sorg dat jy ’n inkomstebeskermer kry

1
beursie Bestuur jou René du Preez, ’n finansiële adviseur by attooh!, hanteer die reeks in Veeplaas oor finansiële onafhanklikheid. Sorg dat jy ’n inkomstebeskermer kry Daar is ’n verandering in die lug, die aande kom vinniger en die oggende kom later, maar ons jaag steeds van punt A na punt B en wens elke aand dat die 24 uur eintlik 30 uur kan wees. Die volgende keer wat jy so jaag, dink bietjie wat jy sal doen as jy nie meer jou eie kar kan bestuur nie of as jy net vyf ure per dag kan werk en nie meer tien ure nie. Indien ’n mens na jou polisdokumente kyk, is daar in die meeste gevalle ’n enkelbedrag wat uitbetaal met dood, ongeskiktheid en as jy ’n gevreesde siekte opdoen. Het jy al in ag geneem dat jou enkelbedrag vir ongeskiktheid slegs bereken is om skuld te delg? Sou jy dus in ’n motorongeluk beland en ’n parapleeg word, sal dit uitbetaal met die doel om jou skuld te betaal en is jou doelwit bereik, maar wat eet jy vanaand en môre en die res van jou lewe? Selfs al is al jou skuld gedelg, het jy steeds ’n konstante vloei van inkomste nodig vir jou daaglikse uitgawes. Lewenslange beskerming Die voordeel wat hiervoor voorsiening maak, is die inkomstebeskermer. Hierdie voordeel kan jou volle inkomste of ’n gedeelte daarvan lewenslank betaal met tydelike of permanente ongeskiktheid of siekte. ’n Mens vergeet dat jou werkgewer jou net ’n sekere aantal dae betaalde siekverlof gee en dat jou siekverlof daarna onbetaald is. Dit kan ’n groot impak op jou gesin hê as daar nie ’n inkomste is nie, veral as jy die broodwinner is. Enkelbedrag-ongeskiktheid betaal slegs uit vir spesifieke toestande en sal nie betaal as jy bv. vir ses maande van die werk afwesig is weens ’n rugoperasie nie. Inkomstebeskermers het almal verskillende wagtydperke, wat beteken dat jy eers ná ’n sekere tyd kan eis. Maak seker dat die wagtydperk wat jy gekies het aan jou behoeftes voldoen en dat daar nie dalk ’n maand of twee kan wees wat daar nie ’n inkomste is nie. Veranderde wetgewing Die wetgewing oor inkomste- beskermers het op 1 Maart 2015 verander. Premies is nie meer af- trekbaar van belasting nie, maar die inkomste op die eisstadium word ook nie meer belas nie. Hierdie wetgewing het veroorsaak dat alle versekeringsmaatskappye hul pro- dukte aangepas het. Dit veroorsaak ook dat nie meer bruto salarisse nie, maar netto salarisse verseker moet word, wat ’n daling in premies kan meebring. Daar is maatskappye wat byvoorbeeld ook jou premies of ’n gedeelte daarvan op die eisstadium sal betaal, wat jou finansiële las verlig om gesond te word. Maak seker jou produk dek 100% van jou inkomste wanneer jy dit nodig het of dat dit wat hulle wel dek, vir jou voldoende gaan wees. Jaarlikse aanpassing Ondanks die wetgewing wat verander het, is dit belangrik dat jy elke jaar hierdie voordeel aanpas om in tred met jou salaris te bly. Statistieke van een van ons groot versekeraars wys dat in die laaste kwartaal van 2014 altesaam R32 miljoen uitbetaal is op inkomstebeskermers, met ’n gemiddelde ouderdom van 42 jaar, en R113 miljoen op enkelbedrag- ongeskiktheid, met ’n gemiddelde ouderdom van 46 jaar. As finansiële adviseur is my aanbeveling ’n inkomstebeskermer vir elke portefeulje!

Upload: rene-du-preez

Post on 14-Aug-2015

56 views

Category:

Economy & Finance


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Sorg dat jy ’n inkomstebeskermer kry

VEEPLAAS 104 JUNIE 2015

beursieBestuur jou

René du Preez, ’n finansiële adviseur by attooh!, hanteer die reeks in Veeplaas oor finansiële onafhanklikheid.

Sorg dat jy ’n inkomstebeskermer kry

Daar is ’n verandering in die lug, die aande kom vinniger en die oggende kom later, maar ons jaag steeds van punt A na punt B en wens elke aand dat die 24 uur eintlik 30 uur kan wees.

Die volgende keer wat jy so jaag, dink bietjie wat jy sal doen as jy nie meer jou eie kar kan bestuur nie of as jy net vyf ure per dag kan werk en nie meer tien ure nie.

Indien ’n mens na jou polisdokumente kyk, is daar in die meeste gevalle ’n enkelbedrag wat uitbetaal met dood, ongeskiktheid en as jy ’n gevreesde siekte opdoen. Het jy al in ag geneem dat jou enkelbedrag vir ongeskiktheid slegs bereken is om skuld te delg? Sou jy dus in ’n motorongeluk beland en ’n parapleeg word, sal dit uitbetaal met die doel om jou skuld te betaal en is jou doelwit bereik, maar wat eet jy vanaand en môre en die res van jou lewe?

Selfs al is al jou skuld gedelg, het jy steeds ’n konstante vloei van inkomste nodig vir jou daaglikse uitgawes.

Lewenslange beskermingDie voordeel wat hiervoor voorsiening

maak, is die inkomstebeskermer. Hierdie voordeel kan jou volle inkomste of

’n gedeelte daarvan lewenslank betaal met tydelike of permanente ongeskiktheid of siekte.

’n Mens vergeet dat jou werkgewer jou net ’n sekere

aantal dae betaalde siekverlof gee en dat jou siekverlof daarna onbetaald is. Dit kan ’n groot impak op jou gesin hê as daar nie ’n inkomste is nie, veral

as jy die broodwinner is. Enkelbedrag-ongeskiktheid

betaal slegs uit vir spesifieke

toestande en sal nie betaal as jy bv. vir ses maande van die werk afwesig is weens ’n rugoperasie nie.

Inkomstebeskermers het almal verskillende wagtydperke, wat beteken dat jy eers ná ’n sekere tyd kan eis. Maak seker dat die wagtydperk wat jy gekies het aan jou behoeftes voldoen en dat daar nie dalk ’n maand of twee kan wees wat daar nie ’n inkomste is nie.

Veranderde wetgewingDie wetgewing oor inkomste-beskermers het op 1 Maart 2015 verander. Premies is nie meer af-trekbaar van belasting nie, maar die inkomste op die eisstadium word ook nie meer belas nie. Hierdie wetgewing het veroorsaak dat alle versekeringsmaatskappye hul pro-dukte aangepas het. Dit veroorsaak ook dat nie meer bruto salarisse nie, maar netto salarisse verseker moet word, wat ’n daling in premies kan meebring.

Daar is maatskappye wat byvoorbeeld ook jou premies of ’n gedeelte daarvan op die eisstadium sal betaal, wat jou finansiële las verlig om gesond te word.

Maak seker jou produk dek 100% van jou inkomste wanneer jy dit nodig het of dat dit wat hulle wel dek, vir jou voldoende gaan wees.

Jaarlikse aanpassingOndanks die wetgewing wat verander het, is dit belangrik dat jy elke jaar hierdie voordeel aanpas om in tred met jou salaris te bly.

Statistieke van een van ons groot versekeraars wys dat in die laaste kwartaal van 2014 altesaam R32 miljoen uitbetaal is op inkomstebeskermers, met ’n gemiddelde ouderdom van 42 jaar, en R113 miljoen op enkelbedrag-ongeskiktheid, met ’n gemiddelde ouderdom van 46 jaar.

As finansiële adviseur is my aanbeveling ’n inkomstebeskermer vir elke portefeulje!