preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/sef…  · web...

25
Derde Sondag in Advent – 13 Desember 2015 - Sefanja 3:14-20 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................2 1.2 Fokusteks...................................................3 1.3 Eksegetiese opmerkings......................................4 1.4 Ekstra stof.................................................4 2 Erediens........................................................7 2.1 Tema........................................................7 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................7 2.3 Liturgie....................................................7 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................8 3.1 Rus.........................................................8 3.2 Liedere....................................................11 4 God praat met ons en ons luister...............................12 4.1 Familie-oomblik............................................13 4.2 Preekriglyn................................................13 5 God stuur ons om te leef.......................................17 6 Volgende erediens..............................................18 1 Oorsig 1

Upload: others

Post on 02-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Derde Sondag in Advent – 13 Desember 2015 - Sefanja 3:14-201 Oorsig............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste..........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks..............................................................................................................................3

1.3 Eksegetiese opmerkings........................................................................................................4

1.4 Ekstra stof.............................................................................................................................4

2 Erediens.........................................................................................................................................7

2.1 Tema.....................................................................................................................................7

2.2 PowerPoint agtergrond.........................................................................................................7

2.3 Liturgie..................................................................................................................................7

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................8

3.1 Rus........................................................................................................................................8

3.2 Liedere................................................................................................................................11

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................12

4.1 Familie-oomblik...................................................................................................................13

4.2 Preekriglyn..........................................................................................................................13

5 God stuur ons om te leef.............................................................................................................17

6 Volgende erediens.......................................................................................................................18

1 OorsigDie derde Sondag van Advent staan bekend as Gaudete Sondag van vreugde ("wees bly"), na aanleiding van Filippense 4.

Al vier die tekste vir hierdie Sondag belig die vreugde op 'n ander manier. Al vier tekste kan ook met die doop verbind word.

1

Page 2: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

1.1 Ander tekste

Jesaja 12:2-612 Op daardie dag sal jy sê:“Ek loof U, Here!

U was kwaad vir my,maar U is nou nie meer kwaad nieen U het vir my uitkoms gegee.2God is my redder;Ek vertrou op Hom,

ek is nie meer bang nie.Die Here my God is my krag

en my beskerming;Hy is my redder.”3Met blydskap sal julle water skepuit die fonteine van redding.4Op dié dag sal julle uitroep:“Loof die Here,roep sy Naam aan,maak sy dade onder die volke bekenden verkondig dat sy Naam groot is.5Sing tot die eer van die Here,

want Hy het groot dinge gedoen,maak dit aan die hele wêreld bekend.6Jubel en juig,

inwoners van Sion,want groot is die Heilige van Israelen Hy is by julle!”

Filippense 4:4-74Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! 5Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. 6Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Lukas 3:7-187Die mense het in groot getalle uitgegaan om deur Johannes gedoop te word. Hy het vir hulle gesê: “Julle slange, wie het julle wysgemaak dat julle die dreigende toorn kan ontvlug? 8Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is. En moenie by julleself sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek. 9Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

10Die mense vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?”

11Hy antwoord hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”

2

Page 3: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

12Daar kom toe ook tollenaars om gedoop te word en hulle sê vir hom: “Meneer, wat moet ons doen?”

13En vir hulle sê hy: “Moenie meer invorder as wat vir julle vasgestel is nie.”

14Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?”

Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.”

15Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie. 16Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. 17Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.”

18Ook oor baie ander dinge het hy dikwels die volk vermaan en die goeie boodskap aan hulle verkondig.

19Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. 20Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit.

1.2 FokusteksEk gee aan julle roem en eer

14Sing, Sion! Juig, Israel!Wees met alles wat jy is, vrolik en bly,Jerusalem!15Die Here het 'n einde gemaakaan jou straf,Hy het jou vyande laat padgee.Die Koning van Israel,die Here, is by jou;jy hoef geen ramp meer te vrees nie.16Daardie dag sal daarvir Jerusalem gesê word:Moenie bang wees nie, Sion,moenie jou hande moedelooslaat hang nie!17Die Here jou God is by jou,Hy, die krygsman wat red.Hy is vol vreugde oor jou,Hy is stil-tevrede in sy liefde.Hy jubel en juig oor jou:

3

Page 4: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

18Ek maak dié bymekaar wat treur,ver van die feestelikheid af,dié wat uit jou uit komen ter wille van joudie smaad gedra het.19Ek gaan nou optree teen almalwat jou verdruk het,Ek gaan die kreupeles help,die verstrooides bymekaarmaaken die vernederingwat hulle moes ondergaan,in eer verander,in roem oor die hele aarde.20Wanneer die tyd daar is,laat Ek julle kom,maak Ek julle bymekaaren gee Ek aan julle roem en eeronder al die volke op aarde;dit is die tyd wanneer Ekjulle lot verander,julle sal dit met julle eie oë sien,sê die Here.

1.3 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en Fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2015-2016 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

Meegaande preek is 'n verwerking van materiaal in Woord en Fees.

1.4 Ekstra stofSefanja – Ruk julle reg voor die toorn van die Here julle tref

Inleiding

Die negende boek van die Twaalf Kleiner Profete is Sefanja. Hy is ‘n tydgenoot van Jeremia, Nahum, Obadja en moontlik Joël. Sefanja waarsku Juda en Jerusalem dat die belydenis van God se hulp in die profeet Nahum net vervulling kan vind in die nougesette terugkeer na en bekering tot die Here. Anders sal sy toorn hulle net so seker tref as wat dit Nineve sal tref. Hy profeteer ook téén die nasies (2:4-15).

Sefanja verkondig sterk – soos die profeet Joël – dat die "dag van die Here" (1:7,14) gaan aanbreek. Verwysings na "die/daardie dag" kom bv. 16 keer voor tussen 1:7 en 2:3! Hierdie dag van die Here sluit soos by al die ander profete oordeel en genade in. Vergelyk bv. 2:1-3 waar die dag moontlik ‘n geleentheid tot bekering kan wees: "Miskien bly julle die straf gespaar op die dag van die toorn van die Here." Maar, sonder bekering sal die oordeel van die Here die volk verwoes, soos inderdaad met die wegvoering in ballingskap gebeur het.

4

Page 5: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Tog eindig die boek steeds met van die mooiste beskrywings van die verlossing wat God sal bring. Dit geld vir beide die nasies – "daarna sal Ek weer nasies se lippe rein maak" (3:9) – as vir die Godsvolk – "Die Here jou God is in jou midde, ‘n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel." (3:17).

Sefanja is volgens vers 1 moontlik ‘n koninklike afstammeling, ‘n agter-kleinkind van koning Hiskia, hoewel Amarja nie as ‘n seun van Hiskia êrens anders genoem word nie (daar is wel só ‘n hoëpriester, maar uit ‘n vroeër tyd – 2 Kron. 19:11). Die ander name wat genoem word, is ook nie bekend nie. Daar is dus wel ‘n skraal moontlikheid dat Sefanja familie is van die koning van sy tyd, Josia. Ons het egter nie genoeg inligting om dit verseker te sê nie.

Sefanja profeteer in Juda vóór die val van Nineve in 612 v.C. (in 2:13 word dit voorspel) en ook waarskynlik vóór die hervormings van Josia ingeskop het in 622-621 v.C. Dié hervormings het veranderinge ingesluit van juis dié dinge waarteen Sefanja hom uitgespreek het (1:4 – Baäl-aanbidding; 1:5 – aanbidding van hemelliggame). Josia het dus waarskynlik Sefanja se boodskap ter harte geneem, soos hy dit ook gedoen het met die boodskap van Jeremia.

Lees meer daaroor by my bydraes 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek en 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid .

Interessant genoeg tree daar ook ‘n priester met die naam Sefanja ‘n bietjie later in dié tyd op (Jer. 21:1). Hoewel daar geleerdes is wat die priester en die profeet met mekaar in verband bring, was dié priester Sefanja se pa egter Maäseja. Sefanja het 'n meer gematigde houding as die ander amptenare teenoor Jeremia gehad. Hy lees op 'n punt vir hom briewe wat van die ballinge af teruggestuur is (Jer. 29:29) en reageer nie op die negatiewe inhoud daarin nie. Hy vra op 'n keer, in opdrag van koning Sedekia, dat Jeremia vir die volk sal bid (Jer. 37:3), hoewel dit nie tot enige uitkoms gelei het nie. Sefanja is in ballingskap weggevoer en deur koning Nebukadnesar doodgemaak in Ribla, in Hamat, 'n tragiese einde (Jer. 52:24-27).

Lees meer in my bydraes: Jeremia 21 – Ek het besluit om hierdie stad nie te spaar nie, Jeremia 29 – Ek beplan vir julle voorspoed, nie teenspoed nie, Jeremia 37 – Die Galdeërs sal Jerusalem verbrand, en Jeremia 52 – Die lot van Sedekia en Jojagin met die wegvoering in ballingskap.

Sefanja 3:9-20 – Ná die oordeel sal die Here julle nuut maak met sy liefde

Sefanja sluit sy boek af met drie van die mooiste boodskappe van hoop wat in die Twaalf Kleiner Profete, trouens in die hele OT, te vinde is:

3:9-13 – Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak – daarvoor kan ons bid. 3:14-17 – Die Here jou God is by jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde – die belofte kan ons

toeëien. 3:18-20 – Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het – dit is ‘n groot troos.

3:9-13 – Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak

Sefanja spring weg met ‘n belofte dat God nie net die volk vanuit die ballingskap sal terugbring nie. Hy sal ook wêreldwyd ingryp: "Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak, sodat hulle almal My

5

Page 6: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

sal aanroep en soos een man My sal dien." (3:9). Hy neem ook die skande en skaamte weg wat die ballingskap vir die Godsvolk gebring het. Sy doel met die ballingskap sal dan bereik wees: "Jy sal nie meer vol hoogmoed wees daar op my heilige berg nie." (3:11).

Dit is duidelik dat die Here net ‘n pad kan stap met dié wat nederig en ootmoedig is, dié wat op Hom vertrou en nie op hulleself en hulle eie krag staatmaak nie. Dit is net dié mense wat die wet sal kan nakom, dít wat in die Tôrâ beskryf is. Aan die een kant sal hulle: "nie onreg doen nie en nie lieg nie; daar sal uit hulle mond nie valsheid kom nie." (3:13). Aan die ander kant sal hulle: "'n kudde wees wat wei en gaan lê en rus sonder dat iemand hulle skrikmaak nie." Psalm 23 gaan vir hulle in vervulling.

3:14-17 – Die Here jou God is by jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde

Sefanja se fokus skuif na die toekomstige vrede wat in Juda en Jerusalem sal heers. Die volk kan solank hulleself verheug in wat gaan kom: "Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem!" Die oorlog sal vergete wees, die vyand verslaan. Die Here self sal as Koning optree en hulle van rampe beskerm. Hulle moedeloosheid sal verdwyn.

Let op hoe pragtig Sefanja die teenwoordigheid van die Here beskryf: "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou." (3:17). Die voorgestelde BDV se vertaling gebruik vir die middelste deel ‘n ander tekslesing wat egter net so ‘n pragtige boodskap is: "Die HERE jou God is in jou midde, 'n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel."

3:18-20 – Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het

Sefanja eindig met ‘n besondere woord van troos: "Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het." (3:18). ‘n Mens kan daarin iets raaksien van die feit dat die Here baie bewus is van dié wat ter wille van ander regoor die wêreld en regdeur die eeue smaad gedra het. Soos Peterson die vers vertaal: "The accumulated sorrows of your exile will dissipate. I, your God, will get rid of them for you. You've carried those burdens long enough." (The Message).

Dit is een van die helder boodskappe wat Sefanja dus vir ons gee. God tree op en stel onreg reg. Hy vra nie van ons iets wat Hyself nie ook doen nie. Soos Hy van ons verwag dat ons reg sal doen, só sal Hyself altyd reg laat geskied, al sluit dit ook in dat Hy straf om deur die straf dinge reg te stel. "Wanneer die tyd daar is," sal die Here hulle lot verander.

Boodskap

Drie verse uit dié pragtige hoopvolle gedeelte bly my by, een uit elkeen van die drie perikope. Dit is die moeite werd om dit te memoriseer en met jou saam te dra as gebed, belofte en troos.

GEBED: "Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak, sodat hulle almal My sal aanroep en soos een man My sal dien." (3:9) – dit is ‘n gebed wat ons daagliks kan en moet bid ter wille van hierdie wêreld. Ons mag nie ophou nie. Die Here sal antwoord en meer doen as wat ons bid of dink.

6

Page 7: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

BELOFTE: "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou." (3:17) – dit is ‘n belofte wat vir elke kind van God geld. Jy kan dit vir jou elke dag van jou lewe toeëien. Jy kan ook die voorgestelde BDV se vertaling gebruik wat, hoewel die middelste deel op ‘n ander tekslesing gegrond is, net so geldig is vir ons lewe: "Die HERE jou God is in jou midde, 'n held wat bevry. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou nuut met sy liefde. Hy sal met uitroepe van vreugde oor jou jubel."

TROOS: "Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het." (3:18) – die Here is baie bewus van dié wat ter wille van ander regoor die wêreld en regdeur die eeue smaad gedra het. Soos Peterson vertaal: "The accumulated sorrows of your exile will dissipate. I, your God, will get rid of them for you. You've carried those burdens long enough." Daar kom ‘n einde aan lyding. Die Here sien raak wat jy doen vir ander, en die pyn wat baie keer daarmee gepaard gaan. Die Here haal uiteindelik die las van ons skouers af. Hy verander die lot van sy mense. Daarvoor kan ons Hom vertrou.

2 Erediens

2.1 Tema

2.2 PowerPoint agtergrondBeide die agtergronde is deur geralt by pixabay.com, albei creative commons lisensie

2.3 LiturgieAanvangslied 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4

Die 3e adventskers word aangesteek

Belydenis

Aanvangswoord (Jesaja 11)

SeëngroetLied 327 Dag van verlossing! Kyk, Hy kom vs 1,2,3,4,5,6

Wet (Ahv Lukas 3)

Skuldbelydenis 235 Voor U wet Heer staan ons skuldig 1,2

Vryspraak (Romeine 8)

Aanvaarding van Vryspraak (Uit Jesaja 12)

Loflied 190 Grote God aan U die eer 1,2,3

EpikleseSkriflesing Sefanja 3:14-20

7

Page 8: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Prediking

Gebed

Offergawes

Wegsending 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4

Seën

Antwoord Lied 312/313/314/315/ of

F361. Laat Dit So Wees (Amen)

of

Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”)

Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusSondag van Vreugde

In die liturgie word oa weer gebruik gemaak van Bybelmedia se Woord en Fees 2013/14.

Plaas die “Stomp van Isai” as simbool op ’n prominente plek in die bedieningsruimte. Die ingangsruimte van die ontmoetingsplek kan besonder sinvol wees. Die droë stomp met die enkele rooi lint van hoop moet so geplaas word dat lidmate dit sal opmerk.

Aanvangslied 354 O Christus ons verlange vs 1,2,3,4

Die 3e adventskers word aangesteek

Belydenis

Ons verwerp alle vorme van geweld en ontmensliking omdat ons glo in God die Vader. Die Een wat die wêreld geskep het en wat dit daagliks onderhou.Die God wat alle mense as gelykes geskep het en wat in besonder medelye betoon met hulle wat arm of vreemd is. Ons erken die menswaardigheid van alle mense omdat ons glo in Jesus Christus. Die Een wat die pyn en lyding van hierdie wêreld op homself geneem het. Die God wat die lyding ken van hulle wat leef in situasies van geweld en oorlog.Ons praat en leef profetiesomdat ons glo in die Heilige Gees.Die Een wat ons roep vanuit ons magteloosheid.Die God wat aan ons ’n stem gee en wat ons roep tot handelinge van medelye. Vrede is moontlik omdat ons God ken as Vader, Seun en Gees. Amen.

8

Page 9: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Aanvangswoord (Jesaja 11)’n Takkie sal uitspruituit die stomp van Isai,’n loot uit sy wortels sal vrugte dra.2Die Gees van die Here sal op hom rus:die Gees wat wysheid en insig gee,die Gees wat raad en sterkte gee,die Gees wat kennis verleenen eerbied vir die Here.3Die takkie sal vreugde vindin die diens van die Here.Hy sal nie regspreekvolgens uiterlike skyn nieen nie oordeel volgens hoorsê nie.4Hy sal die armes billik verhooren die ootmoediges in die landregverdig oordeel.Hy sal die goddeloses in die landhard oordeel,met sy uitsprake sal hy hulleom die lewe bring.5Hy sal regverdigen betroubaar regeer.6Wolwe en skape sal dan saam bly,luiperds sal tussen bokkies lê,kalwers, leeus en voerbeestesal bymekaar weesen klein seuntjies sal vir almal sorg.7Koeie en bere sal saam wei,hulle kleintjies sal bymekaar lê,leeus sal gras eet soos beeste.8Babatjies sal by die gate van addersspeel,klein kindertjies sal hulle handeuitsteek na giftige slange.9Op my heilige berg sal niemand kwaad aanrig of iets verniel nie, want die aarde sal so vol wees van die kennis van die Here soos die see vol water is.10In dié tyd sal iemand uit die geslag van Isai ’n vaandel wees vir die volke. Die nasies sal na hom vra, en sy woonplek sal hoë aansien geniet.

SeëngroetWees gegroet in die Naam van Jesus Christus, Die Een wat van die oertyd af voorspel is.Die Een na wie verlang is.Die Een wat mens geword het, wat lyf geword het, wat niks geword het ten einde alles te word.Die Een op wie ons hoop.Die Een wat sal terugkeer.

9

Page 10: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

of

Genade vir julle, hoop, vrede, vreugde en liefde van God ons Vaderen van Jesus Christus, wat gekom het, hier is en weer kom en van die Heilige Gees. (Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2015-16)

Lied 327 Dag van verlossing! Kyk, Hy kom vs 1,2,3,4,5,6

Wet (Ahv Lukas 3)

8Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.

Die byl lê al klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.”

10Die mense vra hom toe: “Wat moet ons dan doen?”11Hy antwoord hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet dit deel met iemand wat nie het nie, en wie kos het, moet dieselfde doen.”

12Daar kom toe ook tollenaars om gedoop te word en hulle sê vir hom: “Meneer, wat moet ons doen?”13En vir hulle sê hy: “Moenie meer invorder as wat vir julle vasgestel is nie.”

14Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?”Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.”

Skuldbelydenis 235 Voor U wet Heer staan ons skuldig 1,2

Vryspraak (Romeine 8)

Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. t2Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. 3Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. 4Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

Aanvaarding van Vryspraak (Uit Jesaja 12)“Ek loof U, Here!U was kwaad vir my,maar U is nou nie meer kwaad nieen U het vir my uitkoms gegee.2God is my redder;Ek vertrou op Hom,ek is nie meer bang nie.

10

Page 11: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Die Here my God is my kragen my beskerming;Hy is my redder.”

Loflied 190 Grote God aan U die eer 1,2,3

3.2 LiedereF27. Ek Weet(RUBRIEK: Flammikidz – Geloof en Vertroue)Teks en Musiek: André Serfontein & Annalise Wiid© 2005 MAR Gospel Music Publishers

Refrein:Ek weet (ek weet, ek weet) -o, ek weet (ek weet, ek weet) -Ek weet Jesus hou van my.Ek weet (ek weet, ek weet) -o, ek weet (ek weet, ek weet) -Ek weet Hy is lief vir my.

1. Ek weet Hy het my gemaak;my oë, mond en tande.Ek weet Hy het dit uitgedink:my ore, voete, handeEn ek weet Hy hou van hoe ek lyk!En ek weet Hy hou van hoe ek lyk!

Refrein:

2. Wat maak dit nou eintlik saakas iets dan skeef of krom is.Hoe ek lyk maak geen verskilHy’t my lief net soos ek nou is.En ek weet my hart behoort aan Hom.En ek weet my hart behoort aan Hom.

Refrein:

F233. Ewige Vader(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Lof / Geloof & Vertroue / Gebed)Teks en Musiek: H Berner© MAR Gospel Music Publishers

1. Ewige Vader, aan U al ons dankVir alles wat U vir ons doen.Aanvaarding en liefde's oorvloedig by U.U genade laat ons weer sing.

11

Page 12: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Refrein:Vader, U wat in die hemel woon,Laat die wêreld juig oor u Naam.Vader, U heers tot vandag toe oor als.Geesdriftig wil ons u wil doen.Vader, U voorsien in ons daaglikse nood.U vergeef en lag nog oor ons.Vader, ons wil U vir altyd bly dien.Mag u hand ons altyd bewaar.

2. Ewige Vader, u goedheid is groot.U hoor elke woord wat ons bid.U sê: "Klop en soek! Kom en vra. Jul sal vind."U sal ons nooit weg wys nie.

Refrein:

Brug:En aan U behoort die mag,Al die krag en heerlikheid!

4 God praat met ons en ons luisterEpikleseLiefdevolle God,As niemand anders na ons luister nie,hoor U ons as ons ons hart voor U uitstort.As niemand anders ons raaksien nie,sien U ons nood en vul U ons met vreugde.As almal anders van ons vergeet,onthou U ons en roep U ons by die naam.U is die Here, ons God.U is hier by ons om deur u Woord met ons te praat.Maak dit vir ons moontlik om u stem te hooren om u boodskap ter harte te neem.Amen.

(Bybelmedia se Woord en Fees, 2014/15)

Skriflesing Sefanja 3:14-20

Prediking

12

Page 13: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

4.1 Familie-oomblikGesels met die kinders oor die "prentjies" wat hulle van God het. Vra dan vir hulle na aanleiding van Sefanja 3: Hoe lyk God as held (krygsman)? Hoe lyk God wat vol vreugde is? Hoe lyk God wat tevrede is? Hoe lyk God wat jubel en juig?

Help die kinders om aan God te dink as die God wat glimlag, dit is immers wat hierdie Sondag wil kommunikeer.

of

Kry die Kindle-weergawe van “Uh-oh!” deur Shutta Crum (http://www.amazon.com/Uh-Oh-Shutta-Crum-ebook/dp/B00N6PD67U/ref=tmm_kin_swatch_0?_encoding=UTF8&qid=1446786079&sr=8-1). Die storie het byna geen woorde nie, so jy en die kinders kan dit saam vertel. Dit gaan oor twee peuters wat op die strand speel. Terwyl hulle speel, het hulle klein avonture wat hulle telkens laat ““uh-oh!” sê (soos ‘n krap in hul speelgoed). Te midde van die “uh-oh” ervarings, geniet hulle die dag met lag en pret. Sefanja se uitspraak kom te midde van die aankondiging van God se oordeel. Die profeet herinner die volk om hulle te treur en hulle te bekeer, maar ook om bly te wees oor God se beloofde verlossing. Vreugde onderbreek oordeel. Deur sulke profetiese onderbrekings, soos in Sefanja, gee God vir ons ‘n kykie op die toekoms.

4.2 PreekriglynVergifnis, 'n nuwe begin, die opskort van oordeel, liefde in plaas van haat, is alles moontlik omdat Jesus gekom het. Dit is 'n geskenk van God, deurdat God ons wêreld in die koms van Jesus as Mens aangeraak het.

Maake Masango, voormalige moderator van die Presbiteriaanse kerk in SA, vertel hoe vergifnis en 'n nuwe begin grondgevat het in ons land.

Maake se ware verhaal gaan oor 'n bejaarde Suid-Afrikaanse vrou in 'n hofsaal. Sy het pas geluister hoe lede van die polisiemag die gruweldade erken wat hulle in die menseregtestryd in SA gepleeg het. Polisieman Van de Broek het verantwoordelikheid vir die dood van haar seun aanvaar. Saam met ander het hy haar seun op kort afstand doodgeskiet. Hy en ander het daarna partytjie gehou terwyl hulle die dooie se liggaam tot as verbrand het.

Agt jaar daarna het Van de Broek en sy makkers gekom om haar man te kom haal. 'n Rukkie later het hulle haar opgelaai en na 'n hoop hout geneem waarop haar man vasgebind was. Sy was gedwing om toe te kyk terwyl hulle petrol oor sy liggaam gooi en hom aan die brand steek. Haar man se laaste woorde was: "Vader, vergeef hulle."

Nou het Van de Broek uiteindelik voor die regbank beland. Alles is in die oopte. Die kommissaris van die Waarheids- en Versoeningskommissie vra die bejaarde vrou wat sy wil hê. "Drie dinge," sê sy. "Ek wil hê mnr. Van de Broek moet my neem na die plek waar hulle my man verbrand het. Ek wil die stof gaan bymekaarmaak sodat ek hom 'n behoorlike begrafnis kan gee.

"Tweedens het mnr. Van de Broek al my familie van my weggeneem. Ek het net my man en seun gehad. Ek wil hê hy moet twee keer per maand na my huis kom en die dag met my deurbring, sodat ek vir hom 'n moeder kan wees. Ek wil die liefde wat ek nog in my oor het op hom uitstort.

13

Page 14: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

"Derdens wil ek hê mnr. Van de Broek moet weet God het hom vergewe, en ek vergewe hom ook. Ek wil hê iemand moet my nou help om na hom te stap, daar waar hy sit, sodat ek hom kan omhels en hom kan verseker my vergifnis is waar en eg."

Terwyl die hofordonnans die bejaarde vrou na Van de Broek begelei, het hy flou geword. Iemand het "Amazing Grace" begin sing. Stadig maar seker het almal begin saamsing.

Sowaar: daar is vergifnis moontlik, selfs vir die grootste sondaars.

Hiervan getuig die profeet Sefanja.

Die dag van die Here

Sefanja profeteer in Juda vóór die val van Nineve in 612 v.C. Sy prediking dra waarskynlik by tot die hervormings van koning Josia in 622-621 v.C. toe die wetboek van die Here weer ontdek word en die volk God opnuut begin gehoorsaam. Josia het dus heel moontlik Sefanja se boodskap ter harte geneem, soos hy dit ook gedoen het met die boodskap van Jeremia.

Sefanja beklemtoon dat die "dag van die Here" (1:7,14) gaan aanbreek. Hierdie dag van die Here sluit soos by al die ander profete oordeel en genade in. God se oordeel kan ook 'n geleentheid tot bekering wees, 'n afwending van die oordeel van die Here, vergifnis in plaas van straf.

Die boek eindig in hoofstuk 3 met 'n wonderlike beskrywing van die verlossing wat God sal bring. Die eerste belofte word gegee in die gedeelte van hoofstuk 3 net voor ons teks begin, terwyl die tweede en derde die inhoud van ons teksgedeelte vorm:

3:9-13 – Ek sal die volke verander, hulle lippe rein maak 3:14-17 – Die Here jou God is by jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde 3:18-20 – Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het

Wanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid vir mense om opnuut na God te draai en God se vergifnis vas te gryp. Dit is God se bedoeling om verlossing te skenk.

"God is by jou"

Die kerngedagte van ons teks word in vers 15 en 17 beklemtoon: "Die Here God is by jou." Vandag lees ons hierdie teks deur die bril van die Adventstyd. Wanneer Jesus gebore word, is dit ook deel van die aankondiging. Hy is God by ons.

Die nabyheid van God kan ons op 'n intense manier ervaar omdat Jesus, die Koning, naby gekom het, mens kom word en onder ons kom woon het. Sy koms, waaraan ons in Adventstyd dink, verseker ons, volgens Sefanja, van twee dinge. Dit bring 'n einde aan die oordeel sodat ons met blydskap deel kan hê aan die vernuwende teenwoordigheid van Jesus. Dit bring ook die herstel en regverdiging van die kerk van die Here teenoor 'n vyandige wêreld.

1. 'n Einde aan die oordeel

God spreek hier sy volk Israel aan deur die profeet Sefanja, ongeveer die jaar 640 v.C. In die lig van die Nuwe Testament praat God hierdeur ook vandag met sy volk uit alle nasies; met die wêreldwye

14

Page 15: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

kerk van Jesus Christus. Dit beteken die oordeel oor Israel en die nasies waarvan Sefanja praat, asook die herstel van Israel en die nasies, is nie beperk tot die tydperk in die ou bedeling nie.

Die kerk is nie uitgesluit uit die oordeel van God nie. Sefanja vra: Wat kom op ons af? En sy antwoord is: donker en stormagtige tye. Die vervolging waaraan die kerk deur die eeue deel kry, is 'n lydensweg in navolging van Christus, dit is ons deel wat lei tot die uitkoms: die verlossing van die wêreld. Maar Sefanja leer ons dat die lyding van die kerk ook 'n Goddelike gerig kan wees, 'n waarskuwing waardeur Hy die gemeente oproep tot selfbesinning en voortgaande bekering.

Loutering eerder as verwoesting

Die troos van Sefanja is egter dat die gerig nie die einde van die gemeente beoog nie, maar sy loutering. Sefanja verbind die oordeel en die heil dus direk aan mekaar; die oordeel het die heil in die oog. Maar wonderlik, die bevryding, die jubellied spreek die laaste woord.

Vir ons as Nuwe-Testamentiese gelowiges is daar 'n besondere verbintenis tussen die oordeel en die heil en redding in die koms van Jesus. In Hom het die toorn en oordeel van God op Golgota saamgetrek. Nou kan uit hierdie oordeel vernuwing kom. Jesus se koms na ons het dit moontlik gemaak dat God se toorn van ons afgeweer is. Nou kan ons vrede en vreugde ervaar.

Ons word in die teksgedeelte met 'n opeenstapeling van werkwoorde vertel van gelowiges se intense vrolikheid en blydskap, want daar het in Jesus 'n einde aan die straf gekom. In plaas van die oordeel van die Here kan gelowiges nou leef in 'n tyd waar die Here vol vreugde is oor ons. Hy is stil-tevrede in sy liefde vir ons. Hierdie liefde is so sterk dat dit nie altyd demonstratief hoef te wees nie. Tog is daar ook tye wat sy liefde oorborrel in jubel en juig oor ons (14-17). Eenvoudig gesê: Hy hou van ons en geniet ons geselskap baie.

Elke gelowige en die kerk as geheel, kan elke dag opnuut toe-eien dat ons vrolik en bly kan wees, dat die oordeel verby is en die heil ons deel is. Ook ons is nou stil-tevrede in ons liefde vir Hom (vgl. Jesaja 30:15). Soms loop dit oor in jubel of protesteer teen dit wat verkeerd is, altyd vanuit 'n diepe bewussyn daarvan dat God in beheer is, dat Hy op die einde alles goed sal laat afloop.

2. 'n Nuwe tyd van eenheid en regverdiging

Hy sal almal wat verstrooid geraak het weer bymekaarbring. Hierin sien ons iets van God se diep drang dat sy volk 'n eenheid moet wees. Later in die Nuwe Testament is dit een van die sterk lyne wat deurloop, dat die kerk van Jesus een liggaam is wat deur sy eenheid 'n getuienis in die wêreld is. Vers 20 laat mens dink aan die bymekaarmaak van die skape waarvan Jesus praat: " . . . en hulle sal een kudde wees met een herder" (Joh. 10:16). Jesus se koms en sy teenwoordigheid by ons is soos 'n vlag op 'n heuwel wat al die gelowiges as oorwinnaars om Hom laat vergader.

Volgens Sefanja loop die weg na die regverdiging van die kerk, na roem en eer (20), deur die bymekaarmaak van almal. Vandag sluit dit in: die sending- en evangelisasiewerk van die kerk; 'n groter mate van eenheid onder die kerke in Suid-Afrika. In Suid-Afrika bly die strewe na groter eenheid onder die getuienis van gelowiges vol struikelblokke. Baie het vandag die droom laat vaar, maar die strewe moet lewendig gehou word. Juis die onderlinge verbondenheid van die gelowiges kan 'n verskil in Suid-Afrika se huidige impasse maak.

15

Page 16: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

Roem in plaas van vernedering

God gaan aan sy volk eer en roem gee in elke land waar hulle verneder is (18-20). Die vernederings van die ballinge sal verander word in roem oor die hele aarde, op 'n tyd deur die Here daarvoor bestem. Mens dink hier aan die lyding van die kerk deur die eeue. Ongeag hoe dit vergelyk met ander tye en plekke, ervaar gelowiges vandag ook lyding in die wêreld. In besonder hier in Suid-Afrika beleef ons tans dat dit 'n mode is om die kerk te kritiseer. In die media is dit vandag polities korrek om die kerk te verneder en as irrelevant af te maak. Verder van ons af is gelowiges wêreldwyd baie bewus van Christene wat vervolg word deur radikale Islamiete, soos ISIS en Boko Haram.

Tog kan die kerk en elke gelowige daagliks leef uit die oorwinning van Jesus oor alle magte met sy kruis en opstanding, met die wete ons is in God se oë geregverdig. Sy koninkryk kan nie omver gegooi word nie. Te midde van die lyding wat gelowiges ervaar omdat die wêreld nie ons woning is nie, gebeur dit soms – onverwags, uit die bloute – dat gelowiges eer en roem kry (dink in ons tyd aan Moeder Theresa), dat 'n geloofstandpunt die deurslag gee in sosiale spanning, of dat die kerk se belange in ag geneem word in politieke besluite. Veral ons Christene in Suid-Afrika het baie om voor dankbaar te wees. Jesus het gekom, Hy is by ons, en Hy regeer, ook in die skyn van teendeel.

3. Môre, vandag reeds

Jesus het gekom, maar belangrik, Hy kom weer. Daarom is God se diep liefde vir ons en sy reddingswerk ons deel – nou reeds, maar nog meer so in die toekoms. Vir ons sal daar ook 'n dag kom waarna ons soos die profeet Sefanja, met verwagting kan uitsien. Die dag wanneer ons die einde van die oordeel en die heelheid wat God gee, volkome sal ervaar. Hy sal uiteindelik ook ons vyande vernietig en aan ons oorwinning gee. Die belofte dat God uiteindelik ons saak sal regverdig en ons sal herstel, kan hoop en bemoediging vir God se mense vandag gee. Hy sal in ons belang optree, en ons sal vreugde vind in ons gemeenskap met Hom. Ons vernederings sal verander in glorie!

Die wonderlike is dat die toekoms nou reeds gebeur! Want die Koning het gekom. Hy is nou hier by ons. Hy is op so 'n manier hier dat ons nou reeds die einde van die oordeel kan vier en God se liefde kan geniet. Verder, Hy is op so manier hier dat Hy elke dag vir ons die Heilige Gees gee om stukkies gehoorsaamheid en oorwinning te kan ervaar. Hy sal hier en nou in die wêreld sy krag en liefde tot ons beskikking stel en ons sal in staat sal wees om met blydskap op ons beproewinge te reageer en ons hoop bely te midde van alles. Met die manier waarop gelowiges lewe, bring hulle 'n stukkie van die toekoms die hede in.

Ons liefde vir God

Wat God vir Israel gesê het in Sefanja, laat geld Hy vir ons, sy volk uit alle nasies, op 'n nuwe manier. Jesus het gekom en Hy sal kom. Hoe verniel ons ook al deur die sonde is, hoe skuldig ons ook al voor God is, hoe verguis hierdie volk ook al mag word deur die vyande van die kruis, 'n jubel sal uiteindelik opklink. Ons stil-tevrede liefde vir God sal oorborrel in die jubel van mense wat bevry is, die jubel van mense wat leef vir 'n nuwe Jerusalem, 'n jubel wat vir altyd sal opklink.

'n Bejaarde Suid-Afrikaanse vrou, van wie Maake Masango vertel, nooi ons vandag uit om vanuit die bevryding te lewe

16

Page 17: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

5 God stuur ons om te leefGebed

Offergawes

Wegsending 345 Kom alle getroues vs 1,2,3,4

Seën

Die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.Amen (Filippense 4)

of

Mag God se hoop vir jou ’n anker wees te midde van die hooploosheid van die wêreld.Mag God se vrede oor jou hart en verstand die wag hou.Mag God se vreugde jou dra ook deur tye van hartseer.Mag God se liefde vir jou so ’n werklikheid wees dat ander God in jou sal beleef. Amen.

of

Stuur die gemeente uit met God se Kerskaartjie aan hulle. Daar kan selfs aan elkeen so ’n kaartjie uitgedeel word:

My liewe kindWees met alles wat jy is, vrolik en bly. Moenie bang wees nie.Ek is vol vreugde oor jou, Ek is oor jou stil-tevrede in My liefde oor jou,Ek skryf en sing ’n blydskapslied oor jouImmanuel, jou Held wat red.

(Uit Bybelmedia se Woord en Fees: Preekriglyne en Liturgiese Voorstelle vir 2015-16)

Antwoord Lied 312/313/314/315/ of

F361. Laat Dit So Wees (Amen)

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)

Teks en musiek: Neil BüchnerKopiereg: Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.Heer, laat ons leef soos U leerHere, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.

17

Page 18: preke.bybelmedia.org.zapreke.bybelmedia.org.za/wp-content/uploads/sites/29/2015/12/Sef…  · Web viewWanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die geleentheid

of

Vonk 38 (Melodie is Lied 582 “Bly by my Heer”)

Here, Ons God, As Ons Nou Huis Toe Gaan

1. Here, ons God, as ons nou huis toe gaan,vra ons u seën, waar ons hier voor U staan.U het u goedheid weer aan ons betoon,ons saamwees in u Naam met guns bekroon.

2. Ons bid tot U, o Vader, Seun en Gees,laat ons vir ander ook tot seën wees.Maak ons getuies van u Naam, o Heer,dat ook die wêreld U sal dien en eer.

3. U wat in liefde altyd by ons bly,wees ons tog in ons lief en leed naby.Sou daar beproewing oor ons pad kom, Heer,maak ons volhardend in geloof al meer.

6 Volgende erediensLukas 1:47-55

Familie-oomblik en liturgie: Wicus Wait

Powerpoint: Rethie van Niekerk

Preekriglyn: Danie Mouton

Prosesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

18