur 5. Die opbrengs teen die Ca-persentasie van die gronde. Die norm is 65%.

12.5 13.5 13.8 14.4

P(mg/kg) 23.2 24 28.5 36.2

05

10152025303540

P(m

g/kg

)

M2011 opbrengs teenoor P ontleding

25

Die norm van P is bv. 25mg/kg, maar uit Figuur 4 kan ons sien dat die kliënt se mielies optimaal presteer by `n P van 30-35 mg/kg. Dieselfde is van toepassing op die Ca%. Ons glo graan presteer opti-maal by `n Ca% van 65% maar uit die data kan ons sien dat die mielies in hierdie geval beter presteer by `n Ca% van rondom 70%. Stroperdata kan dus tot groot voor-deel wees vir `n produsent se boer- dery en indien die korrekte verhou- dings vir `n plaas bepaal is, kan dit effektief reggestel word om sodoende die insette te optimaliseer en beter opbrengste te realiseer. Die data op sy eie het egter baie min waarde vir `n produsent se boerdery. Behalwe die Unique ID konsep wat hier bo verduidelik word, bied die GWK-span `n verskeidenheid van dienste aan (sien tabel regs). Die bogenoemde dienste is aan alle GWK-produsente beskikbaar en nie slegs aan HTB-produsente nie. GWK se Landbou-adviesdienste wil daaraan geken word dat ons `n pro-fesionele diens met integriteit aan die produsent lewer. U kan altyd op ons staatmaak vir eerlike antwoorde! Vir meer inligting oor bogenoemde dienste, skakel gerus u landboukun- dige/tegnikus in u gebied:Andre Botes Prieska/ Marydale 082 806 6655 Bertus Jacobs Douglas 082 800 1943 Armand v Eck Hopetown/Luckhoff 082 805 9922 Hannes Hattingh Modderrivier/Jacobsdal/Luckhoff 082 901 2747 Renier du Raan Jan Kempdorp/Barkly-Wes 082 807 5262

Diens

Blaarmonsters

Satellietbeelde5x5m resolusie

Penetrometerwerk (<15%klei)

Profielgat-ondersoeke (>15% klei)

Grondmonsters (presisie-ruit)

Gewone grondmonsters

Interpretasie van verskeie monsters

Besproeiingskedulering

Landinspeksies

Terugvoer

Interpretasie plus aanbeveling

Bewerkingsaanbeveling

Bewerkingsaanbeveling

Chemiese kaarte/aanbevelings- kaarte

Interpretasie

Water, aalwurm, mis ens.

Neutron vogmeter/DFM Probes

Verslag

26

G WK se afdeling vir Pre-sisieboerdery bied reeds die afgelope ses jaar aan

produsente die geleentheid om intydse monitoring van hul plase te doen. Een van die mees suksesvolle hulp-middels is satellietbeelde. Die doel van dié beelde is om die produsent te help met sy bestuur om sodoende intydse waarnemings en regstellings te kan doen. Ter ondersteuning van die moniterings-funksie van satellietbeelde, is die neem van blaarmonsters, verdigtingstoetse, temperatuurmonitering, besproeiing-skedulering ensovoorts. Deur middel van satellietbeelde kan probleme soos oneffektiewe spilpunt- pakkette, kunsmisstrepe, swak stand en kultivarverskille uitgewys word. Regstel-lings of proeftoedienings kan ook só gemoniteer word. Satellietbeelde vorm dus `n integrale deel van die bestuur van enige besproeiingsboerdery. GWK gaan hierdie seisoen die detail van die satelietbeelde verder verbeter deur die resolusies na vyf by vyf meter te verander. Reeds met tien by tien meter resolusies, soos wat die vorige seisoen die geval was (voorbeelde in hierdie artikel) is uitstekende resultate behaal. Ons weet uit ondervinding dat die opbrengsdata baie sterk met die beelde verband hou, wat beteken dat hierdie hulpmiddel grootliks vertrou kan word. Gerigte landinspeksies (na aanleiding van satellietbeelde) kan opgevolg word met profielgate, asook penetrometer- werk om verdigtings en beperkings in die grond aan te spreek. Hierdie fisiese grondondersoeke is van uiterste belang

Armand van Eck GWK Presisieboerdery

Navorsing en Ontwikkeling

Satellietbeelde `n moet vir suksesvolle produksie

vir die praktiese bestuur van gronde. Laasgenoemde is ook noodsaaklik om water effektief te skeduleer. Verder kan die grondchemie en grond-klassifikasie help om probleemareas wat deur die satelietbeelde uitgewys word, reg te stel.

Hier word sterk op stroperdata gesteun om `n verband tussen die grondfisika, chemie, asook stroperdata te kry.`n Baie goeie voorbeeld van waar satellietbeelde ingespan is om kunsmis-regstellings binne die seisoen te doen, kan in Figuur 1a en b gesien word.

Figuur 1a en b. Op hierdie satellietbeeld kan gesien word (sien gedeeltes met pyle) hoe kunsmis nie teen dieselfde konsentrasie oor die spilpunt gegee is nie. Meer kunsmis is tot en met die neem van die eerste beeld op dieselfde deel van die spilpunt toegedien. Nadat regstellings t.o.v. voeding gemaak is, kan dit duidelik gesien word dat die tweede beeld (b) baie meer egalig is. Hierdie probleem kon dus binne die seisoen (`n maand later) reggestel word met positiewe finansiële implikasies vir die produsent.

a

b

28

Figuur 2 a en b. Eerste en tweede satellietbeeld.Figuur 2 is nóg `n voorbeeld van waar kunsmis nie korrek toegedien is nie. Hier kan gesien word hoe `n kunsmis-toediening op die eerste beeld (2a) gedeeltelik gemis is. Dit kon deur die loop van die seisoen reggestel word en met die tweede beeld (2b) kon die effek van die regstelling gesien word. Hierdie regstelling het `n groot invloed op die opbrengs en dus ook die ekonomie van die spilpunt.

a b

By Figuur 3a en b. (eerste en tweede satellietbeeld) is daar `n duidelike probleem t.o.v. die spilpunt se pakket waar- neembaar by Figuur 3a. Hierdie probleem is dadelik reggestel en die tweede satellietbeeld, `n maand later, wys duidelik dat die probleem iets van die verlede is. Ongelukkig vind slytasie van spilpuntpakette voortdurend plaas weens slik en fyn sanddeeltjies wat uit die rivier in die stelsel gepomp word. Laasgenoemde kan groot opbrengsver-liese veroorsaak.

Figuur 4a en b. Eerste en tweede satellietbeeld.Hierdie spilpunt is voor die aanvang van die seisoen met `n nuwe pakket toegerus. Op die eerste satellietbeeld kan duidelik gesien word dat party in verkeerde posisies geplaas is. Dit kon vining reggestel word en met die neem van die tweede beeld was die probleem opgelos.

a

a

b

b

29

Figuur 6a en b. Hier is `n voorbeeld van koring wat met twee planters geplant is. Die binneste en buitenste dele van die spilpunt is m.a.w. met verskillende planters geplant. Die twee planters was onbepland verskillend gekalibreer met die gevolg dat kunsmis en saad verskillend toegedien is. Die satellietbeeld kon uitwys dat die groei op die buitenste torings swakker is. Die opbrengskaart (6b) wys dieselfde.

Opsommend GWK se produsente gebruik satel- lietbeelde toenemend as hulpmiddel om hul bestuur te optimaliseer. Satellietbeelde is vir al GWK se pro-dusente beskikbaar en die komende seisoen sal dit teen selfs `n beter detailskaal aan produsente beskik-

baar wees. Hierdie satellietbeelde is egter baie meer werd as die landboukundige dit ondersoek om seker te maak wat die verskille op die beelde aan-dui. Dit is oor die jare heen bewys dat groot finansiële waarde geput kan

word deur betyds regstellings te doen om sodoende die opbrengste op `n land te verbeter. Aanvullend tot die beelde is `n reeks van dienste wat tot voordeel van die produsent strek. Kontak gerus u naaste GWK land-boukundige vir meer besonderhede.

a

b

30

32

Johan Fourie Bedryfshoof: GWK Pekanneut- en Wingerdproduksie

Navorsing en Ontwikkeling

Verhoog wingerdopbrengs met korrekte snoeitegnieke

33

D ie wynbedryf was die af-gelope paar jaar relatief stagnant. As `n mens na

die aanplantings en uitkappings in Suid-Afrika kyk, is wingerde drasties aan die afneem. Wingerd vir die pro-duksie van wyn suig ook aan die ag-terspeen. Dit wil voorkom of die dele van die wynbedryf wat werklik uitbrei, klein en selektief is. Ons sal hard moet veg om die Suid-Afrikaanse wynbedryf en veral die wynbedryf in die Noord-Kaap te bewaar. Wyn beweeg in siklusse. Dit was tra-disioneel sewejaar-siklusse, maar die huidige siklus duur al effens langer. Die aksynsbelasting wat jaarliks met tussen 10 en 20% verhoog, dra in `n groot mate tot die verlengde siklus by. Die gemiddelde inkomste op `n oes van 30t wyndruiwe is ongeveer R10 000 wat na `n bedrag per hektaar omgewerk kan word. Die staat se inkomste uit een hektaar wingerd is ongeveer R60 000. Dit is dus duidelik waarheen die produsente se verwagte groei in die wynprys gemigreer het. Hoe lank die groei sal voortduur is egter nie duidelik nie, maar die wynbedryf kan dit nie veel langer absorbeer nie. Drastiese stappe is nodig. Die wynbedryf sal bestaande winger- de moet bewaar om voort te bestaan of die afwaartse siklus moet oorleef totdat wynpryse weer begin styg. Soos met enige kommoditeit, sal die wyn-

prys weer opwaarts draai. Wynpryse word immers deur vraag en aanbod bepaal. Om hierdie bewaring te bewerkstel-lig, moet produsente bestaande win-gerde se produksie optimaliseer om die maksimum inkomste per hektaar te behaal. Die volgende tegnieke kan aange-wend word om opbrengste op bestaande wingerde te verhoog:

Smart DysonVolgens dié stelsel word meer draer-posisies (op- en afwaarts) op die kordonarm gelos. Dit kan met die vorming van `n jong wingerd gedoen word of op bestaande, groeikrag-tige wingerde toegepas word. Die draerlote word dan af- en opwaarts geposisioneer. Sodoende word die posisies waar trosse gedra kan word,

verhoog. In die Wes-Kaap is op-brengste met soveel as 40% verhoog waar hierdie stelsel geïmplementeer is. Figuur 1 wys hierdie stelsel in die groeiseisoen.

Voordele van die stelsel� `n Verhoogde getal ogies op

dieselfde opleistelsel.� `n Verhoogde hoeveelheid trosse,

sonder verdigting.� `n Verhoging van sowat 30-40%

in opbrengs.� Sonlig word beter onderskep. � Verhoogde druifkwaliteit.� Die stelsel kan feitlik op enige

heiningprieël-stelsel toegepas word.

Nadele van die stelsel� Die stelsel is meer arbeidintensief. � Verhoogde opbrengs moet met

Figuur 1. Die Smart Dyson-stelsel in die groeiseisoen.

Foto: Danelle Groenewald

Figuur 2. `n Grafiese voorstelling van die Smart Dyson-stelsel.

Figuur 3. Waar spasies groter as `n skêrlengte oop is, moet nuwe draers gevorm word.

Figuur 4. Tydens snoei word `n sterk loot gebruik om die oop spasie te vul. Maak die punt van die loot met `n toutjie vas sodat dit in posisie bly.

Figuur 5. Die daaropvolgende jaar word die lote wat uit die vervangings-loot gegroei het, as tappies gebruik.

Figuur 6. Twee oogtappies word in die regte posisies gesny.

verhoging in bemesting en be-sproeiing opgevolg word.

� Die stelsel kan net op heining- stelsels toegepas word.

� `n Ekstra draad moet onder die kordon bygebring word.

Die voordele van hierdie stelsel oor- skadu egter die nadele. Die verhoog- de opbrengs met dieselfde of selfs verbeterde wyngehalte kan meer geld in die produsent se sak beteken. Hier-die verhoogde inkomste is ook meer as die koste van die ekstra arbeid, bemesting en watergebruik.

Korrektiewe snoei, vervang van dooie armsEen van die faktore wat tot op-brengsverlies bydra, is dooie kor-donarms. Meestal is dit die gevolg van kordonarms wat hulself op die draad verstrengel en só die sapvloei afsny. Die arms vrek gewoonlik met `n gevolglike verlies aan draerspa-sie. Verder vrek heelwat tappe ook

en gaan kordonarms verlore. `n Verlies van 5cm op elke stok beteken `n verlies van 125m/ha. Die verlies in opbrengs kan meer as `n ton/ha wees. Dus moet die sterk lote waar moontlik gebruik word om die draad vol te maak en draerspasie só te optimaliseer. Sien Figuur 3 tot 6 vir `n illustrasie oor hoe om sogenaamde “gate” te vul. Bogenoemde stappe kan dien as riglyn om opbrengste te verhoog. Die produsent moet die bestuur só aanpas dat optimale opbrengste deur minimale insette verkry kan word sonder om die wingerd af te skeep. Die wynbedryf tel stadig maar sy kop op en as `n paar kaarte reg gespeel word, kan dit die opwaartse om-keer van die wynbedryf beteken. Die wynbedryf is iets om op trots te wees en kan as `n elite bedryf gesien word.

NavraeJohan Fourie082 805 0036

34

Carien Grobler Lewendehawe

Kies die regte veldram só

36

Waarna moet ek kyk met die keuse van `n ram by `n veldramveiling? Die opvatting dat `n goeie ram net mooi bouvorm moet hê, het veran- der. Goeie bouvorm is wel belangrik, maar daarmee saam is aanpasbaar-heid, groeivermoë en vrugbaarheid ewe belangrik. Hierdie eienskappe kan nie met die oog gesien word nie en moet daarom gemeet word. Aanpasbaarheid is baie belangrik sodat die dier onder natuurlike om-standighede kan leef en reproduseer. Dit gee `n mens aanduiding van hoe die dier hitte en koue kan hanteer, of hy goeie loopvermoë het, oor goeie moedereienskappe beskik en

weerstand teen siektes kan bied. Die seleksie-indeks (SI%) wat ons publi-seer is `n goeie aanduiding hiervan. Kuddeboere maak geld uit die aantal lammers wat hulle bemark, sowel as die lammer se gewig. Daarom meet ons hierdie eienskappe. As `n mens dan `n ram wil kies, moet jy albei, naamlik dit wat jy kan sien en dit wat gemeet word, in aan-merking neem en in balans hou. Dit is waar dat alle syfers nie direk met mekaar vergelykbaar is nie, aangesien sommige binne kudde- (op een plaas) verband gemeet is en ander binne rasverband (al die verskillende stoeterye in die land). Speenindeks, naspeenindeks en ooiproduksie indeks (OPI) is die drie waardes wat aandui hoe goed die ram presteer het teenoor sy maats in dieselfde stoet. Dit kan nie met ander ramme in die katalogus vergelyk word nie. Die ander eienskappe in die katalo-gus is direk met mekaar vergelykbaar

aangesien blub-teelwaardes die invloed van die omgewing uitskakel en die ram se werklike genetiese teel-waarde voorspel. Omdat die syfers dikwels verwarrend is en dalk moeilik is om te interpre- teer is dit vergemaklik met die vol-gende simbole: * top 10%, + top 40%, = Gemiddeld, - onderste 40% x onderste 10%. `n Sterretjie beteken dat die dier vir die betrokke eienskap in die top 10% van die ras is. So is `n + die top 40%, = gemiddeld, - die onderste 40% en `n x die onderste 10% van die ras. Die akkuraatheid word ook met `n klein syfertjie vir elke simbool aange-dui en hoe hoër hierdie syfer is, hoe beter. As `n mens slegs na een syfer wil kyk, gee die R.E.W. (relatiewe eko- nomiese waarde) jou `n goeie aan-duiding. Die R.E.W. is `n kombinasie van speen-, naspeen- en reproduksie- teelwaardes.

Om die regte veldram te kies, moet `n mens verskeie fak-tore oorweeg. Kommuniek het met mnr. Louis van Rensburg van die Noord-Kaap Veldram Projek gesels.

Die GLS (getal lammers gespeen) is `n aanduiding van vrugbaarheid. Hiermee saam moet die OPI (ooipro-duksie afwyking), ILP (interlampe-riode) en MLI of GLI (gemiddelde lamindeks)ook in ag geneem word. SpeenDir (SpeenDirek): Dit is die direkte effek van die ram se gene op groei tot op speen. Speen Mat (Speen Maternaal): Dit is die effek van die ram se moeder se gene wat sy eie speengewig beïn- vloed deur die “omgewing” wat sy geskep het. Hierdie “omgewing” is hoofsaaklik moedereienskappe en melkproduksie. `n Mens moet egter waak teen enkeleienskap-seleksie. Produsente lê dikwels net klem op die swakste eien-skap van sy eie kudde, maar om die regte balans te behou, moet `n mens na al die eienskappe kyk.

Wat is die waarde van so `n ram?Tydens `n proef wat ons met veld-

ramme by Griekwastad gedoen het, is ses ramme geselekteer. Groep A was drie ramme met `n gemiddelde SI van 122. Groep B was drie ramme met `n gemiddelde SI van 100. Alte-saam 300 Dorperooie is met die twee groepe ramme gedek. Op 90 dae is die lammers geweeg. Groep A se lammers het 25,8kg geweeg en groep B se lammers 23,63kg. Die verskil 2,17kg. Ook is daar van groep A beteke-nisvol meer nageslag gespeen. Moontlik is die rede dat groep A se ramme beter aangepas was in die omgewing en daarom hoër semenge-halte en beter libido gehad het. Teen die heersende prys van R22/kg beteken dit R47,74 meer per lam op 90 dae. As `n produsent `n groep A ram vir vyf jaar gebruik en die ram dek elke jaar slegs 60 ooie, is daar teoreties 300 lammers. Die inkomste verkry van `n groep A-ram in verge- lyking met `n groep B-ram is as volg: 300 x R47,74 = R14322.

Dan praat ons nie eers van onge-toetsde en vetgevoerde ramme nie. Daarby moet gereken word die voor-deel van verhoogde lampersentasie en die waarde van verbeterde ooi- lammers wat teruggehou word. As bogenoemde ramme ook verder op blup-teelwaardes uitgesoek kon wees, is ons seker dat die geldwaarde dramaties sal verbeter. Produsente moet onthou dat blup-waardes +/- 80% akkuraat is en indekswaardes maar +/- 30%. Ongelukkig was dit in daardie sta- dium nog nie beskikbaar nie.

Die Noord-Kaap Veldramveiling word elke jaar in September aange-bied en bied die ideale geleentheid waar die gewenste bouvorm saam met aanpasbaarheid, vrugbaarheid en groeiprestasie geëvalueer kan word sodat die ramme meer geld in die kopers se sak sal plaas.Besoek hul webtuiste by www.veldramme.co.za

PromosieMeganisasie

DLB Super 19450mm Diep werking

DLB Super 19 “Rip in the row” 450mm Diep werking

DLB Super 25650 – 800mm Diep werking DLB Super 32650 – 800mm Diep werking Driepunt Ripper 1.5m – 8.1m Werkwydte

GWK Meganisasie bied `n wye verskeidenheid van im-plemente vir produsente in ons bedieningsgebied. Ons fokus op kliëntetevre-denheid en om voortdurend in al die behoeftes van ons klante te voldoen.

Verskeidenheid implemente by Meganisasie beskikbaar

Kontak gerus een van ons be-markers wat met kundige raad in al u implement-behoeftes sal voorsien: Tinus Oosthuizen Douglas 082 804 0430

George Wheeler

Prieska

071 670 1303

Rovic Leers (Sub Agent)

BP Implemente

Damscoop Operdploeë Rippers Gradeerders Skoffelploeë

38

Adriaan Steyn

Modderrvier

082 888 3863

Besoek ook GWK se webtuiste vir implemente wat te koop aangebied word by www.gwk.co.za.

Die Orthman 1tRIPr voor plant be-werkingsinstrument bewys strook-tot grond-bestuur, presisie voedingstow-we plasing, en die saadbed voor-bereiding in `n veld slaag die onge-kende veld doeltreffendheid. Die 1tRIPr-naam is afgelei van die kombinasie van verskeie prosesse om voorplant-doelwitte te bereik, terwyl die bewaring van water, grond, tyd en geld in `n enkele bewerking gedoen kan word.

ORTMAN (Strip Till)

Rotary cultivators Disc implements Ploeë

Oesmasjiene Rotary harrow Hamermeule

Dorsmasjiene Oneway Trekker bybehore Sleepwaens

Sproeiers Spreaders Rotary slashers Yellow range Vurkhysers

Mielieplanters

Koringplanters

39

FALCON (Alle gras- toerusting)

PARAGRUBBER ECO 3000Die KONGSKILDE Paragrubber ECO is `n diepte losmaak-implement wat die grond in 450-550mm onder die oppervlak losmaak sonder om dit bolangs op te breek . Die losmaak-effek kan verander word deur die aanpassing van die skare se aanvalshoek te verskuif.

Regs: Vibroflex

Kongskilde

GWK Grondbone . . .‘n voorbeeld van innovasie

GWK is `n leier in die verbouing, verwerking en bemarking van grondboontjies. GWK se grondboontjie-drogingsaanleg op Douglas is nóg `n voorbeeld van hoe ons landboubesigheid innoveer. Dié unieke fasiliteit stel GWK in staat om risiko’s verbonde aan die verbouing van grondboontjies te verminder, die smaak van grondboontjies te verbeter en `n hoër persentasie keurgraad grondboontjies te lewer.

Kontak:Cloete Nortje 053 298 8458 082 803 0687

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

innovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

GWK Nuus

GWK STREEKSPANNE PRESTEER GOED OP RUGBYWEEK

42

Die O/19 GWK-streekspan. Voor: Hendrik Malan en David Holtshauzen. Middel: Nico Wilke, Donovan Small, Conrad du Toit, Ari Viljoen, JD Mans en Jurie Swart. Agter: Morris Rossouw, Christo Botma, Janco Scholtz, Francois Jacobs (onderkaptein), Griekwas se gemsbokkie, Pieter Hiten, Juandré Horak en Jacques Pienaar.Heel agter: Petri Schoeman, mnr. Stefan Meades, Luaan Ebertson, Armand Boshoff, Adriaan Brits, Jimmy Du Raan, Stefan Meades (kaptein) en mnr. Cassie Carstens (afrigter).

GWK se streekspanne het goed presteer op die jaarlikse rugby-

week te Frankfort. Die spanne het verskeie komplimente ontvang vir hul gedrag in die koshuis en goeie sportmanskap op die veld. Die O/19-span het besonder goed gevaar en was uiteindelik onoor-wonne. Drie van die O/13-pan se spelers is in die span ingesluit wat aan die ein-

de van die toernooi aangewys word. Hulle is Willem Basson en Miguel Bresies van De Aar en Edrich Mülke van Douglas. Mnr. Pieter le Roux, afrigter van dié span het GWK) bedank vir die be-soeke aan Frankfort om die spanne te ondersteun. “Baie dankie aan GWK vir die borgskap en geleentheid wat dit aan die seuns gebied het.” “Die bestuurspan het die week ook

geweldig geniet,” sê mnr. Shawn Mul-ler (afriger van die O/16-span). “Ons is goed versorg en daar was altyd genoeg kos en verversings. Volgens Muller het die spanne sowel as die afrigters baie uit die week geleer. “Dankie aan GWK vir die ondersteu- ning wat julle bied, die geleenthede wat julle vir ons jeug skep, word raakgesien!”

43

Die O/13 GWK-streekspan. Voor: Armin de Villiers, Jandrè du Toit, Ian Jansen, Shawn Snyman, Charlie Louw, Luan Murray en Edrich Mülke. Middel: mnr. Neil de Klerk (Uitvoerende Bestuurder: Korporatiewe Bemarking van GWK), Marco van Straaten (onder-kaptein), Justin Range, Miguel Bresies, Willem van den Hever (kaptein), Gian Visagie, Henco Burger, mnr. Pieter Tait en Griekwas se gemsbokkie. Agter: Gerrit Lotz, mnr. Petrus van Heerden, Cobus Raath, Christiaan Kershoff, mnr. Chopper Theart (Uitvoerende Bestuurder: Menslike Hulpbronne van GWK), Andries Pienaar, Le Roux Mülke, mnr. Pieter le Roux (afrigter), W.J. Steenkamp en Litha Bangani.

Die O/16 GWK-streekspan. Voor: Michael McGee, Berto Janse van Rensburg, Petri Fourie en Dirkie Hanekom. Middel: Ruan Blignaut, Justin Pietersen, Cladiuo Sequira, Chatley Meyer, Stephan Botha en CD Wilke. Agter: Ger-hard Beukes, Hanco Fourie, Alucius Oberholzer en Raynard Scheepers. Johan Brits, Morné Kleinhans, Christofer Menezes, mnr. Henry Ackerman (afrigter), Abrie Niewoudt, mnr. Shawn Muller (afrigter) en Bennie Raath.

44

GWK EIENDOMME GEE HUL 67 MINUTE VIR LIEFDADIGHEID

GWK GRONDBONE ONTVANG BESOEK UIT JAPAN

GWK Grondbone het onlangs besoek uit Japan ontvang. Van links is mnre. Piers Sanford (Besturende Direkteur van FRW Groundnuts, `n internasionale koper van GWK se grondbone), Cloete Nortje (Bestuurder: GWK Oliesade), Andreas Snyman (Uitvoerende Bestuurder: GWK Oliesade en Pekanneute, Seiji Moriu (Senior Besturende Direkteur: Moriu Shoji Mpy Bpk), en Tomohiko Sakamoto van die Kanematsu Corporation se afdeling vir geprosesseerde land-bouprodukte.

GWK Eiendomme het op Mande-ladag hul 67 minute vir liefda-

digheid spandeer deur sop, brood-jies, kolwyntjies, balle, serpe, mussies en lekkergoed uit te deel by Thutong ya Bana, `n projek op Kimberley wat fokus op kinders wat om die een of ander rede hul skoolloopbaan gestaak het. Die projek bied aan hierdie kinders oorbruggingsopvoeding met die doel om hulle uiteindelik weer in die hoof-stroom te integreer of beroepsgerig op te lei. Die projek bied ook gelde-like steun aan kinders om hierdie oorgang te maak. Mense wat `n bydrae tot die projek wil maak (hetsy geldelik of in die vorm van opvoedkundige speelgoed en ander benodigdhede, kan me. Madré Joubert skakel by GWK Eien-domme op Kimberley. Haar telefoon-nommer is 053 832 0734.

Regs: Die kinders van Thutong ya Bana wys hul dankbaarheid. Inlas: Mnr. Allan du Toit van GWK Eien-domme met een van die kinders.

Ons mense

46

Hulle sien toe dat Kommuniek sy lesers bereik. Van links na regs is mes. Sharien Molatlhegi (Assistent-klerk: State en Posdienste), Magdale-na Cornelissen (Assistentklerk: State en Posdienste), Lorraine Matlhogo (Assistentklerk: State en Posdienste), Elsie Meyer (Assistentklerk: State en Posdienste), mnr. Booi Visser (Toesig-houer: Algemene Ondersteuning) en me. Margareth Barnett (Toesighouer: State en Posdienste).Inlas: Mes. Jeanette Kock (Algemene Werker), Ragel Sekgoro (Algemene Werker) en Hannah Katz (Algemene Werker).

Stuur foto’s [email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

Met “Ons mense” wil Kommuniek die passie uitbeeld waarmee die produsente in GWK se bedieningsgebied hul boerdery behartig, maar ook die passie van GWK se personeel land-bou te innoveer en puik diens te lewer. Ons ontvang graag foto’s van produsente waar hulle in die boerdery werksaam is, asook foto’s van personeel waar hulle met hul dag-take besig is.

Die dames van GWK Graan op Douglas is fluks aan die werk. Van links na regs is mes. Leza Botha (Graan Admin Beampte), Zelda French (Assistent Rekenmeester), Suzette Pheiffer (Bemarkingsassist-ent), Cynthia Haas (Bemarkingsassistent), Nelia Jooste (Bemarkingsassistent), Jeanette Coetzer (As-sistent:Graanverhandeling), Marshallane Morolong (Klerk:Telefoniese Kontraktering).

Hulle sorg vir kommunikasie. Van links na regs is mes. Mitchelene Oor (Telefoniste/Ontvangs), Lévonne Kotze (Adminklerk: Korporatiewe Bemarking) en Michelle Van Vuuren (Telefoniste/Ontvangs).

GWK Pekanneute . . .innoverende landbou

GWK Pekanneute lewer `n diens in die GWK-besproeiingsgebied waar van die beste gehalte pekanneute in die wêreld gelewer word. Ons bied advies vir die verbouing, asook fasiliteite vir die sortering en polering van pekanneute. `n Diens vir die uitvoer van pekanneute na die buiteland word ook gefasiliteer in GWK se deurlopende strewe om afsetgebiede vir produsente se produkte uit te brei.

Kontak:Johan Fourie 053 298 8224 082 805 0036

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

innovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

Kiekies

Tema vir Sept.

Maandelikse pryse1ste R600 GWK kleinhandel-koopbewys, geborg deur GWK Landmark.2de R300 GWK koopbewys3de R100 GWK koopbewys

REËLS Die inskrywing moet die tema van die betrokke maand weerspieël. Deelnemers mag slegs een foto inskryf. Foto’s per e-pos mag nie kleiner as 500 kb wees nie. U naam en van, adres en kon-taknommer moet die inskrywing vergesel. Die sluitingsdatum is die 20ste van elke maand. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Stuur foto’s na

[email protected]

Kommuniek Posbus 47Douglas 8730

John Deere. Die enigste vereiste is dat die foto `n John Deere-trekker daarop moet hê.

Wenner Klein Lené Nel van Marydale lees graag haar pa, Louis, se Kommuniek.

54

Tema vir Aug.Jou kind met GWK se handels-merk.

Tweede Liaan Strachan van Orania oefen vir Le Tour de GWK!

Derde Chantè Snyman van Douglas - GWK-prinses!

55

Rosabell Mugglestone van Prieska.

Anlia Nel van Douglas.

i nnovee r l andbou

www.gwk.co.za

Carien GroblerGriekwas gesels

GWK is die

hoofborg van die GWK Griekwas

Die NK is lekker, sê Stefan

Die senters JP Nel en Stefan Watermeyer deel `n grappie. Hulle sal tydens die Curriebekerreeks vir Griekwas uitdraf.

G riekwas is baie opgewon-de oor die groot name wat onlangs by die span

aangesluit het. Stefan Watermeyer en JP Nel wat albei voorheen vir die Bulle senter gespeel het, sal in die Curriebeker-reeks vir die Griekwas uitdraf. Die vleuel Burton Francis wat ook voorheen vir die Bulle gespeel het en hierdie seisoen ook vir die Stormers uitgedraf het, sluit hom ook vir die Curriebekerreeks by Griekwas aan. “Dit is `n baie groot geleentheid,” sê Watermeyer wat onlangs van Wal-lis teruggekeer het. Hy het verlede jaar ná die Currie-beker die Bulle gegroet om vir die

Walliese klubspan Ospreys te speel. Watermeyer, wat op Nelspruit groot-geword het, vertel dat hy baie lekker in die Noord-Kaap bly. “Dit is so rustig, niemand is gejaag nie en die mense is baie hulpvaar-dig.” Hy geniet ook die atmosfeer onder die spelers by Griekwas. “Hier is so `n lekker vibe onder die ouens. `n Mens kry dadelik die gevoel dat jy te doen het met spelers wat hard werk en iewers heen op pad is.” Watermeyer het nie in hierdie sta- dium enige langtermyn-doelwitte nie, maar fokus daarop om sy beste vir Griekwas te lewer. Oor die harde vel op GWK Park lag

hy net. “Dit is net nie lekker om daarop te val nie! Dit is beslis `n groot kontras teen die nat velde wa-arop ons in Wallis gespeel het.” Wat die Curriebekerreeks betref, is hy baie positief. “Griekwas het `n goeie kans om baie goed te doen. Die ouens het geloof in mekaar. Die seisoen het werklik die potensiaal om baie spe-siaal te wees.” Griekwas sê op 10 Augustus die Bulle op hul tuisveld die stryd aan, waarna hulle in hul eerste tuis- wedstryd van die reeks teen die Westelike Provinsie op GWK Park in Kimberley te staan sal kom. GWK staan bankvas agter julle manne. Bring die beker huis toe!

56

Die SkopskoenOom Gemsbok

Pienk osse se opmars eindig . . .

57

D agsê vrinne.Daar is die koeël toe dwars-deur die badkamervenster

van die konsistorie. Slegs die Stormers, Bulls en Sharks wat 2012 se Super 15 uitspeelrond-tes kon haal met die manne van die Kaap wat heel bo eindig. Ná maande se rugbygenot kom die grootste kompetisie eersdaags tot `n einde. Baie geluk aan al die ondersteuners wie se spanne die paal gehaal het! Met die Bulls wat die kort stokkie trek teen die Crusaders weg is dit toe ook die einde van die pienk osse se opmars na die halfeind. Dalk is die Bulls baie tevrede dat hulle die eindspeelrondtes kon haal met `n sogenaamde jong en nuwe span, maar as Oom Gemsbok so na al die Bokname in die span kyk, sou Heyneke `n paar wintersaande maar baie sleg geslaap het. Arme Morné is so van vorm af dat

selfs `n Graad 1-Sondagskooljuffrou dit kan sien. Verder word Spies, Hougaard en Morné oorskadu deur hul ewe-knieë van Nieu-Seeland wat kommerwek-kend is vir Bok-rugby. As daar nou een span is wat op die regte tyd petrol gegooi het is dit die Sharks. Hulle kry die makliker wedstryd teen die 2011-kampioene en stop die Reds se opmars met `n blitskrieg van foutlose rugby. Die Sharks speel totale rugby en is tans twee trappies bo die Stormers en Bulls wat gehalterugby betref. Met só `n pak voorspelers wat nog nie in die Super 15 hul gelyke kon vind nie, kan die Sharks vanjaar maklik die Super 15-beker by die haaitenk laat staan. `n Span wat die Sharks wil wen, sal hul agtal in trurat moet kry en Bis-mark en Coetzee op die agtervoet moet vang. Min spanne kon dít regkry.

Die Stormers kon die uitspeelrondtes lekker van Kampsbaai af dophou en uitrus vir die rillerstryde wat wag, maar wat gehalterugby betref is die hele land maar bekommerd vir die Stormers se part. Hoewel die manne van die Kaap lustelose rugby speel, wen hulle week na week. Nietemin gaan dit hulle dalk inhaal wanneer dit regtig saak maak. Ons sal maar moet sien. Om bo-aan die taaiste kompetise in wêreld-rugby te eindig, wil gedoen wees. Ons hou duim vas dat die S15-beker eersdaags gaan terugvlieg Suid-Afri-ka toe waar hy hoort. Verder kan Oom Gemsbok nie wag dat die Curriebeker moet begin nie. Die Griekwas het `n groep wat met enige ander span kan saamgesels en die manne is reeds aan die oefen. Hou die kwaste dop hierdie jaar!

Groetnis – Go Bokke!Oom Gemsbok

Pret op die plaasVir die jongspan

O ns maak hier- die maand `n skaap van

springmielies! Vra jou ma om vir jou springmielies te spring. Terwyl sy besig is, kan jy solank die agtergrond, die gras en skoenlapper en die skaap se mond en ore

inkleur. Plak dan die wolke en die skaap se lyfie vol spring-mielies soos op die prentjie regs! Jy kan ook watte gebruik vir jou skaap se wol (soos op die prentjie heel regs) of die twee kombineer. Lekker eet terwyl jy plak! Geniet dit!

Lekker dinge om oor lammers en skape te weet

Skape kan nie baie goed sien nie, maar hulle hoor uitstekend.

`n Lammetjie kan sy ma aan haar stem uitken.

As jy ooit `n skaap sien wat op sy rug lê, help hom op! `n Skaap kan nie van sy rug af opstaan nie. As hy te lank so bly lê, sal hy doodgaan.

`n Skaap wat een jaar oud is, word `n wissellam genoem.

`n Skaap wat twee jaar oud is, word `n tweetandskaap genoem.

Uit: Die storie van Sneeuvlokkie. Uitgegee deur GoldQuill.

58

Kinderkuns

B aie dankie vir elke plaas-col-lage wat ons vir verlede maand se kompetisie in Pret

op die plaas ontvang het. Inskrywings is van regoor GWK se

1ste

bedieningsgebied ontvang. Die in-skrywings is beoordeel op grond van die kreatiwiteit wat die deelnemers aan die dag gelê het om hul collages te voltooi. Elke inskrywing was `n kunswerk

in eie reg en die beoordelaars het behoorlik kopgekrap om die wenners aan te wys. Baie geluk aan die wen-ners en ook aan elke inskrywing wat gekies is om hier te publiseer. -Red.

Marelize Scholtz van Griekwastad.

60

Caylin van Zyl van Prieska.

Ellenor de Vries van Prieska.

2de 3de

Benjamin Roux van Prieska.

Ayin Fourie van Prieska. Abri Cilliers van Niekerkshoop.

Caretha Nel van Douglas.

Carien GroblerLeefstyl

Om gebalanseerd te leef, ontspanne te wees en die eerste viool in jou eie lewe te speel, moet `n mens gereeld jou prioriteite hersien.

J y is `n eggenoot en `n ma, `n beroepsvrou, `n kok en `n chauffeur. Jy was al dou voor

dag op om jou gesin te versorg, kospakkies te pak en die huis aan die kant te maak. Wanneer jy saans by

die huis kom, sak jy teen 21:00 die eerste keer uitgeput op die bank voor die TV neer voordat dieselfde patroon hom die volgende dag herhaal. `n Gespanne, uitgeputte en onge-balanseerde vrou is nie regverdig teenoor haarself óf haar gesin nie. Om gelukkig te wees, moet jy `n gesonde hoeveelheid selfsug toepas. Vra jouself die volgende: � Hoeveel tyd gun jy jouself elke

dag om in die bad te ontspan? � Neem jy jou selfoon saam wan-

neer jy gaan bad?

� Keer die harwar van al jou take dat jy gereeld `n paar oomblikke afskakel?

� Wens jy dat jy meer gereeld `n paar oomblikke alleen kan wees?

As jy “ja” geantwoord het op enige van hierdie vrae, is jou lewe buite balans en staan jy heel onder aan jou eie lys van prioriteite. Om gebalanseerd te leef, moet `n mens gereeld jou prioriteite hersien. Dit beteken dat jy soms moet “nee” sê om `n gesonde balans tussen almal se se behoeftes te handhaaf.

Leef gebalanseerd en speel eerste viool in jou eie lewe

62

Hersien jou prioriteite in vier maklike stappeWanneer `n mens te veel hooi op jou vurk het, gooi jy maklik jou prioriteite oorboord. Jy doen dan wat ook al in daardie stadium jou aandag vereis, totdat iets anders weer jou aandag opeis. Hier-die benadering is egter `n wenresep vir chaos en spanning. Sonder prioriteite hardloop `n mens rond tussen alles wat gedoen moet word. Gevolglik is jy meer geneig om die maklikste take eerste aan te pak en moeiliker take vir later te los, wat uiteindelik spanning veroorsaak. Ruk jou prioriteite reg Bepaal wat belangrik is. Dr. Abraham Maslow, `n Ame- rikaanse sielkundige, se bekende hiërargie van behoeftes dui daarop dat `n mens se basiese behoeftes bevredig moet word voordat jy doel-witte op hoër vlakke kan bereik. Hier-die behoeftes sluit in fisieke behoeftes soos kos en water, die behoefte aan veiligheid en liefde. Maslow meen egter dat die behoefte aan prestasie, respek van ander mense, kreatiwiteit en spontaneïteit ook basiese behoeftes is. Nietemin word laasgenoemde dikwels af-geskeep wat veroorsaak dat `n mens uitgeput en gespanne voel. Vroue voel dikwels skuldig en dat dit selfsugtig is om hul eie behoef- tes eerste te stel. Om dit makliker te maak, kan `n mens begin om jouself met dieselfde maatstaf as jou gesin te beoordeel: As jy iets vir jou gesin gun, gun dit ook vir jouself.

Stel gesonde grense. Om `n mens se prioriteite in plek te hou, moet jy grense stel. Hierdie grense verhinder dat `n mens emosioneel of fisiek deur ander mense uitgeput word en help jou ook om jou eie behoeftes te bevredig. Verhoudings met gesonde grense laat elke persoon toe om sy eie voor- en afkeure, vriende, stokperdjies en persoonlike tyd te hê.

Dit help `n mens ook om jou eie identiteit te behou en nie só vervleg te raak in die lewens van die mense waarna jy omsien, dat jy jouself in die proses verloor nie. Om effektiewe persoonlike grense te stel, moet `n mens eers jouself leer ken. Wees daarom bedag op situasies waar jy uitgeput en gespanne voel en voel dat jy meer ruimte nodig het. Wanneer jy `n grens stel, hoef jy jouself nie te verdedig, in `n debat betrokke te raak of te verduidelik nie. Wees bloot vriendelik, kalm en kom tot die punt. Sodra jy `n grens gestel het, hou daarby. Deur slegs een keer toe te gee, sal jy weer by die beginpunt beland. As jy byvoorbeeld saans `n halfuur lank met `n boek wil ontspan, moenie toegee as jou gesin jou in hierdie tyd met onbenullighede pla nie. Sodra hulle sien dat jou grense nie buigbaar is nie, sal hulle ophou probeer. Só leer `n mens ander mense hoe hulle jou moet behandel.

Wees vriendelik, maar ferm.Die meeste mense voel ongemak-lik wanneer hulle iemand iets moet weier. Dit is egter makliker wanneer `n mens in gedagte hou dat elke keer wanneer jy “ja” sê vir iemand an-ders, jy “nee” sê vir jouself en jou eie prioriteite. Balans is die sleutel. `n Mens hoef nie vir alles “nee” te sê om jou pri-oriteite in plek te hou nie, maar wel vir mense wat jou misbruik en jou energie steel. Wanneer jy kies om “nee” te sê,

wees vriendelik en onthou dat jy nie jou besluit hoef te verduidelik nie. “Ek is jammer, maar dit sal nie vir my moontlik wees nie,” of “Dankie vir die uitnodiging, maar ek sal ongelukkig nie kan gaan nie,” is genoeg. Benut jou tyd. Wanneer `n mens jou prioriteite in plek het, sal jy ook meer tyd hê vir jouself. Groei as mens én ontspan op die volgende maniere:

� Neem jou brein met vakansie. Hoewel dit lekker sou wees om in werklikheid op die strand te lê, kan jy jou brein op kort “vakan-sies” neem. Maak jou oë tien minute lank toe en luister na jou gunsteling-musiek, lees `n boek wat jou gedagtes van die werklik-heid laat ontsnap of kyk `n fliek wat jou wegvoer.

� Bevredig jou belangstellings. Om jou brein besig te hou met iets wat jy geniet, is `n effektiewe manier om te ontspan en goed te voel. Kookkuns is `n goeie voorbeeld van `n aktiwiteit wat `n mens se brein besig hou, maar terselfdertyd ontspannend is. Jy kan ook `n dans- of kunsklas oorweeg om jou kreatiewe sy te bevredig en jouself uit te leef.

� Geniet jou mense. Terwyl `n mens al die balle in die

lug probeer hou, bly die verhou- dings met die belangrikste mense in jou lewe dikwels agterweë. Gebruik jou ekstra tyd om saam met jou kinders speletjies te speel, kos te maak of `n stokperdjie met hulle te deel.

Ek is belangrik . . ..

63

64

Rose-Marie van Vuuren

Oulap se rooiMaak mooi met min

Kies die regte klip vir `n lushof in die Karoo

D ie winter is dikwels `n sei-soen wat omgewens word wanneer `n mens na die

vaal tuin om jou huis kyk. `n Mens kan egter jou tuin in die winter geniet deur reeds nou vir jou somerstuin te beplan. Die meeste huiseienaars het `n gedeelte in hul tuine waar dit moei-lik is om `n bedding te vestig. Dit is ook hierdie dele van `n tuin wat in die winter die swakste vertoon. Met die regte beplanning en keuse van die regte klippe, omskep ons hierdie maand dié dele van jou tuin in ’n lushof van klip en vetplante. `n Mens hoef nie baie geld te span-deer om `n kliptuin te maak nie. Klippe is oral in ons omgewing beskikbaar en in sommige dele van GWK se bedieningsgebied kan sakkies klip selfs langs die pad ge-koop word van verkopers wat klippe bymekaarmaak en volgens die kleur sorteer. As jy self nie besonder kreatief voel nie, nooi `n vriendin vir `n koppie koffie in jou tuin en vertel haar wat jy beplan. `n Vars perspektief is dikwels al wat `n mens nodig het om jou gedagtes aan die gang te sit en die vaal kolle in jou tuin in interessante fokuspunte te omskep. As `n mens `n paar rand het om te spandeer, kan `n landskapargitek waardevolle voor-stelle doen en jou help om jou vaal winterstuin om te tower. Hoe ook al `n mens die beplanning aanpak, is die moontlikhede legio. Maak egter seker dat jy jou eie stem-

pel op jou tuin afdruk sodat jy tuis sal voel en jou tuin jou persoonlikheid weerspieël. Doen dit só:� Maak mooi skoon.

Die gedeelte in jou tuin waar jy `n kliptuin wil vestig, moet behoorlik skoongemaak word. `n Blaarblaser kan tyd spaar om blare op die oppervlak te verwy-der. Verwyder ook alle plantegroei by die wortels sodat dit nie later deur die kliptuin groei nie.

� Doen die ontwerp. Wanneer die gedeelte vir die kliptuin skoon is, is dit tyd om oor die ontwerp te besin. Gaan sit in jou tuin, maak jou oë toe en visualiseer hoe dit moet lyk. Gebruik kalk om die ontwerp af te merk en `n beter idee te kry van hoe dit by die res van die tuin inskakel. Jy kan altyd die ontwerp

Met die regte beplanning en keuse van klip, kan `n mens jou tuin in `n lushof van klip en vet-

plante om- skep.

weer afmerk, so speel daarmee totdat jy tevrede is.

� Kies die klip. Kies `n verskeidenheid van klip wat jy kan gebruik. Groot en klein klippe kan met mekaar gekombi-neer word en verskillende kleure klip kan aangewend word om spesifieke effekte te skep. Die klip kan swaarder wees as wat dit lyk, so maak seker dat jy hulp het met hierdie stap.

� Skuif die klippe in plek. Begin met die hardste werk, naamlik om die swaar klippe op hul plekke te kry. Grawe groot klippe effens in om `n meer natuurlike gevoel in jou kliptuin te skep. Wanneer die groot klippe almal op hul plek is, kan die kleiner klippe daarom gerangskik word om die ontwerp te voltooi.

� Kies die plante. Kies plante wat goed by die plaaslike klimaat sal aanpas. Die Noord-Kaap se warm weer is uiters geskik vir vetplante, wat ook nie `n groot behoefte aan water het nie. Kies plante met verskillende teksture om balans te bring in die growwe gevoel van die kliptuin. Graspolle tussen die klippe werk ook goed om kleur aan `n kliptuin te gee.

65

Carien GroblerGesondheid

Kies `n gesonde leefstyl vir beter spysverteringGesondheidsprobleme wat die spysvertering beïnvloed is wêreldwyd `n groeiende probleem. Navorsing deur die Amerikaanse Gastroënterolo-giese Vereniging (AGA) toon dat sewe uit elke tien mense daagliks spysverteringspro- bleme ervaar.

B uiten die emosionele invloed wat dit op `n mens se lewe het, sukkel mense met gastroïntesti-

nale gesondheidsprobleme dikwels ook om gewig te verloor en ervaar naarheid, maagpyn, sooibrand en verskeie ander probleme. Erge spysverteringsprobleme kan ook met `n mens se slaappatroon inmeng en jou verhinder om produktief te werk. `n Paar eenvoudige leefstylveran- deringe kan egter gesonde spysvertering aanhelp en ongemak verminder. Die Wêreld Gastroënterologie Organi- sasie (WGO) het die volgende rig-lyne saamgestel om gastroïntestinale gesondheid te bevorder: Eet klein maaltye, maar meer gereeld. Om optimale spysvertering te bevorder, beveel kenners aan dat `n mens vier tot vyf kleiner maaltye per dag eet sonder om jou algehele kalorie-in-name te verhoog. Eet gereeld vesel. Vesel is belangrik vir die gesondheid van die spysverte- ringskanaal en kom voor in vrugte, rou groente, heelgrane, graanvlokkies, neute en boontjies.

Eet drie tot vyf keer per week vis. Vis bevat omega 3-vetsure wat kan help om abnormaliteite in die spysverte- ringskanaal te verbeter deur die selwan-de te herstel, inflammasie te verminder en die algehele balans te herstel. Eet minder vetterig kos. Vetterige kos is moeilik verteerbaar. Deur minder daarvan te eet, verlig `n mens die werk-lading op jou spysverteringskanaal. Sluit gefermenteerde melkpro-dukte by jou dieet in. Sekere probiotika (die goeie bakterieë) wat in produkte soos jogurt en maaskaas voorkom, kan spysvertering verbeter. Eet maer vleis. Maer varkvleis en hoender bevat minder vet en mag spysverteringsongemak verbeter. Drink baie vloeistowwe. Vloei- stowwe is nodig om die beweging van

voedsel deur die spysverteringskanaal te bevorder. `n Maklike manier om seker te maak dat jy genoeg vloeistof inneem, is om `n glas water saam met elke maaltyd te drink. As jy nie van gewone water hou nie, is gegeurde water `n goeie alternatief. Eet op jou tyd. Wanneer `n mens stadig eet en jou kos behoorlik kou, moedig dit die “vol” gevoel aan wat keer dat jy jouself ooreet wat die spysverteringskanaal kan ontstel. Oefen gereeld. Daaglikse fisieke aktiwiteit verbeter die natuurlike ritme van die spysverteringstelsel en help om voedsel deur die spysverteringstelsel te beweeg. Handhaaf `n gesonde lig-gaamsgewig. Kenners meen dat oorgewig `n negatiewe invloed op die spysverteringstelsel kan hê.

66

Resep

Resep

Mieliesoep met skop om die koue te verdryf

1 eetlepel botter1 ui, gekap3 blikkies heel mielies 2 koppies hoenderaftreksel1 blikke ingedampte melk1 rooi soetrissie, gekap1 mespunt rooipepersout en swartpeper na smaak

� Smelt die botter in `n pot oor medium hitte.

� Braai die ui in die botter totdat dit deurskynend word.

� Voeg die mielies en hoenderaf-treksel by.

� Kook stadig vir 10 minute, roer gereeld.

� Voeg die ingedampte melk en soetrissie by.

� Kook stadig vir 10 minute, roer gereeld.

� Voeg sout en peper by en garneer met vars pietersielie.

Bedien vier tot ses.

* Variasie: Voeg gebraaide spek-stukkies by. * Bedien in `n uitgeholde botterskor-sie vir `n kleurvolle en interessantemaaltyd.

Die toring word `n werklikheid

Uit Piet se pen . . . Agterblad

D ie groen plastiektoilet word presies geplaas op die plek waar Gerry met sy safety boot

in die grond geploeg het. Sy opdrag is ferm: “Julle mag agter hom sit, maar nie binne-in nie.” Gerry is vanoggend weer uitgevat in sy Bloubul-mondering. `n Bloubul-ban-dana rond sy uitrusting af. Finale instruksies word gegee en dit klink asof dinge nou gaan gebeur. Dit lyk of die Bandana pla daar Gerry aanhoudend met die knoop agter sy kop karring. Die Toyota 4x4 met die Bloubul-vlaggie wat parmantig op sy neus wapper, wys reeds in die toring se rigting. Gerry stel dit duidelik dat die toilet tot op hede die enigste remskoen was. Môre kom die riggers om die mas te bou. Voordat hulle kan begin, moet die elektroniese kas eers geplaas word. Die toring word bo-oor die kas gebou. Hulle sukkel al `n jaar lank om die elektroniese komponente te installeer. Dit sal nou maar op site gedoen moet word. Die riggers behoort die mas binne vyf dae te bou. Maandagoggend vertrek die riggers sonder hul baas uit Johannesburg. Woensdagmiddag laat is hulle eers op die plaas. Die baas daag eers die naweek op. Saterdagmiddag laat klop ene John aan die deur. Hy is die riggers se baas. Nog `n Bloubul. Dit is vrek koud en hy het `n stywe kortbroek en `n “help my sterk lyk”-hempie aan. Bo-oor dra hy `n Bloubul-onderbaadjie. Hormoonbe- laaide arms met `n getatoeëerde do-ringdraad-motief steek daaronder uit. `n Sigaret spring op en af in sy mond. Hy is van Benoni se wêreld.Die vyf dae het vyf weke geword. Een oggend waarsku Gerry dat die

CTO (Chief Technical Officer) op pad is. Die site moet netjies wees. Daar is `n duidelike rangorde in dié besigheid. Laatmiddag stop `n wit ML 63 AMG in `n stofwolk op die plaas. `n Ron-de, besnorde man klim al pratende uit. “Kom voel gou die bande,” sê hy. “Sien jy daai swart roet op die mod-derskerms? Dit kom van die bande. Teen 250km/h met 410kw onder die enjinkap kan geen band dit hou nie. Ek het haar nou lelik skrikgemaak plaas toe. Middag, ek is Bennie, die “CTO”. Drie dae en drie nagte praat Bennie sonder op hou. Hy is eintlik `n sniper (skerpskutter). `n Ongeluk in sy weer-magdae het sy loopbaan kortgeknip. “Bly weg van motorfietse af,” waarsku hy. Hy het teen 250km/h `n telefoon-paal morsaf gery op pad na sy meisie. “Jong dit was erg. Die kinders wat die ongeluk gesien gebeur het, het die stuk-ke van die paal na my toe aangedra terwyl ek daar gelê het.” Net sy sleutelbeen af en sy broek se gat stukkend. Hierna was hy nooit weer dieselfde nie. Nadat die R1 sy sleutel-been drie keer weer op dieselfde plek afgeskop het, het die weermag hom ontslaan. Daarna is hy net so nou en dan opgeroep as hulle wou hê hy moes iemand vir hulle “klop”.Bennie se tweede liefde is jag. Saans aan tafel word ons hiermee vermaak. Hy praat so, hy kry skaars geëet. Sy vuiste lê dooierus op die tafel met `n mes en vurk na bo in elkeen vasgeklem. Hy jag nie eintlik meer nie. Sy vriende huur hom net om hulle kwesbokke te skiet. Die laaste koedoe wat hy geskiet het, was omtrent 800m ver. “Jy weet, daai bok was so ver, ek moes eers `n paar skote om hom skiet voordat ek my visier kon lees.Toe ek eers my rigting het, toe klop ek hom agter die oor. Oor

en uit, alles verby. Teen die tyd wat ons by die bok kon uitkom, het die jakkalse amper sy hele boud weggevreet. Daai bok was ver, ek sê jou.” Geld is nie vir hom `n probleem nie. Hy het miljoene in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) verdien toe hy daar torings opgesit het. Hy kon twee van sy swaers, wat hul werk verloor het, maklik onderhou. Deesdae moet hy maar tevrede wees met `n miljoen of twee in Suid-Afrika. Sy kinders bly sy trots. “Jy weet, my oudste seun is nou nommer twee in die wêreld met rekenaarspeletjies. Hulle speel daai rekenaars so warm, dit moet met spesiale waterverkoelers afgekoel word.” Sy dogter is nommer een met hip-hop (dans) in Gauteng. “Ag jong, eintlik is ons maar net gewone, mid-delklas mense.” Die sweisers daag heel laaste op. Erik is in beheer. Hy loop bakarms met `n broek wat laag op sy stert hang. Onder steek `n rooi nagbroek uit. Sy groot liefde is die Ford Wildtrack waarmee hy ry. “Baie lig op diesel, my Oom. Hy gee amper 15km/l teen 160 km/uur met daai drieton-wa. Ek redeneer nie en verkyk my aan die blink wiele.Erik wys ons `n foto van sy vrou. Wayne, sy helper, wil nie sy vrou vir ons wys nie. Al wat hy sê is dat sy skoonma die vorige aand so dronk was dat sy die deur met skarniere en al uit die kosyn geskop het. Voor op sy T-hemp staan “Die nuwe groot vyf van SA”. Agterop staan: “Bier, brandewyn, braaivleis, @$%& en ek”. Sonja sê sy hoop nie hy dra daai hemp dorp toe nie. Ek vermoed die toring is darem nou amper klaar en die SM en sy mense amper op pad. Ons het gehoor hoe Gerry opdrag gee dat hulle `n groot wa moet stuur om die toilet te kom haal . . .

68

GWK Korttermynversekering...

De Villiersstraat, Douglas Posbus 47, Douglas, 8730

Tel: 053 298 8200, Faks: 053 298 2445

www.gwk.co.za

Oesversekering is `n onmisbare aspek van `n produsent se risikobestuur. Die ekonomiese klimaat sowel as veranderende weersomstandighede noodsaak produsente om die risiko in iemand anders se hande te plaas. Wanneer verseker `n mens nie? Slegs wanneer jy self die verlies kan dra!

i nnovee r l andbouGWK is as toonaangewende agri-onderneming uniek geposisioneer met ‘n volledige reeks produkte en dienste, aangebied deur ‘n gediversifiseerde groep besighede wat fokus op omvattende oplossings vir moderne besigheid in die hele landbou-waardeketting. Ons kliëntgerigte fokus op volhoubare welvaartskepping vir vennote in landbou maak dit moontlik om letterlik ‘n nasie te help voed én bekende, gehalte handelsmerk-produkte plaaslik vir die verbruiker te produseer. GWK gee om. Daarom innoveer ons landboubesigheid.

DouglasBrits van den BergBestuurder: VersekeringKredietlewensversekering082 803 5190

PrieskaKannetjies KotzeKorttermyn- en Oesversekering082 809 4773

HopetownJanitha von MolendorffKorttermyn- en Oesversekering082 889 4602

DouglasLucas HoltzhausenKrediet- en Lewensversekering 082 682 8201

DouglasMarietjie VermeulenKorttermyn- en Oesversekering082 809 4775

Barkly-WesRené v/d WesthuizenKorttermyn- en Oesversekering082 907 8548

ModderrivierRiana ShergoldKorttermyn- en Oesversekering082 808 2911

GWK is ’n Gemagtigde Finansiële Diensverskaffer wat fokus op

welvaartbeskerming. FSB Lisensienommer 1185