familienuus maart 2010

22
FAMILIENUUS Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Kyk gerus hierna! Gemeenteraad drome 2 VSA belewenis 2 Trauma Oorwinnaars 4 Infertiliteitsbediening 6 Hotel Xtra-Ordinaire 7 Jeug energie! 14 E-Evangelisasie 17 Vrouefees 18 Oorlewing vir Ouers 19 Algemeen 2 Menswees 4 Geloofsgroei 8 Kommunikasie 9 Maandprogram 10 Nuwe Generasie 12 Famlielewe 16 Inligting 19 Glimlag 20 In hierdie uitgawe Het jy geweet dat elke instansie (dit kan ‘n gemeente of ‘n or- ganisasie wees), ‘n persoonlikheid het. Dit is moeilik om dit iets anders te noem. ‘n Mens (of Instansie) se persoonlikheid verklap iets van die invloede in jou lewe. Omdat jy/dit ‘n persoonlikheid het, het jy/dit ook ‘n storie. Daardie storie raak altyd onlosmaakbaar aan ‘n gro- ter storie. Ons groter storie as gelowiges het met Jesus te make. Dít is wat hier- die tyd van die jaar tot en met Paasfees in April, so ’n spesiale tyd maak. Ons maak weer ‘n bewus- telike konneksie met Jesus en dan is die vraag weer op die tafel: “Wie sê julle is Ek?” wat ook die titel van die boek is waaraan ons aandag gee in die Lydenstyd. Terug by persoonlikheid: “Wie sê ‘die gemeente’ is Ek?” Ons geloofsfamilie se persoonlikheid sê iets van die warmte (ontvanklikheid) van Jesus en onderstreep verder Sy reis met ons menswees. Dit is wat besoekers ge- woonlik vir ons sê en daarom is ons dankbaar vir jou meelewing en uitlewing van jou geloof. Dit is ons wens om in die nuwe era waarin ons gemeente mettertyd inbeweeg al hoe meer energie vir Jesus los te maak. Ons sien in ons geestesoë ‘n lekker vol dam waar die Gees van God die sluise oop- maak en waar ons uitleef – deur bedieninge en elders – wie ons dan nou in hierdie tyd sê Jesus is. Ons nooi jou uit om opnuut te reis met die vraag: ”Wie sê julle is ek?” Wie sê julle is Ek? ELMO PIENAAR Maart 2010 Lydenstyd tot Paasfees … Belangrike hoogtepunte! 7 Maart: Paasviering met ons Paasproduksie “Hotel Xtra-Ordinaire (Alle dienste) 14 Maart: Prediker: Ds Tienie Bosman 21 Maart: Prediker: Dr Andre van Niekerk 28 Maart: Palmsondag 1 April: “Tuin” Nagmaalviering (19:00) 2 April Diens: Goeie Vrydag (09:00) 4 April: Diens: Paassondag (09:00) Daar is weer ‘n Paasfeesprogram vir ons senior jeug en YA’s vanaf 29 Maart tot 4 April. REDAKSIE [email protected] Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien! 1

Upload: riana-janse-van-rensburg

Post on 16-Mar-2016

282 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Familienuus - Gebeure in PvR

TRANSCRIPT

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

Kyk gerus hierna!

• Gemeenteraad drome 2

• VSA belewenis 2

• Trauma Oorwinnaars 4

• Infertiliteitsbediening 6

• Hotel Xtra-Ordinaire 7

• Jeug energie! 14

• E-Evangelisasie 17

• Vrouefees 18

• Oorlewing vir Ouers 19

Algemeen 2

Menswees 4

Geloofsgroei 8

Kommunikasie 9

Maandprogram 10

Nuwe Generasie 12

Famlielewe 16

Inligting 19

Glimlag 20

In hierdie uitgawe

Het jy geweet dat elke instansie

(dit kan ‘n gemeente of ‘n or-

ganisasie wees), ‘n persoonlikheid

het. Dit is moeilik om dit iets anders

te noem. ‘n Mens (of Instansie) se

persoonlikheid verklap iets van die

invloede in jou lewe. Omdat jy/dit

‘n persoonlikheid het, het jy/dit

ook ‘n storie. Daardie storie raak

altyd onlosmaakbaar aan ‘n gro-

ter storie.

Ons groter storie as gelowiges het

met Jesus te make. Dít is wat hier-

die tyd van die jaar tot en met

Paasfees in April, so ’n spesiale tyd

maak. Ons maak weer ‘n bewus-

telike konneksie met Jesus en dan

is die vraag weer op die tafel:

“Wie sê julle is Ek?” wat ook die

titel van die boek is waaraan ons

aandag gee in die Lydenstyd.

Terug by persoonlikheid: “Wie sê

‘die gemeente’ is Ek?” Ons

geloofsfamilie se persoonlikheid sê

iets van die warmte

(ontvanklikheid) van Jesus en

onderstreep verder Sy reis met ons

menswees. Dit is wat besoekers ge-

woonlik vir ons sê en daarom is ons

dankbaar vir jou meelewing en

uitlewing van jou geloof.

Dit is ons wens om in die nuwe era

waarin ons gemeente mettertyd

inbeweeg al hoe meer energie vir

Jesus los te maak. Ons sien in ons

geestesoë ‘n lekker vol dam waar

die Gees van God die sluise oop-

maak en waar ons uitleef – deur

bedieninge en elders – wie ons

dan nou in hierdie tyd sê Jesus is.

Ons nooi jou uit om opnuut te reis

met die vraag: ”Wie sê julle is ek?”

Wie sê julle is Ek? ELMO PIENAAR

Maart 2010

Lydenstyd tot Paasfees … Belangrike hoogtepunte!

7 Maart:

Paasviering met ons Paasproduksie

“Hotel Xtra-Ordinaire (Alle dienste)

14 Maart:

Prediker: Ds Tienie Bosman

21 Maart:

Prediker: Dr Andre van Niekerk

28 Maart:

Palmsondag

1 April:

“Tuin” Nagmaalviering (19:00)

2 April

Diens: Goeie Vrydag (09:00)

4 April:

Diens: Paassondag (09:00)

Daar is weer ‘n Paasfeesprogram

vir ons senior jeug en YA’s vanaf

29 Maart tot 4 April.

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat

jy in ons blad wil sien!

1

Soos ons gesprekke voer, ver-gaderings hou en die konfer-ensie beleef, sal ons ons in-

sigte deel op ons webwerf en ons wil jou uitnooi om saam met ons te gesels en jou vrae en gedagtes te deel.

Ons gaan met van die beste breinkrag op die planeet in gesprek wees en wil graag

sien dat elkeen wat belangstel elke tree van die reis in die gees meemaak.

Bid veral vir ons span vir insig, helderheid, visie, energie asook (en veral) vir reis-genade!

Leef die reis mee op ons web-

werf. Alles wat jy wil weet en waaroor jy wonder, is daar.

Ons program lyk as volg: 13/3 : Johannesburg - Atlanta

14/3: Atlanta - Los Angeles 14-17/3: Los Angeles 18/3: Los Angeles - Seattle 18 - 22/3: Orca’s Island WA 22/3: Orca’s Island - Seattle

23/3: Seattle 24/3: Atlanta - Johannesburg Dit gaan ‘n intense klompie dae wees. Bid asseblief dat

ons die maksimum daaruit sal ontgin vir ons Geloofsfamilie.

Soos ons berig het in ons eerste Familienuus is ons leraars druk besig om voor te

berei vir die beoogde studie-toer na die VSA.

Dis ‘n unieke geleentheid om

aan van die top Christelike leiers, navorsing en inligting blootgestel te word en ons leraars (en die Geloofsfamilie) gaan nog vir jare die vrugte

pluk van hierdie baie visionêre en invloedryke be-lewenis.

Ons wil jou uitnooi om saam met ons te bid en in die gees saam met ons te reis! Ons gaan op ons webwerf en op “Twitter” probeer om baie

gereeld ‘n reisverslag te doen en ook dit wat ons beleef te deel.

Nee! Nee! Dis nie wat jy Son-dagoggend doen as die dominee se preek effens

uitrafel of Sondagmiddag na middagete nie. In enige or-ganisasie is dit belangrik om ‘n duidelike uiteengesette doelwit na te streef. Dit is

waarom organisasies baie tyd en geld spandeer om visie en missiestellings te ontwikkel en dit by hulle personeel in te skerp. In ons “organisasie” is

dit dieselfde. PvR GK se droom staan in groot letters in die kerk en is ook voor op die Familienuus: “Saam op Reis

na Heelheid in Christus”.

Vir ons by die Gemeenteraad is daar egter ‘n paar belang-rike aspekte rondom ons

droom.

Eerstens moet almal verstaan

wat die droom beteken.

‘n Uiteensetting van die droom is nodig om onduide-likhede uit die weg te ruim en almal betrokke (permanente en tydelike personeel sowel as vrywilligers) te laat werk na

dieselfde doelwitte.

Tweedens moet die droom nie net woorde bly nie. Of an-

ders gestel, ons moet nie net

droom oor die droom nie, dit moet ook tot uitvoering kom. Dis hier waar die droom sy

inslag in die strategiese be-planning van elke bedienings-

area moet kry.

Dis die GR se funksie om die droom lewendig te hou en te verseker dat dit in al sy vorme

tot uitvoering kom.

Ons wil elkeen van julle uitnooi om op 7 Maart (en die maande wat voorlê), saam met ons te reis waar ons, ons droom gaan uitpak en gaan

verduidelik wat ons verstaan

wat God vir ons ten doel het.

Ons gaan ook gereeld terug-voer gee oor waar en hoe ons

droom realiseer.

PVR.2(USA)10 … ‘n wen formule!

Ons droom … en bou ’n toekoms! Sybrand van den Berg

FAMILIENUUS ALGEMEEN

2

www.pvr.co.za/profile/PVR2USA10

Die woord ‘leefstyl’ word op velerlei maniere gebruik. Op die uiterlike het dit te make

met ondermeer sosiale ge-bruike, kleredrag, eetge-woontes, gesondheid en an-der aspekte. Die ietwat dieper betekenis van die

woord leefstyl het te make met die gedagte dat ons be-wustelike of onbewustelike keuses maak in die lewe ten opsigte hiervan, eetgewoon-

tes en andere. Hierdie keuses is op ‘n manier ‘n refleksie van ons waardes en gesind-

heid.

Nou kom ons lees bietjie die gedagtegang terug: Indien ons as gelowiges waarlik be-

invloed word deur ons ver-houding met Jesus sal ons waardes en gesindheid dit mos reflekteer en dan sal dit eintlik terugwerk tot by wat

ons eet, oefening wat ons

doen en so meer.

Spits jou ore vir die treffer leef-

stylbediening wat binnekort geloods word. Dit is ‘360 Lewe’ wat juis aan die drie kernelemente van ons lewens aandag skenk: Beter eetge-woontes, gesonde oefening

(nie oormatig nie natuurlik,

buiten vir die adrenalien ‘junkies’) en ‘n dieper en ryker persoonlike verhouding

met die Here.

Kontak: Elmo Pienaar of

Gert Pelser (082 410 7645)

Wat ‘n voorreg!

Die opnames van sy aanbieding is beskikbaar as jy belangstel, en

sy webwerf is:

www.velocityculture.com

Dr Ron Martoia van Michigan in die VSA het by ons gekuier in Februarie. Hy het vir E-kerk ‘n

seminaar aangebied in ons ouditorium en ook ‘n uitstekende en inspirerende gesprek gehad

met ons uitgebreide leiersgroep.

Asemhaling vir die siel

360 Lewe … begin met oorgawe leef! Elmo Pienaar

Ron Martoia … dit was nou lekker!

Dick Eastman (The Hour that changes the world) het hierdie eenvoudige riglyne vir ‘n lewende gebedslewe voorgestel

en dit werk op ‘n wonderlike en krag-tige wyse.

Hy het 12 riglyne (hier is net 8 uitge-haal). As ‘n mens 2 of 3 minute aan elkeen spandeer, is dit sommer vinnig wat jou gebedslewe getransformeer

word deur die Heilige Gees tot ‘n kragbron wat elke faset van jou lewe aanraak en voed. Waag die kans en beleef die verskil!

Maak gebruik van die geleentheid tydens jou stilword tyd, of voor die diens begin om rustig die volgende gebedsele-

mente deur te bid:

• Lofprysing • Stil oorgawe van die siel • Erkenning van skuld (Reiniging) • Onthou die wêreld (Voorbidding) • Deel persoonlike behoeftes • Erken en bely my seëninge

• Luister in stilte • Lofprysing

FAMILIENUUS ALGEMEEN

3

Infertiliteitsbedieningbyeenkomste:

23 Junie, 20 Oktober

“Boundaries” kursus:

Maandag – Donderdag, 01 – 04 Maart, 19:00

Op Reis belewenis:

Dinsdae 02, 09, 16, 23 Maart, 19:00 – 20:30

Positiewe ouerskap - opleiding:

Vrydag, Saterdag en Sondag (Afsluiting)

12- 14 Maart

Trauma Verwerking:

Donderdag, 11 Maart, 15 April 19:00 – 20:30

Traumahantering:

Donderdag, 6 mei, 19:00 – 20:30

Meer besonderhede www.pvr.co.za

Dien TRAUMA die nekslag toe ... Elmo

Menswees dagboek Elmo Pienaar

paar riglyne te gee vir mense wat ander wil bystaan wat

deur trauma geraak is.

“Disempowering Trauma, Trauma-D”, of te wel Trauma-hantering, het weer te make

met daardie mense (dalk jouself) wat deur trauma

geraak is.

By hierdie belewenis wil ons

jou help om jou lewe terug te neem sodat jy eerder ‘n oorwinnaar is as oorwonne en sodoende beheer oor jou

lewe herwin.

Moet asseblief nie die vol-gende geleenthede misloop nie. Dit is so ‘n belangrike saak

dat beide hierdie belewenisse

gratis aan jou gebied word.

Skryf gerus nou al in op ons webblad onder die menswees

rubriek:

Saam op reis. Lucille Zwemstra

Uit die blokke met ons eerste Traumagerigte belewenisse

vir 2010.

“Engaging with Trauma”, het sommer vroeg in die jaar weggespring terwyl

“Disempowering Trauma”

onlangs plaasgevind het.

By die eersgenoemde ge-leentheid het ons gesels met

die mense wat in die ge-meenskap vrywillig rondry en toesien dat ons almal veilig

slaap.

Hierdie belewenis sal voort-aan iets soos Greep op

Trauma genoem word, waar

die oogmerk is om net ‘n

FAMILIENUUS MENSWEES en KUNS

Elmo Pienaar is die Bedieningsleier van die Menswees- asook die Kunstebediening. Hy het ‘n Ph.D. gedoen in Narratiewe Terapie en is ‘n

geregistreerde pastorale terapeut. Elmo neem veral die prediking waar by die VARS! belewenis elke Sondag om 18:30. Hy is ‘n begaafde musikant wat sing, verskeie instrumente speel asook graag musiekver-werkings doen. Hy is getroud met Leoni,‘n fisioterapeut. Hulle het ‘n

babaseuntjie, Estiaan, en daar is nog ‘n jongeling op pad.

4

As beraders is ons by twee baie belangrike belewenisse in Menswees betrokke: Die

een is die Op Reis geleentheid wat reeds 2 Maart begin. Die koste beloop R150 en jy kan

by Amanda inskryf.

Die ander belewenis is die

“Hulpverleners” toerusting.

Dit het verlede maand plaas-

gevind en ons was verras oor die belangstelling. Ons het ge-hoor dat mense wat hierdie geleentheid bywoon graag kollegas, familie of vriende wil

bystaan in moeilike tye.

Jy kan sommer nou al inskryf vir Mei se geleentheid en later R100 inskrywingsgeld betaal

op ons webwerf onder die

“Menswees” rubriek.

Ons is bevoorreg om tans saam met heelwat mense te reis. Daar is baie sinvolle

gesprekke met egpare oor huweliksgroei en ook ander meer individuele ervarings. Ons beleef wonderlike genade van die Here met deurbrake

en groei in mense se lewens.

Huwelike en ander ver-houdings het nie uit die hemel

geval nie en vat maar harde werk – maar o, die beloning is groot. Indien jy daaroor ge-wonder het, vat dit van ons as beraders, julle verhoudings is nie die uitsondering wanneer

daar konflik, frustrasie en onaf-gehandelde dinge is nie. Kom kuier ook gerus by ons al gaan dit nie noodwendig sleg nie, dan maak ons die verhouding

net sterker!

Uit die Beradershart

FAMILIENUUS MENSWEES en KUNS

Life’s a Stage!

Die dekorbediening poog om sekere temas en boodskappe

deur die loop van die jaar, mbv papier, lap, blomme, kleur en sommer enigiets wat

werk, uit te beeld.

Ons het natuurlik uitdagings en pret met opvoerings, erediens temas, Paasfees, Kersfees, Be-ste van die Broers en vele an-

der spesiale geleenthede.

Dekoruitdagings voer jou ge-dagtes weg van jou werk, jou

skete en natuurlik jou stres!

Dink daaroor, jy sit met 'n spierwit verfdoek voor jou, allerhande kleure verf en natuurlik 'n verfkwas! Hoe sou

jou doek lyk ?.....toe, droom 'n bietjie, gee jou verbeelding vrye teuels! Natuurlik sal nie een van ons s'n dieselfde lyk nie, maar wat seker is, is dat

jou werk uniek en interessant

sal wees!

Smaak verskil mos, dus doen jy waarvan jy hou en wat jou ver-

beelding jou toelaat. Al vereiste is die tema en jou in-sette is nodig, want ons wil tog nie eentonig en voorspelbaar

raak nie...

As jy reeds moeg en gejaagd begin voel, kan jy gerus kreatief raak deur aan te sluit

by die dekorspan -

Adel, Albertus, Ansie en Berna.

As jy dalk belangstel en dit al

oorweeg het, kontak my gerus:

Ansie Greeff - 083 65 65 966

[email protected]

Grense wat vrymaak! Ons ‘Boundaries’ kursus skop sommer vinnig af, van 1-4 Maart.

By enige goeie spel is daar reëls: Ons kan mos nie in sokker die bal vat en begin hardloop nie. Die vryheid en genieting van die sport lê juis daarin dat ons by die reëls bly. God het ook bedoel dat die verskillende areas van ons lewenssport grense moet hê; en weet jy wat se ongelooflike vryheid jy sal ervaar in jou eie

menswees, familie en veral by die werk as jy begin leef binne die ‘buitelyne’ (grense) waarbinne God bedoel het dat ons

moet leef.

Hierdie is moontlik een van die beste vaardighede om in die lewe aan te leer. Dit gaan nie net jou persoonlike lewensvaar-digheid verhoog nie, dit gaan jou beslis help om in jou ver-houdings, vriendskappe en jou interaksie met kollegas met meer

gemak te funksioneer.

Bel sommer dadelik vir Amanda indien jy nog nie ingeskryf het

nie.

Koste beloop R150 per persoon of R200 vir ‘n gesin.

5

Waaroor gaan dit?

Ons gaan saam met mense op reis en bied ondersteuning

en bemoediging te alle tye vir egpare in die gemeenskap wat kinderloos is of sukkel met nog ’n wonderwerkie. Ons help deur:

ondersteuning, bemoediging, omgee, beskikbaarheid, opheffing, geestelike groei en vertroulikheid. Dus fokus ons nie net op mense wat sukkel

om vir die eerste keer swanger te raak nie, maar ook die wat dalk sukkel om ‘n tweede of derde keer

swanger te raak.

Ons bied bystand op ‘n een tot een basis (wat ons in

streng vertroulikheid hanteer)en bied ook eenkeer ‘n kwartaal n groepbyeenkoms aan waar ons oor aktuele temas praat, wat die mense

in ons bediening baie

waardevol vind.

Ons verhaal

Ons het deur die loop van 2009 ‘n spesialis trauma berader , Dr Braam Klopper, gekry om met ons te deel hoe ‘n mens deur die verskil-

lende stappe van rou gaan

en hoe om dit te hanteer.

‘n Deel van die reis waarop onsself is en ook die ander mense wat ons bystaan, is hoe om verlies te hanteer en

daardeur te worstel.

Die reis waarop die mense in ons bediening is, is baie een-saam en alleen. Daar is nie

baie mense wat weet hoe dit voel, om so erg te verlang na

‘n kind nie.

Hulle sê gou hulle weet hoe jy voel, maar voel hulle dit reg-tig? Het hulle uit die bitter beker gedrink waaruit jy moet

drink? Die seer loop baie diep in die mense waarmee ons gesels. Party paartjies drink gelukkig net vir ‘n kort rukkie uit die beker van bitter asyn.

Dan is daar die wat vir jare en jare elke dag en elke maand moet vat wat vir hulle voor-

gesit word, vrywillig of nie.

Dit is ‘n soeke na antwoorde op vrae wat niemand het nie,

nie as jy al op jou eie “Via Dolorosa” gestap het nie. Die hoekoms en waaroms van die lewe steek diep in ‘n mens se hart vas. Ons moedig die mense aan om nie

geestelik uit te sak nie, want dit is juis in God se Woord waar ons, ons krag vandaan kry. Die Here troos ons elke keer na ‘n mislukte behan-

deling, of na ‘n pynlike miskraam. Die genesing kom stadig. Vra maar die wat op daardie klipperige stofpad na

genesing is.

Ons deel nie net mekaar se trane en worsteling nie, daar

is ook mense wat geseënd was deur die jaar met hulle eersteling en selfs ook hulle tweede. Ons is bly saam met

hulle. Ons prys die Here wat hulle die wonder van lewe

geskenk het.

Daardie paartjies help ons

weer om die wie se knieë lam word op te tel, en wie se hande moeg is, sterk te hou. Ons bediening is die enigste wat die Here loof en prys as

ons minder word!

Ons droom

Ons verwag GROOT wonder-werke die jaar. Ons wil ook

ons droom van die grond af kry om mense finansieël by te staan wat nie die finansies het om vir ‘n behandeling te

gaan nie.

Onthou infertiliteitsbehan-delings word nie deur me-

diese fondse gedek nie. Die jaar 2009 was ‘n lang jaar wat baie mense finansieel geraak het. Ons wil graag daardie mense help wat nie die finan-

sies het nie. Daar is geen twy-fel dat ons glo die Here sal voorsien in hierdie spesiale mense se behoeftes, deur ons bereidwilligheid, om Sy

hande en voete vir ander tot

seën te wees.

Kontakbesonderhede

Wardi – 082 990 6453

Liza – 082 990 6468

Henriette – 082 557 6160

Fokus: Infertiliteitsbediening

FAMILIENUUS MENSWEES en KUNS

6

http://www.pvr.co.za/group/infertiliteitsbediening

“Om in ‘n Godonterende en materialistiese samelewing ‘n kind vir die Here groot te

maak, is ‘n geweldige groot uitdaging. Gelukkige, goed aangepaste kinders val nie uit die lug uit nie, maar is die pro-duk van toegewyde ouers

wat in gehoorsaamheid aan die Here hulle kinders toerus om sout en lig vir die wêreld

te wees” -Annièria McFarlane

Die Nuwelingbediening is ‘n splinternuwe toevoeging tot die Menswees bedienings-area wat jong ouers help om die aanpassings en uitdag-

ings van ‘n “derde wesentjie”

met kundigheid en groter

selfvertroue aan te pak.

Relevante temas sal op ‘n kwartaalikse basis bespreek word via die Nuweling-bediening en toepaslike spre-

kers sal ook gebruik word om hierdie temas in meer diepte te bespreek tydens die kwar-

taalikse byeenkomste.

Ons wil jou graag uitnooi om saam te kom kuier by die ooievaarstee van “Nuweling-bediening” wat beplan word

vir Maart.

Reeds in Januarie was die Dramabediening druk besig met die beplanning van die Paasproduk-sie van Sondag 7 Maart. Die teksskrywer het geskryf dat die rook trek en koppe is bymekaar gesit

om hierdie produksie iets te maak waaroor daar nog lank gepraat gaan word.

Aanvanklik was die “akteurs” maar traag om hulle name te kom opgee vir die verskillende karak-ters maar nadat lede van ons span hulle een Sondag buite ingewag het met hoede op die kop en hulle behoorlik geboelie het, het niemand ‘n kans gestaan nie en het ons, ons karakters ge-

had!

In Februarie het ons amptelik begin oefen om ‘n produksie uit die boonste rakke te lewer. ‘n

Paasproduksie waar die verlede en die hede bymekaar gaan uitkom. Moet dit nie misloop nie!

Welkom “Nuweling!”

“HOTEL X-TRA ORDINAIRE”

FAMILIENUUS MENSWEES en KUNS

7

http://www.pvr.co.za/group/nuweling

Ons sal nader aan die tyd meer inligting deurgee. As jy in hierdie lewensfase is, is hier-

die ‘n uitstekende geleent-heid om jouself toe te rus en sommer net lekker te kuier saam met ander wat

dieselfde uitdagings as jy het.

Intussen kan jy inteken op die Nuwelingbediening se gespreksgroep Die skakel is

bo-aan hierdie artikel.

Kontak:

Bennie Botha - 083 381 1214

Mariana Botha - 083 294 4800

Ons “Solo”-Bediening is die geleentheid vir enkel ma’s en pa’s om ‘n plek te hê waar

hulle kan deel en tyd span-deer met ander wat hulle be-

hoeftes ken en verstaan.

Daar word lekker gelag en pret gemaak, maar daar is ook troos en bemoediging vir

die aftye.

Kyk wat wag in die volgende

paar weke:

7 Maart – Zeta Parkie, swem

en braai

12 Maart – Informele koffie,

Blikkantien

16 April – Spreker, “Die Dak”

30 April – informele koffie, Blik-

kantien

Kom kyk die kat uit die boom

en word deel!

Ons wil jou graag ontmoet.

Solo … enkel maar nie alleen!

Ons het aan die einde van Januarie afgeskop met ons Bybelreis op Woensdae. Dit-

vind plaas om 19:00 - 21:15

Ons is ongeveer 120 mense wat Woensdagaande by-

mekaar kom om ons te ver-diep in die Woord. Stephan Joubert hanteer op die oom-blik met ons die verhaal van die kerk soos ons dit in die

boek Handelinge kry. Dit is baie insiggewend en die mense wat dit bywoon vind dit

baie verrykend.

Die Bybelreis word opgeneem op oudio CD’s, so as jy dalk dit

nie kan bywoon nie, is jy welkom om by die kantoor vir

jou die CD’s te bestel.

Die goeie nuus is dat die By-belreis nou ook sekere Woensdagoggende aange-

bied word vir mense wat in

die oggende beskikbaar is.

Dieselfde inhoud word ty-dens die oggendsessies ook

hanteer. Die volgende oggendsessie is Woensdag

10 Maart om 10:00.

Vir enige navrae kontak asse-blief vir Henk of Amanda by

die kerkkantoor.

Bybelreis - Nou ook in die oggend

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI

8

STEPHAN JOUBERT

Stephan is op verskeie gebiede in die kerk en

gemeenskap aan’t bedien. Hy is deeltydse leraar by ons en verantwoordelik vir o.a

die Bybelreis

Gedurende Lydenstyd, 14 Februarie tot 11 April, staan

ons as gemeente stil by die woorde van Jesus: “Wie sê julle is Ek?”, na aanleiding van Markus 8:29. Ons weet dat toe Jesus vir sy dissipels hierdie

vraag gevra het, het Petrus vol bravade Hom geantwoord: “U is die Christus, die Gesalfde van

God!”

Met Petrus se latere verloëning in gedagte kan ons meewarig sê dat hy duidelik nie geweet het wat

hy antwoord nie. Maar is ons meewarigheid geoorloof? Weet óns vandag regtig wie Jesus is, of is ons ook maar Petrusse wat Jesus se

Goddelikheid verklaar sonder dat ons werklik glo wat ons

bely?

Vier van die voorste Suid-Afrikaanse Nuwe

Testamentici, proff Jan van der Watt, Stephan Joubert, Francois Tolmie en Pieter de Villiers het ‘n boek geskryf wat

ons baie hiermee kan help.

Hulle het gaan uitvind wat ander deur die eeue van Jesus gesê het. Hulle gaan delf ver in die verlede en

luister onder andere wat die dissipels, sy familie en die vroeë kerkvaders oor Hom

Boekresensies Henk J van Rensburg

gesê het. Maar hulle hou nie daar op nie; hulle luister ook

wat sy teenstanders en selfs die inwoners van die

geestelike wêreld gesê het.

Hierdie boek rus jou toe om

’n persoonlike belydenis te

formuleer oor Jesus Christus.

Die boek lees maklik en in

eenvoudige taal word mens gehelp om meer van Jesus te leer. Ek kan met vrymoedigheid die boek

aanbeveel.

Die boek kan by CUM aangekoop word of vir ’n beperkte tyd by die kantoor

bestel word teen R70.

Kry dit gerus en laat ons

weet hoe jy dit beleef!

Webwerf Henk van Rensburg

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI + KOMMUNMIKASIE

Het jy al ons nuwe webblad besoek by www.pvr.co.za?

Ons webblad is baie uniek omdat dit een van die eerste gemeente webwerwe (in die wêreld!) is wat gebaseer is op

‘n “sosiale netwerk platform”.

Dit klink ingewikkeld, maar beteken eintlik maar net dat dit ontwerp is vir gebruikersvriendelike deelname. Dit werk min of

meer op dieselfde beginsel as “Facebook”.

Dit is dus nie net daar om vir jou inligting deur te gee nie, maar

ook om jou deel maak van ons geloofsfamilie se wel en wee.

Jy kan op die webblad registreer en deelneem aan al die

aktiwiteite. Jy kry jou eie bladsy waar jy foto’s kan laai en iets meer van jouself kan skryf. Jy kan ook kommentaar lewer op dinge wat op die webblad verskyn. Jy kan selfs artikels skryf of

plaas (blogs) waarop ander mense kan reageer.

Jy kan ook deel word van verskillende groepe wat reeds op die web bestaan en daaraan deelneem, soos byvoorbeeld

YA’s of Mannebediening.

Dis egter nie al nie. Al ons preke is ook in oudio-formaat op die web beskikbaar. Jy kan dadelik daarna luister of dit aflaai om later op jou tyd op jou rekenaar of Ipod te luister. Ons plaas ook van die media wat ons gebruik in ons eredienste daar vir

jou “ek wens ek kon dit weer sien” behoefte.

Die maandelikse Familienuus is ook elektronies beskikbaar en al die gebeure wat in die geloofsfamilie plaasvind word daar

aangeteken.

Behalwe dit is basiese inligting oor ons droom en bediening daar kort opgesom en al die kontakbesonderhede van ons

personeel en ander inligting is maklik om in die hande te kry.

‘n Ander lekker funksie is dat ’n mens kan sien watter ander lede van ons werf is saam met jou aanlyn en jy kan sommer ’n direkte geselsie(chat) begin met daardie persoon. Dis lekker om op hierdie manier nuwe mense te leer ken en nuwe

vriendskappe te bou.

Voorwaar ’n webwerf waar daar sommer baie gebeur en daar baie geleenthede is om nuwe ervarings te beleef, te

weet wat aangaan en nuwe vriende te maak.

So, hier is die uitnodiging nou!

Kom word deel van ons E-familie. Sien jou daar!

9

Dis die warmste tyd van die dag, snikheet. En hier in die

saal in Danville voel ons dit nog erger. Ek kyk na die on-geveer 70 mense, kinders, bejaardes, boemelaars, straatslapers, wat met hon-

ger oë kyk na die tafels waarop kos netnou bedien gaan word. Hierdie mense lyk soos ek; hulle pigmente lyk soos myne. Ek dink by my-

self: is dit hulle skuld dat hulle is waar hulle is? Of het om-standighede hulle windver-

waaid hier ingejaag?

Ek knoop hier en daar gesprek aan. Hulle raak aan my, gee my ‘n drukkie. “Dankie dat julle gekom het!” Ek kyk na mense wie se

harte oorloop van liefde en selfoorgawe om hierdie mense van ‘n goeie ete te voorsien. Die tafels word met sorg en liefde gereed ge-

maak. “Ons maak maar staat op skenkings wat ons ontvang.” Hoekom doen hulle dit? Is daar nie baie beter en ander dinge om te

doen nie?

Kerkwees is om in die oë van ‘n ander te kyk en jou boetie en sussie daar raak te sien.

En ek dink: Wat sien ek in die oë van ander? Wat sien Je-sus? En ek onthou: “Vir sover julle dit aan een van die ger-ingstes gedoen het, het julle

dit aan My gedoen.” Kom

ons gaan doen dit!

Pitkos

Matteus 25:31-46

Sampie Niemand

10

Sondag Maandag Dinsdag

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Matrix

18:30 Vars

1

19:00 Boundaries Kursus

19:00 DVK

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

2

09:00 Bybelstudie

19:00 Boundaries

19:00 YA’s

19:00 Afrikatale Biduur

19:00 Doopgesprek 2

19:00 Op Reisbelewenis

PAASVIERING

08:00 Diens & GEEN Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & GEEN Kinderkerk

12:00 Solo Braai

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr 8-11)

17:00 Matrix

18:30 Vars

8

18:00 Regshulpkliniek

19:00 Afrikatale Lees/Sryf

19:00 Leiersbyeenkoms

9

09:00 Bybelstudie

19:00 Hulpverleners kursus

19:00 Op reisbelewenis

19:00 YA’s

19:00Afrikatale Biduur

19:15 Beradings Opleiding

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk - DOOP

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr 8-11)

17:00 Matrix

18:30 Vars

15

18:00 Regshulpkliniek

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

19:00 FK

16

09:00 Bybelstudie

19:00 Op Reisbelewenis

19:00 YA’s

19:00 Afrikatale Biduur

19:15 Beradings Opleiding

MENSEREGTEDAG

09:00 Diens & GEEN Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

18:30 Vars

VAKANSIEDAG 22

Kamp (Gr8-9)

Kamp YA’s

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

23

09:00 Bybelstudie

19:00 Op Reisbelewenis

19:00 Afrikatale Biduur

19:15 Beradings Opleiding

PALMSONDAG

09:00 Diens – Geen Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

18:30 Vars

29

SKOOLVAKANSIE

18:00 Regshulpkliniek

19:00 Polisieforum

30

SKOOLVAKANSIE

11

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

3

05:30 Halftyd

19:00 Boundaries

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

19:00 Bybelreis

4

10:00 Senior Aksie

14:30 Naaldwerkklas

19:00 Afrikatale Bybelstudie

19:00 Boundaries kursus

5

18:00 PvR LAN

6

PvR Lan -

Tot 10:00

10

05:30 Halftyd

10:00 Bybelreis

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

19:00 Bybelreis

11

10:00 Senior Aksie

14:30 Naaldwerkklas

19:00 Greep op Trauma

19:00Afrikatale Bybelstudie

12

Positiewe

Ouerskap

19:00 Solo

Koffiedrink

13

Positiewe

Ouerskap

17

05:30 Halftyd

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

18

10:00 Senior Aksie

14:30 Naaldwerkklas

19:00 Afrikatale Bybelstudie

19

KAMP (Gr 8-9)

Kamp YA’s

20

KAMP (Gr 8-9)

Kamp YA’s

16:00 Nuweling

Bediening

24

05:30 Halftyd

19:00 Afrikatale Lees/Skryf

25

10:00 Senior Aksie

14:30 Naaldwerkklas

19:00 Afrikatale Bybelstudie

26

SKOLE SLUIT

27

SKOOLVAKANSIE

31

SKOOLVAKANSIE

FAMILIENUUS NUWE GENERASIE

12

Saam op reis

Wat ‘n voorreg om saam te reis met so ‘n ongelooflike groep mentors en leiers. Ons span bestaan uit 65 volwassenes en jong volwassenes wat

ons hart en passie vir die jeugbediening deel. Elkeen van hulle is meer as goud werd. Dankie vir die passie en vuur wat ek in elkeen van julle se oë sien brand vir

ons kinders en jongmense.

Wat is ‘n Christen Mentor?

• ‘n rolmodel vir Christelike gedrag en gesindheid

• ‘n Ondersteuner wat selfvertroue aanwakker

• Iemand wat leerervarings en kennis daarstel.

• ‘n Vriend wat belangstellings en ervarings deel.

• ‘n Bron van nuwe idees en inligting.

• ‘n Vertroueling wat luister, omgee en inspireer.

• ‘n Gids wat uitdaag om God se plan te ontdek.

Soos elke jaar , het 2010 met ‘n “BIG BANG” begin, en die res van die jaar gaan net so GROOT wees.

Die jeugspan het afgeskop met ‘n deeglike beplanningsessie vir die eerste kwartaal. Daar was leiersbyeenkomste, mentorsbyeenkomste en die kinders en jongmense het in hulle honderde opgedaag vir groepies Sondae. Die energie is hoog

en die opwinding groot.

2010 gaan nie net ‘n reuse jaar wees vir FIFA nie, maar 2010 gaan ook die jaar wees waarin die jeugbediening sy merk gaan maak in die gemeenskap en in die wêreld daar buite. Saam met die gemeente gaan ons hande vat en hard werk

om ons wêreld te verander en om mense se lewens aan te raak.

Soos Juanita du Plessis sing in haar liedjie “Go light your world” - “Carry your candle rund to the darkness; seek out the hopeless confused and torn; hold out your candle for all to see; take your candle,

go light the world.”

Opwinding van die begin af

FAMILIENUUS NUWE GENERAIE

13

Quest Kidz

Iemand vra my nou die dag, of ek weet wat die “Big Bang” is? Natuurlik,sê ek, maar hoekom vra jy my dit? Volgens hulle het hierdie jaar met ‘n “Big Bang” begin.

Ek dink hulle is nogal reg. By die Jeugbediening het ons jaar ook met

‘n “Bang” begin. Gelukkig het ‘n klomp stukkies van die “Big Bang” sommer baie van ons in die Jeugbediening geraak!

Nie net geraak nie, maar saam laat bruis van opwinding vir die jaar. Die groepleiers wat ons het, is net hiper oulike mense. Hulle het sakke vol energie, emmers vol passie, tasse vol idees & elkeen is op ‘n avontuurtog met God oppad!

Ek wil net vir my groepleiers baie baie dankie sê! Met die heerlike chaos van Januarie was julle net elkeen, elke keer daar as ons julle nodig gehad het! Ons is rêrig bevoorreg om saam met julle in hierdie span te werk!

Kampstories

Ons het die jaar sommer met ‘n Graad 7 kamp weggespring. Met “Let the games begin” is ‘n hele

klompie van ons hier weg op ‘n Vrydagmiddag na Nylstoom Lodge & Bushcamp toe. In die reën kom ons daar aan. Ons deel gou al die kinders & groep-leiers in chalets in en vinnig-vinnig het elkeen ‘n plekkie om te slaap! Die hele naweek het ons baie,

baie lekker geëet. Hulle bederf ons ook nog want ons hoef nie eenmaal skottelgoed te was nie! Ons het onsself moeg geswem die naweek. Saterdag speel ons al die speletjies rondom en in die swem-

bad.

Ons het darem ook by die Bybel uitgekom. Ons ver-gelyk die Olimpiese Spele met die Bybelse wedloop in 1Kor 9:24-27. God wil hê ons moet die lewens-

wedloop wen. Dis net saam met Hom moontlik.

Sonder Hom hoef ons nie eers vir die wedloop in te skryf nie! Volgens Heb 12:1-3 het Jesus eerste vir ons die wedloop gehardloop. Met ons oë op Hom kan

ons maklik hierdie wedloop voltooi! Baie dankie vir al die groepleiers en kinders wat saam gegaan het!

Aan die einde van die jaar maak ons weer so!

Volgende keer vertel ons meer oor ons Kidz Kamp (God van Wonders) en die Graad 1-3 se

Splash & Dash Experience!

FAMILIENUUS

14

NUWE GENERAIE

Young Adults (YA’s) Die “Young Adults” is ons bediening vir ons matrieks tot “twenty something” en is vol energie en opwinding. Hier groei ons saam op geestelike, intellektuele, emosionele en sosiale gebied! Hier word hard gespeel, maar ook hard gewerk. Net soos by die res van die jeugbediening, het die “YA’s” ook 2010 afgeskop met ‘n “Big Bang”. Die bediening groei teen ‘n ongelooflike spoed en ons sê welkom vir al die nuwe mense wat by ons ingeskakel het.

Ons matrieks het afgeskop met ‘n heerlike Poedingaand. Dit was wonderlik om saam met meer as 40 matrieks te kuier! Ons droom is dat ons jongmense nie na geloofsbelydenis verdwyn, soos wat die algemene tendens is nie, maar by ons gemeente ingeskakel bly en saam reis.

En dit is wat aan die gebeur is. DIT IS GROOT!!! Matrieks, sien julle Sondaemiddae in die Kapel vir lekker saam kuier en geestelik groei. Na die vakansie, skakel julle saam met die “YA’s” in op Dinsdag aande 19:00.

Poeding is die “DING”

Die res van die “YA’s” kom elke Dinsdagaand 19:00 bymekaar, waar die program wissel van spele, na dieper geestelike, na “praise en worship”, na kuier en gewoonlik gaan daar iets lekkers daarmee gepaard. Geestelike groei is vir hierdie groep baie belangrik. So kom word deel! Die “YA’s” se groot afskop was op 2 Februarie toe daar GROOT gegaan is. Dit was ‘n aand vol pret en daar was ook pizzas ter sprake, baie pizzas; speletjies, lekker pret en kuier, baie kuier.

Dinsdagaand .. Saam!

So, wat’s volgende?

19 - 21 Maart is dit weer sulke tyd - kamptyd! Die YA’s hou jaarliks ‘n avontuurkamp en die jaar se kamp beloof om,net soos al die voriges, iets unieks en baie opwindend te wees. Ons kampe is maar taamlik duur, veral a.g.v vervoer kostes in 2010. So, as u dalk kans sien om ‘n student te borg, kontak ons groot asseblief. Na ons kamp neem die YA’s ‘n ruskansie van Dinsdag aande af tot na die vakansie. Hulle hervat dus weer op die 13de April.

Paasweek Daar sal wel ‘n Paasfeesprogram wees die week van 29 Maart tot 4 April. Ons sal Stephan Joubert en Jan van der Watt se boek “Wie sê julle is Ek” as vertrekpunt gebruik.

Werner en Ronel du Toit

NUWE GENERASIE

15

Of die Kwagga gaan rus weet ons nie, maar wees verseker dat die Gr 8 en 9 kamp hierdie

jaar by Kwaggasrus MASSIEF gaan wees!! Dit is die kamp waar ons die betekenis van “extreme” so bietjie toets en deur die fases sit! Deel van die

Gr 8 en 9 ervaring en fase, laat waai!!

Spanbou, rustig weesl, gesels, bid, foefiegly, vlugbal, bosbelewenis, baie eet, lekker eet, lekker lag, dink, lees, lê, “ultimate Frizza”, vuurkyk, weer lag, weer kuier en weer dink is alles deel van die ervaring en die goed wat so

‘n kamp onmisbaar maak. Kom ons sê dit gou vir

mekaar!!

Dit gebeur van die 19de tot die 21ste Maart. Die

lekker ding is dat die 22ste ‘n vakansiedag is. So, ons kan GROOT GAAN soos in die ou dae!!

Die koste vir die kamp beloop R395 en

inskrywingsvorms is by die jeugkantoor beskikbaar of by Lizette Klinkhamer 078 077 9394

Gr8 en 9 … Laatwaai!

Wêreldbeker is gelyk aan ERGE energie vir meeste van ons, vir ander ‘n geleentheid om te

ontgin. Vir ander is dit ‘n tyd van “hand-in die-hare sit” want “wat gaan ons doen met ons

kinders en al die tyd wat die skool gesluit is?”...

Ons beplan om deel te word van die uitreik

gemeenskap van ons land tydens die Wêreldbeker en om die geleentheid te gebruik om mense van Jesus te vertel en iets te verstaan van saamwerk. Om Jesus se Koninkryk uit te brei en onvoorwaardelik te gee en te help waar

daar nood is.

Van die jongmense en die “Young Adults” van ons geloofsfamilie gaan saam met ander kerke

in Mamelodi uitreik. Die rede daarvoor is om bande te bou met ons geloofsfamilie wat daar bly, en om die mense van Mamelodi in die tyd te help om hulle jongmense sinvol besig te hou terwyl die skole gesluit is. Dit beloof om ‘n

heerlike ervaring te wees en vir baie van ons die geleentheid om ons eerste “Afrika Burger” te eet. Hou hierdie spasie dop! Meer inligting beskikbaar by http://www.pvr.co.za/group/

Woza 2010 .. Dis AYOBA!

AQUA X

FOTOS

FAMILIENUUS FAMILIELEWE

16

Buti Mahlangu ( 082 624 2689) neem die leiding by hierdie bediening waar hy

waardevolle werk doen.

Op die kalender is besonderhede van

die byeenkomste wat hy hanteer. Bid asseblief vir hom en sy gesin!

‘n Groot versoek: wil jy dit nie asb vir jou huis- of tuinhulp moontlik maak om die bidure, Bybelstudies en eredienste by te woon nie?

Afrikatale bediening

Vanjaar is weer die jaar vir groot dinge wat ons uitreike betref. Nie alleen sal ons weer betrokke

wees by die projek Winterhoop nie, maar vir die duur van die Wêreldbekersokker, gaan ons geloofsfamilie ook saam met ander kerke be-trokke wees by uitreikaksies in en om Pretoria. In volgende maand se Familienuus sal daar meer

inligting hieroor wees.

Ons is so dankbaar vir al die klere wat ons ont-vang! Dankie dat jy jou hart oopmaak vir mense wat nie het nie. Jou bydrae stel ons in staat om

nood oor ‘n wye front te verlig.

Ons probleem is egter dat ons koskas leeg is a.g.v bydraes wat ongereeld en stadig inkom. Gevolg-lik het ons besluit om ‘n tweedehandse

klerewinkel by die kerk te open waar almal groot winskopies kan bekom. Die geld wat so inge-samel word, word gebruik om die koskas aan te vul. Baie dankie vir jou ondersteuning!

En dan die nuus! Ons praat nie meer van projek

Manna (kos) en projek Vyeblaar (klere) nie. Hier-die twee afdelings vorm saam deel van wat ons

voortaan die “Oop Hart en Hand Projek” noem.

Elna Strauss en Rina Niemand hanteer steeds die

kos- en klereafdelings onderskeidelik.

Uitreik .. Bring Lewe!

Ter wille van ons almal se veiligheid (en jou

getuienis) wil ons, van Gemeenskapsveiligheid se kant, jou aanmoedig om die verkeersreëls in ons woongebied te ge-

hoorsaam.

As almal saamwerk kan ons seker maak dat ons (en ons kinders) veilig en

rustig saamwoon.

Dankie vir jou same-werking en positiewe

gesindheid!

doel, dolend, dolheid, dolwe, dweil, heil, held, heldin, hiel, inhol, inlê, inwoel, lei-

hond, leno, lido, lied, linde, loei, lowe, olie, onheil, onwel, onwil, wiel, wild,

wilde, WILDEHOND, woel

Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby

Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is

Ek?” 28 Hulle antwoord Hom: “Johannes die Doper, party sê weer Elia, en party een van

die profete.” 29 “Maar julle,” vra Hy hulle, “wie, sê julle, is Ek?” Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!”

Markus 8:27—29

OPLOSSING VIR DIE WOORDSPELETJIE

FAMILIENUUS FAMILIELEWE

17

Ons gebedsbediening is besig

om van krag tot krag te gaan.

Teen die tyd dat hierdie uit-gawe van Familienuus verskyn, is ons Kapel ingerig as gebeds-plek met verskillende gebed-

stasies om jou te help tot ‘n be-tekenisvolle gebedsbelewenis waar jy rustig met die Here kan

verkeer.

Groot dank aan Ansie Greeff

vir haar hulp hiermee.

Onthou dat ons elke Saterdag-

oggend van 07:00 in die Kapel geleentheid het om saam te bid. Die gebeds-bediening nooi jou hartlik uit om saam met ons in gebed te deel en voorbidding te doen vir ver-

skeie sake. Daar is so baie dinge om voor dankie te sê

en voor te bid!

Ons het ook spesifieke verant-woordelikhede aan lede van ons gebedsbediening gegee.

Die kontakbesonderhede is

hiernaas.

Skakel asseblief met ons vir enige gebedsversoek of as jy

meer inligting verlang.

Telefoniese gebedsketting: Rina Niemand 082 858 3409

Sending en uitreike: Philip Vivier 082 320 5434

Pamflette en gebedsbulletin: Sampie Niemand 082 698 1995

Jeug gebedsake: Erika Lewis 082 926 0496

Gebedsmoment/Eredienste: Dawie Jacobs 082 573 2372

Webblad: Philip Vivier 082 320 5434

EEIII gebedsvennote: Alf Ellis 082 921 5198, Willem Pretorius 082 304 8078,

Hanlie Vos 082 431 0819

Gebedsversoeke Alf Ellis 082 921 5198

Gebedsbediening … van krag tot KRAG!

You may pray for an hour

and still not pray. You may

meet God for a moment and

then be in touch with Him all

day. --Fredrik Wisloff

Elke gelowige het 'n getuienis-taak. In Handelinge 1:8 lees

ons: "Julle sal my getuies wees." As 'n mens self deur die bloed van Jesus Christus verlos is, kan jy nie anders nie: jy wil getuig, jy wil dat ander ook sal deel in die

vreugde wat jy leer ken het. Die belangrike vraag is: Hoe doen ek dit? Natuurlik verskil die situasie van persoon tot per-

soon. Mense reageer verskillend wanneer daar met hulle oor per-soonlike dinge gepraat word. Hiermee wil ons graag deeglik rekening hou in die toerusting

wat ons bied. As ons hierdie werk vir die Here wil doen, moet ons behoorlik daarvoor voorbereid wees.

Dit vra voortdurende self-ondersoek en getroue ge-

bed. Ons voorbereiding begin veral in ons binne-kamer. Daar waar jy die Woord van die Here bestudeer en dit jou eie

maak. Daar waar jy in ge-bedsgemeenskap met God leef, daar word jy ook be-kwaam gemaak om waarlik sy getuie te wees.

Die XEE program wil jou help en toerus vir hierdie wonder-like bediening.

Een ding moet ons egter ont-hou. Die redding van 'n son-daar is geheel en al God se werk. Dit is alleen Hy wat

deur die werk van die Heilige Gees mense se harte en

lewens totaal kan verander. Die EE (“Evangelism Expo-sion”) bediening wil jou help om die evangelie te deel met

hulle vir wie God sy Seun gegee het sodat hulle nie ver-lore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Kom skakel gerus by ons toe-rustingsgeleenthede in en word deel van God se om-gee vir mense!

Die voorreg (en roeping!) van Evangelisasie Eddie Symons

FAMILIENUUS FAMILIELEWE

18

Jakob se Put rig hom tot persone wat nie werk het nie, hul werk

verloor het, of op die punt staan

om dit te verloor.

Ons oogmerke is die volgende:

• om mense moreel, geestelik en vir sover ons kan, ook materieel by te staan en te

ondersteun.

• om hulle te help om weer ‘n

geskikte werk te vind.

• om hulle te help met die opstel

van ‘n effektiewe CV.

• om aan hulle leiding te gee hoe om tydens ‘n werksonder-

houd op te tree.

• om ‘n databank van beskik-

bare poste by te hou.

Hoe funksioneer ons?

Elke Donderdag om 08:00 het ons ‘n byeenkoms by die kerk vir diegene wat op soek

is na ‘n werk.

By daardie geleentheid bring jy jou CV saam, voltooi ‘n registrasievorm, en eet ‘n ligte ontbyt saam met ons

onder die dak.

Ons bring ‘n kort geestelike boodskap van bemoediging en hoop, verduidelik hoe die

bediening werk, individuele onderhoude word gevoer en daarna hanteer ons jou behoeftes verder met

agentskappe, ens.

Wat vra ons?

Kontak ons as jy sonder werk is. Gee vir ons die naam/e deur van persone waarvan jy

weet wat sonder werk is.

Ons is op soek na mense wat:

• opleiding kan bied in die

opstel van ‘n effektiewe CV

• kan help met voorbereiding

vir werksonderhoude

• werksgeleenthede bied.

Ons begin vanaf 1 Maart ‘10

Kontakbesonderhede:

Johan - 079 880 2574 Kobus - 083 291 0246

Elmarie - 084 500 6964

Jakob se (bodemlose!) put ..

Wat ‘n heerlike aand se saam-wees! Ons “Awesome Evas” is

gëinspireer deur Dr Cival Mills, geharmoniseer deur pragtige sang en daarna aangewakker deur heerlike eetgoed en lekker

saamkuier.

Ons vrouebediening het nog verskeie heerlike planne wat ons in die mou voer vir 2010. Die hoogtepunt waarna ons uitsien

is die vrouekamp later in die jaar. Begin nou al die sente omdraai om seker te maak dat

jy saamgaan.

Kontak ons gerus en kyk uit vir die inligting. Ons gaan hierdie jaar vrouwees in ons Geloofsfamilie tot nuwe

hoogtes voer!

Ons kleingroepbediening het lekker op dreef gekom die

afgelope klompie maande.

Ons wil jou graag uitnooi om:

• in te skakel by ‘n klein-groep. Dalk wéér ‘n slag, of

vir die eerste keer

• te oorweeg of jy nie lus is om ‘n kleingroep te begin

nie. Ons sal jou deeglik mentor en jou help om as

leier te slaag.

Kontak gerus vir:

Louise Jackson 012-662 0071 0833488304

[email protected]

Ons mannebediening het ty-dens “Halftyd” (Woensdae,

05:30) baie sinvol gekuier saam met Bertus Swanepoel, ‘n sielkundige, oor die uitdagings wat ons wêreld vol sensuele beelde aan ons mans se rein-

heid stel.

Ons het praktiese maniere ont-dek om ons gedagtes te be-heer en sommer weer in die

proses nader aan ons vrouens

te lewe.

Onthou dat die “Mighty Men”

konferensie plaasvind van 17-19 April en dat jy vinnig moet

spring om plek te bespreek.

Ons bespreek vir die “Oranje

terrein”. Hoop jy kom saam!

Vrouefees! Kleingroepe Manne, manne!

Sondae: Skoolvakansies

O9:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleen-

thede en behoeftes bekend

te maak.

Daar is tans verskillende ma-

niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Onder die dak is daar ‘n aan-steekbord wat gratis tot beskikking is van enigeen vir

adertensie.

Maandelikse advertensies:

Ons doen navorsing om te bepaal of daar ‘n behoefte is

om ‘n boekie te druk waarin ‘n mens teen ‘n geringe koste

kan adverteer.

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die

maandblad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is

vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708

[email protected]

gereelde inspeksie raakge-sien word, sodat die metaal vervang kan word. As dit nie

raakgesien word nie, val ‘n vliegtuig soms onverwags uit die lug met traumatiese

gevolge.

Ouerskap is op ‘n manier

dieselfde.

Die metaal waarvan vliegtuie gemaak word het ‘n baie unieke (en gevaarlike)

eienskap. Namate dit ouer word en die stres van aan-houdende vlieg hanteer, be-gin dit ly aan “metaal-uitputting”. Dis ‘n onsigbare

toestand wat net deur

Tye

Ons help mekaar ….

Oorlewing vir Ouers

FAMILIENUUS INLIGTING

Kerkkantoor:

Ma: 11:00—16:00

Di - Do: 08:00—16:00

Vr: 08:00 - 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

As ek en jy as ouer nie onsself geestelik, emosioneel en

fisies versorg nie, begin ons ly aan “ouer-uitputting”. Ons begin stadig maar seker “krakies” kry wat op ‘n dag ‘n uitbarsting (of ineenstort-

ing) tot gevolg het. Dikwels ook met traumatiese

gevolge!

Ouerskap is ‘n baie groot

voorreg, maar dis ook ‘n baie groot verantwoordelik-heid. Daar is baie vreugde en verwondering, maar ook gelyke hoeveelhede angs

en neerslagtigheid

So, kyk na jouself en sorg vir jou eie sieleheil as ouer.

Onthou dat dit nie jou ouervaardighede is wat die kwaliteit van jou ouerskap bepaal nie. Dis eerder die diepgang en heelheid in jou

menswees wat jy aan jou

kinders oordra.

So, moenie net vir jou kinders leef nie. LEEF, sodat hulle in

jou lewe kan deel!

19

20

Vir AL die Kinniz … :-)

FAMILIENUUS

SMS

Die seuntjie kom laat by die geselsgroepies aan. Sy mentor

weet dat hy altyd baie pligs-getrou is en vra toe of daar iets

verkeerd is.

Hy vertel toe dat hy wou gaan visvang maar dat sy pa gesê

het hy kerk toe moet kom.

Sy mentor was baie beïndruk en

vra toe of sy pa vir hom ver-duidelik het waarom hy liewer moet kerk toe moet kom as om te gaan visvang. "Ja, Tannie" antwoord die seuntjie. "Hy't

gesê hy het nie genoeg aas vir

ons altwee nie!"

GLIMLAG

Ons Vader wat in die hemel is,

laat U naam geheilig word...

Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die

gegewe letters saamstel?

Elke letter in die rooster mag net een keer in 'n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die

ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord

met nege letters wees.

Meervoude, verkleinwoorde, eiename, woorde met Koppel-tekens en uitheemse woorde tel

nie.

H I D

N L E

W O D

25 woorde - goed

26 woorde - baie goed

28 woorde of meer - uitstekend

OPLOSSING ELDERS IN FAMILIENUUS

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

Uit liefde luister U na al ons

gebede, selfs na dié wat so

kinderagtig selfsugtig is dat

ons, ons later daarvoor

skaam.

U luister selfs wanneer ons

gedagtes vir U belaglik moet

klink en ons woorde

oormekaar val.

Dankie dat U ons gebede

verhoor—nie volgens ons

kortsigtige begeertes nie

(want dit sal ons maklik in

skande en ellende bring) -

maar volgens ons werklike

behoeftes (wat uiteindelik

diepe vreugde bring).

Dankie, o dankie , troue

Heer, dat U uself vir ons

gegee het, en steeds deur U

Gees in en by ons bly

Bernard van Clairvaux

Mag elkeen van ons in

hierdie maand dodelike erns

daarvan maak om gebed ‘n

lewenswyse te maak. Dat

ons gedurig sal vra na God

se wil vir en in ons lewens.

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected])

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Werner/Ronel du Toit (YA’s) - 082 339 8925/082 374 4146

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

21

CREAKOM NASKOOL

LEER EN VAARDIGHEIDS SENTRUM

HUISWERK, PROJEKTE EN

STUDIE METODES

KREATIWITEIT EN KUNS REMEDIЁRING:

Afrikaans/Engels Taal, Lees, Spelling en

Wiskunde

DR. HET SMIT

O82 500 0522

As jy belangstel om in

hierdie spasie te adverteer gesels gerus met ons oor kostes en

plasings.

Kontak

Riana

Telefoon

012-6621708

Ons hou weer ....

GEMEENTEKAMP!

7 - 9 Mei 2010

Emmerentia Geldenhuys Bela-Bela/Warmbad

Kamp/Karavane/Huisies

Inligting:

Pierre: 082 419 2315 Alwyn: 083 376 6757

As jy belangstel om in

hierdie spasie te adverteer gesels gerus met ons oor kostes en

plasings.

Kontak

Riana

Telefoon

012-6621708