hanna hoekom

Upload: lesliewu

Post on 15-Oct-2015

1.706 views

Category:

Documents


148 download

DESCRIPTION

Opsomming

TRANSCRIPT

HANNA HOEKOM

HANNA HOEKOM

Hanna MinnaarHoofkarakterEk-verteller - Praat direk met leserWil n skrywer weesNie tevrede met haar lewe nieSy wil n lewe vir haarself maak14 amper 15 jaar oud

Sy het n ingewikkelde gesinsleweDink sy is n groot teleurstelling vir haar paSy bevraagteken alles Hanna HoekomDink soos ander tieners dat haar lewe moeiliker en slegter as ander tieners sn isVoel niemand stel in haar belang nieVoel vasgekeerGeen opwindende liefdesleweKlein borsteVrugbare verbeeldingGemiddelde voorkoms, lewe, gewig, atletiese vermo, gewildheid en puisies

3Gaping tussen haar voortandeKonserwatiewe kleresmaakOp laerskool het haar verbeelding haar gehelp om maats te maak.Word darem na partytjies genooiWil graag n suster h

Mana MinnaarKlink amper soos mammaKunstenaarEksentriekGlo dit is sleg vir mens se gesondheid om normaal te weesSy is teen die stereotipe.Kleredrag - boheems. Sy dra bont klere wat nie pas nie.Sy het verfkwaste in haar hare

Beyers TheronStiefpaHet romantiese hoofrol in n TV-reeks gespeelBeste man wat haar ma al ooit in haar lewe gehad hetDoen radio- en TV-werkTree by kunstefeeste opIs seremoniemeesterOndersteun Hanna as sy haar storie wil skryfSterk persoon

Gavin TaylorGayHanna se biologiese paDra grimeringPeroksied hareGee vir Hanna moderne klere waarvan sy nie hou nieVrolike mens die siel van n partytjieVir hom is Hanna fabulous en perfek

TiboProefbuisbabaAgt jaar oudGans te oud vir sy ouderdomSpeel met Action manIrriteer almal in die gesinWil meer weet van sy paSpeel nie rugby nieHy is mal oor TV sepies en wil graag Hollywood toe gaan.Hy is vervaardig en nie geskep nie

Yann TheronHanna se stiefboetieBeyers se oudste seunDink dis sleg vir jou gesondheid om nice te weesMeisies dink hy is coolRaak verlief op Sharon

AmosBeyers se seunAgt jaar oudHanna se stiefbroerHartseer - mis sy ma wat in Amerika blyIrriteer vir Hanna en YannBesorg oor sy maLees HARRY POTTER en hou van kulkunsies en toorkuns.

Margot JordanInteressant en modebewusGee om vir menseYann en Amos se maBeyers se eerste vrouUiterlike is baie belangrikKan nie sonder haardror en grimeringSing mooiEmosioneelSterk karakter veral toe baba gebore wordVrygewig gee graag geskenke

Sharon BesterHanna se beste vriendinHet n sussieVerlief op YannGeniet die samesyn van Hanna se gesinNie skaam om oor ouma se eenvoudige lewe te praat nie

Jonathan BesterSharon se paGewese politieke aktivisRy n duur 4x4 motorkarAltyd formeel aangetrek

Ziona Bester

Sharon se maHo pos by versekerings-maatskappy inmenseverhoudings

Die heks van EndorDie vrou wat in die voorlaaste huis in die doodloopstraat bly. Sy het grys toutjieshare en n skerp neus. Sy hou meer van katte as van honde.OnverdraagsaamSy gooi vir Hanna end ie honde met pantoffels.

Pampoen en PatatFabienneHet nie n saamgestelde gesin nie.Is kunstigFamilie irriteer haar ookFamilie versmoor haar ookKan iets aan haar swak verhouding met haar pa doenHou in styl vakansie

Fabienne se rol in Hanna se leweFabienne is alles wat Hanna graag wil wees. Sy is Hanna se alter ego. Hanna skep haar in haar verbeelding. Haar lewe is n reguit lyn met geluk.

Aanvanklik is Fabienne se pa n tandarts. Hy verdien baie geld en die gesin eet byna nooit sop nie. Haar ma was n tandartsassistent voordat sy met haar pa getroud is. Nou is sy net n ma wat netjies aantrek. Anders as Hanna het Fabienne baie mooi tande en het sy nog nooit voor keuses te staan gekom nie.Sy weet van selfbeheer omdat sy nooit sommer n doos sjokolade sal opeet nie. Sy is ook bereid om die soet en die sout in die lewe met iemand te deel.

Sy het net een suster, Camille, met wie sy baie goed oor die weg kom. VertellerIn hierdie verhaal word n ek-verteller of eerstepersoonsverteller aangetref. Hanna vertel die verhaal en die gebeure word vanuit haar perspektief ervaar. Woorde soos ek , my en ons word gereeld gebruik.

Die nadeel van hierdie vertellersperspektief is dat die leser nie weet wat nie newe-karakters dink nie en die gebeure word subjektief aangebied, want dit word aangebied uit Hanna se oogpunt. Haar gevoelens en emosies word beskryf. Die leser kry dus nie die ander karakters se perspektief nie.Die voordeel van hierdie ek-verteller is dat die verteller deel is van die gebeure en alles self ervaar het. Die illusie van werklikheid en geloofwaardigheid word deur hierdie tipe verteller geskep.Agtergrond/milieu/ruimteDie agtergrond is die huis waar die gesin woon asook die huis op die berg waar die gesin vakansie gaan hou. Die omstandighedewaarteen die verhaal afspeel, is di van nongelooflike gesin wat saamgestel is na diehuwelik van die ma en die pa. Hierdie gesinnevan Mana en Beyers moet nou altwee leer om saam te leef.TydDie tyd in hierdie verhaal kan in twee soortetye verdeel word, naamlik die verteltyd en die vertelde tyd. Die verteltyd is die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel; dit is 168bladsye. Die vertelde tyd is die tyd waarin dieverhaal afspeel. Hierdie tyd is die twee weke wat die gesin vakansie hou in die huis op die berg. Die hede en die verlede wissel mekaar ook af in hierdie verhaal.TemaDie aanvaarding van die self, jou familie en jou omgewing en omstandighede.

Fabienne se fantastiese tande

Hoofstuk: 1Liewe leser. Dis hoe ek my lewensverhaal woubegin. Toe kom loer Tibo oor my skouer en s ekis simpel, dis nie hoe mens n storie begin nie.

Wat weet jy? vra ek hom. Hoeveel stories hetjy al geskryf?

Tibo is agt. Gans te oud vir sy ouderdom, soosmy ma altyd s. Hys my halfbroer. Ek het ooktwee stiefbroers.OPSOMMINGHanna wil haar lewensverhaal vertel. Sy is n verbeeldingrykeveertienjarige wat nie baie van haarself hou nie. Sy hou veralnie van haar tande nie en daarom vertel sy die storie vanFabienne en haar fantastiese tande en normale tandartsfamilie.Hanna het n halfbroer, Tibo en twee stiefboeties, Yann en Amos.Haar ma is swanger en sy is die kunstenaar, Mana en die pa is n akteur, Beyers.Tibo het n proefbuis-pa, Hanna se biologiese pa, Gavin is gay en Beyers se eksvrou is Margot wat in Amerika woon. Hanna skets ook aan die leser die lewe van haar beeldskone vriendin, Sharon. Die hele gesin gaan op wittebrood, want Mana voel almal moet mekaar beter leer ken. Dit is egter n wintervakansie in n verlate huis op n verlate berg.Woordeskatlewensverhaalstory of ones lifeouderdomagehansworshoedeHat which clown wearskamoefleeruniformscamouflage uniformoerwoudjungleberoemdfamouslewensverhaalstory of ones lifeproefbuistest tubegrynslaga sardonic smilevervaardigmanufacture/producekortsluitingshort circuitfopdosserdrag queen (cross dresser)preiesopleek soupcomme ci comme aAveragemodieusTrendylaggasStikstofoksied HOOFSTUK 11.Hanna wil haar lewensverhaal skryf. Hoe wil sy dit begin?Liewe leser

2.Wat weet die leser van die karakter Tibo?Hanna se halfbroer. Agt jaar oud. Tibo se pa is n proefbuis. Hy het een keer met Hanna se Barbie gespeel, maar speel nou met sy Action Man.

3.Wie is die ek?Hanna, die hoofkarakter.

4.Wat was Mana se reaksie toe sy uitgevind het dat Tibo met Barbie pop speel?Sy sien niks daarmee fout dat seuns met Barbiepoppe speel nie.

5.Hoekom word Mana voorgestel met n verfkwas in haar hare?Sy is n tipiese kunstenaar.

6.Kyk na die opskrif van hierdie hoofstuk. Waarom beskou jy hierdie opskrif as gepas?Hanna is veral nie tevrede met haar eie tande nie, daarom wil sy die karakter Fabienne skets met fantastiese tande.

7.Hanna het n pen nodig om te skryf. Wat noem sy haar pen en beskryf die pen.Gelukbringerpen. Dit is n pen met n sebravelpatroon en dit herinner aan die oerwoud.

8.Watter moment in die boek kan gesien word as die motoriese moment?Hanna vertel van Mana wat besluit om wittebrood te gaan hou met al haar kinders en stiefkinders om mekaar beter te leer ken.

9.Hoekom dink Hanna sy is anders as ander normale kinders?Sy het n groot verbeelding en haar familie is baie ingewikkeld.

10.Watter beeldspraak word in die volgende aangetref:

10.1Tibo kyk Hanna aan of daar paddas by my mond uitgeval het.Vergelyking

10.2Hanna dink Mana se sop proe aan die einde van die maand of dit van dooie akkedisse gemaak is.Vergelyking

10.3Yann glo die huis is n oerwoudMetafoor

10.4Proefbuis op n wit perd.Metafoor

11.Watter verband is daar tussen Hanna en Anne Frank?Albei was skrywers in hul tienerjare. Hanna wil egter nie soos Anne Frank, na haar dood eers beroemd word nie.

Pampoen en Patat hinder n heks

Hoofstuk 2En nuwe huis is nie heeltemal die regtebeskrywing vir hierdie dubbelverdiepinghool aandie gatkant van Tafelberg nie.Toe Mana enBeyers teen die einde van laas jaar trou, moesons n groter huis vir die hele spul van ons soek.En soos ek reeds laat glip het, rol ons niejuis rond in die rande nie. Probeer jy nou n huismet minstens vyf slaapkamers soek, en boonop ngarage of n buitekamer of n plek wat Mana asateljee kan gebruik, teen n prys wat twee mensesonder n vaste inkomste kan bekostig.OPSOMMINGDie leser leer die gesin ken waar hul in Kaapstad woon. Daar is drama met die koop en intrek van die huis. Hanna stel haar eienaardige familie altyd in kontras voor met die perfekte gesin van Fabienne. In Fabienne se huis is daar mooi skilderye, n goedversorgde tuin en heerlike etes. Hanna was die eerste om klaar ingepak te wees. Sy dink aan haar storie, maar word kort-kort onderbreek deur die res van die familie. Beyers het sy stem verhef toe die kinders nie wou saam gaan na die boendoes toe nie. Mana en Beyers se verhouding het begin met hul twee honde, Pampoen en Patat. Hulle soek die honde en Hanna kry hulle uiteindelik in die erf van die Heks van Endor, die buurvrou.Woordeskathortikultus(hortoloog = tuinboukundigehorticulturistspektakelspectacle (to make a fool of yourself)kraaminrigtingmaternity warddubbelverdiepinghooldouble storeyhoolpoor place to stayte groot vir sy skoenecheekysoos n dripdripgrinnikgrinkaboutergnomespoorweghuisrailway housebosbouern persoon wat bome aanplantjong murgmampoentjie; n groentesoort wat lyk soos n jong komkommercourgetteafgesaag, kinderagtig; verspot, lafcorny;childlikeWoordeskatboendoes/gramadoelasjungle (die wildernis waar daar min of geen geriewe is nie.)groentesmousvegetable hawker/grocerborriepatatsweet potato (with yellow colour)skorsiesquasheiervrugauberginedaalder of dalermuntstuk wat nie baie werd is nie.wilgerboomwillow treeswetterjoelbaie mensedaalder of dalermuntstuk wat nie baie werd is nie.Hoofstuk 21.Benoem die beeldspraak:1.1 Pampoen en patat hinder n heks Alliterasie

1.2 Dit lyk soos n spoorweghuis wat te groot vir sy skoene geword het.Vergelyking en personifikasie

1.3 Die boonste verdieping wat nie by die res pas nie, laat die huis lyk soos n lawwe strooihoed by n vervelige winterjas. Vergelyking1.4 Die bokse gaan minstens nie heelpad kla hulle is verveeld nie.Personifikasie

2.Hoekom dink Hanna dat sy nie Mana se dogter is nie?Hanna wil graag normaal wees in n normale gesin; Mana is boheems en kunstig.

3.Waarom, dink Hanna, het die eiendomsagent besluit dat die spoorweghuis die regte huis vir hulle is?Gewone mense sal nie daar wil woon nie, maar Hanna en haar familie is vreemd genoeg om daar aan te pas.4.Waarom het die kinders gegil en wat het daarna gebeur?Mana het gedink dit sal n goeie idee wees as die hele familie saam vakansie gaan hou. Almal het gelyk begin praat en hulle het begin redeneer en verskil oor sekere kwessies.

5.Waarom word die ongebore baba Ditjie genoem?Mana wil nie seksisties wees nie en sy wil nie manlike of vroulike eienskappe aan haar baba gee nie.

6.Wat beteken: iemand het groen vingers?Hy/sy is goed met plante en met die plant en kweek daarvan.

7.As die twee honde mekaar ontmoet, word daar gepraat van liefde met die eerste snuif. Beskou jy hierdie woorde as gepas? Motiveer jou antwoord.Dit is gepas, want dit herinner aan die idioom: dit is liefde met die eerste oogopslag.

8.soms is die waarheid nogal corny. Waarom het Hanna hierdie woorde ges?Dit is verspot, laf, vreemd en ongewoon.

9.Wat beteken: dit is n bietjie dik vir n daalder?Dit beteken dit is moeilik om te glo, te ongelooflik.10.Wie is die heks van Endor en beskryf hierdie vrou.Die vrou wat in die voorlaaste huis in die doodloopstraat bly. Sy het grys, toutjieshare en n skerp neus. Sy hou meer van katte as van honde.

11.Hoekom is Hanna met haar in kontak?Sy soek hulle honde.

12.Beskryf die gesin se huis.Dit lyk soos n spoorweghuis met growwe baksteenmure en staalraamvensters. Die boonste verdieping het vuilwit mure. Gekraakte vensters en lekkende dak.

13.Waarmee vergelyk Hanna die huis?Dit lyk vir haar soos n spektakel.

14.Hoe lyk Fabienne se ma se tuin en die pa se huis?Fabienne se ma se tuin is n lushof en die pa se huis is ontwerp deur n argitek. Die huis is lig , modern en skoon.

15. Wie het Mana en Beyers aan mekaar voorgestel?Die honde, Patat en Pampoen.

Bloedvingers, suikervingers, groenvingers

Hoofstuk: 3Die eerste twee ure was n nagmerrie omdatTibo en Amos aanhoudend baklei het of geklahet hulle is honger of gekerm het hulle is verveeld.Maar daaraan is ek gewoond. Dit gebeur elke keeras ons meer as n kwartier in n kar deurbring. Yannhet sy Walkman se oorfone opgesit en n glasigeuitdrukking in sy o gekry en nie n dooie woordges nie (soos elke keer as ons meer as n kwartierin n kar deurbring) behalwe reg teen die einde toehy skielik uitgeroep het: Ek moet pie! Disdringend!OPSOMMINGFabienne se storie word nou n moorddadige ensielkundige riller. Hanna dink aan die gepaste titels. Diegesin is op pad Piketberg toe en na n nagmerrieritbereik hulle hul bestemming. Die seuns is vies omdatdaar nie moderne geriewe is nie, maar hulle hou van die natuurskoon. Sharon, is Hanna se mooi en rykvriendin. Die leser weet nou hoekom Hanna bekendstaan as Hanna Hoekom. Hanna beplan nou aan dieslottoneel van haar storie, selfs een waarop StephenKing trots sou wees. Hanna se pa Gavin is ook vir haarvyftiende verjaarsdagfees genooi en dit is ook nverrassing vir Hanna.HOOFSTUK 31.Beskryf die droom wat Fabienne elke keer droom.Sy droom van die verfkwasvrou wat haar tart en s dat haar familie haar saggies versmoor. Hulle weet dat sy nie daar hoort nie en dat sy haarself sal moet red.

2.Waarom word Fabienne elke keer maerder?Fabienne word geleidelik waansinnig en eet al hoe minder.

Wie dink jy verteenwoordig Bloedvingers, Groenvingers en Suikervingers? Hoe sal hulle elkeen aan hulle einde kom?

Bloedvingers: haar pa wat n tandarts is. Hy sal deur n waansinnige pasint aangeval word.

Groenvingers: Haar ma wat tuin maak. Sy sal deur n vleisetende plant verslind word.

Suikervingers: Haar sussie wat lekker poedings maak. Sy sal aan n sjokoladetruffel verstik.

4.Hoe probeer Fabienne se ouers en suster die probleem aanspreek?Fabienne se ouers neem haar na dokters en sielkundiges toe en Camille bak die lekkerste poedings.

5.Beskryf die gesin se nagmerrierit na die huis op die berg.Tibo en Amos het aanhoudend baklei. Yann het na sy Walkman geluister. Hulle moes knaend stop vir iemand om n draai te loop. Pampoen en Patat het knaend siek geword. Die laaste deel van die grondpad was baie sleg.

6.In watter letterkundige genre val Hanna se nuutste storie?Sielkundige riller.

7.Noem drie dinge wat die gesin by die huis op die berg aantref.Die huis is n eenvoudige reghoekige gebou met witgekalkte mure. Die huis het n rietdak. Die huis is baie vuil met ouerige meubels.

8.Skryf die woord neer wat Yann uiter as hy die huis sien?Dump

9.Wat was die eerste woord wat Hanna as baba ges het?Hoetom

10.Hoekom, dink jy, was Hanna se eerste woord n woord van woede?Hanna wou altyd nog n normale mens met n normale ma en pa wees.

11.Noem twee persone wat vir die gesin sou kom kuier.Margot en Gavin

12.Hoe voel Hanna oor haar biologiese pa se besoek?Sy voel dat haar pa haar voor Sharon in die skande gaan steek. Niemand vra ooit haar mening oor haar eie lewe nie.

13.Hoekom wil Hanna van Fabienne ontslae raak?Sy wil rolle omruil met Fabienne en sy wil by die tandarts en sy vrou gaan woon.

14.Hoe laat sy Fabienne sterf?Fabienne sny haar polse met n mes en sterf dramaties.

15.Watter boek, in n ander letterkundige genre wil sy nou skryf?n Speurverhaal

Fabienne verloor haar vader

HOOFSTUK 4

Dis nie n vakansie nie, kreun Yannvroegoggend terwyl hy n beker koffie langs die koolstoof afsluk. Dis n strafkamp! Dis soos die army!Wat weet jy van die army? grinnik Beyers.Wees dankbaar jy woon in n land waar laaities soos jy nie meer diensplig hoef te doen nie. Toe ek jonk was...OPSOMMINGTydens die eerste aand speel die gesin n vasvraspeletjie om hul algemene kennis te toets. Hulle belangstellings is baie uiteenlopend. Mana stel toe n ander speletjie voor en Hanna wonder of sy nie liewer soos n outydse heldin moet flou val of waansinnig word nie. Die kinders wil nie juis vroegoggend saam met Beyers gaan stap nie. Toe Hanna egter die uitsig sien, bied dit n onverwagse blik op die hemel vir haar en Mana is lus om te skilder. Beyers voel dat sy nie moet skilder nie, want dan vergeet sy die res van die familie. In Hanna se kop neem die speurverhaal vorm aan waarin Fabienne se pa die hoofkarakter is.WoordeskatMy vel is die kleur van melkLightly colouredsepieSoap operadokkiedocumentarysteakvleissnitarmyweermagdienspligMilitary serviceanorakWarm waterdigte baadjie met n kappiemoerkoffieGround coffeeMelk met n titseltjieFlou teeGroen teeHerbal tealewensgevaarlikLife-threateningAandrok met blinkertjiesEvening dress with sequencesslaapwandelaarSleepwalkerMuse (ook inspirasie vir kunstenaar om iets te skryf)Muses (god of the arts)Woordeskatbedwelmintoxicateplompheavy; overweightstillewestill-life (painting)Hoofstuk 41.Hanna besef tydens die eerste aand van hulle verblyf op die berg hoekom meisies uit die vorige eeu gereeld flou geval het. Verduidelik.Hulle was so verveeld omdat hulle niks gehad het om te doen nie dat hulle gereeld flou geval het.

2.Hoekom werk die vasvraspeletjie wat hulle op die eerste aand probeer speel, glad nie?Almal het baie kennis van een spesifieke onderwerp, maar nie juis die algemene kennis wat nodig is om die vrae vir die speletjie te beantwoord nie.

3.Hoekom wil Hanna graag vir Sharon bel?Sy wil Sharon soebat om n paar dae vroer te kom.

4.Wat wil Hanna vir Gavin s?Sy wil Gavin vra om nie te kom nie.

5.Noem vier verskille tussen Hanna en Sharon. Dink aan die ouers se beroepe, hul huise, hul vakansies en voorkoms.

SharonHannaOuers se beroepeMeer geld, diplomaat,Nie standvastig Ma skilder, stiefpa akteurHuiseNetjiesdeurmekaarVakansiesLuukse vakansiesIn die bergeVoorkomsMooier, donker vel, doen moeite Wit, puisies, vaal, nie gepla oor die mode6.Om watter rede maak Beyers die kinders so vroeg op die tweede dag van hulle vakansie wakker?Beyers besluit dat hulle vroeg die oggend moet gaan stap omvan hul energie ontslae te raak.

7.Amos, Tibo en Hanna voel asof hulle in die hemel is op hulle staptog. Hoekom voel hulle so?Daar is baie plek om te speel en te hardloop vir Amos en Tibo. Die natuurskoon is wonderlik en dit voel vir Hanna asof sy hoog bo die wolke in n vliegtuig sit.

8.Wat wil Mana doen as sy die pragtige natuurskoon sien?Sy wil die pragtige tonele begin skilder.

9. Hoekom raak Beyers so moedeloos as hy hoor wat Mana wil doen?As Mana skilder, sal dit beteken dat hy alleen moet wittebrood hou.

10.Wat is die eintlike rede waarom hulle kom wittebrood hou het?Die plan was dat die hele gesin saam dinge doen.

11.Fabienne se pa kry n pasint wie se tand hy moet trek. Wie is die pasint?Vernon April, die Minister van Appels en Pere.

12.Wat is eienaardig omtrent die pasint se tande?Die tandarts het die vorige jaar die minister se tand getrek en nou moet dieselfde tand weer getrek word.

13.Hoe word Fabienne se pa vir die eerste en tweede keer gedreig?Eerste keer - Die minister se lyfwag druk n rewolwer in die tandarts se rug. Tweede keer - Die lyfwag beveel die tandarts om stil te bly of anders sal sy vrou of dogters stilgemaak word.

14.Hoe probeer Fabienne se pa uitvind of daar enige verskil is tussen sy pasint en die minister?Hy kyk na videos van die minister se verskyning in televisieprogramme om agter te kom of daar n verskil is tussen die minister se eerste en laaste verskyning.

15.Die tandarts besef dat sy kennis dalk sy dood kan veroorsaak. Wat doen hy om te verseker dat die gebeure wel bekend word as hy iets sou oorkom?Hy skryf die storie neer en versteek dit agter n skildery wat Fabienne gemaak het. Hy s vir Fabienne om altyd die stillewe naby haar te hou.

16.Wat vind Fabienne as die tandarts wel verdwyn?Sy ontdek die vel papier met die storie wat die tandarts daarop geskryf het.

17.Die polisie ondersoek die minister se ler en die grafiese voorstelling van die minister se tande. Wat bevind hulle?Daar is geen verskil tussen die minister se ler en die minister se tande nie.

18.Watter inligting verskaf Fabienne se ma en suster oor haar pa aan die polisie?Hulle s dat die tandarts in die dae voor sy verdwyning nie soos gewoonlik opgetree het nie.

19.Tot watter gevolgtrekking kom Fabienne oor haar pa?Sy dink dat daar met die rekenaar gepeuter is of dat haar pa dalk wel waansinnig geword het.

Digterlike vryheid

HOOFSTUK 5

Gaan ons nou Naam, van, dier, dorp speel vra Amos n aandete, ongeduldig, terwyl ek en hy skottelgoed was.Mana het ons in werkspanne ingedeel. Nog een van haar pogings om ons as gesin saam te snoer. Nog n manier om die vakansie in n strafkamp te verander, meen Yann. Werkspanne met gemengde gene, soosMana dit noem. As ek en Tibo saam moet skottelgoed was, sal ons dalk n kliek vorm teen Beyers se seuns.Ek weet nie waar sy haar idees optel nie.OpsommingDie gesin werk in spanne tydens die vakansie. Beyers besluit om gedigte voor te lees, in plaas daarvan om weer n speletjie te speel. Volgens Yann het gedigte nie beat nie. Hanna en die res geniet dit tog later en Hanna dink daaraan om liewers n digter te word. Sy skryf toe ook later haar weergawe van die bekende Celliers gedig, Dis al. Sy verander Botterberg na Bitterberg.Die kleiner boeties spot haar egter met hul eie weergawe daarvan.Hanna is woedend en Yann voel tot haar verbasingjammer vir haar. Beyers stel voor dat sy n straf vir hulle moet uitdink. Mana verras haarself en die ander met n versrel wat rym.Woordeskatbloublasiebluebottleritmebeat; rhythmuitlandersaliensSaam te snoerlink people togetherdroewigsadspeurverhaaldetective storyniksvermoedendunsuspectingHoofstuk 51. Pas die woorde van n karakter in Kolom B by n naam in Kolom B:Kolom AKolom B1.1Beyers DA) My maag is vol, ek voel ek gaan rol.1.2 Mana FB)Ag, dit was sommer iets wat ek gedoen het om my besig te hou.1.3 Hanna BC) Dis die aartappel in my mond.1.4 Yann ED) Oud, nuut, hartseer, snaaks1.5 Tibo AE) Hulle het gn respek vir enigiemand se privaatheid nie.1.6 Amos CF) Ek sal my siel verpand, vir die kaart in Yann se hand.2.Hoekom dink jy, stel Mana werkspanne saam wat uit gemengde gene bestaan?Sy doen dit sodat die gesin mekaar beter kan leer ken en saamgebind kan word.

3.Hoe gaan die gesin hulself daardie aand vermaak?Beyers gaan vir hulle gedigte voorlees.

4.Watter soort gedigte is Beyers van plan om vir hulle voor te lees?Ou gedigte, nuwe gedigte, hartseer gedigte, snaakse gedigte.5.Watter bewys is daar dat selfs Yann die vakansie begin geniet?Dit lyk asof Yann glimlag as Beyers die gedigte voorlees.

6.Op watter gedig baseer Hanna haar gedig?Dis al van Jan FE Celliers

7.Watter positiewe gevolg is daar uit die hele saak vir Hanna?Yann kies haar kant. Beyers s dit sal vir hom n eer wees om volgende keer Hanna se gedig voor te lees.8.Benoem die beeldspraak:8.1So n swaar blou baksteen van n boek.Metafoor

8.2Dis nou nie juis n Antjie Krog nie.Litotes/Antonomasia

8.3Beyers kan n gedig lees dat jou kleintongetjie krul van lekkerkry.Vergelyking/personifikasieWat is die betekenis van die volgende idiome:

9.1aan sy lippe hangGefassineer na iemand luister as hy/sy praat.

9.2meer wees as wat vlees en bloed kan verduurMeer as wat mens kan oorleef

9.3ons het met ons sterte in die botter gevalOns het dit gelukkig getref.

9.4steek net my neus in die lugMaak of niks my raak nie.10.Noem die drie verskille tussen Hanna se gedig en Jan FE Celliers se gedig.Die oorspronklike gedig is in die vorige eeu geskryf, Hanna Hoekom se versie in 2002.Die oorspronklike gedig bestaan uit twee strofes, Hanna Hoekom se versie het net een strofe.Die punktuasie van die twee gedigte verskilDie gebruik van hoof- en kleinletters in die twee gedigte verskil.DIS AL : Jan FE Celliers

Dis die blond, dis die blou; dis die veld, dis die lug; en 'n vol draai bowe in eensame vlugdis al.

Dis 'n balling gekom oor die oseaan, dis 'n graf in die gras, dis 'n vallende traandis al. Dis die blond, dis die blou; dis die veld, dis die lug; en 'n vol draai bowe in eensame vlugdis al. A slice of life

HOOFSTUK 6Drie slapies. Yann het intussen weer sy oorfone opgesit. Die Walkman se batterye was pap, di dat hy omtrent vier-en-twintig uur lank gedwing was om hom n bietjie minder onbeskof as gewoonlik te gedra. Maar vanoggend het hy saam met Beyers na Die Beskawing gery om kruideniersware te gaan koop. Ek was half lus om saam te gaan, net om n slag n paar ander gesigte sien, huise en motors en sulke dinge, miskien selfs n verkeerslig! Maar ek het nie kans gesien vir daardie nagmerrierit nie.OpsommingHanna waarsku die leser dat dit nie goed gaan nie, maar tog is daar n roetine tydens hul vakansie. Hul gaan stap soggens vroeg en Mana stop halfpad om bietjie te skilder. Hanna dink stories uit, Yann luister musiek en Beyers en die honde geniet die buitelewe. Saans speel almal woordspeletjies. Hulle bou onbeskofte woorde wat nie in die woordeboek is nie. Hanna dink nou daaraan ofsy nie kortverhale moet aanpak nie en Fabienne se storie fokus nou op die verhouding met haar pa en haar kuns. Dit is meer realisties. Die leser weet ook nou meer van die tyd toe die gesin net uit Mana, Hanna en Tibo bestaan het. Sharon se pa daag op en Sharon is opgewonde oor die vakansie. Hanna is verbaas om te hoor dat Sharon se ouma in n eenvoudige huisie op n Karoodorp woon.Woordeskatoorspronklikeoriginalsjefchefverstandtandewisdom teethmiddelklasmiddle classwaardesvaluestoe-o-afspraakblind dateindrukwekkendeimpressiveglinsterendsparklingpietersielieparsleystraalvliegtuigjet planeWoordeskatarmlastige bywonersvery poor workersguitigeroguishbarbarrenbuitetoiletlongdropwortelkanaalwerkroot canal of toothpotloodsketsepencil drawingsverpletteroverwhelmvolverskrikkerscarecrowsenutergendnerve-wreckingbitterbekmalcontentHoofstuk 61.Die vorige hoofstuk eindig met Yann wat skynbaar genees is van sy verslawing aan sy musiek. Watter verklaring word aan die begin van hierdie hoofstuk daarvoor gegee?Sy Walkman se batterye was pap.

2.Watter soort woorde skryf Tibo en Amos met die bordspeletjie Krabbel en hoe motiveer hulle hul keuses?Hulle skryf net vieslike woorde, en wys dan daarop dat dit wel in die woordeboek is. 3.Wat stel Beyers hierna voor en waartoe lei dit?Almal moet onbeskofte woorde bou, maar dit moet oorspronklike woorde wees wat hulle self uitgedink het.

4.Hanna is so vies dat hulle elke oggend vroeg moet opstaan om te gaan stap, dat sy dink: Ek hou elke dag die lug dop en hoop vir ren. Waarom skep hierdie sin spanning?As dit gaan ren, gaan die slegte grondpad dalk veroorsaak dat hul afgesny kan word van die res van die omgewing.5.Watter genre gaan Hanna nou aanpak? Waarom kies sy juis hierdie genre?Kortverhale. Daar is meer woorde as in posie, maar minder as in n roman soos n riller of n speurverhaal.

6.Waaroor sal sy oor Fabienne skryf en nie oor haarself nie?Sy kan tog nie n storie oor haar eie simpel: lewe skryf nie.

7.Waarom is Sharon se pa paniekbevange?Daar is nie selfoonontvangs nie en hy kan dus nie kontak behou met Sharon nie.

8.Hoe reageer Sharon op die huis en omgewing?Sy is opgewonde oor die mooi uitsig, skynbaar nie ontsteld oor die gebrek aan geriewe nie en sy vertel selfs van haar ouma se eenvoudige manier van leef op n Karoodorpie.

9.Benoem die beeldspraak:9.1Mana troos nou maar haar Muse deur soggens vroeg n rukkie te teken.Metafoor/personifikasie

9.2Die stappery maak Hanna-hulle so honger dat ons klippe kan kou.vergelyking

9.3Die hele vallei l .. blink gelek deur die winterson...personifikasie

9.4Die donkerblou 4x4 klou teen die berghang soos n brommer teen n ruit.Vergelyking

9.5Sharon lyk so koel jy kan met haar ysblokkies maakVergelyking

9.6Haar melkkoffievel is so vlekkeloos soos altyd.Metafoor

10.Hoekom dink Hanna dat almal anders as gewoonlik optree?Daar is iets in die berglug.Nuut uit die beskawing

HOOFSTUK 7Beyers plak die kruideniersware so driftig op dietafel neer dat Mana haastig nader waggel omdie houer met die eiers te red. Amos en Tibo skraaphulle velle papier net so haastig bymekaar om te keer dat hulle kunswerke bederf word. Selfs Yann is uit sy gewone bedwelming geskok. Hy laat sak sy boek op sy skoot, haal sy oorfone af en lig sy swaar wenkbroue vraend.Dis julle ma, s Beyers met n hulpeloseskouerophaling.Ek dog hy bedoel Mana. Watter ander ma is daar inhierdie huis? Maar dan sien ek hy kyk na Yann en Amos.OpsommingMana en Beyers gaan dorp toe om kruideniersware te koop en kom terug met die nuus dat Amos en Yann se ma, Margot, hulle kom besoek. Intussen begin Sharon baie belang stel in Yann.Margot is in Suid-Afrika om in n televisiereeks te speel en niemand is opgewonde oor haar besoek nie. Mana gee n tekenklas vir die kinders, maar slegs Amos het tekentalent. Yann begin ook in Sharon belangstel. Beyers meen dat Margot baie ongelukkig in die berge salwees, want sy sal nie haar haardror kan gebruik nie. Hanna het intussen besluit dat sy liewers n reisverhaal sal skryf, hoewel sy nog nooit gereis het nie; daarom het sy n atlas en haar verbeelding nodig,want sy wil Fabienne na ander lande laat reis.WoordeskatBranderswavesbreker getrefwaves of lifeWolkekrabberskyscraperKamstigeostensiblySkobbejakscoundrelStuipefreak outOntstigupset/annoySkouerophalingshrug of the shoulderssaam te piekelgo withHoofstuk 71.Hoekom gaan Mana saam met Beyers dorp toe?Mana wil saamgaan, want Beyers bring nie alles wat sy op die lysie geskryf het nie.

2.Watter nuus bring hulle van die dorp af terug?Yann en Amos se ma is in Suid-Afrika en sy is op pad na die vakansiehuis toe om vir hulle te kom kuier.

3.Wat was die reaksie van Beyers, Yann en Amos op die nuus?Beyers is in n slegte bui, Yann is dikmond en Amos is baie opgewonde.4.Wat kom doen Margot in Suid-Afrika?Sy kom in n plaaslike televisiereeks optree.

5.Hoekom is Sharon so bendruk met die nuus?Sharon dink dat dit spesiaal is om n aktrise te wees en is bendruk met die feit dat Margot kom kuier.

6.Wie is die enigste een in die gesin wat regtig opgewonde is oor die nuus?Amos. Tibo wys ook dat hy opgewonde is maar omdat sy in n televisiereeks gaan speel.7.Hanna voel effens jammer vir Sharon. Waarom kry sy haar jammer?Yann ignoreer die meeste van die tyd vir Sharon.

8.Om watter rede het die kinders die oggend nie gaan stap nie?Mana het voorgestel dat sy vir die kinders n tekenklas sal gee.

9.Waarom was die oggend ook maar n mislukking?Nie een van die kinders het juis tekentalent nie.10.Op watter manier vind Hanna uit dat Yann nie heeltemal onverskillig is teenoor Sharon nie?Yann lees Zen and the Art of Motorcycle Maintenance waar hy langs die koolstoof sit. Hanna dink nie hy lees dit nie regtig nie;hy wil net vir Sharon (en Hanna) imponeer. Later lees ons dat Yann uit sy dop kruip en selfs grappies met Sharon maak.Hy wil haar as n model vir sy naakstudie gebruik. 11. Hanna is die enigste persoon in die groep wat nog nie in die buiteland was nie. Noem al die gesinslede op en skryf neer waarheen hulle al gereis het. Teken die volgende tabel oor en vul dit dan in.PersoonOorsese besoekSharonLonden, New York en MauritiusYannLos AngelesAmosLos AngelesBeyersEuropaManaEuropaGavinParys, LondenTiboNog nooit gereis nie, maar hy is in n oorsese land vervaardig.Hanna Hoekom word Hanna Heks

Hoofstuk 8

Die koningin kom. Dit voel of iemand op n beuel behoort te blaas. Die skraal figuur wat uit die kar klim, lyk met die eerste oogopslag soos n inbreker met n balaklawa. Nogal n teleurstelling. Maar dan sien ek dis net n swart kledingstuk wat sy oor haar kop gegooi het. Asof sy nie die sambreel vertrou om haar hare droog te hou nie. Sy beweeg versigtig, voetjie vir voetjie, voor om die kar en maak die passasiersdeur vir Amos oop. Hulle kom saam na ons toe aangestap, styf teen mekaar onder die sambreel, statig soos n bruidspaar. Amos grinnik van oor tot oor. Die bruid ek bedoel die koningin se gesig is steeds onsigbaar onder die baadjie wat oor haar kop hang.OpsommingDie hele gesin is bekommerd oor Margot se koms. Amos bars sommer in trane uit en Hanna troos hom ewe lomp.Yann spot sy ma met haar dramatiese geaardheid. Margot arriveer terwyl dit hard ren en hulle wonder watter invloed dit op haar dramatiese geaardheid sal h. Margot is die teenoorgestelde van Mana en Hanna. Margot is perfek gegrimeer, slank, modieus en sprankelend. Sy bekoor almal met haar geaardheid en sy deel komplimente uit.Hanna voel sy toor hul byna soos n heks. Sharon betig Hanna oor haar skerpheid teenoor Margot en Yann.Woordeskatsanikmoan/complaintouch(tussenwerpsel as iemand iets gepas s word eintlik in die sportsoort skerm gebruik)wrewelrigresentfultrippeltripleuitpeulsqueece outsluierveilpoel waterpondstaan in vervoeringectasyHoofstuk 81.Op watter wyse lei Margot se koms daartoe dat Hanna n nuwe, eerste ondervinding ervaar?Hanna steek haar hand uit om Amos se kop te vryf. Hy is heeltemal oorstuur en senuweeagtig oor die koms van sy ma, en toe begin hy in haar arms huil.

2.Wat is die rede vir bogenoemde ervaring en waarom is dit die eerste keer?Amos is gespanne,Yann het hom gespot; hy het sy ma lank laas gesien en hy het nog nooit voorheen vir Hanna n drukkie gegee nie.3.Watter beskrywende woorde word deur die verteller gebruik om Margot te beskryf?Margot se voorkoms: niks is natuurlik nie, behalwe haar ongelooflike lang bene, haar laggie: so n tinkelende kristallaggie.

4.Watter kompliment gee Margot aan Hanna en hoe word dit ongedaan gemaak?Sy s Yann het ges Hanna is vreeslik slim. Yann voeg dadelik by dat hy ges het sy verbeel haar sy is die brein in die familie. (Gelukkig kan Hanna dadelik terugkap: as sy so na die breins rondom haar kyk, is dit nie juis n prestasie nie, met ander woorde die ander is maar dom.)

5.Waarvoor wag sy? vra Tibo....Dat ons die rooi tapyt uitrol, mompel Yann Hoe pas Yann se opmerking by Hanna se manier om na Margot te verwys?Margot verwag spesiale behandeling omdat sy glo sy is belangrik. Sy praat ook van Margot as die koningin.(Ander dink natuurlik nie noodwendig so nie. Hanna beskou haar koms met n ruim mate van sarkasme as die koms van die koningin n beuel behoort haar aankoms minstens uit te basuin. Margot klim uit die motor, n skraal figuur met n swart kledingstuk oor haar kop as beskerming teen die ren, dit laat haar soos inbreker met n balaklawa lyk.) Vir Hanna en die ander toeskouers is dit nantiklimaks, die antitese van wat hulle verwag het.

Uiteindelik behou Margot tog haar waardigheid enHanna merk op dat sy en Amos soos n bruidspaardeur die ren aangestap kom. Amos se bre glimlag wys hoe gelukkig hy is, maar Margot se gesig bly verborge tot sy by hulle is en almal verbyster kan word deur haar skitterwit tande tussen glansende rooi lippe. Hanna beskryf hoe alles aan die vrou eintlik nagemaak en vals is - n bewys dat sy nie kan glo of aanvaar dat Margot werklik so pragtig kan lyk nie.Hoe het Hanna n heks geword? Slaag sy daarin om dit vol te hou?

Hanna word nie deur Margot se sjarme meegevoer nie. Hanna dink alles is aangeplak en nie eg nie. Sharon word deur Margot betower. Eintlik word almal deur Margot betower. Sharon reken weer Hanna is n heks, daarom swig sy nie voor sulke sterk kragte nie. Later in die verhaal verander haar dunk van Margot en dit lyk tog of sy ook deur Margot betower word.7.Benoem die beeldspraak:7.1...tinkelende kristallaggieKlanknabootsing en metafoor

7.2Mana se lag klink meer soos glas wat in skerwe spat.vergelyking

7.3Ek het kort na aandete die koningin en haar onderdane langs die koolstoof gelos.SarkasmeDie koms van die queenHoofstuk 9n Verjaarsdag wat begin met n Shakespeare-sonnetkan nie n slegte verjaardag wees nie, s ek vir myself. Want ek het pas onthou dat my regte pa, die een metdie peroksiedhare en die handsak, oor n paar uuropdaag.En toe word ek wr verras. Yann haal iets uit een vandie vele sakke van sy oorgroot langbroek en sit ditongerg langs die koffiebeker op die skinkbord neer.

Ek was te lui om dit toe te draai, s hy op sy koel manier. Dis n pen met n tiervelpatroon op die doppie. Dit pasperfek by my gelukbringerpen met die sebravelpatroon.Gedog dalk help dit jou om jou lewensverhaal te skryf.Opsomming Dit is Hanna se verjaarsdag en sy word wakker gesing deur haar gesin. Sharon sit n skinkbord met koffie en karringmelkbeskuit op haar skoot neer. Hanna geniet dit, want sy is nie gewoond daaraan dat almal vir haargeskenke gee nie. Sy kry n grimeerstelletjie van Sharon, n grys oortrui van Margot en Tibo en Amos gee vir haar dosies sjokolade. Mana gee vir haar n mandjie vol lekkerruik badgoed en n groot wit handdoek. Beyers gee n bundel met Shakespeare se sonnette vir haar en Yann gee vir haar n pen met n tiervelpatroon.Almal dink Margot is mal as sy wil gaan draf en sy is na 10 minute weer terug. Die gesin eet ontbyt, maar Margot wil nie eet nie. Die gesin wag die hele dag vir Gavin, Hanna se pa. Hy daag teen laatmiddag op en hy is met modder bedek. Hy noem dat hy altyd n swak voorbeeld van n pa was, maar dat hy hopelik met hierdieheldedaad opgemaak het daarvoor. Sy klere uit Parys is vol modder en hy gaan bad en leen klere by Beyers. Die klere pas glad nie by hom, die queen nie. Almal hou van Gavin. In die aand speel hul charades. Hulle beeld gesegdes uit en almal geniet dit. Hanna is baie gelukkig as sy lank namiddernag gaan slaap.Woordeskatuit die bed geboenderchase out of bedklapsoensmacking kisskarbonkelCarbuncle/pimpletowerspreukcharm/spellgalantPolite/well-manneredtroeftrumpHoofstuk 91.Hoekom voel Hanna soos Aspoestertjie wat by die prins se bal beland het?Dit is haar vyftiende verjaarsdag en sy word bederf met ontbyt in die bed en geskenke.

2.Waarom het Hanna nie, soos gewoonlik, n boek gevra vir haar verjaarsdag nie?Sy het gedink daar sal dalk nie genoeg geld wees met die nuwe huis en die nuwe baba nie.3.Waarom het Margot n obsessie om te oefen?Volgens Margot word sy heeltemal van haar kop af as sy nie draf nie, maar sy wil nie vir Mana help om die kombuis skoon te maak nie.

4.Waarom is Yann se woorde aan haar belangrik?Yann verwyt Margot dat sy hom ook al baie dinge belowe het wat sy nie nagekom het nie.5.Beskryf die koms van die tweede queen.Gavin kruip hande-viervoet in, heeltemal bedek met modder. Net die wit van die o is sigbaar in sy vuil gesig. Hy kruip tot voor Hanna.

6.S in jou eie woorde wat met die volgende bedoel word: 6.1die elemente...aandurfSy sal in die ren gaan hardloop.6.2Beyers wat net sy palms boontoe draai en sy kop skudDit beteken hy verstaan nie en kan nie n verduideliking gee vir die vreemde gedrag nie.Verklaar die volgende idiome:7.1die vere maak die volWat jy aantrek bepaal wat/wie jy is.

7.2As die kat weg is, is die muis baas.Wanneer die baas weg is, neem die ander oor.

7.3Van nuuskierigheid is die tronk vol en die kerk leeg.Baie mense het al in die moeilikheid beland a.g.v. nuuskierigheid.

7.4Ek is nie onder n kalkoen uitgebroei nie.Ek is nie dom nie.7.5Dont judge a book by its cover.Moenie iemand op sy baadjie takseer nie. Delf eers dieper voordat jy iemand beoordeel. Wat jy op die oog af sien, is nie genoeg om n grondige oordeel uit te spreek nie.

8.Benoem die beeldspraak:8.1Soos n cowboy wat geskiet is. Kadoef!Vergelyking en klanknabootsing