bulle-tin uitgawe 3 2014

40
UITGAWE 3 OKTOBER 2014 SAP TIN VETERANE BOND PADKOS Deur: Jan du Preez

Upload: ilana-loubser

Post on 31-Jul-2016

301 views

Category:

Documents


23 download

DESCRIPTION

Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane Bond

TRANSCRIPT

Page 1: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

UITGAWE 3 OKTOBER 2014

SAP TIN VETERANE BOND

PADKOS

Deur: Jan du Preez

Page 2: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Liewe TIN-vriende

Met ʼn eerste bydrae bly die vraag: Waar en hoe begin ʼn mens?

My bydrae in die TIN-BULLETIN gaan oor geestelike pitkos. En dit sê alles. Omdat

geestelike pitkos die kern is, moet dit geestelik opbouend wees. Daarom kan dit nooit ʼn

blote geklets rondom ʼn paar mooi gedagtes wees nie. Die gelykenis van die arbeiders in die

wingerd in Matteus 20:1-16 het die afgelope tyd baie sterk by my deurgekom. Hieroor wil ek

graag ʼn paar gedagtes met julle deel.

Ons voel met die deurlees van die gelykenis ‘n skokkende onregverdigheid aan.

Sonder skroom lê ons simpatie by daardie werkers wie se rûe wou breek van krom staan in

die son en daarom op ʼn volle dag se betaling aanspraak kon maak. En dan die verrassende:

Al die werkers – selfs die wat hoogstens ʼn uur gewerk het – kry dieselfde loon! Was daar

destyds arbeidshowe sou die ontevredenes al toi-toiend die boer hof toe sleep.

Op die oog af lyk dit na ʼn denkbeeldige verhaal.

Tog is die gelykenis gegrond op die werklikheid van daardie tyd. Die gangbare minimum

dagloon vir arbeiders was ʼn denarius of pennie. Om ʼn beeld te kry van die vergoeding moet

ons vandag se minimum loon as maatstaf neem.

Page 3: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

In Palestina word die wingerde na die einde September geoes voordat die reëns kom. Word

die druiwetrosse nie betyds afgesny nie, ly die boer groot skade. Vanaf 6-uur smôrens en al

om elke drie ure daarna, sou die boer na die markplein gaan om nog hande te huur. Sou die

boer desperaat wees, sou hy selfs 5-uur namiddag weer na die markplein gaan om nog

arbeiders te huur – al sou daardie huurling net vir ʼn uur kon werk.

Die markplein was nie die bymekaarkom plek vir leeglêers en luiaards nie.

Vroegoggend sou ʼn werker met sy gereedskap daar aankom. Dan begin die gewag totdat hy

gehuur is – al was dit ook 5-uur die middag – want die mense was arm en desperaat na

werk. Uitgelewer aan geleentheidswerk – of ʼn skroppie – soos ons bruinmense sê, sou

hulle enige tyd van die dag hul arbeid verkoop omdat hulle op die rand van hongersnood

geleef het. ʼn Dag sonder werk word dan ʼn dag sonder kos op die tafel. En ʼn dag sonder

werk was vir die werksoeker en sy gesin ʼn ramp.

Tog gaan hierdie gelykenis eintlik oor hoe ons verhouding met God werk. Meer daaroor

volgende maand. Sommige Skrifkenners sien hierdie verhaal as een van die grootste en

pragtigste van al die gelykenisse. Ek nooi jou: Kom reis saam om die diepte en die prag van

hierdie verhaal te ontdek. En mag ons op die saamreis ook geestelike saam groei.

TIN-groete tot volgende maand.

Page 4: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARISSTIGTING, VORDERING EN NUTTIGE INLIGTING

AGTERGROND

Op 7 Junie is ons Bond gestig en op 7 November, 2 dae voor ons eerste werklike seremonie waar

beide die seremoniële drag en vaandel by die Uniegebou tydens herhinderingsdag (Poppy Day)

vertoon sal word is ons maar net 5 maande oud. Ek skryf hierdie bydrae met die doel om ons vordering

en ander inligting van belang te kommunikeer. Met die verbysterende spoed wat hierdie skip begin seil

het na stigting het ek met ‘n skok agtergekom dat van die nuwe lede nie eens weet wie die bestuur,

ons erepresident of Bond kapelaan is nie.

STATISTIEKE

Kort na stigting is die konsepgrondwet opgestel en ‘n aansoekvorm in lyn daarmee opgestel.

Aansoekers het vinnig reageer en die eerste aansoekvorms is op 16 Junie 2014 op aanvraag

uitgestuur. Van die aansoekers het baie vinnig gereageer, hulle aansoeke gekeur en

bankbesonderhede verskaf vir die betaling van lidmaatskapfooie. Bestuurslede het almal eerste betaal

en die Bond het begin groei. Die volgende statistieke word veskaf om insae te gee in die feite en ook

om die effektiwiteit van die bestuur te evalueer:

Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 446

Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 65

Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 60

Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 4

Hierdie statistieke sluit die tydperk tot datum in en na die algemene spesiale jaarvergadering op 30

Augustus toe die groen lig ook vir TIN instrukteurs en “ondersteuners van die Bond” gegee is.

Page 5: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

DIE STERKTE VAN DIE BOND

Die totale sterkte van die bond is tans 67 en word soos volg saamgestel:-

Bestuurslede 6

Erelede 4

Lede 50

Ondersteuners 8

STIGTERSTATUS

Toe lede hulle seremoniële klere kry was daar talle navrae oor die ontvangs van ‘n silwer lapelwapen

in plaas van brons, die bestuur het besluit dat silwer status aan die eerste 25 lede toegeken sal word

om hulle as stigterslede te erken, die lede is:

1. Deon Ackermann

2. Maruis Swart

3. Rudolph Smit

4. Johannes Kotze

5. Louis Lubbe

6. Tharon Knoetze

7. Johan Harmse

8. Johan Theron

9. Johannes Meintjies

10. W. Wassermann

11. Johan Smit

12. Hendrik van Heerden

13. Elmar Louw

14. PI Lombard

15. Victor Powys

16. Jan B. Jooste

17. Gerhard C. Pieters

18. Wayne Lotter

19. Izak Pienaar

20. Jacobus J. Swart

21. Koos Britz (K)

22. Zacharias Lotter

23. Anthony da Costa (K)

24. Rudi Van Wyk

25. Ernest Fourie

Page 6: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Silwer status word in die geval van die ondersteuners aan slegs die eerste 15 toegeken, die name

van die lede sal bekend gemaak word sodra die eerste 15 lede geregistreer is.

BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING

BESTUUR

Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]

Onder Voorsitter: Tiny Nortè Sel: 083 269 2071 epos: [email protected]

Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]

[email protected]

Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]

Kommunikasie: Christo Giani Sel: 074 169 9538 epos: [email protected]

Bestuurslid: Dicks Dietrichsen Sel: 082 875 0018 epos: [email protected]

EREPRESIDENT

Johan Viktor (Genl) – Wie daar was toe die bosoorlog op 26 Augustus 1966 begin het.

ERELEDE

JJ Dreyer (Genl) – Legende in sy eie reg.

Jan du Preez (Genl, Ds, Dr) – Ons eie geestelike herder en Kapelaan.

Pine Pienaar – Voorsitter van die Koevoetbond, ons moederbond.

Groete

Martin Loubser

Page 7: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

UIT DIE PEN VAN DIE TESOURIER

Goeie dag vriende, ek skryf vandag vanuit die Bond se Administrasie kantoor in Pretoria, lekker om

weer hier in julle kontrei te wees en natuurlik die gasvryheid van Martin en Ilana. Hopelik sal die

twee binnekort die Tesourierkantoor besoek te Richardsbaai en net so lekker daar kuier. Dis

natuurlik as my liewe oom hulle nie mal praat nie.

Vyf maande gelede het daar baie twyfel bestaan of die TIN Veterane Bond enigsins sal bestaan!

Ek glo na slegs vyf maande van bestaan en sestig opbetaalde lede later, het ons die twyfelagtiges

se vraag met ʼn positief beantwoord. Soos dit die geval is met enige nuwe idee of organisasie, het

ons Bond ook maar groeipyne gehad en was daar tye van stress, maar soos gesoute lede van ʼn

familie met ʼn ryk geskiedenis, het ons dit oorkom. Alhoewel die Bond nog vêr van sy finansiële

doelwitte is, het ons darem ʼn goeie en positiewe bank balans van R20198.00 (bank balans datum:

05/11/2014). Ek kan nou met gemak onderhandel vir ons dasse sonder om bekommerd te wees of

daar genoeg fondse beskikbaar sal wees. Ek werk tans met verskaffers baie naby aan my en kan

dus my hand aan die ontwerp en verskaffingsproses hou.

Daar is ʼn baie goeie werksverhouding tussen my, Martin en sy vrou Ilana en maak ons ʼn punt

daarvan om seker te maak dat ons databasisse ooreenstem met mekaar. Net om aan julle ʼn idee te

gee van hoe ons saamwerk:

Page 8: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Sodra ek ʼn kennisgewing kry van betalings wat gemaak word deur ʼn lid, hetsy TIN drag, ledegeld

ens. Sms of bbm ek vir Ilana en Martin en stuur aan hulle die ID nommer van die persoon wie die

betaling gemaak het of die area vanwaar die betaling gemaak is. Sodoende is daar dan onmiddellik

ʼn rekord van die persoon wie betaal het, indien ek op die pad is en dit nie self op daardie stadium

kan vaslê nie. Deur gereeld naamlyste te vergelyk, bly ons op datum en niemand word uitgelaat nie.

Ek stuur ook gereeld voorraad deur na Martin en Ilana, sodat daar ook TIN drag bekom kan word

vanaf Pretoria en dus die vervoerkostes vermy.

Die webblad kry ook baie besoekers, meer as 6000 besoekers om presies te wees en baie van

hulle is nie lede van die Bond nie . Ek kry tans heelwat navrae van dienende lede en veterane van

VSA, Brittanje en selfs Israel. Die webblad sal binnekort baie meer besoekers lok wanneer die

nuwe winkel, sosiale media blad en betalingsskema vir besoekers geaktiveer word. Facebook is

ook ʼn goeie advertensie vir ons maar voel daar is ook heelwat ander media wat gebruik kan word

om die Bond se bestaan aan ʼn groter lesersgroep bekend te stel.

Wees geseënd, ek sien uit daarna om vir dié van julle vir wie ek nog nie in persoon ontmoet het nie,

Saterdag by Christo se huis of Sondag by die Uniegebou te ontmoet.

Groete

Sean Clayton

Page 9: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

DEUR CHRISTO GIANI

ONTMOET ONS BESTUUR

Page 10: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Op 30 Augustus 2014 tydens die Bond se jaarvergadering by die Voortrekker Monument word Tiny

Nortjè, ‘n voormalige Kaptein van die Suid-Afrikaanse Polisie verkies tot die TIN Veterane Bond

(TVB) se Visie Voorsitter.

Ek kuier lekker by Tiny aan huis in sy studeerkamer. Dit is soos ‘n museum, uitgepak met

memorabilia wat bymekaar gemaak is tydens sy polisie loopbaan. Ek sien ook die TIN Veterane

beret netjies in posisie getrek en op ‘n spesiale voetstuk uitgestal. Dit is sommer vining duidelik dat

Tiny trotse oomblike as geregsdienaar gehad het en dat hy oor die jare goeie vriende gemaak het

met veral die Amerikaanse Polisie; sy studeerkamer is vol daarvan. Sy grensdiens memorabilia is

volop en elke ding het ‘n storie en betekenis. Ek het seker die lekkerste ”job” in die TIN Veterane

Bond (TVB) as kommunikasie koördineerder om met al hierdie wonderlike mense te gesels en dit

op hulle eie turf.

Op 15 Julie 1942 gee Pieter Frederik Nortjè alom bekend as Tiny die pasgebore baba sy eerste

skreeu vanuit Pretoria. Hy word groot in Virginia, Vrystaat toe die “ducktail” styl die inding was. In

1960 begin hy sy ambag as ketelmaker by Virginia myn en leef hy sy “ducktail” drome uit tot min

vermaak van sy Pa. Eendag in 1960 gryp sy Pa hom aan die oor en toe hy sy oë uitvee, is hy ‘n

ingesweerde lid van die Suid-Afrikaanse Polisie op Frankfort …. met kort gesnyde hare. (Sy Pa was

voorheen Polisieman wat by die weermag aangesluit het om te gaan veg in die Tweede Wêreld

Oorlog).

In 1961 voltooi Tiny sy Kollege opleiding in Pretoria en word as Konstabel na Meyerton uitgeplaas.

Hierna word hy verplaas na Vereeniging, Sasolburg, Johannesburg, Pretoria en Oshakati. Tiny was

hoofsaaklik ‘n speurder vanaf omtrent 1964 in veral spesialiseenhede soos die Huisbraaktak,

Bedrog, Veiligheid en die suksesvolle Roof Reaksie Eenheid in Johannesburg. In 1971 is hy

bevorder tot Sersant, in 1975 tot Adjudant Offisier en op 1 Desember 1984 tot Luitenant.

Page 11: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

In 1972 verrig Tiny grensdiens in Caprivi - “Mike Kompanie”. In 1973 word hy weer opgeroep vir

grensdiens by Rushinga in Rhodesië. Tydens hierdie kamp is polisieman en vriend, Basie Harmse,

by een van sy naburige basisse gedood toe `n ligfakkel hom in die rug tref.

Tydens Tiny se grensdiens in 1974/75 word vier terroriste gedood in `n kontak by die Zambezi

Vallei.

Hy onthou ook baie goed hoe vier lede van die SA Polisie doodgeskiet is op 23 Desember 1974

naby die Mazoe-brug (Rhodesië). Hulle was A/Off Jan Dippenaar, Konstabels Franken, du Plessis

en Erasmus. A/Off Dippenaar was bevelvoerder van PATU-7 en TIN Veterane Bond (TVB) se

voorsitter, oom Willie Fouchè is toe inderhaas opgeroep om bevel te kom oorneem in Dippenaar se

plek.

Tydens 1981 is Tiny ‘n Adjudant Offisier by die Veilgheidstak in Oshakati. Uit die aard van sy pligte

werk hy nou saam met Koevoet en is optredes saam met Maj Eric Winter, A/Off Frans Conradie en

Luit Eugene de Kock algemeen. In Owamboland het Koevoet en Veiligheid dieselfde fokus gehad

en dit was om terrorisme te neutraliseer. Terwyl ek en Tiny oor daardie tyd gesels, herroep ons

gebeure waarvan ons albei onthou (ek was 1981 deel van Frans Conradie se gevegspan Zulu Fox).

(Ons praat nie uit oor die “proviant” wat ons saam geniet het by die Onaim-Wandi kantien nie!).

Gedurende 1985 is geweldsmisdaad `n ernstige probleem in Johannesburg en die Roof Reaksie

Eenheid word op die been gebring onder Tiny se bevel. Vinnig het die eenheid goeie suksesse

behaal en hulle word getaak om later die groter Johannesburg te bedien. Die eenheid word gereeld

geprys in die media en so neem die gemeenskap kennis van die eenheid tot gevolg dat daar baie

ondersteuning was vir die Polisie uit “haasman” en die sakegemeenskap se geledere. Van die

eenheid se lede was self vereer met die Polisiekruis vir Dapperheid.

Page 12: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Tiny is tweekeer eervol vermeld, die eerste keer in 1988, toe hy as Speurder Luitenant en ‘n

uniform kollega, ‘n jong man wat na sy dood wou spring gryp en terugtrek na veiligheid. Die man

hang van die 17de vloer met net Tiny wat hom aan die arm beet het, terwyl die kollega Tiny aan die

bene vashou sodat hy nie saam met die jong man val nie. Dan in 1998 arresteer Tiny’ hulle twee

MK terroriste . Die een terroris het skielik ‘n handgranaat in sy hand gehad toe Tiny hom stormloop

en in die gestoei die handgranaat afneem en ‘n ent weg daarmee hardloop om te voorkom dat sy

kollegas deur die ontploffing getref word. Hy vertel dat dit instinktief was en hy nie eens gedink nie.

Met groot dankbaarheid sien hy dat die veiligheidspen vand die handgranaat gelukkig nie ten volle

getrek was nie en dat hy die ploftoestel betyds van die terroris kon afneem.

Soos om ‘n polisieman te wees, was sport ook Tiny se passie. Hy het rugby gespeel vir Bobbies

Pretoria en Johannesburg. In die Kaap speel hy vir Unie en het ook vir Sasolburg en Vanderbijlpark

se eerste spanne uitgedraf. In Oshakati speel hy dan ook vir Oshakati se eerste span. Op ‘n

stadium het hy `n kans gestaan om gekies te word om vir Wes-Transvaal teen die Franse Hane te

speel maar tydens oefeninge breek hy sy gewrig en val hierdie eer hom nie te beurt nie. Tiny het

ook die Comrades marathon vyf maal, die Twee Oseane Maraton (56km) twee keer en City to City

Ultra Maraton (50km), tussen Johannesburg en Pretoria, sewe keer voltooi.

Tiny se gesig was eens op `n tyd gereeld gesien in koerante, tydskrifte en TV advertensies (vir ‘n

ekstra geldjie).

Tiny is n lid van die International Police Association (IPA) en bevind hy hom gereeld in die

geselskap van die buitelandse Polisie. In 1994 is hy Amerika toe waar hy tuis gegaan het by polisie

lede in New York, Dallas en Houston. Hy besoek onder andere die graf van die “unknown soldier”

en “The Wall of Remembrance” vir Vietnam gesneuweldes in Washington DC. HY het ook al besoek

afgelê by die Scotland Yard, Frankfurt en die Israeli Polisie.

Page 13: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

As die Bevelvoerder van die Voertuig Diefstal Eenheid in Johannesburg kom Tiny se Polisie

loopbaan tot ‘n einde toe hy medies ongeskik aftree. Hy is gedekoreer met die Medalje vir die

Bekamping van Terrorisme met twee balkies, die 10, 20 en 30 jaar diensmedaljes asook SWAPOL

stigtingsmedalje.

Tiny is getroud met Estè en het ‘n dogter, twee kleinkinders en is oupagrootjie van drie

agterkleinkinders.

As Visie-Voorsitter is Tiny reeds hard besig om kwalifiserende lede aan te moedig om by die TIN

Veterane Bond (TVB) aan te sluit. Hy gebruik sy “old boys network” asook sy verbindtenis met IPA

en die Bond vir Oud-Polisie lede om mense bewus te maak van die nuutgestigde TIN Veterane

Bond (TVB). Hy is n trotse mens en wil graag die TIN Veterane Bond (TVB) ook so met die

uitdagings dien. Hy sien uit om die TIN Veterane Bond (TVB) tydens seremonies, kransleggings en

begrafnisse met respek, eer en waardigheid te verteenwoordig. Tiny is ‘n talentvolle diplomaat,

nasionaal en internasionaal. Ek weet dat sy buitelandse vriende ook van die TIN Veterane Bond

(TVB) sal moet kennis neem en ons moet reg wees want ons sal deel van hulle besoeke uitmaak.

Page 14: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 15: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

O SOETSTE TAAL ... OOK IN DIE BOS

Willem Fouché se bosherinneringe

Vroeg Januarie 1973 kom die opdrag: Meld aan as Kilo-kompanie by die Polisiekollege vir

afgedeelde diens in Rhodesië.

By die destydse Tin-transito ontmoet ek kaptein Dave Pretorius. Ons hoor dat ons nie as Kilo-

kompanie Rhodesië toe gaan nie, maar wel later ingelig sou word waarheen. Ons het bestaan uit

kaptein Pretorius; ekself as die adjudant-offisier; twaalf sersante; en ses-en-dertig konstabels. Toe

kom die mededeling: ″Môre vroegoggend vertrek julle per Dakota na Rhodesië″.

Ons het nog gedink dit is weer ʼn ″hurry-up and wait ″ maar daardie volgende oggend toe stap ons

aan boord.

Na drie ure se gestamp soos in ʼn bokwa land ons in Salisbury op die Newsarum Lughawe. Ons is

vriendelik ontvang deur ons kursusleier, senior-superintendent Lovett, en ʼn groep manne van die

British South African Police. Hier was geen bombasme nie, maar ʼn hartlikheid eie aan

geregsdienaars al dien ons in twee verskillende polisiemagte. Tydens ons opleiding aan Heart

Square, die BSAP se polisiekollege, is ons op die hande gedra.

Toe kom die waarheid uiteindelik uit.

STORIES UIT DIE BOS

Page 16: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Op versoek van die BSAP, wat lankal reeds met die Rhodesian Light Infantry gereël het, is ons daar

om aan die BSAP hulp te verleen. Ons as lede van die SA Polisie sou aansluit by hulle eenheid

bekend as PATU – ʼn akroniem vir Police anti-terrorist unit. So het die SAP se PATU 1 tot stand

gekom maar eers moes ons ʼn veertien dae kursus deurloop om ons PATU skouerflitse met die

embleem van die luiperdspoor daarop te verdien.

Tussen ons en die BSAP was die samewerking hartlik. Dat hulle die SAP se hulp waardeer het, was

duidelik. Daar in die hart van Salisbury in die Heart Square se polisiekantien sou ons gou vriende

maak met manne soos Jim Marshall, sy Suid-Afrikaanse verpleegstervrou en die Suid-Afrikaans

gebore Eric Kennelly. By Jim sou ons radiospraak leer terwyl Eric ons skietkuns instrukteur was.

Toe begin ons veertien dae kursus.

Een aand na klaarstaan gaan kuier ek en kaptein Dave by die Filistyne, ons bynaam vir die

Rhodesiërs, baie later die aand stap superintendent Lovett na die plek waar die lede onder die

sterrehemel in hulle slaapsakke slaap. Hy kom terug na kaptein Dave en sê ″daar is niemand op

wagdiens nie ″. As adjudant-offisier word ek op ʼn knop getrek vir ʼn antwoord.

Volgens my dienslys was dit Tollie Gerber se diensbeurt wat beter bekend was as Len Gerber, die

Noord-Transvaalse losskakel.

Page 17: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Kaptein Dave neem sy kans waar en ons hoor duidelik hoe hy sê: “Tollie, jou bliksem. Jy maak ons

naam gat. Ek’s lus en dônner jou sommer nou!”

Na die afranseling sê superintendent Lovett vir my: “You know, I love this language of yours. It’s so

expressing. If I would tell a soutie, as you people call us: ‘You lightning, I will thunder you’, he would

simply laugh at me.”

Na die kursus is ons op Mount Darwin ontplooi. Volgende keer vertel ek hoedat kaptein Dave op ʼn

keer ʼn Filistynse superintendent wou “thunder”.

Tin-groete

Oom Willie

LESOTHO INGEVAL:Deur: JP Swanepoel (ongeredigeer en ongesensor)

Hier volg ‘n storie, enige ooreenkomste met enige plekke, mense of voorvalle is per

ongeluk en nie bedoel nie.

Die datum is 3 Januarie 1989.

Die plek is Marseilles basis op die Lesotho/RSA grens.

Die rolspelers is Sersant Draghoender, O/Sersant Swanepoel en Konstabel Schoeman.

Page 18: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Openingstoneel: Die dag breek rooi oor die Vrystaat vlaktes en verlig ‘n Casspir wat besig is om

patrollie te ry. In stede van plaas patrollie, ry die Casspir deur die swart woongebied op soek na ‘n

sjebeen. Dis vandag presies vyf jaar dat Swannie ‘n lid van die Mag is en dit moet gevier word.

By die sjebeen word die eienaar uit sy slaap gewek en daar word ‘n paar kratte quarts gekoop met

die belofte om die empties terug te besorg.

So word die plaaspatrollie toe gery met n paar koues as metgeselle.

Die patrollie word afgesluit so 09h00 en ligte kampdiens word gedoen tot tyd aanbreek vir die

middagskof by die grenspos.

By die kamp gekom, is die kamp adjudant oppad dorp toe vir rantsoene en hy word gesmeek om

verdere "vooraad" te koop. ‘n Bottel Red Heart rum vir Swannie en ‘n bottel Gin vir Schoeman.

Toe dit tyd raak om na die grenspos te ry is die kamp adjudant nog nie terug nie en die manne

begin "panic", gelukkig kruis die voertuie op die pad en die voorraad word in die Casspir se "turret“

in die ammo belt se kas gesit vir veilige bewaring.

By die grenspos word die lede gepos deur die swart A/O en Draghoender, Swannie en Schoeman

maak ‘n taktiese onttrekking terug na die Casspir waar daar lekker gekuier word. Mense maar Gin

en tonic het ‘n vreeslike kleur onder die spreiligte van ‘n grenspos. ;)

Page 19: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Nodeloos om te se, toe die vloeistof op is so teen 17h00 toe is die manne EERS dors. In die ou

RSA is alles toe!! Nou hoe nou? Vir ‘n dors Polisieman is dit geen probleem nie, in Lesotho is alles

mos oop.

So gaan daar drie Polisiemanne in volle kamoefleerdrag gewapen met pistole en R1 gewere oor

die brug in Lesotho in.

Die grenswag aan Lesotho kant kyk die gesig so wat hier aangestap kom en besluit om maar

eerder die valhek op te lig as om die ouens te stop en te vra waarheen nou Gehasi?

‘n Entjie verder in die pad op val ‘n Lesotho Polisieman in gelid in en vra baie nederig en subtiel uit

na die manne se bestemming en hy lyk redelik verlig toe hy hoor hulle is oppad na die Lesotho

hoed restaurant. Daar aangekom is die plek gepak van mense en die gedruis word so stil soos die

graf toe die drie RSA manne in uniform en gewapen daar inval. Die plaaslike man verduidelik aan

die eienaar die versoek en met ‘n paar harde woorde (en taai klappe) word ‘n tafel skoongemaak

en ‘n ere plek vir die besoekers gegee.

Daar is net bier beskikbaar en dit word toe in oormaat bestel en verorber. Die plaaslike lid sit saam

met die besoekers aan tafel en alhoewel hy verskeie kere bier aangebied is drink hy net koeldrank

en sit so stil soos ‘n muis op sy stoel.

Hy praat later wel al is dit net om die besoekers in te lig "gentlemen, sorry to disturb you but the

border closes in ten minutes". So begin die uitval terug uit Lesotho.

Met die geslinger terug oor die brug verskyn die A/O soos ‘n spook langs die manne en se "waar

was julle? Die Majoor soek julle!" Schoeman vra die "slim" vraag " watter Majoor?" asof daar nou so

baie Majoors (of is dit Majore?) op die trippie was. Onthou, dit was in die ou dae toe jy nog n vol

sersant gestrek het en flou geval het as jy ‘n Kolonel gesien het, nie soos vandag waar die

Kolonelle meer vervuil is as Konstabels nie.

Page 20: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Terug na die storie, somer so terwyl hy die vraag vra, en tewyl sy kop op sy skouers rondrol soos

een van daai hondjies wat baie mense in hulle se karre se agteruite sit, vang Schoeman se oog die

glinster van n Kasteel wat blink knipoog op ‘n skouer in die maanlig hier reg langs hom en in

dieselfde asem as die vraag "watter Majoor", kom "naand Majoor" met ‘n saluut uit die boeke uit.

Die Majoor is kortaf en blaf net "klim op die bakkie". Nou ja, as daar een ding is wat Swanepoel kan

doen is dit bevele gehoorsaam en hy begin stap.

Hy word egter wreed teruggeruk in die werklikheid in met die Majoor se stem wat skree "Swanepoel

waar de donner gaan jy heen?" die antwoord "bakkie toe, Majoor" word begroet met ‘n kort "hier

staan die blerrie ding langs my!" "sorry Majoor".

Nou ja, op pad terug basis toe word daar toe planne beraam van inligting oor dagga smokkelaars

wat opgevolg is en dat die informant bang was en die manne slegs in Lesotho wou ontmoet en dat

goeie maniere veroorsaak het dat die manne nie die aangebode drank van die hand kon wys nie.

Die verweer word toe ook so aangeteken.

Die res van die "grens" trippie het verder sonder enige voorvalle verloop tot by die uitklaar! Daar

staan al die manne toe aangetree, die finansies manne is reg om die "subs" uit te betaal en hier

kom ‘n man aan en hy is skuins bemoerd! Ene Gen. de la Rosa, kyk hy spring op en af en praat in

tale wat enige goeie matroos sal verstaan oor die drie donners wat Lesotho binne geval (of eerder

geslinger) het en amper ‘n internasionale insident veroorsaak het en gemaak het dat ene Pik vir

hom wat Adriaan is wakker bel en mag die hel die manne haal. Die drie staan gelukkig agter en

krimp nog kleiner. Nou ja, geld is uitbetaal en manne is terug na hulle standplase.

So drie maande later word ou Swannie na die Stasiebevelvoerder se kantoor geroep. Die vraag

"Swanepoel, wat se kak het jy NOU weer aangevang?" maak dat Swannie sy kop krap en dink.......

vandag, gister, eergister...en ewe verontwaardig en onskuldig antwoord "ekke? Haai nee genuine

niks nie Kolonel", "wel jy moet by TIN Kantore in die Kollege aanmeld vir n verhoor" kom die

antwoord.

Page 21: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Die groot dag breek aan en Swannie is gedress en knope en skoene blink!

Die drie ontmoet mekaar en die verskoning word weer deurgewerk. Swannie kom eerste aan die

beurt, hy word tot aandag geroep en ingemarsjeer tot voor die verhooroffisier waar daar gehalt en

gesalueer word.

Die klagte word uitgelees, dat hy op so en so datum by so en so plek onder die invloed van drank

was terwyl aan diens, en dan kom die vraag "hoe pleit jy?". Swannie antwoord hard en duidelik,

"skuldig!". Die offisier het dit sekerlik nie verwag nie en kyk Swannie lank aan en vra toe vir

duidelikheid om seker te maak die outjie verstaan wat hy doen. "wel Kaptein, ek was aan diens en

ek was dronk so ek kan niks anders as skuldig pleit nie" kom die verduideliking. "ek vind jou skuldig

en beboet jou met R50 ″, kom dit toe van die verhooroffisier en Swannie word weer uitmasjeer na ‘n

saluut.

Die ander twee manne sluit hulle toe later aan by Swannie en kla steen en been. Hulle het

onskuldig gepleit, hulle verskoning aangebied en is steeds skuldig bevind en met R150 beboet.

Swannie het maar stil gebly en net in sy binneste geglimlag en gedink "dankie Kaptein".

Dit was die laaste wat Swannie aan diens gedrink het........

Page 22: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

IRENE KRANSLEGGINGDeur Ilana Loubser

12 OKtober 2014 het honderde mense by die Kampkerkhof in Irene bymekaar gekom ter

nagedagtenis van die 4000 vroue en 2400 kinders wat in hierdie konsentrasie kamp gesterf het

Tydens die Anglo-Boereoorlog tussen 1899 en 1902.

Nelmapius se plaas Irene (vernoem na sy dogter) soos dit voorheen bekend gestaan het is in 1900

omskep in ‘n konsentrasiekamp met ‘n boerebevolking van ongeveer 322 000 vroue en kinders.

Hulle het weens siektes, blootstelling, swak voorsiening van lewensmiddele en onvoldoende

mediese sorg gesterf. In die eerste jaar het ongeveer 1200 kinders onder die ouderdom van 15

gesterf.

Die oorspronklike begrafplaas was net hopies klippe en nie almal het grafstene gehad nie. In 1958

het die Raad op Oorlogsgrafte op aandrag van die SAVF besluit om die begrafplaas in ‘n gedenktuin

te omskep. Die klip wat op die oorspronklike grafte was is gebruik om ‘n gedenkmuur en plaveisel

te bou in die middel van die begrafplaas.

Die volgende gedig is deur Jan F.E. Celliers geskryf en op ‘n monument in die middel van die

gedenktuin aangebring. Die onthulling van die monument was Sondag 12 Oktober 2014.

Page 23: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Blomme

Ek kom om 'n kransie van rou te breng,

Op kindergraffies 'n traan te pleng.

Maar kyk, dis 'n fees wat my oog gewaar

van blommetjies, blommetjies aanmekaar,

op ranke stingel oor graffie en steen –

soos graan op die lande, aaneen, aaneen;

soos kindertjies selwe in feesgewaad,

in hupp'lende dans op die windjie se maat;

spierwit hul kleertjies en roserooi –

die sonlig se glans op hul hemelse tooi.

O, moedertjies wat in die verte nog ween

om blompies ontnome, wat God had geleen,

kom kyk, uit elkeen en elk bittere traan

is 'n heldere blompie weer opgestaan.

Dis net of die Vader sê “Vertrou!

“My blomme sal groei oor die kranse van rou,

“Ek gee weer terug wat gegee is aan My:

“waar blomme gesaai is, sal blomme gedy.”

Hierdie gedig het in honderde mense se ore gesing,

nageslagte van oorledenes, mense van die

omgewing asook lede van Koevoet en TIN.

Page 24: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Dicks Dietrichsen, TIN

bestuurslid wat lid van Koevoet

is het spoggerig gelyk in sy

Koevoet seremoniële drag.

Martin Loubser (Sekretaris)

het ook ons eie geskiedenis

gemaak deur die eerste lid te

wees wat die seremoniële

drag van die TIN Bond in die

openbaar dra.

Christo Giani,

Kommunikasie

Koördineerder van

TIN was in sy Koevoet

drag geklee maar hy

spog met sy TIN

lapelwapen op sy

Koevoet drag.

Page 25: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

DITJIES EN DATJIES OP

FACEBOOK

Page 26: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

WAT OM TE MAAK MET JOU BERET

Page 27: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 28: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 29: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 30: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

IETSIE SNAAKSȆrens op die Grens, maggie se waar nie.

Liewe Ma,

Net gou vinning 'n kort briefie hier tussen die tenks en kanonne en bomme wat neer-reën op ons.

Ma moenie worrie oor my nie, - ek kan dit vat! Die dokter wat my koeëlwond verbind het juis gesê

hy het nog nooit iemand gesien wat sulke pyn kan verduur vir die vyf ure wat ek gebloei het op die

slagveld nie, met die hele res van my seksie wat heeldag al doodstil rondom my lê, dood of

lewendig, ons weet nog nie. Maar ek self is ok, Ma, ek lê plat en hou my kop laag, dan trek meeste

van die skrapnel bo-oor my. Ek rus net so bietjie, dan moet ons weer die vyand aanval. Die gat wat

die AK gemaak het is in my regterarm, maar ek is mos links, Ma weet, so ek kan nog skiet, en die

sersant sê dis al wat tel. En ons helmets help rerig, die ander rondte wat my getref het het vasgesit

in hom, net bietjie baie gebloei, maar ek het mos daai wit sakdoek wat Ma my gegee het, dit hou die

bloed uit my oë uit. En my been is ook weer reg, ons medic het sommer gou-gou 'n toerniket

opgesit en nou bloei hy net so 'n bietjie. Ma weet mos, dis die ding wat hulle bo-aan jou been sit,

daar naby jou knaters, sodat jy nie moet doodbloei nie. Dis hoekom ek nou net 'n onderbroek

aanhet. Al probleem is my een stewel is flenters geblaas van die myn waarop ek getrap het. Maar

dis ook reg, ek storm nou kaalvoet, ons dra mos in elk geval nie skoene by die huis nie. En die AO

sê daar is honderde vyand hier voor ons, so ek sal maklik by een van hulle 'n ander stewel kan kry

sodra ons deur hulle gestorm en die dooies bymekaargemaak het. Een van hulle sal tog seker ook

'n Nommer 12 dra, hulle lyk sulke moerse groot ouens. Jammer Ma, ek moet nou rerig afsluit, die

kapelaan het nou net kom vertel daar is ses van ons eie makkers dood en ons moet hulle eers

begrawe, - hulle le nou al heeldag in die son en begin bietjie stink. Ma moenie vergeet om vir my

lekker-ruik goed en biltong te stuur volgende keer nie. En nuwe onderbroeke, Ma. Verder hoef Ma

nie te bekommer nie, dis lekker hier in die bos!

Ma se grootseun,

Pietertjie.

Page 31: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 32: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Optrede vir liefdadigheid by Loftus 3 Oktober 2014. Een kind sal die geskenk van gehoor

ontvang met die fondse wat ingesamel is. Die harde werk wat Ilana en Martin ingesit het was

elke oomblik werd.

Deur Anchen Hertzog op aandrang van Christo Giani

LEDE HAAL DIE KOERANT

Page 33: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Die berig lees:

With the aim of making a difference to the lives of deaf people, students of the Centurion Academy

organised the Miracle Ears food and wine pairing dinner at Loftus Versfeld in Sunnyside on Friday.

Through the event, attended by around 90 people from all over Pretoria, the second year students

raised money to support the Beautiful Noise project, as part of their management studies.

The money raised from the event will be donated to the Beautiful Noise Project which helps to

make the dreams of the deaf to hear, a reality through cochlear implants at the Steve Biko

Academic Hospital.

A single implant cost up to R250 000-00.

The cochlear is an electronic device which is implanted into the inner ear and enables a hearing

impaired person to hear and perceive sound.

Event coördinator Liezl de Reuck, said organising the event was a wonderful experience.

“We learned how to work with other people, make friends and meet new people.” De Reuck said.

Page 34: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE

NOVEMBER

18 Philippus Koen

082 596 6430

20 JJ Dreyer

082 338 8835

21 Zacharias Lötter

082 848 4654

29 Tharon Knoetze

[email protected]

Page 35: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE

PRYS BETAAL HET

OKTOBER1 Konstabel L.J Buys

1 Konstabel M. Erasmus

3 Konstabel R.N. Otto

3 S/Konstabel T. Kastodiu

4 Konstabel J.W. Cloete

5 Kaptein H.T.S. van Eeden

7 Sersant M. Mpahlawa

13 S/Adjudant Off I. Hendjala

13 Sersant L. Weitz

17 S/Konstabel E. Ipinge

18 S/Konstabel S. Daniel

29 Sersant G.J. de Klerk

Page 36: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND

LOUIS LUBBE

Page 37: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Hierdie is die eerste formele bekendstelling van my boek.

In ‘n neutedop het dit die skrywer bykans 16000 km en 6 jaar geneem om die

boek na te vors en foto’s en stories uit die Bosoorlog te bekom. In 1993 het Polisiehookantoor alle

amptelike rekords, verslae en foto’s wat met die bosoorlog/ teeninsurgensie te make het vernietig.

Die skrywer was dus genoodsaak om geskikte materiaal vir die boek te gaan soek…en soek…en

soek.. en nogmaals soek. Stories en foto’s is verskaf deur oudlede wat hulle oor die hele aardbol

bevind en selfs by ‘n oudlid wat eens in Soweto gestasioneer was en nou ‘n polisieman in Texas,

Amerika is.

Die einderesultaat is ‘n boek wat uit 380 kleurbladsye bestaan, in hardeband formaat is en oor die

650 foto’s bevat uit die bosoorlog dae – SWA, Caprivi en Rhodesië.

Ek kry positiewe terugvoering van mense wat alreeds die boek aangeskaf het.

Indien daar enigiemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die skrywer

direk kontak by:

[email protected]

082 859 0764

(011) 803 6348

Die prys van die boek is R 350.00

Page 38: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 39: Bulle-TIN uitgawe 3 2014
Page 40: Bulle-TIN uitgawe 3 2014

Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings

na [email protected] voor die 25ste van

elke maand.

Redaktrise – Ilana Loubser

Regisseur – Martin Loubser