preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/.../uploads/sites/29/2015/03/ma…  · web...

51
Markus 14:1-15:47 – Sesde Sondag in Lydenstyd – Palmsondag – 29 Maart 2015 1 Oorsig.......................................................... 2 1.1 Ander tekste..................................................2 1.2 Fokusteks: Markus 14:1-15:47..................................6 1.3 Eksegetiese opmerkings.......................................13 1.4 Ekstra stof..................................................13 1.4.1 Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem - Markus 14:1-11..13 1.4.2 Jesus word die paaslam - Markus 14:12-42..................14 1.4.3 Die tyd van die duister magte - Markus 14:43-15:5.........17 1.4.4 Jesus word gekruisig en begrawe - Markus 15:6-47..........19 2 Erediens....................................................... 22 2.1 Tema.........................................................22 2.2 PowerPoint agtergrond........................................22 2.3 Liturgie.....................................................22 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................22 3.1 Rus..........................................................22 3.2 Liedere......................................................23 4 God praat met ons en ons luister...............................31 4.1 Familie-oomblik..............................................32 4.2 Preekriglyn..................................................33 4.2.1 Prediking – Deel 1 (Inleiding tot Markus 14)..............33 1

Upload: hadiep

Post on 15-Aug-2018

225 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Markus 14:1-15:47 – Sesde Sondag in Lydenstyd – Palmsondag – 29 Maart 20151 Oorsig...............................................................................................................................................2

1.1 Ander tekste..............................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Markus 14:1-15:47..................................................................................................6

1.3 Eksegetiese opmerkings..........................................................................................................13

1.4 Ekstra stof...............................................................................................................................13

1.4.1 Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem - Markus 14:1-11................................................13

1.4.2 Jesus word die paaslam - Markus 14:12-42......................................................................14

1.4.3 Die tyd van die duister magte - Markus 14:43-15:5.........................................................17

1.4.4 Jesus word gekruisig en begrawe - Markus 15:6-47.........................................................19

2 Erediens.........................................................................................................................................22

2.1 Tema.......................................................................................................................................22

2.2 PowerPoint agtergrond...........................................................................................................22

2.3 Liturgie....................................................................................................................................22

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................22

3.1 Rus..........................................................................................................................................22

3.2 Liedere....................................................................................................................................23

4 God praat met ons en ons luister...................................................................................................31

4.1 Familie-oomblik.......................................................................................................................32

4.2 Preekriglyn..............................................................................................................................33

4.2.1 Prediking – Deel 1 (Inleiding tot Markus 14)....................................................................33

4.2.2 Lees Markus 14 voor........................................................................................................33

4.2.3 Gemeentesang.................................................................................................................33

1

4.2.4 Prediking – Deel 2............................................................................................................34

4.2.5 Gebed...............................................................................................................................34

4.2.6 Prediking – Deel 3 (Inleiding tot Markus 15)....................................................................34

4.2.7 Lees Markus 15 voor........................................................................................................35

4.2.8 Gemeentesang.................................................................................................................35

4.2.9 Prediking – Deel 4............................................................................................................35

4.2.10 Gebed/geloofsbelydenis................................................................................................36

4.2.11 Gemeentesang...............................................................................................................36

5 God stuur ons om te leef...............................................................................................................37

6 Volgende erediens.........................................................................................................................37

1 OorsigDie sesde Sondag in Lydenstyd is Palm- of Passiesondag. In hierdie liturgie word gefokus op die Passietekste. Pas die sleutelteks, Markus 14 en 15, so by die preekvoorstel aan dat soveel as moontlik van die teks in die diens gelees word. Langs hierdie weg sal die teks die sentrale rol in die diens speel. Die prediker is welkom om dele van die voorlesing weg te laat, ten einde meer spesifiek te fokus op die elemente wat hy/sy in die preek wil uitlig. Dit sou ook raadsaam wees om met behulp van visuele media stasies te verander deur elke keer ’n prent/skildery te wys wat die daarop-volgende voorlesing uitbeeld.

1.1 Ander teksteMarkus 11:1-11(Fees)

Die intog van Jesus in Jerusalem

(Matt 21:1–11; Luk 19:28–40; Joh 12:12–19)

11 Toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfage en Betanië op die Olyfberg, stuur Jesus twee van sy dissipels 2en sê vir hulle: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ’n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 3En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.”

4Hulle het toe gegaan en ’n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak. 5Party van die mense wat daar gestaan het, het vir hulle gesê: “Waarom maak julle die donkie los?”

6Hulle het hulle geantwoord soos Jesus gesê het. Daarna het die mense hulle laat begaan.2

7Hulle bring toe die donkie na Jesus toe en sit van hulle klere op hom, en Jesus het opgeklim. 8Baie mense het van hulle klere op die pad oopgegooi en party weer groen takkies wat hulle langs die pad afgebreek het. 9Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep:

“Prys Hom!

Loof Hom wat in die Naam

van die Here kom! o

10Geseënd is ons voorvader Dawid

se koninkryk

wat aan die kom is!

Prys Hom in die hoogste hemel!”

11Jesus het in Jerusalem na die tempel toe gegaan en alles daar bekyk. Dit was al laat middag toe Hy en die twaalf weer na Betanië toe gegaan het.

Psalm 118:1-2 , 19-29 (Fees)

Die Here doen kragtige dade

118 Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie! d

2Israel moet getuig:

“Aan sy liefde is daar geen einde nie.”

19Maak die tempelpoort vir my oop: ek wil ingaan en die Here loof. 20Dit is die poort na die Here toe; regverdiges mag daardeur ingaan. 21Ek wil U loof

omdat U my gebed verhoor en my gered het. 22Die klip wat deur die bouers

afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip

in die gebou geword. 23Dit is deur die Here gedoen en is ’n wonder in ons oë! 24Dit is die dag

wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

3

25Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here! 26Prys hom

wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here. 27Die Here is God;

Hy skenk ons die lewe. Begin die fees! Wuif met takke! Gaan tot by die horings van die altaar. 28U is my God, U wil ek loof; my God, u grootheid wil ek besing. 29Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.

Jesaja 50:4-9a (Passie)

Wie wil my aankla?

4Die Here my God het my geleerom die regte woorde te gebruiksodat ek dié wat moeg is,

kan moed inpraat.Elke môre laat Hy my opnuut

weer luister,Hy laat my luister

soos ’n leerling moet luister.5Die Here my God het my geleer

om te luister:ek was nie teen Hom opstandig nie,ek was nie ontrou aan Hom nie.6Ek het my rug gehou

vir dié wat my slaan,my wang vir dié

wat my baard uittrek.Ek het my gesig nie weggedraaitoe ek bespot en bespoeg is nie.7Die Here my God help my,ek sal nie teleurgestel staan nie;ek sal my nie ontstel nie,ek weet ek sal nie

in verleentheid kom nie.8Hy wat my onskuldig sal verklaar,

is naby;wie wil ’n aanklag teen my inbring?Laat ons elkeen sy saak stel.Wie wil my aankla?Laat hom vorentoe kom.9Die Here my God help my;

4

wie sal my dan skuldig verklaar?Dit is verby met almal wat my beskuldig,soos met ’n lap

wat deur motte gevreet word.

Psalm 31:9-16 (Passie)

10Wees my genadig, Here,want ek is in die nood;

van verdriet het my oë swak geword,ja, alles in my.11My lewe vergaan van kommeren my jare van swaarkry;deur my ellende word my krag geknaken teer my liggaam uit.12Ek is die spot van al my teëstanders,veral van my bure,’n verskrikking vir al my bekendes.Dié wat my op straat sien,

vlug vir my.13Ek is vergeet

soos iemand wat lankal dood is,ek het geword soos ’n ding

wat lê en vergaan.14Ek hoor dreigemente van baie;dit dreig van alle kante af.Baie span teen my saamen smee planne om my lewe te neem.15Maar ek vertrou op U, Here,ek sê: U is my God.16My tye is in u hand.Red my uit die hande van my vyande

en vervolgers!17Verskyn tog tot my redding,red my deur u onfeilbare liefde.

Filippense 2:5-11 (Passie)

Die voorbeeld van Jesus Christus

5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:6Hy wat in die gestalte

van God was,het sy bestaan op Godgelyke wysenie beskou as iets waaraan Hy Hom

moes vasklem nie,7maar Hy het Homself vernederdeur die gestalte van ’n slaaf

aan te neem

5

en aan mense gelyk te word.En toe Hy as mens verskyn het,8het Hy Homself verder verneder.Hy was gehoorsaam tot in die dood,

ja, die dood aan die kruis.9Daarom het God Homook tot die hoogste eer verhefen Hom die Naam gegee

wat bo elke naam is,10sodat in die Naam van Jesus

elkeen wat in die hemelen op die aardeen onder die aarde is,

die knie sou buig,11en elke tong sou erken:“Jesus Christus is Here!”tot eer van God die Vader.

1.2 Fokusteks: Markus 14:1-15:47Die hele Lydensverhaal uit Markus word hier geplaas:

Jesus se dood word beplan

(Matt 26:1–5; Luk 22:1–2; Joh 11:45–53)

14 Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na ’n plan om Jesus op ’n slinkse manier gevange te neem en dood te maak. 2Hulle het gesê: "Nie op die fees nie, sodat daar nie miskien oproer onder die volk kom nie."

Jesus word in Betanië gesalf

(Matt 26:6–13;)

3Jesus was in Betanië in die huis van Simon die melaatse. Terwyl Hy aan tafel was, het daar ’n vrou gekom met ’n albaste fles egte, baie duur nardusolie. Sy het die fles oopgebreek en die inhoud daarvan op sy kop uitgegiet. 4Party van die mense het onder mekaar hulle verontwaardiging uitgespreek: "Waarvoor is hierdie vermorsing van reukolie? 5Hierdie reukolie kon vir meer as drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir armes gegee gewees het." En hulle het teen haar uitgevaar.

6"Laat staan haar," het Jesus gesê. "Waarom maak julle dit vir haar moeilik? Sy het ’n goeie daad aan My gedoen. 7Julle het tog altyd armes by julle, en wanneer julle wil, kan julle aan hulle goed doen, maar vir My het julle nie altyd by julle nie. 8Wat sy kon, het sy gedoen. Sy het vooruit al my liggaam gesalf as voorbereiding vir my begrafnis. 9Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ’n herinnering aan haar."

Judas onderneem om Jesus te verraai

6

(Matt 26:14–16; Luk 22:3–6)

10Judas Iskariot, wat een van die twaalf was, het sy hulp vir die priesterhoofde gaan aanbied om Jesus in die hande te kry. 11Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het hulle belowe om hom daarvoor te betaal. Hy het toe na ’n plan gesoek om Hom by ’n geskikte geleentheid te verraai.

Die paasmaaltyd word voorberei

(Matt 26:17–19; Luk 22:7–13)

12Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood, die dag waarop die Jode altyd die paaslammers geslag het, vra Jesus se dissipels vir Hom: "Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?"

13Hy stuur toe twee van sy dissipels en sê vir hulle: "Gaan na die stad toe. Daar sal ’n man wat ’n kruik water dra, julle ontmoet. Gaan saam met hom 14en waar hy ingaan, moet julle vir die eienaar van die huis sê: ‘Ons Leermeester vra: Waar is my kamer waar Ek die paasmaaltyd saam met my dissipels kan eet?’15Hy sal julle dan ’n groot bovertrek wys wat klaar daarvoor ingerig is. Daar moet julle vir ons die paasmaaltyd voorberei."

16Die dissipels het toe gegaan en in die stad gekom en alles gekry soos Hy vir hulle gesê het; en hulle het die paasmaaltyd voorberei.

Een van Jesus se dissipels gaan Hom verraai

(Matt 26:20–25; Luk 22:14, 21–23; Joh 13:18–30)

17Die aand kom Jesus toe met die twaalf daar aan. 18Terwyl hulle sit en eet, sê Hy: "Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai, een wat saam met My eet."

19Hulle was onthuts, en een na die ander het Hom gevra: "Dis tog nie ek nie?"

20Hy sê toe vir hulle: "Dit is een van julle twaalf, die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek. 21Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie."

Die instelling van die nagmaal

(Matt 26:26–29; Luk 22:15–20; 1 Kor 11:23–25)

22Terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir hulle gegee met die woorde: "Neem dit, dit is my liggaam."

23Toe neem Hy ’n beker en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. 24Hy sê vir hulle: "Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie mense vergiet word. 25Dit verseker Ek julle: Ek sal nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek die nuwe wyn in die koninkryk van God sal drink."

Petrus sal Jesus verloën7

(Matt 26:30–35; Luk 22:31–34; Joh 13:36–38)

26Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.

27Toe sê Jesus vir hulle: "Julle sal almal van My afvallig word. Daar staan immers geskrywe:

Ek sal die herder doodmaak,

en die skape sal uitmekaar

gejaag word.

28Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruit gaan na Galilea toe."

29Petrus het vir Hom gesê: "Al sal hulle ook almal van U afvallig word, ek sal nie."

30Jesus sê toe vir hom: "Dit verseker Ek jou: Jy sal vandag nog, in hierdie nag, voordat die haan ’n tweede keer kraai, My drie keer verloën."

31Maar Petrus het nadruklik gesê: "Al moet ek saam met U sterwe, ek sal U beslis nie verloën nie!"

En al die ander het dieselfde gesê.

Jesus in Getsemane

(Matt 26:36–46; Luk 22:39–46; Joh 18:1–2)

32Toe kom hulle by ’n plek met die naam Getsemane, en Jesus sê vir sy dissipels: "Sit hier terwyl Ek gaan bid."

33Daarna neem Hy vir Petrus, Jakobus en Johannes saam met Hom. Hy het ontsteld en beangs geword 34en vir hulle gesê: "Ek voel doodsbenoud. Bly hier en waak!"

35Hy het toe ’n entjie daarvandaan op die grond gaan kniel en gebid dat, as dit moontlik is, die uur van lyding nie vir Hom sou aanbreek nie. 36Hy het gesê: "Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil."

37Hy kom toe terug en kry die drie aan die slaap en vra vir Petrus: "Simon, slaap jy? Kon jy nie eens een uur lank wakker bly nie? 38Julle moet waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak."

39Hy het weer gaan bid en dieselfde gebed as voorheen uitgespreek. 40Hy kom toe terug en kry die drie weer aan die slaap, want hulle was baie vaak. Hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie.

41Toe Hy die derde keer terugkom, sê Hy vir hulle: "Slaap en rus julle nou nog? Dit is genoeg. Die tyd het gekom. Die Seun van die mens word in die hande van die sondaars oorgegee. 42Staan op, kom ons loop. Kyk, die man wat My verraai, is hier naby."

Jesus word gevange geneem

(Matt 26:47–56; Luk 22:47–53; Joh 18:3–12)

8

43Op daardie oomblik, terwyl Jesus nog praat, kom Judas, wat een van die twaalf was, daar aan saam met ’n klomp mense met swaarde en stokke. Hulle is deur die priesterhoofde en die skrifgeleerdes en die familiehoofde gestuur. 44Die verraaier het met die mense ’n teken afgespreek. Hy het gesê: "Die een wat ek sal soen, dit is hy. Gryp hom en vat hom weg. Moenie dat hy ontsnap nie."

45Toe hy dan daar kom, het hy reguit na Jesus toe gegaan en gesê: "Rabbi!" en Hom met ’n soen gegroet. 46Die ander het vir Jesus gegryp en Hom gevange geneem.

47Een van dié wat daarby gestaan het, het ’n swaard uitgepluk, daarmee na die slaaf van die hoëpriester geslaan en sy oor afgekap.

48Jesus sê toe vir die mense: "Het julle met swaarde en stokke gekom om My te vang asof Ek ’n rower is? 49Dag vir dag was Ek by julle besig om die mense in die tempel te leer en julle het My nie gevange geneem nie. Maar die Skrif moet in vervulling gaan."

50Toe het al sy dissipels Hom in die steek gelaat en weggehardloop.

51’n Sekere jongman is saam agter Jesus aan, met net ’n doek om sy lyf. Die mense gryp hom toe, 52maar hy het die doek gelos en kaal weggehardloop.

Jesus voor die Joodse Raad

(Matt 26:57–68; Luk 22:54–55; 63–71; Joh 18:15–16, 24)

53Hulle het Jesus weggelei na die hoëpriester toe. Die priesterhoofde en die familiehoofde en die skrifgeleerdes het almal daar saamgekom.

54Petrus het op ’n afstand agter Hom aan gegaan tot binne-in die binnehof van die hoëpriester se woning. Daar het hy hom saam met die wagte by die vuur gesit en warm maak.

55Die priesterhoofde en die hele Joodse Raad het geprobeer om ’n aanklag teen Jesus te kry om Hom dood te maak, maar hulle het niks gekry nie. 56Baie mense het vals getuienis teen Hom afgelê, maar die getuienis het nie ooreengestem nie.

57Sommige van hulle het na vore gekom en vals getuienis teen Hom afgelê deur te sê: 58"Ons het hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel, wat deur mense gemaak is, vernietig en binne drie dae ’n ander een bou wat nie deur mense gemaak is nie." 59Maar ook hieroor het hulle getuienis nie ooreengestem nie.

60Toe het die hoëpriester in die Raad opgestaan en Jesus begin ondervra. "Verweer jy jou glad nie?" het hy gesê. "Wat van die getuienis wat hierdie mense teen jou inbring?"

61Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie.

Die hoëpriester het Hom verder ondervra. "Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?" het hy Hom gevra.

62"Ek is," het Jesus geantwoord,

"en julle sal die9

van die mens sien

waar Hy sit aan die regterhand

van Hom wat magtig is,

en wanneer Hy kom

op die wolke van die hemel."

63Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: "Waarvoor het ons nog getuies nodig? 64Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?"

Hulle het Hom eenparig veroordeel: "Hy verdien die dood!"

65Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: "Profeteer ’n bietjie!"

Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.

Petrus verloën Jesus

(Matt 26:69–75; Luk 22:56–62; Joh 18:17–18, 25–27)

66Terwyl Petrus onder in die binnehof was, kom een van die hoëpriester se diensmeisies daar. 67Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: "Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus."

68Hy het dit egter ontken deur te sê: "Ek ken Hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie." Toe het hy na die deur se kant toe gestaan. En daar het ’n haan gekraai.

69Die diensmeisie het hom gesien en weer vir dié wat daar by gestaan het, gesê: "Hy is een van hulle." 70Maar hy het dit weer ontken.

’n Rukkie later het dié wat daar by gestaan het, vir Petrus gesê: "Werklik, jy is een van hulle, want jy is mos ook ’n Galileër."

71Toe begin hy vloek, en hy sweer: "Daardie man van wie julle praat, ken ek nie."

72En onmiddellik het die haan ’n tweede keer gekraai. Dit het Petrus toe bygeval wat Jesus vir hom gesê het: "Voordat die haan ’n tweede keer kraai, sal jy My drie keer verloën."

En hy het in trane uitgebars.

Jesus voor Pilatus

(Matt 27:1–2, 11–14; Luk 23:1–5; Joh 18:28–38)

15 Die môre vroeg het die priesterhoofde saam met die familiehoofde en die skrifgeleerdes dadelik as volle Joodse Raad ’n vergadering gehou. Hulle het Jesus geboei en Hom toe weggebring en aan Pilatus uitgelewer.

10

2Pilatus het vir Hom gevra: "Is jy die koning van die Jode?"

Jesus antwoord hom: "Dit is soos u sê."

3Die priesterhoofde het Hom van baie dinge beskuldig. 4Pilatus het Hom toe verder ondervra. "Verweer jy jou glad nie?" het hy gevra. "Kyk waarvan beskuldig hulle jou alles."

5Jesus het egter niks meer gesê nie, sodat Pilatus verbaas was.

Pilatus lewer Jesus oor om gekruisig te word

(Matt 27:15–26; Luk 23:13–25; Joh 18:38–19:16)

6Elke paasfees het Pilatus vir die mense een gevangene, die een wat hulle gevra het, losgelaat. 7Daar was ’n man met die naam Barabbas in die tronk saam met ander opstandelinge. Hulle het tydens die opstand moord gepleeg. 8Daar het toe juis ’n klomp mense gekom en Pilatus gevra om vir hulle te doen wat hulle van hom gewoond was. 9Pilatus vra hulle toe: "Wil julle hê ek moet die koning van die Jode vir julle loslaat?" 10Hy het geweet dat die priesterhoofde Hom uit afguns uitgelewer het.

11Hulle het die mense egter opgesteek om te vra dat hy liewer Barabbas vir hulle moet loslaat.

12Pilatus het weer vir hulle gevra: "Wat wil julle dan hê moet ek met hom maak wat julle die koning van die Jode noem?"

13"Kruisig hom!" skreeu hulle.

14"Waarom? Wat se kwaad het hy gedoen?" vra Pilatus hulle.

Maar hulle skreeu nog harder: "Kruisig hom!"

15Omdat Pilatus die mense hulle sin wou gee, het hy Barabbas toe vir hulle losgelaat en Jesus laat gesel en Hom oorgelewer om gekruisig te word.

Die soldate bespot Jesus

(Matt 27:27–31; Joh 19:2–3)

16Die soldate vat Jesus toe in die binnehof van hulle hoofkwartier in en roep die hele afdeling bymekaar. 17Toe trek hulle Hom ’n pers mantel aan en vleg ’n doringkroon en sit dit vir Hom op. 18Daarna het hulle Hom begin begroet en gesê: "Ons groet u, Koning van die Jode!"

19Hulle het Hom herhaaldelik met ’n stok oor die kop geslaan en op Hom gespoeg en hulle knieë gebuig asof hulle aan Hom eer wou bewys. 20Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die pers mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

Jesus word gekruisig

(Matt 27:32–44; Luk 23:26–43; Joh 19:17–27)

21Die soldate het iemand wat daar verbygekom het, gekommandeer om Jesus se kruis te dra. Dit was Simon van Sirene, wat van buite die stad af gekom het, die pa van Aleksander en Rufus.

11

22Hulle bring Jesus toe na ’n plek Golgota, wat Kopbeenplek beteken. 23Hulle wou vir Hom wyn gee met mirre daarin, maar Hy wou dit nie hê nie. 24Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry.

25Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het. 26En die rede waarom Hy gekruisig is, was op ’n bordjie aan die kruis geskrywe: "Die koning van die Jode."

27Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom. 28

29Die mense wat daar verbygeloop het, het Jesus gelaster. Hulle het die kop geskud en gesê: "Toe, jy wat die tempel afbreek en in drie dae weer opbou! 30Red jouself en kom van die kruis af."

31Net so het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes ook spottend vir mekaar gesê: "Ander het hy gered; homself kan hy nie red nie! 32Laat die Christus, die koning van Israel, nou van die kruis af kom, sodat ons dit kan sien en in hom glo!"

Die twee wat saam met Hom gekruisig is, het Hom ook beledig.

Jesus sterwe

(Matt 27:45–56; Luk 23:44–49; Joh 19:28–30)

33Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur. 34Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: "Eloï, Eloï, lemá sabagtani?" Dit beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?

35Toe party van die mense wat daar naby gestaan het, dit hoor, sê hulle: "Hoor daar, hy roep vir Elia."

36Een van hulle het toe gehardloop, ’n spons in suur wyn gesteek en dit vir Hom op ’n stok gehou om te drink. Hy het gesê: "Wag, kom ons kyk of Elia hom van die kruis kom afhaal."

37Daarna het Jesus hard uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas.

38Die voorhangsel in die tempel het van bo tot onder middeldeur geskeur.

39Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: "Hierdie man was werklik die Seun van God."

40Daar het ook vroue op ’n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome. 41Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het, was ook daar.

Jesus word begrawe

(Matt 27:57–61; Luk 23:50–56; Joh 19:38–42)

42Dit was Vrydag, dit is die dag voor die sabbatdag, en dit was al die middag laat. 43Josef van Arimatea, ’n vooraanstaande lid van die Joodse Raad en iemand wat self ook uitgesien het na die

12

koms van die koninkryk van God, kom toe daar aan. Hy het dit gewaag om na Pilatus toe te gaan en die liggaam van Jesus te vra.

44Pilatus was verbaas om te hoor dat Hy al dood is. Hy het die offisier laat roep en hom gevra of Jesus lankal gesterwe het. 45Toe hy van die offisier verneem dat dit wel so is, het hy die lyk vir Josef gegee.

46Josef het ’n stuk linne gekoop, Jesus van die kruis gaan afhaal, Hom in die linne toegedraai en neergelê in ’n graf wat in die rots uitgekap was. Hy het ’n klip voor die ingang van die graf gerol. 47Maria Magdalena en Maria die moeder van Joses het gestaan en kyk waar Hy neergelê word.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2014-2015 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

Onderstaande preekskets benut materiaal uit Woord en fees.

1.4 Ekstra stofHier is ‘n bydrae wat die twee hoofstukke in vier groot episodes opdeel wat jy moontlik kan gebruik in ‘n verhalende preek as voorbereiding vir Goeie Vrydag – erkenning aan Bybelskool.com.

1.4.1 Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem - Markus 14:1-11

Markus

Die Joodse Raad was intussen aan die beplan om Jesus dood te maak, maar wou dit nie op die Paasfees doen wat oor 2 dae sou begin nie, weens die steun van die skares. Judas Iskariot sou hulle egter die gulde geleentheid gee, wat hulle van plan laat verander, deurdat hy aanbied om Jesus te verraai (oorhandig). Hulle onderneem om hom te betaal daarvoor (Matteus praat van 30 silwerstukke).

In die Grieks word Judas in vers 10 letterlik beskryf as: "dié een van die twaalf" waarmee sy verraaierskap onderstreep word. Gaan kyk weer in Mark 3:13-19 hoe Judas in die lysie van name aan die einde geaksentueer word met "en Judas Iskariot wat Jesus verraai het."

Let op hoe ‘n sterk kontras geteken word tussen die vrou wat Jesus salf met die albaste fles duur nardusolie en Judas wat Hom by die Joodse Raad verraai. Sy bederf Jesus met ‘n duur geskenk. Hy verraai (Grieks het oorhandig) Jesus vir eie gewin.

Teenoor die mense wat weerstand bied teen hierdie verkwisting, loof Jesus haar aksies, omdat dit ‘n goeie (kan ook vertaal word met "pragtige") daad met die oog op sy begrafnis is, waarvoor sy altyd onthou sou word. Jesus gebruik dus die geleentheid om verdere lering oor sy naderende dood aan sy dissipels te gee.

Dit tref my hoe selfloos en vrygewig sy in die oortreffende trap is (die nardusolie het ‘n jaar se salaris van ‘n gewone arbeider gekos) en dat sy daarmee haar toewyding en geloof in Hom illustreer. Sy doen dit ook in die publiek waar almal dit kan sien, teenoor Judas en die Joodse Raad wat hulle gekonkel in die geheim doen. Sy raak hiermee eintlik dié voorbeeld in die evangelies van hoe ‘n dissipel teenoor sy Meester en Rabbi moet optree.

13

Geen wonder dat Jesus van haar sê – en onthou dit is in die konteks van die dissipels wat haar probeer keer en ander wat sy dood beplan:

"Wat sy kon, het sy gedoen."

Dit laat my diep nadink oor my lewe as ‘n gawe aan God. Daar is niks wat in my pad moet staan om die beste en mooiste vir Jesus te doen nie. Dit is die gedagte waarmee ek vandag gaan leef om vannaand te kan sê: "Wat ek kon, het ek gedoen".

Matteus, Lukas en Johannes

Matteus plaas die mededeling van Markus oor die Joodse Raad se beplanning in die mond van Jesus wat sy dissipels leer oor sy oorlewering om gekruisig te word. Matteus brei ook uit oor die betrokkenheid van Kajafas, die hoëpriester. Lukas vertel dit korter as die twee ander Sinoptici.

Johannes plaas die beplanning in die konteks direk na die opwekking van Lasarus. Let op hoe daar ‘n kontras getrek word tussen mense wat na sy suster Maria kom om te hoor wat alles daar gebeur het, en tot geloof kom, en ander mense wat die Fariseërs betrek by die gebeure wat uitloop op ‘n ongelowige besluit om Jesus dood te maak. Ironies genoeg dink die Joodse Raad dat Jesus se aksies tot ‘n verwoesting van die tempel deur die Romeine sou lei. En dit is inderdaad wat gebeur het, maar nie as gevolg van Jesus se opwekking van Lasarus nie, maar as gevolg van die Joodse Raad se verwerping van Jesus.

Kajafas se opmerking dat een ter wille van almal moet sterwe, word deur Johannes as ‘n profesie geïnterpreteer, omdat dit ironies genoeg die waarheid was.

Matteus neem Markus se verhaal in Betanië (3 km oos van Jerusalem, aan die voete van die Olyfberg) in breë trekke net so oor, hoewel hy die vraag oor die verkwisting van die olie in die mond van die dissipels plaas. Lukas vertel nie dié verhaal nie, maar het ‘n soortgelyke verhaal van ‘n salwing in Lukas 7:36-50. Daar is die vrou iemand wat ‘n sondige lewe gelei het, en Simon ‘n Fariseër, en nie melaats nie. Jesus verbind dié aksie ook nie met sy dood nie. Dit is daarom waarskynlik ‘n ander verhaal (Geulich).

Johannes vertel dit wel, binne die konteks van Lasarus se opwekking, en het ‘n paar ander detail verskille: 1) Dit gebeur 6 dae voor die Paasfees, dws vroeër in die week as wat Markus opteken; 2) Die vrou word as Maria, Lasarus se suster, geïdentifiseer wat die olie op sy voete uitgooi en nie op sy kop soos in Markus en Matteus nie; 3) Die weerstand teen die verkwisting word in die mond van Judas Iskariot geplaas en nie in die mense of die dissipels s’n nie. Johannes lewer ook kommentaar op die rede vir sy weerstand: "omdat hy ‘n dief was".

Lukas vertel wel soos Matteus ook die verhaal van Judas wat Jesus by die Joodse Raad verkla, maar voeg interessant genoeg twee ekstra detail by: 1) dat dit die Satan is wat Judas hiertoe lei, en 2) dat die offisiere van die tempelwag ook betrek word by die komplot, soos inderdaad by die tuin van Getsémané gebeur.

1.4.2 Jesus word die paaslam - Markus 14:12-42 Markus

14

Dit tref my hoe anders hierdie Paasfees vir Jesus moes gewees het. Jesus het saam met sy ouers elke jaar vir die Paasfees Jerusalem toe gekom (Luk 2:41). Hierdie keer sou egter nou ‘n heel ander ervaring vir hom en vir hulle wees. Waar hulle vroeër ‘n lam sou slag vir die paasmaaltyd, word Hy nou die Paaslam. Maar let op hoe dit uiteindelik op sy eie terme is wat Hy die maaltyd hou en Homself beskikbaar stel om God se wil uit te voer. Hy kan Homself uit die voete maak, of ‘n legioen van engele gebruik om Hom te beveilig, maar Hy kies om Hom aan die kwaad wat mense beplan, te onderwerp.

Die voorbereidings: Jesus stuur 2 van sy dissipels om die paasmaaltyd gereed te kry. Die reëling is heel moontlik vooraf getref sodat Judas nie sou weet waar dit sou wees nie, en Jesus die paasmaaltyd onverhinderd kon vier – ‘n man sou hulle ontmoet, nogal met ‘n kruik water in die hand, wat normaalweg deur vrouens gedra is; hy sou hulle na die eienaar neem, waar die kamer reeds ingerig was.

Ek kan my regtig inleef in Jesus se ervaring wat waarskynlik saam met die dissipels na die tempel met die lam gaan, soos al die ander Jode, die lam se keel afsny op die voorgeskrewe manier waar die bloed gedreineer word in ‘n bak wat deur ‘n priester vasgehou word, en daarna by die voet van die altaar gesprinkel word. Dit terwyl Hy die hele tyd weet dít is wat ook op soortgelyke wyse met Hom die volgende dag gaan gebeur.

Vir 'n bietjie agtergrond oor die feeste: Vanaf die vroegste tyd is die Joodse jaar gekenmerk deur groot feeste. Sommige feeste is gereël om saam te val met die wisseling van die seisoene, om die volk te herinner dat God voortdurend vir hulle sorg en om hulle 'n geleentheid te bied om aan God hul dankbaarheid te betoon. Op ander feeste is die groot gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel gedenk, die geleenthede toe God op 'n onmiskenbare wyse ingetree het om sy volk te verlos. Al die feeste was geleenthede van vreugde en die genieting van God se goeie gawes, en terselfdertyd plegtige byeenkomste om sy vergewing en reiniging te vra.

Die doel van die feeste was geestelik: 'n groot en heerlike ontmoeting tussen God en sy volk, en die profete het hulle skerp uitgespreek teen diegene wat die feeste tot blote formaliteit en leë ritueel verlaag het.

Daar was waarskynlik baie plaaslike feeste (Rigters 21:21), maar al die mans moes die drie groot nasionale feesvierings bywoon:

1. Paasfees en die fees van die ongesuurde brood (Eks 12:1-20; 23:15). Hierdie twee feeste is saam gevier om die uittog uit Egipte te herdenk (kyk Eks 11-12). Dit het op die 14de dag van die eerste maand begin en 'n week geduur.

2. Die fees van die weke (oesfees) (Num 28:26; Eks 23:16; Lev 23:15-21). Die fees - later' bekend as pinkster - is 50 dae na die begin van die paasfees gevier. Dit was in wese 'n landboufees waar die eerstelinge van die oes aan God gewy is.

3. Die fees van die insameling (huttefees) (Eks 23:16; Lev 23:33-43). 'n Herfsfees aan die einde van die insameling van die vrugteoes. Die volk het sewe dae lank in hutte wat van takke gemaak is, gewoon - uit dank vir die oes, maar ook as 'n herinnering aan die dae toe hulle in die woestyn in tente gewoon het (Lev 23:43). Al hierdie feeste is beskou as "heilige"

15

geleenthede waarop die gewone werk gestaak is. Daar was ook ander feesvierings. (Philip Budd – Handboek by die Bybel)

Die paasmaaltyd: Dit begin met Jesus se stelling dat een van julle Hom sal verraai. Op hulle ontsteltenis oor wie dit kan wees, antwoord Jesus dat dit die een sal wees wat sy brood saam met Jesus in die skottel (óf die een met gedroogte vrugte: dadels, vye en rosyne in 'n wyn-asyn sous óf die een met die bitter kruie) insteek, sonder om dit nader te verduidelik (Johannes identifiseer dit as Judas, en sê verder dat Jesus vir hom die stukkie brood gegee het, hoewel hy ook sê dat niemand geweet het wat Jesus bedoel nie).

Jesus se opmerking dat Sy dood wel 'n vervulling van die Skrifte is, maar dat dit beter sou gewees het dat sy verraaier nooit gebore was nie, wys op die misterieuse manier waarop God se werk en dié van mense in tyd saamval.

Die instelling van die nagmaal: Die gedeelte is vir ons baie bekend. Jesus neem die brood en die beker (die derde beker van vier wat deur die loop van die paasmaaltyd gebruik is) en verbind die betekenis daarvan aan sy liggaam en bloed wat die verbond beseël, wat vir baie mense bedoel is. Daarby voeg Hy die voorneme om nie weer wyn te dring totdat Hy die nuwe wyn in die koninkryk van God sal drink nie.

Petrus se verloëning: Na die lofsang (deel van die pasgaritueel – heel moontlik Ps 116-118) is hulle uit na die Olyfberg, waar Jesus onder andere die profetiese rede gelewer het. Jesus verklaar dat almal van Hom afvallig sal word met 'n aanhaling uit Sagaria 13:7. Hy sal hulle egter na sy opstanding in Galilea gaan ontmoet, dws weg van Jerusalem af. Petrus se dapper verbintenis aan Jesus lok die bekende uitspraak van Jesus uit, dat Petrus Jesus voor die haan 'n tweede keer gekraai het, dws voor die oggend aangebreek het, 3 keer sal verloën. Let op dat die ander ook soos Petrus dieselfde verbintenis gemaak het.

Jesus in Getsemane ("oliepers"): Jesus gaan die moeilikste toets van sy lewe tegemoet met gebed. Hy probeer dit doen saam met die drietal dissipels wat saam met Hom op die berg van verheerliking was, maar dié kan ironies genoeg om die dood toe nie wakker bly nie. Jesus is ontsteld en beangs en doodsbenoud. Hierdie angs is natuurlik nie net vir die dood self nie, maar ook vir die oordeel van God wat vir Hom wag. Hy bid dat die lydensuur nie vir Hom aanbreek nie, en dat die lydensbeker van Hom af weggeneem word. Hy gee Hom egter ook oor aan sy Vader se besluit en wil. Na die derde tyd van gebed was dit genoeg: "Die tyd het gekom." Jesus is gereed vir die pad wat Hy moet loop.

Matteus, Lukas en Johannes

Die voorbereidings: Let op hoe Matteus Jesus se boodskap aan die eienaar weergee as: "My tyd is naby," wat verband hou met die woorde later in Getsemane: "Die uur het gekom." Lukas identifiseer die 2 dissipels as Petrus en Johannes, wat hierna baie keer só saam sou optree (Handelinge 3-4). Johannes vertel nie iets hieroor nie.

Die paasmaaltyd: Matteus brei uit op Markus se weergawe en vertel spesifiek van 'n gesprek tussen Jesus en Judas, waar Judas vra of hy miskien die verraaier is – en onthou, hy het al die verraad begin pleeg – waarop Jesus antwoord: "Dit is soos jy sê!" Lukas gee Markus se weergawe korter weer. Johannes plaas dié maaltyd en gesprek natuurlik as deel van die voetewas episode. Hy maak baie

16

van die voorkennis van Jesus, sowel as sy verbintenis aan die Skrifwoord, dié keer uit Psalm 41:10: "Hy wat van my brood eet, het My in die rug gesteek." Hy brei ook uit oor Jesus se ontsteltenis daaroor, en die "dissipel vir wie Jesus baie lief was" se vraag na wie dit kan wees. Jesus antwoord Hom dat dit die een is vir wie Hy 'n stukkie brood wat Hy in die sous gesteek het, sal gee, waarmee Hy eintlik die Psalmuitspraak dramatiseer. Let op hoe dit ook die moment is waarop die Satan Judas invaar en Jesus hom die opdrag gee om sy werk af te handel. Dit is egter net Jesus en Judas wat weet wat gebeur. Die ander is salig onbewus van die drama wat onder hulle oë afspeel. Hoe onheilspellend sluit dié perikoop nie af nie: "Dit was nag."

Die instelling van die nagmaal: Matteus het net twee klein uitbreidings. Hy meld dat die nagmaal "tot vergewing van sondes" lei en dat die koninkryk dié van sy Vader is. Lukas gee weer van die menslike emosies weer: "Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly." Hy sê ook dat Hy die paasmaaltyd nie weer sal geniet voordat dit in die koninkryk van God "sy volle betekenis" gekry het nie. Die orde van die instelling van die nagmaal word ook in sy voller pasga konteks geplaas, met 'n beker wyn voor die werklike instelling van die nagmaal, soos ons dit ken. Jesus voeg ook die woorde by wat Paulus in 1 Korintiërs 11:23-25 later sou gebruik: "Gebruik dit tot my gedagtenis". Lukas praat ook van die "nuwe" verbond, heel moontlik aangehaal uit Jer 31:31. Johannes het nie dié instellingswoorde nie. In Paulus se skrywe aan die Korintiërs wil dit lyk asof hy dié nagmaalsritueel direk van die Here af ontvang het, maar dat dit interessant genoeg meer met Lukas se weergawe daarvan ooreenstem. Hulle was nie verniet 'n hele paar keer saam op reis nie ...

Petrus se verloëning: Lukas volg Markus se weergawe, net met een detail verskil: Petrus sal Jesus verloën voor die haan kraai. Lukas brei uit oor die gesprek met Petrus waarin Jesus uitbrei oor sy vooraf gebed vir Petrus dat die Satan hom nie van sy geloof sou ontroof nie. En gee hom die hoopvolle opdrag dat as hy weer tot inkeer gekom het, hy die broers moet versterk. Lukas sê ook dat die verloëning voor die hanekraai sal gebeur, en spel uit dat die verloëning sal insluit dat Petrus sal sê dat hy Jesus nie ken nie. Johannes vertel die hele verhaal op sy eie manier. Op Jesus se vertelling van sy verheerliking (dood) in die vorige perikoop, wonder Petrus wat dit alles beteken, waarna Jesus die nuus vir hom breek, dat hy Jesus sal verloën (ook voor die hanekraai).

Jesus in Getsemane: Matteus volg Markus se weergawe met 'n paar detail wysigings: hy noem Jakobus en Johannes die twee seuns van Sebedeus, en vertel dat Jesus gekniel het met die gesig teen die grond. Lukas vertel dit weer op sy eie manier, met 'n engel wat aan Hom verskyn om Hom te versterk as Sy doodsangs sy sweet soos bloeddruppels laat word terwyl Hy nog ernstiger gebid het. Die dissipels se moeite om wakker te bly word interessant genoeg ook eerder gewyt aan uitputting deur droefheid, as aan doodgewone moegheid. Johannes gee ekstra detail, dat hulle deur die Kedronspruit by Getsemane uitgekom het, en noem spesifiek dat dit 'n tuin was.

1.4.3 Die tyd van die duister magte - Markus 14:43-15:5Markus

Jesus word gevange geneem: As die gebed van Jesus aan jou hart geruk het in die vorige perikoop, gaan die verdere verloop van die verhaal jou met afgryse vervul. Wat in die duister beplan is, begin nou sy ware kleure wys. Judas kom met 'n klomp mense (soldate en tempelwagte – Johannes) met

17

swaarde en stokke daar aan om Jesus gevange te neem. Hy verraai Jesus met die voorafgespreekte teken, die kus van 'n leerling vir sy leermeester.

Een van Jesus se dissipels (Petrus – volgens Johannes – moontlik omdat hy wou wys dat hy by Jesus sal staan, hoewel dié bravade nie lank hou nie) slaan met 'n kort swaard na een van hulle, 'n slaaf van die hoëpriester (Malgus – volgens Johannes), en kry dit reg om sy (regter)-oor af te kap. Jesus keer die res van hulle om in 'n geveg betrokke te raak. Markus en Matteus vertel nie dat Jesus die oor weer genees het nie, wat Lukas en Johannes wel in hulle verhale insluit.

Jesus tree wel met die mense in gesprek deur die agterbaksheid van hulle handelinge uit te wys, maar interpreteer dit steeds as die vervulling van die Skrif. Die dissipels laat Hom hierna egter liederlik in die steek.

Markus voeg aan die einde ‘n mededeling by, dat ‘n sekere jongman wel agter Jesus aan is, soos ons later ook sal agterkom Petrus ook gedoen het. Volgens oorlewering is dit heel moontlik dat dié jongman Johannes Markus, die skrywer van hierdie Evangelie was. Nie een van die ander Evangelieskrywers noem egter hierdie insident nie. Moontlik het Markus net uit die bed opgestaan net met sy bokleed om, om saam met Jesus-hulle Getsemane toe te gaan en het daarom nie nog onderklere aangehad nie. Dié verloor hy in die proses en vlug kaal weg. Later sou die dissipels soms in sy ma se huis bymekaar kom (Hand 12:12). Dit kan ook wees dat dit in dié huis is waar die bovertrek was waar Jesus saam met sy dissipels bymekaar gekom het (Hand 1:13).

Jesus voor die Joodse Raad: Darem ironies dat die hemelse Hoëpriester, die Alfa en die Omega, na die aardse hoëpriester weggelei word. Dat ‘n mens só die plot kan mis, jou met die tyd, die kairos kan misreken. Die hoëpriester is Kajafas (Matteus).

Petrus volg op ‘n afstand tot in die binnehof van die hoëpriester se huis (Johannes vertel in sy evangelie dat dit hy is dit reggekry het om hom binne te laat, omdat die hoëpriester hom geken het).

Die Joodse Raad probeer met valse getuies ‘n aanklag teen Jesus formuleer, maar die getuienis stem nie ooreen nie. Dan tree die hoëpriester tot die proses toe, maar Jesus weier om op die vals getuienis te reageer. Dit is eers as die hoëpriester vra of Hy die Christus, die Seun van God is, dat Jesus daaroor getuienis aflê: "Ek is" en daarop uitbrei met ‘n aanhaling uit Ps 110 en Dan 7.

Met teatrale vertoon skeur die hoëpriester sy klere oor die godslastering, ten spyte daarvan dat die wet dit verbied het (Lev 10:6), en na die Raad Hom veroordeel het, word Jesus verneder met spoeg, en vuisslanery, terwyl hulle met sy profetiese vermoë spot.

Petrus verloën Jesus: Petrus word hier drie keer gevra of Hy nie saam met Jesus van Nasaret was nie, twee keer deur een van die hoëpriester se diensmeisies, en een keer deur die ander wat by die vuur gestaan het. Na die eerste ontkenning kraai ‘n haan, en weer na die derde ontkenning, nogal met ‘n gevloek en gesweer, val die woorde van Jesus Petrus by dat hy Hom sou verraai. Dit laat Petrus in trane uitbars.

Jesus voor Pilatus: Die môre vroeg word Jesus na Pilatus gestuur, nadat die volle Joodse Raad Hom uitgelewer het. Pilatus se vraag oor sy koningskap word positief deur Jesus beantwoord, maar die beskuldigings lok geen verweer by Jesus uit nie. Dit het Pilatus verbaas.

18

Matteus, Lukas en Johannes

Jesus word gevange geneem: Matteus volg in breë trekke Markus se verhaal, maar voeg detail by, soos Judas wat vir Jesus: "Goeiemôre" sê (dit was nog voor hanekraai!). Jesus noem ironies genoeg: "Vriend". Volgens Matteus het Jesus sy dissipels ook probeer leer dat dié wat die swaard gebruik deur die swaard sal omkom; daarom moet hulle nie daarmee probeer om goed reg te maak nie. Jesus verwys ook na die meer as 12 legioene engele wat tot sy hulp sou kon kom. Dit is tussen 48 000 en 72 000 engele, ‘n formidabele mag! Matteus beklemtoon selfs meer as Markus dat dié proses nie gekeer mag word nie, want dít is hoe die Skrif daaroor skryf.

Lukas vertel die verhaal korter en voeg benewens die genesing van Malgus se oor die veelseggende frase by, dat dit nou "die tyd van die duistere magte" is – ‘n afgryslike gedagte.

Johannes het weer meer uitgebreide detail as Markus. Die soldate kom bv. met lanterns en fakkels; hulle benoem Jesus na aanleiding van sy afkoms, van Nasaret; deins aanvanklik terug vir Jesus en val op die grond neer; en laat toe dat Jesus sy mense wegstuur, sodat die Skrif vervul sou word, dat Jesus niemand van dié wat God Hom gee, verlore laat gaan nie.

Jesus voor die Joodse Raad: Matteus vertel die verhaal in breë trekke net soos Markus met klein detail verskille. Lukas verkort Markus se weergawe weereens, maar voeg ‘n interessante gesprek by waar Jesus op die vraag of Hy die Christus is, reageer deur hulle daarop te wys dat al antwoord Hy dit positief, sal hulle tog nie in Hom glo nie. Soos reeds genoem, het Johannes die ekstra gegewens dat dit hy (die ander dissipel) was wat Petrus in die hoëpriester se woning ingekry het. Hy vertel ook dat Annas betrokke was, die skoonpa van Kajafas, en die vorige hoëpriester.

Petrus verloën Jesus: Matteus se detail verskil effens van Markus s’n deurdat die tweede vraag aan Petrus in die mond van ‘n ander diensmeisie geplaas word. Lukas sê ook dat die tweede vraag deur iemand anders gevra is en gee ‘n tydsaanduiding van die verloop van sake. Hy skets ook die roerende prentjie van Jesus wat omdraai met die derde verloëning en Petrus aankyk. Johannes plaas die derde vraag aan Petrus ironies genoeg in die mond van familie van Malgus, die een wie se oor hy so pas tevore afgekap het.

Jesus voor Pilatus: Matteus voeg net een detail by, dat Pilatus goewerneur was, terwyl Lukas uitbrei oor die aanklag van die Joodse Raad teen Jesus voor Pilatus: dat Hy die volk opgehits het om nie belasting te betaal nie, en dat Hy voorgee dat Hy ‘n koning is. Pilatus vind egter geen skuld in Hom nie. Johannes beskryf die ironie van ‘n Joodse Raad wat nie die woning van Pilatus wil binnegaan nie, omdat dit hulle onrein sou maak om die paasmaaltyd te eet, terwyl die Paaslam binne die onrein woning van Pilatus is, waarmee Jesus eintlik die boodskap gee dat Hy daar is vir almal. Hy brei uit oor die gesprek met Pilatus wat handel oor die koninkryk en die waarheid.

1.4.4 Jesus word gekruisig en begrawe - Markus 15:6-47Markus

Pilatus lewer Jesus oor vir die kruisiging: Dit bly vir my interessant hoe Pilatus die waarheid skerp kan insien, maar nie daarvolgens kan handel nie. Hy is die eerste wat die rede vir Jesus se verwerping deur die Joodse Raad insien en verwoord: afguns. Jesus kan dinge doen wat hulle nie kan nie, en eerder as om Hom daarvoor te erken, verwerp hulle Hom.

19

Maar om die mense hulle sin te gee, laat los hy eerder Barabbas (Jesus Barabbas [seun van Abbas] – volgens Matteus se weergawe) as Jesus van Nasaret. Hy is bang vir nog ‘n opstand, aangesien Rome hom vir vorige opstande al voor stok gekry het, soos ons uit die Romeinse geskiedenis kan agterkom. Jesus word met ’n kats geslaan wat uit ’n aantal smal riempies bestaan waaraan stukkies yster en been vasgebind is. So gaan Jesaja 53:5 in vervulling.

Die soldate bespot Jesus: Voor sy kruisiging loop Jesus deur onder die soldate waar Hy met ‘n pers (koninklike) mantel en doringkroon bespotlik gemaak word. Markus (en Matteus en Johannes) vertel nie die gebeure by Herodes nie, soos Lukas wel doen.

Jesus word gekruisig: Die breë trekke van die kruisverhaal is vir ons bekend: Simon van Sirene in Noord-Afrika (pa van Aleksander en Rufus – ons tref ‘n Rufus in die gemeente van Rome aan – Rom 16:13) dra die dwarsbalk van Jesus se kruis; Jesus word op Golgota (die heuwel he soos ‘n skedel gelyk) gekruisig, waar die regoppaal geplant is; sy klere word onder die soldate met die lot verdeel; die bordjie aan die kruis kondig sy misdaad aan, dat Hy die koning van die Jode is (waarmee die Jode ook eintlik beledig word), ironies genoeg presies wat Hy is; die mense laster Hom met aanhalings wat Hy vroeër gemaak het oor die tempel. Interessant is egter dat Markus wel noem dat daar twee ander rowers saam met Hom gekruisig is, wat Hom ook beledig, maar nie dat Hy met hulle in gesprek tree nie.

Jesus sterwe: Na die 3 ure lange duister, roep Jesus na God met daardie beroemde Aramese woorde uit Psalm 22:2: "Eloï, Eloï, lemá sabagtani?" (My God, My God, waarom het U my verlaat?) en blaas die laaste asem uit. Twee goed gebeur dan:

1. Die voorhangsel van die tempel (waarskynlik die een tussen die Allerheiligste en die Heilige) skeur van bo na onder oop – wat die boodskap dra a) dat die tempel se einde begin het en b) dat die toegang tot God nou vir alle mense oop is (Hebr 9);

2. Die offisier by die kruis bely dat Jesus werklik die Seun van God was – wat die boodskap dra Jesus se dood reeds vir almal betekenis het.

Dit ontroer my dat dit Jesus se dood is, wat dié offisier oortuig dat dit God is. En daarmee is die klimaks van Markus se verhaal bereik. Hy het begin skryf dat Jesus die Seun van God is (1:1), en hier bely ‘n heidense Romeinse offisier dit (15:39).

Markus brei dan uit oor al die vroue wat Jesus ondersteun het by die kruis, trouens deur sy hele lewe: Maria Magdalena (van Magdala waaruit Jesus 7 duiwels gedryf is– Luk 8:2), Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses (ons weet niks meer van haar af nie) en nog Salome ook (vrou van Sebedeus – Matt 27:56 en die ma van die 2 dissipel-broers, Jakobus en Johannes), moontlik ook nog die suster van Maria (Joh 19:25). Indien laasgenoemde waar is, was Jesus en Johannes en Jakobus neefs. Hierdie 3 vroue is dan ook op die opstandingsmôre by.

Jesus word begrawe: Josef van Arimatea (30 km noordwes van Jerusalem) wat ‘n geheime (Johannes) volgeling van Jesus was sorg dat die voorbereidings vir Jesus se begrafnis getref word en voorsien ook die graf.

Matteus, Lukas en Johannes

20

Pilatus lewer Jesus oor vir die kruisiging: Matteus brei op Markus se weergawe uit met die naam van Barabbas, Jesus, sowel as die verhale van Pilatus se vrou wat hom probeer waarsku om nie verkeerd te handel met hierdie onskuldige man nie, en Pilatus wat sy hande in onskuld was. Hy sluit af met die ontstellende woorde van die volk: "Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus." Lukas noem ook dat Jesus by Herodes was, terwyl Johannes meer uitbrei oor die interaksie tussen Pilatus en Jesus, en Pilatus en die Joodse Raad.

Die soldate bespot Jesus: Matteus volg Markus se weergawe met die een byvoeging dat Jesus ook ‘n stok in die hand gestop is, waarskynlik as ‘n soort septer. Lukas vertel nie dié verhaal nie, en Johannes verwys net kortliks daarna.

Jesus word gekruisig: Matteus volg Markus se weergawe met twee byvoegings, die een is dat die mengsel wat hulle Hom gegee het om te drink, wyn en gal bevat het, terwyl Markus sê dat dit wyn met mirre was. Volgens Matteus was daar ook ‘n ekstra lyntjie op die aanklag teen Hom geskrywe: "Dit is Jesus, die koning van die Jode." Lukas vertel van die interaksie van Jesus met die vroue waar Hy onder andere uit Hos 10:8 aanhaal en noem ‘n ekstra kruiswoord: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" Hy is ook die enigste wat die pragtige verhaal vertel van die een moordenaar wat saam met Hom opgehang is, se erkenning van Jesus waarna hy deur Jesus in die paradys ingenooi word. Johannes brei nog verder uit oor die taal waarin die opskryf bo die kruis geskryf is, in Hebreeus, Latyn en Grieks, en ook oor die verdeling van Jesus se klere met ‘n aanhaling uit Ps 22:19. Hy vertel ook van die vroue wat by die kruis was, waarvan die suster van Maria, Jesus se moeder, ‘n interessante toevoeging is, en gee ook ekstra inligting oor die ander Maria, dat sy die vrou van Klopas (vir ons onbekend) was. Dit wil voorkom asof Johannes – die dissipel vir wie Hy baie lief was – die enigste dissipel was wat by die kruis was, wat ook daartoe lei dat Jesus sy ma aan hom toevertrou. Hy plaas die kruisiging ook ‘n drie uur later (19:14) moontlik om Jesus se sterwe met die slag van die paaslam te laat saamval (Geulich).

Jesus sterwe: Matteus verkort Markus se weergawe. Lukas het ‘n ekstra kruiswoord uit Ps 31:6: "Vader, in u hande gee Ek my gees oor." en het sy eie weergawe van wat die offisier gesê het: "Hierdie man wat werklik onskuldig" terwyl hy vir God prys. Johannes het twee ekstra kruiswoorde: "Ek is dors" (Ps 69:22) en "Dit is volbring!"

Hier is die sewe kruiswoorde in hulle waarskynlike volgorde:

"Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!": Lukas 23:34.

"Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees": Lukas 23:43.

"Daar is u seun" ... "Daar is jou moeder": Johannes 19:25-27.

"`Eli, Eli, lemá sabagtani?' Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?": Matteus 27:46.

"Ek is dors": Johannes 19:28.

"Dit is volbring!": Johannes 19:30.

"Vader, in u hande gee Ek my gees oor": Lukas 23:46.

21

Jesus word begrawe: Matteus noem dat Josef ‘n ryk man was, benewens sy invloedrykheid op die Joodse Raad, en dat Jesus in sy eie nuwe graf begrawe is. Die "ander Maria" was waarskynlik Maria, die moeder van Klein-Jakobus, en die vrou van Klopas. Lukas voeg ook elemente van die voorbereidings by, reukolie en salf, en dat hulle almal op die sabbatdag gerus het. Johannes het die ekstra detail dat Nikodemus ook betrokke geraak het en 50 liter mirre en aalwyn vir die salwing gebring het, en dat die graf in ‘n tuin was.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondTitel van agtergrond: Crucifixion of Jesus -2011, die eiendom van Bo Insogna, geneem op 24 Julie 2015 met ‘n Canon EOS 20D. Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat slegs plasing toe. Dit is beskikbaar by https://www.flickr.com/photos/48896557@N00/5646871178/in/photolist-9AZG4U-a1tuyd-nQgv6Z-8Z1a34-9jL8nj-7RSNBN-9fNFTL-h3Q7rV-exnBbK-95xssy-fAVwpP-8Ze8Cx-8T41wR-7F2wzD-8VKeBS-9St2D1-ff4JMC-9eDJ3k-9eGasK-roZmzX-iefrMo-9oeNmV-fbow9f-8ePmbi-aX4ciV-bK4pGV-8wcG5D-91KfVr-9wH7Yj-9ordJq-bMyALg-8JX6sr-9d7NZs-9kFcU6-8VemzM-9ZMT4c-fLv1Hd-exW73q-8cTHHr-fYwXtk-hToKn6-9WAzoT-9oe1fF-9vUE7k-bPcGvx-fx8GAh-9mL4RU-9fhJRa-fYSKqq-fP7T1v-8jYUR2

Die teks van Markus 14 en 15 (Bybel Direkte Vertaling) word voorsien as die preekgedeelte van die powerpoint.

2.3 LiturgieHoewel die Skriflesing en Prediking nie daarop fokus nie, is vandag Palmsondag. Die liturgie sluit gevolglik by die Palmsondag tema aan. Hierdie is ‘n feesdiens, wat beteken die liturgie en prediking is deur mekaar verweef. Daar is ook nie ‘n spesifieke Familie-oomblik nodig nie, aangesien die kinders saam met hul families aan die diens deelneem. Kry vooraf lidmate van verskillende ouderdomme om die skriflesings te doen. Kry ook lidmate om die “voorganger” gedeelte van die verskillende gebede te doen. Reël vooraf vir ‘n groot – sigbare – kruis en die nagmaalsbeker en ‘n mooi brood. Reël lidmate om dit op die gepaste tye in te bring. Berei ook ‘n mooi, sentrale plek voor waar die verskillende simbole neergesit kan word.

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusHoewel die Skriflesing en Prediking nie daarop fokus nie, is vandag Palmsondag. Die liturgie sluit gevolglik by die Palmsondag tema aan. Die hele gemeente kan voor die kerkgebou ontmoet en saam instap. As dit nie moontlik is nie, kan die kinders en enkele volwassenes tydens die diens instap.

22

Hulle kan palmtakke swaai (volwasse toesig en ‘n waarskuwing om versigtig te wees, is gepas). Julle kan ook landsvlae van reg oor die wêreld kry en dié swaai, omdat Jesus die Koning van elke volk en nasie is.

ToetredeLiturg verduidelik Palmsondag (en die verloop van die diens).Terwyl gemeente instap (of kinders en enkele volwassenes met palmtakke/vlae):Lied 545 Jesus kom na Jersualem toe ofVONKK 100 By Die Intog In Jerusalem http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0100 (Albei bogenoemde liedere kan goed werk as ‘n voorsanger of die koor die verse sing en die hele gemeente die refrein. Die lied is ook geskryf om in kanon gesing te word, waarmee julle kreatief kan werk.) of Flam 82 Hosanna http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F082

AanvangswoordVoorganger (V): Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!Gemeente (G): Hosanna vir die Seun van Dawid!V: Mag die Here met julle wees.G: En ook met jou.V: Here God van ons verlossing, verleen in genade aan ons u bystand terwyl ons naderkom om u groot dade te oordink, die groot dade waarmee U vir ons die ewige lewe bewerk het; deur u Seun, Jesus Christus, ons Here.G: Amen. (Uit: Vir die erediens- ‘n Handleiding: 2007 deur Bybel Media)

LofsangFlam 171 Hosanna In Die Hoogste http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F171 Lied 400 Juig, juig in Hom (wisselsang kan ook hier goed werk)

3.2 LiedereVONKK 100

By Die Intog In Jerusalem

(kanon)

1. By die intog in Jerusalem het kinders bly gesing

en laag gebuig voor Hom, die Heer, hul lof aan Hom gebring.

Hosanna! Hosanna! Hosanna! Jesus kom!

23

Hosanna! Hosanna! Die Hemelkoning kom!

2. By die intog in Jerusalem het almal saam gesing,

met palmtakke Hom vereer, hul lof aan Hom gebring.

Hosanna! Hosanna! Hosanna! Jesus kom!

Hosanna! Hosanna! Die Hemelkoning kom!

Teks: Wilma Viljoen 1988; gewysig VONKK Werkgroep 2010

Melodie: BARTEL-ANSIE – Wilma Viljoen 1988

Ostinati: Gerrit Jordaan 2010

© 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)

F82. Hosanna

(RUBRIEK: Flammikidz – Lof / Lydenstyd)

Teks en musiek: Jan de Wet

© 2002 MAR Gospel Music Publishers

(Opgeneem op Jan de Wet en die lofkleuters, loflied 2)

1. Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby.

Hy ry op ’n donkie

die mense is so bly.

Hosanna! Hosanna!

Hoor hul juig en skree.

Hul dink Hy is die koning wat die vrede gee.

24

2. Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby

Hy ry op ’n donkie

die mense is so bly.

Hosanna! Hosanna!

Almal is so bly.

Maar wie het ooit gedink dat Hy moes sterf vir my.

F171. Hosanna In Die Hoogste

(RUBRIEK: Gemeentesang – Lof)

Oorspronklike titel: Hosanna in the highest

Teks en musiek: Carl Tuttle

Afrikaanse vertaling: Jan de Wet

© Mercy Publishing / Universal Songs

1. Hosanna (x3)

in die hoogste.

Hosanna (x3)

in die hoogste.

Ons verheerlik u Naam

soos ons nou voor U staan.

U’s verhewe, o Here God.

Hosanna in die hoogste!

2. Loof Hom (x2)

loof die Koning en Heer.

Loof Hom (x2)

25

bring aan Hom die lof en eer.

Heer, ons bring U die eer,

U, ons Koning en Heer.

Word verheerlik, o Here God.

Hosanna in die hoogste!

VONKK 28 Ons Aanbid U, Jesus Heer

Ons aanbid U, Jesus Heer.

Ons besing u heil’ge Naam.

Deur al u bitter lyding

gee U ons bevryding.

Deur al u bitter lyding

gee U ons bevryding.

Adoramus te Christe,

benedicimus tibi,

quia per crucem tuam

redimisti mundum,

quia per crucem tuam

redemisti mundum.

Teks: Adoramus te Christe – Taizé 2001; Afrikaanse weergawe Breda Ludik 1994

Musiek: Jacques Berthier 1923-1992

26

Ateliers et Presses de Taizé, Frankryk.

Met toestemming gebruik (Latyn, Afrikaans in hierdie weergawe en musiek)

© 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)

RUBRIEK: Meditatief – Gebed / Nagmaal / Lydenstyd

F208. U Het Nie Gewag Op My

(RUBRIEK: Flam – Lydenstyd)

Oorspronklike titel: You did not wait for me

Teks en musiek: Mark Altrogge

Afrikaanse vertaling: Faani Engelbrecht © 2006

© 1985 Sovereign Grace Praise

CCLI Song No. 24047; CCLI License No. 2048851

U het nie gewag op my om na U te kom

maar Uself geklee met brose menslikheid.

U het nie gewag op my, om uit te roep na U

maar U roep my op die naam: “Kom na My”.

Vir ewig is ek dankbaar, o, Heer,

dankbaar vir die kruis, Heer, wat U dra.

Vir ewig is ek dankbaar, o Heer

want U soek my voor ek daarvoor vra.

F207. U Het U Heerlikheid, O Heer

(RUBRIEK: Flam – Lydenstyd / Lof)

27

Oorspronklike titel: You laid aside Your majesty

Teks en musiek: Noel Richards

Afrikaanse vertaling: Hanneke en Faani Engelbrecht © 2006

© 1985 Thankyou Music

(Fil 2:5-11)

U het u heerlikheid en eer, vir die wêreld prysgegee.

U het swaar gely onder sondaarshande.

U het al ons skuld gedra aan die kruis op Golgota.

U het opgestaan – U heers vanuit die hemel.

Here, ek wil U besing, U my hart se loflied bring.

O, Here, hoor my dankgebede.

Ek wil U altyd vereer en aan U my lewe gee.

Here, hoor my as ek sing vir U my Koning.

VONKK 55 Jesus, Toe U Mens Geword Het

1. Jesus, toe U mens geword het,

en vir die mens u bloed gestort het,

het U gekom soos God dit wil.

Here, mag my lewenstrewe

– my denke, dade, hele lewe –

ook so gerig wees op u wil.

Ek wil my hart en hand,

my Heer, aan U verpand.

28

Hoor my bede:

Kom heilig my, en leer U my

om al my liefde Ú te wy.

2. Elke dag, as mens verbonde

aan ons gebrokenheid en sonde,

het U gely, getroos, gedien.

Ja, o Heer, te alle tye

was U vervul met medelye,

en alle nood het U gesien.

Leer my ook elke dag

wat U van my verwag.

Laat my liefde

opmerksaam bly, wil U my lei

om aan u diens my toe te wy.

3. U, Heer Jesus, het geduldig

die ergste leed verduur, onskuldig,

op vyande U nooit gewreek.

Selfs vir hul met wrede harte

het U gebid in al u smarte.

U het gekom om vry te spreek.

U dra die doringkroon,

betaal ons sondeloon.

Jesus Christus, kom help U my, dat as ék ly,

ek ook soos U vergewend bly.

29

Teks : Heil’ge Jesus, mijn ten leven –Jodocus van Lodenstein 1620-1677; Nederland 1806; GBA Gerdener 1931; AGB 1944; gewysig Gerjo van der Merwe 1978; gewysig VONKK-werkgroep 2009

Melodie: “Wachet auf” ruft uns die Stimme – Phillip Nicolai 1599, in aansluiting by Hans Sachs 1513?; aangepaste vorm 1803-05 Gebruik met toestemming van die NG Kerk Uitgewers

© Teks en orrelbegeleiding: 2009 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)

© Melodie: Openbare besit

RUBRIEK: Klassiek – Toewyding en Aanroeping / Nagmaal / Lydenstyd

F91. U Genade Vir My Is Genoeg

(RUBRIEK: Flam – Dankbaarheid / Lydenstyd / Opstanding)

Oorspronklike titel: Uw genade is mij genoeg

Teks en musiek: Marcel Zimmer

Afrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht

© 1998 Celmar Music

1. Sien hoe Jesus daar loop in Jerusalem,

met ’n kruis op sy rug en ’n doringkroon.

Hoor die menigte skreeu en roep: “Kruisig Hom!” –

so betaal Hy die sondeloon.

2. Sien die Lam aan die kruis daar op Golgota:

God wat mens word en ly, die vernedering.

Sien die liefde vir ons in sy oë staan,

toe Hy roep: “Dit is volbring!”

30

Refrein:

Ja, ek dank U vir u genade, o Heer,

U het die kruis gedra.

U bewys u genade aan my telkens weer

en dis meer as wat ek kan vra.

3. In die ryk van die dood het Hy neergedaal.

Ja, uit liefde vir ons wat ons nie verstaan.

Maar die steen van die graf is nou weggehaal –

Jesus leef, Hy het opgestaan!

Refrein:

4. En nou kom ek tot U met vrymoedigheid;

met ontsag en respek, kniel ek voor U neer.

U is Koning en God tot in ewigheid

U is Jesus die hoogste Heer.

Refrein:

U genade’s vir my genoeg!

U genade’s vir my genoeg!

4 God praat met ons en ons luisterGebed (Uit: Vir die erediens- ‘n Handleiding: 2007 deur Bybel Media, Gebaseer op die sogenaamde “Stasies van die kruis”.)[Kry vooraf ‘n lidmaat om die “voorganger” gedeeltes te lees]Voorganger (V): Here, U het vir u dissipels gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën,sy kruis dra en My volg.” In u Naam bid ons:Gemeente (G): Here, help ons om ons kruis op te neem en U te volg.V: U het voor Pilatus gestaan, ter dood veroordeel, terwyl u woord verwerp en u onskuld verag is.

31

G: Bewaar ons daarvan om u Woord wat vol waarheid en heil is, te verwerp.V: U het u kruis gedra, uit liefde vir ons en vir die ganse mensdom.G: Help ons om ons kruis te dra, uit liefde vir U en vir ons medemens.V: Die gewig van u kruis was die las van ons sonde wat ons laat struikel en val.G: In ons swakheid kom ons na U toe vir krag.V: Al het U gely, het U steeds uitgereik en u moeder versorg.G: Gee dat die kruis wat ons dra, ons nie sal verhinder om na die mense rondom ons om te sien nie.V: Toe U geworstel het om u kruis te dra, het hulle ’n verbyganger gedwing om dit te dra.G: Maak ons gewillig om soos Simon die laste van hulle wat swaarkry, te dra.V: Ander het dit ook gewaag om U by te staan.G: Versterk ons geloof sodat ons dit ook sal waag om na ons broers en susters om te sien.V: Die las van sonde het swaar op U gerus terwyl U op die kruisweg voortgestrompel het.G: Vergewe, Here, die sonde wat ons laat struikel en val.V: U lyding op pad na Golgota het die vroue van Jerusalem laat huil.G: Gee dat ons lyding in hierdie lewe opgeneem sal word in u lyding op pad na die kruis.V: Die volle las van ons sonde het U verbrysel.G: Laat ons nie in ons sonde aan onsself oor nie, maar bewerk in ons berou en geloof.V: Ontbloot en bespot, het U die vernedering ring verduur sonder om daaroor te kla.G: Maak ons nederig in dit wat ons doen en daagliks ervaar.V: Vasgespyker aan die kruis, het U u plek ingeneem tussen die veroordeeldes.G: Wees ook so tussen ons as sondaars en bring ons deur geloof saam met U in die paradys.V: Toe U offer volbring is, het U u lewe in die hande van die Vader oorgegee.G: Hou ons naby aan u kruis en aan u dood, nou en in die uur van ons dood.V: Troue vriende en toegewyde vroue het u liggaam versorg.G: Maak ons trou en toegewyd in die versorging van u liggaam, die kerk hier op aarde.V: In die graf is U neergelê, maar uit die graf het U opgestaan.G: Wees die Heer van die opstanding vir ons en vir almal wat aan U behoort.V: Here Jesus, ter wille van u kruis en lyding, is ons vrygespreek deur geloof, skoongewas van ons sonde, en herstel in ons verhouding met God. Ons dank U vir u kruis en vir die diepte van u liefde vir ons. Help ons om ons kruis in die wêreld te dra en om U te volg totdat U ons saam met U in die koninkryk van God laat ingaan, waar U saam met die Vader en die Heilige Gees regeer, een God, nou en vir ewig.G: Amen.

Skriflesing(Deel van prediking)

4.1 Familie-oomblikAs jy moeite doen om die diens visueel en deelnemend aan te bied, is ‘n spesifieke familie-oomblik nie nodig nie – veral as die kinders deelneem aan die “intog” en die skriflesings.

Of lees Die Donkie Waarop Niemand Kon Ry Nie deur Anthony Destefano – beskikbaar by CUM Boeke. http://www.cumbooks.co.za/die-donkie-waarop-niemand-kon-ry-nie-hardeband

32

4.2 Preekriglyn[Nota: Aangesien die voorgeskrewe teks vir vandag baie lank is, word aanbeveel dat die hele teks wel voorgelees word, maar dat daar minder aandag aan prediking gegee word, sodat die teks self die oorwig van die Woordbediening vorm. Doen dus besondere moeite met die voorlees van die teks, wat deur Woordbediening en liturgiese momente, soos sang en aanbidding, aangevul word.]

4.2.1 Prediking – Deel 1 (Inleiding tot Markus 14)Markus 14 vertel van die gebeure in die onmiddellik aanloop tot Jesus se sterwe. Die momente stapel vinnig die een op die ander. Die verhaal ontplooi in episodes, wat op 'n besondere manier op mekaar volg. . In hoofstuk 14 dra die episodes altyd 'n karakter wat met A of B aangedui kan word, waar:

A altyd die dissipels en/of mense rondom Jesus, en

B die fokus op Jesus verteenwoordig.

Kom ons gee 'n voorskou van die verhaal deur die episodes as volg op te som:

A Die Joodse leiers beplan om Jesus dood te maak (14:1-2).

B Jesus word in Betanië gesalf (14:3-9).

A Judas onderneem om Jesus te verraai (14:10-11).

B Jesus sorg vir die reëlings van die Paasmaaltyd (14:12-16).

A Jesus voorspel dat een van die twaalf Hom sal verraai (14:17-21).

B Jesus deel die maaltyd met sy dissipels (14:22-25).

A Jesus voorspel Petrus se verloëning en die ander dissipels se vlug (14:26-31).

B Jesus bid in Getsemane (14:32-42).

A Judas verraai Jesus en al die dissipels vlug (14:43-52).

B Jesus onthul Homself tydens die Joodse verhoor (14:53-65).

A Petrus verloën Jesus drie keer (14:66-72).

Ons luister na die voorlesing van hoofstuk 14, waarin ons meer leer van wie Jesus is, en hoe Hy aan ons bekendgestel word in sy lyding.

4.2.2 Lees Markus 14 voor[Kry minsens twee lesers – een om die “A” gedeeltes te lees en een wat die “B” gedeeltes lees. Sodoende word die bogenoemde boodskap sterkter oorgedra. Laat die lesers vooraf oefen om die gedeeltes dramaties, gevoelvol voor te lees.]

4.2.3 Gemeentesang[Terwyl ‘n aantal lidmate die Nagmaalsbeker en brood inbring en prominent in die liturgiese ruimte staan maak]

Lied 379 Jesus Christus, Lam van God (kanon) ofVONKK 28 Ons Aanbid U, Jesus Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0028 ofFlam 208 U Het Nie Gewag Op My http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F208

33

4.2.4 Prediking – Deel 2Markus 14 bestaan uit 11 episodes waarin die optrede van die dissipels en die mense rondom Jesus telkens afwissel. Ons A-B-A-patroon wys dit duidelik uit.

In hierdie elf tonele word voorspellings en uitbeeldings van die dissipels se mislukkings afgewissel met voorstellings van Jesus. Hoe nader aan die kruis, hoe meer radikaal raak die dissipels se afvalligheid totdat dit uitmond in Petrus (wat in hierdie evangelie die hoofkarakter onder die dissipels is) wat Jesus al vloekend ontken.

Die sesde toneel waar Jesus die maaltyd saam met sy dissipels gebruik, is die hart van hierdie hoofstuk. Ten spyte van die dissipels se ontrou bevestig Jesus hier sy verbondenheid en lojaliteit aan sy dissipels en gee Hy aan hulle ’n belofte van ’n herontmoeting in Galilea.

Dit is wie die lydende Jesus is. Ten spyte van sy dissipels se ontrou en groeiende afvalligheid, sê Hy sy teenwoordigheid aan hulle toe by die tekens van brood en wyn.

Daar is nie groter trou, toewyding en passie om God se koningskap te vestig te kry, anders as by die lydende Messias nie. Dit is wie Jesus vandag nog is. Hy gaan voort om sy teenwoordigheid aan ons toe te sê, en ons daarvan te verseker by die breek van die brood en die drink van die wyn.

Daarvoor kan ons Hom loof en prys.

4.2.5 Gebed[Kry vooraf ‘n lidmaat om die “voorganger” gedeeltes te lees]Voorganger (V):Kom ons dank die Here ons God.Gemeente (G):Dit is gepas dat ons dank en lof aan die Here bring.V: Ons loof en dank U, o God, vir die groot liefdesdade waarmee U ons verlos het deur u Seun Jesus Christus, ons Here. Help ons dat ons Hom altyd sal eer as ons Here en Koning en Hom sal volg met volkome vertroue. Ons vra dit in sy Naam, Hy wat saam met U en die Heilige Gees leef en regeer, een God, nou en vir ewig.G: Amen.(Uit: Vir die erediens- ‘n Handleiding: 2007 deur Bybel Media)

4.2.6 Prediking – Deel 3 (Inleiding tot Markus 15)In Markus 15 word die patroon voortgesit en verteenwoordig A die mense rondom Jesus, terwyl B steeds op die onthulling van Jesus fokus. Waar hoofstuk 14 by A (oor die dissipels) opgehou het begin hoofstuk 15 by B, met ’n onthulling van Jesus. Dit lyk dan soos volg:

B Jesus se selfbekendmaking tydens die opening van die verhoor (15:1-5).

A Barrabas word vrygelaat in plaas van Jesus (15:6-11).

B Pilatus verklaar Jesus onskuldig en op ironiese wyse verklaar hy vir Jesus tot Koning (15:12-15).

A Die Romeinse soldate vertel (ironies) die waarheid omtrent Jesus terwyl hulle Hom spot (15:16-20a).

34

B Jesus word gekruisig (15:20b-25).

A Die verbygangers en Joodse leiers vertel (ironies) die waarheid omtrent Jesus terwyl hulle Hom spot (15:26-32).

B Wanneer Jesus sterf verklaar ’n offisier dat Hy die Seun van God is (15:33-39).

A ’n Groep vroue hou die kruisiging op ’n afstand dop (15:40-41).

B Jesus word begrawe (15:42-47).

4.2.7 Lees Markus 15 voor[Kry minsens twee lesers – een om die “A” gedeeltes te lees en een wat die “B” gedeeltes lees. Sodoende word die bogenoemde boodskap sterkter oorgedra. Laat die lesers vooraf oefen om die gedeeltes dramaties, gevoelvol voor te lees.]

4.2.8 Gemeentesang[Terwyl ‘n lidmaat ‘n kruis inbring en prominent in die liturgiese ruimte staan maak, by die brood en wyn]Lied 401 Wie sal ons glo as ons vertel ofLied 384 Jesus, o dink aan my ofFlam 207 U Het U Heerlikheid, O Heer http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F207

4.2.9 Prediking – Deel 4Soos in hoofstuk 14, is ook die sesde toneel in hoofstuk 15, Jesus se kruisiging, die fokuspunt van die vertelling. Die hoogtepunt van die hoogtepunt is wanneer die Romeinse hoofman by die kruis by Jesus se sterwe sê: "Waarlik, hierdie man was die Seun van God."

Dit is soos Jesus, volgens die Markusevangelie geken wil word as Here: Hy is die Seun van God, die Een wat getrou bly tot in die dood aan die kruis.

Vir Markus is die Koningskap van Jesus en die kruis ten nouste met mekaar verbind. Hy doen groot moeite om ons bewus te maak dat Jesus as die "Koning van die Jode" gekruisig is. In die eerste 32 verse van hoofstuk 15 word Jesus ses keer die "Koning van die Jode/Israel" genoem. Die salwing in Betanië waaroor aan die begin van hoofstuk 14 berig word, sou ook as ’n heenwysing na Jesus se koningskap gelees kon word, dat Hy gesalf is tot Koning.

In Jesus se kruisiging is dit die Romeinse Ryk en sy Joodse meelopers, en die koninkryk van God wat in botsing kom. Twee koninkryke sê mekaar die stryd aansê en kom in konfrontasie.

Het Jesus die stryd verloor? Is sy kruisiging ’n laagtepunt wat dan later in die opstanding omgekeer word? Vir Markus word Jesus nie eers Koning deur of na sy opstanding nie! Dit is in sy kruisiging wat Hy as Koning geopenbaar word!

'n Skrifkenner skryf die volgende:

Die verhaal lei die hoorders om die kruisiging te sien as die diepste paradoks van God se regering: die Gesalfde is Koning presies omdat Hy bereid was om vir ander te lewe, selfs al beteken dit hierdie vernederende dood. Slegs toe Jesus uiteindelik om hierdie verskriklike

35

manier sterf, laat Markus die eerste keer in sy evangelie toe dat iemand Hom die "Seun van God" noem.

Hierdie is inderdaad die eerste keer in Markus se evangelie dat Jesus deur ’n mens (die Romeinse soldaat) die "Seun van God" genoem word! Nou, op hierdie oomblik! Waar Jesus voorheen (in die Markusevangelie veral!) mense belet het om sy Koningsgeheim, sy Messiaanse geheim te verklap, word dit nou tydens sy kruisiging by herhaling uitgelap. Volgens Markus is dit die aangewese oomblik om sy koningskap aan die lig te bring. Só oefen God sy heerskappy in die gekruisigde Christus uit.

In die teken van die kruis

[Die liturg gaan staan by die tekens en beweeg vanaf die Nagmaalstekens na die kruis, of lig eers die een op, dan die ander]

Die kern van hoofstuk 14, die nagmaal, en die kern van hoofstuk 15, die kruis, is die manier waarop Christus deur die eeue by sy kerk teenwoordig is. Hy sê sy teenwoordigheid aan ons toe deur die bediening van brood en wyn, wat herinner aan sy gebreekte liggaam en sy uitgestorte bloed.

Hierdie bediening van die kruismoment verskaf ook die toonaard waarin die kerk in die wêreld aanwesig is: deur nederige, selfopofferende diens. Só word die regering van God deur ons 'n werklikheid.

4.2.10 Gebed/geloofsbelydenis(Uit: Vir die erediens- ‘n Handleiding: 2007 deur Bybel Media, na aanleiding van die Apostoliese Geloofsbelydenis en Filippense 2:5-11.)Gemeente (G): Ek glo in Jesus Christus, die eniggebore Seun van God die Vader.Voorganger (V): Hy wat in die gestalte van God was, maar Homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.G: Wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is.V: Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.G: Hy het op die derde dag weer opgestaan uit die dood, opgevaar na die hemel en Hy sit aan die regterhand van God die almagtige Vader.V: God het Hom tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is.G: In die Naam van Jesus sal elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie buig, en elke tong sal erken: Jesus Christus is die Here!V: Tot eer van God die Vader.G: Amen.

4.2.11 GemeentesangLied 397 Ontsluit, o Heer, ontvlam ons hart ofVONKK 55 Jesus, Toe U Mens Geword Het http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0055 of Flam 91 U Genade Vir My Is Genoeg http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F091

5 God stuur ons om te leefDankoffer

36

Slotsang(Dit is gepas om nié ’n uitsendingslied aan die einde van die erediens op Palmsondag te sing nie, omdat die gemeente daarvandaan die groot lydensweek binnegaan. Beklemtoon die onvoltooitheid en afwagting waarmee die diens eindig.)

SeënMag die liefde van die Here Jesus ons na hom toe trek.Mag die krag van die Here Jesus ons sterk maak in sy diens.Mag die vreugde van die Here Jesus ons vervul.Mag die seën van die almagtige God, Skepper, Seun en Heilige Gees, tussen ons wees en vir altyd bly.Deur William Temple (1881-1944) (Uit: 2001. Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle. Wellington, Lux Verbi.BM.)

ResponsDie gemeente verlaat die kerkgebou in stilte.

6 Volgende erediensJesaja 52:13 – 53:12

Familie-oomblik en Liturgie: Rethie van Niekerk

Powerpoint: Wicus Wait

Preekverwerking: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

37