hoofstuk 9 regverdigingsgronde
TRANSCRIPT
Hoofstuk 9: REGVERDIGINGSGRONDE P 163
het reeds al 5 die elemente behandel tot dusver – maar dit kan nou gebeur dat daar ‘n regvedigingsgrond
bestaan en dan sal die eis nie slaag nie. Regverdigingsgronde is
9.1 Inleiding
DEFINISIE: regverdigingsgronde = spesiale omstandighede wat die feitelike aantasting van ‘n reg of nienakoming van
‘n plig redelik en dus regmatig maak.
Bestaan du suit 2 bene
Daar is egter geen geslote lys alhoewel ons net ‘n paar voorbeelde gaan bespreek – daar kan dus mettertyd nuwe
gronde ontwikkel
ONUS: die doel van deliktereg is om vergoeding te betaal dus die onus rus op die verveerder en behels op ‘n
oorwig van waarskynlikhede (NB – moenie verwar met strafreg nie). Die verweerder moet dus skade regverdig.
Voorbeelde:
A klap B omdat hy hom met mes aangeval het – indien noodweer afwesig is dan aanranding, maar indien A kan
bewys da thy himself verdedig het, sal dan nie aanspreeklik gehou word nie
Breek vernster om kind in kar te red – gewoolik skade aan eiendom, maar indien kan bewys dat dit nodig was
om die kind se lewe te red sal dit noodtoestand wees
NB: toetstemming: indien dokter jou sny met mes om te opereer – indien gee toestemming dan aanranding,
maar indien wel toetstemming gegee, dan nie aanranding
ALGEMENE REGVERDIGINGSGRONDE:
Toestemming
Noodweer
Noodtoestand
Statutere / amptelike bevoegdheid
Provokasie
(moet def en vereistes van elkeeen ken)
9.2 Toetstemming
ONDERSKEI:1
VOLENTI NON FIT INIURIA – beteken toetstemming
Aanvaarding van risiko van benadeling – nie definitief dat skade gaan intree, maar is moontlikheid
Afstandoening van reg om te eis eis – wanneer vrywaringsvorm teken (bv indien bungee)
o Doen afstand van reg om skadevergoeding tee is
o Ander vorm: kontrak om nie te eis
Pactum de non patendo
o Ander vorm van bg: kontrak om nie te eis
DEFINISIE: dit is waar ‘n wilsbevoegde persoon aan ‘n ander aandui / te kenne gee dat hy gewillig is om skade /
nadeel te ly of die risiko aanvaar om skade te ly vir ‘n regmatige doel
Indien aan die def voldoen, dan sal die skade regmatig wees
Bevoegde person? – dit is ‘n persoon wat daartoe instaat is om s/h wil kan uitspreek – verwys terug na
toerekeingsvatbaarheid – kan dus tussen reg en verkeerd onderskei en dienooreenkoms optree
Aanvaar dat jy skade gaan ly (skade is dus ‘n gegewe – het dan te make met spesifieke skade)
Of aanvaar risko dat jy skade gaan ly
Toetstemming as regverdigingsgrond is op een van 2 x argumente gebaseer
(i) afstandoening van reg om te eis (tov die betrokke skade)
(ii) hierdie veroorsaking van skade is redelik en regverdig en nie teen die boni mores nie en daarom moet die
skade gely vir ‘n regsgeldige doel wees
Regsplig? – daar is gewoonlik ‘n regsplig op sekere mense om nie skade te veroorsaak nie, maar wanneer
toestemming gegee word, verval hierdie regsplig
Maw toestemming is dus ‘n regverdigingsgrond omdat ‘n regsplig om nie skade te veroorsaak nie, NIE ontstaan
wanneer daat toestemming tot die skade gegee is nie
Volenti non fit iniuria- = toestemming – dit is dus nie apart nie
Verwys terug na die 2 bene van die def –
o indien skade gaan ly dan werk ons met opset – maw spesifieke skade vir regmatige doel – bv mediese
opererasie
kan nie eis instel indien hy regter arm sny, maar kan eis instel indien hy linker arm opereer ipv
regeter arm – dan sal dit aanranding wees – nie waarvoor jy toetstemming gegee het nie
o indien die risiko aanvaar dat jy skade kan ly, dan werk ons met nalatigheid – bv neem deel in
gevaarlike sport of aktiwiteit
2
weet kan seerkry indien iemand jou tackle – aanvaar risiko en dis inherent aan die sport, kan
dus nie eis nie, maar indien iets doen wat nie deel is van die sport nie, sal dan aanspreeklik
wees
MAAR alhoewel toetstemming opgedeel word in 2 bene – kan dit ook in een insident plaasvind
bv gee toestemming tot spesifieke skade (hartoperasie), en aanvaar die gepaardgaande risiko (die risiko dat
daar komplikasies kan wees en dat jy kan doodgaan omdat dit ‘n gevaarlike operasie is)
Bydraende nalatigheid aan die kant van die eiser is egter geneig om die skadevergiedug waarop die eiser geretig is agv
die skade wat deur beide die eiser en verweerder veroorsaak is, te verminder
Santam v Vorster (voorgeskryf)
Feite: (bespreek die appelhof uitspraak)
die eiser, wie nou die respondent is, is ernstig beseer in motorongeluk
die betrokke motors was betrokke in ‘n resies (dice)
die bestuurder van motor A (die verweerder, nou die appellant) het gepoog om motor B (eiser) verby te steek
op ‘n draai
o het toe nalatiglik gebots met motor B
die bestuurder van motor A het beheer verloor oor die motor en dit gerol
die eiser (motor B) eis skadevergoeding van versekeraar en van die bestuurder van motor A
die verweer soos geopper deur A is dat daar toestemming was (volenti non vit iniuria) en in die alternatief
beweer hy dat daar bydraende nalatigheid was aan die kant van die eiser (B)
o bydraende nalatigheid = belangrike deel van regverdigingsgronde, want alhoewel jy toestemming gee,
kan jy ook aanspreeklik gehou word indien jy aandeel gehad het in die veroorsaak van die skade
op appel is die verweer van vrywillige aanvaarding van risiko verwerp (2de been van toestemming), maar die
hof bevind dat die eiser (B) wel bydraend nalatig was
Regsvraag:
sal die verweerder aanspreeklik wees vir skade?
Hof:
die hof maak NB aantekening mbt volenti non fit iniuria wat ook van die vereistes insluit
o (i) die hof is van mening dat toestemming van ‘n SUBJEKTIEWE aard is
Maw iemand anders kan nie namens jou toestemming gee om bv deel te neem aan ‘n resies
nie
Toestemming was in hierdie saak belangrik, want hier was ‘n risiko van gevaar / seekry
Omdat toestemming ‘n subjektiewe aard het, kan dit OBJEKTIEF afgelei word – dit beteken
alhoewel jy die toetstemming moet gee, moet mense om jou kan sien / aflei dat jy
toestemminge gegee het en vrywilliglik deelneem aan ‘n aktiwiteit
3
o (ii) die eiser het slegs toetstemming gegee tov die NORMALE risiko’s verbonde aan so ‘n resies
Moet dus toestemming vanuit ‘n limiet perspektief bekyk
Normale risiko = band wat bars
Boshoff v Boshoff (voorgeskryf)
Feite:
Tydens ‘n vriendskaplike muurbal wedstryd tsn 2 broers het die verweerder se rakket uit sy hand gegly en die
eiser teen die kop getref en een van sy oe beseer
Die eiser het ‘n eis vir skadevergoeding ingestel (teen sy broer)
RV:
Is die verweerder aanspreeklik vir skadevergoeding?
Hof:
Beslis dat beide ooreengekom het fat hul raakgeslaan kan word deur die racket van ‘n opponent – maw dit is ‘n
inherente risiko van die sport
Hierdie beslissing is deur die beslissing soos in die bg Vorster uitspraak gebind omdat dit ‘n appelhofsaak was
‘n intelligente persoon is die bepaler van s/h eie lot
Muurbal = ‘n regtens geoorloofde sport dus toetstemming is gegee vir ‘n regsgeldige doel en selfs al het die een
broer nie uitdruklik sy toestemming gegee het nie, het hy dit stilswyend gedoen
die eis was onsuksesvol, want daar was wel toestemming
NB: vir die res van die hoofstuk – die regverdigingsgrond van toestemming sal slegs slaag indien daar aan al die
VEREISTES voldoen is
NB: KENMERKE EN VEREISTES
1. Gewilligheid om nadeel / risiko te ly
Maw die eiser moet te kenne gee dat h/s bereid is om benadeel te word of die risiko van benadeling (skade) aanvaar,
In die algemeen is geen kontrak / ooreenkoms nodig, want toestemming is jou verweer - dit handel bloot oor die
toestemming wat gegee word. (die verweerder hoef maw nie bewys dat daar ooreenkoms was tsn hom en eiser nie –
net toestemming bewys)
MAAR kan in sekere omstandighede ktk opstel – en dit staan bekend as pactum de non patendo – met die gevolg
dat hierdie ktk presies dieselfde effek as toestemming het.
NB: toestemming is slegs gebaseer op die handeling van die eiser
Want onthou die eiser is die persoon wat die aksie inisieer
Indien beide partye seerkry kan mens beide persone se handelinge oorweeg
4
Met die gewilligheid om risiko te aanvaar kan eiser enigtyd s/h toestemming terug trek voor die skade intree
Nation Media V Jooste (voorgeskryf)
Feite:
Die verweerders het in joernale sekere artikels gepubliseer oor die verhouding tsn ‘n bekende rugbyspeler en
sy beweerde lover. Die artikels het ook inligting bevat oor die buite-egtelike kind van die 2 persone
Naas Botha en Mej Jooste
Hof:
Lig NB aspekte uit
o Die feite mbt die verhouding is self deur Mej Jooste (eiser) aan die media bekend gemaak en hierdie
artikels het Nb en intieme feite bevat wat nog nie voorheen in die media bekend gemaak is nie
o Die eiser het ‘n ooreenkoms gehad met die eienaar en redakteur van die tydskrifte interme waarvan sy
toestemming gegee tot die publisering van hierdie inligting op een voorwaarde nl dat sy die finale
artikels en foto’s moet goedkeur alvorens dit gepubliseer kan word en moes verder ooreegestem het
tov ‘n publikasiedatum
Huisgenoot en YOU
o Die verweerders het egter nie gehoor gegee aan die voorwaardes soos uiteengesit in die ooreenkoms
– het baie feite gepubliseer wat onwaar was
o Die eiser het haar toestemming terug getrek VOOR publikasie
o Die verweerders het egter tsv die terugtrek van toestemming steeds die artikels gepubliseer
o Die eiser het aksie vir skending van privaatheid ingestel
o Verweerders opper toestemming as verweer en beweer dat die eiser nie die feite wou privaat hou nie
(maw nie die privaathoudingswil gehad nie) omdat sekere feite reeds voorheen bekend gemaak is aan
die media. Ook dat die eiser ‘n vrywillige mede-werker aan die artikels was
Eis onsuksesvol in Landdroshof, maar op appel wel geslaag en R5000 ontvang vir genoegdoening
Belang:
Terugtrekking van toestemming - NB
2. Toestemming ooglopend wees
Maw die toestemmende party moes toestemming op ‘n ooglopende manier te kenne gegee het
Indien daar geen eksterne teken van toestemming is nie, en die eiser was swyend en passief (bly net stil) dan is dit baie
maklik vir die eiser om bloot die gee van toestemming te ontken – en die verweerder sal nie die teendeel kan bewys nie
Maar daar is verskillende wyses waarop toestemming gegee kan word – beweeg na punt 3
3 Wyse
Mondelings (uitdruklik), stilswyend of deur jou handeling gee
5
In Boshoff v Boshoff is toestemming stilswyend gegee
Jordaan v Delarey
Belang:
Die uitnodiging of aanmoediging van aanrig van skade beteken nie noodwendig dat toestemming gegee is nie
Elke saak word op eie meriete oorweeg – pas steeds die vereistes toe
Feite
Eiser vra vir verweerder om sekere afbrekende woorde te herhaal in die teenwoordigheid van 2 polisielede
Verweerder het dit gedoen
Hof:
Beslis dat hierdie versoek wel toestemming was
4 Toestemming moet gegee word voordat die skade intree
Toestemming = regverdigingsgrond waarby ‘n afstanddoening van regte betrokke is
Moet voor die intree van skade gegee word = NB
MAAR iemand kan ook nadat skade ingetree het, afstand doen van reg om te eis vir skadevergoeding
Dit kan eensydig (besluit maw om nie eis in te stel nie)
OF
bwv ooreenkoms tsn die patye gedoen word - So ‘n ooreenkoms word ‘n pactum de non patendo genoem
5 Wilsbevoegde persoon wat benadeel gaan word (NB NB NB = vertrekpunt wanneer vraag benatwoord)
Die persoon wat toestemming gee moet wilsbevoeg wees wanneer toestemming gegee word
Maw in staat om s/h wil uit te druk
Beteken dat die persoon die geestesvermoe moet he om die implikasies van s/h optrede te besef, om tsn reg
en verkeerd te kan onderskei en diensooreenkomstig op te tree
Gaan aantal wette oorweeg: (maw wie is bevoeg om toestemming te gee? – NIE IN HANDBOEK NIE)
Art 129 Kinderwet 38 van 2005 (webct)
Focus op minderjariges en in watter situasies in hul bevoeg om toestemming te gee
Jeugdiges
o Moet wilsbevoeg wees – verwys terug na toerekeningsvatbaarheid: kan onderskei tsn reg en verkeerd
en dienooreenkomstig optree
Verstaan ten volle die implikasies van besluit (vertrekpunt by vraag oor minors)
o Die hof sal na elke saak kyk en alle omstandighede van die saak in ag neem
Soos bv: (bespreek al die punte by vraag)
(i) kapasiteit om besluit te neem?
(ii) aard en waarde van die aangetaste belang?
6
(iii) “verstandelik ryp genoeg om die implikasies van handelinge te besef”
(iv) ouderdom
(v) intelligensie
(iv) ervaring
Assesseer maw die eiser – want dit is die persoon wat na bewering toestemming gegee het
Moet regsbevoegdheid he om toestemming te gee veral wanneer te make met sekere regte wat geraak sal
word deur die gee van toestemming
Wanneer afstand doen van vermoensbelange veral by minors moet hul oor volle regsbevoegdheid beskik
Wanneer met privaatheid of integriteit werk - is die hof baie streng met die regverdigingsgrond van
toestemming veral mbt minors, want merderjariges kan minors manupileer om sekere dinge te doen
Wet op Kindersorg is vervang deur die Kinderwet
o Leer liewe die nuwe artikels (soos op webct)
o Art 129 Handel oor die kapasiteit van jeugdiges om toestemming te gee in sekere
omstandighede
Weet die persoon is wilsbevoeg – dan eers art 129 toepas
Art 129 (1): handel oor toestemming mbt mediese behandeling and chirurgiese operasie
(consent to medical treatment and surgical operation)
Onderhewig aan die Wet op die Keuse van Beeindiging van Swangweskap kan die
kind mediese behandeling of operasie ondergaan
Art 129 (2): kind kan toestemming gee tot eie mediese behandeling of die behandeling van
s/h eie kind indien (onthou moet steeds wilsbevoeg wees)
129(2)(a): die kind ouer as 12 is
129(2)(b): (bespreek die toerekeningstoevatbaarheid van die kind) die kind moet die
bevoegdheid he om tsn reg en verkeerd te onderskei en diensooreenkomstig op te tree
o Moet aan albeid van die bg voldoen
Art 129 (3): kind kan toestemming gee tot medies operasie
129(3)(a): ouer as 12
129(3)(b): wilsbevoeg
129(3)(c): moet bygestaan word deur ouer of voog (want medies operasie erger as
mediese operasie
Art 129 (4): die ouer / voog / versorger van kind kan toestemming gee vir die mediese
behandeling van kind indien die kind
129(4)(a): onder 12 is
129(4)(b): of nie wilsbevoeg is nie
Art 129 (5): die ouer / voog kan toestemming gee tot mediese operasie van kind
129(5)(a): onder 12
7
129(5)(b): nie wilsbevoeg
Art 129 (6): die superintendent of die persoon in beheer van die hospitaal kan toestemming
gee tot mediese behandeling of mediese operasie van die kind INDIEN
129(6)(a): dit moet noodsaaklik wees om die kind se lewe te red of te beskerm teen
ernstige beserings
129(6)(a): dit is ‘n noodgeval en die behandeling of operasie is dringend
o Die beste belang van die kind moet altyd voorkeur geniet
Art 129 (7): die Minister mag toestemming gee tot medies behandeling of –operasie indien die
ouer / voog van die kind
129(7)(a): onredelik wye rom toestemming te gee of om die kind by te staan deur die
gee van toestemming
129(7)(b): onbevoeg om toestemming te gee
129(7)(c): kan nie opgespoor word
129(7)(d): is oorlede
Art 129 (8): die minister kan toestemming gee tot mediese behandeling of –operasie van kind
indien die kind onredelik wye rom toestemming te gee
Art 129 (9): die Hoe Hof of Kinderhof kan toestemming gee tot die mediese behandeling of
mediese operaie van ‘n kind in alle omstandighede waar ‘n ander persoon wat toestemming
mag gee itv hierdie artikel maar nie toestemming gee nie (hoe hof guardian of all minors)
WEIERING VAN TOESTEMMING
Hierdie sake handel oor bloedoortappings vir Jahowa getuies. Jahowa getuies glo mag nie bloed van iemand anders
ontvang nie
British Columbia Supreme Court (kanada)
Feite
Die meise was 14 jaar oud – en het kanker gewas in haar been gehad wat kwaadaardig was
Sy het nie chemo-terpaie of die afsit van haar been gewyer nie, maar as Jahowas getuie het bloedoortappings
gewyer slefs al het dit beteken dat sy kon sterf
Dus die British Columbia Family and Service Community het hofbevel gekry vir bloedoortapping wat nodig was
om haar lewe re red
Die hof het bevind dat die meisie oud genoeg was om haar eie besluit te maak, MAAR die regering se plig om
haar lewe te red was sterker as hierdie reg
Opweging van regte
8
o Individu het reg op Vryheid van geloof / godsdiens
o MAAR in Kanada se Charter bepaal dat die kind se beste belang van kardinale belang is
Dus ontvang bloedoortapping
Hay v B (SA)
Feite
Dr’s @ Pretoria se Akademiese Hospitaal verkry dringende hospitaal om bloed te gee aan 1 maand oue baba
Die lewe van die baba was op die spel / in gevaar
En sy ouers was Jahowa getuies en het die bloedoortapping gewyer ogv geloof
GW en opweeg van regte
o Kind se beste belang (reg op lewe) is belangriker as reg op Vryheid tot godsdiens
Onthou as ouer toestemming gee, moet dit altyd in die kind se beste belang wees. Dus indien toestemming gee wat nie
in beste belang is nie, is toestemming onredelik. Kind se beste belang altyd belangrik
Art 129(10): geen ouer of voog mag toestemming wyer indien besluit gegrond is op geloof nie (gesag)
Mental Health Care Act 17 of 2002 / Wet op Geestesgesondheid
Art 27: toepassing van sorg-, behandelng- en rehabilitasie dienste
o Art 27(1)(a): enige versoek vir hierdie tipe sorg moet skriftelik wees (written application) – spuse, next
of kin, partner, associate, parent or guardian of a mental health care user
En moet aan die hoof van welke instansie gerig word deur bg partye
Die mental health care user kan welke aansoek nie self rig nie
o Art 27 (1)(a)(i): wanneer die geestesongesonde below 18 (minor)
Moet die aansoek deur die ouers / voog gedoen word – indien nie beskikbaar / onbevoeg / wil
dit nie doen kan die hoof van die instansie aansoek doen
o Art 27(b)(i): 7 days
Voor hierdie aansoek gerig word – moes die aansoeker die persoon (mental health care user)
binne 7 dae gesien het voor die aansoek geloods is
Wet op Menslike Weefsel 65 van 1983
Art 18: geen weefsel, bloed of gamete mag van ‘n lewende persoon verwyder word sonder skriftelike
toestemming nie
o (i) meerderjarig: so ‘n persoon moet SELF toestemming gee
o (ii) minderjarig:s/h ouers / voogde se toetstemming word benodig
9
Art 19: Nb: onderskei tsn weefsel vervangbaar deur natuurlike prosesse (bv bloed) en die teenoorgestelde (bv
jou vinger) – dit is veral nb by minors – want indien weefsel vervang kan word deur natuurlike proses kan ouers
/ voog toestemming, indien dit egter nie vervang kan word deur natuurlike proses dan geld niemand se
toestemming nie (bv kan nie nier van minor verwyder vir onregmatige doel)
Art 35: handel oor privaat- en strafregtelike aanspreeklikheid
o ‘n Dr. / tandarts sal nie aanspreeklikheid opdoen indien hul iets ter goerder trou verwyder van iemand
se liggaam en hul was regtig onder die indruk dat daar wel toestemming was (dit geld vir weefsel wat
vervangbaar is deur natuurlike prosesse en nie)
(moenie te diep gaan dink oor die wet nie – what you see is what you get)
Choice on Termination of Pregnancy Act 92 of 1996
Behandel die wet in die konteks van toestemming
Art 2(1)(a): absolute keuse van ‘n swanger vrou, al is sy ‘n minor, om binne eerste 12 weke van swangerskap
‘n aborsie te ondergaan
o Minor in hierdie geval benodig dus nie ouers se toestemming nie
Art 5(1),(2),(3)
o Aborsie bly die vrou se keuse (Dus slegs die vrou se toestemming) tensy sy
Geestesongesteld:
bewusteloos of
groot risiko van ernstige besering bestaan
dan gewoonlik superintendent toestemming gee
o Indien swanger vrou Minderjarige is en wil aborsie he dan moet die Dr of vroetvrou die minor inlig om
familie / vriende te konsulteer, maar indien minor dit nie doen nie bly die aborsie steeds geldig - dus
plig op dr en vroetvrou
Indien nie die plig nakom dan dissipliner verhoor word afhangend van die omstandighede
6. Toestemming moet vrylik en vrywillig wees
Maw howe sal nie toestemming aanvaar van ‘n persoon wat onder morele, ekonomies of sosiale druk verkeer het om
toestemming te gee
VB’e:
w/g se gaan w/n tug indien nie toestemming gee (fisiese mishandeling)
w/g dreig w/n dat werk gaan verloor
(Bullet 1 – 6 sit elemente van toestemming uiteen)
10
7 kennis van potensiele nadeel
maw volledige voorafgaande kennis van die aard en omvang van die skade of die riskiko van skade word vereis
Bg hou verband met ingeligte toestemming – DUS om geldig te wees moet die toestemmende party ingligting oor die
wesenlike / materiele aspekte (van die skade / risiko) van toestemming beskik, daar is dus addisionele vereistes –
indien nie, dan nie ingeligte toestemming nie
Ingeligte toestemming is veral nb by MEDIESE BEHANDELING
ALGEMENE VERTREKPUNT / VEREISTE: moet “kennis, begrip en toestemming” van die materiele aspekte he van
nl die risiko of die skade wat jy gaan lei
veral NB met die oog op mediese behandeling
Castell v De Greff (nie Voorgeskryf) NB NB NB saak
Belang:
vereistes vir ingeligte toestemming in die konteks van medies behandeling
bl 167
steeds algemene toeste vir toestemming waaraan voldoen moet word, maar by mediese behandeling is dit nie
voldoende, moet dan inlig van alle materiele risiko’s.
o het 2 aanduidings van wanneer ‘n risiko materieel is
dus toets in die skoene van die redelike pasient en dan in die skoene van die redelike mediese
praktisyn
feite:
die verweerder = plastiese chirurg
en is gedagvaar deur die eiser ogv nalatigheid gedurende opeprasie wat op haar uitgevoer is deur die verw
die eiser het ‘n familie gesk gehad van borskanker – en nadat daar knoppe ontdek is, het hul besluit om ‘n
mastektomie op haar uit te voer, en dit is gedoen tesame met die heropbou van haar borste deur silikoon
inplantings
aanvaklik was die operasie ‘n sukses, maar later het sy infeksie gekry wat gelei het tot erge pyn en ongemak
omdat hierdie infeksie te laat behandel is, moes die eiser ‘n 2de operasie ondergaan
sy eis dan vir addisionele mediese onkoste asook pyn en lyding
Hof a quo:
eis slaag nie, maar op appel slaag die eis wel
Appel hof:
eis slaag
hierdie saak handel hoofsaaklik oor die aard en inhoud van voltenti non fit iniuria (toestemming) as verweer in
die konteks van MEDIESE behandeling
11
hof bevestig / erken die algemene vereistes vir toetstemming d.i. dat die toestemmende party met kennis en
begrip van die omvang van die skade moes toegestem het tot die totale omvang van die skade
o moet du sweet wat AL die gevolge is en daarom word dit INGELIGTE toestemming genoem – want jy
moet dus ‘n ingeligte besluit neem
verder: indien toegepas op mediese behandeling – doen die hof afstand van die beginsel dat om die pasient in
te lig van die aard en omvang van die risiko van die behandeling, die REDELIKE DR toets is
deurslaggewend / beslissend
o dit is dus tgv van ‘n pasient georienteerde benadering / aanslag wat gebaseer is op die pasient se reg
op individuele outonomie en self-determinasie
o dit beteken dus:
volgens hierdie benadering moet daar ingeligte toestemming wees, die toets vir nalatigheid is
nie voldoende in hierdie omstandighede nie
Ingeligte toestemming vereis dus iets meer as toets vir nalatigheid nl. dat dit die DR se plig om
die pasient in te lig van al die inherente risiko’s t/d behandeling
‘n Risiko is materieel indien:
o (i) as ‘n redelike persoon in die pasient se posisie, indien gewaarsku is van die
risiko, belangrikheid sal heg aan hierdie risiko
o (ii) indien ‘n mediese praktisyn redelik bewus is dat so pasient indien ingelig
van die risiko , waarde aan welke risiko sal heg
Net ter opsomming mbt die saak van Castell v De Greeff vir die gebruik van toestemming as verweer in
MEDIESE BEHANDELING om te slaag (bl 167 handboek)
(1) Toestemmende partye kennis van en bewus van aard en omvang van skade of risiko
(2) besef en verstaan aard en omvang van skade of risiko
(3) toestemming tot skade of aanvaar risiko
(4) toestemming moet omvattend wees – moet die hele transaksie en gevolge insluit
o Bg vtp op MEDIESE BEHANDELING omdat ingeligte toestemming so NB is
Het te make met baie deskundige getuienis, maar op die ou end moet die hof die besluit maak en die hoofvraag bly
steeds: of die verweerder (DR) se gedrag voldoen aan die standaard van redelike sorg wat deur die reg vereis
word?
8 Dokter se verlpigting om te waasku
Vir ‘n pasient se toestemming om ‘n regverdiging daar te stel wat onregmatigheid, in die konteks van mediese
behandeling en die gevolge daarvan uitslui, is die Dr. verplig om ‘m pasient teen ‘n wesenllike risiko in die beoogde
behandeling te waarsku.
Wanneeer is risiko wesenlik? (soos bo bespreek in die saak van Castell v De Greeff)
12
(a) redelike persoon in pasient se posisie gewig daaraan sou heg, indien h/s teen die risiko gewaarsku is
(b) mediese praktisyn redelik bewus is of behoort te wees dat die bepaalde pasient, indien h/s teen die risiko
gewaarsku word, gewig daaraan sal heg
Hierdie bg verpligting is egter aan die sg terapeutiese priviligie onderworpeTerapeurtiese priviligie
Dit laat mediese praktisyns toe om inligting te weerhou wat na hul mening vir die betrokke pasient nadelig kan
wees
MAW: dit beteken bloot dat die Dr mag sekere inligting van jou weerhou al is dit t/d pasient se nadeel – dit is
maw ‘n moontlike verweer wat geopper kan word deur dr
Bv: die pasient moet vir operasie gaan, maar een van die gevolge is verlengde hospitalisasie (nie so wesenlik)
o Onderhewig aan die Dr. se diskresie
9 Gewilligheid om skade te ly
Beide waar skade definitief deur opsetlike handeling sal intree en waar daar ‘n risiko is dat skade deur ‘n gevaarlike
aktiwiteit kan intree.
“Knowledge, appreciation, consent – these are the eesntial elements: but knowledge does not invariably imply
appreciation, and both together are not necessarily equivalent to consent”
Waring & Gillow Ltd v Sherborne saak (oorsese saak) – druk net die essensiele elemente van toestemming
uit
Kennis van toestemming is nie genoeg, moet begryp
Onthou toestemming kan stilswyend of uitdruklik gegee word
10 Toestemming moet regmatig wees
Maw dit moet igv die algemene standaard van redelikheid en ooreenkomstig die boni mored of die regsopvattings van
die gemeenskap veroorloofd wees
Selfs al voldoen jou toestemming aan al die vereistes en dit stem nie ooreen met redelikheid (hierdie vereiste) nie dan
sal toestemming nie geldig wees nie
Voorbeelde:
13
Stem toe tot een of ander vorm van aanranding – dit is ongeldig, want dit is teen die regsopvattings van die
gemeenskap
Besering
Dood
Sport: indien in gevaarlike sport deelneem wat nie regmatig is of geen sosiale nut het nie, sal welke
toestemming ook ongeldig wees (Santam v Vorster)
Motorongeluk
Seduksie
wanneer minor jonger is as die voorgeskrewe ouderdom van toestemming en gee toestemming tot seks, dan
sla dit ongeldig wees en dus neerkom op statutere verkragting
Indien in motor klim met bestuurder wat onder die invloed is – dan is daardie toestemming ook teen die
regsopvattings van die gemeenskap
Indien toestemming dan nie slaag as verweer nie sal die reg jou sien as bydraend nalatig, want jy moes van beter
geweet het. Die skade sal dan verdeel word tsn die persone (proporsioneel)
9.3 Aanvaardig van risiko
Waar daar uitdruklike toestemming is, is dit ‘n saak van uitleg om te kyk presies tot wat toegestem is.
Onderstaande handel oor di aanvaarding van risiko: nl volenti non fit iniuria want dit beteken toestemming. Scienti non
fit iniuria behels blote kennis van die moontlikheid van benadeling is nie voldoende om toestemming daar te stel nie.
Waar daar aangevoer word dat iemand risiko aanvaar het, is die vraag of die persoon kon voorsien het dat die skade
uiteindelik sal intree en dit as binne die bestek van die risiko aanvaar het.
ONDERSKEI:
Volenti non fit iniuria vs Scienti non fit iniuria
Toestemming = subjektief, want die toestemmende persoon moet self als aanvaar en verstaan. Maar moet dit
op so manier gee dat dit objektief vasstelbaar is dat toestemming gegee is
Lampert v Hefer NO (handbook bl 168 – nie voorgeskryf)
Feite
Eiser was die pasasier in sy-kar van ‘n motorfiets
14
Eiser beseer in ongeluk agv die bestuurder se nalatigheid
Bestuurder het gesterf in die ongeluk
Eiser eis skadevergoeding van die bestuurder se boedel
Hof:
In die saak het die hof die verweer / beginsel van volenti non fit iniuria gehandhaaf ogv die feit dat die eiser toe
sy in die sy-kar geklim het, bewus was van die feit dat die bestuurder erg onder die invloed van alcohol was
Verder: dit was ook nie die eerste keer dat die bestuurder onder die invloed was nie
Wanneer die bestuurder onder die invloed is, weet jy daar is ‘n groot risiko van ‘n ongeluk – die eiser was
gelukkig om nie dood te wees nie, en die feit dat die bestuurder al baie onder die invloed was, is geen
verskoning
Die eiser het dus die risiko aanvaar – en daarom was haar eis onsuksesvol
Hierdie saak in 1955 beslis: die rede waarom dit NB is, is omdat dit voor die Wet op Verdeling van
Skadevergoeding in werking getree het in 1956, beslis is
BYDRAENDE NALATIGHEID
By baie sake oorvleuel dit met toetstemming
Onthou: in die GR voor die bg wet gewerk op die basis van “all or nothing” – indien verweer slaag dan moes die
verweerder al die skade betaal al was die eiser ook bietjie nalatig
NOU: het ons iets soos bydraende nalatigheid en kan dus die skade verdeel tsn die partye.
Na Santam v Vorster(hoof saak mbt toestemming wanneer werk met aanvaarding van risiko) en Boshoff v
Boshoff
Wanneer werk met growwe nalatigheid – dan sal dit nie geld as toestemming nie – gee net toestemming tot
risiko’s inherent aan sport (Santam v Vorster).
Die hof neem dus al die omstandighede in ag wanneer werk met toestemming.
Clarke v Welsh
feite:
Mense wat gholf speel
Een ander raak geslaan, want naby boff gestaan – ongeluk
Maar hof bevind dat dit deel vorm van die inherente risiko’s van gholf en kon nie slaag met eis
UITSONDERING: al is toestemming gegee – kan nie slaag met eis indien verantwoordelik is vir die dood van
die broodwinner
15
ONTHOU: ONUS berus op
die verweerder om
regverdigingsgronde te
bewys
Van Duivenboden en Brooks sake – verskillende aksies vir verlies aan broodwinner is gebaseer op reg van
onderhoud
En kan nie ander mense van hul regte ontneem om te eis nie
Netherlands Isurance Co Ltd v Van Der Vyfer [appelhofsaak] (voorgeskryf)
Belang:
toestemming
Feite:
Die resp (v/d V) was ‘n privaat speuder
En hy het op Ozen gespioeneer, want Ozen se vrou het vermoed da thy ‘n buite-egtelike verhouding het, en het
dus v/d V aangestel op ktk basis
Netherlands Ins was Mnr O se versekerings mpy
v/d V het O agtervolg en gesien dat hy in oop stuk veld sien inry en stadig bestuur
en toe het v/d V die bonnet van O se kar geklim om die kar tot stilstand te bring
MAAR O het nie gestop nie, het vir 4 myl gery en die kar geswaai om v/d V af te gooi – en v/d V het afgeval
In die hof a quo het die respondent (v/d V) suksesvolle skadevergoeding ge-eis – en toe appelleer die
versekering van O (maw die verweer van toestemming het nie geslaag)
v/d V maak 2 bewerings
o (1) v/d V beweer dat O die kar opsetlik so bestuur het om hom te laat afval en in die alternatief
nalatiglik die motor op so wyse bestuur
o (2) art 11(1)(b)(iii) van die Wet op Motorvoertuigverserkering: handel oor wat word bedoel met persoon
wat vervoer word? – v/d V beweer was nie vervoer vir die doeleindes van hierdie wet nie
Appellant (versekering) se bewere
o (1) v/d V was wel vervoer vir die doeleindes van die wet soos bo genoem
Die spesifieke wet se: enige bestuurder is aanspreeklik vir ‘n besering / dood wat deur sy motor
aan ander persoon veroorsaak is.Maar itv die spesifieke artikel is mense wat vervoer word
uitgesluit
Maw indien kan bewys word dat v/d V vervoer is, sal hul nie aanspreeklik gehou word nie
o (2) v/d V het vrywilliglik die risiko aanvaar (want moes bewus gewees het van die gevaar) – dus
toestemming
RV: (2 fasette van saak)
(i) is v/d V vervoer itv die wet?
(ii) het v/d V toegestem tot die risiko? (NB NB NB)
Appel hof:
Het indiepte ondersoek gedoen tov wat behels vervoer en wat behels dit nie
o Nie so belangrik vir die afdeling van die werk – ken net die artikel
o Het ook verwys na Aetna Insurance v Minister of Justice
16
Mbt RV 1:
o Daaar was geen doel om v/d V te vervoer nie – al doel wat daar was, was om van hom ontslae te raak
o Beslis dus dat die versekerings mpy steeds aanspreeklik sal wees, want v/d V is nie vervoer vir die
doeleindes van die wet nie
Mbt RV 2: (NB NB NB)
o Toestemming = regverdigingsgrond wat met versigtigheid benader moet word
o Daar moet duidelike getuienis wees dat jy kennis gegee het, bewus wees van die aard en omvang van
skade (“kennis, begrip en toestemming van aard en omvang van skade”)
MAW Blote kennis van skade is nie voldoende vir die doeleindes van toestemming nie
o Die meerderheidsuitspraak beslis dat die verweer van toestemming nie kan slaag in hierdie saak nie
(dit is VREEMD)
Redes:
(1) v/d V het gedink dat O die kar sal stop
(2) as geweet het wat die gevolge sou wees dan sou v./d V dit nie gedoen het nie
(3) verder dit blyk dat v/d V nie bewus was van wat met hom kon gebeur het nie
(4) ook dat toestemming nie afgelei kan word van die blote feit dat risiko aanvaar is nie
o Minderheidsuitspraak (beter argument indien die saak gevra word – dosent stem hiermee saam) – se
dat die hof nie op die Aetna saak moes steun nie, want die omstandighede het verskil
Hof moes verwys het na Lambert v Hefer - en eintlik moes die appel geslaag het,
(1) want v/d V het geen druk op hom gehad om daardie besluit te neem nie
Verder die verweer van toestemming kan ook nie slaag nie,
(1) want v/d V was bewus van die nagevolge, en vrywilliglik die risiko aanvaar
(sien haar saakopsomming)
9.4 Pactum de non patendo
Tweede regverdigingsgrond
DEF: voorafgaande ooreenkoms on nie skadevergoeding te eis nie
AARD van die ooreenkoms = kontraktueel
Dus dieselfde vereistes vir geldige ktk geld hier
VERSKIL van toestemming in die sin dat – beide partye moet toestemming gee, maw wilsooreenstemming, terwyl by
toestemming is net die een party se toestemming nodig (nl die persoon wat gaan skade ly)
17
PRAKTIESE EFFEK van die twee verskynsels
Die praktiese effek van toestemming: toestemming regverdig skade terwyl die doel van pactum is om ‘n eis vir
skadevergoeding uit te sluit
Praktiese effek van pactum is dieselfde as toestemming, want dit gee aan jou ‘n volkome verweer teen ‘n eis
van skadevergoeding
Soms kan die twee verskynsels oorveleuel
o Kna net mondelinge toestemming gee, of ktk sluit wanneer bv deelneem aan gevaarlike aktiwiteit, maar
die praktiese effek sal dieselfde wees
(ken die verskille en ooreenkomste)
VEREISTES vir geldige pactum is presies dieselfde as vir enige ander ktk
Kan nie pactum sluit ten behoewe van iemand anders, sonder s/h toestemming nie (NB NB NB)
Jameson’s Minors (bl 171)
Belang:
Handel oor die verlies aan die broodwinner
‘n ooreenkoms deur ‘n broodwinner dat geen eis ingestel sal word in die geval van s/h dood of besering, sal nie
die regte van s/h afhanklikes beinvloed om te eis vir verlies aan onderhoud (maw bind nie afhanklikes nie en
ontneem dus hul nie van hul reg nie)
o Kan maw steeds eis instel vir verlies aan onderhoud, want die broodwinner kan nie ktk sluit namens
afhanklikes sonder hul toestemming nie EN al kry broodwinner hul toestemming sal dit in elk geval
teen die boni mores wees
o Broodwinner altyd die uitsondering op die reel
POSISIE ivm MINORS: hof erken weld at ouers / voogde namens kinders ‘n pactum namens minor kan sluit
Maar die kind se beste belang sal altyd die belangrikste wees (of paramount importance)
Bv op netball toer – het ouers vrywaringsvorm geteken
2 sake in die verband
Minister of Education and Culture v Azal
Belang:
Hof beslis dat die onderneming deur ouer wat die skool se aanspreeklikheid te beperk, is geldig,
MAAR dit sal nie geldig wees indien een van die onderwysers onregmatig optree nie
Moet dus alle omstandighede van die betrokke saak in ag neem
Durban’s Water Wonderland v Botha18
Feite:
Ouer het namens kind toegestem om voorwaardes tot vrywaring te aanvaar
In hierdie geval was die ooreenkoms / pactum geldig, want dit was niemand se skuld nie
Indien growwe nalatigheid betrokke is, pf persoon doen iets wat nie moet doen, dan sal dit nie geldig wees nie
Indien patum nie t.d voordeel van kind is nie – is daar ‘n aksie wat jy kan instel nl RESTITUIO IN INTEGRUM: om
hierdie ooreenkoms tersyde te stel
Sien hoofstuk 12 UITSLUITINGSBEDINGE (bl 202 – 207)
Stem baie ooreen met die werk nou gedoen – en het die nou bo bepsreek by pactum
Kombineer met 9.4
12.1 Geldigheid en uitwerking
o Impak van Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008: dit CPA beperk die omvang van hierdie
uitsluitingsbedinge
o Kyk as voorbeeld na art 51: mag nie ooreenkoms sluit wat tot die nadeel van ‘n verbruiker is nie
12.2 Uitleg (onus)
o Die onus rus op die verweerder om die bedinge / terme van die ktk te bewys
12.3 Impak van GW
o Die beginsel vanlegaliteit is vtp en elke ooreenkoms wat jy sluit moet ooreenstem met die waardes
soos vervat in die GW
o Dit beteken dat elke ooreenkoms openbare beleid moet weerspieel
Kan bv nie ooreenkoms aangaan vir iemand om jou aan te rand nie
o Voorbeelde van hoe GW impak het op ktk’e: (sien handbook – selfstudie)
Afrox Healthcare Bpk v Strydon
Johannesbirg Country Clud v Stott
Barkhuizen v Napier
9.5 Noodtoetstand
DEFINISIE: beskerming van eie of ander se belange deur aantasting van ‘n onskuldige persoon se belange
(moet noodstoestand kan vlg met noodweer)
Dit sal veral plaasvind, wanneer die aantasting van die ander persoon se regte, want dit is die enigeste redelike
uitweg op jou eie regte of die regte van ‘n ander te beskerm
Noodtoestand kan teen natuurlikeverskynsels, menslike handeling of diere gerig wees
19
Bv iemand se kind vasgekeer in kar terwyl daar groot brand is – moet die venster van die kar breek, maar dus
inbreuk op die onskuldige eienaar se eiendomsregte, maar dit is nodig om die kind se lewe te red
Onthou: handel ook met onregmatigheid:
Onregmatigheid = een van die eienskappe van ‘n ketting van gebeure
Gaan dus nie net ‘n persoon se handeling wees wat ketting van gebeure aan die gang sit nie – kan maw nie
terug trek tot oorspronklike persoon se handeling nie
o Maar by nootweer – kan mens dit wel doen
NOODTOESTAND V NOODWEER (NB NB NB)
NOODTOESTAND NOODWEER1. Dit is agv die handeling van ‘n dier, mens of
natuurlikeverskynsel
1. Werk slegs met menslike handeling (handeling
van ander persoon)
2. Nie noodwendig onregmatigheid betrokke nie
(bv aardbewing nie onregmatig)
2 Die handeling sal onregmatig wees (handeling
gerig op die onregmatige aanval / handeling van
ander)
3. Kan enige reg / belang van onskuldige persoon
wees wat aangetas word
3 aafweer handeling teen die dader gerig
4. Proporsionaliteitsvereiste (sien later)
Dit beteken dat indien in gesig spoeg kan nie met byl
aanval nie.
4 proporsionaliteitsvereiste (sien later)
5. Enigste redelike uitweg om belang te beskerm 5.enigste moontlike uitweg
VEREISTES / RIGLYNE mbt wanneer noodtoestand vtp sal wees
1. Objektief beoordeel of daar wel noodtoestand is
Word ex post facto gedoen
Hier beoordeling moet gebaseer word op die werklike omstandighede en nie net die persoon, wie
daarop steun, se subjektiewe persepsie nie
Kyk altyd of die persoon redelik in die omstandighede opgetree het
o pas nie die redelike persoon toets toe nie alhoewel daar beoordeel word of persoon redelik
opgetree het al dan nie omdat die beoordeling ex post facto gedoen word
S v Pretorius
Belang:
noodtoestand as verweer ge-opper teen spoedoortreding, omdat kind handvol pille gedink en pa gedink die kind
se lewe was ingevaar (maar dit was nie so erg nie)
enige persoon van buite sou dink dit is ‘n noodtoestand20
2. Bedreigde belang van die verweerder of ander persoon s’n wees
vb: breek venster van kar
wanneer ons werk met noodtoestand gemotiveerde gedrag - kan dit tot die voordeel of nadeel van ‘n
persoon wees
o bv in motorongeluk – en jy is bewusteloos en Dr. opereer om jou lewe te red
3. hier noodtoestand gemotiveerde gedrag kan vir enige regserkende belang wees
vb: reg op lewe, liggaamlike integriteit, privaatheid, eiendom
oorweeg ook hier die factor van proporsionaliteit
4. oorsprong van gevaar kan uit enige bron kom
natuurverskynsel, mens, dier
kan eie belange of die van 3’e beskerm
die gebruik van noodtoestand (handbook) (NB NB NB NB)
o hou verband met wanneer JY self die noodtoestand veroorsaakhet:
itv strafreg kan NIE op die verweer van noodtoestand steun indien jy self die toestand
veroorsaak het nie
itv deliktereg: in sommige gevalle kan dit geregverdig word,MAAR moet die
omstandighede van elke saak kyk (elke saak op eie meriete beoordeel)
verwys terug na onregmatigheidstoets –
vb ouer wat vuur gemaak het, raak buitebeheer en moes kind se lewe red en
op ande se reg inbreuk maak
o kan steeds ander aanspreeklikheid opdoen tov die skade, maar nie
omdat hy die kind se lewe gered het nie
vb kruip in winkel weg nadat gesluit en breek venster om uit te kom – sal dan
nie kan slaag nie, tov onregmatigheid
5. gevaar moet aanwesig of dreigend wees
werk dieselfde as met noodweer - kan nie later reageer nie
indien bang iets gaan in die toekoms gebeur, dan is die beste remedie = interdik
6. nie regtensverplig om nood te verduur
bv: regtens verplig om vloei van water te verduur indien op laer liggende erf bly – kan daarom nie iets
doen en dan noodtoestand opper nie – regtens verplig om die nood te verduur
S v Kibi
Feite:
21
Persoon pleeg meineed, want bang vir verdure aanhouding - maar het misdaad gepleeg en aanhouding was
regmatig.Kan nie misdaad pleeg om regmatige aanhouding te vermy nie
7. Proporsionaliteit
DEFINITIEWE VEREISTE vir noodtoetstand om te slaag
Moet altyd proporsionaliteit tsn beskermde belang en belang waarop inbreuk maak
Dit is NB, want jy maak inbreuk op die regte van ‘n ONSKULDIGE 3’e persoon
Dit sal afhang van die omstandighede van die saak
oSelfs al weeg beskermde belang swaarder as die reg waarop inbreuk maak, is dit nie
outomaties regverdig nie – hof moet ondersoek doen
Sonder spesiale verhouding tsn partye kan mens nie iemand forseer / dwing om iets te doen wal hulle
nie wil
oKan bv nie iemand dwing om bloed te skenk aan iemand wat terminal siek is nie
Die algemene toets van redelikheid is vtp – is die handeling maw redelik, billik en regverdig?
S v Goliath
8. Enigste redelike oplossing
As daar ‘n ander uitweg is, waar jy nie inbreuk maak op iemand se regte nie, dan moet jy daar uitweg
volg
Vb: kind in kar, maar een deur is oop, moenie venster breek.
22