lewenswetenskappe v1 - grey college, bloemfontein

14
Kopiereg voorbehou Blaai om asb MOTHEO DISTRIK GRAAD 10 LEWENSWETENSKAPPE V1 NOVEMBER 2019 TOTAAL: 150 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Upload: others

Post on 14-Nov-2021

41 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Kopiereg voorbehou Blaai om asb

MOTHEO DISTRIK

GRAAD 10

LEWENSWETENSKAPPE V1

NOVEMBER 2019

TOTAAL: 150

TYD: 2½ UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Page 2: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 2 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. Jy moet 'n nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 3 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D

1.1.1 Watter EEN van die volgende weefsels is verantwoordelik vir sekondêr groei in dikotiele stingels?

A B C D

Epidermale weefsel Fassikulêre kambium Parenchiem Kollenchiem

1.1.2 Die proses van mitose vind plaas …

A B C D

tydens die vorming van gamete. wanneer ’n somatiese sel verdeel. slegs in die voortplantingsorgane. slegs in diere.

1.1.3 Mitose is altyd verantwoordelik vir die vorming van …

A B C D

dogterselle met die helfte van die chromosoomgetal van die moedersel. dogterselle met dubbel die chromosoomgetal as die van die moedersel. selle waarvan die chromosoomgetal dieselfde as die van die moedersel is. selle met nuwe erflikheidseienskappe.

1.1.4 Watter een van die volgende weefsels word in die meegaande diagram getoon?

A B C D

Areolêre bindweefsel Senuwee Kompakte been Kraakbeen

Page 4: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 4 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

1.1.5 Watter paar stellings is waar aangaande epidermale weefsel in plante?

A

B C D

Bevat gewoonlik geen chloroplaste en laat lig deur. Is altyd bedek met ’n wasagtige lagie en is deurskynend. Is gewoonlik meer as een sellaag dik en bevat lignien. Het haaragtige uitgroeisels en bevat ’n groot aantal chloroplaste.

1.1.6 Die volgende diagramme verteenwoordig verskeie fases van mitose.

Kies die korrekte volgorde in mitose.

A B C D

A, B, C, D A, C, B, D D, A, B, C D, B, A, C

1.1.7 Die volgende beskryf gladde, onwillekeurige spierweefsel:

A

B C D

Gestreep met meervoudige nukleusse in elke sel. Ongestreep, vertak met meervoudige nukleusse in elke sel. Ongestreep, spoelvormig met ’n enkele nukleus in elke sel. Vertak, gestreep met ’n enkele nukleus in elke sel.

1.1.8 Die onderstaande is ’n lys van gebeure tydens mitose:

(i) Sitoplasma verdeel in twee. (ii) Kernmembraan begin verdwyn. (iii) Sentromere verdeel (iv) Spoelvesels vorm Watter kombinasie toon die gebeure wat tydens Profase plaasvind?

A

B C D

Slegs (i), (iii) en (iv) Slegs (i), (ii) en (iii) Slegs (ii), (iii) en (iv) Slegs (ii) en (iv)

Page 5: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 5 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

1.1.9 Die onderstaande diagram toon ’n plantsel wat in ’n soutoplossing geplaas is.

Watter reël in die tabel gee die korrekte beskrywing van die soutoplossing en die toestand van die sel?

Konsentrasie van soutoplossing Toestand van sel

A Hoog Nie-turgessent

B Hoog Turgessent

C Laag Nie-turgessent

D Laag Turgessent

1.1.10 Die lens van die mikroskoop, wat die naaste is aan die monster wat

bestudeer word, is die …

A

B C D

lens van die oogstuk. lens van die kondensor. lens van die diafragma. lens van die objektiewe.

(10 x 2)

(20)

Page 6: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 6 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7 1.2.8

Die monomere van koolhidrate Die beweging van water in die selle van die blaar vanaf die xileem vate om die water wat weens transpirasie verloor is te vervang. Die uitforseer van waterdruppels deur die hidatodes op die rante van die blaar a.g.v. worteldruk en hoë humiditeit in die atmosfeer Die apparaat wat gebruik word om die invloed van omgewingsfaktore op die tempo van transpirasie in plante te ondersoek. Die membraan wat die vakuool omring. Die organel verantwoordelik vir selrespirasie Die deurskynende wasagtige laag op die epidermis van sommige blare en rondom sommige stingels ’n Mikrovoedingstof wat benodig word vir die normale funksionering van die tiroïedklier.

(8x1)

(8)

1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS

A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II

(12)

1.3.1 Behandeling van kanker A: B:

Chirurgie Chemoterapie

1.3.2 ’n Wortelhaar A: B:

’n Sel ’n Orgaan

1.3.3 Gebreksiekte weens ’n tekort aan vitamien C

A: B:

Ragitis Osteoporose

1.3.4 Soort bindweefsel in soogdiere.

A: B:

Adipose weefsel Bloed

1.3.5 Toename in die tempo van transpirasie.

A: B:

Minder stomata Verminderde ligintensiteit

1.3.6 Hoë waterpotensiaal aanwesig A: B:

Lae humiditeit Suiwer water

(6 x 2)

Page 7: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 7 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

1.4 Die onderstaande diagram verteenwoordig ’n dwarssnit deur ’n gedeelte van ’n dikotielde plant.

1.4.1

1.4.2 1.4.3 1.4.4

Is hierdie ’n diagram van ’n wortel of ’n stingel? Verskaf ’n sigbare rede vir jou antwoord Identifiseer die dele wat 3, 4 en 6 genommer is. Skryf die nommer neer van die gedeelte wat uit begeleidende selle bestaan. Skryf die nommers van die dele, wat direk betrokke is, by die vervoer van stowwe in die plant neer.

(3) (3) (2) (2) (10)

TOTAAL AFDELING A: 50

Page 8: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 8 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

AFDELING B VRAAG 2

2.1 Jy werk in ’n laboratorium as ’n voedselontleder. Lees die onderstaande brief

wat aan jou gestuur is.

Wie dit mag aangaan: Ek is die dieetkundige vir ’n plaaslike gewigoptelspan. Ek het ’n spesifieke proteïenskommel by hulle dieet ingesluit met die doel om hulle te help om spiere te bou. Die afgelope paar weke het ek opgelet dat die deelnemers geen toename in spiermassa getoon het nie. Dit is waarskynlik moontlik dat hierdie skommel nie baie effektief is nie. Kan u asseblief ’n monster van die proteïenskommel toets om te bepaal of dit enigsins doeltreffend is in die opbou van spiermassa? Groete P. Tshabalala Albany Gewigoptelklub

Jy het ’n voedseltoets gebruik om vir ’n bepaalde organiese voedingstof te

toets, maar die resultate was negatief. Dit beteken dat daar geen spoor van hierdie organiese molekuul in die produk teenwoordig is nie.

2.1.1 Vir watter organiese molekuul is daar getoets? (1)

2.1.2 Gee die doel van die eksperiment. (1)

2.1.3 Maak ’n lys van VIER verskillende stukke laboratoriumapparaat wat

jy sal benodig.. (4)

2.1.4 Noem die reagens of die toets wat jy vir die voedseltoets sou

gebruik.

(1) (7)

2.2 Die onderstaand tabel toon die hoeveelheid produk wat in ’n ensiembeheerde

reaksie by verskillende temperature gevorm word.

Temperatuur ( ͦ C) Ensiemaktiwitiet

(mg produk per minuut) 10

1.0

20

1.7

30

3.3

40

5.6

50

1.2

Page 9: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 9 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

2.3 ’n Onderwyser wil die proses van osmose demonstreer en maak ’n

soutoplossing deur 10ml sout in 500ml water op te los. Sy skink die soutoplossing in ’n ballon (A). Die ballon word dan in houer (B) met gedistilleerde water geplaas.

2.3.1

Aanvaar dat die ballon slegs watermolekule kan toelaat om in en uit te beweeg. Soutmolekule is te groot en kan nie deur die ballon beweeg nie.

(a) (b)

Watter tipe membraan het die ballon? Verskaf ’n rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.1 (a)

(1) (1)

2.2.1 2.2.2 2.2.3 2.2.4 2.2.5 2.2.6

Wat is die optimum temperatuur (tot die naast veelvoud van 10) vir hierdie ensiemreaksie? Bereken hoeveel produk per minuut geproduseer is tussen 20 ͦ C en 30 ͦ C. Toon alle berekeninge. Waarom neem die ensiemaktiwiteit af wanneer die temperatuur bo 40 ͦ C styg? Noem die afhanklike veranderlike in hierdie eksperiment. (a) Noem een ander faktor, behalwe temperatuur, wat ensiemaktiwiteit beïnvloed. (b) Die invloed van ’n hoë vlak van die faktor genoem in (a) verskil van die invloed van hoë temperatuur op ensiemaktiwiteit. Beskryf die verskil in die invloed van die verskillende faktore op ensiemaktiwiteit. Teken ’n lyngrafiek van die data in die tabel.

(1) (3) (2) (1) (1) (2) (6) (16)

B

A

Gedistilleerdewater

Page 10: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 10 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

2.3.2

’n Soortgelyke eksperiment word dan uitgevoer. Die onderwyser verhoog die hoeveelheid sout binne die ballon na 50ml per 500ml water.

(1) (3)

(a) Sal die die ballon groter of kleiner wees as aan die einde van die eksperiment in VRAAG 2.3.1?

(b) Verduidelik waarom die grootte van die ballon sal verander.

2.3.3 Definieer die osmose.

(3) (9)

2.4 Die volgende diagram verteenwoordig ’n selnukleus.

(5) (1) (2) (8)

2.4.1 2.4.2 2.4.3

Verskaf die byskrifte vir die dele wat 1 tot 5 genommer is. Skryf SLEGS die nommer, van die deel waar erflikheidseienskappe gestoor word, neer. Wat sal met deel 3 gebeur net voor seldeling?

TOTAAL VRAAG 2: [40]

Page 11: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 11 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

VRAAG 3 3.1 Die onderstaande diagram toon ’n sel wat mitose ondergaan.

3.1.1 Identifiseer die fase van mitose.

(1)

3.1.2 Watter fase van mitose volg op die fase soos hierbo getoon? (1)

3.2 Diagrammatiese voorstellings van verskeie epiteelweefsel word verskaf.

A

B

C

D

3.2.1 Identifiseer weefsel B,C en D. (3)

3.2.2

Skryf SLEGS die letter van die weefsel wat op elk van die volgende plekke gevind word neer

(1) (1) (1) (6)

(a) (b) (c)

In die neusgange van die mens In die binnevoering van die bloedvate om wrywing te voorkom Aan die binnekant van die mens se wang

3.1.3 3.1.4 3.1.5 3.1.6

Hoeveel chromosome word in die bostaande diagram getoon? Hoeveel chromosomes sal in elke dogtersel aan die einde van mitose teenwoordig wees? Verskaf ’n byskrif vir die struktuur by A. Noem DRIE redes waarom mitose biologies belangrik is.

(1) (1) (1) (3) (8)

A

Page 12: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 12 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

3.3 Die volgende diagram verteenwoordig die antagonistiese spiere in die bo-arm

van die menslike liggaam.

3.3.1 Beskryf die werking van antagonistiese spiere deur na die bostaande

diagram te verwys.

(3)

3.3.2 Die menslike skelet bestaan uit twee hoofdele. Aan watter EEN van die twee dele behoort die gedeelte in die diagram?

(1)

3.3.3 Watter soort gewrig word deur deel 7 voorgestel?

(1) (5)

3.4 3.4.1 Tabuleer TWEE verskille tussen ligamente en tendons.

(5)

(1) (1) (7)

3.4.2 Noem EEN funksie van kraakbeen in elk van die volgende dele van die liggaam: (a) aan die einde van die bene van die ledemate (b) ringe in die tragea

Page 13: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 13 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Kopiereg voorbehou Blaai om, asb.

3.5 Bestudeer the volgende deursnit deur ’n blaar.

3.5.1 3.5.2

Skryf byskrifte vir die dele wat 1 en 4 genommer is neer. Maak ’n netjies benoemde tekening van struktuur 5 soos van die buitekant van die blaar gesien.

(2) (5) (7)

3.6

Tabuleer DRIE verskille tussen herfshout en lentehout in terme van kleur, tempo van groei en die wydte van die ringe wat vorm.

(7) (7)

TOTAAL VRAAG 3:

TOTAAL AFDELING B: [40]

80

Page 14: LEWENSWETENSKAPPE V1 - Grey College, Bloemfontein

Lewenswetenskappe V1 14 VS Motheo Distrik Nov 2019 Gr10

Copyright reserved

AFDELING C VRAAG 4

Drie soorte skelette word by diere aangetref. Die tipe skelet in elke soort organisme verskil. Skryf ’n opstel waarin jy die drie soorte skelette vergelyk deur ’n voorbeeld van ’n organisme in elke geval te noem en verwys ook na die voor- en nadele van elkeen van hierdie skelette.

Inhoud: Sintese:

(17) (3) (20)

NOTA: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van ’n tabel,

vloeidiagramme of ander diagramme..

TOTAAL AFDELING C:

GROOTTOTAAL: 20

150