· en die maatskappy word deur die finansiële jaarstate ondersteun. die gekonsolideerde en...

173
finansiële jaarstate 2015 ’n Globale platformoperateur

Upload: others

Post on 22-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • finansiële jaarstate 2015

    ’n Globale platformoperateur

  • en die maatskappy word deur die finansiële jaarstate ondersteun. Die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate is onder toesig van die finansiële direkteur, Basil Sgourdos, GR(SA) opgestel. Die resultate is op 29 Junie 2015 bekend gemaak.

    Die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate is deur die onafhanklike ouditeursfirma, PricewaterhouseCoopers Geïnk., geoudit, aan wie onbeperkte toegang tot alle finansiële rekords en verwante data, insluitende notules van alle vergaderings van aandeelhouers, die direksie en komitees van die direksie, verleen is. Die direkteure is van mening dat alle bestuursverklarings wat tydens dié oudit aan die onafhanklike ouditeur gerig is, geldig en toepaslik was. PricewaterhouseCoopers Geïnk. se ouditverslag verskyn op bladsy 11.

    Die finansiële jaarstate is op 26 Junie 2015 deur die direksie goedgekeur en namens hulle onderteken deur:

    J P Bekker B van DijkVoorsitter Uitvoerende hoof

    Die finansiële jaarstate van die groep en die maatskappy is die verantwoordelikheid van die direkteure van Naspers Beperk. In die nakoming van hierdie verantwoordelikheid steun hulle op die bestuur van die groep om die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate op bladsye 12 tot 169 in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr 71 van 2008, voor te berei. As sodanig sluit die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate bedrae in wat op beoordelings berus, asook ramings wat deur bestuur gemaak is. Die inligting word volledig en op ’n verantwoordelike wyse weergegee.

    Die direkteure aanvaar verantwoordelikheid vir die voorbereiding, integriteit en die billike aanbieding van die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate, en oordeel dat die stelsels en interne finansiële beheermaatreëls wat deur bestuur ingestel is, doeltreffend is.

    Op grond van ramings en beskikbare kontantbronne het die direkteure geen rede om te glo dat die maatskappy en die groep binne die afsienbare toekoms nie ’n lopende saak sal wees nie. Die lewensvatbaarheid van die groep

    Verklaring van verantwoordelikheid deur die direksie

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    Ingevolge artikel 88(2)(e) van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr 71 van 2008, bevestig ek, Gillian Kisbey-Green, maatskappysekretaris van Naspers Beperk, dat, vir die jaar geëindig 31 Maart 2015, die maatskappy alle opgawes wat van ’n publieke maatskappy vereis word, by die Registrateur van Maatskappye en die Intellektuele Eiendomskommissie ingedien het en dat sodanige verslae, na die beste van my kennis en wete, waar, korrek en bygewerk is.

    G Kisbey-Green Maatskappysekretaris26 Junie 2015

    Verklaring deur die maatskappysekretaris

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 1

  • Die ouditkomitee dien hierdie verslag in, soos vereis deur artikel 94 van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr 71 van 2008 (“die Wet”).

    VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE OUDITKOMITEEDie ouditkomitee het formele opdragte, soos deur die direksie aan hom opgedra, aanvaar soos uiteengesit in sy ouditkomitee-handves.

    Die ouditkomitee het soos volg die verantwoordelikhede ooreenkomstig sy handves uitgevoer en ingevolge die Wet nagekom:

    Die tussentydse en voorlopige finansiële state, die finansiële jaarstate en geïntegreerde jaarverslag is nagegaan, met ’n aanbeveling aan die direksie om hulle te aanvaar. Tydens sy oorsig het die komitee:

    toepaslike stappe geneem om te verseker dat die finansiële state ooreenkomstig Internasionale Finansiële Verslagdoening Standaarde (IFRS) en soos vereis deur die Wet opgestel isinterne finansiële beheermaatreëls oorweeg en, waar toepaslik, aanbevelings daaroor gemaak kwelvrae of klagtes op rekeningkundige beleid, interne oudit, die oudit of inhoud van finansiële jaarstate, en interne finansiële beheermaatreëls hanteer, enregsake oorweeg wat ’n beduidende impak op die organisasie se finansiële state kan hê.

    Die eksterne ouditverslae oor die finansiële jaarstate is nagegaan.

    Die handves vir interne oudit, wat deur die direksie goedgekeur is, is nagegaan.Die interne- en eksterne-ouditplanne is nagegaan en goedgekeur.Interne oudit- en risikobestuursverslae is nagegaan en, waar toepaslik, is aanbevelings aan die direksie voorgelê.Die doeltreffendheid van risikobestuurs-, beheer- en bestuurstoesigprosesse is geëvalueer.Die onafhanklikheid van die eksterne ouditeur is geverifieer, PricewaterhouseCoopers Geïnk. is as die ouditeur vir 2015 genomineer en die aanstelling van mnr Brendan Deegan as die aangewese ouditeur is aangeteken. Die ouditgelde en diensvoorwaardes van die eksterne ouditeur is goedgekeur. Die aard en omvang van toelaatbare nie-ouditdienste is bepaal en kontrakvoorwaardes vir nie-ouditdienste deur die eksterne ouditeur is goedgekeur.

    LEDE VAN DIE OUDITKOMITEE EN BYWONING VAN VERGADERINGSDie ouditkomitee bestaan uit die onafhanklike nie-uitvoerende direkteure hieronder genoem en vergader minstens drie maal per jaar ooreenkomstig die handves van die ouditkomitee. Al die lede tree onafhanklik op soos beskryf in artikel 94 van die Wet. Vier vergaderings is gedurende die oorsigjaar gehou, die besonderhede van bywoning verskyn op bladsy 9.

    Verslag van die ouditkomitteevir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NAAM VAN KOMITEELID KWALIFIKASIES

    J J M van Zyl(1) BScMeganies (UK) en PrIng

    F-A du Plessis(2) BComTaxHons, LLB en GR(SA)

    D G Eriksson STR (Wits) en GR(SA)

    R C C Jafta(3) MEcon en PhD (Stellenbosch Universiteit)

    B J van der Ross Regsdiploma (UK)(1) Afgetree 17 April 2015. (2) Bedank 29 Mei 2015.(3) Aangestel 9 Junie 2015.

    2 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • VERTROULIKE VERGADERINGSAgendas van die ouditkomitee maak voorsiening vir vertroulike vergaderings tussen komiteelede en die interne en eksterne ouditeure.

    ONAFHANKLIKHEID VAN DIE EKSTERNE OUDITEURGedurende die jaar het die ouditkomitee ’n voorlegging deur die eksterne ouditeur in oënskou geneem en, na sy eie evaluering, die onafhanklikheid van die ouditeur bevestig.

    KUNDIGHEID EN ERVARING VAN DIE FINANSIËLE DIREKTEUR EN DIE FINANSIËLE FUNKSIESoos vereis deur die JSE noteringsvereiste 3.84(h), het die ouditkomitee hom vergewis dat die finansiële direkteur oor die toepaslike kundigheid en ervaring beskik. Voorts is die komitee van oordeel dat die samestelling, ervaring en vaardighede van die finansiële funksie aan die groep se vereistes voldoen.

    NAKOMING VAN VERANTWOORDELIKHEDEDie komitee het bepaal dat hy gedurende die finansiële oorsigjaar sy regs- en ander verantwoordelikhede nagekom het soos toegelig in sy mandaat, waarvan besonderhede ingesluit is in die volle korporatiewe bestuursverslag beskikbaar op http://www.naspers-reports.com/2015/corporate-governance.php. Die direksie het saamgestem met hierdie evaluering.

    D G ErikssonVoorsitter: Ouditkomitee26 Junie 2015

    Verslag van die ouditkomittee (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    Mnr Eriksson is op 29 Augustus 2014, by die algemene jaarvergadering, as lid van die ouditkomitee verkies. Mnr Eriksson, ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur, het voorheen die ouditkomitee se vergaderings in ’n adviseurende rol bygewoon. Op 17 April 2015 het mnr Eriksson mnr Van Zyl as voorsitter van die outditkomitee vervang na aanleiding van mnr Van Zyl se aftrede. Verder, met ingang van 29 Mei 2015 het Naspers se nie-uitvoerende direkteur, adv Francine-Ann du Plessis bedank as lid van die ouditkomitee. Op 9 Junie 2015 is prof Rachel Jafta as lid van die ouditkomitee aangestel om die vakante pos te vul wat deur adv du Plessis se bedanking daargelaat was. Buiten mnr Eriksson het al die komiteelede vir die volle finansiële jaar op die komitee gedien.

    INTERNE OUDITDie ouditkomitee hou toesig oor die groep se finansiële jaarstate en verslagdoeningsproses, insluitend die interne finansiële beheerstelsel. Die komitee is verantwoordelik om te verseker dat die groep se interne ouditfunksie onafhanklik is en die nodige hulpbronne, status en gesag in die organisasie het om sy pligte na te kom. Die komitee hou toesig oor samewerking tussen die interne en eksterne ouditeure, en dien as ’n skakel tussen die direksie en hierdie funksies. Die hoof van interne oudit rapporteer funksioneel aan die voorsitter van die komitee en administratief aan die finansiële direkteur.

    BYWONINGIn hul rol as ouditeure vir die groep, het die interne en eksterne ouditeure alle vergaderings van die ouditkomitee bygewoon en daarby verslag gedoen. Die groep se risiko-bestuursfunksie is ook verteenwoordig. Uitvoerende direkteure en betrokke senior bestuurders het vergaderings op uitnodiging bygewoon.

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 3

  • Direkteursverslag aan aandeelhouersvir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    videovermaak-segmente, insluitend verhoogde aandelebesit in die ekwiteitsverantwoorde e-handelsbeleggings Souq, Konga en Flipkart, asook voortgesette investering in DTT in die videovermaak-segment. Weens deurlopende vertragings in die oorskakeling van analoog na digitaal, het ons besluit om beduidende beleggings in die tweede helfte van die jaar te maak om steeds DTT-groei aan te vuur, wat daartoe aanleiding gegee het dat 1,4m Afrika- huishoudings tot die basis gevoeg is om die jaar op 2,2m intekenare af te sluit.

    Genoteerde internetbeleggings Tencent en Mail.ru was die grootste bydraers tot die styging van die groep se aandeel van ekwiteits-verantwoorde resultate tot R16,4mjd (2014: R10,8mjd). Tencent het sterk resultate gelewer terwyl hy sy groei voortsit. Ons aandeel van ekwiteitsverantwoorde verdienste sluit in ’n eenmalige wins met die hermeting van Mail.ru se belang in VK.com, die verkoop van Mail.ru se aandele in Qiwi ten bedrae van R3,9mjd, asook R1,7mjd wat ons aandeel van Tencent se wins op die verkoop van sekere beleggings en op die verwatering van Tencent se belang in Kakao Corporation ná ’n samesmelting, verteenwoordig. ’n Netto eenmalige wins van R1,5mjd is erken en hou hoofsaaklik verband met die verwatering van ons aandeelhouding in Flipkart. Waardedalingsverliese van R478m is op onderpresterende ekwiteitsverantwoorde beleggings in die e-handelsegment aangeteken.

    Kernwesensverdienste het met 30% tot R11,2mjd (2014: R8,6mjd) gegroei, hoofsaaklik danksy verhoogde verdienstebydraes van Tencent en sekere van die winsgewende e-handelsondernemings.

    Waardedalingsverliese van R684m is erken en hou hoofsaaklik verband met uitsaaitoerusting en ontasbare bates.

    Netto rentekoste op lenings het R1,6mjd (2014: R1,3mjd) bedra, weens randdepresiasie teenoor die Amerikaanse dollar en onttrekkings op bestaande kredietfasiliteite om verkrygings en ontwikkelingsbesteding te befonds. Gekonsolideerde netto hefboomfinansiering was 30% teen 31 Maart, met uitsluiting van transpondeerder-bruikhuur- en nie-rentedraende verpligtinge.

    Groter ontwikkelingsbesteding, asook kapitaalbesteding om ons DTT-voetspoor en televisieproduksie-fasilitiete in Oos- en

    AARD VAN SAKEBEDRYWIGHEDENaspers Beperk (“Naspers”) is in 1915 ingevolge die wette van die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer. Die hoofbedrywighede van Naspers en sy bedryfsfiliale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye (gesamentlik “die groep”) is die bedryf van internet- en mediaplatforms. Ons hoof bedrywighede is in internetdienste en e-handel (insluitende aanlyn-geklassifiseerde advertensies, aanlyn-kleinhandel en aanlyn-betalings), videovermaak en drukmedia. Hierdie aktiwiteite word hoofsaaklik in Afrika suid van die Sahara, China, Indië, Latyns-Amerika, Rusland, Suid-Afrika, die Midde-Ooste, Middel- en Oos-Europa en Suidoos-Asië bedryf.

    BEDRYFSOORSIG Naspers het vordering gemaak op al sy videovermaak- (voorheen betaaltelevisie) en internetplatforms. Ons het ons posisie in verskeie markte versterk deur inkrementele beleggings in mense, tegnologie, inhoud en bemarking – dit het die fondasies gelê vir vinniger groei as ons mededingers. Kernwesensverdienste, wat na die direksie se oordeel ’n betroubare aanwyser van volhoubare bedryfsprestasie is, het met 30% gegroei. Sowat R10,7mjd is in ontwikkelingsbesteding belê om die ondernemings uit te brei. Dit is 33% hoër as die vorige jaar.

    Die geklassifiseerde advertensie- en e-kleinhandelsondernemings het sterk groei aangeteken. Ons belê steeds in hierdie formate wat wêreldwyd markaandeel wen. Die slimfoon word nou die belangrikste internettoestel in baie van ons markte en ons wy beduidende hulpbronne daaraan toe om ons mobiele produkte te bevorder.

    Die videovermaak-onderneming het goeie vordering gemaak en die totale basis het die jaar op sowat 10,2m huishoudings regoor Afrika afgesluit. Dit bestaan uit 2,2m digitale terrestriële televisie (DTT)-intekenare en amper 8m intekenare wat direk-na-huis (DTH)-satellietdienste ontvang.

    FINANSIËLE OORSIGOp die grondslag van ekonomiese belang het omset gedurende die jaar met 26% gegroei, danksy stewige groei in die internet-, e-handel- en videovermaak-segmente.

    Die verhoging in ontwikkelingsbesteding is hoofsaaklik toeskryfbaar aan die e-handel- en

    4 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    advertensieplatform geloods om uit groter mobielemedia-aktiwiteit onder sy gebruikers munt te slaan.

    Omset vir die jaar tot Desember 2014 het jaar tot jaar met 15% gestyg tot RBL35,8mjd, met totale netto wins 11% hoër op RBL12,5mjd. Wins het ’n hupstoot gekry uit eenmalige inkomste voortspruitend uit die verkryging van die minderheidsbelange in VK.com.

    Met die beduidende verswakking van die roebel teenoor meeste geldeenhede, is Mail.ru se bydrae tot segmentomset en handelswins redelik plat vergeleke met die vorige jaar, hoewel hoër gemeet aan die roebel.

    e-HandelOns e-handelsegment groei teen ’n snelle pas. Omset is 36% hoër op R27,8mjd (2014: R20,4mjd). Gegewe die verskille in die aard en groeifases van die verskillende e-handelsmodelle, genereer e-kleinhandel en -markdienste tans die meerderheid van omset. Ons wil aan ons klante ’n uitstekende ervaring gee deur vinniger as ons mededingers te groei en die mark uit te brei. Dit het implikasies vir ontwikkelingsbesteding, wat altesaam R8mjd beloop het en die handelsverlies met 14% tot R6,1mjd (2014: R5,3mjd) laat toeneem het.

    Die ondernemings is nou volgens funksionele besigheidslyne verdeel. Dit maak ons soepeler om vinniger te beweeg en skaal te kry. Daarbenewens is die ondernemings beter in staat om kennis, tegnologie en kundigheid te deel. Uitvoering regoor die groep gaan van krag tot krag en die fokus is op klantetevredenheid, interaksie en behoud.

    Ons het ons fokus geplaas op 40 geklassifiseerde-advertensie-markte wêreldwyd, wat almal goeie groei in gebruikers en plasings toon. ’n Aantal ooreenkomste is met Schibsted ASA Media Group, Telenor Holdings ASA en Singapore Press Holdings Limited aangegaan, wat geklassifiseerde-advertensie-bates in Latyns-Amerika, Suidoos-Asië en Oos-Europa dek. Dit behoort ons diens aan verbruikers, sowel as die vooruitsigte vir ons geklassifiseerde-advertensie-platforms in hierdie streke, te verbeter.

    Die groep het leiersposisies in sowat 20 markte. In Maart 2015 het ons hoofhandelsmerk, OLX, 240m aktiewe gebruikers wêreldwyd bedien en gemiddeld 34m besoeke per dag aangeteken, ’n groeikoers van 33% jaar tot jaar. Wêreldwyd is

    Wes-Afrika uit te bou, het gelei tot vrye kontantuitvloei van R515m (2014: uitvloei van R349m). Belastingbetalings was 16% hoër op ’n jaar-tot-jaar-grondslag, as gevolg van winste in die videovermaak-segment en sekere winsgewende e-handelsondernemings.

    SEGMENTELE OORSIGHierdie segmentele oorsig sluit gekonsolideerde filiale en ’n proporsionele konsolidasie van geassosieerde maatskappye en gesamentlike ondernemings in.

    InternetDie groep se internetondernemings toon steeds lewendige groei. Segmentomset het met 37% tot R78mjd (2014: R57mjd) gestyg. Handelswins het met 96% tot R13mjd (2014: R6,6mjd) gegroei, hoofsaaklik weens die bedryfsprestasie van Tencent en sekere winsgewende e-handelsondernemings.

    TencentDie oorskakeling vanaf rekenaars na mobiele toestelle vir internetgebruik gebeur steeds vinnig. In China maak internetgebruikers op mobiele media nou 85% van totale internetgebruikers uit. Tencent het sterk groei in sy Weixin mobiele- kommunikasie-, sosiale en handelsplatform, mobielemedia-speletjies en -video ondervind. Tencent het voortgegaan om sy vennootskappe uit te brei met ’n reeks beleggings in vooraanstaande vertikale spelers soos Dianping (’n plaaslike restourant- en dienstesoekfasiliteit), 58.com (aanlyn- geklassifiseerde advertensies), asook BitAuto en Leju (motor- en vertikale eiendomsportale) en JD.com (eersteparty e-handel).

    Omset vir die jaar het met 31% tot RMB78,9mjd toegeneem terwyl wins op ’n nie-AARP-grondslag toeskryfbaar aan aandeelhouers (Tencent se maatstaf van genormaliseerde prestasie) 43% hoër was op RMB24,2mjd. Aanlyn-advertensies het sterk gegroei met 65%. Meer inligting oor Tencent se resultate is beskikbaar by www.tencent.com/en-us/ir. Tencent se uitstekende prestasie het R14,6mjd (2014: R9,7mjd) tot kernwesensverdienste bygedra.

    Mail.ruMail.ru het goed gevaar in ’n taamlik onstuimige geopolitiese omgewing. Hy het VK.com geïntegreer ná die verkryging van die oorblywende 48% wat hy nie voorheen besit het nie. Mail.ru het sedertdien ’n mobielemedia-

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 5

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    Die ibibo-groep het sy markaandeel in die Indiese mark vir aanlyn-reisagente beduidend verhoog, en hy behaal sterk groei op mobiele media. redBus, die voorste vertikale buskaartjie-portaal in Indië, het nuwe mobiele produkte ontplooi en gaan voort met innovering. ibibo se hotel-aanbod word tans bekend gestel. Movile, in Brasilië, het weereens sterk resultate gelewer en sy kernomset en wins verhoog, terwyl hy voortgaan om in sy Brasiliaanse aanlyn-kosafleweringsonderneming, iFood, te belê. Ons raam iFood se markaandeel op 80%.

    VideovermaakHierdie segment het weereens bestendig presteer en omset van R42,4mjd gelewer – 17% hoër jaar tot jaar. Ontwikkelingsbesteding het met 31% tot R2,4mjd gestyg, soos MultiChoice sy DTT-dienste uitbrei. Dit het meegebring dat handelswins 6% laer was op R8mjd (2014: R8,5mjd).

    Intekenaargroei oor die Afrika-vasteland was weereens robuust. Sowat 727 000 DTH-klante is bygevoeg, wat die DTH-intekenaarbasis op amper 8m te staan gebring het. Die DTT-netwerk is nou wesenlik in plek en MultiChoice is in 11 lande en 114 stede bedrywig. Die DTT-basis het meer as verdubbel tot 2,2m klante. Kenia is een van die eerste lande in Afrika wat na digitaal oorgeskakel het nadat analoog-afskakeling in Januarie 2015 begin het.

    Mededinging deur internasionale aanlynspelers met wêreldwye trefwydte, soos Netflix, Amazon en Google, neem toe. MultiChoice belê in sy aanlynbesigheid deur sy leweringsplatforms uit te brei en produkte en dienste te verbeter. Die DStv Explora (persoonlike video-opnemer) is ’n beduidende onderskeidende faktor en het in November 2014 ’n internetverbinding gekry. Ons “TV oral”-strategie het verder veld gewen met die bekendstelling van DStv Now. Gekonnekteerde dienste gee klante toegang tot ’n groter keuse van vermaak op hul tablet of slimfoon – enige plek, enige tyd. Die video-op-aanvraag-diens, BoxOffice, waardeur flieke gehuur kan word, is aan alle DStv-klante beskikbaar gestel en is nou in 11 Afrika-lande beskikbaar. Omstreeks 600 000 flieke word gemiddeld per maand gehuur.

    Die fokus op die lewering van tuisgemaakte inhoud wat by spesifieke gehore se voorkeure aangepas is, het in Nigerië en Kenia ’n hupstoot gekry met ons nuwe plaaslike ateljees wat

    ongeveer 54% van ons verkeer vanaf mobiele media afkomstig en in sommige markte is dit meer as 80%.

    Die e-kleinhandelsondernemings brei vinnig uit, met omset – op die grondslag van ekonomiese belang – wat jaar tot jaar met 54% gestyg het. ’n Betekenisvolle toename in organiese verkeer is in die meeste van ons markte ondervind. Om die ervaring vir klante te verbeter en vinniger skaal te kry, het ons Agito (e-kleinhandelsonderneming in Pole) en eMAG (streekgebaseerde e-kleinhandelsplatform in Middel- en Oos-Europa) saamgesmelt. In Suid-Afrika het Kalahari en Takealot saamgesmelt om ’n lewensvatbare verbruikersbestemming in ’n kleiner mark te skep en ’n groter keuse van produkte en hoër gehalte klantediens na ’n voorheen onderbediende mark te bring. Ons ekwiteitsverantwoorde e-kleinhandels-beleggings, Flipkart in Indië, Souq in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, en Konga in Nigerië, het almal vinnige groei ervaar.

    Hierdie markte is egter uiters mededingend en het gedurende die jaar beduidende beleggings deur mededingers geabsorbeer. Ons is daarop toegespits om skaal te skep, geografies uit te brei, leweringsvermoë te verhoog en e-kleinhandelservarings te bring na markte waar hierdie dienste voorheen glad nie bestaan het nie.

    Ons betaaloplossings word onderskei deur ’n wye reeks plaaslike betaalopsies aan klante en ’n goeie omskepping in verkope aan handelaars te bied. Ons het die talentpoel oor die groep versterk. Vyf bestaande streeksbetalingsondernemings word tans in een internasionale maatskappy met ’n enkele handelsmerk en gemeenskaplike ondersteunende infrastruktuur – PayU – omskep, soos ons ons geklassifiseerde- advertensie-ondernemings geskaleer het. Dit behoort te help om verbruikers te lok en groter deelname deur handelaars te stimuleer.

    Allegro, die groep se grootste markbesigheid, is besig om sy omsetgroei te verbeter. Skaalvoordele van hierdie platform is tot voordeel van EBITDA-marges. Allegro bou ’n besigheid-na-verbruiker-bestemming wat aan sy klante genot verskaf en wat groeipotensiaal toon. Beleggings word in mobiele media aangegaan.

    6 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    partye uitgereik as teenprestasie in verkrygings (verwys na aantekening 18).

    Die uitgereikte aandelekapitaal op 31 Maart 2015 was soos volg:

    712 131 A- gewone aandele van R20 elk R14 242 620419 203 470 N- gewone aandele van 2 sent elk R8 384 069

    EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTINGDie groep se belegging in eiendom, aanleg en toerusting het op 31 Maart 2015 R17,3mjd bedra vergeleke met R17,1mjd in die vorige jaar. Besonderhede word in aantekening 4 tot die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee.

    Kapitaalverpligtinge op 31 Maart 2015 het R498m beloop (2014: R740m).

    DIVIDENDEDie direksie beveel aan dat ’n dividend van 470 sent per N- gewone aandeel (2014: 425 sent) en 94 sent per A- gewone aandeel (2014: 85 sent) verklaar word.

    GROEPNaspers Beperk is nie ’n filiaal van enige ander maatskappy nie. Die naam, land van inkorporasie en effektiewe finansiële persentasiebelang van die beheermaatskappy in elk van die Naspers-groep se hooffiliale word in aantekening 7 tot die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee.

    Besonderhede van die groep se wesenlike verkrygings en vervreemdings gedurende die jaar word in aantekening 3 tot die gekonsolideerde finansiële jaarstate weergegee.

    DIREKTEURE EN OUDITEURDie name van die direkteure en hul besonderhede verskyn in die tabel op die volgende bladsy en die naam, posadres en sake-adres van die maatskappysekretaris verskyn op bladsy 170 van hierdie verslag. Besonderhede met betrekking tot die direkteure se aandeelhoudings in die uitgereikte aandelekapitaal van die maatskappy word in aantekening 17 tot die gekonsolideerde finansiële jaarstate geopenbaar.

    plaaslike produksies stimuleer. In Suid-Afrika is meer as R2mjd aan plaaslike sport en inhoud bestee. SuperSport bly verreweg die grootste befondser van sport op die vasteland van Afrika.

    Addisionele transpondeerderkapasiteit is by Eutelsat en Intelsat gekoop om in-wentelbaan satelliet-rugsteunkapasiteit te versterk. Die groep het ook in ’n tweede uitsaaiperseel belê om ononderbroke uitsendings vir ons klantebasis te verseker. MWEB se ondersteunende infrastruktuur is van die hand gesit. MWEB is nou ’n verbruikergerigte internetdiensverskaffer. Die transaksie het ook ’n nuwe gesamentlike Wi-Fi-onderneming op die been gebring waarin MWEB ’n 49%-belang het.

    Videovermaak word in verskeie gebiede onder die regulatoriese soeklig geplaas. Reguleerders is sleutelbelanghebbendes vir die bedryf en MultiChoice speel ’n aktiewe rol om die uitsaailandskap te ondersteun.

    DrukmediaDie drukmedia-segment se drukkery-onderneming, Novus Holdings Beperk, is in Maart 2015 genoteer. Die groep het ’n opbrengs van R1,1mjd uit die notering verkry. Hierdie segment het daarin geslaag om marginale omsetgroei te behaal. Handelswins het egter gedaal tot R314m (2014: R606m), soos die drukkerybedryf wêreldwyd die wind van voor ondervind, terwyl Media24 ook in internet- en e-handelsgeleenthede belê.

    AANDELEKAPITAAL Die gemagtigde aandelekapitaal op 31 Maart 2015 bestaan uit:

    1 250 000 A- gewone aandele van R20 elk 500 000 000 N- gewone aandele van 2 sent elk

    Naspers het geen nuwe A- gewone aandele gedurende die 2015- finansiële jaar uitgereik nie. Die groep het gedurende die huidige finansiële jaar 72 000 nuwe N- gewone aandele aan die Naspers-aandele-aansporingstrust uitgereik asook 699 556 nuwe N- gewone aandele (2014: 1 272 500) aan verskeie groep-aandele-aansporingstrusts. Die groep het 1 691 155 N- gewone aandele aan eksterne

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 7

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    DIREKTEURE EN OUDITEUR (vervolg)Direkteure en bywoning van vergaderings

    Eerste datum aangestel in huidige pos

    Laaste datum aangestel

    Agt direksie- vergaderings

    gedurende die jaar gehou.Bywoning: Kategorie

    T Vosloo(1) 6 Oktober 1997 30 Augustus 2013 8 Nie-uitvoerend

    F-A du Plessis(2) 23 Oktober 2003 30 Augustus 2013 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    C L Enenstein 16 Oktober 2013 16 Oktober 2013 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    D G Eriksson 16 Oktober 2013 16 Oktober 2013 7 Onafhanklik nie-uitvoerend

    R C C Jafta 23 Oktober 2003 29 Augustus 2014 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    F L N Letele 22 November 2013 22 November 2013 8 Nie-uitvoerend

    D Meyer 25 November 2009 29 Augustus 2014 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    R Oliveira de Lima 16 Oktober 2013 16 Oktober 2013 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    Y Ma(1) 16 Oktober 2013 16 Oktober 2013 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    S J Z Pacak(3) 15 Januarie 2015 15 Januarie 2015 8 Nie-uitvoerend

    T M F Phaswana 23 Oktober 2003 30 Augustus 2013 7 Onafhanklik nie-uitvoerend

    M R Sorour(4) 15 Januarie 2015 15 Januarie 2015 7 Uitvoerend

    V Sgourdos(5) 1 Julie 2014 1 Julie 2014 6 Uitvoerend

    J D T Stofberg 16 Oktober 2013 16 Oktober 2013 7 Nie-uitvoerend

    B van Dijk 1 April 2014 1 April 2014 8 Uitvoerend

    B J van der Ross 12 Februarie 1999 30 Augustus 2013 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    J J M van Zyl(1) 1 Januarie 1988 29 Augustus 2014 8 Onafhanklik nie-uitvoerend

    AantekeningeMnr Bekker is met ingang van 17 April 2015 as ’n nie-uitvoerende direkteur en voorsitter aangestel.(1) Het op 17 April 2015 afgetree.(2) Het op 29 Mei 2015 bedank.(3) Het op 30 Junie 2014 as ’n uitvoerende en finansiële direkteur afgetree. Is op 1 Julie 2014 as ’n plaasvervangende direkteur

    aangestel. Het op 15 Januarie 2015 as ’n plaasvervangende direkteur bedank met sy aanstelling as nie-uitvoerende direkteur.(4) Is op 16 April 2014 as ’n plaasvervangende direkteur aangestel. Het op 15 Januarie 2015 as ’n plaasvervangende direkteur bedank

    met sy aanstelling as uitvoerende direkteur.(5) Is op 1 Julie 2014 as finansiële direkteur aangestel.

    8 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    DIREKTEURE EN OUDITEUR (vervolg)Komitees en bywoning van vergaderings

    Uitvoerende komitee

    Oudit- komitee(1)

    Risiko- komitee

    Mense- hulpbronne

    en vergoedings-

    komitee(1)Nominasie- komitee(1)

    Maatskaplike en etiese komitee

    Kategorie

    Geen vergaderings is gedurende

    die jaar gehou nie

    Vier vergaderings gedurende

    die jaar gehou.

    Bywoning:

    Vier vergaderings gedurende

    die jaar gehou.

    Bywoning:

    Ses vergaderings gedurende

    die jaar gehou.

    Bywoning:

    Ses vergaderings gedurende

    die jaar gehou.

    Bywoning:

    Drie vergaderings gedurende

    die jaar gehou.

    Bywoning:

    T Vosloo(2) √ √ 4 √ 6 √ 6 Nie-uitvoerendF-A du Plessis(3) √ 4 √ 4 Onafhanklik

    nie-uitvoerendD G Eriksson(4) √ 4 √ 4 √ 1 Onafhanklik

    nie-uitvoerendR C C Jafta √ √ √ 6 √ 6 √ 3 Onafhanklik

    nie-uitvoerendF L N Letele √ 3 Nie-uitvoerendD Meyer √ 3 Onafhanklik

    nie-uitvoerendS J Z Pacak(5) √ √ 4 √ 1 Nie-uitvoerendT M F Phaswana(6) √ √ nvt √ nvt Onafhanklik

    nie-uitvoerendV Sgourdos(7) √ √ 4 √ 2 UitvoerendJ D T Stofberg(8) √ nvt √ nvt Nie-uitvoerendJ J M van Zyl(2) √ √ 4 √ 4 √ 6 √ 6 √ 3 Onafhanklik

    nie-uitvoerendB J van der Ross √ 4 √ 4 Onafhanklik

    nie-uitvoerendB van Dijk(9) √ √ 4 √ 3 UitvoerendE Weideman √ 3 Nie-uitvoerend

    Aantekeninge√ Lid.Mnr Bekker is met ingang van 17 April 2015 as ’n nie-uitvoerende direkteur en voorsitter aangestel. Mnr Bekker sal as voorsitter in die mensehulpbronne- en vergoedingskomitee en as ’n lid in die nominasiekomitee dien. Hy sal vergaderings van die oudit- en risikokomitees op uitnodiging bywoon.(1) Uitvoerende direkteure woon vergaderings op uitnodiging by.(2) Het op 17 April 2015 afgetree.(3) Het op 29 Mei 2015 bedank. (4) Is op 29 Augustus 2014 in die ouditkomitee aangestel. Mnr Eriksson het voorheen ouditkomiteevergaderings in ’n raadgewende

    hoedanigheid bygewoon. Hy is op 17 April 2015 as voorsitter van die ouditkomitee aangestel.(5) Het op 30 Junie 2014 as ’n uitvoerende en finansiële direkteur afgetree en is op 1 Julie 2014 as ’n plaasvervangende direkteur aangestel.

    Hy het op 15 Januarie 2015 as plaasvervangende direkteur bedank en is toe as ’n nie-uitvoerende direkteur aangestel.(6) Is op 17 April 2015 aangestel. (7) Is op 1 Julie 2014 aangestel.(8) Is op 17 April 2015 as plaasvervanger vir mnr Bekker in die komitees aangestel.(9) Is op 1 April 2014 aangestel.

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 9

  • Direkteursverslag aan aandeelhouers (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    DIREKTEURE EN OUDITEUR (vervolg)PricewaterhouseCoopers Geïnk. sal ingevolge artikel 90(6) van die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr 71 van 2008 as ouditeur aanbly.

    LENINGSDie maatskappy se akte van oprigting plaas geen beperking op die leningsbevoegdheid van die maatskappy nie.

    Onderteken namens die direksie:

    J P Bekker B van DijkVoorsitter Uitvoerende hoof26 Junie 2015

    10 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • AAN DIE AANDEELHOUERS VAN NASPERS BEPERKOns het die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate van Naspers Beperk, soos uiteengesit op bladsye 12 tot 169, geoudit. Hierdie finansiële state bestaan uit die state van finansiële posisie soos op 31 Maart 2015, en die inkomstestate, state van omvattende inkomste, state van veranderings in ekwiteit en state van kontantvloei vir die jaar wat op daardie datum geëindig het, en die aantekeninge, wat bestaan uit ’n opsomming van beduidende rekeningkundige beleid en ander verduidelikende inligting.

    DIREKTEURE SE VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE FINANSIËLE STATEDie maatskappy se direkteure is verantwoordelik vir die opstel en redelike aanbieding van hierdie gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state ooreenkomstig ‘International Financial Reporting Standards’ en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika, en vir sodanige interne beheer as wat die direkteure nodig ag om die opstel van gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state, wat vry is van wesenlike wanvoorstelling, hetsy weens bedrog of foute, in staat te stel.

    OUDITEUR SE VERANTWOORDELIKHEIDDit is ons verantwoordelikheid om op grond van ons oudit ’n mening oor hierdie gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state uit te spreek. Ons het ons oudit ooreenkomstig ‘International Standards on Auditing’ uitgevoer. Daardie standaarde vereis dat ons voldoen aan etiese vereistes en die oudit beplan en uitvoer om redelike gerusstelling te verkry of die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state vry is van wesenlike wanvoorstelling.

    ’n Oudit behels die uitvoer van prosedures om ouditbewyse te verkry oor die bedrae en openbaarmaking in die finansiële state. Die prosedures wat gekies word hang af van die ouditeur se oordeel, insluitend die beoordeling van die risiko’s van wesenlike wanvoorstelling van die finansiële state, hetsy weens bedrog of foute. Tydens daardie risikobeoordeling oorweeg die ouditeur interne beheer relevant tot die entiteit se opstel en redelike aanbieding van die finansiële state, ten einde ouditprosedures te ontwerp wat in die omstandighede toepaslik is, maar nie met die doel om ’n mening uit te spreek oor die effektiwiteit van die entiteit se interne beheer nie. ’n Oudit sluit ook ’n

    evaluering van die toepaslikheid van rekeningkundige beleid wat gebruik is en die redelikheid van rekeningkundige ramings wat deur bestuur gemaak is in, asook ’n evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.

    Ons glo dat die ouditbewyse wat ons verkry het, toereikend en toepaslik is om ’n grondslag vir ons ouditmening te bied.

    MENINGNa ons mening is die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ’n redelike voorstelling van die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële stand van Naspers Beperk soos op 31 Maart 2015, en van die maatskappy se gekonsolideerde en afsonderlike finansiële prestasie en gekonsolideerde en afsonderlike kontantvloeie vir die jaar wat op daardie datum geëindig het, ooreenkomstig ‘International Financial Reporting Standards’ en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika.

    ANDER VERSLAE WAT DEUR DIE MAATSKAPPYWET VEREIS WORDAs deel van ons oudit van die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 2015 het ons die direkteursverslag, die verslag van die ouditkomitee en die sertifikaat van die maatskappy sekretaris deurgelees om te bepaal of daar wesenlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die geouditeerde gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state is. Hierdie verslae is die verantwoordelikheid van die verskeie opstellers daarvan. Gebaseer op die deurlees van hierdie verslae het ons nie wesenlike teenstrydighede tussen hierdie verslae en die geouditeerde gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state geïdentifiseer nie. Ons het hierdie verslae egter nie geoudit nie en spreek dienooreenkomstig nie ’n mening oor hierdie verslae uit nie.

    PricewaterhouseCoopers Geïnk. Direkteur: B DeeganGeregistreerde ouditeurSunninghill, Suid-Afrika26 Junie 2015

    Onafhanklike ouditeursverslagvir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 11

  • 31 Maart

    Aan-teke-ninge

    2015 R’m

    2014 R’m

    BATES Nie-bedryfsbates 124 276 100 212

    Eiendom, aanleg en toerusting 4 17 300 17 053 Klandisiewaarde 5 22 956 25 811 Ander ontasbare bates 6 5 476 5 702 Beleggings in geassosieerde maatskappye 8 73 547 47 755 Beleggings in gesamentlike ondernemings 9 2 769 1 727 Beleggings en lenings 10 952 1 193 Afgeleide finansiële instrumente 39 102 2 Uitgestelde belasting 11 1 174 969

    Bedryfsbates 32 767 28 390 Voorraad 13 3 183 2 882 Program- en rolprentregte 12 1 868 1 979 Handelsdebiteure 14 4 834 4 849 Ander debiteure 15 5 255 4 780 Bedrae ontvangbaar van verwante partye 17 52 27 Afgeleide finansiële instrumente 39 449 209 Kontant en kontantekwivalente 37 14 881 13 664

    30 522 28 390 Bates geklassifiseer as gehou-vir-verkoop 16 2 245 —

    TOTALE BATES 157 043 128 602 EKWITEIT EN VERPLIGTINGEKapitaal en reserwes toeskryfbaar aan die aandeelhouers van die groep 80 708 66 153

    Aandelekapitaal en -premie 18 21 019 16 337 Ander reserwes 19 15 533 17 845 Behoue verdienste 20 44 156 31 971

    Nie-beherende belang 3 100 2 052 TOTALE EKWITEIT 83 808 68 205 Nie-bedryfslaste 46 767 36 549

    Ná-diens mediese verpligting 21 203 176 Langtermynverpligtinge 22 44 807 34 483 Kontantvereffenbare aandeelgebaseerde vergoedingsverpligting 42 — 23 Voorsienings 23 96 109 Afgeleide finansiële instrumente 39 151 364 Uitgestelde belasting 11 1 510 1 394

    Bedryfslaste 26 468 23 848 Korttermyngedeelte van langtermynverpligtinge 22 4 295 2 628 Voorsienings 23 239 260 Handelskrediteure 5 436 5 318 Opgelope uitgawes en ander bedryfslaste 24 14 617 12 572 Bedrae verskuldig aan verwante partye 17 282 316 Belasting betaalbaar 533 809 Dividende betaalbaar 50 24 Afgeleide finansiële instrumente 39 569 840 Bankoortrekkings en opvraagbare lenings 37 312 1 081

    26 333 23 848 Laste geklassifiseer as gehou-vir-verkoop 16 135 —

    TOTALE EKWITEIT EN VERPLIGTINGE 157 043 128 602 Die meegaande aantekeninge is ’n integrale deel van hierdie gekonsolideerde finansiële jaarstate.

    Gekonsolideerde staat van finansiële posisieop 31 Maart 2015

    12 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • 31 Maart

    Aan-teke-ninge

    2015 R’m

    2014 R’m

    Omset 26 73 092 62 728 Koste om dienste te lewer en goedere te verkoop 27 (42 759) (35 416)Verkoops-, algemene en administratiewe uitgawes 27 (28 050) (23 974)Ander netto winste/(verliese) 28 (688) (1 320)

    Bedryfswins 1 595 2 018 Rente ontvang 29 501 606 Rente betaal 29 (2 752) (2 466)Ander netto finansieringsinkomste/(koste) 29 (573) (267)Belang in ekwiteitsverantwoorde resultate 8, 9 16 384 10 835

    uitgesluit netto wins vanuit hermetings* 10 772 7 906 netto wins vanuit hermetings* 5 612 2 929

    Waardedaling in ekwiteitsverantwoorde beleggings 8, 9 (478) (1 201)Verwateringswins/(-verlies) van ekwiteitsverantwoorde beleggings 8, 9 1 499 (852)Winste uit verkrygings en verkope 30 1 605 751

    Wins voor belasting 17 781 9 424 Belasting 31 (3 757) (2 895)

    Netto wins vir die jaar 14 024 6 529

    Toeskryfbaar aan:Aandeelhouers van die groep 14 023 5 751 Nie-beherende belang 1 778

    14 024 6 529

    Verdienste per N- gewone aandeel (sent)Basies 32 3 475 1 456 Ten volle verwater 32 3 407 1 418

    * Hermetings verwys na besigheidsamevoeging-verwante winste en verliese en die verkoop van beleggings.

    Die meegaande aantekeninge is ’n integrale deel van hierdie gekonsolideerde finansiële jaarstate.

    Gekonsolideerde inkomstestaatvir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 13

  • 31 Maart

    Aan-teke-ninge

    2015 R’m

    2014 R’m

    Wins vir die jaar 14 024 6 529 Ander omvattende inkomsteBuitelandse valuta-omrekeningsreserwe* (3 805) 4 910

    Valuta(verlies)/-wins met omrekening van netto bates van buitelandse bedrywighede (3 805) 4 910

    Billikewaarde-verliese 19 (22) (7)Billikewaarde-wins(-verlies) op beskikbaar-vir-verkoop beleggings* 10 3 (7)Hermetings op ná-diens werknemersvoordeelplanne (25) —

    Verskansingsreserwe* 39 277 (127)Netto beweging in verskansingsreserwe 350 (204)Netto belastingeffek van bewegings in verskansingsreserwe (73) 77

    Belang in ekwiteitsverantwoorde beleggings se direkte reserwebewegings 1 094 1 951

    Aandeelgebaseerde vergoedingsreserwe 1 003 589 Bestaandebeheer-besigheidsamevoegingsreserwe 225 (37)Waardasiereserwe* (126) 1 389 Buitelandse valuta-omrekeningsreserwe* (8) 10

    Totale ander omvattende inkomste, netto van belasting, vir die jaar (2 456) 6 727

    Totale omvattende inkomste vir die jaar 11 568 13 256

    Toeskryfbaar aan:Aandeelhouers van die groep 11 552 12 492 Nie-beherende belang 16 764

    11 568 13 256

    * Hierdie komponente van ander omvattende inkomste mag in ’n toekomstige tydperk na die inkomstestaat herklassifiseer word.

    Die meegaande aantekeninge is ’n integrale deel van hierdie gekonsolideerde finansiële jaarstate.

    Gekonsolideerde staat van omvattende inkomstevir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    14 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • A-aandele R’m

    N-aandele R’m

    Buite-landse

    valuta-om-rekenings-

    reserwe R’m

    Verskan-sings-

    reserwe R’m

    Waar-dasie-

    reserwe R’m

    Bestaande-beheer besig-heids-same-

    voegings-reserwe

    R’m

    Aandeel-ge-

    baseerde ver-

    goedings-reserwe

    R’m

    Behoue verdienste

    R’m

    Aandeel-houers fondse

    R’m

    Nie-be-herende-

    belang R’m

    Totaal R’m

    Saldo 1 April 2013 14 15 047 6 191 (175) 1 623 (688) 4 006 27 723 53 741 2 112 55 853

    Totale omvattende inkomste vir die jaar — — 4 894 (87) 1 382 (37) 589 5 751 12 492 764 13 256

    wins vir die jaar — — — — — — — 5 751 5 751 778 6 529

    totale ander omvattende inkomste vir die jaar — — 4 894 (87) 1 382 (37) 589 — 6 741 (14) 6 727

    Beweging in aandelekapitaal — 1 293 — — — — — — 1 293 — 1 293

    Beweging in tesourie-aandele — (17) — — — — — — (17) — (17)

    Beweging in aandeelgebaseerde vergoedingsreserwe — — — — — — 487 — 487 34 521

    Transaksies met nie-beherende aandeelhouers — — — — — (340) — 23 (317) 284 (33)

    Dividende — — — — — — — (1 526) (1 526) (1 142) (2 668)

    Saldo op 31 Maart 2014 14 16 323 11 085 (262) 3 005 (1 065) 5 082 31 971 66 153 2 052 68 205

    Saldo 1 April 2014 14 16 323 11 085 (262) 3 005 (1 065) 5 082 31 971 66 153 2 052 68 205

    Totale omvattende inkomste vir die jaar — — (3 795) 239 (143) 225 1 003 14 023 11 552 16 11 568

    wins vir die jaar — — — — — — — 14 023 14 023 1 14 024

    totale ander omvattende inkomste vir die jaar — — (3 795) 239 (143) 225 1 003 — (2 471) 15 (2 456)

    Beweging in aandelekapitaal — 3 670 — — — — — — 3 670 — 3 670

    Beweging in tesourie-aandele — 1 012 — — — — — — 1 012 — 1 012

    Beweging in aandeelgebaseerde vergoedingsreserwe — — — — — — 819 — 819 68 887

    Transaksies met nie-beherende aandeelhouers — — — — 356 (1 016) — (136) (796) 2 411 1 615

    Dividende — — — — — — — (1 702) (1 702) (1 447) (3 149)

    Saldo op 31 Maart 2015 14 21 005 7 290 (23) 3 218 (1 856) 6 904 44 156 80 708 3 100 83 808

    Die meegaande aantekeninge is ’n integrale deel van hierdie gekonsolideerde finansiële jaarstate.

    Aandelekapitaal en -premie

    Gekonsolideerde staat van veranderings in ekwiteit

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 15

  • 31 Maart

    Aan-teke-ninge

    2015 R’m

    2014 R’m

    Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteiteKontantvloei uit bedrywighede 33 6 476 7 383 Dividende ontvang van beleggings en ekwiteitsverantwoorde maatskappye 1 065 841 Kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite 7 541 8 224 Finansieringsinkomste ontvang 477 734 Finansieringskoste betaal (2 502) (2 365)Belasting betaal (3 845) (3 319)Netto kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite 1 671 3 274 Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteiteEiendom, aanleg en toerusting aangekoop (2 949) (4 235)Opbrengs met die verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 127 181 Ontasbare bates aangekoop (480) (404)Opbrengs met verkoop van ontasbare bates 22 16 Verkrygings van filiale en besighede, netto van kontant verkry 34 (477) (1 402)Verkoop van filiale en besighede 35 1 765 32 Verkryging van geassosieerde maatskappye 36 (80) (364)Addisionele belegging in bestaande geassosieerde maatskappye 36 (3 408) (1 411)Gedeeltelike verkoop van onderliggende beleggings van geassosieerde maatskappye — 103 Verkryging van gesamentlike ondernemings 36 (141) — Addisionele belegging in bestaande gesamentlike ondernemings 36 (297) (1 392)Voorkeurdividende ontvang 54 93 Voorkeuraandele afgelos 510 644 Kontantbewegings in ander beleggings en lenings (667) 103 Netto kontant aangewend in beleggingsaktiwiteite (6 021) (8 036)Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteiteOpbrengs uit lang- en korttermynlenings aangegaan 8 998 13 626 Terugbetalings van lang- en korttermynlenings (2 364) (9 827)Addisionele belegging in bestaande filiale (354) (226)Verkoop van gedeeltelike belang in filiale 1 140 — Terugbetalings van gekapitaliseerde bruikhuurverpligtinge (554) (447)Invloei/(uitvloei) van aandeelgebaseerde transaksies 1 938 (59)Opbrengs met verkoop van tesourie-aandele — 1 649 Bydraes deur nie-beherende aandeelhouers 476 55 Dividende betaal deur filiale aan nie-beherende aandeelhouers (1 384) (1 131)Dividende betaal deur beheermaatskappy (1 715) (1 526)Netto kontant gegenereer uit finansieringsaktiwiteite 6 181 2 114 Netto toename/(afname) in kontant en kontantekwivalente 1 831 (2 648)Valuta-omrekeningseffek op kontant en kontantekwivalente 205 1 001 Kontant en kontantekwivalente aan die begin van die jaar 12 583 14 230 Kontant en kontantekwivalente geklassifiseer as gehou-vir-verkoop aan die einde van die jaar 16 (50) — Kontant en kontantekwivalente aan die einde van die jaar 37 14 569 12 583

    Gekonsolideerde staat van kontantvloeivir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    16 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • 1. AARD VAN BEDRYWIGHEDE Naspers Beperk (“Naspers”) is in 1915

    ingevolge die wette van die Republiek van Suid-Afrika geïnkorporeer. Die hoofbedrywighede van Naspers en sy bedryfsfiliale, gesamentlike ondernemings en geassosieerde maatskappye (gesamentlik “die groep”) is die bedryf van internet- en mediaplatforms. Ons hoof bedrywighede is in internetdienste en e-handel (insluitende aanlyn-geklassifiseerde advertensies, aanlyn-kleinhandel en aanlyn-betalings), videovermaak en drukmedia. Hierdie aktiwiteite word hoofsaaklik in Afrika suid van die Sahara, China, Indië, Latyns-Amerika, Rusland, Suid-Afrika, die Midde-Ooste, Middel- en Oos-Europa en Suidoos-Asië bedryf.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID

    Die vernaamste rekeningkundige beleid wat met die voorbereiding van die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate toegepas is, word hieronder uiteengesit. Hierdie beleid is konsekwent toegepas vir al die tydperke aangebied, tensy anders aangedui.

    Die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate van die groep word aangebied in ooreenstemming met, en voldoen aan die Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFRS) en interpretasies van daardie standaarde soos uitgereik deur die Internasionale Rekeningkundige Standpunte Raad (IASB) en effektief ten tye van die voorbereiding van die finansiële jaarstate, die SAIGR Finansiële Verslagdoeningsgidse soos uitgereik deur die Rekeningkundige Praktyke Raad, Finansiële Uitsprake soos uitgereik deur die Finansiële Verslagdoeningstandaarde Raad asook die Suid-Afrikaanse Maatskappywet Nr 71 van 2008. Met die uitsondering van sekere finansiële instrumente (insluitend afgeleide finansiële instrumente) en kontantvereffenbare aandeelgebaseerde betalingsskemas wat teen billikewaarde

    gedra word, is die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate volgens die historiesekoste-grondslag opgestel.

    Die voorbereiding van die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële jaarstate vereis dat bestuur hul oordeel gebruik en ramings en aannames maak oor die gerapporteerde bedrae van bates, laste en voorwaardelike bates en aanspreeklikhede op die verslagdoeningsdatum asook die gerapporteerde bedrae van inkomste en uitgawes gedurende die tydperk. Alhoewel die bepaling van ramings gegrond is op bestuur se beste oordeel en kennis van huidige feite soos op die staat van finansiële posisie-datum, kan die werklike resultate uiteindelik van die ramings verskil. Ramings word bepaal rakende die billike waarde van ontasbare bates wat in besigheidsamevoegings erken is; waardedaling van eiendom, aanleg en toerusting (verwys na aantekening 4); klandisiewaarde (verwys na aantekening 5); ontasbare bates (verwys na aantekening 6); finansiële bates wat teen geamortiseerde koste gedra word en ander bates (verwys na aantekening 14); hermetings wat deur besigheidsamevoegings vereis word en die vervreemding van geassosieerdes, gesamentlike ondernemings en filiale (verwys na aantekening 30); billike waarde metings van vlak 2- en vlak 3- finansiële instrumente (verwys na aantekening 40); voorsienings (verwys na aantekening 23); belasting (verwys na aantekening 31); en ekwiteits-vergoedingsvoordele (verwys na aantekening 42).

    (a) Grondslag van konsolidasie Die gekonsolideerde finansiële jaarstate

    sluit die resultate van Naspers en sy filiale, geassosieerdes en gesamentlike ondernemings in.

    Filiale Filiale is entiteite wat deur die groep

    beheer word. Die bestaan en uitwerking van potensiële stemregte word oorweeg by die beoordeling of die groep ’n entiteit

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 17

  • uitgesluit daardie wat met die uitreiking van skuld of ekwiteitsinstrumente verband hou, word as uitgawes erken soos dit aangegaan word.

    Indien die besigheidsamevoeging stapsgewys uitgevoer word, word die koper se vorige ekwiteitsbelang in die verkrygde herwaardeer teen die billike waarde daarvan soos op die verkrygingsdatum met die verskil wat in die inkomstestaat erken word. Die billikewaarde van die groep se vorige ekwiteitsbelang vorm deel van die vergoeding wat oorgedra is in die besigheidsamevoeging soos op die verkrygingsdatum.

    Wanneer, as deel van ’n verkryging, dit vereis word dat die verkopende aandeelhouer ná die besigheidsamevoeging in diens bly, word enige retensie-opsie-reëlings as werknemersvoordele erken, en gevolglik hanteer ingevolge die rekenkundige beleid vir werknemers- of ekwiteit-vergoedingsvoordele.

    Klandisiewaarde Klandisiewaarde word op die

    verkrygingsdatum in ’n besigheidsamevoeging erken waanneer die bedrag van die vergoeding wat oorgedra is – tesame met die bedrag van enige nie-beherende belang – in die verkrygde, die billike waarde van die netto identifiseerbare bates verkry, oorskry. Indien die vergoeding minder is as die billike waarde van die netto bates van die verkrygde wat verkry is (’n winskoop), word die verskil in die inkomstestaat erken. Winste en verliese met die verkoop van ’n entiteit sluit die drabedrag in van klandisiewaarde wat verband hou met die entiteit wat verkoop word.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (a) Grondslag van konsolidasie (vervolg) Filiale (vervolg) beheer al dan nie tot die mate dat daardie

    potensiële stemregte as substantief geag word. Filiale word gekonsolideer vanaf die datum waarop die groep effektiewe beheer verkry (verkrygingsdatum) en konsolidasie word gestaak op die datum waarop beheer eindig. Vir sekere entiteite het die groep kontraktuele ooreenkomste aangegaan wat die groep toelaat om beheer uit te oefen oor die entiteite. Aangesien die groep hierdie ondernemings op dié manier beheer, word hulle gekonsolideer in die finansiële jaarstate.

    Alle intergroeptransaksies, -saldo’s en ongerealiseerde winste en -verliese word op konsolidasie geëlimineer.

    Besigheidsamevoegings Besigheidsamevoegings word volgens die

    verkrygingsmetode verantwoord. Die koopsom van ’n verkryging van ’n filiaal (verkrygde) beslaan die billike waarde van bates oorgedra, verpligtinge aangegaan en ekwiteitsinstrumente uitgereik deur die groep. Die koopprys, of vergoeding oorgedra, sluit ook die billike waarde van enige bate of verpligting wat uit ’n voorwaardelike koopprys-ooreenkoms voortspruit in. Indien die voorwaardelike bedrag as ekwiteit geklassifiseer word, word dit nie herwaardeer nie en enige skikking word in ekwiteit erken. Indien die voorwaardelike bedrag nie as ekwiteit geklassifiseer word nie, word enige ander verandering aan die billike waarde van die voorwaardelike bedrag betaalbaar in die inkomstestaat erken. Die groep meet vir elke besigheidsamevoeging die nie-beherende aandeelhouersbelang in die verkrygde entiteit teen die nie-beherende belang se proporsionele deel van die verkrygde entiteit se identifiseerbare netto bates. Kostes ten opsigte van die verkryging aangegaan,

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    18 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • gesamentlike ondernemings word geëlimineer tot die mate van die groep se belang in daardie geassosieerde of gesamentlike onderneming, tensy waar sodanige verlies aanduidend is van waardedaling in bates oorgedra.

    Die groep se belang in die ander omvattende inkomste asook ander bewegings in die netto bates van geassosieerdes en gesamentlike ondernemings word in die staat van omvattende inkomste erken.

    Vir stapsgewyse verkrygings van geassosieerdes en gesamentlike ondernemings meet die groep die kosprys van sy belegging as die som van die aankoopprys vir elke aankoop plus ’n gedeelte van die geassosieerde of gesamentlike onderneming se winste en ander bewegings in ekwiteit. Enige ander omvattende inkomste wat in vorige periodes erken is wat verband hou met die vorige aandeel gehou in die geassosieerde of gesamentlike onderneming, word in ekwiteit teruggeskryf en ’n gedeelte van winste en ander ekwiteitsbewegings word ook in ekwiteit erken. Enige koste wat verband hou met die aankoop word as deel van die belegging in die geassosieerde of gesamentlike onderneming hanteer.

    Wanneer die groep sy aandeel in ’n geassosieerde of gesamentlike onderneming verhoog en steeds beduidende invloed of gesamentlike beheer uitoefen, word die koste van die addisionele belegging by die drawaarde van die geassosieerde of gesamentlike onderneming gevoeg. Die klandisiewaarde wat daardeur ontstaan word bereken na aanleiding van die billike waarde inligting soos op die aankoopsdatum waarop die addisionele belang verkry is. Klandisiewaarde word by die drabedrag van die geassosieerde of gesamentlike onderneming gevoeg.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (a) Grondslag van konsolidasie (vervolg) Transaksies met nie-beherende

    aandeelhouers Nie-beherende aandeelhouers is

    ekwiteitsdeelnemers van die groep en gevolglik word alle transaksies met nie-beherende belange in die staat van veranderings in ekwiteit verantwoord. In transaksies met nie-beherende aandeelhouers, word die oorskot van die koste/opbrengs van die transaksie bo die groep se proporsionele aandeel in die netto batewaarde verkry/verkoop aan die “Bestaandebeheer-besigheidsame-voegingsreserwe” in ekwiteit toegewys.

    Geassosieerdes en gesamentlike ondernemings

    Beleggings in geassosieerde maatskappye (geassosieerdes) en gesamentlike ondernemings word volgens die ekwiteitsmetode verantwoord.

    Geassosieerdes is maatskappye waaroor die groep beduidende invloed uitoefen, maar nie beheer of gesamentlike beheer het nie. Gesamentlike ondernemings is ondernemings waarin die groep kontraktueel beheer oor ’n aktiwiteit deel met ander partye en waarin die partye regte het tot die netto bates van die onderneming.

    Meeste van die groep se buitelandse geassosieerdes en gesamentlike ondernemings het jaareindes wat nie met dié van die groep ooreenstem nie en die groep se beleid is om ’n toepaslike naloopperiode in die verslagdoening van hul resultate te aanvaar. Enige wesenlike transaksies wat tussen die jaareinde van ’n geassosieerde of gesamentlike onderneming en die groep se Maart-jaareinde plaasgevind het, word wel in berekening geneem.

    Ongerealiseerde winste of verliese tussen die groep en sy geassosieerde en

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 19

  • betrokke bates en laste direk verkoop het. Dit mag beteken dat bedrae wat voorheen in ander omvattende inkomste erken is, herklassifiseer kan word na die inkomstestaat.

    Waar die groep nie-monetêre bates (insluitend besighede) aan ’n ekwiteitsverantwoorde entiteit bydra in ruil vir ’n ekwiteitsbelang in sodanige entiteit, word die wins of verlies wat ontstaan met die hermeting van die nie-monetêre bate wat bygedra is na sy billike waarde in die inkomstestaat erken slegs tot die mate van ander partye se belange in daardie entiteit. Die wins of verlies word geëlimineer teen die drabedrag van die belegging in die geassosieerde of gesamentlike onderneming tot die mate van die groep se belang.

    (b) Finansiële bates Die groep klassifiseer sy beleggings in

    skuld- en ekwiteitsinstrumente in die volgende kategorieë: teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies, beskikbaar-vir-verkoop en lenings en debiteure. Die klassifikasie is afhanklik van die doel waarvoor die beleggings bekom is. Bestuur bepaal die klassifikasie van die groep se beleggings ten tye van aanvanklike erkenning en, wanneer vereis, herevalueer sodanige klassifikasie op ’n jaarlikse grondslag.

    Alle finansiële bates teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies word as gehou-vir-verhandeling geklassifiseer en is afgeleide finansiële instrumente. ’n Finansiële bate word in dié kategorie geklassifiseer as dit hoofsaaklik verkry word met die doel om dit oor die korttermyn te verkoop, of as dit deel vorm van ’n portefeulje van finansiële bates waarvoor daar bewyse bestaan van korttermynwinste, of, indien dit aan die vereistes voldoen, dit as sodanig deur bestuur geklassifiseer word. Afgeleide finansiële instrumente word geklassifiseer as gehou vir verhandeling, behalwe as hulle geklassifiseer word as effektiewe verskansingsinstrumente.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (a) Grondslag van konsolidasie (vervolg) Geassosieerdes en gesamentlike

    ondernemings (vervolg) Die gedeeltelike verkoop van

    geassosieerdes en gesamentlike ondernemings word as verwaterings verantwoord indien dit nie lei tot ’n verlies aan beduidende invloed of gesamentlike beheer nie. Verwateringswinste en -verliese ten opsigte van geassosieerdes en gesamentlike ondernemings word in die inkomstestaat erken. Die groep se proporsionele gedeelte van enige winste of verliese wat voorheen in ander omvattende inkomste erken is, word ook na die inkomstestaat herklassifiseer wanneer ’n verwatering plaasvind.

    Elke geassosieerde en gesamentlike onderneming word vir waardedaling oorweeg as ’n enkele bate op elke verslagdoeningsdatum. Indien aan waardedaling onderworpe, word die drabedrag van die groep se belegging in die geassosieerde of gesamentlike onderneming aangepas na die verhaalbare bedrag en die resulterende waardedalingsverlies word as deel van “Waardedaling in ekwiteitsverantwoorde beleggings” in die inkomstestaat erken

    Vervreemdings Wanneer die groep nie meer beheer

    (filiale), beduidende invloed (geassosieerdes) of gesamentlike beheer (gesamentlike ondernemings) uitoefen nie, word enige belang wat steeds in die entiteit besit word, hermeet na billike waarde met die beweging in die drabedrag wat in die inkomstestaat erken word. Vir die belang wat behou word as ’n geassosieerde, gesamentlike onderneming of finansiële bate, is die billike waarde die aanvanklike drabedrag vir die doel van die rekeningkundige verantwoording vir die belang daarna. Verder word enige bedrae ten opsigte van daardie entiteit wat voorheen in ander omvattende inkomste erken is, verantwoord asof die groep die

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    20 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • Lenings en debiteure word gedra teen geamortiseerde koste met gebruik van die effektiewe rente-metode.

    Die groep evalueer op elke staat van finansiële posisie-datum, of vroeër waar so assessering genoodsaak word, of daar objektiewe bewyse bestaan wat daarop dui dat ’n finansiële bate of groep finansiële bates aan waardedaling onderhewig is. Indien enige sodanige bewyse van waardedaling geïdentifiseer word, word die onderstaande beginsels deur die groep toegepas om die waardedalingsverlies te bepaal.

    Vir lenings en debiteure word die bedrag van die waardedalingsverlies gemeet as die verskil tussen die bate se drabedrag en die teenswoordige waarde van toekomstige kontantvloei, verdiskonteer teen die finansiële bate se oorspronklike effektiewe rentekoers. Die drabedrag van die bate word verminder en die waardedalingsverlies word direk in die inkomstestaat erken waar die waardedalingsverlies aan ’n individuele finansiële bate toeskryfbaar is en via ’n toelaagrekening vir waardedalingsverliese wat verband hou met ’n groep finansiële bates. ’n Waardedalingsverlies wat in ’n vorige tydperk op ’n bate erken is, word deur die inkomstestaat teruggeskryf indien die ramings wat gebruik is om die verhaalbare bedrag te bepaal, verander het sedert die laaste waardedalingsverlies erken is.

    Waar beskikbaar-vir-verkoop beleggings aan waardedaling onderworpe is word die kumulatiewe winste of verlies wat voorheen in ander omvattende inkomste erken is herklassifiseer na die inkomstestaat.

    Finansiële bates word onterken wanneer die regte om kontantvloei uit die belegging te ontvang verval het, of wanneer dit oorgedra word na ’n ander party tesame met grotendeels al die risiko’s en voordele van eienaarskap.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (b) Finansiële bates (vervolg) Beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates is

    nie-afgeleide finansiële instrumente wat of aangewys is in die kategorie of nie in enige ander kategorie van finansiële instrumente geklassifiseer word nie. Die groep het ekwiteitsinstrumente wat nie as gehou-vir-verhandeling geklassifiseer is nie in hierdie kategorie aangewys.

    Lenings en debiteure is nie-afgeleide finansiële instrumente met vaste of bepaalbare betalings wat nie in ’n aktiewe mark gekwoteer is nie, anders as dié wat die groep bedoel om op korttermyn te verkoop, of wat geklassifiseer is as teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies of beskikbaar-vir-verkoop. Die groep het lenings, sekere voorkeuraandeelbeleggings asook handels- en ander debiteure in die kategorie geklassifiseer.

    Finansiële bates word by nie-bedryfsbates ingesluit, behalwe vir dié met vervaldatums binne 12 maande vanaf die staat van finansiële posisie-datum, wat dan as bedryfsbates geklassifiseer word.

    Aankope en verkope van finansiële bates word erken op die verhandelingsdatum, wat die datum is waarop die groep hul verbind om die bate te koop of te verkoop. Finansiële bates word aanvanklik erken teen billike waarde en die verkrygingskoste sluit transaksiekoste in wat direk toeskryfbaar is aan die verkryging, behalwe vir beleggings teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies.

    Teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies en beskikbaar-vir-verkoop finansiële bates word ná aanvanklike erkenning gedra teen billike waarde, met veranderinge in billike waarde wat onderskeidelik in die inkomstestaat en staat van omvattende inkomste erken word. Verwys na aantekening 40 vir die groep se billikewaarde-metingsmetodologie rakende sy finansiële bates.

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 21

  • “Bestaandebeheer-besigheidsame-voegingsreserwe” in ekwiteit erken teen die teenswoordige waarde van die verwagte aflosbedrag betaalbaar. Latere hersiening van die verwagte aflosbedrag betaalbaar word as deel van “Ander netto winste/(verliese)” in die inkomstestaat erken. Wanneer ’n geskrewe verkoopopsie verval omdat dit nie uitgeoefen was nie of wanneer dit gekanselleer word, word die drabedrag van die finansiële las herklassifiseer na die “Bestaandebeheer-besigheidsamevoegingsreserwe” in ekwiteit.

    Geskrewe verkoopopsies wat aan die groep die diskresie gee om sy verpligtinge in die groep se eie ekwiteitsinstrumente te vereffen (insluitende die aandele van ’n filiaal) word as afgeleide finansiële instrumente teen billike waarde verantwoord.

    Verwys na aantekening 40 vir die groep se billikewaarde-metingsmetodologie rakende sy finansiële laste.

    Geskrewe verkoopopsies word as deel van “Afgeleide finansiële instrumente” (verpligtinge) in die staat van finansiële posisie aangebied.

    Finansiële laste word by bedryfsbates ingesluit waar betaling verskuldig is, of vereis kan word, binne 12 maande vanaf die staat van finansiële posisie-datum (of binne die normale bedryfsiklus van die relevante onderneming indien langer). Indien nie, word sodanige laste as nie-bedryfslaste aangebied.

    Finansiële laste word verreken en die netto bedrag word in die staat van finansiële posisie aangebied wanneer daar ’n wetlik afdwingbare reg is om die erkende bedrae te verreken en daar ’n bedoeling is om op ’n netto basis te vereffen. Finansiële laste word onterken wanneer die kontraktuele verpligting gedelg is, gekanselleer word of verval.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (b) Finansiële bates (vervolg) Finansiële bates word verreken en die

    netto bedrag word in die staat van finansiële posisie gerapporteer wanneer daar ’n wetlik afdwingbare reg bestaan om die erkende bedrae te verreken and wanneer daar ’n bedoeling is om gelyktydig die bate te realiseer en die verwante finansiële las te vereffen.

    (c) Finansiële laste Die groep klassifiseer sy finansiële laste as

    finansiële laste teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies, ander finansiële laste en geskrewe verkoopopsie verpligtinge. Finansiële laste word erken wanneer die groep ’n party word tot die kontraktuele terme van die relevante instrument.

    Alle finansiële laste teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies is afgeleide finansiële instrumente en word dus as gehou-vir-verhandeling geklassifiseer. Finansiële laste teen billike-waarde-deur-wins-of-verlies word aanvanklik teen billike waarde erken, transaksiekoste uitgesluit, en word na aanvanklike erkenning teen billike waarde gedra met veranderings in billike waarde wat in die inkomstestaat erken word.

    Ander finansiële laste bestaan uit handels- en ander krediteure en lenings. Ander finansiële laste word aanvanklik teen billike waarde erken, netto van transkasiekoste, en word daarna teen geamortiseerde koste met gebruik van die effektiewe rente-metode gedra.

    Geskrewe verkoopopsie-verpligtinge verteenwoordig kontrakte wat ’n verpligting vir die groep skep (of wat potensieël ’n verpligting daar mag stel) om sy eie ekwiteitsinstrumente (insluitende die aandele van ’n filiaal) te koop in ruil vir kontant of ’n ander finansiële bate. Geskrewe verkoopopsie-verpligtinge word aanvanklik vanuit die

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    22 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • erkende bate of las of ’n vaste verbintenis (billikewaarde-skans) óf ’n skans teen ’n verwagte transaksie of ’n buitelandse valutarisiko van ’n vaste verbintenis (kontantvloeiskans).

    Veranderinge in die billike waarde van afgeleide finansiële instrumente wat as sulks aangewys is en as billikewaarde-skanse kwalifiseer, word in die inkomstestaat erken tesame met die veranderinge in billike waarde van die verskanste bate of las wat toeskryfbaar is aan die verskanste risiko.

    Veranderinge in die billike waarde van afgeleide finansiële instrumente wat as sulks aangewys is en as kontantvloei-skanse kwalifiseer, word in ander omvattende inkomste verantwoord sover dit effektief is met die oneffektiewe gedeelte wat in die inkomstestaat erken word. Waar die verskansing van die verwagte transaksie of vaste verbintenis aanleiding gee tot die erkenning van ’n nie-finansiële bate of las, word die winste en verliese wat voorheen in ander omvattende inkomste uitgestel is, oorgedra vanaf ander omvattende inkomste en ingesluit in die aanvanklike meting van die kosprys van daardie bate of las. Andersins word bedrae wat uitgestel is in ander omvattende inkomste oorgedra na die inkomstestaat en as ’n inkomste of uitgawe geklassifiseer in dieselfde tydperk waartydens die verskanste vaste verbintenis of verskanste transaksie op die inkomstestaat ’n uitwerking het.

    Sekere afgeleide finansiële instrumente, hoewel hulle aan die groep doeltreffende ekonomiese verskansing bied ingevolge die groep se risikobestuursbeleid, kwalifiseer nie vir verskansings-rekeningkunde nie. Veranderinge in die billike waarde van enige afgeleide finansiële instrument wat nie vir verskansingsrekeningkunde kwalifiseer nie, word onmiddellik in die inkomstestaat erken.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (d) Finansiële instrumente gebruik vir verskansingsrekeningkunde

    Die groep gebruik afgeleide finansiële instrumente om die blootstelling aan skommelinge in wisselkoerse en rentekoerse te bestuur en te beperk. Hierdie instrumente bestaan hoofsaaklik uit valutatermynkontrakte en rentekoersruilooreenkomste. Valutatermynkontrakte beskerm die groep teen fluktuasies in wisselkoerse, deurdat ’n wisselkoers gekontrakteer word waarteen ’n buitelandse bate of las vereffen sal word. Rentekoersruilooreenkomste beskerm die groep teen fluktuasies in rentekoerse.

    Tydens die aangaan van ’n transaksie dokumenteer die groep die verwantskap tussen die verskansingsinstrument en die verskanste item, asook die groep se risikobestuursdoelwitte en -strategieë vir die onderneming van verskeie verskansingstransaksies. Tydens die aangaan van die verskansingstransaksie en op ’n deurlopende grondslag dokumenteer die groep sy beraming van die mate waarin die afgeleide finansiële instrumente wat in verskansingstransaksies gebruik word effektief die verandering in die billike waarde of kontantvloei van die verskanste item in die toekoms sal verreken asook die mate waarin die afgeleide finansiële instrumente terugwerkend effektief was in die verrekening van sodanige blootstellings. Die billike waardes van afgeleide finansiële instrumente wat gebruik word vir verskansingsdoeleindes is vervat in aantekening 39.

    Die metode vir die erkenning van die wins of verlies wat ontstaan met die hermeting na billike waarde van afgeleide instrumente gebruik vir verskansingsdoeleindes, is afhanklik van die verskanste item. Die groep klassifiseer afgeleide finansiële instrumente as óf ’n skans teen die billike waarde van ’n

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 23

  • Verbeteringe aan geboue 5 – 50 jaarRekenaartoerusting 1 – 10 jaarVoertuie 2 – 10 jaarTransmissie-toerusting 5 – 20 jaar

    Waar komponente van eiendon, aanleg en toerusting by gereelde tussenposes vervanging vereis, sluit die drabedrag van ’n item van eiendom, aanleg en toerusting die koste van vervanging van sodanige komponent in wanneer dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele na die groep sal vloei en die koste betroubaar gemeet kan word. Die drabedrae van komponente wat vervang is word onterken by kapitalisering van die koste van die vervangende komponent. Elke deel van ’n item van eiendom, aanleg en toerusting met ’n koste wat beduidend is in verhouding tot die totale koste van die item word afsonderlik afgeskryf waar dit ’n verwagte nutsduur het wat verskil van die verwagte nutsduur van die item in geheel.

    Beduidende huurverbeteringe word afgeskryf oor die kortste van die huurtermyn en die verwagte ekonomiese nutsduur.

    Koste aangegaan ná aanvanklike erkenning, word ingesluit in die bate se drawaarde of as ’n aparte bate erken slegs indien dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele van die bate na die groep sal vloei en indien die koste betroubaar gemeet kan word. Herstelwerk en instandhoudingskoste word erken in die inkomstestaat gedurende die tydperk waarin dit aangegaan is.

    Bates se reswaardes en ekonomiese nutsduur word jaarliks op elke staat van finansiële posisie-datum hersien en word aangepas indien nodig. Winste en verliese met verkoop van bates word bepaal deur die vergoeding met die bates se drawaardes te vergelyk en word in “Ander netto winste/(verliese)” in die inkomstestaat erken.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (d) Finansiële instrumente gebruik vir verskansingsrekeningkunde (vervolg)

    Indien ’n verskansingsinstrument verval of verkoop word, of ’n skans nie meer aan die vereistes van verskansingsrekeningkunde voldoen nie, word enige kumulatiewe wins of verlies wat op daardie tydstip in ander omvattende inkomste gedra word in ander omvattende inkomste gehou en in die inkomstestaat erken wanneer die verbintenis of verwagte transaksie uiteindelik erken word. Indien verwag word dat ’n voorheen verwagte transaksie of vaste verbintenis nie meer gaan plaasvind nie, word die kumulatiewe wins of verlies, wat in ander omvattende inkomste erken is, onmiddellik oorgedra na die inkomstestaat.

    (e) Eiendom, aanleg en toerusting Eiendom, aanleg en toerusting word

    getoon teen kosprys, wat insluit verkrygingskoste en enige koste om die bates gereed te kry vir beoogde gebruik, minus opgelope waardevermindering en waardedalingsverliese. Verkrygingskoste sluit in enige winste of verliese oorgedra vanaf ekwiteit met betrekking tot kwalifiserende kontantvloeiskanse op buitelandse valuta aankope van items van eiendom, aanleg en toerusting. Waardevermindering op eiendom, aanleg en toerusting, met die uitsondering van grond, word afgeskryf in gelyke jaarlikse paaiemente oor die bate se verwagte nutsduur en tot sy reswaarde. Daar word geen waardevermindering op grond afgeskryf nie aangesien dit geag word om ’n onbeperkte nutsduur te hê.

    Afskrywingstydperke mag verskil na gelang van die omstandighede van die verskillende bedrywighede, maar is onderhewig aan die volgende reeks tydperke:

    Geboue 1 – 50 jaarVervaardigingstoerusting 2 – 25 jaarKantoortoerusting 2 – 25 jaar

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    24 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • huurkontrak. Elke bruikhuurbetaling word verdeel tussen die delging van die huurverpligting en finansieringsheffings. Die ooreenstemmende huurverpligtinge, uitgesluit finansieringskoste, word ingesluit onder langtermynverpligtinge of die korttermyngedeelte van langtermynverpligtinge in die staat van finansiële posisie. Die rente-uitgawe-komponent van die minimum huurpaaiemente word in die inkomstestaat erken oor die huurtydperk, ten einde ’n konstante periodieke rentekoers op die uitstaande saldo van die finansieringsbalans te verseker vir elke tydperk.

    Bedryfshure Huur word as bedryfshuur geklassifiseer

    indien, in wese, alle risiko’s en voordele verbonde aan eienaarskap deur die verhuurder behou word. Bedryfshuurkoste (netto van enige aansporings ontvang van die verhuurder) word op ’n reguitlyn-grondslag oor die termyn van die huur in die inkomstestaat erken.

    (g) Ontasbare bates Verkrygde ontasbare bates word

    gekapitaliseer teen kosprys. Ontasbare bates met beperkte nutsdure word volgens die reguitlyn-metode oor hul verwagte nutsdure geamortiseer. Die nutsdure en reswaardes van ontasbare bates word op ’n jaarlikse basis heroorweeg.

    Die amortisasietydperke van ontasbare bates met beperkte nutsdure wissel afhangende van die toestande in die betrokke nywerhede, maar is beperk tot die volgende maksimum tydperke:

    Patente 5 jaarTitelregte 20 jaarHandelsname en handelsmerke 30 jaarSagteware 10 jaarIntellektuele eiendomsregte 30 jaarIntekenaarbasis 11 jaar

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (e) Eiendom, aanleg en toerusting (vervolg)

    Onvoltooide werk word gedefinieer as bates wat steeds in die konstruksiefase is, en nog nie beskikbaar vir gebruik is nie. Hierdie bates word teen oorspronklike kosprys getoon en daar word geen waardevermindering afgeskryf nie. Waardevermindering op dié bates neem aanvang wanneer hulle beskikbaar vir gebruik word en die afskrywingstydperke word gebaseer op bestuur se oordeel van hul nutsduur.

    Leenkoste direk toeskryfbaar aan die verkryging, oprigting of produksie van kwalifiserende bates word gekapitaliseer as deel van die koste van die bates. Alle ander leenkoste word in die inkomstestaat erken gedurende die tydperk waarin dit aangegaan is. ’n Kwalifiserende bate is ’n bate wat langer as ’n jaar verg om gereed gekry te word vir sy voorgenome gebruik of verkoop.

    (f) Gehuurde bates Bruikhure Die huur van eiendom, aanleg en

    toerusting, uitgesluit grond, word as bruikhuur geklassifiseer, indien, in wese, alle risiko’s en voordele verbonde aan eienaarskap vanaf die verhuurder na die groep, as huurder, oorgedra word. Bruikhuurbates word gekapitaliseer teen die laagste van die billike waarde van die huurbate en die teenswoordige waarde van die onderliggende minimum huurpaaiemente met die verwante huurverpligting wat teen ’n ekwivalente bedrag erken word. Die rentekoers implisiet in die huur of, waar dit nie met redelike sekerheid bepaal kan word nie, die groep se inkrementele leenkoers, word gebruik om die teenswoordige waarde van minimum huurpaaiemente te bepaal. Gekapitaliseerde bruikhuurbates word afgeskryf oor hul verwagte nutsduur, maar word beperk tot die termyn van die

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 25

  • wat nie aan hierdie kriteria voldoen nie, word as uitgawes in die inkomstestaat erken soos die koste aangegaan word.

    Onvoltooide werk word gedefinieer as bates wat steeds in die ontwikkelingsfase is en nie beskikbaar vir gebruik is nie. Hierdie bates word teen oorspronklike kosprys getoon en daar word geen amortisasie afgeskryf nie maar word vir waardedaling getoets op elke verslagdoeningsdatum. Amortisasie op dié bates neem aanvang wanneer hulle beskikbaar vir gebruik word en die amortisasietydperk word gebaseer op bestuur se oordeel van hul nutsduur.

    (h) Program- en rolprentregte Programinhoudregte Aangekoopte program- en rolprentregte

    word getoon teen verkrygingskoste minus opgelope amortisasie. Program inhoud-regte, wat bestaan uit die regte om programme, reekse en films uit te saai, word te boek gestel op die datum waarop die regte gelisensieer is en teen die heersende wisselkoers met die aankoop-datum. Amortisasie van die regte word gebaseer op die kontraktuele vertonings of dit word afgeskryf wanneer bestuur bevestig het dat dit hul voorneme is dat daar geen verdere vertonings sal wees nie.

    Programinhoudregte wat gekontrakteer is teen die verslagdoeningsdatum wat nog nie gelisensieer is nie, word as verpligtinge geopenbaar.

    Programproduksiekoste Programproduksiekoste, wat bestaan uit

    alle koste wat nodig is om ’n program wat uitgesaai word te produseer en te voltooi, word te boek gestel teen die laagste van koste of netto realiseerbare waarde. Netto realiseerbare waarde is die gemiddelde koste van die programinhoudregte.

    Amortisasie van programproduksiekoste word gebaseer op die kontraktuele vertonings of dit word afgeskryf wanneer bestuur bevestig dat daar geen verdere vertonings sal wees nie.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (g) Ontasbare bates (vervolg) Geen waarde word toegereken aan

    handelsmerke of soortgelyke regte en bates wat intern gegenereer is nie. Koste aangegaan ten opsigte van hierdie items word in die inkomstestaat in die tydperk waarin dit aangegaan word as ’n uitgawe erken.

    Koste wat direk verband hou met die produksie van identifiseerbare en unieke sagteware, wat beheer word deur die groep en wat waarskynlik toekomstige ekonomiese voordele sal genereer wat die koste vir meer as een jaar oorskry, word as ontasbare bates erken. Direkte koste sluit die ontwikkelingspan se werknemerskoste in, asook ’n toepaslike gedeelte van oorhoofse koste aangegaan. Alle ander koste aangegaan, wat verband hou met die ontwikkeling en instandhouding van sagteware, word as uitgawes in die inkomstestaat erken soos dit aangegaan word.

    Webwerf-ontwikkelingskoste word gekapitaliseer as ’n ontasbare bate indien dit waarskynlik is dat die toekomstige ekonomiese voordele toeskryfbaar aan die bate, na die groep sal vloei en die koste daarvan betroubaar gemeet kan word, anders word dit in die inkomstestaat erken soos wat dit aangegaan word.

    Navorsingskoste word as ’n uitgawe erken soos dit aangegaan word. Koste aangegaan tydens ontwikkeling (wat verband hou met die ontwerp en toetsing van nuwe of verbeterde produkte) word erken as ’n ontasbare bate wanneer die koste daarvan betroubaar gemeet kan word, die produkte of prosesse kommersieel en tegnies uitvoerbaar is, toekomstige ekonomiese voordele waarskynlik is en die groep beplan om die ontasbare bate te voltooi ten einde dit te gebruik of te verkoop en voldoende hulpbronne beskikbaar is om ontwikkeling van die bate te voltooi. Ontwikkelingskoste

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    26 NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015

  • kontantgenerende eenheid is die hoogste van sy gebruikswaarde en sy billike waarde minus koste om te vervreem. As die verhaalbare bedrag van die kontantgenererende eenheid minder as die drabedrag is, word ’n waardedalingsverlies erken in “Ander netto winste/(verliese)” in die inkomstestaat. Waardedalingsverliese op klandisiewaarde word nie teruggeskryf nie.

    Ander ontasbare bates en eiendom, aanleg en toerusting

    Die groep evalueer ander ontasbare bates (met beperkte nutsdure) en items van eiendom, aanleg en toerusting ten minste op ’n jaarlikse basis vir aanduidings van waardedaling. Aanduiders wat kan lei tot ’n evaluasie vir waardedaling sluit in, maar is nie beperk nie, tot: beduidende onderprestasie relatief tot verwagtinge gegrond op historiese resultate of geprojekteerde toekomstige bedryfsresultate; beduidende veranderinge in die gebruik van die bates of die groep se oorhoofse sakestrategie en beduidende negatiewe tendense in die nywerheid of ekonomie.

    Ontasbare bates steeds in die ontwikkelingsfase en wat nog nie vir gebruik beskikbaar is nie (onvoltooide werk) word jaarliks vir waardedaling getoets.

    As die verhaalbare bedrag van ’n bate minder as die drabedrag is, word ’n waardedalingsverlies erken in “Ander netto winste/(verliese)” in die inkomstestaat.

    Gebruikswaarde is die teenswoordige waarde van toekomstige kontantvloeie wat na verwagting uit voortgesette gebruik van die bate en uit sy vervreemding aan die einde van sy nutsduur verdien sal word. Die verwagte toekomstige kontantvloeie word verdiskonteer na hul teenswoordige waarde deur van ’n voorbelaste verdiskonteringskoers

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (h) Program- en rolprentregte (vervolg) Programproduksiekoste (vervolg) Alle programproduksiekoste wat meer is

    as die verwagte netto realiseerbare waarde van die produksie met voltooiing, word afgeskryf wanneer dit gekontrakteer word.

    Sportregte Sportregte word te boek gestel op die

    datum waarop die tydperk waarin die sportgebeurtenis plaasvind, in aanvang neem en teen die heersende wisselkoers op daardie datum. Hierdie regte word geamortiseer oor die tydperk waarin die sportgebeurtenis plaasvind, of afgeskryf waar bestuur bevestig dat die toernooi nie uitgesaai sal word nie.

    Betalings wat gemaak word om oor die uitsaai van sporttoernooie te onderhandel en te bevestig, word afgeskryf soos dit aangegaan word. Regte tot toekomstige sporttoernooie wat gekontrakteer is teen die verslagdoeningsdatum, maar wat nog nie begin het nie, word as verpligtinge geopenbaar, behalwe waar betalings reeds gemaak is, wat dan as vooruitbetaalde uitgawes erken word.

    (i) Waardedaling van nie-finansiële bates Klandisiewaarde en ontasbare bates

    met onbeperkte lewensdure Klandisiewaarde en ontasbare bates met

    onbeperkte lewensdure word jaarliks getoets vir waardedaling en word gedra teen kosprys minus opgelope waardedaling.

    Klandisiewaarde en ontasbare bates met onbeperkte lewensdure word aan kontantgenererende eenhede toegewys vir doeleindes van waardedalingstoetsing. Waardedalingtoetse word uitgevoer deur die verhaalbare bedrag van ’n kontantgenererende eenheid waarmee klandisiewaarde en ontasbare bates met onbeperkte lewensdure verband hou, te bereken. Die verhaalbare bedrag van ’n

    Aantekeninge by die gekonsolideerde finansiële jaarstate (vervolg)

    vir die jaar geëindig 31 Maart 2015

    NASPERS BEPERK- FINANSIËLE JAARSTATE 2015 27

  • die gebruik aansienlik verskil van ander klasse voorraad, word die geweegde-gemiddelde-metode gebruik.

    Die koste van klaarprodukte en onvoltooide werk sluit grondstof, direkte arbeid, ander direkte koste en toepaslike produksie bo-koste in, maar sluit rente-uitgawes uit. Die koste van voorraad sluit die oordrag vanuit ander omvattende inkomste in van enige wins of verlies op kwalifiserende kontantvloeiskanse wat op buitelandse valuta voorraadaankope betrekking het. Netto realiseerbare waarde verwys na die verwagte verkoopprys minus enige voltooiingskoste en verkoopkoste. Voorsienings word gemaak vir verouderde, onbruikbare en onverkoopbare voorraad en vir latente skade wat eers aan die lig kom wanneer voorraad gebruik of te koop aangebied word.

    (k) Kontant en kontantekwivalente Kontant en kontantekwivalente word in

    die staat van finansiële posisie teen billike waarde gedra wat gelykstaande is aan die koste of gesigwaarde van die bates. Kontant en kontantekwivalente bestaan uit kontant voorhande en onmiddellik-opvraagbare deposito’s by banke. Sekere kontantsaldo’s se onmiddellike gebruik is beperk ingevolge ooreenkomste met banke en ander finansiële instellings. Vir doeleindes van die staat van kontantvloei word kontant en kontantekwivalente aangebied netto van bankoortrekkings.

    (l) Voorsienings Voorsienings is verpligtinge van die groep

    waar die tydsberekening of die bedrag (of beide) van die verpligting nie seker is nie.

    Die groep skep voorsienings as daar tans ’n wetlike of afgeleide verpligting bestaan wat voortvloei uit ’n vorige gebeurtenis, dit waarskynlik is dat toekomstige ekonomiese voordele uit die groep sal vloei ten einde die verpligting af te los, en daar ’n betroubare raming van die bedrag van die verpligting gemaak kan word.

    2. VERNAAMSTE REKENINGKUNDIGE BELEID (vervolg)

    (i) Waardedaling van nie-finansiële bates (vervolg)

    Ander ontasbare bates en eiendom, aanleg en toerusting (vervolg)

    gebruik te maak, wat huidige markaannames ten opsigte van die tydwaarde van geld en die risiko’s verbonde aan die bate reflekteer.

    Billike waarde minus koste om te vervreem is die