om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … hoekom kry ons seer en ervaar...die vyand...

17
1 5. HOEKOM KRY ONS SEER EN ERVAAR PYN EN TELEURSTELLING? 2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. Waarom weerspieël wedergebore Christene se lewens so dikwels alles behalwe ’n nuwe skepsel in Christus? Ons sien meer hopeloos te veel egskeidings, armmoede, bedrog, woede, kinderloosheid, siekte, verslaentheid, depressie, vrees, verslawings, skinder en, en, en ..... As Abba Vader my dan ‘n wonderlike samestelling gegee het (soos ons in die vorige lesing gesien het) met genadegawes, breinvermoëns, fisiese eienskappe, Sy Gees, Sy Woord, Sy verlossing deur Jesus en alles wat Hy in my gees gedeponeer het om Sy beloftes en roeping op my lewe, te kan uitleef - hoekom is my lewe dan so seer, moeilik en deurmekaar? Want ons besef nie dat ons is in ‘n oorlog nie - ons ken en gebruik nie ons wapens nie - ons staan nie vas in God nie - ons ken nie die vyand se strategie nie daarom - blameer ons vir God en ander mense Toe die Israeliete die beloofde land binne getrek het, het God nie hande geklap, hulle geluk gewens met: Julle het nou alles bereik, ontspan en vier fees nie! Hy het hulle beveel om te veg en die beloofde land so hul eie te maak deur die vyand stuksgewys met Sy hulp te oorwin (Eks 23:29,30). Ons word so dikwels mislei en in skuldgevoelens gedompel omdat ons nie in oorwinning lewe nie omdat ons van die veronderstelling uitgaan dat “’n nuwe skepsel” en “ou dinge het verbygegaan” beteken alles het nou deur Jesus, met ons wedergeboorte, in ons skoot geval en ons hoef nie verder probleme in die toekoms of uit die verlede te hanteer nie. Die Nuwe Testament sê ons is in ’n oorloggeveg (2 Kor 10:3- 5), ons is soldate met kragtige geestelike wapens (Ef 6:11-18) en ons moet toegerus word met Sy Gees (Hand 1:8). Die Woord van God is soos 'n beskermende muur om jou lewe DIE WOORD Onbelyde Sondes Belyde sonde Die vyand wag vir jou om buite God se wil te gaan om jou te kan verslind *x @! # @ Swak plekke agv generasie sondes

Upload: others

Post on 15-Mar-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

1

5. HOEKOM KRY ONS SEER EN ERVAAR PYN EN TELEURSTELLING? 2 Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. Waarom weerspieël wedergebore Christene se lewens so dikwels alles behalwe ’n nuwe skepsel in Christus? Ons sien meer hopeloos te veel egskeidings, armmoede, bedrog, woede, kinderloosheid, siekte, verslaentheid, depressie, vrees, verslawings, skinder en, en, en ..... As Abba Vader my dan ‘n wonderlike samestelling gegee het (soos ons in die vorige lesing gesien het) met genadegawes, breinvermoëns, fisiese eienskappe, Sy Gees, Sy Woord, Sy verlossing deur Jesus en alles wat Hy in my gees gedeponeer het om Sy beloftes en roeping op my lewe, te kan uitleef - hoekom is my lewe dan so seer, moeilik en deurmekaar? Want ons besef nie dat ons is in ‘n oorlog nie

- ons ken en gebruik nie ons wapens nie - ons staan nie vas in God nie - ons ken nie die vyand se strategie nie daarom - blameer ons vir God en ander mense

Toe die Israeliete die beloofde land binne getrek het, het God nie hande geklap, hulle geluk gewens met: Julle het nou alles bereik, ontspan en vier fees nie! Hy het hulle beveel om te veg en die beloofde land so hul eie te maak deur die vyand stuksgewys met Sy hulp te oorwin (Eks 23:29,30). Ons word so dikwels mislei en in skuldgevoelens gedompel omdat ons nie in oorwinning lewe nie omdat ons van die veronderstelling uitgaan dat “’n nuwe skepsel” en “ou dinge het verbygegaan” beteken alles het nou deur Jesus, met ons wedergeboorte, in ons skoot geval en ons hoef nie verder probleme in die toekoms of uit die verlede te hanteer nie. Die Nuwe Testament sê ons is in ’n oorloggeveg (2 Kor 10:3-5), ons is soldate met kragtige geestelike wapens (Ef 6:11-18) en ons moet toegerus word met Sy Gees (Hand 1:8).

Die Woord van God is soos 'n beskermende muur om jou lewe

DIE WOORD

OnbelydeSondesBelyde

sonde

Die vyand wag vir jou om buite God se wil te gaan om jou te kan verslind

*x@!#@

Swak plekke agv generasiesondes

Page 2: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

2

Want netsoos wat God vir jou ‘n plan het, het satan ook ‘n plan vir jou lewe: Joh 10:10a Hy kom om te steel, te slag en te verwoes. Hy sal alles moontlik doen om jou van God en Dié se plan vir jou lewe, te probeer weghou. Hy sal probeer om jou te laat glo dat Vader jou nie liefhet nie, jou veroordeel en dat al die slegte dinge wat met jou gebeur eintlik God se skuld is. Hy wil jou nie net beroof van die vrede en oorvloed wat God vir jou op aarde het nie, maar veral van jou ewige lewe in Jesus Christus. Kom ons kyk weer na die skets: “Die Woord van God is soos ‘n beskermende muur om jou lewe.” Ons mense is van nature geneig om te wil sondig. Ons glo graag die leuens van die vyand dat daar vryheid en plesier buite God se beskermende mure is. Ons breek dus self deur hierdie muur om by die verleidinge van die vyand en die wêreld uit te kom. Wanneer ons so deurbreek veroorsaak ons ‘n gat in ons beskermingsmuur. Die vyand lê en wag aan die buitekant van hierdie muur soos ‘n brullende leeu gereed om jou te verslind sodra hy die wettige reg verkry deur die sondes in jou lewe. Onbeleide sonde maak skeiding tussen jou en God. Die enigste manier wat jy weer jou beskermende muur kan herstel, is deur met opregte berou jou sondes voor Vader te bely en honderd persent daarvan weg te draai en Hom te vra om jou te vergewe en skoon te was met die bloed van Jesus (Messias). Hy plaas dan ‘n “bloedgewaste rooi deur” in die plek en maak die gat in jou muur toe. Jy moet nou hierdie deur bewaak en seker maak dat dit toe bly, want dit is die areas waarop die vyand nou gaan konsentreer om jou weer te laat val, aangesien hy die vorige keer so suksesvol was. Generasie-lyne of Bloedlynvloeke Daar is ook swak plekke in jou muur a.g.v. ongeregtighede wat jou voorgeslagte gedoen het. Ongeregtighede is onbelyde, herhaaldelike doelbewuste sonde teen die bepalings van God. Dit spruit uit rebellie teen God en Sy insettinge en kan in enige tipe sonde gesetel wees bv. afgodery, die behoort aan geheime organisasies veral waar vloeke ‘n groot rol speel soos by Vrymesselary en okkultiese bedrywighede, seksuele losbandigheid, humeur, bedrog, ens. Dit veroorsaak dat daar in families goed soos verslawings, onnatuurlike vroë dood, familiesiektes, of -gebreke, egskeidings, wreedaardigheid, bankrotskappe, armoede en nog vele ander gebreke en verliese voor kom. Dit maak dus dat daar ‘n swakheid by die nageslag is om makliker in dieselfde tipe sondes te val. Jy kan self so ‘n swakheid in jou nageslag begin deur te volhard in sonde. Jou kinders sal dan geneig wees om dieselfde verkeerde dinge te doen. Die gevolge van sonde stop nooit net by my en jou nie maar het altyd ’n effek op ander, veral op ons kinders en kleinkinders. Wanneer jy dus “repent” en volkome wegdraai van daardie sondes, breek die gevolge daarvan oor jou en jou nageslag in die Naam van Jesus. Bid die gebed: 8 Generasielyn gebed om daarmee te deel. Onthou Jesus het die volle prys vir ons sondes betaal. Hy het die oorwinning behaal sodat ons in oorwinning kan lewe. Die feit dat Jesus hierdie prys betaal het, maak nie dat die hele wêreld dus outomaties gered, vergewe, sonde- en vloekvry is nie. Wedergeboorte is ’n voorvereiste om Sy oorwinning en die straf wat Hy gedra het, ons eie te maak. Ons moet dan lewe en doen soos wat Hy voorgeskryf het soos onder andere, “Bely julle sondes en Hy is getrou en regverdig om dit te vergewe” (1Joh 1:9). Niks in ons geloof is outomaties nie. Die Verlossing van ons Messias is ’n geskenk wat jy kry. Jy kan nie die geskenk verdien of koop nie maar jy moet die geskenk in ontvangsneem en dit gebruik om die vrymakende krag daarvan in jou lewe te beleef. Dit is ’n proses en ’n pad stap van heiligmaking. As ons by wedergeboorte volmaak was, dan sou niemand wat ons Skepper dien gesukkel het met siektes, finansies, verslawings, swak verhoudings en depressie of ongeloof nie. Almagtige Vader het vir die volk Israel na hul uittog uit Egipte die Beloofde Land gegee, hoewel dit vir

Page 3: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

3

hulle gegee is, moes hul steeds teen die heidense inwoners veg en oorwin om die land in besit te neem. Kom ons kyk na satan se taktieke. Die duiwel is die vader van die leuen en ‘n mensemoordenaar van die begin af (Joh 8:44). Hy gebruik graag leuens en halwe waarhede om sy doel te bereik. Hy skep situasies waarin ons pyn en telleurstelling beleef. Ons neem dan aanstoot omdat ons sy leuens in hierdie situasies begin glo asof dit die waarheid is. Ons begin daarvolgens dink, besluite neem en optree. Die vyand maak ons seer met dinge soos: Verwerping, Skaamte, Vrees, Ontneming en Onregverdige Behandeling – As hy jou net sover kan kry om sy leuens te glo, kan hy met sy vernietigingswerk in jou lewe begin.

DIE DUIWEL HET OOK ‘N PLAN VIR JOU LEWE

LEUENS VAN DUIWEL“MINDSETS”

SEERKRY

VerwerpingVrees

OnregverdigebehandelingOntneming

ROEPING

Joh 10:10a. hy wil steel, slag en verwoes

Inperk'n bonsai voëlentdoringdraad

Skaamte

Die slegte saad en vrugte word weer verder versprei in jou en ander se lewens.

a. VERWERPING Elke mens op aarde word waarskynlik in die een of ander area van hulle lewens gekonfronteer met verwerping. Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie: Om nie goedgekeur en aanvaar te word nie. Afkeur, afstootlik, afkeuringswaardig, verwerplik, sleg, onwaardig. Dit is om verstoot te word en verwerping te ervaar deur diegene wat veronderstel is om jou te aanvaar en lief te hê. Dit veroorsaak groot emosionele en geestelike wonde. Verwerping is die ergste pyn wat die gees van die mens kan ervaar. Elkeen wat gevoel het hoe dit is om verstoot te word, mishandel was of teenoor gediskrimineer was, kan hul vereenselwig met hierdie soort foltering. Wanneer beleef ons verwerping? Verwerping is ‘n leuen en kom veral in wanneer jy herhaaldelik seerkry soos byvoorbeeld, as mamma jou nie wou gehad het toe sy swanger was met jou nie, dan het jy dit alreeds in haar baarmoeder geweet. As jy as kind nie genoeg liefde en aandag van pappa of mamma gekry het nie, of as daar baie

Page 4: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

4

russies in die huis was, dan sou jy gevoel het, dis jou skuld. Konflik in die huis, emosionele, fisiese en of seksuele mishandeling (‘abuse’), vernederings, verwaarlosing, dronkenskap van ouers, voortrekkery van jou boetie of sussie, maats wat nie met jou wou speel nie, veroorsaak baie pyn. Egskeiding van ouers bring ‘n gevoel van verlatenheid by ‘n kind. Maar jy ervaar nie net as kind verwerping nie maar ook as volwassene. Verwerping word beleef met liefdeloosheid en/ of ontrouheid in jou liefdesverhouding of huwelik, en veral waar jou maat jou verstoot en iemand anders bo jou verkies. Jy word verwond: Net soos jou liggaam beserings kan opdoen, kneusings, wonde en breuke kry, so kan jou innerlike menswees (gees en siel) ook verwond word. Daar kom ‘n harde kors oor die sensitiewe plek in daardie seerkry area van jou emosies om dit te probeer beskerm. Wanneer iemand aan daardie seerkol raak, veroorsaak dit hewige reaksies. Die Bybel praat van ‘n gebroke gees. Simptome van ‘n gebroke gees is om hipersensititief te wees in daardie verwonde area. Jy kan ontplof by die geringste provokasie. Of daar kan ook ‘n afgestompheid van emosies wees sodat jy ‘n doodsheid binne in jou het en absoluut niks voel nie. Daar is ‘n ontsettende gevoel van alleenheid, selfs tussen bekendes. Jy voel nooit dat jy iewers hoort nie. Almal ervaar iewers in hul lewens verwerping maar wanneer leuen van verwerping ontstaan het as gevolg van baie diep wonde in jou gees, veroorsaak daardie wonde dat jy nie in gesonde verhoudings met ander mense kan staan nie. Verwerping affekteer baie volwassenes. Hierdie mans en vroue lyk op die oog af normaal maar binne in hulle, is hul vol onsekerheid, woede of vrees. Ander sit op ‘n emosionele tydbom van wrewel en rebellie wat in woede wil oorkook. Voordat hierdie leuen nie geïdentifiseer en die wonde nie genees het nie, het hierdie persone nie die vermoë om hul te verbind tot ‘n gesonde, standvastige, langtermyn verhouding nie. Hulle kan dus as gevolg van verwerping nie ‘n ‘commitment’ maak nie. Die vrees vir verwerping kan maak dat ‘n persoon wegdeins van verhoudings af. Hulle vrees verwerping en verwerp dus ander mense voordat hulself verwerp kan word. Hulle weerstaan emosioneel enigeen wat nader aan hulle wil probeer kom. Dit maak dat mense negatief teenoor hulle reageer en hulle vermy of verkeerd benader. Dit laat hulle nog meer uitgestoot, alleen en verwerp voel. Iemand wat aan verwerping ly reageer gewoonlik op enige van die volgende 3 wyses: Die persoon wat eenvoudig ingee: Hulle gee op. Hulle glo die leuen en voel dat niemand hulle aanvaar of liefhet nie, vervreemd en geïsoleerd. Hulle voel doelloos, waardeloos en beteken niks vir ander nie. Hulle beleef alles en almal as teen hulle. Hul voel mense stel hul altyd teleur en is daarop uit om hul seer te maak of uit te buit. Hulle voel hulle is sleg en waardeloos. As mense weet hoe hulle is, gaan hulle nie van hulle hou nie. Sosiale blapse is vir hulle verskriklike vernederings, skandes en skaamte waaroor hulle maande lank kan top. Hulle is onseker van hulself en van ander. Hulle is hartseer, alleen, verlate, mistroostig, hopeloos, vol selfbejammering, depressief, desperaat, voel dood binne en het selfmoord neigings. Hulle soek baie aandag en aanhoudende goedkeuring. Hierdie persone onttrek sosiaal. Hulle is negatief en swartgallig en dalk uitermate skaam. Hulle verwyt, kla, kerm, weeklaag, manipuleer, raak maklik verslaaf aan pille of enigiets anders om die pyn in hulle te verdoof. Hulle dreig soms om selfmoord te pleeg en sal dit moontlik ook uitvoer.

Page 5: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

5

Die tweede tipe persoon sal die verwerping wat hulle ervaar agter ‘n nar-masker wegsteek: Hulle hou ‘n front voor dat alles reg is met 'n kunsmatige opgewektheid. Hulle is luidrugtig, die grapjas, die siel van elke partytjie. Hulle drink en lag die hardste, is uitspattig en maak of niks hulle pla nie. Hulle wil die middelpunt van belangstelling wees. Oordryf en lieg blatant. Die vrouens sal swaar grimeer (masker). Hierdie groep slagoffers van verwerping sal spog oor wat hulle alles bereik het en besit. Hulle hou daarvan om die spot te dryf met ander mense (veral outoriteite). Hul humor het meestal ‘n angel en is ten koste van iemand anders maar hulle is baie sensitief en gou op hul perdjie, as hulle aan die ontvang kant van so iets is. Hulle speel die ewige nar en weier om ooit ernstig te word. Hulle vermy enigiets wat hul dieper emosies kan ontbloot. Hulle het so seergekry dat hulle ‘n innerlike gelofte geneem het om niemand ooit weer naby genoeg aan hulle toe te laat sodat hulle weer kan seerkry nie. Die derde tipe persoon is die rebel. Die leuen dat hulle verwerp word maak dat hierdie mense vol woede, baklei, rebellie en pyn is, soos 'n gekweste buffel. Hulle is agterdogtig, fyngevoelig, sukkel met depressie. Wantrou ander mense se motiewe as onsuiwer. Hulle voel bedreig, paranoïes, te na gekom, teen gediskrimieer of onregverdig behandel. Hulle is jaloers en vertrou niemand nie. Hulle sal hul huweliksmaats intens wantrou en beskuldig van ontrouheid sonder enige grondige rede en moontlik self agter die deur staan. Hulle is emosioneel wispelturig, liggeraak en opvlieend. Die een oomblik is hulle nog reg en die volgende oomblik is die hel om hulle los met humeur of woede uitbarstings. Die onskuldigste opmerking kan hulle laat ontplof. Hulle gryp maklik na drank en dwelms. Hulle raak geweldadig, vernielsugtig, vloek, neem wraak, is haatdraend, rebels en raak maklik betrokke in die okkulte om magsposisies te verkry. Hulle probeer uit die grense breek wat ander op hul af forseer. Hulle weier om ‘n slagoffer te wees en kan selfs ander viktimiseer. Wraak deurdrenk hul siele soos ‘n donker doodskleed. Hulle is vasgevang in ‘n woedende, onstabiele, emosionele tronk wat hulself gebou het. Uiterlik kan ‘n persoon as gevolg van verwerping en minderwaardigheid uiters uitlokkend en suggestief (te ‘sexy’) aantrek. Hoe groter die verwerping, selfhaat en minderwaardigheid hoe meer ‘pearcings,’ uitheemse haarstyle en tatoeërings, in ‘n uitroep: sien my raak, aanvaar my! Al drie hierdie reaksies op verwerping, het 'n baie ernstige invloed op hulle gedrag en verhoudings met ander mense. Dit is asof mense wat aan verwerping ly 'n bril van verwerping op het wat die inligting van dit wat ander mense doen en sê, interpreteer en verdraai om by hierdie gevoelens van verwerping te pas en dit te bevestig. Hulle blameer maklik – dis nooit hulle skuld nie. Dit maak ook nie saak hoe positief jy met hulle praat nie, hulle glo jou nie, bv.: ‘n huweliksmaat wat sê, ek is lief vir jou, sal uitlok: Nee, jy is nie - want as jy was, dan sou jy nie so en so gemaak het nie of dit en dat gedoen het. Hulle glo die leuen, oordeel en het die verwagting dat hulle verwerp gaan word en tree dan in lyn daarmee op. Die gevolg is dat hulle, sonder om dit te besef, self die verwerping uitlok, wat dan weer aan hulle die leuen bevestig dat hul verwerp word. Verwerping kan ook maak dat ‘n persoon kan voel hy homself aan houdend as suksesvol moet bewys en daardeur ontstaan ‘n ongesonde gees van kompetisie. Hy wil dus liefde en aanvaarding as beloning verdien deur in ruil daarvoor te werk (prestasie oriëntasie). 'n Persoon met verwerping kan op meer as net een wyse reageer op verskillende tye en by verskillende mense. Hy kan byvoorbeeld by sy vriende die nar wees, maar tuis die rebel, vol jaloesie, woede en aggressie. Daar is verskillende grade van verwerping en kan in verskillende fases of areas

Page 6: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

6

van jou lewe ervaar word. Waar daar erge verwerping is, is daar gewoonlik ook die demoniese invloed van ‘n ‘gees van verwerping’ teenwoordig wat teer op die leuens wat die persoon glo en op die pyn wat hy ervaar het. Hierdie gees maak weer die deure oop vir ander geeste soos jaloesie, rebellie, vernietiging, haat, depressie, ens. Die gees van verwerping is ‘n spesifieke tipe leuengees. Hierdie gees fluister leuens aan die slagoffer dat niemand van hulle hou of liefhet nie, dat hulle verwerp word en mense met hulle bespot. Die duiwel blaas onsekerheid en vrees aan. Wedergebore Christene se geloof word ondermyn. Hy doen dit deur jou aan te kla, te lieg en te mislei aangaande God die Vader se liefde vir jou, die volkome werk wat Jesus vir jou met Sy dood gedoen het en om jou aan jou geregtigheid voor God te laat twyfel. Dit maak dat jy nooit gered of goed genoeg voel voor God nie. Die nakom van wette en goeie werke word dan ‘n alternatief waarin ons wil probeer opmaak vir ons gebrek aan ‘n persoonlike verhouding met Hom. Wanneer jy die duiwel se aas rondom verwerping vat, gaan jy sy negatiewe gedagtes jou eie maak. Jy gaan begin om in detail negatiewe gesprekke of prentjies in jou kop te maak (‘imaginations’). Daarin gaan jy sien hoe jy in spesifieke situasies verwerp word, faal en uitgelag word. Die teenwoordigheid van die ‘gees van verwerping,’ is ‘n bewys daarvan dat daar iewers in jou binneste nog ‘n diep wond en groot ‘n leuen sit. Die vyand gebruik dus jou eie vooropgestelde idees (‘mind-sets’), wat hy deur die jare met sy subtiele leuens in jou vasgelê het. Hy gebruik daarmee saam jou verbeelding in die areas waar hy seer of swakheid in jou geïdentifiseer het. Byvoorbeeld, Jan groet Koos nie by die werk nie. (Jan sien hom nie raak nie, bloot omdat hy diep ingedagte is omdat hy hom bekommer oor sy dogtertjie wat in die hospitaal is.) Die duiwel gooi die leuengedagte vir Koos in: “Jan hou nie van my nie. Ek moet oppas vir hom.” Koos dink verder: “O, hy groet my nie. Hy sien seker neer op my. Ek wonder of hy ook vir die vakante bestuurspos aansoek gaan doen? Die vermetelheid, ek werk al twee jaar lank vir daardie pos en hy is nog nie eens ‘n jaar hier nie.” En skielik onthou Koos Jan se kritiek oor ‘n projek wat hy gedoen het. Dit bevestig sy vermoede dat Jan daarop uit is om hom in onguns te bring en hom, Koos, te na wil kom om homself te bevoordeel. Nou word dit ‘n emosie en begin Koos se liggaams-taal antagonisme teenoor Jan uitstraal. Hy reageer weer op sy beurt, as gevolg daarvan, bot teenoor Koos. Daar het Koos sy foutiewe bewys dat Jan nie van hom hou nie. Ons trap netso netjies in die strik van die vyand getrap en glo die leuens. Hoe weet jy of jy met verwerping sit? Om te kan diagnoseer of jy ly onder ‘n gees van verwerping moet jy drie areas in jou lewe ondersoek, naamlik omstandighede, emosies en gedagtes. Omstandighede: Het jy as kind: ‘n Ouer(s) gehad wat ‘n alkoholis was/is? Is jou ouers geskei? Is jy mishandel (‘abuse’) fisies of emosioneel met woorde? Is jy as volwassene: Verlaat, of was jou huweliksmaat emosioneel en of seksueel ontrou aan jou? Was jou huweliksmaat ontrou aan jou deur ‘n homoseksuele verhouding? Is jy vasgevang in, of moes jy wegbreek uit, ‘n oorweldigend sterk beherende verhouding? Het jy gebuk gegaan onder diskriminasie? Is jou selfwaarde verskeie kere aangetas deur verkleinering van jou as persoon? As enige van hierdie situasies op jou van toepassing is, is jy baie moontlik ‘n slagoffer van verwerping en affekteer dit jou lewe afhangende van hoeveel genesing jy al gekry het.

Page 7: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

7

Emosies: Kom ons kyk van die reaksie-knoppies van emosionele pyn: Is dit vir jou baie moeilik om terregwysing te aanvaar? Beleef jy korreksie as kritiek en dat jy gefaal het? Neem jy dit persoonlik op en neem aanstoot? Is dit vir jou moeilik om jammer te sê, al weet jy dat jy verkeerd was. Het jy ‘n wrewel in outoriteite? Word jy kwaad sonder ‘n goeie rede? Of het jy ‘n onnatuurlike behoefte daaraan dat almal van jou moet hou, aanvaar en goedkeur wat jy doen? Beheer jou behoefte aan goedkeuring jou besluite? Beleef jy gedurig onsekerheid, twyfel jy kronies aan jouself? Is daar tye wat dit vir jou voel dat die lewe net nie die moeite werd is nie, of het jy al probeer om selfmoord te pleeg? Indien wel, dan is jy moontlik in ‘n ernstige geveg met ‘n gees van verwerping. Hoe lyk jou gedagte-wêreld?: Watter tipe gedagtes gaan deur jou kop wanneer jy tussen ‘n groep mense is wat veronderstel is om jou lief te hê soos familie en/ vriende? Sou jy sê dat jou gedagtes meestal positief is, of is dit negatief? Die gees van verwerping sal die volgende tipe leuengedagtes ingooi: “Hierdie mense gee nie vir my om nie. Ek is nie waardig om hier te wees nie. Ek weet hulle veroordeel my. Hulle hou nie van my nie. Hulle sien neer op my. Hulle wil my nie regtig hier hê nie.” Hierdie geestelike kastyding is tipies wat die gees van verwerping doen. Die wortel van verwerping is baie diep gesetel in selfverwerping en selfhaat en nie werklik in die leuen van hoe ander mense die verwerpte hanteer of te nagekom het nie. Die verwerpte se belewens van ander mense se reaksie teenoor teenoor hom of haar is bloot ‘n projeksie van hul eie gebrek aan liefde vir hulself. Die vyand kry dit reg om met leuens die wortel van verwerping te kamoefleer en so genesing te verhinder. Genesing van verwerping is ‘n proses wat begin by wedergeboorte en die besef dat Abba Vader jou beplan het, jou liefhet, aanvaar vir wie jy is en ‘n roeping op jou lewe het. Die leuen wat die persoon glo, wat voel dat hy of sy verwerp word, moet geïdentifiseer word. Dit moet bely en deur God se Waarheid vervang word. Dit behels die vergewe van mense wat jou leed en pyn aangedoen het, vergifnis verkry vir dit wat jy verkeerd gedoen en geglo het en selfvergifnis. Genesing is nodig in jou gees en emosies wat seergekry het deur die pyn en teleurstellings in jou lewe. Die vernuwing van jou gedagtes is nooodsaaklik sodat dit die leuengedagtes kan vervang met die waarheid sodat jy in lyn met Die Woord van God kan dink en optree. Verwerptes het Abba Vader se Gees van Aanneming nodig. b. VREES Die enigste vrees wat die Bybel van praat wat ‘n goeie vrees is, is ‘vrees’ vir God wat beteken dat jy Hom verheerlik met ‘n intense konstante respek, agting, waardering, liefde dankbaarheid, prys en aanbid soos wat Hy dit verdien. Menslik gesproke is ‘n vrees vir die dinge wat jou lewe bedreig of skade kan aandoen ‘n goeie ding. Dit beskerm jou en jy het dit nodig om jou versigtig te maak. Maar wanneer vrees jou lewe oorheers en jy hierdie leuen as die waarheid begin glo en jou besluite daarvolgens neem, moet die rooiligte aangaan. Amplified - 2 Tim 1:7 For God did not give us a spirit of timidity (of cowardice, of craven and cringing and fawning fear), but [He has given us a spirit] of power and of love and of calm and well-balanced mind and discipline and self-control (a sound mind - KJV). Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (AOV).

Page 8: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

8

Vrees is nie altyd net ‘n emosie nie, dit kan ook ‘n gees wees. Dit is ‘n baie effektiewe gees wat die vyand teen jou wil gebruik. Dit vernietig jou geloof. Dit mislei jou om iets te glo wat nog nie plaasgevind het nie en moontlik ook nooit sal plaasvind nie. Die leuen word dan jou waarheid. Hy gebruik twee woordjies “WAT AS” … ‘WHAT IF’? Hierdie 2 woordjies is sterk genoeg om jou in jou spore tot stilstand te ruk. Die gees van vrees het die vermoë om ongemerk in jou gedagtes in te dring. Hy gooi ‘n paar vrees gedagtes in jou denke in, wanneer jy hierdie gedagtes jou eie maak, word jy baie bang. Dit sluip so skelm in dat jy nie eers vermoed dat dit ‘n gees is wat jou besoek nie. Jy sal dink dat jy maar net oorversigtig is of selfs besig om jou geestelik voor te berei vir ‘n moontlike aanslag in die nabye toekoms. Dit steel jou vreugde, bring ongeloof, saai twyfel (Jak 1:8) so ‘n dubbelhartige man,(is) onbestendig in al sy weë. So ‘n mens weet nie wat hy moet besluit nie. Hy weet nooit wat hy moet doen nie. Hy is nie seker nie. Die woord beskryf hierdie tipe vrees mooi in Spr 3:25 Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik . . . as dit kom nie; (sudden fear). Die gees van vrees kom in wanneer jy na sy leuens luister en dit glo. Hy sê goed soos: Jy gaan dit nie maak nie. Jy kan nie! Jy gaan misluk! Jy sal doodgaan. Ander mense gaan dink dis ‘n dom idee en vir jou lag. Wanneer jy iets vrees of oor iets bekommerd is, kan jou verbeelding absoluut met jou weghardloop. Jy kan vir jouself die ergste sinarios optower oor dit wat jy vrees, sodat jy dit begin glo. Wanneer jy in jou verbeelding ‘n prentjie vorm van iets wat kan gebeur en jy daarvolgens reageer of optree, gee jy lewe aan die leuen in jou waandenkbeeld (imagination). Jy gee hom dan mag oor jou psige. Op die ou end gaan hierdie gees jou denke so beïnvloed dat dit fisies in jou kan manifesteer deur angsaanvalle, wild kloppende hart, swetende hande, bewe, kortasem wees, paniek, ‘n verlammende gevoel, passiwiteit, in die nag wakker lê met bekommernis, ens. Sy slagoffers raak bang vir alles: Vrees verhoudings, bang vir huwelike - bly eerder saam en maak geen “commitment”. Vrees om kinders te kry. Fobies rondom siektes en veiligheid. Wanneer ‘n Christen bekommerd of vreesagtig is, kan hulle nie die Stem van God hoor nie. Hulle word onaktief en dra nie vrug nie. Hulle hou op om getuies te wees. Hulle hou op om lig in die duisternis te bring. Watter simptome ervaar jy? Goed soos verwarring, teleurstelling, frustrasie en ontmoediging? Verloor jy perspektief? Glo jy die leuens? Lyk alles vir jou moeilik en onmoonlik? Lê dit jou lam? Vrees maak dat jy kompromie aangaan. Jy verloor jou selfvertroue, jou vrede en jou uithouvermoë. Jesus het herhaaldelik Sy dissipels gewaarsku om nie bekommerd te wees nie. In Mat 6:34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Dit is waarom Jesus gesê het, ons moenie vrees nie en dat jy elke gedagte en jou verbeelding gevange moet neem en beoordeel volgens die Woord van God. Vrees word verdryf deur liefde, eerder as deur gewone bevryding waar die ‘gees van vrees’ beveel word om ‘n persoon te verlaat in die Naam van Jesus Christus. Hierdie persoon moet by die Gees van God (Heilige Gees) hoor hoe, waar en wanneer die gees van vrees ingekom het. Wanneer het jy watter leuen begin glo? Trauma moet genesing kry. Die leuen, verkeerde reaksies en ongeloof moet bely word, vergifnis gegee en verkry word. Vertoue in God en Sy onvoorwaardelike liefde en beskerming moet herstel word.

Page 9: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

9

c. Skaamte (’Shame’) Die Woord het geweldig baie verse wat iets te sê het oor skaamte. Ons kan dus aanvaar dat dit ‘n baie groot leuen en faktor is wat die vyand in ons lewens kan gebruik, om ons te ontmoedig en van ons te steel, te slag en te verwoes. Skaamte is ‘n emosie wat ervaar kan word in die gees en in die siel. Daar is ook ‘n ‘gees van skaamte’ wat homself in ‘n mens kan kom tuismaak om die persoon lam te lê met sy leuens en verhinder dat hul, hul potensiaal kan bereik. (Die onderstaande tekssverwysings is geneem uit die Afrikaanse Ou Vertaling.) Redes vir skaamte: Sonde Jes 22:14-19, Eseg 16:54; Ef 5:12,13. Sonde maak ‘n muur tussen ons en God. Dit ontneem jou van jou vrymoedigheid om na Hom te toe te gaan. Onthou vir Adam en Eva wat in die tuin weggekruip het nadat hul sonde gedoen het (Gen 3:8). Ons reageer steeds dieselfde. Verwerping van God Ps 53:5, maak dat ons aan ons lot oorgelaat word en verkeerde paaie volg wat ons duur te staan kan kom. Molestasie en verkragting 2 Sam 13:11-14. Dit laat ‘n geweldige letsel in die slagoffer se binneste. Daar moet met ‘Skaamte’ in die persoon se gees gedeel word en nie net op sielsvlak nie, anders kry hulle nie hul genesing nie. Spreek met ander woorde, die gees van die persoon wat bedien word aan tydens bediening vir genesing. Mishandeling Jes 20:4,5. Dit stroop jou van jou menswaardigheid en laat jou glo jy is minderwaardig en waardeloos. Besoedeling (veral seksueel) en verslawings Jer 3:24,25; Hab 2:15,16. Seksuele losbandigheid en die besoedeling wat daarmee saamgaan, lei na selfveragting, selfhaat en verwerping en ‘n diep gevoel van skaamte. Jy glo die leuen en voel dat almal van jou ‘fout,’ of leefstyl en of bandeloosheid weet en jou veroordeel of sal veroordeel as hulle daarvan uitvind. Drank en dwelms word dikwels gebruik om hierdie pyn te verdoof en veroorsaak nog meer losbandigheid. Skaamte as gevolg van verslawings is groot omdat dit moeilik te bowe gekom word. Dit is net Abba Vader met Sy Gees wat jou waarlik kan vrymaak, die leuens oor jou lewe breek, jou skoon was en jou eer kan herstel. Verliese en Verwerping Jes 54:4,6 Dwase en onwyse optrede in jou jonkheid kon verreikende gevolge gehad het. Daar is dalk ‘n diep gevoel van skaamte om verwerp en verstoot te word deur jou geliefde. Dit is ‘n vernedering dat almal daarvan weet. Nederlae of terugval Eseg 32:25,30. Daar is skande en skaamte wat gepaard gaan met om te verloor, terug te val, aansien te verloor en te misluk, ongeag of dit in ‘n oorlog situasie is soos wat Esegiël beskryf, en of dit in ‘n persoon se beroep , verhoudings of sosiaal van aard is. Vernedering bespotting smaad en skinder Ps 70:3 Jes 51:7; Luk 14:11 Trots kom tot ‘n val. Verkeerde besluite en ongehoorsaamheid Spr 13:18; Jes 20:5,6; 30:5; Hos 10:6. Eiewys wees en nie raad of tug aanvaar nie kan die oorsaak wees dat ‘n persoon misluk. Hulp soek by verkeerde plekke kan lei tot verleentheid en skande. Reaksie op Skaamte Skaamte is gewoonlik ‘n reaksie op iets vernederends wat met die persoon gebeur het, maar dit gaan ook gepaard met ‘n klomp ander negatiewe emosies as gevolg van leuens wat geglo word, wat dit soveel moeiliker vir die persoon maak om weer op te staan en die wêreld in die oë te kyk. Die Woord noem ‘n klomp van hierdie emosies: Skaamte, verlies, verdriet, smaad, toekomsdrome word vernietig 2 Sam 13:18.19 Vernederd en beskaamd, word ontneem van alle vrymoedigheid Ps 44:14 Vrees, skrik, gespanne Ps 53:5

Page 10: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

10

Faal, wil wegkruip, vermy, geen selfvertroue 2 Kron 32:21 Oorreageer, wantroue, agterdogtig Ps 44:13-16 Skaam jou oë uit jou kop uit, rooi van skaamte, verleentheid Ps 35:26; 70:2 Geheimhouding, bang dat ander sal uitvind, bang vir skande/veroordeling Spr 12:16; Jes 54:4 Minderwaardig, klae aan, voel verwerp 1Kor 11:22 Voel skuldig, vals skuld, beskuldig, woede Jer 3:25, Ps 69:5-8 Skaamte maak dat jy jouself wil beskerm deur voorwaardes aan jou maat met wie jy in verhouding is, te stel wat eers nagekom moet word, voordat jy jou liefde aan jou maat sal gee. In jou gees lê waarskynlik skaamte en die vrees om weer soos in die verlede verneder en pyn aangedoen te word. Dit moet eers genees en die leuen gebreek word, voordat jy spontaan jou liefde kan gee of kan ontvang. Genesing van skaamte gaan gepaard met die ontbloting van die leuen wat die skaamte veroorsaak het, soos byvoorbeeld ek is verwerplik, daarom het my huwelik misluk, of ek is sleg, daarom word ek mishandel. Dit is nodig om genesing te kry van die pyn, te deel met die leuens, skuldgevoelens en vals-skuld. Laat Abba Vader toe om jou te vertroos en jou vertroue in Hom te herstel. Deel met die ‘gees van skaamte’ en die toestand van skaamte in die siel en in die gees van die persoon. Jesus help ons en het ons skaamte vir ons gedra Jes 50:6,7 en Hy herstel ons in ons posisie voor Hom Jes 61:6-8; Sef 3:17. d. Onregverdige Behandeling Nog iets wat die duiwel graag gebruik is onregverdigheid. Jy word die slagoffer van onregverdige behandeling, word te na gekom of teen gediskrimineer. Jy kry seer en reageer emosioneel in die vlees daarop. Jy word in sy strik gevang. Dit veroorsaak baie pyn wanneer jy die slagoffer word van: onregverdige behandeling, te nagekom, of teen gediskrimeer word in jou ouerhuis, verhoudings, huwelik, werk, kerk, besigheid en waar ookal. Wanneer mamma of pappa, toe jy ’n kind was, een van die kinders in die huis bo jou voorgetrek het, kon dit jou baie seermaak. As jy altyd pak gekry het, al was dit een van die ander kinders wat stout was en nie jy nie, sou dit jou baie kwaad maak. Jy sou magteloos gevoel en die leuens geglo het soos dat niemand jou ooit sal glo nie, of dat jy nie waardig is nie, of nie goedgenoeg is nie. Onregverdige behandeling kon jou so kwaad gemaak het, dat toe jy groter word, jy regte ‘n rebel kon word en glad nie meer na iemand wou luister nie. Jy wou dan net maak soos wat jy wil. Dit kon jou in groot moeilikheid laat beland. 1Sa 15:23 Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. ’n Slagoffergees werk sterk by onregverdige behandeling en ook by die volgende taktiek van die vyand naamlik, ontneming. e. Ontneming Die vyand gebruik ontneming of verlies om jou af te takel en te beroof: bv. Soos om te moes opgroei in intense armoede, of waar een of albei jou ouers vroeg sterf, of deur egskeiding, siekte, verslawing, of ouers wat selde tuis en gedurig by die werk was. Dalk was jou ouers nie lief vir jou nie of te besig om aan jou aandag te gee. Jy het dan nie ‘n rolmodel gehad wat vir jou lewensvaardighede kon leer nie. Jy word toe maar op jou eie groot. Dit is dalk daarom dat die behoefte in jou aan liefde en

Page 11: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

11

aanvaarding ten hemele skreeu om vervulling. Dit laat jou moontlik dom besluite maak deur op verkeerde plekke na goedkeuring, aandag en liefde te soek, of jy kon dalk rebelleer. Hy steel ook emosioneel met gesondheidsprobleme in die gesin, dit hou die aandag op die siekte en oorlewing en daar is nie tyd vir die ander gesonde kinders nie, terwyl die siek enetjie ‘n groot stryd het om net ‘n normale lewe te probeer lei. Dalk is jy ‘n ongeluksvoël. Is jy die een wat herhaalde kere op die mees onwaarskynlike maniere seerkry, in frats ongelukke kom, die een wie se kar gestamp word, goed verloor, aangeval / besteel word? Dit kan ’n slagoffergees wees wat jou treiter. Armoede ten spyte van harde werk, onnodige finansiële verliese, onsuksesvol wees in wat jy aanpak en om gedurig deur ander ingedoen te word, het gewoonlik ’n geestelike oorsaak. Moenie tevrede wees en dink dit is “toevallig” nie. Daar kan baie redes voor wees, soos wettige reg wat die vyand het as gevolg van ongeregtighede of vloeke in jou voorgeslagte. Die goeie nuus is dit kan oor jou lewe gebreek word jy hoef nie altyd daaronder te ly nie. Ter opsomming Die vyand se taktiek is dus dat jy sy leuens sal glo deur verkeerde denkpatrone “mindsets” in jou kop te vorm sodat hy sy vestings in jou kan oprig om sekere areas van jou lewe te beheer deur middel van jou eie foutiewe denke en of deur “slagoffer en predatoor” geeste te stuur om jou te tormenteer.

Die duiwel het verseker ook planne vir ons lewens. Hy weet dat wanneer ons verwerp voel, baie bang is, nie genoeg liefde en aandag kry terwyl ons groot word nie en onregverdig behandel word, gaan ons sy leuens glo, kwaad en hartseer word en verkeerd optree. Die oomblik wat ons emosioneel negatief reageer op die aas of die vangnet wat die duiwel uitgooi soos bv. verwerping, vrees, skaamte, onregverdigheid en ontneming, tree ons in die vlees op en het hy ons, want vlees maak verwydering tussen ons en God. Dit veroorsaak dat ons nie Abba Vader se liefde kan ervaar nie of dalk Hom selfs kwalik neem vir wat met ons gebeur. Taktiek van die vyand Die vyand het jou as jy aanstoot neem, nie wil vergewe nie, oordeel, bitter word, of jou hart verhard. Dit maak dat jy innerlike geloftes maak om jouself te beskerm wat op hul beurt weer jou optrede in die toekoms sal dikteer. Woordvloeke is ook ‘n kragtige ondermynende gereedskapstuk in sy hand. 1. Aanstoot Neem (To take offense or be offended) Aanstoot neem: is wanneer jy iemand kwalik neem omdat hy/sy verkeerd teenoor jou optree, teenoor jou sondig, jou te na kom, onregverdig teenoor jou is of vir jou 'n struikelblok was en jy vir daardie persoon kwaad is en/of negatiewe gevoelens rondom die persoon koester. Die saadjies vir die vyand se leuens word gewoonlik hier gesaai. Elke negatiewe gevoel teenoor iemand begin deur aanstoot te neem. Die oomblik wat ons aanstoot neem raak ons fyngevoelig. Dit maak die weg oop om self verkeerd op te tree en sonde te doen. Elke gebroke verhouding begin by aanstoot neem of gee. Spr 18:19 ‘n Broer teen wie oortree is, is erger as ‘n sterk stad; en geskille is soos die grendel van ‘n paleis. Pro 18:19 A brother offended is harder to be won over than a strong city, and [their] contentions separate them like the bars of a castle.

Page 12: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

12

Jy kan op enige ouderdom aanstoot geneem het. As mamma nie wou swanger wees toe jy gekom het nie, kon jy as ongebore baba aanstoot geneem het en intense verwerping beleef het, wat tot vandag toe 'n invloed op jou lewe kan hê. Jy kan enige dag aanstoot neem, soos wanneer 'n taxi voor jou inry, jy en jou geliefde verskil oor iets, of as jy nie by die werk die bevordering of verhoging kry wat jy gedink het, jy behoort te kry nie. 2. Onvergewensgesindheid Onvergewensgesindheid: Is waar ons aanstoot geneem het en daardie persoon nie wil of kan vergewe wat ons te na gekom of seergemaak het nie. Vergifnis is vir God baie belangrik. Die grootste deel van Sy verlossingsplan is op vergifnis gebou. Jesus vertel die gelykenis in Mat 18, van die dienskneg wat die koning so baie geskuld het dat die koning hom en sy gesin in die tronk wou gooi totdat hy hom alles terugbetaal het. Die man pleit om genade by die koning. Die koning kry hom jammer en skryf al sy baie skuld af. Maar later die dag kry dieselfde dienskneg iemand wat hom 'n klein bedraggie skuld. Hy laat die ou in die tronk gooi omdat die hom nie dadelik kon betaal nie. Die koning is baie kwaad toe hy daarvan hoor: Mat 18:33-35 moes jy nie jou mede-dienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. Ons leer verder dat Jesus direk nadat Hy Sy dissipels die Onse Vadergebed geleer het, toe hulle Hom vra om hulle te leer om te bid, sê: Mat 6:14,15 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. Jesus beveel ons om te vergewe en leer ons hoe om onreg te hanteer Mat 18:15-17.

● Wanneer iemand teen jou sondig (jou aanstoot gee/‘offend’) gaan praat met hom, as hy nie luister nie, neem 2 of 3 getuies saam,

● as hy steeds nie luister nie, bring hom voor die gemeente ● as hy steeds nie luister nie vermy hom (met ander woorde, as hy hom verhard het).

Hoeveel keer moet jy iemand vergewe wat sê hy is jammer? Jesus het vir Petrus op hierdie vraag geantwoord: 7x70 = 490 per dag (dus elke 3 minute as jy nie slaap nie). Dit is dus elke keer wanneer iemand vergifnis vra (Mat 18:22). Vergewe is meestal 'n proses. Wanneer jy as kind seergemaak is, gaan dit vir jou nodig wees om te vergewe asof jy nog 'n kind is, soos op daardie ouderdom toe die onreg gebeur het. Jy gaan moet deel met die emosies en seer wat jy toe gevoel het, om vry te kom van jou pyn. Jy gaan die leuen wat ingkom het moet idenitifiseer en dit bely. Bv. Indien pappa en mamma geskei het toe jy vyf jaar oud was, gaan jy onthou hoe jy toe gevoel het as vyfjarige, en daardie klein seuntjie of dogtertjie gaan vir mamma en pappa moet vergewe, vir dit wat jy toe deurgemaak het. Die leuen sal waarskynlik wees dit jou skuld was dat pappa weggegaan het, want jy was toe nog te klein om gebeure op daardie ouderdom los van jouself te sien. Vergifnis beteken nie dat die onreg of pyn wat jou aangedoen is maar in orde is nie. Dit beteken dat die pynvolle emosionele bande wat jou gedurig aan daardie pyn of onreg vasgebind het nou losgemaak word, en jy hierdie pynlike emosies en wraakgedagtes met ‘n wilsbesluit by Jesus se Voete

Page 13: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

13

neersit. Dit maak jou vry van wat gebeur het sodat dit nie meer areas van jou lewe kan beheer nie en jy genesing kan kry. 3. Sonde Dit sluit in ongehoorsaamheid, ongeloof, hardkoppigheid, weerstaan van God se Woord, dus waar jy in daad of houding God, jouself en of naaste nie liefgehad het nie. Châtâ H2403 (kôtô) om die merk of doel te mis. Alle onbelyde sondes kla jou aan. Dit steel jou vrymoedigheid en maak dat jy vir Vader wil wegkruip. Dieselfde onbelyde sondes wat oor en oor gedoen word wat teen God se plan, bepalings of verordeninge, noem die Woord ongeregtighede. Hierdie ongeregtigheide word oorgdera as ‘n swakheid in jou kinders en nageslag se lewens (Ex 20:5) deurdat hulself dan baie maklik in hierdie tipe sondes kan verval. Sonde het gevolge. Sonde is soos slegte saad in jou lewe waarvan jy die vrugte gaan oes. Die gevolge bly dikwels selfs nadat jy vergifnis daarvoor gekry het. Bv. na koning Dawid se owerspel met Batseba en die moord op haar man, Uria, sterf hul buite-die-eg verwekte kind en die swaard kom in Dawid se huis deur die rebellie van sy ander seuns (2 Sam 11 en 12). Nog 'n alledaagse voorbeeld is: As ‘n man 'n kind doodgery het omdat hy dronk was, is die kind steeds dood al het hy tenvolle vergifnis daarvoor gekry. Hy kan selfs nog tronk toe gaan. Ons moet God in Sy genade vra om die slegte saad in ons lewens te vernietig sodat ons nie aanmekaar die slegte dinge oes wat ons gesaai het nie. Vergifnis is nie goedkoop nie. Ons weet nou sonde is soos slegte saad, daarom kan jy nie maar net doelbewus sondig soos jy wil en dink dat elke keer as jy vir Vader jammersê, is dit oor en verby en kan jy dan omdraai om dit weer te gaan doen nie, omdat God genadig is en dit maar net weer en weer sal vergewe nie. (Lees self Romeine 6 daaroor.) Net soos die seën van God, het sonde ook 'n vermeerderings beginsel. Kyk maar na drank, dwelms, pornografie, dit sal eskaleer totdat dit jou vernietig en jy alles veloor het. Sonde is 'n oopdeur waarvoor die vyand sit en wag sodat hy die reg het om jou te vernietig. Hy sal alles vat wat jy het: jou huwelik, kinders, werk, finansies, verhoudings met naby familie en vriende, jou vrede, alles wat jy besit, jou gesondheid en selfs jou geloof en jou lewe. Wanneer jy jou sonde bely, maak seker dat jy kies om daarmee klaar te maak en volkome weg te draai daarvan! Abba Vader wil hê dat ons dadelik met sonde moet deel, daarom was Dawid 'n man na God se hart: Hy gaan elke keer met opregte berou na God, erken en bely sy sonde en neem verantwoordelikheid vir dit wat hy gedoen het. In Ps 32:5 sê Dawid: My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. 2 Kron 7:14 en (as) My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My Aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. 4. Oordeel en Bitterheid is tweeledig Mat 7:1 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Rom 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.

Page 14: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

14

'n Oordeel is ‘n leuen of halwe-waarheid wat jy glo, as gevolg van aanstoot neem en onvergifnis, dit gaan hand aan hand saam met gevoelens van bitterheid wat in jou hart opstu. Dit skep die verwagting in jou dat dieselfde negatiewe ding weer en weer sal gebeur of dat die persoon wat jou te na gekom het, dit weer sal doen. Hierdie bitterheid versterk weer die oordele wat jy gemaak het of die leuens wat jy glo en waarvolgens jy optree. Ons kan dus praat van 'n bitterheidsoordeel of bitterheidsverwagting. Dit is waar jy aanstoot geneem het en die oordeel of verwagting het, dat iemand op 'n negatiewe wyse teenoor jou gaan optree om jou skade aan te doen, hetsy fisies, emosioneel of geestelik. Bitterheid kan 'n sterk bindende vesting binne jou word. Dit maak dat jy 'n negatiewe bril op het, wat veroorsaak dat jy dit wat romdom jou gebeur, verkeerd waarneem en interpreteer en nog meer aanstoot neem. Dit beïnvloed al jou besluite en optredes negatief sodat jy op jou beurt weer aanstoot gee. Die gevolg daarvan word mooi beskryf in Hebr 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Kom ons maak bitterheidsoordele prakties bv.: Jy weet sommer al by voorbaat dat wanneer jou befoeterde baas uit sy kantoor gaan kom, gaan

hy jou weer sonder rede uittrap. Dit gebeur dan ook elke keer net soos wat jy verwag het. Jou knorrige buurman gaan alweer kla oor jou hond wat blaf, en dit gebeur. Jy weet sommer wanneer jy die geld wat die ou jou skuld gaan haal, hy weer 'n klomp verskonings

sal hê waarom hy jou nie nou kan betaal nie. Toe jy 'n tiener was, het jy geweet jou pa vertrou jou nie en gaan nee sê, as jy saam met vriende

wou uitgaan. Op skool het die onderwyser altyd op jou gepik. Die probleem van 'n oordeel (die lewe van hierdie leuen) is, dat presies dit wat iemand anders gedoen het, wat jy so verpes of verskriklik haat, dit is presies dieselfde dinge wat jyself op 'n stadium gaan doen, en of jy trek sulke mense of situasies na jou toe aan. Oordele maak dat jy een van twee paaie kies: Of jy vermy dit absoluut of jy val self daarin. bv. As jou pa of ma 'n alkoholis was, gaan jy waarskynlik 'n oordeel teenoor daardie ouer maak. Dit gaan maak dat jy of drank haat en 'n totale afskaffer word maar in alle waarskynlikheid met iemand trou wat drank misbruik, of jy begin om self te drink, al ken jy die gevolge daarvan. Nog ‘n voorbeeld is waar pa vir ma geslaan het toe jy klein was, dit kon jou geweldig getraumatiseer en vol intense woede gevul het. As volwasse man slaan jy waarskynlik jou vrou, of as vrou, kan jy jou man uitlok om jou te slaan. Daar is 'n geestelike wet rondom oordele wat dring om in vervulling kom. Jy sal geneig wees om sulke tipe situasies rondom jou oordele onbewustelik na jou toe aan te trek. 5. Innerlike Geloftes Dit is 'n belofte of eed wat jy teenoor jouself maak om jou te beskerm in die bitterheidsoordele (leuen wat jy lewe) wat jy teenoor ander gemaak het. Bv.: Ek sal nooit toelaat dat iemand op my skree nie. Geen man/vrou gaan op my kop sit nie. Ek wil nooit eendag kinders hê nie. Ek sal nooit weer iemand vertrou nie. Niemand sal ooit weer weet hoe ek voel nie.

Page 15: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

15

Jou optrede sal dan onbewustelik altyd in lyn wees met die innerlike geloftes wat jy gemaak het. Dit kan dus veroorsaak dat jy heeltemal onvanpas optree of oorreageer op iets wat gebeur omdat jy onbewustelik altyd hierdie geloftes instand sal hou. Bv.: As iemand net met 'n bietjie harde stemtoom met jou praat, sal jy as jy ‘n innerlike gelofte het oor iemand wat op jou skree, dit dadelik persoonlik opneem en waarskynlik woedend word en heftig daarop reageer, in plaas daarvan om kalm te bly. Of as ‘n man se ma die broek in die huis gedra het en altyd almal wou beheer, sal hy moontlik wanneer hy trou en sy vrou 'n voorstel aan hom maak soos om die huis wit te verf, dit dadelik interpreteer dat sy hom wil voorskryf. Hy opponeer haar onmiddelik en kies bruin vir die mure. Kinderloosheid kan 'n moontlike gevolg wees van 'n innerlike gelofte wat jy as kind gemaak het. Bv 'n sussie met 'n boetie wat haar gedurig wreed geboelie en verrinneweer het, kan by haarself sweer en geskreeu: “Ek sal nooit eendag 'n seun hê nie!” As volwasse getroude vrou, is al haar seunsbabatjies doodgebore of die swangerskap het in ‘n miskraam geëindig, die laasgenoemde voorbeeld het werklik gebeur. 6. 'n Harde hart Dit is waar jou hart teenoor iemand verhard en jy ‘n leuen oor hierdie persoon glo omdat jy aanstoot geneem en nie vergewe het nie, as gevolg van aanhoudende seerkry of 'n intens pynvolle gebeurtenis en bitterheid wat gevorm het. Jy voel kwaad en negatief sonder enige simpatie vir daardie persoon. Jy kan hom of haar net nie vergewe en daarvan vergeet nie. Die persoon en dit wat hy of sy gedoen het, speel oor en oor in jou gedagtes af. Jy bedink elke negatiewe dingetjie wat die persoon gedoen of gesê het en hoe jy moes gereageer het, tot in die fynste detail. Jy voel opgewerk selfs as jy net aan hierdie persoon dink. Hierdie mens(e) het die vermoë om met net 'n woord, daad of houding, jou uiters negatief te laat reageer ver bo wat die situasie regverdig. Indien jy iemand ontmoet wat jou onbewustelik aan daardie persoon herinner, sal jy niks van hierdie nuwe kennis hou nie. Wat sê die Woord oor hardheid: Eseg 34:4 Julle versterk die swakkes nie en maak die siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met strengheid heers julle oor hulle en met hardheid. Mat 19:8 Hy antwoord hulle: Moses het weens die hardheid van jul harte julle toegelaat om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. Rassisme is ‘n voorbeeld die vrug van ‘n harde hart wat sy oorsprong moontlik vanuit die voorgeslagte het. Dit laat mense haat en onredelik optree omdat hulle ‘n stok ou leuen glo. 7. Woordvloeke Dit is waar 'n persoon wat in outoriteit teenoor jou staan, negatiewe boodskappe of vloeke teenoor jou uitspreek en jy seerkry en die leuen “vat.” Hierdie vloeke lê dan soos dormante saad in jou hart en wag om in die regte omstandighede om tot vervulling te kom. Byvoorbeeld: Pa aan seun: “Jy is hopeloos, jy sal nooit eendag 'n werk kan hou nie.” Ma aan seun: “Jy is nes jou pa. Jy gaan 'n regte suiplap word.” Jou huis gaan eendag 'n regte varkhok wees! Jy sal nooit kan wiskunde kan doen nie, jou onnosel! ‘n Kind moet eers volwasse word voordat hierdie woordvloeke van die ouers in werking kan kom, soos om nie ‘n werk te behou nie, ‘n alkoholis word, ens. Vloeke kan ook in jou volwasse lewe oor jou

Page 16: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

16

uitgespreek word. Jy kan ook deur iemand vervloek word wat veroorsaak dat negatiewe goed met jou gebeur waarvoor jy geen verklaring het nie. (‘n Hartseer Bybelse voorbeeld is waar Jakob Rachel onbewustelik vervloek het: Gen 31:32; 35:16-19) Die meeste vloeke kan baie maklik gebreek word, deur die persone wat die vloek uitgespreek het volkome te vergewe en vry te spreek, en genesing vir jou pyn by Jesus te kry, soos op die ouderdom toe jy dit ervaar het en alle sonde bely en van wegdraai wat hierdie vloeke instand kon hou soos bv. onvergifnis. Die wettige reg wat daar was vir hierdie vloek om te kon werk, moet dus gevind en vernietig word. Die vloek word dan in die Naam van Jesus, ons Messias, gebreek en Sy seën, die teenoorgestelde as die vloek, in jou lewe vrygestel. Ons moet ook vergifnis vra vir vloeke wat ons oor ander mense uitgespreek het en die woorde kanselleer, want jou vervloekinge gee die vyand onmiddelik die wettige reg om daardie vloeke ook in jou lewe te laat manifesteer. Slotsom Kan jy sien waar jy die leuens van die vyand geglo en sy plan vir jou lewe begin leef het, in plaas van God se plan vir jou lewe? Hierdie genoemde redes is grootliks verantwoordelik vir waarom ons pyn en teleursteling ervaar en nie in oorwinning kan lewe nie. Dit het 'n baie groot invloed op ons verhouding met God Drie-enig en hoe ons Hom en Sy liefde ervaar. Dit is dus geen wonder dat ons sukkel om te glo dat Hy ons liefhet nie. Ons vrees straf in plaas van om genade en liefde te verwag. Waar daar baie seer en stukkendheid is, kom daar maklik sonde in, daarom moet ons deur Jesus skoongewas en deur Sy Heilige Gees aangeraak en genees word. Ons het dus nodig om tyd in die teenwoordigheid van Ons Vader, Verlosser Jesus en met Heilige Gees te spandeer sodat Almagtige God al daardie verwonde areas in ons lewens kan skoonmaak, herstel en opbou op die wyse, hoe en waar Hy wil. Ons, wat in Hom glo as ons Verlosser, Hom liefhet, hoorsaam en gevul is met Heilige Gees, word geroep as deel van die bruid van Jesus en daarom wil Hy hê dat ons gesond word en ons gereed moet maak om Hom, as Bruidegom te kan ontmoet (Efe 5:27). U MOET ASSEBLIEF HIERDIE BEGRIPPE BAIE GOED VERSTAAN. DIE KERN VAN ELKE HIER OPVOLGENDE GENESINGSLESING IS OM DIE LEUEN EN DIE OORSPRONG DAARVAN IN JOU LEWE TE IDENITIFISEER EN TE VERNIETIG. LEUENS STEEL GELEENTHEDE, VERHOUDINGS EN SEËNINGE. DIT DRA VROT VRUGTE EN SAAI SLEGTE SAAD WAT WEER NUWE SLEGTE BOME KAN WORD IN ANDER AREAS VAN JOU SOWEL AS IN ANDER SE LEWENS. ONS MOET SELF VERANTWOORDELIKHEID NEEM VIR DIE LEUENS WAT ONS GEGLO HET EN DAARMEE DEEL! Genesing en herstel Die geestelike vestings van verwerping, skaamte en vrees se leuens is kragtig. Dit kan slegs neergewerp word wanneer ons uitvind wat God se Woord oor die saak sê en ons kies om Sy Waarheid te glo in plaas van die leuen. Slegs God se waarheid kan ons vrymaak. Die waarheid sal ons verbind met Vader se liefde. Sy onvoorwaardelike liefde sal ons verwonde siele EN GEES genees. Ons moet dit net besef en aanneem. God weet wat ons nodig het om gesond te word. Hy weet ook dat ons nie self hierdie genesing kan bewerk nie. Daarom gee Hy vir ons Sy Die Gees van Aanneming. Dit is die Heilige Gees wat ons help om volkome gesond te word. Dit is Hy wat jou help om die persoon wat jou

Page 17: om jou lewe hoekom is my lewe dan so seer, moeilik … Hoekom kry ons seer en ervaar...Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken. HAT se Definisie:

17

seergemaak het te vergewe en vry te spreek, die leuen raak te sien en te vervang met Sy waarheid. Jesus genees ons pyn in ons emosies en denke in ons gees, siel en liggaam, want deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Hy kan jou emosies en gesonde oordeel herstel en jou volkome vrymaak. Hy vernietig daardeur die wettige grondgebied van satan en enige van sy demone om jou lewe te mag omkrap. Hoe? Jy gaan by Jesus se Voete moet sit, om in Sy teenwoordigheid, saam met Hom deur die seer van jou lewe te beweeg. Dit kan nie genoeg beklemtoon woord dat dit nie die lesing-inligting wat jy kry of die gebede wat jy gaan bid by elke lesing, wat jou gaan vrymaak en genees nie maar God-self omdat jy in Sy teenwoordigheid dit vir Hom vra. Dit is slegs Jesus en Sy Gees wat ons kan genees en vrymaak, geen resep of verklaring nie. Geen mens op hierdie aarde kan dit vir ons doen nie. Ons Hemelse Vader (YHWH) verlang dat ons die verlossing en genesing wat Hy vir ons deur Sy Seun bewerk het, sal aanvaar en ervaar. Dit kry jy deur in Sy teenwoordigheid in te gaan. Hy wag vir jou met oop arms en liefdevolle afwagting. Hy help ons om ons grondgebied by die vyand terug te vat. Ons lê ons wil voor Abba Vader neer. Ons laat ons denke vernuwe met God se Waarheid deur Sy Gees en Sy Woord en bring 'n lofoffer aan Hom met ons emosies van dankbaarheid, liefde en aanbidding. Die mate wat jy kan oorgee en God toelaat om in jou te werk om die oorsprong van die leuen wat jy glo uit te wys en te vernietig, gaan die diepte van jou genesing bepaal. Dit is partykeer nodig om die proses ‘n paar keer te doen om volle genesing te kry. Die vlak van genesing verdiep dan elke keer. As hierdie inligting dalk vir jou baie nuut en vreemd is, kan dit moontlik in die begin vir jou moeilik wees om jou binneste vir God oop te maak. Ontspan en gaan die inligting biddend weer en weer deur totdat jy dit begryp. Abba Vader ken die opregtheid van jou hart. Hy is lief vir jou en weet wat jy nodig het om gesond te word. Vertrou Hom dat Hy jou sal aanraak. Hy sal jou ontmoet waar jy is (Spr 8:17).