bulle-tin uitgawe 10 2015
DESCRIPTION
Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane BondTRANSCRIPT
UITGAWE 10 MEI / JUNIE 2015
SAP TIN VETERANE BOND
SIELSKOS
Deur: Ilana Loubser
BLOM JY?
Psalm 100:3 NLV
Het jy vandag motivering nodig? Kyk na die palmboom:
• Jy kan dit afsaag, maar jy kan dit nie doodmaak nie! Die minerale en voedingstowwe
wat die meeste bome nodig het om te oorleef, word op die grondoppervlak net onder
die stam gevind, so wanneer jy hulle afsaag, sterf hulle. Maar nie die palmboom nie, sy
lewensaar kom van binne af sodat hy floreer selfs wanneer hy aangeval word. Luister:
'Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte...' (2 Korintiërs 4:7 NLV).
Hoe wonderlik is dit nie; selfs al sou die breekbare kleipot gesny en gewond word, is
die skat binne in veilig, buite die vyand se bereik!
• Dit sal buig, maar dit sal nie breek nie. Tropiese winde kan die meeste bome wegwaai
maar nie die palmboom nie. Hoe sterker die wind is, hoe verder buig dit - soms tot
teenaan die grond. Wanneer die storm egter uitgewoed is, kom dit weer regop en is die
plek wat gebuig het eintlik sterker. Wat 'n prentjie! Ons is gemaak om te buig maar nie
om te breek nie want God gee aan ons '...krag wat julle nodig het om in alle
omstandighede geduldig te volhard' (Kolossense 1:11 NLV).
• Sy diepte is altyd meer as sy hoogte! Waar die wortels van die gemiddelde plant net tot
'n paar voet onder die grond strek, kan die palmboom se wortels honderde meters
onder die grond op soek na water strek. Dawid het gesê, 'Soos die wildsbok smag na
water, so smag ek na U, o God' (Psalm 42:2 NLV). Strek diep, werk aan jou eie
verbintenis met God en jy sal nooit ontwortel, verdor of weggewaai word nie!
Psalm 92:13 NLV
Wanneer jy nie blom nie, voel jy onrustig en ontevrede. Jy is aangetrokke tot slegte
gewoontes soos televisie kyk, drank- en seksmisbruik, buitensporige geld besteding - al
hierdie dinge gebruik jy om jou pyn tydelik te verdoof. Jou gedagtes neig outomaties in die
rigting van vrees en woede. Die meeste van die tyd dink jy net aan jouself. Wanneer jy
egter blom, gebeur dit in die volgende plekke:
• In jou gees. Jy voel aan dat jy jou idees en energie van 'n eksterne bron af kry, en dis
waar! Jy word deur God se gees bemagtig. Jy word lewendig en voel dat jy 'n doel in
jou lewe het.
• In jou gedagtes. Jou gedagtes word gekenmerk deur vreugde en vrede. Jy het 'n
smagting daarna om lief te hê en te leer. Jy word letterlik getransformeer deur '...God
[wat jou] denkpatrone vernuwe' (Romeine 12:2 NLV).
• In jou tydsbesteding. Jy word elke oggend met 'n gevoel van opgewondenheid wakker
en jy besef dat jy nooit te jonk is om te blom nie. Mozart het toe hy vyf jaar oud was al
briljante musiek gekomponeer. Paulus het vir Timoteus gesê, 'Moenie dat enige iemand
minder van jou dink omdat jy jonk is nie...' (1 Timoteus 4:12 NLV). Jy besef ook dat jy
nooit te oud is om te blom nie. Die kunstenaar Marc Chagall het van sy beste werk
gelewer toe hy in sy negentigs was. Dis verootmoedigend om te erken dat jy nie alles
kan wees wat jy wil wees nie. Wanneer jy dít egter aanvaar het en daarna strewe om
die beste daarin te wees waarvoor God jou geskep het, sal jy begin blom.
Johannes 12:24 NLV
Daar is nog twee areas, deur God geskep, waarin jy kan blom:
• Jou verhoudings. Wanneer jy nie blom nie, is jy dikwels onrustig. Jy is ongedissiplineerd
in dit wat jy sê soos sarkastiese aanmerkings, skinder of vleitaal. Jy isoleer en domineer
ander, val ander aan of jy onttrek jouself van ander. Wanneer jy egter blom, wil jy ander
mense seën. Jy kry dit reg om jou gedagtes en gevoelens op so 'n manier te deel dat
ander voel dat hulle openlik met jou kan wees. Jy erken jou eie foute vinnig en jy
vergewe ander vrylik.
• Jou ervarings. God laat jou groei, want Hy wil jou gebruik om sy planne hier op aarde te
volbring: dis waarom Hy jou ervarings verander. Wanneer jy blom, het jy 'n behoefte om
'n bydrae te maak. Jy lewe met 'n roepingsbewustheid. Jou innerlike behoefte om dít te
word waarvoor jy geskape is, is 'n klein eggo van God se behoefte om die nuwe
skepping te begin. Die rabbi's noem dit ”tikkun olam” - om die wêreld reg te maak.
Wanneer jy op jouself gefokus is, is jou lewe so klein soos 'n graankorrel. Wanneer jy
jou lewe egter aan God gee, is dit asof die graankorrel in ryk grond geplant word wat
dan groei om deel van 'n groter projek te word. Jesus het gesê: 'Ek verseker julle, as 'n
graankorrel nie in die grond val en sterf nie, bly hy net op sy eie bestaan; maar as hy
sterf, lewer hy baie vrug op. Wie hulle eie lewe liefhet, verloor dit; maar wie hulle lewe in
hierdie wêreld haat, sal dit met die oog op die ewige lewe behou' (Johannes 12:24-25
NLV).
Net soos ons geagte Staatspresident ‘n “state of the nation address” lewer, het dit nodig geraak om
ook verslag oor die sake van die SAP TIN Veterane bond te doen om lede en Ondersteuners op
hoogte te bring van die doen en late van die Bond wat soveel veranderinge beleef het die laaste 2
maande, sommige goed en ander minder goed.
Verandering in die bestuur.
Na die verkiesing van die nuwe bestuur op 7 Maart 2015 het die volgende veranderings
plaasgevind :-
· Ons voorsitter, Willie Fouchè, soos meeste weet, het ernstig siek geword en alhoewel dit al
beter gaan is hy steeds buite aksie.
· Die onder voorsitter, Dicks Dietrichsen het vir ‘n kort rukkie oorgeneem as voorsitter maar was
genoodsaak om as bestuurslid te bedank weens die gesondheid van sy eggenote wat nou al sy
aandag verg.
· Ek het derhalwe die stuur moes oorvat en verrig nou die pligte van die voorsitter asook die
funksies van die sekretaris. Alhoewel dit baie werk is kan mens net dankbaar wees vir ‘n
ongelooflike bestuurspan met mense soos Henk van Heerden en Elnic Steenkamp wat die
werkslas deel en die skip op koers hou.
BESTUURSVERSLAG DEUR MARTIN LOUBSER OOR DIE
SAP TIN VETERANE BOND
Finansies van die Bond.
· Alhoewel daar feitlik geen fondse in die Bond se rekening is nie sluit daar nuwe lede aan wat
darem help om die daaglikse pot aan die kook te hou en is daar lede en ondersteuners wat
projekte van stapel gestuur het om te help. Die skip het NIE gesink nie en ons sal oorleef met
die positiwiteit, kameraadskap, geduld en bereidwilligheid wat ons lede in hierdie moeilike tye
openbaar!
· Na die algemene jaarvergadering op 7 Maart 2015 moes die tydelike “stigtings” rekening
oorgeskakel word na ‘n besigheidsrekening maar as gevolg van omstandighede het dit toe nie
gebeur nie. Sodra daar genoeg fondse is sal Robert van Onselen as Tesourier aangestel word
en die rekening geopen word.
· Aangesien hierdie blad wyer kring as net ons lede gaan ek nie uitbrei op die situasie met die
tesourier nie aangesien almal bewus is van die omstandighede. Die tesourierspligte word nou
tydelik behartig deur Henk van Heerden en Ilana Loubser. Na die e-pos wat aan die lede
gestuur is waarin daar verslag gedoen is oor die situasie met die tesourier, was daar geen
teenvoorstelle ontvang vir die aanstelling van Robert van Onselen nie en sal hy dus permanent
as tesourier aangestel word sodra omstandighede, waaroor ek later in die verslag sal uitbrei, dit
toelaat.
· Die plan is om vir Henk van Heerden mooi te vra om vir die volgende uitgawe vir ons ‘n
vorderingsverslag te skryf ten spyte van die feit dat hy ‘n besige man is.
· Sodra hierdie uitgawe van die bulle-TIN die lig gesien het gaan die beeldefonds so vêr en wyd
as moontlik op Facebook adverteer word.
Ons beelde en die beeldefonds.
• Onder die bekwame leierskap van ons Kommunikasie Koördineerder, Henk van Heerden en die
entoesiasme van talle lede is die beeldeprojek van die grond af, gesond en in volle vaart. Daar is
‘n magdom werk gedoen om dit te laat gebeur en is ons positief dat ons beelde een van die dae
weer ons trotse geskiedenis sal uitbeeld!
• Henk het ook ‘n miniatuur beeldeprojek begin wat ongelooflike reaksie ontlok het. Indien daar
enige belangstelling is om so ‘n beeldjie te bekom, kontak vir Henk by
· Ons is ook bewus daarvan dat daar talle lede vir seremoniële drag betaal het en dit nie gekry
het soos hulle moes nie. Ons kon die voorraad red en is dit nou in my besit. Ons onderneem
om hierdie situasie so gou as moontlik reg te stel, dankie vir almal se geduld! Die eerste en
belangrikste doelwit sodra daar genoeg fondse is, is om ons dasse gemaak en gelewer te kry.
· Onthou dat dit enige lid vrystaan om op enige stadium navraag te doen en geregtig is op ‘n
uitleg van die inkomste en uitgawes van die Bond. ([email protected])
Werwing van nuwe lede en ondersteuners.
Almal word vriendelik versoek om nuwe lede vir die Bond te werf, bring die mense wat u
weet kwalifiseer aan boord sodat ons ons agtergrond en geskiedenis kan deel. U word
egter versoek om nie aansoekvorms of bankbesonderhede te verstrek nie aangesien dit
vantevore chaos veroorsaak het. ‘n E-pos adres van ‘n belangstellende op die facebook
groep of aan my by [email protected] sal sorg dat die aansoeker onmiddelik mee
gewerk word.
Die amptelike blad van die SAP TIN Veterane Bond; Die bulle-TIN.
· Sonder die insette van lede is hierdie blad niks anders as ‘n nuusbrief nie en wil ons lede
asseblief aanmoedig om moed bymekaar te skraap en vir ons hulle stories, ondervindings of
enige ander insette te stuur sodat dit ‘n lekker lees ondervinding vir die lesers kan wees.
· Neem kennis dat die bulle-TIN voortaan elke tweede maand sal verskyn om die werkslas, tyd
en moeite met die samestelling daarvan te regverdig.
Die amptelike herdenkingsdag van die SAP TIN Veterane Bond
· Ons gaan ons eerste amptelike herdenkingsdag by die Voortrekkermonument hou op 29
Augustus 2015. Henk van Heerden is besig met die reëlings en amptelike uitnodigings sal op
15 Julie uitgestuur word aan alle lede asook ons broers in Koevoet.
DIE STERKTE VAN DIE BOND
Die totale sterkte van die bond is tans 69 na die draai van die TIN jaar en aansienlik
minder as voor einde Februarie. Dit word soos volg saamgestel:-
Bestuurslede 4
Erelede 4
Lede 53
Ondersteuners 12
Martin Loubser
Weereens dankie aan elkeen wat ‘n inset gelewer het, moed ingepraat het en geduldig
was. Ons is ‘n jong maar trotse bond en die “veglustige leeu” sal van krag tot krag gaan.
Vordering en statistieke
Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 511
Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 111
Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 87
Lede wat lidmaatskap vir 2015 hernu het:- 47
Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5
KRANSLEGGINGSEREMONIE BY DIE SAW MUUR VAN HERINNERING
Die SAP TIN Veterane Bond maak ‘n “grand entrance” tot die veterane wêreld.
Deur: Ilana Loubser met foto’s deur Henry Visagie en Heinz van Heerden
24 Lede en Ondersteuners van die SAP TIN Veterane Bond het op 31 Mei 2015
tydens die kransleggingseremonie by die SA Weermag muur van herinnering ‘n
sigbare toetrede tot die veterane wêreld gemaak. Met 17 lede in die drag van
ons Bond het ons wat getalle aanbetref elke ander bond oortref en seker gemaak
dat ons jong bond wat op 7 Junie maar slegs ‘n jaar oud was nou geen verdere
bekendstelling nodig het nie.
Soos gebruiklik trek die manne
mekaar met aankoms maar aan.
En so het ons vinnig al meer en
meer geraak
Ons kommunikasie man
Henk van Heerden wat
verantwoordelik was om
ons bymekaar te trek.
Dit is nog vroeg en die
stoele is nog leeg. Daar
word heerlik oor en weer
gesels.
Amper tyd vir die seremonie
om te begin en ons Bond se
stoele is feitlik vol
Die seremonie begin met die plasing
van die vaandels. Heel agter is die SAP
TIN Veterane Bond se vaandel wat deur
Martin Loubser gedra en geplaas is.
Tweede van agter is die Koevoet
vaandel. Hierdie twee bonde is die
enigste voormalige SA Polisie bonde.
Die plasing van die vaandels. Om een
of ander onverklaarbare rede is die TIN
Bond se vaandel altyd die enigste wat
deur die wind oopgemaak en vertoon
word.
Kranse word deur verteenwoordigers van die huidige SANW, die vorige SAW, verteenwoordigers van
verskeie lande, veterane bonde en naasbestaandes van gesneuweldes gelê.
Robert van Onselen stap teen die trappe op om
ons krans te lê. Die engelse aankondiger het die
woorde “on behalf of the South African Police
Counter Insurgency Unit Veterans League” gebruik
waarna 24 mense opgestaan het om erkenning te
gee terwyl Robert die krans lê.
Bondlede van die valskerm bataljon
het die tweede grootste
sigbaarheidsprofiel gehad. Dit was
interessant dat een van hierdie
“parabats” toe ons later vir ons
groepfoto poseer het ook ‘n foto van
ons groep geneem het.
Die eerste van twee verbyvlugte deur Harvards.
Die tweede verbyvlug was deur ‘n spuitvliegtuig
wat te vinnig was vir enige iemand om op kamera
vas te lê.
Tyd vir die groepfoto. Ilana Loubser word deur ‘n
ander fotograaf in sy pad betrap.
Meegaande foto wys ’n ou stewel van my wat ek gedra het oor jare van grensdiens, onlustediens
en Polisiediens op die platteland en tot dit uiteindelik verbrons is as memorabilia.
Ek was per geleentheid deur my oudste kleinseun genader met die vraag “Hoekom het oupa oorlog
gemaak” .
Die vraag was aan my gestel omdat ’n oningeligte Sondagskool onderwyseres hom sou meedeel
dat oorlogvoering nie Bybels geregverdig kan word nie.
Ek het my kleinseun nie dadelik geantwoord nie maar die volgende storie is deur ’n stewel van my
vertel en op skrif gestel om aan hom ’n aanvaarbare antwoord te probeer gee.
MY STEWEL
Deur Robert van Onselen
STORIES UIT DIE BOS
STORIE SOOS DEUR DIE STEWEL VERTEL.
Ek en my regter stewel maat het vanaf 29 Augustus 1971 tot 11 Desember 1971 minstens
1500 kilometers afgelê in die snikhete Zambesi-vallei in die gebied van Chirundu, Mana Pools
en Chewore en in die rigting van Kasikile in Rhodesië. Ons is gedra deur magsnommer
56650W Sersant Robert Louis van Onselen, die seksieleier van ’n voetpatrollieseksie
bestaande uit 7 lede wat getaak was om die insypeling van die Zimbabwe Peoples
Revolutionary Army (ZIPRA) en ZANU (Zimbabwe African National Union) terroriste waarvan
meeste in Rusland, Rooi China of Tanzanië opgelei was, te verhoed om Rhodesië binne te
dring met die doel om die Rhodesiese regering te destabiliseer. Hierdie lande sou ook as
opleidingslande optree vir die militêre vleuels van die destydse verbande organisasies soos die
ANC. en PAC. en sou Zambië ook kampe bied vir hierdie opgeleide terroriste om vanuit
Zambië, eers Rhodesië en later Suid Afrika teen die Apartheidsregerings soos gelei deur Ian
Smith en John Vorster te destabiliseer.
Die Zambesi-vallei wat destyds as die ”rooi korridor” gebied beskou was sou geen mense
anders as die veiligheidsmagte huisves nie, maar daar was ook groot troppe olifante, buffels,
tsetsevlieë en muskiete en ander wild in oormaat asook die lastige Mopanie vliegies wat
konstant jou lewe nog verder versuur het. Enigiemand anders as die SAP se Teeninsurgensie
eenhede , die Rhodesiese weermag en BSAP (Rhodesiese polisie) was gevolglik as ’n vyand
en ongewens in die gebied beskou, wat opgespoor en geëlimineer moes word.
Voetpatrollies, voertuigpatrollies en “Chopper drops” sou onverpoos onderneem word in die
digbeboste vallei om insypelaars oorgrens op te spoor en voetspore op te volg en uiteindelik
die ongewensde indringers uit te wis indien opgespoor. Uiterse hitte en reën toestande sou
trotseer word en menige verdwaalde patrollies sou volg met uitgeputte manne vasbeslote
om van diens te wees in die stryd om Rhodesië vir sy inwoners ʼn veilige tuiste te maak.
Vanaf 3 Mei 1972 tot 9 Augustus 1972 het ek en my maat weereens minstens 750 kilometer
afgelê in die onherbergsame ravine aan die onderkant van die Victoria Valle in die rigting
van Chishuma en ook minstens 750 kilometers langs die oewer van die breed
vloeiende Zambezirivier ten Weste van die Valle in die rigting van Kazungula. Krokodille en
seekoeie was benewens die terroriste wat die paaie met landmyne en ploftoestelle beplant
het andersins ons grootste bedreiging.
In die jare 1972 tot 1977 het ek en my maat ook deur Robert in spoorsny aksies weens
misdadige optredes in die Dendron en Mara plattelandse polisiewyke tydens dagga
opruimingsaksies, veediefstalle in onder andere die Wolkeberge te Haenertsburg,
Soutpansberg en Blouberge in die Vivo omgewing asook in die Thuliblok in Botswana
gedra. So is ook jagtogte uitgevoer wat onder andere loslopende probleem leeus uit
Botswana sou insluit..
In 1979 het ons ook minstens 500 kilometers afgelê langs die Moloporivier vanaf Boshoek
TIN Basis langs die Botswana grens in die rigting van Mc Carthysrus in die Kalahari se rooi
sandduine om insypelaars vanuit Botswana se binnekoms te probeer voorkom.
In 1985 het ons vir Robert gedra vir minstens 500 kilometers ten weste van Messina vanaf
Pinkstershoek TIN Basis langs die Limpoporivier op die grens met Zimbabwe om daar tussen
die groot ou kremetartbome die insypeling van die militêr opgeleide vryheidsvegters van die
destydse verbode ANC en PAC. te probeer verhinder en as buffer op te tree vir aanvalle op
ons burgers en teikens in Suid Afrika.
Hierdie vryheidsvegters van die destydse verbode ANC en PAC bekend as Umkonto We
Siswe en AZAPO het soos in Rhodesië landmyne gestel in die landelike gebiede langs die
Limpopo en onder andere die dood van die Denyssen gesin tot gevolg gehad het en het
beslis nie welwillendheidsbesoeke kom aflê nie. Hierdie paaie is met voertuie en
voetpatrollies gepatrolleer deur lede van die TIN Eenheid van die SAP.
Behalwe Zambië sou Zimbabwe ook veilige kampe vir hierdie vryheidsvegters bied om
insypeling van groepe of selle gevestig te kry in Suid Afrika om stasiebomme, kragstasies,
kraglyne, polisiestasies en staatsgeboue te teiken in ʼn poging om die regering van die dag te
destabiliseer en paniek onder die burgers te saai.
Hierdie aksies is reeds in Desember 1961 in ʼn veilige huis op die plaas van Arthur en Hazel
Goldrich beplan deur die leierskap van die verbande ANC en bomaanvalle sou reeds op 16
Desember 1961 op Polisiestasies en kraglyne plaasvind om die sabotasie fase van hierdie
verbode organisasies in Suid Afrika in te lui.
Benewens hierdie grensdienste sou ons ook vir Robert gedra het in 1971 met die
Gelvandale onluste te Port Elizabeth, die Turfloop onluste te Pietersburg in 1976, skole
onruste in 1980 in die Oos Kaap en die Vaaldriehoek onluste in 1984 te Sebokeng,
Boipatong, Bopilong, Everton, Sharpeville asook tydens operasie Palmiet in Alexandra en
Soweto tydens die 1986 onluste.
Ons sou saam met Robert waarneem hoe halssnoermoorde gepleeg word, regeringskantore
afgebrand word, petrolbomme na ons Polisievoertuie geslinger word en bewus wees
van Polisielede wat in lokvalle gelei, doodgekap of doodgegooi word en selfs met
vuurwapens aangeval word.
Ons het vele kilometers aflê te Maleoskop Opleidingsterrein in 1971. Ons het opknappings
kursusse te Nkomo buite Salisbury en Wankie ondergaan in Rhodesië asook te Verdrag
opleidingsterrein in 1984 om Robert vertroud te maak in die stap van nagpatrollies,
hinderlaagopstellings, opvolg formasies, huis-penetrasies, deursoekingsmetodes,
radiospraakprosedures met die TR 28 en A60 veldradio’s, die hantering van die Patmore
mortier, die Brisant handgranaat, die fosforgranaat, die LMG (ligte masjiengeweer), die
swaarloop R1, die R1 , AK 47, Tokareff pistool, die RPG, die H.M.K., die Beretta
haelgeweer, die stoppergeweer, Beretta Pistool en vele ander om alle moontlike aanslae te
kon afweer.
Ek kan daarom namens my maat bevestig dat Robert met ʼn Hand wat hom deurgaans van Bo
beskerm het, waarskynlik 5000 kilometers of 5,000,000 meters afgelê het ter beveiliging van
Suid Afrika en sy inwoners oor baie jare om die invloed van die kommunistiese leerstellings
van Marx, Lenin, en Mao Tse-Tung soos gepropageer deur die sogenaamde vryheidsvegters te
beveg en teen te staan.
Ons draer sou ook aanvanklik vanaf 1 April 1970 tot 30 Junie 1970 in Ovamboland te
Ondangwa as polisiestudent groot gebiede in Ovamboland, die Okavango en die Kaokoveld
deurkruis voor Kollege opleiding en in latere jare gemoeid wees met die aanry van voorrade as
swaarvoertuigbestuurder na die Koevoet Eenheid van die SA Polisie wat in latere jare ’n
intense en ʼn ongekende stryd sou voer teen die SWAPO terroriste wat vanuit Angola die felste
van aanslae ooit sou loots.
In die jare 1978/9 sou Robert met sy verbintenis tot die Veiligheidstak ook goed ingelig raak met
die oogmerke van die destydse verbode S.A. Kommunistiese Party en sy alliansies en spreek
die volgende aanhaling vir homself waarom die stryd gevoer moes word vanaf 1966 tot 1989
deur ons draer en sy menige kollegas waarvan sommige die hoogste prys sou betaal:-
“In our country the stuggle of the oppressed people is guided by the S.A. Communist Party and
inspired by its policies. We communist party members are the most advance revolutionaries in
modern history and are the contemporary fighting and driving force in changing society and the
world. The people of S.A. lead by the Communist Party will destroy capitalist society and build
in its place socialism. Hence the transition of the working class from the yoke cannot be
effected by slow changes or by reforms as reactionaries and liberals often advice, but by
revolution. One must therefore be a revolutionary and not a reformist”
Om enige oningeligte van die noodsaaklikheid van oorlog of teeninsurgensie optredes in te
lig is dit miskien noodsaaklik om te bevestig dat ek en my stewelmaat 5,000 kilometers of
5 miljoen spore agter gelaat het as SOLDAAT VIR CHRISTUS om die Antichris en sy bose
aksies te probeer stuit.
ʼn Totaal van 81 SA Polisiemanne sou in Rhodesië en Ovamboland met hulle lewens boet
en die hoogste offer betaal, almal lede wat as SOLDATE VIR CHRISTUS hul alles gegee
het tydens grensdienste om die Antichris te stuit en almal lede wat miljoene der miljoene
voetspore sou agterlaat oor groot gebiede in Suider Afrika.
Binnelands sou vele kollegas in blou hul deel doen om veiligheid en stabiliteit te verseker
en ongekende omstandighede trotseer . Manne wat met trots die Antichris sou teenstaan
en almal as SOLDATE VIR CHRISTUS beskou word.
Geskryf deur bogenoemde stewel en opgedra deur my en my regter stewelmaat aan die
persoon wat ons gedra het, Robert van Onselen met sy 63 ste verjaarsdag op 20 Junie
2012. .
AS-PAMPOEN, NIE ASPATAT NIE
Deur Elnic Steenkamp
Dit was hier in 1974 rond en ons was alreeds meer as ʼn week van ons basis af met die lê van
Observasie Poste in die Noord-Oostelike deel van Rhodesië bo-op die plato naby die Ruya rivier.
Die manne se moere was al redelik skurf want die ouens was dik vir ”Rat Packs” en dit reën
omtrent aanmekaar. Omstandighede was sleg en ons moes een nag halfpad teen ʼn koppie op so
sit-lê slaap in volle kit met ons rûe teen boomstamme om te keer dat ons nie afrol nie. Die koppie
sou as ons OP (observasie pos) dien vir die volgende dag of twee en nou moet daar elke dag nog
ʼn “Jerry” kan water gaan haal word uit die rivier en dan heel pad vol weer terug gedra word teen
die koppies uit om darem water vir die manne te kry om hul monde uit te spoel, koffie te maak en
die ergste dors te les. Dink nou self wat weeg so ʼn Jerry kan vol water wat teen ʼn steil helling
opgedra moet word.
So twee dae voor ons terug moet gaan basis toe besluit ons “stick” bevelvoerder om ʼn sekere
ontruimde stat te gaan besoek aangesien dit geklink het of daar honde blaf vanuit die rigting van
die stat en ons ook vêraf dromme kon hoor wat klink of dit uit die “verlate” stat kom.
Die stat was toe wel verlate maar tot my groot blydskap het ek ʼn half ryp pampoen in die landerye
rondom die stat raakgeloop en dit met moeite saamgedra. Die ouens het gedink ek is gek maar
diè aand het ek die rypste stuk so in twee skywe uit die pampoen gesny en dit sommer so in die
skil op die vuur gesit om gaar te raak. Die vuur was natuurlik “onwettig” gemaak maar ek kon nie
anders nie want my “esbit pilletjies” was al amper klaar en hulle sou in elk geval nooit die
pampoenskywe gaar kry nie.
Ek het later vir Theuns Buys so ʼn skeppie van die amper gaar pampoen laat proe en die ou
was baie beïndruk maar spyt dat hy nie ook van die pampoen saam karwy het nie. Ek het
ook water in my “fire bucket” gegooi vir koffie en dit ook netso in die vuur op die kole gesit
om te kook. Die twee skywe pampoen het ek bo-op die beker gesit sodat dit darem kan
warm bly vir latere ete saam met “dog biscuits” en koffie.
Toe die koffiewatertjies nou lekker kook het van die kole nou al afgeval en rondom die beker
beland sodat ek nie die beker met die kaal hand kon afhaal nie. Die enigste manier waaraan
ek kon dink is om die beker se oor met toiletpapier om die hand by te dam en af te haal. So
met die probeerslag saam slaan die toiletpapier om my hand aan die brand en van seerkry
en skrik gooi ek die ou bekertjie koffie met my twee lekker pampoenskywe binne in die vuur,
onherwinbaar, tot as verbrand en tot groot gelag van die manne saam met my.
Die “Moral of the story” is dat die sersant geweier het dat daar weer vuur gemaak moet
word, ek het honger gaan slaap sonder pampoen en koffie met net twee “dog biscuits” en
dan natuurlik was my pelle wat vir my gelag het ook nie meer my pelle vir die res van die
patrollie nie.
Goeie dae, lekker dae wat ek nooit sal vergeet nie!
So ’n voorsmakie uit Louis Lubbe se boek:- Van Ovamboland tot Masjonaland
DITJIES EN DATJIES OP FACEBOOK
Laat weet of jy sal belangstel in so ’n t-hemp
Johannes Wolmarans 072 487 2341
Henk van Heerden 082 770 5574
VERJAARSDAE
JULIE
15 Tiny Nortjè
083 269 2071
31 Gabriël Visser
082 444 1833
AUGUSTUS
6 Branko Dzomlija
073 812 9584
8 Willie Fouche
083 654 8791
12 Gerhard Pieters
082 614 1683
14 Christo Hattingh
083 279 2206
22 Victor Powys
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
JULIE18 1968 Const. D DuToit
02 1976 A/O FPP Bezuidenhout
24 1982 Const GS Lourens
AUGUSTUS12 1970 Sers JP Bosh
18 1971 Const JHG Maritz
23 1971 Sers F van Noordwyk
08 1972 Sers Z Melapi
29 1973 Const MC Manci
04 1974 Const CL van der Merwe
13 1974 Sers L van Zyl
MALEOSKOP BEELDEFONDS
Help ons om ons geskiedenis te restoureer
Elke bietjie help!!!
STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE
LEDE
Dra van die seremoniele drag.
Soos vervat in die Grondwet Par 5.3
BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING
BESTUUR
Voorsitter: (Waarnemend) en
Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]
Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]
Addisionele lede:
Elnic Steenkamp Sel: 072 184 7703 epos: [email protected]
Robbie Cooke Sel: 082 781 7571 epos: [email protected]
EREPRESIDENT
Johan Viktor (Genl)
Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)
https://www.facebook.com/groups/535440839915941
http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/
Facebook Page
https://www.facebook.com/coinveteransleague
Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die
skrywer direk kontak by:
082 859 0764
(011) 803 6348
Die prys van die boek is R 350.00
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
REGSTELLINGS DEUR DIE REDAKSIENa klagtes wat ingedien is deur Christo Giani, ’n voormalige lid van die Bond op 26 Mei 2015
wil ons graag die volgende regstellings maak:-
1. Die plasing getitel ”My eerste kontak” deur Christo Giani in bulle-TIN 4 van November
2014 is foutiewelik geplaas aangesien die skrywer ons versoek het om dit te onttrek op
dieselfde dag wat die bulle-TIN uitgestuur is. Ons vra om verskoning vir hierdie fout.
2. Die Facebook plasing in bulle-TIN 6 van Januarie 2015 onder die opskrif ”Ditjies en
datjies op Facebook” (Sien bygaande foto) het betrekking. Die klagte is dat dit lyk asof
Martin Loubser (admin van die FB groep) die plasing saamgestel het. Ons wil dit duidelik
stel dat die onderskrif ”Info Christo Giani” inderwaarheid beteken dat die plasing deur
Christo Giani saamgestel is en nie deur Martin Loubser nie.
KENNISGEWING DEUR DIE REGISEUR
VERSOEK DEUR DIE REDAKTRISE
Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit en julle
bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die maandblad sal niks anders as ‘n
inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede maandeliks plaas nie. As jy nie ‘n
skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en taalkonstruksies nie, die
regisseur (Martin Loubser), klap ‘n storie vinnig reg.
Ilana Loubser
Ek wil dit onomwonde duidelik stel dat die redaksie GEEN verantwoordelikheid neem vir die
korrektheid van die inhoud van jou plasing nie. By ontvangs van jou inset doen ek die nodige
taalversorging en sal maksimum dalk uitbrei op afkortings en TIN terme sodat ons leke lesers
ook verstaan. Dit klink dalk na ‘n snaakse versoek maar moenie plasings stuur as jy dit nie
gepubliseer wil hê nie.
Plasings wat jy op Facebook maak is openbare inligting en sekere plasings word as ‘n reël van
ons groep afgetrek en in die blad geplaas vir diegene wat nie op ons Facebook groep is nie. As
jy ‘n problem hiermee het moet jy my asseblief laat weet, ons sal jou versoek respekteer.
Martin Loubser
Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings
na [email protected] voor die 25ste van
elke maand.
Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269
Regisseur – Martin Loubser