veepos oktober issuu

20
OKTOBER 2013 Die VeePos GRATIS waar boerdery en bewaring ontmoet Grondeis op DeBeers myngronde gaan voort .... lees meer op bl 3 Namakwaland Groen Ekonomiese Demonstrasie Besighede Takel Klimaatsverandering Besigheid soos gewoonlik sal nie meer doen nie! Myn vestig beurs vir bewaringstudies Nuwe wet maak bewaringslui onrustig ‘N BEURS ‘n Beurs bied Namakwalandse jongmense wat belangstel om in ‘n bewaringsrigting te studeer nou die geleentheid van ‘n leeftyd. Vedanta Mining, van Aggeneys se Gamsbergmyn, bied nou ‘n beurs aan wat een student instaat sal stel om in bewaring te studeer. vvlg bl 4... MEER AS 40 besighede van verskillende dorpe in Nam- akwaland het die klimaatsbul by die horings gepak en kragte saamgespan om aktief te reageer op klimaatskwes- sies in die streek. “Dit is opwindend om te sien dat besighede saamwerk met nie-regerings organisasies en in gespreek tree oor kritiese kwessies wat hulle werksaamhede en mense se lewensbestaan, raak,” het Sarah Frazee, Hoof Uitvoer- ende Beampte van Conservation Suid Afrika, gesê. Die eerste samekoms van hierdie besigheidsleiers was saam met CSA op 17 September toe ‘n splinternuwe Netwerk vir Klimaatsweerstandigheid vir Besighede, in Namakwaland geloods is. CSA se benadering is om te fokus is op voeselsekuriteit, die ontwikkeling van ‘n groen ekonomie en die bou van weerstandigheid teen klimaatsverandering. CSA het ‘n lang geskiedenis van samewerking met besighede en hul benadering was nog altyd om loodsprojekte vir innoverende idees rondom be- waring te implementeer en die lesse wat daaruit geleer te word te deel met mense in verskillende bedrywe en die implementering van suksesvolle idees aan te moe- dig. CSA doen soortgelyke werk met verskeie maatskap- pye, insluitende die Verbruikersgoedere Raad, Nestlé en Woolworths. Namakwaland se mense is veral kwesbaar vir klimaats- verandering, siende dat werkloosheid hoog is, 75%, in sommige areas. Tesame met die feit dat die meerderheid van mense in die streek minder as R3000 per maand ver- dien, maak Namakwaland se mense besonder kwesbaar vir klimaatsverandering. Besighede, as potensiële werk- nemers en ‘n manier om ‘n inkomste te verdien, is dus uit- ers belangrik. Een van die studies in Namakwaland wys dat sommige dorpe in die streek reeds meer water gebruik as wat die bronne wat dit verskaf, kan vernuwe. Elders in Suid Afrika is daar verskeie plekke wat water moet aanry om in inwoners se behoeftes te voorsien. Nou is die tyd dat verskillende sektore, ook die sakesektor, nie meer in isolasie funksioneer nie, maar moet saamwerk en netwerke moet vorm om die uitdagings van klimaats- verandering die hoof te bied. Die omgewing word ook deur die Vooruitsig vir die Suid Afrikaanse Omgewing van 2006 as basis vir ekonomiese aktiwiteite beskou. Reeds ‘n droë area, word daar verwag dat Namakwaland in die volgende paar dekades selfs minder reën sal kry en dat die weer meer uiterstes sal hê – sterker storms en meer gereelde en langer droogtes, minder water en warm- er somers. Navorsing wys dat klimaatsverandering reën- valpatrone sal verander en dat daar waarskynlik minder winterreën sal val en meer somerreën. Teen 2050 word ‘N NUWE aanpassing aan die Minerale en Petroleum- bronne Ontwikkelingswet kan verdere skade aan die omgewing veroorsaak, waarsku ‘n groep Suid Afrikaanse bewaringslui. Die groep bestaan uit die Sentrum vir Omgewingsregte, die Endangered Wildlife Trust, die Wêreldwye Fonds vir die Natuur Suid Afrika, Birdlife Suid Afrika, ground- Works, Greenpeace, Professor Tracy Humby van die Wits Skool vir Regte en Conservation Suid Afrika. Die groep waarsku dat die aanpassing aan die wet moont- lik ongrondwetlik kan wees, aangesien dit die Departe- ment van Minerale Bronne verantwoordelik maak om te verseker dat mynmaatskappye die stappe neem om die omgewing te bewaar en dat dit onduidelikheid veroorsaak tussen provinsiale en nasionale bevoegdhede. Die groep sê ook die departement beskik nie oor die kapasiteit om die aksie behoorlik te neem nie. Die wet sal die toekenning van mynregte reguleer. Dit word egter gekritiseer deur beide die bedryf en ander or- ganisasie. Die Legal Resource Centre het gevra dat die wet geskrap word aangesien dit die regte van myngemeen- skappe ignoreer. Die wet sal verantwoordelikhede wat voorheen deur die Departement van Omgewingsake en die Departement van Waterwese behoort het oordra aan die Departement van Minerale regte. Wat dit op neerkom is dat dieselfde departement wat mynregte toeken ook en die kriteria daarvoor bepaal ook verantwoordelik sal wees om te besluit wat die kriteria vir die bewaring van die omgewing sal wees as dit kom by mynregte. Die groep be- waringslui wys daarop dat dit neerkom op ‘n konflik van belange omdat die departement se mandaat aan die een- kant is om mynbou in die land te bevorder, maar aan die ander kant sal dit nou ook moet toesien dat omgewings- en waterbronne van dieselfde mynboubedryf beskerm moet word. Die groep sê ook dat daar baie min bewyse is dat die de- partement mynmaatskappye wat die wet oortree, vir ver- volging aangee. Om die waarheid te sê, daar is heelwat bewyse dat die departement klagtes oor mynmaatskappye wat wette oortree, aktief ignoreer of dat dit weier om be- trokke te raak by die vervolging van sulke myne. Sarah Frazee, Hoof Uitvoerende Beampte van Conserva- tion Suid Afrika, het saam met ander lede van die groep bewaringslui die parlement toegespreek om bekommernis uit te spreek oor die voorgestelde aanpassing aan die wet. “Ons hoop dat die Myn Portfolio Komitee die voorbeeld van Namakwaland sal gebruik om beter besluite oor myn- praktyke te maak wat tot die voordeel van die hele Suid Afrika sal wees,” het Frazee gesȇ. Nuwe beurs vir Namakwalandse voornemende studente! daar verwag dat die gemiddelde warmste temperatuur vir Namakwaland met 2 grade Celsius sal styg en teen 2100 met tot soveel as 6 grade Celsius. Tydends die werkswinkel het besighede, waaronder verskeie herwinnings- maatskappye, myne en gastehuise, sleutelfaktore ge-identifiseer wat hul sal verhoed om hul besighede winsgewend te bedryf. Uitdagings, soos ‘n gebrek aan toegang tot inligting oor klimaatsverander- ing, die impak van weersomstandighede op besighede en onvoldoende oplei- ding en infrastruktuur om klimaatsverandering die hoof te bied, is uitgelig deur die groepe. Die samekoms was die eerste stap in besighede se strewe om sinvol te beplan vir hoedat hulle die verwagte uitwerking van klimaatsverandering in Nam- akwaland die hoof kan bied. Wanneer die hitte opgestel word in Namak- waland, sal die versiendheid eers werklik waardeer word. DIE AFGELOPE winter was ysig en Namakwaland is ook verras met aansienlike sneeu neerslae, wat wydverspreid voorgekom het. Dorpe soos Springbok, Leliefontein, Concordia en Nieuwoudtville het almal sneeu gekry. Oud en jonk was soos kinders en het met geesdrif sneeu- balle gegooi en sneeumanne (en sneeukinders) gebou. Wonderbaarlik het die landskap binne twee weke van sneeu na blomme verander. Van bibber tot blomme in 2 weke

Upload: tessa-mildenhall

Post on 28-Mar-2016

360 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Conservation South Africa Northern Cape Conservation & Development News. Supporting Economic Development that Values Natures.

TRANSCRIPT

Page 1: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013Die VeePos

1

GRATIS

waar boerdery en bewaring ontmoet

Grondeis op DeBeers myngronde gaan voort .... lees meer op bl 3

NamakwalandGroen

Ekonomiese Demonstrasie

Besighede Takel KlimaatsveranderingBesigheid soos gewoonlik sal nie meer doen nie!

Myn vestig beurs vir bewaringstudies

Nuwe wet maak bewaringslui onrustig

‘N BEURS ‘n Beurs bied Namakwalandse jongmense wat belangstel om in ‘n bewaringsrigting te studeer nou die geleentheid van ‘n leeftyd. Vedanta Mining, van Aggeneys se Gamsbergmyn, bied nou ‘n beurs aan wat een student instaat sal stel om in bewaring te studeer.vvlg bl 4...

MEER AS 40 besighede van verskillende dorpe in Nam-akwaland het die klimaatsbul by die horings gepak en kragte saamgespan om aktief te reageer op klimaatskwes-sies in die streek. “Dit is opwindend om te sien dat besighede saamwerk met nie-regerings organisasies en in gespreek tree oor kritiese kwessies wat hulle werksaamhede en mense se lewensbestaan, raak,” het Sarah Frazee, Hoof Uitvoer-ende Beampte van Conservation Suid Afrika, gesê. Die eerste samekoms van hierdie besigheidsleiers was saam met CSA op 17 September toe ‘n splinternuwe Netwerk vir Klimaatsweerstandigheid vir Besighede, in Namakwaland geloods is. CSA se benadering is om te fokus is op voeselsekuriteit, die ontwikkeling van ‘n groen ekonomie en die bou van weerstandigheid teen klimaatsverandering. CSA het ‘n lang geskiedenis van samewerking met besighede en hul benadering was nog altyd om loodsprojekte vir innoverende idees rondom be-waring te implementeer en die lesse wat daaruit geleer te word te deel met mense in verskillende bedrywe en die implementering van suksesvolle idees aan te moe-dig. CSA doen soortgelyke werk met verskeie maatskap-pye, insluitende die Verbruikersgoedere Raad, Nestlé en Woolworths. Namakwaland se mense is veral kwesbaar vir klimaats-

verandering, siende dat werkloosheid hoog is, 75%, in sommige areas. Tesame met die feit dat die meerderheid van mense in die streek minder as R3000 per maand ver-dien, maak Namakwaland se mense besonder kwesbaar vir klimaatsverandering. Besighede, as potensiële werk-nemers en ‘n manier om ‘n inkomste te verdien, is dus uit-ers belangrik. Een van die studies in Namakwaland wys dat sommige dorpe in die streek reeds meer water gebruik as wat die bronne wat dit verskaf, kan vernuwe. Elders in Suid Afrika is daar verskeie plekke wat water moet aanry om in inwoners se behoeftes te voorsien. Nou is die tyd dat verskillende sektore, ook die sakesektor, nie meer in isolasie funksioneer nie, maar moet saamwerk en netwerke moet vorm om die uitdagings van klimaats-verandering die hoof te bied. Die omgewing word ook deur die Vooruitsig vir die Suid Afrikaanse Omgewing van 2006 as basis vir ekonomiese aktiwiteite beskou.Reeds ‘n droë area, word daar verwag dat Namakwaland in die volgende paar dekades selfs minder reën sal kry en dat die weer meer uiterstes sal hê – sterker storms en meer gereelde en langer droogtes, minder water en warm-er somers. Navorsing wys dat klimaatsverandering reën-valpatrone sal verander en dat daar waarskynlik minder winterreën sal val en meer somerreën. Teen 2050 word

‘N NUWE aanpassing aan die Minerale en Petroleum-bronne Ontwikkelingswet kan verdere skade aan die omgewing veroorsaak, waarsku ‘n groep Suid Afrikaanse bewaringslui.

Die groep bestaan uit die Sentrum vir Omgewingsregte, die Endangered Wildlife Trust, die Wêreldwye Fonds vir die Natuur Suid Afrika, Birdlife Suid Afrika, ground-Works, Greenpeace, Professor Tracy Humby van die Wits Skool vir Regte en Conservation Suid Afrika.Die groep waarsku dat die aanpassing aan die wet moont-lik ongrondwetlik kan wees, aangesien dit die Departe-ment van Minerale Bronne verantwoordelik maak om te verseker dat mynmaatskappye die stappe neem om die omgewing te bewaar en dat dit onduidelikheid veroorsaak tussen provinsiale en nasionale bevoegdhede. Die groep sê ook die departement beskik nie oor die kapasiteit om die aksie behoorlik te neem nie.

Die wet sal die toekenning van mynregte reguleer. Dit word egter gekritiseer deur beide die bedryf en ander or-ganisasie. Die Legal Resource Centre het gevra dat die wet geskrap word aangesien dit die regte van myngemeen-skappe ignoreer. Die wet sal verantwoordelikhede wat voorheen deur die Departement van Omgewingsake en die Departement van Waterwese behoort het oordra aan die

Departement van Minerale regte. Wat dit op neerkom is dat dieselfde departement wat mynregte toeken ook en die kriteria daarvoor bepaal ook verantwoordelik sal wees om te besluit wat die kriteria vir die bewaring van die omgewing sal wees as dit kom by mynregte. Die groep be-waringslui wys daarop dat dit neerkom op ‘n konflik van belange omdat die departement se mandaat aan die een-kant is om mynbou in die land te bevorder, maar aan die ander kant sal dit nou ook moet toesien dat omgewings- en waterbronne van dieselfde mynboubedryf beskerm moet word.Die groep sê ook dat daar baie min bewyse is dat die de-partement mynmaatskappye wat die wet oortree, vir ver-volging aangee. Om die waarheid te sê, daar is heelwat bewyse dat die departement klagtes oor mynmaatskappye wat wette oortree, aktief ignoreer of dat dit weier om be-trokke te raak by die vervolging van sulke myne.

Sarah Frazee, Hoof Uitvoerende Beampte van Conserva-tion Suid Afrika, het saam met ander lede van die groep bewaringslui die parlement toegespreek om bekommernis uit te spreek oor die voorgestelde aanpassing aan die wet. “Ons hoop dat die Myn Portfolio Komitee die voorbeeld van Namakwaland sal gebruik om beter besluite oor myn-praktyke te maak wat tot die voordeel van die hele Suid Afrika sal wees,” het Frazee gesȇ.

Nuwe beurs vir Namakwalandse voornemende studente!

daar verwag dat die gemiddelde warmste temperatuur vir Namakwaland met 2 grade Celsius sal styg en teen 2100 met tot soveel as 6 grade Celsius.

Tydends die werkswinkel het besighede, waaronder verskeie herwinnings-maatskappye, myne en gastehuise, sleutelfaktore ge-identifiseer wat hul sal verhoed om hul besighede winsgewend te bedryf. Uitdagings, soos ‘n gebrek aan toegang tot inligting oor klimaatsverander-ing, die impak van weersomstandighede op besighede en onvoldoende oplei-ding en infrastruktuur om klimaatsverandering die hoof te bied, is uitgelig deur die groepe. Die samekoms was die eerste stap in besighede se strewe om sinvol te beplan vir hoedat hulle die verwagte uitwerking van klimaatsverandering in Nam-akwaland die hoof kan bied. Wanneer die hitte opgestel word in Namak-waland, sal die versiendheid eers werklik waardeer word.

DIE AFGELOPE winter was ysig en Namakwaland is ook verras met aansienlike sneeu neerslae, wat wydverspreid voorgekom het. Dorpe soos Springbok, Leliefontein, Concordia en Nieuwoudtville het almal sneeu gekry. Oud en jonk was soos kinders en het met geesdrif sneeu-balle gegooi en sneeumanne (en sneeukinders) gebou. Wonderbaarlik het die landskap binne twee weke van sneeu na blomme verander.

Van bibber tot blomme in 2 weke

Page 2: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

IN DIE VELD

Geheimsinnige,oeroue plant ontdek in Napier Bewaringsarea

DAAR IS ‘n nuwe organisasie in die Kamiesberg wat hulle bemoei met die bewaring en bevordering van die streek se unieke erfenis. Die organisasie is ‘n geregistreer-die nie-winsgewende organisasie en staan bekend as die Kamiesberg Erfenis Stigting. Die organisasie is in 2010 gestig en is gestasioneer te Kharkams.Die visie van die Kamiesberg Er-fenis Stigting is om die kultuur en erfenisbronne van die Kamiesberg te bewaar. Tans is die organisa-sie betrokke by die sopkombuis in Kharkams en ondersteun hulle ook die plaaslike kleuterskool, Delfinia, met ‘n groentetuin.Die organisasie is in kontak met die Frontier myn en het ‘n besigheidsplan by hulle ingedien vir die bevordering van die Afrikaner skaap, maar het nog niks van die myn terug gehoor nie. Die skaapras is die oudste ras waarmee die Khoi en Klein Namaq-

ua mense in die verre verlede mee geboer het. Die Namaqua Afrikaner is ‘n bedreigde skaapras en daar is slegs een trop op ‘n eksperimentele plaas naby Carnarvon – die stigting hoop om die ras te help terugbring deur boere aan te moedig om die di-ere aan te hou. Die Kamiesberg Er-fenis Stigting wil mense bewus maak van die skaapras, waarvan beendere in die oeroue grotte by Spoegrivier gevind is, en boere aanmoedig om die skaapras weer aan te hou.Lena Links is die voorsitter van die organisasie en Cornelis Links is die koordineerder. Enige persoon wat belangstel in die Kamiesberg se er-fenis of wat wil aansluit by die or-ganisasie kan gerus vir Hendrik Jagers, bestuurslid van die stigting, kontak. Sy nommer is 084454793. Die Kamiesberg Erfenis Stigting sal ook graag van enige persoon wat in-ligting het rondom die Kamiesberg se erfenisbronne wil hoor.

‘N OEROUE plantspesie, Erica recurvata, wat slegs in massiewe rotsskeure groei, en wat slegs bekend was van ‘n botaniese rekord in Andrew se “Heathery” boek, is onlangs ontdek. Tot nou toe het niemand geweet waar die plant in werklikheid voorkom nie. Daar word gespekuleer dat individuele plante letterlik honderde jare oud kan wees. Daar is ongeveer slegs 50 van hierdie plante oor en nodeloos om te sê, is hul bewaringstatus Krities Bedreig. Die plant is ontdek toe Ted Oliver, ‘n bekende Suid Afrikaanse botanis, wat in Ericas spesialiseer, twee en twee bymekaar gesit het toe hy digitale fotos van die plant wat iemand in die Napier Berg Bewaringsarea geneem het, verbind het met die botaniese skets van

dieselfde plant in die baie ou boek van Andrews. Tot op daardie oomblik het Oliver gedink dat die plant ‘n hibried is wat gekweek is van sade wat in die laat 1700’s uit Suid Afrika na Kew Tuine in Engeland, uitgevoer is. Die sade is deur ‘n versamelaar, Nivens, na Kew ges-tuur en die plant is daar gekweek totdat dit in volle blom was en die tekening is toe gemaak.In der waarheid was dit toe al die tyd die Erica recur-vata en nie ‘n hibried nie. Al die plante wat bestaan, groei in ‘n enkele rostsskeur in ‘n massiewe rots in die Napier Berg Bewaringsarea, waar dit beskerm word van brande. Elke blom wat mens kan sien van die plant, is so groot soos ‘n duim-nael.

VAN DIE ouer garde onder die Veepos se lesers sal dalk sekere voedselprodukte uit hul jong dae onthou wat vandag glad nie meer gesien word of wat skaars geword het. ‘n Sekere tipe pam-poen of kool of huishoudelike dier wat vir voedsel geproduseer is. Self onthou ek ‘n koringvariëteit, rooikoring, wat elke jaar deur heelwat boere gesaai is toe ek ‘n kind was, maar wat ek nou glad nie meer sien nie.Dit is die geval met baie kossoorte. Honderde jare gelede was daar ‘n baie groter verskeidenheid van groente, vrugte, graan, peulgewasse en voedseldiere, as wat daar nou is – met ander woorde, groter diversiteit. Hierdie diversiteit het in die laaste paar dekades geweldig afgeneem en sommige van hierdie ge-wasse en diere loop die gevaar om as ras of variëteit uit te sterf. In ‘n kompeterende wêreld fokus landbouwetenskaplikes op die ontwikkeling van slegs ‘n handvol graangewasse, byvoor-beeld, deur genetiese manipulasie en seleksie om toenemend beter, meer produktiewe gewasse te kweek. Dit klink na ‘n goeie ding, maar is dit? Om die vraag te beantwoord, kom ons gebruik ‘n voorbeeld van graangewasse. Vandag word daar hoofsaaklik drie graange-wasse in die wêreld verbou: koring, mielies en rys. Hierdie drie gewasse is stapelvoedsel vir biljoene mense oor die wêreld. Sou ‘n vinnig verspreiende pes of siekte een van hierdie ge-wasse tref, mielies byvoorbeeld, en daar is vir een jaar nie ‘n oes nie, dan sal dit hongersnood vir baie mense beteken. Dit was nie altyd so nie, in die verlede het boere ‘n baie groter ver-skeidenheid van graangewasse geplant. In Afrika alleen, waar die oorgrootte meerderheid van mense vandag op mielies as sta-pelvoedsel staatmaak, is daar ‘n groot verskeidenheid graan-soorte waarvan die gesamentlike oeste mense se stapelgewasse uitgemaak het. Graansoorte soos giers (anders as gars), tef, sorghum en fonio is gekweek en omdat daar groter verskeiden-heid was, was dit ook nie so erg as een gewas aangetas is deur ‘n pes nie, want daar was, in graansoorte alleen, nog ander soorte wat ‘n oes sou lewer. Baie minder mense kweek nou die tradi-sionele gewasse, wat in baie gevalle meer voedsaam is, meer bestand teen peste en beter in plaaslike omstandighede gegroei het. Suid Amerika is ‘n kontinent wat ‘n geweldige groot voed-selskat aan die wêreld gegee het. Tamaties, rissies, groen- en soetpepers, aartappels, boontjies, mielies, sonneblomme, grond-boontjies, patats, avokados, grenadillas, vanilla en sjokolade, kom alles oorspronklik van Suid Amerika af. In Suid Ameri-

ka is daar vir aartappels alleenlik meer as 5000 kultivars en tog sien ons slegs ‘n paar variëteite in die supermarkte. Soos wat daar al minder van die plaaslike kultivars geplant word, loop die soorte die gevaar om vir ewig te verdwyn en in ‘n wêreld waar kosdiversiteit noodsaaklik is om genetiese mate-riaal te behou vir versterking van kommersiële tipe gewasse, kan dit op ‘n voedselramp uitloop. Met mielies is dit dieselfde, in Suid Amerika is daar letterlike duisende kultivars mielies, maar net ‘n paar kultivars, waarvan die meeste vandag geneties gemanipuleerd is, word tans kommersieel verbou. Selfs plaasdiere het voorheen baie meer diversiteit gehad. In die Verenigde Koninkryk alleen kom daar meer as 50 skaaprasse voor, maar van hulle het so skaars geraak dat hulle met reg as “bedreigd” beskryf kan word. Een van hierdie rasse is die Leicester Langwol skaap, waarvan die ooie tot 100 kg swaar raak en wat tot op 15 jaar nog lammers kan lewer. Hi-erdie skaapras word as bedreigd beskou in Engeland en die Skaars Ras Vereniging in die land beywer hulle vir die voort-bestaan van die skaap, deur skaapboere aan te moedig om die diere aan te hou en te teel.Baie van ons sal onthou dat as oupa ‘n groentetuin gemaak het, daar sade soos pampoensade van die jaar se oes bewaar is vir volgende jaar se oes. As jy nog groente kweek wat oorspronklik van sulke sade afkom, dan is jy heel waarskynlik in besit van erfenis-groentesaad. Ons kan almal help om die voortbestaan van hierdie erfenisplante en –diere te verseker. Ekself is deel van ‘n informele netwerk waar verskillende tuiniers, selfs die met net ‘n klein tuintjie, erfenisgroente kweek. Ek kry by-voorbeeld die saad by iemand, dan kweek ek die saad, soos die swartboontjies wat ek die afgelope 2 jaar geplant het, ek hou van die saad vir myself en gee ‘n gedeelte van die saad terug vir die persoon wat dit oorspronklik vir my gegee het. Daar-die persoon gee weer daardie sade aan ‘n nuwe persoon, wat dieselfde doen en so verseker ons dat erfenisplante bly voort-bestaan. So, as jy van daardie skaars sade het en jy plant weer, gee vir iemand anders wat jy weet ook tuinmaak ‘n paar en stel die goeie stelsel in werk.

Voedselsekuriteit vir almal sal geweldig versterk word as ons ‘n groter verskeidenheid voedselplante en –diere het. Begin ge-sels met die ouer mense in jou familie en snuffel daardie sade wat in potjies en bakkies in die skuur staan uit en plant hulle!

2

Bewaar ons Kultuur in die Kamiesberg!

Erfenisvoedsels besig om verlore te raak‘n Fees uit die Verlede

foto deur © CSA Hendrik Jager, bestuurslid van die Kamiesberg Erfenis Stigting.

foto deur © Google Images: Kultivars van erfenismielies in elke kleur denkbaarSuid Amerika het meer as 5000 kultivars aartapples, maar vandag word net ‘n handjievol kommersieel verbou.foto bo regs - Langwol Leicesterskaap, nog een van die bedreigde skaaprasse in Brittanjebo - Tamatiekultivars, te kies en te keur – as tuiniers en boere nie aanhou om hierdie kultivars te plant nie, sal ons kos-skatkis soveel leër wees.

Page 3: Veepos oktober issuu

Boeredag in die KamiesbergBoere leer van olywe en alternatiewe boerderymetodesCONSERVATION SUID Afrika (CSA) beywer hulle daarvoor om saam met boere te werk om goeie boerderypraktyke, wat sal lei tot beter be-waring van die omgewing, wingsgewende boerdery en weerstandigheid teen klimaatsverandering, te ondersoek en te toets.

As deel hiervan het CSA in samewerking met plaaslike boere en ver-skeie maatskappye op 30 Mei 2013 ‘n boeredag te Doornkraal gehou. 83 persone het die boeredag bygewoon, waarvan 10 CSA werknemers, 10 spesiale gaste of sprekers, 10 eko-veewagters, 17 lede van die Biodiver-siteites en Rooivleis Assosiasie (BRA), en 40 privaatboere was.Om mee af te skop het Ds Basson die dag ge-open met skriflesing en gebed en daarna het Charles Schreuder van Pendoringkraal, wat in-strumenteel was in die organisering van die boeredag, almal welkom geheet. Verskeie persone van CSA het voorleggings gedoen oor hul ver-skillende projekte in Namakwaland, onder andere die Eko-veewagter projek asook die rentmeesterskap projek. Die voorleggings het groot belangstelling uitgelok en daar was heelwat vrae uit die gehoor.

‘n Groot deel van die dag se verrigtinge het bestaan uit inligting omtrent olyfboerdery. Groot dele van die Kamiesberg is geskik vir die verbou-ing van olywe, beide vir olie en as tafel-olywe. Omdat daar so baie bestaande lande in die Kamiesberg is, kan daar olyfboorde hierop aangelê word sonder om die omgewing te versteur. Koela en Randi Smith van Lausanne Kwekery in Vredendal, wat fokus op die kweek van olyfbome, het al die pad na die boeredag gekom met ‘n bakkievrag olyfbome en inligting. Die bome is teen ‘n baie billike prys te koop aangebied en heelwat boere het met een of meer olyfbome agterop die bakkie weggery aan die einde van die dag. Kobus Coetzee van Weskus Meganisasie. Richard Wheeler van Agro Industriële Produkte het ge-praat oor olyfboerdery en het ‘n meganiese olyfplukker gedemonsteer . Rassie Erasmus van Spilhaus Vredendal het gepraat oor Besproeiing van olyfboorde, waterbehandeling en krag toevoer asook sonpanele. Pierre Albertyn van Dalmark en Poen van der Westhuizen het gepraat oor plaagbeheer.

Anthea Bezuidenhout van Departement Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het oor die departement se verskeie pro-gramme gepraat en die staatsveearts, Marlene Pieterse van die Departe-ment Landbou het inligting verskaf omtrent dieregesondheid. Die Roo-ivleis Produsente Organisasie vir Namakwaland is verteenwoordig deur Danie Jacobs wat gepraat het omtrent die ondersteuningsdienste wat die organisasie aan rooivleisboere verskaf. Travor Xivuri van SANBI ‘n

HONDEKLIPBAAI IS letterlik omsingel met myn-gronde, en met die myne wat oor die afgelope paar jaar afgeskaal het, was daar bitter min geleenthede vir mense om ‘n lewensbestaan te maak in die dorp.

Die gemeenskap van Hondeklipbaai het in 1954 as gevolg van die rassegebaseerde diskriminerende wette, hul grond verloor. Die eis is ingedien in terme van Wet 22 van 1994 (Herstel van Grondregte Wet). Woensdag, 18 September 2013, was ‘n blye en geskiedkundige dag vir Hondeklipbaai, toe Fase 1 van die grondeis uit-betaal is.

Dawid Markus, aktivis vir sosiale en omgewing-sgeregtigheid, van Hondeklipbaai, het dit as ‘n sielkun-dige oorwinning vir die afstammelinge van diegene wat hul grond verloor het, beskryf. Groot gemeenska-plike weidingsgebied en baie vee was verloor met die afsetting van die mense van die grond af. Die staat erken die eis en die gemeenskap hoop nou om voordeel te trek uit die myne wat hul vir dekades benadeel het. Volgens Dawid Markus is die omgewing so erg beska-dig deur mynbou dat die grond nie meer vir landbou-doeleindes gebruik kan word nie.

Fase 1 van die Eis is vergoeding vir die gewonge ver-skuiwing binne die woongebeid. Mense se wonings was afgebreek en hulle was forseer om in regeringsbehuis-ing te bly. Fase 2 van die grondeis moet nog afkom. Die weidingsgebied was voor die aanvang van myn ak-tiwiteite die ekonomiese ruggraat van die gemeenskap en dit sluit die myngebied in. De Beers en Trans Hex het vir jare voordeel getrek en groot winste gemaak uit die grond wat van die gemeenskap ontneem is deur apartheidswette.

Volgens Markus het De Beers weggehardloop toe dit nie meer vir hulle die moeite werd was om hier te myn nie en die gemeenskappe wat vir jare die arbeidsmag van die myn gevorm het, in sak en as gelaat. Bowen-dien was De Beers bewus van die grondeis en het ten spyte daarvan planne gemaak om die myn te verkoop.Die grondeis kan nooit al die ontbering en hartseer wat veroorsaak is deur die ontneming van die grond en die gevolglike omgewing- en sosiale skade wat aangerig is, ten volle ongedaan maak nie, maar bring tot ‘n mate ‘n gevoel dat geregtigheid tog op die ou end geskied het.

OKTOBER 2013 I Die VeePos3

VELD NUUS

voorlegging gegee oor indringer plante. Tydens teetyd en middagete was daar ook ‘n olyfproeëry aan die gang en kon mense die eindproduk proe wat oly-folie en die olyf voor hy verwerk is, insluit. In egte Nam-akwalandse tradisie is daar skaapvleispotjie voorgesit vir middagete.

foto deur © CSA - ‘n Volgepakte saal by Doringkraal se boeredag

foto bô- Hierdie gegraveerde oker is by Blombos, in die Suid Kaap gevind en is van die vroegste versierings wat op ‘n voorwerp aangebring is, ‘n hele 70 000 jaar oud.

foto bô- Berggiers is nog ‘n aasvoel tipe wat uitsterwing in die gesig staar.

foto deur © CSA - Danie Jacobs, wat namens die Rooivleis Produsente Organisasie die boeredag-gangers, toegespreek het, hier in gesprek met twee ander persone wat ook daar was.

Koela Smit van Lausanne Kwekery verskaf inligting oor olyfboerdery

foto deur © CSA - Oom Hennie en tannie Heilie Schreuder en Oom Gawie en tannie Woudie Schreuder, boere van die Kamiesberg, gesels lekker oor ‘n bord skaapvleispotjie.

Grondeis op DeBeers myngronde gaan voortHondeklipbaai grondeis maak geskiedenis!DAWID MARKUS

Page 4: Veepos oktober issuu

EK HET nog altyd ‘n groot hartstog vir die buite lewe en alle volhoubare dinge (veral kos!), gehad, maar toe ek jonger was het ek nie regtig beplan of selfs oorspronklik studeer om direk in bewaring te werk nie. Ek dink wat interessant is, is dat die pad na ‘n beroep in bewaring, nie ‘n reguit roete was vir my nie.Nadat ek my skoolloopbaan in 1999 voltooi het, het ek eers na ‘n hotelbestuurskool gegaan vir ‘n jaar. Daarna het ek vir ‘n jaar deur Europa en Afrika gereis en toe vir sewe jaar by die Universiteit van Kaapstad gaan studeer. Ek het na die sewe jaar daar uitgestap met ‘n Meesters-graad in Antropologie en ‘n agtergrond in Afrika gesk-iedenis en politiek. My plan was om ‘n beroep te volg in toegepaste navorsing oor politiek. Ek was egter toe, soos steeds, al ge-interesseerd in plaaslike voedselproduksie, bewaringsboerdery en die dinamiek van grondgebruik. Ek het baie gedink oor al die dinge, maar dit nie toegepas nie. Na my studies het ek na die Verenigde Koninkryk van Brittanje geetrek en vir twee en ‘n half jaar daar as tuinier en plaasbestuurder gewerk. Dit was wonderlike eerstehandse ervaring en dit het my idee van wat ek vir die res van my lewe wil doen, heeltemal verander.My liefde vir die natuur, wildslewe, boerdery en plaaslik geproduseerde kos het gegroei en ek het geleer oor bo-erdery met diere, die kweek van vrugte en groente, hoe om saad te oes en te hou, en hoe om bier, botter en kaas te maak! Die hoogtepunte van al die ervaringe was om by die Erfenis-saad bewaringsbiblioteek, waar skaars erfenissade gehou word, te werk, my werk op ‘n Arabier-perd stoetplaas en die werk wat ek op ‘n 1.5 akker tuin op die dak van ‘n hoë, veelvuldige verdiepingsgebou in die middel van London gedoen het.Na my tyd in Engeland, het ek teruggetrek na Kaapstad en begin soek vir ‘n werk. Ek het nou besluit ek wil ‘n beroep in bewaring en/of bewaringsboerdery volg. Dit het my amper ‘n jaar geneem om ‘n werk te kry - in die jaar het ek by baie plekke vrywillige werk gedoen. Ek het as vrywilliger gewerk by die Suid Afrikaanse Na-sionale Parke, Birdlife Suid Afrika, plaaslike natuur-reservate, enige plek wat ruimte gehad het vir ‘n vrywil-liger! Die vrywillige werk was van onskatbare waarde, want ek het in die praktyk geleer hoe om take te verrig en ek het die voordeel geniet daarvan dat baie mense wat by die plekke werksaam was waar ek vrywillige werk ge-doen het, hulle kennis en ervaring vryelik met my gedeel het. Dit was ‘n fantastiese manier om te leer van be-waringskwessies, spesies en ekologie sonder dat ek weer daarvoor hoef te gaan studeer het. Vir ‘n bietjie inkomste het ek konsultasie werk as sosiale wetenskaplike gedoen vir ‘n ingenieursspan wat met water en sanitasie gewerk het vir plaaslike munisipaliteite.Hierna was ek baie gelukkig om werk te kry by Con-servation Suid Afrika en sedertdien werk ek aan kli-

maatsverandering- en aanpassingskwessies. Snaaks ge-noeg, nou dat ek terugkyk, het al daardie verskillende ervaringe, wat toe gelyk het of hulle niks met mekaar in gemeen het nie, uiteindelik almal handig te pas gekom in my huidige werk waar ek met mense, landbou, bewaring en plaaslike munisipaliteite werk! Soos my ma altyd gesê het – al die draadjies het net bymekaar gekom.

OKTOBER 2013 I Die VeePos

IN DIE VELD NUUS

Fokus op Beroepe!Klimaatsverandering Koordineerder Amanda Bourne

4

foto deur ©Amanda Bourne, tans die onderbestuurder van CSA se Namakwaland Pro-jekte, werk met klimaatsverandering kwessies.

foto bô deur ©Google - Die geitjie, met sy kenmerkende klikgeluide in die Namakwa-

landse nag, is NIE giftig, soos wat die ou storie lui nie, maar heeltemal skadeloos.

Cora Williams bring wye ervaring na SKEPPIES

Beurs Geleentheid vir Namakwalanders vvlg

Van bouwerk na bewaring

DIE KUSLYN van Suid Afrika is een van die mees produktiewe en diverse mariene stelsels in die wêreld. -Daar is meer as 11000 mariene spesies in Suid Afrikaanse waters opgeteken en meer as 5% van alle bekende globale mariene spesies.

‘n Ongelooflike 31% van al hierdie spesies kom net in Suid Afrikaanse kuswaters voor en nêrens anders nie. Dolfyne, soos hierdie aan die Ooskus van Suid Afrika, is een van baie mariene spesies wat aan ons kus voorkom.

Die walviskoei en haar kalfie maak staat op die mens om ons kuslyn te bewaar, sodat sy en haar soort ook ‘n plek in die oseaan kan hȇ.

Het u geweet?

Tydens Vedanta Mining se konsultasie prosesse oor die voorgestelde ontwikkeling by die Gamsberg projek en Black Mountain se hersien-ing van hul sosiale arbeids plan, het CSA in gesprek getree met die myn maatskappy en gevra dat hulle sterk oorweging moet gee om n beurs toe te ken in hierdie rigting. Die maatskappy het CSA in kennis gestel dat hulle ons versoek goedgunstig oorweeg het en gevra dat CSA met ‘n proses begin om so n student te identifiseer. CSA gaan binnekort ‘n werwing proses aan die gang sit en dit is ‘n gulde geleentheid vir n student van Namakwaland om nou die geleen-theid te kry om hy/haar droom te volg en te studeer in Bewaring wat so belangrik is. Verdere besonderghede oor hierdie aangeleentheid sal in die media bekend gestel word en u kan ook navrae rig aan Ronald Newman by ons plaaslike kantoor deur 027 7181565 te skakel.

Cora Williams is so pas aangestel as die nuwe SKEPPIES Koor-dineerder vir CSA se Namakwaland Program. Ons het sommer op die eerste dag van Cora se nuwe werk ‘n bietjie met haar gesels oor hoe dit gekom het dat sy vanaf bouwerk na bewaring beweeg het.Malinda Gardiner (MG): Cora, dit klink of jy ‘n interessante loop-baanpad gevolg het, kan jy ons in kort meer hiervan vertel?Cora Williams (CW0: Ek het loopbaan as grondslagfase onderwyser begin, ek het eers in Springbok onderwys gegee, toe in Namibië en daarna by die Nuwehoop Sentrum vir Gehoorgestremdes in Worcester skool gehou. Dit is die grootste skool vir dowes ter wêreld – daar het ek ook geleer om ‘n bietjie gebaretaal te doen. Ek was ook ‘n tolk vir die howe wanneer gehoorgestremdes verhoor was. Hierna was ek vir die Wes Kaapse Onderwys Departement kurrikulum beplanner. Ek wou ‘n slag nuwe uitdagings die hoof bied en het toe pakket gevat en in die konstruksie bedryf ingegaan – spesifiek die bou van paaie en huise. MG: Dit is duidelik dat jy ervaring oor ‘n wye veld opgedoen het. Hoe dink jy sal die ervaring jou help in jou nuwe pos?CW: As onderwyser het ek ervaring van evaluering en monitering opgedoen en dit is deel van wat ek in SKEPPIES sal doen. My eie ervaring as eienaar van ‘n klein besigheid sal my beslis ook help om ander besighede te ondersteun en van raad te bedien.MG: En om mee af te sluit, wat is jou visie vir SKEPPIES vir die toekoms? CW: Wat ek graag sal wil hê vir die klein besighede is om hulle te help om winsgewend en volhoub aar te wees. Dit is ‘n prioriteit vir my en iets wat ek in alle aspekte van my werk wil inbring.

Beurse Informasie:LEERDERS WAT verder wil gaan studeer en meer wil uitvind oor beskikbare beurse kan op GoStudy se webwerf gaan kyk wat beskikbaar is - daar is hope beursehttp://www.gostudy.mobi/bursaries/all/default.aspx

Rate vir die huisAS ‘N troeteldier in die huis gemors het, maak dit skoon met toilet- of koerantpapier en strooi dan ‘n bietjie koek-soda oor. Laat staan vir ‘n uur of twee en vee die koeksoda op. Dit neutraliseer die reuk en voorkom dat die dier weer daar mors.

Vir ‘n seerkeel eet ‘n kappertjieblaar rou – dit bevat ‘n kragtige antisep-tiese middel wat sal help met keelinfeksie

Om die simptome van verkoue te verlig, kap een duim vars gemmer op, sit

dit in ‘n beker saam met die sap van een suur-lemoen en twee eetlepels heuning en gooi kookwa-ter oor – drink so warm as moontlik.Om van die laaste seper-igheid in uitspoelwater ontslae te raak, voeg ‘n paar eetlepels asyn en ‘n paar druppels vanilla essens by die water – die asyn raak ontslae van die seep en die vanilla laat dit lekker ruik – werk lekker vir uitspoel van afdroogdoeke.

Page 5: Veepos oktober issuu

‘N SPLINTERNUWE fonds vir werkskep-ping in die bewarings sektor, se wiele het on-langs begin rol. Die fonds staan bekend as die Groen Sebenza Fonds. Die Groen Sebenza fonds het ontstaan om-dat Suid Afrika so ‘n hoë syfer van werklose matrikulante en gekwalifiseerde jongmense het. Die omgewing in ons land staar baie uitdagings in die gesig en een hiervan is die tekort aan kundige en gekwalifiseerde mense om belangrike poste in die sektor te vul. Nog ‘n oorweging wat ‘n rol gespeel het in die stigting van die fonds is dat Suid Afrika ‘n besluit ge-neem het om te werk aan ‘n groener ekonomie wat gedryf sal word deur omgewingsvriende-like praktyke en –werke. “Groen” werke maak deel hiervan uit.Die Ontwikkelingsbank van Suid Afrika (OBSA) die Regering en die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut (SANBI) het koppe bymekaar gesit en besluit om ‘n fonds op die been te bring wat werk sal skep vir ongeveer 800 mense. Hierdie persone tus-sen die ouderdom van 18 – 35 sal dan kontrak-te teken met SANBI en by verskillende insi-tusies werksaam wees in die omgewings- en bewaring sektore. ‘n Belangrike komponent van die Groen Sebenza posisies is om jong-mense tussen die ouderdomme van 18 en 35 te skakel met mentore, wat hulle kan lei in hul

beroep en wat hul kundigheid en ervaring aan die nuwelinge kan oordra.SANBI het kontrakte geteken met 33 insitusies regoor Suid Afrika in die omgewingsektor en hierdie institusies sal die gasheer wees vir die Groen Sebenza werknemers. Conservation Suid Afrika (CSA) is een van die organisasies en vyf nuwe mense is so in diens geneem. Kim Meissenheimer is ons nuwe kommunikasie in-tern, terwyl Rouchet Daniels ons Bewarings-beampte is hier in Springbok. Twee interns is gebaseer in die Kaap, terwyl nog een in die Oos-Kaap is. SANBI, OBA en die staat wou ‘n naam hê vir die fonds wat sal uitstaan tussen in die omgew-ingsektor Hulle het besluit om die naam in verskillende tale te maak, sodat dit kan uit-beeld hoe uniek die program is en hoeveel ver-skillende mense met verskillende agtergronde betrokke is. Daarom het hulle op “GROEN SEBENZA FUND” besluit. Die naam bevat Afrikaans, Zulu en Engels wat verwys na drie verskillende kulture en agtergronde. Die woord “sebenza” verwys eenvoudig na werk.Groen Sebenza se missie is om die volgende generasie van werkende burgers te ontwikkel in terme van wetenskap en projek bestuur, maar ook om mense en die wêreld beter te ver-staan. Groen Sebenza het dit ook as mikpunt dat

soveel as moontlik van die organisasies wat in-terns ingeneem het, sal werk met die doel om na die twee en ‘n half jaar termyn van intern-skap, permanente posisies vir die jongmense te skep. Maar bowen alles is die Groen Sebenza pro-gram, ‘n uitstekende inisiatief om werk te skep vir soveel jong mense wat werkloos is. Baie van hierdie jong mense het jare spandeer om hul tersiêre opleiding te voltooi, maar kry nie werk vir die beroep wat hulle gestudeer het nie. Ons lewe in moelike tye waar werk skaars is, en ons moet elke geleentheid gryp en ‘n sukses daarvan maak.

IN DIE VELD NUUS

OKTOBER 2013 I Die VeePos

KLIMAAT NUUS

5

foto deur ©Google - Die heel grootste en die heel kleinste vlêrmuis – maar albei ewe wonderbaar.

Die Veepos is nou

foto deur ©CSA - nuwe CSA interns: van ager links tot regs. Tshepo Morokong,Rouchet Daniels, Kim Meissenheimer en Nolubabalo Kway-imani

VLÊRMUISE IS een woord, ongelooflik. Met 1200 spesies van hierdie vlieënde diertjies, maak hulle ‘n enorme 20% van alle soogdierspesies uit! Vlêrmuise behoort aan die Orde Chiroptera en het hul tuisgemaak in ‘n wye verskeidenheid van habitatte – van reënwoude tot woestyne. Dis net in die baie koue dele van die wêreld, die Arktiese Sirkel en Antarktika, waar hul nie voorkom nie. Die Orde Chiroptera word verdeel in twee sub-ordes, Mega-vlêrmuise en mikro-vlêrmuise. Elkeen van hierdie sub-ordes het gelyksoortige voedingsgewoontes – die meeste van die mega-vlêrmuise, soos die vlieënde vosse en vrugte-vlêrmuise het uitstekende sig en geniet vrugte en nektar as hul daaglikse kos. Die mikro-vlêr-muise weer, gebruik eggo-lokasie (meer hieroor later in die artikel) om oor die weg te kom en voed op insekte of op bloed.Vir hul slaapplekke hou vlêrmuise van grotte, klipskeure, bome en mensgemaakte strukture soos solders en brûe.Vlêrmuise het ‘n onverdiende slegte reputasie wat deur films soos Dracula of sensasionele me-dia programme oor “vampier” vlêrmuise, veroor-saak is, asook die bygeloof dat vlêrmuise hul in mense se hare verstrengel. In werklikheid is die vlêrmuis meer soos Superman as Dracula! Hierdie ongelooflike diertjies is eiehandig van die mees interessante soogdiere, met groot ver-skeidenheid onder die verskillende spesies en ‘n hele stel vaardighede wat hulle so effektief maak dat Superman hulle sou beny.Vlêrmuise kom voor in superklein, klein, me-dium, groot, x-groot en xx-groot! Die vlieënde vos, ‘n vrugtevlêrmuis wat in Maleisië voorkom, kan tussen 650gram en 1.1 kg weeg en het ‘n vlerkspan van 1.5 meter! Hiernaas weeg die kleinste vlêrmuisie van almal, die “hommelby-vlêrmuis” wat in Burma en Thailand voorkom, ‘n skrale 2gram en die hele vlêrmuis is slegs 3cm lank.Die mikro-vlêrmuise sien nie een baie goed

nie, maar hulle het die wonderlike vermoë om teen hoë spoed te vlieg en deurentyd te bepaal waar hulle is en watter voorwerpe om hulle is, deur eggo-lokasie. Dit is hierdie vermoë wat sal verseker dat ‘n vlêrmuis nooit in jou hare ver-strengel sal word nie – hulle sal dalk baie naby aan jou kop verbyswiep, maar hulle super-sonar werk te goed vir hulle om in jou vas te vlieg. Terwyl hulle vlieg en jag vir insekte, maak hulle die hele tyd geluide teen ‘n baie hoë toon, wat net deur ander vlêrmuise gehoor kan word. Die klankgolwe van die stroom geluide bons van na-bygeleë voorwerpe af en kaats terug na die vlêr-muis en skep so ‘n beeld vir die vlêrmuis van die wêreld om hom, amper soos sonar. Die vermoë is so sensitief dat ‘n vlêrmuis ‘n enkele menslike haar kan gewaar daardeur! Sommige spesies het beter “sonar toerusting” as ander en die Medi-terreense perdeskoen vlêrmuis het ‘n neus ge-vorm soos ‘n perdeskoen, vandaar die naam, met “frille” om die neus om die opvangs van die ter-ugkaatsende geluide nog beter te maak – soveel so dat die vlêrmuise die gefladder van ‘n mot se vlerke kan hoor in die pikdonkerte.Maar dis by verre nog nie al “supermagte” wat die klein “Superman” oor beskik nie. Vlêrmuise bespaar die landbou jaarliks biljoene rande in insekbeheer. Een enkele vlêrmuis kan meer as 600 insekte per uur vang en eet! Met ‘n kolo-nie vlêrmuise naby lande waar graan, groente of vrugte verbou word, hoef die boer baie minder of glad niks te spandeer om te bespuit vir peste nie. En natuurlik is die natuurlike insekbeheer ook baie beter vir die omgewing as gifstowwe.Die vroulike vlêrmuis is ‘n bevryde vrou – sy kan beheer wanneer sy dragtig raak en wan-neer sy geboorte gee. In sommige gevalle sal die vlêrmuise reeds in die herfs paar, maar die slim dame stoor die sperm in hul voortplant-ingsorgane en laat dit eers toe om die eiersel te bevrug net voordat die lente aanbreek! In an-der spesies word die eiersel onmiddellik bevrug, maar in plaas dat dit heg aan die baarmoeder-

wand om verder te ontwikkel, dryf dit los in die baarmoeder rond totdat beter omstandighede, soos die beskikbaarheid van kos, die hegting van die bevrugte eiersel laat gebeur. Asof dit nie wonderbaarlik genoeg is nie, kan nog ander vlêrmuis spesies die ontwikkeling van die fetus vir ‘n baie lang tyd beperk totdat omstandighede in die buitewêreld gunstig genoeg is vir die kleintjies om gebore te word.Nou wat van al die bangmaakstories omtrent “vampier” vlêrmuise? Ja, sommige spesies leef van bloed. Maar anders as al die mites van “vampier” vlêrmuise wat hul menslike of dier-“slagoffer” totaal en al leeg suig, werk dit in werklikheid baie anders. Die vlêrmuise wat van bloed leef het vlymskerp tandjies waarmee hulle ‘n baie klein snytjie in ‘n dier se vel maak en dan drink hulle die klein bietjie bloed, ongeveer twee teelepels vol, wat daaruit vloei. Dit is so min dat dit geen skade aan die dier wat se bloed gedrink word, veroorsaak nie. En boonop het die vlêrmuis se spuug ‘n bestanddeel wat die byt-plek verdoof, soos narkose, met ander woorde, die dier voel nie eens die snytjie nie.Nietemin, 75% van alle vlêrmuis spesies is vrugtevreters en vreet ook nektar en stuifmeel. Hulle speel ‘n uiterse belangrike rol in die bes-tuiwing van baie spesies en die verspreiding van sade en help so om plante te versprei.

“Superman” van die natuurlike wêreldVlermuise

Sneeu foto’s‘n Groen Fonds vir ons toekoms

Page 6: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

‘N HEELTEMAL nuwe en ongewone antibiotiese middel is onlangs onttrek uit seebodem neerslae wat kom van die Kali-forniese kus in die Verenigde State van Amerika. Die ontdek-king van nuwe antibiotikas is skaars en hierdie nuwe een is veral besonder en het die mediese wêreld aan die gons. Die antibiotika is effektief teen onder andere die “hospitaal-kiem” – ‘n infeksie wat dikwels deur pasiënte in hospitale opgedoen word en wat uiters bestand is teen alle ander antibiotikas. Behalwe dit is die nuwe antibiotika ook effektief teen die dodelike antraks bakterium is.

Siektes wat teen die antibiotikas wat tans vir geneeskundiges beskikbaar is, is ‘n nagmerrie vir die mediese wêreld en vir pasïente wie se lewe soms letterlik afhang van ‘n effektiewe antibiotika om dodelike siektes mee te beveg. Daarom is hier-die nuwe middel so belangrik vir die welvaart van die mens-dom – ‘n geskenk uit Moeder Natuur uit, en al wat die natuur in ruil van ons vereis is dat ons soveel as moontlik daarvan moet bewaar. Wetenskaplikes oor die wêreld heen is dit eens dat daar nog vele sulke middele en voordele in die omgewing is, wat nog net nie ontdek is nie.

Hierdie ontdekking wys vir ons van die ongelooflike voordele

wat die omgewing vir ons kan gee. Verbeel jou nou net dat hulle op daardie spesifieke stuk kus onderwater diamant-mynery gedoen het – die seebodem sou so verniel gewees het dat dit onwaarskynlik is dat wetenskaplikes die antibiotika, wat miljoene lewens kan red, sou ontdek het.

Thomas Frieden, direkteur van die VSA se Sentrum vir Siektebeheer, het onlangs gewaarsku van die groot risikos wat antibiotika-weerstandige siektes vir die mensdom in-hou, terwyl Sally Davies, die Hoof Mediese Beampte van die Verenigde Koninkryk gewaarsku dat die gevare rondom die kwessie ‘n tikkende tydbom is wat in hierdie dae waar biolo-giese oorlogvoering met siektes, soos antraks, die norm geword het. As ‘n vyand van ‘n nasie bakterieë, soos antraks, loslaat op ‘n dorp of stad, sal die mense wat daar woon dringend en vinnig ‘n effektiewe antibiotika nodig hê om te verseker dat hulle dit oorleef.

Die nuwe antibiotiese middel se struktuur is heel anders as enige ander natuurlike antibiotikas wat tot dusver vir die mensdom bekend is. Die antibiotiese komponent is onttrek uit ‘n Streptomyces bacterium wat deur Christopher Kauffman van die Stille Oseaan neerslag onttrek is.

Navorsing spanleier, William Fenical het kommentaar gelewer: “Die werklike belangrikheid van die werk is dat hierdie organisme se struktuur vir ons sê dat bakterieë wat uit die see kom, geneties en chemies uniek is.”

Die ontdekking benaddruk die potensiële bronne vir nuwe materiale en komponente wat deur ons oseane gehou word, en waarvan baie nog ontdek moet word.

Genesing uit die see

6

Nuwe antibiotika op seebodem gevind

IN HIERDIE tweede artikel in die Veepos se reeks oor di-eresorg, kyk ons na die behoorlike sorg van varke, diere wat dikwels op plase en kleinhoewes aangehou word.Varke is uitstekende diere om aan te hou om by te dra tot voedselsekuriteit en ook om ‘n ekstra inkomste uit te verdien, maar dikwels vind ons dat mense wat varke aanhou gaan op oorgedraagde wysheid van hoe om varke te hanteer. Sedert ons oupas en oumas se dae, so wys soos wat hulle was, is daar geweldig baie landbounavorsing gehou, met die gevolg dat ons nou baie meer van varke weet as voorheen en van wat hulle nodig het om te floreer.Een van hierdie dinge is dat varke intelligenter as honde is en dat hulle maklik ontstel word. Dit bring ons by die sentiment wat baie mense hou – dat dit net ‘n plaasdier is wat in alle geval een of ander tyd geslag gaan word. Dit is egter geen rede om nie behoorlik na daardie dier te kyk nie en daar is niks verkeerd daarmee om ‘n dier met waardigheid te hanteer en ‘n goeie lewe te gee terwyl hulle nog lewe nie. Een van die mites oor varke is dat hulle morsig is, gemors eet en dat dit in orde is om hulle in baie klein hokkies aan te hou. Varke het ruimte nodig, net soos enige ander plaas-dier. In der waarheid is varke skoon diere en as hulle genoeg ruimte het, sal hulle altyd op spesifieke plekke, weg van waar hulle gevoer word en slaap, urineer en mis. Dis net wanneer daar nie genoeg ruimte is nie en die vark nie ‘n keuse het anders as om in hul eie uitskeidings te staan nie. Te klein ruimte en onnodige rowwe behandeling veroorsaak stres in varke en dit lei tot stadiger groei – dit is dus tot die persoon wat die varke aanhou se skade as hy of sy nie mooi werk met hul diere nie.Varke het wyehoek sig en is sensitief vir vinnige bewegings en harde geluide, so dit is beter om rustig te beweeg en sagter te praat rondom hulle. Nog ‘n mite is dat varke hulle kleintjies sal doodlê en daarom

in ‘n baie klein spasie gehou moet word wanneer hulle jong – dit sal net gebeur as die varksog se hok nie groot genoeg is vir haar en die kleintjies genoeg ruimte is om rond te beweeg en om te draai nie. Ek het self twee sôe gehad wat gejong het en nie ‘n enkele varkie is deur enige van die twee sôe doodgelê nie. Baie mense gee dragtige varke ‘n ysterinspuiting, maar het u geweet dat as u varke toegang tot rooigrond het, wat van nature ryk is aan yster, is die nie nodig nie? Deur net in die rooigrond te dolwe, kry die varke genoeg yster in.Varke is ook hittesensitief en kan sonbrand opdoen, daar moet dus skaduwee wees waar die varke kan skuil teen die son en ‘n modderpoel is ‘n uitstekende idee vir varke om in af te koel op hittige dae - die lagie modder op hulle velle beskerm hulle ook teen vlieë en teen sonbrand.Laastens is voeding van uiterse belang. In die area waar ek woon sien ek dikwels varke in klein, beknopte hokkies en die varke is maer. ‘n Groot rede hiervoor is dat mense dikwels varke aanhou en dink dit is maklik om hulle kos te gee, want “hulle vreet mos alles”. Die feit is egter dat ‘n vark een van die vinnig groeiendste diere in die wêreld is en dat hulle baie voer nodig het en dat hulle spesifieke voer benodig. Eerstens, ‘n vark moet elke dag van sy of haar lewe 4% van hul liggaamsgewig vreet. Tweedens, ‘n vark is ‘n omnivoor, nes ‘n mens, en het elke dag proteïene nodig en hulle het ook vars voer nodig. Al hierdie faktore maak dit moeilik om ‘n vark behoorlik te voer as jy nie die voer kan bekostig nie – ‘n bietjie aval uit die huis gaan nie genoeg wees nie – en var-kvoer is duur. Van die goedkoopste voer is Pigmax pille en dit kos ongeveer R290 vir ‘n 50 kg sak. As jy ‘n varkie van 8 weke kry, sal so ‘n varkie tot op die ouderdom van 4 maande, wanneer hulle slaggereed is, 2 -3 sakke pille opvreet. Varkies van 8 weke verkoop vir ongeveer R300 stuk, so neem in ag, dat saam met die prys van die varkie, dit jou ongeveer R880 in totaal sal kos, saam met die voer. Varke se kos kan beslis

foto deur © CSA/M Gardiner - As varke genoeg ruimte het, stres hulle minder en is hulle beter moeders en tel hulle vinniger gewig op.

Behoorlike sorg vir varke

aangevul word met allerhande goed, maar moenie ou, muwwe, vrot kos vir hulle gee nie – weereens sal varke dit eet as hulle nie ‘n keuse het nie, maar dit is nie goed vir die varke nie en dit sit hulle terug. Enige kombuisafval, met die uitsondering van tamaties, sitrusvrugte, uie en rou aartappels, kan vir varke gegee word, maar gee liewer elke dag se bietjie vars as om dit in ‘n emmer te gooi waar die kos staan en gis en vrot. Varke is dol oor vars lusern, vars gras en verskeie groenigheid, so gee gerus vir hulle daarvan ook.Deur ons eie varke genoeg ruimte te gee, te sorg dat daar altyd vars water is, genoeg skaduwee en skuiling teen reën, genoeg en die regte kos te gee en te sorg dat ons mooi en versigtig met hulle werk, het ons al verskeie male varke op ons kleinhoewe aangehou wat nie ‘n druppel medisyne nodig gehad het nie en wat op 4 maande 38 kg uitgeslag het – sonder die kop en pootjies. Dit baat dus om reg na jou varke te kyk – op die ou einde kan jy net wen. En ek onthou wat my oupa altyd gesê het: “Die toestand van ‘n boer se diere vertel jou alles van daardie persoon se vermoë as ‘n boer – iemand wat ‘n goeie boer is en trots is op sy boerdery, sal reg werk met sy diere.

Page 7: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUSCSA NUUS

SPAANSRIET SAL by baie Namakwalanders bekend wees en word oor die algemeen as ‘n nuttige plant beskou, omdat die riet so bruikbaar is. Dit kan gebruik word om heinings mee te bou, afskortings te maak, latwerk te doen en nog baie meer. Maar hoe baie van ons weet dat Spaansriet, oftewel Arundo donax, ‘n indringer is wat groot areas kan oorneem en inheemse plantegroei kan verplaas?Spaansriet is ‘n hoogs indringende plant en kompeteer ag-gressief met ons eie, inheemse “fluitjiesriet” oftewel Thamno-chortus spp. Die Spaansriet is veral goed aangepas vir areas waar daar gereeld of deurlopende watervloei is of waar daar verandering aan die groei area deur mense of diere aange-bring word, byvoorbeeld as ‘n vleiland geploeg word. Die rede hiervoor is dat die riet se wortelstok relatief maklik in stukke breek en elkeen van daardie stukke skiet dan weer wortel waar dit uiteindelik tot ruste kom. As water ‘n area rondom Spaan-sriet effens uitkalwe, breek ‘n stuk af en dryf tot waar dit weer aan ‘n walletjie of ander plante, haak en daar skiet dit wortel en begin ‘n nuwe bos Spaansriet.

Die riet is ook nie so buigsaam soos die inheemse Fluitjies-riet nie en waar Fluitjiesriet buig saam met die vloei van die rivier, veroorsaak die digte bosse stywe Spaansriet dat die rivier van koers moet verander. Dit, op sy beurt, veroorsaak natuurlik dat erosie plaasvind op die stuk grond wat die water langs loop.Spaansriet groei totdat enorme bosse met indringende wortel-massas wat uiteindelik alle inheemse waterplante uitdruk. Die riet is ook hoogs vlambaar en is uiters aanpasbaar by brande, daarom is die beheer van Spaansriet deur vuur regtig net ‘n tydelike oplossing. Na die brand kom die riet net digter as tevore terug, omdat brand die ou materiaal wegbrand en die groei van die riet stimuleer.Die kort en die lank van die storie is dat hierdie ‘n plant is wat baie, baie moeilik is om te beheer en die beste genesing in die geval van Spaansriet is voorkoming, met ander woorde, om dit liewer nooit aan te plant nie. Maar as ta alreeds op jou eien-

dom groei, hoe dan gemaak? Daar is verskillende metodes om Spaansriet uit te roei en die sukses van verskillende metodes hang af van verskeie faktore, soos:• Die teenwoordigheid of afwesigheid van inheemse plante• Die grootte van die bos Spaansriet• Die hoeveelheid biomassa (hoeveel rietmateriaal in die bos)• Die terrein• Die seisoenDie sleutel tot die uitwissing van Spaansriet is om die wortels uit te wis. Ongelukkig is die Spaansriet taai om uit te roei en kan dit net gedoen word deur gebruik te maak van ‘n sistemiese plantdoder, en dan moet die plantdoder ook op die regte tyd van die jaar aangewend word. Sekere tye van die jaar hibern-eer die plant en as plantdoder in daardie tye aangewend word, sal dit nie deurgevoer word tot by die wortels nie. Die plant-doder moet dus tydens die groeiseisoen van die riet aangewend word.

Die plantdoder wat vir Spaansriet gebruik moet word, staan bekend as MAMBA of Nexus Glifosaat 360 Registrasie nom-mer L7113. Dit is ‘n breë spektrum plantdoder en moet daar-om baie versigtig gebruik word, omdat dit ook ander plante, wat inheems mag wees, dood. Wend daarom die plantdoder aan net op digte rietbosse waar daar geen of baie min ander plante groei.As daar ander plante teenwoordig is, moet mens versigtig wees en eerder ‘n produk soos Fusilade-DX(fluazapop-butyl) en Post ( Sethoxidan) gebruik, as die riet in riviere groei, maar neem kennis dat die laasgenoemde twee plantdoders NIE GOEDGEKEUR IS VIR GEBRUIK IN VLEILANDE NIE. In geval van vleilande, sal dit behels dat riet afgesny moet word en die Nexus Glifosaat op elke stingel individueel aangewend word om te voorkom dat dit op ander plante beland.Die beste metode is om die Nexus Glifosaat net voor die winter oor die blare te spuit. Nog ‘n metode is om die riete eers plat te sny, dan te wag totdat hulle so ‘n meter hoog gegroei het en dan die plantdoder te gebruik, dit beteken minder plantdoder en

dis ook makliker om aan te wend op korter riete. Daar moet ook sorg geneem word dat silwerskoon water gebruik word om die plantdoder mee te meng, want die middel is so ontwerp dat dit degenereer die oomblik wat dit in aanraking kom met vuilerige water. Die rede hiervoor is om besmetting van natu-urlike waters met die plantdoder te beperk.

Soos altyd, wanneer ons met chemiese middels werk, is dit belangrik om versigtig te werk en om maskers, handskoene en beskermende klere te dra sodat die persone wat daarmee werk nie die chemiese middels inneem nie. Die beste is om eers kontak te maak met jou naaste Werk vir Water span en hulle raad en hulp te vra.Maar natuurlik, is die absolute heel beste om glad nie Spaan-sriet aan te plant in die eerste plek nie.

7

EEN VAN die SKEPPIES klein besighede wat geleë is in Kharkams in die Kamiesberg het onlangs bewys dat daar wel sukses behaal kan word, selfs in die huidige tawwe ekonomiese omstandighede waarin ons tans onself bevind.Pieter van Niekerk wat sy besigheid Piet Crafting Services begin het deur die maak van “USB memory stick” omhulsels vanuit hout, spesifiek hout van die indringer Prosopis boom, het deur vernuf sy produklyn van hout uitgebrei om selfs lepels, bakke, fotorame, sleutels vir 21ste verjaarsdae en krieketkolwe, onder-meer te vervaardig. Hy het ook begin om van afval materiaal soos ou plastiekpype tafeltennis rakette vir die plaaslike leerders en tuinharke te maak, en selfs ook broodpanne en skoppies van afval sinkmateriaal. Die nuwe produkte is baie gewild onder die inwoners van die Kamiesberg area, en Piet kry gereeld bestellings omdat van die produkte broodnodig is vir alledaagse gebruik en nie maklik bekombaar is by plaaslike winkels nie.Pieter het onlangs met die plaaslike skool kragte gespan om saam te werk. Kharkams Hoërskool wat hierdie jaar sy 21ste bestaan-sjaar vier is deur hom genader om uit te vind of daar nie maniere is waarop hulle kan saamwerk nie. Pieter het in kontak getree met die prinsipaal Mnr Horniman en die skool-beheerligaam wat hom toestemming gegee het vir die gebruik van die houtwerk klaskamer by die skool. Aangesien die skool besig was met beplan-nings vir hul 21ste verjaarsdag vieringe in Augustus vanjaar, het hy ook onderhandel om verskeie instandhouding en herstel-werke te doen vir die hout-tafels, lessenaars en deure. Hy het ook besprekings gehad met die graad-R onderwysers vir die maak van verskeie opvoedkundige speelgoed wat die skool en ouers ten du-urste moet aanskaf van elders. Ook is hy besig om nuwe houtstaf-fies te maak vir die trompoppies van die skool.Mnr Horniman noem dat Pieter se betrokkenheid baie goed is en ‘n goeie voorbeeld stel vir die leerders. Hulle is ook baie bein-druk met die kwaliteit van sy werk en is bly dat hulle van die gereedskap tot sy beskikking kan stel vir die vervaardiging van sy produkte. Die feesvieringe sal gedurende die naweek van 9 to

11 Augustus plaasvind, en dit gaan ‘n propvol program wees. Die Vrydag sal daar afgeskop word met onder andere ‘n Disco vir die jongspan en aktiweteite vir die jongspan. Die Saterdag sal daar verkeie verkope wees met tradisionele Namakwalandse geregte soos potjiekos, braaivleis en ook ‘n sportdag waar selfs ‘n rugbys-pan uit die Kaap sal kom speel. Daar sal ook Donkiekar ritte, trompoppies en ‘n orkes van Leliefontein wees. Op die Sondag sal ‘n dankseggingsdiens in die Metodiste Kerk gehou word om die 21 jaar van die skool se bestaan te herdenk.As deel van die ooreenkoms met die beheerligaam van die skool, kan Pieter nou die groot sae in die houtwerk klaskamer gebruik om van sy eie produkte te vervaardig wat sy produksie tempo ‘n hupstoot gaan gee. Teen Junie was hy al besig met die herstel van 21 houtwerk tafels, 18 lessenaars, 2 onderwysers-tafels, 2 sub-A tafels, 8 hangkas deure van die koshuis was klaar en 11 moes nog aan gewerk word. Die herstel behels die uitsny van ou vrot plekke en las en skuur en vernis van die artikels.Piet sê vir sy besigheid beteken die geleentheid baie want hy hoef nie uit Kharkams te gaan vir werk en doen terselfdertyd iets vir sy gemeenskap en skool waar hy self sy skoolopleiding ontvang het. Die kennis en liefde vir houwerk wat hy in dieselfde klaskamer gekry het, ploeg hy weer terug in die skool. Hy noem ook dat van die kinders belang stel in die houtwerk en wil weet of hulle geleer kan word om die houtwerk te doen. Dit is iets wat hy nog verder wil neem na samesprekings met die skool-beheerli-gaam en personeel.Piet se assistent Patrick Rooi vertel die skool bied nie meer houtwerk as vak aan nie en die kinders vind dit baie interressant. Die leerkragte sien ook wat Piet Crafting Services doen en hulle is tevrede met wat gedoen word want hulle vorder met hul werk. Albei van hulle het hier skool gegaan en vind dit goed om terug te ploeg in hul “eie” skool. Die gereedskap wat vir lank in onbruik was word nou gebruik en die besigheid het dit nodig omrede hulle nie self gereedskap van daardie kaliber kan bekostig nie.

Piet Crafting Services groei as klein besigheid

het jy geweet dit is ‘n indringerplant?Spaansriet

foto deur © CSA Piet van Niekerk van Piet Crafting in Kharkams bekyk ‘n plank uitheemse hout vir sy volgende produk.

foto deur © Google - spaansriet plant maklik voort deur sukke wortel stok wat afbreek en aan ander plante haak en dan wortelskiet..

DIE VEEPOSHIERDIE KOERANT word gepubliseer deur Con-servation Suid Afrika (CSA) met befondsing van die Federal Ministry for the Environment, Nature Conservation and Nuclear Safety.

Bydraers sluit in:Malinda Gardiner - CSA: Skrywer en Redigering

Tessa Mildenhall - CSA: Ontwerp en Redigering

Intern skrywers:Kim Meissenheimer - SANBINolubabalo Kwayimani - SANBI

Gasbydraes:Jayson Orto - Universiteit KaapstadDawid Markus - Namakwaland AksiegroepFarayi Madziwa - CSA

Indien u belangstel om ‘n bydrae te maak, kontak ons gerus by: [email protected] | 072 1709851

[email protected] | 021 7998655

Page 8: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

OP 22 Mei 2013 het die Minister van Waterwese en Omgewingsake, Edna Molewa, die splinternuwe Mynery en Biodiversiteitsriglyne, te Kirstensbosch in Kaapstad, geloods.

“Ons het inderdaad ‘n monumentale stadium in ons land se ontwikkeling bereik, waar sektore waarvan die persep-sie is dat hulle mandaat kompetisie is, besef het dat daar ‘n gesamentlike visie vir die groei en welvaart van ons land moet wees en dat hulle saam die pad na volhou-baarheid begin stap,” het Minister Molewa tydens haar toespraak by die loodsing van die riglyne gesê.

Een van die groot uitdagings vir ons as ‘n nasie wat in ‘n ontwikkelende staat is, is om balans te vind tussen ekonomiese groei en ‘n volhoubare omgewing. Sonder die integriteit van ons natuurlike stelsels, en veral ons water-opvangsgebiede, riviere en vleilande wat ons van kosbare water in ons waterskaars land voorsien, kan daar nie lewe wees of langtermyn ekonomiese vooruit-gang nie. Die mynbedryf speel ‘n kritiese rol in Suid Afrika se groei en ontwikkeling en die welvaart wat deur minerale gebring word is belangrik vir ‘n Groen Ekono-mie, werkskepping en algemene volhoubaarheid. Maar, as myne nie strategies beplan word en versigtig geïmple-menteer word nie, kan dit, en het dit al baie, ‘n bedui-dende negatiewe invloed op biodiversiteit en op water hê.

Gebaseer op die kennis en die wetenskap wat lig werp op Suid-Afrika se biologiese en waterbronne, is die Mynery en Biodiversiteitriglyne so geskryf dat dit verbruikers-vriendelik is en is dit ‘n praktiese handleiding wat mense in die mynbedryf in staat stel om besluite te neem wat nie net die mynaktiwiteite nie, maar ook die invloed wat

die implementering van sulke aktiwiteite op die onmid-dellike omgewing sal hê, in ag te neem en op te weeg. Hierdie riglyne sal die mynbedryf help om so te myn dat die impak op belangrike natuurlike areas waar skaars spesies en waterbronne voorkom, deur beter beplanning, so min as moontlik sal wees.

Die riglyne is die resultaat van ‘n unieke vennootskap tussen die myn- en biodiversiteits sektore. Die ontwik-keling van die riglyne is aan die gang gesit deur die Kamer van Mynwese en die Suid Afrikaanse Nasionale Biodiversiteits Instituut (SANBI). Die loodsing van die riglyne het saamgeval met die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir Biologiese Diversiteit, waarvan die tema die jaar “Water en Biodiversiteit” is.

“Ons is trots daarop om die Mynery en Biodiversitei-tsriglyne, wat ‘n produk is wat deur samewerking ontstaan het, te loods en wat die volle ondersteuning van die Minister van Minerale Bronne, Susan Shabangu, ge-niet. Ons moet oor verskillende sektore saamwerk, want dit is die enigste manier waarop ons regtig iets kan be-reik,” het Minister Molewa ook tydens die loodsing gesê. Minister Molewa het ook die wens uitgespreek dat die riglyne as ‘n belangrike instrument beskou sal word deur die mynsektor en die regering en dat dit in werklikheid sal lei tot beter praktyke vir volhoubare ontwikkeling wat Suid Afrika sal laat uitstaan as ‘n leier in die gebied van omgewings- en volhoubaarheidskwessies.

DIE KAMIESBERG is spesiaal omdat dit so baie verskillende plante en plantegroeitipes het. Daar is twee endemiese plantegroeitipes in die Kamiesberg, naamlik Kamiesberg Graniet Fynbos en Namakwaland Graniet Renosterveld. In hierdie unieke plantegroe-itipes kom daar hordes insekte voor en baie van hulle is, net soos die plantegroeitipes, eie aan die Kamiesberg en kom nêrens anders in die wêreld voor nie.Daar is twee insektegroepe in die Kamiesberg, albei met baie verskillende soorte insekte, wat strek van kewers, skoenlappers, motte, bye, per-

debye en “lacewing beetles” – kewers waarvan die vlerke soos die fynste kant lyk. Dan is daar ‘n insek wat die naam “Hakskeenloper” wat ook net in die Kamiesberg voorkom. Om die waarheid te sê, ‘n enorme 31% van al die inseksoorte wat in die Kamiesberg voorkom is endemies, met ander woorde, hulle kom net daar voor en nêrens anders nie!Vir al hierdie goggas is daar plekke in die Kamiesberg wat net reg is vir hulle. Sommige woon net graag naby vleilande en syfers, an-ders verkies stroompies of die granietkoppe en nog ander wil net in die fynbos gedeeltes bly.

Die Namakwaland Graniet Renosterveld is net reg vir sekere soorte bye wat vlugtige olies versamel en vir sekere soorte aapkewers, met hulle blink lyfies en krom agterbene.In die klipkoppe is daar selfs insekte wat staatmaak op hopies dassiemis om hul lewens siklus te kan voltooi. Die kantvlerkie insek en die pragtige rooskleurige keisermot is twee hiervan.Die perdebye en sekere ander soorte bye verkies weer die geluid van kabbelende water en jy sal hulle naby stroompies aantref. In die blom-veld areas kom die juweelkewers weer voor,

daardie goggatjies wat generasies kinders aan hul klere laat klou het en “borsspelde” noem. Elke een het sy plekkie en die meeste van hierdie insekte kan net op daardie spesifieke habitat funksioneer en leef en daarom is dit so belangrik dat ons soveel as moontlik van die Kamiesberg bewaar. Hierdie insekte lewer verskillende ekosisteem dienste aan ons, soos pesbeheer en bestuiwing. Van die kleine mug-gie tot die groot keisermot, is hulle almal deel van die Skepping en het elkeen sy werk om te doen vir ons omgewing. Ons kan hulle help deur daardie omgewing vir hulle te bewaar.

WÊRELDWYD IS visserye op die randjie van in-eenstorting. Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel en Landbou Organisasie, is 80% van die wêreld se visserye nou oorbenut, heeltemal uitgeput of aan die herstel van oorbenutting deur die visbedryf.

Binnelandse erosie, tesame met die gebruik van kunsmis en giftige pesbestryders, veroorsaak afloop van slik en chemikalieë, wat seelewe in waters naby kuslyne so beskadig, dat daar wêreldwyd 400 “dooie sones” in die oseane is, waar absoluut niks leef nie.

Plastiekrommel in die wêreld se oseane dra by tot die dood van seediere. Omdat plastiek dryf, lyk dit soos kos vir baie seevoëls, seeskilpaaie en ander seediere en eet hulle dit. Die diere vrek dan uiteindelik van honger (omdat hulle spysverterings stelsels verstop word van die plastiek) of verwurg omdat hulle dit nie inkry nie. Dit sal help as ons minder plastiek verbruik.

Kyk mooi na die skoonheidsprodukte wat jy koop, ve-ral gesigroom en sonskerm. Sommige hiervan het die produk “squalene” in en dit is ‘n olie afkomstig van

diepseehaaie, waarvan baie nou bedreigd is juis as gevolg van die doodmaak van haaie vir die olie. Moe-nie produkte met die bestanddeel koop nie. Squalene kom ook in olyfolie voor en dit is dus heeltemal onnodig dat vervaardigers van skoonheidsprodukte haaie hiervoor moet doodmaak. Vermy ook ju-wele van skilpaddop of koraal – koraalriwwe word beskadig deur die uitbreek van koraal vir juwele en skilpaaie word doodgemaak vir hul doppe vir juwele.

Verminder jou energieverbruik. Die verbranding van fossielbrandstowwe affekteer nie net die land nie, maar die koolstofdioksied wat dit vrystel, is besig om ons wêreld se oseane te versuur. Wetenskaplikes sien hoedat korale en ander spesies op groot skaal uitsterf soos wat die oseaan se suurbalans versteur word. Behalwe koolstof, is baie kragstasies in die wêreld ook ‘n oorsprong van kwik, ‘n neurotoksiene wat die sentrale senuweestelsel aanval. Vis soos swaardvis en makriel wat aan kwik blootgestel was, is skadelik vir veral verwagtende vroue en kinders.

Kies jou seekos op ‘n wyse manier. Sê nee vir blouvin tuna, veral by sushi-eetplekke. Die vis se bevolk-

ing het met 90% gedaal en blouvin tuna staan op die randjie van uitsterwing. Wanneer jy by ‘n restaurant eet, vra vir vis wat met ‘n handlyn gevang is of deur duikers – dis baie meer omgewingsvriendelik.

Nuwe Biodiversiteitsriglyne vir myne

8

Feite en wenke vir Oseaan Bewaring

Minister loods Biodi-versiteitsriglyne vir die mynbedryf

Van links na regs: SANBI Raadslid, Me Nana Magomola, Minister Minister Edna Molewa en Hoof Uitvoerende Beampte van SANBI, Dr Tanya Abrahamse by die loodsing van die Biodiversiteit en Myn Riglyne

foto deur • T Mildenhall - een van die inheemse insekted in die Kamiesberg

Dit gons in die Kamiesberg

foto deur © Google -‘n Eenkeer-in-’n leeftyd ontmoeting tussen ‘n branderplankryer en walvis by Hermanus - die seereus maak op ons staat vir ‘n gesonde omgewing om in te leef.

Page 9: Veepos oktober issuu

CSA NUUS

DIE KNERSVLAKTE is, soos baie mense bewus van sal wees, ‘n wonderlike landskap met baie unieke plante. Wat baie mense nie weet nie is dat hierdie on-genaakbare landskap nie altyd so ongenaakbaar ws nie en dat die area baie argeologiese plekke aandui dat dit eens ‘n vriendeliker omgewing was. . Alhoewel histo-riese rekords (histories is vanaf die tyd wat geskiedenis aangeteken is – alles voor dit is prehistories) aandui dat dit maar ‘n harde omgewing was om in te leef, is daar ‘n paar plekke wat mense histories in gewoon het – die bouvalle van ou huise, ‘n paar grafte, trapvloere en ashope is getuienis hiervan. Maar dit is maar oor die afgelope paar honderd jaar, sedert koloniste van Europese oorsprong in die area ingetrek het.Daar is ook ander plekke waar mense van die Steen-tydperk gewoon het. Die Steentydperk kan in drie eras verdeel word: Vroeë Steentydperk, Middel- en Laat Steendtydperk. Die Vroeë Steentydperk strek ‘n enorme 200 000 jaar terug, die Middel Steentydperk tot 20 000 jaar terug en die Laat Steentydperk tot so 10 000 jaar gelede. Die term Steentydperk verwys na ‘n tyd, duisende jare gelede, toe mense werktuie van klip gemaak het, onder andere handbyle en maals-tene, wat oral oor die wêreld voorkom. Sommige van die Laat Steentydperk plekke is so oud as 6000 jaar en naby Kleinzee is daar selfs plekke wat meer as 10 000 jaar oud is. Een van die mees opmerksame dinge van die Laat Steentydperk wat mens kan sien, is die rotskuns wat die mense wat toe geleef het, gemaak het. Die mense het verf gemaak van natuurlike produkte soos eiers en gemaalde rooi klip. Dit is baie belangrik wanneer mense na rotskuns kyk om nie daaraan te vat of dit te beskadig nie, want dit is broos en word maklik vernietig. As dit eers verlore is, is dit ‘n gedeelte van ons erfenis wat vir altyd weg is en kan ander mense dit nie ook geniet nie. Die area rondom Rietpoort het baie tekeninge en daar word gedink dat die tekeninge deur Khoekhoen, mense wat met skaap, bok en bees geboer het, gemaak is – dieselfde mense is die voorvaders van baie van die inwoners van Namakwaland van vandag. As ons nog verder terug in die verlede gaan na die Mid-

del Steentydperk, meer as 20 000 jaar gelede en na die Vroeë Steentydperk, meer as 200 000 jaar gelede, vind ons oorvloedige bewyse van besetting van die landskap, wat vir ons voorstel dat die omgewing toe nie so onge-naakbaar was as dit vandag is nie. Onlangse navorsing by ‘n ineengestorte rotsskuiling by die Varschrivier, in die Knersvlakte, wys dat mense deurlopend daar gewoon het van tyd tot tyd vir solank as 80 000 jaar! Verdere uitgrawings kan dalk nog ouer neerslae oplewer.Die Middel Steentydperk word wyd bestudeer deur mense van dwarsoor die wêreld omdat dit in hierdie tyd dat moderne mense, soos ons vandag lyk, ontwikkel het. Suid Afrikaanse argeologiese plekke uit die ty-dperk is baie belangrik, want dit is in suidelike Afrika dat moderne mense die eerste keer ontwikkel het in ‘n tydperk wat deur argeoloë die “Howiesonpoort Ty-dperk” genoem word. Daar is bewyse vanaf die tydperk dat mense voorwerpe begin maak het omdat hulle wou, nie net omdat hulle dit vir oorlewing nodig gehad het nie. Daar is bewyse van rasionele denke en ‘n begeerte om voorwerpe te versier en ons sien ook van die tydperk baie meer ingewikkelde klipwerktuie wat vervaardig is. Ouer klipwerktuie is dikwels baie meer onafgewerk voor hierdie tydperk – waarom verskillende era ver-skillende style klipwerktuie oplewer word nog nie ten volle verstaan nieArgeoloë kan baie van ons verlede leer deur uitgraw-ings en deur ontledings van die materiaal wat hulle op hierdie plekke vind. Dit is dus baie belangrik om na ons brose erfenis te kyk. Die Suid Afrikaanse Er-feniswet (Nommer 25 van 1999) beskerm alle argeolo-giese bronne en vereis dat slegs gekwalifiseerde mense wie in besit is van ‘n permit wat deur die aangewese owerhede uitgereik is, argeologiese plekke mag opgraaf. Die resultate van die uitgrawings word gewoonlik in akademiese joernale gepubliseer en hulle help om ons kennis van die verlede te bou en om beter te verstaan wat dit is wat ons die mense wat ons vandag is, gemaak het.

CONSERVATION SUID Afrika, tesame met hul vennoot, Radio NFM, saai vir die afgelope paar maande elke Woensdagaand hul opwindende nuwe program, Eko-Logika, uit. Kim Meissenheimer, Groen Sebenza Kommunikasie Intern by CSA, neem die program waar.Sy gesels oor alle aspekte van bewaring, van volhoubare boerderym-etodes tot klimaatsverandering. Kim voer ook gereeld onderhoude met ander rolspelers in die bewaringssektor. Die plaaslike gemeenskap en jeug word ook betrek en so het twee skole se leerders, Kevilene Cloete van Hoërskool Namakwaland en Liviola Jaars van Hoërskool S.A van Wyk, debate gevoer oor die rol van die vrou in die omgewing. Kevilene Cloete het die luisteraars oorreed in haar standpumt dat vroue nie in die omgewingsektor hoort nie.CSA wil oud en jonk uitnooi om elke Woensdagaand om 19:00 saam met ons te kom kuier in die omgewing. Radio NFM se golflengte, vir die wat nog nie na die eie Stem van die Namakwa Mense geluister het nie, is 98.1. Skakel gerus in - daar sal ook in verskeie programme geleentheid wees vir luisteraars om betrokke te raak en somtyds sal daar kompetisies met lekker pryse om te wen, wees.

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

9

Argeologie in die Knersvlakte

Opkomende “events” vir Namaqua FM

CSA op die lug - NFM98.1

Dit gons in die KamiesbergDEUR JAYSON ORTON

foto deur ©CSA - Jayson Orton (argeoloog), Carol – sy vrou en Bob Gardiner op pad om na ‘n argeologiese plek in die Knersvlakte te gaan kyk.

foto deur ©CSA - JDaar word gedink dat die geometriese tekeninge deur die inheemse veeboere, die Khoi-mense, van Suid Afrika gemaak is. Hierdie tekeninge is elders in die Knersvlakte.

EK IS baie geïnteresseerd in argeologie, veral die ar-geologie van Namakwaland en die area vanaf Klawer tot by die Noord-Kaap grens. Ek lees baie daaroor en kyk altyd uit vir oeroue klipwerktuie en rotskuns. Een van my drome, om ‘n argeologiese plek in die area saam met ‘n opgeleide arge-oloog, wat al my baie vrae kan beantwoord, het onlangs waar geword. Deur ‘n sa-meloop van omstandighede het ek Jayson Orton, ‘n ar-geoloog van die Universiteit van Kaapstad, en sy vrou, Carol, ontmoet en het ek en my man saam met hulle ‘n paneel geometriese rotskuns in die Knersvlakte gaan besoek. Jayson doen ook ar-geologiese werk elders in die Knersvlakte en het ingestem om spesiaal vir die Veepos ‘n artikel hieroor te skryf.

Uit die verre verlede

RADIO NFM is deel van Conservation Suid Afrika se Namakwaland Klimaatsverandering Kommu-nikasie Netwerk. Die netwerk is daarop gemik om bewustheid te bevorder omtrent klimaatsverander-ing en ook omgewingskwessies. Met die vestiging van die netwerk het Radio NFM aangedui dat hulle baie graag hul deel wil doen, maar nie oor die nodige kennis beskik om omgewingsinligting te versprei. Hulle was egter bereid om ‘n uur elke week af te staan aan ‘n omgewingsprogram en om ‘n persoon te mentor om as omroeper te groei. Dit het daartoe gelei dat Kim Meissenheimer, Groen Sebenza intern, nou weekliks die program Eko-Logika uitsaai by Radio NFM. Radio NFM is een van CSA se mees gewaardeerde vennote in die strewe na bewustheid rondom omgewings- en kli-maatsveranderingkwessies

Plaaslike Radio Stasie En CSA Bemagtig Saam Namakwalands Se Jeug

Hou u ore en oë oop vir die volgende opwind-ende geleenthede van NFM:

Pheobee Top Model Search op 5 Oktober;

Miss Teen Queen 12 Oktober;

Annual Teen Awards 2 November en Cansa Relay 25 – 26 Oktober

foto deur ©CSA - Nolubabalo en Kim agter die mikrofoon by NFMfoto onder deur ©CSA - Liviola Jaars deelnemer aan die debatfoto heelonder ©CSA - onderwyseres Suzette van Jaarsveld en Kevilene Cloete wenner van die debat.

Page 10: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

10

FARAYI MADZIWA wat vir Conservation Suid Afrika werk in ons klimaatsveranderings afdeling, het onlangs Brazil gaan besoek om te sien hoe hulle daar maak om klimaatsverander-ing die hoof te bied. Die onderstaande artikel is deur Farayi geskryf:Brazil is’n Suid-Amerikaanse land wat vier maal soveel mense het as Suid Afrika. Dele van Brazil, soos die dorp Pintadas, het droë weer soortgelyk aan die van Namakwaland en het ook ‘n lae reënval en gereelde droogtes. Die inwoners van Pintadas oorleef hoofsaaklik deur bestaans boerdery. Hulle hou bees, skaap en bokke aan en plant ook droogtebestande gewasse. Die boere maak van baie basiese boerderymetodes gebruik, soos die aandra van water met ‘n gieter. Om meer weivelde te skep, ontbos die mense ook die inheemse plantegroei en beskadiging van die omgewing is dus ‘n gevolg hiervan. Die boere van Pintadas is ook ver weg van groter plekke en het min toegang tot tegnologie en markte. As gevolg hiervan is dit tans een van die areas in Brazil wat die armste is, met baie sosiale probleme en ‘n kwesbare omgewing. Soos in Namakwa-land, bedreig klimaatsverandering die reeds moeilike bestaan-swyses van die inwoners van Pintadas en staar hulle ernstige uitdagings in die gesig, veral wat betref die beskikbaarheid van water vir mense en hul vee.En net soos in Namakwaland, word daar verwag dat met kli-maatsverandering dit nog droër sal word. Dit veroorsaak dat die jong mense van die dorp na die stede migreer, in hoop vir ‘n beter lewe daar. Daar was in die laaste paar jaar verskeie erge droogted in die Pintadas munisipale area, in 1982 het die droogte veroorsaak dat al die mense se vee gevrek het, letterlik 100% van die vee wat hulle besit het. Net 10 jaar later was daar nog ‘n droogte en tans ondervind hulle weer ‘n droogte – daar het laas in 2010 reën geval.

Oor die jare het die regering van Brazil en die plaaslike ow-erhede in samewerking met die mense van Pintadas verskeie planne beraam om die veranderinge meegebring deur kli-maatsverandering, die hoof te bied. Sommige van die dinge wat hulle in plek gestel het is dat in gevalle waar droogtes jare aangaan, mense verskuif is na ander areas. Boere verkoop ook hul vee om die druk op die reeds droë en beskadigde weiding te verlig. Die regering verskaf soms vragmotors wat water aanry na die area en het ook belê in die bou van gronddamme en watertenke. Toe die droogte die water in die damme opgedroog het, het die regering voordele verskaf aan boere om hul aan te moedig om putse te bou. Behalwe dit, raai die regering ook die mense om die praktyk van die brand van ongerepte areas vir die skepping van nuwe landerye, nie toe te pas n ie. Net soos CSA in Namakwaland, werk ‘n plaaslike nie-regerings organisasie (NRO) saam met die inwoners en plaaslike gemeenskappe in Pintadas en ondersteun hulle om koöperatiewe te vorm, wat meestal melk, vleis, groente en vrugte produseer. Melkproduksie is die hoofbron van inkom-ste. Die plaaslike nie-regerings organisasie help ook die boere om toegang te verkry tot markte wat ver van hulle geleë is en waar hulle hul vleis en melk kan verkoop. Die NRO onder-steun ook die boere om boerderypraktyke in te stel wat hulle meer bestand te maak teen klimaatsverandering.Van hierdie praktyke sluit die grawe van vlak slootjies in om water na poele te herlei wanneer dit reën. Sement watertenke, wat deur die boere self ontwerp is, word gebou om water op te vang.Om geld te bespaar, gebruik die boere van Pintadas “lewen-dige” drade – inheemse doringrige kaktusse word opgerig as drade – die diere gaan nie daardeur nie en so spaar die boere baie geld op draad! En wat nog meer is, die boere oes die

takke van die kaktusse, gebruik ‘n blaasvlam om die dorings af te brand en voer dit dan vir die vee!Ander soorte kaktus word weer gekweek om ook as voer vir die diere te dien. Die kaktus is droogtebestand en groei baie maklik in die area. Na die dorings afgebrand is, word die blare opgekap en met hooi en soja gemeng as voer. Die NRO leer ook die boere hoem om volhoubare boerdery toe te pas as dit kom die kweek van gewasse deur in ongerepte areas net klein kolletjies skoon te maak vir tuine, in plaas van ‘n groot area kaal te brand. Boorgate vir besproeiing van gewasse word ook aangebring.Ons kan baie leer by die mense van Pintadas en hoe hulle probeer aanpas by klimaatsverandering. Volhoubare bo-erderypraktyke wat keer dat die wind die grond wegwaai, help om die grond produktief te hou. Die berging van water is kri-tiek sodat mens en dier water kan hê wanneer daar droogte is.

CSA besoek Brazil!Klimaatsveranderings-aan-passing in Brazil

VERSKEIE MAANDE gelede het Conservaton Suid Afrika (CSA) al die organisasie se projekte in Namakwaland op film vasgelê. Die Biodiversiteit en Rooivleis Inisiatief, die Eko-veewagters, verskillende SKEPPIES projekte en nog meer is deur Green Renaissance op video vasgevang.Baie mense van die Kamiesberg en die res van Namakwaland was behulpsaam met die verfilming en verskeie plaaslike per-sone was “sterre” in die videos. Om vir hulle dankie te sê vir hulle bydrae, het CSA op 30 Mei 2013 ‘n Film-aand in die Leliefontein Gemeenskapsaal gehou.Dit was ‘n ysige koue aand, maar meer as 80 mense het die koue aangedurf en die films kom kyk. Die kinders het ges-mul aan springmielies, skyfies en koeldrank en daar was koffie en tee vir die grootmense.

Die video’s wat gewys was het plaaslike entrepreneurs en boere as die sterre gehad en hulle was met baie oeh’s en aaah’s begroet. Dit entrepreneurs en boere het Vera Engelbrecht, Jennifer Cloete, Tina Rooi, Katrina Schwarts en nog vele an-der ingesluit.Die Film-aand is voorafgegaan deur ‘n kompetisie by die plaaslike skool waar leerders gevra is om ‘n kunswerk in te dien met die tema: “’n Gesonde aarde gee vir ons gesonde kos en water.” Uitstekende kunswerke is ontvang en die beoorde-laars het dit moeilik gevind om tussend die kunstenaars te kies. Aan die einde van die dag het Alana Links se tekening en ‘n pragtige gedig wat sy voorgedra het, as die wenner na vore getree. Sy het ‘n jaarlange inskrywing van ‘n natuur-tydskrif vir jong mense ontvang.

Kyk na ons aarde

Dit is van baie waarde

Ek sal dit nooit ooit verruilWant ek kan hierin skuil

Want dit is skoon en gesondEn eintlik rond

Want dit is ons aardeEn van baie waarde

CSA Film aand en Wȇreld Omgewingsdagvieringe

Deur Alana Links

ons aarde is gesond

FARAYI MADZIWA

foto deur ©CSA - Die wenner van die kompetisie, Alana Links, ontvang haar prys van die Kom-munikasie Direkteur van Conservation Suid Afrika, Tessa Mildenhall

foto deur ©CSA - Nolubabalo Kwayimani leer ken Leliefontein se kinders van nader

Page 11: Veepos oktober issuu

CSA NUUS

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

11

DIE BEETLE Daisy is ‘n neerligende, eenjarige kruid tot 30 cm hoog met growwe take. Die blare is smal, omgekeerd-lansetvormig, gewoonlik gelob, tot 5 cm lank en harig bo en onder. Die bloeihofies is 2 tot 3,5 cm in deursnit en word enkel, sonder ‘n steeltjie op die take gedra. Die lintblomme is oranje bo met ‘n opvallende swart ogie en groen kolletjie en pers onderaan. Alhoewel die plant sy noemnaam kry van die “kewertjies” wat op die lintblomme uitgebeeld word, mimiek die kolletjies eintlik ‘n vlieg. Hierdie kolletjies lok vliee wat dan die blomme bestuif.Plante blom van Augustus tot Oktober.Hierdie plant kom voor in sanderige grond dwarsoor Namakwaland, op die Nieuwoudtville-Calvinia plato en in ander droë dele van die Wes-Kaap.

HIERDIE IS ‘n meerjarige kruid van 5-12 cm lank met ‘n stingel knol wat onder die grond weggesteek is. Die stammetjies is dikwels vertak maar dan slegs aan die basis. Die enkele blaar is lyn- tot lansetvormig en tot 10 cm lank met skutblare wat korter en breër is. Die blomme word dig bymekaar gedra en is persrooi tot kersierooi met liggeel merke in ‘n dun gebuigde, 3-5 cm lange blombuis. Daar is ‘n besige klein vliegie in Namakwaland, die Prosoeca peringueyi, met ‘n baie lang tong wat help om die blommetjie(en sestien ander spesies) met sy lang blombuis te bestuif.Hierdie plant word aangetref in Namakwaland tussen Nuwerus en Steinkopf op growwe sand en klopperige plekke, en dikwels in rotsskeure.

KAPOKBOS IS ‘n veelvertakte stuirk tot 1 meter hoof. Die kort takkies wat die blare dra, is afwisselend gerangskik. Die blare is small en oorgetrek met silwer haartjies en het die bekenede roosmaryngeur as dit fyn gedruk word. Die bloeihofies is klein, wollerig en in groepies aan die punte van take met 3-4 wit lintblomme en pers buisblomme. Die vruggies is oortrek met lang, wit hare. Vroeër jare het vrouens hierdie saadjies versamel en kussings daarmee op gestop. Die wollerige saadjies het gesorg vir ‘n sagte kussing terwyl die geur insekte, vlooie en luise help weghou het. Kapokbos was ook tradisioneel gebruik as ‘n medisyne vir verskeie siektes soos verkoues, winderigheid en koliek. Dit het ook ‘n vervrissende effek op ‘n mens se hare en vel en kan ook as ‘n diuretikum en sweetmiddel gebruik word. Vandag word die olies in die blare ook gebruik as reukmiddels in handeroom, lugverfrissers en seep. Kapokbos kan ook as ‘n heerlike plaasvervanger vir roosmaryn gebruik word tydens voorbereiding van vleis. Kapokbos is wydverspereid in Namakwaland en ook in die res van die Noord-, Wes- en Ooskaap.

Halcyone se HoekieBeetle Daisy | Gorteria diffusa | ASTERACEAE

Tneitjie |Lapeirousia silenoides | IRIDACEAE

Kapokbos | Eriocephalus africanus |ASTERACEAE

‘N GESONDE omgewing kan letterlik meer geld in die boer se sak beteken. In Costa Rica, Suid Amerika, waar baie mense met koffie boer, is daar ‘n klein geel voëltjie, die geel fluiter (yellow war-bler) wat daarvan hou om te smul aan die koffie boorkewer, ‘n insek wat aansienlike skade aan koffie-oeste kan veroorsaak.Nou het wetenska-plikes ‘n studie gedoen om te kyk presies hoeveel is die pesbeheer wat die klein voëltjie gratis aan die boere bied, werd. Om dit reg te kry, het hulle sommige areas in koffieplantasies met staalkoue omring sodat geen voëls daar kan inkom nie. Met oestyd is die hoeveelheid koffiebone wat van die

struike afgekom het, gemeet en vergelyk met die hoeveelheid koffiebone wat ge-oes is van ‘n gelyke grootte area van struike waar die voëls wel kan kom. Die verskil: die areas waar die voëls kon kom, het – in geld – 310 dollar, oftewel R3090 per hektaar, meer ingebring as die koffiestruike wat die voëls nie kon bereik nie. Koffieboere in Costa Rica het dit agtergekom lank voordat die wetenskaplikes die geldelike waarde van hierdie ekosisteemdiens gemeet het. Hulle het ook gesien dat die voëltjies meer volop is in areas waar daar natuurlike plantegroei is, wat hulle habitat is, en het begin om kolle natuurlike plante-

groei tussen die koffieplantasies te los om die voëls aan te moedig om hul daar tuis te maak.In ag genome dat koffie die wêreld se mees win-sgewende gewas is en dat die oeste die lewens-bestaan van sowat 100 miljoen mense wêreldwyd verseker, is die bydrae wat die kewer-vretende voëls maak, van groot ekonomiese belang. Die koffie boorkewer is een van die grootste bedreigings vir koffieboerdery. Jaarliks veroorsaak die kewer so-wat 500 miljoen dollar se skade aan koffie. Dit is duidelik hoedat die behoud van natuurlike areas in ‘n boerderygebied die boer aansienlik kan bev-oordeel.

Pes-vretende voëls spaar koffieboere baie geld

MET DIE komende voorspelde uitwerk-ing van klimaatsverandering en die vele omgewings-uitdagings, het beide die Oos Kaapse en Namakwalandse boere belang daarby om volhoubare boerdery praktyke toe te pas sodat hulle verseker is van hul lewensbron vir die toekoms.CSA werk natuurlik nou saam met boere, beide gemeenskaplik en privaat, in beide die landskappe en terwyl daar opmerk-like verskille is tussen die twee, soos gras-velde in die Oos Kaap waar meestal met bees geboer word teenoor die vetplante en struike van Namakwaland waar weer meestal met skaap en bok geboer word, is daar ook baie ooreenkomste.Beide streke het wydverspreide armmoe-de en omgewingskwessies soos grondver-lies as gevolg van erosie en waterverlies as gevolg van indringerplante en beskadigde vleilande. Om inligting en kennis te deel, het die CSA personeel van Namakwaland in Junie na Matatiele in die Oos Kaap gereis na ons kantore daar.Meat Naturally is CSA se inisiatief om boere by te staan om volhoubare bo-erderypraktyke te beoefen en om onder-soek na markondersteuning vir sulke boere te doen.Die gekombineerde aktiwiteite van CSA-personeel en hul vennote in die omgew-ing vriendelike rooivleis produksie kry

CSA Oos-Kaap en CSANamakwaland leer bymekaar

foto deur ©Google - Die klein geel fluiter spaar nie net koffieboere geld op pesbeheer nie, maar beheer die koffie boorkewer so goed dat die boere in der waarheid meer geld maak.

vinnig momentum en daarom was dit ‘n gulde geleentheid om almal saam te trek vir ‘n week om ken-nis en ervaring met mekaar te deel en saam te beplan aan hoe die projek verbeter kan word. Behalwe al die inligting wat die personeel uitgeruil het, het die Namakwalandse span ook kans gekry om ander rolspelers in die Oos Kaap se Meat Naturally Program, te ontmoet en het ook ‘n plaaslike bewaringsarea gaan besoek. Op die Mvenyane ge-meenskaplike gronde, waar die verspreiding van indringerplante ‘n probleem is, kon die Namakwa-land span ook meer leer oor hoe bemarkbare diere behoort te lyk.

Die uitruilbesoek die MNI span van albei provinsies gehelp om die struikelblokke te identifiseer en aan te spreek. Die doel van die uitruilbesoek was om idees oor die opkomende MNI te deel en om die impak en doeltreffendheid te vergroot tussen die ses verskil-lende groepe wat met die rooivleis sektor en boere werk. Die Namakwaland span was beïn-drukdeur die nederigheid van die Oos-Kaap span en die reeks kwes-sies wat in Motseng aangespreek word. Almal is dit eens dat die uitruilbesoek die moeite werd is – jy neem net soveel meer in as jy self met die persoon praat en self sien wat die kwessies is.

Page 12: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

12

CSA selfoon herwinning Waarheen gaan al die ou selfone?VOLGENS DIE syfers van die 2012 sensus is daar 51.8 miljoen mense in Suid-Afrika, wat in ongeveer 14 miljoen huishoudings woonagtig is. Dieselfde sensus sê dat ongeveer 12 miljoen van hierdie huishoudings een of meer selfone het – volgens Wikipedia is daar 59 miljoen selfone in ons land! Dis meer selfone as mense! Wêreldwyd is daar 6.8 biljone selfone – en die wêreldbevolking tans is net oor die 7 biljoen!Almal van ons weet van mense wat meer as een selfoon het en baie van ons het self een of twee ou selfone wat óf êrens in die huis se “deurmekaar laai” lê, óf wat weggegooi is. Al ooit gewonder wat word van al die ou selfone en wat hulle impak op ons omgewing en ons gesondheid is?Volgens die webwerf, www.confused.com, vervang Suid Afrikaners gemiddeld elk 38 maande hul selfoon. ‘n Opname wys dat 40% van alle ou selfone in die huis gehou word as ‘n spaar, al weet ons almal dat die kanse dat ons dit wel weer gebruik, maar skraal is. 18% van all ou selfone word gegee aan vriende of familie, soos wanneer ons ‘n nuwe kontrak kry en die ou foon vir ons kinders gee, byvoorbeeld. 9% van selfone word verkoop of ingeruil vir ‘n nuwe een en 7% raak verlore of word as gesteel aangemeld. Slegs 14% van alle ou selfone word herwin. Die getal waarin ons belangstel is dat 1% van fone nie in enige van die bogenoemde kategorieë pas nie en heel waarskynlik op ‘n stortingsterrein iewers beland. Met ander woorde 816 miljoen fone word wêreldwyd weggegooi!Om te verstaan wat die impak hiervan is, moet ons eers kyk waaruit ‘n selfoon bestaan. Al die materiale wat gebruik word in ‘n selfoon is óf neweprodukte van olie óf van roumateriaal wat uit die aarde gemyn moet word. Die battery bevat verskeie minerale, naamlik nikkel, lithium, nikkel-kadmium, kobalt, sink lood en kwik. Sommige batterye bevat ook lithium-metaal oksied en ander koolstofgebaseerde materiale. Selfone bevat ook baie klein hoeveelhede goud, silwer en koper. Hierdie is net ‘n paar van die materiale wat in in selfone voorkom. Lood en kwik is giftig en gevaarlik vir alle lewende wesens, maar dit is nie die enigste probleem-materiale nie – ontledings het gewys dat ‘n selfoon 36 verskillende soorte stowwe bevat wat skadelik is vir mense en die omgewing. Selfone wat in stortingsterreine beland, “lek” die gevaarlike stowwe en uiteindelik beland die stowwe in die lug wat ons inasem, wanneer dit deur die rook versprei word as vullis in stortingsterreine verbrand word. ‘n Gedeelte beland in die stortingsterrein self en wanneer dit reën, syfer hierdie giftige stowwe uit die terrein uit en beland uiteindelik in riviere en onderaardse waterbronne en besoedel so die omgewing. Mense en diere asem die lug in en drink die water en kry van hierdie ongesonde materiale in. Lood is veral giftig vir kinders wat dit inkry. Dit beïnvloed die ontwikkeling van die senustelsel en lei tot permanente leer- en gedragsversteurings in kinders

en hierdie versteurings, as die kind sekere hoeveelhede lood inkry, is onomkeerbaar en permanent. Baie lande voer hulle rommel uit na ander lande en op die manier beland selfone op die stortingsterreine van lande met ‘n hoë voorkoms van armmoede, soos Ghana, Indië en China. Daar vorm dit yslike berge van elektroniese afval, saam met ou rekenaars. Waar armmoede ekstreem is, is dit algemeen dat vrouens en kinders stortingsterreine besoek om te sien wat hulle kan kry wat hulle kan verkoop of herverbruik om hul lewens ‘n bietjie beter te maak. Ou selfone wat gevind word, word stukkend gekap en opgesmelt om die klein hoeveelhede goud, silwer en koper te onttrek. Klein stukkies van die giftige metaal, kadmium beland oral op die kinders terwyl hulle die fone stukkend kap. Die metaalgedeeltes word dan oor baddens van warm lood “gekook” om die verskriklike klein hoeveelhede goud uit te haal en die kinders en vrouens asem die giftige stowwe in. In die proses word die vroue en kinders ook aan kwik blootgestel. Die metaal veroorsaak ook onomkeerbare skade aan die senustelsel en verwagtende vroue wat dit inkry, dra dit deur hul bloedstroom aan die ongebore kind oor. Ons kan dus sien dat selfone, wat so algemeen geraak het en wat al hoe makliker raak om te koop, so klein soos daardie foon is, gesamentlik ‘n geweldige impak op mense en die wêreld waarin hulle leef, het. Kan ons iets doen hieromtrent? Die antwoord is ja, daar is beslis iets wat elke mens wat ‘n selfoon besit, kan doen om die impakte van selfone minder te maak.Die eerste, en heel belangrikste is om nie deur die mode en die begeerte om die nuutste model te besit, aan die neus gelei te word nie. Gebruik die selfoon wat jy het, so lank as moontlik, en as iets verkeerd gaan, neem dit eers in na die selfoonwinkel om te sien of hulle dit nie kan herstel nie, voordat jy ‘n nuwe een aanskaf. Soos genoem, vervang Suid Afrikansers gemiddeld elke drie jaar hulle selfone, maar in Indië vervang mense gemiddeld hulle selfone net elke 7 jaar! As ons dink aan die geweldige impak van ou selfone op die omgewing, is dit regtig só belangrik om daardie blinknuwe model met die nuwe “app” op aan te skaf? Selfone kan ook met groot sukses herwin word. In Kaapstad is daar ‘n maatskappy met die naam Virgin Earth en hulle spesialiseer in die herwinning van elektroniese toerusting soos selfone en ou rekenaars. Namakwaland is ver van die Kaap, maar Conservation Suid Afrika se twee administratiewe persone, Merle van Wyk en Geniene Nero, het ingestem om herwinningsprojek vir ongebruikte selfone in Namakwaland te lei! Vir diegene wat ‘n ou selfoon het, daardie een wat stukkend is en wat jy nooit weer sal gebruik nie, julle kan dit aan enige CSA personeel wat julle teëkom, oorhandig en hulle sal dit vir Merle of Geniene gee, wat dit dan in ‘n boks in die

kantoor sal sit. Wanneer die boks vol is, sal die volgende persoon van die kantoor wat Kaap toe gaan, dit saamneem na Tenille Rhode van ons Kaapstad personeel en sy sal dan Michelle Bainbridge, van Virgin Earth, kontak. Michelle het ingestem dat Virgin Earth die boks met ou selfone daar sal kom afhaal om herwin te word. Ons wil benaddruk dat hier geen geldelike voordeel hieraan verbonde is nie, dit is vir diegene wat ‘n bydrae wil maak tot ‘n skoner en beter omgewing en beter gesondheid vir die mensdom. Vir diegene wat ‘n ou selfoon het wat by die huis rondlê, neem sorg dat dit nie in kinders se hande beland nie – veral nie die battery nie. Soos ons kan sien, is dit gevaarlik vir die gesondheid van kinders. Herwin liewer die ou selfoon of, indien jy nie dit wil doen nie, bêre dit in ‘n veilige plek waar dit buite bereik van kinders is.

foto deur ©CSA - Merle van Wyk en Geniene Nero is CSA se E-Herwinning Dames en hier sit hulle van die ou selfone wat sover deur personeel geskenk is in die boks – bring gerus jou ou selfoon ook vir hulle!

foto deur ©Google- Die skurwe mospadda, wat onlangs in die Swartberge ontdek is.

foto deur Google - Hope selfone beland jaarliks op vullishope en besoedel die lug en water

‘N NUWE spesie van die kleinste paddas in Suid Afrika, die mos-paddas, van die genus Arthroleptella is onlangs ontdek in die Klein Swartberg Bewaringsarea, naby Caledon. Die paddatjie is slegs een en ‘n half sentimeter lank en kom slegs op ‘n paar plekke in die Swartberge voor. Met die ontdek-king van die paddatjie, as gevolg van hul skaars habitat en dat hulle slegs op ‘n beperkte aantal plekke voorkom, is hul bewarings status alreeds Krities Bedreig. Die nuwe spesie staan bekend as die Growwe Mospadda. Daar is nog ander spesies in die mospadda familie, maar hierdie een verskil in voorkoms en die roep van die padda verskil ook redelik van die ander spesies. Die ontdekking van die klein padda spesie het groot opge-wondenheid veroorsaak, maar asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ‘n nuwe visspesie in dieselfde bewaringsarea ontdek! Die vissie is deel van die Zebravis familie (Galaxi-idea), maar anders as ander zebravisse, het hierdie een nie strepe nie.Die vissie is, van alle plekke, in ‘n plaasdam, waarvan die wal gebreek het, op een van die plase in die bewaringsarea, ontdek. Die Zebravis woon gewoonlik in strome en poele met digte waterplante. Hulle is skaam vissies wat vinnig onder

rotse en tussen waterplante induik as hulle beweging naby hulle gewaar. Dit wil voorkom of hulle dwarsdeur die jaar eiers lê en hulle dieet bestaan uit muskiete, vlieë en muggie larwes. Die bewaringstatus van die vissie is nog onbekend, maar omdat hulle ook in ‘n beperkte area voorkom, wil dit lyk asof hulle as Bedreig of Krities Bedreig geklassifiseer sal word.Die rede vir die bewaringstatus van beide die vissie en die mospadda is dat hul habitat al in ‘n groot mate vernietig is lank voordat hulle ontdek is, en daar nou net ‘n paar plekke oor is waar hulle kan leef. Gelukkig vir die twee splinter-nuwe spesies is hul blyplek deel van ‘n bewaringsarea waar privaatgrondeienaars ooreengekom het om verantwoorde-like boerderymetodes toe te pas en dit sluit in die bewaring van die plekke waar die twee spesies voorkom.Die ontdekking van die twee spesies en hul alreeds bedreigde status wys vir ons dat boere ook met natuurskatte op hul grond sit, waarvan hulle die rentmeesters is en dat dit daar-om so belangrik is dat verantwoordelike boerdery praktyke toegepas word om te verseker ons verloor nie nog van ons kosbare natuurlike bates nie.

Nuwe vis en padda spesies ontdek in die Klein Swartberg Bewaringsarea

Page 13: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

VELD NUUS

13

Nuwe Trust vir Bewaring van Renosterveld

Die nuwe spesie, Breviceps branchi, oftewel “Diamantpadda” wat onlangs teen die Namakwalandse kus ontdek is.

Foto deur Google - Een van die ongelooflike mooi lelies wat nou bewaring geniet as gevolg van die Trust.

Conservation South Africa in samewerking met die Namakwa Distrik munisipaliteit is besig met die implementering van die ‘Let’s Respond Toolkit: Integrasie van Klimaatsveranderings Risikos en Geleenthede in Munisipale Beplanning, binne die ses plaaslike munisipaliteite binne die distrik.

Die Let’s Respond Toolkit voorsien kaarte om die munisipaliteite te lei deur die vyf stadiums van hoe om te reagerr op klimaatsverandering, veral met betrekking tot die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) Dit word geskakel met GOP mylpale. Die oefeninge in die Toolkit is so ontwerp dat die munisipaliteit ondersteun in hul besluite hoe reaksie op toestande wat meegebring word deur klimaatsverandering deelgemaak moet word van beplanning en beleid. Dit dek die hele spektrum van nuwe projekte, naamlik Ontleding, Strategie, Projek ontwikkeling en Implementering. Sulke beplanning is natuurlik noodsaaklik, want met klimaatsverandering word daar voorspel dat uiterse weerstoestande soos vloede en droogtes meer algemeen sal word. Dit sal die infrastruktuur van die distrik, paaie, waterverskaffingsaanlegte, behuising en nog baie meer, affekteer en daarom is dit so belangrik dat die plaaslike owerhede nou die regte stelsels

in plek stel en die kennis ontwikkel oor hoe om hierdie voorspelde verandering te hanteer.

Sover is daar drie werkswinkels gehou om die Toolkit aan munisipaliteite in die Namakwa Distrik bekend te stel, Kamiesberg Munisipaliteit, Richtersveld en Hantam- en Karoo-Hooglande, laasgenoemde het aan ‘n gesamentlike werkswinkel deelgeneem. Verskeie munisipale beamptes, soos die GOP beamptes, meentbestuurders, tegniese dienste asook verskeie raadslede, het die werkswinkels bygewoon. Die Suid Afrikaanse Plaaslike Regerings Vereniging asook die Departement van Omgewingsake was ook verteenwoordig by die werkswinkels

CSA werk al verskeie jare saam met die Namakwa Distriksmunisipaliteit om hul te ondersteun in die in-agneming van die verwagte impakte van klimaatsverandering op hierdie spesiale streek van ons. Dit is gerusstellend om te weet dat daar wel voorsiening gemaak word hiervoor en dat die plaaslike munisipaliteite nie net ‘n goeie nuwe stuk gereedskap, Lets Respond, hiervoor het nie, maar dat amptenare ook aktief betrokke is by werkswinkels om te sien hoe die gereedskap die beste gebruik kan word.

Beter beplanning vir klimaatsverandering

Nuwe paddaspesie ontdek in Namakwaland!‘N SPLINTERNUWE paddaspesies, gedoop die “Diamant-padda” omdat dit in die diamantmyn areas langs die Namak-walandse kus voorkom, is onlangs ontdek deur Professor Alan Channing van die Universiteit van Kaapstad. Die naam van die nuwe spesies is Breviceps branchi. Alhoewel pas ontdek is daar reeds kommer oor die spesie omdat diamantmynery al baie van die natuurlike habitat van die am-fibie vernietig of verander het

Die genus Breviceps, waartoe die Diamantpadda behoort, kom voor vanaf Suid Afrika en noordwaarts tot in Kenia. Tans word daar 15 spesies in die genus erken en die Diamantpadda is die nuutste spesietoevoeging tot die genus. Nog twee ander spesies van die genus, Breviceps macrops en Breviceps namaq-uensis, kom ook net in Namakwaland voor. Al hierdie paddas is sogenaamde reënpaddas.

Die Diamantpadda is ontdek toe Prof. Channing en die toe meestersgraadstudent, op soek was na Breviceps macrops, die ander Namakwaland spesie van die padda, en die Diamant-padda onder ‘n klein bossie in rooisand, sien sit. Dit was met die eerste oogopslag duidelik vir die kenners dat hierdie ‘n nuwe padda is wat hulle nog nie voorheen gesien het nie.

Die bewaring van ons natuurlike areas is juis hierom so belan-grik, want, soos Prof. Channing gesê het, is die kanse baie goed dat daar nog ander nuwe spesies in Namakwaland is wat ontdek moet word en as hulle habitat vernietig word, word die spesies vernietig voordat ons eens weet dat hulle bestaan.

BEDREIG DEUR fragmentasie van veld, uitheemse indringer-plante, oorbeweiding en in som-mige gevalle, onwettige ploeëry van ongerepte grond, is daar nou ‘n blaaskans vir Renosterveld, een van die wêreld se mees bedreigde plantegroei spesies. ‘n Nuwe Trust sal help om die skaars en won-derlike plantegroeitipe, waarvan ‘n variant, die Namakwalandse Graniet Renosterveld, ook in die Kamiesberg voorkom, te bewaar.Die nuwe Trust wat die bewaring van die oorblewende Renosterveld in die Overberg bevorder, is ‘n paar maande gelede geloods. Die Trust staan bekend as die Over-berg Laaglande Bewaringstrust en mik daarna om die laagliggende plantegroei in die Overberg deur aktiewe vennootskappe te bewaar. Die Trust geniet die ondersteun-ing van privaat grondgebruikers, regeringsdepartemente en nie-regerings organisasies.Volgens Gerrit van Rensburg, Wes Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, sal die Trust bewaring in boerdery-landskappe bevorder, iets wat noodsaaklik is vir Renosterveld, omdat dit so krities bedreigd is. Die oorgrootte meerderheid van Renosterveld wat oorbly is op klein stukkies grond, gewoonlik minder as 100 hektaar in omvang..Die Trust, ‘n openbare voordeel organisasie, is gestig deur die Suurbraak Graanboere Koöpera-

tief, ‘n swart ekonomiese bemag-tiging boerderymaatskappy wat bewaringsboerdery bevorder. Dirk van Papendorp, privaatboer en voorsitter van die Trust, sê dat die Trust boerdery en bewaring kan help om “die knoop deur te haak.” Hy sê dat die mikpunt is om balans te vind tussen kom-mersiële voordele en bewaring op die plaas. Sy mening is dat mens volhoubaar kan boer sonder om inkomste te verloor.Direkteur van die Trust, Odette Curtis, mik daarnatoe om met grondgebruikers in die Over-berg saam te werk om laaglande bewaring te laat plaasvind. “Laasjaar alleen is vyf nuwe renosterveld spesies ontdek, maar terselfdertyd verloor ons spesies wat potensieel belangrik is vir bei-de medisinale en landbou doelein-des. Wat meer is, ons is afhanklik van die natuurlike stelsel vir dinge soos waterbestuur, erosiebeheer en bestuiwing.” Die Trust sal help om te betaal vir die assesering van grondbestuursbehoeftes asook die assesering vir langtermyn be-waringsbefondsing opsies..Volgens Francis Stein, Program-bestuurder by LandCare van die Wes Kaapse Departement van Landbou, is die Suurbraak vennootskap tussen landbou en bewaring iets waarvoor hul hul beywer.

HET U GEWEET?

Damaraskaap is deel van ons landbou erfenis

Page 14: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

CSA NUUS

14

DIE NUWE Simonsberg Omgewingsopvoedingsentrum is geleë in die wyndruiwe streek van Stellenbosch waar skaars renosterveld groei, slegs 50 kilometers vanaf Kaapstad. Die Omgewingsopvoedingsentrum (OOS) is ‘n bate vir die gemeenskap van Stellenbosch en ‘n hele klomp pret aktiwiteite waardeur leerders van die omgewing kan leer, word beplan vir die sentrum. Daar sal veral gefokus word op belangrike omgewingsdae, soos byvoorbeeld Vleiland Dag. Die OOS is ‘n goeie voorbeeld van hoe bewaringsareas ook die gemeenskappe rondom hulle tot voordeel kan strek.Die Groeter Simonsberg Bewaringsarea bestaan uit 28 lede, wie se eiendomme saam die bewaringsarea vorm. As gevolg van die omvang van die wyndruiwe boerdery in die omgewing is daar baie min ongerepte renosterveld en fynbos, waarin baie inheemse plant- en ander spesies voorkom, oor. Die gesamentlike eienaars van die verskillende eiendomme wat onder die bewaringsarea val, het vrywilliglik ingestem om saam te werk om die oorblywende renosterveld en fynbos te beskerm vir die nageslagte. Die grootste deel van die Simonsberg Bewaringsarea lê teen die hange van die Simonsberg naby Stellenbosch.Die bewaringsarea is aanvanklik in 2004 gestig deur private grondeienaars onder leiding van Cape Nature se Rentmeesterskap Program en het eers bekend gestaan as die Klapmuts Bewaringsarea. Aan die begin was daar slegs

vyf grondeienaars wat deel was van die bewaringsarea, naamlik Delheim, Elsenburg, Le Bonheur en Warwick, wat almal rondom Klapmutskop geleëe was. Sedertdien het nog eienaars bygekom soos wat hulle die voordele van bewaring vir hul buurmense gesien het en daar is tans 28 lede en dit groei nog steeds! Die totale area van al die eiendomme is tans 4866 hektaar, waarvan 1562 hektaar, oftewel 32%, toegewy is vir bewaring.Die bewaringsarea is die tuiste vir die kritiese bedreigde Swartland Leiklip Renosterveld en Bergfynbos. Van die skaars en wonderlike spesies wat hier voorkom ‘n 300 jaar oue geelhout bos (Podocarpus elongates), twee bedreigde plante, Serruria pinnata en Aristea lugens, asook die Kaapse luiperd vind hier ‘n tuiste.Die Simonsberg Bewaringsarea was instrumenteel in die implementasie van die Landcare projek en het omgewingskampe, wat al deur meer as 600 kinders bygewoon is, geborg. Die fokus van die kampe is op omgewingsbewustheid wat deur pretaktiwiteite by die kinders tuisgebring word. Die Simonsberg Bewaringsarea is ‘n uitstekende voordeel van hoe grondeienaars, die gemeenskap en jongmense kan baat by so ‘n inisiatief waar die lede van die bewaringsarea aktief betrokke is en saamwerk om die beste resultate te verkry.

Simonsberg Bewaringsarea bevoordeel gemeenskapNuwe Omgewingsopvoedingsentrum vir Simonsberg

IN ‘N insident wat bewaringslui en almal wat omgee vir Suid Afrika se krimpende aasvoëlbevolking geskok het, is 50 aasvoëls vergiftig gevind op die plaas van ‘n boer en besigheidsman wat in die Swartberg Distrik van Oos Griqualand boer. Asof dit nie erg genoeg is nie, word daar nou gedink dat ‘n verdere 48 aasvoëls wat nie lank terug ook vergiftig gevind is, ook verbind kan word aan die insident.Nie ver van die 50 dooie aasvoëls af nie, is nog sewe gevind wat vergiftig is. Die gevolgtrekking van bewaringslui is dat die voëls lamkarkasse wat met carbofuran, ‘n landbou chemikalieë in poeiervorm wat gebruik word om jakkalse mee dood te maak, gevreet het.Die polisie het bevestig dat hulle verskeie aanklagte ondersoek, maar nog geen arrestasies gemaak het nie. Dit is insidente soos hierdie onnadenkende optrede wat gelei het tot die N3 Tol Konsessie se

ruimhartige skenking van fondse vir die oprigting van ‘n aasvoël-kyk en voerpunt. Veral berggiers is krities bedreig met ongeveer net 330 oor in Suidelike Afrika. Van die Kaapse Aasvoël is daar ‘n skrale 300 oor. Hierdie lae getalle is te wyte aan ‘n gebrek aan habitat en aan insidente soos die onlangse vergiftiging van die aasvoëls in die Swartberg Distrik. Die 7de September, slegs twee dae na die loods van die uitkyk- en voerpunt, was Internasionale Aasvoël Bewustheid dag en daar word gehoop dat die uitkykpunt sal lei tot groter bewustheid en waardering vir die skaars voëls. Die voerpunt sal ook help om meer en veilige voedsel vir die immer kwynende aasvoëls beskikbaar te maak.Die insident bring dit baie duidelik tuis waarom die gebruik van gif vir roofdierbeheer eenvoudig nie aanvaarbaar is nie.

Aasvoëls in hul massas vernietig

TSWELOPELE, ‘N nuwe gemeenskapsplaas, naby die dorp Magaliesburg, wes van Johannesburg, wat in Mei 2012 geloods is, het onlangs die eerste oes van hulle drie hektaar grond afgehaal en dit was ‘n reuse sukses!In ‘n toetslopie van wat nog sal kom, het die gemeenskapsplaas teen Desember 2012 honderde hoenders geproduseer en 11 000 koppe kool ge-oes op net een kwart van die bewerkbare grond op die plaas!“Ek dink ons het sekerlik die toets met vlieënde vaandels geslaag,” het Kopana Lebethe van Kops Kommunikasie & Projekte gesê.Hulle produkte is opgeraap deur die Johannesburgse Varsproduktemark, terwyl ‘n gedeelte van die oes eenkant gesit is vir instansies betrokke by die projek, soos die nabygeleë Bekker Skool. Die skool het die grond aan die gemeenskap geskenk.Lebethe het verduidelik hoedat die inkomste uit die verkope gebruik sal word om die boerdery uit te brei. “Met die eerste suksesvolle oes agter ons, weet ons nou wat om te doen. Hiervandaan gaan ons na drie bykomende landerye uitbrei,” het hy gesê.Op een van die vier groot landerye, word ‘n kwart van die grond

eenkant gesit en beskikbaar gemaak vir die 55 families (250 mense) wat in die gemeenskap woon. Elk sal 16m2 hê waarop hulle kos kan produseer. Dit verseker dat elke persoon wat deel is van die plaas eienaarskap het en aktief bydra tot die groter produksie van die plaas. “Ons is in die proses om saailinge vir die volgende oes aan te koop en dit sal nog 15 000 kopkole produseer. Ons het ook planne om uit te brei na die produsering van vyf ander gewasse; beet, wortels, patats en spinasie,” het Lebethe gesê.Soos die plaas vorder na volle funksionering, voorspel Lebethe dat soortgelyke inisiatiewe bygevoeg sal word deur die gemeenskap. Die projek word ook ondersteun deur Mutual & Federal om aanvanklike oorhoofse kostes te dek en om die gemeenskap op te hef. Volgens die resultate van die eerste oes is dit geld wat goed gespandeer is. Soos wat die produksie toeneem, sal die ondersteuning minder raak, maar tans dien dit as ‘n buffer teen probleme, soos peste wat ‘n hele oes kan uitwis.

So by my kool – die plasie produseer!

Foto deur - Google - Gemeenskapslede plant koolsaailinge aan vir die volgende oes op Tswelopele.

Foto deur - Google - die manjifieke Kaapse Aasvoel - sal die mens se onnadenkende optrede daartoe lei dat ons kinders die skaars voël eendag net op fotos kan besigtig?

Foto deur - Google - ‘n inheemse malva (pelargonium) wat in die Simonsberg bewaringsarea voorkom.

Landelike gemeenskapsplaas se eerste oes voed honderde

Page 15: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

VELD NUUS

15

DAAR IS baie dinge wat my dikwels diep gesteurd en met ‘n soort innerlike ongerustheid laat. Een van die grootste oorsake hiervan vir my is wanneer ek iemand teëkom wat normaalweg ‘n normale gebalanseerde persoon is, maar wat te veel gedrink het en in die proses tydelik al hul waardigheid verloor het. Veral wanneer die persoon ‘n gereelde swaar drinker is en teen die tyd wat hy/sy weer sober is, totaal en al nie kan onthou wat hulle gedoen en gesê het en hoe hulle opgetree het toe hulle onder die invloed van alkohol was nie – dis nou Maandag-oggend en ek kan onthou wat gebeur het en dit laat my geweldig ongemaklik voel en so asof jy nie regtig die ware persoon ken nie.

Alkoholmisbruik is ‘n geweldig probleem in ons land. 130 mense sterf daagliks in Suid Afrika as gevolg van alkohol en tussen 30 en 40% van Suid Afrikaners word as roekelose drinkers, met ander woorde, misbruikers van alkohol, beskou. Alkoholmisbruik is verantwoordelik vir amper die helfte van alle motorongelukke in ons land. Hierdie misbruik van alkohol is ‘n geweldige sosiale en ekonomiese probleem. Daar is diegene wat redeneer dat die alkoholbedryf ook vir baie mense werk verskaf, en dit is reg – die ekonomiese voordele van die alkoholbedryf is R93 biljoen in Suid Afrika..maar die kostes van alkoholmisbruik as gevolg van afwesigheid by werk, misdaad, beserings en ongelukke is R220 biljoen per jaar. Alkoholmisbruik kos ons land dus baie, baie meer as wat dit inbring.

Behalwe die geweldige gesinsprobleme wat dit veroorsaak, bedreig dit ook ons jeug. Studies bewys dat mense wat voor die ouderdom van 15 jaar begin drink, vier keer groter kans staan om uiteindelik in alkoholisme te verval. En dit is die ouderdomsgroep 18 – 22 in ons land wat die swaarste alkohol misbruik. Behalwe dit, is daar die welbekende FAS –babas. FAS staan vir Fetale Alkohol Sindroom en babas word reeds in die baarmoeder aangetas as die moeder ‘n swaar drinker is. Babas van sulke moeders het duidelik uitkenbare

gelaatstrekke, soos die gladde bolip sonder die kupido-bogie, smaller oë en dun bolip. Maar dis die ander skade wat dit so verskriklik maak. FAS babas se breinstruktuur word permanent verander , die sentrale senuweestelsel word beskadig en dit alles lei tot ‘n swak geheue, impulsiewe optrede, onvermoë on logies te redeneer en dikwels tot algehele verstandelike gestremdheid.

122 uit elke 1000 Graad 1 leerders in die Noord Kaapse dorp van De Aar het FAS – die hoogste voorkoms van FAS in die wêreld.

Volgens navorsing wat in Mei 2008 gedoen is, het 20% van 14 jarige seuns en amper die helfte van 17 jarige seuns in die maand voor die opname gedoen is, alkohol gedrink. Die syfer onder dogters hiervoor was 18% van 14 jaar oue meisies en 35% van 17 jaar oue meisies.

Wat kan ons hieromtrent doen? Die belangrikste ding om te onthou is dat mense met alkoholprobleme ons hulp nodig het en nie ons veroordeling nie. Dit is egter ook belangrik dat ‘n persoon met so ‘n probleem nie gehelp kan word voordat hulle erken hulle het ‘n probleem nie. Wat baie kan help is as die persoon ‘n Alkoholiste Anoniem vergadering kan bywoon, selfs al drink die persoon nog. Alkoholiste Anoniem (AA) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat alle gelowe, geslagte en bevolkingsgroepe verwelkom en bestaan uit alkoholiste wat deur die 12-stap program van die organisasie sober geraak het. Omdat die lede van AA self almal alkoholprobleme gehad het, weet hulle eerstehands wat die probleme en uitdagings is en kan ‘n mede-alkoholis ondersteun en raadgee. Skakel hulle nasionale hulplyn deur die volgende in jou foon in te tik, as jy oor ‘n selfoon beskik, 0861 HELP AA (435-722)* of skakel hulle Wes-Kaap kantoor by 021-418 0908 en vind uit waar hulle naaste vergadering is. Indien daar nie ‘n gereelde vergadering is nie, sal AA een van hulle lede kontak om die persoon wat ‘n probleem het te besoek of in aanraking mee te

kom.

Sommige mediese fondse dek ook die behandeling van alkohlisme. Indien die persoon wat ‘n alkoholprobleem het nie ‘n mediese fonds het nie, kan hulle hul naaste kliniek kontak vir hulp vir behandeling. Die staat bied hierdie diens aan mense wat andersins nie behandeling kan bekostig nie.

Daar is ook ‘n paar rehabilitasie sentrums in die Noord-Kaap en relatief nabygeleë in die Wes-Kaap. Hier is ‘n paar kontakbesonderhede vir van die sentrums.

Nieuwefontein Bemagtigings SentrumTel: 079 519 9320

Kimberley Hospitaal Rehabilitasie Sentrum053 – 832 7082

Resilia Kliniek, Upington0876 250 260

Namaqua Treatment Centre, Lutzville027-2171144

foto deur ©Google - Jonk en dronk - en weerloos op straat, enige iets kan met haar gebeur. Alkoholmis-bruik verwoes lewens en ons jongmense is veral kwesbaar..

foto deur ©CSA - CSA personeel. Arthur Cloete, Ronnie Newman en Rouchet Daniels, saam met die leerlinge van Concordia laerskool en die herwinningshouers wat die skool van WESSA gekry het.

Onder die prop...Alkoholmisbruik se vernietigende uitwerking

Vanaf 20 – 22 Augustus het Conservation South Africa (CSA) in samewerking met die Wild en Omgewings Vereniging van Suid Afrika ( WESSA) en die Departement van Omgewingsake en Natuurbewaring (DENC) het onlangs plaaslike skole besoek. WESSA is ‘n Suid Afrikaanse omgewings-organisasie wat streef om omgewings- en bewaringsprojekte te implementeer wat ‘n hoë impak het en wat gemeenskapsdeelname in die beskerming van die aarde en sy bronne bevorder. WESSA is al vir 87 jaar aan die gang en het ‘n goeie rekord vir die lewering van menslike kapasiteit ontwikkeling projekte. ‘n Groot deel van hul sukses skryf hulle toe aan die feit dat hulle nou saam met vennote werk. Hul fokus veral op die handhawsing van volhoubare lewensstyle en goeie omgewingsbestuur. Kritiese ekosisteemdienste wat noodsaaklik is vir die die voortbestaan van lewe, soos water, energie en biodiversiteit.Delana Eksteen van Wessa het vir 3 dae saam met CSA en DENC na 7 verskillende ekoskole gegaan om die leerders te leer van herwinning, hergebruik en alternatiewe energie met die doel om opvoeding in die Eko Skole te bemagtig in kwessies soos Afvalbestuur en Klimaatstegnologie..Dag een het afgeskop met ‘n besoek aan Concordia Primêre Skool waar Rouchet Daniels en Arthur Cloete van CSA en Monique Fortuin van DENC saam met

Delana die skool gaan besoek het. Direk daarna het hulle vertrek na Okiep Primêre Skool waar hulle dieselfde inligtingsessie vir die leerders en ook belangstellende onderwysers aangebied het. Op dag twee het Morne Farmer van DENC vir Arthur en Delana na Steinkopf se Ferdinand Brecher- en ook na Nababeep se St Cyprians skole vergesel. Die laaste dag het ek die eer gehad om Arthur en Delana na Nourivier Primêr en Garies Hoër- en Laerskool te vergesel.Vir die hele week was die program by al die skole dieselfde. Delana het aan die leerders verduidelik wat herwinning is asook wat hergebruik is. Sy het demonstrasies gedoen oor verskeie maniere om afvalstowwe soos plastiek en glas te herwin. Die kinders was veral opgewonde toe sy wys hoe om ‘n glasbottel te sny en baie het ge-oe en aaah terwyl sy besig was met haar demonstrasies. Verskeie van haar ander voorstelle, soos ‘n beursie van ‘n leë vrugtesapkartonhouertjie of ‘n leë tweeliter melkbottel wat jy ook in ‘n beursie kan omskep, het baie reaksie gelok. Die kinders was verstom en half skepties oor die “Wondersak” wat WESSA vir elke skool geskenk het. Die wondersak is ‘n sak wat kan gebruik word om kos te kook. Jy kook byvoorbeeld ‘n pot rys vir 10 minute op hoë hitte dan haal jy dit af en sit die kokende pot in die sak. Daarna kan jy maar jou stoof afsit en oor ‘n tydjie is jou kos klaar. Haar ander vindingryke

idees sluit in ‘n sonoond wat gemaak is van ‘n kartonboks wat swart geverf is aan die buitekant en die binnekant van die boks is met aliminiumfoelie of ‘n material wat die son se strale kan weerkaats, bedek. Daarna plaas jy ‘n plastiekdeksel oor die boks en daar het jy ‘n oond wat jy op enige warm somersdag kan gebruik.CSA het ook op hul beurt vir elke skool ‘n sonkraglantern gegee en demonstrasies aangebied. Nourivier Primêr het ook sonkragligte gekry. Die reaksie van die kinders en onderwysers was oral dieselfde en hulle het dit baie interesant gevind en wil graag soortgelyke projekte begin.

Eko-Skole besoek wek opwinding by leerders

Page 16: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

VELD NUUS

16

DIE MONGOLIESE-Mansjoeriese grasvelde, oftewel steppe, naby China, is menige veeboer se droom. Geil groen gras groei weelderig daar oor ‘n area van 887 300 vierkante kilometer. Derduisende veeboere met letterlik miljoene stuks vee, maak ‘n lewe in die gebied. Die area het ook ‘n ryk verskeidenheid van lewe, met 426 voëlspesies, 22 reptiel spesies, 3000 insekspesies en 136 spesies soogdiere. Laasgenoemde sluit in die uiters bedreigde Przewalski se wildeperd, gryswolwe en marmotte asook ‘n unieke krimpvarkie. Ses van die wêreld se 13 kraanvoëlspesies kom ook hier voor.In die lente het die steppe, net soos Namakwaland, ‘n asemrowende blommetyd. Van die meer as 4000 spesies wat daar groei, het ‘n enorme 845 medisinale waarde. Meet as ‘n 1000 van die spesies is vreetbaar en vorm die hoeksteen van die groot veeboerdery daar. Sommige plantspesies wat daar groei is van lyne wat al vir miljoene jare bestaan. Die steppe boere het selfs, net soos die Namakwalanders, hul eie tipe “matjieshut” wat ‘n yurt genoem word en wat ook opgebreek kan word om maklik vervoer te word – dit word net oorgehang met dik materiaal omdat dit so ontsettend koud daar word. Die Mongoliese steppe boere is ook bekend vir hul vaardighede op ‘n perd se rug.

In groot gedeeltes van die steppe is van die mees beeldskone en wildste plekke wat nog op aarde oor is. Nou is baie van die area egter onder gevaar, as gevolg van oorbeweiding. Mongolië se veeboere volg ook die eeue-oue tradisie van nomadiese veeboerdery. Tot nie so lank gelede nie, was die veeboerdery in totale harmonie met die omgewing. Mongolië het die laagste bevolkingsyfer in die wêreld en die boere het baie, maar nie te veel, vee aangehou nie.

Nou wys ‘n studie wat na die veeboerdery in die besonderse area gedoen is dat veegetalle sedert 1990 feitlik verdubbel het. Sattelietfotos, wat as deel van die studie geneem is, wys dat 12% van die biomassa (biomassa is die totaal van alle plantmateriaal) verdwyn het. 70% van die grasvelde word nou beskou as erg beskadig. Die studie wys dat

oorbeweiding verantwoordelik is vir 80% van die verlies aan plantegroei. Tesame met verminderede reënval as gevolg van klimaatsverandering, is die oorbeweiding besig om groot dele van die steppe in woestyn te omskep. Met die groot Gobi woestyn net langsaan die steppe, skep die verlies aan plantemateriaal die ideale toestande vir die woestynsande om oor die steppe te kruip en die situasie nog verder te vererger. Nog ‘ n faktor wat ‘n rol gespeel het, is dat baie mense wat voorheen vaste werk gehad het, hul werk verloor het as gevolg van die swak ekonomie – die mense het vee aangeskaf en in die gemeenskaplike boerdery-areas van Mongolië gaan boer om ‘n lewe te maak. Dit klink bekend, want dieselfde is besig om in Namakwaland te gebeur, waar die afskaal van die myne veroorsaak dat baie mense wat hul werk daar verloor het, vee aankoop en na die meent trek om daar te gaan boer. En net soos die Mongoliese steppe, staar Namakwaland ook verminderde reënval en warmer somers in die gesig.

Daar is tans 45 miljoen stuks vee in die Mongoliese steppe en hierdie wonderbaarlike ekosisteem wat water, weiding en medisinale plante vir die inwoners van die streek bied, kan eenvoudig nie hierdie tipe druk weerstaan nie. Baie van die spesiale spesies wat daar woon, word ook ge-affekteer deur hierdie oorbeweiding en gevolglike verwoestyning. Met die laagste bevolking in die wêreld vir die grootte van die area, wil dit ook voorkom asof baie van die boere nie meer net boer om ‘n goeie lewe te maak nie, maar gierig geraak het en troppe van duisende vee aanhou.

Aan die einde van die dag is die steppe net soos enige ander natuurlike gebied in die wêreld – dit kan nie bloed uit ‘n klip tap nie – daar is net soveel bronne soos weiding en water en nie ‘n gram of milliliter meer nie. Die veld kan nét soveel, en niks meer, diere dra. Dit kan net soveel brand en omploeg verdra en nie meer nie. In veeboerdery areas is die veld die lewensbloed van die mense wat ‘n bestaan daar moet maak – sonder gesonde veld sal die boerdery mettertyd agteruitgaan en wanneer die skade groot genoeg is, in ‘n woestyn verander.

Dit is besig om in Mongolië te gebeur. En dit kan by ons ook gebeur, as ons nie ons ekosisteem verstaan nie en dan die regte boerderymetodes toepas om te verseker ons behou die balans waar die stelsel kan funksioneer teen ‘n vlak wat sal verseker ons en al ons nageslagte wat wil boer, kan ook daar ‘n lewe maak.

Ameth Diagne was vas aan die slaap toe die eerste golwe lek-lek aan sy agterdeur “My huis was twee kilometer van die see af. Ek kon groente hier kweek, want daar was vars water wat van die rivier af kom” het Diagne gesê. Nou is Diagne se huis oorgeneem deur die water van die Atlantiese Oseaan. Diagne woon in die klein dorpie Doun Babe Dieye, in Senekal, Wes Afrika. Die dorpie is besig om bietjie vir bietjie onder die see te verdwyn as gevolg an klimaatsverandering. Diagne en die 760 ander inwoners van die dorpie het altyd hulle lewe gemaak deur harders, sardyne en tilapia, wat hou in die wortels van die mangrove bome wat in die vlak seewater groei, maar sedert die sout seewater die Senekal rivier begin indring het, het die visse ook die wyk geneem.Doun Babe Dieye is geleë in die archipelago in die mond van die Senekalrivier, op ‘n klein area tussen die rivier en die see, en staan bekend as die “Venisië van Afrika”. “Dit was ‘n pragtige dorpie, met baie groen plante oral. Ek is hartseer omdat ek nie meer ‘n lewe van visvangste kan maak nie. Die lewe was eers baie eenvoudiger. Nou kan ek nie my kinders leer wat my voorvaders my geleer het nie – die kennis van die see, visvangs, die plante en diere wat hier teen die kus voorgekom het nie,” sê Diagne, een van die 40 gesinne wat die area moes verlaat nadat die see laasjaar hul woonbuurt oorspoel het.Die area word geteister deur meer en meer vloede as gevolg van hoër reënval en ‘n stygende seevlak. Wetenskaplikes reken dit word deur klimaatsverandering veroorsaak. Met ‘n groeiende populasie, word twee derdes van die bevolking blootgestel aan vloede. Vir die 70% van die bevolking wat in

die arm gebiede woon, is dit nie goeie nuus nie.Die stadsvaders van die gebied moet nou koppe bymekaar sit om ‘n oplossing te vind en, soos Venisië, te probeer om die stygende waters te bestuur op ‘n manier wat dit voordeel vir die inwoners kan bring. Die storie van Doun Babe Dieye is op ons eie vasteland, in relatiewe terme nie so ver van waar ons bly nie en wys ons dat klimaatsverandering werklike impakte het op mense se lewens. Hou gouer ons meer leer omtrent klimaatsverandering en hoe om dit die hoof te bied, en hoe gouer besluitnemers klimaatsverandering integreer in hul daaglikse beplanning vir alles wat mense raak, hoe beter sal dit vir ons wees wanneer die regtige swaar impakte begin.

Oorbeweiding verwoestyn Mongoliese weivelde

Foto deur Google - Die prentjie, van wuiwende groen grasvelde wat uitstekende weiding vir vee is, raak al hoe skaarser as gevolg van oorbeweiding deur die 45 miljoen stuks skaap wat daar aangehou word.

Foto deur Google - Verwoestyning in die Mongoliese steppe is besig om groot areas te verwoes en die grootste oorsaak hiervan is oorbeweiding.

Klimaatsverandering besig om “Venisië van Afrika” te verdrink

Blomme ingespan teen wolluise

NAVORSERS VAN die Washington Staatsuniversiteit het uitgevind hulle kan een van vrugteboere se mees gevreesde peste, wolluise, beheer met ‘n blom. Die Alyssum, of heuningblom, is ‘n gedugte wapen teen die pes, maar goedkoop vir die boer om aan te plant en doen geen skade aan die omgewing nie.Die Alyssum is ‘n gewone tuinplant wat geredelik by kwekerye, ook in Suid-Afrika, beskikbaar is. Dit is nie die Alyssum self wat die wolluise verdryf nie, dit werk so: waar Alyssum aangeplant is, lok dit spesifiek die tipe spinnekoppe wat wolluise vreet. “Die resultate was ongelooflik,” het Lessando Gontijo, wat die navorsingprojek gelei het, gesê, “Na slegs een week was die digtheid van wolluise merkbaar minder op die bome wat langs die aangeplante blomme gegroei het, vergeleke met die wat nie blomme langs

Foto deur Google - Beddings heuningblommetjies, oftewel Alyssum, word tussen appelbome geplant om

wolluise in die boord te beveg.

Page 17: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

KLIMAAT NUUS

17

ROU MATERIALE, soos ystererts, olie en hout is noodsaaklik vir die ekonomiese groei van enige land. Maar hoeveel rou materiaal gebruik die wêreld se ontwikkelde lande werklik en wat is die impak daarvan – dit is waarna ‘n onlangse omvattende studie gekyk het. Die resultaat van die studie, onderneem deur navorsers van die Universiteite van Nieu Suid-Wallis, Sydney, Kalifornië en Santa Barbara is op 3 September 2013 gepubliseer, en verskaf meer akkurate inligting oor roumateriaal verbruik as ooit voorheen.Deur ‘n nuwe modellerings metode te gebruik, kon navorsers die vloei van rou materiale oor die hele wêreld ekonomie karteer. 186 lande is gedek in die studie. Een ding het veral duidelik geraak met die resultate van die studie – die teorie wat voorheen gehuldig is dat ekonomiese groei in baie gevalle van die gebruik van rou material “ontkoppel” kan word, hou nie water nie. Nog ‘n teorie wat geval het is die een dat hoe meer welvarend ‘n land word, hoe minder rou materiale het hy nodig – dit is beslis nie noodwendig die geval nie.Die hoofskrywer van die studie, Tommy Wiedman, het die volgende te sê gehad: “Die mensdom gebruik nou rou materiale teen ‘n vlak wat nog nooit voorheen gesien is nie en hierdie hoë verbruik gaan noemenswaardige impakte hê op die wêreld se natuurlike omgewing, grondgebruik, klimaat en water. Nou, meer as ooit, sien ons dat ontwikkelde lande staatmaak op internasionale handel om hul rou materiale te bekom, maar ook dat die werklike fisiese hoeveelheid rou materiale by verre minder is as die aanvraag daarvoor.” Hy het ook gesê dat die huidige aanwysers wat vir roumateriaal verbruik

gebruik word, nie in staat is om die ware omvang daarvan uit te wys nie. Gedurende 2008 was die totale hoeveelheid rou materiale wat wêreldwyd ontgin is 70 biljoen metrieke tonne. 10 biljoen ton hiervan is verhandel. Dit was nie so verbasend nie, maar wat met die nuwe studiemetode vorendag gekom het is dat die roumateriale wat benodig was om die ontgin, te prosesseer en uit te voer, was drie maal soveel, 29 biljoen ton, as die 10 biljoen ton wat verhandel is.Die aanvraag na rou materiale word natuurlik deur baie dinge gedryf: winsbejag, meer mense wat meer dinge wil hê, ‘n groter bevolking wat behuising en allerhande ander materiale nodig het en so meer. Elke dingetjie wat ons koop, moes êrens ontgin word. Dit is ‘n goeie idee om te kyk of ons regtig daardie nuwe item nodig het – die wêreld gebruik te veel rou materiale en dit affekteer ons op allerhande maniere, soos besoedeling van die lug en water, die vernietiging van natuurlike areas en die uitputting van ons kosbare bronne, baie waarvan nie-hernubaar is nie.

NAMAKWALAND HET baie inheemse plante en insekte, maar nie so baie diere wat net in Namakwaland, en nêrens anders, voorkom nie. Die meeste diere wat hier voorkom, word elders in Suid Afrika, Afrika en selfs in Europa, ook aangetref. Tog is die diere eie aan Namakwaland, en vorm deel van ons spesiale ekosisteem. Baie van die diere is ook naglewend en om hierdie rede sien mens hul nie geredelik nie. Daar is baie Namakwalanders wat oud geword het en nog nooit ‘n xhie of erdvark lewendig gesien het nie. Al die diere is spesiaal en verdien om waardeer te word, want ons landskap sal soveel armer wees as hierdie diere nie meer hul spore daar los nie.In die volgende paar uitgawes van Die Veepos, gaan ons elke keer drie Namakwalandse diere ‘n bietjie blootstelling gee. Ons spring weg met die aardwolf, groukat en muskeljaatkat.

DIE MUSKELJAATKAT wat in Namakwaland voorkom, die Kleinkol Muskeljaatkat, Genetta genetta, word dwarsdeur Afrika aangetref, asook in dele van die Middel Ooste, Spanje, Portugal en selfs Frankryk. ‘n Wyd dus ‘n verspreide spesie. Daar word gereken dat daar soveel as 30 subspesies van die muskeljaatkat bestaan.Die mooi dier met die kenmerkende kolle, is sku en naglewend en hou van habitat wat rotsagtig is met digte bosse. Dit het ‘n liggrys pels met swart kolle en ‘n lang gestreepte stert. Soos alle muskeljaatkatte, het die dier ‘n kleinerige kop met groot ore en oë. Die bene is kort met kloue wat kan intrek. Mannetjies is groter as wyfies en die jong muskeljaatkat is donkerder grys as die volwassenes.Muskeljaatkatte se dieet bestaan uit klein soogdiere, akkedisse, paddas, insekte en selfs wilde veldvrugte. Muskeljaatkatte is nie regtig katte nie, maar, soos katte, kan hulle goed boomklim en dood hul hul prooi deur dit aan die nek te byt. Omdat hulle klein soogdiere, soos muise, as prooi verkies, asook insekte, is muskeljaatkatte baie nuttig om spesies wat potensieel in peste kan ontaard, in toom te hou.

DIE GROUKAT, Felis silvestris lybica, ook bekend as die Afrika Wildekat, kom voor dwarsoor Afrika en sover as die Arabiese skiereiland en die Kaspiese See. Die pels van die groukat is ‘n ligte sanderige kleur, soms met ‘n ligte geel of rooierige skynsel. Sommige huiskatte lyk baie na groukatte, en om die waarheid te sê, is huiskatte een van die grootste bedreigings vir die voortbestaan van die spesie. Huiskatte paar met groukatte en so word die spesie se integriteit bedreig en die voorkoms van katte wat half-huiskat, half-groukat is, neem toe en die vrees is dat dit uiteindelik sal veroorsaak dat die werklike, suiwer groukat al hoe minder raak. Groukatte is ongeveer 40 – 60 cm lank, met ‘n stert wat tussen 25 – 32 cm lank is en die katte se gewig wissel van 3.2 kg tot 4.5 kg. Die mooi katte se dieet bestaan uit muise, rotte en ander klein soogdiere. As die geleentheid dit voordoen, sal die kat ook kleiner voëls, reptiele, paddas en insekte vreet. Wanneer die groukat gekonfronteer word, lig die kat sy hare en kan tot twee keer groter lyk as wat dit werklik is. Wyfies gee gewoonlik in die wintermaande geboorte aan twee tot ses klein katjies in gate in die grond. Die kleintjies bly vyf na ses maande by hulle ma.

Rou materiaalverbruik baie meer as voorheen gedink

Muskeljaatkat Groukat Aardwolf

Diere van Namakwaland

Blomme ingespan teen wolluise vvlg van bl 16hulle het nie en die verskil is volgehou vvlg op bl 17.vir verskeie weke.”Die navorsers het 6 blomspesies uitgesoek en getoets, onder andere gousblomme en jakob-regoppe. Hulle het dopgehou watter van die blomme trek die meeste swewende vliegies, of sirfiede, aan, want die larwes van die vliegies vreet ook wolluise. Die Alyssum was die een wat by verre die meeste vliegies aangetrek het, waar hulle voedsel kry in die vorm van stuifmeel en nektar en waar hulle dan ook hulle eiertjies lê.Alhoewel die vliegies natuurlik ‘n verskil maak, het dit nie vir die wetenskaplikes gelyk of hulle alleen so ‘n groot verandering kan meebring soos wat hulle in die eksperiment gesien het nie. Met verdere ondersoek het dit toe geblyk dat die “geheime agente” wat verantwoordelik is vir die afname in wolluise op die appelbome, waarmee ge-eksperimenteer is, verskeie ander insek- en spinnekop-spesies is.En dis al hierdie spesies saam wat daartoe lei dat wolluise baie minder is in die areas waar Alyssum geplant word.Die implikasies van die

ontdekking is dat boere wat Alyssum in hul boorde aanplant, baie minder tyd aan pesbeheer hoef te spandeer, dat hulle minder geld op gifstowwe hoef te spandeer, dat werkers in die boorde minder aan gif blootgestel word, dat daar minder impakte op die natuur is en natuurlik – meer appels wat nie deur wolluise beskadig word nie, beteken meer geld in die boer se sak! Selfs as jy net ‘n klein groentetuin by die huis het en las het van wolluise, kan jy dalk ‘n paar Alyssums hier en daar tussen die groente plant om die spinnekoppie te lok wat die luise vreet.Hierdie ontdekking is ‘n uitstekende voorbeeld van hoe die natuurlike omgewing ons kan help om beter te boer, meer produksie te lewer en terselfdertyd meer omgewingsvriendelik te boer. Daar word jaarliks verskeie sulke ontdekkings gemaak en daarom is dit so belangrik dat ons die natuurlike omgewing bewaar – want ons weet eenvoudig nie hoe baie sulke ontdekkings daar nog gemaak sal word nie, wat tot ons voordeel en die voordeel van die omgewing

DIE AARDWOLF, ook bekend as maanhaarjakkals of xhie, is nie ‘n wolf nie en ook nie ‘n jakkals nie, maar is naaste familie van ‘n hiëna. Die spesienaam is Prostele cristata. Die aardwolf jag glad nie groot soogdiere nie en eet feitlik nooit vleis nie, maar leef meestal van insekte, veral rysmiere – een aardwolf kan tot 200 000 rysmiere in ‘n enkele nag vreet! Aardwolwe sal ook van tyd tot tyd aas van dooie diere vreet en hou dus die veld vry te hou van karkasse waar siektes kan broei.

Aardwolwe het ‘n pels van gelerige hare, met strepe op. Een van die kenmerke van die dier is die digte, lang maanhaar, wat die dier oprys wanneer dit in gevaar is. Die dier staan 40 na 50 cm hoog en weeg tussen 9 en 14 kg. Een tot vyf kleintjies word in die herfs of lente gebore.

Landbou, veral die gebruik van gif deur boere asook die vernietiging van die diere se habitat, plaas ook druk op aardwolf bevolkings. Daar bestaan ook ‘n wanpersepsie onder sommige boere dat aardwolwe skaapvang, maar die aardwolf is letterlik nie in staat om ‘n skaap dood te byt nie, die kakebeen is te swak en die kiestande is baie klein.klein.

Page 18: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

VELD NUUS

18

BEVERLY MCGUIRE het die waarskuwingstekens gesien lank voor die dorp se waterbron opgedroog het: sand in die toiletbak, die spoegende kraan wat meer lug as water in het en ‘n pomp wat oortyd werk, maar al hoe minder water pomp. Dit het haar nog steeds nie heeltemal voorberei vir die aand toe sy die kraan opdraai en besef die klein dorpie waar sy al vir 35 jaar lank woon, het nie meer water nie.“Die dag wat ons water opgeraak het, het ek my kraan oopgedraai en daar was niks nie en toe het ek geweet dit is verby vir Barnhart (die dorp in Texas waar sy woon),” het McGuire gesê terwyl sy trane terughou. “Ek het net gesê: : Liewe Vader, help ons.” Dit was die eerste gedagte wat in my kop gekom het.Dwarsoor die Suidweste van Amerika, is inwoners van klein gemeenskappe soos Barnhart, besig om die realiteit dat iets so basies soos lopende water, soos die oopdraai van ‘n kraan, nie langer as vanselfsprekend geneem kan word nie.Drie jaar van droogte, dekades van te veel water gebruik en nou die oliebedryf se enorme vereistes vir water vir hidrobreking, oftewel “fracking”, is besig om opgaardamme leeg te maak en ondergrondse water teen ‘n genadelose pas op te suig. By dit alles, vererger klimaatsverandering alles nog meer.In Texas alleen word daar geskat dat 30 gemeenskappe teen die einde van die jaar sonder water sal wees. Amper 15 miljoen mense lewe onder een of ander vorm van water rantsoenering. In Barnhart se geval blyk dit dat die waterbronne opgedroog het as gevolg van die water wat ontgin is vir hidrobreking. Hidrobreking is ‘n metode om natuurlike aardgas en olie te myn deur water onder hoë druk in klein krake in ondergrondse rotse te pomp en so die rotse te kraak. Die water word dan uitgepomp en sand ingepomp om die krake oop te hou sodat die gas, of olie, makliker ontgin kan word. By ons in Suid Afrika, word hidrobreking ook beplan in ‘n area wat

onder ander vir sy waterskaarste bekend staan, die Karoo.Behalwe die hidrobreking, sit Barnhart ook in die middel van ‘n olieryke area. McGuire sê dat sy van haar stoep af nege oliebore kan sien en ‘n hele dorp vol karavane waar olieboorwerkers bly, het buite die dorp opgespring. Twee jaar na die olieboordery begin het, het die put op die McGuire eiendom opgedroog.Op daardie stadium het niemand in Barnhart regtig notisie geneen nie, en McGuire self het haar water eenvoudig net van die dorp gekry en nie meer van haar eie put nie. “Toe het ons almal gesê dat dit nou maar jammer is, maar dit is soos dit is, maar nou is alle water besig om op te droog,” sê McGuire. Beesboere in die omgewing moet nou hulle boerdery staak en katoenboere verloor tot die helfte van hulle oeste. “Die ekstra verbruik van water deur die olie- en gasmyne maak dit onmoontlik vir boere om hul vee genoeg water te gee,” sê Buck Owens, ‘n plaaslike veeboer. Owens het in beter jare met 500 bees en 8000 bokke op sy 7700 hektaar gehuurde grond geboer. Die tekort aan water het hom gedwing om sy vee te verminder tot op die punt waar hy nou slegs ‘n paar honderd bokke kan aanhou. Owens sê die droogte het beslis ‘n rol gespeel, maar dat die 104 waterputse wat op sy plaas gesink is om die oliebore van water te voorsien, die finale strooi op die kameel se rug was. “Hulle suig al die water uit die grond uit en daar is honderde vragmotors wat elke dag vars water uit die putse na die olieveld aanry,” sê Owens.Selfs op die toppunt van die droogte, het die oliebedryf nie opgehou om enorme hoeveelhede water te onttrek nie. Die myn het water gekoop by enige een wat dit gehad het en boere, wat slegs aan die korttermyn voordele – die kontant vir die water – gedink het, het groot hoeveelhede van hul water aan die olieveld verkoop. Nou is dit te laat vir Barnhart en die ander 29 gemeenskappe in Texas. Glenda Kuykendall, ‘n plaaslike

inwoner sê“Om een olieput te hidrobreek neem soveel water as wat die hele dorp in een dag gebruik.”Om dit alles te kroon het die area in die Weste van Texas oor die afgelope paar jare toenemende warmer temperature en al hoe meer hittegolwe ondervind as gevolg van klimaatsverandering. Dit het veroorsaak dat ondergrondse water vinniger opdroog. Regoor die area moet mense groot kostes aangaan en baie moeite doen om water te kry. Sommige dorpe moet nou water van honderde kilometers verder laat aanry, teen enorme koste. Sommige van die groter dorpe kan bekostig om dit te doen, maar vir die kleiner dorpies, soos Barnhart, is dit nie moontlik nie. Olie, en enige ander roumateriaal wat ontgin word, is belangrik vir ‘n land se ekonomie, maar an die einde van die dag kan selfs al die rykdom van die miljoene dollars wat in die area ingevloei het as gevolg van die ontginning van olie, nie ‘n druppel van die water wat gebruik is, terugbring nie. Was dit die moeite werd? Jy kan immers nie geld drink nie.

‘N SPLINTERNUWE soor skeerbekmuis is onlangs in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontdek. Die skeerbekmuis se besonderse ruggraat formasie maak hom geweldig sterk vir sy grootte en hy is ook besonder vreesloos. As gevolg van die karaktertrekke, het die wentenskaplikes wat die nuwe spesie, Scutisorex thori, ontdek het, die skeerbekmuis die “Heldhaftige Skeerbekmuis” gedoop!Die dapper skeerbekmuis se ruggraat het werwels wat op ‘n unieke manier in mekaar skakel, het minder werwels in die laer-rug en die ribbes is platter. Soos op die foto hierby, lyk dit amper of die rugwerwels in mekaar “gebrei” is en wetenskaplikes sê dat dit ‘n ruggraat van staal is – die sterkste in die natuurlike wêreld! Bill Stanley, van die Veldmuseum vir Natuurlike Geskiedenis in Chicago in die Verenigde State sê dat die unieke ruggraat van die Heldhaftige Skeerbekmuis die diertjie in staat stel om onder klippe in the kruip om kos te soek en om die klippe letterlik weg te druk. Die platterige ribbes stel ook die skeerbekmuis in staat om in nou skeure in te gaan om kos te vind of om weg te kom van roofdiere af.In vergeleke met die skeerbekmuis se liggaamsgrootte, is die krag

van die dier vier maal groter as wat jy normaalweg in so ‘n grootte wesentjie sal aantref. In die Kongo, waar die skeerbekmuis voorkom, is die krag en moed van die diertjie legendaries en krygers dra die beendere van die skeerbekmuis as ‘n gelukbringer wanneer hulle oorlog toe gaan, want hulle glo dit maak hulle onaantasbaar vir die vyand.Die besonderese vorm van ruggraat laat die wetenskaplikes ook dink dat die Heldhaftige Skeerbekmuis ‘n oorgangsfase is tussen primitiewe skeerbekmuise, waarvan nog net die fossiele oor is en die meer moderne spesies. Die klein held leer ons dus ook meer van evolusie en hoe dinge in die natuurlike wêreld aanpas by veranderede omstandighede.Bill Stanley sê dat die ontdekking van die Heldhaftige Skeerbekmuis vir ons wys dat ons by verre nog nie alles ontdek het in die natuurlike wêreld nie. Daarom is dit so belangrik dat ons soveel natuurlike areas as moontlik in een stuk hou, want wie weet watter natuurlike skatte wag daar nog om ontdek te word?

LELIEFONTEIN HET ‘n ryke geskiedenis. Hierdie is die oudste sendingstasie in Namakwaland en dateer terug na 1816 toe Eerwaarde Barnabas Shaw toegelaat is om hier onder die Namakwas te werk op ‘n plaas wat deur Lord Cathcard aan hulle geleen is. Die kerkie is in 1855 voltooi in Neo-Gotiese styl. Die kerk word vandag nog gebruik, die huis langsaan waar die Eerwaarde gebly het is heelwat ouer. In die tuin is ‘n sonwyser wat aan Eerwaarde Shaw geskenk is. Die klok was ‘n geskenk van Eerwaarde JH George ter nagedagtenis aan sy vader Clement George van

Bebington in Cheshire.

Die Anglo Boere oorlog het ook sy merk gelaat op die dorpie.Nadat die boere onder Gen Smuts met gemengde welslae steun probeer werf onder die burgers van Calvinia en Van Rhynsdorp het Genl Maritz en verkenners probeer om die inwoners van verskeie klein dorpies waaronder Leliefontein na die boere se kant te wen. In Januarie 1902 het die inwoners van Leliefontein onder Barnabas Links besluit om neutraal te wees en dit ook so oorgedra aan Maritz op sy besoek aan die

dorp. ‘n Struweling het onstaan en Maritz het vir Links doodgeskiet. Die volgende dag het Genl Maritz terug gekeer en dertig inwoners doodgeskiet uit weerwraak. Die inwoners het gevlug na Garies en Okiep. Na die oorlog het hulle terug gekeer na ‘n vervalle en verwoeste Leliefontein. Die name van die dertig gesneuweldes asook die oorlewendes word herdenk op twee borde binne die kerk

Barnabas Links se verset Geskiedenis van Leliefontein

Baie olie, maar geen water

Nuwe supersterk skeerbekmuis in Afrika ontdek

foto bô - deur © Google - Hidrobreking in Texas het boere se waterbronne so verminder dat hulle skaars kan aangaan met hul boerderyaktiwiteite

‘n Tragedie in Texas foto bô - deur © Google - die ruggraat van ‘n gewone skeerbekmuis. “

foto bô - deur © Google - die ruggraat van die Held-haftige Skeerbekmuis - let op hoe die werwels inmekaar “gebrei” is

Page 19: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

VELD NUUS

IN JUNIE 1976 was daar in Soweto swart leerders wat in opstand gekom het omdat Afrikaans as die hooftaal van onderrig vir ’n groot deel van hul kurrikulum ingestel is. Maar dit was nie net Afrikaans as onderrigtaal wat die probleem was nie. Oorvol klaskamers, swak opgeleide onderwysers en onvoldoende skoolgeriewe, was alles deel van die probleem.Die Soweto-opstande het op 16 Junie 1976 begin. Sowat 20000 leerders het daaraan deelgeneem. Ongeveer 700 mense is dood in die weke van onluste en geweld wat daarop gevolg het.Jeugdag, soos dit in Suid-Afrika gedenk word, is jaarliks ’n gedenkdag vir die begin van dié opstande en ’n huldeblyk aan almal wat hul lewe in die opstande verloor het.Op 18 Junie het die Leliefonteiners in eer van jeugdag ‘n funksie in die Barnabas Shaw saal gehou. Hulle het ‘n vol program vir die dag gehad waar diegene wat opgedaag het vermaak is deur verskeie persone, ingelig is deur verskeie toesprake en ook gemotiveer is.Die sopkombuis het hulle goed van hul taak gekwyt deur verversings asook ‘n maaltyd te verskaf vir die gene wat opgedaag het.Die skoolkoor het hul stemme lekker dik gemaak toe hulle die mense vermaak het met hul sangitems. Daar was verskeie sprekers wat die vloer geneem het om die jeug in te lig en sodoende ook te motiveer om te reik vir beter omstandighede. Rachel Joseph het namens die Vroue Teen Misdaad forum die jeug aangespreek en het haar goed van haar taak gekwyt. Die kliniekpersoneel van Leliefontein Kliniek ook hul beurt gehad om hul sê te sê. Franwen en Woodrow wat Slagoffers Bemagtiging Vrywilligers is het ook die vloer geneem. Daarna het Shinelle Links van Departement Maatskaplike Dienste die eer gehad om met die jong en ou mense van Leliefontein te kon praat. ‘n Skooldogter van Leliefontein Intermediêr- Alana Links- het gewys dat Leliefontein se jongmense talentvolle mensies is en het ‘n gedig voorgedra. Meneer Rooi, skoolhoof van Leliefontein, het ook sy beurt gekry om ‘n paar woorde te sê voor Sarah Kordom en graad 6 leerlinge die dag afgesluit het met ‘n dansspel.

SEDERT DIE Europese Unie die toets van skoonheidsprodukte op diere verban het, voel baie van ons dat dit nou veilig is om skoonheidsprodukte te koop omdat dit nie diere laat ly het nie. Wat die skoonheidsbedryf ons egter nie altyd vertel nie, is dat baie van die produkte wat vrouens gebruik nog steeds produkte bevat wat van diere afkomstig is en dat baie van hierdie bedreigde spesies is wat vir een of ander middel wat hulle bevat, doodgemaak word.

Hier is van die produkte wat afkomstig is van diere:

Ambergrys afkomstig van walvisderms gemaak en word as setmiddel in parfuums gebruik;

Keratien ‘n proteiën afkomstig van die horings, hoewe, penne, vere en hare van verskeie diere. Word aangetref in haaropknappers (conditioner), sjampoes, haarontspanners (straighteners) en “perms”.

Kaster nie dieselfde as kasterolie nie, ‘n romerige bestanddeel van die geslagsorgane van muskusrotte en bewers. Word as setmiddel in parfuums en wierook gebruik.

Cochineal ‘n rooi pigment van die cochineal mot. Gebruik as kleurmiddel in produkte soos lipstiffie en word ook in sjampoes gebruik

Spermaceti wasagtige olie van die kop van spermwalvisse en dolfyne. Word gebruik in die vervaardiging van velrome, salwe, sjampoes en kerse.

Skilpadolie word verkry van die spiere en geslagsorgane van reuse seeskilpaaie. Word aangetref in seep, velrome en naelrome.

Haai squalene word verkry van die lewers van bedreigde diepsee haaie. Dikwels word die haaie lewendig oopgesny, die lewer uitgehaal en die haai, nog lewend, maar aan die vrek, in die see teruggegooi. Kom voor in verskeie rome en serums. Word ook in baie rumatiek- en artritis produkte gebruik – kyk uit vir produkte waarop die volgende woorde op die etiket voorkom en vermy daardie produkte: chondroitin, sulfate, glukosamien of as daar staan dat dit van mariene oorsprong is. Kyk of die bron van die squalene, wat ook van olyfolie verkry kan word, aangedui word – as die bron aangedui word as van mariene oorsprong, of van mariene eksoskelette, vermy dit dan.

OUMA HANNA Claasen van Kamieskroon het onlangs haar 73ste verjaarsdag gevier op 25 Junie 2013. Tydens ‘n roetine moniterings en evalueeringsbesoek aan ouma Hanna is Rouchet Daniels en Arthur Cloete van SKEPPIES aangenaam verras. Die besoek is so bietjie opgehelder want Ouma Hanna, het haar vrygeweige gees gestand gedoen, en sommer lekker verjaarsdagkoek en tee bedien.Ouma Hanna is ‘n regte voorbeeld vir die inwoners van Kamieskroon en die Kamiesberge in geheel, want selfs op

haar rype ouderdom is sy nogsteeds aan die gang. Sy bestuur die plaaslike Kookskerm, Kamieskroon se Kook Kas waar sy toeriste en gaste trakteer met die heerlikste tradisionele geregte voorberei in ‘n outydse kookskerm, soos ons voorvaders van ouds gedoen het. Veral die jeug kan gaan kers opsteek by die ouma met die jong gees, wat ‘n inspirasie vir almal is. Onlangs het sy selfs in die nasionale buitelig tydskrif DIE WEG verskyn, om haar talente ten toon te stel. Ouma Hanna is tans druk besig met voorbereidings vir die komende

blomme seisoen vir die Kookskerm, en maak ook kappies, voorskote en lappieskomberse wat sy verkoop. Van haar kliente is van so ver as die Vrystaat, Weskaap en Gauteng en hou vir ouma Hanna druk besig met bestellings.Namens Conservation South Africa en SKEPPIES wil ons graag vir Ouma baie geluk wens met haar verjaarsdag. Mag die Here haar nog sterk en gesond hou om al haar drome te verwesenlik.

MENG ‘N halwe koppie gekookte hawermout, een eier en een eetlepel amandelolie. Smeer dit aan jou gesig en laat dit aan vir 15 minute. Was af met skoon, lou water.

Maak jou eie gesigmasker

Jeug sing Jeugdag aan die brand

19

foto bo - deur © CSA/A Cloete - Ouma Hanna met een van die vrolike, pragatige voor-skote wat sy self maak

foto deur Google - Hierdie bedreigde diepseehaaie is doodge-maak vir hul lewers, wat squalene bevat en wat in sommige skoonheids- en gesondheidsprodukte gebruik word.

Dames, weet jy regtig wat in jou gesigroom is?

Kamieskroon se Kookskerm Koningin

NAMAKWALAND VAL in die Sukkulente Bioom, waar meer as 6000 plantspesies voorkom. 40% van hierdie spesies is endemies, met ander woorde, dit word net in die

Sukkulente Karoo en nêrens anders in die wêreld, aange-tref. Hierdie groot hoeveel-heid spesies pas almal in een van ‘n enorme 105 verskillende plantegroeitipes in.

Rotskuns deur Boesmans, is ook deel van ons erfenis - hierdie elegante tekening van elande is vol lewe en beweging HET U GEWEET?

HET U GEWEET?

Goedkoop en goed vir jou en die natuur!

Page 20: Veepos oktober issuu

OKTOBER 2013 I Die VeePos

GEMEENSKAP NUUS

DIE METODISTE kerk van Leliefon-tein het op 15 Junie ‘n fonsdinsameling gehou en het meer as R4000 inge-samel. Die geld wat ingesamel is, sal aangewend word om die Kerk se geboue te herstel. Die Jeug, Sondagskool, Brigade, Noord-Wes Groep, Koor , Vrouevereniging en manne het hul hande afgestof en gehelp met funksie.Die verskeie organisasies in die kerk is in groepe ingedeel en het elkeen ‘n seisoen gekry wat hul moes uitbeeld en moes dus elk hul eie hoekie in die saal versier volg¬¬¬¬ens die seisoen wat hulle gekry het en moes ook disse maak wat daardie seisoen verteenwoor-dig. Die disse is verkoop aan mense in die gemeenskap en so het hulle R4740 ingesamel vir die kerk.Die jeug, Sondagskool en Brigade was saam in een groep en het die seisoen winter gekry om uit te beeld. Hul versi-ering het bestaan uit ‘n kookskerm met vuurblik, drievoet, bankies, ‘n paal met blikbekers en emmers, bome, water-lelies en sneeuvlokkies. Die betrokke persone het ook wintersdrag aangehad wat insluit ‘n serp en mus, rugbysok-kies en –trui asook waterstewels. Die kleur vir hul tema lemmetjiegroen eetgerei.Op hulle spyskaar was boontjie- en sampioensop en ‘n oondbroodjie vir

voorgere. Die hoofgereg het bestaan uit potjiekos, sousboontjies, rys en kapok aartappels met chakalakasous. ‘n Heer-like gemmerpoeding met warm vla is as nagereg bedien.Die Manne van die kerk het die herf-seisoen gehad en het hul deel versier met blare wat al van kleur verander het en bome wat besig is om deur die herfsveranderinge te gaan asook lelies wat al verwelk het. Hulle het hoender en wors gebraai en ook roosterbroodjies gemaak en dit is bedien met ‘n noedels-laai en sap.Die vrouevereniging en Noord-wes groep het die seisoen lente aangevat en het blomme as hul hoofversiering gebruik. Hulle het as voorgereg ‘n sout-tert met kropslaai en tamatie bedien en vir hoofgereg het hul vleis, groente met witsous en soetwortels bedien. En as nagereg het hul trifle en sap voorgesit.Die koor het die warme somer gekry om uit te beeld en het ook soos die lente blomme gebruik om die plek te versier. Hul het as voorgereg kropslaai en tamatie voorgesit en as nagereg het hulle roomys, ‘n vrugtekelkie en gaskoeldrank voorgesit.Op die einde van die dag was daar ook ‘n wenner gekies vir die seisoen wat die beste verteenwoordig was en wie se kos en versiering uitgestaan het bo die

anders.Die beoordaalaars was Juffrou Kate Mac Donald, Hazel Meissenheimer en Florence Meissenheimer. Hulle het op die einde besluit dat die jeug se voor-legging van winter die beste was en het hulle as algehele wenner gekies.

Vier seisoene bring fondse in vir kerk.

AS JY al eenmaal gesmul het aan soutribbetjie, stadig oor die kole gebraai, sal jy altyd die ervaring weer wil herhaal. Vir diegene wat dit nog nie probeer het nie – hier is die resep:

1 x lamsribbetjieDriekwart koppie sout2 x teelepels salpeter2 x eetlepels bruinsuiker2 x teelepels koeksoda2 x eetlepels growwe koljander

Metode:1. Sny horisontale hale oor die rib, eers in die een rigting, dan die ander, sodat jy diamantvorms op die vleiskant van die rib het2. Meng die sout, salpeter, bruinsuiker, koeksoda en koljander goed in ‘n bak3. Vryf die ribbetjie deeglik in met die mengsel totdat die mengsel heeltemal opgebruik is4. Sit die ribbetjie in die dag in die yskas en hang saans uit in plek met ‘n trek, verkieslik buite, maar waar dit nie sal natdou nie, soos onder ‘n afdak.5. Herhaal die proses vir vir ‘n paar dae tot die vleis goed droog is. 6. Braai die ribbetjie stadig oor matige kole.

En wanneer die ribbetjie gaar is, gaan Slaphakskeentjies goed daarmee saam:

20

Geheime uit die kombuis

Fondsinsameling

DAAR WORD elke Sondag twee bidure gehou by die oumense en siek mense wat nie tot by die kerk kan kom nie.

Ds Muller gaan in Augustus Engeland en Duitsland toe om daar te gaan kerkwerk doen. Die gemeente van Leliefontein Me-todiste kerk wil hom net sterkte toewens in sy werk daar.

Oom Piet Sneewe een van die ge-meente diakens is nog steeds siek en is tans by sy dogter in Atlantis, die gemeente wil hom net sterkte toewens en hoop hy herstel.

Die koordineerder van die sop-kombuis Doreen van Wyk het’n lieflike ete vir die oumense in die dorp gereël en hulle verras met kospakkies en kniekombersies. Ons wil net vir Doreen dankie se vir die goeie werk wat sy in ons gemeenskap doen en dit is baie goed om te sien daar is nog mense met goeie harte tussen ons.

Baie geluk aan antie Mietjie Smit met haar 80ste verjaarsdag. Sy is ook siek en ons hoop dat die here haar nog vele jare sal spaar.

• Jolene Smit het op 08 Junie ‘n tweeling ryker geraak, ‘n seuntjie en dogtertjie, Daniel en Kaira. Oom Jannie en Ant Lien, BRI lede, is die trotse oupa en ouma van die tweeling.

Kerk Nuus

Geboortes

soutribbetjie

slaphakskeentjies

SlaphakskeentjiesHalwe kg klein uitjies, geskil2 eiers2 eetlepels suiker2 eetlepels asyn of suurlemoensap2 eetlepels waterMetode:

Kook die uitjies in soutwater totdat hulle net gaar is en nog nie te sag nie. Dreineer.Klits die eiers en suiker saam – voeg die asyn en water by en klits goedSit ‘n bak oor ‘n kastrol kokende water en gooi die sous hierin, roer totdat dit dik word.Meng die uie en die sous en sit voor saam met gebraaide soutribbetjie!

foto deur © CSA/A K Meissenheimer - Eg Namakwalands braaivleis en roosterbrood op die somertafel.

foto deur © CSA/A K Meissenheimer - Die manne wat Herfs voorgestel het: Oom Jacob Oortman, Oom Jannie Smit en Ivan Roberts

foto deur © CSA/A K Meissenheimer - Vro-lik en bont, net soos in die Lente!

• Nina Cloete het ook ‘n dogtertjie ryker geword, haar naam is Nireesha

• bô - Ghalied Kriel, CSA se Finansiële Be stuurder en sy vrou Kashiefa het ‘n nuwe dogter Aasiyah

• Rufus Hein, van CSA en sy vrou, Grizelda het ‘n seun, Miguel op 20ste Junie, ryker geword. Rufus se pa het op 6de Julie gesterf en Miguel is op sy pa se verjaarsdagdatum gebore.

Trotse ouma en oupa, Oom Jannie en Tannie Lien Smit, met hul tweelingkleinkinders, Daniel en Kaira.

SterftesAllen Links het op 7 Junie gestref.

Mary Beukes het op 14 Junie gesterf

Oom Willem Stewe het op 25 Augustus gesterf

Steinkopf:

Petrus Cloete van Steinkopf het twee van sy broers binne ‘n kort tydperk aan die dood afgestaan.