pvr familienuus 2013 uitgawe 2

36

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 19-Feb-2016

266 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Familienuus 2013 (Uitgawe 2) van Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk

TRANSCRIPT

Page 1: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2
Page 2: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

2

Vroeër hierdie jaar besluit ek impulsief om met pottery

klasse te begin. Eintlik dag-droom ek al jare daarvan. Maar ek het een oggend in Februarie opgestaan en net besluit ek gaan dit nou doen. Later daardie selfde dag het ek met ‘n vrou wat klas gee gepraat en die vol-gende oggend sit ek in die klas. Die “juffrou” (ons noem haar so) sê toe vir my ek gaan ‘n teepot maak en ek skrik myself boeglam. Vra

toe so ewe of ek nie met iets makliker kan begin nie. Sy sê nee, almal begin met ’n tee-pot. En daar begin ek met twee bolletjies klei in my han-de wat ‘n teepot gaan word. Ek kan die gevoel net nie beskryf nie. Dis rou vorm-lose bolle klei en ek is in be-heer daarvan. En soos ek daarmee aangaan neem dit vorm aan. Ek word al trotser en trotser, want dis my han-dewerk dié! En uiteindelik wanneer die teepot klaar is, [email protected]

sien ek ietsie van myself daarin. En skielik besef ek wat dit be-teken dat God ons na Sy beeld skep. In my, Sy hande-werk, is daar ietsie van Hom. Skielik besef ek hoe heerlik dit vir Hom moet wees om my te maak, van die oom-blik toe Hy my gevorm het in my moederskoot en steeds vandag. Ja, Hy is steeds be-sig om my te vorm. Toe ek hierdie uitgawe van die Familie Nuus saamgestel het, het ek presies dit van God gesien. Hy is besig om ons te vorm. Elke liewe inset getuig van God se proses met Sy skepping. En hierdie uitgawe is gevul met hoen-dervleis stories. Lekker lees! Groete

U is ons vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van u hande Jesaja 64:8

Ek los my lewe in die Pottebakker se hande

Neem my, gebruik my, lei my, vorm my, roep my, vul my,

beheer my

Page 3: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

3

Of ek reis en of ek oorbly,Of ek reis en of ek oorbly,Of ek reis en of ek oorbly,Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my U bepaal dit, U is met al my U bepaal dit, U is met al my U bepaal dit, U is met al my

paaie goed bekend.paaie goed bekend.paaie goed bekend.paaie goed bekend. Psalm 139:3Psalm 139:3Psalm 139:3Psalm 139:3

Blikskud Wie is die bedelaar op die hoek?

Vernuwe julle denke Hoe is dit ‘n lewenskuns?

‘n Soeke na Sin in die Lewe Waar pas ek in?

Die waarde van my Brood en Wyn Vriendskappe

Elmarie Steunpilaar

Selgroepe Pas in - Groei saam

Lyfskuif een en twee terugvoer

Hoe kan ons mekaar help? Vir werkgewers en werknemers

Lente Lyfskuif en lofprysing

Ryneveld Fellowship Multilingual Church

Getuienis van Solly Manyaka

Kweek ‘n Leerbare Gees

Nuus uit die koskas

Warm harte maak warm lywe

Nuus uit die klerekas

Bybelreis - Op besoek aan die ge-wildste boek in die Bybel... Efesiërs

Seniors Oor Kiepersol en Kaperjol

Vir die Dames: Nicolette Steel dag, Dagboek: Elise Bosch en Vrouekamp

Vakansiepret My God is Incredible

Pinkster Kids The Amazing Race

Mosterdsaadjies Die 7 Wow Water Wonders

Young Adults

Kom kuier saam

Ons Graad 7’s is aan die brand! Met Survivor, Pizza en karaoke

Van Genesis tot Openbaring Kids maak ‘n brosjure vir die Hemel

Seekamp 2013 “VET PRET”

Goeie Begin Belydenisaflegging

Len Sweet in ons midde

Pinkster Ds. De la Harpe le Roux was hier

Ken jy jou Motorwag se naam? Weet jy waar hy vandaan kom?

Nog Pinkster foto’s

19191919

20202020

23232323

24242424

25252525

26262626

27272727

30303030

31313131

32323232

34343434

36363636

18181818

ReisstoriesReisstoriesReisstoriesReisstories ‘n Reis vol Ritmes‘n Reis vol Ritmes‘n Reis vol Ritmes‘n Reis vol Ritmes

28282828

4444

6666

7777

7777

8888

10101010

12121212

13131313

13131313

14141414

14141414

15151515

16161616

16161616

17171717

17171717

Page 4: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

4

Ryno Meyer ~

'n Boek wat my baie gehelp het om hierdie vrae te beantwoord is Brian Fikkert

en Steve Corbett se When

helping hurts: how to allevia-

te poverty without hurting

the poor and yourself. ● Hulle voer aan alle armoe-de is ook geestelike armoe-de. Dit gaan oor 'n armoede aan ge-meenskap, en die wortels daarvan lê in gebroke verhou-dings. ● Die skrywers on-derskei vier soorte verhoudings, met God, jou-self, ander mense en die

skepping. Gewoonlik is al vier by haweloses versteur. ● Dis daardie verhoudings wat 'n mens in staat stel om armoede te deurbreek. Maar hoe langer 'n mens daarsonder bly, hoe meer verloor jy die vermoë tot ver-houdings totdat jy later alle geleenthede tot verhou-dings wegwys.

Die skrywers onderskei drie vorme van hulp vir men-se wat in armoede vasge-vang is: ● Noodverligting gee ma-

teriële goedere om onmiddellike nood te verlig. Daarin is die aan-deel van die ge-wer 100% en die ontvanger s'n 0%. ● Rehabilitasie help iemand her-stel. Die hulpgewer

en ontvanger dra elkeen 50% by.

● By ontwikkeling neem die ontvanger van hulp self ver-antwoordelikheid. Sy aan-deel is 90% en die hulpgewer s'n net 10%. Om iemand te help met re-habilitasie of ontwikkeling, verg verhoudings. Daarom is ons geneig om slegs nood-verligting te bied wanneer dit by bedelaars kom. In my opinie maak noodverligting oor tyd geen verskil nie, want mense herstel nie in hulle verhoudings nie. Dit hou daardie mense net waar hulle is. Daarom is dit wys om in verhouding te tree met ie-mand wat vra vir hulp en vir wie jy gelei voel om te help. Daarvoor sal ons moet tyd maak om in gesprek te tree met mense. Ek het in my ge-sprekke met arm mense vrae begin vra soos: Het jy enige familie? Waar kom jy van-daan? Hoe is jou verhoudin-ge met jou familie? Wat wil jy graag doen? Watter vaar-dighede het jy? Hierdie tipe vrae help jou om in dié verhouding te bepaal wat die beste ma-nier is om te help. Die ander

Daarom is ons geneig om slegs noodverligting te bied, wanneer dit by bedelaars kom

Page 5: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

5

persoon sal waarskynlik geld wil hê vir een of ander fisiese behoefte soos kos. Moenie geld gee nie, nie vir die bedelaar met wie jy 'n ver-houding bou nie en ook nie vir an-der nie. Die kans is baie goed dat hul-le daarmee iets gaan koop wat tydelike verligting bring soos drank, dwelms of sigaret-te. Hoewel dit miskien ty-delike verligting bring, help dit hulle glad nie, en draai dit hulle eintlik nog meer vas in die situasie waarin hulle is. Baie meer mense is aan he-roïen verslaaf as wat ons be-sef. Dit word baie bedelaars se enigste manier om die lewe op straat draagliker te maak.

Moet ook nie vir hulle kos gee wat hulle weer kan verkoop nie. Hulle smous dit vir kontant om ander be-hoeftes te bevredig. Gee kos slegs as jy met die per-soon gesels het en seker ge-maak het dis 'n effektiewe manier om te help. Eet dan sommer saam met die per-soon. Dit skep 'n ruimte om in verhouding te tree en ‘n ge-sprek te voer.

Neem dit van daar af treetjie vir treetjie. Hou by gesprekke rondom verhou-

dings en die persoon se rol en posisie daarin. Moe-nie vasgeloop raak in ge-sprekke rond-om sy of haar fisiese behoef-tes en behoef-tes na geld nie. Onthou alles wat hulle

sê, is daarop gemik om ef-fektief geld te maak. Hulle sal e-nigiets sê om iets van jou te kry. As jy 'n kombers wil gee, doen dit as julle saam besluit het dat dit die ding is wat nou die nodigste is en wat die per-soon graag wil hê. Hierdie benadering is 'n wonderlike avontuur van ontdekking en groei, en ek dink ook die beter manier om 'n probleem op te los wat op ons ge-meenskappe se voorstoep is. Daar is nie kortpaaie nie, net nuwe paaie. Laat ons ver-houdings bou. Kom ons ge-sels... FN

dit word baie bedelaars se enigste manier om die lewe op straat draagliker te maak

Hierdie benadering is ‘n wonderlike avontuur van ontdekking en groei

daar is nie kortpaaie nie, net nuwe paaie

Page 6: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

6

Rom.12:2 praat daarvan dat ons ons denke moet vernu-we, dat ons God moet toe-laat om ons te leer om nuut en anders te dink. Wat het dit met lewenskuns en meer nog, met te-rapie te doen? Beide die getuigskrifte van kliënte op die bladsy regs, wys duidelik hoe hulle vasge-vang was in ‘n spesifieke manier van dink oor terapie, oor pyn, oor die lewe. Vas-gevang vs. vryheid om voluit te leef soos God dit bedoel het. Dis die “kuns”. Ons val vas in ons den-ke, ons raak verslaaf aan se-

kere maniere van dink. Dit is ‘n baie spesifieke gedagte-taal wat ons ons waarheid maak.”Ek is nie goed ge-

noeg nie”; “As my man nie die kar was nie is hy nie lief vir my nie”; “Ek moet dink soos die groep, anders

gaan ek nie vriende hê nie”, ens. Terapie is ‘n proses waar jy, of julle as egpaar, hierdie waarhede kan be-vraagteken in ‘n veilige om-gewing. Dit is ‘n ruimte waar die vraag gevra word: “Is dit waar?” Dis ‘n plek waar jy leer om jou gedagtes te sien as net dit, gedagtes, en om te aanvaar dat jou gedag-

tes nie jou lewe hoef te beheer nie. Dis die kans om voluit te kan leef vol-gens dit wat werklik vir jou waarde inhou. Vir ons as gelowiges is dit ‘n geleentheid om ons eie gedagtewêreld te toets aan wat die Bybel vir ons leer oor wat dit beteken om lief te hê en om sonder vrees te leef. Kontak ons gerus as hierdie jou nuuskierig of op-gewonde maak. FN

Elmarie van Wyk ~

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle denke vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat

vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Rom 12:2

Vasgevang vs. vryheid om voluit te leef soos God dit bedoel het.

Dis die “kuns”

Sentrum vir Lewenskuns

Elmarie en Berna 072 238 0549

Page 7: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

7

As kind het ek ‘n brein-gewas gekry. Teen die tyd van die diagnose was my lewe klaar in gevaar weens drukking. Die gevolg was dat ek al meer liggaamsfunksies verloor het tot ek te swak was om deel te hê aan die lewe. Na ‘n twee maande lange stryd in die hos-pitaal, met agt operasies, is ek ontslaan. ‘n Totaal ander le-we was my te wagte waar-van die verlies van my visie ‘n permanente letsel gelaat het. Ek moes leer om my

lewenswyse daarvolgens aan te pas. So, nie maklik, of ‘n lekker proses nie! Om vre-de te maak met die verlies van ‘n sintuig, forseer jou om jou vrese in die gesig te

staar, in my geval seer en frustrasie. Ongelukkig is die maklike opsie om dit uit te stel en met jou eie leed saam te leef. Is dit wat die Here vir ons wil hê? Leef

ons dan voluit? Met tyd het ek meer wysheid gekry en die verlore legkaartstukke in my lewe ontdek en soveel vrae het my oorval. Ek het op ‘n won-

derbaarlike wyse by Tannie Elmarie van Wyk uitgekom en my lewensverhaal het stelselmatig begin verander. Ek glo dis die wil van die He-re dat dit so gebeur het. Die beradingsessies het ‘n geweldige positiewe uit-werking gehad. Ek het begin verstaan hoe om myself te benader en juis deur moeili-ke uitdagings te groei en geluk te vind. Ons leef vir die Here, om saam te volhard op die geloofspad, om men-se vir Hom te wen, om in dankbaarheid mekaar te ondersteun. So sal ons sinvol leef en God se wil vir ons raak leef. FN

Dís woorde wat my le-we beskryf voor ek met be-rading begin het, vir ‘n twee-de keer. Ek het my-self belowe ek sal nooit weer gaan vir enige vorm van be-rading nie, weens ʼn slegte ervaring. Eers toe ek ophou veg, het ek werklik besef dat ek hulp nodig het. Ek het behoef-te gehad om myself weer te leer ken, om opnuut te besef dat ek okay is en dat ek die pad na heelheid nie alleen hoef te stap nie. Vir my was my lewe ‘n

slegte verhaal met baie pyn. Om deur so iets te werk verg baie krag en energie. Met

huiswerk het ek, op my eie tyd, my seer deur ‘n proses ver-werk. My eie ver-haal. Community of

care is iets wat ek in my beradingsproses geleer het. Dis bitter belangrik om

“Brood & Wyn” vriende te hê wat saam met my deur die proses gaan. Ek gaan op ‘n punt in my verhaal kom waar ek my berader se hand moet los en self verder

stap. Daarom het ek mense nodig wat die pad saam met my verder sal stap. Die Sentrum vir Le-wenskuns is deel van my heel word verhaal, waar ek kon leer dat seer okay is en dat ek nooit alleen hoef te wees nie. Hier voel ek veilig en weet dat alles wat ek deel, vertroulik bly. Ek het ‘n vriendin in my berader ge-vind en is nie net ʼn kliënt nie. Ek voel waar-dig, nie soos net nog ‘n nommer nie. FN

“Jy skree binne jouself, toegesluit in jou eie lyf. Jou stem is onhoorbaar vir die wêreld...”

Anoniem ~

Anoniem ~

“Waar pas ek in?”

Ons leef vir die Here, om saam te volhard op die geloofspad, om mense vir Hom te wen, om in dankbaarheid

mekaar te ondersteun

“Brood & Wyn” vriende wat

saam met my deur die proses gaan, is bitter

belangrik

Page 8: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

8

Louanda Gentle ~

Elmarie is in ons gemeente bekend as die Lewenskuns Bedieningsleier. Sy het ‘n ge-weldige passie vir mense, verhoudings en huwelike. In haar geselskap voel jy som-mer hoe haar spontane lief-de oor jou spoel. Sy staan vas op haar voete en jy sal altyd goeie advies by haar kry. Haar manier van ge-sprekvoering is altyd op die ander persoon gerig en nie op haarself nie. Frederick L Collins het gesê: “There are two types of people - those who come into a room and say, “Well, here I am!” and those who come in and say, “Ah, there you are!”” Elmarie is verseker nommer twee! Ek het die voorreg ge-had om haar ‘n paar vrae te vra. Kom ons sien wat sy sê:

Red: Wat kan mens alles met ʼn rubberhandskoen doen?

Elmarie: Trek hom oor jou kop en blaas hom op, dan is jy ‘n hoenderhaan! Of… skottelgoed was, tuin maak en wonde versorg.

Red: Watter reuk of geur laat jou terugverlang?

Elmarie: Kaneel. Dan verlang ek na my ouma se melktert-pap wat ek kleintyd op die trap, brandlippies, gesit en eet het.

Red: Hoe hou jy die kind in jou gelukkig?

Elmarie: Ek speel graag (maar te min) soggens as ek gym toe gaan, met die bal-le, ysters en… maatjies. Ek

druk graag my vingers in die grond of bak en brou in die kombuis.

Red: Waarmee is jy nooit klaar nie?

Elmarie: Groei en skoon-maak.

Red: Boerekos, of volksvreem-de kos? Watter gereg is jou gunsteling?

Elmarie: Beide. Regte kerrie soos uit Indië en beesstert met stampmielies.

Red: Watter deel van ons land is vir jou die mooiste?

Elmarie: Die Boland en Over-berg. En asb. die Kalahari.

Red: Wat is die snaaksste ding wat al met jou gebeur het?

Elmarie: Toe ons by vriende aan tafel sit en ek besig was met ‘n storie. Skielik breek die stoel onder my en ek is plat op die grond, steeds pratende.

Red: Watter tipe leesstof geniet jy?

Elmarie: Enige iets waaruit ek kan leer, hetsy vakkundig, geestelik, poësie of sommer net interessante stories. En, ja, ek het al Mills en Boon ge-deurnag op vakansie☺

Red: Wat is jou gunsteling boek wat jy ooit gelees het?

Elmarie: “The Road Less Tra-velled” het ek al meer as eenkeer gelees. Sheila Cus-sons se gedig “Passion of the burnt Christ” lees ek weer en weer.

Red: Hoe ontspan jy?

Elmarie: Ek fliek graag, werk in die tuin of drink ‘n glas rooiwyn saam met harts-

vriende (die brood en wyn ding).

Red: Met watter Bybelkarakter identifiseer jy? Hoekom?

Elmarie: Paulus. Die goeie wat ek wil doen, doen ek nie.....

Red: Wat laat jou soggens op-staan?

Elmarie: “�Dit is die dag, �dit is die dag �deur die Heer gemaak, �deur die Heer gemaak… �”

Red: Wat is jou sterkpunt?

Elmarie: Verhoudings

Red: Wat beteken jou naam?

Elmarie: Elizabeth – God se belofte en Maria – favoured

grace, of geliefde, of vrou van smarte.

Red: Jy is klankbord vir baie, maar het jy ‘n klankbord?

Elmarie: Ek het.

Red: Wat is jou gunsteling plaasdier?

Elmarie: ‘n Nguni bees. Hulle maak baie mooi matte. Nee, beeste is vir my mooi, die koeie is slim en mooi en ruik aards en lyk altyd vir my so rustig. (Ek sal wag vir my “mat” om van ouderdom dood te gaan.)

Red: Wat is jou gunsteling aan-haling?

Elmarie: God is not intere-

sted in our happiness, He is

interested in our holiness.

Red: Wie is jou rolmodel?

Elmarie: My oupa toe ek kind was. Hy was die een mens, wat ek vandag nog met oortuiging kan sê, baie naby aan Christus se leer en leef-wyse gekom het.

Page 9: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

9

Red: Wie is jou twee seuns en wat doen hulle?

Elmarie: Ben is ‘n mediese dokter. Tans egter rustende en besig met rehabilitasie na sy ongeluk. Jaco is ‘n tegnie-se adviseur: dierevoeding in Betlehem OVS.

Red: Wat is elkeen se mees uit-staande eienskap?

Elmarie: Beide se wysheid en humor dwing respek by my af.

Red: Wat waardeer jy van elk-een?

Elmarie: Die feit dat ek elk-een my vriend kan noem. Ben wat saam met my kook en Jaco wat vir my voorskryf hoe ek moet en nie moet aantrek nie en sommer net kyk dat my kar in orde is.

Red: As jy aan goeie tye saam met jou kinders dink, waaraan dink jy?

Elmarie: Vakansies by die see, saam eet, kuier en stout wees oor ander se geite.

Red: Deel so bietjie met ons jou lewenservaring tydens Ben se herstelproses na sy ongeluk?

Elmarie: ‘n Mallemeule-rondomtalie ervaring van wanhoop en hoop. Ek het vrede gemaak met die dood as absolute sekerheid en deel van die lewe. Ek het geleer dat ons van minuut tot minuut leef, dat verhou-dings werklik al is wat in my lewe saak maak en dat God groter is as wat ek kan be-gryp. Ek het besef dat, om te dink ek in beheer is of kan wees, ‘n absolute illusie en ‘n gejaag na wind is.

Red: Wat is jou geestelike ga-wes?

Elmarie: Geloof, voorbidding en gasvryheid.

Red: Het jy al ooit ʼn “brandende bos” ervaring ge-had?

Elmarie: Ek dink wel. Toe ek langs Ben se bed in ICU gesit het en van hom afskeid-

neem het, het ek baie dui-delik begryp dat, die eerste wonderwerk altyd sal wees dat, as hy sterf, hy hemel toe kan gaan en dit is genoeg.

Red: Wat is jou lewensleuse?

Elmarie: Ek vra nie die “hoekom” vraag nie, ek vra ”waarna toe?”

Red: Wat is jou hartsboodskap?

Elmarie: Werk aan jou ver-houdings, hetsy met God, man/vrou, kind, ouers of vriende. Werk intensioneel daaraan.

Red: Wat is jou droom vir jou toekoms?

Elmarie: ‘n Huweliksmaat wat bereid is om saam met my te groei… en ‘n plasie of ‘n klein restaurantjie.

Red: Wat is die naam van die doring in jou vlees?

Elmarie: “Nie goed genoeg nie”

Red: Wat was Josef (Jesus se aardse pa) se beste eienskap?

Elmarie: Gehoorsaamheid

Red: Wat het van Moses ʼn goeie leier gemaak?

Elmarie: Sy menslikheid

Red: Watter bekende het sy/haar platform baie goed ge-bruik?

Elmarie: Moeder Teresa

Red: Watter onreg op die aarde roer jou hartsnare die meeste?

Elmarie: Die misbruik van kin-ders: in oorloë, as goedkoop arbeid, as seksslawe… en deur ouers wanneer hulle skei. FN

Page 10: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

10

Om te dink ‘n selgroep is net nog ‘n vorm van Bybelstu-die? Nee, beslis nie. Daar-van het ek die afgelope tyd net weer bewus geword. In die ongeveer 18 jaar wat ons in ‘n selgroep is, het

Louise Jackson

Selgroepe

daar baie “stories” met ons gebeur. En telkens was ons sel deel daarvan. Daar het ook baie “stories” met lede van ons sel gebeur, en daar het ons weer die voorreg gehad om te deel daarin.

Page 11: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

11

15 jaar gelede is een van ons sellede oorlede aan kanker. Hartseer, vrae, on-dersteuning, huil en begraf-nis was deel daarvan. Maar 18 maande daarna ook weer haar huwelik – vreug-

de in oorvloed. Bietjie meer as 2 jaar gelede loop ons toe weer dieselfde paadjie. Dieselfde kanker-paadjie. En nou? ‘n Volgen-de “seltroue”. ☺

Om deel te wees van ‘n sel

is soveel meer as net Bybel-studie. Ja, dis ‘n belangrike deel, maar dis nie al nie. Dis deel word van mense, wat soos jou familie word! FN

As jy by ‘n sel wil inskakel, stuur jou besonderhede na Louise by [email protected]

Page 12: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

12

Rudolf Bester ~

Ek was bevoorreg om my lyf al twee keer te skuif saam met Ryno. Met die eer-ste lyfskuif in Bosman-straat ge-meente was daar ‘n interessante kontras: die spontane lofprysing van nie-Afrikaanse mense in ‘n tradi-sionele Afrikaanse kerkge-bou. Sonder instrumente sing hulle met passie en ek besef dat hulle in dieselfde God glo as wat ek glo en dat Hy vir hulle net so lief is as vir my. Ons almal dien dieselfde He-re.

Die tweede lyfskuif na Oli-fantsfonteingemeente was baie gemaklik, dieselfde kul-tuur en ‘n bekende gesig

wat die afkondigings nog steeds met ‘n grappie of

twee lees. Alhoewel ek weet dat dit finansi-eel swaar gaan met die ge-meente, sal mens dit nie

agterkom nie. Die mense is vriendelik en om-dat dit ‘n klein gemeente is, gee hulle opreg om vir mekaar. Ryno se bood-skap dat ek my dag moet begin met ‘n Halleluja het my her-inner om dankbaar te lewe. Daarna was ons oppad Pretoria toe. Die ironie was dat David, van Zimbabwe, ons toergids was in ons eie stad. Ons het dele van die stad besoek wat ons nie ge-

woonlik sien nie, soos Mara-bastad. By tye was dit redelik ongemaklik vir my, maar ek het snaaks genoeg nie on-veilig gevoel nie. Opvallend, toe ons ver-by Blok D van Schubartpark ('n totaal vervalle gebou) stap, was 'n pragtige portret van Jesus se gesig geverf op ‘n muur met geen byskrifte nie. Jesus is ook daar teen-

woordig. Op 'n stadium kom daar twee verlamdes op rolstoele verby ons, en 'n vraag

kom by my op: sou Jesus hul-le net laat verby ry het, of sou Hy hulle net daar ge-nees het? Ek het baie hartseer gesien, mense vasgevang in armoede. Maar ek het ook hoop gesien. David, wat self min het, werk elke dag on-der die arm mense in ons stad. FN

Sonder instrumenteSonder instrumenteSonder instrumenteSonder instrumente sing hulle met passiesing hulle met passiesing hulle met passiesing hulle met passie en ek besef dat hulle in en ek besef dat hulle in en ek besef dat hulle in en ek besef dat hulle in dieselfde God glo as wat dieselfde God glo as wat dieselfde God glo as wat dieselfde God glo as wat ek glo en dat Hy vir hulle ek glo en dat Hy vir hulle ek glo en dat Hy vir hulle ek glo en dat Hy vir hulle net so lief is as vir mynet so lief is as vir mynet so lief is as vir mynet so lief is as vir my

By tye was dit redelikBy tye was dit redelikBy tye was dit redelikBy tye was dit redelik ongemaklik vir my, ongemaklik vir my, ongemaklik vir my, ongemaklik vir my, maar ek het snaaks maar ek het snaaks maar ek het snaaks maar ek het snaaks genoeg nie onveiliggenoeg nie onveiliggenoeg nie onveiliggenoeg nie onveilig

gevoel niegevoel niegevoel niegevoel nie

Die ironie was datDie ironie was datDie ironie was datDie ironie was dat David, van Zimbabwe,David, van Zimbabwe,David, van Zimbabwe,David, van Zimbabwe, ons toergids wasons toergids wasons toergids wasons toergids was in ons eie stadin ons eie stadin ons eie stadin ons eie stad

Page 13: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

13

Lyfskuif in die oggend en Lofprysing in die aanddiens

God is aan die werk in die lewens van die mense in ons gemeente God werk ook in die verskillende plekke waar ons elke dag beweeg

Kom deel jou getuienis en luis

ter na ander mense s'n

En kom geniet 'n aand van a

anbidding.

Ons raak meer en meer bewus van mense in ons ge-

loofsfamilie en in ons gemeenskap wat frustrasie beleef oor werk en die skaarsheid daarvan. Ons raak ook bewus van werkge-wers wat werk kan gee vir mense, maar opsoek is na die regte persoon vir ’n spe-sifieke funksie om doeltref-fendheid vir beide partye te verseker. Marlene Gevers van Career

Consignment Solutions het haar vaardighede vir ons as gemeenskap aangebied. In samewerking met ons ge-

loofsfamilie wil ons graag die volgende dienste vir mense lewer: ●Om werkgewers te help om mense in vakante posisies te plaas sonder om groot agentskapfooie te betaal. Opleiding en leiding raken-de onderhoude en CV’s word hierby ingesluit. ●Om werknemers te help om op die regte plekke en plat-forms werk te soek, sonder om groot personeelagent-skapfooie te betaal. Oplei-ding oor voorbereiding vir 'n onderhoud en die opstel van 'n CV word hierby inge-sluit.

Ek en Marlene het 'n epos met al die relevante inligting en leesstof voorberei om aan beide werkgewers en werknemers aan te stuur as hulle belangstel in hierdie diens. As jy belangstel hierin, en in die detail oor die diens en wat dit vir jou kan bete-ken, is jy welkom om vir my 'n epos te stuur by [email protected]. Ek sal dan graag vir jou die epos aan-stuur. Hierdie diens is ook be-skikbaar vir mense buite ons gemeente. Jy is welkom om dit aan ander te kommuni-keer. Ander navrae kan ook aan my gerig word. FN

Ryno Meyer ~ Vind jou plekkie in jou loopbaan ● Vul ‘n plekkie in jou besigheid

Page 14: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

14

Tye en funksies

� Erediens op Sondae (veeltalig) 13:00 � Lees en skryf klasse:

Maandae tot Woensdae 19:00 � Bybelstudie: Dinsdae 19:00

� Hospitaalbesoek: Dinsdae 08:30 � Gebedsbyeenkoms: Woensdae 19:00

� Tuisbesoeke: Woensdae � Evangelisasie by die stortterrein

op die Delmaspad: Donderdae 11:00 en Sondae 12:00

� Sopkombuis: Vrydae 09:30 � Berading soos die behoefte is

Buti Mahlangu ~

Een alleen kan

oorweldig word,

twee saam kan

weerstand bied.

‘n driedubbele

tou breek

nie maklik nie.

Prediker 4:12

My name is Solly April Manyaka from Kwag-gafontein Kwa-

Ndebele. Because I was un-employed in Pretoria for many years, I was unable to afford travel-ling back home. Out of des-peration I ended up sleeping either at the rubbish bins be-hind Spar, or sleeping in the bushes be-hind the Li-brary among other home-less people. My life was busy falling apart. Fortunately the Mercy of God got hold of me be-fore it was too late. I en-

countered Jesus and got saved at the soup kitchen in 2004 and my life started to change for the better. In that time I also got a perma-

nent job at Steenbok Park, where I am still working today.

After that I met Zanele, who I decided to marry, and today I am the proud father of two children. We are also

busy building a de-cent home for us, which I am very grateful for.

I praise the LORD JESUS for saving me. I am the happiest man as you can see in my photo. FN

My life was busy falling apart

I encountered Jesus and got saved at the soup kitchen

Page 15: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

15

die onderwerp afgehandel is nie. Van swaarkry kan ek hul-le nie genees nie, en geen antwoord wat ek gee gaan net aanvaar word nie. Ek het meer by hulle geleer, as wat hulle by my geleer het. Ek het besef daar is goed waarmee ek sukkel en aandag aan kan gee. Ek glo dit het gebeur die oomblik toe ek in beweging kom, en nie meer net my normale ritme ge-leef het nie. Wat doen ons by die Night Church? Ons gee aan mense die geleent-

heid om warm te stort, koffie saam te drink en saam die Bybel te bestudeer. Ons bid graag saam. Ons kuier saam met dwelmverslaafdes, straatmense,

straatvroue; en dit word alles gedoen in Sy teenwoordigheid, en sonder enige vooroordele, van enige persoon. Dit is verbasend om die algemene kennis van

hierdie "weggooi mense” te hoor, asook die honger om

te kan verstaan. Om saam met hierdie mense te wees, dwing my om 'n "leerbare gees" hou-ding in te neem.

In elkeen van ons is daar goedheid. Ons moet begin om dit te soek. FN

Ek glo dit het gebeur die oomblik toe ek in beweging kom, en nie meer net my normale

ritme geleef het nie

Wat beteken dit as ek sê dat ons almal 'n "leerbare gees" moet kry? Vir my beteken dit dat ek mensge-

maakte grense moet oorsteek, en na nu-we, ongemaklike, en onbekende plekke of terreine moet gaan. Dis hoe ek kennis gemaak het met Night church in Arcadia, Pretoria. Ek was op soek na meer as net erediens toe gaan, Bybel lees, en myself 'n Christen noem. Ek wou leef soos wat God dit van my verwag. My eer-ste aand by Night Church was skokkend en vernuwend. Die mense daar was "weggooi mense”. Hulle is mense met wie ek nooit in aanraking sou kom as dit nie was vir die begeerte binne my, na Ds. De la Harpe Le Roux se boodskap, en die Hei-lige Gees se werking in my nie. Vir "weggooi mense” kan jy nie net antwoorde gee, en dink dat

Vir my beteken dit dat ek mensgemaakte grense moet oorsteek, en na nuwe, ongemaklike, en onbekende plekke of terreine moet gaan

My eerste aand by Night Church was skokkend en vernuwend

Anton Brand ~

Page 16: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

16

Ons het onlangs by die klerekas van die gemeente ‘n sak wol ontvang as

skenking. Tannie Martie Smit het kort daarna geskakel en gesê dat sy graag kinder-truie vir die kerk wil brei. El-

marie Hattingh (ons klerekas kampioen) het die wol vir haar geneem en sy het pragtige kindertruie vir ons gebrei. Die truie is gegee aan ‘n sielkundige wat werksaam is in Danville en van daar is

die truie oorhandig aan be-hoeftige koue kinders. Dankie Tannie Martie Smit vir die lyfies wat jy warm kon maak. FN

Ryno Meyer ~

Dankie aan ieder en elk vir ons koskas by-draes wat ons so gereeld van

julle ontvang! Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe “oop” ons mense se harte is, vir ander in nood! Ons kospakkies wat ons uit-gee bestaan uit nie-bederfbare produkte en sluit onder andere die volgende in : blikkieskos (gemengde groente, boeliebeef, sar-diens , Weenseworsies, frikka-delle, boontjies, suikermielies, ertjies, tamatie en uie smoor), spaghetti, lang lewe melk, mieliemeel 2.5kg, pas-ta, rys 1kg, stampmielies, sout, koffie 500g, tee, suiker 2.5kg, soyavleis , pakkies sop, 750ml bottels kookolie, 1kg pakke waspoeier, skot-telgoedseep, sjampoe, deo-dorant, toiletseep, toiletpa-pier, tandepasta, koekies sunlight wasgoedseep.

Amanda Smit en Alta Potgieter ~ Ons maak graag die volgen-de statistieke van die koskas bekend vir die tydperk 20 Maart tot 14 Junie: ●Daar is tans 7 gesinne wat op ‘n maandelikse basis kos ontvang. ●Ons het 40 kospakkies uit-gegee in genoemde tyd-perk; dit sluit in die kospak-kies wat maandeliks uitgaan, asook persone wat net “inloop” en voedselnood ervaar. ●Ons het ook Juliemaand beurt gehad om kos aan die CMR Lyttelton te voorsien.

Ons maak van hierdie ge-leentheid gebruik om baie, baie dankie te sê vir Alta (082 818 1622) wat so getrou vir ons die kospakkies pak en aankope doen waar ons uit voorraad hardloop! Jy is ‘n ster! Ons het nou ook hande ge-vat met Woerie omgee, waar ons help met kospak-kies aan gesinne wat by hier-die projek ingeskakel is. Ryno is gevra om ook betrokke te wees met besoeke aan hier-

die gesinne. FN

Nuus uit die koskas

Page 17: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

17

Elke seisoen het sy eie uit-dagings vir ons mense! Behal-we vir die koue van die winter

is daar ook die gevaar van huisbrande. Danksy al die skenkings wat ons ontvang, kon ons as Gemeen-skapskerk help vure dood-slaan.

Solidariteit het twee groot skenkings van ons ontvang. Drie gesinne het sedert Maart hul huise verloor a.g.v. brande. Doulas Armoedebediening Gemeenskapsprojek het ook ‘n skenking van ons ont-vang. Hulle bedien ‘n groot gedeelte van Gauteng se minderbevoorregtes. Besoek gerus hul webblad www.armoedebediening.co.za.

Dankie Pierre van Ryneveld vir jul volgehoue skenkings en ondersteuning aan die gemeenskappe wat dit so nodig het. Die klere wat nie geskenk is vir organisasies nie, is verkoop om die Kerk se koskas aan te vul. FN

Ryno Meyer ~

Nuus uit die klerekas

NAVRAENAVRAENAVRAENAVRAE

Henk 082 336 7555 of Amanda 012 662 1708

Bybelreis Aande Woensdag

14 en 21 Augustus 19:00-21:00

Jy kan die Bybelreis in die oggend of die aand bywoon

Bybelreis Oggende Dinsdag

13 en 20 Augustus 9:00-11:00

Saam met

Stephan Joubert

Op besoek aan die gewildste boek in die Bybel...

Efesiërs

Page 18: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

18

Die Kiepersolboom het deur oorvertelling (kan nie instaan vir die juistheid daarvan nie), sy naam gekry gedurende die Anglo-Boereoorlog. Van die boe-re het gehoor hoe die En-gelse gebid het en die afleiding ge-maak van hoe die woorde vir hulle geklink het. Die sol-date het onder die boom gebid: “Keep and protect us

all”, vandaar “Kiepersol”. Die Senior Aksie van Pierre van Ryneveld het al soveel lede dat ons ‘n

“Kiepersol” gebed tot God wil bid. Ons is daardie groepie waar ons iemand mis as sy of haar voete nie meer on-der ons tafel inskuif nie.

Ons loop mekaar gedurig raak in die ge-meenskap. By Spar, die haar-kapper, die bib-lioteek, Bybel-studie, kerk en Woensdae waar die litte los ge-maak word. Vir daardie mooi nommer-tjies wat diep in die kas weggehang word, het ons nou by die Teater-klub van Help Seniors aan-gesluit en kan ons, ons lek-

kerruik goedjies, krale en oorbelletjies uithaal en optof vir ‘n aand. Elke laaste Donderdag van die maand kom ons by-mekaar. Einde Mei het ons pitkos gekry uit Ds. Martiens Swart se geselsie oor “hoe om ‘n lekkerrrrrr ouma en ou-pa te wees”. Met die Noot-vir-Noot speletjie in Junie is daar oor die afgelope 50, 60 en

ja, tot 90 jaar en langer liedjies geskryf wat ‘n leeftyd se herinneringe laat herleef het in ons groep. Ons “Bybel-ete met ‘n verskil” in Julie het resepte met heu-ning, lensies ens. toe-gelaat. So reg uit die bek van die leeu en die verkoop van eers-

gebore reg. Ons het ook met ‘n “broodhakkiesprojek” be-gin. Die broodhakkies is so waardevol, want dit kan aan iemand wat nie ‘n rys-toel kan bekostig nie, ge-skenk word. Baie van die hakkies is nodig en alle hulp sal waardeer word. Ek sluit af met die goeie ge-dagte: ‘n Mens het net een lewe. Jy kan nie oefen daarvoor nie. Jy moet dit die eerste keer reg doen, want daar is nie nog ‘n kans nie. FN

Seniors

Annatjie Wirth ~

Die soldate het onder die boom gebid, “Keep and protect us all”, vandaar “Kiepersol”

Die Senior Aksie van Pierre van Ryneveld het al soveel lede dat ons ‘n “Kiepersol” gebed tot God wil bid

Ons “Bybel-ete het resepte met heuning en lensies toegelaat, so reg uit die bek van die leeu en die

verkoop van eersgebore reg

Oor Kiepersol en Kaperjol

Page 19: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

19

Maandag 9 September 19h00 In die ouditorium

Spreker:

Elise Bosch van die Middestad-aksie in Johannesburg

Sy gesels oor:

“Hillbrow is nie vir sissies nie”

● Haar boek sal ook te koop wees ● Enige bydraes in die vorm van klere

en nie-bederfbare kos sal baie welkom wees

Let Wel dat ons volgende byeenkoms nie meer op 26 Augustus, soos op die almanak aangedui, plaasvind nie,

maar op die datum soos hierbo aangedui

Meulstroom Lodge Bronkhorstspruit

18 – 20 Oktober 2013

Met Ronel Burger Kostes is R500 per persoon akkommodasie en etes

ingesluit Daar is beperkte aantal plek-ke, so bespreek asb jou plek so gou moontlik by Amanda

by die Kerkkantoor

aterdagoggend, 25 Mei het 120 vrouens van heinde en verre saam met Nicolette Steel gekuier. Die og-gend met die soms uiters komiese oomblikke was voorwaar prysloos. Nicolette het ons ook vertel van al hulle ervarings tydens hul verblyf in Saoedi Arabië. Dis ʼn plek waar hulle intens bewus geraak het van

die Moslemgeloof waarin byna 100% van die land se inwoners vasgevang is. FN

Helène Richter ~

Page 20: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

20

Arline Meyer ~

My God is INCREDIBLE! Dit was die tema van ons Va-kansie Program vir 2013. Elke leier en elke kind wat die week meegemaak het, kan daaroor saamstem. Dit was ‘n wonderlike week gewees, gevul met soveel dinge... � Vol vreugde ���� ons het lank laas so lekker gelag en pret gehad. �Vol aktiwiteite ���� ons het lekker gehardloop, gery, ge-speel, gespring, gedans en gesing.

�Vol vriende ���� ons het ou vriende, nuwe vriende en beter vriende gemaak. �Vol van God ���� ons het Hom ervaar in ons stiltetyd, ons crafts, ons speletjies, ons lessies, ons versies en in ons lewens. � Mr. Incredible het ons geleer dat ons krag van God af kom en dat ons daarom tot alles in staat is.

� Elastigirl het ons geleer

dat elkeen van ons ander talente ontvang het en dat ons net onsself moet wees. � Violet het ons geleer dat, alhoewel ons soms deursky-nend voel, God ons altyd

raaksien. � Dash het ons geleer dat ons soms verkeerde dinge doen, maar dat ons nooit van God se liefde kan weg-hardloop nie.

Met ons INCREDIBLE God aan ons kant, kry ons ook die kans om

‘n INCREDIBLE te wees

Page 21: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

21

� Jack-Jack het ons geleer dat ons nooit te klein is om vir God te werk nie. Die Vakansie Program 2013 was ‘n groot sukses en ons het elke oomblik daarvan geniet. Dankie aan al die leiers, personeel, ouers en kinders wat dit so suksesvol gemaak het. Met ons INCREDIBLE God aan ons kant, kry ons ook die kans om ‘n INCREDIBLE te wees! FN

Page 22: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

22

Page 23: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

23

Arline Meyer ~

Pinkster is altyd so ‘n kosbare tyd van die jaar. Buiten die feit dat dit die viering van die ontstaan van die kerk is, is dit ‘n tyd van lekker saam kuier om die soppotte met warm broodjies en nog warmer geselskap. Hier-die jaar was Pinkster niks minder as besonders nie. Ons het saam op reis ge-

gaan en God ontdek in die Amazing Race van die lewe! Elke aand het ons saam gekuier met God se mense en hulle reis in die Eksodus verhaal. Ons het eers ge-leer dat God weird is… want Hy bly lief vir ons, al maak ons soms droog. Ons het geleer dat ons in ‘n vreemde land woon… hierdie wêreld is nie ons huis nie, God wil ons nog

kom haal. Ons het geleer dat ons woestyn mense is… ons is geneig om oor alles te kla in plaas daarvan dat ons dankbaar moet

wees. Ons het geleer dat ons graag berg mense wil

wees… ons wil jammer sê oor al ons sondes want God

sal ons vergewe. Ons het geleer dat ons ‘n nuwe land ontvang… ons moet nou ons lewens ‘n lewen-de offer vir God maak. Dit was besonders om as mentors

saam met die kinders te wandel. Dit was wonderlik om elke aand by die kinders te leer en sien hoe hulle, hul alles gee ten spyte van die feit dat hulle ook maar moeg is na ‘n hele dag by die skool en aktiwiteite. Pinkster bly werklik baie kosbaar en spesiaal! FN

Pinkster kids

Ons het geleer dat ons in ‘n vreemde land woon… hierdie wêreld is nie ons huis nie, God wil ons nog kom haal

Ons het saam op reis gegaan en

God ontdek in die Amazing Race van die lewe

Page 24: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

24

Arline Meyer ~

By die Mosterd-saadjies het elke byeenkoms van die kwartaal vir

ons as Mosterdsaadjie Mamma’s ‘n WOW oom-blik gegee. Dit is ‘n voor-

reg om saam met ons jongste maatjies deur die Bybel te kan wandel. Ons het so baie by die kinders geleer oor ver-

troue toe ons hoor hoe Jesus die storms stil maak. Dit was weer op-windend om met nuwe oë te sien hoe die kin-ders die wonder van hul-le eie doop verstaan. Ons sien baie uit na ‘n nuwe kwartaal waarin ons Mosterdsaadjie span met 2 mentors uitgebrei

het en ons die Lekker Lawwe Luister Lesse be-handel. Kom loer gerus in of kyk waar jy betrokke kan raak! Ons Mosterdsaad-jies groei op soveel ver-skillende maniere! FN

Ons het so baie by die kinders geleer

oor vertroue toe ons hoor hoe Jesus die storms stil maak

Page 25: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

25

Jou sneakers lê oopmond en staar na jou vanaf die vloer, jou handdoek is stylvol gedra-peer oor jou stoel en geluk-kig is jou skryf-behoeftes en boeke so ver-strooi dat dit lyk asof jy baie hard geleer het vir daardie ek-samen… wag was dit nie al ‘n week gelede nie? Moet wees, want die koppie wat daar staan lyk of ruik nie heeltemal soos gis-ter se koffie nie. Die kamer-deur swaai oop en jou ma verkondig luidrugtig dat hier-die varkhok wat jy jou kamer noem ‘n bewys is dat jy geen rigting het nie en glad nie so volwasse is soos wat jy dink nie... Hierdie is ‘n jongmenska-mer… en soms lyk ‘n Young

Adults bediening naby aan so ‘n kamer… dit is nie altyd perfek nie en dit is gewoonlik net netjies wanneer nie-mand kyk nie. Hierdie is 'n metafoor vir die passie en

die chaos wat saamloop met grootword.

Die Young Adults is ons space, een van die plekke waar ons kan gaan en vir 'n oomblik vergeet dat grootword ook ons lot is. Dat ons nie gespan-ne hoef te wees om "perfekte sit-kamerstelle" en "skoon kombuise" te hê nie. Young

Adults is nie ‘n Sondagskool of afrondingsbedie-ning om perfekte

grootmense te maak nie,

maar juis die plek waar ons skaamteloos jonk kan wees. Hier lees ons nie net Bybel en probeer sin maak van God se plan vir ons nie. Ons em-

brace ‘n stukkie van wat dit beteken om toe oë en son-der leiding, in ‘n wêreld, honger vir verandering, in te stap. Om te weet jou passie, jou aanpasbaarheid en alles anders wat nog jou jonkheid is, is wat hier ‘n verskil maak. Ja, die kamer is deurmekaar, maar die drome is groot. Hier kan ons met trots sê dit maak nie saak hoe deurmekaar jou ka-mer is nie, kom deel net jou jonkwees! FN

Lucinda Arlow ~

Kom kuier saam Wanneer:

Dinsdae 19:00 tot whenever (gewoonlik 21:00)

Waar:

Ons kerkgebou of elders soos deur e-pos gekommunikeer

Info:

As jy die weeklikse nuusbrief van die Young Adults wil ontvang, stuur gerus 'n e-pos aan Christian Hamann

by [email protected]

Hier lees ons nie net Bybel en probeer sin maak van God se plan

vir ons nie. Ons embrace ‘n stukkie van wat dit beteken om toe oë en sonder leiding, in ‘n wêreld, honger vir verandering,

in te stap.

Page 26: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

26

Arline Meyer ~

Sjoe, ons was besig hierdie kwartaal! Tydens ons weeklikse byeenkomste het die kinders entoe-siasties die Woord dieper bepeins deur meer uitda-gende vrae te vra. Op die Graad 7 Survi-

vor kamp, het almal heerlik saam gejol en diep geestelik gegroei. Ons het lekker ge-sing en geëet op die Pizza en Karaoke Aand. Ons Graad 7’s is besig om hul-le eie plekkie te vind in die groter prentjie van die Bybel maar ook in die lewe. Saam met hulle ywerige mentors behan-

del hulle die moeilike vrae van die lewe. So leer die jongmense hoe hulle werklik ‘n verskil kan maak vir die Here. Die Graad 7’s

is ook besig om die Laerskool ingesteld-heid / mentaliteit agter te laat. Ons mentors is saam met hul-le opgewonde om nuwe moontlikhede vir die toekoms te ontdek. Ons weet in die volgende kwartaal gaan ons meer leer, meer pret hê en meer seker-heid kry oor waar ons inpas in die groter prentjie van

God se plan vir ons lewens. Ons as men-

tors wil graag die pad saam met elke graad 7 jongmens, hulle geloof en hulle ouers meemaak. Wat ‘n opwindende reis! Ons kan nie wag om die hele wêreld ook aan die brand te steek nie! FN

Bou ‘n pizza!

Karaoke!

Ons weet in die

volgende kwartaal gaan ons

meer leer, en meer

sekerheid kry oor

waar ons inpas in

die groter prentjie

van God se plan vir

ons lewens

Page 27: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

27

‘n Graad 4 Mentor ~

Verlede kwartaal het ons ‘n voëlvlug deur die Bybel en kerkgeskiedenis ge-neem. Die kinders was op-gewonde om elke week saam met ons te reis. Ons het geleer wat dit beteken om een van Jesus se plandraers te wees in alle omstandighe-de. Ons kan altyd na die Skrif gaan om God se plan vir ons lewens te sien en dat ons nie ons eie planne

moet volg nie. God se plan vir ons lewens is gra-tis, maar nie goedkoop nie. Ons het ook uitgevind dat ons kan inskakel by God se planne vir die wê-reld en ‘n verskil kan maak. Dit was ook ‘n tyd van hartseer toe Izette tot-siens gesê het. Maar met groot vreugde het ons vir Arline verwelkom. As mentors was dit ‘n wonderlike ervaring om saam op reis te wees met Pinkster, maar ook om die alledaagse saam met die kinders te vier op Moe-dersdag en tydens die Grootgroep byeenkom-ste. In ‘n besige kwartaal het ons mentors baie by die kinders geleer. FN

Die kinders maak ‘n brosjure vir die Hemel

Die kinders maak Moedersdagkaartjies geneem deur Sue Neill ~

van die stigting van ‘n nuwe familie (die kerk) tot die versekering dat ons na ‘n nuwe Wonderlike Huis by God gaan

Page 28: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

28

Seekamp 2013 was nie som-mer net ’n kamp nie, dit was ’n ervaring wat my lewe ver-ander het. Vriendskappe wat diep in elkeen se hart lê, is gesmee. My persoonlike refleksie op die ervaring is eenvoudig: Die Here is Goed! Hier is ’n paar refleksies van die jongmense: “Ons het ons dag begin met voor-keur-speletjies van Stefan en Cheryl bv. soet vs. Sout en facebook vs. twit-ter. Die groot sports het egter begin toe ons volleyball met ’n twist, strand sokker en “Ultimate Frizza” begin speel het. Wie sou kon dink dat ’n eenvoudige stuk plastiek so-

veel pret en krampende kui-te kon veroorsaak! Party het die koue water aangedurf, ander het in die winter son gebak. Daar was beserings, maar niks wat “Suster Anna” nie kon hanteer nie! Ons het ons batterye ge-charge met Oros en toebroodjies. Met sand ORALS is ’n lekker stort die oplossing. Ongelukkig

was daar net koue storte vir ons. Dankie vir die seuns wat hul-le badkamer vir ’n uurtjie opgeoffer het, sodat ons weer vars kon voel.” Marissa Boshoff en Chanté Lochner

“Ons was baie dankbaar om vir ’n slag weer warm te stort. Noudat ons skoon is, is ons honger vir ‘n lekker aan-dete en ’n goeie geestelike

ervaring met Kenny en Her-man. Om God hier in die na-tuur te ervaar, is werklik be-sonders. Ons is elke keer ver-baas wanneer God Homself op ’n nuwe manier aan ons openbaar.” Imogen Scott en Cindy van Rooyen

“Ons almal sien uit na aan-dete en om rustig te raak vir die praise and worship en om in ons groepies te gesels. Dis onbeskryflik om te sien hoe almal regtig die Here loof. Die vrae het ons help verstaan hoe om brood en wyn verhoudings te hê.” Marjo Lise Poisat en Sunette van Rooyen

“Die see was rof met hoë gety. Almal het gehoop dis beter na middagete. Die speletjies was VET PRET! Dink net om ’n wortel aan te gee met jou knieë en rug teen

Seekamp 2013

Ons was baie dankbaar om vir ‘n slag weer warm te stort

Die groot sports het egter begin toe ons volleyball met ’n twist, strand sokker en “Ultimate Frizza” begin speel het

Dis onbeskryflik om te sien hoe almal regtig die Here loof

Herman Matthee ~

Page 29: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

29

rug op te staan sonder om jou hande te gebruik. Met die boeresport het ons vir 8 meter kruiwa geloop, 5 me-ter ’n tennisbal in die sand met die neus gestoot, en nog ʼn paar meter op een been gespring. Dit het vir my soos ’n ewigheid gevoel! Ons moes ’n appel wat in ’n emmer seewater dryf, hap en het afgesluit met ’n swee-

ty in meel. Ons het lekker ge-lag vir die wat ge-faceplant het en al die meelbaarde. Die res van die dag kon ons op die strand ontspan met aktiwiteite soos touch rugby en Frisbee gooi. Vir my was die hoogtepunt van die dag toe ons na die vlooimark stalletjies toe kon gaan.” Anzel Reynecke

Ons het ’n sosiale platform vir die kampers geskep: “Die Brein Blertse”. Dis ’n eietydse sosiale netwerk waar hulle gedagtes en prentjies met mekaar kon deel. Dit het ʼn lang lys vlymskerp opmer-kings en mooi stories van groei opgelewer. Dit was ge-vul met ontdekkings en ge-dagtes rondom ons groot

unieke God. Dis wat in die harte van die see kampers geleef het: “Vandag inspirasie van ’n blom afgekry ”#wow” “#Super-Awesome-AWE-

Snorkeldag!” “God se liefde is soos Golwe, sonder ophou en aanhou-

dend”

“Seek Justice, Love Mercy,

walk Humbly with your God” “Amper in ’n Skulpvisagtige

ding vasgeswem” “Die Kamp is Awesome,

dankie almal” “Dream Big because we ser-

ve a Big God” “Ready to swim… O Jitte” “Jesus stel die hemelse re-

kords reg” Seekamp 2013 was die hoogtepunt van my jaar so-ver. Dit was vir my ’n voorreg met wonderlike mense, heerlike tye en Sodwana se eie MAGIC. Ons kon stilstaan en die Here opnuut ontdek en Sy grootheid beleef. Baie dankie aan elkeen wat elke sekonde spesiaal ge-maak het. FN

Die speletjies was VET PRET!

Page 30: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

30

Vir wie: Volwassenes wat wil belydenis aflê.

Mense wat lidmate van ons gemeente wil word en 'n basiese greep op die boonste 4 vrae wil hê. Enigeen wat nuuskierig is oor die vrae hierbo.

Wat glo ons? ● Wie is ons? ● Hoe leef ons? ● Wat doen ons?

Vir enige navrae, kontak Ryno Meyer 082 460 2103 of [email protected]

Belydenisaflegging

Wanneer: 25 Augustus, 1 September, 8 September, 15 September

en 22 September om 16:30-18:00

Waar: Sal per epos bevestig word

Page 31: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

31

Jan Venter ~

Wat ‘n voorreg was dit om die wêreldbekende teoloog, skrywer en leraar, Leonard Sweet, hier in ons Geloofsfami-lie te kon ontvang. Sy wysheid en diep insig was ‘n verry-kende ervaring. Len het ‘n byeenkoms in ons ou-ditorium gelei en daarna ‘n

groep van 35 leraars verge-sel na Shayamanzi vir ‘n

tweedag retrai-te. Shayamanzi is die plaas van Jannie en Issie Parsons, waar ons Geloofsfa-milie al twintig

jaar vergader om na te dink en te bid oor die Here se lei-

ding. Dit was besonder spesi-aal om Len daar te ervaar saam met Jannie. Die aand-byeenkoms hier by ons was besonder geseënd en Len se verhalende styl en Neil Buch-ner se wonderlike aanbid-dingsleiding het daarvan ‘n bele-wenis gemaak. FN

Dit was besonder spesiaal om Len daar te ervaar saam met Jannie

Sweet

in ons midde

Stuur jou besonderhede na Louise by

[email protected]

Page 32: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

32

Pinkster

Middel bo: Ingang na die apartheidsmuseum Links en regs bo: Diep nadenkend na die tyd

Eers Voortrekkermonument toe (foto’s bo), dan Apartheidsmuseum toe (foto’s onder)

DAG 1 – 13 Mei

Met ‘n “trippeldoor” naam soos De la Harpe le Roux het ons vermoed dat ons vuur-werke kan verwag van die predikant uit die Vrystaat, en ons was nie verkeerd nie. De la Harpe se passie vir Jesus en gebroke mense was nie net aansteeklik nie, dit was elektries! Ons het amper met ongeloof geluister na die verhale uit sy bediening in

die middestad van Bloem-fontein en kon tree vir tree saamstap op sy daaglikse reis saam met Jesus. Groot het ons oë gerek op die daaglikse “pelgrimstogte” as ons in die bitter gebroken-heid van die armoede en verlorenheid in ons land die wonderlike teenwoordigheid van Jesus beleef. In die ver-haal van ‘n straatkind, of die ervarings van ‘n uitgeweke-

ne of vertrapte. Die liefde van Jesus wat ons dring om Hom te ontdek en te LEEF in alle omstandighede was tas-baar teenwoordig. So het ons nog ‘n treë gegee op die pad van gestuurde men-se wees. Dankie De la Harpe, en mooi loop! FN

Jan Venter ~

Page 33: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

33

Bo: Ons het regtig mopanie wurms geëet

DAG 2 – 14 Mei

DAG 3 – 15 Mei

DAG 4– 16 Mei

Bo: Oom Joop Lensink (foto regs) van Fundisisiswe wat onder myners gewerk het, vertel die verhaal van trekarbeid.

Die kuns teen die mure (foto links) vertel die geskiedenis daarvan in die ou Suid Afrika.

Bo: Central Methodist Church, Jhb. Die kerk wat buitelanders huisves

Links: so lyk mens as jy die langste gewag het vir jou Sphahlo, Regs: en so eet mens ‘n Sphahlo

Fotos onder: Marabastad

Page 34: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

34

Louanda Gentle ~

Ek het so ʼn rukkie gelede “my Spar-

motorwag” vir ʼn Milo gevat by Se-ringa. Ag, net om hom bietjie te be-derf en sy storie te hoor oor hoekom hy in Suid-Afrika is. Dit, na hy vir my gesê het “it’s a long story.” Die vooraf-gaande dialoog was iets soos: EK: “Hi! What is your name?” Hy: “Jericho, like the city in

the Bible.” Ek: “That’s cool! Where do

you come from, Jericho?” Hy: “From DRC.” Ek: “Do you enjoy it here?” Hy: “No, I miss my people.” Ek: “But why are you here?” En dis toe die “long story” antwoord. En my vermoe-de dat dit iets met die oorlog te doen het... Daardie aand, na ons Milo afspraak kon ek nie slaap nie. Ek het gelê en rondrol met tonele uit die film “Blood Diamond” (alhoewel dit nie in die DRK afspeel nie). Maar, dié keer het ek die karakter in die storie geken. Een vir wie ek al begin om-gee het. Hy het by sy ouma grootgeword wie voorvader-geeste aanbid het. Maar in die skool het Jericho Jesus

ontmoet en met sy hele hart geglo. Dit het konflik tus-sen hom en sy ou-ma veroorsaak, veral toe die bur-geroorlog in 1998 uitgebreek het. Toe die dor-

pie waar hy en sy ouma woon geteiken word, het sy met allerlei rituele, offers aan die geeste gebring. Jericho wou nie daaraan deelneem nie en het gesê hulle moet eerder op Jesus vertrou. Sy het hom daarvan be-skuldig dat hy die “witmense se God” aanbid en verklaar as ʼn uitgeworpene. Nie-mand mag eers aan iets

raak waaraan hy ge-raak het nie. Uiteindelik het Jericho weggeloop Kinshasa toe. Daar het Laurent Kabila kindersoldate gewerf om in die

voorste linie te veg. Jericho was maar 14 en is ook aan-gekeer om in die oorlog te veg. Hy was verskriklik bang. ‘n Sol-daat het sy vrees opgemerk en vir hom gesê: “Run! But

don’t look back, then I will

have to kill you.” Die Here se oë is oral op die aarde en Sy genade is groot!

So het Jericho sy “diensplig” vrygespring. Hy het op ‘n vlot vir 5 dae die rivier afgevaar tot naby Lu-bumbashi, digby Zambië. Hy is egter nie met ope arms ontvang nie, omdat hy Lin-gala praat. Jericho het die Evan-gelie in die strate begin ver-kondig, maar niemand wou na hom luister nie. Een dag het hy vir ‘n siek vrou gebid en sy het gesond geword. Die nuus het soos ‘n veld-

brand versprei en die mense het na hom be-gin luister by die

mark. So het dit vir ‘n paar jaar aangegaan. Toe breek daar weer onluste uit en hy besluit om Suid Afrika toe te kom. Met die hulp van iemand daar het hy sy papierwerk agter-mekaar gekry en vertrek na sy nuwe lewe. Hier aange-kom, het hy aanvanklik in ‘n diep depressie verval. Ie-mand in ons gemeente het

hom begin motiveer en aan hom By-bels verskaf. Jericho het sy sendingwerk hier voortgesit.

Hy werk wyd in ons stad en het al ‘n hele paar mense tot beke-ring gelei. FN

Daardie aand, na

ons Milo afspraak kon ek nie slaap nie, ek het gelê en rondrol met

tonele uit die film

“Blood Diamond”

Dit het konflik

tussen hom en sy ouma veroorsaak,

veral toe die

oorlog uitbreek

Daar het Kabila kinder

soldate gewerf om in die voorste linie te veg

‘n Soldaat het sy vrees opgemerk en vir hom gesê: “Run! But don’t

look back, then I will have to kill you.”

Page 35: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

35

Bedieningspan en Bedieningsleiers:

Jan Venter Leraar 662 3700 / 082 333 6552 [email protected]

Henk van Rensburg Leraar 667 1264 / 082 336 7555 [email protected]

Ryno Meyer Leraar 082 460 2103 [email protected]

Stephan Joubert Deeltydse Leraar [email protected]

Karel Verhoef Deeltydse Leraar 083 297 1242 [email protected]

Elmarie van Wyk Lewenskuns 072 238 0549 [email protected]

Amanda Smit Bediening Admin 082 975 7465 [email protected]

Buti Mahlangu Evangelis 082 624 2689 [email protected]

Arline Meyer Jeug (Juniors) 082 773 4338 [email protected]

Herman Matthee Jeug (Seniors) 071 689 5120 [email protected]

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian Bedryfshoof 082 469 4708 [email protected]

Riana Janse v Rensburg Kantoor 012 662 1708 [email protected]

Ansie Vivier Finansies 012 662 1708 [email protected]

Lizette Klinkhamer Jeug Admin 078 077 9394 [email protected]

Alta Potgieter Koster 082 818 1622

Theuns Janse van Rensburg Klank 082 555 2923

Piet Janse van Rensburg Faktotum 082 320 1901

Brinant Sekuriteit 082 547 6754 / 012 664 5658

Sondae: Skoolvakansies

09:00 Erediens (Ouditorium)

13:00 Erediens (Afrikatale)

18:30 Aanddiens

Kerkkantoor:

Maandae: 11:00 -16:00

Dinsdae - Donderdae: 08:00 -16:00

Vrydae: 08:00 -13:00

Sondae: Skoolkwartale

08:00 Erediens (Ouditorium)

08:00 Kinderdiens (Ark) 3j-Gr.3

09:00 Groepe Gr.4 - Gr.7

10:00 Erediens (Ouditorium)

10:00 Kinderdiens (Ark) 3j - Gr.3

13:00 Erediens (Afrikatale)

17:00 Groepe Gr.8 - Gr.11

18:30 Aanddiens

Tye

012 662 1708 - 012 662 0104 (faks) - [email protected]

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Centurion

Rek no: 600 591 355

Takkode: 630 445

Stuur betalingsbewys na:

[email protected] of

012 662 0104

Sluit aan op ons webblad

en by ons sosiale netwerke

Navrae en Inligting

Page 36: PvR Familienuus 2013 Uitgawe 2

36

Nog Pinkster fotos

Die mark in Marabastad

Die bekende Sphahlo

Mopaniewurm inkopies in Marabastad

Bo: Venster in Central Methodist

Church, Jhb

Trekarbeid kuns by Fundisisiswe

Laaste aand Lofprysing