the gateway skool augustus 2013.pdf · hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... die bal...

8
The Gateway Skool Nuusbrief Oud president Nelson Mandela vier hierdie jaar sy 95ste verjaarsdag. Ons kyk so ’n bietjie terug na die lewe van hierdie belangrike man in Suid-Afrika se geskiedenis: Nelson Mandela is gebore op 18 Julie 1918, in ’n klein hutjie naby Umtata in die Oos Kaap. Mnr Mandela het nie ‘n maklike kindertyd gehad nie. Hy het sy pa op ’n jong ouderdom verloor en is toe gestuur om by sy oom te gaan bly. Na skool het hy by die Universiteit van Fort Hare gaan studeer. Ongelukkig het ’n situasie, wat te doen gehad het met swak voeding, gelei daartoe dat Mnr. Mandela geskors is en teruggestuur is na sy oom. Sy oom was baie teleurgesteldnadat hy baie daaroor gedink het, het hy besluit dat Mnr. Mandela moet trou dit was nie wat Mnr. Mandela vir homself beplan het nie en hy het besluit om weg te hardloop na Johannesburg. In Johannesburg het Mnr. Mandela vir Walter Sisulu ontmoet, wat hom gehelp het om werk te kry by ‘n regsfirma. Walter Sisulu was deel van die African National Congress (ANC). Hulle het gereeld die politiek van die land bespreek en het besluit dat hulle gelyke geleenthede en regte vir alle mense in Suid-Afrika wil hê. In 1944 het Mnr Mandela by die ANC aangesluit. In 1948 is daar ‘n verkiesing gehou— Die Nasionale party is verkies en apartheid is ingestel. Die ANC het gereageer deur die Defiance Campaign te begin wat gelei het tot die arrestasie van baie betogers. Die ANC het inligting bymekaargemaak vir ’n visie vir Suid Afrika. Hulle het bymekaargekom en ’n belangrike dokument in Suid-Afrika se geskiedenis, die Freedom Charter geskryf. Dit het die regering senuweeagtig gemaak en die verraadverhore het gevolg, waarna die ANC verban is. Alle aktiviste is gearresteer Mnr Mandela het weggekruip en in die geheim aangehou om mense vir die ANC te werf. ’n Jaar na die ANC se verbanning het hulle ’n weermag begin, The spear of the nation. Mnr Mandela was nou gesoek deur die veiligheidspolisie. Op 5 Augustus 1962 is Mnr Mandela gearesteer en op 12 Junie 1964 is hy gevonnis tot lewenslange tronkstraf. Op 2 Februarie 1990, kondig President de Klerk die ontbanning van politieke partye aan en die vrylating van alle politieke gevangenes. In Desember 1991 is die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika begin ’n nuwe konstitusie en ’n datum vir die eerste demokratiese verkiesing is vasgestel. Op 27 April 1994 is die eerste demokratiese verkiesing gehou en die ANC is verkies as die regerende party. President Nelson Mandela is op 10 Mei 1994 ingehuldig en het afgetree in 1999. Nelson Mandela het baie gedoen om te veg teen armoede en VIGS. Hy het ook die Nelson Mandela kinderfonds gestig om benadeelde kinders van alle rasse te help. Nelson Mandela is ’n internasionale held gereed om te sterf vir die vryheid van sy mense. Hy het gehelp om Suid-Afrika van ‘n land van haat na ’n land van vrede en hoop te verander. Baie geluk met u verjaarsdag Madiba! Oud president Nelson Mandela word U ITGAWE 5 A UGUSTUS 2013

Upload: nguyenxuyen

Post on 24-Feb-2018

239 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

The Gateway Skool

Nuusbrief

Oud president Nelson Mandela vier hierdie jaar sy 95ste verjaarsdag. Ons kyk so ’n bietjie terug na die lewe van hierdie belangrike man in Suid-Afrika se geskiedenis:

Nelson Mandela is gebore op 18 Julie 1918, in ’n klein hutjie naby Umtata in die Oos Kaap. Mnr Mandela het nie ‘n maklike kindertyd gehad nie. Hy het sy pa op ’n jong ouderdom verloor en is toe gestuur om by sy oom te gaan bly. Na skool het hy by die Universiteit van Fort Hare gaan studeer. Ongelukkig het ’n situasie, wat te doen gehad het met swak voeding, gelei daartoe dat Mnr. Mandela geskors is en teruggestuur is na sy oom. Sy oom

was baie teleurgesteld— nadat hy baie daaroor gedink het, het hy besluit dat Mnr. Mandela moet trou — dit was nie wat Mnr. Mandela vir homself beplan het nie en hy het besluit om weg te hardloop na Johannesburg.

In Johannesburg het Mnr. Mandela vir Walter Sisulu ontmoet, wat hom gehelp het om werk te kry by ‘n regsfirma. Walter Sisulu was deel van die African National Congress (ANC). Hulle het gereeld die politiek van die land bespreek en het besluit dat hulle gelyke geleenthede en regte vir alle mense in Suid-Afrika wil hê. In 1944 het Mnr Mandela by die ANC aangesluit.

In 1948 is daar ‘n verkiesing gehou— Die Nasionale party is verkies en apartheid is ingestel. Die ANC het gereageer deur die Defiance Campaign te begin — wat gelei het tot die arrestasie van baie betogers. Die ANC het inligting bymekaargemaak vir ’n visie vir Suid Afrika. Hulle het bymekaargekom en ’n belangrike dokument in Suid-Afrika se geskiedenis, die Freedom Charter geskryf. Dit het die regering senuweeagtig gemaak en die verraadverhore het gevolg, waarna die ANC verban is. Alle aktiviste is gearresteer — Mnr Mandela het weggekruip en in die geheim aangehou om mense vir die ANC te werf. ’n Jaar na die ANC se verbanning het hulle ’n weermag begin, The spear of the nation. Mnr Mandela was nou gesoek deur die veiligheidspolisie. Op 5 Augustus 1962 is Mnr Mandela gearesteer en op 12 Junie 1964 is hy gevonnis tot lewenslange tronkstraf.

Op 2 Februarie 1990, kondig President de Klerk die ontbanning van politieke partye aan en die vrylating van alle politieke gevangenes. In Desember 1991 is die Konvensie vir ‘n Demokratiese Suid-Afrika begin — ’n nuwe konstitusie en ’n datum vir die eerste demokratiese verkiesing is vasgestel.

Op 27 April 1994 is die eerste demokratiese verkiesing gehou en die ANC is verkies as die regerende party. President Nelson Mandela is op 10 Mei 1994 ingehuldig en het afgetree in 1999.

Nelson Mandela het baie gedoen om te veg teen armoede en VIGS. Hy het ook die Nelson Mandela kinderfonds gestig om benadeelde kinders van alle rasse te help. Nelson Mandela is ’n internasionale held — gereed om te sterf vir die vryheid van sy mense. Hy het gehelp om Suid-Afrika van ‘n land van haat na ’n land van vrede en hoop te verander.

Baie geluk met u verjaarsdag Madiba!

Oud president Nelson Mandela word

U ITGAWE 5

AUGUSTUS 2013

Page 2: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Bladsy 2 Uitgawe 5

Hierdie kwartaal neem van ons sokker leerders deel aan uitdunne om gekeur te word vir die distrikspan. Hierdie uitdunne vind op Woensdae plaas by die Altec Stadion in Alexandra. Die distrik het ook besluit om ‘n Futsal en Hokker span te begin vir ons leerders. Sterkte aan al die deelnemers.

‘n Paar definisies:

Futsal: Futsal is n soort sokker wat op ‘n kleiner veld gespeel word. Daar is 5 spelers aan’n kant en ‘n bal wat kleiner is as ‘n sokkerbal word gebruik. Daar is geen on-kantreel nie, en daar kan ‘n onbeperkte hoeveelheid plaasvervangers wees.

Hokker: Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, gespeel deur leerders wat ‘n ber-perking in beweging het. Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die speler net binne die omtrek van ‘n sirkel mag bly staan.

Die Gateway Skool se personeel in die Senior Werksopleidingsfase en be-

langstellende ouers, met hul kinders, het Novalis Huis aan die einde van die

tweede kwartaal besoek. Novalis Enterprises is ‘n beskermde werkswinkel

en opleidingsentrum en is geleë in Linden, Johannesburg.

Novalis Huis kan sewentig volwassenes akkommodeer in hul twee werks-

winkels. Die sentrum bied ‘n beskermde maar vervullende omgewing waar-

in die gestremde volwassenes daaglikse opleiding ontvang. By die sentrum ontwikkel hulle selfwaarde en

trots. Tydens die besoek het die gestremde volwassenes serpe vir Woolworths gevou as deel van hulle

kontrakwerk. Ander werk wat verrig word sluit in:

Verpakking

Posstukke sorteer en briewe vou vir koeverte

Etikette op items plak

Aanmekaarsit van artikels, en

Ligte vervaardigingswerk

Hulle missie is om te fokus op gestremdes se vaardighede in plaas van hulle

gestremdhede en om hulle te help om ‘n vervul-

de lewe in ‘n gelukkige, huislike en veilige om-

gewing te ervaar.

Indien u verdere inligting oor Novalis Huis wil

bekom kan u hul webtuiste besoek by http://

www.novalishouse.org of die skool kontak.

Besoek aan Novalis Huis

Sport by The Gateway Skool

Caption describing picture or graphic.

Partytjiekoekies

Heerlike, tuisgemaakde koekies te koop. Spotgoed-koop. Kontak: Perusha Talbot by 079 982 7550

Page 3: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Bladsy 3 The Gateway Skool Nuusbrief

Die afgelope vakansie, van 8 tot 12 Julie, is 12 van ons senior seuns vir die eerste keer see toe. Hulle het ‘n kamp bygewoon by die “Mercury children’s holiday home” in Hibberdene aan die suidkus van Kwazulu Natal. Die kamp is aangebied deur die “Just Footprints foundation”. Die kampterrein is reg langs die strand met fasiliteite soos swembaddens, ‘n glybaan, trampoliens, netbal- en sokkervelde en twee aparte geboue waarin seuns en meisies bly. Die seuns het ‘n fees gehad by die strand en goed met die see kennis gemaak. Hulle het ook die kans gehad om ander kinders te ontmoet en het sommer vinnig ‘n paar nuwe vriende gemaak.

Die kampprogram het heelwat aktiwiteite ingesluit, onder andere speletjies, ‘n kulkunstenaar, dans en swem. Op Donderdag 11 Julie was hulle op ‘n uitstappie na die Eland Dam Natuurreservaat waar hulle ‘n paar diere kon sien. Die hoogtepunt van die uitstappie was om oor ‘n lang hangbrug te loop wat oor ‘n gedeelte van die Oribi Gorge gespan is.

Heerlike etes is elke dag aan die leerders voorgesit uit die kampkombuis en daar is selfs padkos voorsien vir die lang pad huis toe. Die kamppersoneel was baie spontaan en het almal ‘n goeie aanvoeling om met kinders te werk. Hierdie was ‘n fantastiese geleentheid vir ons leerders en hulle het dit almal opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was.

Die Seekamp

Page 4: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Bladsy 4 The Gateway Skool Nuusbrief

Kamp “Footprints” Foto’s

Page 5: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Bladsy 5 Uitgawe 5

Kinderhoekie

‘n Speletjie: Om te maak of jy ‘n speurder is, is altyd groot pret! Neem ‘n paar stukkies lap en plak die punte aan teenoorgestelde mure vas. Geniet dit om verskillende maniere uit te dink om aan die ander kant te kom sonder om die lasers te “trip”!

MAAK ‘n “CATAPULT”:

Items benodig:

8 roomysstokkies

1 bottelproppie

6 rekkies

Gom

Neem 6 roomysstokkies en bind hulle bo-op mekaar vas. Plaas een stokkie bo en een onder in die middel van die 6 stokkies. Bind dit met rekkies. Maak nou die boonste en onderste stokkies aan mekaar vas soos in die prentjie. Plak laastens die doppie op die boonste roomysstokkie vas. Tada! Jou eie “catapult” .

Kleur my in!

SUID AFRIKA

Page 6: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Bladsy 6 The Gateway Skool Nuusbrief

SA se Opruimingsweek 9 - 14 September 2013 “Die doel is om die gemeenskap bewus te maak van die sosiale-, omgewings- en

ekonomiese voordele van herwinning.” Elke klas gaan tydens SA se Opruimingsweek werk aan ‘n projek:

“Maak jou eie bykomstighede uit herwinbare materiaal” Die laaste dag van hierdie week; Vrydag 13 September gaan dan die geleentheid wees waarop die skoolmaats ‘n bietjie kan kom spog met hulle pragtige tooisels.

Pryse! Pryse! En nogmaals Pryse! ‘n Unieke kreatiewe ontwerp kan jou ‘n pryswenner maak.

HERWINNINGSPROGRAM

14 Junie 2013 het die leerders in die grondslagfase ‘n uitstappie na die leeupark in Lanseria geniet. Die leerders was verskriklik opgewonde en het vreeslik uitgesien na die dag.

Om 9h00 het die bewaarders van die park die leerders met ope arms verwelkom en dadelik aan die leeuwelpies voorgestel. Elke

leerder het die geleentheid gehad om aan ’n welpie te vat en ’n lekker vryfie te gee. Hulle het ook die kameelperd gevoer.

Na ‘n lekker middagete het ons deur die park gery. Dit was onvergeetlik.

HERWINNINGSDAG

Page 7: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

Op 14 Junie 2013 is die leerders van The Gateway Skool bederf met ‘n fliek en springmielies. Die leerders het gespog in hulle gewone klere, lekkernye geeet in die saal en lekker gekuier met hulle maats. Verskeie pryse is deur die dag aan die leerders uitgedeel en die gelukkige trekking van die va-

dersdag geskenkpak het ook plaasgevind. Baie geluk aan al die wenners!

Die fliek getiteld “Rise of the guardians” was ‘n reuse sukses en ons hoop om in die toekoms meer sulke lekker dae met die leerders te deel.

Ons wil graag hartlik dankie sê aan al die onderwysers wat betrokke was by hierdie geleentheid, ons weet dit was ‘n groot taak wat op die ou end ‘n groot sukses was.

Fliekdag by The Gateway Skool

‘n Trotse Skool

Ons hier by The Gateway Skool is trots daarop om in ‘n skool te wees. Een van die maniere wat leerders hulle trots wys is hulle skooldrag. Ons, as onderwysers doen ‘n beroep op ons ouers om asseblief met die onderwysers saam te span en te verseker dat die leerders daagliks die korrekte skooldrag aanhet. Sien die volgende riglyne:

Baadjies / “Hoodies”:

Maak asseblief seker dat alle baadjies donkerblou is met geen handelsmerke nie. Geen anderkleurige of “name brand” baadjies is aanvaarbaar nie. “Hoodies” is nie skooluniform nie en moet dus net by die huis gedra word.

Skoene:

Tekkies is nie skooluniform nie, maar as ons sport beoefen op Dinsdae en Woensdae is die leerders welkom om dit aan te trek. As daar met die onderwysers of terapeute gereel is mag die leerder die skoene aantrek wat volgens die reeling bepaal is.

Hare:

Seuns – Hare moet kort en netjies gehou word — baarde is ontoelaatbaar, help asseblief u kind om te skeer.

Meisies– Lang hare moet in ‘n poniestert vasgebind word met ‘n blou of swart rekkie. Haabykomstighede moet aseblief net tuis gebruik word.

Juweliersware:

Meisies: Een oorkrabbertjie of ringetjie per oor is toelaatbaar. Geen ander juweliersware word toegelaat nie.

Seuns: Geen juweliersware word toegelaat nie.

Serpe / “Beanies”:

Mag slegs in koue weer gedra word, slegs in skakerings van blou. “Beanies” moet verwyder word in die klaskamers.

Page 8: The Gateway Skool AUGUSTUS 2013.pdf · Hokker is ‘n alternatiewe vorm van hokkie, ... Die bal word met ‘n “croquet” stok aangegee terwyl die ... Geen juweliersware word toegelaat

9 Augustus 2013 - Vrouedag

12 –16 Augustus 2013 - Eisteddfod

22 Augustus 2013 - Sport Wesrand Skool

29 Augustus 2013 - Sokkie

6 September 2013 - Lentedag by Gateway

9—13 September 2013 - Herwinningsweek

16-20 September 2013 - Erfenisweek

16-20 September 2013 - SA Balspele

20 September 2013 - Skool sluit om 11h00

Adres : Van Dalen Road North

Ruimsig

THE GATEWAY SKOOL

Tel: (011) 958 2080 Faks: (011) 958 2084

E—pos: [email protected]

Ons is op die webwerf—

www.thegatewayschool.co.za

Hiermee erken ek, ________________________________ (ouer se naam)

ouer/voog van _________________ in juffrou ___________________ se klas, ontvangs van The

Gateway Skool se nuusbrief nommer 8/2013.

_________________________

Handtekening van ouer / voog

AFSKEURSTROKIE

Deon Nel is in 2004 gediagnoseer met ‘n toestand wat sy motorneurone

affekteer. In 2008 het hy ’n terugslag beleef en is verlam en geplaas op ’n asemhalingsmasjien, dus kon hy vir die afgelope 5 jaar nie die buitelewe

geniet nie. Sy vrou Bernice Nel het haar lewe gewy aan haar man en is 24/7 aan sy sy. Onlangs het die Nels ’n elektriese rolstoel aangeskaf met behulp van

die Lions Rugbyklub wat hom vir die eerste keer in 5 jaar toelaat om sy kamer

te verlaat. Mev Nel wil graag motiveringstoesprake in die gemeenskap hou met hom aan haar sy, maar hulle benodig vervoer wat die rolstoel sal kan akkommodeer. Om fondse hiervoor in te

samel bied hulle die volgende aan:

Op 21 September 2013 om 16h00 bied die Nel familie Candy B Benson en verskeie

ander kunstenaars by die Mogale, Centenary saal in Krugersdorp aan. Tafels is beskikbaar teen R1000-00 of R100 per individuele kaartjie. Elke tafel gaan ’n

gasvrou hê wat die tafel moet versier. Die verversings en drinkgoed asook eetgerei

word deur elke individu verskaf. Vir diegene wat nie hierdie vertoning kan bywoon nie, maar in hulle harte voel hulle wil ’n skenking ten bate van die geleentheid

maak, kontak asseblief Bernice op haar huisnommer: 011 9542327 of selfoonnommer 0827508481.

The Gateway Skool onsersteun fondsinsamelingprojekte