prm grondwet

27

Click here to load reader

Upload: a2hugo

Post on 16-Nov-2014

426 views

Category:

Documents


11 download

TRANSCRIPT

Page 1: PRM Grondwet

Penticostal Revival Ministries International

Konstitusie

0

Page 2: PRM Grondwet

ARTIKEL 1: VOORWOORD

a) Ons verklaar en bevestig die konstitusie om te dien as die grondbeginsels van ons geloof en om die kerk te regeer in `n ordelike manier.b) Die konstitusie is bedoel om geloofsvryheid van elke lidmaat voor te hou en ook die vryheid van samewerking van die kerk in verhouding met ander kerke.

ARTIKEL 2: NAAM

a) Die naam van die kerk sal wees PENTICOSTAL REVIVAL MINISTRIES INTERNATIONAL en sal bedryf word vanaf Klipdalstraat 38, De Doorns, 6875. b) Hierna verwys as die kerk. c) Die kerk is `n geestelike, nie-winsgewende organisasie soos beskryf in Seksie 13 van die Nie- Winsgewende Organisasie Wet van 1997. NPO 057-394d) Die Kerk sal:

i) In sy eie reg bestaan, onafhanklik van sy lede.ii) Voortbestaan al verander die lidmaatskap en ampsdraers.iii) Het die reg om eiendom te besit en ander bates.iv) Is by magte om gedagvaar te word of om dagvaardigs uit te vaardig in sy eie naam.

ARTIKEL 3: ONS DOELSTELLINGS

Die doel en doelwitte van die kerk sal wees:a) om `n geestelik lewende en dinamiese liggaam van gelowiges ingespireerd deur die Heilige

Gees in wie Jesus Christus daaglik uitgestraal word in die lewe van die lidmate deur liefde, verhoudings, toewyding, deursettingsvermoë en die persoonlikheid van sy Heerskappy. (Hand. 2:4-33)

b) om `n aanbiddende verenigde gemeente te wees wat bewus is van God, Hom as persoon erken, `n honger het na Sy uitmuntendheid, en gehoorsaam te wees aan Sy leierskap. (Hand. 2-42; 1 Kor. 12:31 – 13:2)

Om doelgerig Christus en sy boodskap aan families, selgroepe en die gemeente te verkondig, met `n doel om `n invloed te hê in die lokale gemeenskap, die nasie en die wêreld. (Hand. 2:45,47)

ARTIKEL 4: ARTIKEL VAN GELOOF

Die artikel is die fundamentele waardes van die kerk en enige twyfel, onsekerheid en vrae rondom die kerk se bestuur, gedragskode of operasie sal behandel word in ooreenstemming met die artikel.

a) Skrifte. Die Bybel was geskryf deur manne geestelik geinspireer en is die rekord van God se openbarings van Homself aan mense. Dit is `n perfekte skat van goddelike instruksies. Dit het God as skrywer en oorwinning vir sy volmaakheid. Dit is sonder foute. Die Bybel openbaar die beginsel waarvolgens mense deur God geoordeel word. Die skrif sal tot aan die einde bly staan. (2 Tim. 3:16, Rom. 15:4, Joh. 1:1-5)

b) God. – Daar is slegs een God. Hy is `n intelligente, geestelike en menslike Wese: die Skepper, Verlosser, Voorsiener en Regeerder van die Heelal. God is heilige en in alles perfek. Mens skuld aan God al sy liefde en gehoorsaamheid. God openbaar homself aan ons as Vader, Seun en Heilige Gees. (Mal. 2:10, Rom 3:29-30, 1Tim. 2:5)

I. God regeer as Vader met voorsiening oor Sy heerskappy, Sy skepping en die vloei van geskiedenis volgens die doelstellings van Sy genade. Hy is magtig, liefdevol en wys. God is die Vader van waarheid vir hulle wat Sy kinders word deur geloof in Jesus Christus. Hy is vaderlik in sy verhouding met alle mense. (Joh. 6:45)

1

Page 3: PRM Grondwet

11. Christus is die ewige seun van God. Jesus was deur die Heilige Gees in die wêreld gebring deur die maagd Maria. Jesus het die wil van God geopenbaar en dit gevolg. Hy het die wêreld se skuld op hom geneem alhoewel Hy nie gesondig het nie. Aan die kruis het Hy voorsiening gemaak vir die verlossing van mens deur Sy dood. Hy sit aan die regterhand van God as tussenganger vir mens. (John. 3:16)

ARTIKEL 5: ONS KERKSTRUKTUUR

5.1 DIE UITVOERENDE BEHEERRAAD

Die raad word as volg voorgestel:

Bogenoemde struktuur sal die besluitnemende gesag in die kerk hê.Alle beleide word deur die raad bekragtig en deurgestuur tot op grondvlak vir uitvoering.Alle amptelike persverklarings rakende kerkstandpunte en kerkbeleid mag slegs deur die bestuur met die goedkeuring van die Uitvoerende Hoof uitgereik word.Alle aanstellings van pastore in takgemeentes en ordinasies word deur die raad hanteer.

5.1.1 UITVOERENDE HOOF

5.1.1.1 Hy sal hoof wees van die kerk en sy posbenaming sal wees Pastoor.5.1.1.2 Is alleenlik daartoe gemagtig om ordinasies binne die kerk te doen, maar is nie beperk om te delegeer.5.1.1.3 Behou homself die reg voor om enige lid van die Hoof Uitvoerende Beheerraad tot gewone

lidmaat te vra om te bedank of af te dank sou daar gevind word dat die betrokke lidmaat hom skuldig maak aan enige wangedrag buite die orde van die kerk.

5.1.1.4 Is gemagtig om binne redelike kennisgewing `n takleier of `n voorsitter van enige raad te versoek om alle boeke, state, ooreenkomste waarby besigheid vir en namens die kerk gedoen is beskikbaar te stel vir ouditering.

UITVOERENDE HOOF

VISIE UITVOERENDE HOOF

ALGEMENE SEKRETARIS

TESOURIER SKAKELBEAMPTE

2

Page 4: PRM Grondwet

5.1.1.5 Moet in sy hoedanigheid as hoof alle sake van die godsdienstige organisasie monitor.5.1.1.6 Addisionele magte en regte kan aan uitvoerende hoof gegee word soos wat die behoefte daarvoor ontstaan.5.1.1.7 Die Uitvoerende Hoof is uit die aard van sy amp rekenpligtig en regsaanspreeklik vir alle

sake van die kerk.5.1.1.8 Indien daar `n klag teen die Uitvoerende Hoof ingedien word is slegs die Hoof Uitvoerende

Beheerraad by magte om so `n beweerde klag of aantyging te ondersoek en beslis.5.1.1.9 Die Uitvoerende Hoof het ook die reg om hom tot `n onafhanklike hof te wend sou hy na sy

mening vind dat die beslissing van die Hoof Uitvoerende Beheerraad nie regverdig is nie.5.1.1.10 Hy sal as hoof van die kerk vir `n onbepaalde tyd bly totdat hy as lidmaat bedank, ernstig siek is of tot sterwe kom, wat hom nie in staat stel om sy pligte na te kom nie. Dan sal hy vervang word as hoof van die kerk.5.1.1.11 Indien `n situasie ontstaan soos in art.5.1.1.10 dan sal die Eggenote Uitvoerende Hoof van die kerk wees. 5.1.2. VISIE UITVOERENDE HOOF

5.1.2.1 Is die hoogste gesag in afwesigheid van die Uitvoerende Hoof.5.1.2.2 Alle magte en regte word aan hom voorbehou in afwesigheid van die Uitvoerende Hoof.5.1.2.3 Tree op as bestuurder van die Penticostal Revival Ministries International.5.1.2.4 Moet toesien dat alle rade binne die raamwerk van die grondwet van kerk en Bybel funksioneer.5.1.2.5 Moet ten alle tye aan die Uitvoerende Hoof rapporteer.

5.1.3 DIE ALGEMENE SEKRETARIS

5.1.3.1 Is verantwoordelik vir die administrasie van die kerk.5.1.3.2 Ontvang verslae vanaf takke/streke.5.1.3.4 Organiseer die verpligtinge van die Uitvoerende Beheerraad.5.1.3.5 Versend besluite en inligting vanaf Uitvoerende Beheerraad na Streke/Takke.

5.1.4 DIE TESOURIER

5.1.4.1 Is verantwoordelik vir die byhou van finansiële rekords van gelde ontvang.5.1.4.2 Kontroleer die finansiële stelsels van Streke/Takke.5.1.4.3 Berei verslae voor vir oudit doeleindes.5.1.4.4 Gee riglyne oor die hantering van finansies aan kerkrade/streeksrade.

5.1.5 DIE SKAKELBEAMPTE

5.1.5.1 Is verantwoordelik vir alle media beriggewing vanaf die kerk.5.1.5.2 Berei in samewerking met die Uitvoerende Hoof persverklarings voor.5.1.5.3 Is verantwoordelik vir skakeling met ander geestelike organisasie en regeringsinstellings.5.1.5.4 Is vir antwoordelik om die kerk te “bemark”.

3

Page 5: PRM Grondwet

5.2 STREEKSRAAD

Die raad word as volg voorgestel:

Die raad is verantwoordelik om die beleide te implimenteer.Die raad versamel verslae van takke en stel `n omvattende verslag op vir die Uitvoerende Beheerraad.Hanteer verskille en geskille binne streekverband en rapporteer aan Uitvoerende Beheerraad.Reël streekkonferensies en aktiwiteite.

5.3 KERKRAAD

Die raad word as volg voorgestel:

Die raad is verantwoordelik vir die bestuur van die plaaslike tak.Die raad word bestuur deur `n Pastoor en `n Ouderlingskomitee.Lede van die raad word gevorm deur die amptenare wat in die plaaslike tak woonagtig en werksaam is.Doen verslag aan die streekraad.

TAKLEIER TAKLEIER

TAKLEIER

VOORSITTER

PASTOOR

OUDERLINGSKOMITEEOuderlinge

DIAKENS

4

Page 6: PRM Grondwet

5.3.1 KWALIFIKASIES VAN DIE PASTOOR

5.3.1.1 Om as Pastoor te kwalifiseer binne Penticostal Revival Ministries International moet die kandidaat oor die volgende beskik:5.3.1.1.1 `n Roeping vanaf die Here het.5.3.1.1.2 Teologiese opleiding sal nie as maatstaf dien binne die kerk nie, maar sal in aanmerking

geneem word by aanstellings.5.3.1.1.3 Ten minste een jaar onder `n gekwalifiseerde pastoor gedien het.5.3.1.1.4 Hy moet sekerheid het oor sy roeping.5.3.1.1.5 Die Ouderlingkomitee sal `n besluit neem oor die geskiktheid of aldan nie van die

kandidaat en `n aanbeveling aan die Streekraad doen vir aanstelling of anders.5.3.1.1.6 `n Persoon wat as Pastoor binne die kerk opereer moet dieselfde visie van die kerk

ondersteun en bevorder.

5.3.2 DIE PLIGTE VAN DIE PASTOOR

5.3.2.1 Die Teokrasie

5.3.2.1.1 Die Pastoor sal die hoof van die kerk bly tot die leierskap anders besluit.5.3.2.1.2 Die Kandidaat vir die preekstoel sal `n man van God wees.5.3.2.1.3 Hy sal handel en optree volgens die skrif en die kerk oral verteenwoordig.

5.3.2.2 PLIGTE

5.3.2.2.1 Die pastoor is verantwoordelik vir die leiding van die kerk om te funksioneer as `n Nuwe Testamentiese Kerk.

5.3.2.2.2 Die pastoor sal die gemeente, organisasie binne die kerk en die kerkoffisiere lei in die uitvoering van hul take.

5.3.2.2.3 Die pastoor is hoofsaaklik verantwoordelik vir die pastorale bediening.5.3.2.2.4 Die pastoor is uit die aard van sy posisie hoof van alle subdepartemente en sy

teenwoordigheid is belangrik asook die erkening van sy leierskaprol binne die departemente.

5.3.2.2.5 Die pastoor sal alle skriftuurlike pligte van sy kantoor nakom en onder die leiding van die Heilige Gees vryheid het oor die spreekstoel.

5.3.2.2.6 Die pastoor sal `n geskrewe verslag aan die gemeente bied tydens die jaarlikse gemeente vergadering wat die vordering van die kerk sal bevat asook watter nuwe doelwitte en mikpunte daar gestel word vir die nuwe jaar.

5.3.2.2.7 Ten laaste moet die pastoor gereeld verslag doen van die werksaamhede binne die kerk aan die Streeksraad.

5.3.2.3 VERGOEDING VAN DIE PASTOOR

5.3.2.3.1 Die leierskap (ouderlingskomitee) sal `n besluit rondom die maandelikse vergoeding van pastoor neem.5.3.2.3.2 Die vergoedingspakket van die pastoor sal die volgende bevat:5.3.2.3.2.1 `n Mededingende maandelikse salaris5.3.2.3.2.2 `n Maandelikse petrol- en telefoontoelaag.5.3.2.3.2.3 Bydrae tot `n pensioenfonds of `n uitkeerpolis.5.3.2.3.2.4 Volle betaling van `n Ongeluks/Lewens/Ongeskiksheidspolis.

5

Page 7: PRM Grondwet

5.3.2.3.3 Die leierskap sal oor bogenoemde `n besluit neem en die gemeente dienooreenkomstig inlig rakende die aangeleentheid.

5.3.2.3.4 Verhoging van die Pastoor se salaris sal in lyn wees met die inflasiekoers van die regering.

5.3.2.3.5 Indien die pastoor in `n tydelike werk is en aan hoof van die gemeente sal die ouderlingkomitee ` n besluit neem oor sy vergoedingspakket.

5.3.2.4 VAKANSIE

5.3.2.4.2 Die kerk sal elke jaar `n vakansie van `n maand aan die Pastoor toestaan met volle salaris.

5.3.2.4.3 Gedurende die tyd sal daar nie van die Pastoor verwag word om enige pligte binne die kerk te verrig nie en sy teenwoordigheid is in die tyd nie verpligtend.

5.3.2.4.4 Die Pastoor kan die vakansie neem gedurende `n tyd wat vir hom geleë is.

5.3.3 OUDERLINGKOMITEE

5.3.3.1 DIE SAMESTELLING

5.3.3.1.1 Die samestelling van die ouderlingskomitee sal wees die pastoor as voorsitter en ouderlinge5.3.3.1.2 Die ouderlinge sal aangestel word deur die Pastoor en in samewerking met die

ouderlingkomitee.5.3.3.1.3 Die ouderlinge moet aan die vereistes volgens 1 Timothues 3:1-7 voldoen en moet `n

aktiewe lidmaat van die gemeente wees vir ten minste een jaar.5.3.3.1.4 Ouderlinge dien op die komitee totdat hulle bedank, verhuis, ernstige siek word of `n

ouderdom bereik waar hulle nie hul pligte kan uitvoer nie.

5.3.3.2 PLIGTE VAN OUDERLINGKOMITEE

5.3.3.1.1 Moet verslag doen aan die gemeente oor die werksaamhede binne die kerk. Dit sluit in verslae oor die geestelike groei van die gemeente, sy uitreikingsprogram asook finansiële verslae rakende die begroting van die kerk.

5.3.3.1.2 Moet voorleggings doen van doelwitte wat in die nuwe jaar bereik en geimplementeer moet word.

5.3.3.1.3 Moet probleme en navrae van buite die kerk aanspreek en oplossings bied.5.3.3.1.4 Moet take uitvoer wat die werksaamheid van die Pastoor sal vergemaklik en wat nie aan

ander komitee toegeskryf is nie.

5.3.3.2 VERGADERINGS VAN DIE OUDERLINGKOMITEE

5.3.3.2.1 Die ouderlingkomitee sal gereeld op die eerste Saterdag van elke maand vergader of as anders besluit word.

5.3.3.2.2 Spesiale vergaderings kan aangevra word deur die Pastoor (voorsitter van die ouderlingkomitee) of in sy afwesigheid deur die visie voorsitter.

5.3.3.2.3 Die Sekretaris sal `n kennisgewing met die agenda, datum, tyd en plek van die vergadering ten minste sewe (7) dae voor die vergadering aan die komiteelede verskaf.

5.3.3.2.4 Sake wat nie in die agenda aangedui is nie sal nie bespreek word en mag slegs met die eenparige toestemming van die vergadering bespreek word.

5.3.3.2.5 `n Meerderheid (50% + 1) van die komiteelede is nodig om `n kworum te vorm en die vergadering te wettig.

6

Page 8: PRM Grondwet

5.3.4 DIE PLIGTE VAN DIE KERKSEKRETARIS

5.3.4.1 Sal rekords hou van al die ouderlingkomitee bedrywighede.5.3.4.2 Sal rekord hou van lidmaatskap, registreer die name en van lidmate opgeneem in die kerk,

alle persoonlike inligting rakende lidmate, registrasie van huwelike, kinderinseëning, doop en sterftes. Opdateer gereeld die inligting.

5.3.4.3 Help met die opstel van die agenda vir kerk vergaderings.5.3.4.4 Hou notule van alle besluite geneem binne vergaderings.5.3.4.5 Verskaf die notule van vorige vergadering aan almal vir bekragtiging by volgende

vergadering.5.3.4.6 Verskaf statistiek rakende kerklidmaatskap op aanvraag.5.3.4.7 Stel persone skriftelik in kennis van lidmaatopskorting en redes vir opskorting5.3.4.8 Berei voor en pos alle amptelike kerkkorrespondensies.5.3.4.9 Bewaar verslae vir huidige en toekomstige gebruik.

5.3.5 DIE PLIGTE VAN DIE TESOURIER

Die pligte van die tesourier sal as volg beskryf word.

5.3.5.1 Dien as voorsitter van die Finansiële komitee.5.3.5.2 Hou boek van alle bydraes gelewer deur die gemeente asook alle betalings wat gemaak

word.5.3.5.3 Sal in samewerking met die pastoor `n begroting opstel vir die volgende boekjaar en aan

die ouderlingskomitee voorlê vir goedkeuring.5.3.5.4 Moet `n geouditeerde verslag aan die gemeente voorlê ten minste een keer per jaar of soos

deur die gemeente aangevra.5.3.5.5 Moet `n maandeliks finansiële verslag aan die ouderlingskomitee gee.5.3.5.6 Moet met die ouderlingskomitee konsulteer rakende finansiële beplanning en

administrasie.5.3.5.7 Moet die ouderlingskomitee gereeld inlig oor die vergelykings tussen die inkomste en

uitgawes teenoor die begroting.5.3.5.8 Moet met elke komitee/departement in die kerk konsulteer oor finansiële behoeftes binne

hul komitee/departement.5.3.5.9 Is verantwoordelik vir akkurate boekhoudingstelsel.5.3.5.10 Is verantwoordelik om rekord te hou van elke lidmaat se bydrae.5.3.5.11 Handhaaf `n hoë finansiële moraal in die gemeente.5.3.5.12 Is verantwoordelik vir die hantering van gelde tydens funksie binne die gemeente.

5.3.6 DIE KERKOUDITEUR

5.3.6.1 Die kerk moet `n ouditeur aanstel om die finansiële boeke van die kerk te oudit op `n jaarlikse basis of soos deur die gemeente aangevra.

5.3.7 VUL VAN VAKATURE BINNE DIE LEIERSKAPSTRUKTUUR.

5.3.7.1 Wanneer `n vakature ontstaan binne die leierskap van die Ouderlingskomitee as gevolg van dood, oorplasing, onbevoegdheid, bedanking of enige rede sal die Pastoor `n plaasvervanger aanwys.

7

Page 9: PRM Grondwet

5.3.8 DIE DIAKENS

5.3.8.1 DIE SAMESTELLING

5.3.8.1.1 Die diakens moet voldoen aan die vereistes volgens 1 Timotheus 3:8-13.5.3.8.1.2 Die diaken moet `n aktiewe lidmaat van die kerk wees vir ten minste een (1) jaar.5.3.8.1.3 Die diaken moet die hele kerkprogram/visie ondersteun.5.3.8.1.4 Daar sal ten minste twee (2) diakens in die kerk wees.5.3.8.1.5 Soos die kerk groei moet daar vir elke 15 lidmate een diaken aangestel word.

5.3.8.2 DIE PLIGTE VAN DIAKENS

5.3.8.2.1 Die diakens is die bedienaars in die gemeente.5.3.8.2.2 Bewaar eenheid in Gees en vrede binne die gemeente.5.3.8.2.3 Het `n gesonde verhouding en verbintenis met die gemeente.5.3.8.2.4 Doen huisbesoek om fisiese, morele en geestelike nood te evalueer en aan te spreek.5.3.8.2.5 Besoek die siekes, bejaardes en teruggevallendes.5.3.8.2.6 Berei voor en bedien die Heilige Nagmaal aan die gemeente.

5.3.9 STAANDE KOMITEES

Die plaaslike kerk sal staande komitees tot stand bring wat probleme en ondersteuning in hul afdeling sal aanspreek. Die komitee sal verslae en aanbevelings aan die Ouderlingskomitee voorlê vir goedkeuring om uitgevoer te word.

5.3.9.1 GEESTELIKE OPVOEDING KOMITEE (Sondagskool)

5.3.9.1.1 Die komitee is verantwoordelik aan die Pastoor om leierskap te voorsien in die Kerk se opvoedkundige program.

5.3.9.1.2 Die komitee lei die kerk in beplanning, uitvoering en evaleuring van `n saamgestelde Christelike Opvoeding program.

5.3.9.1.3 Dien as `n navorsingskomitee vir alle ander departemente/komitees binne die kerk.5.3.9.1.4 Koördineer die uitreiking van publikasies of persverklaring onder die naam van die kerk.5.3.9.1.5 Ontwikkel spesiale opvoedkundige en opleidingswerkswinkels soos seminaars,

konferensies en kampe binne die gemeente.5.3.9.1.6 Hou toesig oor die opleiding van Bybelstudie leerders en opvoeders binne die gemeente.5.3.9.1.7 Berei `n begroting voor vir Christelike Opvoeding en bestuur dit.

5.3.9.2 LOFPRYSING EN AANBIDDING KOMITEE

5.3.9.2.1 Die komitee is verantwoordelik aan die Pastoor en die gemeente om die kerk te lei in lofprysing en aanbidding.

5.3.9.2.2 Konsulteer met die Pastoor oor lofprysing en aanbiddings aktiwiteite en beplan die weeklikse lofprysing en aanbiddingorde.

5.3.9.2.3 Werk saam met die musikante om sangstukke voor te berei vir dienstye.5.3.9.2.4 Ontwikkel lidmate in die lofprysing en aanbiddingsveld van die bediening.5.3.9.2.5 Berei `n begroting voor vir lofprysing en aanbidding en bestuur dit.5.3.9.2.6 Organiseer die pligte van elke lid van die lofprysing en aanbiddingspan.

8

Page 10: PRM Grondwet

5.3.9.3 VOORBIDDERS KOMITEE (INTERSESSORS)

5.3.9.3.1 Is oorhoofs verantwoordelik om die gemeente te motiveer in voordurende voorbidding.5.3.9.3.2 Beplan die gebedstrategie van die gemeente.5.3.9.3.3 Lei lidmate op in die gebied van gebed.5.3.9.3.4 Versamel gebedsversoeke en organiseer gebednetwerke om vir die versoeke.5.3.9.3.5 Hou rekords van gebedsversoeke en dateer die antwoord op versoeke.5.3.9.3.6 Werk saam met die Pastoor om gebedsprogramme saam te stel.

5.3.9.4 HOFMEESTERSKOMITEE (Ushers)

5.3.9.4.1 Is oorhoofs verantwoordelik vir die ontvang en versorging van gaste.5.3.9.4.2 Bied ondersteuning en rigting aan tydens dienste en ander geleenthede binne die kerk.5.3.9.4.3 Deel die weeklikse nuusblad uit by die deur.5.3.9.4.4 Help met die voorbereiding van die kerksaal vir dienste of spesiale geleenthede.5.3.9.4.5 Help met die opruiming van die kerksaal na dienste of spesiale geleenthede.

5.3.9.5 MAATSKAPLIKE KOMITEE

5.3.9.5.1 Is oorhoofs verantwoordelik om na die maatskaplike welstand van die gemeente te kyk.5.3.9.5.2 Organiseer lerings in menslike en geestelike opheffings.5.3.9.5.3 Versamel herbruikbaar items en kospakkies vir verspreiding onder behoeftigdes.5.3.9.5.4 Ondersteun lidmate met huislike probleme en help met verwysings na

regeringsorganisasies.

5.3.9.6 ONDERHOUDSKOMITEE

5.3.9.6.1 Is oorhoofs verantwoordelik om toesig te hou oor die roerende en nie-roerende eiendom van die kerk.

5.3.9.6.2 Help met voorbereiding van die kerksaal vir dienste of spesiale geleenthede.5.3.9.6.3 Hou `n inventaris van alle roerende en nie-roerende eiendom van die kerk.5.3.9.6.4 Organiseer vrywilliges betrokke by skoonmaakaksies.

5.4 HUWELIKSBEVESTIGER

5.4.1 GEDRAGSKODE VAN DIE HUWELIKSBEVESTIGER

5.4.1.1 Die kerk erken slegs huwelike tussen `n man en `n vrou as `n heilige instelling van God.5.4.1.2 Die kerk neem `n besliste standpunt in teen enige vorm van homoseksualiteit as `n sonde teen die opdragte van die Here soos in Genesis 2:22-24.5.4.1.3 Huweliksbevestigers van die Penticostal Revival Ministries International wat deur die

Uitvoerende Beheerraad benoem sal word, word dus verbied om enigsins teen die wil van die Here man en man of vrou en vrou in die huwelik te bevestig.

5.4.1.4 Sou hy hom hieraan skuldig maak sal sy status as huweliksbevestiger onmiddelik van hom ontneem word en voor `n kerklike dissiplinêre komitee verskyn om te besin oor sy leierskapposisie binne die raamwerk van die kerk.

5.4.1.5 In die geval van `n huwelik van geskeide persone moet die huweliksbevestiger eers vooraf toestemming by die Uitvoerende Beheerraad vra of hy sulke persone kan trou en die beslissing van die Uitvoerende Beheerraad is finaal.

9

Page 11: PRM Grondwet

5.5 LIDMAATSKAP

5.5.1 KWALIFIKASIES

5.5.1.1 Die kerk sal bestaan uit gelowiges in Christus wat die Woord van God aanvaar as hul rigtingwyser om hul geloof uit te leef in liefde en getrouheid aan die Here Jesus Christus.

5.5.1.2 In die kerk moet lidmate aan die volgende voldoen:a) `n Persoonlike erkenning van Jesus Christus as sy Verlosser en Saligmaker.b) Gedoop wees deur onderdompeling as openbare simbool van sy geloof in God.c) `n Lidmaatorientasie sessie voltooi het.d) `n Geskrewe verbintenis met die kerk te onderteken om die reëls en regulasies van die

kerk te ondersteun en te onderwerp daaraan.

5.5.2 TOELATING

5.5.2.1 Persone kan as lidmate opgeneem word deur `n oorplasingsbrief vanaf `n ander kerk met dieselfde geloofsoortuigings, deur `n belydenis van christelike ervarings en deur die erkening van Jesus as Verlosser en Saligmaker en bereidwillig om gedoop te word.

5.5.2.2 Voornemende lidmate moet aan die Ouderlingskomitee hul begeerte bekend maak om as lidmaat opgeneem te word.

5.5.2.3 Voornemende lidmate sal eers `n nuwe lidmaatskaporientasie klas bywoon voor hulle opgeneem sal word as lidmate.

5.5.3 BEëINDIGING VAN LIDMAATSKAP

5.5.3.1 Enige lidmaat wat afwesig is van die kerkaktiwiteite vir `n tydperk van een (1) jaar of langer sonder om kontak met die kerk te maak, in gesprekvoering of finansieël tot die kerk bydra sal as onaktief beskou word en nie meer as lidmaat erken word binne die kerk nie.

5.5.3.2 `n Lidmaat kan uit die kerk geskors word op aanbeveling van die Ouderlingskomitee nadat daar onherstelbare skade berokken is deur die persoon teenoor die liggaam van Christus.

5.5.4 PLIGTE VAN LIDMATE

5.5.4.1 Van alle lidmate word verwag om `n onberispelik lewe te lei as lig van die wêreld.5.5.4.2 Moet deel hê aan die Heilige Nagmaal.5.5.4.3 Moet `n liefde het vir gebed.5.5.4.4 Moet God se Woord bestudeer en bepeins.5.5.4.5 Moet alle dienste van die kerk bywoon.5.5.4.6 Moet sy tiendes en offers aan die kerk gee volgens die Woord van God.5.5.4.7 Moet die visie van die kerk ondersteun en uitdra.

5.5.5 GRIEWE

5.5.5.1 Alle griewe van lidmate sal volgens die reëls soos in Mattheus 18 behandel word en geen openbare gehore sal aangehoor word tot en met die uitslag van die griewe nie. 5.5.5.1 Alle griewe moet skriftelik ingehandig word by die ouderlingskomitee en onderteken wees

deur ten minste twee volwaardige lidmate in die gemeente.

5.5.6 STEMGEREGTIGDES

5.5.6.1 Slegs ingeskrewe lidmate aktief betrokke in die kerk met die ouderdom van 16 jaar en ouer is stemgeregtig.

10

Page 12: PRM Grondwet

5.5.7 LIDMAATSKAPVERBOND

5.5.7.1 Omdat ek die Here Jesus as my Verlosser en Saligmaker aanvaar het, gedoop is deur onderdompeling en verbind het tot die geloofsbelydenis, doelstellings en struktuur van die Penticostal Revival Ministries International, voel ek gelei deur die Heilige Gees om my met die Kerkfamilie te vereenselwig.

5.5.7.2 Ek verbind myself dus tot God en die ander lidmate deur die volgende te doen:

a) Ek sal die eenheid in my kerk beskerm… deur in liefde teenoor mekaar op te tree… deur my te weerhou van skinder… deur die leierskap te volg soos die leierskap Jesus volg

1 Petrus 1 :22 … moet julle mekaar vurig liefhê uit `n rein hart

Efesiers 4 :29 … Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.

Hebreeus 13 :17 … Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

1 Kor. 11 :1 … Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is.

b) Ek sal deel aan die verantwoordelikheid van my kerk.… deur te bid vir groei in die kerk… deur mense na die kerk te nooi… deur besoekers warmhartig te verwelkom.

1 Thes. 1:2 … Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede

Luk. 14:23 … Toe sê die heer vir die dienskneg: Gaan uit op die paaie en na die lanings en dwing hulle om in te kom, sodat my huis vol kan word.

Rom. 15:7 … Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot

heerlikheid van God.

c) Ek sal die bediening van my kerk dien.… deur my gawes en talente te ontdek.… deur toegerus te wees om te dien onder my pastoor en leiers.… deur `n dienaarshart te ontwikkel.

1 Petr. 4:10 … Namate elkeen `n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.

Efes. 4 :11-12 … En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus.

11

Page 13: PRM Grondwet

Filip. 2 :3-4 … Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.

d) Ek sal die bediening van my kerk ondersteun.… deur getrou die diens by te woon.… deur `n goddelike lewe te leef.… deur gereeld te gee.

Hebr. 10 :25 … en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Filip. 1 :27 … Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

1 Kor. 16:2 … Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie.

Lev. 27:30 … Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.

5.5.8 KERKVERGADERINGS

5.5.8.1 DIENSTYE

Die kerk sal elke Sondag oggend vergader vir preke, instruksies, evangelisasie en aanbidding aan die Almagtige God.

Die kerk sal elke Maandae en Woensdag of dag soos deur die pastoor en gemeente bepaal vergader vir gebedsessies.

Die vergaderings is oop vir enige lidmaat of persoon wat dit wil bywoon. Die vergadering word gehou onder die toesig van die pastoor, ouderlingkomitee,

aanbiddingspan en voorbidders.

5.5.8.2 JAARVERGADERING

Jaarvergadering sal gehou word in Maart van elke jaar. Die meerderheid van stemgeregtigdes in die gemeente sal `n kworum vorm. Kennis van die jaarvergadering sal ten minste drie (3) weke voor die beplande of

geskeduleerde datum tydens kerkdienste vanaf die preekstoel afgekondig word. Die beplande agende moet ook aan die gemeente saam met die kennisgewing deurgegee

word.

5.5.8.3 SPESIALE VERGADERINGS

Spesiale vergaderings vir die gemeente kan geroep word deur die Pastoor. Kennis van so `n vergadering moet ten minste een (1) week voor die beplande of

geskeduleerde vergadering tydens `n diens vanaf die preekstoel afgekondig word. Die agenda moet saam met kennisgewing bekend gemaak word. Die meerderheid van stemgeregtigdes in die kerk sal `n kworum vorm.

12

Page 14: PRM Grondwet

5.5.8.4 NAGMAALSEREMONIE

Nagmaal sal bedien word volgens 1 Kor. 11.

ARTIKEL 6 : ROERENDE EN NIE-ROERENDE EIENDOMME

6.1 Die kerk sal rekord hou van al sy besittings.6.2 Die kerk mag niks van sy geld of besittings/eiendomme aan sy lidmate of ampsdraers gee nie behalwe vir diens gelewer en dus as vergoeding daarvoor. Vergoeding moet oordeelkundig geskied en verantwoordelikheid word teen die leierskap gehou.6.3 `n Lidmaat/ampsdraers kan slegs `n eis instel vir gelde uitgegee tot voordeel of in belang van die kerk.6.4 Geen lidmaat/ampsdraer het eiendomsreg op besittings wat aan die kerk behoort nie.

6.5 ROERENDE EIENDOMME

6.5.1 Roerende eiendom word beheer deur elke plaaslike raad onder wie se jurisdiksie die gemeente val.

6.5.2 Geen item mag verwyder word of uitgeleen word sonder die toestemming van die takleier onder wie se jurisdiksie die gemeente val.

6.5.3 Wanneer enige item in die naam van Penticostal Revival Ministries International gekoop word, het sy gemeente volle seggenskap daaroor.

6.5.4 Sou enige iemand `n skenking aan die kerk doen in watter vorm ookal moet hy/sy hom/haar vergewis daarvan dat sou hy/sy die kerk vir watter rede ookal verlaat hy/sy geen seggenskap het op die item soos deur hom/haar geskenk.

6.6 NIE-ROERENDE EIENDOMME

6.6.1 Nie-roerende eiendom word slegs deur die Uitvoerende Raad beheer en onderhou.6.6.2 Slegs die Uitvoerende Beheerraad het magtiging om gebou aan te koop en te verkoop of

onderverhuur.

ARTIKEL 7: FINANSIES

7.1 HANTERING VAN GELDE

7.1.1 Die pligte van die persoon wat vir die invordering en ontvangs van gelde verantwoordelik is, moet skriftelik deur die Kerkbestuur aan hom/haar opgedra word.7.1.2 Die verantwoordelikheid vir die stiptelike en doeltreffende invordering van hierdie geld

berus by die pastoor en Finansiële Komitee7.1.3 Die Kerkbestuur moet `n bankrekening by enige bank van sy keuse open en in stand hou.7.1.4 Amptelike kwitansies moet dadelik uitgereik word ten opsigte van die ontvangs van

amptelike geld.7.1.5 Amptelike kwitansieboeke sal deur die Bestuur aangekoop word.7.1.6 Amptelike kwitansieboeke moet veilig bewaar word.7.1.7 Vir elke invordering moet `n aparte kwitansie uitgereik word.7.1.8 Die oorspronklike, plus die deurslagkopieë, moet tegelyk uitgeskryf word.

13

Page 15: PRM Grondwet

7.1.9 Die aard van die geld wat ontvang word, bv. Kontant, tjek, moet op die kwitansie aangedui word.

7.1.10 Die doel waarvoor die geld ingevorder is, moet beknop, maar duidelik op die kwitansievorm gemeld word.

7.1.11 Niks mag op `n kwitansie uitgewis of verander word nie. `n Foutiewe kwitansie moet gekanselleer word en in die boek bly.

7.1.12 Wanneer `n kwitansieboek vol is moet dit veilig bewaar word vir ouditdoeleindes.7.1.13 Enige persoon wie se pligte die ontvangs of uitbetalings van gelde insluit. Is

verantwoordelik vir die veilige bewaring van sodanige geld onder sy / haar beheer.7.1.14 As die persoon genoem in 9.1.13 tydelik of permanent van sy / haar pligte onthef word,

moet die finansiële rekords nagegaan en gebalanseer word tot op datum. Die persoon tesame met sy opvolger en die pastoor moet die gebalanseerde finansiële rekords parafeer.

7.2. SKENKINGS

7.2.1 Alle skenkings aan die kerk word as kerkgeld hanteer.7.2.2 `n Kwitansie word uitgereik en die geld gedeponeer.7.2.3 As die geld aangewend moet word vir `n bepaalde projek soos deur die skenker verlang,

moet die kerkbestuur toesien dat dit slegs vir daardie doel gebruik word.

7.3. HUURGELD

7.3.1 Die kerkbestuur kan die kerkgebou verhuur om fondse te bekom.7.3.2 Die kerkbestuur moet saam met die huurders `n ooreenkoms aangaan rakende skade wat kan

ontstaan tydens die huurder se gebruik van die kerkgebou.7.3.3 Die kerkbestuur bly oorhoofs verantwoordelik vir die herstel van alle skade.

7.4. BEGROTING

7.4.1 Die kerkbestuur moet elke jaar `n begroting opstel wat die beraamde inkomste en uitgawes van die kerk aandui.

7.4.2 Voordat die begroting deur die Kerkbestuur finaal goedgekeur word, moet dit by `n gemeenteveragdering aan die die gemeente voorgelê word. Die gemeente moet minstens 21 dae kennis kry van so `n vergadering.

7.4.3 Die begroting moet opgestel word vir `n boekjaar wat strek vanaf 1 Januarie tot 31 Desember.

7.5. REKENINGE

7.5.1 Aankope moet vergesel wees van `n behoorlike faktuur.7.5.2 Geen betaling word gedoen sonder `n oorspronklike faktuur nie.7.5.3 Waar by persone gekoop word wat nie faktuur voorsien nie moet die kerk sy eie vorm

ontwerp vir bewys.

7.6. OUDITEUR

7.6.1 Die boeke, aantekeninge en finansiële state moet jaarliks geouditeer word deur `n persoon wat ingevolge die Wet op Openbare Rekenmeester en Ouditeurs as rekenmeester en ouditeur geregistreer is en skriftelik deur die kerkbestuur aangestel is.

7.6.2 Die finansiële dokumente moet binne 2 maande na die afsluiting van die boekjaar aan die ouditeur voorsien word.

7.6.3 Die Kerkbestuur moet die verslag nie later as die tweede vergadering na ontvangs bespreek.

14

Page 16: PRM Grondwet

7.7. FONDSINSAMELINGS

7.7.1 Die kerkbestuur kan `n fondsinsamelingskomitee aanstel in samewerking met die kerktesourier.

7.7.2 Die Tesourier moet die fondse gein by enige funksie nie later as 48 uur na die funksie in ontvangs neem.

7.7.3 Alle fondse word in die kerk se bankrekening in betaal.7.7.4 Alle departemente moet hul fondse by die kerk se rekening via die kerk se tesourier inbetaal.

7.8. AANKOPE

7.8.1 Aankope tot `n bedrag van R1000,00 kan deur dagbestuur goedgekeur word.7.8.2 Aankope vir `n bedrag bo R1000,00 moet aan die Kerkbestuur voorgelê word vir

goedkeuring.7.8.3 Ten minste 2 (twee) kwotasie moet vir aankope bo die bedrag van R1000,00 verkry word.7.8.4 Normaalweg word die goedkoopste kwotasie aanvaar. 7.8.5 Alle aankope moet in `n kerkbestuurvergadering aan die bestuurslede verklaar word.

7.9. LISENSIEGELDE

7.9.1 Die kerk is daarvoor verantwoordelik om voertuie in sy besit te laat lisensieer.7.9.2 Indien die kerk `n televisie het is dit sy verantwoordlikheid om die TV-lisensie te betaal.

7.10. BELEGGINGS

7.10.1 Die finansiële komitee in samewerking met die kerkbestuur kan beleggings namens die kerk maak.

7.10.2 Indien die kerk fondse kan belê mag dit slegs by geregistreerde finansiële instansie gedoen word of die kerk kan sekuriteite/aandele uitneem by geregistreerde lisensieerde aandeelmaatskappy wat op die aandelebeurs genoteer is.

7.10.3 Die kerk kan na verskillende banke gaan vir finansiële advies en om vir beter voordele te beding.

7.11. DEPONERING VAN GELD

7.11.1 Alle gelde ontvang moet binne 48 uur gedeponeer word.7.11.2 Die tesourier moet sorg dra dat die gelde veilig vervoer word na die bank.7.11.3 Indien spesiale reëlings getref moet word vir die deponering van groot bedrae moet dit met

die kerkbestuur gekommunikeer word.7.11.4 Om veiligheidsredes moet daar nie `n vaste patroon gevolg word met die vervoer of

deponering van gelde nie.

7.12. ONTTREKKING VAN GELD

7.12.1 Wanner kontant benodig word bv. Kleingeld, word `n tjek in die naam van die pastoor uitgemaak.

7.12.2 Alle betalings, uitgesonderd kleinkasbetalings, geskied per tjek.7.12.3 Twee van die drie tekengemagtigdes moet ten alle tye tjeks onderteken. Verkieslik die

pastoor en een van die ander twee.7.12.4 Tjeks moet gekruis word. “Nie Verhandelbaar Nie”

15

Page 17: PRM Grondwet

7.12.5 Geen KONTANTTJEKS mag uitgereik word nie.

7.13. KLEINKAS

7.13.1 `n Kleinkas is slegs vir die betaling van toevallige klein uitgawes.7.13.2 Die bedrag van die kleinkasvoorskot moet deur die Kerkbestuur vasgestel word.7.13.3 Voldoende boekhoustelsel moet in plek wees vir die kleinkasbedrywighede. Die boeke moet

maandeliks deur `n ander aangewysde persoon gekontroleer word.7.13.4 Alle kleinkasbetalings moet deur `n verantwoordelike persoon gemagtig word.7.13.5 Kwitansie van aankope moet aan die kleinkasbetaalvorm geheg word.7.13.6 `n Tjek uitgereik in die naam van die pastoor moet vir kleinkas voorsiening maak.7.13.7 Geen lenings kan uit die kleinkas gemaak word nie.7.13.8 Die kleinkas moet op `n gereelde grondslag tot die voorgestelde bedrag aangevul word.7.13.9 Die bedrag van die kleinkas moet ook gereeld hersien word.

7.14. GOEDGEKEURDE UITGAWES

7.14.1 `n Bedrag vir petroltoelaag sal op `n raadsvergadering bepaal word nagelang van die huidige petrolprys ten opsigte van petroluitgawes vir die pastoor.7.14.2 `n Geskenk / Ruiker ter waarde van R100,00 sal aan `n gemeentelid gegee word tydens `n

verjaarsdag, siekte, geboorte of sterfte. Die geskenk is slegs van toepassing op aktiewe lidmate van die gemeente. `n Ruiker sal aan `n gemeentelid verskaf word as sy / haar onmiddelike familie (man/vrou/kind/ma/pa) siek is of afsterf.

7.14.3 `n Bedrag van R100,00 sal geskenk word aan `n gasspreker wat die gemeente bedien.7.14.4 `n Bedrag sal deur die Bestuursraad vasgestel word vir die betaling van elektrisiteit indien `n gebou gehuur word vir gebruik deur die gemeente. 7.14.5 Indien die voertuig in diens van die kerk tydens amptelike gebruik onklaar raak onderneem die kerk nagelang van die finansiële posisie van die kerk om by te dra tot die herstel van die voertuig.7.14.6 `n Kontantbedrag sal aan die pastoor betaal word aan die einde van die jaar as

vakansiebonus.

ARTIKEL 8: AMENDEMENT (BYVOEGINGS)

Byvoegings tot die Grondwet sal as volg geskied: Voorgestelde byvoegings/veranderings van die grondwet sal skriftelik ingedien word by

enige lid van die Uitvoerende Beheerraad. `n Driekwart (3/4) stem van alle lede van die Uitvoerende Beheerraad is nodig om die

verandering/byvoeging goed te keur. Die verandering/byvoeging tree in werking vanaf die dag wat dit bekragtig is deur die

Uitvoerende Beheerraad. Alle streke en takgemeente sal voorsien word van die verandering/byvoeging tot die

grondwet.

ARTIKEL 9: ONTBINDING

9.1 Slegs Die Uitvoerende Beheerraad is by magte om die kerk te ontbind.9.2 Voordat so `n ontbinding plaasvind moet alle belanghebbendes in kennis gestel

word i.v.m voorneme om te ontbind.

9.3 `n Trustee word aangestel deur die Uitvoerende Beheerraad wat alle bates en nie-

16

Page 18: PRM Grondwet

vaste bastes op `n veiling plaas en die inkomste van die veiling, nadat verpligtinge afgetrek aan `n “non-profit” organisasie met dieselfde doelstellings sal skenk.9.4 Die Trustee is verantwoordelik om alle skulde te betaal uit die inkomste gemaak by veiling/verkoop van die vaste en bewegende bates.9.5 Geen eiendom of geld mag aan enige lid/amptenaar van die kerk gegee of betaal word nie.9.6 Daar kan by `n algemene vergadering besluit word aan watter organisasie of organisasies die skenkings sal ontvang.

Die konstitusie was goedgekeur en aanvaar deur die lidmate van Penticostal Revival Ministries International op `n spesiale vergadering gehou op …………………………

……………………………. …………………………..Voorsitter Visie-Voorsitter

…………………………….. …………………………..Sekretaris Tesourier

………………………………Skakelbeampte

17