so klink die klanke van tradisionele boeremusiek toe aug 2012 part3.pdf · en wat sal „n kuier...
TRANSCRIPT
V.l.n.r : Louisa, oom van Fochville, Danie, Lettie en Peet van Staden, Henning, Elsie (dogter), Andre (skoonseun)
Voor: Kleindogter.
24 Junie 2012 - ons het „n afspraak met Peet van Staden
Ek en Louisa het van Stilfontein af na Van der Bijlpark gery en met Ben Raubenheimer af-gespreek om mekaar laatoggend daar by Peet-hulle te kry. Dit was „n koue bewolkte Sondag oggend maar groot was die verrassing toe die kaggel in sy musiekkamer by ons aankoms reeds hoog brand en die lekker warm gesellige atmosfeer ons be-groet. Voordat ons nog behoorlik gesit het, het Peet my eers sy ongelooflike diskoteek gewys. Hierdie vertrek, met rakke van die dak tot op die vloer is van hoek tot kant vol ou 33⅓ spoed langspeel plate, netjies gerangskik volgens titels en genres. In die vertrek langsaan is al die ou 78 spoed plate - ook op rakke van die dak tot op die vloer ingeryg. Die derde vertrek is nog vol stapels ou 78 spoed plate wat nog uitgesorteer moet word. Maar tussen die ouer tegnologie, is daar ook sy rekenaar, platespelers en CD‟s – dis hier waar hy die ou 78 spoed plate (nadat dit skoongewas is met skottelgoed seep en water) elektronies op die rekenaar sit wat al die krappe en geruis uithaal. Dis ook in hierdie kamer waar Peet hom voorberei vir sy Radio Overvaal uitsendings elke 2 de Saterdag van die maand.
8
Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 3, Uitgawe 2 van 2012
So klink die klanke van
Tradisionele Boeremusiek
Danie Scheepers
So klink die klanke van Tradisionele Boeremusiek (vervolg)
Nadat ek my onderkaak van die vloer opgetel het en die toer deur sy “heiligdom“ verby was, het
ons in die lekker warm, beroemde, gesellige Musiek kamer ons tuisgemaak.
Intussen het Peet se skoonseun al begin om vleis te braai en het ons om „n glasie wyn begin met
die onderhoud.
Wat is Tradisionele Boeremusiek
Op „n lekker ontspanne manier kon Peet gesels.
Hy sê: “tradisionele boeremusiek is eg akoesties, outyds, tradisionele kultuur musiek. Die spesi-
fieke aanslag en die spesifieke instrumente wat jy gebruik om dit te doen, maak die verskil tus-
sen Tradisionele Boeremusiek en Boeremusiek.
Tradisionele Boeremusiek is „n eiesoortige musiek met sy eiesoortige klank, sy eie aanslag sy
eie manier van speel.
Hoe lyk die samestelling van ‘n outydse boereorkes
Alle instrumente moet akoesties wees anders kry jy net gewone Boeremusiek en nie Tra-
disionele Boeremusiek nie. Hy noem musiekinstrumente soos bv. die viool, serfyntjie, kitare,
ukelele, mondfluitjie, boerekonsertina en die teekasbas as die algemeenste instrumente in die
orkes.
Die kitaar is van die belangrikste instrumente in so „n orkes want dit gee die ritme aan. Jy speel
die kitaar oophand, deur en verby, dan kry jy die spesifieke klank en sterk ritme.
Soos wat die onderhoud vorder, was dit nie „n moeilike gevolgtrekking om te maak dat Peet nie
net „n absolute voorliefde vir tradisionele boeremusiek het nie, maar ook „n ongelooflike uitge-
breide kennis daaroor opgebou het.
En wat sal „n kuier dan nou wees sonder „n heerlike stukkie braaivleis met „n string bykosse op
die spyskaart, afgesluit met lekker lemoen poeding en vla. Aan tafel is daar gesels en gelag en
met die innerlike versorg, was dit tyd vir musiek maak.
Henning het weggespring op die klavier en toe deel hy en Peet die “verhoog” - Peet met sy
tweery knoppies akkordeon en Henning met sy konsertina en kitaar.
Voor ons moes groet, het ek „n kykie gekry hoe musiek van ou 78 spoed plate op die rekenaar
gesit word en met bietjie redigering uiteindelik klink soos „n splinternuwe opname. Natuurlik is
fotos ook geneem en toe klop daar besoekers van Fochville aan sy deur - „n oom en tante wat
die Sondagmiddag gou vir Peet nog ou 78 spoed plate bring.
Wat „n wonderlike voorreg om saam met Peet en sy gesin te kuier in „n huis waar die klanke van
Tradisionele Boeremusiek nog vir baie jare gehoor sal word.
9
Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 3, Uitgawe 2 van 2012
10
Tradisionele Boeredansverenining Jaargang 3, Uitgawe 2 van 2012
O n s M o n u m e n t e :
D i e Ta a l m o n u m e n t i n d i e P a a r l
Hierdie monument staan ook bekend as die Tweede Taalmonument. Die Eerste
Taalmonument is opgerig te Burgersdorp in 1893.
As mens so hard gestry het vir iets kosbaars, verdien dit seker „n monument. Op
10 Oktober 1975 is „n monument ter ere van ons taal naby die Paarl opgerig. Dit
was juis in die Paarl wat die GRA gestig is. Die simbolike vna die monument is
kortliks soos volg:
Toe 12 Suid-Afrikaanse argitekte uitgenooi is om die beoogde
monument te ontwerp, is hulle die volgende riglyne gegee:
1. Simboliese monument wees
2. Sterk belyne en moet van ver af sigbaar wees.
3. Visuele aspek is van belang.
4. Die funksionele speel geen rol nie.
5. Materiaal en afwerking moet duursaam wees.
Op 31 Desember is Mnr Jan van Wijk se ontwerp gekies.
Die drie kleiner suile links van die tra-
paantrede verteenwordig tale en culture
van die weste waaruit Afrikaans ont-
staan het. Die suile word korter soos
hulle invloed afgeneem het.
Die podium met die drie rondings
daarop verteenwoordig tale en kulture
van Afrika hier teenwoordig tydens die
wordings– en groeiproses van Afrikaans.
Die enkel klein suil op die trapaantrede
erken die bydrae wat die oosterse tale
(Maleis) gemaak het.
Die hoofsuil is Afrikaans vandag. Dit is bo
oop wat daarop dui dat die taal steeds
groei. Direk onder en binne die hoofsuil
is „n borrelende fontein wat verdere groei
simboliseer.
In dieselfde lewegewende waterpoel
staan die Republieksuil, gerig na die
hinterland van Afrika, in „n houding
van tweespraak.
By die trapaantrede is die
geskiedkundige woorde van
J H (Onze Jan) Hofmeyer in
brons letters aangebring: “Dit is ons erns”.
Dit is woorde wat beroemd geword het in die stryd om die erken-
ning van Afrikaans.
Die groot suil is 57 meter hoog en die monument is gebou van ge-
hamerde gegote beton wat mooi saamselt met die rotse van Paarl-
berg.
Die monument het twee jaar geneem om te voltooi teen „n koste van
R713 000. Hierdie geld was afkomstig van donasies van skole,
maatskappye, die destydse SWA, provinsies en ander donateurs.
Die inwyding is bygewoon deur sowat 40 000 mense.
In sy Edele B J Vorster se rede het hy gesê dat jou taal inhoud ana
jou lewe gee. Dit gee stukrag en trots in die uur van jou oorwin-
ning.
Vandag word daar steeds begeleide toere aangebied en daar is selfs
„n koffiewinkel - ”Die Volksmond” waar jy iets na die toer kan ge-
niet.
Skakel vandag nog en maak „n afspraak vir jou gratis toer van hier-
die baken van Afrikaans - ONS taal.
Tel: 021 863 4809
Epos: [email protected]