gelukkige mense wat hulle ons waardes 5689111314

28
1 www.bloemhofschool.co.za Ons visie Gelukkige mense wat hulle potensiaal ontdek en ontwikkel in ‘n aangename, doeltreffende en volhoubare omgewing. Ons waardes Bloemhof se vyf waardes bepaal ons gesindheid en gedrag. Nuwe Bloemhoffers teken ‘n Waarde- en Gedrags- kode, waarin hierdie waardes en die verwagte gedrag duidelik uiteengesit word. Ons waardes is: omgee werksetiek afgerondheid respek integriteit prospektus PROSPEKTUS Brief van die Skoolhoof Aansoeke Toelatingsbeleid Skoolgeld Algemene inligting Skooldrag Akademie & Vakkeuses Sport Verenigings Kultuur & Musiek Huis Bloemhof Bloemhofbond & Argief Waarde- en Gedragskode Jaarlikse hoogtepunte 2 3 4 5 6 8 9 11 13 14 16 17 18 28

Upload: others

Post on 26-Dec-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

1www.bloemhofschool.co.za

Ons visieGelukkige mense wat hulle

potensiaal ontdek en ontwikkel in ‘n aangename, doeltreffende

en volhoubare omgewing.

Ons waardesBloemhof se vyf waardes bepaal ons gesindheid en

gedrag. Nuwe Bloemhoffers teken ‘n Waarde- en Gedrags-kode, waarin hierdie waardes

en die verwagte gedrag duidelik uiteengesit word.

Ons waardes is:

omgeewerksetiek

afgerondheidrespek

integriteit

prospektus PROSPEKTUS

Brief van die Skoolhoof

Aansoeke

Toelatingsbeleid

Skoolgeld

Algemene inligting

Skooldrag

Akademie & Vakkeuses

Sport

Verenigings

Kultuur & Musiek

Huis Bloemhof

Bloemhofbond & Argief

Waarde- en Gedragskode

Jaarlikse hoogtepunte

234568911131416171828

www.bloemhofschool.co.za2

brief van die skoolhoofBRIEF VAN DIE SKOOLHOOF

Semper Fidelis

Alma Mater, in ons harteBly ons altyd jou getrou

Jy leer ons in vreugd’ en smarteBloemhof’s naam steeds

hoog te hou.

Deur die lewe as jou kindersSal ons saam jou stempel dra.Want jy voed ons op tot ware

Burgers van Suid-Afrika.

Semper Fidelis, Altyd getrou – Selfs in die vreemd en verSal ons met ons saam dra,

Bloemhof jou naam,Altyd en ewig trou.

Bloemhof is dankbaar dat jy en jou ouers ons skool oorweeg en hoop om julle te voorsien van al die inligting wat julle ouers benodig om ‘n deeglike besluit te neem oor jou hoërskool.

Omdat ons by Bloemhof graag werk met gelukkige mense is jou keuse vir ons uiters belangrik. Ons beloof om jou besonderse potensiaal te ontdek en te ontwikkel – ons doen dit al reeds vir meer as 140 jaar!

Bloemhof is die oudste Afrikaans- medium meisieskool in die land. Oor die jare heen het ons bekend geraak daarvoor dat ons goed toegeruste jong dames die wêreld instuur.

Ons dogters word gevorm om hulle plek

in die samelewing met selfvertroue te kan vol staan.

Natuurlik het die opvoeding van dames heelwat verander oor die laaste twee eeue – vandag plaas ons klem op die ontwikkeling van dieper denkvaar-dighede en ‘n sterk gemeenskapsin.

Goeie outydse waardes van afgerond-heid en respek bly egter altyd in die mode en altyd deel van Bloemhof.

Jy kan ook deel wees van die besondere opvoedingsprogram by Bloemhof!

Vriendelike groete.Me Wilna van HeerdenSkoolhoof

BESTE VOORNEMENDE BLOEMHOFFER

Skoollied

Bloemhof se leuse is “Semper Fidelis”, Latyns

vir “Altyd Getrou”.

Bloemhoffers is beslis ge-trou en oud-Bloemhoffers

behou kontak met die skool deur die

Bloemhofbond.

Die naam Bloemhof kom van die Nederlandse woord “bloem” wat “blom” beteken.

Ons stigters wou “bloeme vir die volk” by Bloemhof kweek. By Bloemhof blom ons!

WAT IS IN ’N NAAM?

3www.bloemhofschool.co.za

LEERDERS

aansoekeAANSOEKE

Opedag

Leerder, as jy en jou ouers saamstem dat Bloemhof die skool vir jou is, wil ons graag hê dat jy al hierdie inligting moet deurgaan voor jou ouers vir jou aansoek doen:

• DieProspektus• Besoekdiewebtuisteopwww.bloemhofschool.co.zaasook die

skool se Facebook-bladsy.• Besigtigdieskoolasjykan–onsOpedagbieddieidealegeleent-heidhiervoor

• Bestudeerdieskoolsewaarde-engedragskode.Ditisuitersbelangrikdatjyhierdiedokumentverstaanenjoueiewaardesdaarmeeooreenstem.

OuERS

Bloemhof hou elke jaar ‘n Opedag, wanneer voornemende leerders en hul ouers die skool kan besigtig.

Hierdie is ‘n wonderlike ge-leentheid om die skool, die leerders en die onderwysers te ervaar en te kom kyk presies wat Bloemhof jou alles bied.

Ouers en leerders word deur die skool begelei, daar is heer-like verversings en die skool-hoof en Bloemhoffers vertel jou meer van wat jy als in die volgende vyf jaar te wagte kan wees.

Hou die webwerf dop vir die Opedag se datum!

Ouers, die volgende moet asseblief in u aansoek wees:• AansoekomtoelatingtotHoërMeisieskoolBloemhof• 2xIDfoto’s• Gewaarmerkteafskriftevandieleerderselaastetweerapporte

endieleerdersegeboortesertifikaat• Vertroulikeverslag(worddeurdieleerdersehuidigeskool

voltooienaanonsgestuur)

www.bloemhofschool.co.za4

toelatingsbeleidTOELATINGSBELEID

ALGEMENE DOELSTELLINGS

Die toelatingsbeleid ten opsigte van die Hoër Meisieskool Bloemhof (“die skool”) word bepaal deur die Beheerliggaam aan die hand van die SA Skolewet, Nr 84 van 1996 (“die Skolewet”), die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr 27 van 1996, asook Provinsiale Wetgewing, die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en toepaslike beleid.

1. Die bevordering en uitdra van die Christelike karakter van die skool.

2. Die ontwikkeling van die identiteit en volwassenheid van leerders sodat hulle as verfynde jong dames hulle plekke op alle terreine van die samelewing kan volstaan.

3. Die uitbouing van positiewe lewenswaardes ter bevordering van gesonde menseverhoudinge en diversiteit.

4. Die ontwikkeling van selfstandige, kritiese en kreatiewe denke.

5. Die handhawing en uitbouing van hoë akademiese standaarde.

6. Die kweek van jong volwassenes wat daarop ingestel is om voortdurend student te bly.

7. Die lewering van diens aan die breë gemeenskap.

BELEID VAN TOELATING1. Voornemende leerders sal tot die vroulike geslag beperk word.

2. Daar sal op geen wyse onbillik teen enige leerder gediskrimi-neer word nie.

3. Ras en/of geloof en/of taal sal geen rol speel by toelating van ‘n leerder nie.

4. Geen leerder sal toelating geweier word op grond daarvan dat haar ouers en/of voog nie in staat is of versuim om die toepas-like skoolgeld te betaal nie.

5. Die maksimum ouderdomsvereiste vir toelating van ‘n leerder is die graadnommer plus 6.

6. Die kapasiteit van die skoolgebou en geriewe, met inagne-ming van toepaslike wetgewing, sal bepalend wees vir die totale getal leerders wat tot die skool toegelaat word.

7. Leerders vir wie Bloemhof die naaste skool is, sal voorkeur geniet by toelating.

8. Die taal van onderrig en assessering is Afrikaans.

9. Die beginsel van diversiteit en gelykheid word eerbiedig.

PROSEDuRE BY TOELATING1. ‘n Aansoekvorm, ingevul deur die ouers of voogde van ‘n

leerder, moet aan die skool voorsien word, ooreenkomstig die Skolewet, tesame met ‘n bewys van die leerder se ouderdom (‘n gewaarmerkte afskrif van die geboortesertifikaat), asook ‘n gewaarmerkte afskrif van die voornemende leerder se leerver-slag van haar vorige skool.

2. Indien die skool reeds vol is, met inagneming van die kapasiteit, sal ‘n waglys bygehou word en die betrokke ouers of voogde van tyd tot tyd daaroor ingelig word. Die hantering van die volgorde op die waglys sal aan die diskresie van die skoolhoof oorgelaat word.

3. Onderhoude met ouers of voogde van ‘n leerder, asook met die leerder self, kan op versoek van die skoolhoof plaasvind.

4. Die sluitingsdatum vir aansoeke word op die webwerf aange-kondig.

5. Enige leerder wat nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie moet ‘n studiepermit by toelating indien.

6. Alle toelatings sal in ‘n register aangeteken word.

7. By toelating sal ‘n leerder en haar ouers of voogde die ge-dragskode en ‘n uiteensetting van die etos van die skool ontvang. Daar sal van ‘n leerder verwag word om die gedragskode en die etos uit te leef.

5www.bloemhofschool.co.za

skoolgeldSKOOLGELD

BeurseBloemhof “koop” nie talent nie en daar is tans net een beurs waarvoor nuwe leerders kan aansoek doen: Die Maggie Laubser-beursfonds. Toegeken aan ‘n nuwe leerder wat uitblink op sport-, akademiese- of kul-tuurgebied. Die beurs betaal die volle skool- en/of koshuisgeld.Die beurs word in Oktober elke jaar heroorweeg vir toekenning vir die daaropvolgende jaar. Die gedagte is om die beurs vir die leerder se volle vyf jaar in Bloemhof toe te ken. Dit sal weer toegeken word mits die leerder steeds kwalifiseer volgens die aanvanklike kriteria en sy nie die gedragskode van die skool of koshuis oortree het nie.Beursaansoekvorms kan by Ontvangs verkry word.

BEPALINGS EN VOORWAARDES• Beide ouers/voogde wat die aansoekvorm onderteken, is verantwoordelik vir die

betaling van die skool- en vakgeld.• Die skoolgeld is eenmalig vooruitbetaalbaar voor die aangewese datum wat

deurgegee word. Daar sal wel toegewings gemaak word vir die afbetaling van hier-die bedrag - daar kan maandeliks of kwartaalliks betalings gemaak word.

• Ingevolge Afdeling 39 van die SA Skolewet mag hulpbehoewende ouers aansoek doen om subsidie vir skoolgeld. Subsidies sal volgens ‘n goedgekeurde glyskaal toe-geken word. Hierdie vorm sal aan die begin van die skooljaar by die betaalkantoor beskikbaar wees. Indien die verpligte skoolgeld nie betaal word soos ooreengekom nie, mag die skool ingevolge Afdeling 40 van die SA Skolewet, u geregtelik vervolg, waarvan die koste vir u rekening sal wees.

Tydens die jaarlikse Algemene Jaarvergadering word ‘n resolusie vir die verpligte skoolfonds vir die volgende jaar, deur die meerderheid van die ouers teenwoordig, aanvaar.

ANDER VAKuITGAWES

• Musiek: By eksterne individuele onderrig deur buite-dosente moet die ouer die gelde, soos deur die buite-dosent bepaal, direk aan die buite-dosent betaal.

• Kuns as vak: Ouers betaal direk aan die PJ Olivier Kunssentrum.• IGO: Die vak word deur die skool gefasiliteer en ‘n addisionele koste per jaar is

betaalbaar

LOSIESGELD• Losies is streng vooruitbetaalbaar. As ‘n leerder se losies nie op die eerste dag van

‘n kwartaal betaal is nie, sal sy ongelukkig verblyf geweier word en/ of gevra word om dadelik die koshuis te verlaat.

• Betalings wat deur ‘n ouer/voog aan die skool gemaak word, sal altyd éérs vir die vereffening van skoolgeld aangewend word en daarná vir die delging van losies-geld, ongeag die toedeling wat deur die ouer/voog gemaak word ten opsigte van sodanige betalings.

BANKBESONDERHEDEDie bankbesonderhede vir elektroniese oorplasings:

Onkostes van vakke wat nie deur Bloemhof aangebied word nie:

Bloemhof SkoolfondsABSARekeningnommer: 405 915 0105Takkode 632005

Gebruik asb u dogter se Rekeningnommer as verwysing bv XYZ001.

www.bloemhofschool.co.za6

algemene inligtingALGEmENE INLIGTING

FASILITEITE

Die skoolgeboue, geleë op ‘n ruim, boomryke terrein in ‘n rustige omgewing langs die Eersterivier, voorsien ruim-skoots in die behoeftes van ons leerders.

Bloemhof is ‘n WKOD-skool, maar ons is besonder bevoorreg om finansiële ondersteuning uit vele oorde te kry. Dit help om die pragtige skoolterrein en fasiliteite te onderhou en om voortdurend verbeterings aan te bring. Met boomplantdag elke jaar word die perseel ook net groener!

ONDERRIGLOKALE

20 Klaskamers2 Fisiese Wetenskappe-laboratoriums1 Lewenswetenskappe-laboratorium1 Verbruikerstudielokaal3 Musieklokale1 Musiekteoriekamer1 Musiekrekenaarlokaal1 Tegnologielokaal2 Rekenaarlokale1 Mediasentrum1 Dramalokaal1 ‘n Skoolsaal, toegerus met goeie beligting- en

klankfasiliteite1 Meerdoelige Bloemhof-sentrum wat toegerus is met

moderne klankfasiliteite, asook binnenshuise sport- en onthaalfasiliteite

SPORTFASILITEITE

1 Astro- en 1 grashokkieveld6 Netbalbane10 Tennisbane en ‘n oefenmuur1 Sportklubhuis1 Swembad met waterpolo-fasiliteite

SEKuRITEIT

Bloemhof se sekuriteit is vir ons ‘n prioriteit. Ons het in 2010 die draadheinings met netjieser pallisade-heinings vervang.

Vir u gemoedsrus is daar deurlopende sekuriteit en wagte is vir 24 uur aan diens, van Maandae tot Sondae, ook by die koshuis. Toegang word beheer.

Bloemhof is gekontrakteer aan Thorburn Gewapende Reaksie.

BLY OP HOOGTE

Soek Hoër Meisieskool Bloemhof op Facebook en word ‘n vriend.

Kry al die Bloemhofnuus d.m.v. die Kommunikeerder, ‘n sagtewareprogram wat opflits elke keer as u die rekenaar aanskakel. Gaan na www.school-communicator.com/down-loads en kies Bloemhof of laai die App op u slimfoon af.

Kry alle ander nuus op die skool se webwerf by http://www.bloemhofschool.co.za/

7www.bloemhofschool.co.za

Deur die jare

Ds JS Neethling, prof NJ Hofmeyr en prof J Murray het Bloemhof in 1875 gestig. In 1897 het Bloemhof die eerste Suid-Afrikaanse skoolhoof, mej Lucie Joubert, gekry. Met die ampte-like erkenning van Afrikaans in 1925 is Bloemhof se voertaal ook verander van Engels na Afrikaans.

Bloemhof beskik oor ‘n besondere versameling skilderye wat in die voor-portaal te sien is. Die meeste skilderye is deur leerders aangekoop met tiekie-aandinsamelings tydens die hoofskap van mej C van der Walt.

In 1960 het die “Groot Trek”, vanaf die huidige Sasol Kuns-museum in Ryneveldstraat, wat eers Bloemhof se skoolgebou was, tot by die skoolge-bou in Kochstraat plaasgevind.

Deur die jare het leerders, onder-wysers, ouers en die gemeenskap van Stellenbosch meegewerk dat Bloem-hof gegroei het tot ‘n spog Afrikaans-medium skool wat as een van die topskole in die land gereken word.

algemene inligtingALGEmENE INLIGTING

LEIERSKAP

Ons leiers word uit grade 8 tot 12 gekies, om leierskapstalent vroeg te begin ontwikkel en goeie verteenwoordiging te verseker. Dié leiers word by ‘n spesiale seremonie ingehuldig, waar hulle ‘n onderneming teken om die skool te dien.

Bloemhof se VRL-hooflede woon alle Beheerliggaamvergaderings by en hou ook hulle eie vergaderings in die VRL-kamer. Die VRL het elke jaar ‘n visie wat met die skool gedeel word en waarvolgens alle aktiwiteite beplan word.

Benewens die VRL word daar ook elke kwartaal klaskapteine verkies en is daar ‘n verskeidenheid ander komitees waarin leierskap ontwikkel kan word.

BLOEMHOF-HuISE

Leerders word in een van drie huise, wat teen mekaar in interhuiskompetisies meeding, ingedeel: Hofmeyr, Joubert, Neethling. Elke huis het ‘n huiskaptein en onderkaptein wat verantwoordelik is vir die interhuiskompetisies en ook vir die interskole geesbou-aktiwiteite.

www.bloemhofschool.co.za8

skooldragSKOOLDRAG

KlerebankAlle skooldrag is beskikbaar by Bloemhof se eie klerewinkel, Die Klerebank, wat Maandag, Woens-dag en Donderdag vanaf 12:00 tot 15:00 oop is. Me Erika Mitchell en me Julie Bone is die dames in beheer van die winkel en hulle kan gekontak word by [email protected]. Pryse sluit BTW in en ouers kan kontant, tjeks, debietkaart of kredietkaart as betaling gebruik.

LW: Klere mag nie op rekening gekoop word nie. Ouers kan ook deposito’s maak vir skooldrag na die volgende rekening:Bloemhof SkoolfondsABSA4059150105Takkode 632 005

Gebruik asseblief UNIFORMS & U VAN as ‘n verwysing, anders word dit aan skoolfonds toegewys!

SKOOLDRAGSkoolbaadjie, kortmouhemp, skoolromp, skooldas, sokkies, skooltrui (mouloos), skooltrui (langmou, oortrek), matriektrui, langbroek, langmouhemp, winter- baadjie, handskoene, serp, swart langkouse, Bloemhof-handsak, rugsak, skouer/eksamensak, hokkiesak, sportsak, toerygsak.

Sien ook die Waarde- en Gedragskode se Voorkomskode op bl. 21-22.

ATLETIEKDRAGSkoolsweetpakbaadjie, skoolsweetpakbroek, atletiekfrokkie, atletiek-kroptop, atletiekhemp, atletiek ‘hotpants’, atletiek kortbroek, atletiek 3/4 spanbroek.

HOKKIE-, NETBAL- EN TENNISDRAGSporthemp, sportromp, hokkiekouse, tennis-/netbalkouse, skoolopwarmings-top, skoolsweetpakbaadjie, skoolsweetpakbroek.

SWEM- EN WATERPOLODRAGSwembadhanddoek, swempet, waterpolo swembroek, swart swembroek, swart swembroek met voering, Bloemhof swembroek, Bloemhof swembroek met voering, blou waterpolo swembroek (oefening), swemplakkies.

ANDER SPORTDRAGHuis T-hemp, ‘cheeky pants’, sonpet, oefenbroekie, oefenhempie.

ANDERSambreel, voorskoot, ondersteunerstops, leerderraaddas, lint.

9www.bloemhofschool.co.za

akademieAKADEmIE

Ekspo vir jong wetenskaplikes

Bloemhof neem graag deel aan die wetenskapekspo en ons leerders sit hul heel beste werk voor. Opvoeders tree hier as mentors vir wetenskap-take op.

Projekte van Bloemhofleerders oes jaarliks baie medaljes en afdelings-pryse in by Stellenbosch se streek-ekspo. Daar is ook jaarliks Bloem-hofleerders wat deel is van die Stellenboschstreek se nasionale span wat in Gauteng aan die Nasionale Ekspo deelneem. Op nasionale vlak kom ook baie medaljes en pryse jaarliks terug na Bloemhof. Bloem-hofleerders was ook al by verskeie geleenthede deel van ‘n span wat Suid-Afrika Internasionaal verteen-woordig het.

Ekspo bied aan leeders die geleent-heid om ‘n wetenskaplike denkwyse en werkswyse te ontwikkel, wat ‘n groot aanwins is in latere studiejare.

SENIOR SERTIFIKAATEKSAMENBloemhof is alombekend vir uitmuntende akademiese prestasies. By dié skool ontwikkel die opvoeders denkvaardighede - kritiese denke word hoër geag as die blote weergee van kennis. Ons leerders en personeel is ewe toegewyd. Selfstan-dige, gemotiveerde werk en kwaliteit van aanbieding is deel van ons benade-ring. Hierdie soort akademiese voorbereiding kom matrieks goed te staan in hul eindeksamens en in tersiêre studie.

Bloemhoffers spog amper jaarliks met verskeie leerders op die Wes-Kaapse Merietelys in die Senior Sertifikaateksamen. Die persentasie van A-kandidate is elke jaar uitsonderlik. Sonderlinge prestasies is ook nie ongewoon nie - in vele vakke, soos Wiskunde en Engels Eerste Addisionele Taal en Huistaal, styg Bloem-hof gereeld uit as die beste skool in die Wes-Kaap.

Ons is trots om te kan sê dat Bloemhof een van die top akademiese skole in die Wes-Kaap is. Toppresteerders word jaarliks vereer in ‘n seremonie vir ons leerders wat A-gemiddeldes behaal het.

OLIMPIADES‘n Groot aantal leerders neem jaarliks aan ‘n wye verskeidenheid landwye olim-piades deel. Dit brei akademiese vaardighede en algemene kennis uit.

• BydieWiskunde-olimpiadeverwerfonsgereeldetlikemeriete-toekennings.

• DieEngels-olimpiadewordmetgrootgeesdrifondersteun.

• Verbruikerstudie-olimpiadesis‘ngrootsukses.Bloemhofwasalverskeiekereonder die Top 20 landwyd en is bykans elke jaar ‘n pryswenner-skool.

• Bloemhofhet‘nspoglysvanwennersindieAfrikaans-olimpiade.Sedertdiebegin van die olimpiade het Bloemhof verskeie landwye wenners, naaswen-ners, provinsiale wenners en ‘n gemiddeld van vier leerders per jaar op die Top 20 lys opgelewer.

• BloemhofneemookaandieAbsaWêreldkennis-olimpiadedeel,waareenvan ons leerders in 2010 ‘n eerste plek in die Wes-Kaap behaal, en derde algeheel in Suid-Afrika gekom het.

www.bloemhofschool.co.za10

vakkeuseVAKKEUSE

graad 8 & 9GRAAD 8 & 9

VERPLIGTE VAKKE

Groep 9 (Skeppende Kunste)

1. Afrikaans Huistaal2. Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal3. Wiskunde4. Natuurwetenskappe 5. Sosiale Wetenskap (Geografie en Geskiedenis)6. Tegnologie7. Ekonomiese Bestuurswetenkappe8. Lewensoriëntering

Drama / Kuns / Musiek

Kies twee vakke uit groep 9.

Groep 10

Duits / Frans / isiXhosa / Rekenaarvaardigheid / Ingenieursgrafika-en ontwerp

Groep 11

Duits / Musiek / isiXhosa / Rekenaarvaardigheid / Kuns

graad 10 tot 12GRAAD 10 TOT 12

VERPLIGTE VAKKE

1. Afrikaans Huistaal2. Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal3. Lewensoriëntering

Kies een vak uit elk van groepe 4 tot 7.

Groep 4

Fisiese Wetenskappe / Lewenswetenskappe / Ekonomie / Geskiedenis / Visuele Kunste / Ontwerpkunste / Verbruikerstudie

Groep 5

Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid

Groep 6

Geografie / Rekeningkunde / Verbruikerstudie / Musiek / Duits Tweede Addisionele Taal / Frans Tweede Addisionele Taal / Xhosa Tweede Addisionele Taal / Visuele Kunste / Ontwerpkunste / IGO

Groep 7

Dramatiese Kunste / Fisiese Wetenskappe / Lewenswetenskappe / Musiek / Rekeningkunde / Visuele Kunste / Ontwerpkunste / Rekenaartoepassingstegnologie

LET WEL:

KUNSKunsklasse vind by die PJ Olivier Kunssentrum plaas. Twee periodes per siklus tydens skoolure.Praktiese periode vind in die middae na skool plaas. Addisionele koste vir die vak betaalbaar by PJ Olivier Kuns-sentrum.

DERDE TALELeerders kan nie in gr. 9 ‘n derde taal neem wat hulle nie in gr. 8 geneem het nie.

Kies een vak uit groep 10.

Kies een vak uit groep 11.

MUSIEKUNISA-musiekteorie word as privaat-onderrig by Bloemhof.

IGODie vak word slegs deur die skool gefasiliteer en ‘n addisionele koste per jaar is betaalbaar.

11www.bloemhofschool.co.za

sportSPORT

ATLETIEKBloemhof is ‘n baie sterk atletiekskool. Ons neem elke jaar saam met Paul Roos Gimnasium aan die Prestige-byeenkoms teen Paarl Gimnasium en Paarl Boys’ High en Paarl Girls’ High deel. Die 4M-atletiekbyeenkoms teen Rhenish, HMS Paarl en La Rochelle is elke jaar ‘n kragmeting tussen die streek se beste dogtersatlete. Bloemhof het hierdie byeenkoms al 12 keer in 20 jaar gewen. By die Clover Top 10-byeenkoms in Bloemfontein presteer Bloemhoffers ook elke jaar baie goed. Bloemhof het hierdie byeenkoms al verskeie kere gewen en ons atlete hou die meeste rekords hier.

Bloemhof het sedert 2005 tien atlete opgelewer wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het. Daar het ook in die afgelope dekade meer as 50 Bloemhoffers op nasionale vlak deelgeneem wat vele medaljes gewen het. Ons hoë atletiekstandaarde word toegeskryf aan die buitengewone toewyding van ons atlete, asook wêreldklas-afrigting en ‘n algehele sterk spangees.

TENNISDie beste skole-dogterspan in die land! Hierdie eer het ons al ‘n paar jaar te beurt geval. Bloemhof het junior- en seniorspanne wat in die Sentraal-Boland skoleliga kompeteer en verskeie van hierdie spanne word gereeld as ligawenners aangewys. Van ons spelers beklee top-posisies op die SA-ranglys in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Hier-die spelers word ook toegelaat om aan ITF en ander groot toernooie in skooltyd deel te neem.

Bloemhof het ‘n voltydse professionele tennisafrigter wat alle tennis-spanne tydens die tennisseisoen afrig en spanne na nasionale toer-nooie vergesel.

SWEMBloemhof se swem is gemik op die leerders wat wil deelneem aan gesonde oefening en sekere swemvaardighede wil aanleer. Dit is nie vir die klub-swemmers nie. Daar is twee gala’s waar die beste swemmers in die skool (ook die klub-swemmers) deelneem as ‘n Bloemhof-span naamlik die Frank Myburgh Twilight Gala en die 4M-interskole gala.

WATERPOLOWaterpolo is een van die vinnigste groeiende sportsoorte in Bloemhof.Ons maak gebruik van universiteitstudente vir die afrigting van die spanne en ons ding mee in die WP A-skoleliga. Die spanne oefen en speel wedstryde in Paul Roos Gimnasium se swembaddens. Die eerste span neem jaarliks aan verskeie toernooie, soos die Alex-toernooi in Port Elizabeth, deel. Die o.16A-span neem ook aan die Alex-toernooi deel. Bloemhoffers het die laaste paar jaar besonders presteer en jaar-liks word Bloemhoffers in die Boland en WP A-spanne opgeneem.

graad 10 tot 12

www.bloemhofschool.co.za12

sportSPORT

NETBALNetbal is een van Bloemhof se grootste sportsoorte en ‘n heerlike manier om in die winter aktief te bly.

Ons het tans verskeie spanne wat in alle ouderdomsgroepe kompeteer, sowel as informele spanne.

Daar word jaarliks met baie bekwame afrigters kontrakte gesluit om te verseker dat ons spelers die beste afrigting sal kry. Die persoon aan die stuur van netbalsake is Rése Hugo, ‘n voormalige Protea-speler en ‘n afrigter wat haar kundigheid met ander afrigters en spelers in gespesiali-seerde oefensessies deel.

Ons ding mee in die Boland-area en het ook jaarliks ‘n goeie kwota provinsiale spelers wat aan die SA-kampioen-skappe deelneem.

Die hoogtepunt op die netbalkalender is ons jaarlikse uitruil met Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Ons kele is gewoonlik hees geskree na ‘n naweek van waardige kompetisie, maar waar die skaal na enige kant kan swaai!

HOKKIEDaar is tans meer as 15 hokkiespanne wat in die vol-gende ouderdomsgroepe kompeteer o.14, o.16 en o.18. Hierdie spanne ding hoofsaaklik in die Boland-area mee, maar daar word ook teen sterk Kaapse skole soos DF Malan en Herschel gespeel. Elke jaar lewer Bloemhof ook heelwat provinsiale spelers op wat aan die SA-kampioen-skappe deelneem asook spelers wat in nasionale spanne of oefengroepe opgeneem word.

Ons top spelers word by die Stellenbosch Academy of Sport tydens die afseisoen gekondisioneer terwyl die res van die skool die geleentheid het om aan hulle indivi-duele vaardighede te werk by van ons hokkie-afrigters. Bloemhof se hokkiespanne maak gebruik van Bloemhof se astro en grasveld. Ons o.14A-, o.16A- en o.18A-spanne neem jaarliks aan verskeie toernooie deel. Daar word vir alle spanne wedstryde gereël en geleenthede geskep om as hokkiespelers te ontwikkel.

ANDERStellenbosch bied ook die geleentheid aan Bloemhoffers om aan ‘n wye verskeidenheid ander sportsoorte deel te neem wat nié deur die skool aangebied word nie, maar wel deur die skool erken en ondersteun word. Ander sportsoorte sluit in: • Tweekamp• Driekamp• Vyfkamp• Biathlé• Aksie-netbal• Binnenshuise hokkie• Sierswem• Skaak• Gimnastiek• Judo

• Karate• Onderwaterhokkie• Gholf• Muurbal• Pluimbal• Landloop• Lewensredding• Perdry• Sokker

13www.bloemhofschool.co.za

musiekVERENIGINGS

Phoenix“Leen jou vlerke uit.”

Phoenix is ‘n gemeenskapsorgani- sasie wat deur die leerders self gestig is, met die doel om Bloemhoffers te leer om vir mekaar en ander om te gee. Ons kweek graag ‘n bewussyn dat jy jouself verryk, versterk en jou selfwaarde ontwikkel as jy ander help.

Phoenix is betrokke by kleuterskole, straatkinderprojekte en armoede-verligting. Hulle reik ook uit na diere met gereelde besoeke aan die DBV.

Die komitee loods ook jaarliks ‘n aantal projekte wat deur die hele skool ondersteun word soos bv ‘n Kankerprojek. Kerslig vir Kanker word georganiseer ten bate van die skool se eie borskankerfonds.

In tye van krisis in die gemeenskap is die Bloemhoffers altyd bereid om be-trokke te raak en te help met fondsin-samelings. Inrigtings vir mense met spesiale behoeftes word gereeld besoek en geldelik ondersteun.

FIDELISFidelis is Bloemhof se skoolkoerant wat een keer per kwartaal verskyn. Die Fi-delis- redaksie bestaan uit gr. 9- tot 12-leerders wat self verantwoordelik is vir die uitsnuffel van stories, die skryf van berigte en die uitleg van die koerant.

Die koerant vaar elke jaar baie goed in Media24 se Nasionale Skoolkoerantkom-petisie en is gereeld deel van die top 5 skoolkoerante in die land. By die jaarlikse Prysuitdeling word die Piet Cillié-toekening vir die grootste bydrae tot die skool-koerant aan een van die redaksielede toegeken.

JIB (JESuS IN BLOEMHOF)JIB (Jesus in Bloemhof) is die leerders se vereniging waarby Bloemhof Christene kan aansluit. JIB fokus op uitreike en koffiekroeg-aande en het gereelde interaksie met ander skole.

Daar word ook gefokus op verhoudings bou en geestelike groei. Daarom bied ons aan elke leerder die geleentheid om aan ‘n selgroep te behoort. Daar is ook jaarliks ‘n kamp vir die gr. 8’s van Bloemhof en Paul Roos. Dit is ‘n wonderlike geleentheid om mekaar te leer ken en vriendskappe te bou.

TEKS (TONEEL-EN-KuNSTE-SAMESWERING)TEKS (Toneel-en-Kunste-Sameswering) is ‘n kultuurkomitee met die uitsluitlike doel om kultuur in Bloemhof te bevorder en leerders bewus te maak van die dinamiese rol wat kultuur in ons daaglikse lewens speel. TEKS organiseer aktiwiteite en TEKS-aande vir Bloemhoffers, sowel as lede van die publiek. Van TEKS se geweldige suk-sesvolle TEKS-aande was: Masterchef Bloemhof, ‘n buitelug piekniek met ‘n orkes, eko-modeparade, talentaande en Moedertaalweek. TEKS se droom vir die toekoms is om meer en meer Bloemhoffers aan die wonderlike kultuur, kuns en taal in ons omgewing bloot te stel.

EKO-SKOOL & TERRABloemhof is ‘n Platinum Internasionale Eko-skool met groenvlagstatus, en groen-waardes wat in die kurrikulum sowel as aktiwiteite ingewerk word. Dink groen en leef groen!

Die Terra-komitee is ‘n groep wat saamgestel is uit leerders van gr. 9 tot 12. Die komitee loods jaarliks projekte, bied geleenthede, kompetisies en baie ander akti-witeite om leerders die geleentheid te gee om ons eko-waardes uit te leef.

www.bloemhofschool.co.za14

sportKULTUUR

Uitstappies en toere

Kom geniet uitstappies, kampe en toere wat kulturele blootstelling beloof.

Die jaarlikse uitstappie na May-nardville is beslis een van die hoogtepunte op Bloemhof se kalender. Ongeveer 470 leerlinge vertrek elke jaar op ‘n Februarie-middag in ‘n konfooi busse na die opelug-teater by Maynardville om ‘n opvoering van een van Shake-speare se dramas by te woon. Daar word heerlik piekniek gehou langs die dam, baie gesels en foto’s geneem voor die vertoning ‘n aan-vang neem.

Daar is ook jaarliks ‘n gr. 10-toer na Europa tydens die April-vakan-sie. Deur middel van ‘n keu-ringsproses word daar 25 leerders gekies om die toer mee te maak. Deel van die toerprogram sluit in dat daar ‘n uitruilprogram met ‘n Nederlandse skool gevolg word en ‘n ander Europese land word ook besoek. Die doel van die toer is om saam met die Nederlandse leerders ‘n paar dae skool te gaan en te sien hoe die Europese kultuur werk. Dit is werklik ‘n unieke geleentheid en dit is bedoel om leerders ’n verskeidenheid opvoedkundige ervarings buite die formele klaskamer te bied.

DEBAT EN REDENAARSSluit aan by die ATKV-redenaars, wat deelneem aan interne redenaarskompetisies, landwye kompetisies en forumdebatte. Ons wil graag aan die leerders die geleent-heid bied om gemaklik te wees om in die openbaar of voor ‘n gehoor hulle woord goed te kan doen en met selfvertroue in die openbaar te praat. Hulle moet kans kry om oor sake van aktuele belang te debatteer, om logies te redeneer en ook om ‘n ingeligte mening oor sake van die dag te hê en te leer om in spanverband saam te werk.

Met bogenoemde in gedagte gee ons aan die leerders die geleentheid om aan verskeie kompetisies deel te neem. Ons skryf gemiddeld 10 spanne in om aan die ATKV se debatskompetisie deel te neem, waarin ons die afgelope twee jaar elke keer ‘n span in die nasionale finaal gehad het. Ons redenaars neem net so sukses-vol deel en het ook in vorige jare tot in die finaal gevorder.

TONEELDie Bloemhof-toneelgroep neem jaarliks aan ten minste drie interskool kompetisies deel. Die groep het die afgelope paar jaar groot sukses behaal in die finale-afde-ling van die ATKV se Tienertoneelfees wat by Aardklop in Potchefstroom gehou word. Hulle het al vele male met die louere weggestap.

Die leerders is van die toptalent in die land en baie kan sing, dans en toneelspeel. Hierdie talente word deur sowel die choreografie en tegniese aspekte, in stukke wat spesiaal vir hulle geskryf word, ten toon gestel. Die mikpunt om talent te ontwikkel en die ervaring te geniet.

ANDERNeem drama as vak of neem deel aan Woordkuns by Eisteddfods.Sluit aan by een van ons dinamiese klubs of verenigings.Neem Musiek as vak of bespeel net jou gunstelinginstrument. Sluit gerus by die orkes of koor aan indien jy talent in hierdie veld het!

WORLD SCHOOLS’ DEBATINGDie World Schools’ Debating League bied aan leerders die geleentheid om in die Boland-liga aan Engelse debatte deel te neem.

15www.bloemhofschool.co.za

musiekmUSIEK

KonserteEnsemblekonserte vind gereeld plaas en daar word jaarliks vir elke graad ‘n konsert aangebied. Mu-siekleerders is aktief betrokke by die organisering en aanbieding van hierdie konserte, wat altyd ‘n ge-notvolle ervaring is!

Vir leerders wat selfs meer wil doen as net in konserte optree, word daar ook die geleentheid gebied om eksterne musiekeksamens, Unisa, Royal Schools en Trinity, af te lê en aan kunswedstryde deel te neem. Daar is jaarliks oor die 100 Bloem-hof-inskrywings aan kunswedstryde in ons omgewing (dis koor- en orkeslede uitgesluit) en die leerders vaar uitsonderlik. Verskeie bekers en sertifikate word tydens die kompeti-sies ingepalm.

Leerders kry ook die geleentheid om musiekkonserte by die US Konserva-torium en die Kunstekaap Teater by te woon.

ACCELERANDO-KOORAccelerando beteken “versnel” in die musiekwêreld, en versnel hét hulle! Die Bloemhof Accelerando-koor, onder leiding van me Marijke Roos, bestaan uit ongeveer 60 lede. Jaarlikse oudisies vir die koor word in Januarie gehou. Gr. 8’s wat by die koor wil aansluit, word in die eerste week van die jaar ‘n kans gegee om ‘n oudisie af te lê.

Die Bloemhof Accelerando-koor presteer elke jaar skitterend by die Tygerberg en Stellenbosch Eisteddfods en verwerf gereeld cum laude-toekennings vir hulle uitmuntende uitvoerings.

Die koor doen minstens een maal ‘n jaar ‘n konsert en werkswinkels saam met ander besoekende kore, bv. die Universiteitskoor van Johannesburg en die Kokopelli Jeugkoor van Kanada. ‘n Gedeelte van die koor het al ‘n paar maal aan die Europa Cantat, ‘n internasionale koorfees, deelgeneem. Die koor spog met ‘n eie CD-opname en was ook in 2013 deel van ‘n projek waar Katolieke Kerkmusiek met Afrikaanse teks op CD vasgelê is.

STRINGENDO-ORKESBloemhof is bevoorreg om ‘n baie goeie strykorkes te hê. Die Stringendo-orkes, bestaan uit ongeveer 20 strykinstrumente. Die orkes tree by al die groot skool-geleenthede op, verskaf begeleiding tydens Maandae se saalperiodes en neem jaarliks aan kunswedstryde deel. ‘n Groot gedeelte van die orkes het in 2011 na Tseggië, Slowakye, Oostenryk en Hongarye getoer waar hulle by verskeie ge-leenthede opgetree het. Die orkes is in 2013 by die Stellenbosch Kunswedstryd as die algehele wenner in die Orkeste-afdeling aangewys.

Vir leerders wat ander instrumente bespeel, is daar ook die geleentheid om deel te word van die Musica Perpetua-orkes. Dit is ‘n Paul Roos-orkes, onder leiding van me Ronella van Rensburg, wat ook Bloemhof-lede bevat.

www.bloemhofschool.co.za16

huis bloemhofHUIS BLOEmHOF

TuisnawekeDaar is elke kwartaal twee tuis-naweke en soms langnaweke wan-neer daar van al die leerders verwag word om die koshuis te verlaat. Ouers wat ver woon, moet betyds verblyfreëlings vir hulle dogter tref. Vervoer na busdienste word net deur die koshuis gedoen solank die oplaaipunt binne Stellenbosch is. Indien dit op ‘n ander dorp is, moet ouers eie reëlings tref. Die koshuis sluit op ‘n uitnaweek 18:00 en sluit weer die Sondag 16:00 oop.

NawekeOns reël twee tot drie uitstappies per kwartaal op die koshuis se onkoste om naweke meer interessant te maak vir dié wat nie kan huis toe gaan nie. Sondae se kos is altyd ‘n hoogtepunt omdat dit nes “ma se kos” is. Leerders wat nie elke naweek huis toe gaan nie, woon Son-dagoggende kerkdienste by en kan ook aanddienste bywoon. Leerders kan ook Sondagaande die tienerkerk bywoon. Kategeseklasse en omgee-groepe vir elke graad geskied op ‘n spesifieke aand gedurende die week.

HuIS BLOEMHOFHuis Bloemhof is ‘n goed toegeruste tuiste-weg-van-die-huis waar ongeveer 180 dogters tuisgaan. Die koshuis is op dieselfde boomryke terrein as die skool geleë, wat tot gevolg het dat leerders in die namiddae vrye toegang tot die skool se swembad, tennisbane en ander geriewe het.

Die dogters word op grond van haar deelname en prestasies in die vorige skool gekeur. Indien deelname gestaak word, kan sy haar plek in die koshuis verloor. Die sluitings-datum vir aansoeke is dieselfde as vir die skool.

SEKSIE-INDELINGS EN SEKSIESDie junior dogters woon in driebedkamers, terwyl die seniors (gr. 11 en 12) twee in ‘n kamer is. Daar is ook ses enkelkamers vir seniors beskikbaar. Die koshuis is in seksies verdeel wat elkeen ‘n eie naam en tema het. ‘n Huiskomiteelid is hoof van die seksie en hanteer al haar seksie se probleme en deel in hulle vreugdes.

KEURING

Die koshuis beskik oor twee TV-kamers met DSTV en ‘n DVD-masjien. Daar is ook twee rekenaarlokale met rekenaars en ‘n drukker tot beskikking van die leerders. Gratis Wifi is in die koshuis beskikbaar vir leerders wat graag op hulle eie skootrekenaars werk. Die koshuis beskik oor ‘n baie goeie private wasgoeddiens waar die leerders hul wasgoed gratis kan laat versorg. Daar is egter ook goeie wasgeriewe (wasmasjiene en tuimel-droërs) vir diegene wat verkies om hul eie klere te was.

FASILITEITE

Daar word spesiale geleenthede deur die loop van die jaar gehou om die koshuisgees te bevorder. Die sluit ‘n koshuisdans, kwartaallikse huisvergaderings met ‘n tema, serenades by Paul Roos en vele seksie-kompetisies in. Hoogtepunte op die kalender is die Oscar-aand, Mej Huis Bloemhof en die tradisionele Kersete in Oktober.

PRET IN DIE KOSHUIS

17www.bloemhofschool.co.za

bloemhofbondBLOEmHOFBOND

Uit die argiefDie argief het sedert sy ontstaan in 1999 ontwikkel tot ‘n ware navorsingsentrum. Inligting rakende die skool en sy oudleerders word weekliks aangewend. Bloem-hoffers kan dus inligting vir geskiedenistake heel maklik ontsluit en deur hierdie proses ook ‘n bydrae lewer tot die insameling van hul skool se geskiedenis.

Die ruimte is aan die begin van 2012 verdubbel wat beteken dat dit nou in werk-likheid ‘n argief binne ‘n museum is. Die meubels wat vertoon word dateer uit die verskillende tydperke in die skool se geskiedenis. Die groot tiensitplek geelhouttafel het nog ‘n inskripsie aan die onderkant van die tafelblad wat aandui dat dit uit Erfurthuis (‘n Bloemhofkoshuis) kom. Mej. Lucie Joubert se meubels dateer weer uit die Victoriaanse-era en ‘n paar stoele is direk uit die VSA ingevoer deur Bloem-hof se eerste vyf Amerikaanse hoofde.

Op elke ou meubelstuk is daar ‘n glans wat in die museumwêreld bekend staan as patina: dit is daardie glans wat ontwikkel deur ouderdom, voortdurende versorg-ing en blootstelling en wat enige meubelstuk se waarde drasties verhoog.

Die argief is Dinsdae en Donderdae van 09:00 tot 13:00 oop. Kontak gerus die argivaris by [email protected].

BLOEMHOFBOND

Die Bloemhofbond, wat bestaan uit oudleerders en oudonder-wysers, het ten doel om die lede met mekaar en ook met die skool in verbinding te bring en te hou en ook om die skool in haar bedrywighede behulpsaam te wees en te ondersteun.

Die Bloemhofbond het ‘n databasis ontwikkel waarop alle lede kan registreer en hulle persoonlike inligting opdateer, ten einde lede en die skool in staat te stel om maklik met mekaar in verbin-ding te tree en die lede op hoogte te hou van verwikkelinge by die skool.

Die Bloemhofbond reël jaarliks geleenthede waar lede met mekaar kan sosialiseer en waar die skool se aktiwiteite ondersteun word. Belangrike geleenthede soos Stigtersdag, 4M-atletiek, Wintersdag, Oranje Interskole en die Kerssangdiens word ondersteun en benut om bande met mekaar en die skool te bou. ‘n Kaas-en-Wyn-aand word jaarliks aangebied waartydens die algemene jaarvergadering plaasvind. Die jaar word in oënskou geneem en ‘n bestuur word verkies. Die Bloemhofbond staan ook reünie-groepe by in die beplanning en organisering van reünies.

Die Bloemhofbond poog om oudleerders te laat terugkeer na die skool en ‘n omgewing te skep waar oudleerders op ‘n konstruk-tiewe wyse by die skool betrokke kan wees en positiewe insette kan lewer om die skool te ondersteun en uit te bou.

Die Bloemhofbondprys word jaarliks aan ‘n matriekleerder by die Prysuitdeling toegeken.

www.bloemhofschool.co.za18

WAARDE- EN GEDRAGSKODEwaarde- en gedragskodewette, visie en beginsels

Hierdie kode erken die Onderwyswette en die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika en berus op Christelike beginsels.

VISIEGelukkige mense wat hulle potensiaal ontdek en ontwikkel in ‘n doeltreffende, aangename en volhoubare omgewing.

A. WETTE, VISIE EN BEGINSELS

Sleutelwoorde

Gelukkige mense - wat verwys na leerders, onderwysers, per-soneel en elkeen wat in kontak kom met die skool. Bloemhof mense is gelukkige mense.

Potensiaal ontdek en ontwikkel - ons glo dat elke leerder potensiaal het en dat ons die nodige aandag en aanmoediging moet gee om dit individueel en in groepsverband te ontwikkel.

Doeltreffende - ons standaarde, die manier waarop ons ons-self handhaaf en ons daaglikse doen en late moet spreek van doeltreffendheid en uitmuntendheid.

Aangename - dit is lekker hier by Bloemhof, die omgewing is aangenaam vir leerders en personeel. Ons hou van pret.

Volhoubare - ons kyk na meer as net onsself. Daar is ‘n bewustheid van ons omgewing, groen waardes en die vooruit-gang van alle gemeenskappe.

mISSIE• Onsmaakgebruikvanallegeleenthedeomonspoten-

siaal te verwesenlik.• Ons doen wat goed is, want:

• Ditwatgoedis,isinelkeen• Ditbevoordeelmy,mynaasteenmyomgewing• Ditveroorsaakdieminimumleed

• Ons ontwikkel ons goeie eienskappe en verbeter ons swak eienskappe.

• Onsaanvaarenondersteunmekaar.• ElkeenprobeeromBloemhof‘nbeterplektemaakas

wat dit sonder hom of haar sou wees.

GESAGGesag is gesetel in die skoolhoof. In belang van die leerder, is gesag soos volg gedesentraliseerd: skoolhoof, beheerlig-gaam, leierspan, graadhoofde, opvoeders, raad van leerders en klasleiers.

WAARDESAlle individue aanvaar die verantwoordelikheid dat hul gedrag die volgende waardes sal weerspieël:

1. Respek 2. Integriteit 3. Afgerondheid4. Omgee 5. Werksetiek

REGTEDie volgende regte van die individu (leerders; akademiese, administratiewe en dienstepersoneel; buite-personeel; besoekers) word erken en beskerm:

1. Die reg tot respek2. Die reg tot regverdigheid3. Die reg tot veiligheid4. Die reg tot ‘n ordelike werksomgewing5. Die reg om te leer en te werk sonder

verhindering deur ander6. Die reg tot kritiese refleksie en om vertoë rig7. Die reg op inligting ter wille van deursigtig-

heid

19www.bloemhofschool.co.za

waarde- en gedragskodeWAARDE- EN GEDRAGSKODE

waarde- en gedragskode in praktykElke Bloemhoffer verbind haar tot die Waarde- en Gedrags-kode van Bloemhof. In die praktyk kan dit soos volg saam-gevat word: Daar is net een ding om te doen en dis die regte ding.

B. WAARDE- EN GEDRAGSKODE IN PRAKTYK

RESPEKRespek is die sleutel tot suksesvolle verhoudinge. Ek onderneem....

Selfrespek

… om te streef na integriteit.… om te streef na ‘n positiewe eiewaardebesef.

Respek teenoor ander mense

… om my optrede tot voordeel van ander se lig-gaamlike, geestelike en sielkundige welsyn te rig.

… om verdraagsaamheid, bedagsaamheid, regverdigheid en gehoorsaamheid in my inter-aksie met ander te ontwikkel.

… om ander se regte, pligte en voorregte te respekteer.

… om persone in gesagsposisies se reg op gesag te respekteer.

… om ander se opinies, kulturele tradisies en gelowe te respekteer.

Respek teenoor materiële dinge/eiendom

… om ons land se nasionale simbole te eerbiedig.… om my eie en ander se eiendom te respekteer… om die skool se fasiliteite te respekteer, onder

andere deur nie graffiti op enige oppervlak aan te bring nie, en nie kougom op die terrein te bring nie.

Respek teenoor die omgewing

… om my ekologiese bewussyn te ontwikkel sodat ek as individu lewenslank ‘n bydrae tot eko-logiese volhoubaarheid kan maak.

… om die skoolterrein te respekteer deur dit nie te beskadig, te ontsier of te besoedel nie.

Respek teenoor die instansie en gemeenskap

… om lojaal te wees teenoor die skool se naam en tradisies, die personeel, oud-Bloemhoffers en mede-Bloemhoffers.

… om die skool se simbole te eerbiedig.… om respek te betoon aan ander skole deur nie

afbrekend van hulle te praat nie.

Respek teenoor God

… om die Naam van God te respekteer.

INTEGRITEIT‘n Bloemhoffer se woord is haar eer. Ek onderneem....

… dat my optrede altyd sal getuig van eerlikheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid.

… dat ek my sal weerhou van diefstal, leuentaal of kwaadpratery, asook van ‘n negatiewe invloed op ander.

… dat ek sal bly by dit waartoe ek my verbind het, tensy ek deur die betrokke opvoeder van my verpligting kwytgeskeld word.

… dat ek my samewerking met ‘n positiewe ge- sindheid sal gee en my betroubaarheid sal toon deur elke redelike opdrag wat deur die hoof, opvoeders of leerders uit hoofde van hulle ampspligte aan my gegee word, stiptelik na te kom.

… dat, wanneer ek bewus is van enige ongerymd-hede, ek dit by die skoolhoof of ‘n opvoeder sal aanmeld.

www.bloemhofschool.co.za20

AFGERONDHEIDDie voorkoms en optrede van ‘n Bloemhoffer is altyd gepas Ek onderneem…

… om sosiale vaardighede vrywillig aan te leer en in te oefen

… om noukeurig te hou by Bloemhof se Voorkomskode

… om persoonlike higiëne en netheid ‘n hoë prioriteit te maak

… om verantwoordelikheid te neem vir die net-heid van my onmiddellike omgewing in klasse, kleedkamers en die terrein

… om basiese goeie maniere teenoor almal te openbaar

… om nie growwe taal te gebruik nie… om my te weerhou van fisiese liefkosings in

die openbaar… om ander vriendelik te groet, op te staan as ‘n

volwassene in my geselskap kom, en volwas-senes altyd in die gepaste taalregister aan te spreek

… om ‘n opgevoede gehoor te wees vir enige spreker of kunstenaar

OmGEE‘n Bloemhoffer is ‘n mens deur ander mense. Ek onderneem…

… om ‘n gesindheid van welwillendheid uit te leef teenoor almal met wie ek in aanraking kom

… om die menswaardigheid van alle individue te erken en op geen wyse teen enigiemand te diskrimineer nie

… om pro-aktief by te dra tot die geestelike groei van die mense rondom my

… om ander se positiewe invloede op my eie lewe te erken en te omhels

… om ‘n gesindheid van dienswilligheid in die skool en die gemeenskap deel van my lewens-uitkyk te maak

WERKSETIEKDit is ‘n voorreg om te kan werk. Ek onderneem...

… om verantwoordelikheid vir my eie studie te aanvaar

… om te streef na die hoogste moontlike vlak van produktiwiteit en kwaliteit in my werk

… om met deursettingsvermoë en toewyding my bes te doen om my potensiaal optimaal te ontwikkel

… om my te weerhou van oneerlikheid en plagiaat

… om stiptelikheid ‘n hoë prioriteit te maak

dissiplinêre kodeDISSIPLINEDie woord dissipline is afgelei van die woord dissipel wat beteken ‘n gewillige volgeling wat van iemand leer en deur hom beïnvloed word.

Die doel van dissipline is die regstelling van gedrag en gesindheid uit eie wil nadat die leerder insig verkry het in die betrokke waarde wat aangespreek word - eerder as bloot die straf van foute, ter wille daarvan dat onderrig en opvoeding effektief kan plaasvind.

C. DISSIPLINÊRE KODE

ALGEmEEN1. Hulpgewing aan leerders word vooropgestel.

2. Elke situasie word op meriete hanteer. ‘n Leerder se gedragsrekord word in ag geneem.

3. Toepassing van tug geskied nadat skuld bo alle twyfel vasgestel is.

4. Die skoolhoof mag ‘n leerder die voorreg ontneem om geleenthede van die skool by te woon.

WANGEDRAGDie volgende gedrag word as wangedrag beskou:

1. Wanneer ‘n leerder strydig met die Waardes van hierdie kode optree.

2. Wanneer ‘n leerder nie ‘n ander individu se Regte in hierdie gedragskode beskryf, respek-teer nie.

3. Wanneer ‘n leerder nie hou by Bloemhof se Prosedures nie.

WAARDE- EN GEDRAGSKODEwaarde- en gedragskode

21www.bloemhofschool.co.za

dissiplinêre kode

ERNSTIGE WANGEDRAGDit kan lei tot skorsing of uitsetting van ‘n leerder. Van alle gevalle van wangedrag word volledig rekord gehou. Die onderstaande uiteensetting van wangedrag geld ewe veel vir gedrag op die skoolterrein sowel as buite die terrein, in skool-klere sowel as in siviele drag.

Ernstige wangedrag sluit in:

1. wanneer ‘n leerder se taalgebruik of gedrag na raming van die skoolhoof van so ‘n aard is dat dit die handhawing van die behoorlike peil van sedelike gedrag, dissipline of sosiale welsyn van die skool in gevaar stel

2. die besit, inneem, koop of verspreiding van dwelmmiddels, opkikkers of alkohol. (Die gebruik van alkohol is slegs aanvaarbaar as ‘n leerder in die teenwoordigheid van haar ouers is.)

3. die besit of rook van sigarette

4. die besit, hantering, of verspreiding van porno-grafiese materiaal

5. deelname aan bendebedrywighede

6. opsetlike beskadiging van eiendom

7. diefstal

8. oneerlikheid, leuentaal

9. aanranding

10. intimidasie

11. onwelvoeglikheid

12. ongemagtigde afwesigheid van skool

13. enige ander wangedrag van ‘n ernstige aard

14. herhaalde oortredings van enige aard word ook as ernstige wangedrag beskou

15. afwesig sonder toestemming

PROSEDUREWangedrag word deur die betrokke opvoeder, en daarna die graadhoof hanteer.

Ernstige wangedrag word deur die adjunkhoof of die skoolhoof hanteer en, waar toepaslik, in oorleg met die beheerliggaam.

Prosedures word gevolg volgens die SA Skolewet (no. 84 van 1996), Wysigingswet op Onderwyswette (no. 24 van 2005) en WKOD Omsendbrief 0030/99.

voorkomskodeD. VOORKOmSKODE

ALGEmEEN

Uniform

• Slegs die voorgeskrewe skooldrag, sportdrag en tasse word gedra.

• Geleerde kouse word dadelik vervang.• Leerders wat sportgeleenthede van Bloemhof of

Paul Roos bywoon, dra volledige skooldrag of sportdrag.

• Formele uniform (“step outs”) word gedra by saalbyeenkomste, die 4M-atletiek en enige ander spesiale geleentheid wat mag opduik.

Juwele

Die volgende juwele mag gedra word (onaanvaar-bares sal afgeneem en in die kluis geberg word tot die einde van die betrokke kwartaal):• ’n Klein pêrel- of diamant-oorbelletjie (3mm

deursnee).• Polshorlosie.• Lapelwapens wat ‘n prestasie of betrokkenheid

in skoolverband aandui.• Mediese armkettinkies wat ‘n allergie aandui.

waarde- en gedragskodeWAARDE- EN GEDRAGSKODE

www.bloemhofschool.co.za22

Hare

• Hare is deurgaans netjies geknip, gekam en versorg

• Lang hare word vasgebind met voorgeskrewe knippies, rekkies en linte

• Kuiwe mag nie oor die wenkbroue/in die gesig hang nie

• Haarkleur is stylvol en natuurlik. Indien hare onnatuurlik gekleur is, mag die leerder nie die skool verteenwoordig nie, mag sy ook nie skoolgeleenthede bywoon nie, en mag sy gevra word om die hare eers “reg” te kleur voor sy weer klasse mag bywoon

Naels

• Naels is netjies versorg en nie te lank nie• Kleurlose naellak is toelaatbaar

Grimering

• Geen grimering word saam met die amptelike skooldrag of sportdrag gedra nie

Civviedae

• Ontspanningsdrag is netjies en smaakvol• Grimering is opsioneel, en dan lig en stylvol

Leerders wat hulle nie hou by bogenoemde voorskrifte nie, sal gevra word om hulle voorkoms onmiddellik reg te stel voor hulle verder klasse kan bywoon.

SKOOL- EN SPORTDRAG

Somersdrag

• Wit kortmouhemp• Maroen das opsioneel• Knielengte wit sokkies• Swart erkende skoolskoene• Donkerkleurige broekie• Maroen rompie / of langbroek (MOET ‘n das dra

as jy langbroek dra)• Skooltrui opsioneel (mouloos of langmou

maroen trui met ruitpatroon)• Donkerblou skoolbaadjie met wapen en om-

boorsel• Donkerblou, swart of maroen haartooisels (rek-

kies, kop- en haarbande)

Wintersdrag

• Wit langmouhemp• Maroen das• Lang swart kouse, 44 decitex (nie wollerige of

dun sykouse nie)• Swart erkende skoolskoene• Donkerkleurige broekie by rompie• Maroen rompie of donkerblou langbroek (met

die langbroek moet altyd ‘n das gedra word)• Skooltrui (mouloos of langmou maroen trui met

ruitpatroon). Slegs die amptelike skooltrui mag onder die baadjie gedra word.

• Donkerblou skoolbaadjie met wapen en om-boorsel

• Donkerblou, swart of maroen haartooisels (rek-kies, kop- en haarbande)

• Donkerblou handskoene opsioneel• Maroen serpe met wit strepe aan punte

opsioneel• Maroen warmbaadjie opsioneel• Wit matriektrui met maroen strepe opsioneel

Formele Somersdrag

Skoolbaadjie, wit kortmouhemp, das, maroen rompie, wit knielengte sokkies, swart skoolskoene, donker broekie.

Formele Wintersdrag

Skoolbaadjie, wit langmouhemp, das, maroen rompie, skooltrui, swart lang kouse, swart skool-skoene, donker broekie.

WAARDE- EN GEDRAGSKODEwaarde- en gedragskode

23www.bloemhofschool.co.za

Skooltasse

• Slegs die erkende Bloemhof-rugsak word toege-laat. Let asseblief daarop dat elke nuwe Bloem-hoffer ‘n Bloemhof-rugsak ontvang. Indien die leerder die skool binne die eerste 6 maande ver-laat, moet die rugsak teruggegee word. Leerders word dus gevra om nie hulle naam aan te bring op die sak nie.

• Donkerblou Bloemhof skouertas opsioneel vir dorp- of eksamengebruik.

Verbruikerstudie

Wit voorskoot verpligtend

Lewensoriëntering (slegs grade 8-10)

Kan ook vir alle sportoefeninge gebruik word• Donkerblou oefenbroekie• Donkerblou en maroen oefenhempie• Swemdrag is verpligtend

Sweetpakke

Slegs die skoolsweetpak word saam met LO- en sportklere gedra.

Sportsakke

• Slegs die donkerblou skoolsportsak met wapen.• Donkerblou en maroen hokkiesakke vir stokke

en klere opsioneel

Atletiek/landloop (byeenkomste)

Die drag bestaan uit vier items in ‘n kombinasie van maroen, donkerblou en wit. Verskillende items kan in verskillende kombinasies gedra word.• Frokkie of kroptop• Kleefbroek (lycra) of kortbroek (jogger)

Tennis

Nie-spanspelers: Enige gepaste sportdrag met wit tennissokkiesSpanspelers• Donkerblou sportrompie en maroen hempie• Donkerblou sonpet opsioneel

Swem

• Swart/donkerblou eenstukbaaikostuum• Wit Bloemhof-swempet (verpligtend)

Waterpolo

• Donkerblou waterpolo swembroek (verpligtend vanaf gr. 9)

• Wit Bloemhof-swempet (verpligtend)

Hokkie en netbal

Vir wedstryde• Donkerblou sportrompie • Donkerblou en maroen sporthempie • Maroen kouse (hokkie) / wit sokkies met maroen

strepe (netbal)• Skoolsweetpak verpligtend• Opwarmingstop opsioneel• Donkerblou kleefbroekie verpligtend

LET WEL

Alle items moet duidelik met die naam en van van die leerder gemerk word. Ongemerkte verlore artikels word klerebank toe gestuur om verkoop te word.

waarde- en gedragskodeWAARDE- EN GEDRAGSKODE

www.bloemhofschool.co.za24

prosedurekodeE. PROSEDUREKODE

SKOOLBYWONING

Verpligte bywoning

Alle leerders woon die skool by tydens die vasgestelde skoolure en neem aan alle opvoedingsprogramme deel, tensy vrystelling deur die skoolhoof verleen is.

Laatkommers

Meld eers by die kantoor aan waar die laatkom-mers ‘n briefie kry wat sy invul en deur die betrokke opvoeder laat onderteken sodra sy by die klas aansluit. Dié briefie word na afloop van die periode by die kantoor ingehandig.

Afwesigheid

Afwesige leerders se ouers of voog skakel die skool by 021 887 3044 ‘n uur na die skool begin op die betrokke dag, of e-pos na [email protected] om die geldigheid van die afwesigheid aan te meld. Indien ‘n leerder as gevolg van ‘n ander rede as siekte afwesig gaan wees (bv ‘n ortodontisaf-spraak, operasie of begrafnis), vra die ouers min-stens twee skooldae voor die tyd skriftelik toestem-ming by die skool.

mediese sertifikaat

Vir afwesigheid van drie dae of langer of afwesig-heid tydens assesseringsaktiwiteite en/of rekord-toetse, eksamens en prysuitdeling, dien die leerder ‘n mediese sertifikaat by die kantoor in op die dag nadat sy afwesig was.

Ongesteldheid gedurende skooldag

Dagleerders: ‘n Leerder wat gedurende die skool-dag ongesteld voel, kan tussen periodes by haar graadhoof toestemming vra om in die siekeboeg te gaan lê of huis toe te gaan. Sy kry twee briefies by die sekretaresse wat sy deur die graadhoof laat onderteken: een word aan ‘n klasmaat besorg wat dit aan al die betrokke opvoeders toon, die ander word by die sekretaresse ingehandig sodra haar ouer/voog haar in die Afwesigheidsboek uitteken. Sy wag in die voorportaal totdat haar ouer/voog haar kom haal.

Koshuisleerders: Dieselfde prosedure ten opsigte van verlof en briefies geld soos vir dagleerders, maar toestemming om koshuis toe te gaan word deur die superintendent of adjunk-superintendent gegee. Koshuisleerders neem die afwesigheidsbriefie saam koshuis toe en toon dit aan die koshuisbestuuder.

‘n Leerder wat afwesig is van skool gedurende die dag, mag nie ander skool- of sosiale geleenthede dié dag bywoon nie.

VERLOOP VAN SKOOLDAG

Begin van die dag

Die skool begin elke dag om 07:40. Leerders neem hul plekke in die betrokke klaskamers. Indien die klas gesluit is, tree hulle aan in ‘n enkelry in die gang voor die klaskamer tot die opvoeder hulle inlaat. Alle klasse word geopen met godsdiens en afwesigheidskontrole. ‘n Leerder wat nie aan die VOORKOMSKODE voldoen nie, se naam word op die intervensielys aangebring en aan die graadhoof gestuur.

WAARDE- EN GEDRAGSKODEwaarde- en gedragskode

25www.bloemhofschool.co.za

Periodes

Periodes is ongeveer 45 minute lank, met staptyd tussen periodes van 5 minute. Gedurende staptyd loop leerders ordelik en raas nie buitensporig hard nie.

Pouses

Eerste pouse is 10:20-10:45 en tweede pouse 13:10-13:35. Koshuisleerders geniet middagete tydens tweede pouse.

Algemeen

• Wanneer die tweede klok na staptye lui, word klasdeure toegemaak. Leerders wat dan laat is, bly buite en sit voor die klasdeur vir die duur van die periode.

• Leerders en opvoeders is vir die volle duur van die periode in die klas.

• Indien ‘n opvoeder laat is, meld ‘n leerder dit by die sekretaresse aan. Sy roep dan die opvoeder oor die interkom.

• Elke opvoeder bepaal self die prosedures wat in die klas geld. Aan die begin van elke jaar word dit aan die leerders bekendgemaak.

• Afkondigings word voor elke pouse gedoen. (Sien Kommunikasie)

• Voor skool en gedurende pouses bly leerders buite klaskamers en die saal.

KOmmUNIKASIE

Afkondigings

• Alle afkondigings vir eerste pouse moet op Maandae voor 8:30, Dinsdae-Vrydae voor 9:30 en vir tweede pouse voor 12:30 na [email protected] per e-pos gestuur word.

• Afkondigings word bondig geskryf. Die persoon wat die afkondiging stuur, skryf haar naam onderaan.

• Langer afkondigings (bv lyste name) word nie gelees nie, maar wel op die betrokke kennis-gewingborde aangebring. Leerders word slegs aangesê om die betrokke kennisgewingbord te raadpleeg.

• Dis oneffektief om groot groepe leerders tweede pouse vir ‘n vergadering te roep, aangesien die koshuisleerders gedurende tweede pouse eet.

• Afkondigings word op die skool se netwerk gestoor en die opvoeders lees dit van die reke-naar af.

VRL

Indien ‘n leerder enige saak vir bespreking onder die leerderraad of personeel se aandag wil bring, kan dit by een van die leerderraadslede ingedien word, of in die boks voor die leerderraad se kantoor (K25) geplaas word.

Skoolhoof

Leerders kan sake direk onder die skoolhoof se aandag bring per e-pos: [email protected] of deur afsprake met haar te maak op Dag 8 van die rooster. Afsprake word by Ontvangs gemaak.

SELFOON-ETIKET

• Selfone, MP3’s, Ipods en tablette bly af-geskakel (nie slegs die klank nie) gedurende klasse, saalbyeenkomste en enige vorm van vergadering.

• Tydens toetse en eksamens word selfone nie by die leerder self gehou nie. Verwys na EKSAMENPROSEDURE (by skool beskikbaar).

• Indien bogenoemde reël oortree word, sal die opvoeder die leerder se selfoon afneem en vir drie dae in die kluis laat hou in ‘n koevert met die leerder se naam en datum daarop.

waarde- en gedragskodeWAARDE- EN GEDRAGSKODE

www.bloemhofschool.co.za26

KENNISGEWINGBORDE

• Kennisgewingborde is toegewys aan bepaalde groepe.

• ‘n Bepaalde persoon binne die groep neem verantwoordelikheid vir die netheid en opdatering van die betrokke bord.

• Advertensies van buite word deur die adjunk-hoof geteken voor dit op die kennisgewing-borde aangebring word.

SAALBYEENKOmSTE

Instap

Wanneer die eerste klok lui, tree leerders in rye in graadgroepe aan op aangewese plekke. Die leerder-raad is in beheer van die ordelike instap en plasing van leerders.

Kleredrag

Leerders woon alle formele saalbyeenkomste in formele skooldrag (“step outs”) by.

Spreekbeurte

‘n Persoon wat ‘n spreekbeurt tydens ‘n saalbyeen-koms wil hê, moet dit Maandae voor 7:50 by die personeellid in beheer aanvra. Spreekbeurte moet bondig wees.

Verloop

Die opvoeder wat die godsdiens waarneem, is ook in beheer van die verloop van die byeenkoms. Die skoolhoof stap laaste in. Daarna vra die opvoeder in beheer almal om op aandag te staan vir die vlag-seremonie waartydens die skool- en landsvlag deur die twee hoofleerders ingedra word. Daarna word die volkslied en die skoollied gesing, waarna die vlae bevestig word. Terwyl almal steeds staan, kondig die opvoeder die geestelike lied aan. Liedere wat gesing word, word deur ‘n aangewese opvoeder uitgesoek. (Geen liedere word tydens leerderraadsaal gesing nie.) Daarna gaan almal sit en word die godsdiens gelei. Daarna kondig die opvoeder die spreekbeurte in die boek aan. Besoekers/gaste kry eerste hul spreekbeurt, waarna hulle direk verskoon word. Die betrokke opvoeder vergesel hulle na buite. Die skool-hoof kry die laaste spreekbeurt. Daarna verdaag die personeel terwyl afkondigings gelees word deur die opvoeder in beheer.

TERREINE SLEGS VIR PERSONEEL

• Die hoofingang, gang langs die personeel-kamer, klein vierkant, personeelkamer, personeel-kombuis, personeelwerkkamer, afrolkamer en kluise word slegs deur personeellede gebruik.

• Soggens vanaf 07:20 tot en met die begin van die skooldag is personeelvergadering in die personeelkamer. Leerders word versoek om ter wille van stilte die area aan die buitekant te vermy.

VRYPERIODES

Dit betrek gewoonlik Kuns- of Musiekleerders.

Eerste periode vry

Wanneer ‘n leerder die eerste periode vry het, meld sy met aanvang van die eerste periode by die bib-liotekaresse aan vir teenwoordigheidskontrole.

Vryperiodes 2-6

Indien ‘n leerder ‘n vryperiode gedurende die dag het, bly sy op die skoolterrein en hoef nêrens aan te meld nie. Tydens vryperiodes mag leerders in die biblioteek werk (indien ‘n opvoeder nie die bibli-oteek vir ‘n klas gebruik nie). Leerders mag ook in die klubhuis of buite by tafels werk of gesels.

WAARDE- EN GEDRAGSKODEwaarde- en gedragskode

27www.bloemhofschool.co.za

Laaste periode vry

Indien ‘n leerder die laaste periode van die dag vry het, mag sy huis toe gaan. Koshuisleerders mag koshuis toe gaan.

VEILIGHEID

waarde- en gedragskodeWAARDE- EN GEDRAGSKODE

Die waardes van die skool is goed, want dié waardes is ook waardes wat jy in die alledaagse lewe moet gebuik

om jou naam en jou skool se naam hoog te hou.“ Marion Webber

Die waardestelsel skep ‘n eenheid in Bloemhof aangesien almal dieselfde waardes het en dieselfde

doelwitte nastreef. Leerders voel nie gedwing om goed reg te doen nie, maar hulle kry eerder die voorreg om

self te kies om die regte ding te doen.Nina Prins

‘n Waardestelsel in Bloemhof skep ‘n goeie verhouding tussen die personeel en leerders, want dit wys dat die onderwysers ons vertrou en hulle respekteer ons, as

ons die waardes van die skool respekteer.Jana-Marie Botha

Wanneer ‘n mens so gelukkig is om in ‘n skool te wees waar jou eie waardes met die skool s’n ooreenstem,

kweek dit ‘n liefde en respek vir jou skool.Shani Viljoen

• Indien enige verdagte persoon op die skool-terrein gewaar word, word die sekretaresse of sekuriteitswag onmiddellik in kennis gestel. Indien nodig sal die buurtwag ontbied word.

• Indien die sekretaresse nie beskikbaar is nie (na 15:30 in die middag), kan die sekuriteitswag by 060 682 4489 geskakel word.

• Sportsakke en skooltasse mag glad nie sonder toesig op die skoolterrein gelaat word nie.

• Alle geld of selfone moet by leerders gehou word en NIE in tasse nie.

• Leerders beweeg in groepe van minstens twee wanneer klasse na omliggende skole of die kunsskool gewissel word.

• Geen klasvergaderings of samekomste word sonder die goedkeuring van die skoolhoof of haar gemagtigdes beplan of gehou nie.

• Die Huis Bloemhof hek moet tussen sesuur saans en sesuur soggens gebruik word indien u die perseel wil binnekom.

• Ouers moet by die skool parkeerskyfies kry om op die skoolterrein te parkeer. Sonder die parkeerskyfies sal daar van ouers/besoekers verwag word om die intekenregister by die hek te teken.

www.bloemhofschool.co.za28

JAARLIKSE HOOGTEPUNTEjaarlikse hoogtepunte