slimboek graad 1 - skoleondersteuningsentrum...• gee ‘n reeks instruksies en kyk dat kind op die...

18
Graad 1 Week 5 1 ©Skoleondersteuningsentrum Slimboek Graad 1 Week 5 My naam: ____________________________________ Mamma/Pappa se naam:_______________________

Upload: others

Post on 31-Jan-2021

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Graad 1 Week 5 1 ©Skoleondersteuningsentrum

    Slimboek Graad 1

    Week 5

    My naam: ____________________________________

    Mamma/Pappa se naam:_______________________

  • Graad 1 Week 5 2 ©Skoleondersteuningsentrum

    Liewe Ouer

    • Hierdie boekie is so saamgestel dat jou kind slegs ‘n paar minute per dag besig gaan wees.

    • Daar is vir elke dag skriftelike- en grootmotoriese aktiwiteite ingesluit. Die werk kan deur die loop van die dag gedoen word.

    • Van hierdie aktiwiteite vereis dat u as ouer die opdrag sal gee en toesig sal hou terwyl hy/sy dit doen.

    • U kind moet soveel as moontlik buite speel en slegs ‘n kort tydjie ‘n skriftelike aktiwiteit doen. Dit sal help dat u kind geen onderrigtyd sal verloor tydens die Grendeltyd.

    • Hierdie aktiwiteite is vir week 5.

    • Moet asseblief nie op een dag al die aktiwiteite doen nie. Ons wil u kind help en nie ontmoedig nie.

    • Elke dag se werk het ‘n datum bo-aan. Julle kan selfs “skool-skool” speel, sodat dit nie soos “skool” voel nie.

    • Ons doel is om leerders die vaardigheid aan te leer om verantwoordelikheid vir sy/haar eie leer te aanvaar.

    • Moet asseblief ook nie negatiewe opmerkings oor sy/haar skool, onderwyser of die besluit dat skole toe is, in u kind se teenwoordigheid maak nie.

    Geniet hierdie kosbare tyd saam met u kind. Hulle word so vinnig groot. Koop die tyd saam met u kind uit.

  • Graad 1 Week 5 3 ©Skoleondersteuningsentrum

    Dinsdag 28 April 1 nuwe klank gaan aangeleer word. Indien jou kind reeds van hierdie klanke ken, moet hy die aktiwiteite saamdoen sodat hy/sy die klank kan in oefen.

    1. Oefen klanke

    Mamma wys die klank en jy moet dit hardop sê

    h p a i k l j i k h p n i p k i n s m b p i e k k h t n h m p b i k h

    2. Nuwe klank

    Fonnie fiets

    Platinum reeks

    f

  • Graad 1 Week 5 4 ©Skoleondersteuningsentrum

    3. Knip 10 f - klanke uit tydskrif en plak hier in.

    4. Onthou die f – klank staan altyd aan die einde van ’n woord nie die v – klank nie.

    Verbind die woord en prent met mekaar. Mamma moet help om te lees.

    f: ”Ek is nie bang, dat iemand my sal vang daarom staan ek altyd agter!”

  • Graad 1 Week 5 5 ©Skoleondersteuningsentrum

    5. Fynmotories

    Voltooi die skrifkaart

    • Gebruik klei en maak f met klei.

    • Maak vier ander letters ook met klei en oefen die klank.

    • Maak nou 3 woorde met klei.

    6. Grootmotories

    • Balanseer op een been.

    • Lig been agter ook op. Tel tot by 30.

    • Wissel die been en staan op ander been ook tot by 30.

  • Graad 1 Week 5 6 ©Skoleondersteuningsentrum

    7. Kunsaktiwiteit

    • Maak ’n onthou-prent van julle familie tydens Grendeltyd.

    • Verf/teken of druk elke persoon in julle huis se hande op papier en skryf julle name by.

    • Maak ’n mooi raam met vorms of skeur-en-plak en bêre dit om te onthou toe ons almal saam gewag het vir die kiem om te verdwyn.

    8. Telaktiwiteite

    • Wys aantal voorwerpe 1–10.

    • Leerder herken en benoem die hoeveelheid voorwerpe.

    • Gebruik tellers om korrekte getal uit te pak.

    • Skryf getalsimbool en getalnaam.

    9. Oefen die drilsirkel

    Druk op ‘n getal. Leerder gee die antwoord van dié getal, + 2. Dit is suiwer mondelinge werk met betrekking tot getalbegrip. Oefen dit so gereeld as moontlik. Dit is ongelooflik waardevol!

  • Graad 1 Week 5 7 ©Skoleondersteuningsentrum

    10. Voltooi die getalkombinasies van 7

    11. Verdubbel die kolle. Teken dit ook.

    3 3 + 3 = 6 6

    2 --- + ---

    5 --- + ---

    1 --- + ---

    4 --- + ---

    7

    4+ 3 = _______

    5 + 2 = ______

    7 + 0 = ______

    6 + 1 = _______

    0 + 7 = ______

    2 + 5 = ______

    1 + 6 = _______

  • Graad 1 Week 5 8 ©Skoleondersteuningsentrum

    Woensdag 29 April

    1. Oefen klanke

    Mamma wys die klank en jy moet dit hardop sê

    f p a i k l j i f k h f p n i t p k i n s f m b p i e f k t k f h t n h f m p b t i k f h

    2. Nuwe klank

    Fonnie fiets

    Platinum reeks

    f

  • Graad 1 Week 5 9 ©Skoleondersteuningsentrum

    3. Omkring al die f-klanke.

    4. Teken die prent by die woord.

    n t h v j f f s p t n i i h n b f t n f u h t v f u t n p u f

  • Graad 1 Week 5 10 ©Skoleondersteuningsentrum

    5. Fynmotories

    Voltooi die skrifkaart

    • Gebruik wasgoedpennetjie en oefen met vingers.

    • Druk met elke vinger en die duim die wasgoedpennetjie oop.

    • Probeer om wasgoedpennetjies aan wasgoedlyn vas te knyp.

    • As die wasgoedlyn te hoog is, vra vir Pappa of Mamma op lyn van wol te span oor ’n stoel se poot en knyp dit daaraan vas.

  • Graad 1 Week 5 11 ©Skoleondersteuningsentrum

    6. Grootmotories

    • Speel ballon-tennis.

    • As jy nie ’n raket het nie kan enige ander stok werk.

    • Gebruik hokkiestok/krieketkolf

    7. Kunsaktiwiteit

    • Maak jou eie pizza vandag.

    • Mamma kan deeg by winkel koop of maak jou eie deeg.

    • Volg die resep: 350g koekmeel 2 ¾ teelepel bakpoeier 1 teelepel sout 1 paplepel olie 170 mℓ water Metode: Verhit die oond tot 200 °C Meng al die bestanddele totdat dit ’n sagte bal vorm. Knie die deeg totdat dit nie meer aan jou hande vasklou. 3 – 4 min. Verdeel in 2 dele Rol elke deel uit. Pak op die pizza waarvan jy hou. Bak vir 15 min tot deeg gaar is.

    8. Telaktiwiteite

    • Tel ritmies op ‘n getalkaart.

    • Tel aan & terug in 2’s – 50.

    • Tel aan & terug in 10’e – 100.

    • Tel aan & terug in 5’e vanaf 5-50.

  • Graad 1 Week 5 12 ©Skoleondersteuningsentrum

    9. Oefen drilsirkel en getalkombinasies van 7 soos Dinsdag.

    10. Verdubbel die besie se kolle. Teken die kolle en skryf elke keer die getalsin by.

  • Graad 1 Week 5 13 ©Skoleondersteuningsentrum

    Donderdag 30 April

    1. Oefen klanke

    Mamma wys die klank en jy moet ’n woord hardop sê wat die klank bevat.

    2. Luister na die sinne. Probeer om saam met Mamma of Pappa te lees. Omkring al die f-klanke in die leesstuk.

    Fonnie fiets is wit.

    Sy wiele is dik en swart.

    Fonnie moet ’n sif vir Mamma gaan koop.

    Pappa koop gif vir die vlieë. Hy vergeet sy foon by die huis.

    h p a i k l j i k f p n i f k i n s f b p i f e f k f k h f t n f m p b f i k h

  • Graad 1 Week 5 14 ©Skoleondersteuningsentrum

    Mamma neem ’n foto van ’n fles. Sy stuur dit vir Pappa.

    Fonnie en Pappa koop toe ’n fakkel en nie ’n fles.

    Nou is Mamma vies, want die koffie word koud.

    3. Skryf 3 f-woorde uit die leesstuk in die blok. Kies woorde wat nie Woensdag gevra is nie. Teken die prent langsaan.

  • Graad 1 Week 5 15 ©Skoleondersteuningsentrum

    4. Fynmotories

    Voltooi die skrifkaart

    5. Grootmotories

    • Staan agter ’n baken en spring een groot sprong. Kyk hoe vêr kan jy elke keer spring.

    • As jy klimraam of boom het, moet jy hang aan ’n dwarsbalk/tak. Kyk hoe lank kan jy hang en probeer om elke dag langer te hang.

    6. Kunsaktiwiteit

    • Maak ’n tekening van hoe jy dink die virus lyk.

    • Teken nou ook die held wat die virus gaan verslaan.

  • Graad 1 Week 5 16 ©Skoleondersteuningsentrum

    7. Telaktiwiteite

    • Gee aan jou kind ‘n spesifieke getal. 0 - 50

    • Gee ‘n reeks instruksies en kyk dat kind op die regte getal eindig.

    • Leerders tel op ’n getalkaart

    • Bv. Begin by 15 , tel 2 aan, tel 3 terug, tel nog een terug, tel 6 aan. Die antwoord is 21.

    8. Volg die instruksies.

    Kleur al die driehoeke blou in.

    Kleur al die sirkels rooi in.

    Kleur al die vierkante geel in.

  • Graad 1 Week 5 17 ©Skoleondersteuningsentrum

    9. Identifiseer en benoem die volgende vorms.

    10. Voltooi verdubbel-tabel.

  • Graad 1 Week 5 18 ©Skoleondersteuningsentrum

    Kleiresep

    500 ml koekmeel

    200 ml sout

    30 ml kremetart

    Plaas alles in ’n kastrol en voeg by:

    500 ml water

    30 ml olie

    Bietjie kleursel en geursel

    Metode

    • Roer oor hitte tot klonte begin vorm.

    • Voer rolbewegings met houtlepel uit tot alle klammigheid geabsorbeer is.

    • Dit lyk soos ’n groot gemors, maar hou net aan totdat ’n bol gevorm word.

    • Haal uit pot. Pasop dit is baie warm!

    • Knie dit soos brooddeeg totdat dit afgekoel en elasties is.

    • Laat dit heeltemal afkoel totdat dit in ’n sakkie en in ’n plastiekbak gebêre kan word.

    • Moet nie in yskas plaas nie.

    • Dit hou lank in plastiekbak, indien dit lugdig geseël word.