fase intermediêre werkskedule · 4.1.1 beplan ondersoek: dra idees by oor bekende situasies,...

24
Intermediêre Fase Werkskedule Graad 4 Natuur- wetenskappe

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

Inte

rmed

iêre

Fas

e W

erks

kedu

le

Graad

4

Natuur- wetenskappe

Page 2: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

VOORWOORD Beleidsimplementering is nie ’n ongekompliseerde taak nie. Dit is ’n proses van interpretasie en betrokkenheid wat oor ’n geruime tyd strek. Ons leer uit hierdie proses en probeer om ons intervensies aan te pas sodat hulle meer gepas en relevant is tot diverse kontekste. Dit wat ons in die afgelope dekade geleer het, het vir ons gewys dat ons almal moet praat, luister en oplossings vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Hierdie werkskedules is die resultaat van so ’n beleid en leerposes. Geletterdheid en Gesyferdheid, tesame met ander areas van werk in die Grondslag- en Intermediêre Fase, is belangrike fokuspunte vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Ons wil ons laerskole versterk en moontlikhede skep vir ’n standvastige fondament sodat ons die kanse van leerders in hul skolastiese loopbane kan verbeter. Ons glo dat hierdie fondament geletterdheids- en gesyferdheidsuitslae, slaagsyfers in die algemeen en die omsetsyfer kan verbeter. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land, en ons hoor in hierdie era van globalisasie, dat lande wat besig is om op te vang die nodige vaardighede moet ontwikkel. Lande soos ons is dus in staat om mededingend en stabiel te wees. Belangriker nog, is om oor ’n gemeenskap van geleerdes wat kan lees, skryf en van skoolgaan hou, te beskik. Die maatskaplike waarde van onderrig kan verbeter word indien die skolastiese poging verhoog word. Die werkskedules sal beskou word as ’n komponent van die pakket wat betrekking het op die Grondslag vir Onderrig-veldtog. Dit word beskou as ’n instrument om ondersteuning te bied en betekenis aan die veldtog te gee. Gesien in die lig van die persepsie dat veldtogte bloot retoriek is, sal die werkskedules as ondersteuningsmeganisme dien om betekenis te verleen aan die bou van fondamente vir geletterdheid en gesyferdheid. Dit is ’n poging om riglyne aan onderwysers te bied oor hoe om elke dag onderrig in skole te lewer. Die werkskedules sal uitgestuur word met die doel om terugvoering uit te lok. Hulle sal ook in geselekteerde skole getoets word. Die dokumente sal as riglyne in Januarie 2009 gesirkuleer word en kommentaar word teen Julie 2009 gevra. Die werkskedules sal ook gedurende Julie 2009 in die praktyk getoets word. Alle kommentaar sal verdere ontwikkeling van werkskedules lei. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is ʼn leerorganisasie en poog om sy omgewing ten alle tye te verstaan. Hierdie leerproses is ’n deurlopende een aangesien ons in so ’n dinamiese en vinnig veranderende konteks funksioneer. Met dit in gedagte, is die uitnodiging om kommentaar te lewer en praktykgebaseerde toetsing ’n poging om die idee van ’n leerorganisasie aan te gryp deur insigte te ontwikkel wat op die menings van onderwysers, asook van diegene in ander diverse kontekste binne ons provinsie, gebaseer is. Ons weet dat ’n sakpas-benadering nie ’n resep vir sukses is nie. Ons weet ook dat ons almal moet luister, praat en oplossings vir ons uitdagings soek. Praktykgebaseerde toetsing en ’n uitnodiging om kommentaar te lewer, sal ons die ruimte bied om te praat, luister en oplossings te soek soos ons voortbeweeg na ’n onderwysstelsel van gehalte vir al ons leerders.

Dr. S. Naicker, Hoofdirekteur: Kurrikulumontwikkeling

Page 3: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

Natuurwetenskappe Intermediêre Fase

Werkskedule en Onderwysersgids

Die Werkskedule en Onderwysersgids vir die Natuurwetenskappe bied ondersteuning aan onderwysers by die implementering van die NKV. Hierdie is nie 'n beleidsdokument nie, maar 'n hulpbron vir onderwysers. Die Werkskedule en die Onderwysersgids volg dieselfde weekplan vir elke graad. Die Werkskedule

• Hierdie is 'n breë raamwerk wat 'n keuse van inhoud (Leeruitkomste en Kernkennis en -konsepte) vir elke graad 4-6 bied.

• Die Werkskedule stippel van week tot week die inhoud en die assesseringsfokus uit.

• Dit werk vir al drie die Leeruitkomste van NW. • Dit dek al die Kernkennis en -konsepte in die vier stringe van die

Natuurwetenskappe. Die Onderwysersgids

• Die onderwysersgids sit die raamwerk uiteen wat week na week vir elke graad in die Werkskedule gegee word, en lig dit toe.

• Dit bied 'n wye verskeidenheid lesse wat tot verskillende assesseringstake lei wat met die Leeruitkomste vir NW verband hou.

• Dit gee verdere besonderhede van die konsepte wat onderrig, en die metodes wat gebruik moet word.

• Dit gee ook besonderhede van die integrasiemoontlikhede tussen sowel die NW-stringe as die verskillende Leerareas.

Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat:

• Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te vind, en dit wat hulle nuttig vind, in te sluit.

• Onderwysers die program by die tred van hul leerders aanpas. • Onderwysers dít uitkies wat geskik vir hul konteks is, en wat in hul klaskamer

behartig kan word. • Onderwysers vooraf hul assesseringsprogram elke kwartaal na gelang van hul eie

onderrigtred behoort aan te pas. • Onderwysers, waar dit ookal gepas is, inhoud behoort te integreer. • Onderwysers die Beleidsdokument van die Nasionale Kurrikulumverklaring behoort

te raadpleeg as 'n verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en voorgeskrewe inhoudkennis.

BEDANKINGS

Opregte dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedule vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum : AOO

Page 4: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

NATUURWETENSKAPPE

INTERMEDIÊRE FASE: GRAAD 4 ASSESSERINGSPROGRAM: Formele Assesseringstake Kwartaal 1 Assesseringstaak 1: Week 10 Kwartaal 2 Assesseringstaak 2: Week 20

Assesseringstaak 3: Week 21

Kwartaal 3 Assesseringstaak 3: Week 30 Kwartaal 4 Assesseringstaak 5: Week 34

Assesseringstaak 6: Week 40

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE

4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee.

4.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Verken die moontlikhede in beskikbare

materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word.

4.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies.

LEERUITKOMS 2: OM WETENSKAPSKENNIS TE KONSTRUEER 4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om te benoem

en te beskrywe. 4.2.2 Kategoriseer inligting: Sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van 'n sigbare

eienskap. LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, SAMELEWING EN DIE OMGEWING 4.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis:

Beskrywe hoedat plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het.

4.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie:

Identifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle wat rondom hom of haar is, en vertel van hul doel en nut.

4.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: Identifiseer probleme wat sommige mense met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê.

Page 5: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding
Page 6: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 1 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 4

KWARTAAL 1: ENERGIE EN VERANDERING

WK LU ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG

1

1-3 INLEIDING TOT WETENSKAP: ENERGIE EN VERANDERING Hersien kortliks:

o Die verhouding tussen energie en werk (ons gebruik energie vir alles wat ons doen)

o Ons kry energie van voedsel

Wk 1

2

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Energiebronne: son, voedsel, vallende water, hout

Definieer kortliks die konsepte: o Energie o Potensiële energie – gestoorde energie o Kinetiese energie – bewegingsenergie o Bronne van energie o Vallende water (vanaf groot opgaardamme)

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem en beskrywe verskillende vorms van energie (bv. hitte, lig, klank, elektrisiteit, kern).

Noem energiebronne (bv. son, brandstof, battery, wind, ens.) Beskryf die energiebronne.

4.2.2 Kategoriseer inligting. Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van sigbare eienskappe

Sorteer energiebronne in twee groepe volgens hul voorkoms (bv. wat geleef het teenoor nie-lewende dinge, hernubaar en nie-hernubaar).

Wk 2

3

LU 3

Wetenskap,

Samelewing en die Omgewing

Veiligheidsreëls wanneer energiebronne gebruik word (met inbegrip van gas, petrol, paraffien, elektrisiteit)

Definieer kortliks die konsepte: o Veiligheidsreëls o Gas o Petrol o Paraffien o Elektrisiteit

Wk 3

Page 7: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 2 -

4.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: identifiseer probleme wat sommige mense met die gebruik van tegnologiese toestelle kan hê

Identifiseer probleme en veiligheidsmaatreëls wanneer energiebronne gebruik word: son, voedsel, vallende water, hout, petrol, paraffien.

Identifiseer veiligheidsreëls wanneer elektrisiteit gebruik word.

4

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Voedselketting as 'n energiestelsel in die natuur Definieer kortliks die konsepte:

o Voedselketting o Energiebron o Energie-oordrag o Afhanklikheid

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem die hoofbron van energie in enige voedselketting. Beskrywe hoedat energie in 'n voedselketting oorgedra word

vanaf die son na plante na diere. (Teken of plak 'n energieketting in, en skryf sinne om die stappe in die oordrag van energie te beskrywe).

Wk 4

5

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Stoor en oordrag van energie in speelgoed (energiestelsel) Definieer kortliks die konsepte:

o Energie o Stelsels o Potensiële energie: (gestoorde energie) o Kinetiese energie (energie wat beweeg) o Energie-oordrag o Sel (battery) o Voedsel

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem energiebronne (potensiële energie: bv. sel en voedsel). Beskrywe waar energiestelsels energie stoor (potensiële

energie) en energie as kinetiese energie oordra (verwys na speelgoed en ander stelsels in die alledaagse lewens van leerders).

Wk 5

6

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Bou 'n eenvoudige speelding (energiestelsel) wat aantoon hoedat energie vanaf potensiële (gestoorde) energie na kinetiese energie oorgedra word

Wk 6

Page 8: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 3 -

Definieer kortliks die konsepte:

o Wetenskaplike Ondersoek o Beplan o Voer uit o Evalueer o Kommunikeer

Ondersoek: Bou 'n eenvoudige speelding (energiestelsel) wat aantoon hoedat energie vanaf potensiële (gestoorde) energie na kinetiese energie oorgedra word

Voorgestelde ondersoek: Maak ’n eenvoudige speelding (garingtoltrekker). 4.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Versamel beskikbare materiale (garingtol, rekkie, kort reguit stokkie).

Verken hoedat die materiale gebruik kan word (bou die speelding met gebruikmaking van die materiale).

Vind uit hoedat die materiale verander kan word om jou speelding te verbeter.

4.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Praat en skryf oor waarnemings van hoedat die stelsel werk (verduidelik hoedat die energie van die rekkie veroorsaak dat die trekker beweeg). Stel verbande met situasies in die alledaagse lewe voor.

7

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Bou 'n eenvoudige elektriese stroombaan (energiestelsel) wat aantoon hoedat energie vanaf potensiële (gestoorde) energie na kinetiese energie oorgedra word Definieer kortliks die konsepte:

o Stroombaan o Elektriese

4.1.1 Beplan 'n ondersoek: Leerder dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

Maak eenvoudige elektriese stroombane met sel, drade, gloeilampe en motor (of waaier of luidspreker).

Dra idees by oor bekende eenvoudige energiestelsels in die alledaagse lewe.

Identifiseer interessante aspekte van energiestelsels om ondersoek te word.

Wk 7

Page 9: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 4 -

Inskakeling met Tegnologie

4.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Versamel beskikbare materiale om 'n elektriese stroombaan te bou.

Verken hoedat die materiale gebruik kan word (bou 'n stroombaan met gebruikmaking van die materiale).

Vind uit hoedat die materiale verander kan word om jou stroombaan te verbeter.

4.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Praat oor verbeterings wat by die stroombane aangebring is. Praat oor waarnemings (verduidelik hoedat die energie van die sel af veroorsaak dat die motor draai, ens.).

Suggereer verbande met situasies in die alledaagse lewe (hoedat dit verband hou met die elektriese bedrading in 'n flitslig of 'n huis).

Verdere ondersoek: Bou 'n eenvoudige kartonhuis en sit 'n eenvoudige elektriese stroombaan in die huis (om bv. 'n lig te laat brand, 'n deurklokkie te laat lui, of 'n waaier te laat draai).

8

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

Energie-oordrag in kulture Definieer kortliks die konsepte:

o Geskiedenis o Inheemse kennis o Tegnologie o Toestelle o Kulture o Aardverwarming

4.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Beskrywe hoedat plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het.

Beskrywe hoedat plaaslike inheemse kulture energie-oordragte (bv. energie-oordrag vanaf hout en die son) vir spesifieke doeleindes (bv. verhitting van water) gebruik het.

4.3.2 Identifiseer kenmerke van tegnologiese toestelle en vertel van hul doel en nut.

Identifiseer kenmerke (die voorkoms) van 'n tegnologiese toestel (bv. 'n radio, selfoon, stoof, ens.).

Bespreek die doel en nut van tegnologiese toestelle rondom jou (bv. verwarmers, stowe, gloeilampe ens.).

Wk 8

Page 10: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 5 -

9

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Inskakeling met Wiskunde

LU 5

Voedsel as 'n energiebron Definieer kortliks die konsepte:

o Kilojoule (kJ) o Voedsel as 'n energiebron o Voedseletikette

Ondersoek: Watter ontbytgraankos bevat die meeste energie? 4.1.1 Beplan ondersoeke

Maak bydraes oor hoe om voedseletikette te ondersoek. Identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

kan gee.

4.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data

Versamel beskikbare materiale vir die ondersoek. Verken hoedat die materiale op verskillende maniere gebruik

kan word. Versamel data (waarnemings en die aanteken van inligting, bv.

lees etikette van ontbytvoedsels en teken in 'n tabel die hoeveelheid energie van elkeen aan).

4.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings

Beskrywe eie persepsie van die ondersoek. Praat oor waarnemings. Suggereer moontlike verbande met ander situasies (bv. die

keuse van voedsel). Opname van die gewildste ontbytgraankosse: Tabuleer data Teken staafgrafieke

Wk 9

10

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1

Wk 10

Page 11: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 6 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 4

KWARTAAL 2: MATERIE EN MATERIALE

WK LU ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG

11 -

12

1-3

INLEIDING TOT WETENSKAP: MATERIE EN MATERIALE Hersien kortliks:

Materiale en hul eienskappe o Suiwer stowwe en mengsels o Veranderings in mengsels waargeneem o (Kleur verander wanneer mengsels gemaak word, bv.

voedselkleurstof of verf) o Klassifikasie van materiale

Eienskappe van materiale o Eienskappe van materiale – tekstuur, sterkte, kleur/voorkoms

en massa. o Om dinge met materiale te maak wat nuttige eienskappe het

Wk 11 - 12

13

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Fases van materie: vaste stof, vloeistof en gas 4.2.1 Leerder kan ten minste eie vlotste taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Vaste stof o Vloeistof o Gas o Energie verloor o Energie verkry

Beskrywe die drie fases waarin materie aangetref kan word

(vaste stowwe, vloeistowwe, gasse).

Beskrywe hoedat stowwe/materiale verander (tekstuur, voorkoms, en fase) wanneer energie geabsorbeer (verkry) of vrygestel (verloor) word.

Wk 13

14 -

15

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Om bekende stowwe op te los – oplosbaar en onoplosbaar 4.1.1 Leerder dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

Definieer kortliks die konsepte: o Oplos o Oplossing o Stof

Wk 14 - 15

Page 12: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 7 -

Dra idees by oor bekende stowwe (materiale/bestanddele bv. koffie, melkpoeier en suiker) in die alledaagse lewe. Identifiseer interessante aspekte van dié stowwe wat tot 'n

ondersoek kan lei of hulle kan oplos of nie. Identifiseer ook faktore wat die tempo kan beïnvloed waarteen

hulle oplos (bv. temperatuur van die water, grootte van die korrels of deeltjies van die vaste stof, of dit geroer of geskud word).

Ondersoek: Watter stowwe is oplosbaar en watter is onoplosbaar in water?

4.1.2 Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Verken die beskikbare stowwe om te sien of hulle kan oplos. Vind uit hoedat die verskillende stowwe reageer wanneer jy

die faktore verander wat bepaal hoedat hulle oplos (verhit, roer, ens.).

4.1.3 Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Praat oor waarnemings, en teken resultate (oplosbare en onoplosbare stowwe) in 'n tabel aan.

Teken die tyd aan wat dit stowwe neem om op te los wanneer jy hulle verhit, roer, ens. Trek 'n grafiek om die resultate te toon.

Suggereer soortgelyke situasies in die alledaagse lewe waar jy die oplos van stowwe waargeneem het.

16 -

17

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Die drie fases van water – smeltende ys en kookwater 4.1.1 Leerder dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

Definieer kortliks die konsepte: o Vaste stof – ys o Vloeistof – water o Gas – waterdamp o Smeltpunt o Kookpunt o Stof o Verken o Om te smelt o Om te kook o Om te vries o Om te verdamp o Om te kondenseer

Maak bydraes oor wat bekend is in verband met water

wanneer dit in verskillende fases is (ys, water, waterdamp, hael, sneeu, stoom, ens.) Identifiseer interessante aspekte van water om ondersoek te word (bv. Smelt, Kook, Vries, Verdamp, Kondenseer).

Wk 16 - 17

Page 13: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 8 -

Voorbeelde van Vrae: Ondersoek: Wat gebeur met water terwyl ons dit tot

kookpunt verhit? Wat gebeur met ys terwyl ons dit verhit?

4.1.2 Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Verken hoedat hitte ys na water verander (vaste stof na vloeistof)

Neem veranderings waar en/of meet die temperatuur elke vyf minute terwyl die ys verhit word totdat dit alles gesmelt het.

Verhit water totdat dit kook, en doen waarnemings en/of neem die temperatuur elke 5 minute.

Teken en skryf om die waarnemings/metings vas te lê. Trek 'n grafiek van die temperatuurveranderings.

Verken ander stowwe wat van fase kan verander wanneer dit verhit word (bv. margarien, sjokolade, malvalekkers, jellie, roomys, ens.).

4.1.3 Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Praat oor waarnemings. Ondersoek en skryf en teken hoedat die fases van water

gebruik kan word (bv. bevriesing om kos te laat hou, stoom om kos sag te maak, waterdamp word gebruik om turbines aan te dryf, ens.).

18

LU 2

Om Wetenskaps-

kennis te Konstrueer

Eienskappe van materiale 4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting, en gebruik eie vlot taal om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Materie o Materiale o Klassifiseer, kategoriseer, sorteer o Eienskappe – soepelheid, hardheid en oplosbaarheid o Klasse materiale – erdeware, polimere, metale

Noem en beskrywe die eienskappe (bv. soepelheid, hardheid

en oplosbaarheid) van 'n reeks materiale/voorwerpe soos papier, plastiek, glas, tou, koperdraad, ens.

4.2.2 Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van 'n sigbare eienskap

Kategoriseer alledaagse materiale in drie groot klasse van materiale (erdeware, polimere, metale) na aanleiding van hul voorkoms.

Wk 18

Page 14: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 9 -

19

1-3 Voorstelle vir Konsolidering:

o Eienskappe van materiale: Maak iets met materiale om gebruik te maak van hul eienskappe bv. breiwerk, weefwerk, maak van 'n skuiling, ens.

o Fases van materie: Gebruik toepaslike materiale om faseveranderings aan te toon (bv. brood bak, jellie maak, hout lym, ens.). Skryf, maak en teken.

o Om op te los: Ondersoek, skryf en bied maniere aan waarop oplosbare en onoplosbare stowwe in die alledaagse lewe gebruik word (bv. medisynes, kookwerk, verfwerk, ens.).

o Om te smelt en te kook: Lees inligting oor hoedat stoomenjins gewerk het. Lees resepte oor hoe om roomys te maak. Maak ys-suigstokkies.

o Klasse materiale; Doen 'n opname en teken alle materiale aan wat tuis gebruik word. Maak 'n tabel om hulle in hul verskillende klasse te sorteer.

Wk 19

20

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2

Wk 20

21

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3

Wk 21

Page 15: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 10 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 4

KWARTAAL 3: LEWE EN LEWENDES

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

21 -

22

1-3

INLEIDING TOT WETENSKAP: LEWE EN LEWENDES Hersien kortliks:

o Dele van die menslike liggaam en die doel daarvan o Diere en plante het dieselfde behoeftes as ons aan

voedsel, water en lug o Ooreenkomste tussen die mens se liggaamsdele en diere

se liggaamsdele o Hoe afhanklik die mens van plante en veeteelt vir voedsel

is o Oordrag van siektes deur diere na mense o Daar is 'n verskeidenheid plante en diere wat

interessante sigbare verskille sowel as ooreenkomste vertoon, en hulle kan volgens hul ooreenkomste gegroepeer word

o Voedsel en kulturele diversiteit o Plante en diere verander met die dat hulle groei, en die

jare verbygaan, en die seisoene verander

Wk 21 - 22

23

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Lewensprosesse

Definieer kortliks die konsep: Kenmerke van lewende organismes

o Voeding o Asemhaling o Ontlasting o Voortplanting o Gevoeligheid vir lig, hitte, aanraking, geluide, reuke en

smake o Kan self beweeg o Groei

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe lewensprosesse van mense en diere (bv. voeding, asemhaling, voortplanting, ontlasting, vermoë om self te beweeg, gevoeligheid en groei).

Beskrywe hoedat lewende dinge al die bogenoemde kan doen.

Beskrywe dat nie-lewende dinge nie al die bogenoemde dinge kan doen nie.

4.2.2 Kategoriseer inligting. Sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van sigbare eienskappe

Wk 23

Page 16: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 11 -

Kategoriseer lewende en nie-lewende dinge volgens hul

voorkoms (gebruik prente en werklike voorwerpe).

24

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LO3

Sintuie Definieer kortliks die konsep: o Sintuie

Sig Gehoor Smaak Tassin Reuksin Gevoeligheid (doel van die sinne)

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem die sintuigorgane van mense en diere (bv. vel, ore, oë, tong, neus).

Beskrywe hoedat mense en diere deur die vyf sintuie op hul omgewing respondeer (stimulus-respons): hare rys wanneer gevaar aangevoel word, ens.).

Identifiseer tegnologiese toestelle wat gehoor- en gesiggestremde mense help (bv. gehoortoestelle, Braille-toestelle ens.).

Wk 24

25 -

26

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Voortplanting in plante Definieer kortliks die konsepte:

Voortplanting Vegetatiewe voortplanting (sonder sade) Seksuele voortplanting (met sade) Stam Blaar Knol Bol Stingelknol

Vegetatiewe voortplanting 4.1.1 Beplanning van ondersoeke: dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee Ondersoek: Watter dele van 'n plant kan vegetatief voortplant?

Leerders dra idees by vir ondersoek na vegetatiewe voortplanting (bv. wortel, stam of blaar).

Identifiseer interessante aspekte wat tot 'n ondersoek aanleiding kan gee (bv. waar dit die beste sal groei: grond en/of water).

Wk 25 - 26

Page 17: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 12 -

4.1.2 Voer ondersoeke uit en versamel data: Verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Leerders stel ondersoek in oor watter dele van die plant (bv. wortel, stam of blaar) vegetatief voortplant, en hulle teken hul waarnemings (data) oor 'n tydperk aan. (Data kan d.m.v. tekeninge en kort beskrywende notas aangeteken word).

4.1.3 Evaluering van data en kommunikeer van bevindings: Praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Beskrywe wat uit die waarnemings geleer is. Suggereer moontlike verbande met ander

voortplantingsituasies (bv. boere massaproduseer plante uit steggies).

Lewensiklusse (seksuele voortplanting) 4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe voortplanting van lewende organismes (bv. babas, sade, ens.) (Teken of konstrueer Lewensikluswiele van Mense en Plante, bv boontjies; Skryf 'n paragraaf om die stadiums in die lewensiklus te beskrywe).

26 -

27

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Landdiere – Ekostelsels 4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe Definieer kortliks die konsepte:

o Ekostelsels o Habitats o Voedselkettings o Hoedat die vel van verskillende diere by hul habitat

aangepas is

Beskryf verskillende ekostelsels (bv. see, woud, woestyn, ens.).

Beskryf verskillende habitats (bv. in die grond, onder klippe, tussen dooie blare, in bome ens.).

Beskrywe voedselkettings (bv. deur mobiele te teken of te bou).

4.2.2 Kategoriseer inligting: Sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van sigbare eienskappe.

Kategoriseer diere na aanleiding van die voorkoms van hul velle in twee verskillende ekostelsels (bv. padda en akkedis).

Wk 26 - 27

Page 18: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 13 -

28

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

Die belangrikheid van water in die ekostelsel

Definieer kortliks die konsepte: o Watersiklus

Kondensasie Verdamping Neerslag Verhitting deur son (sonbestraling)

o Groei: water, lig en lug (fotosintese)

4.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe die belangrikheid van water vir lewende organismes in die ekostelsel. (bv. breinkaart, collage, skryf, ens.).

Teken die watersiklus en beskrywe dit in eie woorde. 4.3.1 Leerder beskrywe hoedat plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het

Ondersoek watter impak menslike aktiwiteite (bv. waterbewaring) op die gehalte en hoeveelheid van waterhulpbronne het.

Wk 28

29

1-3

Voorstelle vir konsolidering: o Maak 'n plakkaat of tekening met opskrifte en etikette van 'n

ekostelsel. (Teken, of knip en plak prente uit koerante / tydskrifte.)

o Lys vyf lewende organismes wat in die ekostelsel aangetref word, en verduidelik waarom hulle lewend is.

o Lys vyf nie-lewende dinge wat in die ekostelsel aangetref word. o Kies 'n dier en 'n plant en beskrywe hoedat elkeen aangepas is

om in hierdie ekostelsel te lewe. o Skryf 'n paragraaf om te sê waarom water vir hierdie ekostelsel

belangrik is.

Wk 29

30

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4

Wk 30

Page 19: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 14 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 4

KWARTAAL 4: PLANEET AARDE EN VERDER

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

31

1-2

INLEIDING TOT WETENSKAP: PLANEET AARDE EN VERDER Hersien kortliks:

Eienskappe, posisie en bewegings van voorwerpe (Son, Maan, wolke ens.) in die lug.

Weerveranderings van dag tot dag (temperatuur, sonnig/bewolk, windrigting en -snelheid, (met gebruikmaking van Beaufort-skaal) reënerig of droog).

Ongewone weersomstandighede wat af en toe voorkom, voorbeelde, (tornado's, orkane, weerligstorms, oorstromings) en die impak hiervan op mense.

Tipes grond (kleigrond, slikgrond, sanderige grond, leemgrond) en geskiktheid vir plantlewe.

Faktore wat by gronderosie betrokke is (wind, water, hitte en koue).

Wk 31

32

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Grondtipes 4.2.1 Leerder gebruik ten minste eie vlotste taal om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Aardmateriale (klippe en grond) o Verwering o Bogrond o Grond en die eienskappe daarvan Sanderige grond Leemgrond Kleigrond Slikgrond

Noem die bestanddele van grond (bv. klipdeeltjies, kleideeltjies,

slikdeeltjies, sanddeeltjies, humus). Beskrywe die eienskappe van grond (bv. grootte van deeltjies,

kleur, tekstuur, reuk). 4.2.2 Leerder sorteer voorwerpe en organismes na aanleiding van 'n sigbare eienskap

Kategoriseer die verskillende grondtipes na gelang van voorkoms, tekstuur, verhouding van klei-, slik- en sanddeeltjies, ens.

Wk 32

Page 20: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 15 -

33

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

4.1.1 Leerder dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

Identifiseer interessante aspekte van grond. Dra idees by van bekende situasies oor die gebruik van grond

wat tot 'n ondersoek sou kon lei (bv. om 'n woning te bou, gewasse te plant, erdeware te maak, ens.).

Dra idees by van artikels wat gebruik kan word (bv. houer, tregter, ens.) om die waterhouvermoë van verskillende grondtipes te ondersoek.

Ondersoek: Kan sommige grondtipes meer water inhou as ander? 4.1.2 Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Verken hoeveel water verskillende grondtipes kan inhou (grond wat by verskillende plekke gekry is).

Teken aan (meet) hoeveel water deur die verskillende grondtipes loop). Bereken hoeveel van die water deur die verskillende grondtipes ingehou is.

4.1.3 Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies.

Praat oor waarnemings. Lê 'n verband tussen die grootte van die deeltjies waaruit die grond bestaan, en die waterhouvermoë daarvan.

Suggereer moontlike verbande met ander situasies (watter eienskappe moet grond hê vir sekere gewasse om te groei?).

Wk 33

34

LU 3

Wetenskap,

Samelewing en die Omgewing

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 Hoedat aardmateriale gebruik is 4.3.1 Leerder beskrywe hoedat plaaslike inheemse kulture wetenskaplike beginsels en tegnologiese produkte vir spesifieke doeleindes gebruik het

Definieer kortliks die konsepte: o Inheems o Kulture o Wonings o Wetenskaplike beginsels o Insuleer, versier, pleister o Boumateriale

Beskrywe hoedat inheemse kulture wetenskaplike beginsels

gebruik het om:

Wk 34

Page 21: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 16 -

o Wonings te bou, te insuleer en te versier o Stene en pleister te maak om landelike geboue te

versier, en om nuttige huishoudelike items, byvoorbeeld kleipotte, te maak.

35-36

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Die Weer 4.2.1 Leerder gebruik ten minste eie vlotste taal om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Atmosfeer o Weer o Meetinstrumente o Weerhaan o Termometer o Windkous o Beaufort-skaal vir windsnelheid o Reënval o Temperatuur o Neerslag o Grade Celsius o Weerkaart o Weerstasie o Plek o Wolkbedekking

4.1.1 Leerder dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding kan gee

Dra idees by oor bekende weertoestande (bv. sonnig, koud, donderweer, weerlig, ens.).

Identifiseer interessante aspekte van die daaglikse weer om te ondersoek (temperatuur, sonnig/bewolk, windrigting en -snelheid, reënerig of droog).

Ondersoek: Hoe verander die weer oor 'n tydperk van 14 dae?

4.1.2 Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Verken die verskillende items wat nodig is om 'n weerstasie te maak.

Maak weerinstrumente met hergebruikte items, bv. 'n windkous, reënmeter, ens.

Vind uit hoe om die instrumente te lees en lesings op te teken. Leer hoe om 'n termometer te lees.

4.1.3 Leerder praat oor waarnemings en suggereer moontlike verbande met ander situasies

Teken daaglikse waarnemings van die weer aan (temperatuur, windspoed en -rigting, sonnig/bewolk, reën).

Wk 35 - 36

Page 22: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

- 17 -

Trek grafieke van temperatuurlesings vir elke week. Suggereer moontlike verbande met ander situasies (bv. die

uitwerking van die weer op mense en die omgewing).

37

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Sonnestelsel Son, Aarde en Maan 4.2.1 Leerder gebruik ten minste eie vlotste taal om voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Sonnestelsel o Aarde, Maan, Son o Aardas o Omwenteling (draai) o Kringloop (sirkelgang)

Beskrywe die Sonnestelsel (modelle of prente met etikette). Beskrywe die beweging van die Aarde in verhouding tot die son

(Aarde voltooi sirkelgang (wentelbaan) om die Son.) Maan in wentelbaan om Aarde.

Dag en nag – omwenteling Beskrywe die omwenteling (draai) van die aarde om sy eie as

om dag en nag te verduidelik. (Maak of gebruik 'n model van die Aarde en gebruik 'n lamp of flits vir die Son.)

Wk 37

38

1-3

Voorstelle vir konsolidering:

o Grond: laat saad in verskillende tipes grond groei, en beskrywe resultate; maak kleipotte ens.

Wk 38

39

1-3

Voorstelle vir konsolidering o Weer: Hou 'n weerjoernaal, en skryf en teken oor

verskillende weertoestande, lees koerantartikels oor uiterste weertoestande en die uitwerking daarvan op mense, TV-weerberigte en weerkaarte in koerante, ens.

o Dag en nag: skryf oor dag en nag, rapliedjie oor omwenteling en kringloop, ens.

Wk 39

40

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6

Wk 40

Page 23: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

DEEL DRIE: BYLAE

WETENSKAPLIKE ONDERSOEK: GRAAD 4

'n Gids tot ondersoeke vir onderwysers en hul leerders Identifiseer 'n aspek van 'n natuurverskynsel (plante, diere, die weer, klippe, brand, elektrisiteit ens.) wat jy wil ondersoek. Wanneer jy iets ondersoek, vind jy meer daaromtrent uit deur iets waar te neem of te meet wat van nature voorkom (deur bv. die daaglikse natuurlike veranderings in die weer waar te neem en te meet). Jy kan ook ondersoek instel na wat gebeur wanneer jy iets doen om 'n natuurverskynsel te beïnvloed (bv. deur sout of suiker by water te voeg om te sien of dit die temperatuur van kokende water beïnvloed). Jy kan ook ondersoek instel oor hoe om iets te maak wat met 'n natuurverskynsel verband hou (bv. hoe om jou huis in warm weer koeler te maak). Jy kan die volgende formaat gebruik om jou deur 'n ondersoek te lei. LU1 AS1: BEPLAN ’N ONDERSOEK NB: Hierdie deel word as 'n klas gedoen, met 'n onderwyser en leerders A. Wat weet ons reeds?

1. Kies 'n onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek. 2. Maak 'n breinkaart van alles wat jy van die onderwerp / natuurverskynsel weet.

B. Wat wil ons nog meer uitvind?

1. Onderwyser help leerders om vrae te stel oor wat hulle nog meer oor die onderwerp wil weet. Onderwyser skryf al die vrae op die bord.

2. Onderwyser en leerders besluit watter van die vrae dit moontlik is om in 'n klaskamersituasie te ondersoek, en watter nie (sou in boeke nagevors kon word).

3. Onderwyser en leerders identifiseer een spesifieke vraag om te ondersoek. 4. Onderwyser en leerders bespreek die volgende:

• Apparaat / materiale benodig • Wat gaan die leerders waarneem of meet of versamel? • Hoeveel keer gaan hulle waarnemings maak of metings neem? • Watter meetinstrumente word benodig? • Waar gaan jy jou metings aanteken? (in watter formaat) • Veiligheidsmaatreëls.

LU1 AS1: PLAN NB: die volgende deel word deur leerders gedoen Wat wil ons uitvind?

1. Onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek (skryf). 2. Jou ondersoekvraag (skryf) 3. Voorspel: Wat dink jy gaan in die ondersoek gebeur?

LU1 AS2 :VOER DIE ONDERSOEK UIT EN VERSAMEL DATA C. Wat moet ons doen om uit te vind?

1. Gebruik die apparaat om 'n geskikte prosedure uit te voer (verken die materiale, maak 'n reeks waarnemings of metings ens.).

2. Teken jou waarnemings en metings op 'n geskikte manier aan (in 'n tabel, 'n tekening ens.). LO1 AS3 : EVALUEER DATA EN KOMMUNIKEER BEVINDINGS D. Wat vertel die resultate ons?

1. Verduidelik wat jy geleer het (skryf, teken, beantwoord vrae). 2. Besluit of die ondersoek jou oorspronklike vraag suksesvol beantwoord het of nie. (skryf) 3. Besluit of jou voorspelling korrek was of nie. (skryf) 4. Het jy nog ander vrae vir verdere ondersoeke? (skryf) 5. Gee 'n alledaagse voorbeeld van iets wat jy uit hierdie ondersoek geleer het.

Page 24: Fase Intermediêre Werkskedule · 4.1.1 Beplan ondersoek: Dra idees by oor bekende situasies, behoeftes of materiale, en identifiseer interessante aspekte wat tot ondersoeke aanleiding

Assesseringsinstrument vir NW-ondersoeke String: _____________________ Onderwerp_____________ ASSESSERINGSTAAK _______________________________

Vorm van assessering: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK vir Graad 4 NW LU 1 AS 1 Beplan Kommentaar: Leerder kon vorige kennis kommunikeer Leerder was in staat om 'n aspek te identifiseer wat ondersoek kan word Leerder was in staat om van die apparaat te beskrywe wat benodig word 1 punt elk = 3 punte

Kommentaar:

LU1 AS2 Voer uit

Was self in staat om die aanwysings veilig en noukeurig uit te voer 3 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser die aanwysings korrek uit te voer 2 punte

Leerders het gesukkel om aanwysings uit te voer, selfs met hulp van onderwyser 1 punt

Nie gedoen nie 0

Was self in staat om noukeurige, gedetailleerde en akkurate metings en waarnemings te doen. 6 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 4 punte

Leerders het gesukkel om selfs met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 2 punte

Nie gedoen nie 0

LU1 AS3 Evalueer

Kon sonder hulp van onderwyser in detail verduidelik wat geleer is, kon hierdie kennis na ander situasies herlei 6 punte

Kon met hulp van onderwyser verduidelik wat geleer is 4 punte

Leerder het gesukkel om te verduidelik wat geleer is, het 'n paar wanopvattings gehad 2 punte

Nie gedoen nie. 0

Leerder se gedrag was goed. Werk was fluks gedoen. Werk was netjies gedoen. Halwe punt elk = totaal 2 punte: ________ Leerder het opgeruim.

Totale punte 20: ______ Onderwyser: _______________ Datum: ___/___/2009