afrikaans naslaangids reference book · 5. eindig op –ere bos bosse lied liedere sin sinne 6. met...
TRANSCRIPT
AFRIKAANS
Naslaangids
Reference Book
Geskryf en saamgestel deur Louise Fullard
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 2
INHOUDSOPGAWE
KLANKLEER EN SPELLING (Sounds and Spelling) 4
Vokale, konsonante en diftonge
(Vowels, Consonants and Diphtongs) 4
Lettergrepe (Syllables) 7
Meervoude (Plurals) 7
Verkleiningsvorm (Dimunitives) 11
-rm en –lm / -ng / -d en –t / ie en i Reëls 14
Rekenaart-en Internetterminologie (Computer and Internet Terminology) 17
Koppeltekens (Hyphens) 18
Kappie 19
Deeltekens 20
Afkortings (Abbreviations) 21 LEESTEKENS (Punctuation) 25 BETEKENISLEER (Semantics) 29
Sinonieme (Synonyms) 29
Antonieme (Opposites) 32
Homofone (Homophones) 34
Homonieme (Homonyms) 36
Een woord vir (One word for) 38
Dieregeluide (Animal Sounds) 50
Vergelykings (Similes) 51
Intensiewe vorme (Superlatives) 52
Trappe van vergelyking (Degrees of Comparison) 56
Idiomatiese Uitdrukking (Idiomatic Expressions) 60
Tyd (Time) 64
Getalle (Numbers) 65 WOORDLEER 66
Samestellings (Compound Words) 66
Afleidings (Voor- en agtervoegsels)(Prefixes and Suffixes) 67 WOORDSOORTE 68
Selfstandige naamwoord (Noun) 68
Byvoeglike naamwoord / Adjektief (Adjective) 71
Voornaamwoord (Pronoun) 72
Lidwoord / Determineerder (Articles) 74
Telwoord (Numeral) 75
Werkwoord (verb) 75
Bywoord (Adverbs) 77
Deelwoord (Participle) 78
Infinitief (Infinitive) 79
Tussenwerpsel (Interjection) 79
Graadwoord 80
Voegwoord (Conjunction) 80
Voorsetsel (Preposition) 81
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 3
SINSBOU (Syntax) 83
Naamwoordstuk en Werkwoordstuk 83 SINSONTLEDING: 88
Onderwerp (Subject); Gesegde (Verb); Voorwerp (Object) 88
Woordorde (Word order) STOMPI 89
Lydende- en Bedrywende vorm (Active and Passive Voice) 90
Tye (Tenses) 91
Ontkennende Vorm / Negatief (Negative) 93
Indirekte Rede (Indirect Speech) 94
Sinstipes (Types of Sentences) 96 KREATIEWE SKRYFWERK 98
Vriendskaplike Brief (Friendly Letter) 98
Formele Brief (Formal Letter) 100
Faksoorsending (Fax) 101
Curriculum Vitae 103
Agenda en Notule (Agenda and Minutes) 106
Koerantverslag (Newspaper Report) 108
Plakkaat (Poster) 109
Strooibiljet (Flyer) 109 LEESBEGRIP (Comprehension) 110 OPSOMMING (Summary) 113 LETTERKUNDE (Literature) 115
Poësie (Poetry) 115
Prosa (Prose) 121 BRONNELYS 124
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 4
KLANKLEER
EN
SPELLING
VOKALE (Vowels), KONSONANTE (Consonants) EN
DIFTONGE (Diphthongs)
Wanneer ons skryf, maak ons van die letters van die alfabet gebruik om
woorde saam te stel. Daar is 26 letters in die alfabet.
Alfabet: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 1. Klinkers – Vokale
Die letters wat hierbo vet gedruk is, is klinkers. Klinkers gee aan
woorde hulle klank.
arme
ek
is
oupa
uil
Luister na die klanke wat voorgestel word deur die -i- in familie en
die -i- in dit. Dieselfde klinker kan twee verskillende klanke voorstel.
LET WEL: Klinkers kan kort of lank wees.
Kort Lank
os oos
man maan
vel veel
rek reeks
dit familie
rus vuur
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 5
2. Medeklinkers – Konsonante
Die res van die alfabet, behalwe a, e, i, o, u en y
bv. b, d, f, g, h …… ens.
3. Tweeklanke – Diftonge
Klinkers wat langs mekaar in dieselfde lettergreep voorkom, word
uitgespreek asof dit een klank is.
Byvoorbeeld: ui uit
aai raai
ai baie
ei brei
y ry
ooi rooi
oi toiings
eeu skreeu
oei roei, loei
ou bou
ONTHOU: y en ei is ook diftonge!
BELANGRIK: oe en eu is weer nie diftonge nie, maar
klinkers.
Maak (aa/ee/uu) die deur toe
FONETIES: [M a : k d i d ø r t u]
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 6
LETTERGREPE (Syllables)
Wenk: Om ‘n woordjie in dele (sillabe) op te breek, soos jy dit
HOOR!
Bv. klui / se / naar
in / ge / ni / eur
tran / sak / sie
va / naand
hor / lo / sie
Moenie die woordjie in dele opdeel wat noodwendig sin maak nie, deel hom op
soos jy dit sal sê en hoor!
(Klap met jou hande om dit makliker te maak!)
Oop lettergreepreël
Wanneer ‘n lettergreep op ‘n klinker eindig, is dit ‘n oop lettergreep.
Bv. spe / le / tjie is almal oop lettergrepe.
Wanneer daar ‘n lang klank in ‘n lettergreep is en daar is geen konsonant aan
die einde van die lettergreep nie, skryf ons die lang klank met net een klinker.
Bv. ba- ne en ska- kelaar
Geslote lettergreepreël
Wanneer ‘n lettergreep op ‘n medeklinker eindig, is dit ‘n geslote lettergreep.
Bv. dood / stil is albei geslote lettergrepe.
Wanneer daar ‘n kort klank (a,e,i,o,u) in ‘n lettergreep is en die lettergreep
eindig op ‘n enkelkonsonant, dan verdubbel daardie konsonant.
Bv. balle en bosserig
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 7
MEERVOUDE (Plurals)
1. Sê die meervoud vir jouself hardop.
2. Besluit in watter klinkergroep die woord val en pas die reëls van daardie
klinkergroep toe.
KLINKERGROEPE
KLINKERGROEP 1
KLINKERGROEP 2 KLINKERGROEP 3
ui aai ai ei y ooi oi
eeu oei ou oe eu aa ee oo uu a e i o u
Bv.
koei = koei + e
= koeie
Bv.
skaap = skape
Bv.
pil = pille
Met gekombineerde
klinkers las ons slegs ‘e’
of ‘s’ aan die einde van
die woord.
Een klinker val weg en
‘n ‘e’ word bygevoeg
aan die einde
Na die kort klinker,
verdubbel die
konsonant + ‘e’
Klinkergroep 1
In klinkergroep 1 kry ons al die tweeklanke dit wil sê ou, ui, ie, y, ei, aai, ai,
oi, ooi, eeu, oei. Net ‘n -e of -s klank word aangelas. Niks val weg nie en
niks verdubbel nie.
bv. treine leeus
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 8
Klinkergroep 2
In klinkergroep 2 kry ons al die lang klanke dit wil sê aa, ee, oo, uu. Een
klinker val weg en ‘n -e word aangelas.
bv. haas – hase
As die woord in die meervoud ‘n -s moet bykry, val geen klinker weg nie.
bv. maat – maats
Klinkergroep 3
In klinkergroep 3 kry ons al die kort klanke dit wil sê a, e ,i ,o, u. As die laaste
lettergreep van die woord ‘n kort klank het, verdubbel die laaste konsonant van
die woord as daar net een konsonant is.
bv. katte
As daar reeds twee konsonante aan die einde van die woord is, verdubbel
niks nie.
bv. honde
Die woord kan in die meervoud ook net ‘n -s bykry, waarmee geen
verdubbeling of weglating plaasvind nie.
bv. jagters mans
Met enkele uitsonderings word daar ‘n -te aan ‘n woord gelas in die meervoud.
bv. toeriste
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 9
Enkelvoud en Meervoud
1. Eindig op – s 8. Eindig op – ‘s leeu leeus pa pa’s
ouma oumas ma ma’s basaar basaars foto foto’s Psalm Psalms hoera hoera’s oupa oupas a a’s sekonde sekondes b b’s d d’s
2. Eindig op –e (uitsonderings) g g’s boord boorde naald naalde 9. Eindig op – e (aa, ee, oo, uu) vrou vroue haan hane glas glase brood brode gebrek gebreke peer pere gebed gebede sloot slote bevel bevele skoot skote skaap skape 3. Eindig op - te boom bome graf grafte saag sae vors vorste vraag vrae kwas kwaste plaag plae vrug vrugte kloof klowe fees feeste bruilof bruilofte 10. Eindig op – e (a, e, i, o, u) jas jasse 4. Eindig op –de prop proppe hoof hoofde gil gille bek bekke 5. Eindig op –ere bos bosse lied liedere sin sinne 6. Met deeltekens 11. Eindig op –e (a, e, i, o, u )
oorlog oorloë (uitsonderings) slee sleë sif siwwe see seë vlag vlae wieg wië lid lede boog boë stad stede weg weë pad paaie
gebod gebooie 7. Met kappies hemp hemde
trog trôe sog sôe
brug brûe eg eê / egge
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 10
Twee meervoude
Party woorde het twee meervoude, elk met sy eie betekenis:
Saal: Op die perde se rûe is daar saals.
Konserte en vergaderings word in sale gehou.
Bas: Die basse in die koor sing te hard.
Die hael het die bome se baste afgeslaan.
Skof: Die jukke druk hand op die osse se skowwe.
Die mans werk skofte van agt uur.
Maat: My suster speel by haar maats.
Wat is die mate van die kamer?
Kwas: Die stuk hout is vol kwaste.
As jy klaar geverf het, moet jy die kwasse goed skoonmaak.
Goed: Op die stasie word goedere afgelaai.
Sy kamer lê so vol goeters dat ‘n mens nie weet waar om te trap
nie.
Las: As die lasse nie sterk is nie, sal die tou breek.
Met al die siekte in sy familie het die arme man baie swaar laste om
te dra.
Motor: Ons ryk bure het twee motors.
Die vliegtuig word aangedryf deur vier motore.
Stuk: Daar lê stukke van die gebreekte blompot.
Die boer het drie stuks vee op die veiling gekoop.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 11
VERKLEININGSVORM (Diminutives)
1. Woorde wat eindig op s;k;p;g;f
-ie
neef = nefie mensie = mensie boek = boekie glas = glasie skaap = skapie klok = klokkie
2. Woorde wat eindig op d of t
-jie
hond = hondjie maat = maatjie
3. Woorde wat eindig op m
-pie
arm = armpie storm = stormpie
4. Woorde wat eindig op n of l of r
-tjie
stoel = stoeltjie leer = leertjie
5. Woorde met ‘n kort klinker
-etjie
pil = pilletjie ster = sterretjie vlam = vlammetjie krul = krulletjie stam = stammetjie gil = gilletjie
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 12
6. Woorde met een lettergreep + -ang / -ing / -ong
-etjie
ring = ringetjie kring = kringetjie
7. Woorde met meer lettergrepe + eindig op -ing
-kie -ngk kan nie langs mekaar staan nie
-ngkie
hei / ning = heininkie ko / ning = koninkie pie / sang = piesankie ket / ting = kettinkie
Uitsonderings pad = paadjie vat = vaatjie wa = waentjie glas = glasie spel = speletjie gat = gaatjie foto = foto’tjie nooi = nooientjie pa = pa’tjie (pappie) ma = ma’tjie(mammie)
Ander verleinwoorde
AK - AK’tjie B.Sc.Agric. - B.Sc.Agric.’tjie
DKW - DKW’tjie H.O.D. - H.O.D.’tjie
KWV - KWV’tjie TV - TV’tjie
1 - 1’etjie 3 - 3’tjie
8 - 8’ie 9 - 9’tjie
VI - VI’ie vii - vii’tjie
.303 - .303’tjie .22 - .22’tjie
gr. II - gr. II’tjie
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 13
Verkleinwoorde
1. Verkleining op -ie 3. Verkleining op -tjie
Groep 3 & dubbel konsonant stoel stoeltjie
mens mensie lepel lepeltjie
krans kransie baadjie baadjietjie
boek boekie mandjie mandjietjie
glas glasie
aa, ee, oo, uu 4. Verkleining op -etjie
neef nefie kring kringetjie
skaap skapie ring ringetjie
graaf grafie wa waentjie
boog bogie stam stammetjie
a, e, i, o, u vlam vlammetjie
klok klokkie krul krulletjie
hek hekkie pil pilletjie
jas jassie gil gilletjie
orkes orkessie ster sterretjie
2. Verkleining op -jie 5. Verkleining op -pie
speld speldjie derm dermpie
maat maatjie arm armpie
hond hondjie storm stormpie
voet voetjie asem asempie
LET WEL: 6. Verkleining op -kie
pad paadjie ketting kettinkie
vat vaatjie woning woninkie
piesang piesankie
sening seninkie
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 14
ALGEMENE SPELREëLS
DIE -rm en -lm REëL
Wanneer ons woorde skryf wat eindig op ‘n -rm of -lm, word daar nie ‘n i of e
tussen die twee letters ingevoeg nie, al klink dit so.
bv. arm klink soos arim palm klink soos palim
Daar is net een woord waar die r en m nie langs mekaar staan nie en dit is
darem.
DIE –ng REëL
Die letters ng en k mag nooit langs mekaar in ‘n woord staan nie.
Slegs –ng of –nk mag langs mekaar staan.
bv. bang bank
DIE –d / -t REëL
Om te bepaal of ‘n woord op ‘n -d of -t eindig, las ons net ‘n -e of -ing aan die
woord.
Wanneer die woord dan hardop gesê word en ons hoor ‘n -d, dan eindig die
woord op ‘n -d en as ons ‘n -t hoor, eindig die woord op ‘n –t.
bv. Ons sê honde en tyding en daarom skryf ons hond en tyd met ‘n d.
Ons sê katte en sitting en daarom skryf ons kat en sit met ‘n t.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 15
DIE ie / i REëL
Ons skryf gewoonlik ‘n ie in ‘n geslote lettergreep (‘n lettergreep wat eindig
op ‘n konsonant) en ‘n i in ‘n oop lettergreep (‘n lettergreep wat eindig op ‘n
klinker)
bv. lief – lik fi-nan-sies
Daar is ook baie uitsonderings.
Wanneer ‘n woord op ‘n -ie; -ig; -e en er/s eindig kry dit ‘n ie.
bv. mielie; kielierig; skarniere; iewers; gieter
DIE –ae- REëL
Kom baie voor by woorde wat op -aag -ag
in die enkelvoud eindig en dan in die meervoud na -ae- verander
bv. vraag - vrae
dag - dae vlag - vlae
plaag - plae
Woorde met –ae- in Afrikaans, kry nie ‘n deelteken nie
bv. dae hael nael
Woorde van vreemde herkoms sal ‘n deelteken kry
bv. aërobiese oefeninge
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 16
AFRIKAANSE REKENAAR- EN INTERNETTERME
(Computer and Internet Terminology)
access port toegangspoort backlash tru-streep, tru-solidus backup (n) rugsteun bitmap bispatroon boot selflaai(-ge-) byte greep CA,computer-assisted RO, rekenaarondersteun CAD, ROT,rekenaarondersteunde Teken(ing) computer-assisted drawing caps lock hoofletterslot (voorkeurterm), bokasslot CD,compact disc (disk) CD,laserskyf, laserplaat CD-ROM drive CD-Rom-aandrywing chip tjip computer rekenaar computer game rekenaarspeletjie computer monitor rekenaarmonitor computer programmer rekenaarprogrammeerder computer science rekenaarwetenskap configuration opstelling cookie koekie cut and paste knip en plak cybercafé netkafee cyberspace 1 netruimte cyberspace 2 kuberruimte data bank databank data base server databasisbediener debugging ontfouting delete skrap deselect ontkies disk drive skyf(aan)drywer dot file dotlêer download (computer) aflaai drag sleep drag and drop sleep en los drive aandrywer e-mail e-pos
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 17
fire wall brandmuur floppy disk (disk) slapskyf, disket graphic file grafikalêer hard drive hardeskyf home page tuisblad hot key snelsleutel hypertext hiperteks icon ikoon information highway informasiesnelweg Internet Internet keyboard toetsbord Lap-top (computer) skootrekenaar, (op)vourekenaar laser printer laserdrukker megabyte megagreep menu kieslys newsgroup diskussiegroep pop-up menu opwipkieslys (computer) print-out uitdruk, drukstuk processor verwerker RAM RAM (ewetoeganklike geheue) (random-access memory) ROM ROM (leesalleengeheue) (read-only memory) scroll rol search engine soekprogram/enjin serial port seriepoort server bediener spell(ing) checker speltoetser spreadsheet spreitabel stiffy stiffie user-friendly gebruik(er)svriendelik utility program virtual reality virtuele werklikheid web site webruimte, webtuiste, webwerf worldwide web wêreldwye web
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 18
KOPPELTEKENS (Hyphens)
Waar gebruik ons ‘n koppelteken?
1. Opeenhoping van vokale:
bo-ent
wa-as
drie-enig
see-eend
toe-eien
bo-op
twee-uur
kiwi-eier
2. Hulle woorde:
Pa-hulle, my oom-hulle, Piet-hulle
3. Herhaling van woorde
fluit-fluit
sing-sing
so-so
gou-gou
plek-plek
nou-nou
4. Plekname
Bo-Karoo
Oos-London
Pretoria-Noord
Sentraal-Afrika
Onder-Kaap
Groot-Marico
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 19
KAPPIE
Ons gebruik die kappie om ‘n kort klank (o, e, u) te rek. Dit word nie ‘n lang
klank (ō, ē, ū) nie, maar ‘n uitgerekte kort klank (ŏ, ě, , / æ, ū).
bv. môre jy hoor ‘n lang / ŏ /
sê jy hoor ‘n lang / ě /
skêr jy hoor ‘n lang /æ/
brûe jy hoor ‘n lang / ū /
Nog voorbeelde
affêre voëlwêreld
kwêvoël bêre
houttrôe droomwêreld
treinbrûe voorsê
blêrende skaapskêre
êrens sekondêre
primêre rewolusionêr
wîe wê
brûe sôe
miljoenêr pêrel
blêr populêr
êrens kêrel
lêer
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 20
DEELTEKENS
Wanneer ons ‘n woord met ‘n deelteken e (ë) uitspreek, klink dit soos ‘n /hǝ/,
maar ons skryf dit net ë.
bv. vlieë klink soos vlie-he.
Sommige woorde met ‘n deelteken e (ë) word nie as ‘n h/ǝ/ uitgespreek nie,
maar dit sê net vir ons hoe die woord gelees moet word.
bv. geëet lees ons ge-eet.
Die ë sê vir ons dat ons die woord voor die ë moet afbreek as ons dit
uitspreek. Dieselfde geld vir woorde met ‘n deelteken i (ï).
bv. beïnvloed lees ons be-invloed.
Die deelteken dui ‘n nuwe lettergreep aan, en help dus om die woord reg uit te
spreek.
Nog voorbeelde
deursettingsvermoë vlieënier
hiërogliewe geëet
reënboog breë
genoeë priële
beëdigde geërf
bedrieëry vroeë
reël vlieër
geleë droë
moeë spieël
koeël posseël
hiëna beërwe
knieë weë
reën maatreëls
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 21
AFKORTINGS (Abbreviations)
DAE VAN DIE WEEK (Days of the week)
Sondag (So.)
Maandag (Ma.)
Dinsdag (Di.)
Woensdag (Wo.)
Donderdag (Do.)
Vrydag (Vr.)
Saterdag (Sa.)
MAANDE VAN DIE JAAR (Months of the year)
Januarie (Jan.) (31 dae)
Februarie (Feb.) (28 dae, 29 dae in ‘n skrikkeljaar)
Maart (Mrt.) (31 dae)
April (Apr.) (30 dae)
Mei (Mei) (31 dae)
Junie (Jun.) (30 dae)
Julie (Jul.) (31 dae)
Augustus (Aug.) (31 dae)
September (Sep.) (30 dae)
Oktober (Okt.) (31 dae)
November (Nov.) (30 dae)
Desember (Des.) (31 dae)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 22
CHEMIESE ELEMENTE EN SIMBOLE
(Chemical elements and symbols)
Aktinium
Aluminium
Americium
Antimoon
Argon
Arseen
Astaat
Barium
Berillium
Berkelium
Bismut
Boor
Broom
Chloor
Chroom
Curium
Disprosium
Einsteinium
Erbium
Europium
Fermium
Fluoor
Fosfor
Frankium
Gadolinium
Gallium
Ac
Al
Am
Sb
Ar
As
At
Ba
Be
Bk
Bi
B
Br
Cl
Cr
Cm
Dy
Es
Er
Eu
Fm
F
P
Fr
Gd
Ga
Natrium
Neodymium
Neon
Neptunium
Nikkel
Niobium
Nobelium
Osmium
Palladium
Platinum
Plutonium
Polonium
Praseodymium
Promethium
Protaktinium
Radium
Radon
Renium
Rodium
Rubidium
Rutenium
Samarium
Selenium, Seleen
Serium
Sesium
Silikon
Silwer
Sink
Na
Nd
Ne
Np
Ni
Nb
No
Os
Pd
Pt
Pu
Po
Pr
Pm
Pa
Ra
Rn
Re
Rh
Rb
Ru
Sm
Se
Ce
Cx
Si
Ag
Zn
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 23
Germanium
Goud
Hafnium
Helium
Homium
Indium
Iridium
Jodium
Kadmium
Kalifornium
Kalium
Kalsium
Kobalt
Koolstof
Koper
Kripton
Kwik
Lantaan
Lawrensium
Litium
Lood
Lutesium
Magnesium
Mangaan
Mendelevium
Molibdeen
Ge
Au
Hf
He
Ho
In
Ir
I
Cd
Cf
K
Ca
Co
C
Cu
Kr
Hg
La
Lr
Li
Pb
Lu
Mg
Mn
Md
Mo
Sirkonium
Skandium
Stikstof
Stronsium
Suurstof
Swawel
Tallium
Tantaal
Tegnesium
Telluur
Terbium
Tin
Titaan
Torium
Tulium
Uraan
Vanadium
Waterstof
Wolfram
Xenon
Yster
Ytterbium
Yttrium
Zr
Sc
N
Sr
O
S
Tl
Ta
Tc
Te
Tb
Sn
Ti
Th
Tm
U
V
H
W
Xe
Fe
Yb
Y
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 24
AFKORTINGS
A M antw. antwoord mej. mejuffrou asb. asseblief m meter Aug. Augustus mm millimeter B mnr. meneer bl. bladsy mnre. menere b.o. blaai om Mrt. Maart Bpk. beperk me. mevrou / bv. byvoorbeeld mejuffrou bw. bywoord N C n.C. na Christus cm sentimeter nm. namiddag D no. (nr.) nommer Des. Desember Nov. November d.i. dit is O dr. dokter / doktor o.a. onder ander(e) ds. dominee Okt. Oktober d.w.s. dit wil sê P E p.a. per adres e.a. en andere(e) p.j. per jaar eerw. eerwaarde Pk. poskantoor ens. ensovoorts Ps. Psalm F past. pastoor Febr. (Feb.) Februarie S G SA Suid-Afrika g gram sekr. sekretaris H Sept. (Sep.) September hfst. hoofstuk st. standerd h.v. hoek van str. straat J V Jan. Januarie v.C. voor Christus K vgl. vergelyk kg kilogram vlg. volgende Kie kompanjie vm. voormiddag Maatskappy) vnw. voornaamwoord km kilometer voegw. voegwoord L voors. voorsetsel /
ℓ liter voorsitter
LW Let Wel Vr. Vrydag W ww. werkwoord ## Wanneer daar meer as een woord voorkom: word die begin letter van elke woord geskryf sowel as ‘n punt na elke letter. Bv. dit wil sê = d.w.s. ## Wanneer daar een woord voorkom: word die begindeel van elke lettergreep gewoontlik gebruik sonder enige punte. Slegs ‘n punt aan die einde. Bv. voormiddag = vm. / voorsetsel = voors. ## Wanneer ons met mates werk: kry ons geen punt aan die einde van die afkorting nie. Bv. kilometer = km
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 25
LEESTEKENS(Punctuation)
Hoofletter (Capital letter)
Waar gebruik ons die hoofletter?
Die meeste leerlinge weet dat ‘n hoofletter aan die begin van ‘n sin staan en
dat spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, ens. met
hoofletters geskryf moet word. Daar word egter foute begaan in gevalle soos
die volgende:
1. Alle titels soos dokter, dominee, professor, kaptein, luitenant, prins,
koning, meneer, mevrou, mejuffrou, ens. word in die middel van sinne met
kleinletters geskryf:
Ek weet nie waar dr. Jackson se spreekkamer is nie, maar mnr.
Johnson sê hy sal my daarheen neem.
Toe prins Charles en prinses Diana in Australië was, het hulle dikwels
kangaroes gesien.
2. Vanne soos De Wet, Van der Merwe, De la Bat ens., skep dikwels
probleme wat die gebruik van hoofletters betref. Onthou maar net dat die
“van” in Van der Merwe, die “de” in De Wet, ens. altyd klein is na ‘n
voornaam of voorletter. As daar egter geen naam of voorletter voor
staan nie, is die eerste letter van die van (surname) altyd ‘n hoofletter.
Hy sê Markus van der Merwe is ‘n vriend van haar.
Almal weet Van der Merwe is ‘n eerlike man.
Die lesing sal deur Susan de la Bat gehou word.
‘n Vrou met die van De la Bat sal die lesing hou.
Ons weet nie of mevrou Van Eeden die koek gebak het nie, maar
sersant Paul van Breda dink dit was sy.
Die De Wets en Du Toits is goeie vriende, John du Toit en Con de Wet
is albei prokureurs.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 26
3. Name van vakansiedae soos Gesinsdag en Goeie Vrydag word met
hoofletters geskryf - ook Moedersdag.
4. Die name van verenigings word met hoofletters geskryf:
die Dierebeskermingsvereniging.
5. Name van politieke partye: Demokratiese Alliansie ens.
6. Voornaamwoord as ‘n eienaam gebruik word: Wanneer kom Pa terug?
Teenoor : My pa is nie by die huis nie.
Sê vir jou oom sy gaan na Ouma toe.
7. Politieke amp: Die vergadering sal deur die Staatspresident en die
Minister van Finansies toegespreek word.
8. Name van fabrikante / produkte: Ford.
9. Personifikasies: Klaas Vakie, Klein Duimpie.
10. Troeteldiere se eiename: Wagter; ook in stories: Wolf en Jakkals.
11. Aardrykskundige eiename: Afrika; Europa; Noord Amerika.
12. Eiename hiervan: Afrikaner; Europeër; Amerikaner.
13. Straat en streekname: Derde Laan; Hoëveld.
14. Publikasies: Die Landbouweekblad; Woordeboek van die Afrikaanse Taal.
15. Vir nadruk: Ons wens jou toe: Gesondheid, Vreugde en Voorspoed!
16. Na ‘n , aan die begin van ‘n sin: (na ‘n , aan die begin van ‘n sin, word
die daaropvolgende woord met ‘n hoofletter geskryf) ‘n Boom word geplant.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 27
[.] Punt (Full stop)
Om die einde van ‘n sin aan te dui.
[,] Komma (Comma)
In ‘n lang sin voor die voegwoord.
bv. Hy eet, want hy is honger.
Tussen ‘n reeks van soortname.
bv. Hy bring appels, pere, perskes en druiwe.
NB: Daar is nooit ‘n komma voor “en” nie!
Die reëls vir die komma behoort jy te ken, maar mense vergeet dikwels die
komma tussen werkwoorde (gesegdes).
Voorbeelde:
As jy dit doen, sal ek baie kwaad wees.
As daardie skelm saamgaan, bly ek net hier.
[:] Dubbelpunt (Colon)
Wanneer ‘n verduideliking volg bv.
Ek verduidelik as volg: eerstens moet jy die skakelaar druk, sodat die
liggie flikker.
Bring die volgende saam: houtlepel, mieliemeel, pot en water.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 28
[;] Kommapunt (Semi-colon)
Gebruik die kommapunt hoofsaaklik in die plek van ‘n voegwoord.
Voorbeelde:
Ek is nie bang nie; die hond is by my.
(Ek is nie bang nie, want die hond is by my.)
Sy het laat gekom; sy het verslaap.
(Sy het laat gekom, want sy het verslaap.)
Die bome begin hul blare verloor; dis nou herfs.
(Die bome begin hul blare verloor, want dis nou herfs.)
[!] Uitroepteken (Exclamation mark)
Na ‘n uitroepsin, of ‘n bevelsin bv.
“Gaan!” beveel hy.
“Kom gou!” roep hy benoud.
[“…”] Aanhalingstekens (Inverted commas)
Om direkte rede (eie woorde) aan te toon bv.
“Is jy moeg?” vra ek.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 29
BETEKENISLEER
(Semantics) SINONIEME (Synonyms)
Woorde met dieselfde betekenis.
Kyk na die volgende:
Daar was ongeveer vyf minute oor.
Daar was omtrent vyf minute oor.
LET WEL: Ongeveer en omtrent het min of meer dieselfde betekenis.
Nog voorbeelde van woorde met omtrent dieselfde betekenis:
Ons sal dadelik (onmiddellik) gaan.
Die einde (slot) van die storie was treurig.
Wanneer het dit gebeur (plaasgevind)?
Waar het die skelm geskuil (weggekruip)?
So iets maak my baie hartseer (weemoedig).
Die vlieg hinder (pla) my baie.
Die perde hardloop hot (links) en haar (regs) in die kamp.
Die grapmaker is regtig baie koddig (snaaks).
Ma was daardie dag baie kwaad (vies, boos).
Niemand hou van ‘n lawaai (geraas) nie.
Die leerlinge (skoliere)doen hul werk getrou.
Die ou man is baie nors (onvriendelik).
Ek het ‘n mooi present (geskenk) op my verjaarsdag gekry.
Is dit die regte (korrekte, juiste) antwoord?
Hy het skielik (meteens) opgespring en gehardloop.
Smôrens (soggens) borsel ons ons tande.
Sommige (party) leerlinge is traag (lui) om te werk.
Soms (partykeer) reën dit darem in die woestyn.
Tamaai (groot) golwe het oor die skip geslaan.
Die bang kind bewe van vrees (angs).
Die vrolike (opgeruimde) kinders sing en lag.
Die wyse (slim) man ken seker die antwoord.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 30
(a) Jy kan darem ‘n groot geraas maak, nè? – lawaai
(b) Weet jy wat die korrekte antwoord is? – regte
(c) My pa was verskriklik kwaad daaroor. – vies
(d) Hy het meteens gaan staan. – skielik
(e) Niemand hou van ‘n nors mens nie. – onvriendelike
(f) Wanneer het dit plaasgevind? – gebeur
(g) Sy oom is ‘n slim man. – intelligente
(h) Kam jy smôrens jou hare? – soggens
(i) Die kind is traag om te werk. – lui
(j) Hy was so bang dat hy van vrees gebewe het. – angs
WOORDE MET DIESELFDE OF BYNA DIESELFDE BETEKENIS
amper : byna moeder : ma boos : kwaad onderwyseres : juffrou dalk : miskien partymaal : soms diender : konstabel praat : gesels doodgaan : sterf pragtig : mooi gou : vinnig roep : skree hoof : prinsipaal vader : pa meisie : dogter
Die volgende woordpare beteken dieselfde. Kyk, een van die twee lyk soms nogal baie soos die Engelse woord. Dit help jou met die betekenis. A I aankom arriveer impala rooibok aanskou sien indien as (if) afguns jaloesie industrie(ë) nywerheid
(-hede) aksent klem individu enkeling akteur / aktrise toneelspeler insident voorval / applous toejuiging gebeurtenis astronomie sterrekunde inspirasie besieling astronout ruimtevaarder inspireer besiel B
J
balans ewewig janfiskaal laksman biografie lewensbeskrywing (butcher bird) botanie plantkunde breier afrigter
(van ‘n span)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 31
C K chaos wanorde klimaks hoogtepunt chemie skeikunde komedie blyspel chirurg snydokter
(surgeon) komies snaaks (funny)
D kompensasie vergoeding direk regstreeks kompeteer meeding dokter arts / geneesheer konfidensieel vertroulik E konsonant medeklinker effektief doeltreffend kwaliteit gehalte eggo weerklank (echo) kwantiteit hoeveelheid enjin(s) motor(e)
(engine(s)) L
entoesiasme geesdrif leër weermag F lorrie vragmotor faal misluk (fail) M filosoof wysgeer maat vriend(in) filosofie wysbegeerte maer skraal flous kul / bedrieg / meriete verdienste (deceive / cheat) modern nuwerwets forseer dwing munisipaliteit stadsraad fout flater (mistake) muntstuk geldstuk G
N
geografie aardrykskunde nooi meisie geraas lawaai / rumoer O grys vaal (grey) okkasie geleentheid H ondier monster hardloop hol oneg vals horison gesigseinder / kim ontstaan begin hot en haar links en regs opponent teë(teen)stander P R perfek volmaak rein skoon permissie verlof respek eerbied pienk ligrooi roer (s.n.w.) geweer (rifle) poësie digkuns ruïne bouval populêr gewild rumoer geraas / lawaai predikant leraar (van kerk) ryk welgesteld premier eerste minister rympie gediggie present geskenk probleem vraagstuk pastoor prediker
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 32
ANTONIEME (Opposites)
Woorde met die teenoorgestelde betekenis
bv. mooi - lelik
Kyk na die volgende:
Hy swenk vinnig binnetoe.
Hy het te stadig beweeg.
LET WEL:
Die woorde vinnig en stadig het die teenoorgestelde betekenis.
Voorbeelde van woorde met die teenoorgestelde betekenis:
D Hy help my nie dikwels nie, maar selde.
Hy was nie dronk nie, hy was nugter.
E Hy was nie eerste nie, maar laaste.
G Die kos is nie gaar nie, maar rou.
My vriend is nie gelukkig nie, maar ongelukkig.
H Die lig is nie helder nie, maar dof.
Ek hou meer van die hitte as van die koue.
K Die see is nie kalm nie, maar onstuimig (stormagtig).
L Ons lewe nou, maar eendag sal ons sterf (sterwe).
‘n Springbok is nie lomp nie, maar rats.
S “Is jy skuldig, of onskuldig?” vra die landdros.
Die baba slaap nie, sy is wakker.
Die leerling is nie slordig nie, maar netjies.
Die vark is spekvet of brandmaer.
Sy lakens is spierwit of pikswart.
Ons motor is stokoud of splinternuut.
Die lemoen is nie suur nie, maar soet.
T Sy is nie teenwoordig nie; sy is afwesig.
Die hond is nie trommeldik nie, maar plankdun.
V Hierdie blomme is nie vars nie, maar verlep.
W Die storie is nie waar nie, maar onwaar.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 33
ANTONIEME TEENOORGESTELDES
aankom vertrek naby ver afwesig teenwoordig nat droog anderkant duskant netjies slordig antwoord vraag oop toe arm ryk oud nuut baie bietjie; min orals nêrens bedags snags raak mis begin einde reg verkeerd binne (kant) buite (kant) regs links dag nag reguit krom; skeef diep vlak ryp groen dik dun sag hard dikwels selde skerp stomp donker lig skoon vuil dwerg reus slim dom eerste laaste soggens saans fluks lui somer winter gaar rou sterk swak gelukkig ongelukkig stout soet gesond siek suur soet glad skurf swaar lig goed sleg vet maer goedkoop duur verlede toekoms hoog laag vinnig stadig jonk oud vol leeg kort lank vrede oorlog lag huil vriend vyand lekker sleg vroeg laat lewendig dood waarheid leuen los vas warm koud mak wild wen verloor maklik moeilik wyd smal; nou
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 34
HOMOFONE (Homophones)
Woorde wat dieselfde uitgespreek word, maar die spelling en betekenis verskil word HOMOFONE genoem.
Boordjie:Hierdie hemp se boordjie is te nou. Boortjie: Hy het ‘n klein gaatjie met ‘n boortjie geboor. Boud: Hy het die perd op sy boud geslaan. Bout: Waar is hierdie bout se moer? Bril: As jou oë swak is, moet jy bril dra. Brul: Toe die leeu brul, het ek weggehardloop. By: Die by het hom op sy neus gesteek. Bui: ‘n Harde bui reën het uitgesak. Duur: Nie goedkoop nie. Dier: Bv. Vark, hond, perd. Eet: Hy eet glad te veel lekkers. Eed: Die man het ‘n eed geneem dat hy die moordenaar sou vang. Haal: Piet sal die koeie gaan haal. Hael: Die hael het twee ruite gebreek. Hard: Nie sag nie. Hart: My hart is seer. Lei: Die tuinier lei sy groente nat. Ly: Die skraal dogtertjie ly aan asma. Leun: Die seun leun teen die muur. Leuen: Hy het al weer ‘n leuen vertel. Klere: Wat ons dra. Kleure: Rooi, geel, groen. Kruit: Wat in koeëls gebruik word. Kryt: Ons skryf of teken daarmee. Kus: Ons groet Moeder met ‘n kus. Kis: Daar is honderd appels in die kis. Maar: Anna gaan, maar haar sustertjie bly by die huis. Maer: Gedurende die droogte was ons skape baie maer. Moet: Ek moet gaan. Moed: Hy het baie moed (is dapper). Noot: Die een noot van die klavier is vals. Nood: Ek was vandag lelik in die nood. Put: Hoe diep is die put ? Pit: Moenie dit pit van die perske insluk nie. Rant: Die bokke wei teen die rant. Rand: Die bok kos duisend rand.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 35
Reëlings:Ons tref die reëlings vir ons vakansie. Relings:Jy moet nou aan die relings vashou, anders val jy af. Ryer: Die ryer het sy fiets goed beheer. Reier: Die reier soek paddas in die vlei. Rys: Wat ons eet. Reis: Ons reis per motor iewers heen. Skeer: Hulle skeer hul skape in November. Skeur: Die doringdraad sal jou baadjie skeur, Hendrik. Skut: Diere wat rondloop, kom in ‘n skut. Skud: ‘n Mens skud baie agter op daardie vragmotor. Steun: Ek steun op jou, ou maat! Steen: Die steen moet nog vasgemessel word. Styl: Die atleet het ‘n pragtige styl. Steil: Die bergpas is steil. / Sy hare is steil. Swaar: Ek kon nie die swaar klip optel nie. Swaer: My suster se man is my swaer. Teëls: Die teëls teen die badkamermuur raak los. Teuels: Die drywer hou die teuels styf vas. Vee: Skape, bokke, beeste. Fee: Feetjie soos in feëverhale. Voet: Die baksteen het op my voet geval. Voed: Die ma voed haar baba. Vyl: ‘n Stuk gereedskap. Vuil: Nie skoon nie.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 36
HOMONIEME (Homonyms)
Woorde wat eenders geskryf word, maar waarvan die betekenis Verskil, word HOMONIEME genoem.
Die jagter gaan nou die springbok afslag. As jy kontant vir ‘n artikel betaal, kry jy afslag. Die boom se bas is afgestroop. Die bas het ‘n pragtige stem. Die speler skop die bal. Daar was baie dansers op die bal (dansparty). Die bokser bal sy vuiste. Hy het per ongeluk ‘n blad van die boek geskeur. Die blad van die plant is groen. Die boer het my ‘n blad van ‘n bok gegee. Jy moet werk om jou doel te bereik. Die netbalspeelster het ‘n doel gegooi. Die boer eg die lande met ‘n eg. Is jy seker daardie diamant is eg ? Die bruid en bruidegom is deur hul predikant in die eg verbind. Ek was hierdie naweek hulle gas. Moenie daardie gas inasem nie. Ek kan sing. Daar is water in die kan. Wie was die koper van die plaas ? Die ketel is van koper gemaak. Die bobbejaan sit op die krans. Ons het ‘n krans op haar graf gesit. Na die wedstryd was my bene lam. Die lam loop agter sy ma aan. Die tas is van leer gemaak. ‘n Mens leer elke dag. ‘n Veer is lig. Dis nog lig en nie donker nie. Dit lyk of dit gaan reën. Die lyk is na die dodehuis geneem.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 37
Mamma is moeg en mat van al die werk. Voor die deur lê ‘n mat. Dis ‘n goeie middel teen verkoue. Sy dra ‘n rooi band om haar middel. Die hoed pas haar. Die pas was te vinnig, dus kon ek nie bybly nie. Die pas deur die berg is steil. Weens die droogte is die pampoentjies vanjaar maar klein. Pampoentjies kan ‘n gevaarlike siekte wees. Pos asseblief hierdie brief. Hy beklee ‘n goeie pos. Sodra die klok lui, moet elke prefek op sy pos wees. Dien jou vader ook in ‘n raad ? My onderwyser het my goeie raad gegee. Sy het ‘n rol note in haar hand. Die hond rol op die gras. Ons het ‘n harde slag gehoor. Die boer slag ‘n skaap. Moeder sny die vleis. Die sny aan sy vinger bloei. Die water syfer deur die damwal. Hy sukkel om die syfer 2 te maak. Frans trek aan die tou. As jy in die trek sit, word jy siek. Ek wag vir my vriend. Die wag keer dat diewe inkom. Ek was my hande gereeld. Kerse word van was gemaak.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 38
EEN WOORD VIR (One word for)
FOBIES EN VOORLIEFDES
Agorafobie Vrees vir oop ruimtes Akarafobie Vrees vir jeuk Akrofobie Vrees vir hoogtes Allurofobie Vrees vir katte Algmofobie Vrees vir skerp instrumente Algofobie Vrees vir pyn Androfobie Morbiede teensin in mans Antropofobie Vrees vir mense Apifobie Vrees vir bye Aragnofobie Vrees vir spinnekoppe Basillofobie Vrees vir mikrobes Batofobie Vrees vir dieptes Belonefobie Vrees vir naalde Bibliomanie Obsessie met boeke Blennofobie Vrees vir slym Demonofobie Vrees vir duiwels Dorafobie Vrees vir die vel of hare van diere Dromofobie Vrees vir hardloop Entomofobie Vrees vir insekte Ergofobie Vrees vir werk Eritrofobie Vrees om te bloos Fagofobie Vrees om te sluk Farmakofobie Vrees vir medisyne Fobofobie Vrees vir die ontstaan van angs Fognofobie Vrees vir baarde Fotofobie Vrees vir skerp lig Gamofobie Vrees vir die huwelik Gefiedrofobie Vrees vir brûe Gimnofobie Vrees vir naaktheid Hemofobie Vrees vir bloed Hidrofobie Vrees vir water Higrofobie Vrees vir klammigheid Hipnofobie Vrees vir slaap Kardiomanie Obsessie met die hart Karsinofobie Vrees vir kanker Kerofobie Vrees vir jolyt Kibofobie Abnormale weersin in kos Kleptomanie ‘n Obsessie om te steel Kloustrofobie Vrees vir engtes Lalofobie Vrees vir gesprekvoering
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 39
Meganofobie Vrees vir masjiene Melomanie Versotheid op melodieë Mikrofobie Vrees vir kieme Misofobie Bang om valse verklarings af te lê Musikomanie ‘n Obsessie met musiek Musofobie Vrees vir muise Nekrofobie Vrees vir lyke Nekrofilie Aangetrokkenheid tot lyke Neofobie Vrees vir nuwighede Niktofobie Vrees vir donker Nosofobie Vrees vir siekte Pirofobie Vrees vir vuur Piromanie Obsessie met vuur Soöfobie Vrees vir diere Tafofobie Vrees om lewendig begrawe te word Talassofobie Vrees vir die see Tanatofobie Vrees vir die dood Termofobie Vrees vir hitte Toksikofobie Vrees vir gif Xenofobie Vrees vir vreemde mense of dinge Xenomanie Liefde vir die buiteland (alles wat vreemd is)
MENSE (Beroepe, eienskappe en idiomatiese name) aandelemakelaar iemand wat aandele koop en verkoop aasvoël iemand wat op ander teer / vraat / verleë lyk admiraal die hoof van ‘n vloot adolessent ‘n jeugdige, opgroeiende persoon adviseur iemand wat voorligting of raad gee advokaat ‘n persoon wat ‘n ander persoon of saak in ‘n hooggeregshof
verdedig afgesant ‘n persoon wat na die buiteland gestuur word met ‘n besondere opdrag van ‘n regering afsitter iemand wat atlete of perde by ‘n byeenkoms laat wegspring afslaer iemand wat goedere en eiendom op ‘n veiling verkoop aggressor iemand wat eerste aanval of ‘n twis begin baanbreker iemand wat iets eerste doen babsitter iemand wat (teen betaling) kinders oppas wanneer die ouers
nie tuis is nie babbelkous iemand wat onophoudelik praat bakker iemand wat brood, koek, ens. bak en verkoop bakterioloog iemand wat ‘n studie maak van bakterieë bakvissie ‘n meisie tussen 14 en 17 jaar oud balju ‘n bode van die hooggeregshof wat moet toesien dat die vonnisse van die hof uitgevoer word bangbroek iemand wat baie lafhartig is
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 40
bankbestuurder iemand wat ‘n bank bestuur bankier iemand wat hom met banksake besig hou, veral op hoë vlak chauffeur ‘n motorbestuurder in diens van iemand anders chiropodis ‘n persoon wat opgelei is om voete te behandel chiropraktisyn iemand wat geneeskundig optree deur manipulasie en
massering chirurg ‘n dokter wat operasies uitvoer choreograaf ‘n persoon wat ‘n dans of ballet skep connoisseur ‘n uitstekende kenner van goeie smaak (bv. wyn of kos) Croesus ‘n skatryk persoon dagloner iemand wat hom by die dag verhuur Daniël ‘n troue belyer van sy godsdiens dataverwerker iemand wat gegewens en feite verwerk debiteur iemand wat aan ‘n persoon of instansie geld skuld debutante ‘n meisie wat vir die eerste maal in die openbaar optree dekaan die voorsitter van ‘n akademiese fakulteit delegaat iemand wat afgevaardig is om iets te doen dermatoloog ‘n persoon wat spesialiseer in velsiektes digter iemand wat gedigte skryf diplomaat ‘n persoon wat in ‘n ander land namens sy land onderhandel egalitaris iemand wat glo dat alle mense eenders is egoïs ‘n baie selfsugtige persoon ekonoom iemand wat ‘n studie van ekonomiese sake maak eksaminator iemand wat vraestelle opstel en nasien vir ‘n eksamen eksekuteur iemand wat ‘n boedel beredder ekstremis iemand wat tot die uiterste gaan elekstrisiën iemand wat elektriese toestelle installeer en herstel emigrant iemand wat sy land verlaat om hom in ‘n ander land te vestig entomoloog ‘n kenner van insekte entrepreneur die oprigter van ‘n sakeonderneming; iemand wat iets
organiseer en bestuur fakir ‘n Mohammedaanse bedelmonnik wat skynbaar wonderwerke
verrig Fariseër ‘n huigelaar en skynheilige fatalis iemand wat aan ‘n onvermydelike noodlot glo feminis iemand wat vir vroueregte veg filantroop iemand wat hom beywer om mense se lyding te versag filatelis iemand wat posseëls versamel en bestudeer Fillistyn ‘n persoon sonder kultuur en beskawing filoloog iemand wat ‘n studie maak van die taal en lettere fisiater ‘n dokter wat hom toelê op natuurgenesing fisioterapeut iemand wat siektes en beserings behandel deur massering,
oefeninge en elektrisiteit gasheer iemand wat besoeker ontvang of onthaal gastroloog iemand wat ‘n deskundige is op die gebied van die bou,
funksies en siektes van die maag gastronoom iemand wat baie gesteld is op lekker eet en drink gedelegeerde iemand wat afgevaardig is geitjie ‘n vrou met ‘n baie skerp tong geldskieter iemand wat geld uitleen
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 41
geldwolf iemand wat baie gierig is geluksvoël iemand wat dit altyd baie gelukkig tref genie iemand met buitengewone begaafdheid en intelligensie geoloog ‘n persoon wat die wetenskap van die aardkors bestudeer handlanger iemand wat ‘n ander persoon in sy ambag behulpsaam is harmansdrup iemand wat baie stadig is hawekaptein iemand wat in beheer is van ‘n groot hawe haweloods ‘n persoon wat skepe by ‘n hawe in en uit bestuur hawemeester iemand in beheer van ‘n kleinerige hawe hedonis iemand wat glo dat plesier die belangrikste ding in die lewe is heethoof iemand wat baie opvlieënd van geaardheid is heiden iemand wat nie aan God glo nie Hektor ‘n held; iemand wat met groot dapperheid en moed optree (of
opgetree het) helmintoloog ‘n deskundige op die gebied van wurms, veral dié wat op
mense of diere leef idealis iemand wat ideale vorm en nastreef idioot iemand wat agterlik of baie dom is iesegrim iemand wat baie nukkerig en stuurs is igtioloog ‘n deskundige op die gebied van visse imam voorganger by die dienste in ‘n moskee immigrant iemand wat van ‘n ander land af kom om hom in die nuwe land
te vestig infanteris ‘n soldaat wat te voet optree informant iemand wat inligting verstrek insektoloog ‘n deskundige op die gebied van insekte instrukteur ‘n persoon wat ander persone vaardighede leer, bv. swem,
houtwerk, gimnastiek, ens. jaagduiwel iemand wat baie vinnig ry jabroer iemand wat nie ‘n eie mening het nie en met alles saamstem jagter iemand wat wild (bokke, ens.) skiet jakkals ‘n baie geslepe persoon Jan Salie ‘n niksbeduidende persoon Jan Taks die belastinggaarder; die Minister van Finansies Jehu ‘n jaagduiwel Jeremia iemand wat altyd kla Jobstrooster iemand wie se poging om te troos eintlik sake vererger joernalis iemand wat artikels skryf vir ‘n koerant of tydskrif kaartjies- ondersoeker ‘n beampte wat kaartjies op ‘n bus of trein nagaan kaartman(netjie) ‘n persoon wat lewendig is en doelbewus probeer snaaks wees kalligraaf ‘n persoon wat ‘n studie van skoonskrif gemaak het en baie mooi kan skryf kandidaat iemand wat aansoek doen om ‘n betrekking; iemand wat hom
verkiesbaar stel by ‘n verkiesing kannibaal ‘n persoon wat mensvleis eet kapelaan ‘n predikant in militêre diens kapitalis ‘n persoon wat baie geld besit, veral in die sakewêreld kapokhaantjie ‘n klein, parmantige outjie
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 42
kaptein die bevelvoerder van ‘n skip of vliegtuig; die leier van ‘n span; die hoof van ‘n inboorlinggroep
kardioloog ‘n hartspesialis laaimeester iemand wat verantwoordelik is vir die op- en aflaai van goedere
(bv. by Spoornet) laatlammetjie ‘n kind wat gebore is lank na ander broers of susters lamsak iemand wat nie deursettingsvermoë het nie landmeter iemand wat grond opmeet en in kaart bring laventelhaan ‘n man wat oordrewe aandag aan sy uiterlike bestee leek iemand wat oningelig is oor ‘n vak of saak leerling iemand wat van ‘n ander persoon onderrig ontvang legitimaris iemand wat reg het op ‘n erfdeel lektor ‘n dosent aan ‘n kollege of universiteit leuenaar ‘n persoon wat leuens vertel (jok) makelaar iemand wat advies gee oor beleggings en ook die koop en
verkoop daarvan doen (veral aandele) maltrap iemand wat baie verspot is manteldraaier iemand wat van standpunt of party verander namate dit hom
die beste pas masjinis die drywer van ‘n lokomotief of ander masjien matador iemand wat by stiergevegte die bul doodmaak matrone ‘n vrou wat aan die hoof staan van verpleegpersoneel in ‘n
hospitaal; ‘n vrou aan die hoof van ‘n huishouding van ‘n koshuis of ander inrigting
matroos iemand wat op ‘n skip werk medepligtige iemand wat behulpsaam is met die pleeg van ‘n onwettige daad melomaan iemand met ‘n hartstogtelike liefde vir musiek mentor ‘n persoon wat ander bystaan met raad en hulp naamgenoot, genant iemand wat dieselfde naam as ‘n ander persoon het nagwolf iemand wat tot laat in die nag wakker bly navigator ‘n persoon wat die rigting van ‘n vliegtuig, skip of ander
voertuig bepaal nekroloog die skrywer van ‘n lewenskets van iemand wat pas oorlede is Nero ‘n losbandige, wrede tiran neuroloog ‘n arts wat siektes van die senustelsel behandel niksnut(s) ‘n persoon wat niks beteken nie nimrod iemand wat van jag hou nonkonformis iemand wat hom afskei van ‘n groep of party nudis iemand wat daarvan hou om naak in die natuur te wees oftalmoloog ‘n persoon wat oë toets en oogsiektes behandel onderwyser ‘n persoon wat vir leerlinge klasgee opportunis ‘n persoon wat daarop uit is om voordeel te trek uit gunstige
geleenthede al sou dit ook ander benadeel opsigter iemand wat toesig hou optikus, optisiën ‘n persoon wat brille maak optimis iemand wat altyd die blink kant van die lewe sien en altyd
goeie resultate verwag ornitoloog, iemand wat ‘n kenner van voëls is voëlkundige osteoloog, ‘n spesialis in die beenstelsel beenkundige
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 43
ouditeur ‘n persoon wat die rekeninge en kwitansies van ‘n firma nagaan oujongkêrel ‘n man wat al ouerig is en nog ongetroud is paaiboelie iemand wat vrees inboesem of negatiewe gevoelens wek deur
sy optrede papbroek iemand wat baie lafhartig is parapleeg iemand wat die gebruik van albei sy arms of bene verloor het parasiet iemand wat op ander teer parvenu ‘n persoon uit die laer stand wat skielik ryk geword het, maar
by wie die beskawing ontbreek pasifis iemand wat ‘n voorstander van vrede is passasier iemand wat in ‘n voertuig reis, maar nie in beheer daarvan is
nie patoloog ‘n persoon wat die oorsaak van siektes navors deur ontledings
te doen (ook lykskouings) patriot iemand wat sy vaderland liefhet pedagoog, iemand wat hom toelê op die studie van die opvoedkunde opvoedkundige rabbedoe ‘n uitgelate, jong persoon wat wilde dinge doen rabbi ‘n Joodse geestelike leier radiograaf ‘n persoon wat radioplate soos x-straalplate neem radioloog ‘n persoon wat x-straalplate en ander plate kan lees en vertolk
en ook radioterapie kan voorskryf rammetjie-uitnek ‘n spoggerige, afwyserige persoon rangeerder ‘n persoon wat spoorwaens en trokke op spoorlyne rondstoot rebel iemand wat teen iets in opstand kom redakteur ‘n persoon wat leiding gee en toesig hou oor die beleid van ‘n
boek of ander publikasie referent iemand wat ‘n onderwerp op ‘n vergadering inlei; iemand wat ‘n
referaat lewer; iemand wat gevra word om vertroulike inligting oor ‘n ander persoon te gee
regisseur iemand wat toneelspelers afrig saboteur iemand wat opsetlik skade berokken aan die eiendom van
andere sadis iemand wat behae skep in die pyn of lyding van ander mense
of diere sakkeroller, iemand wat in ‘n gedrang iets van iemand steel en dan grypdief, weghardloop goudief sakpatriot iemand wat vol vaderlandsliefde is net solank dit vir hom
voordelig is Salomo ‘n baie verstandige persoon sandtrapper iemand wat nie verfynd is nie sekretaris ‘n persoon belas met die briefwisseling en administrasie van ‘n
kantoor, inrigting of vereniging semelbroek ‘n lomp, skaam persoon seremoniemeester iemand wat by ‘n fees of plegtigheid die leiding neem sieltjie sonder iemand wat hom oor niks bekommer nie sorg takhaar ‘n onverfynde, agterlike persoon
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 44
taksidermis iemand wat dierevelle behandel en weer in ‘n natuurlike houding opstop
tandarts ‘n dokter wat mense se tande versorg teerputs iemand wat baie vuil en smerig is teller ‘n persoon wat mense se geld by ‘n bank hanteer teoloog iemand wat ‘n studie maak van die godgeleerdheid terggees iemand wat baie graag terg terminoloog iemand wat ‘n studie maak van vakterme terroris ‘n persoon wat onverwags dade van geweld pleeg, gewoonlik
op onskuldige burgerlikes testateur iemand wat ‘n testament laat opstel Uilspiëel ‘n persoon wat allerhande ongewone dinge doen usurpator, rower iemand wat met geweld iets in besit neem utopis iemand wat hom met onuitvoerbare droombeelde besig hou veearts ‘n opgeleide persoon wat siek diere behandel veelvraat iemand wat baie eet vegetariër ‘n persoon wat geen vleis eet nie vennoot iemand wat saam met iemand anders iets behartig verdagte ‘n persoon wat van iets verdink word verkeersbeampte ‘n persoon wat verkeer reël en toesien dat verkeersreëls verkeerskonstabel gehoorsaam word verkleurmannetjie iemand sonder vaste oortuigings verpleegster ‘n meisie wat opgelei is om siek mense te versorg verslaggewer ‘n persoon wat berigte en verslae vir ‘n koerant of tydskrif skryf verstekeling iemand wat hom op ‘n skip, vliegtuig of ander voertuig versteek
om sodoende gratis vervoer te word waaghals, durfal iemand wat baie durf het en roekelose dinge doen; iemand wat
as ‘n beroep waaghalsige toertjies doen weduwee ‘n vrou wie se man oorlede is werkesel iemand wat aanhoudend werk werktuigkundige ‘n persoon wat motors herstel wewenaar ‘n man wie se vrou oorlede is windlawaai iemand wat grootpraat, maar niks beteken nie woelwater ‘n kind wat baie lewendig is wreedaard iemand wat baie wreed is wynvlieg ‘n persoon wat baie alkohol drink wysneus ‘n persoon wat hom verbeel dat hy alles weet ystervreter ‘n baie dapper soldaat; ‘n baie nors mens
PLEKKE aanloopbaan die baan waarop ‘n vliegtuig opstyg en land abattoir, slagpale die plek waar diere geslag word abdy die plek waar monnike woon affineerdery die plek waar metale gesuiwer word afsluitdam ‘n tydelike dam in ‘n rivierbedding om die water te keer solank daar aan die damwal gewerk word bakkery ‘n plek waar brood en koek gebak en soms ook verkoop word
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 45
bank ‘n plek waar geld bewaar, uitbetaal en uitgeruil kan word begraafplaas, ‘n plek waar mense begrawe word kerkhof beurs die gebou waar aandele gekoop en verkoop word biblioteek ‘n gebou waar boeke, video’s en skilderye bewaar en
uitgeneem kan word casino, kasino ‘n plek wat ingerig is vir dans, dobbel en kaartspele crèche, ‘n plek waar jong kinders van werkende moeders gedurende bewaarskool gedurende werksure versorg word dieretuin ‘n plek waar wilde diere vir besigtiging gehou word disko(teek) ‘n plek waar jongmense op moderne musiek kan dans dok ‘n aanlêplek vir skepe droogdok ‘n dok wat leeggepomp kan word om skepe onder die waterlyn
te kan ondersoek drosdy die kantoor of ampswoning van ‘n landdros eetsalon die plek waar etes op ‘n trein bedien word fabriek ‘n plek waar op groot skaal goedere vervaardig word filmoteek ‘n plek waar films bewaar word fonoteek ‘n plek waar bandopnames bewaar word galery ‘n balkon aan die binnekant van ‘n kerk of saal gastehuis ‘n huis wat ingerig is om betalende gaste te ontvang geriatriese inrigting ‘n plek waar sieklike bejaardes versorg word gimnasium ‘n lokaal waar liggaamsoefeninge gedoen word graansuier, silo ‘n plek waarin los graan tydelik geberg word hawe ‘n landingsplek vir skepe helihawe landings- en opstygplek vir helikopters herbarium ‘n plek waar gedroogte plante of plantdele gehou word herberg ‘n klein, landelike hotelletjie waar gaste teen betaling kan bly hospitaal ‘n plek waar siek mense verpleeg word inligtingsburo, ‘n plek waar besoekers inligting omtrent ‘n dorp of stad
ontvang inrybioskoop, ‘n opelug bioskoop waar die film vanuit motors gekyk word inryteater insektarium ‘n plek waar lewendige insekte gekweek en bestudeer word kaai ‘n gemesselde aanlêplek waar skepe vasgemeer kan word kaartjieskantoor ‘n kantoor waar kaartjies gekoop word soos op ‘n stasie kajuit die slaapvertrek op ‘n skip kampus die grond en geboue van ‘n universiteit kapel ‘n baie klein kerkie laboratorium ‘n plek waar eksperimente en navorsingswerk gedoen word laerskool ‘n skool vir leerlinge tot graad sewe (standerd vyf) looiery ‘n plek waar dierevelle tot leer verwerk word lykshuis, ‘n plek waar lyke voor ‘n begrafnis gehou word dodehuis
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 46
magasyn ‘n bêreplek vir veral ammunisie meent ‘n oop stuk grond in ‘n dorp vir openbare gebruik menasie ‘n eet- en drinkplek vir soldate, die polisie, ens. moskee die plek waar Moslems aanbid munt die plek waar geldstukke gemaak word observatorium, ‘n plek van waar die sterre waargeneem word sterrewag ouditorium, ‘n saal waarin mense vergader om na uitvoerings te luister gehoorsaal panoptikum ‘n gebou waar wasbeelde van bekende persone besigtig kan
word pastorie die woning van ‘n predikant poskantoor ‘n plek waar seëls gekoop word, pakkies gepos word en alle
ander possake verrig word raffinadery die plek waar iets gesuiwer word (bv. olie of suiker) reisburo ‘n kantoor waar agente alle reëlings vir reisigers tref ruim die bêreplek in ‘n skip vir goedere sinagoge die kerkgebou van die Jode skeepswerf ‘n plek waar skepe gebou word skut ‘n plek waar diere gehou word totdat hulle eienaars opgespoor word; ‘n kantoor vir verlore goedere stadion ‘n groot sportterrein met rye sitplekke daarom wat vir sportbyeenkomste en feeste gebruik word stal ‘n gebou waarin plaasdiere soos perde of koeie gehuisves word teater ‘n gebou ingerig vir toneelopvoerings vliegtuigloods, ‘n skuur waar vliegtuie gebêre word hangar voerkuil ‘n gat waarin veevoer bewaar word vuurtoring ‘n toring langs die kus wat met sterk lig skepe waarsku wildtuin, ‘n plek waar wilde diere in hulle natuurlike staat besigtig kan wildreservaat word
MEDIES, DIE NATUUR EN DIE WETENSKAP aardas denkbeeldige spil waarom die aarde in 24 uur draai aardbaan elliptiese baan wat die aarde om die son volg aardkors die buitenste soliede omhulsel van die aarde aardrykskunde, die wetenskap van die aarde se oppervlakte, vastelande, geografie klimaat, riviere, berge, plante, mense en diere aborsie ‘n kunsmatige vrugafdrywing van ‘n fetus bakterie ‘n klein organisme wat infeksies en siektes veroorsaak barometer ‘n toestel waarmee lugdruk gemeet word baroskoop ‘n toestel wat veranderinge in lugdruk aantoon bifokaal met twee fokusse of brandpunte
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 47
bikonkaaf holrond aan altwee kante canyon ‘n diep rivierbedding met steil wande chemie, die leer van die eienskappe, samestelling en veranderinge van skeikunde stowwe chromatologie die wetenskap van kleure chronograaf, ‘n toestel wat tyd meet kronograaf desibel ‘n eenheid vir die meet van klank diagnose ‘n dokter se bevinding nadat hy ‘n pasiënt ondersoek het dinamo ‘n toestel vir die opwekking van elektriese krag drukgang ‘n nou gang waaring diere ingedruk word om behandel te word eklips die verduistering van ‘n hemelliggaam ekliptika die baan wat die aarde in een jaar om die son aflê ekologie die verhouding van lewende organisms tot hulle omgewing elektrokar- ‘n instrument wat die werking van die hartspier waarneem diograaf elektroskoop ‘n instrument wat klein elektriese ladinge aantoon fauna al die diersoorte van ‘n bepaalde streek of tydperk fenologie die wetenskap wat die invloed van klimaat op plante en diere
bestudeer fetus die ongebore vrug van ‘n mens of dier fitografie die studie van die naamgewing en indeling van plante fitopatologie die studie van plantsiektes gangreen die verrotting en afsterf van weefsels en liggaamsdele gatsometer ‘n meettoestel wat die snelheid van ‘n voertuig oor ‘n bepaalde afstand
bepaal gehoor- ‘n toestel wat gebruik word om beter te kan hoor toestel geogenie die studie van die ontstaan van die aarde geologie, die wetenskap van die aardkors en alles wat daarin gebeur aardkunde hallusinasie die ervaring van iets wat nie werklik daar is nie heliofiet ‘n plant wat in volle sonlig groei heliograaf ‘n toestel waarmee boodskappe in Morsekode gestuur word deur
die weerkaatste lig van die son; ‘n instrument wat die intensiteit van die son meet; ‘n toestel wat foto’s van die son neem
herfs die jaargety tussen somer en winter hermafrodiet ‘n plant of dier wat manlik sowel as vroulik is inheems iets wat natuurlik in ‘n gebied voorkom invertebrate diere sonder ‘n geraamte jaarplant ‘n plant wat net vir een jaar bestaan
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 48
kamera ‘n toestel waarmee foto’s geneem word karkas die liggaam van ‘n dooie dier kartografie die kuns om landkaarte te teken katode ‘n negatiewe elektrode koppeluit- ‘n gelyktydige uitsending van ‘n program oor die radio en televisie sending laktometer ‘n toestel wat die vetgehalte van melk bepaal lente die jaargety tussen winter en somer lugverkoeler ‘n toestel wat ‘n plek deur bewegende lug verkoel luidspreker ‘n toestel wat klank versterk manometer, ‘n instrument om die druk van ‘n gas of vloeistof te meet drukmeter megafoon ‘n tregtervormige toestel wat klank versterk meganika die studie van beweging en die kragte wat dit veroorsaak mikrobiologie die studie van die lewe van baie klein organismes mikrometer ‘n instrument waarmee baie klein afstande aan die hemelbol gemeet word nagewening die periode wanneer die dag en nag ewe lank is natuurreser- ‘n gebied waar plante en diere beskerm word vaat odontologie die studie van tande oftalmologie, die studie van die oog en oogsiektes oogheelkunde omnifoor ‘n gebruiker van plante en diere as voedsel onkruid wilde plante wat groei waar hulle waardevolle plante verdruk ortinologie, die studie van voëls voëlkunde parasiet ‘n dier of plant wat op of op koste van andere diere of plante lewe patologie die studie van die aard en oorsake van siektes pediatrie die geneeskundige behandeling van kinders pedologie, die studie van grondsoorte grondkunde, bodemkunde pendeltuig ‘n ruimtetuig wat herhaaldelik gebruik kan word tussen die aarde en ‘n ruimtestasie reservaat ‘n gebied wat vir ‘n spesiale doel gebruik word (bv. wild-, natuur-, Indianereservaat) ruimteskip, ‘n tuig wat in die ruimte opgeskiet word en deur die bemanning beheer ruimtetuig word seismologie die studie van aardbewings aardbewingsleer seismoskoop ‘n toestel wat die tyd en feit van aardbewings aantoon soogdiere alle diere wat hulle kleintjies self voed met melk
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 49
soölogie, die studie van diere dierkunde springgety ‘n buitengewone hoë gety wat ontstaan net na volmaan en nuwemaan taksidermie die kuns om diervelle te bewaar en weer op te stop telegram ‘n boodskap wat telegrafies oorgesein word teleskoop ‘n instrument waarmee vergeleë voorwerpe, bv. sterre, waargeneem kan word televisie, ‘n toestel met ‘n skerm wat beelduitsendings met klank vertoon beeldradio teologie die wetenskap oor God uitheems iets wat nie natuurlik in ‘n gebied voorkom nie vasteland, ‘n groot samehangende landmassa kontinent veldambulans ‘n ambulans wat ingerig is om soldate op die slagveld te help veldapteek ‘n apteek om ‘n leër in die veld te dien verkyker ‘n toestel wat ‘n mens in staat stel om voorwerpe wat ver is te sien asof hulle naby is voltmeter ‘n instrument wat die sterkte van ‘n elektriese stroom meet waterpas ‘n instrument wat bepaal of iets presies horisontaal is weerhaan ‘n windwyser in die vorm van ‘n haan windkous ‘n toestel wat die windrigting aantoon wingerd ‘n stuk land wat met wynstokke beplant is woestyn ‘n dorre, kaal landstreek waar dit baie min reën
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 50
DIEREGELUIDE (Animal sounds)
akkedisse piep ape blaf (babbel) beeste bulk bere brom besies sing bobbejane bôgom (blaf) bosbokke blaf bulle brul bye zoem (gons) dassies skree (skreeu) donkies balk duiwe koer eende kwaak (snater) esels balk fisante skree (skreeu) ganse gaggel (snater, blaas) hane kraai henne kekkel (kloek) honde blaf (knor, tjank) jakkalse tjank (huil) kalkoene koel-koel kanaries fluit kangaroes hoes katte miaau (spin, blaas) katvisse blaas koeie bulk korhane skree (skreeu) kraaie kras krieke kriek kuikens piep lammers blêr leeus brul makoue blaas muise piep olifante trompetter paddas kwaak patryse skree (skreeu) perde runnik (snork) ratels snuif renosters snork ribbokke fluit skape blêr slange sis sonbesies skree (skreeu) tiere brul uile hoe-hoe varke snork vinke kwetter voëltjies sing (tjirp, fluit) volstruise brom wolwe huil
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 51
VERGELYKINGS (Similes)
[soos]
Hy is vir sy pa so bang soos die duiwel vir ‘n slypsteen.
Die pil is so bitter soos gal.
Die arme perd is nou so blind soos ‘n mol.
Die ou oom is so doof soos ‘n kwartel.
Die honger hond is so dun soos ‘n plank.
Na die harde oefening was hy so honger soos ‘n wolf.
Sy rug is so krom soos ‘n hoepel.
Die heks is werklik so lelik soos die nag.
Ek kan hom maklik optel, want hy is so lig soos ‘n veer.
Die tier is so mak soos ‘n lam.
Sy neus is so plat soos ‘n pannekoek.
Hy is so skelm (slim) soos die houtjie van die galg.
Die man is so taai soos ‘n ratel.
Die motor is so vinnig soos blits.
NOG VOORBEELDE VAN VERGELYKINGS
so bitter soos gal so mak soos ‘n lam so blind soos ‘n mol so moeg soos ‘n hond so dapper soos ‘n leeu so nat soos ‘n kat so dood soos ‘n mossie so plat soos ‘n pannekoek so dom soos ‘n esel so rond soos ‘n koeël so donker soos die nag so rooi soos bloed so dun soos ‘n plank so sag soos sy so geel soos goud so siek soos ‘n hond so goed soos goud so skerp soos ‘n mes so glad soos seep so slim soos ‘n jakkals so groen soos gras so soet soos suiker (stroop) so groot soos ‘n reus so sterk soos ‘n bees (‘n leeu) so hard soos ‘n klip so stil soos ‘n muis so koud soos ys so suur soos asyn so lelik soos die nag so swaar soos lood so lig soos ‘n veer so swak soos ‘n lammetjie so lui soos ‘n donkie so swart soos die nag so maer soos ‘n kraai so vet soos ‘n vark
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 52
INTENSIEWE VORME
(Superlatives)
[skryf altyd as EEN WOORD]
Baie arm is brandarm.
Baie bang is doodbang.
Baie fris is perdfris.
Baie gek is stapelgek.
Baie jonk is bloedjonk.
Baie kwaad is smoorkwaad.
Baie leeg is dolleeg.
Baie lelik is skreeulelik.
Baie maer is brandmaer.
Baie mak is hondmak.
Baie moeg is doodmoeg.
Baie oop is wawyd oop.
Baie oud is stokoud.
Baie reguit is pylreguit.
Baie ryk is skatryk.
Baie ryp is papryp.
Baie skraal is rietskraal.
Baie soet is stroopsoet.
Baie suur is asynsuur.
Baie vaal is asvaal.
Baie vet is spekvet.
Baie wakker is nugter wakker / helder wakker.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 53
Nog voorbeelde:
alleen stokalleen (vingeralleen,stoksielalleen,moedersielalleen)
arm brandarm (doodarm) bang doodbang bedaard doodbedaard bedroef diepbedroef bekend alombekend (doodbekend) benoud dood(s)benoud beroemd wêreldberoemd besope stombesope bewoë diepbewoë bitter galbitter blank lelieblank bleek doodsbleek(wasbleek) blind stokblind(stekeblind) blou potblou bly dolbly(sielsbly,doodbly) breed hemelsbreed deftig kraakdeftig dig potdig dik trommeldik(knuppeldik) donker pikdonker(stikdonker,nagdonker) dood morsdood doof stokdoof(potdoof) dronk smoordronk(papdronk,stormdronk,diepdronk) droog kurkdroog (horingdroog,botdroog) dun plankdun duur peperduur eenvoudig doodeenvoudig eerlik doodeerlik flou stokflou fris perdfris fyn piekfyn (ragfyn,haarfyn,spinragfyn) gaar doodgaar geel goudgeel gek stapelgek gelief alomgelief gelukkig sielsgelukkig (doogelukkig) gerus houtgerus (perdgerus,doogerus) gesond kerngesond gewillig doodgewillig gewoon doodgewoon glad seepglad (spieëlglad)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 54
goed doodgoed graag dolgraag (doodgraag) groen grasgoen hard kliphard (klipsteenhard, staalhard, kleisteenhard) heet snikheet helder glashelder (water) (kristalhelder stem) honger doodhonger hoog hemelhoog (toringhoog) jonk bloedjonk (piepjonk) kalm doodkalm klein piepklein koel komkommerkoel koud yskoud (doodkoud) krom hoepelkrom kwaad smoorkwaad (booskwaad,doodkwaad) lam boeglam leeg dolleeg lekker smullekker (doodlekker) lelik skreeulelik lewendig springlewendig lig veerlig lui aartslui maer brandmaer mak hondmak (doodmak) maklik doodmaklik moeg doodmoeg min bloedmin mooi popmooi (wondermooi) nakend poedelnakend nat papnat (sopnat, waternat, druipnat, sopwaternat) netjies kraaknetjies nodig broodnodig normal doodnormaal nugter doodnugter nuut splinternuut (kraaknuut, blinknuut, vonkelnuut,
spiksplinternuut) onskuldig doodonskuldig oop wawyd orent penorent oud stokoud (horingoud, beenoud) regop penregop (kie®tsregop, kersregop) reguit pylreguit (penreguit) rein engelrein
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 55
rond koeëlrond (bolrond) rooi bloedrooi (skarlakenrooi) ryk skatryk ryp papryp sag papsag (fluweelsag) seker doodseker sekuur doodsekuur siek doodsiek sindelik kraaksindelik skaam doodskaam skerp vlymskerp skoon silwerskoon (blinkskoon, kraakskoon) skraal rietskraal slap papslap sleg doodsleg snaaks skreeusnaaks snel blitssnel (pylsnel, bliksemsnel) soet stroopsoek (suikersoet) sout pekelsout stadig doodstadig (slakstadig) sterk ystersterk stil doodstil (botstil, grafstil, tjoepstil) styf stokstyf suur asynsuur swaar loodswaar swak kuikenswak (hoenderswak) swart pikswart (gitswart, inkswart, raafswart (hare) taai rateltaai (seningtaai) tevrede doodtevrede toe bottoe (pottoe) vaal asvaal vars douvars (neutvars, kraakvars) vas rotsvas (bankvas) verbaas doodverbaas (stomverbaas) verlief smoorverlief (dolverlief, doodverlief) verskrik doodverskrik vervelend doodvervelend (stomvervelend) verwonderd stomverwonderd (doodverwonderd) vet spekvet (blinkvet, moddervet) vinnig blitsvinnig vol propvol (stampvol, tjokvol) vreemd wildvreemd vriendelik katvriendelik (doodvriendelik) wakker wawyd wakker wienig bloedweinig wit spierwit (melkwit, sneeuwit, haelwit, krytwit)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 56
TRAPPE VAN VERGELYKING
(Degrees of Comparison)
Stellende trap Vergrotende trap Oortreffende trap arm armer armste baie meer meeste bly blyer blyste dof dowwer dofste droog droër droogste erg erger ergste fluks flukser fluksste gaaf gawer gaafste goed beter beste gou gouer gouste grof growwer grofste haastig haastiger haastigste hoog hoër hoogste koud kouer koudste kwaad kwater kwaadste laat later laatste lief liewer liefste los losser losste nuut nuwer nuutste ontevrede meer ontevrede mees ontevrede ru ruwer ruuste skeef skewer skeefste skoon skoner skoonste skraal skraler skraalste slu sluwer sluuste smal smaller smalste swaar swaarder swaarste trots trotser trotsste vaak vaker vaakste vaal valer vaalste vas vaster vasste ver verder verste verlate meer verlate mees verlate vroeg vroeër vroegste wyd wyer wydste
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 57
TRAPPE VAN VERGELYKING EN VERBOË VORME
bitter bitterder bitterste bitter koffie blink blinker blinkste blink skoene breed breër breedste breë riviere dapper dapperder dapperste dapper soldaat dik dikker dikste dik stokke donker donkerder donkerste donker strate dood dood dood dooie skape doof dower doofste dowe mense droog droër droogste droë klere duur duurder duurste duur meubels fluks flukser fluksste flukse kinders gaaf gawer gaafste gawe mense glad gladder gladste gladde klippe goedkoop goedkoper goedkoopste goedkoop boeke grof growwer grofste growwe stemme groot groter grootste groot bome half half half halwe werk hard harder hardste harde werk hoog hoër hoogste hoë mure jong jonger jongste jong kinders koud kouer koudste koue nagte kwaai kwaaier kwaaiste kwaai honde laag laer laagste lae mure laat later laatste laat vrugte lang (lank) langer langste lang stokke leeg leër leegste leë blikke lekker lekkerder lekkerste lekker kos lief liewer liefste liewe kinders lig ligter ligste ligte pakkies los losser losste los tande lui luier luiste lui kinders maer maerder maerste maer beeste mak makker makste mak osse maklik makliker maklikste maklike werk min minder minste min mense moeilik moeiliker moeilikste moeilike somme moeg moeër moegste moeë osse mooi mooier mooiste mooi blomme nuut nuwer nuutste nuwe klere oud ouer oudste ou skoene rond ronder rondste ronde klippe saf safter safste safte pere sag sagter sagste sagte kussings skeef skewer skeefste skewe strepe skoon skoner skoonste skoon hande
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 58
skurf skurwer skurfste skurwe velle sleg slegter slegste slegte maats snaaks snaakser snaaksste snaakse dinge styf stywer styfste stywe bene suur suurder suurste suur vrugte swaar swaarder swaarste swaar klippe vars varser varsste vars water vas vaster vasste vaste klippe ver verder verste ver afstand vet vetter vetste vet skape vinnig vinniger vinnigste vinnige treine vlak vlakker vlakste vlak water vreemd vreemder vreemdste vreemde mense vroeg vroeër vroegste vroeë treine warm warmer warmste warm dae wreed wreder wreedste wrede konings wyd wyer wydste wye moue
Hoe identifiseer ek
Trappe van Vergelyking
in sinsverband?
Twee mense / dinge vergelyk =2de kolom
Drie of meer mense / dinge vergelyk =3de kolom
as
hoe…hoe = 2de kolom
die = 3de kolom
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 59
Stelllende Trap
Vergrotende Trap
Oortreffende Trap
Klinkergroepe 1 [mooi]; 2 [laat]
3 [stil]
Woorde
= Reël + -er 1 [mooier] 2 [later]
3 [stiller]
-ste
1 [mooiste] 2 [laatste]
3 [stilste]
Kort klinker woord wat
eindig op -g
[lig]
= -ter
[ligter]
-ste
[ligste]
Lang klinker woord wat
eindig op -g
[hoog]
= -ër
[hoër]
-ste
[hoogste]
Woord wat eindig op -r
[ver]
= -der
[verder]
-ste
[verste]
Woord wat eindig op
-lik ; -ig ; -Gr1
[lelik;besig;blou]
= -er
[leliker] [besiger] [blouer]
-ste
[lelikste] [besigste] [blouste]
Woord wat eindig op -s
[los]
= -ser
[losser]
-ste
[losste]
Woord wat eindig op
-de of -e
[tevrede;beskeie]
= meer
+ woord
[meer tevrede]
mees
+ woord
[mees tevrede]
Woord met -f
[rof / braaf]
=-w/ww-
+ er
[rowwer/brawer]
-f
+ ste
[rofste/braafste]
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 60
IDIOMATIESE UITDRUKKING
(Idiomatic Expressions)
A
Iets vir ‘n appel en ‘n ui verkoop - Dit spotgoedkoop verkoop. Hy het ‘n appeltjie met my geskil - Hy het my berispe. Sy aand- en môrepraatjies kom nie ooreen nie - Hy is onbetroubaar. Aardjie na sy vaartjie - Net soos sy pa. Agteros kom ook in die kraal - Die laaste persoon kry ook ‘n kans. Die appel val nie ver van die boom nie - Die kind aard gewoonlik na sy ouers.
B
Sy is ‘n bobbejaan - Sy is dom. Die arme dier is bokveld toe - Die arme dier is dood. Ek sal dit doen, buig of bars - Ek sal dit doen, al gebeur wat ook al. Dit gaan so tussen die boom en die bas - Dit gaan nie te goed nie en ook nie te sleg nie. Boontjie kry sy loontjie - Elke mens kry gewoonlik die straf wat hy verdien. As Moeder weg is, bak en brou ons soos ons wil - As Moeder weg is, doen ons net wat ons wil. Van bakboord na stuurboord - Van die een plek na die ander stuur. Die bal ver misslaan - Jou heeltemal verges/ verkeerd verstaan. ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig - Iemand met ‘n skrander brein het nie lang verduidelikings nodig nie. ‘n Berg van ‘n molshoop maak - Iets oordryf. ‘n Nuwe besem vee skoon - ‘n Nuwerling in ‘n betrekking gee aanvanklik die meeste bevrediging. Hoë bome vang die meeste wind - Mense in hoë poste verduur die felste kritiek. Teen die bors stuit - Nie aanstaan nie.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 61
D Ons gaan met dapper en stapper - Ons gaan te voet. Ek het daar en dan besluit om te gaan - Ek het net daar (dadelik) besluit om te gaan. Deur dik en dun - Onder alle omstandighede. Nie doekies omdraai nie - Reguit praat. ‘n Doring in die vlees wees - ‘n Ergernis wees.
E
Op eiers loop - Baie versigtig trap.
G
Oom Soois het geld soos bossies - Hy is ryk. So slim soos die houtjie van die galg - Baie slim en geslepe. Iemand ‘n gat in die kop praat - Iemand ompraat. Moenie gras onder jou voete laat groei nie - Tree onmiddellik op.
H
Die bang man het die hasepad gekies - Hy het weggehardloop. Dis nie handvol nie, maar landvol - Dis volop; dis oral te kry. Hulle het hot en haar gevlug - Hulle het in alle rigtings gevlug. Met die hand in die hare sit - Raadop wees. Uit die oog, uit die hart - ‘n Mens vergeet gou iets wat nie direk onder jou aandag is nie. ‘n Naald in ‘n hooimied soek - Tervergeefs na iets soek.
J
Hy is ‘n ou jakkals - Hy is skelm.
K
Die koeël is deur die kerk - Daar is niks meer aan die saak te doen nie. Sy bak kluitjies - Sy praat nie die waarheid nie. As die kat weg is, is die muis baas - Wanneer die baas weg is, doen die wat agterbly, net wat hulle wil.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 62
Ek is kant en klaar met my werk - Ek is heeltemal klaar met my werk; ek het alles gedoen. Hy kla steen en been - Hy kla aanmekaar (baie). Hulle gesels sommer oor koeitjies en kalfies - Hulle gesels oor dinge wat nie belangrik is nie. Jou ‘n kat in die sak koop - Jou laat kul. Iets op die keper beskou - ‘n Saak noukeurig ondersoek.
L
In ligtelaaie - Aan die brand. Lont ruik - Agterdogtig raak.
M
Hy het ‘n groot mond - Hy praat groot.
O
Sy is haar pa se oogappel - Haar pa is baie lief vir (erg oor) haar. Sy oë is groter as sy maag - Hy vra meer kos as wat hy kan eet. Hy is nog nie droog agter die ore nie / Hy’s nat agter die ore - Hy is nog baie jonk; hy is sommer nog ‘n snuiter; ‘n bogkind.
P
In die pekel wees - In die moeilikheid wees.
R
Jy kan haar deur ‘n ring trek - Sy is baie netjies (uitgevat). Die kinders het hul speelgoed rond en bont gegooi - Die kinders het hulle speelgoed orals rond gegooi. Sy rieme styfloop - In die moeilikheid beland. Met raad en daad bystaan - Op ‘n praktiese wyse help. Iemand ‘n rat voor die oë draai - Iemand bedrieg.
S
êrens is daar ‘n skroef los - êrens is iets verkeerd. Hy eet alles vir soetkoek op - Hy glo alles wat hy hoor.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 63
Hy skiet met spek - Hy vertel leuens; hy maak dit erger as wat dit werklik is. Hy slaan die spyker op die kop - Hy sê die regte ding. Hy loop twee rye spore - Hy is dronk. Hulle het sak en pak vertrek - Hulle het met al hulle besittings vertrek. Die skip het met man en muis vergaan - Die skip en sy hele bemanning het vergaan. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op - As jy met slegte mense omgaan, word jy self sleg. Daar is ‘n slang in die gras - Daar skuil iets gevaarlik.
T
Hy eet met lang tande - Hy is nie honger nie; hy het nie lus vir die kos nie. Hy praat twak - Hy praat onsin. Ons het geen taal of tyding van hom gehoor nie - Ons het nog niks van hom gehoor nie. Twee rye spore loop - Dronk wees. Met lang tande eet - Nie smaaklik eet nie. Tou opgooi - Moed verloor. Lang trane huil - Baie spyt hê oor iets.
V
Die kind het lang vingers - Die kind het die neiging om te steel. Hy verroer nie ‘n vinger nie - Hy is lui; hy doen niks nie. Voëls van eenderse vere - Mense met dieselfde geaardheid. Op die vingers tik - Berispe. Lang vingers hê - Steel. ‘n Vlieg in die salf - Iemand wat onaangenaamheid veroorsaak.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 64
TYD (Time)
1. Horlosietyd: Tyd word altyd as een woord geskryf.
Wanneer die getal of ‘n klinker (vowel) eindig, gebruik ons ‘n
koppelteken (hyphen). (Met ander woorde, by die opeenhoping van
klinkers.)
Ons gebruik altyd die voorsetsel ‘om’ vóór tyd. Bv. Ek het om sesuur
‘n vergadering.
VOORBEELDE
eenuur twee-uur drie-uur vieruur vyfuur sesuur
sewe-uur agtuur nege-uur tienuur elfuur twaalfuur
2. Verloop van tyd: Wanneer ons ‘n periode van tyd wat verloop wil sê, skryf ons dit as
twee woorde.
Bv. ses uur
3. Ander: Bv.
13:00 eenuur
13:15 kwart oor een
13:25 vyf-en-twintig (minute) oor een
13:30 halftwee (eenwoord) [half way to two!!]!
13:40 twintig (minute) voor twee
13:45 kwart voor twee
14:00 twee-uur
vm. voormiddag (a.m.)
nm. namiddag (p.m.)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 65
GETALLE (Numbers)
1 een 1ste eerste 21 een-en-twintig 2 twee 2de tweede 22 twee-en-twintig 3 drie 3de derde 30 dertig 30ste dertigste 4 vier 4de vierde 40 veertig 40ste veertigste 5 vyf 5de vyfde 50 vyftig 50ste vyftigste 6 ses 6de sesde 60 sestig 60ste sestigste 7 sewe 7de sewende 70 sewentig 70ste sewentigste 8 agt 8ste agtste 80 tagtig 80ste tagtigste
9 nege 9de negende 90 negentig/ neëntig
90ste negentigste/ neëntigste
10 tien 10de tiende 100 honderd 100ste honderdste 11 elf 11de elfde 200 tweehonderd 12 twaalf 12de twaalfde 1000 duisend 1000ste duisendste 13 dertien 13de dertiende 2000 tweeduisend 14 veertien 14de veertiende 1000 000 miljoen miljoenste 15 vyftien 15de vyftiende 625 seshonderd vyf-en-twintig 16 sestien 16de sestiende 301 driehonderd en een 17 sewetien 17de sewentiende
18 agttien/ agtien
18de agttiende’ agtiende
19 negentien/ neëntien
19de negentiende/ neëntiende
20 twintig 20ste twintigste
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 66
WOORDLEER
SAMESTELLINGS (Compound words)
Hier het ons twee woorde wat los kan staan, saamgevoeg om een woord met
‘n nuwe betekenis te vorm.
VOORBEELDE
1. was + bak is wasbak. kamer + venster is kamervenster. teer + straat is teerstraat.
2. Hierdie woorde is met -e- verbind. hond + hok is hondehok. perd + ruiter is perderuiter. dier + tuin is dieretuin.
3. Hierdie woorde is met ‘n -s- verbind. man + hemp is manshemp. knoop + gat is knoopsgat. mol + hoop is molshoop.
4. Hierdie woorde is met ‘n -er- of -ens- verbind. kind + siekte is kindersiekte. eet + tyd is etenstyd.
5. As een woord op ‘n -s eindig en die ander met ‘n s- begin, moet die
nuwe woord ‘n dubbele -s- hê. fiets + saal is fietssaal. jakkals + streke is jakalsstreke das + speld is dasspeld.
6. As die eerste woord in die enkelvoud nie op ‘n -s eindig nie, maar die
tweede woord wel met ‘n s- gebin, skryf ons net een -s-. seun + span is seunspan. dame + skoen is dameskoen. meisie + skool is meisieskool. man + stem is manstem.
7. As die eerste woord in die samestelling met ‘n klinker eindig en die
tweede woord met ‘n klinker begin word die samestelling met ‘n koppelteken geskryf.
wa + as is wa-as. na + aap is na-aap. ertjie + oes is ertjie-oes. makou + eier is makou-eier
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 67
(a) seun + skool = seunskool (j) rib + been = ribbebeen (b) lewe + lank = lewenslank (k) kind + boeke = kinderboeke (c) eet + tyd = etenstyd (l) gras + saad = grassaad (d) vleis + skottel = vleisskottel (m) skaap + skêr = skaapskêr (e) man + hoed = manshoed (n) pap + pot = pappot (f) wild + bok = wildsbok (o) das + speld = dasspeld (g) duif + hok = duiwehok (p) volk + lied = volkslied (h) os + wa = ossewa (q) wa + as = wa-as (i) wa + huis = waenhuis (r) see + eend = see-eend Woorde en dele van woorde word dikwels saamgevoeg om ander of nuwe woorde te maak, bv.: Mens + vreet + ers is mensvreters. NB:
Die eerste woord kom altyd in die enkelvoud voor. Sommige woorde het ‘n ekstra klankie nodig om hulle bymekaar te sit
bv. hond + hok is hondehok. Die -e- noem ons ‘n verbindingsklank. By (g) en (h) is ‘n verbindingsklank geskik wat ooreenstem met die
meervoud.
AFLEIDINGS (Prefixes and Suffixes)
Dit is waar ons een woord vat, en vir hom ‘n woorddeel voor aanlas
(voorvoegsel / premorfeem - prefix) of ‘n woorddeel agter aanlas
(agtervoegsel / postmorfeem - suffix) om ‘n nuwe woord te vorm. ‘n Woord
wat ons só vorm noem ons afleidings. ‘n Nuwe woord afgelei uit ‘n oue.
bv. seker onseker (voorvoegsel / premorfeem)
seker sekerlik (agtervoegsel / postmorfeem)
Nog voorbeelde: on – seker ver – seker – ing seker – lik
Een van die voorvoegsels hierbo beteken nie. Watter voorvoegsel is dit? on-.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 68
WOORDSOORTE
SELFSTANDIGE NAAMWOORD (Noun)
Woorde wat ‘n selfstandigheid of ‘n voorwerp benoem, word ‘n selfstandige naamwoord genoem. Die selfstandige naamwoord kan ‘n en die vooraan kry, het ‘n enkelvouds-, meervouds- verkleinings-, en geslagvorm.
Byvoorbeeld: Die groot kat vang die muis.
Verskeie subkategorieë van die s.nw. word onderskei:
1. EIENAAM Die belangrikste kenmerke van name is dat ons hulle met hoofletters begin, dat hulle selde met voorbepalings verbind of meervoudsuitgange vertoon. ‘n Naam dui ‘n besondere persoon of saak aan. In die sin: Piet woon in Kaapstad en ry met ‘n Nissan, dui die onderstreepte woorde telkens ‘n persoon of plek of motor aan. bv. Susan Jacobs; Duitsland; Dinsdag; Januarie; Sosiale Wetenskap; Universiteit van Pretoria; Nuwe Testament; Die Huisgenoot; ens.
2. SOORTNAAM ‘n Soortnaam dui ‘n voorwerp aan wat tot ‘n sekere groep of klas behoort. In die sin: Die hond is siek, is hond die benaming van die klas diere wat vier pote het en blaf. Soortname kan in die enkelvouds- en meervoudsvorm voorkom. Byvoorbeeld : die mooi plek / plekke baie blomme ‘n pragtige blom drie groot beeste Wenke om soortname te onderskei van massanaamwoorde:
Verwys na telbare dinge. Kan bepaalde telwoorde as voorbepaling neem – asook die
onbepaalde lidwoord ‘n.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 69
Nog voorbeelde van soortname:
Hoenders, eende, ganse, ens is pluimvee.
Skape en bokke is kleinvee.
Beeste en perde is grootvee.
Duikers, steenbokke, ens. is kleinwild.
Olifante, renosters, leeus, ens. is grootwild.
Wortels, beet, kool, ens. is groente.
Appels, pere, druiwe, ens. is vrugte.
Koring, hawer, gars, rog, ens. is graan.
Koppies, pierings, borde, ens. is breekgoed.
Lakens, slope en komberse is beddegoed.
Vlieë, muggies, muskiete, ens. is insekte.
Mense wat saam musiek maak, is ‘n orkes.
‘n Klomp vrugtebome is ‘n boord.
‘n Klomp gedigte van net een digter in ‘n boek is ‘n bundel.
‘n Klomp mense wat saam luister is ‘n gehoor.
3. VERSAMELNAAM
Die swerm voëls het die vrugteboorde erg verniel.
In die somer is die groot swerms sprinkane vir die boere ‘n groot las.
Die swerm bye het hom getakel en pimpel en pers gesteek.
Die trop olifante in die Knysnabos trek baie toeriste.
Die veewagter jaag die trop beeste na die kraal aan.
Die robbe het lekker gemaai onder die groot skool visse.
Ons brakkie het ‘n werpsel van ses kleinhondjies.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 70
4. MASSANAAMWOORD Selfstandige naamwoorde wat nie meervouds – en verkleiningsvorme kan neem nie, word massanaamwoorde genoem. Massanaamwoorde benoem ‘n stoflike, meetbare, maar ‘n ontelbare selfstandigheid of ding. Vergelyk die gebruik van die woord papier in die volgende twee sinne:
Daar lê ‘n papier / papiere op die tafel. (soortnaam)
‘n Boek word van papier gemaak. (massanaam)
In die eerste sin verwys papier na ‘n voorwerp, maar in die tweede sin verwys dit na ‘n material waarvan iets gemaak word.
Wenke om massaname te onderskei van soortnaamwoorde:
Verwys na nie-telbare dinge; na massa (wat op hoeveelheid slaan) Dus kan massaname nie bepaalde telwoorde of die onbepaalde
lidwoord ‘n (een) as voorbepaling neem nie.
Byvoorbeeld: die koel water *’n water? baie sand *vyf sand(e) heelwat geld *drie geld(e) genoeg kos *tien kos
5. MAATNAAMWOORD Waar ons woorde soos meter, liter, rand, sent, dosyn, uur, ens. gebruik om ‘n tipe eenheid aan te dui, gebruik ons hulle in hul enkelvoudsvorm, Byvoorbeeld: vyf kilometer ver
drie liter is genoeg agt uur lank gewag kos dertig rand sewe keer herhaal weeg twee karaat vyftig jaar oud
6. ABSTRAKTE SELFSTANDIGE NAAMWOORD Kan nie met die sintuie waargeneem word nie:
Byvoorbeeld: haat; liefde; deernis; simpatie.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 71
BYVOEGLIKE NAAMWOORD / ADJEKTIEF (Adjective)
Die byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord, het intensiewe vorme en trappe van vergelyking. bv. Hy is oud. Die tingerige mannetjie het snaakse maniertjies. Dit kan ook saam met ‘n voornaamwoord optree: bv. Arme ekke is vandag weer laat.
Voorbeelde:
Die pad is veilig. Dis ‘n veilige pad. Die dier is gevaarlik. Dis ‘n gevaarlike dier. Die vakansie was wonderlik. Dit was ‘n wonderlike vakansie. Die reis is aangenaam. Dit was ‘n aangename reis.
Die werker is moeg. Dis ‘n moeë werker. Die perskes is vroeg. Dis vroeë perskes. Die rivier is breed. Dis ‘n breë rivier. Die koppie was leeg. Dit was ‘n leë koppie. Die toring is hoog. Dis ‘n hoë toring. Die biltong was droog. Dit was droë biltong. Die leerling is traag. Dit is ‘n trae leerling.
Die hoender is oud. Dis ‘n ou hoender. Die leeu is dood. Dit is ‘n dooie leeu. Die meisie is jonk. Dis ‘n jong meisie. Die koffie is koud. Dis koue koffie. Die paal is lank. Dis ‘n lang paal. Die huis is nuut. Dis ‘n nuwe huis.
Die man is gaaf. Dis ‘n gawe man. Die streep is skeef. Dis ‘n skewe streep. Die lig was dof. Dit was ‘n dowwe lig. Sy hande is grof. Hy het growwe hande. Die vrou is doof. Dis ‘n dowe vrou. Die berge is ru. Dis ruwe berge.
Die kussing is sag. Dis ‘n sagte kussing Die lemoen is sleg. Dis ‘n slegte lemoen. Die diamant is eg. Dis ‘n egte diamant. Die gevegte was woes. Dit was woeste gevegte.
Die konfyt was soet. Dit was soet konfyt. Die lekker is taai. Dis ‘n taai lekker. Die blom is bloedrooi. Dis ‘n bloedrooi blom.
Die hasie was dapper. Dit was ‘n dapper hasie.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 72
VOORNAAMWOORD (Pronoun)
‘n Voornaamwoord word soms in die plek van ‘n selfstandige naamwoord
gebruik. Dit verhoed die herhaling van die selfstandige naamwoord.
Bv. Paul het met Susan gedans.
Hy het met haar gedans.
(Tree as ONDERWERP en VOORWERP in die sin op)
PERSOONLIKE VOORNAAMWOORD
ek - I my - me,my ons - we
hy - he jou - your,you julle - you (pl)
jy - you (s) hom/sy - him/his hulle - they
sy - she haar - her u - you
Belangrik:
Ná “‘n Mens” in die sin sê ons: “jy” / “jou”
o Bv. ‘n Mens moet altyd jou oë oophou.
PERSOONLIK
Hy groet hom
ek, julle, jy, ons, hulle,
sy, my, u
ONPERSOONLIK
dit
BESITLIK
myne, syne,
julle s’n,
ons s’n
ONBEPAALD
dui iets onbepaalds aan:
(iets)
Iemand is hier
Hy hoor niemand nie.
WEDERKEREND
Hy skaam hom.
Ek was my.
WEDERKERIGE
mekaar
Hulle soen mekaar.
BETREKLIK
Die stoel waarop jy sit, is
lendelam
waaruit
waarmee
waarvan, ens.
AANWYSEND
die
hierdie
daardie
VRAEND
Wie klop daar?
Watter?
Wanneer?
Waar?
Hoe?
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 73
ONPERSOONLIKE VOORNAAMWOORD
Dit tree dikwels op as “vuller” van die onderwerps- of voorwerpsposisie:
bv.
Die potlood is te hard. = Dit is te hard. - it
Dit
Daar is besluit om …… = Daar is besluit…. - there
Daar
BESITLIKE VOORNAAMWOORD
myne - mine hulle s’n - theirs
syne - his ons s’n - ours
hare - hers julle s’n - yours
joune - your u s’n - yours
Dit behoort aan iemand [jou / my / ons].
BETREKLIKE VOORNAAMWOORD
Hierdie woorde het betrekking op die ONDERWERP en VOORWERP in ‘n sin.
wie wat wie se
waarmee waardeur waaraan waarby waaruit waaroor
waarnatoe waarvan waarin waarvoor
daarin daarvan daarvoor daarmee daardeur daaraan
daarby daaruit daaroor daarnatoe
bv. Die man aan wie ek geskryf het ….
Die man wat daar loop….
Dit is ‘n vuil paal waarteen hy leun.
Die perd waarvan ons praat …..
Belangrik:
Vir mense: = wie / wat / wie se
Vir diere / voorwerpe: = wat
Ons neem gewoonlik die voornaamwoord wat in die tweede sin
herhaal word weg.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 74
ONBEPAALDE VOORNAAMWOORD
Hierdie v.nw. toon nie vormverandering nie en het nie betrekking op ‘n
spesifieke persoon / saak nie.
elkeen everyone iets something
iedereen each and everyone diegene those
almal all / everyone party some
geeneen no one party some
Bv. Party was daar.
VRAENDE VOORNAAMWOORD
Hierdie v.nw. lei die vraagvorm van die sin in en het gewoonlik ‘n vraagteken
aan die einde van die sin. Bv, Wat is daar?
Wie? Wat?
Waarop? Waarteen?
Watter? Waarmee?
LIDWOORD / DETERMINEERDER (Articles)
In Afrikaans tree twee lidwoorde/determineerders op nl:
1. ‘n Man loop.
‘n = onbepaalde.
2. Die man loop.
Die = bepaalde.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 75
TELWOORD (Numeral)
Die telwoord tree as bepaler by s.nwe. op en benoem ‘n spesifieke getal of hoeveelheid of noem rangordelike posisie by dit waarna die s.nw. verwys.
HOOFTELWOORD
Bepaalde hooftelwoord Onbepaalde hooftelwoord bv. bv. 100 eenhonderd sommige 200 tweehonderd heelwat 300 driehonderd volop 99 nege-en-negentig baie / veel 1 een min / weinig talle verskeie
RANGTELWOORD
10de tiende 20ste twintigste 11de elfde 30ste dertigste 12de twaalfde 40ste veertigste 13de dertiende 50ste vyftigste 14de veertiende 60ste sestigste 15de vyftiende 70ste sewentigste 16de sestiende 80ste tagtigste 17de sewentiende 90ste negentigste 18de agttiende 100ste honderdste 19de negentiende
WERKWOORD (Verb)
Dit is die “doen” woord in die sin.
bv. Hy eet ‘n appel.
1. Hoofwerkwoord:
Kan selfstandig staan.
Daar moet in elke sin ‘n selfstandige werkwoord wees. bv. Hy rus en sy werk.
2. Oorganklike werkwoord:
● Wanneer ‘n sin ‘n voorwerp het. ● Neem die onderwerp en die voorwerp en vra die vrae:
o Die seun skop die bal. o Skop die seun die iets/iemand? Indien Ja, is
dit ‘n oorganklike werkwoord.
3. Onoorganklike werkwoord: ● Dit is wanneer ‘n sin nie ‘n voorwerp bevat nie.
o Die seun skop. o Skop die seun iets/iemand? Indien Nee, is
dit ‘n onoorganklike werkwoord.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 76
4. Koppelwerkwoord:
Kan nie selfstandig (op sy eie) in ‘n sin staan nie.
Moet gevolg word deur ‘n aanvulling.
bv. * Die fyn blommetjies lyk ??
Die fyn blommetjies lyk mooi.
Verbind die onderwerp (wie? of wat? + ww) van ‘n sin met ‘n
b.nw. of met ‘n s.nw.
Sinne waarin koppelwwe optree, kan nie in die lydende-
/passiewe vorm omskryf word nie.
bv. Die seun is ‘n atleet.
Die bekendste koppelwerkwoorde is:
Byvoorbeeld:
is blyk skyn heet klink
was bly word voel raak
lyk
5. Hulpwerkwoord:
Tree saam met die selfstandige werkwoord in ‘n sin op.
Ons onderskei drie soorte hulpwerkwoorde: 1. HULPWERKWOORD VAN TYD:
het sal
2. HULPWERKWOORD VAN WYSE / MODALE HULPWW:
kan, sal, wil, mag, mog, moet, kon, wou, sou, moes, behoort.
Kan ook met ‘te’ verbind wees.
3. HULPWERKWOORD VAN VORM: Druk die lydende vorm uit. Bv. word; is
Voorbeelde:
Hy (sal, sou, wil, wou, kan, kon, mag, moet, moes, gaan, ) help.
Die seun wil leer. Die atleet sal hardloop. Die skoolkinders kan vakansie kry. Jy moet saamgaan. Ons hoef dit nie te doen nie. Hulle behoort nou te kom. Hulle durf nie ophou nie. Die onderwyser skyn alles te weet. Hy hoef nie te kom nie. Die man blyk te weet wat verkeerd is.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 77
Julle behoort te speel. Hulle skyn dit te weet. Ons wil loop. Die voëls sal verveer. Die hokkiespeler kan hardloop. Die leiers mag optree. Hulle moet sing. Die mense het gekom.
Hulpwerkwoorde kan ook in die lydende vorm geskryf word:
Die kas is geverf. Die kas word geverf. Hy was reeds gegroet.
Werkwoorde dui 3 hooftye aan:
1. Teenwoordige – of onvoltooide tyd Die seun speel. Die honde blaf. Ons sing.
2. Verlede tyd Die seuns het gespeel. Die hond het geblaf. Hy is gebyt.
3. Toekomende tyd Die seuns sal speel. Die honde sal blaf. Hy sal gebyt word.
BYWOORD (Adverb)
Bywoorde tree op as bepalers by werkwoorde.
Kategorieë wat onderskei word: Bywoord van tyd (wanneer?) [time]
bv. Hy speel vandag tennis. Bywoord van wyse (hoe?) [manner]
bv. Hy speel heerlik op die gras. Bywoord van plek (waar?) [place]
bv. Hy speel buite.
Bywoord van rigting (waarheen?) [direction] bv. Hy loop onder toe.
Bywoord van graad (in watter mate?) [degree] bv. Hy werk baie hard.
## S (v1) T O M P (v2) I Ons volg die bywoorde in die korrekte volgorde naamlik: tyd; wyse; plek.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 78
DEELWOORD (Participle) Die deelwoord kan ‘n selfstandige naamwoord (noun), byvoeglike
naamwoord (adjective) of bywoord (adverb) wees. Dit is afgelei van ‘n werkwoord en verrig nie meer die funksie van ‘n werkwoord nie.
1. Die Teenwoordige Deelwoord (Present Participle):
Word gevorm deur ‘-de’ of ‘-ende’ na die werkwoord te voeg. i. ‘-de’ = word slegs bygevoeg by die volgende
werkwoorde: ‘doen’; ‘gaan’; ‘sien’; ‘staan’. Bv. doen = doende/voldoende; gaan = gaande/verbygaande; sien = siende/versiende; staan = staande/bestaande.
ii. ‘-ende’ = word bygevoeg by alle ander werkwoorde:
[usually when we say ‘ing’ eg. Barking] ‘-ende’ = word gebruik vóór (before) ‘n selfstandige naamwoord (noun); bv. blaffende honde.
iii. ‘-end’ = word gebruik ná (after) ‘n selfstandige naamwoord (noun); bv. Die water was kokend sien = siende/versiende; staan = staande/bestaande.
2. Die Verlede Deelwoord (Past Participle):
Swak (weak) deelwoorde:
Sterk (strong) deelwoorde:
Letterlik (literally) Figuurlik (figuratively) Bv. gebreekte been (broken leg) Bv. gebroke hart (broken heart)
‘-de’ of ‘-te’
‘-e’
1. ‘-de’ of ‘-te’ word vóór die s.nw. (noun) gevoeg Bv. gebraaide vleis; gekookte kos
1. Die woord eindig altyd op ‘n –e Bv.
2. ‘-te’ wanneer die werkwoord (verb) op ‘-k’ of ‘-p’ eindig. Bv. bak = gebakte koek; skop = geskopte bal
aflê (afgeleë) bederf (bedorwe) besluit (vasbeslote) betrek (betrokke) breek (gebroke)
3. ‘-te’ of ‘-de’ wanneer die ww. Op ‘n ‘-f’; ‘-g’; ‘-s’ eindig. Bv. stof = afgestofde;(1) lig = verligte/verligde;(2) pos = geposte/geposde(2)
buig (geboë) gee (gegewe) help (geholpe) kies (gekose) neem (aangenome) sluit (geslote)
4. ‘-de’ = wanneer die woord op enige ander letter eindig. Bv. lam = verlamde
suip (gesope) verbied (verbode) voorskryf (voorgeskrewe) vries (bevrore)
5. ‘-e’ = wanneer die woord op ‘n ‘-d’ of ‘-t’ eindig. Bv. brand = verbrande
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 79
DIE INFINITIEF (The Infinitive)
DIE INFNITIEF = “om te + werkwoord” en “te + werkwoord”
[THE INFINITIVE = “to + verb”]
1. Die “om” en “te” kan saam of afsonderlik voorkom.
Bv. Ek hou daarvan om te dans. Ek hou daarvan om op die dansvloer te dans.
2. Sinne met die woorde: “probeer”; “hou daarvan”; “is
besig”.
Kry die werkwoord. Plaas “te” voor die werkwoord. “te” + werkwoord skuif na die einde van die sin. Plaas “om” net ná ‘probeer’; ‘hou daarvan’; of ‘is besig’. Bv. Ek probeer om my boek te lees.
3. “om” en “te + werkwoord”: Uitsonderings:
‘behoort’ en ‘hoef nie’: i. Bv. Jy behoort jou boek te lees.
Jy behoot jou boek te gelees het. (Verlede – Past) ii. Bv. Jy hoef nie jou boek te lees nie.
Jy hoef nie jou boek te gelees het nie. (Verlede - Past)
Ná die voorsetsel (preposition) “deur”: i. Bv. Deur vinnig te ry, veroorsaak ons ongelukke.
“blyk” en “skyn”: i. Bv. Susan blyk die werk te verstaan ii. Bv. Hy skyn die werk te kan doen.
TUSSENWERPSEL (Interjection)
Tussenwerpsels word gebruik om gevoelswaarde uit te druk. Bv, ga; aitsa; hiert; hoera. “Ga, jy is vuil!” OF Ga! Jy is vuil.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 80
DIE GRAADWOORD
Die graadwoord tree as bepaler by die volgende woordsoorte of woordgroepe op: (die graadwoord dui die graad van die eienskap aan)
B.nwe. - Sy is besonder siek. Bwe. - Hy stap uiters stadig. Voorsetselgroepe - Die boom staan vlak voor die deur. Telwoorde - Daar is ongeveer honderd skape.
VOEGWOORD (Conjuction)
Voeg twee of meer sinne aanmekaar. bv. en, maar, want, omdat, todat, nadat, alhoewel, gevolglik, daarenteen, dus, derhalwe, nog ens.
GROEP 1 Woororde van die sinne verander nie. There is no change in word order. Bv. sin een. Voegwoord. Sin twee.
W E N S “T I N” D O O M
want en nóg...nóg
sowel…as
trouens inteendeel
nóg…nóg
dog of óf…óf maar
GROEP 2 Die werkwoord in die 2de sin skuif na die middel direk na die voegwoord. The verb in the 2nd sentence goes to the middle straight after the conjucntion. Bv. Sin een. Voegwoord. Werkwoord. Res van sin twee.
D5 G I V B2 A2 N2 T2
dus gevolglik intussen verder bowendien al nietemin tog dan buitendien anders nogtans toe
derhalwe daarom daarna
GROEP 3 Die groep is aan die einde. Die werkwoord is aan die einde. This group is at the end. The verb in the 2nd sentence goes to the end. Bv. Sin een. Voegwoord. Sin twee met werkwoord aan die einde. …dat omdat wat wie alhoewel toe terwyl sodra sedert aangesien as of mits tensy indien totdat
voordat nadat sodat
** Wanneer ons ‘n sin met ‘n groep 3 voegwoord begin: plaas ons albei werkwoorde in die middel en skei hulle met ‘n komma. ** If we start a sentence with a group 3 conjunction: we put both verbs together in die middle and separate them with a comma.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 81
VOORSETSELS (Preposition) bv. op, in, teen, onder, met, voor, per, langs, ens.
aandag aan aansoek doen om
afbreuk doen aan onder kwarantyn sit aan die beurt kom onder vier oë spreek aan boord stap onder kruisverhoor
‘n broertjie dood hê aan aangewese wees op aan flarde skeur op die agtergrond ‘n gebrek aan op die lange baan skuif geheg wees aan op prys stel herinner aan op jou hoede wees mank gaan aan op die lappe bring onderhewig aan aandring op
bo verwagting ‘n ogie hou oor / op
buite die kwessie onrustig voel oor
by gebrek aan jou bekommer oor
by magte per abuis
jou nood kla by te goeder trou
by uitstek beskerm teen by voorbaat bestand teen
deur die bank indruis teen deur die mat val immuun wees teen
in ag neem uit sy beurt praat in diens neem uit volle bors sing in duie stort uit ondervinding
in gedagte hou afhanklik van
behep wees met ‘n afkeer van iets hê met opset van mening wees
rekening hou met jou vir iemand skaam in vergelyking met uitgeknip wees vir
met rus laat ‘n skip lê voor anker
na aanleiding van veroordeel weens / tot
smag na streef na uitsien na
NOG VOORBEELDE VAN VOORSETSELS
AAN Daar hang twee prente AAN die muur. Sal jy asseblief die boek AAN Anna gee? Die twee seuns was van AAN die slaap. Hierdie boek behoort AAN Maria. Hulle het almal AAN tafel gesit. Sy het AAN die blom geruik.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 82
BY My neef kuier BY my. In Durban sal sy BY haar oom bly.
DEUR
Die leeu kruip DEUR die lang gras. Daar was ‘n voetpad DEUR die bos.
MET
Sy staan en praat MET haar suster. My broer spit die grond MET ‘n graaf om. Piet het MET ‘n klip gegooi. My broer sal more MET vakansie gaan.
NA
Ek kyk NA die prente in die boek. Hulle luister NA die mooi musiek. Hulle het NA die kerk huis toe gegaan. Gert soek NA die sent wat hy verloor het. Moeder het my NA die winkel gestuur.
OM
Hy het OM die hoek gestap. Die trein sal OM sesuur aankom. Die kinders hardloop OM die huis.
OP
Willem is in Pretoria OP skool. PER
Ons sal PER motor (trein, bus) Johannesburg toe gaan. TE
Ons sal TE voet dorp toe gaan. Vader ry TE perd veld toe.
TEEN
Die seun leun TEEN die muur. UIT
Die voëltjie het UIT my hand geëet. VAN
Jan hou VAN sy onderwyser. VIR
Hy is baie bang VIR slange. Sy is lief VIR haar sussie. Waarom is hy kwaad VIR jou?
VOOR
Hulle span die perde VOOR die kar.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 83
SINSBOU (Syntax) NAAMWOORDSTUK & WERKWOORDSTUK Voorwaardes vir sinne Hoeveel woorde is die uiterste waaruit ‘n sin kan bestaan?
Twee - Ek loop Twee woordsoorte moet altyd in ‘n sin wees Ek-vnw of s.nw loop-ww Dus: 1 s.nw / v.nw Sal altyd in ‘n sin wees
2 ww Sin bestaan uit twee dele Ek loop naamwoordstuk werkwoordstuk s.nw / v.nw ww Hoeveel wwe mag in ‘n sin voorkom?
kan nooit ‘n sin maak met net: wou / kan/ sal daar moet ‘n hoofww in ‘n sin voorkom
Hoeveel hoofwwe kan in ‘n sin voorkom?
Slegs een Voegwoord (voeg twee sinne aan mekaar) Ek sing, speel lag. (Eintlik drie sinne) Twee soorte sinne: Enkelvoudige sin Saamgestelde sin (Het voegwoorde of kommas wat meer as een sin aanmekaar voeg).
Drie ww stukke in voorbeeldsin.
en
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 84
In die plek van ‘n voegwoord kan die volgende gebruik word: komma, dubbelpunt; komma-punt. Hoeveel ww stukke in ‘n sin? Slegs een, as daar meer is, is dit omdat dit ‘n saamgestelde sin is. Hoeveel naamwoordstukke in ‘n sin? Minimum: een maar kan twee hê.
NAAMWOORDSTUK
‘n Naamwoordstuk eindig altyd met ‘n s.nw of met ‘n pers. vnw. Bv. Ek verf my fiets
nw stuk ww stuk nw stuk
Naamwoordstuk 1 Ek: wie / wat doen die werk? = onderwerp Naamwoordstuk 2 My fiets: waaraan / waarmee dit gedoen word = voorwerp Enkelvoudige sin: een ww stuk een of twee nw stukke Meervoudige sin: meer ww stukke en nw stukke UITRYGPROSES: Naamwoordstuk att att b.nw b.nw s.nw Die drie
huis toe ww
lang
ronde
mans
hardloop
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 85
Proses:
1. Bepaal ww 5 2. Bepaal dan: s.nw / v.nw 4 3. b.nw / adjektief 3 4. telwoord 2 5. lidwoord / determineerder 1
Vanaf s.nw ontleed links: att Lidw telw b.nw b.nw s.nw ww huis toe Proses: ontleed links van s.nw 4. lidw / determineerder 3. telw 2. b.nw / adjektief 1. s.nw Hulle skop die tiende klein balletjie v.nw ww lw telw b.nw s.nw (soortn)
onderw voorwerp
mooi telw, bep hoof s.nw (soort) ww b.nw (predikatief)
Die drie lang ronde mans hardloop
Vier meisies word
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 86
Byvoeglike naamwoord / Adjektief: - links van ww en s.nw: attributief - regs van ww en s.nw: predikatief Predikatiewe b.nw kan slegs na vyf (onder genoemde) wwe voorkom: Is, word, was, lyk, raak = koppelww
(koppelww is enigste ww in ‘n sin)
WERKWOORDSTUK
Hoofww Hulpww - sal, wil, het, gaan, moet Koppelww - is, word, was, lyk, raak, (+b.nw / s.nw) - w - was w - word r - raak i - is L - lyk Lidw.(bep.) telw. (bep.) b.nw (att) b.nw (att) s.nw (maat) s.nw (massa) ww
Voorsetsels lidw. (bep.) b.nw (att) s.nw (soort)
Massa en maat nw. word saam gebruik. Plekke: voorsetsel lidw telw b.nw s.nw
Lidw. (bep.) s.nw (versamel) s.nw (soort) hulpww. ww
Hulpww. ww
Die trop beeste
Die drie groot ronde staan koppies suiker
op die lang tafel
Die trop
beeste sal
vreet
gevreet het
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 87
Hulpww. staan links van die wwstuk. Dus eerste in ‘n wwstuk
Hulpww tyd wyse plek ww Die trop beeste môre vinnig hier Bywoorde
Werkwoordstuk Hulpww. byw. Ww Voorsetsel lidw. (bep.) s.nw (maat) s.nw (massa)
Lidw. s.nw (versamel) s.nw (soort) byw. (wyse) ww
Onbep.
* nw stuk ww stuk nw stuk Onderwerp: ‘n swerm miere (wie?) Voorwerp: op die sak suiker (aan wie?) Gesegde: wil stadig loop (wat doen?) Opsommend:
Naamwoordstuk Voorsetsel lidw telw b.nw s.nw
Werkwoordstuk Hulpww byw ww
sal vreet
Op die sak suiker
‘n swerm miere stadig loop
wil
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 88
SINSONTLEDING:
ONDERWERP (Subject)
‘n Sin bestaan gewoonlik uit twee dele. Die een deel beantwoord die vraag:
Wie of wat doen die aksie? Ons noem hierdie deel die Onderwerp.
Die onderwerp het altyd ‘n s.nw. of v.nw.
bv. (Die begaafde kinders) verf ‘n fantastiese muurprent.
Wie verf die muurprent?
(Die begaafde kinders) = Onderwerp.
GESEGDES (‘Verb’)
Die ander deel van die sin sê gewoonlik wat alles gebeur, d.w.s. wat gedoen
word. (Onthou: die deel het altyd ‘n werkwoord, want die w.w. is mos die
doenwoord!).
bv. Wat doen die begaafde kinders?
(Die begaafde kinders) = Onderwerp (verf) = Gesegde
VOORWERP (Object)
Daar kan ook ‘n deel in ‘n sin wees waarop ons die vraag wat kan vra. Dit
noem ons die voorwerp.
Die voorwerp het altyd ‘n s.nw. of v.nw in.
bv. Wat verf die begaafde kinders?
(‘n fantastiese muurprent.) = Voorwerp
OM OP TE SOM: WIE? DOEN? WAT?
Onderwerp Gesegde Voorwerp
(Die graad 10-klas) (werk hard) (aan hulle projek)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 89
WOORDORDE
(Word order)
SvOv [subject+het+object+ge]
Of
SvTOv [subject+het+time+object+ge]
S V1 T O M P V2 I
Subject Verb 1 Time Object Manner Place Verb 2 Infinitive
Onderwerp Werkwoord
1 Tyd Voorwerp Wyse Plek
Werkwoord
2 Infinitief
Die kind eet daagliks haar kos vinnig aan
tafel
om
buite te
kan
speel
Die kind het daagliks haar kos vinnig aan
tafel geëet
om
buite te
kon
speel
Die kind sal daagliks haar kos vinnig aan
tafel eet
om
buite te
kan
speel
Wie ?
Wat ? Wanneer ?
Wie ?
Wat ? Hoe ? Waar ? Om…te
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 90
LYDENDE- EN BEDRYWENDE VORM
(Active and Passive Voice)
Wie Doen Wat
(onderwerp –subject) (werkwoord – verb) (voorwerp – object)
(Die Cheetahs) (hou) (‘n vergadering)
Hierdie sin staan in die bedrywende vorm.
Nou gaan ruil ons die onderwerp en voorwerp om d.w.s.
‘n Vergadering word deur die Cheetahs gehou.
Bg. sin is nou in die lydende vorm.
Hoekom doen ons dit?
Omdat ons so ‘n vergadering wil beklemtoon! (Dit wat voor in die sin
staan, kry tog die meeste aandag, of hoe?)
Wenk:
As jy ‘n sin in die lydende vorm moet skryf, ruil jy net die onderwerp en
voorwerp om!
Nog voorbeelde:
Bedrywende vorm
Lydende vorm
Tyd
Gerrie maak die deur
toe
Die deur word deur Gerrie
toegemaak
Hede
Gerrie het die deur
toegemaak
Die deur is deur Gerrie
toegemaak
Verlede
Gerrie sal die deur
toemaak
Die deur sal deur Gerrie
toegemaak word
Toekoms
Bedrywende vorm Onderwerp Voorwerp (Gerrie) maak (die deur) stadig oop. Lydende vorm Voorwerp Onderwerp (Onderwerp nou omgeruil!) (Die deur) word stadig deur (Gerrie) oopgemaak.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 91
DIE TYE (Tenses)
1. VERLEDE TYD: (Past Tense) Gister-Yesterday
Sin met net een werkwoord (ww)
As die ww begin met: ”be”, “ge”, “her”, “er”, “ont”, “ver”, “mis”
is het hê ww + voorsetsel
moet kan wil sal
“het” + “ge” “het” maar(geen “ge”)
was het gehad
gehad het
Een woord (“ge”) + “het”
moes kon wou sou
Bv. Ek skop die bal. = Ek het die bal geskop.
Bv. Ek ontmoet nuwe vriende. = Ek het nuwe vriende ontmoet.
Bv. Ek is gelukkig. = Ek was gelukkig.
Bv. Ek het jou lief. = Ek het jou lief gehad.
Bv. Ek wil ‘n boek hê. = Ek wou ‘n boek gehad het.
Bv. Ek tel die stoel op. = Ek het die stoel opgetel.
Bv. Ek moet leer. = Ek moes leer (geleer het).
Bv. Ek kan swem. = Ek kon swem (geswem het).
Bv. Ek wil leer. = Ek wou leer (geleer het).
Bv. Ek sal leer. = Ek sou leer (geleer het).
Sin met twee werkwoorde (sonder ‘n voegwoord)
Twee werkwoorde wat op dieselfde tyd gebeur Saamgevoeg is deur “en” Die eerste ww is: “sit”, “lê”, “loop”, “staan”
Twee werkwoorde (enige ander kombinasie) verbind met “en”
Voegwoord in ‘n sin
Skeibare werkwoorde: weggooi, aantrek,afhaal, deelneem, gelukwens, goedkeur, liefhê, grootword, , natgooi, uittrek, saamgaan, stilstaan, uitnooi, (klem val op 1tse deel van die woord)
Onskeibare werkwoorde: aanvaar, agtervolg, begin, erken, betaal, geniet, herken, hersien, mislei, mishandel, misluk,omhels, onthou,voltooiondersoek, ontmoet, oorhandig, oorwin,vergeetverstaan (klem val op 2de deel)
Uitsonderings: Onskeibare werkwoorde: glimlag, dagvaar, liefkoos, raafpleeg, rangskik, waarborg, waarsku (klem val op 1ste deel van die woord)
Voegwoorde: “dan”, “as”, “wanneer”, “nou” {DAWN}
“het” (“ge” = opsioneel slegs saam met die eerste ww)
“het” + Slegs eerste ww kry “ge” (opsioneel)
“het’ + “ge”+ww 1 “ge”+ww 2
Ontleed dit as twee sinne
“het” + aangeskakel
“het” + ww “het” + “ge”
Verander na “toe”
Bv. Ek hoor die hond blaf. = Ek het die hond (ge)hoor blaf.
Bv. Ek sit en lees. = Ek het (ge)sit en lees.
Bv. Ek slaap en eet in my kamer. = Ek het geslaap en geëet in my kamer.
Bv. Hy vang vis want hy soek iets om te eet. = [Hy het vis gevang] want [hy het iets gesoek om te eet.]
Bv. Ek skakel die oond aan. = Ek het die oond aangeskakel.
Bv. Ek vergeet. = Ek het vergeet.
Bv. Hy rangskik die blomme. = Hy het die blomme gerangskik.
Bv. Ek skrik as ek ‘n slang sien. = Ek skrik toe ek ‘n slang sien.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 92
2. TOEKOMENDE TYD: (Future Tense) Môre –Tomorrow
Sin met net een werkwoord (ww)
is het hê Ww + voorsetsel
moet kan wil
“sal” “sal wees”
“sal hê”
“sal (moet; kan,wil) hê”
Een woord + “sal”
“sal moet”
“sal kan” “sal wil”
Bv. Ek skop die bal. = Ek sal die bal skop.
Bv. Ek is gelukkig. = Ek sal gelukkig wees.
Bv. Ek het jou lief. = Ek sal jou lief hê.
Bv. Ek wil ‘n boek hê. = Ek sal ‘n boek wil hê.
Bv. Ek tel die stoel op. = Ek sal die stoel optel.
Bv. Ek moet leer. = Ek sal moet leer.
Bv. Ek kan swem. = Ek sal kan swem.
Bv. Ek wil leer. = Ek sal wil leer.
Sin met twee werkwoorde
Voegwoord in ‘n sin
Skeibare werkwoorde: aantrek, afhaal, deelneem, gelukwens, goedkeur, grootword, liefhê, natgooi, saamgaan, stilstaan, uitnooi, uittrek, weggooi + Onskeibare werkwoorde
“sal” Ontleed dit as twee sinne “sal” + Aanskakel (een woord)
Bv. Ek hoor die hond blaf. = Ek sal die hond hoor blaf.
Bv. Hy vang vis want hy soek iets om te eet. = [Hy sal vis vang] want [hy sal iets soek om te eet.]
Bv. Ek skakel die oond aan. = Ek sal die oond aanskakel.
3. TEENWOORDIGE TYD: (Present Tense) Vandag - Today Bv. Die melk staan in die yskas.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 93
DIE ONTKENNENDE VORM
DIE NEGATIEF (The Negative)
1. Met ‘n gewone sin:
Gebruik ons altyd twee “nie’s” (nie). Na die werkwoord = eerste nie Aan die einde van die sin = tweede nie
2. Wanneer ons ‘n vraag antwoord :
Nee,…..(ww)nie……..nie
3. Met ‘n bevel : Moenie…..nie
4. Met ‘n bevel + “asseblief” Moet asseblief nie …..nie
5. Sekere woorde verander in die negatief : Die verandering neem die plek in van die eerste nie. Die tweede nie skuif na die einde van die sin.
iemand niemand………..nie almal niemand………..nie êrens nêrens………….nie orals nêrens………….nie iewers nêrens………….nie ooit nooit…………….nie altyd nooit…………….nie iets niks……………..nie alles niks……………..nie een geen……………nie enige geen……………nie enigeen geeneen………..nie moet moenie…………nie nog nie meer……….nie nog iets niks meer………nie nog êrens nêrens meer…..nie nog iewers nêrens meer…..nie nog iemand niemand meer…nie nog almal niemand meer…nie nog alles niks meer………nie alreeds nog nie…………nie al (alreeds) nog nie…………nie al iemand nog niemand…..nie al kan vooraan al êrens nog nêrens…….nie enige van die al ooit nog nooit……….nie woorde gebruik al iets nog niks………..nie word. al alles nog niks………..nie al een nog geen……….nie óf…..óf (either…or) nóg…..nóg (neither…nor) [geen nie] sowel as nóg…..nóg (neither…nor) [geen nie]
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 94
6. Geen dubbele negatief : Wanneer daar twee woorde in die sin is wat in die negatiewe vorm verander moet word, verander ons slegs die eerste een. Bv. “Was iemand ooit mars toe?” “Nee, niemand was ooit mars toe nie” {Ons kan nie sê: “Nee, niemand was nooit mars toe nie.” - dan verander ons die betekenis van die sin}
7. Wanneer daar ‘n voegwoord voorkom : Beskou dit as twee sinne maar die “nie” in die tweede sin kom ná die selfstandige naamwoord (noun) of voornaamwoord (pronoun).
INDIREKTE REDE (Indirect Speech)
1. Van ‘n gewone direkte sin na ‘n indirekte sin (Direct into Indirect):
Gebruik ons die voegwoord “dat” (uit groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Voornaamwoorde moet verander sodat die sin sin maak.
Bv. Juli sê: “Ek hou van biltong.” – Juli sê dat sy van biltong hou.
2. Na ‘n vraag (Question):
Gebruik ons die voegwoord “of” (uit groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Bv. Juli vra: “Mag ek biltong kry.” – Juli vra of sy biltong mag kry.
3. Indien die eerste woord reeds ‘n vraagwoord (Question Word) is:
Dié vraagwoord bly dan die voegwoord. (alle vraagwoorde is
groep 3 voegwoorde)
Dus: die werkwoord in die tweede sin skuif na die einde
Voornaamwoorde moet verander sodat die sin sin maak.
Bv. Juli vra: “Wanneer kry ek biltong.” – Juli vra wanneer sy
biltong kry.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 95
4. Indien die werkwoord (Verb) in die verlede tyd (Past Tense) is:
“het gesê” of “het gevra”
Dan moet die werkwoord in die tweede sin ook in die verlede tyd
geskryf word.
Bywoorde van tyd en plek verander.
Bv. Oom Charl het gesê: “Ons moet vandag strand toe gaan.” -
Oom Charl het gesê dat hulle daardie dag strand toe moes
gaan.
Lys van woorde wat verander:
hier daar hierdie daardie vandag daardie dag gister die vorige dag gister aand die vorige aand eergister twee dae gelede môre die volgende dag môre middag die volgende middag môre aand die volgende aand oormôre oor twee dae nou / dan toe
5. Tydens ‘n opdrag (Command):
Enige van die volgende twee maniere:
Bv. Die afrigter beveel: “Spelers, oefen julle vryhoue!”
i. Die afrigter beveel die spelers om vryhoue te oefen.
ii. Die afrigter beveel dat die spelers hulle vryhoue moet
oefen.
6. Uitroepwoorde (Exclamatory words):
Woorde soos: “Eina!”; “Foeitog!”; “Liewe Hemel!”;
“Hoera!” ens.
Dié woorde word slegs in die direkte rede gebruik maar…
Die emosie van die woorde moet in die indirekte rede beskryf
word.
Bv. “Eina, ek het my vinger gesny!” het die seun geskreeu. Die
seun het van pyn geskreeu dat hy sy vinger gesny het.
Die ma sê: “Foeitog, my dogter is siek!” Die ma sê simpatiek /
met meegevoel dat haar dogter siek is.
7. Ons HOEF NIE die woord “dat” te gebruik nie:
Bv. “Ma sê: “Ek is honger.” - Ma sê sy is siek.
Bv. “Die seun het gesê: “Ek het vandag rugby gespeel.” - Die
seun het gesê hy het daardie dag rugby gespeel.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 96
SOORTE SINNE (Types of Sentences)
1. Stelsin:
Gewone sin met ‘n punt [.] aan die einde.
Slegs ‘n stelling.
Bv. Johan eet ‘n roomys.
2. Bevelsin: [Instruksie]
Sin waar ‘n bevel of opdrag gegee word.
Hierdie sin eindig gewoonlik met ‘n uitroepteken [!] maar kan ook
met ‘n punt [.] eindig.
Bv. Johan, eet jou roomys dadelik op!
Bevelwoorde (Instructions)
o beskryf describe
o voltooi complete
o verbind join
o beantwoord answer
o onderstreep underline
o waarom dink jy why do you think
o verduidelik explain
o vertel van tell about
o kies choose
3. Uitroepsin:
Sin wat uitgeroep word.
Hierdie sin eindig met ‘n uitroepteken [!].
Bv. Ag nee! Jy het jou roomys laat val.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 97
4. Vraagsin:
‘n Vraag word gevra.
Die sin eindig met ‘n vraagteken [?].
Bv. Het jy al jou roomys geëet?
Vraagwoorde (Question words)
o wie who
o wie se whose
o wat what
o watter (item) what (item)
o waarom why
o hoekom why
o hoe how
o hoeveel how many
o hoe laat what time
o wanneer when
o waar where
o waarin in what
o waarop on what
o waaruit out of what
o waarmee with what
o waarvan from where
o waarvandaan from where
o waarheen to where
o waarna to where
o waarnatoe to where
o het did
o het jy do you have
5. Seënwense:
Goeie wense aan iemand.
Bv. ‘Laat die voorspoed altyd met julle wees.’
6. Begroeting:
Bv. ‘Goeie môre.’
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 98
KREATIEWE SKRYFWERK
(Creative Writing) VRIENDSKAPLIKE BRIEF
Daar is twee soorte briewe, nl. VRIENDSKAPLIKE en FORMELE briewe.
Vriendelike briewe is die geselsbriefies wat jy aan vriende, familielede en
bekendes skryf. Hier word lekker gesels en gedagtes gewissel, maar moenie
lawwe, verspotte taal gebruik nie; dit is nie goeie Afrikaanse gewoontes nie,
en dit is ook onwenslik. Daarom is dit nodig en die moeite werd om keurige en
korrekte briewe te leer skryf. Die brief aan jou beste maat en dié aan jou
onderwyser verskil natuurlik van mekaar, maar hulle is almal vriendskaplike of
informele briewe. Daarom wil ons graag ‘n bietjie hulp en leiding hieroor gee.
Die informele brief is ‘n vriendskaplik briefie waarin jou
geselstrant spontaan, hartlik en gemoedelik is.
Jou woordkeuse, styl en inhoud bepaal die atmosfeer van jou
brief.
Moenie laf en/of verspot wees nie.
Dis belangrik om te onthou dat ‘n brief aan sekere vereistes
moet voldoen en dat briewe spesifieke vorms het.
Ons gaan nou spesifiek na die volgende oplet: die adres en datum
die aanhef die paragrawe die slot
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 99
Adres en datum
1. Begin net na die middel aan die regterkant. 2. Blokvorm - alles onder mekaar. 3. Die inligting volg in hierdie orde:
Straatnaam, straatnommer Voorstad
Dorp/Stad Poskode Datum
4. Geen leestekens word gebruik nie. 5. Datum volledig uitgeskryf. 6. Geen lyn oop tussen adres en aanhef nie.
Aanhef 1. Begin met hoofletter, teen die kantlyn links. 2. Geen leestekens nie. 3. Aanhef wissel na gelang van die persoon aan wie jy skryf. 4. Lyn oop tussen aanhef en paragraaf.
Inhoud / Paragraaf / Storie 1. Begin teen kantlyn links. 2. Onthou leestekens en hoofletters in jou sinne. 3. Laat reëls oop tussen paragrawe. 4. Onthou dit is ‘n vriendskaplike gesprek wat op skrif gestel word. 5. Dit moet interessant wees. 6. Dit moet vertroulik en opgewek wees. 7. Stel ook belang in jou maat se sake. 8. Laat ‘n reël oop tussen inhoud en slotparagraaf.
Slotparagraaf 1. Slotsin is gewoonlik die stuur van groete / wens. 2. Begin teen kantlyn links 3. Laat ‘n reël oop tussen die slotparagraaf en werklike
slot. 4. Onthou leestekens.
Slot en jou naam 1. Slot begin teen kantlyn links. 2. Geen leestekens (ook nie by jou naam nie).
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 100
FORMELE BRIEF: AANSOEKBRIEF 1
(Matrikulant)
Kerkstraat 5 Panorama 2571 15 Januarie 1998
Die Personeelbestuurder Topversekering Posbus 1660 Kaapstad 8000 Meneer Graag verneem ek of u firma ‘n vakature vir ‘n assistant-rekenaarprogram- meerder het. Ek het pas gematrikuleer, dus het ek geen ondervinding nie. Ek stel baie belang in programmering en terwyl ek werk, wil ek deeltyds vir ‘n BSC-graad in Rekenaarwetenskap studeer. Ek is agtien jaar oud. Ek het my skoolopleiding voltooi aan die Hoërskool Panorama waar ek die Kaapse Seniorsertifikaat-eksamen verlede jaar suksesvol afgelê het. Ek het onderskeidings behaal in Ekonomie en Rekenaarwetenskap. Ek het rugby vir die tweede span gespeel en tennis vir die eerste span. Ek stel verder belang in musiek, die buitelewe en watersport. Afskrifte van getuigskrifte van ons skoolhoof, mnr. Malan, en ons predikant, ds. Louw, is ingesluit. Hulle is bereid om enige inligting wat u oor my verlang te verskaf. Die uwe (Handtekening) Henri Odendaal
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 101
AANSOEKBRIEF 2
(Geadverteerde pos)
_______________________________________________________________
Brandstraat 16 Welkom 9459 16 Mei 1998
Die Bestuurder Alphabank Posbus 1006 Bloemfontein 9300 Geagte Heer Aansoek om betrekking as Rekenmeester Na aanleiding van u advertensie in Die Volkstem van 7 Mei 1998 doen ek hiermee aansoek om die betrekking van Rekenmeester in die Bloemfontein-Noord tak van Alpha-Bank. Ek het in 1998 aan die Hoërskool Welkom gematrikuleer en in 1991 ‘n B.Rek. graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal. My hoofvakke in my finale jaar was Rekeningkunde en Finansiële Bestuur. Van 1992 tot nou is ek werksaam in die Spar in Welkom. Ek behartig alle finansiële aspekte van die supermark. Ek het ook deeglike kennis van begrotings. Ek sluit die volgende dokumente in:
1. ‘n Voltooide aansoekvorm 2. Curriculum Vitae 3. Afskrifte van getuigskrifte van:
(i) Mnr. C. de Wet (Bestuurder, Spar, Welkom) (ii) Ds. J. Fourie (Leraar)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 102
Aan: ________________ Faksnommer: __________
Datum: ________________ Insake: ________________
Aantal bladsye: ________
Van: _________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_____________________________________________________________________
_______________________________________________________________
FAKS * FAX
(013) 741 1025/6 (013) 741 2622/3
14106 West Acres
(013) 741 1889
www.bergvlam.co.za
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 103
CURRICULUM VITAE
DIE VOLGENDE PUNTE IS BELANGRIK IN
DIE OPSTEL VAN JOU CV:
Dekblad: Behels ‘n karakterbeskrywing en motivering van jou bydra tot die entiteit/organisasie. Sê waarom jy dink dat jy ‘n aanwins sal kan wees vir die spesifieke kollege. (Noem hier jou lewensmotto). Meer inligting oor jou persoonlikheid Persoonlike inligting:
Dit sluit jou van, voorname (noem tussen hakies), huisadres, telefoonnommers,
geboortedatum, nasionalitiet, huistaal asook ander tale wat jy magtig is.
Opleiding: Jou skoolopleiding (bv. vanaf Gr.1 tot Gr. 8, in watter skool/skole jy was) – noem die naam van die skool/skole en die jaartal. Gee meer inligting oor jou vakke in die huidige graad, finale uitslae (rapport-vakke,
punte)
Leierskap, pryse, toekennings en jou verdere kollegebetrokkenheid.
Buitemuurse bedrywighede:
Sport, kunste, kultuur, organisasies ens.
Ander inligting: Buitemuurse aktiwiteite buite kollegeverband. Moontlike gemeenskapsdiens gelewer.
Verwysings: Noem hier persone, wat die hoof van die kollege, kan kontak om meer te wete te kom oor jou karakter/werkvermoë. Lys sowat drie name, hul posisie, jou verwantskap met hulle, telefoonnommers waar hulle gekontak kan word. Lys hulle in volgorde van belangrikheid.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 104
(Intreevlak) _______________________________________________________________ Persoonlike besonderhede: Van: Roux Voorname: Hendrik Ouderdom: 34 jaar Geslag: Manlik Identiteitsnommer: 640311 5064 00 9 Huisadres: Weltevredestraat 15 Uniepark Stellenbosch 7600 Telefoonnommer: (021) 881 5679 Werksadres: Fakulteit Bosbou Universiteit van Stellenbosch Stellenbosch 7600 Telefoonnommer: (021) 818 4433 Huwelikstaat: Getroud Kinders: Anka, 10 September 1990 Hein, 23 Maart 1992 Nasionaliteit: Suid-Afrikaanse burger Taalbevoegdheid: Afrikaans (Moedertaal) Engels (Vlot) Xhosa (Vlot) Kerkverband: Nederduits Gereformeerde Kerk Bestuurslisensie: Kode 08 Kode 012 Militêre diens: Lugmaggimnasium, Valhalla Offisierskursus, 1983 Gesondheid: Goed
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 105
Akademiese kwalifikasies: Hoogste standerd: Matriek (1982) Skool: Paul Roos Gimnasium Stellenbosch Grade: M.Sc. in Bosbou (U.S.) (1987) M.B.A. (U.S.) (1990) Ander: Sertifikaat in Werkstudie (Technikon Pretoria)
(1988) Ondervinding: 1987 tot 1990: Distriksbestuurder Departement van Omgewingsake, Knysna Bruto salaris: R78 000 per jaar Byvoordele: Behuisingsubsidie Motortoelae Vernaamste pligte: Onderrig, navorsing en publikasies Publikasies: Boeke: Bosbou in Suid-Afrika (1990) Inheemse woude (1992) Artikels: Bosbouwaardasie (SA Bosboutydskrif, 1991) Die kweek van bome (Natuurlewe, 1990) Lidmaatskappe: SA Instituut van Boswese SA Instituut van Bestuursdienste
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 106
Belangstellings: Sport: Rugby, Gimnastiek Stokperdjies: Hengel, Bergklim Referente/Verwysings: Mnr. C.J. Pienaar (Direkteur) Departement van Omgewingsake Privaatsak X19 Kaapstad 8000 Telefoonnommer: (021) 984 3456 Prof. G. van Schalkwyk (Departementshoof) Fakulteit Bosbou Universiteit van Stellenbosch 7600 Telefoonnommer: (021) 818 5434
VERGADERING
AGENDA & NOTULE
‘n Vergadering is ‘n groep mense wat ‘n belangrike saak of probleem bespreek.
Die mense word as Meneer, Mevrou of Mejuffrou aangespreek.
Besluite wat geneem word, sal die meeste mense tevrede stel.
‘n Agenda word
aan al die mense
gegee. ‘n Vergadering het ‘n
voorsitter wat sorg dat
almal ‘n beurt kry om te
sê hoe hulle voel.
‘n Sekretaris of
sekretaresse skryf al die
besluite wat geneem
word neer – d.w.s. hy/sy
hou die notule
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 107
AGENDA
Wenke by die opstel van ‘n agenda
‘n Agenda (sakelys) is ‘n skriftelike program vir ‘n vergadering. Dit moet duidelik, uitdruklik en ondubbelsinnig wees.
Die doel van die sakelys is om:
te verseker dat geen saak vir bespreking vergeet word nie te verseker dat sake in die regte volgorde behandel word lede die geleentheid te bied om hulle vir die bespreking voor te berei
Die spesifieke volgorde waarin sake bespreek word, is byvorbeeld:
1. Verwelkoming 2. Presensielys 3. Lief en Leed 4. Lees van vorige notule; sake uit vorige notule 5. Nuwe sake/ Besprekingspunte:
5.1 _____________
5.2 _____________
6. Algemeen 7. Afsluiting
NOTULE
Wenke by die hou van notule
‘n Notule is ‘n skriftelike verslag van wat tydens ‘n bepaalde vergadering
plaasgevind het.
Dit stem gewoonlik puntsgewys ooreen met die agenda.
Dit bestaan uit ‘n bondige, juiste, ondubbelsinnige en onpartydige
weergawe van alles wat by die vergadering gebeur het.
Sonder om langdradig te wees, behoort die besonderhede so volledig te
wees dat ‘n afwesige lid sal verstaan wat op die vergadering gebeur het.
‘n Notule word gewoonlik deur die sekretaris geskryf en deur die voorsitter
onderteken.
Die notule word in een van die teenwoordige of verlede tyd geskryf.
Dit bevat die datum en plek van die vergadering.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 108
KOERANTVERSLAG
RIGLYNE VIR JOU BY DIE SKRYF VAN ‘N KOERANTVERSLAG
OPSKRIF
Dit moet treffend, prikkelend en kernagtig wees.
Die moet slegs die kern deurgee om die leser se nuuskierigheid te prikkel.
Dit moet voldoende inligting vir die vlugleser bevat.
Dit moet liefs ‘n werkwoord bevat, maar geen lidwoorde, byvoeglike
naamwoorde of bywoorde nie.
INLEIDENDE PARAGRAAF
Dit vertel in ‘n neutedop die hooffeite van die berig.
Vrae soos wat (het gebeur?) / Wie (is betrokke?) / waar (het dit gebeur?) /
wanneer (het dit plaasgevind?) moet in breë trekke beantwoord word.
In die daaropvolgende paragrawe word die oorsaak en gevolg
ondersoek: die waarom en die hoekom?
Dit bevat ook ooggetuieverslae.
Verdere optrede word bespreek.
Watter invloed die gebeure op byvoorbeeld landsveiligheid, ekonomie,
opvoeding het, word bespreek.
ALGEMEEN
Maak gebruik van die lydende vorm, bv. Daar word vermoed/beweer … /
Daar is gesê …
Stelwyses wat dikwels gebruik word: Volgens ooggetuies …; Sover
vasgestel …
Elke nuwe oorsaak of gevolg, of regstellende stap kom in ‘n aparte
paragraaf.
Wanneer feite deurgegee word, is dit meer geloofwaardig as iemand
aangehaal, of ‘n naam genoem word. Onthou om die woordvoerder se titel
ook te gee. Dit verleen gewig aan die berig.
Vermy subjektiwiteit, onlogiese afleidings of gevolgtrekkings, sowel as
oorbodige of irrelevante inligting. Jy doen slegs verslag van gebeure.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 109
PLAKKAAT
DOEL VAN DIE PLAKKAAT
Om inligting te gee oor iets wat jy wil adverteer.
Dit moet spesifieke inligting bevat:
- Dit moet sê watter geleentheid gaan gevier word/plaasvind.
- Die plek se naam waar die geleentheid gaan plaasvind
- Die datum
- Die tyd wat dit aangebied word
- Die toegangsgeld
- Die aktiwiteite wat gaan plaasvind
- Wie is almal welkom bv. net kinders / ouers en kinders
Onthou die volgende:
- Die plakkaat moet netjies wees
- Die plakkaat moet leesbaar wees, dus die letters moet groot en
duidelik wees
- Die plakkaat moet kleurvol wees en die oog dadelik vang
- Die moet skeppend wees
STROOIBILJET
WENKE by die opstel van ‘n strooibiljet.
Die inligting moet kernagtig oorgedra word
Trefkrag kan verkry word deur interessante tipografie en lettertipes.
Gee volledige inligting oor waar verdere inligting verkry kan word.
‘n Eenvoudige illustrasie of kenteken is opsioneel, maar kan baie
doeltreffend wees.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 110
LEESBEGRIP (Comprehension)
Om te verstaan (begryp) wat ‘n mens lees, vorm die basis van effektiewe studie. Deur jou leesbegrip te verbeter, sal jy dus nie net jou punte verbeter nie, maar ook jou kanse op sukses in die lewe. Ons hoop die volgende wenke sal help. ALGEMENE WENKE
1. Wanneer jy ‘n leesbegripstoets moet beantwoord, is dit raadsaam om die voglende stappe te volg:
Lees eers net die eerste paragraaf (inleiding), die eerste sin van elke daaropvolgende paragraaf en die laaste paragraaf (slot), as die leesstuk taamlik lank is. Dit gaan vinnig en gee jou ‘n idée waaroor die stuk gaan.
Daarna lees jy die hele stuk, maar dié keer versigtig en aandagtig, want jy moet nou die hele inhoud inneem om vrae daaroor te kan beantwoord en die hooftema te identifiseer. Gee aandag aan elke woord en onderstreep of merk belangrike gedeeltes in die teks.
Lees nou al die vrae deur sodat jy weet wat om in die teks te soek.
Daarna neem jy die vrae een vir een en soek die antwoorde in die teks. Jy ignoreer nou alles wat niks met die spesifieke vraag waarmee jy besig is, te doen het nie. (Ons noem dit soeklees).
Nadat jy al die antwoorde neergeskryf het, kan jy hulle weer oorlees en onverskillige taal-, spel- en leestekenfoute regmaak.
2. Daar is verskillende maniere waarop leesbegripsvrae gestel en
beantwoord kan word. Die volgende soort antwoorde word gewoonlik vereis: volsinantwoorde eenwoord-antwoorde antwoorde waarin ‘n woord of ‘n paar woorde (sinsdeel) uit die
teks aangehaal moet word. ‘n antwoord wat uit vier gegewe moontlikhede gekies word antwoorde waarin jy slegs waar of onwaar moet antwoord, en dit
motiveer.
3. Wenke by die beantwoording van die verskillende soorte vrae: Volsinantwoorde (Full sentences) Probeer om so korrek moontlik te skryf, sodat jy nie punte
verloor vir taal-, spel- en leestekenfoute nie. Punte vir taal- en spelfoute word van die totaal vir die hele vraag
afgetrek en nie van punte behaal vir onderhandelings nie. Kyk na die punte wat vir elke onderafdeling toegeken word (bv.
2,3,4). Dit gee jou ‘n aanduiding van hoeveel feite jy moet gee.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 111
As jy gevra word om in een enkele volsin te antwoord, kan jy punte verloor as jou antwoord uit meer as een sin bestaan, of as dit nie ‘n volsin is nie.
As jy in ‘n volsin moet antwoord op die vraag: Hoekom het hy deur die rooi lig gejaag? “Omdat hy ‘n roekelose bestuurder is, het hy deur die rooi lig gejaag.”
Dis egter glad nie nodig om, soos hierbo, die vraag in jou antwoord te herhaal nie. Dis genoeg as jy net sê: “Hy is ‘n roekelose bestuurder.” Dit is mos ‘n volsin.
Hier volg nog ‘n voorbeeld: Hoekom was Patrick nie by die werk nie? Patrick was nie by die werk nie, omdat hy sy ma hospitaal toe moes neem. (Onnodig, want die vraag word herhaal in die antwoord). Hy moes sy ma hospital toe neem. (Korrek, want dit is ‘n volsin).
Moenie aanhalings gee as dit nie gevra word nie, want jy sal nie daarvoor punte kry nie.
Eenwoord-antwoorde (One word answers) Moenie in ‘n sin antwoord wanneer jy slegs ‘n woord moet gee
nie, want dit wys jy het nie die instruksie verstaan of korrek uitgevoer nie.
As een woord gevra word, moenie skryf: “Die woord is ___” nie. Skryf net die woord neer.
Aanhalings uit die teks (Quotations from text) Plaas die aangehaalde gedeelte tussen aanhalingstekens. In
Afrikaans word dubbele aanhalingstekens (“….”) meestal gebruik.
Meerkeusevrae (Multiple choice) Lees die instruksie en bewoording van die vraag baie goed.
Soms moet jy die korrekte antwoord kies (die een wat pas) en soms die een wat nie pas nie. As jy nie goed konsentreer nie, kan jy maklik deurmekaar raak. Die afleiers (moontlike antwoorde) verskil soms baie min; dus moet jy hier goed dink voor jy antwoord. Daar is dikwels vangplekke.
Waar of onwaar (True or False) Gewoonlik moet jy hierdie antwoorde kan motiveer. Jy sal geen
punte vir die antwoord kry as jy bloot raai of die verkeerde motivering gee nie.
4. Ander faktore (Other factors) wat ‘n rol speel by leesbegrip:
Jou leesbegrip sal net verbeter as jy dit oefen (en dit kan ‘n mens nie doen terwyl jy TV kyk nie). Lees dus soveel jy kan.
Deur te lees, word jou woordeskat uitgebrei. Woorde is die boustene van ‘n taal; dus lei ‘n goeie kennis van die betekenis van woorde vanselfsprekend tot goeie begrip.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 112
Dis egter nie absoluut noodsaaklik dat ‘n mens weet wat elke woord in ‘n stuk beteken, om te verstaan waaroor dit gaan nie. Moenie ontsteld raak as jy op ‘n woord afkom wat jy nie ken nie. Probeer om so ‘n woord se betekenis uit die teks self agter te kom en soek in die sin voor en na die woord, of op ander plekke in die leesstuk of daar nie dalk dinge is wat vir jou kan sê wat die woord beteken nie, byvoorbeeld: Dink: Soek ek ‘n positiewe of ‘n negatiewe woord? Soek ek ‘n woord wat sê wat gedoen word (werkwoord)? Soek ek ‘n woord wat die naam is van iets of iemand
(Naamwoord)? Ander leidrade soos bv. ‘n dubbelpunt na die woord wat jy
nie ken nie, beteken dat daar ‘n verdere verduideliking gaan volg wat jou kan help.
As jy baie lees, sal jou leesspoed ook verbeter. Hoe
vinniger jy lees, hoe beter sal jou begrip wees. ‘n Mens moet probeer om soveel moontlik van die bladsy te sien terwyl jy lees, want hoe meer woorde jy sien, hoe meer woorde is daar wat jou brein kan aanspoor om goed te werk. (Die Russiese skrywer, Dostojevski, kon ‘n boek van 1200 bladsye in sewentien minute lees).
Ook jou algemene kennis sal uitbrei as jy meer lees. Jy
sal leesstukke beter verstaan as jy voor die tyd iets weet van die saak waaroor geskryf word.
5. Die volgende wenke kan ook help om jou punte vir leesbegrip
te verbeter: Moenie in die eksamen oorhaastig wees met die beantwoording
van jou leesbegripsvrae nie. Daar is genoeg tyd, veral omdat baie van die vrae eenwoord-antwoorde is.
Moenie antwoorde met “want” begin nie. Let op dat in ‘n sin, waar met “omdat” begin word, ‘n komma in
die middel moet wees (tussen die werkwoorde), want daar is ‘n pouse in die sin op daardie plek.
Die woordorde ná “omdat” is ook iets waarop jy in die eksamen moet konsentreer as jy gewoond is aan Engelse woordorde, want die werkwoord(e) skuif na die einde van die sin ná ‘n “dat-woord:”
o Almal was baie laat omdat die treine nie geloop het nie.
o Omdat die treine nie geloop het nie, was almal baie laat. As jy bang is jy gaan die woordorde na omdat verkeerd kry, moet jy liewer glad nie omdat in antwoorde gebruik nie. Dis nie nodig nie.
Nou-ja, spring aan die werk en toets jouself. Die deur na sukses staan oop vir almal.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 113
OPSOMMING
(Summary)
Waarom doen ons die opsomming?
Om ons leesbegrip te toets / Het ons die leesbegrip verstaan?
Om te toets of ons daarna die kern- of hoofgedagtes kan uithaal.
Om te toets of ons hierdie kern- of hoofgedagtes weer kan gee.
(oorskryf in eie sinne) kan die verskillende taalstruksture ook hier
toegepas word.
Wat is ‘n opsomming?
‘n Verkorte weergawe van die oorspronklike leesstuk.
Voorbeeld van ‘n vraag in die vraestel:
o Lees eers versigtig deur die leesstuk.
o Soek sewe hoofgedagtes uit die leesstuk.
o Skryf elke hoofgedagte neer in jou eie woorde.
o Skryf jou sinne puntsgewys van nommer 1 – 7 neer.
o Jou sinne moet so ver moontlik in jou eie woorde wees.
o Jou sinne moet altesaam 70 woorde wees.
o Onthou om die getal woorde aan te dui aan die einde van die
opsomming.
o ‘n en die word gebruik maar nie getel as woorde nie.
o Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 70 woorde skryf, as jy
nie die getal woorde aandui nie of as jy die sinne direk uit die
leesstuk skryf.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 114
Hoe moet ek die opsomming benader?
Lees die stuk die eerste keer deur om te weet waaroor die stuk handel.
Lees die stuk ‘n tweede en of ‘n derde keer deur. Verstaan jy die
moeilike woorde?
Plaas sinne, sinsgedeeltes en woorde wat herhalend of onbelangrik is
tussen hakies.
Onderstreep die gedeeltes wat vir jou die kern- of hoofgedagtes is. ‘n
Goeie wenk is om nou kantaantekeninge hiervan te maak.
Skryf nou jou eie goeie volsin vir elkeen van hierdie kerngedagtes neer.
Verkort jou sinne indien jy meer as 70 woorde geskryf het.
Brei jou sinne uit indien jy minder as 60 woorde het.
Kontroleer jou woordorde / taalgebruik soos wat jy dit neergeskryf het.
Wat kan ek doen as ek sukkel om die hoofpunte te identifiseer?
Hou die opskrif / storielyn / soort leesstuk in gedagte.
Formuleer vrae: deur, vir ens. wie? Wie se? wat? Met? Watter?
Waarin? Waarvoor? ….ens.
Let op na: TYD, WYSE en PLEK, getalle, teenstellings en oorsaak en
gevolg.
Indien die stelling gemaak is en ‘n voorbeeld of rede gegee is om die
punt te illustreer, is dit een gedagte.
Indien twee kante van die saak gestel word, moet jy besluit of dit een /
twee hoofgedagtes is.
Gee die leesstuk vir jou net feite of gee dit raad / advies, metodes om
iets te doen, voordele / nadele, wenke, waarskuwings, beskrywings of
bevindings.
Hoe skryf ek die hoofgedagte in my eie volsin?
Gebruik ‘n variasie sinstrukture.
Brei woorde uit tot sinsgedeeltes / verkort sinsgedeeltes deur dit met
een woord te vervang. Bv. belangrike = wat belangrik is.
Jy kan ‘n sin uitbrei met behulp van ‘n voorsetselgroep, die infinitief of ‘n
voegwoord.
Indien jy sukkel met taal, hou jou sinne so eenvoudig as moontlik!!
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 115
LETTERKUNDE(Literature) POëSIE (Poetry)
Hier volg 'n kort bespreking (alfabeties) van aspekte wat in poësie aangetref kan word. Antitese (Teenstelling)
Twee uiterstes word teenoor mekaar gestel om deur middel van kontras die aandag op dit wat gesê word, te vestig.
Byvoorbeeld: die lief en leed van die lewe. Asterisk (*)
Dit dui 'n skeiding / wending in die gedig aan. Na die asterisk volg daar gewoonlik 'n verdieping, toepassing of slotsom.
Elisie
Wanneer 'n letter of letters uit woorde weggelaat word dit met ‘n (' ) vervang sodat die ritme of rym van die gedig nie versteur word nie:
Byvoorbeeld: Nee, 'k sal nie waag om't te sê nie OF "…om tussen yl popliere weg te gly…" popliere i.p.v. populiere
Funksies van elisie:
Dit laat die gedig ritmies gladder verloop.
Ter wille van die metriese patroon van die gedig.
Dit versnel die tempo van die gedig.
Dit help om 'n staccato-effek in die gedig te verkry. Ellips (weglating van woorde)
Byvoorbeeld: "Verskoon my, maar . . . " Funksies van ellips:
Dui op die herhaling van 'n handeling
Die dramatiese gedeelte word so weggelaat om die aandag daarop te vestig.
Betrek die leser om self die gedagtegang te voltooi. Enjambement
Dit is die verskynsel waar een versreël in die volgende oorloop sonder enige leestekens aan die einde van die eerste versreël.
Funksies van enjambement:
Dit verleen soepelheid en vloeiendheid aan die gedig.
Dit maak eindrym minder opsigtelik.
Woorde aan die einde van die versreëls word uitgehef.
Versreëls word saamgebind en dra by tot eenheid in die gedig.
Dit versnel die tempo van die gedig.
Verander die toonaard van die gedig.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 116
Eufemisme (Versagting)
Om op ‘n mooi manier na iets onaangenaams te verwys: Byvoorbeeld:
Hy het lang vingers. (Word gesê van iemand wat steel.) Om die tydelike met die ewige te verwissel (Om te sterf)
Herhaling (repetisie) “KENT: Slaan slaaf! Slaan, skelm, slaan!
Laventelhaantjie van 'n slaaf, slaan!” Uit: Koning Lear: Shakespeare.
Funksies van herhaling:
Dit skep eenheid en 'n sekere mate van musikaliteit in die gedig, en dit hef sekere woorde uit / beklemtoon die woorde.
Hiberbool (Oordrywing)
Ek het my morsdood gesukkel Ek het dit al 'n duisend maal gesê!
Inversie (omgekeerde woordorde)
Die gewone woordorde word verander om die klem op ‘n sekere woord of sinsnede te laat val:
Byvoorbeeld: Wit in die maanlig skyn die veld i.p.v. Die veld skyn wit in die maanlig
Ironie
'n Skrywer gebruik ironie wanneer hy, om groter effek te bereik, op spottende wyse die teenoorgestelde sê van wat hy bedoel.
Byvoorbeeld: Man, jy is darem slim! (Vir iemand gesê wat eintlik dom is) Ironie kan ook skrynende teenstelling aandui – sonder spot: Tydens die eerste vaart met sy nuwe seiljag, het die man verdrink.
Klanknabootsing
Wanneer woorde gebruik word om klanke na te boots bv. Die duiwe koer-koer in die bome.
Leestekens
Komma
Dit staan voor en na bystellings en hef dit wat tussen die kommas staan, uit.
Dit dui op afsondelike gedagtes.
Dit hou die leser se aandag en beklemtoon sodoende sekere woorde of sinsnedes.
Dit vertraag die tempo van die gedig.
Dit kom voor en na die naam van 'n persoon wat aangespreek word.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 117
Uitroepteken
Dit verleen krag en forsheid en beklemtoon dringendheid in 'n vers.
Dit beklemtoon 'n woord of 'n gedagte.
Die beklemtoon ook 'n sekere gevoel.
Aandagstreep
Dit vestig die aandag op dit wat gaan volg.
Dui 'n inlasgedeelte (parentese) aan.
Dit vestig die aandag op die klimaks. Dubbelpunt Dit dui aan dat daar 'n verduideliking of toeligting van die voorafgaande
gaan volg. Kommapunt Dit skei afsonderlike gedagtes of aspekte wat tog nog tot een hoofsin of
saak behoort. Hakies
Verdere toeligting oor 'n saak word tussen hakies geplaas.
Dit dui ook parentese aan. Vraagteken
Dui 'n regstrekse of 'n retoriese vraag aan.
Litotes (Verkleining) Hierdie ou geskenkie (van R5 000) is vir die Orrelfonds. Funksies van verkleining:
Dit kan op werklike verkleining en ook op die digter se persoonlike betrokkenheid dui.
Dit kan ook vertedering, liefdevolheid , minagting, ens. dui.
Metafoor Jan, die blits van Monnies wen al weer die 100 meter.
Personifikasie
Die woord personifikasie beteken om te vermenslik. Ons personifieer wanneer ons aan die natuur, lewelose voorwerpe, diere en abstrakte begrippe die eienskappe van lewende wesens toeskryf.
Byvoorbeeld: Die wind sing om die hoeke van die huis. Retoriese vraag 'n Retoriese vraag is wanneer die antwoord op die vraag reeds in die
vraag vervat is, of 'n antwoord op die vraag nie eintlik verwag word nie. bv.
Byvoorbeeld: Is die reën nie te wonderlik nie? (Die feit dat die reën wonderlik is, word alreeds in die vraag gestel.)
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 118
Ritme Ritme is die natuurlike beklemtoning van lettergrepe by die uitspraak
van woorde. In gedigte word dit beïnvloed deur woord- en sinsaksent, tempo, intonasie, natuurlike ruspunte in die gedig, enjambement, ens.
Rym Rym is wanneer woorde wat dieselfde klink op ooreenstemmende
plekke in versreëls voorkom. Funksie van rym:
Dit verhoog die musikaliteit van die gedig
Beklemtoon woorde wat in die rymposisies staan
Sluit versreëls af
Dit bind die gedig en strofes tot 'n eenheid
Dit help om spanning op te bou of te verlig Tipes rym:
Eindrym: Wanneer woorde aan die einde van versreëls met mekaar rym, bv. "…met dof sware plof
soos koeëls in die stof"
Manlike eindrym: (Staande rym) kom voor wanneer die rymwoorde op beklemtoonde lettergrepe eindig:
"…met dof sware plf
soos koeëls in die stf"
Vroulike eindrym: (Glyende rym) kom voor wanneer die rymwoorde op onbeklemtoonde lettergrepe eindig:
"in daardie laaste nag van wonder . . . gestrek lê sonder"
Binnerym: Wanneer woorde in een vers met mekaar rym ". . . met dof sware plof" Beginrym: Wanneer woorde aan die begin van versreëls rym: "Sy is so jonk – sy was nog nooit so amper-dier so . . ." Halfrym: Alliterasie: Dit is wanneer konsonante in versreëls herhaal word: Sy oë sag en glansloos. . ." Assonansie: Wanneer vokale in versreëls herhaal word: "… in daardie laaste nag van . . . " Rympatrone: Kruisrym: a Paarrym: a b a a b b b
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 119
Omarmde rym: a Gebroke rym: a b b b c a d a e a f Daar bestaan wel eindrym in die strofe, maar dit is nie volgens 'n vaste patroon nie. Vrye / blanke vers: Daar kom geen eindrym voor nie. Sarkasme
Hier sê mens presies wat jy bedoel, maar op so 'n wyse dat spot, ontevredenheid of veragting maar alte duidelik blyk. 'n Sarkastiese opmerking is gewoonlik snydend en smalend. Byvoorbeeld: Ag sies tog, is ons ‘n bietjie hartseer? (Gesê wanneer iemand emosioneel raak oor iets onbenulligs)
Spanning Spanning word verkry deur die volgende toe te pas:
Uitsteltegniek
Herhaling van kernwoorde
Woordkeuse
Leestekens
Kort klanke (staccato-effek) Strofe Daar kom verskillende strofetipes in gedigte voor:
Koeplet – 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan Tersine – 'n strofe wat uit drie versreëls bestaan Kwatryn – 'n strofe wat uit vier versreëls bestaan Sekstet –'n strofe wat uit vyf versreëls bestaan Oktaaf – 'n strofe wat uit agt versreëls bestaan
Tipografie Dit is hoe die gedig afgedruk is – die verslengtes, hoof- en kleinletters,
leestekens, die manier waarop die reëls gerangskik is. Tempo Dit dui op die spoed waarteen die gedig gelees word. Die tempo word
deur leestekens, enjambement, metrum (versmaat) en verslengtes beïnvloed.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 120
Toonaard Die toonaard van 'n gedig word deur die volgende bepaal:
Woordkeuse
Kort of lang klanke
Verkleinwoordjies
Enjambement
Tempo
Lengte ven versreëls – kort versreëls skep 'n afgemete / dringende toonaard – langer versreëls skep 'n meer rustige / vloeiende toonaard
Uitheffing van woorde:
Woorde word uitgehef deur die volgende te gebruik:
Plasing – aan die begin of einde van die reël
Woordorde
Herhaling
Leestekens
Alliterasie en assonansie
Alleenplasing van 'n sin of sinsdeel
Rymposisie
Skuinsdruk
Hoofletters Uitsteltegniek
Die uitsteltegniek word gebruik wanneer 'n digter spanning en afwagting probeer skep deur die belangrike saak nie dadelik te noem nie, maar dit tot later in die gedig uit te stel. Hierdie tegniek word ook distansiëring genoem.
Vergelyking
Jan is so vinnig soos die wind. Versreël 'n Versreël is 'n enkele reël in 'n gedig. Woordspeling
Wanneer ‘n skrywer doelbewus woorde gebruik wat anders geïnterpreteer kan word:
"Die man wat in duime dink, maar in jaarts praat, verdien om met die voet geskop te word."
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 121
PROSA (Prose)
Literêre begrippe ten opsigte van verhaalkuns word (alfabeties) bespreek.
Dialoog
Dialoog is die gesprekke wat tussen karakters in ‘n verhaal plaasvind. Gedagtespraak (dit wat ‘n karakter dink) kan ook as dialoog beskou word.
Dialoog is deel van die handeling omdat dit gebeure kan laat plaasvind.
Dialoog openbaar ook wat in ‘n karakter se kop aangaan (m.a.w. die innerlike van die karakter).
Handeling Handeling staan in noue verband met konflik en intrige van ‘n verhaal en dit veroorsaak gebeure in ‘n verhaal.
Uiterlike handeling is sigbare aksies, gesigsuitdrukking, bewegings en gebare van karakters.
Innerlike handeling vind in die karakters se gedagtes plaas – dit is karakters se emosies en denke.
Identifikasie met die karakters
Wanneer karakters lewensgetrou uitgebeeld word, kan die leser met die karakters identifiseer. Die leser voel dus saam met die karakters en kies kant vir of teen sekere karakters in die verhaal.
Die leser kan emosioneel by die karakters en gebeure betrokke raak .
Deur hul betrokkenheid by die verhaal, kan lesers deur verhale beïnvloed word.
Illusie van die werklikheid
Enige fiksie is ‘n produk van die outeur se verbeelding. Die verhaal wat so geskep word, is nie die waarheid nie, maar bloot verbeelding. Prosaverhale is egter op die werklikheid gebaseer en daarom klink dit asof dit werklikheid is. Hierdie begrip word illusie van die werklikheid (beeld van die werklikheid) genoem. Die verhale skep dus ‘n beeld van die werklikheid, maar is nie werklikheid nie.
Intrige Intrige is die patroon waarvolgens die gebeure in die verhaal aaneengeskakel word. Die intrige word volgens oorsaak en gevolg verbind. Omdat die gebeure in ‘n verhaal onvoorspelbaar is, skep dit spanning. Die skrywer rangskik die gebeure volgens ‘n bepaalde patroon - die intrige in die verhaal. Karakter In prosawerke kan karakters na aanleiding van hul optredes geklassifiseer word;
Die belangrikste karakter in die verhaal of die karakter waarom alles in die verhaal draai, word die hoofkarakter genoem.
Die ander karakters in die verhaal deur wie ons die hoofkarakter leer ken, of wat die hoofkarakter ondersteun, word newekarakters genoem.
‘n Karakter wat deur die loop van die verhaal baie karakterontwikkeling ondergaan, word ‘n vol karakter genoem.
‘n Karakter wat min of geen ontwikkeling ondergaan nie, staan bekend as ‘n vlak karakter.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 122
Karakterbeelding
Hoe die karakter aan die leser bekendgestel word, staan as karakterbeelding bekend. Karakterbeelding vind op verskillende maniere in ‘n prosateks plaas:
Die leser leer karakters ken deur:
dit wat die karakters self sê en doen
dit wat ander karakters oor ‘n karakter sê
uit gesprekke tussen karakters
hoe die karakter tydens botsing/konflik optree Konflik
Innerlike klonflik vind in karakters se gedagte plaas. Dit is byvoorbeeld wanneer ‘n karakter worstel om een of ander probleem / krisis in homself uit te sorteer.
Uiterlike konflik vind tussen karakters plaas wanneer een of meer karakters oor ‘n saak verskil of met mekaar daaroor in botsing kom.
Oorsake van konflik
verskille tussen en met ander karakters
botsende sienings of emosies
die verskil tussen innerlike dryfvere en uiterlike omstandighede
aangebore drange en aangeleerde optredes
Gevolge van konflik
veroorsaak handeling in die verhaal
vertraag of versnel die tempo waarteen die verhaal afspeel
veroorsaak spanning in die verhaal Milieu Milieu is die tyd en ruimte waarin ‘n verhaal afspeel.
Tyd verwys na die tydperk waarin die verhaal afspeel – die historiese plasing van die verhaal. Met ander woorde, speel die verhaal in die hede, die toekoms of gedurende ‘n spesifieke tydperk in die verlede af.
Ruimte verwys na die plek waar die verhaal afspeel. Tyd en ruimte vorm saam die milieu van die verhaal.
Die leser kom meer oor die milieu te wete uit:
die historiese plasing van die verhaal;
die kleredrag van die karakters;
karakters se taalgebruik en gewoontes;
verwysings na werklike plekke, persone en gebeure. Perspektief Enige verhaal word vanuit ‘n spesifieke perspektief vertel. Die perspektief word deur die verteller se houding en gevoelens oor sekere sake bepaal. Twee verskillende persone kan verskillende menings oor dieselfde onderwerp hê. Elkeen se perspektief op die saak is dus anders. Net so kan ‘n verhaal uit verskillende perspektiewe vertel word.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 123
Tema Die tema van die verhaal is die sentrale idee of gedagte (boodskap) waarom die verhaal gebou is. Tydsverloop
Verteltyd: Dit is die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel bv. 100 bladsye van die boek.
Vertelde tyd: Dit is die tyd wat vertel word – m.a.w. die tydperk waaroor die verhaal handel bv. vanaf Junie tot Desember 2005.
Hoe verloop tyd in die verhaal?
Indien ‘n verhaal chronologies vertel word, verloop die tyd in die verhaal volgens normale kalendertyd.
Achronologiese tydsverloop is die teenoorgestelde. Die tydsverloop is agterstevoor om.
Fragmentariese tydsverloop is wanneer tydsgrepe mekaar afwissel. Die tyd kan nou in die hede, dan in die verlede of toekoms en later weer in die hede afspeel.
Verteller Die verteller van die verhaal is die persoon wat die verhaal vertel. Die eerstepersoonsverteller (ek-verteller) is een van die karakters in
die verhaal. Hy is persoonlik betrokke in die verhaal. Omdat die verteller self betrokke is, is hy nie baie objektief nie, is gebonde aan tyd en plek en weet nie altyd wat ander karakters dink en voel nie.
Die alomteenwoordige verteller is nie in die verhaal betrokke nie. Hy
staan buite die verhaal en beskou die verhaal vanuit ‘n objektiewe posisie. Hy is nie aan tyd en plek gebonde nie, en kan beskryf wat op dieselfde oomblik op meer as een plek in die verhaal plaasvind. Dié verteller kan ook weet wat al die karakters in die verhaal dink en voel.
Afrikaans Naslaangids Saamgestel: L Fullard - 2016 Uitgawe © Kopiereg 124
BRONVERWYSING
Hiermee erkenning aan die volgende bronne:
1. Du Toit, P.J. 1983. Taalleer vir Onderwysers en Student
2. Botha, J.P. en Van Aardt, J.M.H. 1983. Afrikaans vir die Praktyk
3. Van der Walt, Van Aardt en Eksteen 1973. Taalkunde vir die Middelbare Skool – St. 9 en St. 10
4. Eksteen, Combrink en Van Aardt 1978. Taalkunde vir die Middelbare
Skool – St. 9
5. Eksteen, Combrink en Van Aardt 1982. Taalkunde vir die Middelbare Skool – St. 10
6. Latti, M., Gouws, S., Smith, I. 1999. Nuwe Afrikaans Sonder Grense –
Gr. 7
7. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans Ons Taal – Standerd 2 / Graad 4
8. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans
Ons Taal – Standerd 3 / Graad 5
9. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1999. Afrikaans
Ons Taal – Graad 6
10. Van L Sadie, J.J., Louw, W., Mihai, M., Engelbrecht, A. 1998. Afrikaans Ons Taal – Graad 7
11. Uys, I. 1998. Die Afrikaanse Makro Gids
Samesteller: Louise Fullard