jaarverslag 2012/2013

32
Verslag 2012 / 2013 AKADEMIE REFORMATORIESE OPLEIDING EN STUDIES

Upload: aros-akademie

Post on 01-Apr-2016

256 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Jaarverslag 2012/2013

TRANSCRIPT

Page 1: Jaarverslag 2012/2013

Verslag2012 / 2013

AKADEMIE REFORMATORIESE OPLEIDING EN STUDIES

Page 2: Jaarverslag 2012/2013
Page 3: Jaarverslag 2012/2013

By Aros word studente begelei om die onderwys-beroep ten eerste as ’n roeping voor die Here te ervaar en aanvaar. Wanneer onderwys as ’n

roeping gesien word, gee dit baie sin en betekenis aan die onderwysprofessie. Suid-Afrika het opgeleide en gemotiveerde Christen-onderwysers nodig. So kan ge-loof, hoop en liefde aan die volgende geslag oorgedra word tot voordeel en voorspoed van die land.

Kinders is die klei in onderwysers se hande. By Aros bely ons dat Jesus Christus self ons Leermeester is wat as Verlosser en Koning God se kinders onderrig in die waarheid. Onderwysers wat hulle beroep so as roeping beleef, wy dankbaar hulle lewe met al hulle gawes aan die opbou en uitbou van hierdie groot ideaal: om die samelewing deur onderwys te reformeer en in te rig vol-gens die Woord van God en tot Sy eer.

’n Voorspoedige Suid-Afrika deur Afrikaanse Christelike onderwysopleiding.

Roeping vanAros

Visie

Die missie van Aros is om Christelike (reformato-riese) onderwys en onderwyseropleiding aan te bied en uit te brei onder meer deur:

• dienastreefennaleefvan’nBybelsereformatorieselewens- en wêreldbeskouing

•omAfrikaanseonderwystebevorderop’nChriste-like basis

• dieChristelike(reformatoriese)karaktervanArosasuitgangspunt te stel in alles wat geleer, nagevors, gedoen en gesê word

• diebeeldwatArosuitdrametdievisievanArostebelyn

• kommunikasie van hoogstaande gehalte met allebelangegroepe te handhaaf

• navorsingtotverheerlikingvanGodentotdiensvanonderwys in sy omvattende sin

• effektiewe dienslewering en korrekte inligting aanvoornemende studente

Missie

• vriendelike,doeltreffendeenprofessionelediens- lewering aan studente ten opsigte van onderrig, ad-ministrasie,geriewe,tegnologie,finansiesenlogis-tieke aangeleenthede

• programontwerp/kurrikuleringwatvoldoenaan:– reformatoriese uitgangspunte, verantwoording en

singewing– nasionale en internasionale akademiese stan-

daarde vir onderwysersopleiding– nasionale statutêre vereistes vir akkreditasie (Raad

op Hoër Onderwys, SAQA, Departement van Hoër Onderwys en Opleiding)

• onderrigenleerwat:– studente-leer as uitgangspunt het met die oog op

die lewering van geroepe en bekwame onderwy- sers– Arossegemengdemodusvanafleweringeffektief

benut en uitbou– voortdurend geëvalueer en ontwikkel word met

die oog op die beste moontlike uitkomste• assesseringwat:

– evaluering vir studente se vordering as kritiese uit-gangspunt het

– voortdurend ’n konstruktiewe verband lê tus-sen module-uitkomste, assesseringskriteria en -metodes

– studente-leer bevorder aan die hand van sum-matiewe en formatiewe assesseringsmetodes

• 'n relevante en innoverende studente-ondersteu- ningsdiens wat konsentreer op die optimale gees-telike, emosionele en intellektuele ontwikkeling van studente

• dieverskaffingvanBybelgefundeerde,bekostigbareleermateriaal van hoë akademiese gehalte wat vir alle onderwysterreine geskik is

• diebemagtiging,beskikbaarstellingenbevorderingvan Aros se inligtings- en kommunikasietegnologie aan alle personeel en studente

• optimalebenuttingvaneneffektiewelogistiekedienslewering aan alle personeel en studente

• opbou van ’n netwerk van eensgesinde organisa-sies nasionaal en internasionaal en die benutting van samewerkingsmoontlikhede wat daaruit voort-vloei.

i

Aros akademiese jaaropening 2013

Page 4: Jaarverslag 2012/2013

“Waar anders kan ek in Afrikaans op ‘n Saterdag klasdraf en in die week ervaring by ‘n skool opdoen?

Teen die tyd wat ek klaar is, het ek ‘n CV wat skrik vir niks!”

Nico VermaakVierdejaarstudent

Page 5: Jaarverslag 2012/2013

Die roeping van Aros

Hoogtepunte

Oor Aros

2003-2013: Die Eerste Treë

Aros se Wetenskapsbeskouing

Bestuursoorsig

Verslag van die Uitvoerende Hoof

Organisatoriese en Bestuurstrukture

Verslag oor die Akademie

Verslag oor die Departement

Grondslagfase

Verslag van die Registrateur

Verslag oor die Finansies

Verslag oor Bemarking en Skakeling

Verslag oor Identiteitsontwikkeling

Verslag oor Personeelaangeleenthede

Inhoudsopgawe

i

iii

4

5

6

10

12

14

19

22

24

26

27

Hoogtepunte

• Op 23 Januarie 2012 het die Departement vanHoër Onderwys en Opleiding Aros voorwaardelik geregistreer as tersiêre instelling, met Afrikaans as onderrigmedium. Dit het geskied nadat die BEd in Grondslagfase onderwys reeds by die Raad vir HoërOnderwysgeakkrediteerwas.Binne2wekeis149eieAros-eerstejaarsingeskryf.

• Intotaalwasdaarin2012324ingeskrewestuden-tebyArosenin2013hetditvermeerdertot468.

• Die fasiliteite is aansienlik uitgebou. Die akade-miese kantore en ’n uitgewery is nuut gehuisves, ’n huis is aangekoop vir toekomstige uitbreidings, en in samewerking met Gereformeerde Skoolver-

eniging Dirk Postma is ’n dubbelverdieping met lesinglokalegebouenaandiebeginvan2013ingebruik geneem.

• Arosbeskiknouoordiegebruikvansewelesing- lokalevir80studenteelk,tweerekenaarsentra,’n

mediasentrum en nog ’n aantal klaslokale. ’n Kinder- kinetikasentrum is ook gevestig.

• ’n Gedetailleerde strategiese ontwikkelingsplantot 2018 isopgestelwatdie verwagtegroei, pri-oriteite en noodsaaklikhede in kaart bring.

• 14nuwepersoneelledeisaangestel.

• Verskillendeprojekteisaangepakomdiereforma-toriese karakter van Aros se opleiding ten opsigte van die modules en ander aktiwiteite te ontwikkel en te laat deursuur.

• DieHere het opwonderlikemaniere ook vir diefinansiesgesorgdeurmenseeninstellingsasin-strumente te gee wat lenings en beurse beskik-baar gestel het.

• Daarisvoortgebouop’nlangpaadjievanpioniers- werk op die gebied van reformatoriese pedago-

giek en didaktiek.

‘n Groot dag: Aros ontvang die amptelike registrasiedokumente.

iii

Page 6: Jaarverslag 2012/2013

4

2003 -2013Die Eerste Treë

In2003het ’ndinkskrumvergaderom tebesinoorwat aan die uitbouing van Christelike onderwys in Suid-Afrika gedoen kan word. Twee kernaspekte is

geïdentifiseeromuitnemendeonderrigenopleidingtebevorder: Baie meer jong, bekwamemense moet asonderwysers opgelei word en ’n Christelik-gefundeerde kurrikulum (skoolhandboeke) van ’n hoë akademiese standaard moet ontwikkel word. So het die Akademie Reformatoriese Onderwys en Studies (Aros) tot stand gekom!

Later in die jaar is ’n ooreenkoms met die destydsePotchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër On-derwys (PU vir CHO) aangegaan om drie volledige BEd-grade namens die PU vir CHO in Pretoria aan te bied. Die afleweringsmodel was uniek. Studente loopdie meeste van hul klasse op Saterdae en gedurende die week moet hulle vir minstens een dag by ’n skool inskakel om praktiese ondervinding as onderwyser-assistente op te doen. Skoolhoofde was baie beïndruk met die model, want hulle kry toegewyde studente wat kon uithelp waar nood is. Dit was gou duidelik dat hier-die model uitstekend werk en die getal studente het elke jaarverdubbel.In2013hetdiegetalstudentetotmeeras450studentegegroei.

’n Besondere aspek van Aros se totstandkoming was die verhouding wat Aros met die PU vir CHO (later NWU) kon handhaaf. Aangesien Aros oor min permanente dosente en ondersteunende personeellede beskik, het NWU dit met sy kundigheid en infrastruktuur vir Aros moontlik gemaak om as hoëronderwysopleidingsin-stansie te kon funksioneer.

IntussenhetArosmetsyeieuitgewerybeginwatChris-telikeskoolboekepubliseer.Teeneinde2012wasmeeras 140 boeke gepubliseer. ’n Christelik-normatiewekorrespondensie-kursus is saamgestel om onderwy-sers wat reeds in die praktyk is te help om Christelike onderwystegee.Diekursuswordjaarliksdeur’npaarhonderd onderwysers gevolg. ’n Samewerkingsooreen-koms is met die Mukhanyo Theological College ge-sluit wat ook enkele kursusse aanbied om onderwysers verder te bekwaam.

Die ooreenkomswat Aros einde 2003met die PU virCHOgesluithet,wasnet vir vier jaar,maardithet tot2009de factoaangegaan.Op28September2009hettwee ampsdraers van NWU Aros besoek om te kom verduidelik dat die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding die verhouding tussen NWU en Aros pro-blematies vind en dat die ooreenkoms nie hernu sal word nie. Samewerking tussen Aros en NWU was van- af2004steedsuitstekendenhierdiegoeieverhoudingduur steeds voort. Aros is dankbaar teenoor NWU vir die geleentheid om tot ’n eie hoëronderwysopleidings- instansie te kon ontwikkel.

Omdat Aros op daardie stadium reeds heelwat studente vir2010ingeskryfhet,souhulledielaasteNWU-eerste-jaars gewees het. Hierdie pyplynstudente voltooi hulstudieseinde2013aanAros,behalwevirdiepaarwatnog enkele modules sleep.

Die personeel van Aros het dadelik begin met die voorbereiding van ’n aansoek om akkreditasie van ’n eie BEd-graad by die Raad op Hoër Onderwys. Aros moes ook as tersiêre opleidingsinstansie by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding registreer. Aros is ge-waarsku dat dit ’n baie moeilike, indien nie onmoontlike, pad is. Die Raad op Hoër Onderwys het Aros in Junie 2010 inkennisgesteldatdieaansoekafgekeur is,endie teleurstelling was groot.

Aros het besef dat die eerste aansoek ’n bietjie ama-teuragtig was en dat so ’n aansoek baie deegliker, omvattender en met meer spesialiskennis aangepak moet word. Ons het dadelik met ’n nuwe en veel om-vattender aansoek begin. Verskeie deskundiges is betrek. Dit is onder hoë druk gedoen, want Aros kon finansieel-gesproke nie nog ’n jaar sonder nuwe stu-dente-inskrywings oorleef nie. ’n Nuwe aansoek is in Maart2011ingedien.Op11JuliehetdieRaadopHoërOnderwys dit voorwaardelik goedgekeur, onder meer afhangende van ’n perseelbesoek deur ’n afvaardiging vandieraad.Hierdiebesoekhetop6en7Septemberplaasgevind en ’n positiewe verslag is opgestel.

InOktoberhetdieraadsekomiteevirhoëronderwys-

2003 - ‘n Klein begin 2013 - Nuwe fasiliteite

Page 7: Jaarverslag 2012/2013

5

Aros seWetenskapsbeskouing

kwalifisering ’n (voorwaardelike) akkreditasiesertifikaatuitgereik en daarmee die Departement van Hoër On-derwys en Opleiding geadviseer dat Aros as hoëron-derwysinstellinggeregistreerkanword.Op22Januarie2012hetdiedirekteur-generaaldieregistrasiesertifikaatgeteken en die volgende dag het Aros ’n dankdiens ge-hou om eer en dank aan die Here te bring vir die regi- strasie.

Daar is dadelik aan die werk gespring. Die registrasie is wyd bekend gestel en inligtingsessies is gehou. Begin Februariehet149eerstejaarsgeregistreeromdie jaarsetotalegetalstudenteopsowat310testaantebring.’n Wonderwerk!

Diejaar2012het’nnuwebedelingvirArosingelui.Arosis in eie reg ’n tersiêre akademiese instelling met ’n eie geakkrediteerde graad. Hoewel meer geld geleen moes word, was die vooruitsigte daar dat Aros binne enkele jarefinansieelvolhoubaarenlewensvatbaarsouwees.Meer personeel is in diens geneem en fasiliteite is uit-gebrei.

Aros is ’n opleidingsinstansie wat sy studente deur wetenskaplike opleiding in die veld van opvoed-kunde wil toerus met kennis om hulle te bekwaam

om onderwyser te wees en daarmee saam ook die titel van opvoedkundiges te kan dra.

Die Here leer ons in sy Woord dat ons nie vals mag ge-tuig nie; dit geld ook vir die wetenskap. Daarom mag ’n Christen-onderwyser (wetenskaplike) nie onwetenskap-lik te werk gaan wanneer hy wetenskap beoefen nie. Aros vereis “eerlike wetenskap” as beginsel vir weten-skapsbeoefening.

Die kern van eerlike wetenskap is ten eerste om jouvertrekpunt te herken. Aros se vertrekpunt is duidelik in sy naam. Dit is ’n reformatoriese instansie wat homself saam met ander reformatoriese opleidingsinstansies wêreldwyd posisioneer. Die band wat hierdie reforma-toriese opleidingsinstansies saambind, is die belydenis van Jesus Christus soos vervat in die vier belydenis-skrifte.

Christelike (reformatoriese) wetenskap sê dat alles aan God behoort. Hy is die Skepper en maak Homself in sy skeppingswerke aan die mens bekend. Wanneer die Skepping bestudeer word, vra die Christen-wetenskap-like homself af wat God van Homself openbaar in en

deur hierdie besonderse werke. Aros se wetenskaps-beoefening kan nie getuig van iets anders nie, want dan is Aros oneerlik oor wie en wat Aros is.

Aros besef ook dat eerlike wetenskapsbeoefening nie moontlik is sonder God se Woord nie. Want net in die perspektief van wat die Bybel leer, kan God se skepping reg - eerlik wetenskaplik - beoefen word. Sonder God se Woord kan geen ware en eerlike wetenskap beoefen word nie.

Christelike wetenskap maak nooit ’n skeiding tussen geloof en wetenskap nie, want ware geloof en ware wetenskap kan mekaar nooit weerspreek nie. Daarom kan enige verdraaiing van die Woord of wetenskaplike bevindings om kwansuis bymekaar te pas, nie as ware wetenskap beskou word nie.

Aros beken in nederigheid dat ons nie alles weet nie. Daarom tree ons in gesprek met ander tersiêre in-stansies, selfs al deel hulle nie Aros se sieninge oor wetenskap nie. Deur gesprekke te voer, wil Aros sy eie geloofsvertrekpunt versterk en homself uitdaag om voortdurend terug na die Woord van God te reformeer. Vir ons om op ons eie eiland wetenskap te beoefen, is gevaarlik en kan maklik tot wetenskaplike hoogmoed aanleiding gee.

InJanuarie2013hetdiegetalnuweeerstejaarstudente240beloop,watdietotalegetalstudenteop468testaan gebring het. Dit is nou duidelik dat die getal stu-dente binne enkele jare ’n duisend kan verbysteek.Meer personeel, ook dosente, is aangestel en fasiliteite moet weer uitgebrei word. ’n Dubbelverdiepinggebou metvierlesinglokalewatelk80studentekanhuisves,isin2012opgerig.

In2013 ismet ’naansoekvirdieakkreditasievandieBEd-graad (intermediêre fase) begin. As die aansoek in 2014goedgekeurword,salArosvanaf2015hier-die graad kan begin aanbied. Dit sal die getal studente verder opstoot.

Aros is dankbaar teenoor die Here dat Hy dit vir ons moontlik gemaak het om as geregistreerde, geakkredi-teerde opleidingsinstansie vir hoër onderwys te kan funksioneer. Dit is ons bede dat Aros roepingsgetroue onderwysers sal oplei wat ’n ligtende lig en ’n soutende sout in die gemeenskap sal wees.

Page 8: Jaarverslag 2012/2013

6

Dit is met dankbaarheid teenoor die Here dat Aros nadieafgelope jaaren ’nhalfkanterugkyk.Ekstaan verstom as ek sien hoeveel die personeel

van Aros kon vermag om ons doelwit te bereik om kwaliteit Christelik-gefundeerde Afrikaanse onderwyser- opleiding aan sy studente te bied. Soos u in hierdie ver-slag sal sien, lê daar nog harde werk voor om al die uitdagings die hoof te bied.

SLEUTELASPEKTE VAN 2012/2013Seker die enkel belangrikste gebeurtenis in Aros se bestaandieafgelopetienjaar,wasdatArosdaarinkonslaag om goedkeuring van die Raad op Hoër Onderwys te ontvang om ’n voorwaardelik geakkrediteerde BEd in Grondslagfaseonderwys aan te bied. Die Departement van Hoër Onderwys het ook registrasie aan Aros gegee wat dit vir ons moontlik maak om onderwysers vir beide private en openbare skole te mag oplei.

Inhierdietydperkwasdaartallehoogtepunte:

Onderrig en leer en kwaliteitsversekeringDie kernaspek waarmee Aros besig is, is die oplei-ding van grondslagfase onderwysers op ’n Christelike (reformatoriese) basis. Hierdie onderwysers moet na die voltooiing van hulle studies in alle kontekste in die Suid-Afrikaanse samelewing ’n bydrae kan lewer om kwaliteit-onderrig en opvoeding te verseker. Om in die doel te slaag, moes Aros verseker dat hy oor ’n kundige dosentekorps beskik.

Dr. RJ Davin, departementshoof vir die grondslagfase en haar span dosente, vorm ’n bekwame span wat berge versit om te verseker dat alles op akademiese gebied goed verloop. Baie ure word bestee aan die opleiding van nuwe en bestaande personeel. Die dosente het ’n kursus in assessering by Unisa voltooi en het besin oor diestandaardvanalleAros-modules.’nInternewerks- winkel is gehou waar oor onderrig- en leerstrategieë be-sin is.

Aros is dankbaar vir die akademiese en administratiewe strukture wat gevestig is om hoë akademiese stan-daarde te verseker. Dosente en ondersteunende per-soneel besef dat dit harde werk verg om kwaliteit oplei-ding te verskaf, maar die kundigheid en wil is daar om te verseker dat dit wel die geval is.

Aros het op die gebied van akademiese beplanning en kwaliteitversekering met verskeie ander tersiêre instan-sies geskakel. Personeel van NWU, UP en Monash Uni-versiteit het Aros besoek en waardevolle raad gegee. Verskeie strukture en stelsels is gevestig om te help verseker dat alles op akademiese asook op admini- stratiewe gebied glad verloop.

SteundiensteDie Aros-biblioteek brei steeds uit. Verskeie werkstasies waar studente kan studeer, is ingerig en talle studente maak daarvan gebruik. Daar is op drie opvoedkundige databasisse en vyf nuwe opvoedkundige tydskrifte in-getekenenbykans200nuweboekeisvirdiebiblioteekaangekoop. Die aanstelling van mev. R White om stu-dente en dosente met inligtingsoektogte te help, gee ’n verdere dimensie aan die biblioteek. Die biblioteek bied ’n onontbeerlike diens aan die 17Aros-personeelledewat besig is met verdere studies waarsonder hulle moei-lik hul studies sinvol sou kon onderneem.

Wat studente-ondersteuning betref, was daar ook heel-wat positiewe verwikkelinge. Mej. N Venter is aange-stel om heeltyds op studente-ondersteuning te fokus. Risikostudenteisvroegreedsgeïdentifiseereninterven-sieprogramme is begin om leemtes aan te spreek. Daar is veral rede tot kommer wat basiese leesvaardigheid betref.Intotaalmoes106studente’nprogramdeurloopom hulle leesvermoë te verbeter. ’n Basiese studiekur-sus en ’n aanvullende rekenaargeletterdheidkursus word aangebied ter ondersteuning van die studente. Aros het reeds programmatuur aangekoop om studente in2014op’nmeeromvattendewyseteondersteun.

Die Aros-Uitgewery en die Boekenhout-Folmer boek- winkelmoesook ’nnuwebaadjieaantrekomaandiegroeiende eise te voldoen. Template en konvensies is opgestel waarmee studiegidse en skoolhandboeke gedruk moet word. Aros is trots op die standaard van diemeeras20studiegidseen40skoolhandboekewatsedertdiebeginvan2012uitgegeeis.

BestuursoorsigVerslag van die Uitvoerende Hoof

Mnr. P le R Bisschoff

Page 9: Jaarverslag 2012/2013

“Ek is nou al vir twee jaar voltyds in die onderwys. Ek dink nie ek kon by ‘n beter instansie geswot het nie - Aros het my

voorberei op presies wat ek in die onderwys te wagte kon wees.”

Mev. Tzana Hemmens,Aros Alumni

Page 10: Jaarverslag 2012/2013

8

GemeenskapsbetrokkenheidDeur skoolhandboeke vir openbare en private skole te ontwikkel, kon Aros ’n waardevolle bydrae in veral die Afrikaanssprekendegemeenskaplewer.Meeras2000onderwysers het reeds op die Aros-databasis ge-registreer om van hierdie Christelik-gefundeerde hand-boeke gebruik te maak wat gratis op die internet beskik-baar is. Aros ontvang gereeld positiewe terugvoer van onderwysers en tuisskolers oor die hulp wat hierdie kur-rikulum bied. Daar is ook begin om die meerderheid van die bestaande boeke in Engels te vertaal.

Die handboeke en onderwysergidse vir die nuwe kur-rikulum vir graad 1 – 3 is reeds aangepas. Die ArosUitgeweryvorderfluksmetdieaanpassingsvandiein-termediêre- en seniorfase se kurrikulum. Dit is duidelik dat daar by onderwysers ’n groot behoefte bestaan vir Christelik gefundeerde leerinhoude wat hoë standaarde handhaaf. Aros hoop om hierdie behoefte toenemend op ’n effektiewe wyse aan te spreek.

Geboue en infrastruktuurAros kon vier nuwe lesinglokale in gebruik neem. Hier-diegebouewat sowatR6,5miljoengekoshet, ismetdie nodige elektroniese infrastruktuur toegerus om dit vir dosente moontlik te maak om van die nuutste tegno-logie tydens lesings te gebruik.

Aros se dosente kon ook hul eie “dosentehuis” in gebruik neem. Elke dosent beskik nou oor sy eie kan-toor wat dit vir studente moontlik maak om dosente in privaatheid te kom spreek. Hoewel die huis in Aros se huidige behoefte voorsien, sal meer kantoorruimte nodig wees om ruimte te maak vir die vyf nuwe dosente watArosbeoogomin2014aantestel.Planneisreedsvir die doel gereed.

Tyd en geld is in die uitbreiding van Aros se telefoon- en rekenaarstelsels belê. Nuwe toerusting is vir die op-gradering van die Aros-netwerk gekoop. Die nuutste beskikbare sekuriteitsprogrammatuur vir die bedieners is aangekoop en personeel is daarvoor opgelei.

StudenteleweArossestudentelewehetdieafgelopejaarbaieaandagontvang. Mnr. PK Vogel is as studente-administrateur aangestel om heeltyds aan studentesake aandag te gee. Opleiding is begin om ’n studenteraad (SR) toe te rus vir hul termyn wat voorlê. Die SR het reeds verskeie projekte aangepak soos die reël van die Aros-eerste-jaarskamp, die Aros-dinee en sosiale funksies vir diestudente.

Twee aparte daghuise, elk met sy eie huiskomitee, is gestig. Die daghuise is met verskeie aksies besig om elk sy eie tradisies, embleem, groet en kleure te ontwik-kel. Aros glo dat hierdie daghuise ’n sleutelrol in die toe-

koms gaan speel om by ons ’n gesonde studentelewe te skep.

BestuurVirAroswasenisdit’ngrootuitdagingomvan’nafle-weringslokaliteit van NWU na ’n volwaardige instansie vir hoëronderwysopleiding oor te skakel. Dit het baie uitdagings aan die bestuur gebied om struktuur en be-leid te vestig wat moet help verseker dat als op akade-miese en administratiewe gebied glad verloop. Bestaan-de beleid moes en word steeds deurlopend hersien en aangepas soos leemtes dit in die praktyk uitwys.

Die uitvoerende bestuur (UB) is ook vergroot om ’n meer gebalanseerde en verteenwoordigende bestuurspan te vestig. Die UB lyk nou so:

• Voorsitter: Mnr. P le R Bisschoff• Akademiesehoof: Dr. LM Erasmus• Registrateur: Mev. EE Bakker • Navorsingenidentiteitontwikkeling: Dr. ALA Buys• Eksternediensteen finansies: Mnr. RJW van der

Kooy

Aros is dankbaar dat hy mense met die nodige kun-digheid en ervaring kon betrek om as bestuur die regte leiding aan Aros te verskaf.

Die pad vorentoeUit talle oorde heers toenemend kommer oor die stan-daard van onderwysers, veral wat grondslagfase on-derwysers in die onderwysprofessie betref. Dit bied aan Aros die uitdaging en verantwoordelikheid om te verseker dat die studente wat by ons afstudeer ten volle toegerus en bekwaam is om die onderwysprofessie met waardigheid te betree. Om in die doel te slaag, sal Aros nie net ’n hoë akademiese standaard moet handhaaf nie, maar ook die nodige professionele opleiding moet verskaf.

Om verder in Aros se doel te slaag, is reeds begin met die ontwikkeling van ’n BEd-intermediêre graad wat Arosmiddel-2013bydieRaadopHoërOnderwys in-dien.SoudieRaadopHoërOnderwysdiekwalifikasiegoedkeur, sal Aros soos ’n volwaardige onderwyskol-lege funksioneer wat laerskool-onderwysers oplei, en ook nog ’n aantal ander funksies uitvoer.

StrategiessalArosindiepaarjaarwatvolgtotenmet2018alsymiddeleenaandagdaaropmoetfokusomteverseker dat die geakkrediteerde programme wat Aros aanbied van ’n hoë akademiese standaard getuig. Vir die doel sal kundige personeel, wat oor die nodige er-varing beskik, gewerf en by Aros aangestel moet word. Terselfdertydsalknapjongakademicigeïdentifiseerenin opleidingsprogramme opgeneem word. Dit sal hulle nie net help om hulself akademies in hul vakgebiede

Page 11: Jaarverslag 2012/2013

9

beter te bekwaam nie, maar ook om hul vakgebiede uit ’n Christelike wetenskaplike verwysingsraamwerk te deurgrond.

Bestaande Aros-modules word in lyn met die doel ook reeds deurlopend geëvalueer en hersien om te verse-ker dat die modules wel die beplande uitkomste bereik. Dr. RJ Davin en haar span dosente is voortdurend be-sig om te skaaf aan die begronding van elke module, leerinhoude, ondersteunende materiaal op e-klaskamer, assesseringstegnieke en onderrig-strategieë. Dit is ’n groot en verantwoordelike taak.

Aros besef dat nog baie werk voorlê om te verseker dat dinge op akademiese, administratiewe, finansiële enbestuursvlak glad verloop. Die bestuur en personeel

sien uit na die uitdaging om van Aros ’n Christelike (reformatoriese) hoëronderwysinstelling te maak wat nie net deur sy oud-studente nie, maar deur die hele onderwysgemeenskap in die land gereken word as ’n instelling wat onderrig en opleiding van ’n uitnemende standaard bied. Mag die Here aan ons die wysheid en insig gee om hierdie taak tot Sy eer uit te voer.

Mnr. P le R Bisschoff Uitvoerende Hoof

Verskeie werkstasies is op kampus beskikbaar vir studente se gebruik.

Page 12: Jaarverslag 2012/2013

10

Organisatoriese en Akademiese

Aros Direksie

Uitvoerende Raad

Uitvoerende Bestuur

Afdelingshoofde

Akademiese Raad

Departement Grondslagfase

AkademieseAdvies Raad

(Ekstern)

Akademiese Uitvoerende

Komitee

Akademiese Beplanningskomitee

Administrasie

Skakeling en Bemarking

Biblioteek

Finansies

Inligtingstegnologie

Studente-ondersteuning

Logistiek

Menslike hulpbronne

Studente-aangeleenthede

Eksterne Studentedienste

Aros Uitgewery

Boekenhout - Folmer Boekwinkel

Arso

Aros-Diensburo

Skoolkurrikulumontwikkeling

BestuurstruktuurDie Aros-struktuur soos op 31 Mei 2013:

Page 13: Jaarverslag 2012/2013

11

Organisatoriese Bestuurstrukture

Dr. LM Erasmus Dekaan

Mev. EE BakkerRegistrateur

Mnr. P le R BisschoffUitvoerende Hoof

Mnr. RJW van der Kooy Direkteur: Eksterne

dienste

Dr. ALA BuysDirekteur: Navorsing en identiteitsontwik-

keling

A.v.l.n.r: Mnr. N Roets, dr. LM Erasmus, dr. G Hagg, dr. S Makhado en mev. G de Vries.

V.v.l.n.r: Dr. ALA Buys, mnr. P le R Bisschoff en mnr. RJW van der Kooy. Afwesig, prof P Stoker.

Aros- direksie:

V.l.n.r: Mnr. RJW van der Kooy, mnr. P le R Bisschoff en dr. ALA Buys.

Uitvoerende raad:

Uitvoerende bestuur:

Page 14: Jaarverslag 2012/2013

12

Verslag oor dieAkademie

Die kantoor van die Dekaan is oorhoofs verantwoor-delik vir die akademie by Aros. Daar is ’n noue samewerking met die Uitvoerende Hoof, die Uit-

voerende Bestuur en die Departement Grondslagfase. Die Dekaan aanvaar oorhoofse verantwoordelikheid vir sake wat verband hou met Aros se akademiese beplan-ning en strategie, soos hieronder uiteengesit.

Die werk en verantwoordelikheid val in drie terreine: • Akademieseontwikkeling• Akademieseevaluering• Akademieseskakeling

AKADEMIESE ONTWIKKELINGNuwe programontwikkelingOns werk aan die ontwikkeling van twee verdere pro-gramme benewens die reeds voorlopig geakkrediteerde BEd Grondslagfaseprogram. Tydens die eerste helfte van2012isaansoekebydieRaadopHoërOnderwysen die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding virdieakkreditasievan’ndiplomainontvangsjaaronder-wys ingedien. Hierdie aansoek was met die eerste rond-te nie suksesvol nie en beplanning het reeds gevorder omdieaansoekteendieeindevan2013weerintedien.

Na die oordeel van die bogenoemde twee instansies verwoord die programontwerp nie volledig die mini-mumvereistes soos uitgespel in die beleid nie. Die Akademiese Beplanningskomitee is reeds besig met ’n proses van konsultasie waarmee die volgende aansoek verantwoord sal word.

Dieontwikkelingvan’nBEdprogramvirdieIntermediêrefase is reeds in ’n gevorderde stadium en die betrokke aansoekisteen10Julie2013bydieRaadopHoërOn-derwys se Kwaliteitkomitee (HEQC) ingedien. ’n Proses van indringende konsultasie is gevoer met kundiges op die terrein van die intermediêrefase van onderrig en die voorgestelde program word wyd ekstern deur kundi-ges van die volgende instellings getoets: Universiteit vanKaapstad,RhodesUniversiteit,SouthAfricanInsti-tute for Distance Education, Cape Peninsula University of Technology, Unisa, Universiteit van die Vrystaat en die Noordwes Universiteit.

Aros hoop om die uitslag op hierdie aansoek teen die eindevan2013tekryendiebeplanningisdatdieeersteintermediêrestudentein2014virdie2015akademiesejaaringeskryfkanword.

Bestaande programontwikkeling en evaluering’n Belangrike opgaaf is om die BEd Grondslagfase program – wat in die vierde semester van aanbieding is – verder te ontwikkel en te evalueer. Hierdie proses bestaan uit twee kante: die ontwikkeling van nuwe stu-

diepakkette en die evaluering van bestaande studiepak-kette. Nuwe studiepakkette word met ’n duidelik omlyn-de proses ontwikkel waarmee skrywers in ’n proses be-trek word met die oog op behoorlike reformatoriese en akademiese verantwoording.

Bestaande studiepakkette word aan die einde van elke semester geëvalueer en noodsaaklike veranderinge word aangebring. Hierin het die betrokke vakkundige dosent ’n belangrike aandeel asook die inset van stu-dente aan die hand van module-evaluerings wat elke semester in elke module gedoen word.

Strukture vir akademiese bestuurBelangrike besinning is die afgelope termyn binne Aros gedoen om doelmatige strukture te skep vir sinvolle en planmatige akademiese bestuur binne die organisasie. Die akademiese bestuur werk nou saam met die Uit-voerende Bestuur en setel binne die volgende strukture: Akademiese Raad (AR) as hoogste akademiese beleids-liggaam, Akademiese Uitvoerende Komitee (AUK) en Akademiese Beplannings Komitee (AK). Hulle tree op as komitees van die AR met duidelik omlynde opdragte en terreine. Die Departement Grondslagfase is verant-woordelik vir die aanbieding en onderrig en leer van die BEd Grondslagfase program.

Dr. LM Erasmus

Page 15: Jaarverslag 2012/2013

13

Akademiese afdelingsDie werk van die Dekaan het ’n nou verband met die volgende afdelings:

• Kurrikulumkoördinering Mev. W Bron is verantwoordlik vir die koördinering

van die kurrikulum wat behels die ontwikkeling en ontwerp van nuwe programme asook die kurri-kulêre verantwoording en belyning van bestaande programme.

• Onderrigenleer Mev. A Pouwels is verantwoordelik vir die afde- ling Onderrig en Leer wat behels die omlyning en

operasionalisering van Aros se gemengde modus vanaflewering.Hierdiemodusvanafleweringom-vat ’n geïntegreerde onderrig- en leerbenadering met ’n baie sterk fokus op die aspek van e-leer. Kontakonderrig van een dag per week kompli-menteer ’n omvattende geïntegreerde onderrig- en leerbenadering.

• DepartementGrondslagfase Deurlopende skakeling geskied met dr. RJ Davin

as die Departementshoof van die Grondslagfase.

Akademiese ontwikkelingAkademiese ontwikkeling geskied deur seminare en kursusse en in baie gevalle word ook van eksterne kun-digheid gebruik gemaak.

Die volgende sake het die afgelope termyn aandag ge-niet:• Dosenteassessorkursus(Unisa)• Kwaliteitkontrole en akademiese verantwoording

(N Murdoch, Monash SA)• Die volgende ontwikkelingsgeleenthede wordbeplanvirdie tweedesemestervan2013endieeerstesemestervan2014:– Die ontwikkeling van studiehandleidings– Die omlyning van ’n institusionele onderrig- en

leerstrategie

Akademiese beleidsontwikkelingDie volgende institusionele beleide is ontwikkel: • Onderrigenleer• Assesseringenmoderering• Akademieseverantwoording/kwaliteitkontrole• Beleidvirdiebegeleidingvanrisikostudente

AKADEMIESE EVALUERINGAkademiese verantwoording en kwaliteitkontroleGedurende2012/2013isprosesseinwerkinggestelvirdeurlopende akademiese verantwoording ter wille van

die handhawing van goeie akademiese kwaliteit. ’n Be-leid en model is ontwikkel vir deurlopende institusionele selfevaluering. Prosesse is ook gestig vir die opstelling van institusionele selfevaluering met die oog op Aros se aansoekvirherakkreditasiewatteendieeindevan2014by die Raad op Hoër Onderwys ingedien moet word. Arossevoorlopigeakkreditasiesiklus loopeinde2015teneindewaarnavolleakkreditasiestatusnaafloopvan’n suksesvolle herakkreditasie-aansoek verkry sal word.

Eksterne akademiese adviesligaamIn2013 isbesluitom’neksterneadviesliggaamindielewe te roep wat bestaan uit kundiges uit die tersiêre omgewing met die oog op raad en aanbevelings oor die belangrike saak van akademiese verantwoording en kwaliteitkontrole.

AKADEMIESE SKAKELINGSkakeling met statutêre liggameDeurlopende skakeling is met die Raad op Hoër Onder-wys en die Departement van Hoër Onderwys en Oplei-dinggedoen.’nJaarverslagvir2012isaandieDepar-tement Hoër Onderwys gelewer. Seminare van die Hoër Onderwys Kwaliteitkomitee (HEQC) van die Raad op Hoër Onderwys is ook bygewoon om die instelling se verband met en kennis van die hoëronderwysomgewing verder uit te bou.

Lidmaatskap van akademiese liggameAros het lidmaatskap verkry van die South African As-sociationfor InstitutionalResearchen’nseminaarvanSAAIR is inPortElizabethbygewoonwatooronderrigen leer en oor studentedeurvloei aan tersiêre instellings gehandel het.

Kontak met ander tersiêre instellingsBesoek word in September/Oktober 2013 by die vol-gende Noord-Amerikaanse reformatoriese instellings afgelê: Covenant Canadian Teachers Training College, Calvin College, Dordt College, Redeemer College en Covenant College. Die doel van hierdie besoek is om akademiese kontakte op te bou ter wille van die verant-woording van reformatoriese hoër onderwys. Daar sal ook navorsing gedoen word en inligting ingewin word oor die reformatoriese verantwoording van die kurriku-lum met die oog op onderwysersopleiding. ’n Werkswin-kelreferaat sal by ’n internasionale kongres in Ontario, Kanada oor die Christelik reformatoriese begrip van die didaktiek aangebied word.

Dr. LM ErasmusDekaan

Page 16: Jaarverslag 2012/2013

14

Die doel van die Departement Grondslagfase is om aan die missie van Aros gestalte te gee deur By-bels-gefundeerde onderwyseropleiding aan stu-

dente te verskaf. So word die student voorberei om op ’n gesaghebbende en ingeligte wyse onderrig aan die kind te gee om die waardes en lewensbeskouing van die samelewing positief te verander.

Die missie word op die volgende wyse nagestreef:• Alledosentevolg’nChristelikelewens-enwêreld-

beskouing en dit vloei deur in alles wat onderrig, nagevors en gedoen word.

• Deur ’n Christelike roepingsbewustheid by stu-dente te kweek wat hulle dan sal voorberei om in alleSuid-Afrikaansekonteksteonderrigaanjongleerders te kan bied.

• Deurophoogteteblyvandienuutstetendense,navorsing en bevindings oor die opvoedkunde en verwante velde, en in die proses dit krities te beoordeel en, soos nodig, by die opleidingspro-gramme te inkorporeer.

IndieafgelopejaarhetdieDepartementGrondslagfasedaarna gestreef om in die onderrig van studente aan dié missie gehoor te gee. Dit is in die Christelike karak-ter van die studiepakkette en die dosente se onderrig tydens kontaksessies en op e-klaskamer duidelik. Dit is vir die doserende personeel belangrik dat die nalewing van ’n Christelike uitgangspunt op uitmuntende onder-rig, hoë akademiese standaarde en effektiewe asses-sering dui.

Verslag oor die Departement Grondslagfase

2012 2013

4Heeltydsedosente 8Heeltydsedosente2Heeltydseadministratiewebeamptes

3Deeltydsedosente 3Deeltydsedosente

Dosente-ontwikkeling Dosente het tydens die verslagtydperk verskeie oplei-dings- en ontwikkelingsgeleenthede bygewoon.

• Akademiese ontwikkelingInduksieprogram:Inhuis.Christelikekarakterbou:Inhuis.Werkswinkelvirnuwedosente:Inhuis.Assessorskursus: Unisa se Sentrum vir Ge-meenskapsontwikkeling en Opleiding.

• Vaardigheidsontwikkeling:Excell-werkswinkel:Inhuis.

GemeenskapdiensAros-dosente is betrokke op talle terreine met ge-meenskapsopleiding wat regstreeks met hulle doseer-taak verband hou. Hierdie blootstelling bied waardevol-le insig en inligting om weer in hul onderrig te benut.

Lesings deur dosente gelewer as deel van gemeenskapsdiens gedurende 2012/2013:

Bron, W. Opleiding Mukhanyo Theological College. Mukhanyo.

Davin, RJ. Gasdosent vir Opti-Baby tydens hulle opleidingsprogram vir kleuter-skoolassistente. Opti-Baby.

Grootouers se rol in die opvoeding van hulle kleinkind. Tygerpoort NG kerk.

Ouers se aandeel in die skoolkind se skool sukses. Gereformeerde Skool Dirk Postma.

Diedericks, M. Opleiding in Christelike Normatiewe Onderwys.Mafikeng.

Le Roux. K. Lesing tydens Juventus se akade-miese reeks. Aros.

Opleiding tydens Hulp in onder-wyspraktyk-kursus. Aros.

Die noodsaaklikheid van motoriese ontwikkeling op skoolprestasie. Totiusdal Gereformeerde Kerk.

Le Roux, PGP. Lesing tydens Juventus se akade-miese reeks. Aros.

Lesing tydens Juventus Hoërskool leierskapkursus. Aros.

Van Rhyn, A. Opleiding tydens Hulp in onder-wyspraktyk-kursus. Aros.

Kurrikulumontwikkeling: Emosionele faktore. Gereformeerde Skool Dirk Postma.

Ander betrokkenheidLeRoux,K.Verkiesopuitvoerenderaad,SAPIK.

NavorsingAlhoewel Aros tydens die vestigingsfase nie op navor-sing as uitset fokus nie, is dosente wel by verskillende navorsingsaktiwiteitebetrokke.Onsbeskikoor ’n jongdosentekorps en daar word van hulle verwag om hul kwalifikasiesteverbeter.Dosente isookaangemoedigom referate by kongresse te lewer.

Doserende personeel: Departement Grondslagfase

Page 17: Jaarverslag 2012/2013

“Ek het hiér geleer wat dit is om roepinggedrewe jou werk te doen.

Ek wil ‘n verskil in die land maak- ek wil ‘n goeie onderwyser word!”

Cindy BassonEerstejaarstudent

Page 18: Jaarverslag 2012/2013

16

Navorsingsuitset 2012/2013 van Departement Grondslagfase:

Formele studies

Meestersgrade 4

Doktorsgrade 2

Artikels gepubliseer in geakrediteerde joernale

Tydskrif vir Christelike Wetenskap 1

Boeke gepubliseer (Met portuurgroep assessering) Uitgewer

Davin, RJ. Handbook for Grade R teaching. (Mede-skrywer: twee hoofstukke).

Pearson: Kaapstad.

Education management in early childhood development. (Mede-skrywer: een hoofstuk)

Van Schaik: Pretoria.

Teaching mathematics in the Foundation phase (werksttitel).

Van Schaik: Pretoria.

Naude,M.Inproses2013. Teaching mathematics in the Foundation phase (werksttitel).(Mede-redakteur)

Van Schaik: Pretoria.

Bron,W.Inproses2013. Teaching mathematics in the Foundation phase (werkstitel). (Mede-skrywer: een hoofstuk)

Van Schaik: Pretoria.

Boeke gepubliseer (Sonder portuurgroep assessering) Uitgewer

Diedericks, M. Vertrekpunte vir die Christelike geloof. Aros Uitgewery: Pretoria.

Mens, waarom lyk die wêreld so? Aros Uitgewery: Pretoria.

Referate deur dosente gelewer by kongresse Plek

Davin, RJ. Teaching Practice as part of successful teacher training.

ECD-konferensie. Unisa.

School Based teacher training: Lessons learned.

Teaching Practice Confer-ence. NWU (Vaaldriehoek-kampus).

Research at a non-research teacher training institution.

AESA konferensie. Bela-Bela.

Diedericks, M. Calvyn in ‘n publieke debat. Calvyn Kongres. Pretoria.

Kongresse bygewoon Plek

Calvynkongres Pretoria

ECD-conference Unisa

Teaching Practice Conference NWU (Vaaldriehoekkampus)

AESA conference Bela-Bela

Internationallawinmothertongue. Universiteit van Johannesburg

Page 19: Jaarverslag 2012/2013

17

Mev. M Naudé(Junior lektor) B Ed (Unisa); B Ed (Hons) (Unisa); B Ed (Grondslagfase) (Unisa)

Dr. RJ Davin (Departementshoof) DEd (Unisa); M Ed (Unisa); M Diac (Spelterapie) (Unisa); BEd. (Hons) UP; BA (UP); HNOD (Preprim) (UP); V.D.O. (RO) (OKSA)

Mev. M van der Kooy (Departementele adminstratiewe beampte) Dip (Sakeadmin en Tegnologie) (Technikon, Pta)

Mev. A Wyma (Onderwyspraktyk Administratiewe beampte) Onderwysdiploma (NKP)

Mev. W Bron (Lektor) MEd (Unisa); BEd (Unisa); BA (Unisa); H.O.D. (Nagraads)(Unisa); Dip. UGO (Unisa)

Ds. PGP le Roux (Lektor) M Div (NWU); B Th(Hons) (NWU); B Th (NWU)

Mev. A van Rhyn (Lektor) MEd (NWU); BEd (Hons) (NWU); BA (Ed) (PU vir CHO)

Mnr. M Diedericks (Lektor) MTH (Dogmatiek) (NWU)

Mej. A Theunissen (Junior lektor) BA (Hons) (Afr.-Ndel) (NWU); BA Kommunikasie (NWU); BA Berading en Psigologie (NWU)

Mev. K le Roux (Junior lektor) MBW en Psig (Hons) (NWU); B MBW (NWU)

Doserende en administratiewe personeel in Departement Grondslagfase

Page 20: Jaarverslag 2012/2013

18

Onderwyspraktyk: Die doel en plek van onder-wyspraktyk in die BEd in Grondslagfaseprogram

Tydens 2012 en 2013 is Onderwyspraktyk 1 en 2 asonafhanklike modules vir die BEd in Grondslagfase ontwikkelenstudenteisby169skolevirdievoltooiingvan die onderwyspraktykmodules geplaas. Die doel van Onderwyspraktyk is om die student te begelei om van-uit Christelike waardes op ’n doelgerigte en kreatiewe manieronderrigaandie jong leerder tebied.Die vierOnderrigpraktykmodules vorm ’n belangrike en geïn-tegreerde deel van die program. Die onderwyspraktyk-modulessekredietwaarde is96kredietewatdeurdieloop van die student se studies versprei word.

Voordat die student met onderwyspraktyk in die grond-slagfase kan begin, is daar bepaalde vereistes wat nagekom word:

• Die student word deur Aros by ’n funksioneleskool vir die onderwyspraktyktydperk geplaas.

• ’nGetekende ooreenkomsword tussen die stu-dent, die skool en Aros voltooi.

• Die onderwyspraktyktydperk word deur Arosgemonitor en die student word deur Aros in die skoolkonteks geassesseer.

• `n Mentoronderwyser word in elke skool, deurdie skool, vir die student aangewys wat die stu-dent ondersteun en deur die voorgeskrewe on-derwyspraktyktydperke begelei. Die mentor word ook opgelei vir die taak deur ’n opleidingsvideo wat deur Aros aan elke skool uitgedeel word.

• Dieskoolhoof,mentor-onderwyserenstudentont-vang inligtingstukke wat oor die vereistes en take verbonde aan die verskillende vlakke van onder-wyspraktyk handel.

Bestuur van onderwyspraktykDie bestuur van onderwyspraktyk word vanuit die On-derwyspraktykafdeling binne die Departement Grond-slagfasegedoen.Die329studenteistydensdieeerstesemestervan2013deurdieafdelingin169verskillendeskole geplaas.

Altesame 100 tweedejaarstudente is deur heeltydsedosenteendriedeeltydsedosenteby76 verskillendeskole besoek en ’n praktiese les is afgeneem en met die studente bespreek.

Studente se finale punt vir onderwyspraktyk wordsaamgestel deur praktiese take wat onder die toesig van die mentor-onderwyser plaasvind. Dit sluit in prak-tiese lesaanbieding en die voltooi van ’n skool evalu-eringsvorm en die hou van ’n daaglikse reflektieweskooljoernaal. Die vorm van evaluering blyk geslaagd

aangesiendiestudentsefinalepuntdeurverskillendetake saamgestel word.

Dieeerstegroepstudentehetin2012diemoduleOn-derwyspraktyk1begin.Asdeelvanmodule-evalueringis onderhoude met 12 hoofde en verskillende fokus-groepe met studente gevoer. Die terugvoer van hoofde oor Aros-studente was positief veral waar Aros-studente heeltyds as onderwyser-assistente by die skool diens doen.

Onderwyspraktyk as deel van `n onderwysgraad is’n komponent wat dikwels in die verlede afgeskeep is, maar na aanleiding van die gewysigde minumum vereistes vir onderwysopleiding (Departement Hoër On-derwysenOpleiding2011),wordmeergewigaandiekomponent gegee. Aros het dit met groot sukses in die BEd in Grondslagfase program geïntegreer.

Dr. RJ Davin

Dr. RJ Davin Departementshoof Grondslagfase

Page 21: Jaarverslag 2012/2013

19

Verslag van dieRegistrateur

P rosesse soos aansoeke en toelatings, registra-sie, module- en kurrikulumwysigings, eksamens asook die uitgee van studiegidse word deur ad-

ministrasie bestuur.

StudentestelselMet die hulp van ’n eksterne programmeerder is ’n stu-dentestelsel geskep wat eiesoortige Aros-behoeftes kon aanspreek. Die stelsel het na ’n effektiewe stelsel uit-gebrei wat ook in die akkrediteringsproses van Aros se eie BEd Grondslagfasegraad suksesvol was. So kon die stelsel belangrike en betroubare inligting en data vir die suksesvolle indieningvandie jaarlikseverslaeaandiedepartment verskaf. Ook vir die sesmaandelikse studen-te-inligtingen-dataaandieHEQCIS(HigherEducationQualityCommitteeInformationSystem)kondiestelseleffektief inligting vir tydige indiening verstrek. Aros beplan om in 2014 ’n heeltydse personeellid tegebruik om die huidige studentestelsel verder uit te bou en te ontwikkel om aan toenemende personeel- en stu-dentebehoeftes te voldoen. Die interaksie en kommu-nikasie tussen die web en die studentestelsel sal veral prioriteit geniet.

NWU-pyplynstudenteMet die samewerkingsooreenkoms met NWU wat in 2010ampteliktot’neindegekomhet,isArosindieuit-faseringsfase wat betref NWU-graadstudente. Op die oomblik is 110 pyplynstudente geregistreer en besigmet hulle finale studiejaarwaarvan na raming nog 14in2014enkeleuitstaandemodulessalmoetafhandel.

Jaar van Registrasie 2012 2013

Aantal aansoeke ontvang - 293

Aantal geregistreerde studente 149 248

Aansoeke en toelatingsNadat Aros begin 2012 amptelik uitslag van sy BEd-graad ontvang het, moes prosesse onmiddellik in werk-ing gestelword om in 2012 nogdie eerste amptelikeeerstejaarstoetelaat,teregistreerenmetklassetelaatbegin.149studente(agtmansen141dames)isuitein-delik vir die BEd Grondslagfasegraad toegelaat en ge-registreer.

Aandieeindevan2012konArosspogmet’nslaagsyfervan78.59%tenopsigtevandieeerstejaarswatin2012met hul studies begin het.

Studente wat by Aros studeer se gemiddelde ouder-dom is 22 jaar. Weens die unieke gemengde modelwat Aros aanbied, beteken dit dat Aros ook heelwat belangstelling by ’n ouer generasie wek. Ook studente watvolgensuitslagopdieNasionaleSeniorSertifikaat(NSS) net vir diplomastudies kwalifiseer, kan aansoekdoen. Hierdie studente word op bepaalde voorwaardes by Aros toegelaat. Voorwaarde vereis die neem van ’n oorbruggingskursus bestaande uit drie addisionele modules wat geneem moet word saam met die totale aantalmoduleswatvirdiegraadjaarvoorgeskryfis.Diesuksesvolle behaling van die oorbruggingsmodules is ook die bepalende faktor vir die student se voortgesette studies.

Sedert die ooreenkoms in 2003 gesluit is, het die volgende NWU-studente deur Aros gegradueer:

Page 22: Jaarverslag 2012/2013

20

*Studente wat by NWU net ’n enkele module benodig om te gradueer of weens om-standighede nie meer heeltyds kan studeer nie, word deur NWU na Aros verwys vir voltooiing van hierdie modules mits dit nog by Aros aangebied word. So het getalle (watdieAros/NWU-studentebetref)van2011toegeneem.

Vrystellingstipe van studente Aantal studente (uitgesluit NWU-graadstudente)

Persentasie (%)

2012 2013 2012 2013

Ouderdomsvrystelling 8 23 5.3 9.2

Voorwaardelike vrystelling 58 108 39 43.5

Volle vrystelling 83 117 55.7 47.1

TOTAAL 149 248

Die totale aantal studente (NWU- en Aros-graadstudente) sedert 2011 tot 2013 is as volg:

2011 2012 2013

Eerstejaars(Aros) - 149 238

Tweedejaars(Aros) - - 119

Tweedejaars(Aros/NWU) 128 - -

Derdejaars(Aros/NWU) 58 107 -

Vierdejaars(Aros/NWU) 56 68 111

TOTAAL 242 324 468

UitvalsyferVandietotaleaantalstudentewatin2012geregistreeris,het20,8%hulstudiesgestaak.Dieredevirdiesta-king van studies was hoofsaaklik onvoldoende finan-siële bronne, wysiging van studierigting, verskuiwing na ’n ander tersiêre instelling of persoonlike redes.

Geografiese verspreidingHoewel heelwat studente-behuising rondom die kam-pus beskikbaar is, bied Aros nog nie self amptelike stu-dent-akkommodasie nie. Dit beteken dat studente gro-tendeels uit Gauteng afkomstig is. Maar studente so ver as Limpopo en Mpumalanga studeer by Aros en kom woon in Pretoria vir die duur van hul studies.

Verspreiding van Aros-studente volgens vrystellingstipe:

Page 23: Jaarverslag 2012/2013

21Mev. EE Bakker

Mev. EE BakkerRegistrateur

EksamensAlle eksamenaangeleenthede word deur die administra-sie hanteer. Dit is noodsaaklik dat vraestelle in die regte formaat, korrek en in tyd beskikbaar moet wees. Daar-omwordallevraestelledeuradministrasiegeproeflees,gedupliseer en geberg tot die eksamen begin. Vir die beheer en kontrole in eksamenlokale word toesighouers elke semester ingekontrakteer en opgelei. Administrasie hanteer ook die wisselwerking van antwoordstelle aan toesighouers, dosente en moderators. Die uitslae word hier op die studentestelsel ingelees en aan die studente op kennisgewingborde en die webblad beskikbaar ge-stel.

StudenterekordsVolledige studenterekords word by die administra-sie geliasseer. Persoonlike rekords van studente wat gradueer, staak of wie se studies gestaak word, word geskandeer en is in elektroniese formaat in die argief beskikbaar. Studente se uitslae word ook elektronies op rekord gehou.

Met die groei van studentegetalle is administratiewe verantwoordbaarheid van kritiese belang. Prosesse en stelsels word voortdurend krities beoordeel en aange-pas soos nodig. Ons streef na hoë standaarde en die lewer van uitsette oor veral diens aan voornemende sowel en huidige studente.

Page 24: Jaarverslag 2012/2013

22

Aroshetstapvirstapvanuit’nmoeilikefinansiëleposisie na ’n gesonde en volhoubare basis be-weeg. In 2012was die finansiële posisie reeds

beteraswaarvooroorspronklikbegrootmoesword.In2013behoortdaar’nsurplusteweeswatArosinstaatsalstelomsyleningstebeginaflos.

Aandiebeginvan2012moesvirdieloodsingvandieeie BEd-graad begroot word. Bykomende personeel is aangestel en geriewe soos kantore, lesingsale en toe-rustingisaangeskaf.Omdatdieregistrasieeersop23Januarie2012goedgekeuris,hetheelwatvoornemendestudentereedsanderplannevirdiejaargemaakenhetminder studente ingeskryf het as waarvoor begroot is.

Dieverwagtingwasdat2012met’nverliesvansowatR1miljoensoumoesafsluit.Daarommoesekstralenings-fasiliteite bekom word.

Verslag oor die

2011 2012

Studentegelde 4,86 6,95

Boekverkope 1,50 1,93

Skenkings en beursgelde 0,81 0,73

Totale inkomste 7,31 9,67

Deur so spaarsaam moontlik te werk, kon die verlies in 2012volgensdiegeouditeerdestate totR475929be-perkword.DietotaleskuldlashetegteropR7,2miljoente staan gekom.

Deurdat in2013weldieverwagtegetaleerstejaar-stu-denteingeskryfhet,behoort2012severliesin2013in’nsurplusvanbynaR1miljoenomtedraai.Saammetdieverwagtegroeiin2014salditArosinstaatstelommetsy beplande uitbreidings voort te gaan en die skuldlas te diens en gedeeltelik te delg.

2011 2012

Salarisse en vergoedings 3,94 5,90

Studentehulp en -beurse 0,02 0,36

Akkommodasie 0,30 0,38

Skakel en advertensies 0,11 0,22

Boeke en publikasies 0,11 0,28

Totale inkomste 7,50 10,34

Tekort 0,19 0,47

2009 2010 2011 2012 2013* 2014*

Inkomste(Rmiljoen) 4,66 8,07 7,31 9,67 14,73 19,37

Uitgawes(Rmijoen) 4,91 7,41 7,50 10,14 13,75 17,00

Surplus/(tekort) (0,25) 0,66 (0,19) (0,47) 0,98 2,37

Getal studente 159 323 248 269 460 600

*Ramings;aflossingvanleningsisuitgesluit.

Die vernaamste inkomste-items was as volg (R miljoen):

Die vernaamste uitgawe-items was as volg (R miljoen)

Enkele globale syfers sedert 2009

Mnr. RJW van der Kooy

Mnr. RJW van der KooyDirekteur: Finansies en Eksterne dienste

Finansies

Page 25: Jaarverslag 2012/2013

“Om deel van Aros se personeelkorps te wees, is vir my ongelooflik lekker. Dit is hier waar ek elke dag my roeping ten volle uitleef en waar ek skouer aan skouer saam met my

“familie” bou aan ‘n beter land. Dit is vir my meer as net ‘n werk, ek is deel van Aros.”

Mev. Lindie VenterAssistent: Uitvoerende Hoof

Page 26: Jaarverslag 2012/2013

Verslag oorBemarking en Skakeling

Mev. L van der Kooy

24

Gedurende2012en2013hetdieafdelingBemar-king en Skakeling op skakeling met interne en eksterne belangegroepe gefokus. Nog ’n funk-

sie, Alumni, is bygevoeg. Hierdie fokus en ontwikkeling het dit vir Aros moontlik gemaak om verhoudings met kernbelangegroepe te versterk en ook om voordelige tweerigting verhoudings met sy teikengehoor te begin en te handhaaf.

Klem is gelê op die ontwikkeling en posisionering van die Aros-handelsnaam en om effektiewe tweerigting-kom-munikasie tussen Aros en sy studente te bewerkstellig.

Strategiese handelsnaamposisioneringIn 2012 is gefokus op die ontwikkeling van ’n strate-giese handelsnaam vir Aros wat sy vestiging as private hoëropleidingsinstansiereflekteer.Aseenvan’nhand-jievol Christelike Afrikaanse private tersiêre instansiesin Suid-Afrika is dit belangrik om binne hierdie raam-werk te funksioneer. Dit is hoofsaaklik gedoen deur die ontwikkeling van korporatiewe identiteitselemente en die vestiging van ’n beleid om die konsekwente gebruik daarvan deur personeel en studente te verseker.

Baniere en promosionele geskenke met die korpo-ratiewe handelsnaam is aangekaf om vir die eerste keer ’n korporatiewe reeks met die Aros-handelsnaam be-kend te stel. Dit is deurlopend opgedateer en aan stu-dente, alumni en personeel verkoop.

StudentewerwingDie studentewerwing-afdeling se werk het in die laaste termynvan2012feitlikverdubbel.Tweedeeltydsestu-dentewerwers is aangestel met ’n teikenarea binne ’n radiusvan165kmvanArosaf.Meeras60skole is in2012besoekendaarisbydieUJRoadshowaangesluitom op ’n gestruktureerde wyse skole te besoek. As deel van hierdie loopbaanskouword in 2013meer as 100skolebesoek.DieeersteAros-opedagisop31Mei2012gehou en weens die hoeveelheid navrae is ’n tweede opedag einde Augustus gehou. Om deurlopende kom-munikasie met voornemende studente te verseker, is ’n databasis ontwikkel wat die berging van studentedata vergemaklik.Aandiebeginvan2013 is ’nkampusbe-soekdag gehou vir voornemende studente. Hulle kon ’n klas bywoon en die studentelewe ervaar. Drie kampus-besoekdaeisvir2013beplan.

Interne skakelingDie Aros-studente is ’n kernbelangegroep met wie moei-te gedoen word om langtermyn-verhoudings te bewerk-stellig. Uit navorsing blyk dit dat die belangrikste be-marking vir Aros deur sy eie studente in die vorm van persoonlike verwysings gedoen word. Omdat ons ons studente as verlenging van die instansie sien, is interne

skakeling met studente ’n prioriteit.

Belangrikste kanale waardeur kommunikasie met stu-dente plaasvind is:• Weekliksekommunikasieindievormvan’nelek-

troniese studentememo met akademiese inligting en kampusgebeure.

• KwartaallikseelektronieseAros-nuusbrief.• SosialemediaindievormvanFacebookenTwit-

ter om inligting oor te dra en om studente in ken-nis te stel van beskikbare poste.

Hierdie mediums word ook gebruik om met personeel te kommunikeer.

Eksterne skakelingOm Aros by eksterne belangegroepe as private tersiêre hoëropleidingsinstansie te posisioneer, is moeite ge-doen om met verskeie instansies, plaaslik en internasio-naal, kontak te maak. Die Aros-bekendstellingsfunksie isbeginMaart2012gehouomdieinstansieasprivateinstelling aan kernbelangegroepe bekend te stel. Op internasionale vlak het dr. ALA Buys, Wheaton College in Illinios, Amerika besoek om samewerkingsmoont-likhede te bespreek, terwyl plaaslik met instansies in verskillende industrieë kontak gemaak is. In 2012 hetverteenwoordigers van die Gereformeerde Hogeschool, Zwolle, Nederland, Aros besoek. Die digitale Aros-nuus-brief word aan hierdie instansies gestuur.

Page 27: Jaarverslag 2012/2013

25

Aangesien Aros as private instansie self verantwoordelik is vir die generering van fondse en ’n wesenlike deel jaarliksdeurkerkeenander instansiesgeskenkword,wil Aros hierdie instansies op hoogte hou van gebeure by Aros. Dit word kwartaalliks deur ’n elektroniese nuus-brief gedoen. Kerke en ander organisasies is ook deur diejaarbesoekomhulleaanArosbekendtestel.

WebontwikkelingMiddel2012isdieherontwerpenontwikkelingvandieAros-webblad aangepak. Die nuwe Aros-webblad is gedurende Mei-maand bekend gestel. Dit is gedoen om die wye verskeidenheid belangegroepe op die effektief-ste wyse van inligting te voorsien.

As deel van die herontwerp en ontwikkeling van die webblad is die Aros-webblad oorgeplaas na ’n nuwe inhoudbestuursisteem, Joomla. Dit is gedoen na aan-leiding van verskeie eksterne bronne wat geraadpleeg isenmetdiespesifiekebehoeftesvanArosensybe-langegroepe in gedagte.

Om die publisering van inligting so goed en effektief as moontlik te bestuur, is ’n elektroniese-webforum geskep waarop elke afdeling die verantwoordelikheid het om korrekte inligting vir publisering te verskaf.

AlumniDie Alumni-kantoor is middel 2012 gestig om bandemet Aros-alumni te versterk en uit te bou. Die eerste Alumni-funksie is einde Oktober 2012 gehou. Hierdieaksiesisin2013uitgebrei.DieeersteAlumni-nuusbriefismiddel2013uitgestuuromgraduandiophoogtevangebeure by Aros te hou. Verder is twee alumni-lede ook aangewys om op die Akademiese Raad te dien.

In2013is’nalumni-fondsgestigwaarinAros-alumnienander maandeliks ’n bydrae kan maak om ’n volhoubare fonds op die been te bring waaruit behoeftige studente se studies in die toekoms befonds kan word.

Mev. L Van der Kooy Afdelingshoof: Bemarking en Skakeling

Voornemende studente en hul ouers besoek Aros tydens die Kampusbesoekdag.

Page 28: Jaarverslag 2012/2013

Verslag oorIdentiteitsontwikkeling

Dr. ALA Buys

Aseenvan’nhandjievolChristelikeprivatehoëron-derwysinstellings in Suid-Afrika is dit vir Aros be-langrik om die karakter en identiteit van die or-

ganisasie goed te vestig en uit te bou. Gedurende die tydperkvan2012/2013 isveralaandaggegeeaandievestiging en ontwikkeling van die Christelike karakter op interne vlak.

Twee kursusse is vir hierdie doel ontwikkel, naamlik:

• Christelikekarakterboukursus Die Christelike karakterboukursus is ontwikkel om

die interne karakter van Aros te versterk en uit te bou. Die kursus is deur alle dosente en afdelings- hoofde bygewoon. Die grondslag van Aros is hier-in prakties aangespreek asook aktuele sake soos diegeloofenwetenskapdebat. In2014word ’nopvolg reeks wat detailpunte uitbou, beplan.

• Aroskunde Hierdie kort kursus lei alle nuwe personeellede

en dosente vinnig in die ontstaansgeskiedenis en kernwaardes van Aros in.

KurrikulumontwikkelingOp die terrein van kurrikulumontwikkeling is goeie vordering gemaak. Na die vinnige wegspring met die ontwikkeling van eie studiegidse is gou besef dat die proses van die begin af die reformatoriese aspek van onderwys moet aanspreek. ’n Nuwe proses is ontwikkel watreedsvrugtesaloplewermetdie2014module-ontwikkeling. Intensiewe reformatoriese assesseringvandielaastetweejaarseArosstudiegidseisookge-doen. Die module-uitkomste, die programontwerp en die reformatoriese uitsette en assessering word met me-kaar vergelyk. Die resultate kan dan sinvol in die studie-gidseseontwikkelingsprosesin2014ingewerkword.

Die grondslae van Aros en sy personeel 1. Geloof in die Drie-enige God wat Homself openbaar

in sy onfeilbare Woord (soos saamgevat in die drie formuliere van eenheid, die Heidelbergse Kategis-mus, Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordt-

se Leerreëls) en Hom ook openbaar in en deur sy skepping.

2. Christelike (reformatoriese) onderwys as ’n Godge-gewe roeping en ’n noodsaaklikheid om reformasie in die samelewing te bewerkstellig.

3. Christelike standaarde en lewenswyse soos ver-woord in die agt waardes op grond waarvan die opleiding by Aros aangebied word: • Roeping– wat die Here van die mens verwag: om

Hom in sy skepping en Woord te ken en te behaag

• Groengroei – hoe/waarheen die mens moetontwikkel: om te bou en te bewaar

• Ewigesabbat– die doel van die mens in sy lewe: om God te ken en te dien

• Openbaring– na wie die mens luister: na Gods Woord

• Christus ons leermeester –Hy leer die mens: deur sy skepping en sy Woord

• Wetenskapasprofesie– wat die mens moet ken en verstaan: God se groot werke, sy verbond, sy skepping en sy wil

• Verbond– die mens wat God aan Hom verbind het: God se bevele, beloftes en bedreiging

• Mensasbeelddraer– wie die mens is: profeet, priester en koning

4. Die noodsaak van aktiewe kerklike betrokkenheid en meelewing.

Dr. ALA Buys Direkteur: Navorsing en identiteitsontwikkeling

26

Page 29: Jaarverslag 2012/2013

Identiteitsontwikkeling

27

Gedurende2012/2013isdieAros-personeelkorpsaansienlik uitgebrei. Aros besef dat dit krities is om die regte persone in die regte poste aan te

stel en daarom is die nodige prosesse en aanstellings-beleide ook in plek gekry. In lyn met die groei watsedert akkreditasie plaas gevind het, is verskeie nuwe afdelings op die been gebring.

Verder is ook moeite gedoen om die gedeelde Chris-telike waardes van die personeel te versterk deur ver-skeie personeelsamesprekings en die aanbied van kur-susse. Van bestuurskant is gereeld geleentheid geskep virsamesprekingsmetdiegroothoeveelheidjongper-soneel om die regte verstaan van Christelike wetenskap en Aros by hulle te kweek.

Aanstellings gedurende 2012/2013:

Personeelaangeleenthede

Afdeling Aantal

Logistiek 2(Nuweafdeling)

Finansies 2

Bemarking en Skakeling 2

Departement Grondslagfase: Dosente 4

Departement Grondslagfase: Administratiewe personeel 2

Ondersteunende personeel 1

Studente-ondersteuningsdienste 1(Nuweafdeling)

Biblioteek 1

Aros Uitgewery 1

TOTALE AANSTELLINGS 16

2011 2012/2013

25 41

Totale aantal personeellede 2011, 2012/2013:

Totale aantal personeel besig met verdere studies:

Personeellede %

17 42

Posvlakke Aantal

Bestuur 5

Akademiese bestuur 1

Afdelingshoofde 6

Lektore 4

Junior Lektore 6

Assistente: kontraktueel 3

Senior assistente 6

Administratiewe beamptes 8

Aros Uitgewery 2

TOTALE PERSONEEL 41

Personeelverspreiding:

Aros-personeel in ’n ligter luim.

Page 30: Jaarverslag 2012/2013

“Ek is al vir 34 jaar in die onderwys; onderwys en klasgee is my passie.

As skoolhoof van Laerskool Hermanstad staan ek ongelukkig nie meer so baie voor

die klas nie. Klasgee by Aros dwing my om navorsing te doen en verryk my loopbaan as skoolhoof. Ek voel dit is tot voordeel van die studente dat ek in die praktyk staan en die praktykkennis weer klas toe kan bring. Op hierdie wyse bly studente op hoogte van die snelle veranderings wat in die onderwys in

Suid-Afrika plaas vind.”

Mnr. Carel van Dyk -Aros dosent en skoolhoof van Laerskool Hermanstad.

Page 31: Jaarverslag 2012/2013
Page 32: Jaarverslag 2012/2013