lewenswetenskappe - voortrekker...

15
GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE JUNIE 2019 PUNTE: 150 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Upload: others

Post on 07-Feb-2021

84 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

  • GRAAD 11

    LEWENSWETENSKAPPE

    JUNIE 2019

    PUNTE: 150

    TYD: 2½ UUR

    Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

  • Lewenswetenskappe 2 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11.

    Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. Maak ALLE sketse met 'n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik, waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.

  • Lewenswetenskappe 3 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING A

    VRAAG 2

    1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

    1.1.1 Voeding in mense sluit DRIE prosesse in, naamlik …

    A B C D

    sekresie, degestie en absorpsie. ingestie, degestie and sekresie. sekresie, degestie en ekskresie. ingestie, degestie en absorpsie.

    1.1.2 Oortollige aminosure word omgeskakel na ureum deur die …

    A B C D

    hart. pankreas. lewer. niere.

    1.1.3 ‘n Persoon wie se galblaas verwyder is, sal heel moontlik probleme

    ondervind met die …

    A B C D

    vertering van vette. ekskresie van ureum. berging van glikogeen. absorpsie van minerale.

    1.1.4 ‘n Bioloog het ‘n nuwe lewende sel ontdek met ‘n duidelike selwand maar sonder ‘n definitiewe selkern. Die sel is heel waarskynlik ‘n …

    A B C D

    plantsel. virus. bakterie. diersel.

    1.1.5 Watter eienskap het virusse in gemeen met die selle van lewende

    organismes?

    A

    B C D

    Virusse bevat ‘n kern en organelle. Virusse produseer hul eie voedsel. Virusse bevat nukleïensure soos DNS/DNA of RNS/RNA. Virusse kan buitekant die selle van lewende organismes voortplant.

  • Lewenswetenskappe 4 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.1.6 Die siklus toon ‘n vereenvoudigde voorstelling van twee prosesse in plante. A + B verteenwoordig onderskeidelik H2O en CO2.

    Watter EEN van die volgende kombinasies is korrek?

    A 1: fotosintese 2: respirasie en P + Q:

    water en koolstofdioksied

    B 1: respirasie 2: fotosintese en P + Q: water en koolstofdioksied

    C 1: fotosintese 2: respirasie en P + Q: glukose en suurstof

    D 1: respirasie 2: fotosintese en P + Q: glukose en suurstof

    1.1.7 Watter EEN van die volgende organismes het ‘n geslote

    bloedstelsel?

    A

    B C D

    Platwurms Insekte Sponse Erdwurms

    1.1.8 ‘n Ontstyselde plant is 'n plant …

    A

    B C D

    waarvan die stysel met behulp van alkohol verwyder is. wat nie stysel kan produseer nie. wat in die donker geplaas is vir 'n paar ure. wat slegs suikers vorm, nie stysel nie.

    1.1.9 Watter EEN van die volgende metodes moet gebruik word om

    chlorofil uit ‘n blaar te onttrek? Kook die blaar in …

    A

    B C D

    suiwer water. jodium oplossing. verdunde soutsuur. etanol.

    1

    P + Q

    2

    A + B

  • Lewenswetenskappe 5 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.1.10 In plantselle vind fotosintese plaas in die … A

    B C D

    sitoplasma. chloroplas. mitochondrium. kern.

    (10 x 2)

    (20)

    1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf

    slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer.

    1.2.1

    1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7

    Die proteïenagtige stowwe wat optree as katalisators en die tempo van chemiese reaksies in die spysverteringskanaal beheer 'n Interne, vloeistofgevulde ruimte in tribloblastiese diere wat die spysverteringskanaal van die liggaamswand skei Diere met ‘n onreëlmatige vorm. ‘n Term wat verwys na alle biochemiese prosesse in lewende selle. Die soort skelet waar spiere teen die vloeistof in liggaamsholtes werk Die mees ontwikkelde filum in die diereryk. ‘n Mikroskopiese organisme met flagellums. (7 x 1)

    (7)

    1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE

    A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

    KOLOM I KOLOM II

    (6)

    1.3.1 Vaatweefsel A: B:

    Xileem Floeëm

    1.3.2 Naakte sade A: B:

    Angiosperme Gimnosperme

    1.3.3 Kan siektes veroorsaak A: B:

    Virusse Bakterieë

    (3 x 2)

  • Lewenswetenskappe 6 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.4 Die onderstaande diagram toon ‘n sny brood wat vir twee weke in ‘n plastieksakkie gelos is.

    1.4.1 Gee byskrifte vir A, C en D. (3)

    1.4.2 Na twee weke is swart kolle op die brood gevind. Noem die mikroörganisme wat die swart kolle gevorm het.

    (1)

    1.4.3 Noem DRIE toestande wat nodig is vir die mikroörganisme, genoem

    in VRAAG 1.4.2, om op die brood te groei.

    (3)

    1.4.4 Een van die algemene eienskappe van hierdie organisme is dat dit nie self voedsel kan vervaardig nie. Wat word hierdie tipe voeding genoem?

    (1) (8)

    Spore op brood

    D

    A

    B

    C

  • Lewenswetenskappe 7 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.5 Bestudeer die volgende filogenetiese stamboom wat die verwantskap tussen verskillende groepe plante aandui.

    1.5.1

    Identifiseer die plantgroepe waaronder A, B, C en D geklassifiseer word.

    (4)

    1.5.2 Watter EEN van A, B, C of D:

    (a)

    Is nie van water afhanklik vir geslagtelike voortplanting nie (1)

    (b)

    Word beskou as 'n tallus (1)

    1.5.3 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.2 (b) (1)

    1.5.3 Hoekom is vaatplante instaat om hoër te groei as nie-vaatplante?

    (2) (9)

    TOTAAL AFDELING A: 50

    A B C D

    430 million years ago

    390 million years ago

    130 million years ago

    360 million years ago

    130 miljoen jaar gelede

    390 miljoen jaar gelede

    430 miljoen jaar gelede

    360 miljoen jaar gelede

  • Lewenswetenskappe 8 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING B VRAAG 2

    2.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    Lewende organismes gebruik baie verskillende strategieë om nakomelinge te produseer, maar meeste strategieë val binne die kategorie van óf geslagtelike óf ongeslagtelike voortplanting. Geslagtelike en ongeslagtelike voortplanting het beide voordele en nadele. Ongeslagtelike voorplanting betrek een ouer en produseer nakomelinge wat geneties identies aan mekaar en aan die ouer is. Geslagtelike voortplanting betrek twee ouers en produseer nakomelinge wat geneties uniek is. Geslagtelike voortplanting behels ook die produksie van haploïede gamete deur meiose.

    2.1.1 Waarom plant lewende organismes voort? (1)

    2.1.2 Nakomelinge gevorm deur ongeslagtelike voortplanting kan ook na

    verwys word as klone. Haal een stelling uit die uittreksel aan wat hierdie stelling ondersteun.

    (1)

    2.1.3 Hoe vergelyk die nakomelinge van geslagtelike voortplanting met hul ouers?

    (1)

    2.1.4 Hoe plant elk van die volgende organismes voort?

    (a) Bakterieë. (b) Varings

    (1) (1)

    2.1.5 Watter tipe voortplanting dra by tot die evolusie van spesies?

    (1)

    2.1.6 Meiose is die soort seldeling wat gamete produseer. Noem EEN van die twee gamete wat gevorm word tydens meiose.

    (1) (7)

  • Lewenswetenskappe 9 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.2 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n ondersoek wat deur graad 11 leerders uitgevoer is.

    2.2.1 Wat is die doel van die eksperiment? (1)

    2.2.2 Identifiseer die dele A en B. (2)

    2.2.3 Noem die belangrike eksterne faktor wat teenwoordig moet wees

    sodat die ondersoek suksesvol sal wees.

    (1)

    2.2.4 Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls wat in gedagte gehou moet word tydens die uitvoering van die ondersoek.

    (4)

    2.2.5 Hoe kon die leerders vasstel of die gasborrels suurstof is?

    (3)

    2.2.6 Die ondersoek is in sonlig uitgevoer? Verduidelik die invloed op die resultate indien dit in 'n donker kas geplaas is.

    (1) (12)

    Gasborrels

    Water

    Waterplant

    A

    B

  • Lewenswetenskappe 10 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.3 Bestudeer die diagram van 'n ondersoek wat in die klas gedoen is.

    2.3.1

    Skryf 'n wetenskaplike vraag vir die ondersoek neer. (2)

    2.3.2

    Wat is die doel van elk van die volgende:

    (a) (b)

    Rubberproppe Helder kalkwater

    (1) (1)

    2.3.3

    Waarom word ontkiemende sade gebruik? (2)

    2.3.4

    Verskaf 'n positiewe resultaat vr hierdie ondersoek. (1) (7)

    Rubberprop

    Proefbuis

    Ontkiemende sade

    Glaswol

    Helder kalkwater

  • Lewenswetenskappe 11 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.4 ‘n Persoon hardloop teen ‘n klein heuweltjie op. Die grafiek toon die tempo waarteen melksuur in die liggaam versamel terwyl die persoon hardloop.

    2.4.1 Wat is die verwantskap tussen die hoeveelheid melksuur wat

    versamel en die tyd aan hardloop gespandeer?

    (2)

    2.4.2 Hoeveel melksuur was in die persoon se liggaam teen die derde minuut?

    (1)

    2.4.3 Onder watter omstandighede word melksuur gevorm? (1)

    2.4.4 Noem die proses wat aanleiding gee tot die vorming van melksuur. (1)

    2.4.5 Wanneer die persoon ophou hardloop, word meeste van die melksuur uit die bloed en spiere verwyder en word dit uiteindelik omgeskakel na die stowwe wat hieronder aangedui word:

    PERSENTASIE MELKSUUR OMGESKAKEL

    In GLIKOGEEN 20 %

    In KOOLSTOFDIOKSIED en WATER 60%

    In GLUKOSE 4%

    In PROTEÏEN 8%

    Bereken die persentasie melksuur wat nie omgeskakel is na ander

    stowwe toe nie? TOON alle berekeninge.

    (2) (7)

    2.5 Tabuleer DRIE verskille tussen fotosintese en sellulêre respirasie (7)

    TOTAAL VRAAG 2: 40

    0

    50

    100

    150

    200

    250

    2 4 6 8 10

    Me

    lks

    uu

    r (m

    g)

    Tyd (minute)

    Versameling van melksuur in die liggaam indien vir 10 minute teen 'n heuwel opgehardloop

    word

  • Lewenswetenskappe 12 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 3

    3.1 Read the following extract.

    Wetenskaplikes wou die doeltreffendheid van knoffel, om bakterieë dood te

    maak, ondersoek. Hulle het:

    Drie petri-bakkies met agar voorberei en in ʼn yskas gestoor

    Die petri-bakkies uit die yskas verwyder sodat dit kamertemperatuur kon

    bereik

    Drie proefbuise voorberei en dit gemerk A, B en C

    Die inhoud van die profbuise soos volg afgemeet en gemeng

    Proefbuis

    Inhoud van die proefbuise

    100 ml melk

    5 ml E. coli bakterie

    Knoffel ekstrak

    A x x

    B x

    C

    Die wetenskaplikes het ook:

    Drie petri-bakkies A, B en C gemerk

    Die deksel van petri-bakkie A verwyder en ʼn spuit gebruik om 10 mℓ van

    die monster uit proefbuis A te trek en dit in die middel van petribakkie A

    gespuit

    Op dieselfde manier ʼn 10 mℓ-monster met behulp van ʼn nuwe spuit

    onttrek uit proefbuis B en in petri-bakkie B geplaas

    Die prosedure vir vir petri-bakkie C herhaal.

    Die deksels van die petri-bakkies teruggeplaas en dit is in ʼn koel en

    skaduryke plek gestoor.

    DIE WONDERS VAN ROU KNOFFEL! Knoffel is bekend daarvoor dat dit die vermoë het om bakterieë en virusse te beveg. Dit is bekend daarvoor dat dit effektief is teen ʼn wye verskeidenheid bakterieë en die vermoë het om verkoue te bestry. Die anti-mikrobiese stof in knoffel word allisien genoem. Om die anti-bakteriese eienskappe van knoffel te behou, moet die knoffel verteer of as rou knoffel aangewend word omdat kook die allisien sal vernietig. Aangepas van: https://en.wikipedia.org/wiki/Allicin

    https://en.wikipedia.org/wiki/Allicin

  • Lewenswetenskappe 13 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    Die deursnee van die E.coli-kolonie is elke dag vir 5 dae gemeet en in die tabel

    hieronder aangeteken

    Petri bakkie

    Deursnee van bakteriekolonie (mm)

    Dag 1 Dag 2 Dag 3 Dag 4 Dag 5

    A 0 1,7 3,0 4,6 7,1

    B 0 4,2 8,4 15,1 36,5

    C 0 0 0 0 0

    3.1.1 Noem die volgende vir die ondersoek:

    (a) (b) (c)

    Die onafhanklike veranderlike Die afhanklike veranderlike Twee veranderlikes wat konstant gehou moet word

    (1) (1) (2)

    3.1.2 Gebruik die inligting in die tabel en teken lyngrafieke wat die resultate

    van petri-bakkies A en B toon.

    (6)

    3.1.3 Verduidelik waarom die petri-bakkies voor die aanvang van die eksperiment in die yskas gehou is.

    (2)

    3.1.4 Verduidelik die resultate wat in petri-bakkie C verkry is. (3) (15)

    3.2 Die diagram hieronder toon die bou van ‘n blom.

    3.2.1 Noem die funksie van deel A. (1)

    C

    B A

    D

  • Lewenswetenskappe 14 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.2.2

    Gebruik LETTERS en die NAME van dele om te verduidelik hoekom bevrugting direk na bestuiwing plaasvind.

    (6)

    3.2.3

    Hoe verskil 'n spoor van 'n saad?

    (2)

    3.2.4 Verduidelik waarom die voortplantingstrukture van grasse verskil van die van die blom in die diagram.

    (1) (10)

    3.3 Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae wat volg.

    3.3.1 Aan watter filum behoort die organisme? (1)

    3.3.2 Watter tipe simmetrie word by die organisme aangetref? (1)

    3.3.3 Noem EEN groot nadeel van radiale simmetrie. (1)

    3.3.4 Noem TWEE metodes van voortbeweging wat deur kefalisasie in

    hierdie organisme veroorsaak word.

    (2) (5)

    3.4 Bespreek TWEE maniere waarop ongewerweldes ‘n rol speel in landbou. (6)

    3.5 Maak gebruik van ‘n benoemde diagram om ‘n tripoblastiese liggaamsplan by

    diere te demonstreer.

    (4)

    TOTAAL VRAAG 3: 40

    TOTAAL AFDELING B: 80

  • Lewenswetenskappe 15 VS/Junie 2019 Graad 11 Eksamen

    Copyright reserved

    AFDELING C

    VRAAG 4

    Homeostatiese beheer van bloedsuikervlakke in die menslike liggaam behels die rol van hormone. Beskryf hoe die menslike liggaam die bloedsuikervlakke reguleer. Noem ook die oorsake en simptome van diabetes mellitus wat ontstaan as gevolg van die liggaam se onvermoë om die glukose konsentrasie te beheer.

    Inhoud: Sintese:

    (17) (3) (20)

    LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van tabelle,

    vloeidiagramme of diagramme nie.

    TOTAAL AFDELING C:

    GROOTTOTAAL: 20

    150