ons naskoolse ontwikkeling...skeikunde, romeinse kuns, griekse mitologie, logika of ekonomiese...

22
UNIE -ONDERWYSDEPARTEMENT II ,io, s AFDELING OPVOEDING VAN VOLWASSENES ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING DEUR G. W. EYBERS Direkteur van Ofvoeding vir Volwassenes in die TJnie van Suid-AfriJca Gedeck in die U nie van S uid -A fiuka deuii die S taatsdhukkeb , Pretoria 1947 G.P.-S.10713— 1946-7— 1,000

Upload: others

Post on 19-Nov-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

UNIE -ONDERW YSDEPARTEMENT I I ,io, s

AFDELING OPVOEDING VAN VOLWASSENES

ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING

DEUR

G. W. EYBERSDirekteur van Ofvoeding vir Volwassenes in die TJnie van Suid-AfriJca

G edeck in d ie U n ie v a n S u id - A f iu k a d e u ii d ie S t a a t s d h u k k e b , P retoria1947

G.P.-S.10713— 1946-7—1,000

Page 2: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

UNIE VAN SU ID-AFRIKA

IJNIE-ONDERWYSDEPARTEMENT

AFDELING OPVOEDING VAN VOLWASSENES

ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING

DEUR

G. W. EYBERSDirekteur van Opvoeding vir Volwassenes in die TJnie van Suid-AJrika

(jEDtttTK I S t )lB t fN IE V A N S u I D -A f IUKA DEUIt DIE SlAATSDKCTKKElt, P n E tO R l.4

1047

G.P.-S.10713— 1946-7—1,000

Page 3: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

VOORWOORD.Hierdie publikasie bevat ’ n bondige uiteensetting van die rege-

ring se skema vir die opvoeding van volwassenes.Daar is verskeie redes waarom die staat aan die volwasse deel van

die bevolking geleenthede tot verder stelselmatige opvoeding wil ver- strek. Ek wil graag drie daarvan noem. Die eerste is omdat die skoolonderrig van die oorgrote meerderheid van die inwoners van die land op so’n jeugdige leeftyd onderbreek of beeindig word, dat die ontoereikendheid daarvan iedereen in die gesig staar en dus aangevul moet word. Die tweede is omdat ons uit die ervaring en waarneming sowel as uit die toetse van opvoedkundiges van naam soos Grundvig en Thorndike weet dat die jeug in sy skooljare weens sy onrypheid en gebrek aan ervaring alleen in ’n beperkte sin kan verstaan en waardeer en dus ’n verder leans tot insig en vorming moet kry. Die derde rede is omdat maatskaplike instellings soos die groot kapitaal, die kerk of politiek en staatsbebeerde onderwys deur bul druk op die openbare mening, sowel as die tegniek deur middel van die film, die radio en die pers so’n magtige wapen tot propaganda, oorreding en beheer in die hande van geldsterke groepe en regerings- en ander kringe gele bet, dat dit noodsaaklik geword het om ’n korrektiewe teewig aan die volk te verleen ten einde hulle in staat te stel om self ’ n verstan- dige oordeel oor sake te kan vel.

Die opvoeding van volwassenes wat vir jare reeds deur allerlei inrigtings en organisasies op waardige wyse bebartig word, boewel daar selde van hul werk onder bierdie naam melding gemaak is, word nie deur die staat oorgeneem nie. Ook stuur die staat vir die teenwoordige geen ondernemings die land in nie. Daar word vir die moment alleen leidend, raadgewend, sistimatiserend, stimulerend en subsidierend deur die staat opgetree— ook tot ’n mate beskermend. Die staat wil meer doen as om sy burgers te belas. H y wil hulle ook beskerm. En dit is nie beskerming teen wapengeweld soos in die outyd of selfs teen materiele uitbuiting alleen nie, maar teen subtiele gevangesetting van die gees wat soms die valse skyn van ’ n publieke mening aanneem. Dit is ook beskerming teen ekonomiese en politieke kontrole wat die vryheid van beweging en later die vryheid van praat en dink aan bande le.

By so’n wydvertakte intellektuele en geestelike proses soos die opvoeding, en veral by die aanvang van ’n nuwe rigting of ’n nuwe inspanning, is dit die beste as die individu die geleentheid kry om te praat. Dit is nie altoos meteens duidelik in hoever hy die gevoelens van sy groep goed vertolk nie. In hierdie werkie word dus my eie menings en nie noodwendig die van die Departement uitgespreek nie. As hier foute begaan word, kom hulle op my rekening.

Die Departement is van plan om nog ’n paar werkies oor verskil- lende aspekte van verder opvoeding uit te gee, en as ’n proef sal daarna gestreef word om die publikasies om die helfte in die twee landstale te laat verskyn. Wanneer elkeen in sowel Afrikaans as Engels uitgegee word, word die onkoste meer as verdubbel; en dit word gevoel dat diegene wat die pamflette sal raadpleeg, beide landstale genoegsaam magtig is vir daardie doel.

Dit word vertrou dat hierdie prosedure deur almal wat aan die grootse taak van ons nasionale ontwikkeling meewerk, waardeer en gebillik sal word.

G. W . EYBERS.Pretoria, 18 Desember 1946.

10713— 1

Page 4: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

ONS NASKOOLSE O N TW IKKELIN G.

,, ’ n Nasie wat aan sy toekoms wil bou, eis meer kennis.”Die volwasse persoon wat geen opvoeding ontvang nie, gaan deur

die lewe met oop oe maar sonder om te sien, met oop ore maar sonder om waar te neem, op te merk of te waardeer, en met ’n gesonde van God gegewe intellek maar sonder om te weet of te verstaan.

Mag dit met reg volgehou word?Bly daar dan werklik so min van ons skoolopvoeding oor?Die antwoord is dat terwyl die skoolopvoeding ongetwyfeld ’n

bele aantal neigings en bekwaambede besorg, baie van die kennis wat ons opdoen en baie van die belange wat ons ontwikkel op die agter- grond gedring word, langsaam vervaag, en eindelik verlore raak, terwyl die meeste bekwaamhede wat ons deelagtig word nog niks met ons eintlike lewe as volwassenes te doen bet nie. As ons nie sorg dat ons opvoeding voortduur nie, dan word daar na skool- of universiteits- verlating nie meer aan sulke sake soos somme, aardrykskunde, poesie, skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem bet en waaraan iedereen onderbewig is. Daaroor is ook reeds wetenskaplike ondersoek ingestel en daar is vasgestel dat as iemand na skoolverlating nie met die stelselmatige gebruik van sy opgedane kennis en vaardigbeid voortgaan nie, by binne ’n paar jaar van die ouderdom van 14 jaar na die ouderdom van omtrent twaalf terugval. Anders gese: dit is bekend dat as ons na Std.VI ’n paar jaar nie lees, skryf en syfer nie, ons feitlik tot ’n staat van ongelet- terdheid terugval. ’n Emstige gedagte voorwaar, veral ten opsigte van mense wat ’n lang tyd in afgeslote streke met suiwer bandearbeid moet besig wees of om ander redes selde met lees- of skryfwerk te doen kry.

Dit bet egter met blote geletterdbeid alleen te doen, iets wat, soos ons die saak beskou, ongeveer na Std. I l l verkry word; en geletterdbeid is maar die allerlaagste sport op die opvoedkundige leer. W at van die ander sporte, en boe sal die volwassene bulle beklim?

D r ie Y f/r s k y n s e l s .

Ons bet vandag in Suid-Afrika met die volgende verskynsels rekening te b ou :

In die eerste plek is daar onder die bevolking groot intellektuele en geestelike cbaos, te wyte aan die skrille kontras wat bulle bespeur tussen privaat en openbare sedelikbeid; tussen die wet van iedere land ^n internasionale reg ; tussen die erkenning van die vryheid en inte- griteit van volkere en die afneem van bulle bandel, bulle vloot en hulle grondgebied; tussen die betuigings van eerlikbeid en naaste- liefde aan die een kant en die dade van baat, wraak en roofsug aan die ander; tussen die Christelilce belydenis en die goddelose wandel. Die mense verstaan dit nie. Hulle soek na ’n verklaring. W at is dan eintlik die norm of maatstaf? Is daar een reel vir ’n man se gedrag as ’n indiwidu en ’n ander as by namens ,sy groep praat? Is daar apaj te etiese wette vir ’n man wanneer by die eiendom van sy buurman respekteer en wanneer by die kerel oor die see besteel? W at beteken dit as ’ n man gedurig met gloed beweer dat by van jou bou en met jou wil saamwerk, maar net so gedurig byna alles wat vir jou dier- baar is bekamp of negeer? Bestaan daar nog so-iets soos ,, fairplay” P

Page 5: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

Help dit om op aarde na ’n lewensfilosofie of na etiese beginsels te soek?

In die tweede plek word ons vandag getref deur die groot belang- stelliiig in landsake wat daar bestaan. Miskien is dit juis ’n soek daarna om die barre teestellings wat ons hierbo genoem bet, te laat rym. Ons kry in ieder geval groot belangstelling in :

(a) ons internasionale verboudings; en sterk ontevredenhei$ oor ons magteloosbeid om bulle na goedvinde te rig;

(b) verboudings tussen Afrikaans- en Engelsprekendes en tussen blankes en nie-blankes;

(c) immigrasie na die U nie;(d) die belastings wat ons betaal;(e) die ontwikkeling van ons nywerbede, ons arbeidsvraag-

stukke, ons bemarkingsprosesse en ons binne- en buite- landse band el;

(/) beter werkverrigting deur almal in die openbare belang;(g) ons landbou;(h) ons opvoeding;(i) ons kuns: die toneel, musiek, skilderkuns en letterkunde.

Ten derde word ons getref deur die groot belangstelling innatuurverskynsels en natuurmagte soos:

(a) atoomkrag en die oordeel wat die afwerp van die bom by Nagasaki oor die mensdom uitgespreek bet; en gepaard daarmee die vraag of ons iets kan doen om daardie oordeel te ontwyk;

(b) wat daar op die hemelliggame, die son, maan en sterre plaasvind;

(c) boe die berge gevorm is;(d) vervoermiddels wat die wetenskap ons gee;(e) die rol wat die wetenskap in ons nywerbede en in ons

ingenieurswese speel.Aan die een kant is daar dus verwarring en verbystering wat

moeilik te verduur is en daarom verwyder moet word— aan die ander nuuskierigbeid, weetgierigbeid, ’n dors na kennis en ’n verlange na wat skoon is, met in die agtergrond, miskien vaag omlyn maar nie te min magtig soos ’n bongersnood, ’n ontevredenbeid met onsself en ’n bunkering na wat ewig goed is.

Die mens verstaan nie meer die wereld waarin by gebore is nie— nog die materiele wereld, nog die staatkunde, nog die geestelike wereld.

Kan ons opvoeding bom help?Is Y e r d e e O p v o e d in g N o o d s a a k l ik ?

Dit is van belang dat by gebelp sal word, want by is nie ’n per- soon wat bomself kan belp me. Die wette op verpligte skoolbesoek vir blankes in Suid-Afrika eis bywoning tot die ouderdom van sestien jaar (15 jaar in Natal) of die bereiking van Std. V I (in Transvaal Std. V III met 1G jaar). Vir die groot meerderbeid word dus Std. V I geeis. Die gemiddelde ouderdom vir die bereiking van Std. V I is iets onder 14 jaar. Ons onderwysgegewens is in ’n treurige toestand van onvolledigheid maar dit is goed bekend dat baie duisende leerlinge jaarliks die skool na Std. V I, d.w.s. op 14-jarige leeftyd verlaat. Die groot gros van die wat ag’terbly, verlaat die skool op hoogstens 17 of 18 jaar en die res, die wat ’n universiteitskursus onderneem, op 22 tot 23 jaar.

L.

Page 6: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

V e r p l i g t e V o o r t g e s e t t e O p v o e d in g o p ’ n D e e i .t y d s e B a s i s .

+ 1 m Korrute(Linsake die Opvoeding van Volwassenes het in Hoof- stuk I I I van sy Verslag (U.G. No. 35— 1945, by die Staatsdrukker in Pretoria teen ds. per eksemplaar verkrygbaar) op die noodsaaklikbeid vir verder opvoeding van ons jeug gewys. Hulle bet verineld dat verskeie lande soos Duitsland, Switserland, Swede, die Verenigde btate en i.ngeland reeds sodanige verpligting aanvaar het. Die eerste Duitse staat het sy wet in 1855 aangeneem en die ander lande het gevoig Die jongste bepaling was die Engelse wet van 1944 Voordat tot verpligtmg besluit is, is oorweeg of die verlangde doel me te bereik sou wees as die verpligte ouderdom vir gewone skoolbesoek verhoog sou word me, maar die gedagte is gewoonlik om ekonomiese redes verwerp. Ons weet vandag dat dit ook op sielkundige gronde onaanneemlik is want die leerlinge bet nog nie die verstandelike ontwikkelmg of die ervaring van die lewe of die inensekennis om hulle genoegsame voordeel te laat trek uit juis daardie studie van sa^e wat ons vir hulle wenslik ag nie. Dit kom eers later in hul lewe.

Dit was nie sonder ryp beraad dat tot die aanneem van die wette in hierdie lande besluit is nie, en ’n studie van die toestande in iedere land laat ons besef dat die redes wat aldaar die deurslag o-eo-ee het in nog groter mate in Suid-Afrika met sy gemengde bevolking en sy maatskaplike en ekonomiese vraagstukke— en in die huidige tyd met sy twytel, sy sanksies van wat vir ons verkeerd lyk en sy verwerpin" van wat tradisioneel aanneemlik skyn te wees— aanwesig is. Die liomitee wys daarop dat ons seuns en dogters op die oomblik die leerpliggrens in een van die moeilikste en kritiekste lewenstydperke bereik, nl. m die tyd van die adolessensie. Hulle worstel met die probleme van die godsdiens, die geslagslewe die gemeenskapslewe en die arbeidswereld. Daar is by hulle ’n konflik tussen verstand en geyoel wat hulle verbysterd en in die middel van die wereld laat. Dit is vir hulle waarlik ’n periode van , sturm und drang .

Dit is klaarblyklik noodsaaklik dat hierdie moeilike lewenstydperk opvoedkundig oorbrug sal word. Deur die beskermende en vormende mvloede van voortgesette onderwys, tesame met die lieilsame invloed van arbeid, moet ons die jeugdiges help om hul persoonlikheid te ont- wikkel gesonder van liggaam, ruimer en dieper van gees, en stabieler van karakter. Opvoedkundige invloede is noodsaaklik om die adoles- sent te help om hom by die nuwe wereld van die volwassene aan te pas. Word dit verwaarloos, dan is heropvoeding en rehabilitasie later nodig, lets wat n veel mgewikkelder en duurder proses is. Dit is beter om geldelike steun aan vorming as aan hervorming te verleen liewer yoorkoming as bereddering.” Buitendien, in die moderne wereld is n land wat n bevolking met die gemiddelde intelligensie van n btd. V I skoolkmd het, tot gewisse ondergang gedoem; maar n \ oik met n toekoms waaraan liy wil bou, eis meer kennis.

Die grootste stap wat nog in die huidige eeu met ons hele onder­wys geneem is, was die invoering van verpligte laerskoolopvoedino-. Die grootste gedagte wat daarop gevoig het, is verpligte deeltydse opvoeding tot die agtiende verjaarsdag van die kind of die bereiking van die senior sertifikaat. _ As die mense met stelselmatige opvoeding tot die agtiende ;jaar besig gebou word, sal hulle heelwaarskynli'k begeer om daarmee voort te gaan of om dit later te hervat en hulle sal dit dan ook minder lastig vind. As ons besluit om dit te doen

Page 7: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

sal ons selfs gelukkiger wees as die Deense volk. Hulle Hoer Volk- skole het in sekere sin swaar gekry omdat die studente die gewone skole op 14-jarige leeftyd verlaat en die volgende vier jaar sonder enige skoolopvoeding deurgebring het. Die deeltydse opvoeding van ons leerlinge tot hul 18de verjaarsdag sal die gewoontes van boekge- leerdheid lewendig bou, en die volwassene wat by ’n opvoedkundige onderneming aansluit, sal bom nie in ’n nuwe wereld bevind met nuwe gereedskap waarvan by die gebruik byna vergeet bet nie.

Ek bet bierdie onderwerp, die verpligte voortgesette opvoeding van ons jongmense tot hul 18de verjaarsdag, die laaste tyd met bonderde persone, in kleiner of groter groepe vergader, bespreek, en daar was nie een wat die mening uitgespreek het dat ons dit nie moet of nie kan onderneem nie. Inteendeel voel die mense dat ons dit lank reeds moes gedoen het. Aan die ander kant moet ons stellig verwag dat as ons nie spoedig van die saak werk maak nie, die belangstelling sal verflou, en dan het ons ’n groot geleentheid laat verbygaan en ’ n groot plig nagelaat.

Daar kan ’ n waardevolle en interessante kursus opgestel word, soos in die Yerslag van die Komitee gedoen word en die jongmense sal daar veel baat by v in d ; maar ek wil graag erken dat ek in hierdie tydsgewrig veral onder die indruk verkeer van die noodsaaklikheid om bulle ’n besef van relatiewe waardes te laat kry. Hulle kan begin nadink oor die eienskappe wat ’ n mens in die lewensgesel of gesellin

jy gaan kies, soek, en oor die onderlinge verhoudings in ’n gelukkige gesin. Hulle kan vroeg begin verstaan wat die nadele van tabak is, van sterk drank en van die ontspanningsgeriewe wat daar bestaan, wat dit beteken om meester in jou nering of beroep te wees, wat die kerk vir jou kan beteken en wat die staat van jou verwag. Die belangrikheid van hierdie tydperk van voortgesette opvoeding le dan ook daarin dat die jeug se intellek stelselmatig ontwikkel word met betrekking tot reele sake van waaragtige belang waarvoor sy belangstelling deur goeie dosente opgewek kan word sodat by daarvan hou en bo alles dat hy vir ’n verder tydperk onder die invloed bly van opgevoede mense wat self van goeie inbors is en dus die gedagte- gang van die jeug in gewenste rigtings kan lei. Sy opvoeders sal bom na kennis, insig, ’n begrip van waardes en doeltreffende self- dissipline lei, want daar is soveel goeds in die jongmense dat dit jammer sou wees om hulle sonder leiding aan die genade van die tydgees oor te lewer. Ons wil ten bloede toe stry vir hulle lewe teen die magte wat hulle bedreig. Die beste manier is om hulle self tot die stryd te wapen.

Ek dink ons het wetgewing nodig wat die volgende sal vasle :(a) Die betaling van ’ n hoofdelike toelaag ten opsigte van

leerlinge wat goedgekeurde skole bywoon van hul derde (later bul tweede) tot hul sesde verjaarsdag.

( b) Yerpligte skoolbesoek van die sesde verjaarsdag tot die 15de verjaarsdag of die bereiking van Std. Y I I I met verpligte voorvakleerlingopleiding vir twee jaar in die geval van toekomstige vakleerlinge daarby ingeslote.

(c) Verpligte deeltydse opvoeding tot die 18de verjaarsdag of die afle van Std.. X .

Dit is veral met (c) en met die jare wat daarop volg dat ons hier te doen het. Die bepalings wat met (a) en (b) te doen bet, interesseer ons nie op die oomblik nie. Hulle word alleen hier bygebring ten einde ons open bare skoolopvoeding globaal en as ’n gebeel te kan

Page 8: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

sien. Verpligting is duidelik nodig en dit is in ander lande en in Suid-Afrika— in die laaste geval veral ten opsigte van vakleerling- lcap— oor en oor bewys dat ’n vrywillige stelsel van forinele voort- gesette opvoeding op sy bes genome gewoonlik nie meer as 10 persent van die betrokke persone trek nie en veelal daal bierdie syfer tot laer as 5 persent. Dit is sorgwekkend genoeg, maar wat die posisie nog veel ernstiger maak, is die bewese feit dat die persone wat wel by ’n vrywillige kursus aansluit, nie diegene is wat dit die nodigste bet nie. Ontsaglike pogings van oorreding en sedelike druk wat op bul uitgeoefen word, lei net tot onvoordelige kragsinspanning. Die tyd bet aangebreek wanneer verpligting ’n absolute noodsaaklikheid geword bet. Aan bulself oorgelaat, begryp die potensiele studente eenvoudig nog nie wat bulle mis wanneer bulle nie met bul opvoeding voortgaan nie.

Nie alleen sal die voorgestelde wetgewing die bele onderwerp van die opvoeding van volwassenes outomaties op die voorgrond bring n ie ; daar moet ook op gewys word dat die bestaande inrigtings en ander geriewe buitengewone geleentbede aanbied om die voorgestelde ver- pligte kursusse teen betreklik geringe uitgaaf te laat ontwikkel. A1 die provinsiale onderwysdepartemente bet verklaar dat bulle bereid sou wees om te verseker dat bulle inrigtings vir voortgesette opvoeding gebruik mag word.

So’n kursus soos die volgende sou van waarde wees, maar dit kan in sommige opsigte gewysig word indien verlang: —

(a) Die landstale.(b) Beroepsopleiding— een vak volgens keuse van die leerling,

met die wetenskaplike, geskiedkundige en aardrykskundige agtergrond wat daarby pas.

(c) Liggaamlike opvoeding.(d) Burgeropleiding.(e) Kultuurwaardering en -uitdrukking.(/) Godsdiensonderrig.

In die stede en die groter dorpe kan die werk sonder veel moeite in die tegniese kolleges, voortsettingsklasse en provinsiale skole onder- neem word. In die landelike streke sal volkskolleges met die nodige voorsiening vir inwoning verskaf moet word. Hulle kan by bestaande plaasskole, skoolplase, landbouskole en beroepskole gedurende die lang vakansies gebuisves word. Sommige van die beroepskole sal tot per- manente volkskolleges kan ontwikkel en die studente kan daar vir 44 dae aaneenlopend of met tussenpose, na gelang van die eise van die werk by bulle plase, inwoon en die kursus deurloop. Daar is ook nog militere kampe wat in diens geneem kan word. Net ’n oomblik van nadink is nodig om ons te laat verstaan watter kragtige vormende invloede daar sal inwerk op die leerlinge wat die geleentbeid kry om in so’n residensiele kollege in te woon.

Dit sou nie billik wees om te verwag dat die bestaande personeel in vakansietye op diens bly by die volkskolleges nie, en dus sal verder peirsoneel aangewerf moet word. Alle addisionele werk wat die bestaande kragte onderneem, moet ekstra besoldig word. Yir die oprig van verder geboue sal daar egter aanvanklik geen noodsaaklik- beid bestaan nie, en vir die aankoop van veel uitrusting ewemin. Dit is moontlik dat dit in die begin bier en daar moeilik mag gaan om die nodige buisvesting te bekom en ek meen dus dat dit raadsaam sal wees om in die wetgewing voorsiening te maak vir kwytskelding

Page 9: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

van bywoning vir bepaalde tydperke volgens die oordeel van die Departement na raadpleging met die Plaaslike Komitee van die betrokke streek.

Wanneer hierdie wetgewing aangeneem is, sal Suid-Afrika rede lie om haarself geluk te wens.

As die formele onderrig van skoolverlaters op ’ 11 deeltydse basis verpligtend gemaak word tot hul 18de jaar, dan sal die verstandelike peil van die bevolking heelwat verbeter, maar dit is dan nog belaglik om te dink dat alle formele opvoeding van ongeveer 92 persent van ons blanke bevolking op 18-jarige leeftyd eindig en die van die res op 22- of 23-jarige leeftyd.

Daar is seker nie een van ons wat kan dink dat ’n mens se mtel- lektuele en geestelike groei eindig of dat kennis en wysheid bekom word wanneer hy ’n nniversiteitsgraad verwerf bet nie. Iedereen weet buitendien dat die behoefte aan kennis en wysheid veral dan sterk is wanneer ons met die verloop van jare in betrekkings kom te staan waar die invloed wat ons op ander uitoefen van die allergrootste belang is. Ons kry groot invloed oor ons kollegas en vriende, oor ons onderhoriges en afhanklikes, veral oor ons eie gesinne. Ons kry altyd meer mag in hande, mag oor die lotgevalle van ander -miskien oor die van ’n inrigting, ’n regeringskantoor, ’n munisipaliteit, n vakunie of federasie van vakunies, ’n besigheid, n universiteit, miskien selfs ’n nasie. Kan die opvoeding in hierdie later jare van ons lewe, wat allergewigtigste jare is, niks meer vir ons doen bo en behalwe wat dit vir ons aan die universiteit in daardie eerste jeugdige jare p^edoen liet nie? Het die behoefte daaraan op 22-jarige leeftyd geeindig? Was ons toe klaar voltooide en volwaardige wesens? Het die wereld sedert die tyd stil gestaan of het dit veranderP Het daar nie nuwe vraagstukke, nuwe idees, nuwe magte en nuwe metodes te voorskyn gekom nie?

Die antwoord is duidelik : nie alleen is daar baie vir ons aan kennis te leer nie, ons wil ook leer om mense beter te verstaan en te waar deer, en om beter met hulle om te gaan. Nog m eer: ons voel die behoefte aan ontspanning, genot en plesier.

Ons wil weet wat skoon en goed is en wil ons in die posisie stel om daar voordeel uit te trek en ons wandel daarna te rig.

D o e l .Uit die voorafgaande sal al duidelik geblyk het wat die vernaam-

ste doeleindes is wat met die opvoeding van volwassenes beoog word : die voortduur van beskawende en vormende invloede, die vermeer- dering van kennis, innerlike groei van intellek en persoonlikheid, die verkry van groter insig en dieper oordeel oor die menslike natuuraard wat sal help om suksesvoller kontakte te maak, groter bekwaamheid om ons nering of beroep te beoefen, en waardering van, sowel as deei- name aan wat skoon is in die kuns en in die natuur.

Dit sal waarskynlik die lewensjare van 18 tot 25 wees wat die meeste sorg en aandag van die opvoeder van volwassenes sal eis, want in daardie jare is die jongmense nog baie gevoelig vir invloede en hulle het nog nie ’n vaste plek in die land se werkwereld mgeneem nie. Huislik het hulle ook gewoonlik nog nie ’n tydperk van besten- digheid bereik nie en hulle kan vireers nie so maklik genader en by o-ereelde werksaamhede ingeskakel word nie. Laat ons hierdie kritieke Tare van 18 tot 25 dus in gedagte hou. Dit was na belangrike toetse wat Grundvig en Kold in Denemarke uitgevoer het, dat daar vasgestel

Page 10: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

is dat die leertydperk na 18 vrugbaarder is as die na 14, en op grond van daardie ondersoek is beslmt om die Deense Hoer Volkskool se leerlinge eers na 18 jaar op te neem.

O p v o e d in g v i b W e e k .

Hier moet kortliks die aandag bepaal word by die belangrikheid van beroepsopvoeding en heropvoeding van volwassenes. Iemand het die persoon wat ’ n goeie opvoeding ontvang bet, vergelyk met ’n man wat van ’n nuwe motor voorsien is. Dit moet stadig aan sy eerste slytasie gewoond gemaak word. Maar as dit vir jare gebru'ik word soncler dat dit van tyd tot tyd nagesien en reg’gemaak word, sal dit opbou om ’n bruikbare vervoermiddel te wees en weldra is dit ’n gevaar vir die publiek.

Daar is baie van ons wat ons onder bierdie onopgeknapte voertuie tel. Ons is ouderwets, ons belas die motorhuise, ons loop oor tot in die strate, ons kruip langs die paaie met onwelluidende krake en ons versper soms die weg van die wat vorentoe wil kom. Ons dien in die regering, ons sit in die parlement, die provinsiale raad, die onderwys- departement, of ons volg die beroep van die dokter, die wetgeleerde, die predikant. Ons werk by die munisipaliteit, op die spoorweg, by die mgenieursfirma, in die garage, by die modiste, in die bank, in die kantoor. _ Ons eerste opvoeding bet ons ver gebring. Daarna bet ons bevordermg gekry deur die geesdrif wat ons tydelik aan die dag gele bet, weens senioriteit, of deur die dooie verloop van tyd. Maar nou is ons reeds veertig jaar of oner, die tye bet verander, ons bet aan die roetme gewoond geword en ons voel nie bra lus om te roer nie.

,, Opskud, kerels,” roep die jongeres, maar ons bet gewoond geword aan ou verroeste metodes en die gevestigde idees van die dae toe ons iets in die twintig was.

>> ^W^nneer gal bulle aftree of doodgaan sodat ons kan vorentoe beur? ’ wil die jonger geslasr weet.

Dit is nit ’n besef van bierdie toestand dat daar vakansiekursusse gereel word vir onderwysers, kortkursusse vir boere, konferensies, lesmgs en demonstrasies vir buisvrouens, bandelskursusse vir sakelui. Onderwysers sou kan verplig word om elke vyf’ jaar ’n opknappings- kursus by te woon so ook predikante, medici, ambagslui, boumees- ters, kunstenaars, verpleegsters, veeartse, orreliste, dirigente, profes- sore en staatsamptenare. Die Spoorwee bet ’n pragtige inrigting vir

d° f1 • roons ad- Die polisie gee heropleiding by Pretoria, Landbou het sy boeredae, vroueliggame bulle lesings, demonstrasies en konierensies, tegniese kolleges het talle van beroepskursusse vir werkende tegnici en bandelslui. So kom daar nuwe bekwaambeid, irisneid en stukrag by die werk wat vir die land gedoen moet word. l)ie opvoeding van volwassenes, van een kant besien, blyk ’n proses te wees waardeur manne wat groot is maar geringe betrekkino's vul toegerus word om groot poste te beklee en grootse werk te verrig. Lk is onlangs deur ’n jong man besoek wat ’n klein boenderboer op sy dorp was maar bom daarna bekwaam bet om as sekretaris van ’n aartappelmoerkwekersvereniging te dien. Hy bet in die boerdery en in besighede gaan leer en orals raad gevra. Daarna bet by, soos hy self verklaar, die boekery van die Landboudepartement oor sy ondeiwerp ,, leeg gelees . H y het sopas provinsiale organiseerder vir n Boerevereniging geword. Ek weet van ’n ander jong boer wat homself sodanig bekwaam het in sy eie werk dat hy tans ’n gesogte beoordelaar by landboutentoonstellings is.

Page 11: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

Dit le langs die weg van iedereen wat bom vir sy werk ten voile wil bekwaam om te sorg dat hy sy kragte na liggaam en gees nie alleen bewaar nie maar ook versterk en ontwikkel. Opvoeding vir. gesondheid kan dus beskou word as ’n essensiele onderdeel van op- voeding vir werk. Plaaslike gesondbeidsliggame soos die Noodhulp- liga en die Iiooikruis sowel as sport- en gimnastiekverenigings word dus deel van die skare van kragte wat opvoeding ter plaatse bevorder. Die onderwerpe waaraan liulle die aandag wy is ewe talryk as die menigte invloede wat die kragte kan ondermyn: verstandige indeling van die werkprogram, daaglikse rustye, vryetydsbesteding, vakansies, en ander vorms van vroegtydige bewapening teen siekte en swakheid soos reise, oefening, voeding, voorkoming en bestryding van plae, en ander middels wat stelselmatig aangewend word.

O p v o e d in g v i a I n s i g i n S a k e .

Maar dit is nie alleen vir beter werkverrigting dat voortdurende of hernude opvoeding -nodig is nie. Dit geld veral ook ten opsigte van daardie sake waarin algemeen belang gestel word, soos die poli- tiek, ekonomie, landsake, wereldtoestande en algemene kennis. ’n Mens is baie beter in staat om enigeen van hierdie dinge te begryp as jy dertig jaar oud is dan wanneer jy op skool of aan ’n universiteit vertoef, w a n tjy weet baie meer van die menslike natnnr en jy bet iedere jaar baie nit die boek van die lewe self geleer. Maar by gebrek aan die nodige voorsiening vir die opvoeding van volwassenes kry byna niemand die kans om die smaak en die menings wat by tydens sy studiejare opgedoen het, grondig in bersiening te neem nie. Daar- voor is leiding en voorligting klaarblyklik nodig, anders dra ’n mens die veelal oppervlakkige, oningeligte en onrype menings van jou jeng dalk met jou na die graf. Grroepwerksaambede is bier die beste, want alleen-les en alleen-studeer is nie baie bemoedigend nie. Sulke ernstige sake soos die politiek, die godsdiens en internasionale ver- wikkelings verdien stellig die beter aandag wat die ryper ervarings en msig van ons later lewe daaraan kan wy. Terwille van onsself en die samelewing waaraan ons behoort, is dit noodsaaklik.

Watter reelings sal ons tref om die voorligting en voortgesette opvoeding wat ons verlang te verkry?

Ons sal nagaan watter inrigtings soos departementele beroepskole, hoerskole, tegniese kolleges of universiteite daar is wat die debatte, samesprekings, forums, simposiums of lesings wat ons verlang kan organiseer. As daar nie sulke inrigtings is nie, sal ons na ’n vrywillige organisasie soek wat bereid is om dit te doen— ’ n ouersvereniging, ’n tak van ’n vroueliggaam, ’n debats- of kultuur- of letterkundige- of christelike jongliedevereniging. Ons laat die institute wat vir propa­ganda en groepbelange of groepverbeerliking opgerig is maar links le. As die onderwerpe waarvan ons meer wil weet op ons versoek op die program verskyn, dan doen ons navraag na die regte persone om bulle in te lei, en ons probeer om, sover as dit in ons le, alle kante van ’n saak te boor. Ons raadpleeg dus die deskundiges wat Mnne ons bereik is, per brief of in ’n persoonlike onderboud, en ons vind veral uit wat die plaaslike biblioteek oor die onderwerp bet of elders kan leen of aankoop.

Die program van werksaambede wat ons vereniging dan eindelik opstel, kan maklik sommige van die volgende onderwerpe bevat:

Buitelandse reise;

Page 12: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

hoe ’n kind in sy (haar) rypingsjare begryp kan word en behandel moet w ord;

die noodsaaklikheid dat die staat geld bestee yir oorseese studie;

ingevoerde doseerkragte;die landbou in die Transkei;wat ons ekonomie aan die naturel te danke het;die gesondheidstoestand in die Ciskei;hoe ek ’n skrynwerker (of ’ n skrywer) kan word;boe vrede verseker kan word ( ’n ope forum );ons sterre;die sielkunde in my besigheid ; boe ons berge gevorm is ; wat ons klippe ons vertel; voor-bistoriese Suid-Afrika; boe ons inflasie kan ontsnap; hoe hulle die atoombom maak; verloor die Kleurling sy taal?skulderkentenis as ’n basis van rassesamewerking; wat ons aan die ou Grrieke verskuldig is; ons belastings (’n debat);ons eksamenstelsel eis bersiening ( ’n debat); waarom Roosevelt oorlog gesoek het; wat die geheim van Stalin se mag is ;werkstakiings kan deur arbitrasie besleg word ( ’n ope

forum );regverdigheid teenoor ons nie-blankes; wat daar op Odendaalsrus gebeur; hoekom goudaandele se pryse oornag daal; die Kleurling in ons letterkunde; my verpligtings teenoor Suid-Afrika; karakoelboerdery;hoekom ek my vat op my kind verloor (deur ’n ouer en ’n

sielkundige);hoe ’n boek gebind word; kartels in Suid-Afrika;Suid-Afrika ’n kommunistiese land in 1970 ( ’n ope forum ); boe die Indier in Suid-Afrika lee f; ons buitelandse handel;Suid-Afrika is nie ’ n demokratiese land nie ( ’n debat); hoe ek my vriendekring kan vergroot;hoe ’n mens ’n groothandelaar word (deur ’n groothande-

laar);die naturel in W es-Kaapland;hoe ek ’n tabberd of ’n tafel kan maak;die plaas se bydrae tot die volksaard;’n republiek van Suid-Afrika sal nog aan wereldoorloe

deelneem ( ’n debat);waarom die godsdiens sy vat op die jeug verloor het (deur

’n groep van vier jongmense);ons immigrante (deur drie of vier persone wat verskillende

standpunte hu ld ig);ons bemarkingsvraagstukke;ons immigrante se insig in naturelle-sake ( ’n historiese

behandeling van twee kante);

Page 13: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

invloed van immigrante op ons handel;Indier-immigrasie na Afrika.

O p v o e d in g v i r G e n o t w a t K u l t u u r w a a h d e h e t .Ek vind dit nie maklik om oor estetiese genot te praat of te skryf

sonder om na bepaalde voorbeelde te verwys nie, dus wil ek met suite gevalle in gedagte ’n paar algemene indrukke aanbied.

Die eerste gedagte is dat by die kuns wat, kort gese, ’n weergawe is van wat fraai is, soos iedereen dit vir boinself sien of hoor, dit nou eenmaal nie help om oor die indiwiduele smaak van verskillende persone te redeneer nie. ,, De gustibus non disputandum ” het die ou Komeine gese, ,, oor die smaak mag daar nie geredekawel word nie ” . ,, Weet dat, wat ik waarheid noem, ook waarheid is voor my ” het die Nederlandse toneelskrywer, Schimmel, vir een van sy karakters in Johan Woutersz in die mond gele. Van kleins af het ek in een van die wereld se bekendste skilderstukke, die Mona Lisa, ’n onberede- neerde hekel gehad. Toe ek die oorspronklike ’n paar jaar gelede in die Lonrve in Parys te sien kry en my vroee afkeer probeer ontleed, kom ek tot die gevolgtrekking dat dit die onaangename, siniese uit- druklring op die vrou se gesig was wat my afgestoot het, en ek het te min kennis van die skilderkuns gehad om die werk as kunsproduk te waardeer. Yandag hou ek nog nie veel daarvan nie, maar die res van die mensdom bewonder dit blykbaar baie.

Op ’n stadstoertjie in Brugge as lid van ’n internasionale kongres oor kunsonderrig, het ek verdwaal en by ’n middeleeuse kerk inge- slenter. Op die drumpel moes ek bly steek voor die asemrowende skoonheid van ’n Maria-groep in wit inarmer voor die preekstoel. Geen wonder, want toe ek nader stap en lees, ontdek ek dat dit ’n groep van Michael Angelo was. Maar toe ek dit later aan ’ n Hollander-kunsvriend toon, se hy doodkalm : ,, Nou, ja, ............... maar zo heelbesonder vind ik ’ t tog niet.” Ek kon maar net vir my toefluister: ,, De gustibus ............................ ”

Soortgelyke gebeurtenisse kan ten opsigte van die musiek, die toneel of die betrag van die natuur vermeld word. Toe ek kort in Duitsland aanland en met ’n aantal ouer studente wat reeds met die Duitse kuns deurweek was, my eerste besoek aan die teater bring, kon ek nie verstaan waarom hulle met Faust in die wolke was n ie ; en sommige het my waardering van The Scarlet Pimpernel kinderlik en my bewondering van die Matterhorn na'ief gevind.

Dit is dan in die eerste plek duidelik dat die waardering van kuns, kunsdade en kunsprodukte ’n persoonlike saak is wat die ander mense nie vir ons kan voorskryf nie en waarmee hulle ons nie altoos veel kan help nie, behalwe deur ons onder die onbelemmerde invloed daarvan te bring. Jou smaak is jou eie. Maar ons merk in die tweede plek dat dit nie ’n konstante faktor is nie. In die begin hou jy miskien nie veel van Bach nie, later w el; in die begin stel jy belang in Casabianca, later in Hiawatha. Jou smaak, jou oordeel en jou belangstelling ondergaan dus verandering soos die jare vir jou vermeerder— ook met jou opvoedmg, ondervindings, lewenservaring, sukses, teleurstelling en smart. Jou smaak kan ontwikkel en opgelei word om veelomvattender te word en hoer vorms van kuns te waardeer. Soins is dit spontaan en tree dit onverwags op die voorgrond soos by die Naturel wat vir die eerste keer die Vertellings van Hofmann hoor of Agter die Berge van C. M. van den Heever lees en dan gaan geld leen om hulle te koop. In die derde plek is dit duidelik dat terwyl

Page 14: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

waardering van wat fraai is, internasionaal en universe©! is, ons tog weer aan die ander kant vind dat dit besondere liefde en dieper lojali- teit voel vir wat meer eie en beter bekend is. Die persoon wat pas uit Engeland bier aanland raak opgetoe oor Sbelly se ,, I bring fresh showers to thirsting flowers ” , terwyl die een wie se voorouers al vir ’n paar geslagte hier woon, meer meegevoer word deur Jan Cilliers se ,, Ek slaap in die rus van die eeue gesus ” , die een deur sy ,, folk dances ” en die ander deur sy volkspele. Die een waardeer Rornney en Turner meer, die ander Roworth en Hugo Naude. Die absolute verdiensteliltheid van die werke is nie die enigste faktor nie. Dit is duidelik ook die vraag of dit beminde eie goed is of nie. Ten vierde wys ons op die feit, wat ons nooit te veel kan beklemtoon nie, dat by die opvoeding van volwassenes vir plesier en interessante estetiese ge- waarwordings, deelname in die kultuurpogings die sekerste grondslag le vir voile begrip en dus ook vir die diepste waardering. Ons kan se dat n ons van persoonlike deelname meer werd is as ’n pond van passiewe^ toeskou en aanhoor. Daarom bewys die persoon of groep wat vir n omgewing ’n bymekaarkomplek en ander geriewe tot eie beoefening van die kuns skenk, veel groter dienste as die wat net persone oorbring om voor te dra of hul werk uit te stal. Daarom ook word die eie vereniging se toneel- of musiekopvoering soveel hartliker ondersteun as die klaargemaakte toneelstuk of filmvertoning wat van elders gebring of deur die lug uitgesaai word. Seer seker wil en moet ons altwee he, want die kunstenaars van elders verskaf ons ook veel genot en gee ons veelal ’n modeluitvoering om na te streef; maar die me.este van die twee is deelname van die grootste aantal beoefenaars.

Ten slotte sal iedereen voel dat die kuns op sy bes genome, ons op die hoogtes laat uitklim, ons momente van vervoering laat beleef en oomblikke van sielsgenot laat ervaar wat tot arbeid aanspoor en op toewyding uitloop. _ As sy ’n skone en navolgenswaardige Meesteres is, hou die Kuns nie van wuftheid of oppervlakkigheid nie.

Almal se talente is nodig en iedereen s’n kan tot uiting kom, hetsy by die toneel, die musiek, die beeldende kunste, die letterkunde, die fyne kunste, volkspele, opvoedkundige gesellige verkeer, die bou van ’n huis, die maak van ’n tuin, die versier van ’n koek, die vervaar- diging van ’n rok of die aanle van ’n plaas. Enkele kunsprodukte word deur indiwidue gelewer, maar vir. die meeste word ons in groepe, verenigings, klubs en ander liggame betrek.

Hier volg ’n lys onderwerpe waaraan sulke liggame miskien sal dink by die opstel van hul programme. Die lys is natuurlik op verre na nie volledig nie. Die terrein word alleen deur die belangstelling van die betrokke groep begrens— anders is dit grenseloos:

’n Aand met A. Gr. Yisser;’n grammofoonuitvoering in die skoolsaal of in die buite-

lug, met ’n paar kort praatjies oor uitstaande stukke, so gesellig en informeel as moontlik;

’n toneelstuk van Fagan;’n aand van volkspele in die buitelug of in ’n saal waar

lede van die gehoor kan leer deelneem;’n aand met Jan Cilliers en Shelley;’ n aand van liggaamsoefening en volksliedere;’n uitstalling van fraai naaldwerk;’n tentoonstelling van oudhede met kort verduidelikings; die walse van Strauss deur Charles Manning se orkes;’n aand met die Kaapstadse of die Johannesburgse orkes;

Page 15: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

’n praatjie oor die beroemde monumente van die wereld, met ligbeelde;

n praatjie oor die beroemde beeldhouwerke of skilderstuk- ke of ou kerke, met ligbeelde;

’n praatjie oor tuine in Suid-Afrika en in die buiteland, met ligbeelde;

n musiekfees of toneelfees waaraan die beste verenigings deelneem;

bespreking van ons treffendste dierestories in Afrikaans en Engels;

’n aand met Tennyson; middeleeuse kerke, met ligbeelde; juweeltjies uit Shakespeare;Cecilia Wessels en die Kaapse orkes;’n uitstalling van non-modeme skilderstukke;’n klassieke opera;ses elk van ons beste Afrikaanse en Engelse gedigte deur

verskillende persone voorgedra;’ n aand van Afrikaanse volksliedere deur Engelssprekendes

voorgedra;’n aand van Engelse volksliedere deur Afrikaanssprekendes

voorgedra;’n balletuitvoering deur die Ivaapstadse of Jobannesburgse

vereniging;’n tentoonstelling van bandwerk deur mans uitgevoer;’n- tentoonstelling van bandwerk deur vrouens uitgevoer; ’n aand van musiek deur ’n Naturellekoor;Kersmusiek en karnawals deur ’ n Kleurlingorkes;’n filmaand van amateurs wat ons natuurskoon vertoon; volksliedere van die vernaamste lande;’n vertoning van handelsplakkate.

Afrikaanssprekendes doen mee aan die werksaamhede van die Engelse organisasies en omgekeerd. Hierdie reel word gedurig meer en meer die praktyk by die opvoeding van volwassenes.

P r i v a a t O n d e e n e h i n g s e n O p v o e d i n g v i r G e n o t .

Hierdie afdeling word afgesluit met ’n sitaat uit ’n onlangs gepubliseerde werkie uit Engeland afkomstig, The Further Education of Men and Women, (Oxford University Press, 1946).

,, Opvoeding word op ’n groot skaal aan volwassenes verskaf deur liggaine wie se doel nie in die eerste plek opvoedkundig is nie. Veel word deur persone verskaf wat wins trek uit wat hulle in bierdie opsig doen. Skrywers, uitgewers, musici, kunstenaars van allerlei aard en die wat met die bioskoop en die teater verbonde is, verdien op bierdie wvse ’n bestaan. Ten goede of ten kwade bet bulle ontsaglike invloed op die denkwyse en die karakter van die wat vir bulle produkte betaal. Die doel is nie opvoedkundig nie; die uitslag mag opvoed­kundig wees; maar dit kan ook die teenoorgestelde wees. Daar word somtyds verontwaardiging gelug oor die slegbeid van baie produksies wat die laagste smaak wat daar by die bevolking bestaan, wil bevredig en die lesers en die gebore wat iets van ’n ander aard mag verlang verwaarloos. Ons wil beklemtoon dat ons beskou dat groot kunswerke onder die belangrikste van alle opvoedkundige instrumente getel moet word. Ons is gesteld daarop dat die beste vorms van kuns in die letterkunde, in die musiek en in alle vorms van vermaaklikbeid vir

Page 16: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

die groots-moontlike publiek sal oopstaan. Op die oomblik is dit nie die geval nie.”

Almal wat by die opvoeding van volwassenes betrokke is, en veral diegene wat ’n wakende oog oor die plaaslike belange hou, sal hier- oor°nadink, en toesien dat die toestand wat bier vir Engeland geskil- der word maar in Suid-Afrika nog veel erger is, vir ons verhelp word.

O p v o e d in g v i r ’ n L e w e n s w a n d e l e n ’ n L e w e n s f i l o s o f i e .

Dertig, veertig jaar gelede was die uitkyk van ons bevolking baie anders as "vandag. Daar was algemeen verinnerlikte lewe, ’n besef van ’n verbewe roeping, en ’ n drang om diens te lewer. Die mense bet betreklik weinig waarde aan geld, aan stoflike welstand en aan persoonlike voordeel gebeg. Die wat in daardie tyd gelewe bet, die oorgang gesien bet, en die buidige tyd deurmaak, probeer om ’n rede te vind waarom die algemene gees toe so anders was. Hulle meen dat die nederlaag wat die Afrikanervolk tydens die oorlog verduur bet, ’n sterk spoorslag tot inspanning met die oog op nasionale beropbou verskaf bet. Die bevolking bet gevoel dat bulle te goed was en te veel beteken bet om bulle as gewone oorwonnenes in vernedering neer te le. Hulle sou hul boofde weer ophef en hoog bou. In groot getalle het die jongmense gaan studeer en die kursusse wat hulle meestal gevoig het, was kensketsend van die ambisie wat iedereen gekoester bet om sy rol in die volksherstel te speel: die evangeliebediening en die onderwvs. Tegelykertyd het hulle veel aandag begin wy aan die geskiedenis, die ekonomie, die landbou en die geneeskunde. Eerlang is dan ook verkry dat hierdie sake in die opvoedkundige program van die land die plek gekry het wat hulle toekom en het die ou klassieke kursusse in populariteit afgeneem. Sodanig was die Boere se antwoord op die nederlaag van 1899-1902. Ook die jeug van die later inkome- linge in Suid-Afrika het hier ’n land gevind waar hulle kragte met voordeel ingespan kon word en wat hulle en hul nageslag intens leer lief kry het.

Maar daar is ’n ander verklaring van die drang tot nasiediens en die geesdrif van toe. Dit is in die godsdienssin van die bevolking van destyds gelee, in die kerkbesoek, in die huisgodsdiens en in die persoonlike lees van die Bybel. Die predikante sowel as hul gemeentes en die res van ons was destyds ewemin volmaakte wesens as tans en veel van die saad het op dorre aarde geval, maar die Bybel het tog die openbare mening gevorm en het ’n rigsnoer verskaf wat die mense se lewenswandel bepaal het. Die jeug het in ’n atmosfeer van eerbied vir wat goed, eerlik en onbaatsugtig was, opgegroei, en vir oud en jonk was dit goed om ’n godsdienstige agtergrond te he en ontsag vir die tradisie te voel.

Die tye het verander. Die verbystering wat uit die Boere-oorlog ontstaan het, het afgeneem en ’n gevoel het langsaam veld gewin dat mag reg is en dat geld enigiets en enigeen kan koop. Die verloop van die eerste wereldkryg met die leuens en verwoesting wat daarmee gepaard gegaan het, het ’n soortgelyke uitwerking op ons bevolking gehad. Dit is deur die tweede wereldoorlog met sy barbaarshede en sy magstriomf honderdvoudig vererger. Die uitwerking op die gees van die bevolking in Suid-Afrika is weer ontsettend bedroewend. Die enigste mag wat vroeer aan die Suid-Afrikaner duidelike norms van o-edraff en ’n helder lewensbeskouing verskaf het, het veel van sy invloed verloor. Hy dobber ’n bietjie rond, sonder roer en sonder

Page 17: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

anker. Sy seuns en dogters soek na leiding, na iets bestendigs, iets edels, iets waaraan hulle hul kan vasheg, iets waaraan hulle hul bewondering’, hul liefde en hul offervaardigheid kan gee, iets waaraan hulle hul kragtige, jeudige energie kan wy. En wat bied ons hulle aan om die plek te neem van die gereelde kerkbesoek en die getroue skriflesing van hul voorgeslag? Watter invloede is daar wat besten- dig die gedagte en die gemoed van die bevolking besig hou? Dit is die bioskope, die goedkoop pers, tienduisende geillustreerde ingevoer- de boekies en watter illustrasies !— en die jongste bokswedstryd.

W at beters kan ons aanbied?Die antwoord is dat die enigste volledige oplossing weer in die

godsdiens te vinde sal wees en iedere neiging wat sy houvas op die bevolking versterk en die terugkeer daarheen kan bespoedig, moet onderskraag word. Maar ek is oortuig daarvan dat ’n stelsel van opvoeding vir volwassenes wat op die geskiedenis en op goeie lektuur gebaseer is en met hulle lesse deurdring* is, meer orde en hoop in ons geestelike chaos sal bring. Die gees van die tyd is uittartend en uit- dagend van wat goed was in ons verlede en eis die siel van ons nageslag as ons die uitdaging nie kan aanneem nie. As ons faal, dan is daar ’n ernstige bedreiging van ons beskawing. Die cinisisme van die nuutste t vd en die barbaarslieid van die jong,stei oorlog drei0* om wereldsanksie te ontvang, om mode te word, en om sonder slag of stoot ons beskawing te vernietig. Van besondere waarde moet ons in nierdie verband beskou die openbarende genie van die dieter die toneelskrywer en die geskiedskrywer. Hulle sien dinge duiddiker as die gewone mens. Hulle bring vreugde en genot aan ’n uitgeputte mensdom deur muldel van die musiek en die rykheid van hul taal maar hulle bring nog veel meer, want hulle openbaar aan ons die iraaineid m die natuur, in die kuns en in die lewe van ’n mens. .Laat ons maar dink aan die besieling en die insiggewende krao1 van sulke gedigte soos „ Die Vlakte ” van Jan Cilliers, „ Die Timmer­man van Malherbe, ,, W ie heeft lust den Heer te vrezen ” uit die (jesangeboek, ,, Ode on the intimations of immortality ” van Words­worth, Macbeth se rede ,, To-morrow, and to-morrow and to­morrow , in Shakespeare, die hele „ Idylls of the K in? ” van lennyson, en nog ’n honderd ander stukke.

Maar die letterkunde bied ons nog meer as ’n openbaring- van die skone. Dit mterpreteer ons eie dade en die dryfvere wat daar agter sit. Op die wyse stel dit ons in staat om ons geioof in die Mensdom en m ’n albestierende Voorsienigheid te behou. Dit laat ons voel dat in weerwil van wat ongerymd en roofsugtig is, daar in elke mdiwidu veel is wat goed is en wat die barmhartigheid naiaag Die letterkunde help ons om in ons gesukkel na boontoe te volhard ten spyte van alles, en sodoende help dit ons om ons geioof te behou en die beskawing te red. Daarom gooi ons nie tou-op nie.

n Besielde dosent vermag veel. Ons vra dat ons volwassenes in die geleentheid gestel sal word om uit die digkuns en die geskiedenis tot nuwe insig, waardering en vertroue in die hoe roepino- van die mens teruggelei te word. Ons vra dat die letterkunde ’n kans sal kry om die natuur aan die nie-siende mensdom te openbaar, die mens aan homself te interpreteer en in die lewensloop van die nasies ’n gesta- dig'de hoewel moeisame opwaartse neiging te laat sien, sowel °as ’n waarskuwende vinger teen hebsug en die pogings om die siel van ’n persoon of ’n volk in boeie te slaan.

Page 18: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

P l a a s l i k e K o m it f .e s .Elke stad en dorp met sy omliggende distrik sal, na ek vertrou,

’n Plaaslike Komitee in die lewe roep, bestaande uit verteenwoor- digers van die vrywillige organisasies en opvoedkundige inrigtings wat vir die gebied diens doen. As ’n ou gevestigde en ervare organi- sasie sal die A .T .K .Y . tesame met die R .D .B ., die E .A .K ., die vroue- liggame, die kerke, die munisipaliteite, die kunsveremgmgs, die jeug- organisasies en die skole en universiteite belangrike bydraes lewer tot die sukses van die Plaaslike Komi tees. Die moontlikhede tot nuttige diens deur die komitees lyk my byna onbeperk. Hulle sal ondersoek na plaaslike beboeftes instel en met organisasies en die Departement onderbandel. Hulle vernaamste funksies kan as volg saamgevat word :Werksaamhede van Plaaslike Komitees.

1. Om ’n opname van wat reeds onderneem word te maak, na te gaan vir watter werksaambede op die gebied van die opvoeding van volwassenes daar nog nie die nodige voorsiening bestaan nie, en plaaslike en ander kragte te mobiliseer teneinde sulke werksaambede tot stand te bring.

2. Om te oorweeg of by die werksaambede van die verskillende reeds bestaande Plaaslike Liggame onnodige oorvleueling bestaan. Oorvleueling is nie noodwendig af te keur nie maar somtyds is dit onnodig en onekonomies. Werksaambede kan egter dikwels met voor- deel van wyk tot wyk berhaal word teneinde vervoermoeilikhede te oorkom en die plaaslike patriotisme te bevredig.

3. Om as liggame te dien wat die sukses, op groot skaal, van plaaslike ondernemings sal verseker deur aan opvoerders op allerlei gebied ’n platform en ’n geboor te besorg. Die Komitees sal belp om die plaaslike bevolking te mobiliseer teneinde die sukses van pogings op die gebied van die opvoeding van volwassenes te verseker. Hulle° sal daarom kooperatiewe verenigings in die ware sin van die woord wees, en sal bulle samestellende liggame met bulle onder­nemings soos boekweke, gesondbeidsdae, boeredae, opvoedkundige dae, konserte, volkspele, voortsettingsklasse, maatskaplike sentrums, kort kursusse, sosiale byeenkomste ens., bystaan.

4. Om met liggame uit aangrensende streke of selfs uit verder af gelee dele saam te werk teneinde te verseker dat dienste wat in een omgewing verskaf is, ook na ander plekke geneem sal word, byvoor- beeld konserte, toneelopvoerings, koor- en orkesuitvoermgs, musiek- feeste, uitbreidingslesings, kunsuitstallings, handearbeidknrsusse en dergelike werksaamhede sal nie beeltemal verdwyn wanneer bulle in een of ander sentrum diens gedoen het nie. Sover as moontlik benoort ook ander plekke besoek te word.

5. Om navrae te doen aangaande die beste manier waarop Plaas­like Komitees vir die omliggende distrikte in die lewe geroep kan word, en die Departement daaromtrent te adviseer.

6. Om te oorweeg watter ondernemings toelae nodig het en ver- dien, en daaromtrent aanbevelings aan die Departement, aan plaas­like outoriteite en aan ander liggame en individue, wat m die vermoe mag wees om bystand te verleen, voor te le.

7. Om die Departement aangaande enige ander saak betrefiende die bevordering van die opvoeding van volwassenes te adviseer.

Page 19: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

8. Om fondse van plaaslike nie-regeringsbronne te verkry en sulke fondse te administreer wanneer dit in belang van die plaaslike ondernemings in verband met die opvoeding van volwassenes wenslik geag word.

9. Om op vaste tye, kwartaalliks of ses-maandeliks, programme op te stel van die werksaamhede wat liulle samestellende organisasies en ander liggame van plan is om uit te voer, om sulke programme te publiseer en om hulle deur die pos aan verskillende liggame en indi- vidue te stuur.

10. Om gedurende die vroe stadia van die Komitee se werksaam­hede eksperimente uit te voer in verband met besondere aspekte van die opvoeding van volwassenes, soos bv. met aanskoulike onderwys, instruksie deur middel van die radio en die grammofoon, groeponder- rig in musiek, massa-opvoeding vir geletterdheid, en doeltrefi’ende metodes om pnblisiteit te verleen aan die werksaam hede van verskil­lende liggame. Sulke werksaamhede moet navorsing beoog en moet nie die karakter dra van ’n program wat van die Plaaslike Komitee uitgaan nie, tensv dat die voile toestemming van die organisasie wat vir die besondere werksaamheid verantwoordelik is waarmee geek- sperimenteer gaan word, vooraf verkry is.

11. Om in oorleg met die outoriteite van die kerke, skole, normaal- solleges, umversiteitsmngtings, jeugbewegings, volksentrums sportsliggame, munisipaliteite ens., ’ n opname te maak en die rekords eorgvuldig te laat bewaar van alle geboue, terreine en uitrusting vir sowel huis vesting as instruksie wat binne hulle streke tot nut van hid werk kan wees, wie beheer daaroor het, en vir watter tye hul beskik- baar sal wees, en die nodige stappe te doen om die beete gebruik daar- van te maak.

12. Om aktief op te tree wanneer daar in hul streke behoefte bestaan aan geboue, terreine en uitrusting vir sweinbaddens, gimna- sia, biblioteke, sale of teaters met bybehorende vertrekke en geriewe sodat deskundige advies ingewin kan word voordat die planne aan- vaar word; en om met die insamel van fondse, waar nodig, daad- werklik mee te help. Om veral te sorg dat stappe gedoen word in oorleg met die Departement, vir die daarstel van kleinteaters v ir ’ die gebruik van amateurgroepe op alle dorpe waar soiets te regverdio- sal wees. °

13. Om n lys te^laat opstel en altoos in orde hou van persone wat in staat en bereid is om as onderwysers, instrukteurs, lektore en leiers van groepe op te tree, met ’n opgaaf van die onderwerpe waar­mee hulle behulpsaam kan wees.

14. Om n spesiale biblioteek van werke oor die opvoedino* van volwassenes byeen te versamel, indien moontlik as ’n afdeling van een van die plaaslike biblioteke.

15. Om ’n grootse versameling (sowel as kleiner versamelings op verskillende punte in hul areas) van grammofoonplate byeen te bring en vir die uitleen of die verhuur daarvan teen ’ n nominale bedrag te sorg. Die voorraad word gedurig aangevul.

16. Om ’n versameling kunswerke vir hulle streek byeen te bring en te laat huisves.

IT. Om ’n versameling opvoedkundige films gaandeweg, maar so gou as moontlik, byeen te bring vir die gebruik van die samestellende

10713— 2

Page 20: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

organisasies en inrigtings wat lede van die Plaaslike Komitees is en hulle teen kosprys te laat vertoon.

18. Om gebruikte letterkunde, bo eke, koerante, pamflette en tyd- skrifte bymekaar te maak en in streke wat minder bedeeld is te distribueer.

19. Om in samewerking met ander plaaslike Komitees en met die Departement na te gaan watter nasionale inrigtings in die lewe ge- roep moet word soos volkskolleges, sentra vir die opleiding van vol­wassenes, toneelskole, leiers-opleidingskolleges, buisvrouenskolleges, musiekonderwyserskolleges, handearbeidonderwyserskolleges ens., en die nodige stappe in verband daarmee in oorleg met die Departement te laat doen of dit aan ’n sterk nasionaal-opgestelde organisasie op te dra.

20. Om met een of meer samestellende organisasies saam te werk ten einde kort kursuase, vakansiekursusse, lenteskole en mettertyd permanente sentra vir die opvoeding van volwassenes, binne bul onderskeie streke te stig.

21. Om in oorleg met ander Plaaslike Komitees kongresse op ’n streek, provinsiale of nasionale basis ter bevordering van die bree belange van die opvoeding van volwassenes te organiseer.

22. Om met vrywillige en ander ondernemings soos sosiale klubs, die rotariers, publisiteitsverenigings, munisipaliteite, fabrieke, ban- delsfirmas en kerke binne bul onderskeie streke te onderbandel, ten einde vas te stel watter werksaambede iedereen in belang van die op­voeding van volwassenes met die grootste voordeel kan onderneem as by daartoe genee mag wees.

23. Om in oorleg met die betrokke outoriteite na te gaan of die volste gebruik van sulke instellings soos biblioteke, dieretuine museums, kunsgalerye en wildtuine in belang van die opvoeding gemaak word, en enige stappe in bierdie verband te doen wat nodig mag blyk.

24. Om na te gaan watter winkel-geriewe vir die aankoop van grammofoonrekords, boeke, koerante en tydskrifte daar binne bulle onderskeie streke bestaan en stappe te doen vir die daarstel van ont- brekende geriewe.

25. Om na raadpleging van die samestellende organisasies en inrigtings ’n opgaaf te maak van die bedrae waarvoor bulle waarskyn- lik in die volgende boekjaar by die Departement sal aanklop en dit in die eerste week van Oktober in iedere jaar op te stuur.

V e r s k e i e P l a a s l i k e K o m it e e s i n D i e s e l e d e S t r e e k .Die neiging het bom op ’ n paar sentra openbaar om meer as een

Plaaslike Komitee te be. As dit gebeur, moet bulle saam ’n sentrale of ko-ordinerende Plaaslike Komitee kies.

Die begeerte om aparte Komitees vir blankes en nie-blankes in die lewe te roep word algemeen onder die blankes van die land aange- tref, met die uitsondering van nie-talryke groepe bier en daar. Die wens om aparte komitees vir Afrikaans- en Engelsprekendes te be word aangetref waar die Afrikaanssprekendes beelwat vordering op kultuurgebied gemaak bet en waar Engelssprekendes nie Afrikaans verstaan en praat nie en ook nie by die Afrikaanssprekendes se kul- tuurpogings inskakel nie. Die Komitee insake die Opvoeding van Volwassenes bet gevind dat bartlike samewerking tussen die twee groepe uiters gewens is. Hulle bet geskryf : —

Page 21: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

,, In verband met die rassegroepe onder die blankes, wil ons graag daarop wys dat met die praktiese uitvoering van ons voorstelle insake die opvoeding van volwassenes groot moeilikbeid ondervind sal word tensy Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes bereid is om saam te work. Sodanige samewerking sal ’n mate van opoffering van albei kante eis. As dit net van een kant moet kom, dan sal vrugbare samewerking nie te verkry wees nie en sal ons vordering emstig ver- traag word. Engelssprekendes en Afrikaanssprekendes bet tans nog- in boofsaak aparte kultuurliggame. Dit is waar dat Afrikaansspre­kendes in die reel kultuimmdernemings ondersteun waar veral Engels- sprekendes optree, soos in die geval van die radio, die film, die pers, kore, orkeste en toneelopvoerings; maar die teenoorgestelde is nie die geval nie. Aan die ander kant staan Afrikaanssprekendes soms af- sydig van ondernemings wat deur Engelssprekendes in die lewe geroep is.. Dit is nodig om daarop te wys dat daar veel nadeel berokken sal w ord:

1. as een groep bom aan ’n onderneming onttrek of bom daar-van ontbou omdat dit deur ’n ander groep van stapel gestuur word, of omdat dit veral deur ’ n ander groep ondersteun word;

2. as een groep ’n onderneming reel sender om na te gaan watdie ander groep tot die welslae daarvan kan bydra, o f sonder inagneming van die belange van die ander groep.

Spontane en ongevraagde bebartiging van die belange van min- derbeidsgroepe deur die meerderlieidsgroepe in dieselfde streke sal een van die sekerste grondslae van sukses wees.”

Die ideaal wat die Departement koester en steeds sterk op die voorgrond stel, is om een komitee vir alle blanke groepe te be. Die verskillende redes hiervoor is duidelik. Hier word slegs twee genoem:

(1) ons wil ’n eensgesinde volk word, maar die bardnekkige ignoreer van mekaar se bydraes tot ’n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse kultuur bou die intelligentsia van die twee boofgroepe uitmekaar; en

(2) elke boofgroep maak belangrike kontribusies en die een watdie ander se bydraes mis, is tot daardie mate geestelik armer en meer onwetend. Daarby ontbeer by sterk beska- wende invloede en mis by veel estetiese genot.

Maar die begeerte vir aparte komitees kom boofsaaklik van die kant van die Afrikaanssprekendes. Hulle se dat bul Engelssprekende medeburgers selde in die verlede veel aandag aan bul jeugdige maar lewenskragtige kultuur, bul taal, bul skilderkuns, bul beeldboukuns, bul toneel, bul rnusiek, bul leefwyse, bul Boerelewensfilosofie en veral bul letterkunde gewy bet. Hulle se verder dat wanneer bulle met eentalige Engelssprekendes op dieselfde liggame dien— en daar is nog baie eentaliges— bulle dit onmoontlik vind om bulle van bul eie taal te bedien.

Oor die eerste punt is die Afrikaanssprekendes se stelling waar- skynlik ’n bietjie oordrewe; daar is meer waardering van bul bydraes as wat bulle meen, al kom dit ook nie dikwels in die openbare lewe tot uiting nie. W at die tweede betref, bet die ervaring in onderwys-, staatsdiens-, landbou- en sportkringe al geleer dat die Engelsspreken­des bulle uitmuntend aanpas wanneer bulle besef dat dit nodig is. Buitendien berus die begeerte om aparte komitees op ’n nog onvol-

Page 22: ONS NASKOOLSE ONTWIKKELING...skeikunde, Romeinse kuns, Griekse mitologie, logika of ekonomiese geskiedenis enige aandag verleen nie. Dit is ’n verskynsel wat ieder- een waargeneem

Collection Number: AD1715

SOUTH AFRICAN INSTITUTE OF RACE RELATIONS (SAIRR), 1892-1974

PUBLISHER: Collection Funder:- Atlantic Philanthropies Foundation

Publisher:- Historical Papers Research Archive

Location:- Johannesburg

©2013

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner.

Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or

omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document forms part of the archive of the South African Institute of Race Relations (SAIRR), held at the Historical

Papers Research Archive at The University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.