openbaring - hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/hoofstuk-3... · 2019. 5....

16
BYBELSTUDIE Ds JG (Hannes) Janse van Rensburg Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22

Upload: others

Post on 03-Jan-2021

16 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

BYBELSTUDIEDs JG (Hannes) Janse van Rensburg

Openbaring - Hoofstuk 3

Sardis: v1-6

Filadelfia: v7-13Laodisea: v14-22

Page 2: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe
Page 3: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God,

Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit

nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie: 8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk,

Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle

min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.

9 Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop

aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg – kyk, Ek sal maak dat hulle

kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.

10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle

ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die

bewoners van die aarde op die proef te stel. 11 Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat

niemand julle kroon wegvat nie.

12 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek 'n pilaar in die tempel van my God maak, en

hy sal vir altyd daar bly. Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van

die stad van my God, die nuwe Jerusalem, wat van my God af uit die hemel uit afkom.

En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe.

13 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.

Page 4: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Die stad Filadelfia:

- Filadelfia = liefde + broer = broederliefde.

- Vandag = Alaseïr – 45km suidoos van Sardis.

- Uitstaande militêr en handelsentrum = poort na die ooste.

- Vulkaniese neerslag – Hermusvallei besonder vrugbaar.

- Aardbewings algemeen – 17nC feitlik verwoes.

- 92nC (Domitianus) opdrag wingerde uit vir graan lande – soldate kos ~ Italië se wynbedryf is ten koste van Klein-Asië se wynbedryf bevorder.

- Beskermgod: Dionusos = die god van wyn en partytjies.

- Sterk Joodse groep.

- Paulus se medewerkers het die gemeente gestig. Hulle het hulle nie deur Jode of heidene laat beïnvloed nie. Selfs toe Islam Klein-Asië oorgeneem het, het hierdie gemeente sterk bly staan.

Page 5: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe
Page 6: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe
Page 7: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe
Page 8: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe
Page 9: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Profetiese Formule:

- Efese: Hy hou die sewe stere in sy regterhand / Hy beweeg

tussen die sewe goue lampe rond.

- Smirna: Hy is die Eerste en die Laaste / Hy was dood en het

weer lewend geword.

- Pergamum: Hy was met die skerp swaard met twee

snykante. Kom uit Christus se mond. Die woord wat Hy

spreek het gesag.

- Tiatira: Christus is die Seun van God / Sy oë vlam soos vuur /

Sy voete is soos geelkoper.

- Sardis: Christus wat die sewe Geeste en die sewe sterre

vashou.

- Filadelfia: Christus is die Heilige, die ware God. Christus hou

die sleutel van Dawid.

Page 10: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Sterkpunte:

- Efese: Julle arbeid en volharding / Julle verdra nie slegte mense nie

/ Julle ondersoek vals apostels / Julle volhard en verduur baie / Julle

het nie moeg geword nie / Julle verafsku wat die Nikolaïete doen.

- Smirna: Julle verdrukking en armoede / Julle is geestelik ryk.

- Pergamum: Hulle bly aan Sy naam getrou, selfs as mense daarvoor

doodgemaak word / Hulle het nie hulle geloof afgesweer nie.

- Tiatira: Liefde / geloof / diens / volharding. Doen nie meer soos

voorheen nie.

- Sardis: Sommige het nie hulle klere besoedel nie. Hulle is die wit klere

van God waardig.

- Filadelfia: Ten spyte van beperkte krag het julle aan My vasgehou.

Julle het My nie verloën nie.

Page 11: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Dit teen julle:

- Efese: Julle het My nie meer so

lief soos aan die begin nie.

- Smirna: Geen.

- Pergamum: Julle het mense wat

vir Bileam aanhang / Nikolaïete

aangehang en dieselfde sonde

gedoen.

- Tiatira: Julle laat Isebel begaan.

- Sardis: Weet dat julle alreeds

dood is.

- Filadelfia: Geen.

Page 12: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Gevolgtrekking:

- Efese: Luister na die Gees / Wie oorwin, sal eet van die boom van lewe in die paradys.

- Smirna: Luister na die Gees / Wie oorwin sal nie deur die tweede dood getref word nie.

- Pergamum: Luister na die Gees / Wie oorwin, sal van die verborge manna eet / Wie oorwin, sal ʼn wit klippie kry.

- Tiatira: Luister na die Gees / Wie oorwin, ontvang mag en gesag oor die nasies / ... sal hulle met ʼn ystersepter regeer / ... Ontvang die morester.

- Sardis: Wie oorwin sal wit klere dra / Hulle naam sal nooit uit die boek van die lewe gehaal word nie / Christus sal verklaar dat die oorwinnaars aan Hom behoort

- Filadelfia: Wie oorwin word ʼn pilaar in die tempel. Die pilaar sal vir altyd daar bly. Ek sal drie name op die pilaar skryf.

Page 13: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Filadelfia en Smirna is die enigste gemeentes wat nie bestraf of tereggewys word nie – albei het deurgeloop onder Joodse intimidasie. Daarom word Jesus voorgestel as die Heilige (Grieks: hagios – afgesonder) en ware (Grieks: alethinos – egte / betroubare) God.

Christus hou die sleutel van Dawid = Hy verleen toegang tot die ewige lewe / nuwe Jerusalem. Jode mag hulle uit die sinagoges uitsluit, maar Christus maak die hemele vir hulle oop.

Christus weet dat hulle op en wakker gelowiges is.

Oop deur (verskillende verduidelikings): (i) sendinggeleentheid (ii) geleentheid om Griekse kultuur te versprei (iii) martelaarskap wat toegang tot God verseker (iv) gebed – mees algemene (v) ingang tot die koninkryk van God.

Klein gemeente met beperkte vermoëns, maar hulle het aan die wil van God vasgehou en nie Christenskap verloën nie. Die lidmate van Filadelfia bely en beleef daagliks dat Jesus die Christus is.

Page 14: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Sinagoge van die satan = Die Jode het voorgegee dat hulle

volgelinge is, maar hulle het nie Jesus as Messias en Verlosser geleef

nie. Hulle het selfs by die heidene oor die Christene gaan skinder.

Paulus (Romeine 2:28-29) sê: die uiterlike dinge soos die besnydenis

maak nie van iemand ʼn ware Jood nie, maar die innerlike

besnydenis van die hart. Nie gelei deur die voorskrifte van die wet

nie, maar deur die Heilige Gees.

Christus se „omgee” en „liefhê” is nie ‚n reaksie op gelowiges se

belydenis en leefstyl nie, maar eerder die motivering en vrug van

God se groot liefde wat Hy bewys het deur sy Seun te stuur.

Hy beskerm die Christene nie in die sin dat Hy hulle van swaarkry en

toetsing vrywaar nie, maar Hy gee vir hulle krag en volharding in die

proses van swaarkry.

Tyd van beproewing = eindtyd.

Page 15: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Bewoners van die aarde = ongelowiges.

Wederkoms, verbind aan bekering.

Bekroning vir oorwinnaar – geestelike wedloop.

Pilaar in God se tempel – hulle het God se saak enduit gedra.

Drie name: die naam van God / die naam van die nuwe stad /

Christus die nuwe naam van God.

Page 16: Openbaring - Hoofstuk 3nhzuurfontein.org/wp-content/uploads/2019/05/Hoofstuk-3... · 2019. 5. 28. · Openbaring - Hoofstuk 3 Sardis: v1-6 Filadelfia: v7-13 Laodisea: v14-22. 7 Skrywe

Briefboodskap:

Alhoewel die gemeente geprys word vir hulle leergetrouheid en

Christus-leefstyl moet hulle nogtans volhard in hulle geloof sodat hulle

nie hulle kroon verloor nie. Hulle leef vanuit die wete dat hulle bestem

is om pilare in God se toekoms te wees.