studiemateriaal derde termyn: nuwe testamentiese … · 2012-07-11 · lesing 1 matteus kort vrae:...

93
STUDIEMATERIAAL DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKE MATTEUS TOT OPENBARING

Upload: others

Post on 26-May-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

STUDIEMATERIAAL

DERDE TERMYN: NUWE TESTAMENTIESE BOEKEMATTEUS TOT OPENBARING

INHOUD

BLADSYOPDRAGTE 1-4

MODULE I : DIE EVANGELIESInleiding tot die Evangelies : Tussentestamentere Periode en die Volheid van die tyd 5-9Die Evangelies 10Die Evangelie volgens Matteus 11-13Die Evangelie volgens Markus en Lukas 14-16Die Evangelie volgens Johannes 17-19

MODULE II : HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BOEKE 20Oorsig 21Lesing 1: Handelinge 22Lesing 2: 1 Korintiërs 26-33Lesing 3: 2 Korintiërs 34-37

Bylae 1 38-40Lesing 4: Romeine 41-42Lesing 5: Galasiërs 43-48

Bylae 2 49-50Bylae 3 51-58

MODULE III : GEVANGENISBRIEWE EN ESKATOLOGIESE BRIEWE 59Lesing 1: Gevangenisbriewe 60-61

1. Efesiërs 612. Filippense 613. Kolossense 614. Filemon 61

Lesing 2: Eskatologiese Briewe 62. 1 Tessalonisense 63. 2 Tessalonisense 63

MODULE IV : PASTORALE BRIEWE 64Oorsig 661 Timoteus 672 Timoteus 67-69

MODULE V : HEBREЁRS 70Hebreёrs : Oorsig 71-77

MODULE VI : NAAMBRIEWE 78Lesing 1 : Jakobus, 1 Petrus 79Lesing 2 : 2 Petrus, 1 Johannes 80

MODULE VII : OPENBARING 81

Oorsig en Samevatting 82-88

Evalueringsvorm 89-90

OPDRAGTE VIR DERDE TERMYNMODULE I EVANGELIES

Lesing 1 Matteus

Kort vrae:

1. Wat word die eerste drie Evangelies genoem en hoekom word dit so genoem?2. Vir watter lesers is Matteus geskryf?3. Wat was die doel met die skryf van die Matteus Evangelie?

Lang vraag:

4. (i) Noem vyf sake waaroor Jesus in die bergrede praat en sê in twee sinne wat die kerninhoud van elkeen van die lering is. Skrifverwysings.

(ii) Watter drie het jou persoonlik aangespreek? Motiveer in ‘n kort paragraaf.

Lesing 2 Markus en Lukas

Kort vrae:

1. Vir watter lesers skryf Lukas sy Evangelie?2. Hoe word Jesus in die Lukas Evangelie voorgestel?3. Wat was Lukas se doel om Jesus so voor te stel?4. Watter belangrike gebeurtenisse in die Evangelie van Lukas wys dat Jesus die Seun van die mens,

die volmaakte mens is? Gee Skrifverwysings.

Lang vraag:

5. Beskryf kortliks die belangrikste gebeure van Jesus se laaste week op aarde, soos in Markus 11 – 16:18. Skrifverwysings moet deurgaans gegee word. (Moenie alles in detail bespreek nie, gee net ‘n kort oorsigtelike beskrywing van die hoofgebeure.)

Lesing 3 Johannes

Kort vrae:

1. Noem vier wondertekens wat net in die Evangelie van Johannes gevind word. Gee Skrifverwysings.2. Gee die name van vier mense met wie Jesus in die Johannes Evangelie individuele gesprekke voer.

Skrifverwysings.3. In die bovertrek lig Jesus sy dissipels in oor twee baie belangrike gebeurtenisse wat binnekort gaan

gebeur. Wat is hierdie gebeurtenisse? Skrifverwysings.

Lang vraag:

4. Jesus se gesprekke met mense is ‘n belangrike wyse waarop Johannes sy boodskap oordra. Gee kortliks die kerninhoud van Jesus se gesprekke met twee van die volgende persone om die lering wat Jesus wil gee, aan te toon:(i) Nikodemus(ii) Die Samaritaanse vrou(iii) Martha en Maria.

Gee Skrifverwysings.

1

MODULE II

Lesing 1 Handelinge

Kort vrae:

1. Watter provinsies is deur Paulus op sy drie sendingreise besoek?2. Noem telkens die twee belangrikste persone wat Paulus op elkeen van sy drie sendingreise vergesel

het.

Lang vraag:

3. Lukas laat in Handelinge die klem val op die werk van die Heilige Gees. Bespreek hierdie stelling kortliks deur te verwys na minstens ses voorbeelde uit Handelinge 1 – 15. Dui ook telkens die gevolg/implikasie/betekenis daarvan aan. Voorbeelde moet al die hoofstukke dek.

Lesing 2 1 Korintiërs

Kort vrae:

1. Wat is die kerngedagte van Paulus se prediking? 2. Wat is die sentrale gedagte van dié brief?3. Watter drie vraagstukke word in die eerste deel van die brief (hf 1 – 6) behandel?4. Noem vier sake wat Paulus in die tweede afdeling van die brief (hf 7 – 16) bespreek.

Lang vraag:

5. Op watter maniere hou Paulus Christus aan die gemeente voor? Hoe beskryf hy Christus? Verwys na minstens ses voorbeelde, met Skrifverwysings, en verduidelik in een sin by elke voorbeeld wat jy daaruit verstaan.

Lesing 3 2 Korintiërs

Lang vraag:

Bespreek die karakter en werksaamhede van God uit 2 Kor 1 – 6 deur na ses voorbeelde te verwys. Stel dit asseblief in jou eie woorde met toepaslike Skrifverwysings.

Lesing 4 Romeine

Kort vrae:

1. Watter onderwerp word by uitstek deur Paulus in Romeine behandel?2. Wat leer ons omtrent Paulus self in die inleiding?

Lang vraag:

3. (a) Verduidelik die begrip Regverdigmaking / Vryspraak soos Paulus dit in Rom 1 – 5 uiteensit. Gebruik slegs die Bybel as bron, en gee Skrifverwysings.

(b) Kan jy hiervan getuig? Beskryf kortliks hoe jy dit in jou lewe ervaar.

Let wel: Jy moet óf die vraag oor Romeine óf die vraag oor Galasiërs (Lesing 5) doen. Inhandiging by lesing 5.

Lesing 5 Galasiërs

Kort vrae:

1. Van watter leer gee Galasiërs ‘n sterk uiteensetting?2. Noem drie argumente wat Paulus gebruik om sy apostelskap en boodskap te verdedig.

2

Lang vraag:

3. (a) Wat sê Paulus in die brief aan die Galasiërs oor:(i) Regverdigmaking / Vryspraak(ii) Die werking van die Heilige Gees(iii) Christelike vryheid?Gee toepaslike Skrifverwysings.

(b) Hoe realiseer elk van bogenoemde in jou lewe?

(Keusevraag tussen Romeine en Galasiërs.)

MODULE III GEVANGENIS EN ESKATOLOGIESE BRIEWE

Lesing 1 Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon

Kort vrae:

1. Waarom word bogenoemde vier boeke die Gevangenisbriewe genoem?2. Noem die twee begrippe wat kenmerkend is van die Efesiërsbrief.3. Volgens die Filippense brief: Wat is die gesindheid wat in Jesus Christus was, wat ook in die gelowige

moet wees?4. Wat was die gevaar van die dwaalleer in Kolossense?5. Wat was die kernboodskap van Paulus se brief aan Filemon?6. Elk van die vier Gevangenisbriewe noem die rede waarom Paulus in gevangenskap verkeer.

(a) Noem die rede,(b) Gee een teksverwysing uit elk van die vier briewe waar hierdie feit vermeld word.

Lesing 2 1 & 2 Tessalonisense

Langer vrae:

1. (a) Wat is die oorheersende tema in 1 Tessalonisense?(b) Gebruik elke hoofstuk in hierdie brief om te beskryf wat oor die wederkoms gesê word. Gee

telkens die Skrifverwysings.2. In die tweede brief aan die Tessalonisense antwoord Paulus hulle kwelling of hulle die onsekere en

smartvolle dae van die ‘groot verdrukking’ sou beleef. Verduidelik wat hy hieroor sê en gebruik toepaslike Skrifverwysings.

MODULE IV PASTORALE BRIEWE

Lesing 1 1 & 2 Timoteus, Titus

Lang vraag:

(a) Identifiseer uit die Pastorale Briewe die vereistes en kwalifikasies waaraan ‘n persoon wat as ouderling gekies word, moet voldoen. Meld Skrifverwysings.

(b) Word hierdie voorskrifte vandag nog as norm gebruik? Verduidelik.

MODULE V HEBREËRS

Lesing 1

Lang vraag:

Kies enige vyf van die sewe waarskuwings in die Hebreërboek en dui aan watter belangrike lesse uit elkeen geleer kan word. Meld Skrifverwysings.

3

Lesing 2

Lang vraag:

Verduidelik kortliks die verhewenheid van Christus se Priesterskap bo dié van die aardse priesters in die Ou Testament, soos voorgehou in Hebreërs 7 – 10. Gee Skrifverwysings.

MODULE VI NAAMBRIEWE

Lesing 1 Jakobus en 1 Petrus

Kort vrae:

1. Watter twee oogmerke het Jakobus in gedagte met die skryf van sy sendbrief?2. Wat is volgens Jakobus die hoofredes hoekom beproewing oor ‘n mens (gelowige) se pad kom?3. Wat is volgens Jakobus die bewys van ware/lewende geloof? Skrifverwysing.

Lang vraag:

4. In 1 Petrus word gelowiges opgeroep tot die praktiese uitleef van hulle geloof. Noem tien voorbeelde met ‘n Skrifverwysing by elk.

Lesing 2 2 Petrus en 1 Johannes

Kort vrae:

1. Wat is volgens 2 Petrus die sleutel tot die bestryding van dwaalleer?2. In watter verwagting moet gelowiges volgens Petrus lewe? Gee die Skrifverwysing.3. Wat leer 2 Petrus aangaande die Skrif?4. Wat was Johannes se hoofdoel met die skryf van die sendbrief?5. Wie het volgens Johannes die Gees van God? Skrifverwysing.6. Noem vyf eienskappe van ‘n ware gelowige volgens 1 Johannes? Verduidelik kortliks met voldoende

Skrifverwysings.

MODULE VII OPENBARING

Lesing 1

1. Watter tipe geskrif is Openbaring?2. Wie is die sentrale figuur in Openbaring?3. Noem vyf beskrywings van Jesus Christus in hf 1 – 3 wat uniek is in Openbaring. Gee

Skrifverwysings.4. Lees Op 4 & 5. Noem een kenmerk van die gelowiges se gedrag in die teenwoordigheid van God.

Lesing 2

1. Noem die drie reekse van oordele in Openbaring.2. Beskryf die laaste oordeel in Op 20:11-15. Wat is jou gevolgtrekking?3. Wat is die verbondsbelofte/formule van God wat in Op 21 voorkom? Gee teksverwysings.

4

INLEIDING TOT DIE EVANGELIES : DIE TUSSENTESTAMENTÊRE PERIODE

DIE TYDPERK VAN MALEAGI TOT CHRISTUS

LEES: Habakuk 2

1. Israel onder die Persiese heerskappy ± 550 - 333 v.C.

Van die tydperk van Maleagi tot met die geboorte van Christus kan hier slegs 'n kort oorsig gegee word. Dit loop oor 400 jaar en in dié tyd het daar heelwat gebeur met die volk wat uit Babel na Palestina teruggekeer het. Gedurende hierdie hele tyd was die Jode maar b aie selde onafhanklik.

Selfs in die dae van die Makkabeërs het hulle nou en dan die juk van die oorheerser afgeskud en vryheid geniet.

Van die oorheersing van die Perse het hulle maar min las gehad. In dié tyd het die teenstand gekom van die Samaritane en die omringende volke, maar die Persiese koning het hulle beskerm teen die haat en vyandskap. Die Perse het die magtigste volk gebly tot die jaar 336 v.C.

2. Israel onder die Griekse heerskappy 333 - 301 v.C.

Die Persiese mag is vervang deur die Grieks-Masedoniese ryk onder Alexander die Grote. Alexander was die Jode goedgesind. Nadat hy die Persiese leër in die jaar 333 v.C. verslaan het, en nadat hy Tirus en Gasa verower het, het Palestina ook in sy besit gekom. Hy het teen Jerusalem opgetrek, want hy was kwaad omdat die Jode nie vir hom lewensmiddele gestuur het nie. Toe hy voor die poort van Jerusalem kom, het die hoëpriester Jaddua met 'n hele skare priesters hom tegemoet gegaan. Hierdie plegtige optog het so 'n indruk op hom gemaak dat hy gehoor gegee het aan die smeking van die hoëpriesters en Jerusalem gespaar het.

3. Israel onder die Ptolemeërs (Egipte) 301 - 198 v.C. en Seleusiede (Sirië) 198- 166 v.C.

Na die dood van Alexander is sy ryk onder sy vier generaals verdeel. Van toe af was die Joodse land 'n twisappel tussen die Egiptenaars en die Siriërs. Eers was Palestina honderd jaar lank onderworpe aan die Egiptenaars of Ptolemeërs. Veral onder die oorheersing van Antiochus Epifanes moes die Jode baie ly. Hy het hulle gekrenk in hulle heiligste regte en hy het die tempel van die Here aan Jupiter gewy. Hy het die Joodse godsdiens nie geduld nie en die Jode gedwing om voor sy gode neer te kniel. Wie aan die Joodse godsdiens getrou gebly het, moes sterf. Besnydenis en Sabbatsviering is verbied, en wie dit nog onderhou het, moes eweneens die doodstraf ondergaan. Die getal afvalliges onder die lede wat hulle godsdiens vaarwel gesê het, was groot. Hulle het dan aanhangers van die Griekse godsdiens geword.

4. Die Makkabeërs

In hierdie tyd van die hoogste nood het die Here verlossing aan die Jode gebring deur middel van die Makkabeërs. Die Makkabeërs was die naam vir die vyf seuns van die priester Mattatias. Hulle het hulle in die jaar 166 v.C. teen die tirannie van Antiochus verset. Judas, die seun van Mattatias, het die bynaam Makkabeus ("Hamer") gekry, en hierdie naam het ook oorgegaan op sy vier broers.

Judas het met heldemoed vir die Joodse geloof gestry. Hy het menige neerlaag aan die Siriese bevelvoerders besorg en ook die tempel in besit geneem en dit weer gereinig. Hierdie tempelreiniging leef nog steeds in die herinnering van die Jode voort in die fees van die vernuwing van die Tempel.

Gedurende 100 jaar het die nakomelinge van Mattatias, wat ook hoëpriesterlike waardigheid gehad het, die leiding oor die Joodse volk gehad. By tye was die Jode heeltemal vry van die Siriërs, en dan weer was hulle min of meer aan hulle onderworpe.

5. Israel onder Romeinse heerskappy (Vanaf 63 v.C.)

In hulle stryd teen die Siriërs het hierdie dapper manne uiteindelik die hulp van die Romeine ingeroep. Judas het al daarmee begin, en ten laaste het daar 'n verbond tussen die Romeine en die Jode tot stand gekom. Hierdie bondgenootskap het die Jode baie kwaad aangedoen. Daardeur het die Jode uiteindelik onder die Romeinse heerskappy gekom. Die Romeine het ook aan die regering van die Makkabeërs 'n einde gemaak. Hulle het die laaste afstammeling uit die geslag van die Makkabeërs, Antigonus, se

5

koningskap vervalle verklaar, en hom vervang deur die Edomiet, Herodes. Antigonus het nog probeer om die stryd vir sy koningskap voort te sit, maar na drie jaar het hy gesneuwel, en Herodes het die troon bestyg. Hy was heeltemal van die Romeine afhanklik.

Om darem 'n skyn van wettigheid aan sy regering te gee, het Herodes getrou met Marianne, 'n dogter uit die Makkabese geslag. Hy het sy bes probeer om die Jode aan sy kant te kry, veral deur die verfraaiing en vergroting van die tempel waaraan daar 46 jaar lank gearbei is. Hy het egter almal gehaat wat nog familie was van die ou heldegeslag. Daarom is eers die oupa van sy vrou, Hirkanus, daarna haar pa, en eindelik ook Marianne self en haar twee seuns vermoor. So was die hele geslag van die Makkabeërs uitgeroei. Dit was ook die einde van alles wat aan die vroeëre glorie herinner het. Hierdie Herodes het oor die Joodse land geregeer toe Jesus in Betlehem gebore is.

6. Godsdienstige toestande

Die ballingskap het die Joodse volk in geestelike opsig nie skade berokken nie. Juda is veral weens afgodery in ballingskap weggevoer, maar ná die ballingskap wou hulle nie meer weet van afgodery en beeldediens nie. Hulle wou toe die Wet nalewe, en veral toe daar nie meer profete opgetree het om God se raad bekend te maak nie, is die Wet as God se openbaring geëer. Tog het die volk nog telkens oortree, en moes daar deur hervorming telkens weer verbetering aangebring word soos blyk uit Nehemia 13.

Behalwe in die tempel is die Woord van God gereeld op die Sabbat in die sinagoges gelees.

Die sinagoges het ook in die lande buite Palestina voorgekom. Skrifgeleerdes en Wetgeleerdes het opgetree om die Woord van God en die Wet te verklaar. Die wyse waarop die Jode aan die Wet vasgehou het, het gelei tot werkheiligheid en formalisme in die uitlewing van hulle godsdiens. Eie instellings en bepalings het die Woord van God sy krag ontneem. Hulle het regverdigheid uit die werke van die Wet gesoek en nie deur die geloof nie. In daardie tyd het daar verskillende godsdienstige partye ontstaan wat afbreuk gedoen het aan die ware, voorvaderlike geloof. Die vernaamste party was die van die Fariseërs, die mees regsinnige rigting. Hulle het hulle heil gesoek deur aan die letter van die Wet vas te hou, en hulle het gemeen om daardeur die guns van God te verwerf. In Matteus 23 wys Jesus op hulle vormdiens, maar ook op hulle geveinsdheid. Naas die Fariseërs was daar ook die party van die Sadduseërs, wat meer vrysinnig was. Hulle het ontstaan onder die invloed van die Griekse wêreldbeskouing. In baie opsigte het hulle 'n teenstelling met die Fariseërs gevorm, hoewel hulle wesenlik ook ooreengestem het, want die ware godsdiens was ook nie by die Sadduseërs te vinde nie. Die Sadduseërs was vrydenkers wat nie geglo het in die opstanding van die liggaam nie. Met die dood is alles uit. Hulle het ook nie geglo in die bestaan van engele en geeste nie. Wat ons by hulle kry, is 'n blote verstandsrigting.

Verder was daar nog die sekte van die Esseners. Hoewel die Bybel geen melding van hulle maak nie, weet ons van hulle uit die tekste wat oor hulle gevind is. Hulle het hulle heil gesoek in 'n lewe van afsondering en onthouding. Die meeste van hulle het ongetroud gebly, en het hulle ook onthou van verskillende kosse en dranke. Dit was 'n mistieke rigting wat hulle oorgegee het aan meditasie en Skrifstudie.

Gelukkig het daar 'n skare van getroues oorgebly wat vasgehou het aan die beloftes van God, en wat vurig na die Messias verlang het.

6

DIE VOLHEID VAN DIE TYD

OU EN NUWE TESTAMENT

LEES: Lukas 1:26-56

1. Messiasbeloftes van die Ou Testament

Die Ou Testament en die Nuwe Testament vorm saam die Bybel, die Woord van God. Christus, die Messias, is die middelpunt van die Woord van God. "Christus" is die Griekse woord vir "gesalfde", en "Messias" die Hebreeuse woord wat dieselfde beteken. Die Ou Testament is in Hebreeus geskryf, en die Nuwe Testament in Grieks. Christus en Messias beteken dus dieselfde.

Die Ou Testament is vol beloftes aangaande die Messias. Aanvanklik is die belofte vaag en taamlik algemeen, maar later word dit baie meer spesifiek en al hoe duideliker. Dit begin met die moederbelofte in Genesis 3:15. Daarna sien ons die vernouing van die stroom in die profesie van Noag dat Jafet 'n woonplek sal kry in die tente van Sem (Gen 9:27). Aan Abraham is vervolgens die belofte gegee dat al die volke van die aarde in hom geseën sal wees. Die volk wat uit Abraham sou voortkom, sou die uitverkore volk word waaruit die Messias gebore sou word. Wanneer Jakob later sy kinders seën, blyk dit dat die stam van Juda die stam is waaruit die Messias sou voortkom: "Jy sal altyd heers, jy sal aanhou regeer totdat Silo kom, die heerser aan wie die volke hulle sal onderwerp" (Gen 49:10). Uit die stam van Juda is Dawid eeue later gebore, en die belofte van die Messias is aan hom bevestig (2 Sam 7:12, 13, 16).

Baie van die Psalms sing ook van die Messias, en beskryf die karakter van sy regering in verhewe taal. Hy sal Koning wees (Ps 2, 72), wat sal regeer met majesteit (Ps 45:4, 5) en regverdigheid (Ps 72:3). Die Nuwe Testament dui ook aan hoe in die boeke van die profete die Messias al hoe duideliker aangewys word. Hy sal as 'n kind in die wêreld kom (Jes 9:5), en as die Immanuel uit 'n jong vrou gebore word (Jes 7:14). Die tyd van sy koms (Dan 9:24-26) en selfs die plek van sy geboorte, naamlik Betlehem, word ook aangedui (Miga 5:1). Aan sy koningsheerskappy sal daar geen einde wees nie (Jes 9:6; Dan 7:14). Hy sal met die Gees van die Here toegerus wees om die heilsboodskap aan die heidene te bring (Jes 11:2). Jesaja stel die Messias ook voor in sy diepe vernedering. As dienaar van die Here sal Hy verag wees, en selfs dood en graf sal Hom nie gespaar bly nie (Jes 53). Hy ondergaan dit alles om die straf op die sondes van sy volk te dra, en hulle van die ewige dood te verlos.

2. Voorafskaduwing en tipes

Die plegtige handelinge van die godsdiens van Israel wys ook heen op die Messias. Dit is 'n voorafskaduwing van wat later sou volg. Veral die offerdiens wys na die offer wat eenmaal deur Christus op Golgota gebring sou word. In verskillende gebeurtenisse in die Ou Testament sien ons dieselfde voorafskaduwing: die ram wat in die plek van Isak geoffer word op Moria; die manna in die woestyn, wat heenwys na die "ware brood uit die hemel", Jesus Christus (Joh 6:31-16).

Ook besondere fasette van die werk van bepaalde persone, en gebeurtenisse in hulle lewens, is in die Ou Testament 'n heenwysing na die Messias. Hulle word dan tipes van Christus genoem. Simson is in sy dood, waardeur hy die oorwinning oor die vyand behaal en sy volk verlos het, 'n tipe van Christus. So is ook Jona toe hy drie dae in die maag van die groot vis was en weer op die land uitgespoeg is, 'n tipe van Christus wat ná drie dae opgestaan het uit die graf.

So vind die beloftes, voorafskaduwings en tipes van die Ou Testament hulle vervulling in Jesus Christus in die Nuwe Testament. Hy het die slang, naamlik Satan, se kop vermorsel toe hy oor dood en graf geseëvier het. In Hom is al die volke van die aarde geseën. Hy is gebore uit 'n vrou en het in alle opsigte aan ons gelyk geword, behalwe die sonde (Fil 2:7). Hy het Homself verneder tot die dood van die kruis (Fil 2:8), en is tans met koninklike mag beklee (Fil 2:9,10), terwyl daar aan sy ryk geen einde sal wees nie.

7

DIE VOLHEID VAN DIE TYD (vervolg)

LEES: Galasiërs 4:3-7

1. Die toestand van die wêreld, één wêreldtaal, almal soek na waarheid

Die tyd waarin ons Here Jesus Christus gebore is, word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:4 Ou Vertaling). Hierdie tyd dra besondere kenmerke, en is sorgvuldig deur God voorberei.

Die Romeinse Ryk was die heersende mag nadat dit al die ryke van die toenmalige bekende wêreld aan hom onderwerp het. Toe keiser Augustus die alleenheerskappy verkry het, het die Romeinse Ryk sy toppunt van bloei bereik. Onder die regering van Augustus was daar van oorlog geen sprake nie. Daar was 'n lewendige verkeer tussen al die dele van die ryk. Alles het daartoe bygedra om die eenheidsbesef te versterk. Hierdie algemene vredestoestand het die verbreiding van die Evangelie ten goede gekom. Van groot belang was ook die feit dat daar in die hele ryk gebruik gemaak was van één wêreldtaal, naamlik Grieks. Wie Grieks geken het, kon orals oor die weg kom. So kon die apostels, veral Paulus, hulle op hul reise van die Griekse taal bedien om die Evangelie aan alle volke te verkondig.

In hierdie wêreld was daar 'n algemene verdorwenheid te bespeur. Verskillende wysgere het probeer om hulle volk uit die diep sedelike verval op te rig. Elke wysgeer het 'n skool met volgelinge gevorm, en het gemeen om in sy stelsel die waarheid te beliggaam. Desnieteenstaande was daar geen sprake van ware geluk nie. Daar was geen enkele wysgerige stelsel wat die sug na waarheid kon bevredig nie. Elke land het sy eie gode gehad, maar hulle kon ook geen bevrediging bring vir die soekende hart nie. In Athene was daar selfs 'n altaar vir die onbekende god opgerig. Die godsdiens was onmagtig om die toenemende geestelike ontaarding en sedebederf teen te gaan, en daarom het mense begin om die godsdiens te minag. Ongeloof en bygeloof was aan die orde van die dag. Daarom het almal verlangend na 'n Verlosser uitgesien. Hierdie verlange het ook by Israel, God se verbondsvolk, geleef.

2. Die verbondsvolk: staatkundige en godsdienstige toestande

Die hele bekende wêreld van hierdie tyd het onder die heerskappy van die Romeine gestaan. Aan die hoof van die Romeinse regering het die keiser gestaan, en hy het sy setel in Rome gehad. Al die onderhorige lande en volke moes swaar belastings aan die keiser betaal. Die Romeine het hulle oppergesag gehandhaaf deur Romeinse amptenare en 'n besettingsmag in die verskillende lande aan te stel. So het die Jode ook onder die Romeinse oorheersing gestaan, en hulle het hartstogtelik verlang na iemand wat hulle hiervan sou bevry.

Die Romeine het egter ter wille van allerlei politieke en diplomatieke motiewe toegelaat dat koning Herodes nog sy koninklike waardigheid in Palestina behou, alhoewel hy net beperkte mag gehad het. Herodes was 'n Edomiet, dus 'n afstammeling van Esau. Nadat hy aan bewind gekom het as koning van Judea, was hy bang vir die Makkabeërs, 'n geslag van Joodse leiers wat in opstand gekom het teen die staatkundige en godsdienstige onderdrukking van die Jode. Herodes het al die afstammelinge uit die geslag van die Makkabeërs laat uitroei. In 'n poging om die guns van die Jode te wen, was hy ook getroud met Marianne, 'n vrou uit die geslag van die Makkabeërs, maar as gevolg van al sy politieke intriges het hy in verskillende stadiums haar grootvader, haar vader, haarself en altwee haar seuns laat vermoor. Hy was as gevolg hiervan gehaat deur die Jode. Om te probeer om in die Jode se guns te bly, het hy die tempel in Jerusalem uitermate verfraai. Dit het hom en sy regering egter nie nader aan die Jode gebring nie.

Op godsdienstige gebied het die Jode 'n politiek-nasionale verklaring aan die profesieë van die Ou Testament gegee, en hulle het 'n Verlosser verwag wat hulle van die gehate Romeinse oorheersing sou verlos. Omdat die verlossing nie gekom het soos hulle dit verwag het nie, het hulle teleurgesteld geraak. Die wysgerige stelsels van die Griekse wysgere kon ook geen bevrediging bring nie. So het die hele wêreld van daardie tyd in 'n hopelose toestand te lande gekom. Die tyd vir diepgaande verlossing het aangebreek. Dit word genoem die volheid van die tyd (Gal 4:40). In hierdie tyd was daar baie goeie kommunikasie tussen die volke van die Romeinse Ryk; daar was 'n afwagting onder al die volke van die verlossing wat sou kom; en daar was 'n geestelike ontvanklikheid onder die volke vir die Evangelie wat bekend gemaak sou word.

In die voorafgaande tyd, toe die Jode deel geword het van die Romeinse Ryk, het God sy volk gelei om deel te word van die politieke bestel van daardie tyd. Die Jode se aanraking met die ander volke het ook daartoe gelei dat hierdie volke die Jode se godsdiens leer ken en waardeer het. Dit was 'n voorbereiding vir die sendingwerk wat later deur Paulus en andere gedoen sou word.

8

Die Joodse godsdiens was vol innerlike teenstrydighede. Naas die verlange na 'n Verlosser, die terugkeer na die Here, en die gereelde voorlesing van die wet, het die nadruk geval op die uiterlike dinge. Die wet is na die letter onderhou, en die godsdiens het opgegaan in uiterlike seremonies. Die wyse waarop die Skrifgeleerdes die wet uitgelê het en die gewone mense verplig het om swaar laste te onderhou, het hulle laat smag na ware verlossing in 'n wêreld waar hulle geen rus kon vind nie.

3. Messiasverwagtings

Uit hierdie ingewikkelde wêreld het daar verskillende Messiasverwagtings na vore gekom. Die Jode het 'n Messias, 'n Verlosser verwag wat hulle van die Romeinse oorheersing sou verlos. Die wyse manne uit die Ooste het 'n Verlosser verwag. Die Grieke het gesmag na die bekendmaking van die Waarheid. Daar was egter ook nog getroues in Israel, armes en geringes onder die Jode, wat met verlange uitgesien het na die vervulling van die beloftes van God soos Hy dit in die Ou Testament bekend gemaak het.Fariseërs: Wetties Hand 26:5; 23:; Mat 23:2-3Sadduseërs Nd 23:8 Rasionalisties; vryheid van die menslike wilSelote Luk 6:15; Hand 1:13; 5:37 Sterk Joodse nasionale besefEsseners 150 v.C.- 70 n.C. Qumram Hand 19:13 ev? Askete.

9

MODULE I : DIE EVANGELIES

Voorgestelde Bybelboeke in hierdie module met kernverse en temas.

BOEK KERNVERSE TEMAS

Matteus 23:37 Jesus, die Messias, Koning van die Jode.

Markus 10:45 Jesus, die Dienskneg van God.

Lukas 10:10 Jesus, die Seun van die Mens.

Johannes 20:30,31 Jesus, die Seun van God.

10

LESING 1

MATTEUS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 1 & 2 (Matteus)

Studiemateriaal: Bl 5 - 13

Bybel: Evangelie volgens Matteus

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Wat word die eerste drie Evangelies genoem en hoekom word dit so genoem?

2. Vir watter lesers is Matteus geskryf?

3. Wat was die doel met die skryf van die Matteus Evangelie?

Lang vraag:

4. (i) Noem vyf sake waaroor Jesus in die bergrede praat en sê in twee sinne wat die kerninhoud van elkeen van die lering is. Skrifverwysings.

(ii) Watter drie het jou persoonlik aangespreek? Motiveer in ‘n kort paragraaf.

11

DIE EVANGELIE VOLGENSMATTEUS

INLEIDING

In die vroeë kerk het die Matteusevangelie 'n besondere plek ingeneem. Dit is 'n besonder volledige en omvattende Evangelie wat gekenmerk word deur heelwat onderwysende stof en 'n duidelike sistematisering van beskikbare gegewens (vgl 5-7; 8-9). Een van die opvallendste kenmerke daarvan is die beklemtoning van die vervulling van die Ou Testament in Jesus van Nasaret se optrede, veral soos dit na vore kom in die sogenaamde vervullingsitate (vgl 1:18-25). Op talle plekke skemer bekendheid met die Joodse en Ou- Testamentiese agtergrond en selfs rabbynse standpunte deur. Tog is dit in Matteus net so duidelik dat die Blye Boodskap ook vir die heidennasies, vir ál die nasies (2:1-12; 28:18-20), bestem is. Dit word trouens by geleentheid gestel dat heidene die posisie van Israel sal inneem (21:43). Dit is ook die enigste evangelie hierdie waarin daar letterlik van die "kerk" en van "gemeente" sprake is (16:18; 18:17). Juis in Matteus word beklemtoon dat God se wil en wet deur die gelowiges gedoen en onderhou moet word en dat mooi woorde alleen nie genoeg is nie (5:20; 7:21). Hierdie aksent herinner aan die Jakobusbrief se boodskap dat geloof in dade tot uiting moet kom.

Bronne. Daar word allerweë aanvaar dat die Markus Evangelie as 'n bron by die skrywe van Matteus en Lukas gedien het. 'n Verdere bron is die sogenaamde dokument Q wat gegewens bevat het wat alleen in Matteus en Lukas, en nie in Markus nie, aangetref word. Sowel Matteus as Lukas gebruik dan Q as tweede bron. Ongeveer 'n vyfde van Matteus vertoon geen ooreenkomste met Markus of Lukas nie, byvoorbeeld 1:1-17, 18-25; 2:1-12. Hierdie stof is geput uit die ryk bron geskrewe en mondelinge tradisies wat ook nog tot die beskikking van die skrywer was.

Die Skrywer. Aangesien die woorde "volgens Matteus" in die opskrif, waarskynlik nie deel van die oorspronklike teks was nie, gee die Evangelie self geen aanduiding van wie die skrywer was nie. Baie vroeg reeds in die kerklike tradisie is egter aanvaar dat Matteus, die apostel en voormalige tollenaar, die skrywer van dié boek was. Tog is hierdie tradisie nie sonder probleme nie, aangesien Matteus hiervolgens ook die éérste Evangelie is wat geskryf is, en dit bots met wat hierbo in verband met Markus as 'n bron van Matteus gesê is. Uit 'n vergelyking van 9:9 met Markus 2:14 en Lukas 5:17 is dit duidelik dat in die Matteusevangelie Levi deur Matteus vervang word, en dit is ook net in die Matteusevangelie (vgl 10:3 met Mark 3:18; Luk 6:15) dat Matteus spesifiek as tollenaar geïdentifiseer word. Dit is verder duidelik dat die skrywer 'n Joodse Christen was, iemand met 'n pastorale ingesteldheid ten opsigte van die behoeftes van die gemeente vir wie sy Evangelie primêr bedoel was. Terwyl daarmee rekening gehou moet word dat die Evangelies waarskynlik 'n bepaalde wordingsproses deurloop het, kan 'n mens tog by die tradisie aansluit waarvolgens 'n baie belangrike deel van hierdie Evangelie wel van die apostel Matteus afkomstig is.

Die lesers. Die eerste lesers was waarskynlik Griekssprekende Christene van Joodse herkoms. Waarskynlik was daar ook in die gemeente 'n steeds groter wordende groep Christene uit heidennasies. Dit was dus belangrik dat die lesers helderheid moes hê oor die Joodse (Ou-Testamentiese) agtergrond van die evangelie, terwyl die dreigende gevaar van wetteloosheid bekamp is deur die beklemtoning van die eis om die wil van God te doen en 'n getrouheid aan die wet te openbaar wat meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs (5:20). Dit skyn asof daar ook nogal materialisme, sekularisme, geestelike laksheid en liefdeloosheid in hierdie gemeente aanwesig was. Hoewel 'n mens nie absoluut seker kan wees nie, het die lesers hulle waarskynlik in Sirië, en bes moontlik in Antiogië, bevind. Dit is interessant dat die oudste geskrifte waarin spore van Matteus aangetref word, juis die briewe van Ignatius die biskop van Antiogië is.

Tyd van ontstaan. Indien Markus een van Matteus se bronne is, moet Matteus in elk geval 'n hele rukkie ná die ontstaan van Markus (vgl die inleiding by Markus) gedateer word. Aangesien Ignatius reeds teen ongeveer 115 n.C. van Matteus gebruik maak, kan dit ook weer nie veel later as 100 n.C. gedateer word nie. Verder is daar weinig konkrete gegewens om tot 'n presiese datering te kom. 'n Datum vóór 70 n.C. (die val van Jerusalem) is nie onmoontlik nie, maar 'n datum ná 70 n.C. lyk tog meer waarskynlik.

Doel. Hierdie Evangelie word geskryf om te verkondig dat Jesus van Nasaret die verwagte Christus, die Verlosser, is wat gekom het om die volk van God van hulle sondes te verlos (vgl Joh 20:31). Tog wil die skrywer ook die lesers help om tot helderheid te kom oor hulle eie posisie ten opsigte van Israel en die Joodse godsdiens, terwyl hy ook bepaalde gevare wat in die gemeente gedreig het, probeer besweer. Verder is daar ook 'n apologetiese tendens aan te wys (vgl 28:15).

12

Opbou van die Evangelie. Een van die opvallende kenmerke van Matteus is die vyf groot redevoeringe deur Jesus, wat telkens afgesluit word met min of meer dieselfde woorde: "Toe Jesus klaar gepraat het ..." (vgl 7:28; 11:1; 13:53; 19:1; 26:1). Op hierdie wyse is daar telkens 'n wisseling van onderwysende en verhalende stof. Daar is verder opvallende ooreenkomste tussen die begin en einde van die Evangelie, tussen die eerste en laaste, en die tweede en vierde redevoeringe. Matteus 13, die belangrike hoofstuk met die gelykenisse oor die koninkryk, word sodoende die middelpunt van dié Evangelie.

13

LESING 2

MARKUS EN LUKAS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 2

Studiemateriaal: Bl 15 - 16

Bybel: Evangelie volgens Markus en Lukas

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Vir watter lesers skryf Lukas sy Evangelie?

2. Hoe word Jesus in die Lukas Evangelie voorgestel?

3. Wat was Lukas se doel om Jesus so voor te stel?

4. Watter belangrike gebeurtenisse in die Evangelie van Lukas wys dat Jesus die Seun van die mens, die volmaakte mens is? Gee Skrifverwysings.

Lang vraag:

5. Beskryf kortliks die belangrikste gebeure van Jesus se laaste week op aarde, soos in Markus 11 – 16:18. Skrifverwysings moet deurgaans gegee word. (Moenie alles in detail bespreek nie, gee net ‘n kort oorsigtelike beskrywing van die hoofgebeure.)

14

DIE EVANGELIE VOLGENSMARKUS

INLEIDING

In die Evangelie self word daar nie gesê wie die skrywer is nie. Baie vroeg reeds is die naam van Markus egter daaraan verbind en in die opskrif vermeld. Die naam Markus het in die ou tyd baie voorgekom maar in die Nuwe Testament kry ons net een persoon met dié naam. Soos die meeste mense destyds het hy ook meer as een naam gehad: sy Joodse naam was Johannes (Hand 12:25) en sy Romeinse naam Markus. Hy was die seun van Maria (Hand 12:12) in wie se huis die gelowiges in Jerusalem bymekaar gekom het en waar Jesus en sy dissipels ook vermoedelik die laaste keer die paasmaaltyd saam geëet het (14:13-15). Moontlik was hy die jongman wat kaal weggehardloop het in Getsemane (14:51-52). Hy en Barnabas was neefs (Kol 4:10) en hy is saam met hom en Paulus van Jerusalem af na Antiogië toe (Hand 12:25) en het ook saam met hulle op die eerste sendingreis gegaan (Hand 13:5), maar het by Perge omgedraai (Hand 13:13). Toe Barnabas hom weer op die tweede sendingreis wou saamnaam, wou Paulus dit nie toelaat nie en is Barnabas en Markus na Siprus toe (Hand 15:37-39). Later is Paulus en Markus egter weer verenig. Gedurende Paulus se eerste gevangenskap in Rome was Markus by hom (Filem :24) en sou hy daarvandaan na Kolosse toe gaan (Kol 4:10). Gedurende Paulus se tweede gevangenskap in Rome laat hy vir Timoteus weet dat Markus gehaal en na hom toe gebring moet word (2 Tim 4:11). Ongeveer daardie tyd was Petrus ook in Rome en daar praat hy van Markus as "my seun" (1 Pet 5:13). Hy was sy geestelike vader. Markus was goed met Paulus en met Petrus bekend en kon 'n betroubare Evangelie skrywe. Baie vroeg reeds word in die oorlewerings vertel dat Markus die tolk vir Petrus was. Hy het alles wat hy onthou het van die dinge wat deur die Here gesê en gedoen is, noukeurig opgeskrywe, maar nie in volgorde nie. Hy was self nie 'n volgeling van Jesus nie maar van Petrus. Petrus het onderrig gegee soos die behoefte ontstaan het, maar het nie 'n volledige verhaal van die Here se woorde en dade gegee nie. Daarom het Markus niks verkeerds gedoen toe hy die dinge so opgeskrywe het soos hy dit onthou het nie. Vir een ding het hy egter gesorg: om niks wat hy gehoor het weg te laat of om iets daarvan te verdraai nie. Volgens die verdere tradisie het hy die Evangelie kort voor of net ná die dood van Petrus geskrywe. Dit moet teen die jaar 64 n.C. in Rome gewees het. Markus skrywe om die mense daarop te wys dat Jesus die Seun van God is. Die Evangelie begin daarmee (1:1) en eindig ook met die woorde van die Romeinse offisier: Hierdie man was werklik die Seun van God (15:39). Tussenin kom dit ook herhaaldelik na vore (bv. 1:11; 5:7; 9:7; 14:61-62 - vgl 12:6).

Palestina in Jesus se tydHandboek bl 24.

15

DIE EVANGELIE VOLGENSLUKAS

INLEIDING

Die skrywer. Die opskrif in ons Bybel: "Die Evangelie volgens Lukas", het nie in die oorspronklike manuskrip gestaan nie. Dit is eers tussen die jare 160-200 aangebring. By die kerkvaders Irenaeus (sterfjaar 202), Klemens van Aleksandrië, Origenes en Tertullianus was daar egter geen twyfel nie. Volgens hulle was dit Lukas, die geneesheer en metgesel van Paulus, wat die Evangelie geskryf het. In Filemon vers 24 noem Paulus hom sy medewerker en in Kolossense 4:14 "die dokter wat ek baie liefhet". Uit Lukas se woordgebruik in die Evangelie kan ons ook aflei dat hy waarskynlik 'n geneesheer was. Vergelyk ons nou Lukas 1:1-4 met Handelinge 1:1, kom ons tot die gevolgtrekking dat Handelinge die tweede boek van dieselfde skrywer moet wees. Die taal en styl van die twee boeke is ook van dieselfde skrywer. In Handelinge vind ons gedeeltes (16:10-17; 20:5-16; 21:1-18; 27:1 tot 28:16) waarin die skrywer die eerste persoon meervoud "ons" gebruik, om daarmee aan te dui dat hy ten tyde van die betrokke gebeure saam met Paulus was. As ons nou die medewerkers van Paulus uitskakel wat nie by al die gebeure wat in hierdie gedeeltes beskrywe word teenwoordig kon wees nie, bly net Lukas oor wat die "ons" gebruik om hom op beskeie wyse as skrywer aan te dui. As hy die skrywer van Handelinge was, was hy dit ook van Lukas.

Lesers. Lukas dra dié Evangelie sowel as Handelinge op aan Teofilus. In daardie tyd so 'n geskrif dikwels aan 'n vermoënde man opgedra met die bedoeling dat hy sal help met die uitgee en verspreiding daarvan. Lukas het sy werk dus bedoel vir die boekmark. Die titel "hooggeagte" in die Evangelie, is destyds gebruik vir 'n hooggeplaaste amptenaar (Hand 23:26 - vgl ook 24:2; 26:25). Lukas sien dus sy lesers in daardie kring; dit wil sê, bekeerlinge uit die heidennasies wat kennis gedra het van die evangelie en nou verder ingelig word om vas te staan in die geloof.

Eienskappe. Lukas wou sy eie boodskap aan sy lesers oordra terwyl hy vasgehou het aan die tradisie agter sy boodskap. Hy wou Jesus voorstel as die middelpunt van die geskiedenis. Vóór Jesus: die geskiedenis van Israel; ná Hom: die geskiedenis van die hemelvaart af tot by die wederkoms. Jesus is die sentrum en Hy het wêreldwye betekenis vir al die volke van die wêreld (2:31-32). Op sy eie wyse beklemtoon Lukas dat Jerusalem die sentrum is van die verlossingsgebeure (9:31), asook die tempel in die hart van Jerusalem (1:5-23; 2:22,24,41). Hy onderstreep die feit dat Jesus baie aandag geskenk het aan ongelukkiges, sondaars, tollenaars en minderbevoorregtes (7:36; 15:11v; 16:19; 18:1,10,11; 19:8); dat die gebed 'n baie belangrike rol gespeel het in die verlossingsgeskiedenis en die lewe van Jesus (1:10; 3:21; 5:16; 6:12,28; 9:18,28,29; 11:1-4; 18:1,10,11; 22:40-46); dat die Heilige Gees 'n besondere betekenis gehad het in die leer en lewe van Jesus (1:35,41,67; 2:25,26; 3:17,22; 4:1; 10:21). Die motief van blydskap kom dwarsdeur die boek voor (1:14; 2:10,20; 17:15;24:52).

Bronne. Lukas sê self dat hy van bronne gebruik gemaak het (1:1-14). Een daarvan was Markus en 'n ander was die sogenaamde Q-bron, wat ook deur Matteus gebruik is. 'n Groot deel van Lukas se werk kom nie uit hierdie bronne nie. Lukas het self ook ondersoek ingestel en verder gebruik gemaak van die oorlewering wat in omloop was.

Tyd van ontstaan. Lukas moet né Markus en vóór Handelinge geskryf gewees het (vgl hierbo). Oor die algemeen word aanvaar dat die Markus Evangelie ongeveer 64 n.C. geskryf is; Lukas dus 'n paar jaar later. Die datering hang egter ook saam met dié van Handelinge.

Doel. Lukas sê in 1:1-14 wat sy doel is. Die verhaal van Jesus moet vertel word sodat die lesers 'n keuse ten opsigte van Hom kan maak en dat diegene wat vir Hom kies, ten volle verseker kan wees van die betroubaarheid van die verhaal.

16

LESING 3

JOHANNES

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 3

Studiemateriaal: Bl 18 - 19

Bybel: Evangelie volgens Johannes

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Noem vier wondertekens wat net in die Evangelie van Johannes gevind word. Gee Skrifverwysings.

2. Gee die name van vier mense met wie Jesus in die Johannes Evangelie individuele gesprekke voer. Skrifverwysings.

3. In die bovertrek lig Jesus sy dissipels in oor twee baie belangrike gebeurtenisse wat binnekort gaan gebeur. Wat is hierdie gebeurtenisse? Skrifverwysings.

Lang vraag:

4. Jesus se gesprekke met mense is ‘n belangrike wyse waarop Johannes sy boodskap oordra. Gee kortliks die kerninhoud van Jesus se gesprekke met twee van die volgende persone om die lering wat Jesus wil gee, aan te toon:(i) Nikodemus(ii) Die Samaritaanse vrou(iii) Martha en Maria.

Gee Skrifverwysings.

17

DIE EVANGELIE VOLGENSJOHANNES

Samestelling en ontstaan. Ter wille van die verstaan van die inhoud van die Evangelie volgens Johannes is dit belangrik om eers kortliks op die samestelling daarvan te let.

Die Evangelie is soos 'n vertelling opgebou uit verskillende elemente wat herhaaldelik voorkom, soos byvoorbeeld die wondertekens, redevoeringe, vertelmateriaal en die "Ek is"-uitsprake. Daarom moet dit ook soos 'n verhaal gelees word. In die eerste twaalf hoofstukke lees ons sewe beskrywings van wondertekens wat Jesus gedoen het. Die bedoeling van die wondertekens word reeds in 1 gevind: Jesus het mens geword en doen die werk van sy Vader (vgl 5:17). Deur die wondertekens demonstreer Hy sigbaar en voelbaar dat Hy die ware lewe is en bring. Dit dra by tot die verheerliking van sy Vader (vgl 13:31). Die reeks wonders vind sy hoogtepunt in Jesus se dood en opstanding. Die beskrywings van die wondertekens is só gerangskik dat dit óf ingelei óf opgevolg word deur gesprekke wat die betekenis en implikasies daarvan verduidelik. Die wonderteken van die genesing van die blindgeborene (9:1-7) word byvoorbeeld voorafgegaan (8:12-59) en gevolg (9:35 tot 10:42) deur gesprekke met die Jode waarin Jesus Hom bekend stel as die lig vir die wêreld wat van die Vader af kom en nuwe lewe bring, net soos die lig letterlik en figuurlik vir die blindgeborene deurgebreek en 'n nuwe lewe vir hom moontlik gemaak het. Daarenteen bly die Fariseërs wat weier om Jesus as die Gestuurde van die Vader te aanvaar, geestelik blind (9:39v).

Ook die sewe tipiese "Ek is"-uitsprake dra by tot die opbou van die Johannesevangelie as vertelling wat van Jesus getuig. Daarmee maak Jesus Hom bekend as die Een wat lewe bring (6:35:brood; 8:12:lig; 10:7:ingang; 10:11:goeie herder; 11:25:die opstanding en die lewe; 14:6:weg, waarheid en lewe; 15:1: ware wingerdstok). Die gesprekke rondom die "Ek is"-uitsprake verduidelik verder dat die ewige lewe slegs in Jesus gevind word.

Nog 'n belangrike gedeelte in die Johannesevangelie is die eerste hoofstuk. Dit vorm 'n aanloop en agenda vir die res van die Evangelie. Sekere balangrike temas wat in die gedeelte genoem word, word verder in die Evangelie uitgebou, byvoorbeeld lewe en lig (1:4 vgl 1:33,50; 8-9), heerlikheid (1-14 vgl 1:51; 2:11; 13:31) en die titels vir Christus.

Die afskeidsgesprekke (13:31 tot 16:33) is opgebou rondom die gespreksituasie tussen Jesus en sy dissipels waar die klem val op sy "weggaan" en hulle "agterbly". Dit vorm 'n afgeronde gedeelte binne die geheel, net soos 18:1 tot 20:31 wat van die lyding, sterwe en opstanding van Jesus vertel.

Aangesien 20:29-31 die tipiese kenmerke dra van afronding, lyk dit om saaklike en letterkundige redes of 21 betreklik los van die res van die Evangelie staan. Volgens die oudste manuskripte wat ontdek is, was 21 egter nog altyd deel van die Johannesevangelie, dit adem dan ook die tipiese gees van die Evangelie ten opsigte van inhoud en moet as afronding en slot daarvan gereken word.

Die Evangelie volgens Johannes soos ons dit vandag ken, het voordat dit voltooi is, 'n lang ontwikkelingsproses deurloop. Wat die inhoud en samestelling daarvan betref, kan dit nogtans beskryf word as 'n eenheidswerk. Die outeur het verskillende bronne en mondelinge oorlewerings gebruik, wat van Jesus se woorde en dade getuig het. Dit is geïnterpreteer en oor 'n tydperk tot 'n kunstige eenheid verweef.

Wie was die skrywer? Uit die gegewens van die Evangelie self blyk dit dat die skrywer 'n ooggetuie en navolger van Jesus was (21:20,24). Waarskynlik was hy "die dissipel vir wie Jesus baie lief was" (vgl 13:23; 19:26; 20:2-10; 21:7,20) en wat toegang tot die binnekring van dissipels gehad het. Dit kon nie Petrus gewees het nie, want hy word telkens afsonderlik van dié dissipel genoem (vgl 13:23; 20:2-10), ook nie Jakobus nie, want hy is reeds in 44 n.C. deur Herodes gedood. Ten spyte van ander moontlikhede wat soms genoem word, is dit moontlik dat "die dissipel vir wie Jesus liefgehad het" bloot die gesaghebbende draer sou kon wees van die getuienis oor Jesus. Sommige meen dat Johannes die seun van Sebedeus dié lieflingdissipel kon wees. Die vroeë skrywer Irenaeus van Lyons vermeld reeds dat die Johannesevangelie deur die apostel Johannes te Efese geskryf is vóór 98 n.C. 'n Datering van 90-100 na.C. te Efese vir die ontstaan van die Evangelie is baie moontlik. Die Evangelie se ontstaan hang ten nouste saam met die geskiedenis van 'n moontlike Johanneïese gemeenskap Christene wat rondom die lieflingdissipel se prediking gegroei het. Vandaar die warmte en eiesoortige seggingskrag van die Johanneïese boodskap.

Volgens die gegewens van die Evangelie self, soos taal, opvattings, gebruike en verduidelikings, moet 'n Joods-Hellenistiese (Griekse) agtergrond veronderstel word met 'n sterker klem op die Joodse. Die tydsindeling moet byvoorbeeld volgens die Joodse dag- (vanaf 06:00) en nag- (vanaf 18:00) indeling gelees word (byvoorbeeld 1:39 - 16:00; 4:6 - 12:00, 4:52 - 13:00; 19:14 - 12:00). Jesus word gekruisig op dieselfde

18

uur wanneer die lammers vir die Paasfees geslag word. Dit verskil van die ander Evangelies, maar pas juis funksioneel in by die boodskap van die Johannesevangelie. Dit kom daarop neer dat die Johannesevangelie 'n bepaalde boodskap wil tuisbring, sodat die gegewens oor tyd relatief raak. Dit bevat dus nie foute nie, maar eie klemtone. Die lesers was Christene uit bogenoemde agtergrond wat in hulle geloof versterk moes word.

Verhouding met ander Evangelies. Te midde van ooreenkomste en verskille met die sinoptiese Evangelies (Markus, Matteus en Lukas) vertoon die Johannesevangelie 'n eie karakter. In die verhalende gedeeltes is daar ooreenstemming wat die berig aangaande Johannes die Doper betref (1:19-29 - vgl Mark 1:2-8), die tempelreiniging (2:13-22 - vgl Mark 11:15-17), die broodvermeerdering (6:1-15 - vgl Mark 6:34-44), die loop op die see (6:16-21 - vgl Mark 6:45-52), die salf van Jesus se voete (12:1-8 - vgl Mark 14:3-9), en die intog in Jerusalem (12:12-19 - vgl Mark 11:1-10). Ook in die lydens- en opstandingsberigte vind ons ooreenstemmings, asook in verskillende uitsprake (vgl 1:27 met Mark 1:7; 1:33 met Luk 3:16; 4:44 met Mark 6:4; 13:21 met Mark 14:18; 13:36 met Mark 14:29) en aanhalings uit die Ou Testament (vgl 1:23 met Matt 3:3 uit Jes 40:3).

Opmerklike verskille ten opsigte van verhalende gedeeltes is dat Johannes soms sekere gebeure verswyg, byvoorbeeld die geboorte van Jesus en die instelling van die nagmaal. Volgens die Johanneïese beriggewing is Jesus hoofsaaklik werksaam in die gebied van Judea en volgens die Sinoptici rondom Galilea. Johannes bevat besondere redevoerings (3; 4; 6; 7; 8; 10; 14-17) en uitsprake van Jesus wat nie só by die ander Evangelies voorkom nie, en ook sekere wondertekens. Die rede daarvoor is dat dit 'n bepaalde plek en funksie inneem in die opbou van die eiesoortige Johanneïese vertelling oor Jesus.

Verskille beteken egter nie teenstrydighede nie. Johannes lê sy eie aksente en bring byvoorbeeld die Goddelikheid en heerlikheid van Jesus sterker na vore sonder om sy menslikheid te verontagsaam. Johannes veronderstel 'n bepaalde kennis by sy lesers, byvoorbeeld oor Jesus se doop waarvan die Sinoptici vollediger verslag doen.

Styl en doel. Die Johanneïese styl en woordgebruik verraai 'n sterk Semitiese beïnvloeding alhoewel dit in Grieks geskryf is. Die verhalende stof word besonder dramaties aangebied, gebeure ontwikkel en bereik 'n klimaks (vgl byvoorbeeld die toneel by die put van Jakob te Sigar in 4:1-42). In die redevoeringe word van teenstellings gebruik gemaak en van sleutelwoorde wat telkens herhaal word met die doel om gedagtes aan mekaar te skakel (vgl die Heilige Gees in 13:31 tot 16:33). Hy maak ook gebruik van ironie (bv 11:50) en sogenaamde misverstande (bv 2:19-22) om Jesus se identiteit as Seun van God duideliker te beklemtoon.

Wat die inhoudelike betref, lê die eie aard van die Johannes-evangelie in sy Christologiese beklemtoning: Jesus as die Seun van God het mens geword en is met heerlikheid beklee om as lig en lewe verlossing te bring sodat almal deur Hom tot 'n nuwe geloofsoriëntasie kom (1:7). Wat die toekomsverwagting betref, beklemtoon Johannes dat die ewige lewe, die oordeel en die opstanding, wat gewoonlik deur die ander Evangelies as toekomstige eindgebeure getipeer word, alrééds werklikheid is op grond van die feit dat die gelowige nóú reeds deel het aan die verlossing deur Jesus Christus (vgl 3:36; 5:24; 10:10).

Die doel wat die Johannesevangelie self aangee, vind ons in 20:31: Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê. In 'n neutedop word gesê wie Jesus is: Hy is die verwagte Messias, die Gesalfde, die Seun van God deur wie die Vader aan ons bekend gemaak word. Wat doen Jesus? Hy het gekom om lewe te gee. In Hom het die nuwe lewe wat vir altyd voortduur, aangebreek. Hierdie soort lewe as gawe van God word alreeds in dié lewe ervaar. Die Evangelie is geskryf sodat die mens moet glo dat Jesus die Christus is en sodat hy hom sal oriënteer aan die Seun van God. Die lewe word as gawe ervaar deur te glo, en dit beteken om op Jesus Christus te vertrou, aan Hom vas te hou en in Hom te bly. Dit beteken om in gehoorsaamheid aan sy opdragte in liefde te leef volgens sy voorbeeld (13:34; 14:4, 10,12). (Aantekeninge uit Verklarende Bybel.)

19

MODULE II

HANDELINGE EN LEERSTELLIGE BRIEWE : Romeine, Korintiërs, Galasiërs

Voorgeskrewe Bybelboeke met temas and kernverse.

BOEK KERNVERSE TEMAS

Handelinge 1:8

Die voortgesette werking en lering van die

lewende Christus deur die Heilige Gees, deur

middel van sy liggaam, die Kerk.

Romeine 1:17 Die Boodskap van Verlossing

1 Korintiërs 10:31

Toepassing van verlossing in elke dag se

lewe; die regstelling van foute in die gemeente.

2 Korintiërs 5:19, 21 Die Bediening van die Versoening.

Galasiërs 3:10, 11 Vryheid in Christus.

20

OORSIG VAN MODULE II

Lesing 1: HandelingeDie ontstaan en groei van die vroeë Christelike kerk.Besondere aandag sal aan die volgende aspekte gegee word:1. Die Koninkryk van God2. Die doop met die Heilige Gees3. Vervulling met die Heilige Gees4. Petrus se toesprake (Hand 2 en 3)5. Stefanus se toespraak (Hand 7)6. Die gelowiges in Samaria ontvang die Heilige Gees (Hand 8)7. Die gelowiges in Sesarea ontvang die Heilige Gees (Hand 10 en 11)8. Paulus se bekering (Hand 9), sy eerste sendingreis en boodskappe (Hand 13 en 14)9. Die vergadering in Jerusalem (Hand 15)

Lesing 2: 1 KorintiërsPraktiese probleme in die vroeë kerk, spesifiek in die gemeente van Korinte

Lesing 3: 2 KorintiërsDie bediening en boodskap van die vroeë Christelike kerk (2 Kor 1-6)

Tydens hierdie twee lesings sal besondere aandag gegee word aan die inhoud en betekenis van die nuwe verbond.

Lesing 4: RomeineDie leer van die vroeë Christelike kerk

Lesing 5: GalasiërsDie vryheid van die vroeë Christelike kerk

Daar sal veral aandag gegee word aan die betekenis van:1. Geregtigheid deur geloof2. Die nuwe lewe3. Die wet4. Die Geesbeheerde lewe.

Aan die einde van die module behoort studente 'n duidelike begrip te hê van:1. Die betekenis van die werk van Christus in God se heilsplan2. Die betekenis en werk van die Heilige Gees in God se heilsplan3. Die belangrikste leerstellings van die Christelike leer4. Die inhoud en betekenis van die nuwe verbond5. Die verband tussen Ou en Nuwe Testament, ou en nuwe verbond.

21

LESING 1

HANDELINGE

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 4

Bybel: Handelinge 1 - 28(Hf 1 – 15 word tydens lesing behandel.)

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Watter provinsies is deur Paulus op sy drie sendingreise besoek?

2. Noem telkens die twee belangrikste persone wat Paulus op elkeen van sy drie sendingreise vergesel het.

Lang vraag:

3. Lukas laat in Handelinge die klem val op die werk van die Heilige Gees. Bespreek hierdie stelling kortliks deur te verwys na minstens ses voorbeelde uit Handelinge 1 – 15. Dui ook telkens die gevolg/implikasie/betekenis daarvan aan. Voorbeelde moet al die hoofstukke dek.

22

HANDELINGE

OPSOMMENDE AANTEKENINGE BY HANDELINGE

I. DOOP MET DIE HEILIGE GEES (HAND 1:5)

1. In die Ou Testament word die "Gees van die Here" in verband gebring met God se aktiwiteit in die wêreld, en sy werk gesien as vierledig:* skeppend en lewegewend (Job 33:4; Ps 104:29, 30)* gee kennis omtrent God se wil en toerusting vir spesifieke take (Eks 31:3; Num

27:18,22,23; Deut 34:9)* gee profetiese insig (1 Sam 10:10),* wek persoonlike reaksie tot God (geloof.)

Belofte word gegee van die besondere uitstorting en werking van die Heilige Gees in die Messiaanse tyd (Es 36:27 ev; Joël 2:28 ev).

2. Die Nuwe Testament, nuwe era ná die koms van Christus, bring dié beloofde uitstorting van die Gees, om die Kerk te vestig.

3. Verband tussen Jesus en die Heilige Gees:

Joh 7:39; 16:7 - Heilige Gees kon slegs uitgestort word ná verheerliking van Christus. Die Heilige Gees kom dus om Christus se werk voort te sit, om in Jesus se plek by sy mense te bly. Christus se Verteenwoordiger tot Hy weer kom.

4. Die Heilige Gees werk in die gelowige om dit wat Christus verdien en moontlik gemaak het, 'n werklikheid te maak ( = kind van God, = doop met die Heilige Gees).

5. Die uitstorting van die Gees op Pinksterdag was die Apostels se doop met die Gees = inlywing in die liggaam van Christus, nuwe era van die Kerk. Hulle was reeds gelowiges, maar kon nie vroeër met die Gees gedoop word nie.

6. "Doop met die Heilige Gees" het te doen met die begrip van Christelike inwyding of begin, toetrede tot die Messiaanse Koninkryk. Dit is een van die maniere waarop die Nuwe Testament praat omtrent "om 'n christen te word". Derhalwe is elke ware Christusgelowige gedoop met die Gees (1 Kor 12:13; Rom 8:9; 1 Kor 6:19; Gal 3:2 & 14; 4:6; Ef 1:13; 4:30; 2 Tim 1:14; Titus 3:6).

II. VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES (HAND 2)

1. As besondere toerusting vir 'n taak of situasie (soos in Ou Testament).

2. Meer algemeen beteken dit dat die Gees die oorheersende faktor word in die gelowiges se lewens: bepaal denke en optrede (Geesbeheerd).

3. Meermalige ondervinding. Ef 5:18: werkwoord dui 'n voortdurende handeling aan. Beteken om só onder die invloed en beheer van die Gees te kom dat Hy die oorheersende realiteit en werklikheid in ons lewens word, om God te verheerlik (Rom 6-8; Gal 5).

4. Doop met die Heilige Gees = belofte } geloofstoeëieningVervulling met Heilige Gees = opdragDoop met die Heilige Gees = Inlywing of inwydingVervulling met Heilige Gees = inname of toewyding.

23

PETRUS SE TOESPRAAK (Hand 2:14-36)

I. 14-21: Inleiding of verduidelikingII. 22-35: Tema: Jesus, die MessiasIII 36: Slot, hoogtepunt, afleiding

I. 14-21: VERDUIDELIKINGVervulling van profesie (Joël 2:28-32)

II. 22-35: DRIE BEWYSE DAT JESUS DIE MESSIAS IS:1. Kragtige dade, wonders en tekens (vs 22)2. God het Hom uit die dood laat opstaan (24)

* Drie bewyse vir die opstanding(i) profesie (25-31)(ii) getuies (32)(iii) Uitstorting van die Heilige Gees (33)

3. Hy is verhoog (hemelvaart) (33) (Ps 110:1)

III. 36: AFLEIDINGJesus is Here en Christus

PETRUS SE TWEEDE TOESPRAAK (Hand 3:12-26)

I. Verduideliking van wonderwerk (16)II. Verduideliking van wie Jesus is (13-15,18,22,24)III OproepIV. Uitgangspunt: die verbond (13, 25)

I. VERDUIDELIKING VAN WONDERWERK:deur die krag van Jesus, in sy Naam (16)

II. VERDUIDELIKING VAN WIE JESUS IS:lydende kneg en Dienaar van God (13b-15)in vervulling van profesie (18, 21b-24)Daarom is Jesus die Messias, ook bewys deurdat God Hom opgewek het en Sy krag toon (15, 16)

III. OPROEP (19)Bekeer julle!Doel: vergifnis, beloftes (19, 20)

IV. UITGANGSPUNT: DIE VERBONDGod die Verbondsgod, het dit gedoen (13)Vervulling van verbondsbeloftes (25, 26)

STEFANUS SE TOESPRAAK (Hand 7)

I. Vers 2: Begin met God se openbaring aan Abraham, noem Hom die God aan wie al die eer toekom.II. Vers 2-19: Dui aan dat God se heerlikheid deur die geskiedenis aan Israel openbaar is.III. Vers 20-39: Konsentreer op Mosos, omdat hy beskuldig is van lastering teen Moses. Tref

"vergelyking" tussen Moses en Jesus.IV. Vers 39-43: Beskrywe die ongehoorsaamheid van die volk van God en hulle onwilligheid om die

boodskappers van God te ontvang.

24

V. Vers 44-50: Fokus op die tabernakel en tempel omdat dit die tweede beskuldiging teen hom was. Hy wys op die betreklike waarde daarvan (48).

VI. Vers 51-53: Kern van sy boodskap. Volg op die hele strekking van sy toespraak, naamlik die aanduiding van Israel se sonde: verset teen God - hulle doen dieselfde.

PAULUS SE TOESPRAAK (Hand 13:16-39)

I. Inleiding (16-22).II. Tema: Jesus die Messias (23-37).III. Gevolgtrekking (38-41).

I. Inleiding: kort oorsig oor geskiedenis tot by Dawid (16-22)II. Tema: Messiaanse belofte is in Jesus vervul

sy lewe (23-25)sy dood (27-29)sy opstanding (30-37); gestaaf deur getuienis en die Skrif.

III. Gevolgtrekking: Belofte van vergifnis en vryspraak (38,39) en waarskuwing teen ongeloof en verwerping (40,41).

25

LESING 2

1 KORINTIËRS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek bl 45 – 48

Handboek hoofstuk 6 (1 Korintiërs)

Studiemateriaal: Bl 27 – 30

Bybel: 1 Korintiërs

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Wat is die kerngedagte van Paulus se prediking?

2. Wat is die sentrale gedagte van dié brief?

3. Watter drie vraagstukke word in die eerste deel van die brief (hf 1 – 6) behandel?

4. Noem vier sake wat Paulus in die tweede afdeling van die brief (hf 7 – 16) bespreek.

Lang vraag:

5. Op watter maniere hou Paulus Christus aan die gemeente voor? Hoe beskryf hy Christus? Verwys na minstens ses voorbeelde, met Skrifverwysings, en verduidelik in een sin by elke voorbeeld wat jy daaruit verstaan.

26

SEWE PROBLEME IN DIE GEMEENTE WAT PAULUS AANSPREEK

I. VERDEELDHEID BINNE DIE KERK (Hoofstukke 1 - 4)

A. Probleme (1:10-17)1. Verdeeldheid (1:10)2. Onenigheid (1:11)3. Vier groepe (1:12) (Partyskappe)4. Paulus doen 'n beroep tot eensgesindheid (vs 10)

................................................................................................................................................................

B. Lering (1:18 - 3:4)

1. Valse wysheid (menslik), ware wysheid (goddelik) (1:18 - 2:5)Paulus vergelyk menslike en goddelike wysheid: die wêreld sien God se wysheid (boodskap van die

kruis) as onsin (18), maar God het bepaal dat verlossing nie deur geleerdheid kom nie, maar deur geloof in die kruis van Christus (= Evangelieboodskap vs 17,18,21; = vergifnis vs 30).

................................................................................................................................................................

2. Vleeslikheid (2:14 - 3:4)Paulus pas die vorige gedagte (vs 14) op hulle toe en wys daarop dat die tweede rede vir die

verdeeldheid is omdat hulle nog wêrelds is: hulle bedink nie die geestelike dinge nie, word nog oorheers deur hulle ou natuur. Daarom verstaan hulle die dinge van God weinig beter as die natuurlike mens.

................................................................................................................................................................

C. Besluite (Aanbevelings) (3:5 - 4:21)

1. Samewerking (3:5-9)Volgens die voorbeeld van hulle geestelike leiers. Húlle is medewerkers van mekaar in diens van

God (vs 9). Die aandag van die Korintiërs moet op Gód gefokus wees, nie op sy instrumente nie (vs 7).

................................................................................................................................................................

2. Strewe na eenheid (3:9b-22)Paulus hou die beeld voor van 'n gebou waarmee hy die gemeente vergelyk. Elkeen se werk moet

daarop gerig wees om by te dra tot die opbou en eenheid van die gebou, veral omdat die Gees van God daarin woon (16). Verdere aansporing is die gedagte van toetsing (13,14) en straf (17).

................................................................................................................................................................

3. Weerhouding van oordeel en selfverheffing (4:1-21). Moenie oordeel oor God se werkers nie (vs 5). As jy oordeel, verhef jy jouself (vs 7).

...................................................................................................................................................

4. Praktiese toepassing

...................................................................................................................................................

27

II. AFWESIGHEID VAN KERKLIKE DISSIPLINE (TUG) (Hoofstukke 5 en 6)

A. Probleme (5:1,2)1. Onsedelikheid2. Houding van die kerk (gemeente) : versuim om tug toe te pas.Die rede dat die gemeente nie die regte stappe geneem het nie is dat hulle opgeblase is (2,6).

...................................................................................................................................................

B. Lering (Beginsels) (5:6-12; 6:9-21)1. Suurdeeg by die Paasfees (5:6-8)Onsedelikheid in die kerk moet hanteer word soos suurdeeg by Paasfees: dit moet verwyder word

t.w.v. suiwerheid. Sonde word vergelyk met suurdeeg = aansteeklik (6). In die nuwe lewe (deur Christus se offer) kan die ou, sondige dinge nie meer geduld word nie. Ons is gereinig, moet daarom rein lewe.

...................................................................................................................................................

2. Vermyding (5:9-13)Verwydering van die skuldige uit die geloofsgemeenskap wanneer hy homself 'n gelowige noem en

deel is van die gemeente. Binne in die kerk (gemeente) moet toesig gehou word en opgetree word. Deur 'n onbetrokke houding word die skuldige as't ware gesterk in sy kwaad, ander volg sy voorbeeld.

...................................................................................................................................................

3. Wêreldse oplossing (6:1-8)Geskille tussen gelowiges moet in die gemeente self opgelos word. Teken van wêreldsgesindheid

om na sekulêre (heidense) hof te gaan. Gesindheid belangrik (vs 7, 8).

...................................................................................................................................................

4. Sedelike reinheid (6:9-20)Sluit aan by vorige probleem van onsedelikheid. 'n Hoë standaard van sedelikheid moet te alle tye

gehandhaaf word omdat hulle nuut is (vs 11), en die liggaam aan die Here behoort (vs 13, 15, 19, 20).

...................................................................................................................................................

C. Besluite (5:3-5,7,13b)1. Optrede teen persoon (5:2b en 13b)

T.w.v. die geestelike heil van die persoon. Nadelig vir geestelike toestand van die individu.

...................................................................................................................................................

2. Beskerming van die kerk (5:7)T.w.v. die suiwerheid en reinheid van die gemeente. Nadelige invloed op die kerk, verswak haar

getuienis.

...................................................................................................................................................

5. Praktiese toepassing................................................................................................................................................................

6. ...................................................................................................................................................................

III. HUWELIK (Hoofstuk 7)

A. Probleme1. Getroud of ongetroud2. Egskeiding

B. Lering (Beginsels)1. Heiligheid van die huwelik (7:1-9)

28

. Vermy onsedelikheid (vs 2)

. Kom huweliksplig na (vs 3-5)

...................................................................................................................................................

2. Blywendheid van die huwelik (7:10,11)Beginsel: mag nie skei nie.

...................................................................................................................................................

3. Krag van die huwelik (7:12-14)Huweliksverhouding is 'n sterk instrument in die hand van die Here om die ongelowige te red.

...................................................................................................................................................

4. Voordele van die ongetroude staat (7:25-40)Alleenlik om groter toewyding aan die Here moontlik te maak (vs 32-34).

...................................................................................................................................................

C. Besluite1. Die wat wil trou, moet trou (vs 2, 36)

2. Die wat die gawe ontvang het om ongetroud te bly, moenie trou nie (vs 1, 37), alleenlik t.w.v. groter toewyding.

3. Indien jy trou, moet dit met 'n gelowige wees (vs 39).

4. Indien jy met 'n ongelowige getroud is, doen alles in jou vermoë om die huwelik te laat slaag (vs 12-16).

5. Vir 'n gelukkige huwelik moet albei hul huweliksplig nakom (vs 3-5).

IV. CHRISTELIKE VRYHEID (Hoofstukke 8-10)

A. Probleme (8:1)Is dit geoorloof dat Christene, wat tog weet dat afgode nie bestaan nie, wel afgodsoffervleis eet?

...................................................................................................................................................

B. Lering (Beginsels) (8:1 tot 10:24)1. Basiese beginsels van Christelike vryheid (8:1-13)Sterker gelowiges het die kennis (vs 4); swakker gelowiges het gewetensbesware (vs 7).

Eersgenoemde moet laasgenoemde se belange op die hart dra = liefde (vs 1&2). In dié situasie moet die liefde seëvier, nie die kennis nie.

...................................................................................................................................................

2. Voorbeelde van die lering (9:1 tot 10:15)(a) Paulus self (9:1-27) (positief)

Paulus het die reg en vryheid wat hy het, nie opgeëis nie, maar prysgegee t.w.v. ander (vs 4,11,12,14,15).

...................................................................................................................................................

(b) Israel (10:1-15) (negatief)In die Christelike vryheid (deur kennis van die waarheid) moet die gelowiges oppas vir versoekings!

Dit is Paulus se waarskuwing, in aansluiting by die afgodsoffers. Bly sonder verslapping waaksaam - moenie daarmee heul nie! Alhoewel Israel wonderlike geestelike voordele geniet het (vs 1-4), het dit hulle nie daarvan weerhou om die ergste sondes te pleeg nie (vs 7-8). Dit is 'n waarskuwing vir dié wat hulle as sterk Christene beskou: hulle vryheid en verligte denke kan te ver gevoer word. Oppas vir sondige begeertes, wat maklik verskoon en goedgepraat word: dit is die wortelsonde (vs 6&11; 12).

29

...................................................................................................................................................

C. Besluite (10:14-33)1. Moenie vleis eet in die tempel by die fees nie (vs 14-21). Argument gegrond op

gemeenskap wat tydens die offermaaltyd tot stand kom met die godheid aan wie geoffer word. Verwys na nagmaal (vs 16) en Joodse offers (vs 18).

2. Eet wat by die slaghuis verkoop word (vs 25,26). Sien dit as God se voorsiening.

3. Eet by 'n ongelowige se huis as dit nie 'n probleem is nie (vs 27). Nie hier verantwoordelik vir 'n ander se gewete nie.

4. Moenie eet as iemand anders dit noem nie - vir hom moontlik 'n probleem, of toetsing (vs 28-19). T.W.V. sy gewete en jou getuienis.

Praktiese toepassing...................................................................................................................................................

V. CHRISTELIKE GODSDIENS (Hoofstuk 11)

A. Probleme ten opsigte van die erediens of byeenkomste1. Die vrou se status (11:2-16)

Vroue met of sonder hoofbedekkings?

...................................................................................................................................................

2. Nagmaal (11:17-22)Kliekvorming doen afbreuk aan die betekenis en heiligheid van die nagmaal.

...................................................................................................................................................

B. Lering (Beginsels) 1. Die vrou (11:3-6)

Rangorde deur God ingestel

...................................................................................................................................................

2. Nagmaal (11:23-26)(Sien aanvullende aantekeninge by Korintiërs, bl. 31)

C. Besluite (10:14-33)1. Die vrou (11:6,10)

Vroue, bedek julle koppe (vs 10, 13-16)

...................................................................................................................................................

2. Nagmaal (11:27-34)* Selfondersoek (vs 28)* Net bedoel vir ware gelowiges (vs 29)* Gemeenskapsbeoefening belangrik (vs 33)

...................................................................................................................................................

3. Praktiese toepassing...................................................................................................................................................

(Vervolg bl 32)

AANVULLENDE AANTEKENINGE BY KORINTIËRS : DIE NUWE VERBOND

30

In die Nuwe Verbond word twee dinge beloof:

1. die vergifnis van sondes2. die inwoning en werking van die Gees.

EERSTE BELOFTE: DIE VERGIFNIS VAN SONDE

Jer 31:31&34b: "Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie" (vgl ook Heb 8:12, 10:17).

1. Verbond beteken "verhouding". Die verhouding tussen God en mens word in die Bybel beskryf met die woord "verbond". Die Nuwe Verbond is gesluit met die nuwe Israel = kerk = liggaam van Christus = gemeenskap van gelowiges.

2. Die Nuwe Verbond tree in werking met Christus se dood. Daarom stel Hy, die aand voor sy dood, die nuwe maaltyd in (1 Kor 11:23-26).

3. 1 Kor 11:23-24. Brood. By die Paasmaal is dit die ongesuurde brood wat herinner aan die uittog uit Egipte (Eks 12:17) en die redding uit slawerny wat God vir sy volk berei het. Die brood is dus die teken van uitredding. Die breking van die brood is 'n handeling wat die verbreking van Christus se eie liggaam aan die kruis voorstel, waardeur daar vir die gelowige bevryding en verlossing uit die slawebande van sonde gekom het, waardeur ons uitgelei word in die volle vryheid in Christus (Rom 6:6,7,11).

4. 1 Kor 11:25-26: Wyn (bloed). Die profesie van Jer 31:34 gaan in vervulling en die Nuwe Verbond kom tot stand deur die storting van Jesus se bloed (verbond word met bloed gesluit: Eks 24:8; Sag 9:11) as 'n volkome offer tot vergifnis van sonde. Hiervan word die beker (wyn) as teken (bewys) ingestel.

Paasfees - redding van fisiese dood deur die bloed van die lam (Eks 12:27)Nagmaal - redding van geestelike dood (= straf op sonde) deur die bloed van die Lam

(1 Kor 5:17; 1 Pet 1:19).

Dit kondig aan dat die beloofde Messiaanse tyd aangebreek het en die sondes nie meer toegereken word nie, maar vergewe word. Deur die bloed kom daar dus vergifnis vir en reiniging van sondes = versoening.

Wie van die beker drink, betuig daarmee (bely teenoor gemeente) dat hy deel gekry het aan die bloed van Christus en die betekenis daarvan vir die sondaar. Deur die drink van die wyn het die gelowige ook die versekering van gemeenskap met die bloed van Christus, dat sy sonde vergewe is en dat hy ingesluit is in die Nuwe Verbond, met alles wat dit insluit: die volle verdienste van Christus vir die mens.

5. Voorwaardelike vergifnis onder Ou Verbond (seremoniële wet) word nou vrye, totale vergifnis, deur geloof (vgl Lev 4:20,26,31,35; 5:10,16,18; 6:7 en Heb 9:26,28; 10:1-4,10,14,18).

31

VI. GEESTELIKE GAWES (Hoofstukke 12 - 14)

A. Probleme (12:1) Verkeerde opvattings: sekere gawes gesien as 'n statussimbool, dit oorbeklemtoon en verkeerd beoefen.

Inligting: vs 4-11

................................................................................................................................................................

B. Lering (Beginsels)

1. Die liggaam van Christus en Sy ledemate (12)Elkeen het 'n belangrike funksie, noodsaaklik vir die gesonde funksionering van die liggaam (vs 12 &

27). Elke Christen behoort aan die liggaam, daartoe gebring deur die doop met die Heilige Gees (vs 13), elkeen het 'n spesifieke taak. Nie een se taak is belangriker as 'n ander nie, mag nie jaloers wees of neersien op 'n ander se gawe nie (vs 21-30).

...................................................................................................................................................

2. Liefde as vrug van die Gees (13)Korintiërs skuldig aan bogenoemde, daarom wys Paulus op die uitnemendste gawe van God.

Hieraan het hulle 'n jammerlike tekort gehad - gawes dan sonder betekenis.

...................................................................................................................................................

3. Profesie en tale (14)Sluit aan by hoofstuk 12. Vermaning om hulle toe te lê op die gawes wat die opbou van die

gemeente bevorder (vs 1, 3 & 12) en nie slegs die individu stig nie (vs 2, 4, 13-17).

Wat sê Paulus omtrent die spreek in tale?(i) Dit is goed en moenie verhinder word nie (vs 39). Hyself besit die gawe (vs 18)

maar beskou die gawe van profesie (boodskap) as meer waardevol vir die gemeente (5 & 19).

(ii) Dié gawe van tale moet slegs beoefen word as iemand dit kan uitlê (vs 27-28), anders onverstaanbaar en nutteloos. Juis die Korintiërs se probleem (vs 9-12a).

...................................................................................................................................................

C. Besluite (12:27-31) (14:26-40)1. Die kerk (Liggaam van Christus) kan alleenlik reg en gesond funksioneer as elke lidmaat

sy/haar gawe(s) beoefen.2. Paulus gee riglyne vir beoefening van woordgawes:

(i) Alles moet geskied tot opbou van die gemeente (vs 26,31)(ii) Alles moet ordelik verloop (vs 33,40).

3. Praktiese toepassing...................................................................................................................................................

VII. DIE OPSTANDING VAN DIE DOOIES (Hoofstuk 15)

A. Probleme (15:12-19)Die Korintiërs het die leerstelling van die opstanding probeer aanpas sodat dit meer aanvaarbaar sou wees (vs 12).

...................................................................................................................................................

32

B. Lering (Beginsels) (15:1:5; 20-56)* Herinner hulle aan die belangrike inhoud van die Evangelie: vier grondpilare (vs 1-5)* Teenoor die valse lering stel Paulus nou die waarheid: Christus is opgewek (vs 20), die

Eerste, waardeur 'n proses aan die gang gesit is: gelowiges sal hom volg (vs 23).

...................................................................................................................................................

C. Besluite (15:57-58)1. Ons kan dus weet: die oorwinning is verseker - Christus het dit behaal, en die gelowiges

deel daarin.

...................................................................................................................................................

2. Praktiese toepassing

...................................................................................................................................................

SLOT (Hoofstuk 16)

33

LESING 3

2 KORINTIËRS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek Hoofstuk 6

Studiemateriaal: Bl 35-37Bylae 1 bl 38-40)

Bybel: 2 Korintiërs 1 – 13Hf 1 – 6 word gedurende die lesing behandel.)

_________________________

OPDRAG

Lang vraag:

Bespreek die karakter en werksaamhede van God uit 2 Kor 1 – 6 deur na ses voorbeelde te verwys. Stel dit asseblief in jou eie woorde met toepaslike Skrifverwysings.

34

2 KORINTIËRS

INDELING VAN EERSTE GEDEELTE VAN DIE BRIEF

Argumente ten opsigte van die Christelike bediening (1:1 tot 7:1)

1. Paulus verdedig homself en sy bediening (1:12 tot 2:17)

(i) Hy het 'n skoon gewete (vs 12)(ii) Hy het geen bybedoelings nie (vs 13)(iii) Hy is nie skuldig aan wispelturigheid of onbetroubaar nie, want hy het beplan om na hulle te

kom (vs 15,16). Dit was nie slegs 'n menslike oorweging nie; van sy kant nie onseker nie (vs 17-19)

(iv) Die rede waarom hy nie gekom het nie, was om hulle te spaar (vs 23 tot 2:4)(v) Sy gesindheid ten opsigte van sy bediening (2:14 & 17).

................................................................................................................................................................

2. Die gemeente self is die bewys van die doeltreffendheid van sy bediening (3:1-3)

Daar was diegene wat Paulus daarvan beskuldig het dat hy homself aanprys. Die vorige paar verse mag weer so voorkom, daarom wil hy enige misverstand uit die weg ruim. Hy het nie 'n aanbeveling nodig nie (vs 1) want die gemeente self is voldoende bewys van die doeltreffendheid van sy bediening onder hulle. Hulle geloof en veranderde lewens is 'n bewys van die ware Evangeliebediening. Hierdie "aanbevelingsbrief" is deur Christus geskryf (outeur), Paulus slegs die instrument (pen), die Heilige Gees die ink; nie op kliptafels nie, maar vleestafels = harte van mense.

................................................................................................................................................................

3. Die aard van sy bediening: bedienaar van 'n Nuwe Verbond (3:6-18) (vgl tweede belofte)Vers 7-18 is 'n verdere vergelyking tussen die twee verbonde. Die eerste (die wet in letters op klip gegraveer = bepalings van die verbond) het met heerlikheid gekom: weerspieël die karakter en heerlikheid van God. Dit is weerspieël in die glans op Moses se gesig (vs 7). Dat dit sou verbygaan (eerste bedeling), daarvan is die glans op Moses se gesig 'n illustrasie (vs 13). Dit was nie 'n permanente sisteem nie. Die bedeling van die ou verbond sou verbygaan, dit was tydelik, voorbereidend vir die koms van die Nuwe Verbond. Dit het Israel egter nie begryp nie (vs 14,15). Die Nuwe Verbond, die bedeling van die Gees, is uitnemender, het 'n superieure funksie, oortref die oue in heerlikheid, is vir ewig (vs 10,11).Werk van die Gees:(i) Openbaar (vs 16,17)(ii) Heiligmaking, transformasie, herskepping (vs 18).

................................................................................................................................................................(Vervolg bl 36)

OPSOMMENDE AANTEKENINGE BY KORINTIËRS : DIE NUWE VERBOND

TWEEDE BELOFTE: DIE INWONING EN WERKING VAN DIE GEES

1. 2 Kor 3:6: "... bedienaars van 'n nuwe verbond, nie van die letter nie, maar van die Gees" (vgl oue en nuwe).

Belofte in Ou Testament van nuwe verbond.Es 11:19-20; Es 36:26-27; Jer 31:31&33.b

2. Drie stadiums van die genadeverbond: (i) Verbond tussen God & Abraham(ii) Wetsverbond (Sinaïverbond) Ou Verbond(iii) Nuwe Verbond

3. Kontras tussen die letter en Gees dui op die kontras tussen die verbond met die wet wat eise stel vir gehoorsaamheid, (om die verbondseëninge te ervaar), en dié van genade, wat die belofte gee van gehoorsaamheid.

35

Dit wat uiterlik was, die wet op kliptafels, word nou innerlik: 'n hartsverandering vind plaas, want onder die Nuwe Verbond kom die Gees in die gelowige woon. Hy bring die wet (woord) van God binne-in ons harte: wat uiterlike was, word verinnerlik: ons wéét wat God wil - die Gees leer ons. Die Gees maak die gelowige nuut, neem die onwilligheid om God te gehoorsaam, weg, en gee in die plek daarvan gewilligheid om God se wil te doen. Hy maak die gelowige ook bekwaam daartoe, gee die toerusting. Die vereiste van gehoorsaamheid (julle moet), word nou 'n belofte: julle sal (Fil 2:13).

LET WEL die wet word nie gekanselleer nie! (Fil 2:12).

4. Insluiting in die verbond is deur geloof, beide vir ou en nuwe Israel: aanvaarding van God se manier van redding en versoening. Uitvloeisel van geloof = gehoorsaamheid.

5. Die gelowige kry deel aan die seëninge van die verbond in die Ou Testament deur gehoorsaamheid (vgl Eks 23:20-31; Lev 26:1-13; Deut 28:1-14). In die Nuwe Testament deur geloof: vgl Ef 1:3-14; Kol 2:9-10.

Seëninge sluit in alles wat die Gees wil meedeel; alles wat Christus deur sy verdienste moontlik gemaak het.

(Vervolg vanaf bl 35)

4. Die boodskap (inhoud) van die bediening: die Evangelie (4:1-6)

* Evangelie van die heerlikheid van Christus = beeld van God (vs 4b) = openbaring van God.* Jesus Christus as die Here (vs 5).

................................................................................................................................................................

5. Die draers en die hoop van die Evangelieboodskap (4:7 tot 5:10)

* Paulus noem die Evangelie 'n skat, en dié wat die kennis van die Evangelie het, kleipotte, omdat God mense gebruik om dit uit te dra, mense wat feilbaar en breekbaar is.

* Drie dinge wat ons weet ten opsigte van die kleipotte: vs 14; 5:1 & 5; 5:6 & 10.

................................................................................................................................................................

6. Die naam van die bediening: die Bediening van Versoening (5:11-21) (Sluit aan by die inhoud van die bediening, 4:2-5, en 5:18-21 is 'n verduideliking daarvan)

* Motivering vir hulle dienswerk: vs 11 & 14.* Paulus verduidelik kortliks die bedoeling en uitwerking van Christus se sterwe en opstanding

(vs 15 & 17).Skeppingsdoel dus herstel, kringloop voltooi (Gen 1:26).

Ons kán dus nou optree as God se verteenwoordiger omdat ons herskep is. Christus het nie slegs vir ons sondes gesterf nie: Hy het ook opgestaan om die nuwe lewe moontlik te maak.

VS 18-21(i) Dit is die werk van God (vs 18).(ii) Hy het ons deur Christus met Homself versoen (vs 19,21) = vervangingswaarde;

ruilwaarde.

36

(iii) "... deur ons eenheid met Christus" (vs 21) = geloofsaanvaarding.(iv) "... deur God vrygespreek" (vs 21) = aanvaar(v) Gevolge van versoening (vs 15 & 17): lewe vir God, herskep. Vyf V's.

................................................................................................................................................................

7. Die uitwerking van die bediening (6:1,2 en 6:14 tot 7:1)

* Die aanvaarding van die versoening moet 'n praktiese uitwerking in die lewe van die gelowige hê, moet vrug lewer, anders is dit tevergeefs (vs 1 & 2).

* 6:14 tot 7:1 = oproep om heilig te lewe.Teen die ongelyke juk argumenteer Paulus deur eerstens 'n vyftal vrae te stel (vs 14-16) en

tweedens 'n aantal beloftes van God voor te hou (vs 16b - 18).

................................................................................................................................................................

37

BYLAE 1

PROBLEEM VAN SONDE/GOD SE ANTWOORD

Waarom bestaan daar hoegenaamd 'n probleem?

God is driemaal-heilig! (Jes 6:3; Op 4:8). Dit is sy wese, die kroon van sy persoonlikheid, die mees omskrywende van sy attribute. Hy is die gans-andere. Hy kan nooit assosieer of gemeenskap hê met dit wat besoedel of korrup is nie (Ps 5:5).

Daarom lê Hy die verbondsverantwoordelikheid op sy volk: "Wees heilig, want Ek is heilig" (Lev 11:44-45) en op sy volgelinge/kerk/kinders (1 Pet 1:15-16). Mense op wie Hy beslag lê, moet deel kry aan Sy heiligheid (Heb 12:10 & 14; Matt 5:8; Open 21:27).

Die mens se sonde-toestand veroorsaak so 'n diep, wye, onoorbrugbare kloof tussen hom en God, dat dit God se heilswerk noodsaak (Rom 3:23).

* Die Erfsonde ("original sin"). Sonde is 'n universele feit; die Skrif leer dit, elke mens ervaar dit.

Waar kom dit vandaan?

Erfsonde is die effek van Adam se sonde op elkeen van sy nakomelinge (dus alle mense), ongeag van en voorafgaande aan enige optrede of versuim aan húlle kant. Dit sluit sowel erfskuld as erfsmet in.

Vergelyk Rom 3:9-20 & 5:12-19; 1 Kor 15:21-22; Gal 3:22; Ef 2:1-3.

* Wat is Erfskuld? Dit gaan oor die mens se skuld ("guilt") voor God.

Adam het as verbondshoof die mens voor God verteenwoordig. Anders gesien : die mens was as't ware in sy lendene toe hy gesondig het. Al Adam se nakomelinge is dus saam met hom 'verantwoordelik' vir die sondeval. Hulle is saam met hom skuldig en net so strafbaar (vgl Rom 5:12-19; 1 Kor 15:21-22).

Elke mens word dus in 'n verskriklike toestand gebore - as deel van 'n mensheid onder die toorn van God (Ef 2:1-3).

Dus:

Adam se skuld word aan alle mense toegereken, 'gedebiteer' ("imputed"). Dis 'n juridiese of wetlike probleem.

Hierdie toerekeningsbeginsel is baie belangrik aangesien God se hele reddingsplan daarop berus: Adam se sonde word aan my toegereken; my sonde word aan Christus toegereken; Sy geregtigheid word aan my toegereken.

* Wat is die Erfsmet? Dit gaan oor die mens se verdorwenheid ("corruption").

Elke nakomeling van Adam, dus elke mens, word met 'n verdorwe natuur gebore en het dus 'n ingebore geneigdheid tot sonde = oortreding van God se wet en wil.

Dit maak hom 'n rebel voor God. Maar meer: hy het nie die vermoë om aan God se wil en standaarde te voldoen nie. Dit maak van hom 'n mislukking voor God.

Dus:

Die verdorwenheid as gevolg van Adam se sonde word aan sy nasate toebedeel ("imparted"). Hierdie is 'n morele probleem.

Persoonlike sondes is ook die onvermydelike uitvloeisel van die erfsmet, die verdorwe natuur, en bring toenemende persoonlike sondeskuld.

38

Die natuurlike mens is dus radikaal verdorwe. Hy is geestelik doof en blind; hy hoor en sien nie die dinge van die Here nie (1 Kor 2:14); hy het geen behoefte daaraan nie, eerder 'n weersin daarin (Rom 3:11,12). Luther sê: "Sy finale sonde is onwilligheid om te erken hy is 'n sondaar." Sonder 'n genadewerk van die Heilige Gees het hy nie ware sondebesef nie (Joh 16:8-11).

Is dit só erg? Ja! Jak 2:10-11: "As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie." Die oomblik wat ek dus in 'n enkele opsig oortree (wat van my 'n rebel maak), óf nie volkome gehoorsaam is nie (wat van my 'n mislukking maak) - is ek skuldig! en maak dit van my 'n sondaar! Klein of groot, maak nie 'n verskil nie, want God is volmaak en Sy standaarde is volmaak. Sy 'slaagsyfer' is 100%. Wie dus nie slaag nie (en dit is niemand nie), dop! (en dit is almal).

Dit gee ons 'n begrip van die verskriklike dilemma van die gevalle mens waarin God moes ingryp, sodat sondaars, in plaas van die ewige verdoemenis, ewige gemeenskap met Hom, die Driemaal-heilige en Aller-geregtige, kon verkry. As ons d¡t nie begryp nie, kan ons nie kop of stert van die Bybel uitmaak nie, want die Bybel is 'n uiteensetting van God se antwoord op die probleem van sonde.

God se antwoord = Die Heilsorde (Reddingsproses)

Die volgende word as die elemente van die heilsorde beskou: uitverkiesing en verordinering; roeping en wedergeboorte; geloof en bekering; regverdiging en aanneming; heiligmaking en volharding; heerlikmaking.

Let wel: die 'heilsorde', die analise en sistematisering van God se geheimenisvolle en geïntegreerde verlossingswerk, is net 'n hulpmiddel (wel beperk) vir die mens om God se werk beter te verstaan. Maar ons móét probeer ten einde nie die spoor totaal byster te raak deur al die afdraaipaaie van dwalinge nie.

Enkele opmerkings is noodsaaklik:

(i) Die saamgroeperinge van bogenoemde begrippe dui nie daarop dat die twee sake dieselfde is nie - elkeen is onderskeie. Tog is daar die logiese neiging om paar-paar te loop.

(ii) Die heilsorde het betrekking op spesifieke mense.

(iii) Verlossing is 'n ewige proses. Tog lê die teologiese belangrikheid in genoemde orde in die logiese aard daarvan.

(iv) Die heilsorde is onverbreekbaar geïntegreerd; as jy dit hoegenaamd ontvang, ontvang jy al die elemente daarvan. ("It is a package deal - if you have it at all, you have it all.")

(v) God inisieer dit soewerein en voer dit onfeilbaar deur. By sommige van die elemente is Hy alleen betrokke, maar by van die ander (geloof, bekering, heiligmaking en volharding) maak Hy deur 'n innerlike genadewerk die mens volledig en aktief deel daarvan.

Erfsonde en Regverdigmaking

In aansluiting by die Erfsonde, is 'n kort verduideliking van die essensiële elemente van Regverdigmaking noodsaaklik.

* Regverdigmaking is 'n juridiese uitspraak van God oor elkeen wat waarlik in Christus glo. Hierdie uitspraak is 'n handeling van God alleen: dis Sy prerogatief en net Syne. Die mens speel geen rol daarin nie. Dit kom deur geloof.

* Aan die hart van regverdigmaking lê die begrippe 'plaasvervanging' en 'toerekening'. Jesus Christus kom as volmaakte mens, as Hoof van God se nuwe mensheid, as die 'laaste Adam' (1 Kor 15:45-47) om plaasvervangend in die plek van sondaars voor God te staan. As sulks (1) leef Hy in volmaakte gehoorsaamheid aan Sy Hemelse Vader. Hierdie volmaakte gehoorsaamheid, oftewel geregtigheid, word dan aan sondaars toegereken (gekrediteer). Maar meer: hulle skuld word ook aan Hóm toegereken (gedebiteer), en Hy betaal daarvoor deur te (2) sterf: die straf (betaling, prys) wat God vereis vir die sonde (boetedoening).

39

* Regverdigmaking is dus 'n dúbbelkuur! Dit het tw‚‚ komponente, die een negatief, die ander positief. Eendersyds spreek God sondaars vry, op grond daarvan dat Jesus Christus hulle skuld betaal het. Andersyds word sy volmaakte geregtigheid aan hulle toegereken, sodat hulle kwalifiseer om vir ewig in God se heilige teenwoordigheid te leef (Sag 4:4b; Jes 61:10).

* Teenoor die juridiese en objektiewe karakter van toegerekende regverdigmaking (God alleen betrokke) is heiligmaking 'n subjektiewe ervaringswerklikheid wat in my gewerk of toebedeel word (ek is volledig en aktief daarby betrokke).

* Regverdigmaking en heiligmaking is God se antwoord in Christus (hoof van die nuwe mensheid) op die mens se dilemma van die erfsonde:

--- Die erfskuld is 'n juridiese probleem wat opgehef word deur regverdigmaking. In Christus het ek aan die eise van die wet voldoen (sy lewe), en my skuld is betaal (sy dood). Dít is my status in God se boeke!

--- Die erfsmet is 'n morele probleem wat opgehef word deur heiligmaking. Dit dui op die werk van die Heilige Gees in die gelowige se lewe om hom meer en meer te verander na die beeld van God soos dit in Jesus Christus vergestalt is. Dis 'n progressiewe proses wat begin wanneer ek 'n Christen word en aanhou totdat ek sterf. Dit gebeur in my.

40

LESING 4

ROMEINE

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek Hoofstuk 7 (Romeine)

Studiemateriaal: bl 43

Bybel: Romeine

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Watter onderwerp word by uitstek deur Paulus in Romeine behandel?

2. .Wat leer ons omtrent Paulus self in die inleiding?

Lang vraag:

3. (a) Verduidelik die begrip Regverdigmaking / Vryspraak soos Paulus dit in Rom 1 – 5 uiteensit. Gebruik slegs die Bybel as bron, en gee Skrifverwysings.

(b) Kan jy hiervan getuig? Beskryf kortliks hoe jy dit in jou lewe ervaar.

Let wel: Jy kan óf die vraag oor Romeine óf die vraag oor Galasiërs (Lesing 5) doen. Inhandiging by lesing 5.

41

ROMEINE

TEMA: REGVERDIG DEUR CHRISTUS

SLEUTELVERS: 1:17

• Die inhoud en uitwerking van die evangelie (1:8-17)

• Wat die versoeningswerk van Jesus genoodsaak het: die sonde (1:18 tot 3:20).

• Hoe God die mens vryspreek (1:21-23). Ou Testamentiese voorbeelde: Abraham en Dawid (hfst 4).

• Die resultate van die vryspraak: 5:1-11: 'n nuwe houding tot God en die lewe.

• Die twee verteenwoordigers: Adam en Jesus en hoe die een skade aangebring en die ander

verlossing (5:12-21).

• Die drastiese verandering in die lewe van 'n gelowige na sy bekering (hfst 6).

• Die gelowige se verhouding tot die wet (hfst 7)

• Die kragtige werk van die Gees van God in sy kinders (8:1-17).

• God se toekomsplanne vir Sy skepping en Sy kinders (8:18-30).

• Hoe om die lewe in die teenwoordige te hanteer (8:31-39).

• Die uitverkiesing en die genade van God (hfst 9).

• Die wyse waarop die evangelie 'n persoonlike werklikheid word (hfst 10).

• God se toekomsplanne vir Israel en Sy kerk (hfst 11).

• Hoe die gelowige hom in die gemeente moet gedra (hfst 12).

• Hoe die gelowige hom moet gedra ten opsigte van die regering van die dag (13:1-7).

• Hoe die gelowige sy medemens moet hanteer (13:8-14).

• Wanneer daar verskillende menings in die gemeente is oor praktiese gebruike, hoe daar 'n goeie

verstandhouding gehandhaaf moet word (hfst 14).

• Christus se onselfsugtige voorbeeld (15:1-6).

• Die omvang van evangeliewerk: die hele wêreld! (15:7-33).

• Die rede vir eenheid van 'n veelkleurige gemeente - "vir die Here" (16:1-16). Die liefdevolle houding

wat in die gemeente bestaan het (16:17-22).

• Opsomming van die evangelie boodskap (16:25-27)

42

LESING 5

GALASIËRS

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 7 (Galasiërs)

Studiemateriaal: Bylae 2, bl 49 - 50

Bybel: Galasiërs

Opsioneel: Studiemateriaal Bylae 3, bl 51 - 58

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Van watter leer gee Galasiërs ‘n sterk uiteensetting?

2. Noem drie argumente wat Paulus gebruik om sy apostelskap en boodskap te verdedig.

Lang vraag:

3. (a) Wat sê Paulus in die brief aan die Galasiërs oor:(i) Regverdigmaking / Vryspraak(ii) Die werking van die Heilige Gees(iii) Christelike vryheid?

Gee toepaslike Skrifverwysings.

(b) Hoe realiseer elk van bogenoemde in jou lewe?

(Keusevraag tussen Romeine en Galasiërs.)

43

GALASIËRS

OPSOMMENDE AANTEKENINGE BY GALASIËRS

I. GEREGTIGHEID OF REGVERDIGMAKING DEUR GELOOF (Gal 2:16)

1. Regverdiging beteken vrygespreek, nie skuldig nie. In die Bybel beteken dit God se handeling van onverdiende genade waardeur Hy die sondaar met Homself versoen deur hom te vergewe en vry te skeld, hom aanvaar en geregtig verklaar (geregtigheid = gehoorsaamheid aan die wil van God; trou in die verhouding met Hom).

2. Twee dinge is seker: God is geregtig, ons is nie. Hoe kan 'n mens voor God geregverdig wees?

3. Jesus het na die aarde gekom om te lewe en te sterwe. Hy het gelewe in volkome gehoorsaamheid aan die wet. Dit is sy geregtigheid: Hy het geen sonde gedoen nie. Sy geregtigheid word vir ons toegereken (Sag 3:4; Jes 61:10).

4. In sy dood het Hy gely ter wille van ons sondes en oortredings, ons verbreking van die wet. Hy het in ons plek gesterf, omdat die straf vir sonde die dood is. Slegs sy dood, sy offer was aanvaarbaar, omdat Hy sondeloos was. 'n Sondaar kan tog nie vir 'n ander sterf nie. Hy het dus ons straf gedra, ons skuld betaal (Ps 49:8 & 16; Rom 3:25; 1 Pet 1:19, 3:18; Heb 10:14).

5. Al wat van ons verwag word, is om ons natuurlike sondige toestand te erken, asook ons hulpeloosheid en onvermoë om iets daaraan te doen, en Jesus se verdienste in geloof te aanvaar - dit is God se wyse van en voorsiening vir versoening. Geloof is die wyse, die manier waarop ons gered word, naamlik geloof in Jesus Christus en sy soenverdienste: die aanvaarding en toeëiening daarvan vir myself.

6. Wat is regverdigmaking vir Paulus?"It is God's act of remitting the sins of quilty man, and accounting them righteous, freely, by His

grace, through faith in Christ, on the ground, not of their own works, but of the representative law-keeping and redemptive blood-shedding of the Lord Jesus Christ on their behalf."

(Packer: "Justification": New Bible Dictionary.)

"We are declared righteous because of the doing and dying of the Lord Jesus."

II. DIE NUWE LEWE (Gal 2:19-20)

1. Vir die persoon wat in Christus geregverdig is, het 'n totale verandering gekom. (Paulus verduidelik vanuit sy eie ervaring, in eerste persoon.) Dit is ernstige lering wat vir elke Christusgelowige geld.

"Deur die wet is ek vir die wet dood": deur Christus se dood is voldoen aan die eis van die wet dat die oortreder moet sterf. Dit geld ook vir die gelowige: omdat Christus die mens se Verteenwoordiger is (Rom 5:12-21; 1 Kor 15:22), word sy verdienste ook my verdienste, ek identifiseer met Hom (omdat ek deur geloof met Hom verbind is). Ek is dus saam met Christus gekruisig: in die Persoon van Christus lê ook my sterwe.

2. Die gevolg? "sodat ek vir God kan lewe." Deur die geloofseenheid met Christus het die gelowige deel aan sy dood en opstanding. Soos Adam se sonde my sonde geword het, word Christus se daad my daad: wat Hy gedoen het, het ek gedoen. Daarom is die ou lewe verby, die ou mens (ongelowige, sondige natuur) dood, en is ek 'n nuwe skepsel, staan ek op in 'n nuwe lewe wat ek vir God lewe (Rom 6; 2 Kor 5:17). Want vryheid van die wet beteken nie wetteloosheid nie, maar 'n nuwe lewe waarin ek God verheelik, juis deur die verlustiging in en onderhouding van die wet, die doen van sy wil, deur die toerusting wat die Gees gee (belofte van die Nuwe Verbond) (Fil 2:13).

3. Dus is dit nie meer ek (ou mens) wat lewe nie, maar Christus in my (nuwe mens : ek in Hom, Hy in my, deur sy Gees). Hoe leef ek hierdie lewe? In die geloof. Ek aanvaar dat dit so is,

44

en lewe in afhanklikheid van Hom, in vertroue op Hom wat beloof het dat sy Gees my sal toerus. Dit is Christelike geloof = aksie.

Hierdie verse is 'n kragtige argument vir die absolute volkomenheid en doeltreffendheid van die werk van Christus. Om dit te verloën, is verwerping van God se genade asook die offer van Christus.

III. DIE WET (Gal 3:10-13)

Paulus antisipeer 'n vraag van die Judaïseerders: "Wat het Abraham hiermee te doen? Dit is tog die wet wat ter sprake is." Hulle argument was dat Abraham heel aan die begin van God se openbaringsproses was. Eeue later het God die proses bekroon deur die wet te gee. En dit is deur onderhouding van die wet dat Israel redding soek. As God in sy genade 'n ander metode vir Abraham gehad het, is dit omdat daar nog nie 'n wet was om te onderhou nie (óns vra: sou God vir Abraham, en weer in die Nuwe Testament, 'n ander wyse vir regverdigmaking hê as vir Israel in die Ou Testament?).

1. Paulus dui aan, deur aanhalings uit die Ou Testament, dat daar volgens die Bybel twee maniere is om die "lewe" wat God beloof, te bekom (vs 11 en 12).

(i) Geloof Albei die woord van God,}(ii) Dóén wat die wet sê albei beloof lewe (d.i. Ewige lewe)(Goeie voorbeeld van sogenaamde teenstrydighede in die Bybel.)

2. Die antwoord is reeds in vers 10 gegee. Hierdeur dui Paulus aan dat dit nie net die heidene is, soos die Jode gedink het, wat onder die vloek van God is omdat hulle die wet nie ken nie, maar juis húlle wat dit wel so goed ken, maar nie in staat is om dit ten volle te onderhou nie. Dit is wel so dat die wet, soos God dit gegee het, sy standaard vir regverdigheid stel indien deur die verdienste van die mens self. Maar omdat Hy geweet het dat geen mens in staat is om dit ten volle te onderhou nie, het Hy daarvoor voorsiening gemaak: in die Ou Testament deur die hoëpriester (middelaar) en offerandes (versoening); en vervulling daarvan in die Nuwe Testament deur Jesus Christus: Hoëpriester, Middelaar én Offer, want vers 13: "Christus het ons losgekoop, deur in ons plek ..." (te sterwe) (2 Kor 5:21). Omdat Hy die enigste is wat ooit die wet volkome kon onderhou, kón Hy in ons plek 'n vervloekte word. Die vloek wat op ons rus, is op Hom geplaas. Hy het dit gewilliglik op Hom geneem, sodat ons daarvan verlos kon word. Omdat Hyself nie skuldig was nie, kon Hy die skuld dra en betaal vir die wat skuldig is. Hierdeur is voldoen aan die eise van goddelike geregtigheid en oordeel. Dáárom Jesus se uitroep aan die kruis: "waarom het U my verlaat!"

3. Dit verduidelik ook waarom Jesus 'n kruisdood moes sterf: dit is vervulling van Skrif: Hy is nie vervloek omdat Hy gekruisig is nie, maar as vervloekte is Hy gekruisig. (Ou Testament lyke aan paal opgehang as teken van vervloeking. Deut 21:23). Die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het, was vir die Jode 'n onoorkomelike struikelblok (Messias!) totdat hulle ingesien het dat Hy die vloek vir hulle gedra het, nie vir Homself nie.

Ontsetting van die kruisdood.Beskerming van die bloed.Opstanding.

GAL 3:15-29

Paulus verduidelik verder wat hy in verse 1-14, en veral vers 14, wil duidelik maak: die belofte aan Abraham – hoe dit vervul is en hoe dit bekom word.

Let op Rom 15:8 – “Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word. Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak."

In vers 15 gebruik Paulus die voorbeeld van 'n testament wat geldig bly en nie deur 'n ander ongeldig verklaar kan word nie. Hiermee bedoel hy dat God aan Abraham beloftes gemaak het (vers 16), met hom 'n

45

verbond (testament) gesluit het (vers 17), en niemand kan dit ongeldig maak nie: nie Moses nie, nie die wet nie. Wat God belowe het, staan vas, en Hy het dit vrylik, uit genade, aan Abraham toegesê (vers 18). Dit kan dus nie deur die wet (= verdienste) bekom word nie.

Wat is die belofte van God aan Abraham?Vers 8: "in jou sal al die nasies geseën word."Gen 22:18: "In jou nageslag ..."Daar word dus aan Abraham belowe dat Iemand uit sy lendene die seën sal bring. Dit is duidelik uit vers 16 waar gepraat word van die nakomeling (O.V. "saad"), net een, en dit is Christus. En die seën van die Evangelie, naamlik vryspraak (vers 8 & 9 & 14) en die Heilige Gees (vers 14) = nuwe verbondsbeloftes. Let ook op vers 19c: "... bedoel vir die tyd totdat die nakomeling op Wie die belofte betrekking het, sou kom". Dus, sê Paulus, die beloftevervulling kom ni‚ deur die wet nie, maar deur Chrustus! Ook nie deur die volk Israel nie (soos die Jode gedink het), maar die Eén nakomeling.

Vers 16 sê egter ook God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee.Watter beloftes is dit??Paulus sluit hier aan by die ou verbondsbeloftes: aan Abraham: nasie (nageslag) en landAan Christus: die nasies as erfdeel (vergelyk Jes 59:21):"Wat My betref, sê die Here,dit is my verbond met die volk:my Gees wat op jou isen my woorde wat Ek in jou mond lê,sal nie uit jou monden uit die mond van jou kindersen jou kindskinders verdwyn nie,sê die Here, nie nou nie en nooit nie."

Ps 2:8: "Ek gee volke vir jou as eiendom,die hele aarde as jou besitting."

Ps 22:28: "Mense oor die hele wêreld sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer.Alle volke sal Hom as Koning erken."

Vers 31: "Die nageslag sal Hom dien."(Nageslag = alle gelowiges uit alle nasies; die land = die hele wêreld, oral waar die Kerk van God 'n

vesting gevind het, dus die kerk oor die hele wêreld.)

Dus vind ook die ou verbondsbeloftes vervulling in Christus, is HY die diepste trefpunt. EN HY is die vervulling van die nuwe verbondsbeloftes. Christus is die ware nakomeling van Abraham in Wie die seën van Abraham vir alle gelowiges (ware kinders van Abraham) 'n werklikheid word. Hy word die draer van die belofte (die belofte het na Hom verwys) en in Hom is dit verwesenlik. (Amplified vs. 19: "... until the Seed should come, to and concerning Whom, the promise had been made."

2 Kor 1:20: "Christus is die ja op al die beloftes van God."

Hoe en aan wie word hierdie seën (beloftes) toebedeel? Vers 14 & 22.(Let op vers 23 - 26: die geloof!)

En wat is die heerlike gevolge?1. Vryspraak vers 24.2. Kinders van God vers 26.3. Met Christus verenig vers 27.4. Almal ‚én vers 28.5. Erfgename van God vers 29.

Paulus besef dat die groot vraag by die Judaïseerders sou wees: "wat van die wet?"Daarom, as goeie leermeester, antisipeer hy self die vraag en stel dit in vers 19 & 21:Watter doel dien die wet dan?Is dit in stryd met die beloftes van God?

Vers 19 -- Paulus wys daarop dat die wet gegee is as gevolg van die sonde, met ander woorde om sonde aan die lig te bring, om dit te ontmasker vir wat dit is: oortreding teen God se wil. Dit is gegee juis om die noodsaaklikheid vir 'n Verlosser te beklemtoon. Dit wys dus heen na dié Een deur wie die belofte vervul sal word (nakomeling), onderstreep dus die belofte.

46

Vers 21 -- Die wet is nie in stryd met die beloftes nie. Die belofte gee lewe (vryspraak), die wet nie - was nooit bedoel om lewe te gee nie, maar weer te oortuig van sonde (vers 22):Die wet maak ons nie sondaars nie, maar openbaar aan ons en oortuig ons dat ons sondaars is - en wys dus weer na Christus, deur Wie die belofte van vryspraak en ware lewe vervul is.

Vers 23-25 -- verduidelik baie mooi watter rol die wet vervul het: dit was 'n "kinderoppasser", het 'n toesighoudende, bewaringsfunksie gehad ten opsigte van die volk, totdat die tyd van die belofte sou aanbreek (24). Hier moet ons veral dink aan die seremoniële wet waardeur die volk presies geweet het hoe hulle aanbiddingskultus moes wees soos deur die ware God aan hulle gegee, sodat hulle nie in allerhande heidense idees en praktyke sou verval nie.

Hoofstuk 3: Dus sê Paulus: vryspraak kom deur geloof, nie deur wetsonderhouding nie. Die beloftes aan Abraham en die nakomeling (ou en nuwe verbondsbeloftes) is vervul in Christus, en word bekom deur geloof, nie wetsonderhouding nie. Ook die wet wys heen na die Een op Wie die belofte betrekking het.

Hoofstuk 4:1-3: Hierdie tyd, waarin die volk Israel onder die toesig en bewaring van die wet gestaan het, was hulle soos 'n minderjarige erfgenaam: die erfenis lê en wag, maar die tyd om dit in besit te neem, soos deur die Pa bepaal, het nog nie aangebreek nie.

Vers 4-7: Maar ... toe die tyd aanbreek soos deur God bepaal!

Hoofstuk 4:8-20: Paulus se besorgdheid oor hulle omdat hulle besig is om terug te beweeg in 'n stelsel waarvan hulle weer slawe gaan word (Judaïsme, wettisisme), in plaas van om vorentoe te beweeg en God in ware vryheid te dien.

Hoofstuk 4:21-31: Laaste vergelyking in argument oor wet en genade, slawerny en vryheid (vers 24). Hagar (slavin en seun vlg. natuur) simboliseer die ou verbond en Judaïsme, met die Jode as die fisiese afstammelinge van Abraham. Hulle is verkneg deur gehoorsaamheid aan die wet, waardeur God die verbondseëninge aan hulle wou meedeel. Hulle streef daarna om daardeur geregtigheid te verkry (Rom 9:31 & 32; 10:3).

Sara (vry, en seun vlg. die belofte) simboliseer die nuwe verbond en christelike godsdiens, met die gelowiges die ware kinders van Abraham, ontvang die verbondseëninge en geregtigheid uit genade, deur geloof.

Die “Doop met die Heilige Gees” is ‘n oorvloedsbegrip .

Definisie:

Die doop met die Heilige Gees is Jesus Christus se oorvloedige skenking van sy Gees aan die gemeente van die Nuwe Verbond, sodat Hy (die Gees) die heerlike en omvattende redding wat reeds deur hulle Middelaar vir hulle verdien is, volledig in hulle kan uitwerk – individueel en gesamentlik. (Nico van der Walt).

“The work of the Holy Spirit is to manifest the active presence of God in the world, and especially in church. He is the One who is most prominently present with us now. (The word “present” means “present to bless”). (Systematic Theology: Wayne Grudem).

Die Heilige Gees verwerklik die teenwoordigheid van God in die wêreld en veral in die kerk. Hy is die Persoon van die Drie-Eenheid wat by ons en in ons is, om God se seëninge aan ons mee te deel.

Op watter wyse werk die Gees daartoe?

1. Hy wederbaar: Hy herskep mense met nuwe harte en lewens.2. Hy bekragtig: Hy gee die toerusting vir diens en getuienis ( = dra vrugte)3. Hy reinig: Hy bewerk die heiligmaking (beide aanvanklike – asook progressiewe heiligmaking, b. 43)4. Hy openbaar: die Woord, gee leiding aan God se mense, gee sekerheid (oortuig), leer en verlig.5. Hy bring eenheid: ”Therefore, when the Holy Spirit is working strongly in a church to manifest God’s

presence, one evidence will be a beautiful harmony in the church community and overflowing love for one another.”

47

6. Die Heilige Gees sal die seën van God meedeel of weerhou na gelang van ons reaksie: of dit Hom behaag of nie. Ons kan die Gees bedroef (Ef 4:30) of blus (1 Tess 5:19) of weerstaan (Hand 7:51), wat meebring dat Hy Hom onttrek. Aan die ander kant, bring Hy groot seën in die lewens van hulle wat Hom behaag. Om vervul te wees, beteken om ‘n bewustheid te hê van Sy teenwoordigheid, om te doen wat God wil, te begeer wat Hy begeer, sy krag te ervaar in bediening en gebed. Daarom moet ons ons deur Hom laat lei.

Let wel: bl 50 laaste 2 paragrawe

48

BYLAE 2

WEDERGEBOORTE, HEILIGMAKING EN HEERLIKMAKING

Wedergeboorte in 'n persoon se lewe is God se soewereine en diepingrypende lewendmakende werk deur Sy Heilige Gees, waardeur so 'n persoon verander word vanuit 'n toestand van geestelike dood (en 'n gevolglik Godvermydende hartsgesteldheid) tot 'n toestand van geestelike lewe (en 'n gevolglik God-soekende hartsgesteldheid.

Die Ou Testament kyk meermale vooruit na die wedergeboorte. Veral twee Skrifgedeeltes is van belang: Jer 31:31 - 34a & Es 36:24-28, wat handel oor die aard en rykdomme van die Nuwe Verbond. In Es 36:25 belowe God dat Hy Sy volk met water van hulle sonde sal reinig en in vs 27 belowe Hy die groot gawe van die eindtyd, die Heilige Gees. (As die Here met Nikodemus oor die wedergeboorte praat, verwys Hy spesifiek na hierdie twee elemente in Joh 3:5 naamlik water en Gees.) In vs 26 word 'n 'nuwe hart' belowe. Die Bybelse begrip 'hart' dui op die sentrum van 'n mens se persoonlikheid. Dit is dus die 'beheerkamer' wat sy hele lewe bepaal (Spr 4:23). Dit is 'n feit dat elke mens onder die dwang van sy eie hart leef. Wat in sy hart aangaan, dit is hy.

Hierdie 'nuwe hart' beteken 'n hartsverandering wat dus onvermydelik 'n gedragsverandering meebring. So sal die Here 'maak' dat ons volgens Sy voorskrifte leef (vs 27). In Jer 31 word 'n ander beeld gebruik om dieselfde belofte te dra: Hy sal Sy wette op mense se harte skryf (vs 33).

Hierdie hartsverandering, wat die Nuwe Testament die wedergeboorte noem ('n geboorte uit God), bring dus 'n nuwe lewensbeginsel, 'n nuwe geaardheid, 'n nuwe geneigdheid, 'n nuwe ingesteldheid. Dit bring nuwe prioriteite, nuwe ambisies, nuwe verlangens, nuwe hartstogte. Daarom bring dit 'n totaal nuwe lewe - 'n lewe wat gedring word deur die begeerte om God Drie-enig te ken, om soos Hy te word en om baie vrug tot eer van Sy Naam te dra. Hierdie nuwe lewensbeginsel wat in 'n persoon ingeskape is deur die wedergeboorte maak dat hy wil klaarkry met sonde en niks méér begeer as om God te behaag nie. (God se saad is in hom: 1 Joh 3:9).

Die wedergeboorte is dus die begin van 'n morele verandering in 'n mens en as sulks die bron waaruit heiligmaking vloei.

As wedergeboorte die aanvang is, is heerlikmaking die voltooiing, afronding, vervolmaking van die proses waarin Christus se volmaakte menslike aard aan God se kinders toebedeel word (Fil 1:6).

Hierdie vervolmaking geskied in twee momentele stappe. Eerstens, as skeiding tussen liggaam en gees plaasvind tydens die fisiese dood. Finaal, as liggaam en gees weer verenig word wanneer eersgenoemde uit die dood opgewek word tydens die wederkoms van Jesus Christus.

Wat die toebedeling van Christus se volmaakte menslike natuur aan die uitverkorenes betref, is dit nou duidelik dat dit drieërlei uiteenval.

* Eerstens word 'die saad van God'; die embrio van Sy natuur en heiligheid deur die wedergeboorte ingeplant.

* Dan volg heiligmaking - die groei van hierdie nuwe lewensbeginsel - tydens die gelowige se lewe op aarde. Dit is nie 'n proses wat wasdom bereik nie, nie naasteby nie. Dit benodig 'n verdere dramatiese ingrype van God.

* Laastens is daar dan die heerlikmaking, wat die uitverkorene se wesentlike staat uiteindelik in ooreenstemming bring met die status wat hy sedert sy regverdigmaking in God se boeke geniet het.

Heiligmaking is dus 'n proses tussen twee krisisse - twee dramatiese ingrypings van God. Wedergeboorte is die groeibodem, die bron, die embrio daarvan. Heerlikmaking is die afronding en vervolmaking daarvan.

NB: die Skrif leer dat, hoewel heiligmaking vir die wedergeborene natuurlik kom, dit nie outomaties kom nie. Daarom soveel Nuwe Testamentiese imperatiewe. Die Christelike lewe is inderdaad 'n lewenslange stryd, 'n wedloop, oorlog met oorblywende sonde. Die Skrif leer ook dat die heiligmaking van selfs die mees begenadigdes onder ons, ver tekort skiet aan God se volmaakte standaarde (1 Kon 8:46; Spr 20:9; Pred 7:20; Rom 7:13-26; Jak 3:2; 1 Joh 1:8).

49

Dit is van die uiterste belang dat ons die bonatuurlike ervaringswerklikheid van groei en heiligmaking, enersyds en die tragiese realiteit van onvolmaaktheid, skandelike worstelinge en oorblywende sonde tot die einde toe, andersyds, in 'n gesonde spanning en balans hou (2 Kor 7:1; Fil 2:12-13).

DIE BEGRIP 'HEILIG' IN DIE BYBEL

Onderskei twee betekenisse:

(i) Die begrip van afsondering - om eenkant te wees of geplaas te word vir gebruik/diens en besondere bevoorregting.

(ii) Morele reinheid, in ooreenstemming met God se persoon en karakter wat die somtotaal en definisie van alle etiese volmaaktheid is.

Eersgenoemde begrip word ook gesien as aanvanklike heiligmaking. In hierdie sin word na heiligmaking verwys as iets wat afgehandeld en onherhaalbaar in die verlede gebeur het. Aanvanklike heiligmaking dui dan op die werk van die Heilige Gees wanneer Hy op 'n persoon beslag lê en hom of haar 'eenkant neersit' vir God se besondere genade en diens (= 'gered', 'tot bekering gekom', ens).

As die Woord vir gelowiges sê dat hulle reeds geheilig is, en daarom heiliges is, wil dit beklemtoon dat hulle, toe hulle Christene geword het, deur die Drie-enige God van 'n sondige wêreld onder sy toorn afgesonder is vir Homself - en daarom vir onuitspreeklike voorregte, verhewe dienswerk en 'n welgeluksalige toekoms. Dit wil dus 'n innerlike vastigheid in hulle vestig, oorstelpte aanbidding uit hulle laat ontspring, 'n gewigtige verantwoordelikheidsbesef in hulle laat neerslag vind en 'n permanente dankbaarheidslewe by hulle ontlok.

Dis op grond van hierdie heiliging wat die Nuwe Testamentiese gelowiges 'heiliges' genoem word. Dis 'n posisie wat hulle beklee (Rom 1:7; 1 Kor 1:2; 2 Kor 1:1; Ef 1:1; Fil 1:1; Kol 3:12).

Die Nuwe Testament werk met die waarheid dat dit ondenkbaar is dat mense wat geheilig is, sondermeer maar met sonde kan voortgaan. Rom 6 is waarskynlik die mees uitvoerige ontvouing van hierdie fundamentele Bybelse motivering vir 'n heilige lewe.

Die tweede begrip van heilig - morele reinheid, word gesien as progressiewe heiligmaking.

Progressiewe heiligmaking is daardie genadige en voortgaande werk van die Heilige Gees in 'n gelowige, na sy wedergeboorte tot en met sy afsterwe, waarin so 'n persoon volledig meewerk, en waardeur hy as 'n regverdigverklaarde sondaar toenemend van sondeverdorwenheid verlos word en meer en meer vernuwe word in hart, denke, wil en gedrag na die beeld van God en gelykvormigheid aan die volmaakte menslike natuur van Christus.

God Drie-enig is die Outeur van die gelowiges se heiligmaking. Daar is 'n wonderlike komplimenterende orde in die werk van die Drie Goddelike Persone: die Vader besluit en wil alles (Hy is die bron); die Seun maak alles moontlik (het die werk op aarde kom doen); die Heilige Gees verwerklik alles (dra dit in die gelowige se lewe in, maak dit vir hom wáár).

Terwyl God, en Hy alleen, die Outeur van heiligmaking is, is dit ewe waar dat gelowiges daarin meewerk (Vergelyk Fil 2:12-13). Hierdie medewerking vereis inspanning, toewyding, dissipline en volharding. Intense konflik tussen die sonde (en die vyande van die siel - die vlees, die wêreld en die duiwel) enersyds, en die Geesbeheerde natuur andersyds, is onvermydelik.

Dit is ook belangrik om raak te sien dat die Heilige Gees in hierdie proses middelik deur die Woord werk. Verder is die gelowiges verantwoordelik om die genademiddele wat die Here daargestel het en waardeur Hy werk, getrou te gebruik. Van belang is die mens se persoonlik omgang met die Woord, die gepredikte Woord, gebed, die bediening van godvrugtige ouderlinge, die gemeenskap van gelowiges en die sakramente.(Geneem uit aantekeninge oor 'Heiligmaking', Dieptekursus 1996 deur Nico van der Walt.)

50

BYLAE 3

DIE VERHOUDING TUSSEN OU EN NUWE VERBOND

Enkele Perspektiewe en ImplikasiesNico van der Walt

Iemand het eenkeer gesê: "My seun, die dag as jy die verhouding tussen Ou en Nuwe Verbond verstaan, mag jy jouself 'n teoloog noem."

Dit was wyse woorde. Want talle van die grootste en ernstigste dwalinge in teologie en kerk deur die eeue was te wyte aan 'n gebrekkige begrip van die verhouding tussen die twee fases van die genadeverbond. 1

Dis 'n toestand wat ongelukkig voortduur - met talle ernstige ellendes in die kerk tot gevolg.

Hierdie studiestuk maak nie aanspraak op volledigheid nie; inteendeel. Dit bied bloot 'n paar fundamentele perspektiewe.

DIE GENADEVERBOND

God se genadeverbond met die gevalle mens loop soos 'n ruggraat dwarsdeur Sy Woord. Begrip en verrekening van hierdie verbond is nodig om die boodskap van die Heilige Skrif reg te verstaan, om God behoorlik te ken, om die evangelie te begryp en reg te verkondig, en om die Christelike lewe te leef soos dit moet.

'n Verbond kan in die algemeen soos volg gedefinieer word: Dis 'n onderlinge en baie gewigtige ooreenkoms tussen twee partye, wat hulle absoluut en gewoonlik permanent verbind om sekere dinge vir mekaar te wees en te doen.

• Die Skrif bevat talle beskrywings van sulke verbonde tussen mense (Gen 21:22-34; 31:44-55; Jos 9; 1 Sam 18:3; 2 Sam 3:6-21; 5:3; 1 Kon 5).

God het hierdie algemene begrip in die antieke wêreld geneem om Sy ewige en onverbreekbare verhouding met diegene wat Hy na die sondeval as nuwe mensheid sou red, te omskryf en te reguleer. Die verbond is dus die 'konstitusie' van God se reddingsplan.

Die genadeverbond het 'n sterk ontwikkelingsgang in die Ou Testament; trouens, in die hele Skrif.Embrionaal is dit reeds in die moederbelofte (Gen 3:15) teenwoordig. Dan kry dit verdere gestalte in die verbond met Noag (Gen 9:1-17).Veral in God se verbondsluiting met Abraham kom dit behoorlik na die oppervlak (Gen 12:1-3; 15; 17; 22:1-19). Hierdie verbond word herbevestig met Abraham se nageslag, Isak (Gen 26:2-5) EN Jakob (Gen 28;10-22).Verder word die verbond herbekragtig met Dawid, maar veral met Moses tydens die uittog, oftewel met die volk wat uit Egipte gered is. Dit gebeur by Sinaï en word ongeveer veertig jaar later herbevestig, net voordat Israel Kanaän inneem. Laasgenoemde gebeurtenis is vervat in die Deuteronomiumboek, wat die struktuur vertoon van 'n tipiese verbondsdokument. Die Sinaïtiese verbond, naas die verbond met Abraham, is van die allergrootste belang en oorheers die lewe van die verbondsvolk daarna.

1 Daar is sprake van 3 groot verbonde in die Bybel. Eerstens is daar die Verlossingsverbond tussen die drie persone van die Goddelike Drie-eenheid – om tot hulle selfverheerliking saam te werk in die verlossing van sondaars (ook soms die Vredesraad genoem). Tweedens is daar die Werkverbond tussen God en Adam, asook daarna tussen God en die Laaste Adam – dat die mens deur gehoorsaamheid sy beloofde erfenis moes verwerf. Derdens is daar die Genadeverbond tussen God en die gevalle mens – dat elke sondaar wat hom bekeer en in algemene afhanklikheid sy geloofsvertroue in die verdienste van Christus alleen stel, deur God regverdig verklaar sal word. Hierdie Genadeverbond het 2 fases of komponente: die Ou Verbond en die Nuwe Verbond.Hierdie begrippe verbond en testament is in werklikheid alternatiewe vertalings van ‘n enkele woord in sowel Hebreeus as Grieks. ‘n Mens kan dus, in plaas van Ou en Nuwe Verbond, om’t ewe praat van Ou en Nuwe Testament.

51

Die daarstelling van die verbond is eensydig. God, en Hy alleen, neem die soewereine inisiatief daarin, en bepaal die aard van die verhouding eensydig. Die uitvoering of instandhouding van die verbond is egter tweesydig. Beide partye, God en mens, is dus aktief betrokke by die uitlewering daarvan. Die Here beloof immers sekere dinge aan die mens as voorregte (iets wat Hy doen), terwyl Hy ander dinge as verantwoordelikhede voorskryf (iets wat die mens moet doen).

Volgens die verbondsvoorskrifte is die verhouding tussen die twee partye nie bloot onpersoonlik, formeel en juridies nie. Dis 'n verhouding van eenheid en gemeenskap, gekenmerk deur wedersydse bande van intieme liefde en lojale trou. Veral twee alledaagse en baie sprekende beelde word gebruik om dit te beklemtoon: die verhouding tussen man en vrou binne die huwelik (Jes 54:5; Jer 31:31-32; Eseg 16:1-14; Hos 1:2; 3:1; Ef 5:24-25,32; Op 21:9); en die verhouding tussen ouer en kind (Eks 4:22; Deut 1:31; 8:5; Hos 11:1; Rom 8:15; 2 Kor 6:18; 1 Joh 3:1).

• Die tipiese verbondsformule, "Ek sal vir julle 'n God wees, en julle moet vir My 'n volk wees", bring hierdie heerlike waarheid uitnemend na vore. Dit kom regdeur die Bybel voor en geld tot in ewigheid (onder meer Gen 17:8; Jer 24:7; 31:33; 32:38; Eseg 11:20; 14:11; 36:28; 37:23,27; 2 Kor 6:16; Heb 8:10; Op 21:3).

'n Paar verdere sake oor die genadeverbond is ter sake:

• Aan die hart van God se verbond met Abraham is die uitspraak van Gen 15:6: "En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken" (OAV). Dit, sê die Nuwe Testament oor en oor, toon dat regverdiging alleen deur geloof kom - en dat dit van die begin af so was (Rom 4:3,9,22; Gal 3:6; Jak 2:23).

• Hoewel God se morele wet, soos in die Tien Gebooie gekonsentreer, aan die hart van die Sinaïtiese verbond was, gee Hy daar ook 'n massa seremoniële voorskrifte wat die Israelitiese godsdiens daarna oorheers. Die Nuwe Testament beklemtoon dat die morele wet, as uitlewingsriglyn vir die verbondsvolk se dankbaarheidsliefde en gehoorsaamheidstrou, ewig geldig bly (Mat 5:17-20). Daarenteen dring dit daarop aan dat die seremoniële wette met die koms van Christus vervul is en nie meer betrekking op die verbondsvolk het nie. Veral Galasiërs en Hebreërs onderstreep dit - as ernstig gewaarsku word teen 'n voortgaande handhawing daarvan. Dis nie net onnodig nie; dis dodelik sondig (vergelyk onder andere Gal 5:1-10; Heb 6:4-8; 10:26-31).

• In Gal 3 en 4 verduidelik Paulus dat God reeds 430 jaar voor Sinaï, tydens die verbondsluiting met Abraham, die fundamentele en onveranderlike verbondsbeginsel van regverdiging deur die geloof alleen vasgelê het (Gal 3:15-18). Die seremoniële wet was bloot gegee as 'n kinderoppasser (die sin van die Grieks in 3:24) wat die Godsvolk en die verbondsopenbaring moes bewaar totdat die geloof gekom het (3:23-25) - die volle openbaring van God in Christus. Israel was dus soos klein kindertjies wat nie na hulleself kon omsien nie - maar die seremoniële wet het hulle opgepas en deur die eeue begelei. Met die aanbreek van die volheid van die Nuwe Verbond, en die volwassenheid wat dit vir God se verbondsvolk meebring, het die noodsaak daarvoor egter verval (4:1-7).

Die seremoniële wet het dus die funksie van steierwerk gehad tydens die oprigting van God se verbondsgebou. Dit was nooit doel op sigself nie, maar bloot middel tot 'n doel. En toe die doel bereik is, moes die steierwerk weg.

• Die besnydenis was in die sentrum van Israel se seremoniële verbondsverpligtinge. Dit was teken van die verbond, en ongehoorsaamheid was 'n uiters ernstige oortreding (Gen 17:14). Wat het dit beteken?

♦ Soos tipies by verbondsluitings, was dit 'n selfveroordelingseed: as ek my nie hou aan hierdie verbond nie, mag ook my bloed vloei en ek afgesny word uit die volk van God.

♦ Waarom is spesifiek die manlike geslagsorgaan besny? Sekerlik het dit daarop gedui dat verbondsaanwas primêr deur natuurlike geboorte sou plaasvind. Nasionale Israel was immers die verbondsvolk (in die ruim sin). Mens is in die verbond in gebore. Dat dit al vereiste was, is duidelik aangesien die teken al op die ouderdom van agt dae aangebring is.

♦ Dit was waarlik 'n verbond van genade, want wie het enige beheer oor wie sy ouers is en watter volk hy in gebore word? En om deel te wees van die volk Israel het heerlike

52

voorregte vir hierdie lewe ingehou (Rom 9:4-5). Maar die ewige lewe het nie sondermeer gevolg nie.

♦ Die besnydenis was deel van die steierwerk wat met die koms van Christus afgetakel is. Niemand wat Paulus se briewe lees, kan daaroor twyfel nie. Maar dat dit al eeue voor Sinaï ingestel is, is sekerlik nie sonder betekenis nie. Waarom? God het dit as teken ingestel om Sy volk van die heidene af te sonder. Kennelik het Hy 'n Verbondsmerk as uiters belangrik geag. Daarom is dit nie verbasend nie dat ook die Nuwe Testament voortgaan met 'n uiterlike teken van verbondstoetrede - die doop.

• Dit is van die allergrootste belang om te verstaan dat God net een genadeverbond het. Gal 3:16 is in hierdie verband 'n sleutel: "God het sy beloftes aan Abraham en aan sy nakomeling gegee". Daar staan nie 'aan nakomelinge', meer as een nie, maar: 'en aan jou nakomeling', net een, en hierdie nakomeling is Christus. Ten diepste is die verbond dus 'n verbond tussen God die Vader en God die Seun - en wel in Sy hoedanigheid as die mens Christus Jesus (1 Tim 2:5), die Adam en Verbondshoof van die nuwe mensheid (1 Kor 15:45,47).

♦ Hoe kry 'n sondaarmens dan deel aan hierdie verbond? As hy deur die geloof met Christus verenig word - en sodoende ook 'n kind van Abraham word (Gal 3:6-7,29). Deur die geloof word hy dus uit die ou Adam uitgehaal en in die laaste Adam ingeplant (vergelyk Rom 5:12-21).

♦ Dis belangrik om te verstaan dat ook Ou Testamentiese gelowiges deur die geloof alleen gered is (Rom 4). Wat sê dit? Ook húlle moes met Christus verenig word ten einde deel te kry aan die verbond! Hulle moes glo in wat Hy sou doen; soos ons moet glo in wat Hy gedoen het. Wat het hulle geloof behels? Dit het tot uitdrukking gekom in onderhouding van die seremoniële wette - begripvol (volgens God se openbaring tot op daardie stadium), nederig (in die bewyssyn van eie sondigheid), opreg (meer as bloot uiterlike ritueel) en gelowig (in die vertroue dat die Lam wat Gód sou voorsien uiteindelik as finale offer vir sondaars sou sterf). En dit alles moet verpak wees in bekeerde en bekerende lewens voor die aangesig van hulle Verbondsgod - as bewys van die egtheid van hulle geloof.

♦ Sedert die sondeval was daar gevolglik nog nooit sprake van enige redding, anders as deur geloof in Christus nie - die Hoof van God se nuwe skepping en mensheid. In Ou Testamentiese tye het hierdie geloof tot uitdrukking gekom in 'n vasgryp van God se beloftes oor Hom. Om met Hom deur die geloof verenig te word, was dus nog altyd die enigste manier om te ontvlug vanuit die gevalle mensheid in Adam en gevolglike veroordeling deur God (Rom 5:12-21; 1 Kor 15:21-22).

Die ou Puritein, Thomas Goodwin, (1600-1680), het dit kostelik gestel: There are but two men standing before God, Adam and Christ, and these two men have all other men hanging on their girdles.

• Samehangend met God se openbaring in die Woord, het Sy heilshandele met sy verbondsvolk 'n progressiewe, of ontwikkelende karakter gehad - totdat dit uiteindelik in die koms en werk van Jesus Christus gekulmineer het. Afgesien van gereelde verbondsvernuwing en -ontwikkeling in die Ou Testament, is vir ons doel veral belangrik dat dit in twee duidelike fases uiteenval: die Ou Verbond (of Testament) en die Nuwe Verbond (of Testament). In hierdie verband is twee samehangende waarhede van die allergrootste belang.

♦ Daar is net één genadeverbond. Dit is onteenseglik duidelik uit wat hierbo verduidelik is. Diegene wat voor Sy koms deur geloof met Christus verenig is, en diegene met wie dit daarna gebeur, sal uiteindelik sáám die vervolmaking van hulle verbondserfenis ontvang (Heb 11:39-40). Die kardinale punt is dit: daar is 'n onverbreekbare eenheid, 'n onmiskenbare kontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

♦ Tog praat die Bybel ook in eksplisiete terme van die Ou Verbond en van die Nuwe Verbond (Heb 8, veral vers 13). Kennelik is daar 'n verskil tussen die twee. Die volgende punt is dit: daar is 'n onderskeid, 'n diskontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

Die kontinuïteit en eenheid tussen Ou en Nuwe Verbond is reeds beklemtoon en verduidelik. Nou moet nader gekyk word na die ander kant van die saak: die diskontinuïteit, oftewel die onderskeid.

53

DIE DUBBELE KARAKTER VAN DIE OU VERBOND

Hierdie dubbele karakter kom tweërlei tot uitdrukking. Enersyds het dit in die aard van sowel die verbondsvoorregte as die verbondsverpligtinge gelê. Andersyds het dit tot 'n twee-deling van die verbondsvolk self gelei.

Eerstens het die verbondsvoorregte en -verpligtinge 'n dubbele karakter gehad. Dis op meer as een manier te sien:

• Vanuit die tydelike en voorlopige aard van die Ou Verbond het sekere van die volk se voorregte en verpligtinge na vore gewys. Ware geloof het dus in 'n toekomsgerigtheid tot uitdrukking gekom.

♦ As voorreg het hulle die beloofde land, Kanaan, ontvang. Dit was egter ook 'n voorafskaduing van die ewige Kanaän wat hulle wat waarlik geglo het, sou ontvang (Heb 11:8-10; 13-16).

♦ As verpligting moes hulle die offerdiens in stand hou. Dit was egter ook 'n voorafskaduing van die groot en finale offer van die Lam van God, aan Wie elkeen sou deel kry wat waarlik glo.

• Vanuit die hoofsaaklik uiterlike aard van die Ou Verbond, het sekere aspekte daarvan na binne gewys. Ware geloof het dus ook in hartsopregtheid tot uitdrukking gekom.

♦ Die offer van 'n dier moes die mense daaraan herinner dat dit eintlik húlle was wat moes sterf. Hierdie handeling moes dus veel meer as 'n blote ritueel wees. Ten einde vir God aanvaarbaar te wees, moes die offeraar se handeling met innerlike verootmoediging en berou gepaard gaan. En die egtheid daarvan sou blyk uit 'n gehoorsame lewe volgens God se Wet.

♦ Die besnydenis was iets uiterliks, aan die manlike geslagsorgaan. Maar dit het ook na binne gewys en moes die volk herinner aan die noodsaak van die besnydenis van die hart (Deut 10:16; 30:6; Jer 4:4 ens.). Wat mense dus eintlik vir God aanvaarbaar gemaak het, was 'n heilige hartsgesteldheid - wat noodwendig tot 'n bekeerde en bekerende lewe lei.

Tweedens het gehoorsaamheid aan bogenoemde – al dan nie – ‘n twee-deling in die volk teweeggebring.

• Die Ou Testament self maak toenemend duidelik dat net die gelowiges en opregtes (dus die bekeerdes en bekerendes - die besnedenes van hart) eintlik die ware verbondsvolk is en dus aan God behoort en die ewige lewe sal beërf. Regverdiging was immers van die begin af deur geloof alleen. Hierdie mense is die oorblyfsel, die seweduisend wat Baäl nie aanbid nie (1 Kon 19:18).

Dis sekerlik ook nie sonder betekenis nie dat hierdie tema al hoe meer aandag kry soos die Ou Testamentiese Godsopenbaring vorder. Vergelyk byvoorbeeld Deut 4:23-31; Jes 6:13; 10;20; Eseg 5:1-4.

• Die Nuwe Testament is duidelik: die oorgrote meerderheid van die Ou Testamentiese verbondsvolk is nooit gered nie, maar het onder God se toorn gesterf (1 Kor 10:1-5; Heb 3:7-9; Jud 5). Waarom? Van die toekomstige en innerlike aspekte van die verbond het hulle niks verstaan nie! Anders as die oorblyfsel, God se uitverkorenes en gunsgenote, was hulle ongelowig, onopreg en ongehoorsaam!

ROMEINE 9 : DIE WARE ISRAEL

Die Nuwe Testament bevestig hierdie dubbele karakter van die Ou Verbond in duidelike taal. Rom 9:6 en konteks is veral eksplisiet in hierdie verband.

54

• In die eerste verse van Rom 9 antwoord Paulus 'n vraag wat hy by sy lesers antisipeer. In Rom 8 gee hy die versekering dat die volharding en redding van God se uitverkorenes gewaarborg is, want dit is in God se ewige raadsplan gewortel. Die vraag kom nou asof vanself: Wat dan van die Jode? Was hulle nie God se uitverkore verbondsvolk nie? Tog het hulle Christus verwerp en is hulle gevolglik onder God se toorn (vers 4-5).

• Dit beteken egter nie dat God se verlossingsplan en genadeverbond verydel is nie. Hoe so? "Immers nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie ..." (vers 6). Daar is dus 'n ware en ewige Israel binne die uiterlike en tydelike Israel (nasionale Israel). En die verbondsbeloftes waarvan Rom 8 praat, is net van toepassing op hierdie ware Israel.

• In vers 7-13 verduidelik en illustreer die apostel sy skokkende stelling in vers 6. Hy gebruik twee voorbeelde: in vers 7-9 die van Ismael en Isak, Abraham se kinders; en in vers 10-13 die van Esau en Jakob, Isak en Rebekka se kinders.

♦ Vers 7-9: Daar is so iets soos 'n nageslag én 'n nageslag; kinders én kinders. En daar is die wêreld se verskil tussen die twee. Daar is 'n nageslag in die natuurlike sin; maar dan is daar 'n nageslag deur wie God se verbond voortgedra word. Daar is die kinders van die vlees; en daar is die kinders van die belofte - die kinders van God. As dit dus by die verbond kom, is net sekeres kinders. Ismael het geen deel aan die genadeverbond gehad nie; Jakob egter wel - en in hom, as God se uitverkorene en deel van die oorblyfsel, word die plan van God voortgedra.

♦ Vers 10-13: Paulus antisipeer 'n beswaar. Ja, maar Ismael en Isak het twee verskillende ma's gehad. En in Ismael se geval het Abraham 'in die vlees' opgetree.

Goed, sê Paulus, kom ons kyk na Esau en Jakob. Hulle het dieselfde pa en ma gehad; trouens, hulle was 'n tweeling. Tog, toe hulle nog in die moederskoot was, het God al 'n keuse uitgeoefen! Net Jakob sou deel hê aan die genadeverbond. In hóm word die plan van God voortgedra.

• Dus, daar was 'n ware, uitverkore Israel binne die volk Israel. Almal was volledig betrokke by die tydelike en uiterlike aspekte van die verbond, maar nét die ware Israel was gunsgenote van die verbond.

Ander Nuwe Testamentiese Skrifgedeeltes wat op dieselfde waarheid sinspeel, is Rom 2:28-29 en Fil 3:3.

JOHANNES DIE DOPER

Johannes was die Messias se wegbereider. Hy het as't ware met die een voet in die Ou Testament gestaan, en met die ander in die Nuwe. As sulks is sy prediking van die allergrootste openbaringshistoriese belang. Tewens, dit bevat die sleutel om die verhouding tussen die twee Testamente te verstaan. Matt 3:1-12 is gevolglik wonderlik verhelderend.

• Vers 2-3: Bekeer julle! Waarom? Die Koninkryk van die hemele het naby gekom! 'n Nuwe bedeling is op hande - die regering van die Messias.

• Vers 5-6: Diegene wat hierdie profesie in die geloof omhels, word deur hom gedoop - met sondebelydenis.

• Vers 7-9: Die eiegeregtige Fariseërs en ongelowige Sadduseërs wil ook gedoop word. As kwalifikasie hiervoor beroep hulle hul op afstamming van Abraham. Maar dis nie voldoende nie. Daar is maar één kwalifikasie: bekeringsvrug!

• Vers 10 en 12: Die ou bedeling se einde is op hande. Nie langer gaan die dubbelslagtigheid van die Ou Testamentiese verbondsvolk voortduur nie! Die Koning gaan 'n skeiding bring!

♦ Israel was tot nou toe soos 'n vrugteboord met twee soorte bome: die wat goeie vrugte dra en die wat niks dra nie. Maar hieraan gaan die Koning nou 'n einde bring. Sy byl is reeds in Sy hand. Elke boom wat nie vrug dra nie (bekeringsvurg, vanuit die konteks)

55

gaan uitgekap en verbrand word. Van nou af sal daar in die Koning se boord nét bome wees wat vrug dra!

♦ Om seker te maak die punt word nie gemis nie, herhaal Johannes dit aan die hand van 'n ander beeld. Israel was tot nou toe soos 'n dorsvloer waarop sowel koring as kaf lê. Aan hierdie vermenging gaan die Koning nou 'n einde bring. Sy skop is reeds in Sy hand. Die koring gaan Hy bewaar en die kaf verbrand. Daar sal géén vermenging meer wees nie - Hy gaan die vloer deur en deur skoonmaak.

• Vers 11: Presies hóé gaan die Koning die skeiding te weeg bring? Ten einde dit volkome en finaal te maak, gaan hy dubbeld te werk gaan - negatief en positief. Wat meer is, die nuwe bedeling gaan baie heerliker as die oue wees.

♦ Die bloot tydelike en uiterlike elemente van die Ou Verbond, asook diegene wie se verbondsonderhouding niks verder as dit gekom het nie, sal deur die vuur2 van Sy oordeel vernietig word.3

♦ Die ware Israel, diegene wat deur geloof met Hom verenig is, sal deur die Koning oorspoel word met die oorvloedige werk van die Heilige Gees - ten einde die Ou Testamentiese beloftes oor die Nuwe Verbond in hulle te verwerklik (onder meer Deut 30:6; Jer 24:7; 31:31-34; Eseg 11:19-20; 36:22-32; Hos 2:13-22; Joël 2:28-32).

Die skeiding sou dus dramaties en totaal wees. Diegene vir wie dit in die Ou Testament net om die uiterlike en tydelike gegaan het, sou finaal verwyder word uit God se verbondopset. En diegene wat wel aan Hom behoort, sou deur veel ryker begenadiging ver bo die belewinge van die Ou Testament se ware Israel uitgelig word.

HEBREЁRS

In die Hebreërboek rig die geïnspireerde skrywer hom tot Joodse Christene wat lam in die knieë is. Die eise van dissipelskap het te veel begin raak en hulle oorweeg dit om terug te keer na Ou Testamentiese seremoniële godsdiens.

Hebreërs se waarskuwings teen so 'n omkeer kom met 'n dringendheid en 'n heilige verontwaardiging wat beswaarlik elders in die Nuwe Testament geëwenaar word. Dit word op elke denkbare manier verduidelik dat die seremonies van die Joodse godsdiens in Jesus Christus vervul is. Die geadresseerdes wil dus terugkeer na iets wat nie meer bestaan nie!

• Die ses pastorale waarskuwings in die boek vul enige Christen met die vrese van die Here (2:1-4; 3:7 – 4:13; 5:11 - 6:12; 10:26-39; 12:14-17; 12:25-29). So 'n terugdraai, word onmiskenbaar duidelik gesê, kom neer op 'n miskenning van wat God finaal en volmaak in Christus gedoen het. Dit word in skokkende sterk taal gesê. Dis so goed soos om die Seun van God weer te kruisig en te verag; om Hom openlik te bespot; om die bloed van die verbond te minag (Heb 6:6; 10:29). Só 'n ernstige saak is dit, dat diegene wat hulle daaraan skuldig maak, net een uiteinde het - die verskriklike toorn van God.

Hebreërs se hele argument is gebaseer op die onderskeid tussen Ou en Nuwe Verbond - en besonderlik op die feit dat Ou Testamentiese seremonies in Jesus Christus vervul is.

Die skrywer werk sterk met die Messiaanse belofte van Jer 31 (Heb 8:8-13; 10:15-18) om te toon dat die koms van die Nuwe Verbond 'n einde gebring het aan die uiterlike en skaduagtige elemente van die Ou Verbond (8:13). Diegene wat aan die Nuwe Verbond deel het, het nou die morele Wet in hulle denke en harte (8:10). Hulle is vrygespreek en almal ken die Here4 (8:11-12).

2 Vanuit die konteks wys vuur duidelik op oordeel (v. 10,12).3 Die vernietiging van die bloot uiterlike en seremoniële komponent van die Ou Verbond word dramaties

gedemonstreer en verseël as God die voorhangsel tydens die kruisiging skeur (Mat 27:51). En histories is dit finaal bekragtig toe Jerusalem en die tempel in 70 nC deur die Romeine vernietig is.

4 Afrikaans vertaal ‘klein en groot’, en Engels ‘gering en belangrik’. Taalkundig is beide moontlik.

56

GEVOLGTREKKING

Die verhouding tussen Ou en Nuwe Verbond kan soos volg voorgestel word:

CHRISTUS

OU VERBOND NUWE VERBOND

Die gene met wie God nie tevrede was nie (1 Kor 10:5)

Die oorblyfsel

Besnydenis van hart WedergeboorteGeboorte

God het net een genadeverbond, en net een ewige Godsvolk - waaraan 'n mens deel kry deur geloof in Christus, die Verbondshoof en die Adam van die nuwe mensheid. Hierin lê die samebindende van God se raadsplan, van sy verlossingsplan, en van die Woord as Sy besondere openbaring aan die mens.

Daar is dus 'n kontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

Tog is daar 'n dramatiese en uiters betekenisvolle onderskeid tussen Ou en Nuwe Verbond - en daarom tussen die dubbelslagtige Ou Testamentiese verbondsvolk en die Nuwe Testamentiese gemeente van toegewyde gelowiges. Hierdie twee verbondsbedelinge word geskei deur die vleeswording en werk van Christus, en die daarmee gepaardgaande uitstorting van die Heilige Gees.

Daar is dus in diskontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

• Die Ou Verbond het in die teken van verwagting gestaan; die Nuwe staan in die teken van vervulling.

• Mense het deur natuurlike geboorte deel gekry aan die Ou Verbond - maar dit het op sigself nie die ewige saligheid beteken nie. Daarvoor was besnydenis van die hart nodig. Aan die Nuwe Verbond kry mens egter deel, nie deur natuurlike geboorte nie, maar deur die wedergeboorte - en dit waarborg terselfdertyd die ewige saligheid.

• Die Nuwe Verbond is kwalitatief baie ryker as die Oue. Hierdie feit lê aan die hart van die Ou Testamentiese beloftes. Die Heilige Gees, as groot gawe van die eindtyd (die tydperk tussen Christus se eerste en tweede koms), het dit kom realiseer. Die Nuwe Verbond laat dus geen ruimte meer vir die dubbele karakter van die Ou Verbond nie.

As dit gaan oor die verhouding tussen Ou en Nuwe Verbond, staar twee gevare ons in die gesig - gevare wat teologies verwringend is, en daarom katastrofies vir prediking, pastoraat en praktyk:

• 'n Verwaarlosing van die kontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

Diegene wat die wonderlike geïntegreerdheid van God se verlossingsplan en Woord miskyk, betaal 'n duur teologiese en pastorale prys daarvoor. Hulle kan geringskatting van die Ou Testament beswaarlik vermy, en mis sodoende groot stukke Godsopenbaring wat noodsaaklik is vir volwasse Christenskap. Ergste van alles is dat uiters belangrike aspekte van God se karakter en wese, wat net in die Ou Testament geopenbaar word, by hulle verbygaan. Uiteindelik masel hierdie dwaling uit in 'n eensydige beklemtoning van God se goedheid - ten koste van die ewe belangrike belewing van Sy strengheid, en die gepaardgaande vrese van die Here (Rom 11:22).

• 'n Verwaarlosing van die diskontinuïteit tussen Ou en Nuwe Verbond.

57

Hierdie is geen ligtelike toelogiese mistasting nie. Dit bring 'n subtiele veroutestamentisering van talle Nuwe Testamentiese waarhede mee. Nˆrens het dit gevaarliker en meer God-onterende gevolge as in die soteriologie (verlossingsleer) en die ekklesiologie (die leer oor die kerk) nie.

TWEE PRAKTIESE IMPLIKASIES

Waar die verhouding tussen Ou en Nuwe Verbond reg verstaan word, sal die noodsaak van wedergeboorte - en dit wat daarmee saamhang - uiteraard sterk beklemtoon word (Joh 3:3-8). Die volle evangelie sal nie net na buite verkondig word nie, maar ook binne die gemeente. Gelowiges sal hulleself gereeld ondersoek of hulle in die geloof lewe (2 Kor 13:5); hulle sal hulle heil uitwerk met vrees en bewing (Fil 2:12-13; 2 Pet 1:10-11, OAV). Die prediking sal huigelaars vir hulleself ontbloot. en gemeentekinders sal weet dat hulle nie op hulle ouers se geloof kan staatmaak vir redding nie, maar dat hulle self voor die Here aanspreeklik is.

Waar die verskil tussen Ou en Nuwe Verbond egter verwaarloos word, sal dit amper sonder uitsondering gepaard gaan met susprediking - en dikwels met dodelike dwalings soos die wederbarende werking van die doop (baptismal regeneration), en die veronderstelde wedergeboorte van Christene se kinders. En talle wat onderweg is na die ewige verdoemenis, sal hulleself wysmaak dat hulle met God versoen is!

Die Nuwe Testament praat in die mees verhewe terme oor die sentrale en Godverheerlikende rol van die ware gemeente in die Here se raadsplan (vergelyk onder meer Joh 17:20-23; 2 Kor 11:2-4; Ef 1:23; 3:9-11,20-21; 4:1-16; 5:25-27,32; Op 1-3; 19:7-8). Die uitlewing van hierdie grootse roeping hang egter ten nouste af van die kerk se suiwerheid en getrouheid. Wat bring méér oneer oor die Here se Naam as 'n wêreldgelykvormige instituut wat homself die kerk van Christus noem?

As die diepgaande verskille tussen die Ou en Nuwe Verbond verwaarloos word, bring dit noodwendig 'n veroutestamentisering van die kerk mee. Gou-gou lyk die gemeente dan soos Ou Testamentiese Israel - met 'n groot komponent (dikwels die meerderheid!) ongeredde lidmate. As dit eers die geval is, is ware kerkwees per definisie onmoontlik - want mense sonder die Gees kan nie eers begin om Nuwe Testamentiese standaarde te haal nie.

As die verhouding tussen Ou en Nuwe Verbond egter reg verstaan word, word begryp dat die ware kerk 'n uit-die-wêreld-geroepte gemeente van gelowiges is. Nog meer, dan word begryp hoe kardinaal belangrik ware kerkwees is vir effektiewe evangelisering, vir die opbou van gelowiges, en vir die eer van God.

58

MODULE III

GEVANGENISBRIEWE EN ESKATOLOGIESE BRIEWE(Efesiërs, Filippense, Kolossense, Filemon, Tessalonisense)

Voorgeskrewe Bybelboeke, Kernverse en Temas

BOEK KERNVERSE TEMAS

Efesiërs 1:3 Geseën met al die seëninge in Christus.

Filippense 4:4 Wees bly in Christus.

Kolossense 1:18 Volmaak in Christus.

Filemon Vs.20 Bedien mekaar in Christus.

1 Tessalonisense 5:23 Wees heilig in afwagting op die wederkoms.

2 Tessalonisense 3:3

Wees standvastig te midde van vyandigheid

teen die Evangelie.

59

LESING 1

EFESIËRS, FILIPPENSE, KOLOSSENSE & FILEMON

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 8

Studiemateriaal: Bl 61

Bybel: Al vier die Sendbriewe

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Waarom word bogenoemde vier boeke die Gevangenisbriewe genoem?

2. Noem die twee begrippe wat kenmerkend is van die Efesiërsbrief.

3. Volgens die Filippense brief: Wat is die gesindheid wat in Jesus Christus was, wat ook in die gelowige moet wees?

4. Wat was die gevaar van die dwaalleer in Kolossense?

5. Wat was die kernboodskap van Paulus se brief aan Filemon?

6. Elk van die vier Gevangenisbriewe noem die rede waarom Paulus in gevangenskap verkeer.

(a) Noem die rede,(b) Gee een teksverwysing uit elk van die vier briewe waar hierdie feit vermeld

word.

60

GEVANGENISBRIEWE

1. EFESIЁRSTEMA: "In Christus" SLEUTELVERS: 1:3(a) LEERSTELLINGE (hfst 1 - 3)

* Die geestelike seëninge wat aan die gelowige behoort (1:3-23);* Die manier waarop ons gelowig geword het (2:1-10);* Die samestelling van die liggaam van Christus (2:11-22);* Paulus se spesiale roeping (3:1-13);* Hoe daar vir 'n gemeente gebid moet word (3:14-21).

(b) PRAKTIESE TOEPASSINGS (hfst 4 - 6)* Hoe dit alles die gemeente raak (4:1-16);* Die verskil tussen die ou en die nuwe lewe (4:17-24);* Riglyne vir die Christelike lewe (4:25 tot 5:5);* Die geesvervulde lewe (5:6-20);* Menseverhoudings - man en vrou (5:21-32); * Ouers en kinders (6:1-4);* Werkgewers en werknemers (6:5-9);* Die Christen se wapenrusting (6:10-20);* Slotwoord (6:21-24).

2. FILIPPENSETEMA: "Blydskap in Jesus"SLEUTELVERS: 4:4(a) LEERSTELLINGE (hfst 1 - 3:14)

* Die gemeente se grootste behoefte en Paulus se gebed (1:3-11);* Die uitwerking van God se plan (1:12-19);* Die diepste begeertes van 'n ware evangeliedienaar: om so lank moontlik tot diens van die

gemeente te wees en dan so gou moontlik na jou ewige tuiste te gaan (1:20-26);* Die Christelike lewenswandel moet die voorbeeld van Jesus volg (1:27 tot 2:18);* Die kenmerke van ware en getroue dienaars (2:19-30).* Wat regverdiging beteken (3:1-14).

(b) PRAKTIESE TOEPASSINGS (hfst 3:5 - 4:20)* Verwerp wat vals is (3:15-19);* Sien uit na die toekoms (3:20-21);* Wees eensgesind (4:1-3);* Lewe in blydskap en vrede (4:4-7);* Dink wat reg is (4:8-9);* Die gemeente se voorbeeld in hulle geldelike ondersteuning van evangeliewerk (4:10-20);* Groete (4:21-22).

3. KOLOSSENSETEMA: "Volmaak in Christus"SLEUTELVERS: 1:18(a) LEERSTELLINGE (hfst 1 - 2)

* Wat God gedoen het en wat Hy nog sal doen (1:3-14);* Die voorrang van Jesus (1:15-20);* Hoe God die versoeningswerk 'n werklikheid in die lewe van 'n gelowige maak (1:21-29);* In Christus het die gelowige alles wat nodig is (2:1-15);* Waaksaamheid teen misleiding (2:16-23).

(b) PRAKTIESE TOEPASSINGS (hfst 3 - 4)* Die kontras tussen die ou en die nuwe lewe (3:1-17);* Hoe die evangelie menseverhoudings aanraak (3:18 tot 4:1);* Die noodsaaklikheid van gebed en wysheid (4:2-5);* Slotwoord (4:6-8).

4. FILEMONTEMA: "Bedien mekaar in Christus"SLEUTELVERS: 1:20

• Hoe 'n nuwe verhouding tot stand gekom het met die bekering van 'n slaaf wie se meester 'n gelowige was. Die wedersydse verantwoordelikheid van 'n gelowige meester en sy dienskneg.

61

LESING 2

ESKATOLOGIESE BRIEWE

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 5; bl 49 - 52

Studiemateriaal: Bl 63

Bybel: 1 en 2 Tessalonisense

_________________________

OPDRAGTE

Langer vrae:

1. (a) Wat is die oorheersende tema in 1 Tessalonisense?(b) Gebruik elke hoofstuk in hierdie brief om te beskryf wat hieroor gesê word.

Gee telkens die Skrifverwysings.

2. In die tweede brief aan die Tessalonisense antwoord Paulus hulle kwelling of hulle die onsekere en smartvolle dae van die ‘groot verdrukking’ sou beleef. Verduidelik wat hy hieroor sê en gebruik toepaslike Skrifverwysings.

62

ESKATOLOGIESE BRIEWE

1. 1 TESSALONISENSE

TEMA: "Wees heilig in afwagting van die wederkoms" SLEUTELVERS: 1 Tess 5:23

* Wat God vir Sy kinders gedoen het (1:2-10);* Die ervaring van 'n ware evangeliedienaar: eerlik en eerbaar gewerk, met sorg en liefde die

gemeente bearbei en teenkanting beleef (2:1-16);* Sy grootste vreugde, om te weet dat dit met die gemeente goed gaan (2:17 tot 3:13).

* Hoe die Christelike lewe gehandhaaf moet word:* In reinheid (4:1-12);* Die wederkoms en die opstanding van die dode (4:13 tot 5:11);* Praktiese Riglyne (5:12-25);* Slotwoord (5:26-28).

2. 2 TESSALONISENSE

TEMA: "Wees standvastig te midde van vyandigheid teen God" SLEUTELVERS: 2 Tess 3:3

Die wederkoms:

* 'n Tyd van oordeel vir die goddelose maar blydskap vir gelowiges (1:3-12);* Die wettelose mens en hoe hy die goddelose gaan mislei (2:1-12);* Die verskil vir gelowiges (2:13-17);* Die pligte van die kinders van God (3:1-15);* Seën (3-16-18).

63

MODULE IV

PASTORALE BRIEWE(1 & 2 Timoteus en Titus)

Voorgeskrewe Bybelboeke, Kernverse en Temas

BOEK KERNVERSE TEMAS

1 Timoteus 3:15 Die gemeente van die Lewende God.

2 Timoteus 4:5 Voer al die pligte van jou bediening uit.

Titus Pastorale aanwysings vir die Kerk.

64

PASTORALE BRIEWE

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 9

Studiemateriaal: Bl 66 - 69

Bybel: 1 en 2 Timoteus en Titus

_________________________

OPDRAGTE

Lang vraag:

(a) Identifiseer uit die Pastorale Briewe die vereistes en kwalifikasies waaraan ‘n persoon wat as ouderling gekies word, moet voldoen. Meld Skrifverwysings.

(b) Word hierdie voorskrifte vandag nog as norm gebruik? Verduidelik.

65

OORSIG VAN MODULE IV

1 TIMOTEUS

Gemeente van die lewende God.Rondom die tema val die Brief in 3 dele uiteen.

(1) Plig tot handhawing van die suiwer leer in die gemeente teen dwaling en kettery (1:3-20)

(2) Reëls vir die georganiseerde lewe van die Gemeente (2:1 tot 3:16)

(a) Ten opsigte van openbare voorbidding (2:1-8) en die rol wat manne en vroue moet vervul (2:9-15)

(b) Ten opsigte van kwalifikasies vir ampsdraers (3:1-13)(c) Belydenis van die Gemeente (3:14-16)

(3) Die wandel en optrede van die Evangeliedienaar in die Gemeente.(a) As voorbeeldige dienaar van Christus (4:1-16).(b) Sy optrede teenoor verskillende lede van die kudde (5:1 tot 6:2 en 6:17-19).(c) sy plig tot bestryding van die kwaad en roeping tot 'n heilige lewenswandel (6:3-16, 20-21).

2 TIMOTEUS

Na aanleiding van die opdrag aan Timoteus: "voer al die pligte van jou bediening uit", val die hoofgedagtes onder 4 hoofde uiteen.

(1) Die toerusting vir die bediening (1:6-18)(2) Die eise van die bediening (2:1-26)(3) Die vervulling van die bediening (3:1 tot 4:5)(4). Apostoliese afskeid uit die bediening.

TITUS

Pastorale aanwysings vir die kerk.

(1) Pastorale aanwysings ten opsigte van orde in die Kerk (1:5-15)(2) Pastorale aanwysings ten opsigte van verskillende groepe in die Kerk (2:1-10)(3) Pastorale aanwysings ten opsigte van die aard en uitwerking van die Evangelie in die Kerk (2:11 tot

3:11)

Die teologiese hartklop van die Brief: Die reddende of verlossende genade van God (2:11-15 en 3:4-7).

66

1 & 2 TIMOTEUS EN TITUS (PASTORALE BRIEWE)

Hierdie briewe bevat Godgegewe instruksies aan diegene in die bediening. Ook van toepassing op elke Christengelowige.

OPSIENER / EVANGELIEDIENAAR / LERAAR

A. Om toegewyd en godvrugtig te wees

1 Tim 4:15-16 Sterk oproep tot dissipline in lewe en leer, leef daarin en volhard daarin, sodat ander die vordering kan sien, sodat jyself gered kan word en die wat na jou luister.

1 Tim 4:6 Lewe voed met woorde van geloof en goeie leer. Moet goeie leer voorhou, aanmoedig en teregwys (2 Tim 4:2; Tit 2:15).

1 Tim 4:7; 6:11; 6:20 Lewe in toewyding aan God en vermy dit wat nie belangrik is nie. Streef na opregtheid, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.

1 Tim 4:8 Streef daarna om die gees te oefen.

1 Tim 4:10 Span kragte in en stry met 'n hoop op die lewende God gevestig.

1 Tim 4:11 Moet gemeente leer, beveel en inskerp deur uit Skrif voor te lees, te preek en onderrig te gee (4:13), tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig (2 Tim 4:2), suiwerheid in leer, gesonde en onaanvegbare prediking (Tit 2:8).

1 Tim 4:12 Moet voorbeeld wees in woord, gedrag, liefde, geloof en reinheid.

2 Tim 4:5 Bly in alle omstandighede nugter, verdra lyding, verkondig die Evangelie, voer al die pligte van bediening uit.

2 Tim 2:15 Tot beskikking van God as arbeider wat goedkeuring van God wegdra, nie vir sy werk skaam nie, woord van waarheid suiwer verkondig.

B. Waarskuwings

In 1 Timoteus:

1:6 Leraars wat in vrugtelose gepraat verval. 1:19 Sommige se geloof het skipbreuk gely. 4:2 Skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. 6:3,4 Pasop vir die wat 'n ander leer verkondig, wat verwaand is en niks weet nie, 'n sieklike beheptheid

met twisvrae en stryery oor woorde wat aanleiding gee tot afguns, twis, beledigings, gemene verdagmakery.

6:5 Paulus praat van die houvas wat geld op hierdie leraars het, hulle dink hulle kan geldelike wins uit die godsdiens maak.

In 2 Timoteus:

2:16-18 Leraars wie se "woorde sal voortvreet soos kanker", by name die wat van die "waarheid afgedwaal het."

3:5 Waarsku teen leraars wat die "uiterlike skyn van godsdiens het, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie."

3:8 Hulle is manne wat hulle teen die waarheid verset.

4:3,4 Leraars wat net sal sê wat die mense graag wil hoor wat in teenstelling met die waarheid is.

In Titus:

67

1:10-11 Leraars wat in opstand kom teen gesag, wat onsin praat en mense verlei ter wille van geldelike gewin.

1:16 Wat voorgee dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit.

2 Timoteus

Uit gevangenis in Rome geskryf, ongeveer 66 nC. Paulus se "vaarwel" brief aan Timoteus.Word beskou as sy "laaste testament" aan Kerk. Is nou in militêre bewaking, reeds voor gereg verskyn (4:16) en ter dood veroordeel.Leef nou in wete van nabye voltrekking van die doodstraf (4:6-8) en geloofsverwagting dat God hom sal verlos om in Sy koninkryk in te gaan (4:18).

Doel van brief

1. Besorgdheid oor bediening van Timoteus na aanleiding van die dwaalleer - (1:7,8; 2:15-18; 3:1-5).

2. Oproep tot volle toewyding.

3. Bemoediging vir sy Godgegewe taak (4:2-5).

4. Eensaamheid - verlang na Timoteus, Markus (4:9,11).

5. Dringende behoefte aan sy mantel en boeke (4:13).

6. Gee hom geleentheid om rekenskap te gee van sy Christelike geloof in aangesig van die dood (4:4-8,18).

Hoofstuk 1:3-7 -:- Wil Timoteus inspireer en versterk. Herinner hom aan

1. Eie vertroue en liefde vir hom (v.3,4).

2. Familietradisie - geloof van sy ouma en ma en sy goeie opvoeding (v.5).

3. Afgesonder vir sy taak - genadegawe (v.6).

4. Die eienskappe van 'n Christelike werker (v.7).

Hoofstuk 1:9-11 -:- Heilshistoriese verloop of ketting

God - bron van redding (v.9).

Genade - God bewys dit aan sondaar (v.9)

Jesus Christus - verskyn as Verlosser (v.9).

Evangelie - blye boodskap word verkondig (v.10).

Predikers, apostels en leraars aangestel (v.11).

Hoofstuk 2 -:- Sewe metafore om gelowige te beskryf. Met beeldspraak word verskillende fasette van die Christen se bediening en verantwoordelikhede beskryf. Daar is eise maar ook beloning.

1. V.1,2 Seun2. V.3,4 Soldaat - selfverloning, volkome beskikbaar - kry goedkeuring van sy bevelvoerder3. V.5 Atleet - moet volgens reëls meeding - kry oorwinnaarskroon.4. V.6 Boer - bereid om hard te werk - aandeel aan die vrug van sy arbeid5. V.15 Arbeider6. V.21 Voorwerp7. V.24,25 Dienaar

V. 8-10 Hart van Paulus se verkondiging: Onthou Jesus Christus.

68

1. Jesus Christus nakomeling van Dawid. Hy was ook mens en weet van swaarkry en probleme.

2. Hy het opgestaan uit die dood. Kan die krag van Sy teenwoordigheid elke dag ondervind.

3. Die Evangelie is goeie nuus en die wêreld wag daarvoor.

V. 11-13 - Lied - 4 parallelle dubbelreëls met onverwagte afwyking in die vierde reël. Omkering van gedagtegang wat 'n geweldige waarheid onderstreep. God se optrede is vêr verhewe bo ons s'n, Hy is anders, handel anders, volstrekte betroubare. In Jesus Christus openbaar Hy homself as genadige ontfermende Vader.

V.16-19 - Dwaalleraars - bedreiging vir gemeente maar kan dit nie laat wankel nie want dit is gegrondves op vaste fondamente wat deur God gelê is.

V.20-22 - Gemeente is soos groot huis waar alles ordelik gaan (1 Tim 3:5,15). Gemeentelede is soos gebruiksvoorwerpe wat elk 'n funksie het om te vervul.

Hoofstuk 3:1 - In laaste dae (eindtyd), dit is die bedeling waarin ons lewe, het heilsbeloftes in vervulling gegaan, maar die goddeloosheid neem ook toe.

V.2-5 Lys van sondes wat sê in laaste dae sal werking van die sonde in al sy verskyningsvorme sterker na vore kom en lewe van mens, veral gelowige baie moeilik maak.

V.10-13 Waardering en aansporing vir Timoteus

V.15-17Treffende gedeelte waar algemene uitspraak gegee word oor die aard en bedoeling van die heilige Skrif; oor die inspirasie en funksie van die Skrif.

Hoofstuk 4:1-5 - Opdragte

1. Verkondig die Woord (v.2), want mense sal net wil hoor wat hulle streel (V.3).

2. Voer al die pligte van die bediening uit. Dit is alles wat met die versorging van die gemeente te doen het - herderlike versorging, bestuur van die gemeente. Hiermee dra Paulus nou sy werk aan sy opvolger oor.

V.7,8 Paulus se belydenis in die aangesig van die dood.

V.17 As gevangene het Paulus se bediening 'n hoogtepunt bereik en het die Woord van die Here in vervulling gegaan (Hand 9:15), deurdat Paulus voor "nasies en konings" die naam van Christus verkondig het.

69

MODULE V

HEBREËRS (2 lesings)

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 10 (Hebreërs)

Studiemateriaal: Bl 71 - 77

Bybel: Hebreërs

_________________________

OPDRAGTE

Lesing 1

Lang vraag:

Kies enige vyf van die sewe waarskuwings in die Hebreërboek en dui aan watter belangrike lesse uit elkeen geleer kan word. Meld Skrifverwysings.

Lesing 2

Lang vraag:

Verduidelik kortliks die verhewenheid van Christus se Priesterskap bo dié van die aardse priesters in die Ou Testament, soos voorgehou in Hebreërs 7 – 10. Gee Skrifverwysings.

_________________________

BOEK KERNVERSE TEMAS

Hebreërs 1:3

Let noukeurig op Jesus, wie Hy is en wat Hy

gedoen het.

70

DIE BOEK HEBREЁRS'n Oorsig

FORMEEL

INLEIDING

Die bekende teoloog, Philip Hughes, het geskryf: 'If there is widespread unfamiliarity with the Epistle to the Hebrews and its teaching, it is because so many adherents of the church have settled for an undemanding and superficial association with the Christian faith. Yet it was to arouse just such persons from the lethargic state of compromise and complacency into which they had sunk, and to incite them to persevere wholeheartedly in the Christian conflict, that this letter was originally written. ... The study of this epistle leads us beneath the surface of things to the profound depths of our evangelical faith, and enriches and establishes our understanding of the grace of God ...' (A Commentary of the Epistle to the Hebrews, p.1).

DIE SKRYWER

Die boek self is anoniem; daar is dus geen verwysing na die skrywer nie. Ten spyte van talle teorieë, word van vroegste tye af aanvaar dat ons gewoon nie met sekerheid weet wie die outeur is nie. En dit maak sekerlik nie soveel saak nie. Vir die Bybelgelowige is dit immers genoeg om te weet dat die Heilige Gees die eintlike Outeur is, nie net van Hebreërs is nie, maar van al 66 boeke in die Bybel.Dis tog interessant om vinnig na die twee sterkste kandidate te kyk.

Baie het deur die eeue geglo dat Paulus die skrywer van Hebreërs is. Omdat die boek se styl en taalgebruik opvallend verskil van sy briewe, word dit egter allerweë bevraagteken. Tog is daar sterk argumente vir sy outeurskap.

• Die skrywer het 'n uitsonderlike insig gehad in die Ou Testament, sowel as in die vervulling daarvan in Christus. En van geen Nuwe Testamentiese persoon (met die Here Jesus as uitsondering) is dit meer waar as van die Apostel Paulus nie.

• Paulus se bediening was primêr op die heidene, oftewel die nie-Jode gerig (Rom 11:13). Maar dit was nie tot hulle beperk nie. Volgens Hand 9:15 sou hy ook die Here se Naam onder die Jode (soos die Hebreërs) uitdra.

• Petrus het sy twee briewe aan Joodse gelowiges geskryf (1 Pet 1:1-2; 2 Pet 3:1). En in 2 Pet 3:15 verwys hy dan na 'n skrywe van Paulus aan hulle. Nie een van die bekende Pauliniese briewe beantwoord aan hierdie beskrywing nie. Die boek Hebreërs pas egter uitmuntend in die prentjie. Petrus verwys na Paulus se wysheid in hierdie skrywe, en dat nie alles daarin maklik is om te verstaan nie. Hierbenewens, en dis betekenisvol, het Paulus se skrywe oor die noodsaak van heilige volharding gehandel (dis duidelik vanuit Petrus se konteks) - en dis presies waaroor die Hebreërboek dit het. As hierdie skrywe van Paulus dan nie die Hebreërboek is nie, sou mens tog wonder wat daarvan geword het en waarom dit nie in die kanon opgeneem is nie (daar is natuurlik 'n derde brief van hom aan die Korintiërs wat ook nie opgeneem is nie).

Luther was moontlik die eerste om Apollos voor te stel.

• In 13:23 verwys die skrywer na 'die broeder Timoteus'. Hy het dus in daardie kring beweeg - soos Apollos. • Volgens Hand 18:24 het Apollos kwaliteite gehad wat hom sekerlik vir die outeurskap van Hebreërs kon kwalifiseer

♦ Hy was 'n Jood - soos die skrywer van Hebreërs.♦ Hy was welsprekend - en die skrywer van Hebreërs was 'n prediker. Dis duidelik uit die

gereelde pastorale waarskuwings, asook uit die feit dat die boek se struktuur tipiese trekke van 'n preek of homilie vertoon.

♦ Hy was 'kragtig in Skrifte' (die Ou Testament) - soos die Hebreërskrywer.♦ Hy was 'n geleerde man - en Hebreërs bevat moontlik die beste Grieks in die Nuwe

Testament.

71

DATUM

Die boek bevat geen verwysing na die val van Jerusalem en die tempel in 70 nC nie. Dis 'n baie sterk aanduiding dat die boek voor dit geskryf is, aangesien dit amper ondenkbaar is dat die skrywer, in die lig van sy argumentasie, die geleentheid sou laat verbygaan om daarna te verwys.

Die boek verwys na twee vervolgings: een in verlede en een op hande. Dit dui op die sestigerjare van die eerste eeu. So word dit algemeen aanvaar.

PLEKKE VAN OORSPRONG EN BESTEMMING

Heb 13:24 bied die enigste lig in die boek self. Dit dui daarop dat die skrywer tussen Italiaanse (Romeinse) gelowiges verkeer terwyl hy skryf. Maar dit kan op twee maniere vertolk word. Of hy praat van Italianers wat van buite hulle geboorteland groete huis toe stuur, óf hy skryf vanaf 'n plek op die Italiaanse skiereiland na 'n Joodse gemeente elders, en stuur nou die plaaslike broers en susters se groete saam. Al wat ons dus met sekerheid kan sê, is dat óf die skrywer, óf die geadresserdes in Italië is (daar was baie Joodse gelowiges in Rome).

• 'n Interessante stukkie historiese getuienis is te vinde in 'n klompie manuskripte van die vyfde eeu (en later) wat in 'n redaksionele voetnota vermeld dat die boek in Rome geskryf is. Hoe betroubaar hierdie inligting is, weet ons nie.

GEADRESSEERDES

Ons kan aanvaar dat die boek gerig is aan mense wat in 'n nou verhouding met die skrywer gestaan het (waarskynlik 'm gemeente of groep gemeentes). Daar is ook min twyfel dat hulle Joodse Christene was wat die Ou Testamentiese seremoniële wette deeglik geken het. Daar is aanduidings dat hulle tweede-geslag Christene kon wees, maar 9:15 kan dalk ook daarop dui dat hulle direkte bekeerlinge uit die Jodedom is.

Hulle is al Christene vir 'n geruime tyd (5:11-14; 10:32; 13:7), maar het Jesus self nie geken nie (2:3-4). Dit kan dus wees dat hulle Jode van die verstrooiing was. Dit sou dan inpas by die teorie hierbo dat hulle dieselfde mense is as vir wie Petrus skryf (1 Pet 1:1).

Hulle het die denkpatrone van die judaïsme kennelik nie ontgroei nie - en gevolglik nie die volle vryheid en erfenis in Christus leer ken nie (5:12vv).

As Christene is ten minste sommige van hulle laks, traag, tam en sonder ywer (3:6,14; 5:11; 6:12; 10:23,35; 12:3,12). Hulle toewyding aan die gemeente is oënskynlik aan't kwyn (10:25; 13:17). Hulle word rondgeslinger deur afwykende leringe (13:9), is besig om weg te dryf, en loop selfs gevaar om die geloof te versaak (2:1; 3:12; 10:26; 12:15).

Dit is dus nie 'n wonder nie dat sommige begin swig onder die druk wat saamhang met ware dissipelskap, en dit oorweeg om na die Joodse geloof terug te keer (vandaar die talle waarskuwings teen geloofsversaking).

• Uiterlike godsdienstige rituele is immers veel minder veeleisend as dissipelskap in gees en waarheid.

• Hulle word as Christene bedreig deur vervolging, terwyl die Joodse geloof op daardie stadium wettig was.

• Dis ook heel moontlik dat van hulle ontnugterd was in Christelike geloof. Die Messiaanse koninkryk het steeds nie gekom nie (vergelyk weereens 2 Pet 3:1-18), en daarbenewens het die meeste van hulle Jodegenote Jesus Christus en die Evangelie verwerp.

72

DOEL VAN SKRYWE

Die skrywer wil sy lesers (deur beredeneerde uitleg, deur uitdagende aanmoedigings en deur ernstige waarskuwings) oortuig en onder die indruk bring:

Dat God verbysterende openbaring en verlossing aan mense in Christus gee.

Dat die seën wat in Christus aan mense gegee word, geestelik en hemels van aard is en deur die geloof toegeëien moet word.

Dat lyding en geduldige volharding in die geloof, ten einde die loon te verkry, onafwendbaar is.

Dat verskriklike oordele wag op elkeen wat so 'n verlossing wegwys.

Dat hulle met nuwe ywer en toewyding die loon moet najaag.

DIE WAARDE VAN DIE BOEK

Die leerstellige waarde van die boek is onberekenbaar. So word dit deur al die eeue deur Christene vanoor die hele kerklike spektrum erken. Die planmatigheid, volledigheid en onbeskryflike heerlikheid van Christus se volmaakte middelaarswerk word so glashelder daarin uiteengesit, dat ons geloof daarsonder ondenkbaar armer sou wees.

Die kerklike en pastorale waarde van die boek lê daarin dat dit twee van die kerk se gevaarlikste vyande, naamlik formalisme en wettisisme, aan die kaak stel. Daarbenewens het die klem op die noodsaak van gelowige volharding tot die einde toe, ontelbaar baie Christene deur die eeue aangespoor.

Meer as dalk enige ander boek in die Nuwe Testament, onderstreep Hebreërs die Ou Testament se Goddelike inspirasie. Tot 'n groot mate bou die skrywer sy argumentasie daarop. Soms werk hy net met 'n enkele woord of frase in die talle en talle aanhalings, en bevestig sodoende sy vaste vertroue in verbale inspirasie.

'n Uitstaande kenmerk van die boek is die beklemtoning daarvan dat die Ou Testamentiese seremoniële wette, in hulle detail en in hulle omvang, grootliks op Christus gewys het en dus ook in Hom vervul is.

'N OORSIG OOR DIE INHOUD

TEMA Tema: Die unieke verhewenheid van Jesus Christus bo enigiets of -iemand in die Ou

Testament.

STRUKTUURCHRISTUS IS GROTER AS DIE PROFETE [1:1-3]

CHRISTUS IS GROTER AS DIE ENGELE [1:4 - 2:18]Eerste Waarskuwing en Aansporing (2:1-4)

CHRISTUS IS GROTER AS MOSES [3:1 - 4:13]Tweede Waarskuwing en Aansporing (3:7 - 4:13)

CHRISTUS IS GROTER AS AÄRON [4:14 - 10:18]Derde Waarskuwing en Aansporing (5:11 - 6:12)

PRAKTIESE IMPLIKASIES [10:19 - 12:29]Vierde Waarskuwing en Aansporing (10:26-39)Vyfde Waarskuwing en Aansporing (12:14-17)Sesde Waarskuwing en Aansporing (12:25-29)

FINALE PRAKTIESE VOORSKRIFTE EN GROETE [13:1-25]

73

LOPENDE OORSIG

CHRISTUS IS GROTER AS DIE PROFETE [1:1-3]

God het Sy finale openbaringswoord aan die mens deur Sy Seun gespreek. Hierdie spreke vervul en transendeer alle vorige spreke van God deur die profete. Dit volg noodwendig, aangesien Christus die allerhoogste is. Hy is Erfgenaam van alles; God se agent tydens die skepping; afskynsel (soos 'n ligstraal die son manifesteer) van God se heerlikheid; afdruksel (afgedrukte beeld van 'n stempel) van God se wese; Onderhouer van alles; Verlosser van sondaars; verheerlikte en verhoogde Koning in die hemele.

CHRISTUS IS GROTER AS DIE ENGELE [1:4 - 2:18]

• 1:4-14: Hy haal aan uit O.T. om te toon dat Christus hoër as die engele is. Hulle is bloot skepsele en dienende geeste.

• 2:1-4: Eerste waarskuwing: Omdat Christus so verhewe is, moet ons ag slaan op God se openbaring deur Hom. As die openbaring wat engele afgelewer het (by Sinai, Deut 33:2; Ps 68:18) soveel gewig gedra het, hoe sal ons God se oordele ontkom as ons Sy openbaring deur die Here en Sy apostels verontagsaam, soveel te meer aangesien God dit met wonders en tekens bekragtig het.

• 2:5-9: Nie aan engele nie, maar aan die mens het God alles onderwerp. Ja, Christus h‚t vir 'n kort tydjie minder geword as die engele, maar Hy moes mens word ten einde Hoof van God se nuwe mensheid te word.

• 2:10-18: Al het Christus Homself so verneder deur aan ons gelyk te word, het Hy ons verlos van die mag van Satan, die hoof van die gevalle engele. Wat meer is, dit het Hom ook in staat gestel om ons as Hoëpriester in ons nood te help, soos geen engel ooit kan doen nie.

CHRISTUS IS GROTER AS MOSES [3:1 - 4:13]

• 3:1-6: Sekerlik was Moses en Aäron belangrik as onderskeidelik apostel en hoëpriester van die ou orde; maar in die nuwe en ewige orde is hierdie twee ampte gekombineer in Christus. Ja, Moses was getrou in sy roeping, maar daar is 'n belangrike onderskeid: Moses was getrou in God se huis as 'n dienskneg, maar Christus was getrou oor God se huis as 'n seun.

• 3:7 - 4:13: Tweede waarskuwing: Israel se veertig jaar in die woestyn was alles behalwe iets waarin geroem kan word. Hulle opstandige ongehoorsaamheid het verhoed dat hulle die beloofde land kon ingaan. Hoe kan mens na soiets wil terugkeer; trouens, dit sal nog ernstiger ongehoorsaamheid wees as destyds, aangesien dit ongehoorsaamheid sou wees aan die Een deur wie God se finale Woord gekom het, die Een in wie die ou orde deur die nuwe vervang is. Ongehoorsaamheid in hierdie geval sal weer meebring dat God se rus nie ingegaan kan word nie, maar nou sal dit veel ernstiger wees: dit gaan oor God se ewige rus. In hiérdie rus moet ons ons beywer om in te gaan. Ongehoorsaamheid is nie maar ongehoorsaamheid aan enige woord nie, dis die gesagvolle en kragtige Woord van God self. Nooit sal 'n ongehoorsame voor die Alwetende kan wegkom met die verskoning dat hy nie geweet het nie.

CHRISTUS IS GROTER AS AÄRON [4:14 - 10:18]

• 4:14-16: Voordat aangetoon word dat Aäron as hoëpriester minderwaardig is teenoor Christus, beklemtoon hy eers weer (in aansluiting by 2:17-18) die wonderlike voorregte wat gelowiges het in hulle liefdevolle Hoëpriester, Christus.

• 5:1-10: Christus het al die kwalifikasies van 'n ware hoëpriester. Hy is waarlik mens (1); Hy het meegevoel (2), wat Hy deur lyding geleer het (7-8); Hy is deur God gekies (4-5). Tog is Hy ver bo Aäron verhewe, omdat Hy van 'n ander priesterorde is - die van Melgisedek.

• 5:11 - 6:12: Derde Waarskuwing: Die skrywer onderbreek homself om eers weer 'n pastorale waarskuwing en aansporing tot sy lesers te rig. So min het hulle as Christene gegroei, dat hulle beswaarlik in staat is om sy lering te verteer. Maar dit móét eenvoudig, aangesien van hulle gevaar loop om weg te val tot 'n staat vanwaar dit onmoontlik sal wees om terug te keer.

74

Tog glo hy dat God 'n ware genadewerk in hulle gedoen het, en dat sy oproep nie tevergeefs sal wees nie.

• 6:13-20: Voordat hy aangaan met die tema van Christus se hoëpriesterskap, wil hy net eers sy lesers herinner dat hulle geestelike wortels teruggaan na voor Moses en Aäron - na Abraham. En dis met hóm wat die genadeverbond gesluit is, die verbond wat in Christus vervul is. En benewens die belofte wat daarmee gepaard gaan, het God die vervulling daarvan met 'n eed bevestig. Hierdie eed is onwankelbaar betroubaar, aangesien God by Homself gesweer het. Wat kan 'n groter bemoediging as dit wees? Dis soos 'n anker wat aan Christus vas is, Hy die priester volgens die orde van Melgisedek.

• 7:1-28: Uiteindelik begin die skrywer nou die waarheid van Christus se Hoëpriesterskap, volgens die orde van Melgisedek, behoorlik ontwikkel: Christus is 'n beter priester as Aäron!

• 8:1-13: Dis sinneloos om te dink i.t.v die herstel van die tabernakel en die seremonies wat daarmee saamgehang het, want dit was bloot 'n afbeelding, 'n skaduwee van die hemelse heiligdom en priesterwerk. Sekerlik sou Jeremia (31:31vv) nie gepraat het van 'n nuwe verbond, as die ou verbond volmaak was nie. Nee, die blote aankondiging van 'n nuwe verbond impliseer duidelik die onvolmaaktheid en oortolligheid van die oue. In Christus het die nuwe gekom. Hy is nou ons Hoëpriester in die hemelse heiligdom; en dis Hy wat die vervulling van Jeremia se profesie laat realiseer: Christus werk in 'n beter heiligdom as Aäron!

• 9:1-28: Die seremonies van die ou verbond was bloot tydelik - totdat God 'n beter orde sou instel (10) - want hulle was ontoereikend om van sonde te reinig en om die mens se gewete tot rus te bring. Dit is tog duidelik uit die feit dat die volk nie tydens die ou stelsel in die allerheiligste kon ingaan nie. Net die hoëpriester kon eenmaal per jaar ingaan, op die Groot Versoendag (Lev 16). Maar Christus het, deur Sy eie bloed te stort (menslike bloed, nie diere s'n nie), in die hemelse allerheiligste ingegaan - en sodoende toegang vir alle gelowiges bewerkstellig. Hy het ons gewetens bevry van dooie werke, en die heiligdom wat ons nou mag betree, is die ware en ewige, nie 'n voorlopige en skaduagtige nie. Daar kán dus geen herhaling of aanvulling wees van hierdie finale en volmaakte offer nie: Christus bring 'n beter offer as Aäron!

• 10:1-18: Indien die Levitiese offers finale vergiffenis en volmaaktheid vir die volk kon bewerkstellig, sou die gedurige herhaling tog nie nodig gewees het nie. Maar die herhaling het die volk juis herinner aan die noodsaak van 'n offer wat eens en vir altyd met sonde sou afreken. Levitiese priesters staan daagliks en offer; maar Christus het na Sy offer in die hemel gaan sit. Sy werk is eens en vir altyd afgehandel. 'Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder (geheilig) word, vir altyd van sonde vry gemaak.' (14). En so is Jeremia se belofte van die nuwe verbond vervul. Geen offer is dus meer nodig nie!

PRAKTIESE IMPLIKASIES [10:19 - 12:29]

• 10:19-25: Deur die bloed van Christus is die weg uiteindelik gebaan om die teenwoordigheid van God te betree. Christus self, niemand anders nie, is die 'nuwe lewende' weg (20). Nou is dit tog voor die hand liggend dat so 'n onuitspreeklike en onvervreembare voorreg aangegryp moet word. Tree daarom toe met vrymoedigheid! Hou vas die belydenis van die hoop! En laat ons gereeld bymekaarkom en mekaar aanspoor om getrou aan Christus in hierdie lewe te volhard!

• 10:26-39: Vierde waarskuwing: Die skrywer volg dit dan self op met nog 'n waarskuwing en aansporing. Wie hierdie waarhede ontvang, maar dit nogtans verwerp, se uiteinde is die ewige verderf! Dit kom immers neer op 'n veragting van Christus se werk. Onthou tog, herinner hy hulle, julle ywer en onderlinge liefde, ten spyte van verskriklike swaarkry, destyds toe julle tot geloof gekom het. Daarom, moenie julle vrymoedigheid (om in die heiligdom in te gaan) 'weggooi' nie. En volhard in geloof en gehoorsaamheid op die pad van Christus. [Let op hoe onskeibaar is hierdie twee sake in die skrywer se gemoed]. Julle weet mos dat God geen behae het in mense wat omdraai nie. Hy sluit sy aansporing af deur weereens sy vertroue uit te spreek dat 'n werklike genadewerk in sy lesers (in elk geval die meerderheid van hulle) gedoen is en dat hulle inderdaad sal volhard.

75

• 11:1-40: Geloof is die sleutel tot gemeenskap met God (6), asook 'n lewe van oorwinnende volharding. Dit was nog altyd so. Dis onmiskenbaar duidelik in die lewens van hulle wat God behaag het, reeds tydens die ou orde. Dit illustreer hy dan nou in verskeie lewens, vanaf Abel tot en met die helde van die Makkabese tyd: bekend en onbekend, patriarge, profete, pelgrims en martelaars. Wat was die gemeenskaplike in almal se geloof? Hulle oë was nie gerig op aardse skaduwees nie, maar op hemelse realiteite! Maar hulle het nie die belofte verkry nie (39-40). Waarom nie? Iets 'beters' moes eers gebeur - die middelaarswerk van Christus. En nou kan ons almal saam die voleinding beërf. Of 'n gelowige in die Ou Verbond of die Nuwe Verbond lewe, maak dus uiteindelik nie saak nie.

• 12:1-13: Die Christelike lewe is daarom 'n geloofswedloop - op 'n baan wat God self vir ons uitgemerk het (1)! En om in hierdie wedloop sukses te behaal, moet ons met geloofsoë in vier rigtings kyk: terug (v.1a: ons is nie die eerste wat die wedloop aflê nie); af (v.1b: daar is baie struikelblokke); op (v.2: deur die oë op Jesus vas te nael); vorentoe (v.2:daar wag loën). Hierdie wedloop is verseker nie 'n grap nie; dis inderdaad soms baie moeilik (onthou, dit het nog nie met julle so moeilik gegaan soos met ander, wat met hulle bloed vir hulle toewyding aan Christus moes betaal). Maar die swaarkry is juis 'n teken van egtheid. Die Vader tugtig elkeen van Sy kinders, sonder uitsondering - sodat ons in Sy heiligheid mag deel.

• 12:14-17: Vyfde waarskuwing: Moenie voor die versoeking van tydelike en sinlike kompensasie swig nie. Onthou Esau. Hy was 'n eersgeborene in die verbondslyn, maar het dit verag en verkwansel vir 'n enkele bord kos. En regstel kon hy dit nie weer nie, selfs onder trane.

• 12:18-24: Hou op verlang na die Mosaïese tydvak. Onthou die verskrikkinge van die Wet en die uitsluiting van gemeenskap met God. Nee, julle het nie by Berg Sinai gekom nie, maar by Berg Sion, die hemelse Jerusalem - daar waar almal saam verheug is in die Nuwe Verbond en die genadige teenwoordigheid van God.

• 12:25-29: Sesde waarskuwing: Moet dus God, wat uit die hemel deur Sy Seun gespreek het, nie afwys nie. As ongehoorsames tydens die Ou Verbond nie ontkom het nie, veel minder sal diegene wat God se finale en onwankelbare spreke en dade in die wind slaan, aan Sy verskriklike toorn kan ontkom.

FINALE PRAKTIESE VOORSKRIFTE EN GROETE [13:1-25]

• 13:1-9 & 17: Die skrywer gee nou aandag aan 'n aantal praktiese voorskrifte: broederliefde, gasvryheid, empatie met diegene wat swaarkry, die huwelik, die gevaar van geldgierigheid, die regte gesindheid teenoor voorgangers en waaksaamheid teen leringe wat Christus se volmaakte werk wil aanvul.

• 13:10-16: Nogeens herinner hy hulle aan die heerlike voorregte van die Nuwe Verbond - en aan die praktiese implikasies daarvan. Christus het as 'n veragte verworpeling gesterf (buite die wêreldse stad, Jerusalem); kan dit dan anders as dat ons wat met Hom verenig is, sal deel in Sy smaad. Ons is immers nie burgers van hierdie wêreld nie, maar is onderweg na die stad van God. Dis onontkombaar: só heerlik is ons erfenis dat ons nie anders kan as om ons lewens as 'n lofoffer aan God te wy nie. Benewens goeie werke, sluit dit belis ook die openlike belydenis van Christus in.

• 13:18-25: Gebedsversoek, seënbede, laaste samevattende oproep, persoonlike mededelings en groete.

76

DIE BOODSKAP VAN HEBREËRS IN 'N NEUTEDOP

Hebreërs is 'n pastorale vermaning wat die lesers wil oorreed om die sterk versoeking te weerstaan om aan die ontberinge te ontkom wat noodwendig saamhang met hulle Christelike geloof, belydenis en toewyding, deur ontvlugting te probeer vind in die skaduagtige en formalistiese godsdiens van die Ou Verbond. Nie alleen is hulle daarvan losgemaak toe hulle hulle laat doop het in die Naam van die Middelaar van die Nuwe Verbond nie, maar dis in elk geval vervul en die betekenis en legitimiteit daarvan het gevolglik verval met die vleeswording van Christus en die aanvang en voortgang van Sy volmaakte en ewige hoëpriesterskap.

Die skrywer bring sy punt tuis deur enersyds aan te toon dat die ou stelsel inherent onvolmaak en daarom tydelik was, en deur andersyds die verhewe uitnemendheid van Christus en Sy enige, volmaakte en afgehandelde verlossingswerk daarteenoor te stel.

Om hierdie volmaakte, genoegsame en unieke evangelie te misken, selfs net te vermeng of af te water, is om die heil wat dit bring te verbeur - en daarsonder is die verskriklike toorn van God 'n onontkombaarheid.

77

MODULE VI

NAAMBRIEWE(Jakobus, Petrus, Judas en Johannes)

Voorgeskrewe Bybelboeke, Kernverse en Temas.

BOEK KERNVERSE TEMAS

Jakobus 1:25 Hoor en doen van die Evangelie.

1 Petrus 2:9 Word wat julle is.

2 Petrus 1:20,21

Besorgdheid oor gemeente as gevolg van

dwaalleraars.

Judas Vs 20, 21 Bestryding van dwaallering.

1-3 Johannes 1 Joh 2:3 & 5:13

Gemeenskap van gelowiges met God en met

mekaar.

78

Lesing 1

Jakobus, 1 Petrus

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 10

Bybel: Jakobus en 1 Petrus

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Watter twee oogmerke het Jakobus in gedagte met die skryf van sy sendbrief?

2. Wat is volgens Jakobus die hoofredes hoekom beproewing oor ‘n mens (gelowige) se pad kom?

3. Wat is volgens Jakobus die bewys van ware/lewende geloof? Skrifverwysing.

Lang vraag:

4. In 1 Petrus word gelowiges opgeroep tot die praktiese uitleef van hulle geloof. Noem tien voorbeelde met ‘n Skrifverwysing by elk.

79

Lesing 2

2 Petrus en 1 Johannes

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 11

Bybel: 2 Petrus, Judas, 1 – 3 Johannes

_________________________

OPDRAGTE

Kort vrae:

1. Wat is volgens 2 Petrus die sleutel tot die bestryding van dwaalleer?

2. In watter verwagting moet gelowiges volgens Petrus lewe? Gee die Skrifverwysing.

3. Wat leer 2 Petrus aangaande die Skrif?

4. Wat was Johannes se hoofdoel met die skryf van die sendbrief?

5. Wie het volgens Johannes die Gees van God? Skrifverwysing.

6. Noem vyf eienskappe van ‘n ware gelowige volgens 1 Johannes? Verduidelik kortliks met voldoende Skrifverwysings.

80

MODULE VII

OPENBARING (2 Lesings)

Voorgeskrewe leeswerk: Handboek hoofstuk 12

Bybel: Openbaring 1 – 10 (Lesing 1)

Openbaring 11 – 22 (Lesing 2)

_________________________

OPDRAGTE

Lesing 1

1. Watter tipe geskrif is Openbaring?

2. Wie is die sentrale figuur in Openbaring?

3. Noem vyf beskrywings van Jesus Christus in hf 1 – 3 wat uniek is in Openbaring. Gee Skrifverwysings.

4. Lees Op 4 & 5. Noem een kenmerk van die gelowiges se gedrag in die teenwoordigheid van God.

Lesing 2

1. Noem die drie reekse van oordele in Openbaring.

2. Beskryf die laaste oordeel in Op 20:11-15. Wat is jou gevolgtrekking?

3. Wat is die verbondsbelofte/formule van God wat in Op 21 voorkom? Gee teksverwysings.

81

OORSIG EN SAMEVATTING

Drie redes waarom ons die Bybel lees:

1. ...................................................................................................................................................

2. ...................................................................................................................................................

3. ...................................................................................................................................................

I. WAT HET JY VAN GOD GELEER?

1. ...................................................................................................................................................

2. ...................................................................................................................................................

3. ...................................................................................................................................................

4. ...................................................................................................................................................

5. ...................................................................................................................................................

6. ...................................................................................................................................................

7. ...................................................................................................................................................

8. ...................................................................................................................................................

9. ...................................................................................................................................................

10. ...................................................................................................................................................

Waarom moet ons die Ou Testament lees?

1. ........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

2. ........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

3. ........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

Dwarsdeur die Ou Testament is daar veral twee eienskappe van God wat altyd na vore kom. Wat is dit?

1. ............................................. 2 . ...........................................................

II. HOE KAN DIE MENS MET GOD IN DIE REGTE VERHOUDING KOM? MET HOM VERSOEN WORD?

1. Watter woord gebruik die Bybel om die verhouding tussen God en mens te beskryf?........................................................................................................................................

2. Wie inisieer dit?........................................................................................................................................

3. Waarom?*........................................................................................................................................

*........................................................................................................................................

*........................................................................................................................................

*........................................................................................................................................

82

4. Wat is die verhaal van die Bybel?

Ou en Nuwe Testament = ou en nuwe verbond. Dit is die verhaal van God se ooreenkoms met die mens, sy voorsiening, sy werking.

Sy plan en doel = * Verlossing van die mens tot* Verheerliking van God.

5. Wat verstaan jy onder ou verbond?

God het eerstens met Abraham ‘n verbond gesluit in antwoord op sy vraag: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?” (Gen 15:8).

Die verbondsluiting vind plaas in twee stadiums: die ritueel (Gen 15:9-18) en die gee van die besnydenis as teken van die verbond (Gen 17:1-14).

• Wat is die beloftes van die verbond met Abraham?

*.................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Gen 17:2-6; ook 12:2(a) & 7; 13:15-16; 15:4-5).

*.................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Gen 17:8; ook 12:1 & 7, 13:15 & 17; 15:18-21).

• Wat is die verbondsformule (kerninhoud van die verbond)?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Gen 17:7).

• Wat was Abraham se aanvanklike reaksie op wat God gesê het?

..................................................................................................................................(Gen 15:6).

• Watter belangrike Bybelse beginsel leer ons hieruit?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Vergelyk Rom 4, veral vs 3, 9b, 21-24; Gal 3:6-9).

• Watter ander belangrike belofte het God vir Abraham gegee wat ook vir ons van belang is?

..................................................................................................................................(Gen 12:3(c); 22:18. Vgl Gal 3:8).

• Wat is kenmerkend van Abraham se optrede in sy verhouding met God?

..................................................................................................................................(Gen 17:23-27; 21:4; 22:1-19; 26:5).

• Wat leer ons hieruit?

..................................................................................................................................Let wel: die beloftes is ook aan Isak en Jakob gegee en as ‘n verbond met hulle bevestig (Gen 26:2-

4; 28:13-15; 35:11-12).

83

God het vervolgens met die volk Israel die verbond gesluit. Die belofte aan Abraham van ‘n groot nageslag is vervul (Eks 1:7 & 12), maar die volk is in slawerny in ‘n vreemde land. In hulle nood roep die volk na God om hulp (Eks 2:23-25) en Hy reageer deur Moses na hulle te stuur en Sy beloftes aan hulle te gee.

• Wat is die verbondsbeloftes aan Israel?

*.................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Eks 6:4-5).

*.................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Eks 6:7).

• Wat is die verbondsformule?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Eks 6:6) .

Die belofte van redding en verlossing (Eks 6:4-5) word vervul na die 10de plaag. Let op Israel se reaksie.

.

……............................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

(Eks 12:28; 14:31).

Voortvloeiend uit die verbond met Abraham, Isak en Jakob sluit God met Israel die verbond by Sinaï in vervulling van die belofte in Eks 6:6.

Let op die volgende:

God se verskyning in vuur en rook (Eks 19:18; vgl Gen 15:17). Die gee van die verbondsbepalings (Kern 10 gebooie Eks 20:1-17; uitbreiding Eks

20:22 – 23: 33). Die ritueel van verbondsluiting (Eks 24:1-8). Die reaksie van die volk (Eks 19:8; 24:3 & 7).

Daar ontstaan dus ‘n verbondsverhouding tussen God en Israel waarin Hy beloof om hulle God te wees en waardeur hulle sy volk word. Dit sluit aan by die verbondsverdrae van die Ou Testamentiese tye tussen ‘n koning en sy volk waarin hy beloof om aan hulle goed te doen, maar van hulle word verwag om gehoorsaam te wees aan sy reëls en wette. Daarom word ook hier duidelike verbondsbepalings gegee (die wil van God). Die implikasie is duidelik: God sal hulle seën indien hulle gehoorsaam is, maar Hy sal hulle ook straf indien hulle ongehoorsaam is (vgl Eks 24:3 & 8; Lev 26; Deut 11:9-25; veral vs 26-28; Deut 26:16-19; Deut 28, veral Deut 30:15-20).

God sê dus: In hierdie besondere verhouding met My is dit hoe julle moet leef.

84

• Hoekom is versoening met God noodsaaklik?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Vgl Eks 32:7-10; Lev 4:1,13,22,27; 5:1-6,14-15,17; 6:1-7; 16:6,15,24; Num 14: 11-12; Deut 17: 2-7

en 12-13. Kyk ook Rom 5:12; 6:23).

• Hoe is die mense onder die ou verbond met God versoen?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Lev 1:4; 4:35(b); 5:10 & 18; 6:7).

• Hoekom?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Lev 17:11).

• Was dit voldoende?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Heb 10:1-4; 9:15).

Hierdie beginsels en lering word in die Pentateug vasgelê (die wet = eerste 5 boeke). Die belofte van die land word in Josua vervul (Jos 23:14). Kyk ook na Jos 23:15-16. Die res van die Ou Testamentiese geskiedenisboeke handel dan oor Israel se lewe as God se verbondsvolk en God se ooreenstemmende handelinge met hulle. Gelyklopend is die profetiese boeke wat deurlopend kommentaar lewer oor die gebeure en die volk oproep tot bekering en terugkeer na God.

• Wat is die gevolgtrekking?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(2 Konings 17:6-23; veral vs 13 & 18; 2 Konings 24:14 & 20; 2 Kronieke 36:15 & 16; 20 & 21).

• Hoekom is gehoorsaamheid so belangrik in die Ou Testament?

*.................................................................................................................................(Gen 22:3 e.v.; vgl Heb 11:17-19; Eks 12:28; Deut 1:32 & 43 en 9:23-24).

*.................................................................................................................................(Eks 20:20 en Deut 5:28 & 29).

85

*.................................................................................................................................(Deut 6:4-9; 7:6-9; 10:12; 11:1).

*.................................................................................................................................(Deut 11:2-8).

*.................................................................................................................................(Lev 19:2; 20:7 & 8).

Die na-ballingskapboeke Esra en Nehemia vertel hoe God ‘n klompie van sy volk (die oorblyfsel) na Jerusalem laat terugkeer het en die tempel en Jerusalem herstel is. Dit gebeur omdat God getrou is aan sy verbond!(Lev 26:42-45; Deut 4:31).

Natuurlik kan alles nie hier eindig nie. Die hele Ou Testament roep uit en wys heen na dit wat nog moet kom en die Profete voorspel dit. Waarom?

*.................................................................................................................................

*.................................................................................................................................

*.................................................................................................................................

6. Wat verstaan jy onder die Nuwe verbond?

• Dit gaan steeds om die verhouding tussen God en mens, die versoening met Hom.

• Dit is die vervulling van die ou verbond (Heb 8:6;7 & 13).

• Dit bring volledige voorsiening vir versoening (Rom 3:25; Rom 5:1; 2 Kor 5:19 & 21; Heb 9:26 & 28; Heb 10:1-3; 11 – 14).

• Dit verseker die voltooiing van die verlossingsplan (Rom 3:23-26; Heb 7:25; Heb 9:12 & 15; Heb 10:10 & 18).

• Dit verseker die voorsiening vir die mens se onvermoë (Rom 8:4-17; Gal 5:16-18 & 25).

• Dit verseker vryheid vir die gelowige: - van die wet

(Rom 3:21-26; 7:1-5; Gal 2:16; 3:10-11 & 13; 5:1).- van die sondige natuur

(Rom 6:1-12,18,22; 8:1-17; 2 Kor 5:15 & 17; Gal 2:19-20; 5:13-18).

• Dit het ‘n groter omvang, nie meer beperk tot een volk nie maar omvat die hele wêreld. Uit alle volke, nasies en tale kom God se nuwe volk tot stand = gelowiges = Kerk.(Hand 15:14; Ef 3:6; 1 Pet 2:9).

• Die Nuwe Verbond is ‘n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is (Heb 8:6-13; 2 Kor 3:7-11).

7. Wat is die beloftes van die Nuwe verbond?

*..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................

..........................................................................................................................................(Vgl Jer 31:34; Heb 8:12; Heb 10:17-18; Gal 3:6-9).

86

*.................................................................................................................................

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Vgl Jer 31:33; Es 36:26-27; Gal 3:2-5 & 14; Heb 8:10; 10:16; Fil 2:13).

8. Hoe kry die mens deel aan die nuwe verbondsverhouding met God asook die beloftes?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Vgl Hand 10:43; 13:38-39; Rom 1:17; 3:21-26; 4:24; Rom 10:9-13; 2 Kor 6:16 – 7:1; Gal 3:2-5,9 &

14 & 22; Ef 2:8,11-13; 3:6; Fil 3:9).

• Was dit dieselfde in die Ou Testament?

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................

..................................................................................................................................(Vgl Gen 15:6; Rom 4:1-3, 9-12, 18-21; Gal 3:6-9; Rom 9:30 – 10:4; Heb 9:15; 10:3,11-14).

• Vergelyk beloftes van Ou en Nuwe Verbond.

..................................................................................................................................(Eks 6:4-7; Jer 31:33-34; Heb 10:16-17).

• In die verbond beloof die Here ook sekere dinge aan die mens as voorregte (iets wat Hy doen), terwyl Hy ander dinge as verantwoordelikhede voorskryf (iets wat die mens moet doen). Wat is die verskil tussen die Ou en Nuwe Verbond?

* Ou Verbond:

.................................................................................................................................

.................................................................................................................................(Vgl Lev 26 en Deut 28).

* Nuwe Verbond:

.................................................................................................................................

.................................................................................................................................(Vgl 2 Kor 5:17; Rom 6:11; Ef 1:3-14).

III. WAT IS DIE IMPLIKASIES VAN DIE NUWE VERHOUDING MET GOD VIR MY?

VoorregteDit omsluit alles wat God onder die nuwe verbond beloof, al die beloftes en seëninge vir die kind van God. Dit sluit in alles wat God in en deur Christus vir ons moontlik maak en vir ons wil gee, asook alles wat Hy in en deur die Gees aan ons skenk. Ontdek hierdie seëninge in die Nuwe Testament, eien dit in die geloof toe en leef daaruit. Dit is ‘n geweldige rykdom wat onbenut lê as ons nie weet wat dit is en deur die geloof ons eie maak nie!

VerantwoordelikhedeGod se morele wet, soos in die Tien Gebooie gekonsentreer, lê aan die hart van die Sinaïtiese verbond. Die Nuwe Testament beklemtoon dat die morele wet, as uitlewingsriglyn vir die Verbondsvolk se dankbaarheidsliefde en gehoorsaamheidstoewyding, ewig geldig bly (Matt 5:17-20; 22:37-40).

87

• Wat is egter die groot verskil onder die Nuwe Verbond?

........................................................................................................................................

........................................................................................................................................

(Vgl Es 11:19-20; 36:26-27; Fil 2:12-13; Rom 8:4 & 9).

Waarom is gehoorsaamheid so belangrik?

• Dit is die gevolg, bewys en uitdrukking van geloof. (Jak 1:22-25; 2:8, 20-26).

• Uitdrukking van liefde, dankbaarheid en toewyding. (Joh 14:23-24; 15:12; 1 Joh 2:3 & 5; 5:3-5).

• Dit is die implikasie van die verbondsverhouding met ‘n heilige God.(2 Kor 7:1; 1 Pet 1:15-17; 2:9).

• Bewys van bekering.(Matt 7:21-23; 2 Pet 1:10; Ef 4:22-24; Fil 2:12).

• Betekenis van dissipelskap (volgeling van Christus).(Matt 5:19-20; Kol 1:13; 1 Tes 1:9; 2:12; 4:1).

• Dit is die pad van heiligmaking en Geesvervulling.(Rom 12:1-2; Gas 5:16-18 & 25).

• Volgehoue ongehoorsaamheid vra vir die tugtiging van God.(Heb 12:7-11).

Daar is ook baie ander dinge wat aan die gelowige voorgehou word soos standvastigheid, dat ons moet vrug dra, die omgee vir en omsien na mekaar, barmhartigheid, dienslewering, ens. Lees die Woord met ‘n ingesteldheid hierop en moenie dit verontagsaam nie! Dit kan nie losgemaak word van gehoorsaamheid nie.

Waartoe leef die gelowige hierdie lewe?

Met die oog op die toekoms. Omdat ons weet dat Christus weer kom en ons met Hom verenig gaan wees. Ons wil graag sy goedkeuring ontvang en deel in sy heerlikheid (2 Pet 3:11-14; 1 Tess 3:13; 4:14; 17(b); 2 Tess 1:10-12; Op 2:7,11,17,26; 3:5,12,21).

Gevolgtrekking

Kennis van die Woord is onontbeerlik vir die gelowige. Dit verander ons lewens (1 Tess 2:13), leer ons die drie-enige God ken (2 Pet 1:31) en rus ons toe (2 Tim 3:15-17). Daarin vind ons die bemoediging, krag en toerusting vir die Christelike lewe. Ons leef dus die Christelike lewe in vertroue (wat op God se Woord gebaseer is) en met verantwoordelikheid (deurdat ons positief reageer op die aansprake van die Gees). Die gelowige leef vanuit die Skrif; die Woord moet in ons wees, ons denke vul en ons optrede bepaal.(Joh 15:4-5; Kol 3:16; 2 Tim 1:13-14, Heb 6:1; 2 Pet 3:18; Ps 19:8-12).

88

EVALUERINGSVORM

Naam: ................................................Voltooi asseblief die volgende met groot erns en eerlikheid!

1. Die doel van die kursus is om mense te help om op sinvolle, gedissiplineerde wyse die Bybel in een jaar deur te werk en beter te verstaan. Was dit vir jou sinvol?

..............................................................................................................................................

..............................................................................................................................................

Het jy 'n beter begrip van die Bybel as geheel?

...............................…............................................................................................................

................................…...........................................................................................................

2. Het jy die uitwerk van die opdragte positief beleef? Was dit vir jou sinvol? Hoekom?

.........................................................................................................................................…..

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

Enige ander opmerkings in dié verband?...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

3. Was jy tevrede met die nasienwerk? Was daar persoonlike kontak tussen jou en jou nasiener? Sou jy meer kontak wou hê?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

4. Was die lesings vir jou bevredigend?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

Enige opmerkings oor die aanbieding van die lesings?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

Blaai asseblief om

89

Enige opmerkings oor die inhoud van die lesings?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

(Wees asseblief spesifiek)

5. Enige ander kommentaar, wenke of aanbevelings? (Neem asseblief vrymoedigheid)

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

6. Gestel jy word gevra om voor die gemeente te getuig oor die afgelope jaar. Wat sal jy sê, wat het die kursus vir jou beteken? Wat het die Here vir jou persoonlik gedoen?

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

...............................................................................................................................................

90

LYNNWOODRIF BYBELSKOOLNASIENER EVALUERINGSVORM

NASIENER: …………………………………………….

Wees asseblief so vriendelik om die volgende vrae te beantwoord:

1. Was daar persoonlik kontak tussen jou en jou nasiener buiten die klasbesoeke? Indien wel,

hoedanig?

…………………………………………………………………………………………………………………..

2. Kon jy met vrymoedigheid jou nasiener kontak vir hulp of raad ten opsigte van taakonderwerpe?

Was hy/sy beskikbaar / toeganklik?

…………………………………………………………………………………………………………………..

3. Was die skriftelike terugvoering van die nasiener ten opsigte van taakinhoud volledig en voldoende

ter verduideliking van toegekende simbool?

…………………………………………………………………………………………………………………..

4. Was daar genoeg aanvulling ten opsigte van leemtes in die opdrag?

…………………………………………………………………………………………………………………..

5. Vind jy die klasbesoeke deur die nasieners sinvol? Enige wenke in die verband?

…………………………………………………………………………………………………………………..

6. Enige ander kommentaar?

…………………………………………………………………………………………………………………..

91