kommuniek september 2011

80

Upload: stephen-vorster

Post on 28-Mar-2016

230 views

Category:

Documents


12 download

DESCRIPTION

GWK Kommuniek

TRANSCRIPT

  • kommuniek

    Christel Steenkamp

    Griekwastad vroue

    beklemtoon dat vrouesake, pyn en

    armoede nie kleur het nie, dat niemand

    sy herkoms kan ontkom nie en daarom

    altyd moet onthou waar hy vandaan-

    kom, sy naaste moet help en onthou

    dat hulpverlening nie ver hoef te wees

    nie, maar dat dit veel makliker is om

    ver as naby te help.

    Sy het onomwonde verklaar dat vroue

    ons mooie land kan verander deur nie

    te wag vir die kerk of regering nie,

    maar deur dadelik self te begin.

    'n Projek in samewerking met Kansa is

    bo verwagting goed deur lede onder-

    steun. Altesaam 18 118 breiblokke

    waaruit 536 komberse gemaak sal

    word, is tydens die kongres aan Kansa

    oorhandig.

    VLVK Kongres 2011 was 'n inspirasie

    vir elke kongresganger, 'n aansporing

    om steeds meer betrokke te raak, en

    die bevestiging van ons verbintenis as

    vroue om bre in ons eie gemeen-

    skappe te bou.

    die kommuniek September 2011

    25 Augustus 2011

    Beste GWK-aandeelhouers

    Namens die Vrouelandbouvereniging van Kaapland innige

    dank aan elke aandeelhouer van GWK vir die skenking van

    Landzicht-wyn wat ons te koop kon aanbied tydens die

    pas afgelope VLVK-kongres te Villiersdorp met 350

    kongresgangers. Die inkomste word aangewend om die

    onkoste te help dek van Huis en Haard, die amptelike

    VLVK-nuusblad, wat sedert 1952 uitgegee word.

    Ek was trots en bevoorreg om die Landzicht-wyn tydens

    die kongres bekend te stel, omdat dit 'n uitstekende

    produk van GWK is en dus as 'n baie goeie advertensie

    dien! Ons kon ook die Wes-Kaapse landbouleiers wat by

    die kongres opgetree het, soos Gerrit van Rensburg,

    minister van landbou en landelike ontwikkeling in die

    Wes-Kaap, Cornie Swart, president van Agri Wes-Kaap, en

    Johan Ehlers, hoof- uitvoerende beampte van Agri-Expo,

    deur die oorhandiging van GWK/VLVK-wyn bedank vir hul

    bydraes. Dit is die ideale geskenk!

    Ek wil ook VLVK se dank betuig vir die borgskap vir die

    opgradering en vernuwing van Huis en Haard. GWK het

    dit moontlik gemaak dat Huis en Haard 'n leier geword

    het in die veld van glansnuusbriewe van die vroue

    organisasies in SA!

    Die boervrou is haar man se vennoot in die landbou,

    alhoewel sy nie 'n salaris trek nie! Sy kry swaar as hy

    swaarkry en sy kry mos maar uiteindelik die gordyne vir

    die sitkamer as die mielie-, koring- of vleispryse goed is.

    Die vrou is betrokke op die plaas as deel van haar dagtaak.

    Dit is sy wat die rantsoene by GWK gaan koop, die

    plaaswinkel hou, die parte gaan haal, die lone doen, die

    werkers vervoer, toesig hou, die telefoon beman, die

    plaaskantoorwerk doen en saam met haar man

    boereverenigingvergaderings bywoon. Sy kry ook die

    geleentheid om haarself met kennis te bemagtig en kan

    deur die VLVK diens lewer aan die gemeenskap.

    Kortom, die VLVK-vrou loop hand aan hand met die boere

    in Suid-Afrika, want sy word as verbruiker bewus gemaak

    van landboutoestande en daarom is dit vir VLVK 'n

    wonderlike eer en voorreg om met so 'n uitsonderlike

    landbouleier en landboubesigheid soos GWK s 'n

    DIE VROUE-LANDBOUVERENIGING VAN KAAPLAND

    CAPE WOMEN'S AGRICULTURAL ASSOCIATION

    besondere verbintenis te kan h! Ons VLVK-lede, wie se

    mans lid is van GWK, is baie trots op GWK en al die VLVK-

    lede kan met trots getuig van die sukses en vooruitgang

    van VLVK met die ondersteuning van GWK!

    Vriendelike VLVK-groete

    Erika Lubbe

    VLVK-president

    Die etiket op die Landzicht-wyn is 'n voorstelling van VLVK se

    hoofkantoor, Jubileumhuis in Dorpstraat 126, Stellenbosch. Dit is 'n

    nasionale gedenkwaardigheid en is geskilder deur die bekende

    Suid-Afrikaanse skilder, Pieter van der Westhuizen.

    74

  • Outside Front CoverInside Front Cover01020304050607080910111213141516171819202122232425262728293031323334353637383940414243444546474849505152535455565758596061626364656667686970717273747576Inside Back CoverOutside Back Cover