familienuus desember 2010

22

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 17-Mar-2016

280 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Familienuus vir Desember 2010

TRANSCRIPT

Page 1: Familienuus Desember 2010
Page 2: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

Algemeen 1

Familiewees 2

Nuwe Generasie 9

Maandprogram 10

Geloofsgroei 13

Menswees en Kuns 15

Inligting 19

Glimlag 20

Kontak 21

In hierdie uitgawe

November & Desember 2010

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien!

1

IN HIERDIE UITGAWE

• Phil & Margaret

• Waaraan meet jy ander

• Seniorburgers

• Verhoudings

• Dankie

• Infertiliteit

• Kleingroepe

Baie van ons se beursies is die af-gelope jaar deur die stywer greep van die ekonomie so effe platgedruk. So teen die aanvang van die Kersvakansie gee dit nuwe betekenis aan die uitdruk-king “platsak”.

’n Mens kyk na die koste van vakansiehou en die inhoud van die “plat” beursie en ’n mens be-sef dat vakansie dalk so bietjie anders sal lyk vanjaar as in die verlede.

Dit laat my toe wonder oor Kers-fees in Pretoria, en ek word verras deur sommer ’n klomp gedagtes en indrukke.

Kersfees in Pretoria is om in dieselfde strate as gewoonlik te ry, op dieselfde tye, maar die straat vir jouself te hê. Dis altyd vir my heerlik om in die “verlate” strate te ry en in vyf minute oral te kom.

Kersfees in Pretoria is die klam geur van varsgereënde gras in die tuin. As die “staatsdiensreën” in die middae lafenis verskaf en ek sommer saam met die kinders en die hond in die nattigheid bal-jaar.

Kersfees in Pretoria is daardie drukkend warm somermiddae wat ons op die stoep sit saam met vriende en familie en eintlik

maar net sit en nie eers veel praat nie, want ons kan.

Kersfees in Pretoria is daardie heerlike “ander” kos wat ek in my stoof gaarmaak. Die bakkies oor-skiet in die yskas wat na die mid-dagslapie so lekker daardie vakansiegaatjie in die maag vul.

Kersfees in Pretoria is die laataand rit met die kinders en die hond om te gaan “liggies kyk” in Waterkloof. En die lekker gesellig, vriendelike saamwees met die duisende ander wat vol pret en geestigheid uit die motors hang en hulle vergaap.

So kan ek aangaan, maar kom ek stop eers hier. Want, dit laat my besef dat dit juis die boodskap is van Kersfees. Dat die Christus ge-kom het om ons gewone lewens te vul met die buitengewone. Ons gewone dae te omskep in ’n fees-viering en ons gewone drome te omskep in Koninkryksdrome!

Mag jy hierdie Kersfees beleef dat, nie jou beursie nie, maar die lewende Christus vir jou sin en be-tekenis gee. Mag jy in die saam-wees met familie en vriende, die stem van jou Vriend, Jesus Christus beleef. Mag jy in die rustigheid, die vrede wat alle verstand te bowe gaan, herontdek.

GESEËNDE KERSFEES

Geseënde (Somer) Kersfees

Page 3: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

2

FAMILIEWEES

So amper agter die skerms het Phil deur die loop van die afgelope maand sommer ’n groot inset gelewer in ons Geloofsfamilie. En wat ’n voorreg om hom beter te leer ken! Sy warmte, vriendelikheid en passie vir Jesus het ons almal inspireer en dit was altyd heer-lik om saam met hom te kuier.

Hy het gevra dat ons spesiaal vir André en Corinne Botha dankie sê vir die “vyfster” verblyf en die gebruik van hulle motor. Spe-siale dankie ook aan Willie en Marina Solo-mon vir die “konneksie” en al die liefde. Daar is soveel ander wat sy kuier ’n onver-geetlike ervaring gemaak het, dankie vir julle gasvryheid en omgee.

Phil het ook saam met Jannie Parsons gaan kuier op “Shayamanzi” in die laeveld. Dit was vir hom die absolute hoogtepunt van sy tyd hier in ons omstreke.

Ons sien vir Phil volgende jaar, as die Here wil, in Februarie wanneer ons saam met hom begin reis op die pad na gemeentewees wat ons lewens transformeer en die wêreld rondom ons verander. Totsiens! (maar nie vaarwel)

Wat ’n voorreg om vir Margaret en Leif te leer ken! Margaret is ’n internasionaal bek-roonde skrywer en spreker, maar ons het haar beleef as ’n gewone borrelende entjie mens wat die lewe met bruisende geesdrif tegemoet huppel.

Sy het in die tyd by Hein en Madelein Jordt gebly en heerlike kuiertyd beleef, soos net ons kan! Dankie, julle! Gert en Lynette Pelser het hulle vir ’n blitsbesoek na die Kruger wild-tuin geneem, heerlik gekuier en in een oggend die “groot 5” gesien. Dit wil gedoen wees.

Haar bediening van die Woord by ons was eenvoudig uitstekend, treffend en ’n inspirasie. Haar belewenis van God is eg, per-soonlik en diep.

Ons sien uit daarna om haar te volg op die lugweë en kan nie wag vir die volgende kuier nie.

Volg haar op www.margaretfeinberg.com

Spesiale kuiergaste en nuwe vriende

Margaret Feinberg (en Leif!)

Phil Underwood

Page 4: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

3

FAMILIEWEES

Die besoeke van Phil en Margaret is moontlik gemaak deur die vrygewigheid van ’n paar anonieme donateurs. Dankie! Julle “belegging” het groot seën meegebring.

Ontdek en Leef Christus!

Deur die afgelope jaar het ons as leiers, saam met ’n klomp van ons mense, diep nagedink oor wat dit beteken om kerk te wees in die tye waarin ons leef.

Tot ’n groot mate het die kerk verskuif uit die kulturele middelpunt van die gemeenskap na ’n plekkie iewers op die kantlyn. Mense se tradisionele band met die kerk vervaag en betrokkenheid by “kerklike aktiwiteite” neem af.

Is dit ’n goeie of ’n slegte verskynsel? Miskien is dit net .... ’n verskynsel. Een wat ons moet raaksien en besef dat Christus nooit die kerk bedoel het as ’n kulturele verskynsel nie, maar dat dit ’n lewende geloofsgemeen-skap moet wees.

Daarom moet ons nou, meer as ooit fokus op mense. Mense in ons geloofsfamilie en elke ander mens wat ons pad kruis. Die vraag is nie “Hoe kan ons hulle by die kerk betrokke kry nie?”, maar die uitdaging is eerder hoe ons by hulle kan inhaak en hulle kan begelei na ’n lewensveranderende ervaring en reis saam met Christus.

Juis daarom sal jy agterkom dat ons in-gesteldheid in die volgende jaar gaan verander. Ons gaan minder “programme” aanbied en organiseer. Ons gaan meer “konnek” met mense. Met jou!

Ons gaan minder fokus daarop om mense te “bestuur” om seker aktiwiteite by te woon of te doen. Ons gaan meer probeer om ge-leenthede te skep waar ek en jy die Here Je-sus kan ontdek en hom kan uitleef.

Ons fokus vir volgende jaar is “Ontdek en Leef Christus”.

Dit beteken vir ons die volgende:

“Ons droom dat elkeen wat saam op reis is in hierdie geloofsfamilie ...

• in volle oorgawe aan Christus sal lewe,

• en Hom as toegewyde dissipels sal navolg.

• Sal kies om met ander in egte verhoudings te leef

• en dat hierdie verhoudings vir hulle en ons heelheid in Christus sal bring.

Ons gaan strewe na uitmuntendheid in een-voud. Minder is meer en meer is beter!

Ons wil graag sien dat elkeen in ons geloofsfamilie ’n toegewyde dissipel van Jesus sal word. Ons wil onsself so inrig dat mense (jy) hier aangemoedig en versorg word om lewens te leef van oorgawe.

Wat gaan verander? Waarskynlik aanvanklik nie veel opsigtelik nie, maar ons glo dat as die leiers opsigtelik hierdie lewe uitleef en ander beleef Christus is ons optrede en gesindheid, dit ’n epidemie sal word wat “soos griep” ver-sprei en dat die Heilige Gees mense sal aan-raak om Jesus te volg.

Ons nooi jou om saam met ons te droom oor ’n gemeente wat wegstap van programme en aktwiiteite en inbeweeg in intensionele ver-houdings. Oor ’n toekoms waar dit veel belangriker vir ons sal wees om ’n verskil te maak in ons wêreld as om “betrokke te wees” by “die kerk”.

Kom word saam met ons kerk, soos Christus bedoel het. Kerk, gestuur na die wêreld en gegee vir mekaar om mekaar te help groei, saam te aanbid, saam te ly maar ook saam te gaan na ons lewens om Christus daar te WEES vir ander.

Page 5: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

4

Vrouebediening: ’n Fees van ’n Kamp!

Vanaf 29 – 31 Oktober het 53 vrouens saamgetrek by Pure Joy. Wat ‘n ondervinding en bele-wenis!! Ons het nuwe vriende gemaak en saamgelag, ontslae geraak van “dinge” in ons le-wens wat ons bagasie baie swaar gemaak het, en toe ook ons tenkie volgemaak met die teenwoordigheid van die Heilige Gees. Ons het heerlik saamgesing, en ook op daardie manier die Here verheerlik. Ons beplan om volgende jaar (Okt 2011) weer te gaan kamp. So, beplan asb vroegtydig jou program dat jy kan saamgaan.

Ons nooi jou ook hartlik uit na ons volgende byeenkoms D.V. op Maandagaand, 21 Februarie.

Ons spreekster is Lindie Strydom (Karin in Egoli), en dit be-loof om ‘n besondere aand te wees.

Vrouenuus

Jy wek my in die môre as die dou-gras waak Fluister wasem-woorde teen my wange aan

Hoor die stille geraas, voel jou asem rustig blaas

En die deining van jou bors, jy's 'n wonderwerk Soos 'n ongebyte appel blink jy reg deur my

En ons dans op die wieke van 'n lentewind Deur jou glinster-hare breek 'n beeId

Dronk van vreugde, vars vol lewe Jy is vrou

Page 6: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

5

Waaraan meet jy ander? Dries Lombaard (Ekerk Manne)

Daar is twee maniere waarop ons elkeen 'n maatband vashou waarmee ons ander meet: ons kyk na dit wat hul doen, of na dit wat hul nie doen nie. Dit beteken eintlik dat niemand kan wen nie. Meet ons aan dit wat gedoen word, is die kans dat ons bitter selde goed ge-noeg gaan wees. Aan die ander kant, meet ons aan dit wat nie gedoen word nie, is daar nie 'n kans op herstel nie...

Ons behoort heeltemal anders na ander mense te kyk. Dit gaan nie oor die doen nie. Dit gaan net so min oor die versuim om te doen. Dit gaan oor die "wees". Ons behoort na mense te kyk vanuit die beskouing van wie hulle is.

Dit kleur die prentjie heeltemal anders in. Maar dit maak dit ook baie moeiliker... want, sou ons dit doen, dan beteken dit ons kan nie byvoeg of wegvat soos wat ons doen met die beoor-deling van hul optrede en dade nie! Dan is ons vasgeverf in ons eie morele oordeelsver-moë. Want, iemand is mos maar wat hul is...

Dit is presies waar Jesus se anderse, onChriste-likemaatstaf inkom. Jesus het beoordeel aan wie mense is. Maar... volgens Christelike en kerklike standaarde was sy maatband heelte-mal krom en skeef. Want hy het nie die heilige vromes uitgesoek nie.

Kyk bietjie met ander oë na die verhaal van Saggeus.

Ek is my lewe lank die verhaal van Saggeus slegs op een manier opgedis. Dit gaan oor die kort mannetjie wat 'n tollenaar was, en graag vir Jesus wou sien. Toe klim hy in die boom. En Jesus sien hom, en daar word sy dade be-loon... want hy het hard probeer om iets te doen, en toe sien Jesus sy ywer raak en be-loon hom deur saam met hom aan huis te gaan eet.

Ek wed jou dis hoe jy ook die storie het.

Hier is 'n ander invalshoek:

Saggeus is 'n skelm dief, wat van almal steel. Hy is korrup en gulsig en magsbehep. Hy mis-

bruik sy posisie om van die armes te steel en homself te verryk. Almal ken hom daarvoor. Niemand hou van hom nie. En dan is hy nog boonop kort ook...

Eendag verspei die nuus dat Jesus van Na-saret in die omgewing gaan wees. Hy is die groot profeet en Rabbi. Die een wat homself die "Seun van God" noem. Almal is opge-wonde, en wil hierdie man te siene kry. Die mense drom saam en verdring mekaar toe Jesus in die straat afstap. Dan stop hy skielik, en draai terug. Hy kyk op in 'n boom langs die pad, en vra die man in die boom om af te klim. Dis Saggeus. Daar gaan 'n beroering deur die skare. Uiteindelik! Jesus gaan vir Sag-geus vasvat! Hierdie skelm nikswerd dief gaan nou sy rieme styfloop met hierdie Rabbi. As hy mos die Seun van God is, weet hy presies van al die skelm en korrupte dinge wat Saggeus almal aandoen. Die mense begin opge-wonde gesels oor wat Jesus gaan doen met hierdie nikswerd outjie.

"Kan ek by jou kom eet vannaand", vra Jesus vir Saggeus. Die skare snak hoorbaar na hul asem. Hoe kan hy? Weet hy nie watter skelm man Saggeus is nie? Mens gaan nie na so ‘n ou se huis nie. Dis soos om by Al Capone se huis te gaan eet, en almal weet daarvan!

Jesus breek die maatband in stukke. Hy sien Saggeus uit die oë van genade — nie met die oë van dade nie. Jesus se liefde en aan-vaarding vir eenvoudig die feit dat hy mens is, is wat Saggeus tot insig bring. Tot berou. Nie beskuldigings nie — al is dit legitiem.

Jesus het 'n manier om ons Christelike, vrome en morele standaarde te buig tot dit kraak. Miskien gaan Saggeus se storie nie oor die feit dat hy in die boom was nie. Miskien gaan dit eerder oor die feit dat Jesus kies om by hom te gaan eet, eerder as by die priesters se pas-torieë.

Hoe meet jy?

Page 7: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

6

FAMILIEWEES

Gebedsbediening Sampie Niemand

Ons gebedsbediening het hierdie jaar weer van krag tot krag gegaan. Nie alleen is ‘n baie geslaagde en betekenisvolle ge-bedseminaar aangebied waarin ons opnuut geleer het hoe om ‘n biddende gemeente te wees nie, maar in die lewe van ons geloofsfamilie as geheel is daar oorvloedige getuienis van ‘n ver-diepte gebedslewe en die verhoring daarvan – op die wyse soos God dit goedgevind het. In hierdie opsig dink ons veral ook aan al die lede van ons telefo-niese gebedsketting wat die afgelope jaar week na week getrou vir verskeie persone en sake voorbidding gedoen het. Nie alleen het die Here ons geroep en dank gehoor nie, maar ons het almal veel nader aan Hom gekom. Dit het ons lewens geweldig verryk! Aan Hom al die eer. As ons aan die jaar terugdink, dan gaan ons gedagtes on-willekeurig uit na Ps 90:: “Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag … ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!”

Ons nooi jou uit om die volgende saam met ons te bid:

“Hemelse Vader, ek wil nou die vensters van my lewe vir U oopgooi.

Dit is vir my wonderlik dat ek met U mag praat, dat ek spesifieke tye vir gebed opsy kan sit, maar

dat ek ook kan weet dat U elke oomblik van die dag daar is om na my te luister wanneer ek met

U praat.

Dankie vir gebed, vir die vrye toegang tot die grootste van alle Konings. Dankie dat U presies

weet wat ek nodig het, en tog nog geduldig wag om na my te luister.

Here, gee dat gebed vir my ‘n lewenswyse sal word sodat ek deur my volgehoue kommunikasie

met U gedurig bewus sal wees van U teenwoordigheid.

Leer my bid, Heilige Gees, sodat my selfsugtige gebede sal verander in lofsange tot U eer; in ge-

bede vir ander mense.

Bewaar my daarvan dat ek deur my gebede sal probeer om U wil vir my lewe te verander. Gee

dat ek eerder deur gebed U wil sal leer ken en dit gehoorsaam.

Praat U ook met my wanneer ek bid, Here.

Maak dit baie stil in my sodat ek U stem helder sal hoor. Bid U self in my. Amen” – Uit ‘n Keur van Wysheid van Nina Smit

Ons gebedsbediening sien daarna uit om ons geloofsfamilie in die jaar wat kom weer tot diens te wees voor die troon van ons God!

Page 8: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

7

Wie van ons wat daaraan deelgeneem het, sal ooit 16 Junie 2010 vergeet toe dit vir ons moontlik was om om na verskeie plekke uit te reik met ‘n oorvloed komberse, klere, kos, en ander middele. Hiervoor sal ons die Here altyd dankbaar bly! Ons geloofsfamilie het hulle harte en beur-sies oopgemaak vir daardie deel van ons samelewing wat nie het nie. Soos die Here die geklaag van die Israeliete in Egipte gehoor het, het Pierre van Ryneveld Gemeen-skapskerk ook die klag en sugte van mense in nood ge-hoor. Ons sal die dankbaarheid uit die harte van hulle wat ontvang het, baie lank onthou.

Uit ons hart wil ons elke lidmaat bedank wat met groot deernis hierdie jaar gegee het. Wyle Johan Heyns het die volgende vir ons nagelaat:

“Wie ‘n goeie daad verrig, verwag nie en vra ook nie om

vergoeding of beloning nie. Die blote doen van die daad:

die geleentheid om te kan dien, die vermoë om jouself te

kan gee, die voorreg om tot iemand anders se geluk te

kan bydra – dit is die belonging.

My diens aan my naaste is die Gehoorsaamheid aan ‘n

opdrag wat ek ontvang het; wat ek spontaan uit die innerlike van my oortuiging doen.”

Baie dankie aan almal wat die 16de Junie hulle dag en hulleself gegee het in belang van ander. Volgende jaar doen ons dit weer!

Projek Winterhoop Sampie Niemand

Senior Burgers Sampie Niemand

Soms gaan dit maar stadig, en soms is daar elke dag ‘n nuwe pyn, maar aan dankbaarheid ont-breek dit nie by ons seniors nie. Ons het ‘n wonderlike jaar agter die rug! Dink maar net aan al die kunstenaars wat hier opgetree het, Hennie Maas se sterre en planete, Louise se oefenklasse, ens, ens.

Dink ook aan ons jaarlikse ete wat vir ons wag op 25 November by Stone Cradle. Die koste beloop R50 per persoon. Gou spring vir jou kaartjie! Baie dankie aan ons borge wat hierdie ete moontlik gemaak het. Dankie aan elke komiteelid wat grootliks bygedra het tot ‘n wonderlike jaar. Wat ‘n voorreg om so jou ouderdom te kan waardeer en geniet! “Life begins at sixty!”

Page 9: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

8

Met oop hart en hand

Hierdie projek het hom andermaal hierdie jaar toegespits op die klere- en kosstoor vanwaar ons talle individue en instansies van die no-dige voorsien het. En dadelik dink ek aan Mat 25: 35vv: “… Ek was honger, en julle het My iets gegee om tee eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was sonder klere en

julle het vir My klere gegee… Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van my gedoen het, het julle dit aan My ge-doen.”

Rina en Elna, die koördineerders van hierdie bediening wil graag langs hierdie weg aan almal wat kos en klere gegee het, hulle opregte dank oordra. Julle het dit vir die Here gedoen!

Ons het klere in oorvloed ontvang en ons kon baie gate toemaak. Ons kosvoorraad het nie altyd gehou nie, maar dan was dit vir ons moontlik om ‘n klereverkoping te hou en die geld dan te kon gebruik om kos aan te koop.

Dis egter met hartseer dat ons van Elna af-skeid moet neem. Sy en haar man, Johan, ver-huis die einde van November 2010. Dankie, Elna, vir jou onbaatsugtige diens en liefde – jy het ons iets van die barmhartige hart van Christus kom leer. Ons sal jou baie mis!

Gemeenskapsveiligheid

Ons is bevoorreg dat ons geloofsfamilie die enigste in die land is wat gemeenskaps-veiligheid as deel van sy bediening sien. Hier-voor wil ons namens die gemeenskap baie dankie sê. Baie, baie dankie aan almal wat betrokke is by ons polisieforum. Ons dink aan ons patrollielede

en diegene wat in ons beheerkamer skofdien-ste doen. Dis mense wat hulle vrye tyd en dik-wels ook hulle lewens op die spel plaas om ons veiligheid te verseker. Deur hulle harde werk en die werk van die SAPD, ons sekuriteits-dienste en ons gemeenskap, kon ons misdaad hierdie jaar grootliks hokslaan. Natuurlik mag ons nie verslap nie, veral ook nie met die ko-mende vakansietyd in die oog nie.

Met die oog hierop beplan ons forum ‘n be-markingsweek van Maandag 29 November tot Saterdag 4 Desember.

Op 29 November hou ons ons gebruiklike in-wonersvergadering die aand om 19:00 met die nuwe stasiekommissaris van Lyttelton, brig Manganye, en dr Johan Burger van die Insti-tuut vir Sekerheidstudies, ons gassprekers. Jy mag dit nie misloop nie!

Die res van die week hou ons verskeie sigbaar-heidsoptredes met die hoogtepunt op Sater-dag 4 Desember wanneer ons ‘n groot be-markings- en promosie poging aanbied by ons Life Style Sentrum (PvR Sparsentrum) met ver-skeie stalletjies wat alles uitloop op ‘n heerlike bring en braai die middag om 16:00 waar-heen ons die hele gemeenskap uitnooi. Kom kuier sommer net lekker saam met ons en leer mekaar ook beter ken.

En dan ons groot gala-geleentheid op Vryda-gaand 28 Januarie 2011 wanner ons graag erkenning wil gee aan almal wat op beson-dere wyse bygedra het tot die veiligheid van ons gemeenskap. Meer hieroor later.

Page 10: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERAIE

9

Die laaste sondag van die derde kwartaal het ons jongmense, tydens ‘n standaard laaste Sondagmiddag kuier, voorgestel dat ons bietjie oor verhoudings gesels.

Verhoudings bly ‘n baie belangrike saak in el-keen van ons se lewens, trouens alles gaan oor verhoudings. Tog sukkel ons baie daarmee, en sukkel ons ook om verhoudings heel te laat word as daar eers ‘n knou was. En dan nog meer, is daar nog jou eie verhouding met God wat aandag en intensie nodig het.

Dit klink eintlik woes... maar dit is nie. Miskien moet ons net anders daarna begin kyk, en op-nuut weer ontdek wat die Bybel daaroor sê.

Die gesprekke was ongelooflik dinamies en jongmense het getuig van die verskil wat dit in hulle lewe gemaak het.

Die 14de Nov het Russell Fox by ons gekuier. Ek het hom laasjaar in die Kaap ontmoet en kon van die eerste sin af wat hy gepraat het nie ophou lag nie. Hy is ‘n baie toegewyde Christen wat kulkuns en komedie by-

mekaar gooi en homself ‘n “entertainer” noem.

Dit was ’n ongelooflike ervaring en ons het gelag dat ons nie kan staan nie.

Verhoudings Russel Fox

Belydenisaflegging

Al ons Belydenisafleggingsgeleenthede tot dusvêr hierdie jaar was baie spesiaal ge-wees!!

Dit is moeilik om dit in woorde te sit, so ek gaan nie eers probeer nie... Die jongmense van hierdie jaar het baie en baie deeglike voorbereiding deurgegaan.

Hulle stories is ongelooflik, die diepte van hulle bewustheid van God is merkwaardig. Alle eer aan Hom.

Ons het hierdie jaar prober om ’n baie meer persoonlike benadering te volg as in die ver-lede en dit het uitsteklend gewerk. Ons sien uit na volgende jaar se Bely en Leef!

Page 11: Familienuus Desember 2010

10

Sondag Maandag Dinsdag

5

Ichtus Visvangnaweek 5

08:00 Diens

10:00 Diens—DOOP

13:00 Afrikatalediens

18:30 Vars

6

7

12

09:00 Diens

18:30 Vars

13

SKOOLVAKANSIE

14

SKOOLVAKANSIE

19

09:00 Diens

GEEN VARS

20

SKOOLVAKANSIE

21

SKOOLVAKANSIE

26

WELWILLENDHEIDSDAG

09:00 Diens

GEEN VARS

27

VAKANSIEDAG

28

SKOOLVAKANSIE

Page 12: Familienuus Desember 2010

11 11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

1

2

3

Ichthus Visvang-

naweek

19:00 YA’s

4

Ichtus Visvang

naweek

SOLO KERS-

AFSLUITING

8

9

10 SKOLE SLUIT

11

SKOOLVAKANSIE

15

SKOOLVAKANSIE

16

VERSOENINGSDAG

SKOOLVAKANSIE

17

SKOOLVAKANSIE

18

SKOOLVAKANSIE

22

SKOOLVAKANSIE

23

SKOOLVAKANSIE

24

SKOOLVAKANSIE

25

KERSFEES

09:00 DIENS

29

SKOOLVAKANSIE

30

SKOOLVAKANSIE

31

OUJAARSDAG

18:30 DIENS

23:15 DIENS

2 Jan 2011

09:00 Erediens

9 Jan 2011

09:00 Erediens

(DOOP)

Page 13: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

12

NUWE GENERAIE

Hieha, dis November maand en wat‘n jaar het ons nie gehad nie!! Ek wil sommer eerste begin deur vir Jesus ‘n grote dankie te sê vir al die kindersgesiggies wat Hy vir ons geleen het, hierdie jaar, dankie vir al Sy liefde, genade, beskerming en dat Hy ons Koning in ons lewens is! Dankie vir al die “godly mo-ments” wat ons saam met die kinders kon ervaar. As ons elkeen moet opnoem gaan die Familienuus ‘n paar volumes dik wees.

Die volgende groep mense is die mentors. As ek ‘n lofsang soos Dawid kon skryf, sou ek dit beslis aan julle opgedra het. Ek’s seker as Jesus weer ‘n kans kon kry om sy span dissipels te kies, sal julle baie

maklik vir ‘n Petrus of ‘n Johannes ‘n “go” kan gee! Dankie vir alles wat julle vir die kinders hierdie jaar beteken het. Ek kon hul met loshande aan julle toevertrou. Ek het dit al vir julle gesê: ek is bevoorreg dat elkeen van julle ‘n paragraaf in my lewensboek skryf.

Hiermee wil ek graag julle elkeen sommer by die naam noem: Mosterdsaadjies: Susan, Brenda, Susan H, Naomi & Mariaan; Gr 1-3:

Annalien, Elizma, Marné, Nicole, Mariska, Marlene, Zané, Gideon, Anro, Carmi & Anneke; Gr 4-6: Derek, Annerine, Jeandre, Chantelle, Lindi, Eugene V T, Eugene, Rona, Imogen & Karen; Gr 7: Mari, Zinda & Tanita!

Dan die kinders. Elke Sondag bruis die energie deur my are as julle so lekker hard “Amen” sê, skreeu of doen. Ek’s ook seker Jesus wag elke Sondag net vir julle “Amen”! Dankie vir elkeen van julle se “hugs”, “high fives”,”smiles” of som-mer net ‘n hallo. Julle kinders laat ons weereens net besef hoe groot Jesus is – julle is elkeen ‘n baie spe-siale geskenk van Hom af. Elkeen van die mentors is netso bevoorreg om saam met julle en Jesus ‘n pad te kan loop! Dankie dat julle elke Sondag saam met ons julle energie & liefde vir Jesus kom deel het. Ek bid vir elkeen van ons kinders dat julle sal weet, sal voel, sal ervaar dat Jesus by julle is met elke asemtuug, elke tree, elke skreeu, elke spring, elke toe-oë-klaas-vakie-slaap!

Die Kidz-band! Whoaw julle het “gerock” hierdie jaar. Dankie vir al julle toewy-ding – ek weet dis nie maklik om elke Woensdagaand te oefen nie, maar julle was daar! Elna, dankie vir jou musiek-passie & jou liefde vir onse Heer. Jy het dit laat afsmeer aan die kinders in die band! Dankie dat julle elkeen julle talente wat die Here vir julle gegee het met ons gedeel het hierdie jaar .

Die stemme – ja, dis nou die poppekas groep! Eintlik moet ek erken dat die poppekas ‘n groot droom van my was. Ek het nie gedink dat ons die droom so vinnig in ‘n werklikheid kon omskep nie. Elke slag as ons poppekas hou, voel dit vir my of ons in ‘n ander wêreld instap saam met Jesus – dis net een woord WONDERLIK!!!! Baie dankie Jakobus Jakkels, Cheeky, Migdana, Daniel Donkie & die Kruis (“guess what” - ons beplan nog ‘n groter familie!)

Die kantoor-span: Peet, ons kon nie hierdie jaar sonder julle soveel goed aangepak het nie. Dankie vir al julle tyd, julle geselse, julle papier, penne, skêrre & beslis julle verstaan en geduld as ons op die nippertjie dinge verander wil hê.

Die jeug-span: ek weet ons het eintlik die heel lekkerste werk in die wêreld. Baie dankie dat ons, ons

passie so saam kan uitleef & net elke dag saam kan ervaar hoe Hy vir ons idees, planne & energie gee

om Sy liefde te kan uitdra! “Amen, Amen”.

Dankie…….

Page 14: Familienuus Desember 2010

13

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI

Thy Kingdom Connected Henk Janse van Rensburg

ons lig vir die wêreld moet wees soos die stad op die berg (vergelyk Matt. 5:14). Te maklik is ons lig eerder soos ‘n vuurtoring. Ons waarsku almal maar beteken nie einte-lik veel nie. Ons moet soos ‘n stad wees waar almal deel in die lig van God.

Hierdie boek daag elkeen van ons uit om anders oor die kerk en mense te dink. Te maklik gaan die lewe net oor onsself en ons eie behoeftes. Die skrywer verwys daarna as onpersoonlike verbindings (ek-dit ver-houdings). Soms staan ons met mense ook in sulke onpersoonlike verhoudings dat ons hulle nie ag vir wie hulle is nie. Ons behoort by persoonlike verhoudings uit te kom (ek-jy verhoudings). Mense is uniek en kosbaar. Daarom behoort ons ruimtes te skep waar mense God kan ervaar, ontmoet en Hom kan dien. Ons moet met mense hande vat om saam God se koninkryk uit te brei.

As ek anders ook mense begin dink, dan noop dit my om ook anders op te tree. Die skrywer noem dit “add-ing.” Dit beteken om twee dinge bymekaar te voeg wat nie noodwendig bymekaar hoort nie, maar ter wille van die verhouding kan mens dit by-mekaar voeg. As iemand anders dink oor ‘n saak, kan ek hom akkommodeer twv die verhouding wat daar is. So kan God se saak gedien word. Dit bly ‘n uitdaging, maar hierdie boek het my gehelp om anders te kyk.

Miskien daag dit jou ook uit om anders na ander te kyk. Dalk is jy juis deel van God se netwerk om sy koninkryk daar waar jy is te laat kom.

Kontak my gerus as jy hierdie boek wil leen

om te lees.

Hierdie is ‘n baie interessante boek. Die sub-titel het my ook getrek: “What the church can learn from Facebook, the Internet and other networks.” Ek het nog nie aan die koninkryk van God gedink as ‘n netwerk nie. In die boek daag Dwight Friesen ons uit om aan God se nuwe wêreld te dink as ‘n net-werk met verskillende verbindings (“links”). Ons almal staan met iemand in verhouding en vorm dus ‘n netwerk. Het jy al so daaroor gedink? Watter invloed het jy op jou netwerk van familie, vriende, kollegas en ander mense?

Ons is aan mekaar verbind en miskien is ek en jy deel van sekere netwerke om juis God se lig en lewe daar te wees. Ons is soos suur-deeg wat netwerke infiltreer. Verder gebruik die skrywer die treffende beeld van Jesus dat

Page 15: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

14

GELOOFSGROEI

Indien jy binnekort wil doop, kontak asseblief die kerkkantoor om te registreer vir die volgende Doopgesprekke.

Datums vir komende doopgeleenthede:

5 Desember & 9 Januarie

Bybelreis

Hierdie jaar se Bybelreis was ‘n ongelooflike verdiepende ervaring. Daar is verskeie temas in die Skrif en gedeeltes uit die Skrif hanteer op Stephan se unieke, vars manier van aanbieding.

Dit was ‘n absolute fees en ons sien uit na 2011 se Bybelskool. Een van die veranderinge wat ons gaan aanbring in 2011 is om die aande van die Bybelskool minder te maak, maar die tyd so ietwat langer. Dis nie altyd moontlik in ons besige lewens om al die “baie” aande by te bring nie en ons het geoordeel dat minder aande en meer inhoud dalk die probleem gaan oplos. Daar is ook weer ‘n kwartaallikse “lang” oggend vir die wat dan tyd het.

Kom groei saam in 2011 en kuier saam met Stephan Joubert oor die geheimenisse van die Skrif.

Romeine

11:29

“As God eenmaal aan mense sy

genadegawes geskenk en hulle

geroep het, trek hy dit nooit weer terug

nie”

Doop ….Ek weet aan wie ek behoort

Daar word baie gepraat oor die doop en sekerlik beteken dit verskillende dinge vir verskillende mense. Ek het van 5-7 Oktober ’n werksessie bygewoon wat juis oor die vraag van die doop nagedink het. Ek deel graag ’n paar van my indrukke:

• Kan jy onthou wanneer jy gedoop is? Indien moontlik probeer uitvind en vier jou doopdatum soos jy jou verjaarsdag sou vier. Herinner jouself en jou kinders dat jy en hulle aan God behoort en dat God ons Syne maak.

• Ons maak nie genoeg van die doop nie. Ons dink baie keer dit is iets wat ons net moet afhandel in ’n erediens dat die diens kan aangaan. Die doop is krities belangrik in ons verstaan van God se genade.

• Ons leef nie uit ons verstaan van die doop nie. Die doop moet ons telkens verseker dat die Here vir ons elkeen lief is en nie net die klein kindertjies wat ons doop nie.

Die doop herinner my aan Wie ek behoort. Al weet ek nie altyd self wie ek is nie, herinner die doop my daaraan dat ek aan God behoort. Niks kan my van Sy liefde skei nie (vgl Rom 8:31-39) As jy met my hieroor wil gesels, kontak gerus vir Henk Janse van Rensburg.

Page 16: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

15

MENSWEES EN KUNS

Soos seker maar die meeste van ons vrouens, het ek nog altyd gedroom van my eie klein wonderwerkie wat op my skoot kan klim en my styf kan vashou en vertel hoe lief hy sy mamma het.

Toe ek my sielsgenoot ontmoet en met hom getroud is veertien jaar gelede, het die be-hoefte nog sterker geword. Ek het myself probeer indink hoe ons seuntjie sou lyk, wie se oë sou hy hê, wat se kleur hare, sou hy so slim soos sy pa gewees het, of so lief vir mense soos sy ma?

Groot was die hartseer toe ons besef, dat ons drome dalk nooit bewaarheid sou word nie. Ons is deur verskeie behandelings, elk met sy eie “emotional rollercoaster”. Baie water het in die see geloop en die tyd het aangestap. Soms het dit gevoel of ek nooit uit die swart gat gaan kom nie en soos ek dink baie van ons maar doen as dinge be-gin swaar raak, het ek begin twyfel in my geloof. Ek het begin vra wat het ek verkeerd gedoen, is daar ‘n sonde wat ek nog nie bely het nie en is dit die rede dat ek nou “gestraf” word.

Wat ek vandag met oorgawe kan getuig, is dat ek deur Jesus gedra is tot waar ek is vandag. Vandag kan ek terugkyk en soms wonder, hoe het ek dit gemaak tot hier? Hoe het ek elke keer weer opgestaan en aangegaan? Wel die antwoord is een-voudig: JESUS!!!! Hy het my gedra, Hy het my vasgehou toe ek so alleen gevoel het, Hy het my trane afgedroog, Hy het namens my gebid toe ek nie meer kon nie!! Hy het my ‘n wonderlike man en vriende gegee wat verstaan. ‘n Waarheid wat ek ook ont-dek het, is dat dit God se wil is dat ons kinders moet hê.

As liefdevolle Vader, wil hy ook dat elkeen van ons se hartsbegeerte vervul moet word. Ongelukkig bly ons egter in ‘n onvolmaakte wêreld. Jesus huil egter elke traan saam met ons en sal ons nooit alleen los nie. Jesus stuur ook mense op jou pad om ons te

vertroos en by te staan.

So is dan die Infertiliteitsbediening begin, deur mense wat weet en verstaan wat die pad behels en graag daar wil wees vir elke persoon wat op hierdie pad stap. Dit is nie ‘n bediening wat jy by “aansluit” nie, die oomblik wat jy daardie eerste keer besef dat julle nie swanger raak nie, is jul klaar deel van ‘n baie besondere groep mense.

Neem asb die vrymoedigheid en kontak ons. Jy hoef nie eens jou naam te noem nie, jy kan maar net gesels en weet dat die persoon aan die ander kant van die lyn of mail, jou hartseer ken en graag die pad saam met jou wil stap, wat dit ook al behels.

Groete in Jesus,

Henriëtte

Vir enige ondersteuning of navrae kontak

gerus vir

Liza (082 9906468) of Wardi (082 990 6453)

[email protected]

Infertiliteits Bediening

Page 17: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

16

Hoeveel keer het ons by onsself gedink – as ek maar net my kamera by my gehad het! Dit was miskien een van daai whoaw-oomblike wat jy wou vaslê. Kom ons vergeet van daai as-ek-maar-net-oomblikke & stap in hierdie Advent-tyd, met ons kameras in. Soos nou die oggend het die son net die mooiste ‘display’ vir ons kom gee en weet julle -dit was ook sommer pasella gewees. Kom ons maak hierdie Advent-Afwagting-tyd, ‘n kliek-vaslê-tyd. Dis ‘n goeie tyd om “trigger-happy” te word, want dis somer-tyd, dis reën-tyd, dis groei-tyd, dis eksamen-tyd, dis vakan-sie-tyd, dis familie-tyd, dis Kersfees-tyd! Daar is soveel dinge rondom ons, wat net “wag” om afgeneem en vasgelê te word. Dit maak nie saak of jy nou nog vasgevang is met werkgoed, eksamengoed of kinders-skool-goed nie, die tyd is hier – maak jou “memory”-kaarte skoon, pak jou kamera-sak, laat ons die Advents-tyd in ‘n foto-neem-paradys-tyd verander.

Ons wil net kom dankie sê vir elkeen wat jul foto’s en jul foto-stories met ons kom deel het, hierdie jaar. Ons het so baie bymekaar geleer oor ons fotografie-passie. Baie dankie.

Ons wens julle ‘n Vreugde volle Kersgety toe. Laat ons saam met die engele koor Sy Naam groot maak dmv ons fotos!

Alleen, enkel ouer. Dit mag dalk woorde wees wat SOLO beskryf, maar nie ons groep nie. Ons “Solo” Bediening skep ‘n geleentheid vir enkel ma’s en pa’s om ‘n plek te hê waar hulle kan deel en tyd spandeer met ander wat hulle behoeftes ken en verstaan.

As ‘n groep het ons geleer om mekaar geeste-lik te help, ‘n skouer te leen om op te huil en kinders oppas indien nodig. Ons het ook baie beslis pret en plesier by ons maandelikse infor-mele koffiedrink geleenthede asook ons meer formele funksies. Dit is ook lekker om te sien hoe die “kids” saamspeel, mekaar help en leer. Dan is daar natuurlik “die naweek” met nog meer pret en plesier, waarna almal baie uit-sien. Ons kamp by Kwaggasrus, 12 tot 14 No-vember.

Kontak Karel, Freddy of Lizette gerus en word deel van ons “Solo” familie.

Ds Karel Verhoef – 083 297 1242

Freddy Klinkhamer – 083 631 0085

Lizette Klinkhamer – 078 077 9394

Solo … enkel ouer, maar nie

alleen!

Page 18: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS MENSWEES EN KUNS

17

2010 was ‘n besige en vinnige jaar! Dit het bedry-wig gegaan met die Dekor en stelbou kringe :

Januarie het VARS begin en helder groen was die nuwe swart.

Februarie Paasspel –die Joker het gaste ver-welkom by sy Hotel X-Ordinaire! Jack Sparrow, Daisie de Ripper, Judas en Pilatus het lekker ge-kuier in die kroeg – Rock se link nat spiere het ons asems weggestlaan. Kinder dissipels het geleer van nagmaal en vrolik rond gehuppel met linte…. en toe, dit waaroor dit gaan, die uitbeelding van Jesus se kruisiging, so eg dat mens die hoendervleis nie kon keer nie.

Maart het ons Palm Sondag gevier, Lizette, familie en vriende het met jubel en vlae die atmosfeer geskep en Ds Sampie deel die mooiste boodskap.

April se Goeie Vrydag aanddiens - hoe kon ons nie tot stilstand kom en weereens besef hoe groot God se liefde moet wees… maar Sondag het ons SY opstanding gevier, Elmo het omring met dekor van wit en silver, God se vergifnis aangekondig en ons het geweet – Hy het waarlik opgestaan!

Mei - Augustus, winter maande, kombersie projek en die predikinge oor Mattheus 5: ”Salig is hy wat...”.

September ons lente maand, met pienk en wit blomme, boodskappe van ‘n nuwe begin

Oktober die mooiste maand en ons Dankfees was op hande. Wonderlike besoekers van oorsee met boodskappe net vir ons gemeente, pampoene en ruikers, koeverte in mandjies – hoe wonderlik die gevoel om iets te kan gee as bydra tot die verkondiging van Sy Woord!

November is ons uitsorteer maand, klaar maak van take en verpligtinge, almal is moeg en sien uit na ‘n vakansie, Oranje - ons “power color” - Die kleur wat emosies balanseer en entoesiasme aanwakker om die laaste “stretch” moontlik te maak.

Desember vier ons die koms van Christus – sy eer-ste en tweede koms, 5 Kerse, elk met ‘n be-tekenis, Verwagting & hoop, verkondiging, vreugde, reinheid, Christus se kers van Liefde

Met elke maand kon ons die een of ander belangrike gebeurtenis as Christene saam vier - Skenk ons ‘n helder somer Kersfees, in hierdie land O, Heer! -Ansie

Dekor en Stelbou Aardklop het gekom en Aardklop het gegaan. En wat ‘n smulfees was dit nie vir al die kloppers” nie.

Aardklop het vanjaar ‘n uitstaande program met meer as 70 produksies aangebied. Iets vir elke fynproewer, van opera en dans tot splinternuwe dramaproduksies.

Ek het die geleentheid gehad om saam met “Oupa en Ouma op die stoep” te gaan sit en hoor of daar regtig nog iets is om oor romanties te raak na 42 jaar van die huwelikslewe. En al-hoewel dit lyk asof dit al moeiliker raak soos die jare verbygaan, kan daar nog vonke spat tussen die ou getroudes. Al is daar nie veel meer om oor te praat nie weens hul mekaar so goed ken, is daar wel dinge waaroor mens nog opge-wonde kan raak soos ‘n nuwe kleinkind.

Johan en Lida Botha het hulle rolle uitstekend vertolk en hulle liefde vir mekaar het baie duidelik na vore gekom in hierdie toneelstuk wat vol sale getrek het. Die dekor, rekwisiete en musiek was baie gepas en het baie bygedra tot die gevoel van die hele stuk.

“Skollies” is ‘n toneelstuk wat aanspraak gemaak het op die Aardklop-Smeltkroesprys. Stian Bam (Dawid van 7de Laan) en Brendon Daniels is twee tronkvoels . Stian sit in die tronk oor hy sy vrou afgeloer het en Brendon omdat hy nie sy televisie lisensie betaal het nie. Die vonke spat sommer vinnig tussen die twee “inmates”. Die dekor was lewensgetrou en die komedie was vin-nig, soms onwettig en heeltyd opwindend.

Die hoogtepunt van die fees vir my was “Gretha die Pers Heks” deur die Hoezit-tydskrif en die ATKV. Soveel van skerp humor het ek lanklaas gehoor. Die pers heks het kinders en volwassenes bekoor. Sy sal my defnitief weer in haar gehoor vind.

Dit is baie jammer dat Aardklop slegs een keer ‘n jaar kom. Moet dit nie volgende jaar in Potchefstroom misloop nie. Sien julle volgende jaar by Aardklop, as dit die Here se wil is!

Estelle

Aardklop 2010

Page 19: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS

18

DIEPER DINK

“Ons het van die platteland af hier ingetrek en was nie gelukkig in hierdie groot gemeente nie. Nadat ons by ‘n selgroep ingeskakel het, het hulle ons tuis laat voel hier. Nou is ons baie ge-lukkig hier.”

Of “Ek het kanker, en my selgroep sal nie eers besef hoe baie hulle vir my beteken in hierdie tyd nie”.

Dis enkele getuienisse wat gehoor is tydens die kleingroepe se eerste familiefees wat in ‘n baie lang tyd gehou is. Op 21 Oktober 2010 het Phil Underwood by ons gekuier en vooraf het die kleingroepe almal lekker buite saam geëet. Ou kleeingroeplede kon weer saamgesels en die kinders het natuurlik die wêreld vol gespeel.

Die afgelope tyd het Ds Jan en Louise by am-per al die kleingroepe gekuier en so ook weer bande verstewig. Die oorheersende getuienis uit die groepe bly steeds dat die ondersteun-ing, aanvaarding en liefde wat hulle kry die belangrikste “bestanddeel” van ‘n gelukkige kleingroep is.

As jy/julle ook graag wil inskakel of meer van kleingroepe wil weet, kontak ons gerus!

Ons wil graag hê dat jy ook deel van die ervar-ing moet wees.

Louise Jackson 083-348-8304

Amanda Smit (kerkkantoor) 012-662-1708

Kleingroepe

Page 20: Familienuus Desember 2010

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleethede en behoeftes bekend te maak.

Daar is tans verskillende ma-niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Maandelikse advertensies:

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die maand-blad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708 [email protected]

Ons help mekaar

FAMILIENUUS INLIGTING

Sondae: Skoolvakansies

09:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Tye

Kerkkantoor:

Ma: 11:00—16:00

Di - Do: 08:00—16:00

Vr: 08:00 - 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

19

Visvang Naweek

Hoeke, sinkers, visstokke, katrolle, alarms, skepnette, vislyn, aas, hmm “floaties” en dan praat ek nog nie eers van al daai bot-telstjies “mutie” nie. Elke visserman het sy eie

resepte’, nee wag, elke visserman het sy eie kas vol ‘magical stuff’!

Dis presies waarvoor die Visvang Naweek is. Kom toets jou ‘magical stuff’ uit. As jy nie ‘magical stuff’ het nie, moenie “worry” nie. Ons het ook ‘n span van vissermane wat weet hoe die visse se koppe werk & hulle wil graag daai weet-goed met ons deel. Kom net saam!

Ons gaan visvang by Rietspruitdam – Club Amigos (dis naby Ventersdorp) vanf 3 – 5 Desember. Die kostes is R185 per per-soon en sluit in: kos, kampeerplek, andere. As jy nog nie ‘n inskrywings vorm het, kom kry ene by die Jeugkantoor.

Vir enige vrae kontak:

Annalien 076 176 8320 of

Izette 082 823 7524

Page 21: Familienuus Desember 2010

20

FAMILIENUUS

OM OOR TE LAG

GLIMLAG

Die geboorte van Jesus : (Lukas 2: 1—7) Vers 7 : Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie

Deurmekaar hare: God sê in sy Woord dat elke haar op ons hoof getel is .... So, as jou hare deurmekaar is vandag - Moenie bekommer nie - Dit is dalk net ‘n engel wat besig is om “stocktaking” te doen! Klein Anna- Marie sit op oupa se skoot terwyl hy vir haar Bybelsto-ries lees.

Sy streel oor oupa se geplooide gesig en ook oor haar eie en vra toe: "Oupa, het die Here vir oupa ge-maak?" "Ja, my ding," antwoord hy "dit was sommer al lank gelede." "Het Hy my ook gemaak?" kom die volgende vraag. "Ja, my skat, maar dit was som-mer net nou die dag" antwoord

oupa weer. Terwyl sy weer oor albei se ge-sigte voel, sê sy "Hy raak al beter en beter nê oupa?!" Die seuntjie sit in die kerk en sien hoe die diakens in die gang afkom en kollekte opneem. Hy leun oor na sy ma toe en sê " Moenie vir my betaal nie ek is

nog onder ses!"

Page 22: Familienuus Desember 2010

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected])

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Werner/Ronel du Toit (YA’s) - 082 339 8925/082 374 4146

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

21

In Swakheid

Die Here het geweet dat ek dalk

hoogmoedig kan word oor die

wonderlike dinge wat Hy my

gewys het. Daarom het Hy my ‘n

problem gegee en ek is nou soos

iemand wat met ‘n pynlike doring

in sy liggaam leef………

Ek het driemaal gebid oor hierdie

saak en die Here gevra om dit

weg te neem. Maar Hy het vir my

gesê:

“Die genade wat Ek jou gee is

genoeg. Hoe swakker jy is, hoe

meer kan my krag deur jou werk”.

Daarom verkies ek nou om oor

my swakheid groot te praat,

want as ek swak is kan die krag

van Christus in my woon. Ek is

eintlik bly as ek ter wille van

Christus swak is of beledig word

of in die nood is of vervolg word

of in ‘n hoek gekeer word. Want

as ek swak is, dan is ek sterk!

JA!! (met ‘n sug) almal van ons,

groot of klein, het ‘n doring in die

vlees.

Ja!! (met ‘n glimlag) Jesus

Christus maak ons sterk!

VERWERK UIT: Hou U my hand

Deur: Jan de Jongh van Arkel