katalogus – 2013 laserskywe · pdf filenadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul...

8
- 16 - KATALOGUS – 2013 Laserskywe beskikbaar Versamelgoed no. 1 (dubbel laserskyf, verskeie musikante) R120-00 Versamelgoed no. 2 (Willie Badenhorst) R80-00 Versamelgoed no. 3 (Namakwalanders) R80-00 Versamelgoed no. 4 (Die Sandvelders) R80-00 Oom Hannes Viljoen (Vol. 4) R80-00 Die Kruinstad en oom Ben Lindeque R80-00 Outydse Potjiekos (Vol. 5) R80-00 Potjiekos (Vol. 6) nuwe vrystelling R80-00 Note vir Attie (Lourens van Zyl) nuwe vrystelling R80-00 Hans la Grange (Vol. 2) nuwe vrystelling R80-00 Daar is ook nog verskeie laserskywe, plate en kasette beskikbaar. NB: Daar word tans gewerk aan nuwe laserskyf projekte vir volgende jaar. Ondersteun ons met die koop van die laserskywe, dit bepaal wat ons volgende projekte sal wees. Boeke en artikels te koop Derde gedenkalbum van Oom Piet Bester R100-00 Ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek R100-00 Baadjie sakwapen R55-00 Hemp sakwapen R35-00 Lapelwapen R35-00 Dasse R85-00 TBK 30 jaar wyn en glase Pryse op aanvraag Posgeld per posstuk beloop minstens R30-00. Kontak vir Sias Erasmus in verband met aankope. Ons eindig die ou jaar met nuwe voornemens, maar begin die nuwe jaar met ou denkwyses. - Anoniem - STEPHAAN VAN ZYL EN DANIE GREY VOOR DIE STRAUSS MONUMENT TYDENS DIE SWITSERLAND TOER NO 1/2013 Die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika Posbus 48865, HERCULES, 0030

Upload: trandieu

Post on 31-Jan-2018

296 views

Category:

Documents


34 download

TRANSCRIPT

Page 1: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 16 -

KATALOGUS – 2013 Laserskywe beskikbaar Versamelgoed no. 1 (dubbel laserskyf, verskeie musikante) R120-00 Versamelgoed no. 2 (Willie Badenhorst) R80-00 Versamelgoed no. 3 (Namakwalanders) R80-00 Versamelgoed no. 4 (Die Sandvelders) R80-00 Oom Hannes Viljoen (Vol. 4) R80-00 Die Kruinstad en oom Ben Lindeque R80-00 Outydse Potjiekos (Vol. 5) R80-00 Potjiekos (Vol. 6) nuwe vrystelling R80-00 Note vir Attie (Lourens van Zyl) nuwe vrystelling R80-00 Hans la Grange (Vol. 2) nuwe vrystelling R80-00 Daar is ook nog verskeie laserskywe, plate en kasette beskikbaar. NB: Daar word tans gewerk aan nuwe laserskyf projekte vir volgende jaar. Ondersteun ons met die koop van die laserskywe, dit bepaal wat ons volgende projekte sal wees. Boeke en artikels te koop Derde gedenkalbum van Oom Piet Bester R100-00 Ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek R100-00 Baadjie sakwapen R55-00 Hemp sakwapen R35-00 Lapelwapen R35-00 Dasse R85-00 TBK 30 jaar wyn en glase Pryse op aanvraag Posgeld per posstuk beloop minstens R30-00. Kontak vir Sias Erasmus in verband met aankope.

Ons eindig die ou jaar met nuwe voornemens, maar begin die nuwe jaar met ou denkwyses. - Anoniem -

STEPHAAN VAN ZYL EN DANIE GREY VOOR DIE STRAUSS MONUMENT TYDENS DIE SWITSERLAND TOER

NO 1/2013

Die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika Posbus 48865, HERCULES, 0030

Page 2: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 2 -

Ek hoop almal geniet die nuusbrief. Lede moet asseblief bydraes lewer vir die nuusbrief. Stuur wenke en inligting aan: [email protected] in “Word”-formaat asseblief. Faks: 086 548 6704 Dankie aan almal wat bydraes vir hierdie nuusbrief gelewer het. TBK Webblad: http://www.boeremusiek.org.za TBK E-posadres: [email protected]

As u sou belangstel om musiek van die boere te kry soos deur die TBK versprei, dan is Sias Erasmus die man om te kontak … Tel 012 379 1745, 083 948 2987, Bezuidenhoutstraat 467, Claremont, 0082. E-pos [email protected] Bankbesonderhede – TBK, ABSA Ben Swartstraat, Rekeningnommer 090281062. LEDEGELD EN INLIGTING Lede word daaraan herinner om hul agterstallige ledegeld op datum te hou. Die lidmaatskapfooi beloop R75,00 per jaar en kan deur middel van die internet, direkte deposito of tydens ‘n byeenkoms betaal word.. Bewyse van betalings wat deur die internet of direkte deposito geskied, moet gestuur word aan [email protected], of Posbus 59691, Kengray, 2100. Skryf asseblief u lid- of identiteitsnommer en woon- of posadres op die bewys van betaling. Daar is ‘n goeie debietorderstelsel met verskeie opsies beskikbaar: R16,00 per maand – lidmaatskap, korrespondensie en 1 laserskyf per jaar. R22,00 per maand – lidmaatskap, korrespondensie en 2 laserskywe per jaar. R30,00 per maand – lidmaatskap, korrespondensie en 3 laserskywe per jaar. R35,00 per maand – lidmaatskap, korrespondensie en 4 laserskywe per jaar. Indien daar enige lede is wat navrae het aangaande die skrywe, kan hul vry voel om Martin Dorfling te kontak by 082 542 1908 of per e-pos [email protected].

Die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika is nou op Facebook! Klik op die ‘hou van’ knoppie en word deel van die Boeremusiek gemeenskap! Die

bladsy se naam is “Tradisionele Boeremusiek Klub”.

Nederigheid en vertroue is die ideale voedingsbron vir geluk. - Wolfgang Lörzer -

- 15 -

Die lewe hou nie in hoe gelukkig jý is nie, maar hoe gelukkig ánder is vanweë jou. - Anoniem -

I N M E M O R I A M Ons Groet ‘n Ware Staatmaker Dit was vir ons baie hartseer toe ons verneem het dat oom Anton Fourie oorlede is op 14 Desember 2012 in die ouderdom van 75 jaar en 4 maande. Oom Anton was ‘n bedrewe musikant, leier en konsertinaspeler van die Fourie Broers Orkes tot en met sy afsterwe. Hy het gedurende die jaar 2000 by die TBK aangesluit en het gou baie gewild en bemind onder ons lede geraak as gevolg van sy innemende geaardheid. Hy was een van die TBK se grootse ondersteuners en het saam met sy orkes geen moeite ontsien om gereeld op ons verhoë op te tree as ons hul nodig gehad het nie. Selfs toe oom Anton se gesondheid nie meer so goed was nie, het hy geensins geskroom om sy kant te bring nie. Die TBK sal altyd groot waardering hê vir dit wat oom Anton vir ons beteken het. Hy was ook ‘n gerespekteerde diener en leier in sy kerk en gemeenskap waar hy bydraes gelewer het. Almal in die TBK sal oom Anton baie mis. Ons het beslis een van ons hoë bome verloor. Ons harte gaan uit vir sy eggenote tannie Annatjie en die familie wat hy agterlaat. Die voorbeeld en musieknalatingskap wat oom Anton vir ons daargestel het, sal nog baie lank onder ons in die TBK waardeer word. Totsiens oom Anton. Leon Pretorius

Page 3: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 14 -

Sias Erasmus oorhandig die laserskywe aan Dan Worrall.

vir die fotosessie waar Sias Erasmus twee laserskywe namens die TBK aan Dan Worrall oorhandig het. Na die fotosessie het die manne verder musiek gemaak en Dan het toe weer twee nommertjies gespeel.

Die pratige aand het baie gesellig verloop. Die TBK wil elkeen bedank wat teenwoordig was en wat op een of ander wyse behulpsaam was om die aand suksesvol te maak. Dan en Mary is die volgende aand terug na Texas waar hulle woon. Hy het ook laat weet dat hulle veilig tuis is en almal in Suid-Afrika bedank vir hulle gasvryheid.

SMOUS-HOEKIE Enige persone wat musiekintrumente en/of verwante produkte soek of aanbied, kan ‘n

versoek stuur aan [email protected].

Edna Stonehouse het ‘n Washburn banjo en ‘n 120 Bas Hohner Trekklavier te koop. Kontak Flip Snyman (011) 955-3615.

Sewes Terblanche het twee drie-ry Wheatstone konsertinas te koop, kassies ingesluit.

R5 500 elk. Kontaknommer 072 194 0909.

Flip Snyman het ‘n banjo en ‘n banjolien te koop. Kontaknommer (011) 955-3615.

Oom Danie Labuschagne bou Boerekonsertinas van uitstaande gehalte. Kontaknommer (012) 379-2904 of 072 155 2696.

Flip Snyman doen herstelwerk aan banjo’s en kitare. Kontaknommer (011) 955-3615.

Stephaan van Zyl stem konsertinas en beskik oor ‘n handleiding oor hoe om ‘n

konsertina te bespeel. Kontaknommer (012) 991-1732 of 082 777 0124.

Bekommernis druk ‘n mens neer; ‘n vriendelike woord vrolik hom op. - Spreuke 12:25 -

- 3 -

Hier volg die datums van byeenkomste, asook die jaarvergaderings, in donker gedruk, asook

kontakpersone en hul telefoonnommers vir 2013

TBK Byeenkomste vir 2013

Wesrand Pretoria Oosrand Vaal- Driehoek Goudveld Bloem-

fontein Weskaap

2 Feb 23 Feb 9 Mrt 9 Feb 9 Mrt

Belville

6 Apr 18 Mei 25 Mei 11 Mei 25 Mei 8 Jun Paarl

1 Junie 24 Aug 28 Sep 3 Aug 31 Aug 24 Aug Belville

7 Sep 5 Okt 2 Nov 9 Nov 30 Nov 23 Nov Paarl

30 Nov 23 Nov

Flip Snyman

Hennie Bezuiden-

hout

Martin Dorfling

Willie Badenhorst

André Burger T

AK

DO

RM

AN

T.

Kon

tak

Jim

my

McD

onal

d in

dien

u g

raag

hul

p w

il ve

rleen

.

Daantjie

Kotze

011 955 3615 012 377 1072 011 615 2082 016 932 1897 057 398 1022 051 522 4062 084 619 4616

082 624 5308 082 414 4014 082 542 1908 076 389 7079 084 598 1022 084 814 0895 082 923 5875

Luister gerus na “Uit ons Boeremusiek Skatkis” Tradisionele Boeremusiekprogram op Radio Pretoria (104.2 fm of aanlyn op

www.radiopretoria.co.za) aangebied deur oom Danie Labuschagne en Ds. Lourens Aucamp Saterdagaande om 21:00. Die

heruitsending is Saterdagoggende om 05:30.

Die hart kan die beste en mooiste waarneem wat die oog nie kan sien en die oor nie kan hoor nie.

- Die Weg -

Page 4: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 4 -

SKRYWE ONTVANG VANAF TAKKE BLOEMFONTEIN-TAK Jimmy McDonald en sy bestuur het laat weet dat die tak rustend gaan wees as gevolg van swak ondersteuning. Indien daar persone in die Bloemfontein-omgewing is wat bereid is om te help sodat die tak weer ten volle kan funksioneer (op sy voete kom), moet hulle asseblief vir Jimmy McDonald kontak vir verdere inligting by (051) 522-4062 of 084 814 0895. Dit is ook met hartseer dat ons verneem het dat Hendrik de Beer, wat baie jare saam met Jasper Vlok op Radio Rosestad die Boeremusiekprogramme aangebied het, albei sy bene onder die knieë verloor het weens gangreen. Ons sê vir hom baie dankie vir die bydrae wat hy en sy vrou tot Tradisionele Boeremusiek gelewer het en wens hulle alle sterkte toe met die aanpassings en nuwe uitdagings. Flip Snyman (namens Jimmy McDonald) OOSRAND-TAK Groete vanuit die Oosrand… Ek en my bestuur wil almal ‘n voorspoedige 2013 toewens. 2013 beloof om ‘n jaar van groot gebeurtenisse te wees. 2012 was ‘n geseënde jaar vir die Oosrand-tak van die TBK. Die tak toon ‘n positiewe groei met suksesvolle bywonings. Ek wil groot dank betuig aan ons ondersteuners. Ek wil graag my bestuur bedank, oom Gert en tannie Dina Herbst, oom Pat en tannie Tina Meyer en tannie Ous. Dit is deur julle hard werk en toewyding dat ons tak so goed groei en floreer. Ek wil graag ons datums vir 2013 bekendmaak: 9 Maart 2013, 25 Mei 2013, 28 September 2013 en 2 November 2013.

Ek wil u graag vra om al ons takke te ondersteun. Sonder u ondersteuning kan ons nie in ons doelwitte slaag nie. Godsryke seën Martin F. Dorfing

Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

- (Kol 3:13) -

- 13 -

Dan Worrall en sy vrou, Mary.

Bydrae deur Flip Snyman DAN EN MARY WORRALL Dan Worrall is die skrywer van twee boeke oor die ontstaan, gebruik en ontwikkeling van die “Anglo Consertina.” ‘n Paar van sy boeke was vroeër beskikbaar en is in Suid-Afrika versprei. Dan Worrall het die boeke toe op laserskyf opgeneem en aan die TBK geskenk vir verspreiding. Die boeke is nou op laserskyf beskikbaar by die TBK en kan lekker gelees word vanaf die laserskyf. Tydens Desember 2012 het Dan Worrall, sy vrou Mary en hul dogter Suid-Afrika kom besoek. Dan wou baie graag met sekere lede van die TBK ook kennis maak. Martin Dorfling en Dan het toe op die datum van 12 Januarie 2013 besluit, die dag voor hulle huiswaarts sou keer. Dan en Mary het in Pretoria tuisgegaan. Nou moes ons ‘n plek soek om byeen te kom. Hennie Bezuidenhout het met Chrissie en Elna Viviers van die Zambezi Lodge gesels. Die twee pragtige mense het ingestem en hulle plek vir ons beskikbaar gestel. Die ontmoeting was gereël en om 16:00 het almal bymekaargekom. Die pragtige konferensiesaal van Chrissie en Elna is net die vorige dag voltooi en ons het dit toe sommer ingewy. Baie dankie vir julle gasvryheid Chrissie en Elna. Die TBK waardeer dit opreg. Kalie de Jager het die verwelkoming gedoen en ons wil graag vir Kalie bedank dat hy Dan en Mary gehuisves en vervoer het. Wia Kotze was die fotograaf. Oom Wilhelm Schultz en tannie Annatjie was ook teenwoordig. Chris Kapp het aangebied om almal se vleis te braai terwyl van die ander met Dan en Mary gekuier het. Baie dankie Chris, jy is ‘n ware ou staatmaker. Dan het weggetrek met Eileen Alannah op sy konsertina en Gert Jooste en Marinda Venter op kitare aan die eenkant, Stephaan van Zyl op die boerekonsertna, Kallie Swanepoel op die bas, Nico Blom en Martin Dorfling op die ander kitare en Chris Farrell op die banjo. Die nommertjie het sommer goed afgeloop. Daarna het elk van die ander musikante teenwoordig om die beurt musiek gemaak. Nadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames. Nadat ons lekker geëet het, was dit tyd

Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves.

- Hebreërs 13:2 -

Page 5: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 12 -

Indien dit moontlik is, laat weet my hoe ons ‘n TBK-tak hier kan stig of laat weet my wie almal TBK-lede is. Enige iets om ons Klub te promoveer. Groetnis Jan Moller (Lid Nr. 1841) Bydrae deur Hendrik de Beer LIEFDE IS … TBK Februarie maand is die maand van liefde. Ja dit is waar twee persone vir mekaar vertel hoe hul oor mekaar voel. Nou waar kom ek vandaan om te sê: Liefde is TBK. Liewe vriende dit gaan oor die liefde wat ons by enige TBK funksie ondervind. As jy voor die saal stop en die karwag groet jou baie vriendelik en sê, ja, jy mag na my kar kyk want ek gaan my nie bekommer oor my kar nie. Kom in die voorportaal aan en daar word jy met liefde verwelkom en jy betaal jou fooitjie om in te gaan. Die deur van die saal is oop, die tafels pragtig gedek en mens sien die tafels voorberei met baie liefde om jou te laat welkom voel. Kry jou sit en jou lekkernye word uitgepak. Ja, daar begin die eerste orkes te speel, die warm klanke van ‘n konsertina, kitare, banjo en baskitare vertel die verhaal van groot liefde wat die musiek in ons opbou. Ja, die liefde vir egte Tradisionele Boeremusiek. Ja, dit laat die hart warm klop. Die groot liefde tussen musikante wat die een die ander laat saamspeel om mekaar aan te vul en die orkes volledig te laat klink. Met groot respek wag die ‘volgende’ orkes sy beurt af om die volgende sessie te speel. Die glimlag en die klop op die skouer weerspieël die liefde tussen verskeie orkeste. Dit laat ‘n musikant se hart warm klop. Maar die liefde vir TBK stop nie daar nie. Aan jou tafel het intussen ‘n vreemde paartjie kom sit. Ja, dit is jou plig om hom te groet en welkom te laat voel, ja dat hy die volgende keer weer by jou wil kom sit. Maar die TBK is ook nie net daar vir liefde tussen mense op die dansvloer en ook aan die tafel nie. Maar bo alles by die hele geleentheid vir die funksie ook ‘n Christelike basis. Elke persoon ervaar die groot liefde vir musiek en ook vir mense met dieselfde belangstelling. Die gevoel van God se liefde om talente aan mense te gee om ander mense te kan vermaak met ‘n besondere musiek. Ja, Tradisionele Boeremusiek wat almal van ons na aan die hart lê. Baie dankie dat ek my gevoel kan uitdruk: LIEFDE IS TBK.

Ware agting kan `n mens net verdien; dit kan nie gekoop, nie afgedwing word nie. - Georg Christoph Lichtenberg, (1742 - 1799) -

- 5 -

PRETORIA-TAK Dagsê hier uit ons kontrei. Die tyd het ons alweer ingehaal. Eerstens ons dank aan onse Hemelse Vader wat ons genadig was in die afgelope jaar, wat geneem het, maar ook seëninge in oorvloed uitgedeel het. Veels geluk aan een van ons oudste lede van die TBK - oom Wilhelm Schultz- wat op 18 November 2012 sy 90ste verjaardag gevier het. Oom Wilhelm het vir ons ‘n groot nalatenskap agtergelaat met die skryf van die boek “Die ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek” wat vir enige Boeremusiekliefhebber van baie groot waarde sal wees. Mag Oom nog vele gesonde jare ervaar. Dit het egter nie te goed gegaan met van ons ander lede nie. Dit is met leed dat ons verneem het van die heengaan van Ina Muller se broer wat oorlede is aan kanker, asook Nico Blom wat sy moeder aan die dood moes afstaan op 18 Januarie. Dokter Bernard Schoeman is in die hospitaal nadat ‘n gewas van sy brein verwyder is. Jan Odendaal het hierdie jaar behoorlik deurgeloop. Eerstens ‘n operasie, toe velkanker op die voorkop wat verwyder is, en nog niet einde nie, toe ‘n pasaangeër en stent. Dit gaan al beter daar. Carel Muller is nie so gesond nie en het erge rugprobleme wat baie pynlik is en sal in die nuwe jaar vir ‘n operasie gaan. Sias Erasmus het, soos julle weet, groot probleme met die knieë. Onlangs sou hulle die een knie opereer. Hy het toe al die toetse met vlieënde vaandels gedop. Toe daar vasgestel is dat hy hartprobleme het, kry hy ‘n stent en boonop is daar vasgestel die diabetiese suikertelling is baie hoog. Hy was in die Montana hospitaal opgeneem en dit gaan beter met hom maar sal homself noukeurig moet monitor. Sterkte aan almal wat iemand aan die dood afgestaan het en mense wat nie te gesond is nie, of in hospitale is. Baie dankie ook vir my komitee wat onverwyld hul met toewyding en passie altyd hul beste gegee het. Baie dankie aan ons lojale musikante, lede en nie-lede wat ons vermaak het by elke geleentheid wat ons aangebied het. Sonder julle is ons gedoem. Baie dankie ook aan instansies en lede wat ons goedgesind is en ons in hierdie jaar gehelp het om musikante te huisves en op die hande te dra. Ons funksies is in groot getalle bygewoon, wat ‘n riem onder die hart is. Ons wil egter die publiek wat ons funksies bywoon aanspoor om nog nuwe lede te werf om by ons klub aan te sluit. Daar is ‘n verrassing vir diegene wat nuwe lede werf. Laat ons strewe nog steeds wees om jong musikante en lede te werf vir die voortbestaan van ons geliefde boeretradisies. Kom ons pak almal hierdie 2013 met nuwe ywer en ervaring aan vir nog ‘n suksesvolle jaar. Boeremusiekgroete hier uit die Jakarandastad Hennie Bezuidenhout

Die edelste in die lewe is om getrou aan jouself te wees. - Elzéar-Alexandre Taschereau, (1820 - 1898) -

Page 6: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 6 -

VAALDRIEHOEK-TAK Nuus uit die Vaal Graag wil ek van my kant en van die komitee van die Vaaldriehoek se kant af elke leser van die blaadjie ‘n baie geseënde 2013-jaar toewens. Mag God elke persoon ryklik seën met goeie gesondheid en geluk. Ons het verlede jaar nie ‘n baie goeie jaar beleef met ons funksies nie. Die eerste drie funksies was ons onderdeur. Met die derde funksie is daar ‘n kollekte gehou en dit het ons deurgetrek. Baie dankie aan almal wat gehelp het met ‘n bydrae. Die laaste funksie was regtig baie suksesvol en ons het afgesluit met ‘n wins. Ek wil persoonlik ons publiek bedank wat ons funksies ondersteun en wil u aanmoedig om by die Klub aan te sluit. Liewe vriende, ja, sonder die publiek kan ons nie funksies aanbied nie. Liewe Vaaldriehoek-musikante: Julle is regte staatmakers en ek wil dit sê: Jul is almal baie goeie musikante wat baie goeie musiek kan speel. Dankie dat julle so lojaal is teenoor die Klub. Laastens, die Vaaldriehoek-komitee wat so fluks elke funksie werk om die aand suksesvol aan te bied. Dankie aan ons hoofbestuur vir al die leiding en hulp wat ons ontvang. Mag ons tak u nooit teleurstel nie. Groete uit die Vaal Willie WESRAND-TAK Met die nuwe jaar wat ons in die gesig staar hoop ek dat almal ‘n goeie Feestyd gehad het en uitgerus is vir die nuwe jaar wat vir ons voorlê en dat 2013 vir die TBK en al sy ondersteuners net voorspoed sal inhou. Mag ons ander takke ook baie suksesvol wees in 2013. Op 1 Desember het die Wesrand-tak van die TBK ons laaste byeenkoms gehou. Dit was ‘n baie lekker byeenkoms. Dit het die aand baie gereën maar dit het nie die liefhebbers van Tradisionele Boeremusiek laat afskrik nie! Die orkeste wat opgetree het was Ernst Killian, Martin Dorfling, Dawid en Tinus Barnard, Frik Smit en sy orkes van die Vaaldriehoek en saam met hom ook natuurlik

Ware liefde begin eers daar waar jy werklik niks terug verwag nie. - Antoine de Saint-Exupery (1900 – 1944) -

- 11 -

Bydrae deur Jan Moller Burgerstraat 59 Lichtenburg 2740 Beste Hendrik Ek stem volmondig met jou saam dat ons moet waak dat ons nie weer so ‘n fase van ontkenning van die Boeremusiek ingaan nie (Nuusbrief 1, 2012), maar hier in die Wes-Transvaal spook ons ook maar, alhoewel ons nie ‘n TBK-tak hier in Lichtenburg het nie. Dankie aan Radio Pretoria vir sy bydraes. Ons hier in Lichtenburg het ook ‘n radiostasie, naamlik Lichvaal Stereo en ons saai uit op 92.6 FM. Die uwe is ‘n omroeper hier en het die afgelope ses jaar al baie gedoen om Tradisionele Boeremusiek te bevorder. My program staan bekend as: “So speel die Boere” op Woensdagaande tussen 19:00 en 20:00.

Maak seker dat jy 'n goeie naam het, want dit is al wat ná jou dood agterbly; dit hou langer as duisend vragte goud.

- Wysheid van Ben Sirag -

V.l.n.r.: Oom Ben Bester, Stephaan van Zyl en Oom Chris Buys.

Tannie Carolina voor die klavier in Stephaan van Zyl se moeder se huis waar sy die laaste opname in haar lewe saam met ons gemaak het.

Page 7: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 10 -

Op die verhoog in Stuttgard na ‘n veeleisende week. Ons het elke dag twee optredes gehad en elke aand in die hotel se parkeerruimte geoefen.

Oom Bobby Pennels, banjospeler van Die Vyf Dagbrekers van Silver de Lange, het een jaar saam met ons op die Johannesburgse skou opgetree.

Dance Theatre en Hugo Lamprecht se Blaasorkes. Ons was in totaal 250 kunstenaars – amper ‘n hele hotel vol!

Ons vertrek Sondag, 18 Julie na Rȕdesheim waar ons bietjie kon ontspan met ‘n vaart op die Ryn. Vrydag, 23 Julie vertrek ons groepe musikante na Frankfort vanwaar ons die vliegtuig haal terug na Suid-Afrika. Fred en van die dansers sou nog ‘n toer na Holland onderneem voordat hulle sou terugkeer. Vir my persoonlik was die grootste voorreg van almal om ‘n paar boeremusiek-pioniers te kon ontmoet en selfs saam met van hulle te kon musiek maak. Hier dink ek aan oom Gerrie Snyman, kitaarspeler van Sampie Viljoen, tannie Carolina Leeson, klavierspeler van die Vyf

Vastrappers onder leiding van Hans Bodenstein. Oom Chris Buys van Buys se Kêrels en sy vrou het een van die funksies in die Polisie-rondawel bygewoon. Dan was daar natuurlike die groot kanonne soos dr. Hans la Grange en sy neef Hannes Viljoen wie ek ook goed geken het.

Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. - Spreuke 11:3 NAV-

V.l.n.r.: Oom Danie Labuschagne, Bobby Pennels, Stephaan van Zyl, Danie Grey en Dick Brits. Voor sit Marinda Radley.

- 7 -

Willie en Willem Badenhorst. Dan het Danie Grey en Stephaan saam opgetree en net Roelf Faber en Gert Jooste het gekort, anders was die gewese Oudag Boereorkes volledig. Dit het té lekker gegaan en daar was tot laatnag gekuier. Op Saterdag 8 Desember het die Wesrand-tak sy afskeidsbraai agter die Witpoortjie Ontspanningsentrum gehou en daar was vleis gebraai, musiek gemaak en toe word daar gedans. Ongelukkig op 14 Desember moes ons die ontstellende nuus verneem dat oom Anton Fourie, wat ‘n geruime tyd nie meer so gesond was nie, oorlede is. Die Fourie Broers was ‘n gewilde en beminde orkes in die TBK en oral waar hulle gespeel het. Ons sal oom Anton baie mis maar ek hoop dat sy broers en swaer Piet, wat ook met sy gesondheid sukkel, nog sal voortgaan met die musieke. Die eerste byeenkoms vir 2013 is reeds agter die rug en was ‘n baie groot sukses. Ons volgende byeenkoms sal 6 April plaasvind wanneer die Wesrand-tak ook sy twintigste verjaardag sal vier. So onthou asseblief die datum want dit gaan iets groots wees! Baie groete Flip Snyman WESKAAP-TAK Dit is bykans ondenkbaar, maar die Weskaap-tak is reeds een jaar oud! Die afgelope jaar kon as baie suksesvol beskryf word. Baie lede is ingeskryf en uithalermusiek is tydens die funksies gemaak. Van die orkeste wat opgetree het, was Stephaan van Zyl, Theo Slabbert, Die Namakwalanders, Kaapland Boereorkes, Die Stoepsitters en Polkadraai Boereorkes. Die Weskaap-tak se Algemene Jaarvergadering vind plaas te Laerskool Bellville-Noord skoolsaal op 9 Maart 2013. Die nuwe bestuurskomitee sal na afloop van die funksie deurgegee word. Die ATKV hou op Saterdag 18 Mei 'n byeenkoms te Wellington. Hulle het die Weskaap-tak genader om Tradisionele Boeremusiek te verskaf tydens die funksie. Daar sal ook mediadekking tydens die byeenkoms wees, dus sal die TBK ook mediablootstelling geniet tydens die byeenkoms. GOUDVELD-TAK Hier is nie baie nuus uit die Goudveld nie, maar vra dat TBK-lede ons funksies die jaar sal ondersteun. Ons meegevoel gaan uit aan lede wie terugslae onlangs beleef het. Hennie Fryer se ouers is albei onlangs oorlede. Oom Piet van Heerden, konsertinaspeler van die oorspronklike Goudveld Boereorkes, het ‘n ernstige beroerte

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.

- (Galasiërs 6:9) -

Page 8: KATALOGUS – 2013 Laserskywe · PDF fileNadat die braaivleis gereed was, het ons gesmul aan die slaaie en ander bykosse wat gemaak was deur Elna, Aletta, tannie Ous en nog ander dames

- 8 -

gehad, maar sterk tans aan. Kees du Plessis het ook ‘n terugslag gehad maar is besig om goed te herstel. Sien daarna uit om u almal by ons byeenkomste te sien!

SKRYWE ONTVANG VAN LEDE

Bydrae deur Martin Dorfling Uit die TBK-argiewe.... Ons beplan om in die volgende paar nuusbriewe vir u nuusstukkies te bring wat in die verre verlede gebeur het ... Die onderstaande berig kom van ons sekretaris Stephaan van Zyl. Die Oudag onthou… Twintig jaar gelede het die Oudag Boereorkes een van sy hoogtepunte in hul bestaan beleef en dit is dalk nou ‘n goeie geleentheid om dit, en miskien ‘n paar ander, weer in herinnering op te roep. In Februarie 1993 is ons op uitnodiging met ‘n borgskap van die destydse Departement van Onderwys na Lauferburg in Switserland om deel te neem aan ‘n regstreekse televisie-uitsending. Die program het geheet “Gala fȕr Studt un Land” en het gehandel oor hoofsaaklik tradisionele volksmusiek dwarsoor die wêreld. Hier staan ons voor ons hotel. V.l.n.r.: Roelf Faber (basviool), Gert Jooste (kitaar), Danie Grey (konsertina en traporrel), Stephaan van Zyl (konsertina), Piet Bester (banjo), Danie Labuschagne (tjello) en Boetie van Zyl (kitaar). In Julie, dieselfde jaar, is ons weer oorsee en hierdie keer om Fred en Alida van Zyl en sy groep Tradisionele Dansers te begelei tydens die blommeskou in Stuttgard, waar ons land ook ‘n uitstalling sou hê. ‘n Groter orkes was nodig en gevolglik is

Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om insig te verwerf as silwer. - Spreuke 6:6 -

- 9 -

Op die plein onder die “Goue Dah” – die balkon vanwaar Maxmilian I sy onderdane gade geslaan het. V.l.n.r.:Buks Mostert, David Cockrell, Piet Snyman, Roelf Faber, Stephaan van Zyl, Danie Grey, Oom Piet Bester, Hannes Schoeman enWillie Nelson.

Willie Nelson, David Cockrell en Buks Mostert van die Vyf Namakwalanders, asook Piet Snyman en Hannes Schoeman saamgenooi. Fred het dit goedgedink om sommer ‘n uitgebreide toer daarvan te maak en verskeie optredes is gereël in verskeie dorpe en stede in Hongarye, Oostenryk en Duitsland. Ons eerste bestemming was Budapest in Hongarye. Daar tree ons onder andere op by ‘n ope-lug restaurant aan die oewer van die Danau. ‘n Groep Sigeuners wat die verhoog met ons gedeel het, het goedgunstiglik hul basviool vir ons geleen aangesien ons nie een op die vliegtuig kon saamneem nie. Van Budapest vertrek ons na Wene waar ons op 4 Julie arriveer. Daar tree ons op in die Strauss-Park waar die wals-koning dikwels gedebuteer het met sy nuutste komposisies.

Dinsdag, 6 Julie kry ons koers Salzburg toe waar ons geleentheid kry om bietjie te oefen vir die volgende dag se optrede in Innsbrack. Donderdag, 8 Julie is ons na Mȕnchen en vandaar doen ons

die sogenaamde “romantiese roete” deur Wȕrzenburg,

Fȕssen, Nȍrdlingen,

Dinkelsbȕhl en Rothenburg oppad na Heidel-berg. Op Sondag, 10 Julie land ons in Stuttgard. Oppad het ons deur die Swartwoud gery en eers stilgehou vir ‘n stukkie Swartwoud-koek by die plek van die lekkerny se oorsprong. Elke land wat aan die blommeskou deelneem kry ‘n sogenaamde “kultuurweek” waartydens die betrokke land se kunstenaars kan uithaal en wys. Ons week het geduur van 12 tot 18 Julie en daar ontmoet ons ander groepe soos die Tygerberg Kinderkoor, Streetbeat Dance Company, Umbongo Jazz band, Revue met Sandra Prinsloo, Vaal Reef Choristers, Sonja Mayo Dance Company, Sunshine Entertainers, The Bangi

Eerlikheid en opregtheid lê nie in wat jy doen nie. Dis wie jy is. - Die Weg -