ondersteuningsdienste spesiale … · leergeremdheid (bv. disgrafia) leergestremdheid (bv....
TRANSCRIPT
1
Anita Boonzaaier Michelle van der Merwe Onderwysspesialis Opvoedkundige Sielkundige Tel: 012 347 0277 X 169 Tel: 012 347 0277 X 116 E-pos: [email protected] E-pos: [email protected]
ONDERSTEUNINGSDIENSTE
SPESIALE KONSESSIEBELEID
2
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING
2. AGTERGROND
2.1 Definisie van assesseringstekortkominge
2.2 Definisie van konsessies
2.3 Hoekom is dit nodig dat konsessies toegestaan word?
2.4 Wanneer konsessies nie oorweeg word nie
2.5 Belangrike beginsels
3. DIE ROL VAN DIE DISTRIK KONSESSIEKOMITEE (DCC) EN PROVINSIALE KONSESSIEKOMITEE (PCC)
4. VERANTWOORDELIKHEID VIR REGVERDIGE EKSAMINERING VAN LEERDERS WAT HINDERNISSE
M.B.T. ASSESSERING ONDERVIND
4.1 Verantwoordelikhede van skool
4.2 Verantwoordelikhede van Distrikskantoor
4.3 Verantwoordelikhede van die Provinsiale Strukture
4.4 Verantwoordelikhede van die Direkteur: Assessering en Eksaminering
5. GROEPERINGE VAN LEERDERS WAT VIR SPESIALE KONSESSIES KWALIFISEER
5.1 Die volgende leerders kan vir konsessies in aanmerking kom
5.1 Verduideliking van verskeie hindernisse
6. UITEENSETTING VAN KONSESSIES
7. VERDUIDELIKING VAN ALGEMEENSTE KONSESSIES
7.1 Ekstra tyd
7.2 Leser
7.3 Skrywer
7.4 Beplanner
7.5 Vergrote druk
7.6 Die gebruik van ‘n persoonlike assistent
7.7 Rusbreuk
7.8 Handskrif
7.9 Spelling
7.10 Medikasie / inneem van kos
7.11 Spesifieke toerusting
3
7.12 Die gebruik van rekenaars/woordverwerkers
7.13 Ad hoc-ondersteuning
7.14 Kwytskelding van Wiskunde
8. AANSOEKPROSEDURE
9. VOORBEREIDING VAN VRAESTELLE
10. ALGEMENE REËLS EN REGULASIES
11. VOORLOPIGE REËLS TEN OPSIGTE VAN TAALVRAESTELLE
11.1 Puntetoekenning aan leerders in die graad 12-jaar
11.2 Vraestel 1
11.3 Vraestel 2
11.4 Vraestel 3
12. WEDERSYDSE INAGNEMING
13. BRONNELYS
4
1. INLEIDING
Die Departement van Onderwys het ‘n Inklusiewe Opvoedingstelsel (Onderwyswitskrif no. 6 van 2001)
in werking gestel wat daarop gemik is om leerders met leerhindernisse die geleentheid te bied om
binne ‘n hoofstroomomgewing hul onderrig te ontvang. Hoërskool Waterkloof is daarop ingestel om
elke leerder ‘n regverdige kans tot opvoeding en eksaminering te bied. Dus implementeer die skool
konsessiereëls en -regulasies soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Spesiale
konsessies het deel geword van die skool se daaglikse funksionering en die skool is genoodsaak om ‘n
beleid op te stel. Volgens die reëls wat deur die departement daargestel is, moet skole soos wat dit vir
die skool moontlik is, konsessies toepas. Spesiale konsessies is ‘n vergunning en leerders word binne
die beperkinge van die skool geakkommodeer. Konsessies moet by die skoolprogram en struktuur
aanpas - daar kan nie verwag word dat die skool by konsessiereëlings aanpas nie. Alle vergunnings wat
vir konsessies gemaak word, is ‘n uitsondering op die reël en kan met geldige redes vanaf die skool se
kant gestaak word. Dit is belangrik dat leerders, ouers en personeel hulself vergewis van die inligting
wat in die beleid vervat is om sodoende te verseker dat hulle bewus is van die reëls en regulasies wat
streng gevolg moet word.
2. AGTERGROND
2.1 Definisie van assesseringstekortkominge
Assesseringstekortkominge is geïntegreerde/intrinsieke/ekstrinsieke/sistemiese/sosiale of kurrikulum-
faktore wat voorkom dat ‘n leerder tydens assessering volledig verslag kan doen van
kennis/vaardighede of akademiese vermoëns (SAOU aanbieding: Departementele riglyne).
2.2 Definisie van konsessies
Konsessies is alternatiewe wyses van assessering vir leerders met assesseringstoornisse. Konsessies
behels die ondersteuning van leerders met assesseringstoornisse tydens assessering en eksamenering
(SAOU aanbieding: Departementele riglyne). Leerders wat by konsessies kan baatvind, ervaar
gewoonlik een van die volgende hindernisse:
Gestremdheid (bv. fisiese gestremdheid)
Leergeremdheid (bv. disgrafia)
Leergestremdheid (bv. disleksia)
Gedragstoornis (bv. aandaggebrek-hiperaktiwiteit sindroom ADHD)
Onbeplande situasies (bv. moet in hospitaal met behulp van ‘n leser en skrywer eksamen skryf
na motorongeluk)
5
(SAOU aanbieding: Departementele riglyne)
2.3 Hoekom is dit nodig dat konsessies toegestaan word?
Konsessies beperk die negatiewe impak van assesseringstoornisse gedurende
eksamen/skoolassesseringstake. Dit verseker ‘n ewekansige geleentheid aan alle leerders om te
presteer. Konsessies verhoed dat leerders met assesseringstoornisse te na gekom of gemarginaliseer
word as gevolg van die stoornis wat hul ervaar (SAOU aanbieding: Departementele riglyne).
2.4 Wanneer konsessies nie oorweeg word nie
Leerders met lae kognitiewe funksionering kwalifiseer nie vir spesiale konsessies nie. Konsessies word
slegs toegestaan indien leerders wel die vermoë het om skolasties te presteer. Daar moet op gelet
word dat konsessies nie daargestel is om te verseker dat leerders hul volle potensiaal bereik nie.
Konsessies is nie ontwikkel om immigranteleerders of leerders wie se huistaal nie dieselfde as die taal
van onderrig en leer is, te ondersteun nie. Leerders moet na ‘n skool gaan waar hulle in hul huistaal
onderrig kan ontvang (SAOU aanbieding: Departementele riglyne).
2.5 Belangrike beginsels
Die volgende beginsels moet in gedagte gehou word wanneer spesiale konsessies in skole toegepas
word:
Leerders met hindernisse moet so gou as moontlik geïdentifiseer word. Daar moet verkieslik
voor of gedurende die graad 10-jaar by die departement van Onderwys aansoek gedoen word.
Volgens departementele riglyne sal nuwe aansoeke nie in graad 12 oorweeg word nie
(Staatskoerant: nr. 37651, 16 Mei 2014).
Alle eksamenregulasies en reëls geld.
Redelike aanpassings moet gemaak word en individuele ondersteuning moet gebied word om
leerders ‘n gelyke kans tot onderrig te gee.
Die assesseringstandaarde moet nooit verlaag word nie.
Geen onbillike voor- of nadeel gedurende toetse en eksamens mag toegelaat word nie.
Akademiese verwagtinge vir alle leerders moet dieselfde wees.
Vroeë identifisering is baie belangrik.
Alternatiewe metodes van eksaminering vir leerders met spesiale leerbehoeftes moet so gou as
moontlik in plek wees.
Die doel is om elke leerder met die nodige toepaslike konsessies ‘n regverdige kans op gelyke
onderwys in die onderwyssisteem te gee.
6
Gelyke geleenthede moet vir leerders gebied word om verslag te gee van kennis/vaardighede.
Konsessies moet regverdig, geldig en toepaslik toegepas word.
Konsessies is slegs vir leerders met die potensiaal om te slaag.
Konsessies moet gebaseer word op ondersteuning wat benodig word, nie op die kategorie van
gestremdheid of geremdheid nie.
Adresseer die hindernis - moenie daarvoor kompenseer nie.
Pas toegewings so gou as moontlik vir leerders met assesseringstoornisse toe sodat hulle
gewoond kan raak aan hierdie wyse van eksaminering.
(Government Gazette: nr. 37652, 16 May 2014; SAOU aanbieding: Departementele riglyne)
Die volgende moet in ag geneem word:
Die doel van die assessering (bv. basis; formatief; diagnosties; evaluerend of summatief).
Vaardighede wat gemeet word (bv. wiskundige bewerking teenoor lees van lang woordsomme
met moeilike woorde vir leerders met leesgeremdhede).
Die uitkomste wat die assesseerder met die bepaalde aktiwiteit wil bereik.
(tempo/gesindheid/vaardigheid/kennis, ensovoorts).
Vakvereistes: bv. Rekeningkunde teenoor Geskiedenis.
(SAOU aanbieding: Departementele riglyne)
3. DIE ROL VAN DIE DISTRIK KONSESSIEKOMITEE (DCC) EN PROVINSIALE KONSESSIEKOMITEE (PCC)
Die Distrik Konsessiekomitee (DCC) administreer en moniteer alle Spesiale Konsessies. Verder
rapporteer die DCC aan die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC). Die PCC hou toesig oor die DCC se
administrasie en bestuur van konsessies.
Rol van die Distrik Konsessiekomitee (DCC):
Opleiding van onderwysers.
Opleiding van spesialiste.
Hanteer enige appѐlle, sowel as noodkonsessies.
Monitering van konsessies gedurende eksamens.
Rol van die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC):
Die DCC klop by die PCC aan vir enige navrae en hulp. Die PCC het die finale sê oor enige
bespiegelinge rondom konsessies. Slegs die PCC kan die konsessie van ‘n leser en skrywer
toestaan (Government Gazette: nr. 37652, 16 May 2014; SAOU aanbieding: Departementele
riglyne).
7
4. VERANTWOORDELIKHEID VIR REGVERDIGE EKSAMINERING VAN LEERDERS WAT HINDERNISSE
M.B.T. ASSESSERING ONDERVIND
4.1 Verantwoordelikhede van skool
Die hoof van die skool is verantwoordelik vir die oorkoepelende bestuur en ondersteuning van leerders
wat gebruik maak van gedifferensieerde assesserings en aanpassings. Die “School Based Support
Team” (SBST) is verantwoordelik vir die identifisering van leerders wat konsessies benodig, die
voltooiing van aansoekvorms, aanheg van al die nodige dokumentasie, die stuur van dokumentasie na
die distrikskantoor en die implementering van besluite wat deur die distrikskantoor gemaak is
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
4.2 Verantwoordelikhede van Distrikskantoor
Die Distrik Konsessiekomitee (DCC) moet die aansoeke nagaan en kanaliseer na die toepaslike sub-
strukture binne die distrik. Die aanbevelings wat deur die substrukture gemaak is, moet dan ge-
evalueer word en die besluit moet na die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC) gestuur word. Die Distrik
Konsessiekomitee (DCC) moet ‘n paneel van lesers en skrywers identifiseer of enige ander persoon wat
nodig mag wees om te help met die assessering en eksamenering van leerders (Government Gazette:
nr. 37652, 16 Mei 2014).
4.3 Verantwoordelikhede van die Provinsiale Strukture
Die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC) moet alle aansoeke hersien en deurstuur na onderskeie
substrukture vir ‘n deeglike evaluering sodat aanbevelings gemaak kan word. Die Provinsiale
Konsessiekomitee (PCC) moet ‘n finale besluit neem en aanbevelings per leerder deurstuur na die
Direkteur van Assesserings en Eksaminerings met spesifieke gedifferensieerde assesserings en
akkommoderings wat vereis word. Die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC) moet verseker dat ‘n paneel
van lesers en skrywers voor eksamens opgelei word. Lesers en skrywers of enige ander persoon wat
leerders gedurende assesserings en eksamenerings bystaan moet vergoed word (Government Gazette,
No. 37652, 16 May 2014).
4.4 Verantwoordelikhede van die Direkteur: Assessering en Eksaminering
Die Direkteur van Assesserings en Eksaminerings moet verseker dat alle besluite rondom konsessies
geïmplementeer word (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
5. GROEPERINGE VAN LEERDERS WAT VIR SPESIALE KONSESSIES KWALIFISEER
5.1 Die volgende leerders kan vir konsessies in aanmerking kom:
8
Leerders wat spesiale onderwysbehoeftes het a.g.v. ‘n leergestremdheid, leerprobleme of
gedragsprobleme of psigo-sosiale sindrome.
Leerders wat met mediese, sosiale, emosionele of huislike uitdagings gekonfronteer word.
Konsessies word nie toesgestaan indien taal die probleem is (wat voorkom) nie. Leerders
moet in hul moedertaal onderrig ontvang.
Leerders se behoeftes kan met verloop van tyd verander en moet elke twee jaar
heroorweeg word.
Die “School Based Support Team” (SBST) sal in samewerking met die departement besluite
neem rondom die tipe konsessies wat aan leerders toegeken kan word. Die aanbeveling
word dan deurgegee aan die Provinsiale Konsessiekomitee (PCC) en hulle neem die finale
besluit aan die hand van al die inligting wat tot hul beskikking is. Dus het die praktisyn wat
die assessering gedoen het nie die finale sê oor enige leerder se konsessie nie.
Indien die skool appèl wil aanteken, teen ‘n besluit moet dit binne twee maande vanaf die
datum van die terugvoer vanaf die departement geskied. Slegs die oorspronklike aansoek
sal dan ooweeg word en daar kan slegs verdere toetse gedoen word indien die
departement dit verlang.
Die hindernisse wat leerders ervaar sowel as die konsessies wat aan hulle toegestaan word,
moet duidelik op die graad 12-registrasievorms aangedui word.
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014)
Groep 1 bestaan uit leerders met die volgende hindernisse:
Dowe leerders
Hardhorende leerders
Blinde leerders
Swaksiende leerders
Fisies gestremde leerders
Doofblinde leerders
Leerders met epilepsie
Leerders met afasie
Groep 2 bestaan uit leerders met die volgende hindernisse:
Leesprobleme (Disleksie)
Spellingprobleme
9
Skryfprobleme (Disgrafie)
Probleme met wiskunde (Diskalkulie)
ADD/ADHD
Psigiatriese versteurings
Groep 3 bestaan uit leerders wat om verskillende redes ‘n noodkonsessie benodig:
Hospitalisasie
Beserings en siektes
Diabetes
Ernstige trauma
Gevangenskap
Swangerskap
Enige nood of ernstige krisis
5.2 Verduideliking van verskeie hindernisse
Sensoriese gestremdhede:
(a) Visuele gestremdhede
Hierdie onderafdeling sluit gedeeltelike versiendheid, lae visie of kleurblindheid in en kan vereis dat
daar aanpassings volgens departementele voorskrifte aan die inhoud gemaak word. Verder kan
leerders ook gebruik maak van tegnologie om hul situasie te vergemaklik. Indien ernstige gevalle
voorkom, sal leerders na spesialisskole verwys word waar hul unieke behoeftes aangespreek kan word
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
(b) Dowe of hardhorende leerders
Gehoorgestremdheid word op ‘n kontinuum van intensiteit gemeet en kan leerders verhinder om taal
aan te leer, op beide reseptiewe en ekspressiewe vlak. Dowe leerders maak primêr gebruik van
gebaretaal en dus moet die inhoud en wyse van eksaminering aangepas word om hierdie leerders te
akkommodeer. By hardhorende leerders word die leeromgewing ook aan die hand van die omvang van
die gestremdheid aangepas (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
(c) Doofblinde leerders
Bogenoemde leerders kan ernstige kommunikasie- en ontwikkelingsagterstande toon en spesiale
onderwysbehoeftes ervaar. Dus moet hierdie gevalle individueel volgens die kind se unieke situasie
binne ‘n spesialisskool aangespreek word (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Fisiese gestremdhede:
10
Sommige leerders beleef hindernisse a.g.v. beperkte funksionering in hul hande, arms, bene, bolyf en
nek. Leerders met bogenoemde hindernisse moet met behulp van aangepaste toetstye of tegnologie
gedurende assesserings geakkommodeer word (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Spraak- of kommunikasie-hindernisse:
Leerders kan ook hindernisse beleef waar dit vir hulle moeilik is om te praat of hulself verbaal uit te
druk. Hierdie leerders sal dit moeilik vind om die kennis wat hulle het weer te gee en word gewoonlik
binne gespesialiseerde skoolomgewings ondersteun (Government gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Leerprobleme:
Leerders kan leerprobleme ervaar wanneer hul hindernisse beleef ten opsigte van die ontvang,
verwerking, uitdrukking of herroeping van inligting in een of meer area. Dit kan die leerder se vermoë
om te verstaan, te interpreteer, die oordrag van kennis of vaardighede, reseptiewe of ekspressiewe
taal, spelling, grammatika, die volg van instruksies, ruimtelike verhoudings, ensovoorts, beïnvloed
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Ernstige handskrifprobleme:
Sommige leerders kan presenteer met ernstige probleme ten opsigte van hul vermoë om inligting
geskrewe weer te gee. Hierdie hindernisse kan tot so ‘n mate voorkom dat dit so te sê onmoontlik is vir
die onderwyser om sin te maak van wat die leerder geskryf het (Government Gazette, No. 37652, 16
May 2014).
Probleme met getalle en numeriese konsepte:
By sekere leerders kan probleme manifesteer as wiskunde-angs en diskalkulie wat ‘n hindernis is wat
voorkom in die ontvang, begrip of produksie van kwantitatiewe en ruimtelike informasie (Government
Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Gedrag en psigo-sosiale hindernisse:
Indien leerders ernstige gedrag of psigo-sosiale hindernisse beleef, kan dit nodig wees om
ondersteuning te bied om die hindernisse te bemiddel. Bogenoemde hindernisse kan tydelik wees,
byvoorbeeld in ‘n geval waar ‘n leerder ‘n traumatiese ervaring beleef het of dit kan langdurig wees
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Outistiese spektrum, Angsversteurings en Aandagtekort-hiperaktiwiteitsindroom:
Leerders wat enige van die bogenoemde sindrome ervaar, kan gedisoriënteerd raak wanneer hulle aan
assesseringsgeleenthede blootgestel word. Bogenoemde kan hierdie leerders verhoed om volgens hul
vermoëns te presteer. Aanpassings kan gemaak word om hierdie leerders te akkommodeer en dit kan
11
waardevol wees om hulle soveel as moontlik te bemoedig (Government Gazette, No. 37652, 16 May
2014).
Mediese toestande:
Leerders met diabetes, epilepsie, chroniese pyn, wat HIV positief is of met vigs presenteer, sal ook
aanpassings met eksaminering benodig (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
6. UITEENSETTING VAN KONSESSIES
Opsomming van konsessies:
Kode Tipe Konsessie Riglyne wat konsessie vergesel
A Rusperiodes Maksimum rusperiode = 45
minute per vraestel (Diabetes,
spastiese/fisiese kondisies,
Chroniese Moegheidsindroom)
afhangend van die lengte van
vraestel. Die tyd wat vir die
rusbreuk gebruik is, sal bygevoeg
word by die leerder se
eksamensessie, maar die rustyd
kan nie as ekstra skryftyd gesien
word nie.
B Ekstra tyd – 5 minute per uur Leerprobleem (5 -20 minute
ekstra tyd): Stadige
leser/skrywer, kodering- of
taalprosesseringsprobleem wat
deur gestandaardiseerde
sielkundige toetse bevestig is.
Fisiese gestremdheid/Fisiese
kondisie wat ondersteun word
deur mediese verslag.
C Ekstra tyd – 10 minute per uur
D Ekstra tyd – 15 minute per uur
Ekstra tyd – 20 minute per uur
E Alternatiewe vraagstelling Blinde en dowe kandidate.
F Skrywer (15 minute ekstra tyd) Leerders met die volgende
tekortkominge: Visuele
12
beperktheid, doofheid,
hardhorendheid, blindheid,
fisiese beperkinge, erge
leesprobleme, disleksie,
disgrafie, erge spellingprobleme,
erge beplanningsprobleme en
fisiese gestremdheid.
Handskrif-akkommodasie Word toegestaan wanneer
leerders se skrif onleesbaar is.
Nasieners moet hier onnet
handskrif akkommodeer.
Leerders sal ‘n plakker op hul
antwoordstelle kry wat hierdie
konsessie aandui.
Spelling-akkommodasie Word toegestaan indien die
leerder se chronologiese en
spelouderdom merkwaardig
verskil en die leerder dit moeilik
vind om gedagtes weer te gee.
’n Spellingplakker sal op hierdie
leerders se antwoordboeke
geplak word. Nasieners moet
hier alle spelfoute ignoreer
indien die leerder foneties
korrek geskryf het. Met Vraestel
1- dis die taalvraestel - waar
tekstuele uitgawe ge-
eksamineer word en spelling
deel van die inhoud vorm, sal
spelling wel tel.
Medikasie/voedelinname Leerders wat gedurende
13
eksamens kos moet inneem of
medikasie moet neem kan vir
hierdie konsessie saam met ‘n
rusbreuk aansoek doen. ‘n
Aparte lokaal word vir hierdie
konsessie benodig.
G Braille (15 minute ekstra tyd) Blinde kandidate.
H Rekenaar (15 minute ekstra tyd) Erge probleem met skryf a.g.v.
fisiese gestremdheid (bv.
serebraalgestremd).
I Tolk (15 minute ekstra tyd) Dowe kandidate.
J Grootdruk (15 minute ekstra tyd) Visuele gestremdheid of
beperking.
K Beplanner (15 minute ekstra tyd) Swak aandag en
konsentrasievermoë (bv.
epilepsie, Aandaggebrek-
Hiperaktiwiteit Sindroom –
ADHD/ADD, angsversteurings of
ander psigiatriese versteurings).
L Leser Visuele gestremdheid of
beperking (bv. disleksie). Erge
gehoorgestremdheid of fisiese
beperking.
M Herfrasering / Aanpassing van vrae Dowe kandidate asook leerders
met ernstige leerprobleme kan
van hierdie konsessie gebruik
maak.
N Aparte lokaal Leerders wat van ‘n leser en
skrywer, beplanner of
medikasie/voedelinname
konsessie gebruik maak
14
kwalifiseer vir hierdie konsessie.
O Spesiale hulpmiddels (bv. bandhulp) Visuele gestremdheid of
beperking. Erge
gehoorgestremdheid of fisiese
beperking.
P Woordeboeke Immigrante, dowe en
hardhorende kandidate.
Q Ander aanbevelings (bv. kwytskelding van ‘n addisionele
taal of wiskunde.)
[Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014; Distrik Konsessiekomitee (DCC) Aanmeldingsvorm,
2013]
Meganismes vir differensiasie en/of aanpassings:
Differensiasie
strategie of
aanpassing
Visuele
gestremd-
hede /
kleurblind-
heid
Doof /
Hard-
horende
/ Doof /
Blind
Fisiese
hinder-
nisse
Leer-
probleme
Gedrag,
Angs,
ADD/ADHD,
Outisme,
Psigo-
sosiale
sindrome
Beperkte
spraak
Ander
mediese
kondisies
Aanpassing van
vrae
√ √ √ √ √
Ekstra tyd √ √ √ √ √ √ √
Digitale speler
of band-
opnemers
√ √ √ √ √
Braille √
Rekenaar-
programme
(stem na teks
en teks na
stem)
√ √ √ √ √ √ √
15
Differensiasie
strategie of
aanpassing
Visuele
gestremd-
hede /
kleurblind-
heid
Doof /
Hard-
horende
/ Doof /
Blind
Fisiese
hinder-
nisse
Leer-
probleme
Gedrag,
Angs,
ADD/ADHD,
Outisme,
Psigo-
sosiale
sindrome
Beperkte
spraak
Ander
mediese
kondisies
Vergrote druk √ √
Handskrif √ √ √ √ √ √
Medikasie/
neem kos in
√ √ √
Mondelinge
eksamens
√ √ √ √ √ √ √
Persoonlike
assistent
√
Beplanner √ √
Leser √ √ √ √ √
Rusbreuk √ √ √ √ √
Skrywer √ √ √ √ √ √ √
Aparte lokaal √ √ √ √ √ √ √
Gebaretaal
interpreteerder
√
Spelling √ √ √
Transkripsie
van braille
√
Video/DVD
opnemer/
“Web” kamera
√ √
(Government gazette, No. 37652, 16 May 2014)
Neem kennis: Finale besluite word op distriksvlak deur die eksamineringsamptenare van die Distrik
Konsessiekomitee (DCC) van die departement in samewerking met die Provinsiale Konsessiekomitee
16
(PCC) geneem. Gedurende die eindjaareksamen van graad 12-leerders moet daar by alle aparte lokale
‘n personeellid toesig hou en ‘n elektroniese opname van die eksamensessie gemaak word wat saam
met die antwoordstel ingestuur moet word (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7. VERDUIDELIKING VAN ALGEMEENSTE KONSESSIES
7.1 Ekstra tyd
Daar word tydens eksamens en toetse 5 - 20 minute ekstra tyd vir elke uur toegestaan. Leerders met ‘n
stadige werkstempo, fisiese gestremdheid (5 – 15 minute per uur), ernstige leerprobleme (5 – 20
minute per uur), chroniese pyn (15 minute per uur), visuele beperkinge (1½ van die tyd van die
vraestel) en ouditiewe beperkinge (20 minute per uur) sal in hierdie kategorie val (Government
Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.2 Leser
Leerders kan gebruik maak van ‘n leser wanneer die leerder oor ernstige leesprobleme (disleksie) of
swak leesvaardighede beskik. Die vraag word voorgelees deur die leser en die leerder skryf self die
antwoorde neer. Leerders met leesprobleme, ernstige beplanningsprobleme en ‘n stadige werkstempo
val in hierdie kategorie. Op versoek kan die leser gevra word om vrae of paragrawe oor te lees. Die
leser moet verkieslik ‘n gekwalifiseerde onderwyser/es wees. Die leser moet alle tye neutraal en
onpartydig bly. Een leser kan vir ‘n paar leerders op een slag dieselfde vraestel lees. ‘n Aparte lokaal is
nodig vir voorlesing. ‘n Rusbreuk (minder as twintig minute) kan na twee uur geneem word en ‘n
tienminuut-rusbreuk vir elke uur vir ‘n vraestel wat langer as twee uur duur (Government Gazette, No.
37652, 16 May 2014).
7.3 Skrywer
Skrywer verwys na die praktyk waar 'n persoon ‘n leerder se antwoorde verbatim neerskryf. Leerders
kom in aanmerking vir ‘n skrywer indien hul skriftelike vermoëns so ver tekort skiet dat 'n ware
weergawe van kennis of vaardigheid nie gebied word nie. Dit het hoofsaaklik te doen met die skryf- en
speltekorte van 'n leerder. Leerders wat ernstige liggaamsgebreke het of a.g.v. ‘n besering nie self kan
skryf nie, kwalifiseer ook vir ‘n skrywer. Met hierdie konsessie mag die leerder ‘n twintigminuut-
rusbreuk neem nadat twee uur van ‘n vraestel verby is en van daar af ‘n tienminuutbreuk vir elke uur
met vraestelle wat langer as twee uur duur (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Kriteria vir die gebruik van ‘n skrywer:
Disgrafie: Leerders met onleesbare handskrif wat nie daartoe in staat is om ‘n rekenaar te
gebruik nie.
17
Diskalkulie: Dui op ‘n ernstige onvermoë t.o.v. wiskundige bewerkings.
Ernstige spelprobleme: Wanneer spelling so swak is dat die betekenis en inhoud verlore gaan.
Ernstige beplanningsprobleme: Kom veral voor by leerders met ADHD wat ‘n ernstige onvermoë
het om hulself te organiseer t.o.v. taakvoltooiing en vraestelvoltooiing.
Fisiese gestremdhede: Dit sluit leerders in wat a.g.v. fisiese tekortkominge nie self hul
antwoorde kan skryf nie (bv. serebraalgestremd).
Vereistes waaraan voldoen moet word:
Alle leerders wat hierdie konsessie benodig, moet verkieslik reeds aan die begin van die jaar
geїdentifiseer word. Teen April moet alle dokumentasie vir die bepaalde jaar reeds by die
departement ingedien wees. Graad 12-leerders moet teen middel Februarie hul dokumentasie
indien.
Leerders moet voor die aanvang van ‘n toetsreeks/eksamen aan hul leser(s) voorgestel word.
Die konsessie van ‘n leser en skrywer geskied in ‘n aparte lokaal.
Twee eksamenvraestelle word aan elke leerder verskaf - een vir die leerder en een vir die
toetsafnemer. Daar moet ook rofwerkpapier saam met die vraag en antwoordstel in die lêer
gesit word. Aangesien daar geen rofwerkpapier in die graad 12-eindeksamen gegee word nie,
mag leerders slegs ‘n tweede antwoordboek ontvang wat as ‘n rofwerkboek gemerk word.
Die toetsafnemer gaan haal die lêer ‘n halfuur voor die aanvang van die sessie by ontvangs of
die personeelkamer.
Aan die einde van die sessie word die vraestel persoonlik deur die toetsafnemer in die
Ondersteuningsdienste se houer gesit en word die nodige dokumentasie voltooi. Op die
deklarasievorm moet daar aangedui word dat sekere gedeeltes in die skrywer se handskrif
geskryf is terwyl ander gedeeltes in die leerder se handskrif geskryf is. Bv. Skrywerhandskrif:
1.1, 1.3 & 2.5. Leerderhandskrif: 1.2, 2.1, 2.2, 2.3 & 2.4.
Geen punte word afgetrek omdat die leerder van ‘n leser of skrywer gebruik maak nie.
Alle toetsafnemers moet opgelei wees en mag geen verwantskap met die leerder hê nie. Die
toetsafnemer mag ook nie die vakonderwyser of tutor wees nie.
Leerders word slegs by Afrikaans- en Engelsvraestelle vir spelfoute gepenaliseer. By geen van
die ander vakke word daar vir spelling punte afgetrek nie.
Die toetsafnemer en leerder mag nie gedurende die sessie in besit van ‘n selfoon of enige ander
elektroniese apparaat wees nie.
18
Toetsafnemers moet met elke sessie ‘n bewys van identifikasie asook ‘n bewys van
Departementele-opleiding kan toon.
Geen tasse of handsakke word in die eksamenlokaal toegelaat nie.
Indien leerders die badkamer gedurende die skryfsessie wil besoek, moet hulle vergesel word.
Alle eksamenreёls en –regulasies geld.
7.4 Beplanner
‘n Beplanner word veral gebruik wanneer leerders aandagafleibaar is. Dit impliseer dat die leerder se
aandag teruggebring word wanneer daar gedurende toetse en eksamens afgedwaal word en die
leerder se volle aandag nie by die vraestel is nie. Dit kan gedoen word deur ‘n verbale of fisiese
aanwysing. Verder mag die beplanner die leerder help om hom-/haarself te organiseer ten opsigte van
tydindeling per vraag en die leerder se aandag kan daarop gevestig word wanneer te veel tyd aan ‘n
spesifieke vraag spandeer word. Buiten vir bogenoemde hulp mag die beplanner nie inmeng met die
leerder se antwoorde nie. Leerders wat van hierdie konsessie gebruik maak, benodig ‘n aparte lokaal
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.5 Vergrote druk
Indien leerders ernstig swaksiende is, moet vraestelle se lettergrootte vergroot word (Government
Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.6 Die gebruik maak van ‘n persoonlike assistent
Leerders wat persoonlike of praktiese hulp gedurende eksaminering benodig, kan gebruik maak van ‘n
persoonlike assistent. Die persoonlike assistent kan die leerder help met take soos byvoorbeeld: om
bladsye om te blaai, ‘n geheuestokkie by ‘n rekenaar in te druk, die leerder se baadjie uit te trek sowel
as persoonlike take gedurende rusbreuke te verrig. Die persoonlike assistent mag verwant wees aan
die leerder, maar mag nie die leerder se onderwyser wees nie. Die leerder en persoonlike assistent
mag nie gedurende die sessie oor die eksamen met mekaar praat nie, maar slegs om persoonlike of
praktiese take te bespreek. Leerders wat van hierdie konsessie gebruik maak, benodig ‘n aparte lokaal
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.7 Rusbreuk
‘n Rusbreuk is ‘n periode van tyd waar leerders nie by hul tafels moet wees nie, maar wel binne die
eksamenlokaal teenwoordig moet wees. Die tyd wat aan leerders vir ‘n rusbreuk gegun word, word nie
gesien as ekstra tyd om te skryf nie. Die tyd wat gebruik is vir die rusbreuk sal by die eksamensessie
19
bygevoeg word. ‘n Aparte lokaal word vir hierdie konsessie benodig (Government Gazette, No. 37652,
16 May 2014).
7.8 Handskrif
Tydens die graad 12-eindeksamen kan leerders geakkommodeer word t.o.v. hul handskrif en sal skole
plakkers ontvang wat op hierdie leerders se antwoordskrifte geplaas kan word. Die plakker sal vir
nasieners aandui dat onnet handskrif geakkommodeer moet word (Government Gazette, No. 37652,
16 May 2014).
7.9 Spelling
Leerders kwalifiseer vir ‘n spellingkonsessie indien daar ‘n groot diskrepans tussen die leerder se
kronologiese ouderdom en spelouderdom voorkom en indien leerders se vermoë om hulself
voldoende uit te druk in gedrang kom. ‘n Spellingplakker sal op hierdie leerders se antwoordboeke
geplak word. Nasieners moet dan alle spelfoute ignoreer solank as wat die leerders foneties korrek
geskryf het. Neem kennis dat daar met die taalvraestelle, meer spesifiek vraestel 1 waar tekstuele
redigering verlang word en spelling deel vorm van die inhoudkennis wat getoets word, wel van ‘n graad
12 leerder-verwag sal word om self te skryf of te spel. Spelling sal by hierdie afdelings tel (Government
Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.10 Medikasie / inneem van kos
Vir sekere leerders kan dit nodig wees om medikasie gedurende eksamens te neem en/of hulle moet
toegang hê tot kos om suikervlakke te beheer. Hierdie leerders kan ook gebruik maak van rusbreuke.
Leerders wat van hierdie konsessie gebruik maak, moet gewoonlik in ‘n aparte lokaal skryf
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.11 Spesifieke toerusting
Die hoof van die assesseringsliggaam moet in kennis gestel word van enige spesifieke toerusting wat
gedurende ‘n eksamen benodig word. Indien die gebruik van spesifieke toerusting steurend kan wees
vir ander leerders, moet ‘n aparte lokaal gebruik word (Government Gazette, No. 37652, 16 May
2014).
7.12 Die gebruik van rekenaars/woordverwerkers
In sekere gevalle mag leerders van rekenaars gebruik maak om hul antwoorde te tik en uit te druk om
nagesien te word. Standaard-formattering mag op die rekenaars wees, maar die rekenaars mag nie
enige gestoorde inligting op hê nie en mag nie aan enige databasis gekoppel wees nie. Leerders mag
nie van voorspelbare teks, grammatikale of spelkontroleerders of ‘n tesourus gebruik maak nie. Indien
20
daar meer as een leerder in ‘n lokaal met ‘n rekenaar skryf, mag die rekenaars nie aan mekaar of die
internet gekoppel wees nie. Leerders se werk moet aan die einde van die sessie uitgedruk word en
nagegaan word om werk te verifieer. Leerders wat van hierdie konsessie gebruik maak, benodig ‘n
aparte lokaal (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.13 Ad hoc-ondersteuning
Hierdie konsessie word toegepas in situasies soos byvoorbeeld: swangerskap, beserings, trauma,
hospitalisering en gevangenisstraf wat net voor of gedurende assesserings plaasvind. Indien ‘n ad hoc-
reëling vir ‘n leerder getref moet word, moet die hoof van die eksamineringsliggaam die besluit neem.
Ondersteuning kan behels dat leerders by ‘n alternatiewe sentrum eksamens voltooi of die uitstel van
eksamens om sodoende die aanvullende eksamen te skryf. In noodgevalle mag dokumentasie die
departement drie dae na afloop van die gebeurtenis bereik. Die hoof van die eksamineringsliggaam kan
die besluit rondom die vergunning wat gemaak is verander indien geldige dokumentasie nie binne drie
dae ingedien is nie (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
7.14 Kwytskelding van Wiskunde
Indien leerders reeds ‘n leser en skrywer probeer het en steeds ‘n ernstige onvermoë t.o.v. wiskundige
bewerkings toon, moet vrystelling van wiskunde oorweeg word.
8. AANSOEKPROSEDURE
Die prosedure is soos volg:
Neem kennis: Geen enkele onderwyser, leerder of ouer kan besluit dat ‘n leerder ‘n konsessie
moet ontvang nie. Konsessies sal slegs deur die Ondersteuningsdienste hanteer word indien
die korrekte prosedure gevolg is.
Die proses begin by die klasonderwyser met formele en informele assesserings. Indien die
onderwyser voel dat ‘n leerder moontlik kan baatvind by konsessies, moet hy/sy die leerder by
die graadhoofde aanmeld.
Personeel moet gedurende enige puntebespreking ‘n aparte notule hou van al die leerders met
hindernisse, sodat dit agterna by die leerder se aansoek aangeheg kan word. Dit kan dien as
bewyse vir die historiese verloop van onderprestasie en hulpverleningstrategieë wanneer daar
vir ‘n konsessie aansoek gedoen word. Onderwysers moet duidelik die vakke waarin sodanige
leerder probleme ervaar, spesifiseer.
Soms gebeur dit dat konsessies deur ouers aangevra word aan die hand van die kind se
geskiedenis en belewenisse van die voltooiing van vraestelle. Indien dit die geval is, moet ouers
21
die situasie met die leerder se klasvoog of vakonderwysers bespreek. Die personeel wat
verkieslik genader moet word, is die taalonderwysers en indien nodig, wiskunde-onderwysers.
Daarna moet die taal- en/of wiskunde-onderwysers die geval by die graadhoofde en
Ondersteuningsdienste aanmeld. Geen leerder of ouer mag self besluit om ‘n leerder vir ‘n
konsessie by die Ondersteuningsdienste aan te meld nie. Konsessies kan slegs oorweeg word
indien dit ten minste deur een onderwyser ondersteun word.
Die Ondersteuningsdienste neem ook die leerderbesprekings (SBST-vergaderings) waarby
leerders se klasonderwysers ingesit het in ag wanneer dit by nuwe aansoeke kom. By die
leerderbesprekings word besluit of ‘n konsessie wel die beste opsie t.o.v. die spesifieke geval sal
wees. Indien meer sinvolle intervensie-opsies na vore kom, sal dit eers uitgevoer word voordat
die konsessie weer bespreek word.
Indien die personeel saam besluit dat ‘n spesiale konsessie die beste opsie is, sal die aansoek
deur die Ondersteuningsdienste hanteer word. Indien die leerder geen formele toetsing ten
opsigte van die aard van sy/haar hindernis ondergaan het nie, sal die nodige toetsing deur die
Ondersteuningsdienste aan die ouers gekommunikeer word. Soms het ouers reeds ‘n
brief/verslag vanaf ‘n professionele persoon wat die personeel se bevindinge ondersteun en
dan word hierdie brief/verslag by die aansoek aangeheg.
Die ouers word dan skriftelik in kennis gestel van die aanbeveling van ‘n spesiale konsessie vir
hul seun/dogter.
Die ouers voltooi ‘n toestemmingsbrief (Bylaag 1 Vorm: WK/O/1005), waar hulle skriftelik
toestem tot gespesifiseerde konsessies vir hul kind. Geen leerder mag spesiale konsessies
ontvang voordat die skool nie in besit van bogenoemde toestemmingsbrief is nie.
Die Ondersteuningsdienste benodig twee kopieë van die volgende dokumentasie wanneer daar
vir ‘n konsessie aansoek gedoen word:
o ‘n Verslag/brief vanaf ‘n professionele persoon wat die leerder geëvalueer het of by wie
die leerder terapie ontvang. Voorbeelde van professionele persone sluit in: Dokters,
psigiaters, sielkundiges, ensovoorts.
o Alle mediese, terapeutiese en sielkundige verslae van vorige toetsings in besit van die
ouers moet ook ingestuur word. Dit dien as historisiteitsinligting wat die konsessie
ondersteun. Dit bestaan uit vorige briewe waarin professionele persone die leerder se
22
situasie bespreek of verduidelik, rapporte of selfs ‘n brief vanaf die ouer waarin die
geskiedenis verduidelik word.
o Voorbeelde van intervensies wat reeds plaasgevind het (bv. leerderondersteuning
vorms).
o Die onderwysers wat vir die leerder skoolhou, moet almal ‘n brief skryf met hul
motivering. Die brief moet ‘n beskrywing van intervensies wat geloods is asook
voorbeelde van klaswerk bevat.
o Die laaste twee rapporte wat die leerder ontvang het.
o Bewyse van intervensies (bv. remediërende onderrig, leessentrumsessies, die volg van ‘n
studieprogram, ensovoorts).
Na afloop van die toetsings en met ontvangs van alle dokumentasie, word elke leerder se
situasie heroorweeg om die mees gepaste (indien enige) konsessie(s) te identifiseer.
Die departementele aansoekvorm word dan deur die Ondersteuningsdienste voltooi en na die
departement gestuur. Die DCC sal die aansoeke oorweeg en aanbevelings maak. Die DCC sal aan
die applikant ‘n bepaalde nommer (vb. TS/373/13SC) verskaf, wat op die distrik se databasis sal
verskyn. Neem kennis: Daar is spesifieke datums wat deur die departement vasgemaak word
t.o.v. wanneer verskillende grade se konsessies hulle moet bereik. Die graad 11- en 12-
konsessies word eerste hanteer. Gewoonlik moet dit die departement teen die middel van
Februarie bereik en van daar af spesifiseer die departement wanneer die volgende grade
hanteer gaan word.
Die leerder onderteken ‘n onderneming (Bylaag 2 Vorm: WK/O/1007) wat onder andere aandui
dat hy/sy onderneem om moeite te doen met toetse en take en dat dit ‘n voorreg is om ‘n
konsessie te ontvang - nie ‘n reg nie.
Volgens departementele reëls mag konsessies nie op ‘n voorwaardelike basis deur die
Ondersteuningsdienste aan ’n leerder toegestaan word nie. Leerders mag slegs ‘n konsessie
ontvang sodra goedkeuring vanaf die departement ontvang is. Vanaf 2014 moet leerders ook in
besit wees van ‘n LSEN (Leerders met Spesiale Onderwysbehoeftes Nommer). Die skool sal
saam met die konsessieaansoek die nodige dokumentasie na die departement stuur om vir die
LSEN nommer aansoek te doen.
Herevaluering moet elke twee jaar geskied. Indien dit nie geskied nie, kan die departement ‘n
konsessie wat vantevore goedgekeur is, afkeur. Die konsessie sal dan eers weer toegestaan
word indien die departement dit die volgende jaar toestaan.
23
Alle besluite en korrespondensie rakende 'n leerder word by die Ondersteuningsdienste
aangeteken/gebêre.
Leerders kan nie hulself op die konsessielys plaas of daarvan verwyder nie. Dit sal slegs d.m.v.
die Ondersteuningsdienste geskied.
Laastens word die leerders se ouers telefonies of per e-pos in kennis gestel van die
departement se aanbeveling. Inligting rondom toetse en eksamens word dan aan die ouers
deurgegee sodat leerders voor toetse en eksamens van reëlings bewus kan wees.
Konsessies sal elke jaar in heroorweging geneem word. Dit is noodsaaklik sodat daar geëvalueer
kan word of die leerder werklik daarby baatvind. Intervensiestrategieë sal ook heroorweeg
word om vas te stel of dit ‘n positiewe verskil gemaak het. Aanpassings sal soos nodig plaasvind.
Die assesseringsdirektoraat moet binne drie maande terugvoer gee rakende konsessies
waarvoor aansoek gedoen word (Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014).
Dokumentasie wat verskillende aansoeke moet vergesel
Hindernis “Support
Needs
Assessment
Form”
Sielkundige-
opvoedkun-
dige
assessering
Mediese
verslag
Ondersteu-
nende
historiese
bewyse
Onderwyser-
opmerkings
Skool-
rapport
Voorbeelde
van
skoolwerk
Visuele
beperking
√ √ √ √ √
Doof /
Hard-
horend
√ √ √ √ √
Fisiese
hinder-
nisse
√ √ √ √ √ √
Leer-
hindernis
√ √ √ √ √ √ √
Gedrags-,
angs,
ADD /
√ √ √ √ √ √ √
24
ADHD,
Outisme,
Psigo-
sosiale
sindrome
Beperkte
spraak
√ √ √ √ √ √ √
Ander
mediese
kondisies
√ √ √ √ √ √ √
(Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014)
9. VOORBEREIDING VAN VRAESTELLE
Voorbereiding van vraestelle vir lesers en skrywers:
Elke kandidaat wat ‘n leser of skrywer gebruik, word voorsien van twee vraestelle - een vraestel
is vir die kandidaat terwyl die ander een deur die toetsafnemer gebruik word. Beide vraestelle
word in 'n lêer gesit.
Die toetsafnemer moet die lêer by die skoolsielkundige, hetsy by die ingangsportaal (toetse) of
die personeelkamer (eksamens), ontvang.
Nadat leerders by hul voogklasse aangemeld het om aanwesig gemerk te word, moet hulle na
die ingangsportaal gaan waar hulle die toetsafnemer ontmoet.
Ouers moet die toetsafnemer in kennis stel indien ‘n leerder afwesig is en nie die toets of
eksamen gaan skryf nie.
Sieketoetse moet vooraf met die betrokke personeellid asook die Ondersteuningsdienste gereël
word indien dit ook d.m.v. konsessies afgeneem gaan word.
10. ALGEMENE REËLS EN REGULASIES
Die volgende reëls en regulasies het betrekking op alle spesiale konsessies:
Spesiale konsessies is ‘n voorreg - nie ‘n reg nie.
Geen ouer of leerder kan besluit dat ‘n leerder ‘n konsessie moet ontvang nie. Konsessies sal
slegs oorweeg word indien die korrekte prosedure gevolg is.
Ouers moet self verseker dat herevaluering elke twee jaar plaasvind en dat twee kopieë van alle
briewe/verslae na die Ondersteuningsdienste gestuur word.
25
Indien leerders by drie verskillende geleenthede sonder ‘n toepaslike rede nie hul konsessies
gedurende toetse/eksamens gebruik het nie, sal dit verbeur word. Verskonings moet (indien
moontlik) die Ondersteuningsdienste ten minste drie dae voor ‘n toets of eksamen bereik.
Indien die konsessie na afloop van kansellasie steeds verlang word, sal ouers weer heraansoek
moet doen. Die skool sal dan ‘n bykomende brief saam met die aansoek na die departement
stuur. Genoemde brief sal die redes wat tot die verbeuring van die konsessie gelei het, uitstip.
Indien personeel dit onder die Ondersteuningsdienste se aandag bring dat leerders hulself aan
enige van die volgende skuldig maak, sal die konsessies ook soos bo genoem verbeur word.
Heraansoek sal eers die volgende jaar geskied en sal ook vergesel word van ‘n brief vanaf die
skool waarin die saak uitgestip word:
o ‘n Negatiewe of arrogante houding.
o Onbetrokkenheid gedurende lesaanbiedings.
o Leerder wat versuim om huiswerk of opdragte te doen.
o Onbereidwilligheid om te werk.
o Swak gedrag teenoor onderwysers of personeel van die Ondersteuningsdienste (Ouers
mag ook nie hulself aan die bogenoemde skuldig maak deur personeel te intimideer
nie.)
o Indien die leerder of toetsafnemer laat is vir toetse en eksamens.
o Indien die leerder nie direk na toetse en eksamens klas toe gaan nie.
o Oneerlikheid van enige aard.
o Ontoereikende skool- en klasbywoning sonder geldige redes.
o Verontagsaming van algemene eksamenreëls en -regulasies (bv. voorkomsreëls word
oortree).
In geval van enige oneerlikheid sal die leerder sy/haar konsessie vir die res van die jaar verbeur
en sal daar eers weer die volgende jaar geleentheid wees om vir ‘n nuwe konsessie aansoek te
doen. Met die aansoek sal die leerder en ouers ‘n brief moet indien wat die konsessie motiveer.
Die brief sal by die aansoek aangeheg word. Die skool sal ook ‘n brief aanheg wat die aard van
die oneerlikheid verduidelik en ‘n aanbeveling t.o.v. die konsessie sal gemaak word.
Oneerlikheid word gesien as enige van die volgende:
26
o Indien ‘n leerder of toetsafnemer enige ongemagtigde materiaal in hul besit het
wanneer ‘n toets of eksamen afgelê word. Tasse en handsakke moet ook weggebêre
word en mag nie in die lokaal wees nie.
o Die besit van ‘n selfoon.
o Indien ‘n toetsafnemer nie die leerder se antwoorde verbatim neerskryf nie.
o Indien leerders vir toetsafnemers vrae rondom die vraestel vra en nie slegs net
antwoord verskaf nie.
o Indien daar enige ander vorm van kommunikasie plaasvind, bv. nieverbale
kommunikasie of indien die leerder en toetsafnemer gesels en vrae bespreek asook
die bespreking van taal of die spelling van woorde.
Die volgende proses moet streng gevolg word:
o Die toetsafnemer lees die vraag, die leerder gee mondeling ‘n antwoord. Die
toetsafnemer skryf verbatim neer wat die leerder sê. Indien die leerder onseker voel,
lees die toetsafnemer slegs weer dit wat op die antwoordstel staan en wag vir die
leerder om soos hy/sy dit nodig ag, die antwoord te verander. Die toetsafnemer mag
slegs ‘n vraag herhaal indien die leerder nie weet wat die antwoord is nie of nie verstaan
wat die vraag behels nie. Toetsafnemers mag onder geen omstandighede hul eie
inisiatief neem nie.
Dit is ouers se verantwoordelikheid om ‘n geskikte toetsafnemer op te spoor en te betaal vir die
dienste wat aan hul kind gebied word. Toetsafnemers vra tans ongeveer R80 – R150 per uur.
Die onderhandeling van die tarief asook metode van betaling moet self deur die ouer met die
toetsafnemer gereël word. Die Ondersteuningsdienste het ‘n lys met toetsafnemer-
besonderhede wat ouers kan aanvra. Ouers moet verkieslik twee toetsafnemers identifiseer
met wie hul reëlings rondom hul kind se evaluering kan tref. Die moontlikheid bestaan altyd dat
een van die persone siek kan word en dan moet daar ‘n tweede persoon besikbaar wees.
Die skool behou die reg voor om enige ander goedgekeurde toetsafnemer aan te bied wat deur
die ouers betaal moet word.
Indien leerders of hul toetsafnemers laat vir ‘n eksamensessie opdaag, word die tyd wat reeds
verby is, verbeur. Leerders sal slegs geleentheid kry om die vraestel binne die tyd wat oor is, te
voltooi.
27
Leerders sal slegs van hul konsessies gebruik kan maak indien hulle die gelamineerde kaartjie
wat hul konsessie aandui vir die personeellid op toesig wys. Nuwe kaartjies word gewoonlik
voor elke eksamen uitgedeel. Dit is leerders se verantwoordelikheid om hul kaartjies by die
Ondersteuningsdienste te gaan haal indien voogonderwysers dit nie vir hulle gegee nie. Die
kaartjies moet ook veilig bewaar word totdat dit weer tyd is vir die Ondersteuningsdienste om
nuwe kaartjies te druk. Indien leerders nuut is t.o.v. konsessies en nie ‘n kaartjie het nie, moet
hulle by die Ondersteuningsdienste ‘n kaartjie gaan haal.
Die volgende is belangrik om te onthou wanneer ‘n leerder van ‘n leser of skrywer gebruik
maak:
o Die toetsafnemer mag geen verwantskap met die leerder hê nie en moet verkieslik ‘n
onderwyser wees, maar nie vanaf dieselfde sentrum as die leerder nie. Die
toetsafnemer mag nie ‘n familielid of familievriend wees nie. Dit moet ‘n objektiewe
persoon wees wat reeds die Distrik Konsessiekomitee (DCC) se opleiding deurloop het.
o Die Ondersteuningsdienste moet twee gewaarmerkte kopieë van die toetsafnemer se
sertifikaat en ID ontvang.
o Beide leerders en toetsafnemers moet 30 minute voor die aanvang van elke sessie in die
voorportaal aanmeld.
o Twee vrae- en antwoordstelle en een deklarasievorm word by die skoolsielkundige
afgehaal. Sleutels word uitgeteken.
o Gedurende toetse en eksamens mag leerders en toetsafnemers nie kuier en gesels nie.
Dit is ‘n eksamensituasie. Dus word vrae gelees en antwoorde neergeskryf.
Bogenoemde gesprekke word streng verbied.
o Gedurende toetse en eksamens mag daar glad nie geёet of gedrink word nie. Leerders
mag ook nie sonder toesig badkamer toe gaan nie. Leerders en toetsafnemers moet
voor die aanvang van die sessie die badkamer besoek. Indien daar ‘n krisis is, moet die
badkamer in die voorportaal gebruik word waar die ontvangsdames ‘n dame- of
manspersoneellid kan vra om toesig te hou.
o Personeel en departementele beamptes mag op enige tydstip gedurende ‘n sessie by
die leerders insit. Indien nodig sal leerders en toetsafnemers versoek word om oudio-
opnemers (deur die skool verskaf) uit te teken wat hulle regdeur die sessie moet gebruik
en dan weer moet terugteken. Die skoolsielkundige sal voor die aanvang van die sessie
28
leerders en toetsafnemers in kennis stel indien hulle van ‘n oudio-opnemer gebruik
moet maak.
o Na afloop van die sessie moet beide die vrae- en antwoordstelle asook die
deklarasievorm binne-in die lêer geplaas word en in die houer wat deur die
Ondersteuningsdienste aangewys is, geplaas word. Verder moet die dokument wat
bevestig dat die vraestel in die houer geplaas is, ook volledig voltooi word. Sleutels moet
teruggeteken word en in die houer wat daarvoor aangedui is, geplaas word.
11. VOORLOPIGE REËLS TEN OPSIGTE VAN TAALVRAESTELLE
Hierdie reëls moet saam met die volgende departementele skrywe gelees word:
Die Nasionale Kurrikulumverklaring (NKV: CAPS)
Die Nasionale Protokol vir Assessering: ‘n Adendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: ‘n Kwalifikasie van Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR), ten
opsigte van die Nasionale Protokol vir Assessering (Grade R-12).
Die nasionale beleid tot die programme en promosievereistes van die nasionale beleid met
betrekking tot die programme en promosievereistes van die Nasionale Kurrikulum Verklaring,
Graad R-12.
Omsendbrief S13 van 2013 (Letterkunde)
11.1 Puntetoekenning aan leerders in die graad 12-jaar
In die Huistaal (Afrikaans) word die punte soos volg saamgestel:
Die jaarpunt is ‘n totaal van 400 punte.
100 Punte is die SGS-punt (skoolgebaseerde assessering)
o Dit word saamgestel uit 695 punte wat in 10 opdragte ingedeel word en deur die jaar
versprei word om te voltooi en sluit toetse, klaswerk en eksamens in;
o Mondelinge opdragte maak deel uit van hierdie punt;
o Hierdie opstuurpunt word verwerk tot 25% van die leerder se promosiepunt.
Die oorblywende 75% word soos volg bereken:
o 50 punte is eksamenmondeling (PAT-punt).
o Die oorblywende 250 punte word verkry uit 3 vraestelle in die eindeksamen wat geskryf
word.
11.2 Vraestel 1
o Afdeling A – Begripslees – 30 punte
29
o Afdeling B – Opsomming – 10 punte
o Afdeling C – Taalleer – 30 punte
Afdeling Wat word getoets? Reëls ten opsigte van spelling Reëls vir toetsafnemer
Afdeling A Begripslees - Begrip;
visuele geletterdheid;
lê van verbande.
Word nie vir spelling
gepenaliseer nie. Foute word
deur onderwyser aangedui,
maar punte word nie afgetrek
nie. Met direkte aanhalings
moet spelling egter korrek
wees. Indien dit nie korrek is
nie, word punte wel afgetrek.
Leser en skrywer:
Leser en skrywer lees voor vir die
leerder en skryf alles verbatim vir die
leerder neer. Indien daar enige
direkte aanhaling uit die leesteks
verlang word, moet die leerder dit
self op rof skryf. Die leser en skrywer
skryf dan oor, want die
leestekengebruik en transkripsie
daarvan word soos spelling beoordeel.
Handig rofwerk in.
Leser:
Leser lees voor vir die leerder. Leerder
skryf alles self.
Afdeling B Opsomming – Uithaal
van kerngedagtes;
formulering van die
kerngedagtes in eie
woorde.
Verkeerde spelling word nie
gemerk nie.
Leser en skrywer:
Die Skrywer skryf verbatim die
leerder se antwoorde neer.
Leser:
Leser lees voor en die leerder skryf
alles self.
Afdeling C Taalleer Verkeerde spelling word hier
gemerk, want taalfasette word
getoets.
Leser en skrywer:
Leser en skrywer lees vrae. LEERDER
SKRYF ALLES SELF.
Leser:
Leser lees voor en leerder skryf alles
self.
11.3 Vraestel 2
o Afdeling A – Poësie – 30 punte
30
o Afdeling B – Roman – 25 punte
o Afdeling C – Drama – 25 punte
Afdeling Wat word getoets? Reëls ten opsigte van spelling Reëls vir toetsafnemer
Afdeling A Poësie Geen spelling word gemerk
nie, behalwe vir direkte
aanhalings.
Leser en skrywer:
Leser en skrywer lees voor vir die
leerder en skryf alles verbatim vir die
leerder neer. Indien daar enige
direkte aanhaling uit die gedig verwag
word, moet die leerder dit self op rof
skryf. Die leser en skrywer skryf dan
oor, want die leestekengebruik en
transkripsie daarvan word soos
spelling beoordeel. Handig rofwerk in.
Leser:
Leser lees voor vir die leerder. Leerder
skryf alles self.
Afdeling B Roman Geen spelling word gemerk
nie, behalwe vir direkte
aanhalings.
Leser en skrywer:
Leser en skrywer lees voor vir die
leerder en skryf alles verbatim vir die
leerder neer. Indien daar enige
direkte aanhaling uit die roman
verlang word, moet die leerder dit
self op rof skryf. Die leser en skrywer
skryf dan oor, want die
leestekengebruik en transkripsie
daarvan word soos spelling beoordeel.
Handig rofwerk in.
Leser:
Leser lees voor en die leerder skryf
alles self.
Afdeling C Drama Geen spelling word gemerk Leser en skrywer:
31
nie, behalwe vir direkte
aanhalings.
Leser en skrywer lees voor vir die
leerder en skryf alles verbatim vir die
leerder neer. Indien daar enige
direkte aanhaling uit die drama
verlang word, moet die leerder dit
self op rof skryf. Die leser en skrywer
skryf dan oor, want die
leestekengebruik en transkripsie
daarvan word soos spelling beoordeel.
Handig rofwerk in.
Leser:
Leser lees voor en leerder skryf alles
self.
11.4 Vraestel 3
o Afdeling A – Opstel – 50 punte
o Afdeling B – Twee Transaksionele Tekste – 25 punte x 2 = 50 punte in totaal
Afdeling Wat word getoets? Reëls ten opsigte van spelling Reëls vir toetsafnemer
Afdeling A Stelwerk – Opstel toets
kreatiwiteit; kennis van
formaat;
uitdruk/ordening van
gedagtes; oorsaak en
gevolg; chronologiese
verloop van gebeure.
Inhoud; taal-en-styl; formaat
tel die meeste. Spelling is nie
van belang nie.
Leser en Skrywer:
Leerder doen sy/haar eie beplanning
(spinnekop-diagram) asook eerste
poging volledig in sy/haar eie skrif.
Dit moet ingedien word. Die finale
opstel word deur die leerder verbaal
voorgehou en die leser en skrywer
skryf verbatim neer soos die leerder
praat. Die leerder moet in alle
opsigte vir die leser en skrywer sê
waar om te begin, waar lyne
oopgelos word, waar leestekens
gebruik moet word, paragrawe,
ensovoorts.
32
Geen inisiatiewe mag deur die leser
en skrywer geneem word nie.
Geen sinsordeverandering of
byvoegings mag plaasvind nie.
Leser:
Leser lees voor en die leerder skryf
alles self.
Afdeling B Transaksionele stukke Geen spelling word gemerk
nie, behalwe vir direkte
aanhalings.
Leser en skrywer:
Leerder skryf sover as moontlik binne
sy/haar vemoë, veral gesien in die lig
van die formaat wat soms belangrik
is, bv. uiteensetting van briewe;
dialoog se leestekens, ensovoorts.
Leser:
Leser lees voor en die leerder skryf
alles self.
12. WEDERSYDSE INAGNEMING
Wedersydse inagneming en samewerking tussen leerders, ouers, toetsafnemers en personeel van
Hoërskool Waterkloof is die sleutelwoord om die stelsel te laat slaag. Hierdie skrywe is die begin van ‘n
beleid vir spesiale konsessies. Dit is onderhewig aan veranderinge soos wat die stelsel in die praktyk
aangepas moet word. Hierdie skrywe vervang alle vorige dokumentasie rakende spesiale konsessies.
13. BRONNELYS
Distrik Konsessie Komitee (DCC) Aanmeldingsvorm (2013).
Government Gazette, No. 37652, 16 May 2014 National Education Policy Act, 1996 (Act no.27 of 1996)
SAOU aanbieding: Departementele riglyne [Scott, Mornay (2010) Konsessies in die klaskamer].
Staatskoerant: nr. 37651, 16 Mei 2014.
HIERDIE BELEID IS ONDERHEWIG AAN VERANDERING AFHANGENDE VAN BESLUITE DEUR
DIE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS EN DIE BESTUUR VAN HOËRSKOOL WATERKLOOF